GEMEENSKAPLIKE TAAK VIR
ASSESSERING (GTA)
GRAAD 9 – 2009
EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE
LEERDERBOEK
AFDELING A
Tema: Algemene Verkiesing – 2009
Naam van Leerder: ______________________
Voorgestelde Tyd: 4 ure
160 punte
Aantal bladsye : 36
Inhoudsopgawe
Taak 1
1.1 Die vloei van geld binne die ekonomiese siklus 3
1.2 Die rol van die buitelandse sektor in die ekonomiese siklus 4
1.3 Vraag- en aanbodkurwes 5
Taak 2
2.1 Besteding van regering en die BBP 6
Taak 3
3.1 Rekeningkunde en Finansiële terminologie 10
3.2 Inkomstestaat 12
3.3 Balansstaat 14
3.4 Betalingsmetodes in die ekonomie 16
Taak 4
4.1 Bevordering van entrepreneurskap, bemarking en beplanning 17
Bylae:
A. Die Ekonomiese Siklus 21
B. Volhoubare Groei en Ontwikkeling 22
C. Bestuurs-, Verbruikers- en Finansiëlekennis en vaardighede 26
D. Entrepreneurskennis en vaardighede 27
E. Rubriek om taak 2 te assesseer 28
F. Vloeidiagram vir Ekonomiese Siklus 29
G. Balansstaat Templaat 30
H. Rubriek om taak 4 te assesseer 31
Woordelys 32
TAAK 1 LU1: AS1,2 & 3 TYD: 45 MINUTE TOTAAL 40 Aktiwiteit 1.1 LU1: AS 1 & 2 Die vloei van geld binne die ekonomiese siklus van Suid Afrika
Groepwerk en Individuele Aktiwiteit Tyd: 15min Punte: 16
Vorm van Assessering: Geskrewe Aanbieding Assesseringsinstrument: Memorandum In hierdie aktiwiteit sal jy geassesseer word op grond van jou vermoë om Die Ekonomiese Siklus te interpreteer en te analiseer.
Alvorens jy hierdie taak begin, moet by Bylaag A lees, wat ‘n opsomming is van
Die Ekonomiese Siklus.
In die markekonomie, vloei (beweeg) geld tussen die regering, besighede, huishoudings en die
ander lande in die wêreld (internasionale sektor). Die diagram hieronder toon die sikliese vloei
van geld in die Suid Afrikaanse ekonomie (die ekonomiese siklus). Bestudeer die diagram baie
deeglik in jou groep en skryf die groep se bevindinge neer. Gaan terug na jou sitplek en voltooi
die aktiwiteit self.
Sien BYLAAG F vir Ekonomiese Siklus 1.1.1 Beskryf die rol van die regering, besighede, internasionale sektor en huishoudings in die
ekonomiese siklus (12)
1.1.2 Watter bronne word deur die huishoudings voorsien? (4)
TAAK 1 LU1: AS1,2 & 3 TYD: 45 MINUTE TOTAAL 40 Aktiwiteit 1.2 LU1: AS 2 Die rol van die buitelandse sektor in die ekonomiese siklus van Suid Afrika
Aktiwiteit in Pare Tyd: 15min Punte: 12 Vorm van Assessering: Geskrewe Aanbieding Assesseringsinstrument: Memorandum In hierdie aktiwiteit word jy geassesseer op grond van jou begrip van die belangrikheid van buitelandse handel en jou vermoë om die grafieke te interpreteer.
Buitelandse Handel Suid Afrika het handelsvennote en handelsooreenkomste wêreldwyd, in lande soos Europa,
Noord- en Suid Amerika, Asië, die Midde-Ooste, Australië en Afrika. Suid Afrika is ook deel van
die Suid Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG).
Verwys na Bylaag B vir meer inligting oor SAOG.
1.2.1 Beskryf kortliks Buitelandse Handel. (1)
1.2.2 Wat is die hoof doelwitte van die SAOG? (2)
1.2.3 Bestudeer die grafiek hieronder wat sommige van Suid Afrika se belangrikste
handelsvennote toon.
1.2.3.1 Watter lande is die grootste uitvoermarkte vir Suid Afrika? (2)
1.2.3.2 Hoekom dink jy is hierdie lande Suid Afrika se grootste uitvoermarkte? (2)
1.3.2.3 Verduidelik hoe Suid Afrika deur buitelandse handel bevoordeel word. (5)
Suid Afrikaanse Invoere en Uitvoere in die SAOG Streke in Biljoene
0
1
2
3
4
5
6
7
Zimbabwe Angola Kenia Mosambique Nigerië Zambië
Uitvoere IInvoere
TAAK 1 LU1: AS1,2, & 3 TYD: 45 MINUTE TOTAAL 40
Aktiwiteit 1.3 LU1: AS 3 Die invloed van vraag en aanbod op pryse. Individuele Aktiwiteit Tyd: 15min Punte: 12 Vorm van Assessering: Geskrewe Aanbieding Assesseringsinstrument: Memo Hierdie aktiwtieit toets jou jou vermoë om die vraag- en aanbodkurwes op te stel en te interpreteer. Die Vraag- en Aanbodkurwes 1.3.1 Gebruik die inligting soos aangedui op die tabel hieronder om die vraag- en
aanbodkurwes op die grafiek aan te dui. Trek beide kurwes op dieselfde grafiek sodat
die uitwerking van vraag en aanbod op pryse aangedui word. Dui die gelykbreekpunt op
die grafiek (E) (7)
Jou onderwyser sal jou van grafiekpapier voorsien waarop jy die grafiek moet trek.
Prys van perskes per boks
Hoeveelheid Verbruikers-vraag per week
Hoeveelheid wat die Besigheid verkies om per week te voorsien
R15 10 25
R14 12 20
R12 15 15
R10 20 12
R8 25 10
1.3.2 Interpreteer die grafiek in jou eie woorde en verduidelik die teorie/wet van vraag en die
teorie/wet van aanbod. (5)
TAAK 2 LU1: AS5; LU2: AS1,2,3 & 4 TYD: 60 MINUTE TOTAAL 30 Aktiwiteit 2.1 LU1: AS5; LU2: AS1,2,3 & 4 Volhoubare groei, heropbou en ontwikkeling
Groep / Individuele Aktiwiteit Tyd: 60min Punte: 30 Klasbespreking en voorbereidingstyd: 60min. Vorm van Assessering: Geskrewe Aanbieding Assesseringsinstrument: Rubriek Hierdie aktiwiteit sal jou vermoë assesseer om:
1. te interpreteer en te verduidelik hoe die regering die hulpbronne gebruik om volhoubare
groei en ontwikkeling te fasiliteer.
2. gee ‘n kritiese analise en lewer kommentaar oor die suksesse en tekortkominge van die
HOP en
3. verduidelik die rol van beleggings (investering) in ekonomiese groei en vooruitgang.
Volhoubare Groei en Ontwikkeling
Voordat jy hierdie taak begin, moet jy Bylaag B lees, sodat jy ‘n begrip oor die agtergrond
van Volhoubare Groei en Ontwikkeling het.
Ons het pas ons vierde algemene verkiesing gehad. Ons gaan in hierdie taak na die
prioriteite van die regering ten opsigte van die Heropbou- en Ontwikkelingsprogram (HOP) kyk
wat deur die eerste regering van nasionale eenheid ontwikkel is om die ongelykhede van die
verlede aan te spreek.
Deur die Regering se visie ten opsigte van HOP is die volgende vier sleutelareas
geïdentifiseer:
1. Bevrediging van basiese behoeftes
2. Ontwikkeling van ons menslike hulpbronne
3. Ekonomiese ontwikkeling
4. Demokratisering van die staat en gemeenskappe
Die Nasionale Begroting vir 2007/2008 en 2008/2009 is op bladsy 9.
BEGROTING 2007/8
Welsyn 18%
Gesondheid
12% Behuising
8%
Beskerming 17%
Administrasie en
Plaaslike Regering
5% Onderwys 20%
Water en Landbou 6%
Ekonomiese Dienste
6%
Vervoer en and kommunikasie
8%
BEGROTING 2008/9
onderwys
17%
welsyn
15%
gesondheid
11%
behuising
7%
beskerming
13%
water & landbou
4%
ander
15%
vervoer &
kommunikasie
10%
skuld
8%
Instruksies: Jou groep moet ‘n berig aan jou gemeenskapskoerant skryf oor hoe die regering beplan
om die belastingbetaler se geld te bestee. Die berig moet nie meer as 350 woorde lank
wees nie.
Julle berig moet die volgende insluit:
1. ‘n Analise van die veranderings in die regering se bestedings gedurende die
2007/2008 en 2008/2009 begrotingsjaar ten opsigte van Onderwys, Gesondheid,
Welsyn en Beshuising.
2. ‘n Lys van die vier areas waar die regering sy doelwitte bereik het.
(Verwys na Bylaag B).
3. Assesseer die begroting en bepaal of die regering vir die vier sleutelareas van
die HOP program voorsiening maak?
4. ‘n Verduideliking van die belangrikheid van Onderwys vir ekonomiese groei en
ontwikkeling.
5. Evalueer die begroting en bepaal of ekonomiese groei ten opsigte van
werkskepping en investering, bevorder is.
6. ‘n Lys van faktore wat ekonomiese groei in Suid Afrika teenwerk en hoe die
regering hierdie probleem kan oorkom.
7. Wat gewone mense in hul daaglikse lewe kan doen om ekonomiese groei en
vooruitgang in Suid Afrika te bevorder?
RUBRIEK OM TAAK 2 TE ASSESSEER: Die Nasionale Begroting en Besteding van die Regering
7 6 5 4 3 2 1
Uitstekende Bereiking
Verdienstelike
bereiking
Aansienlike bereiking
Voldoende bereiking
Middelmatige
bereiking
Elementêre bereiking
Nie
bereik
80-100%
70-79%
60-69%
50-59%
40-49%
30-39%
0-29%
24-30 punte
21-23 punte
18-20 punte
15-17 punte
12-14 punte
8-11
punte
0-8
punte
Korrekte lengte en goed geskryf. Demonstreer uitstekende begrip van hoe regering spandeer en hul prioriteite. Identifiseer faktore wat ekonomiese groei teenwerk, korrek Duidelik aangedui watter bydrae inwoners tot ekonomiese groei en ontwikkeling kan maak..
Korrekte lengte, redelik goed geskryf. Demonstreer goeie begrip van hoe regering spandeer en hul prioriteite Goeie identifikasie van faktore wat ekonomiese groei ontmoedig. Sluit goeie bydraes van inwoners in wat bydrae tot ekonomiese groei en ontwikkeling kan maak.
Artikel is duidelik, met korrekte lengte Demonstreer redelike begrip van hoe regering spandeer en hul prioriteite Identifiseer faktore wat ekonomiese groei ontmoedig. Sluit bydrae in van inwoners se bydrae tot ekonomiese groei en ontwikkeling.
Artikel nie altyd duidelik het ‘n mate van struktuur Demonstreer ‘n begrip van hoe regering spandeer en hul prioriteite Redelike identifisering van faktore wat ekonomiese groei ontmoedig. Sluit ‘n redelike bydrae wat inwoners se tot ekonomiese groei en ontwikkeling maak.
Artikel is heeltemal te lank of te kort. Demonstreer effense begrip van hoe regering spandeer en hul prioriteite. Identifiseer sommige faktore wat ekonomiese groei ontmoedig. Sluit sommige bydrae in wat inwoners maak tot ekonomiese groei en ontwikkeling.
Artikel is swak geskryf. Demonstreer begrip van hoe regering spandeer en prioriteite. Swak identifisering van faktore wat ekonomiese groei ontmoedig. Sluit geïsoleerde bydrae wat inwoners maak tot ekonomiese groei en ontwikkeling.
Swak geskryf en onvoltooid. Demonstreer geen Begrip van hoe regering spandeer en prioriteite Geen identifisering van faktore wat ekonomiese groei ontmoedig. Geen bydraes tot ekonomiese groei en ontwikkeling van inwoners word genoem nie.
TAAK 3 LU3: AS1,3 & 6 TYD: 70min TOTAAL 60 Aktiwiteit 3.1 LU3: AS1,2,3 & 4 Bestuurs-, Verbruikers- en Finansiëlekennis en vaardighede
Aktiwiteit in Pare Tyd: 15min Punte: 12 Vorm van Assessering: Geskrewe - Blokkiesraaisel Assesseringsinstrument: Memorandum Hierdie aktiwiteit toets jou vermoë om basiese rekeningkunde en finansiële begrippe te definieer
en te verstaan.
Aangeleenthede ten opsigte van geld Voordat jy met die taak begin, lees asseblief Bylaag C om ‘n kort agtergrond van
Bestuurs- Verbruikers- en Finansiëlekennis en vaardighede te kry.
Werk in pare. Gebruik die onderstaande leidrade en voltooi die spasies met jou antwoorde op
die blokkiesraaisel. Werk met jou maat langs jou.
Dwars:
1. Rekeningkunde met positiewe syfers in die Inkomstestaat.
3. Geld bygedra tot die onderneming, sodat dit kan funksioneer.
4. Die koste van die onderneming.
7. Items wat aan die onderneming behoort, en verwag om vir ‘n lang tydperk gebruik te
word.
9. Fakture word as _________________ in die rekeninge getoon en dui bedrae geld wat
aan die onderneming geskuld word.
10. Banknote en munte; wettige betaalmiddels.
11. Fondse van die onderneming wat deur die eienaar(s) voorsien is.
Af:
1. Voorraad is ‘n voorbeeld van _____________ bates.
2. Die onderneming se skuld.
5. Die verskil tussen inkomste en uitgawes, as die inkomste meer is as die uitgawes.
6. Die verskil tussen inkomste en uitgawes, as die uitgawes meer is as die inkomste.
8. Geld wat die onderneming op ‘n tjekrekening skuld.
Naam van leerder: ______________________________________
1 1
3 6
5
4
8 2
7
9
10
11
Skeur hierdie bladsy uit en voltooi die blokkiesraaisel.
TAAK 3 LU3: AS1,3 & 6 TYD: 70min TOTAAL 60
Aktiwiteit 3.2 LU3: AS1 Bestuurs-, Verbruikers- en Finansiëlekennis en –vaardighede
Aktiwiteit in Pare Tyd: 15min Punte: 18 Vorm van Assessering: Geskrewe Aanbieding Assesseringsinstrument: Memorandum Hierdie aktiwiteit sal jou vermoë om verskillende aspekte van die Inkomstestaat te identifiseer,
assesseer.
Inkomstestaat Bestudeer die Inkomstestaat van Thabo se Brei Maatskappy vir die jaar geëeindig 28 Februarie
2009 op bladsy 16 en beantwoord die volgende vrae:
3.2.1 Die inkomstestaat is in twee afdelings verdeel: inkomste en uitgawes.
a. Uit watter items bestaan die inkomste afdeling? (2)
b. Watter items verminder die inkomste? (2)
3.2.2 Indien Thabo se Brei Maatskappy (TBM) ‘n item genaamd ‘huur inkomste’ in die
inkomstestaat toon, beteken dit dat TBM die huur betaal, of ontvang hy die huur van
iemand? (1)
3.2.3 Uit watter items bestaan die uitgawe afdeling? Waarom word hierdie items as
noodsaaklike uitgawes vir die onderneming beskou? (5)
3.2.4 Gebruik die inligting op die inkomstestaat en dui aan hoe die volgende begrippe van
mekaar verskil: bruto wins, bruto inkomste en netto wins vir die jaar . (6)
3.2.5 Omskryf in jou eie woorde waarom rente uitgawe nie deel is van die bedryfsuitgawes
nie. (2)
Thabo se Brei Maatskappy Inkomstestaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2009
Verkope 30 000 00
Koste van verkope (10 000 00)
Bruto wins 20 000 00
Ander Bedryfsinkomste 3 400 00
Huur inkomste 3 400 00
Bruto Bedryfsinkomste 23 400 00
Bedryfsuitgawes (8 400 00)
Lone en Salarisse 6 000 00
Telefoon 300 00
Skryfbehoeftes 400 00
Posgeld 100 00
Advertensies 1 600 00
Bedryfswins vir die jaar 15 000 00
Rente inkomste 3 000 00
Netto wins na rente inkomste 18 000 00
Rente uitgawe (2 000 00)
Netto wins vir die jaar 16 000 00
TAAK 3 LU3: AS1,3 & 6 TYD: 70min TOTAAL 60 Aktiwiteit 3.3 LU3: AS1 &3 Bestuurs-, Verbruikers- en Finansiëlekennis en –vaardighede
Individuele Aktiwiteit Tyd: 30min Punte: 24 Vorm van Assessering: Geskrewe Aanbieding Assesseringsinstrument: Memorandum Hierdie aktiwiteit assesseer jou vermoë om die Balansstaat en die Notas tot die Balansstaat voor
te berei.
Balansstaat Allan se Voedsel Mark is ‘n handelaar.
Instruksies:
1. Hierdie aktiwiteit moet individueel voltooi word.
2. Bestudeer die Proefbalans op bladsy 18 en stel dan die Balansstaat vir Allan se Voedsel
Mark op 31 Maart 2009 op.
3. Doen die notas tot die Balansstaat soos op 31 Maart 2009.
4. Volgens die Inkomstestaat is die Nettowins op 31 Maart 2009, R80 300. 00
5. Skeur Bylaag G, wat die Balansstaat templaat in jou boek is, uit.
PROEFBALANS VAN ALLAN SE VOEDSEL MARK OP 31 MAART 2009
Fol Debiet Krediet
Balansstaat rekening afdeling
Kapitaal B1 250 000 00
Onttrekkings B2 3 000 00
Lang termyn lening: ABC Bank B3 50 000 00
Grond en geboue B4 114 300 00
Toerusting B5 15 000 00
Handelsvoorraad B6 110 000 00
Bank B7 130 000 00
Kleinkas B8 500 00
Debiteure B9 11 500 00
Krediteure B10 4 000 00
Nominale Rekeninge Afdeling
Verkope N1 130 000 00
Koste van verkope N2 39 000 00
Huur Inkomste N3 1 400 00
Rente inkomste N4 3 500 00
Salarisse N5 11 500 00
Advertensies N6 1 500 00
Rente uitgawe N7 2 300 00
Verpakkingsmateriaal N8 300 00
438 900 00 438 900 00
TAAK 3 LU3: AS1,3 & 6 TYD: 70min TOTAL 60 Aktiwiteit 3.4 LU3: AS6 Bestuurs-, Verbruikers- en Finansiëlekennis en -vaardighede
Indiwiduele Aktiwiteit Tyd: 10min Punte: 6 Vorm van Assessering: Geskrewe Aanbieding Assesseringsinstrument: Memorandum Hierdie aktiwiteit assesseer jou begrip van verskillende metodes van betaling in die ekonomie.
Metode van betalings Veruidelik die volgende terme in jou eie word(e):
3.4.1 Debietkaarte en “smartcards” (2)
3.4.2 Tjeks (2)
3.4.3 Posorders (2)
TAAK
Aktiwiteit 4.1 LU4: AS1,3 & 5 Entrepreneurskennis, -vaardighede en -houdings.
Groep en Individuele Aktiwiteit Tyd: 65min Punte: 30 Klas bespreking en tyd vir voorbereiding: 60min Vorm of Assessering: Gevallestudie Assesseringsinstrument: Rubriek Hierdie aktiwiteit word gebruik om jou vermoë te toets om finansiële instellings en organisasies
wat entrepreneurskap bevorder, te identifiseer, soorte ondernemingsvorme te differensieer en
om besigheidsaktiwiteite te verbind wat bemarking en beplanning insluit.
Gevallestudie: “Kick-starting small businesses” ‘n besigheid met die naam : ‘Events and Catering BK” Abdul Steleki is van “Buffalo City” in Oos Londen. Hy het vyf jaar gelede met ‘n klein
geleentheidsbesigheid in sy motorhuis begin. Hy het finansieël gesukkel om kop bo water te
hou. Gelukkig het hy ‘n artikel in die Sunday Times gelees oor “Kick-starting small businesses”.
Lees die artikel op bladsy 22.
Hy het onmiddelik die Departement van Handel en Nywerheid (DHN) se inbelsentrum geskakel
en meer inligting gekry oor die ‘een-stop winkel’ in die Oos Kaap en ‘n afspraak gereël. Van
hierdie dag af, het hy nog nooit terug gekyk nie.
Sy besigheid het van ‘n klein eenmansaak tot ‘n Beslote Korporasie met 8 aktiewe lede gegroei.
“Events and Catering” BK
“Events and Catering”BK het onlangs ‘n groot tender van die regering ontvang. Die nuut
verkose regering het belowe om meer as 3 miljoen werksgeleenthede oor die volgende vyf jaar
te skep. Die DHN het die mandaat ontvang om hierdie proses voort te sit. Die
bemarkingsafdeling van die DHN het die tender aan “Events and Catering” BK toegestaan om
al hulle seminare, konferensies en werkswinkels te koördineer.
Die eerste seminaar sal oor twee dae in die Durban se Konvensie Sentrum op 13 en 14 Julie
2009 gehou word.
Instruksies: Jy is die geleentheids koördineringsbestuurder vir “Events and Catering” BK. Jy en
jou span (personeel) moet ‘n besigheidsplan vir die seminaar voorberei. ‘n Seminaar
van hierdie soort, vereis maande se beplanning en voorbereidings. Let asseblief op, dat
jy nie die hele besigheidsplan hoef op te stel nie. Jou groep moet slegs op die
volgende fokus:
1. Die bemarkingsplan;
2. die plakkaat en
3. die program vir die twee dae en ‘n kort verslag.
Die tema vir die Seminaar is: In die rigting van Volhoubare Ekonomiese Groei en
Ontwikkeling.
1. Werk in jou groep en hou ‘n dinkskrum oor die bemarkingsidees vir die seminaar.
2. Gebruik ‘n breinkaart om julle idees aan te teken.
3. Identifiseer die teikenmark.
4. Fokus op die vier P’s van bemarking: promosie, produk, prys en plek.
5. Ontwerp ‘n plakkaat op ‘n A4 bladsy (elke lid van die groep moet ‘n afskrif ingee)
Berei die Program vir die Seminaar op ‘n A4 bladsy voor.
6. Elke lid moet sy/haar eie verslag skryf (ongeveer 250 woorde) en dui aan
waarom hy/sy dink die seminar ‘n sukses sal wees.
7. Gebruik die rubriek op bladsy 23 vir riglyne om hierdie taak te voltooi.
NEEM ASSEBLIEF KENNIS:
Elke lid van die groep moet die volgende ingee:
1. Afskrif van die breinkaart (Groepwerk)
2. Afskrif van die plakkaat (Groepwerk)
3. Afskrif van die Seminaar se program (Groepwerk)
4. Oorspronklike handgeskrewe verslag (Individuele werk)
“Kick-starting small businesses”
Sipho Mseleku, Hoof Uitvoerende Beampte van beide die Sakekamer en Nywerhede van
Suid Afrika en die Nasionale Afrika Federale Sakekamer en Nywerhede, het die volgende
te sê oor entrepreneurs:
‘Baie entrepreneurs het uitstekende idees maar beskik nie oor die nodige vaardighede
en inligting om suksesvol te wees nie. Daar is ‘n tekort aan blootstelling en entrepreneurs
weet nie hoe om die dienste wat beskikbaar is te gebruik nie. Wanneer al die dienste in
‘n een-stop winkel gekombineer word, sal dit makliker wees om die entrepreneurs op te
lei en die klein sake te begin.
Gedurende ‘n onlangse onderhoud met “Sunday Times Business” se verslaggewer, was
Mseleku baie krities ten opsigte van die wyse waarop die regering die kleinsake
ontwikkelings se inisiatiewe gestruktureer het. Hy verwys na die Umsobomvu Jeug Fonds,
wat finansies vir jong entrepreneurs beskikbaar stel. Khula Enterprise Finance voorsien die
banke van waarborge vir die lenings en Ntsika Enterprises, wat inligting en mentor dienste
verskaf. Terwyl hierdie organisasies reeds ‘n mate van sukses behaal het, is vele miljoene
rande van befondsing en meer as ‘n miljoen werksgeleenthede in die proses geskep het,
sê hy dat elke entrepreneur met elk van die organisasies moet saamwerk, sowel as die
Departement van Handel en Nywerheid (DHN). Dit bemoeilik die proses om ‘n
onderneming te begin, met die gevolg dat entrepreneurs baie verward raak.
Mseleku stel voor dat hierdie instansies ‘n beter bydrae kan lewer deur hul aanbiedinge
by ‘n een-stop “besigheid geleentheid sentrum beskikbaar gestel word. Hy he took
gemeld dat hierdie sentrums landwyd beskikbaar gestel moet word sodat ontwikkeling
nie slegs tot groot sentrums beperk is nie. Soos dit is, is entrepreneurs geforseer om na
groter stede te gaan en gebiede waar klein en medium besighede (KKMO’s) ‘n groter
invloed kan hê sodat ontwikkeling en investering nie ontneem word nie.
Geneem uit: “It’s time to get our SME act together”, by Nicholas Neveling.
(Sunday Times – Business Times)
RUBRIEK OM DIE TAAK 4 TE ASSESSEER: Gevallestudie – “Events and Catering” BK Totaal 30
7 6 5 4 3 2 1
Uitstekende Bereiking
Verdienstelike
bereiking
Aansienlike bereiking
Voldoende bereiking
Middelmatige
bereiking
Elementêre bereiking
Nie
bereik
80-100% 70-79% 60-69% 50-59% 40-49% 30-39% 0-29%
Groep Werk 16-20 marks
Groep Werk 14-15 marks
Groep Werk 12-13 marks
Groep Werk 10-11 marks
Groep Werk 8-10 marks
Groep Werk 6-7 marks
Groep Werk 0-5 marks
Uitstekende breinkaart. Sluit die 4 P’s van bemarking in. Toon beplanning en konsulterende proses. Plakkaat baie kreatief, trek aandag en op die punt af, goed op die teiken mark gerig. Programme goed ontwerp en sluit al die elemente van tyd, onderwerp, die name van aanbieders, middagete en tee tye in.
‘n Baie goeie breinkaart. Sluit vier P’s van bemarking in. Toon beplanning en konsulterende proses. Plakkaat: trek aandag, op die punt af, en goed op die teiken mark gerig. Programme goed ontwerp en sluit meeste elemente van tyd, onderwerp, name van aanbieders, middagete en teetye in.
Goed opgestelde breinkaart. Sluit vier P’s van bemarking in. Toon beplanning en konsulterende proses. Plakkaat: trek aandag en op die punt af. Nie goed gerig op die teiken mark nie. Programme goed ontwerp en sluit sekere elemente van tyd, onderwerp, name van aanbieders, middagete en teetye in.
Goed opgestelde breinkaart. Sluit vier P’s van bemarking in. Toon gedeeltelike beplanning en konsulterende proses. Plakkaat: Redelik goed ontwerp en op die punt af, maar nie op die teiken mark gerig nie. Programme kan verbeter en sluit elemente van tyd, onderwerp name van aanbieders middagete en teetye in.
Swak breinkaart. Sluit vier P’s van bemarking in. Geen beplanning en konsulterende proses. Plakkaat: Nie goed ontwerp nie. Slegs enkele fokuspunte op die teikenmark. Programme -duidelikheid en fokus ontbreek.
Swak breinkaart. Sluit nie vier P’s van bemarking in nie. Geen beplanning en konsulterende proses. Plakkaat: Swak ontwerp en nie geskik vir die teiken mark nie. Programme baie swak ontwerp geen logiese struktuur
Swak breinkaart. Sluit nie vier P’s van bemarking in nie. Geen bewys van beplanning en konsulterende proses. Plakkaat: Voldoen nie aan die vereiistes nie.. Programme is nie gestruktureerd nie en baie van die elemente is uitgelaat.
Individuele
Verslag 8-10 punte
Individuele
Verslag 7 punte
Individuele
Verslag 6 punte
Individuele
Verslag 5 punte
Individuele
Verslag 4 punte
Individuele
Verslag 3 punte
Individuele
Verslag 0-2 punte
Baie goed gestruktureerd verslag met duidelike motiverings.
Baie goed gestruktureerd verslag met goeie motiverings.
‘n Goeie verslag met positiewe houdings
‘n Redelike verslag. Vereis meer insette.
Moet meer fokus op struktuur en inhoud.
Swak geskrewe verslag. Toon baie min pogings..
Swak geskrewe verslag en onvolledig. Geen poging aangewend.
BYLAAG A DIE EKONOMIESE SIKLUS Opsomming Ekonomiese stelsels soos kapitalisme en kommunisme is ontwikkel om voorsiening te maak vir die behoeftes en begeertes van die gemeenskap. Hierdie stelsels bepaal hoe die ekonomiese aktiwiteite in die land uitgevoer sal word, aangesien dit die produksiefaktore (nasionale hulpbronne, arbeid, kapitaal en entrepreneurskap) en die voorsiening van goedere en dienste beheer. Die meeste ekonomieë is mark-georiënteerd omdat regerings toelaat dat wat geproduseer sal word, deur die mark bepaal sal word. Suid Afrika het ‘n gemengde ekonomie wat beteken dat sommige voordele van kommunisme en kapitalisme gekombineer word. Die vloei van geld en goedere in die ekonomiese siklus in die ekonomie van huishoudings, (verbruikers) tot vervaardigers (besighede) en weer van vervaardigers tot huishoudings. Die regering en die buitelandse sektor, is ook deel van die ekonomiese siklus. Die buitelandse sektor is belangrik vir die Suid Afrikaanse ekonomie omdat dit ‘n mark vir Suid Afrikaanse uitvoere skep, en dit voorsien produkte en dienste wat Suid Afrika moet invoer. Investering is ook afkomstig van die buitelandse sektor. Die regering stel handelsooreenkomste met handelsvennote wêreldwyd op, sodat hierdie soort handel aangemoedig word om invoere te beheer, deur invoerbelasting in te stel. Vraag en aanbod beïnvloed pryse en is nou verwant. Die aanvraag styg gewoonlik wanneer pryse daal en daal wanneer pryse styg. Kompetisie en beskikbaarheid van produkte beïnvloed ook die vraag. Vervaardigers wil graag teen die hoogste pryse voorsien, sodat die verbruikers die pryse kan betaal, en hulle winste kan styg. Sodoende word ‘n ewewigsprys vir die goedere bereken. Alvorens die vervaardigers ‘n wins kan maak, moet hulle die gelykbreekpunt van die goedere wat hulle wil verkoop, bepaal. Die vraag kan elasties of nie-elasties wees. Vakbonde het tot dusver ‘n groot rol in die veranderende Suid Afrikaanse ekonomie gespeel Hulle het oor die afgelope aantal jare baie sterker geword, en dit reggekry om stakings te wettig en vir beter loon- en werksomstandighede vir hul lede te onderhandel. Die vakbonde het ook ‘n politieke rol om te speel. ‘n Hele aantal vakbonde is met die groter organisasies COSATU, Fedusa en Nactu geaffilieer.
Die nasionale begroting beïnvloed die ekonomie omdat die regering belasting hef en hulle oor ‘n program van besteding beskik. Die regering vorder inkomstes van indivudue en besighede in. BYLAAG B VOLHOUBARE GROEI EN ONTWIKKELING Opsomming Die regering spandeer die inkomste belasting wat hulle van landsburgers en besighede ontvang, volgens ‘n finansiële program, naamlik die nasionale begroting. Die Minister van Finansies beplan die begroting volgens die doelstellings wat deur die staat gestel is. Hierdie begrotingsplan word elke jaar in die Parlement gedurende Maart elke jaar voorgelees. Sedert 1994, was die regering se hoof doelwit om volhoubare ekonomiese groei en ontwikkeling in die land te bevorder en die ongelykhede in gemeenskappe aan te spreek. Soos wat hierdie pogings positiewe resultate oplewer, word dit al hoe belangriker dat goeie handelsverhoudings met buitelandse markte ontwikkel word. Suid Afrika is ook in ‘n gunstige posisie om as vennoot van buurlande op te tree en sterk, ekonomieë en gemeenskappe te ontwikkel. Die Heropbou en Ontwikkelingsprogram (HOP) wat deur die vorige regering van nasionale eenheid ontwikkel is, om ongelykhede wat in die verlede in Suid Afrika bestaan het, aan te spreek, het vele inspererende sukses verhale, asook ‘n groot hoeveelheid kritiek ontvang. ‘n Gesonde groeiende ekonomie gee aan mense die geleenthede om hul eie persoonlike welvaart te skep deur ‘n deel van hul inkomste te spaar en te belê om vir toekomstige voorspoed voorsiening te maak. Terselfdertyd word opgehoopte besparings en beleggings in finansiële instellings – banke, versekeringsmaatskappye en eiendomstrusts – beteken dat groot bedrae kapitaal vir groot projekte beskikbaar sal wees. Kommersiële en industriële eiendomme, myne, enige grootte besigheid, word deur hierdie fondse gefinansier. Vele werksgeleenthede word deur sulke ontwikkelings geskep. Hierdeur versprei die welvaart skepppingspotensiaal na baie gesinne en hul gemeenskappe. Hierdeur dra welvaart skeppingsmiddele – spaarrekeninge, eiendomsbeleggings, annuïteite en ekwiteite – by tot algemene ekonomiese vooruitgang en groei. Terwyl baie besighede tegnologie gebruik om produktiwiteit te verbeter, kan hierdie ‘n swak strategiese keuse in ‘n land soos Suid Afrika met uitermate hoë werklooheidsyfers wees. Gesofistikeerde tegnologie lei gewoonlik tot
werksverliese. ‘n Beter opsie sal wees om maniere te vind om arbeidsbekwaamheid deur middle van onderwys, vaardigheids opleiding en motivering en ook om na maniere te kyk om toerusting en masjinerie wat tans in gebruik is meer doeltreffend te gebruik. Globalisering skep ook geleenthede om groter markte te vind sodat produksiekoste verlaag kan word deur skaal ekonomieë te praktiseer. Die kompetisie wat die uitvoerder mee te doen het in die internasionale mark, beteken dat produktiwiteitsvlakke gereeld dopgehou en ontwikkel moet word, sodat pryse en die kwaliteit van produkte kompeterend en tot die voordeel van die verbruiker bly. SAOG Die Suid Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) bestaan sedert 1980 toe dit as ‘n alliansie van nege meerderheidsregerende State in Suider Afrika bekend was as die Suider Afrikaanse Ontwikkelings Koördinerings Konferensie (SAOKK), met die doel om ontwikkelingsprojekte te koördineer sodat ekonomiese afhanklikheid in die vorige apartheidsregering van Suid Afrika kon verminder. Die Stigting State was: Angola, Botswana, Lesotho, Malawi, Mozambique, Swaziland, Verenigde Republiek van Tanzania, Zambia en Zimbabwe. Die SAOKK is in Lusaka, Zambia op 1 April 1980 gestig, gevolg deur die Lusaka Deklarasie – Suider Afrika: Teenoor Ekonomiese Bevryding. Die verandering van die organisasie vanaf Koördinerings Konferensie tot Ontwikkelings Gemeenskap (SAOG) het op 17 Augustus 1992 in Windhoek, Namibia plaasgevind toe die Deklarasie by die Leiersberaad van Staatshoofde en regering geteken is, en die organisasie gewettig is. Die Lidlande is: Angola, Botswana, the Demokratiiese Republiek van die Kongo, Lesotho, Madagaskar, Malawi, Mauritius, Mozambique, Namibia, Suid Afrika, Swaziland, Verenigde Republiek van Tanzania, Zambia en Zimbabwe. Die SAOG hoofkwartiere is in Gaborone, Botswana. Die SAOG se Visie Die SAOG se visie is dié van ‘n gemeenskaplike toekoms, ‘n toekoms binne streeksgemeenskappe wat ‘n gesonde ekonomie sal verseker, verbetering van lewensstandaarde en –kwaliteite, vryheid en sosiale geregtigheid, asook vrede en veiligheid vir die mense van Suider Afrika. Hierdie gemeenskaplike visie is gefundeer op die algemene waardes en beginsels en die historiese en kulturele ooreenkomste tussen die mense van Suider Afrika.
Herstrukturering van SAOG Tydens ‘n Buitengewone Leiersberaad op 9 Maart 2001, in Windhoek, Namibië, is goedkeuring gegee vir ‘n Verslag vir die Herstrukturering van die SAOG Instansies. Hierdie verslag het bestaan uit ‘n Buitengewone Agenda wat meer duidelike beginsels soos ontwikkeling, fasilitering en bevordering van handel en beleggings, asook ‘n veranderende demografie. Gebasseer op die bogenoemde beginsels, sluit die Buitengewone Agenda die volgende in:
• die bevordering van volhoubare en billike ekonomiese groei en sosio-ekonomiese ontwikkeling wat armoedeverligting sal meebring met die uiteindelike doel om dit geheel en al uit te wis.
• die bevordering van gemeenskaplike politieke waardes, stelsels en ander gemeenskaplike waardes wat deur demokratiese, wettige en effektiewe instansies oorgedra word; en
• die konsolidering en handhawing van demokrasie, vrede en veiligheid. In teenstelling met die streeksgebasseerde koördinasie van sektorale aktiwiteite en programme, het die SAOG nou ‘n meer gesentraliseerde benadering gebruik, deur die 21 Koördinerende Eenhede in vier groepe te verdeel, naamlik:
– Handel, Nywerheid, Finansies en Beleggings; – Voedsel, Landbou en Natuurlike hulpbronne; – Infrastruktuur en Dienste; – Sosiale en menslike Ontwikkeling en Spesiale Programme.
DOELWITTE VAN DIE HEROPBOU- EN ONTWIKKELINGS PROGRAMME
VOORSIEN IN BASIESE BEHOEFTES • Voorsiening van gratis basiese dienste soos water en elektrisiteit
• Voorsiening van behuising- en grondsubsidies aan persone wat onder ‘n sekere inkomste vlak lewe.
• Subsidering aan boere wat vanuit voorheen benadeelde groepe kom.
• Verbetering van publieke vervoer deur voorsiening te maak van subsidies vir bus- en treinvervoer.
• Herkapitaliseringsprogramme van taksi’s
• Verbetering van die infrastrukture soos paaie, spoorlyne, hospitale en skole.
• Versekering van skoon en veilige omgewings.
• Voorsiening van gesondheidsorg aan persone wat nie private gesondheidsorg kan bekostig nie.
• Opgradering van hospitale en toerusting en opleiding van gesondheidsorg personeel.
• Voorsiening van sosiale toelaes bv. Pensioene, kinderondersteuning en ongeskiktheidstoelaes.
• ONTWIKKELING VAN MENSLIKE HULPBRONNE • Bekendstelling van programme om die onderwys en opleiding van voorskool
tot tersiêre vlak te verbeter.
• Begin kuns-, kultuur-, sport- en ontspanningsprogramme in arm gemeenskappe.
• Jeug ontwikkelingsprogramme soos byvoorbeeld “Umsobomvu Youth Fund” leerderskap en internskappe.
• Verbetering van vaardighede deur opleiding te gee en die fondse van die Vaardigheidsontwikkeling toelaag te gebruik
OPBOU VAN DIE EKONOMIE Finansiële hulp en advies aan klein ondernemings om te groei. Hulp aan nywerhede om te groei sodat hulle meer internasionaal kompeterend word en meer mense in diens neem. Om indiensneming en vaardigheidsontwikkeling te verhoog deur kontraktering van die werkloses. Om te werk aan projekte wat deur die regering befonds word, soos die Program vir die Uitbreiding van Openbare Werke.
• Verbetering van infrastruktuur soos kragstasies, damme, paaie, spoorlyne, hawens, lughawens, behuising, hospitale en skole.
DEMOKRATISERING VAN DIE STAAT EN GEMEENSKAPPE Versekering van demokrasie deur gereelde verkiesings te hou
• Ons toegang tot regte en inligting deur die Regering te verbeter.
• Kommunikasie en Inligtingsdienste (KID)
• Stigting van Meerdoelige Gemeenskap Sentrums (Thusong Dienssentrum) sodat persone verskillende regeringsdienste op ‘n sentrale plek kan kry. Indiensneming van duisende gemeenskap ontwikkelingswerkers (GOW) om persone te help om toegang tot dienste en geleenthede te kan kry
• Verdieping van demokrasie deur “izImbizos,” wykskomitees, gemeenskaps polisie forums en skool beheerliggame.
Sedert 1994, het die regering die volgende voorsien: • Meer as 2 miljoen huise aan arm mense.
• Gratis onderwys vir ongeveer 5 miljoen leerders elke jaar.
• Maandelikse pensioene of ander maatskaplike toelaes word aan meer as 12 miljoen mense betaal.
• Gratis water en elektrisiteit aan meeste stadsinwoners.
• Gemiddelde bedrag van R500 per maand vir gesondheidsorg aan elke gesin wat nie oor ‘n mediese hulpskemas beskik nie.
• Gratis antiretrovirale behandeling aan meer as 250 000 HIV pasiënte. BYLAAG C BESTUURS-, VERBRUIKERS-, EN FINANSIËLEKENNIS EN VAARDIGHEDE Opsomming Lees die onderstaande opsomming. Verstaan jy al die vetgedrukte woorde? Indien jy nie seker is nie, gaan terug en lees weer wat die betekenis van elke woord is. In hierdie module het jy van meer intensiewe boekhoudings en rekeningkundige praktyke geleer. Dit sluit in opsommende inligting van die brondokumente in een of ander joernaal. Die joernaal wat gekies word, is of die kontantontvangstejoernaal, kontantbetalingsjoernaal debiteure joernaal, debiteure grootboek, krediteure joernaal of die krediteure grootboek – afhangende van die soort brondokument wat gebruik is. Die totale van elke joernaal word in ‘n ander boek aangeteken, naamlik die algemene grootboek. In hierdie boek word al die transaksies van die onderneming saamgevat. Die algemene grootboek toon die transaksies van die bates, ekwiteit en laste van die onderneming. Alvorens die finansiële state vir die onderneming opgestel word, moet boekhouers die akkuraatheid van die transaksies in die algemene grootboek kontroleer deur ‘n proefbalans op te stel. Teen die einde van ‘n gewone periode, gewoonlik die finansiële jaar van die onderneming, neem die rekenmeester die syfers in die proefbalans wat deur die boekhouer opgestel is, om die inkomstestaat en balansstaat vir die periode op te stel. Hierdie inligting in die twee finansiële state is baie waardevol vir die eienaar en die bestuurders van die onderneming, omdat dit die finansiële stand van die onderneming aandui en dat belangrike besluite ten opsigte van die toekoms van die onderneming geneem kan word. Vergelykings kan gemaak word, deur middel van verhoudings (ratio’s) te bereken sodat die winsgewendheid, solvabiliteit en likiditeit van die onderneming bepaal kan word. . Die module sluit ook eienskappe, voor- en nadele van verskillende betaalmiddele in die ekonomie in. Die verskillende maniere van kredietaankope word ondersoek en die voordele om goedere en dienste eerder kontant aan te koop word in oorweging gebring.
Eenheid 4 bespreek die invloed van besighede op die gemeenskap en die omgewing. Daar word ook gekyk na die rol wat openbare betrekkinge in ‘n onderneming, wat betrokke is by sosiale verantwoordelikheid en omgewings verantwoordelikheid, speel. Die aksies van die ondernemings wat met gemeenskappe werk om die lewens van mense te verbeter wat in armoede leef. Jy het die geleentheid gekry om strategieë van sommige Suid Afrikaanse organisasies van maatskaplike en gemeenskaps verantwoordelikheid na te vors. Die laaste gedeelte van die module word afgesluit met ‘n kort oorsig oor die wette in Suid Afrika wat die raamwerk voorsien waarbinne die onderneming werkers in diens neem. Hierdie eenheid het gefokus op die basiese indiensneming, gelyke indiensneming en nie-diskriminasie, en vaardigheidsopleiding. BYLAAG D ENTREPRENEURSKENNIS EN -VAARDIGHEDE Opsomming Alle entrepreneurs dink aan goeie idees vir ‘n onderneming. Dan moet hulle hul idees analiseer om seker te maak dat dit sal werk. Om dit te doen moet hulle ‘n studie oor die uitvoerbaarheid van hul idees, waarin hulle die produksiefaktore soos kapitaal, kompetisie, grondstowwe, vervoer, arbeid en moontlike ligging vir die onderneming doen. Dan moet ‘n SWOT analise gedoen word, sodat die sterkpunte, swakpunte, geleenthede en bedreigings van hul idees (of die onderneming indien dit reeds bestaan) bepaal kan word. Daarna word mark navorsing gedoen, miskien in die vorm van ‘n vraelys, wat hulle sal help om te verstaan wat die mark se behoeftes en begeertes is. Die besigheidsplan word dan benodig. Dit sal entrepreneurs help om oor al die aspekte van die onderneming te konsolideer en dit word ook deur finansiële instellings vereis, wanneer aansoek om ‘n lening gedoen word. Hierdie plan bestaan uit ‘n omskrywing van die produk en die onderneming, ‘n begroting, ‘n bemarkingsplan en ‘n bedryfsplan. ‘n Entrepreneur moet oorweeg watter ondernemingsvorm die besigheid die beste sal pas – of ‘n eenmansaak, deel van ‘n vennootskap, of om ‘n Beslote Korporasie te begin. Wanneer die onderneming gereed is om die produk te bemark, moet na moontlikhede gekyk word om ‘n vraag te skep of dit te verhoog deur die verbruiker bewus te maak van die produkte, d.m.v. ‘n realistiese prys, deur die produk van ander produkte op die mark te differensieër en te kyk na nuwe markte. Verskillende media, soos koerante, pamflette, kennisgewingborde en die radio kan gebruik word om die produk te bemark. .
Die regering ondersteun die ontwikkeling van klein, medium en mikro ondernemings (KMMO’s). Verskeie agentskappe word voorberei om ondersteuning ten opsigte van ondernemings vaardighede, opleiding en hulp met finansiële sake. KMMO’s help om welvaart in die land te skep, want deur inkomste te genereer, ondersteun die verbruiker hom/haar self en word sulke verbruikers deel van die ekonomiese siklus. Daar word werk geskep en help om werkloosheid te verminder.
BYLAAG E
RUBRIEK OM TAAK 2 TE ASSESSEER: Die nasionale begroting en besteding van die regering
7 6 5 4 3 2 1
Uitstekende Bereiking
Verdienstelike
bereiking
Aansienlike bereiking
Voldoende bereiking
Middelmatige
bereiking
Elementêre bereiking
Nie
bereik
80-100% 70-79% 60-69% 50-59% 40-49% 30-39% 0-29%
BYLAAG F DIE EKONOMIESE SIKLUS
24-30 punte
21-23 punte
18-20 punte
15-17 punte
12-14 punte
8-11
punte
0-8
punte
Goed geskryf en korrekte lengte. Demonstreer uitstekende begrip van regering besteding en prioriteite Identifiseer faktore wat ekonomiese groei teenwerk, baie akkuraat Bydraes wat landsburgers kan maak ten opsigte van ekonomiese groei en ontwikkeling, is baie duidelik.
Redelik goeie artikel met korrekte lengte Demonstreer goeie begrip van regering besteding en prioriteite Identifiseer faktore wat ekonomiese groei teenwerk, goed. Goeie bydraes wat landsburgers kan maak ten opsigte van ekonomiese groei en ontwikkeling.
Artikel is duidelik met korrekte lengte. Demonstreer begrip van regering besteding en prioriteite Identifiseer faktore wat ekonomiese groei teenwerk. Bydraes wat landsburgers kan maak ten opsigte van ekonomiese groei en ontwikkeling is genoem.
Artikel is nie altyd baie duidelik effense struktuur. Demonstreer redelike begrip van regering besteding en prioriteite Identifiseer faktore wat ekonomiese groei teenwerk, redelik. ‘n Redelike aantal bydraes is genoem wat landsburgers kan maak ten opsigte van ekonomiese groei en ontwikkeling.
Artikel is heeltemal te lank en te kort. Demonstreer ‘n mate van begrip van regering besteding en prioriteite. Sommige faktore wat ekonomiese groei teenwerk, word geïdentifiseer. Sommige bydraes is genoem wat landsburgers kan maak ten opsigte van ekonomiese groei en ontwikkeling.
Swak geskrewe artikel. Demonstreer min begrip van regering besteding en prioriteite Identifiseer faktore wat ekonomiese groei teenwerk, is swak. Slegs geïsoleerde bydraes wat landsburgers kan maak ten opsigte van ekonomiese groei en ontwikkeling word genoem.
Swak geskryf en onvolledig. Demonstreer geen begrip van regering besteding en prioriteite Geen faktore wat ekonomiese groei teenwerk, is geïdentifiseer nie. Geen bydraes wat landsburgers kan maak ten opsigte van ekonomiese groei en ontwikkeling is genoem nie.
BYLAAG G ALLAN SE VOEDSEL MARK Balansstaat op 31 Maart 2009
NIE-BEDRYFSBATES
Roerende Bates 1
BEDRYFSBATES
Handelsvoorraad
Handels- en ander Debiteure
Kontant en kontantekwivalente 2
TOTALE BATES
EKWITEIT EN AANSPREEKLIKHEID
EIENAARSBELANG 3
NIE-BEDRYFSLASTE (L/T Lening)
BEDRYFSLASTE
Handels- en ander krediteure 4
TOTALE EKWITEIT EN LASTE
1 Roerende Bates (Nie-Bedryfsbates))
Grond & Geboue Toerusting Totaal
Kosprys
2 Kontant en kontantekwivalente
Bank
Kleinkas
3 Eienaarsbelang
Saldo (1 Maart )
Netto Wins
Onttrekkings
4 Handels- en ander krediteure
Krediteure
BYLAAG H
RUBRIEK OM TAAK 4 TE ASSESSEER: Gevallestudie – “Events and Catering” BK
7 6 5 4 3 2 1
Uitstekende Bereiking
Verdienstelike
bereiking
Aansienlike bereiking
Voldoende bereiking
Middelmatige
bereiking
Elementêre bereiking
Nie
bereik
80-100% 70-79% 60-69% 50-59% 40-49% 30-39% 0-29%
Groep Werk 16-20 Punte
Groep Werk 14-15 Punte
Groep Werk 12-13 Punte
Groep Werk 10-11 Punte
Groep Werk 8-10
Punte
Groep Werk 6-7
Punte
Groep Werk 0-5
Punte
Uitstekende breinkaart. Sluit 4 P’s van bemarking in. Bewys van beplanning en konsulterende proses. Plakkaat: baie kreatief, trek aandag en op die punt af, goed op teikenmark gerig. Program goed ontwerp en sluit alle elemente van tyd, onderwerp, naam van aanbieders, middagete en teetye.
‘n Baie goeie breinkaart. Sluit 4 P’s van bemarking in. Bewys van beplanning en konsulterende proses. Plakkaat: trek aandag, op die punt af, goed op teikenmark gerig. Program goed ontwerp en sluit meeste v die elemente van tyd, onderwerp, name van aanbieders, middagete en teetye.
Goed opgestelde breinkaart. Sluit 4 P’s van bemarking in. Bewys van beplanning en konsulterende proses. Plakkaat: trek aandag, op die punt af, nie duidelik op teikenmark gerig nie. Program goed ontwerp en sluit sommige elemente van tyd, onderwerp, name van aanbieders, middagete en teetye.
Goed opgestelde breinkaart. Sluit 4 P’s van bemarking in. Bewys van gedeeltelike beplanning en konsulterende proses. Plakkaat: redelik goed ontwerp, op die punt af, geen focus op teikenmark nie. Program ontwerp, kan verbeter en sluit sommige elemente van tyd, onderwerp name van aanbieders, middagete en teetye.
Breinkaart is swak. Sluit 4 P’s van bemarking in Geen bewys van beplanning en konsulterende proses. Plakkaat nie goed ontwerp nie. Slegs gedeeltelik gefokus op teikenmark. Program duidelikheid en focus ontbreek.
Breinkaart is swak. Sluit nie al die P’s van bemarking in nie. Geen bewys van beplanning en konsulterende proses. Plakkaat: swak ontwerp en nie geskik vir teikenmark nie. Program is swak, geen logiese struktuur
Breinkaart is swak. Sluit geen P’s van bemarking in nie. Geen bewys van beplanning en konsulterende proses. Plakkaat: voldoen nie aan die vereistes nie. Program het geen struktuur en meeste sleutel elemente ontbreek.
Individuele Verslag
8-10 punte
Individuele Verslag 7 punte
Individuele Verslag 6 punte
Individuele Verslag 5 punte
Individuele Verslag 4 punte
Individuele Verslag 3 punte
Individuele Verslag
0-2 punte Baie goed gestruktureerd, verslag met goeie motiverings.
Goed gestruktureerd, verslag met duidelike motiverings.
‘n Goeie verslag wat positiwiteit reflekteer.
‘n Billike verslag, verg meer insette.
Moet meer op struktuur en inhoud fokus.
Swak geskrewe verslag. Minimale pogings aangewend.
Swak en onvolledige verslag. Geen poging aangewend.
TOTAAL 30
Naam van Leerder:_______________________
Aktiwiteit Punte Groep Werk
Verslag
Totaal
Woordelys aanbod – die voorsiening van goedere en dienste, die hoeveelheid goedere of dienste beskikbaar vir die mark. aandele – die dele waarin die kapitaal van
‘n onderneming verdeel is, waarna die publiek dividende ontvang as deel van hul winste. aanvangskoste – die totale koste betrokke om ‘n onderneming te begin tot wanneer die onderneming ‘n wins maak. aanvraag – die bedrag van goedere wat
verbruikers gewillig is teen ‘n spesifieke prys aan te koop. alleeneienaar – ‘n persoon wat sy eie onderneming begin en bestuur. annuïteit – ‘n vaste bedrag wat elke jaar lewenslank aan ‘n persoon betaal word, sodra dit verval; ‘n soort versekering wat ‘n vaste bedrag elke jaar aan ‘n persoon betaal word, ‘n privaat pensioenskema. balansstaat – ‘n staat wat op ‘n spesifieke datum die totale bates en laste toon wat die finansiële posisie van die onderneming aandui. bates – waardevolle items waaroor die onderneming beheer het. bedryfsbates – bates wat binne the huidige boekjaar / siklus gebruik word. begroting – ‘n opsomming van moontlike
inkomste en uitgawes vir ‘n sekere tydperk, die totale bedrag aan ‘n projek/departement toegedeel. belastingkoers: die koers waarteen
belasting op inkomste betaal moet word, word deur die totale inkomste wat ‘n persoon / onderneming verdien bepaal. besigheidsplan – ‘n volledige plan vir ‘n voornemende onderneming. beslote korporasie – ‘n wettige sakeonderneming, met een tot tien lede. brondokument – die primêre bewys van transaksies. debiteure – persone wat aan wie ons op krediet verkoop. debiteuregrootboek – boek waarin krediet verkope – handelsvoorraad / dienste – aangeteken word en betaling tot ‘n later datum uitgestel word. debiteurejoernaal – ‘n hulpjoernaal waarin alle krediet verkope aangeteken word. dienste – produkte wat ‘n mens nie kan sien
of voel nie, bv. deur banke, onderwys ens. differensieer ‘n produk – om ‘n produk wat dieselfde is as mededingers s’n , te verander.
direkte koste – die koste wat direk bydrae tot die vervaardiging van ‘n produk bv. grondstowwe en arbeid. dubbel inskrywing – ‘n grootboek
inskrywing waar elke transaksie dubbel in twee rekeninge ingeskryf word. Een in die debiet en een aan die krediet kant. ekonomie – ‘n omgewing waar produksie verbruik en verhandeling plaasvind. ekonomiese groei – ‘n verhoging in die ekonomiese aktiwiteit van ‘n land wanneer die lewensstandaarde verbeter. ekonomiese integrasie – wanneer
beperkinge tot die vloei van goedere, dienste en produksie tussen handelsvennote opgehef word. ekonomiese skaal – vemindering van eenheidskoste deur groot skaalse produksie. Die koste van kapitaal investering en bokoste word deur meer goedere verdeel, dus laer eenheidskoste. ekonomiese stelsel – die manier waarop ‘n
land se ekonomie georganiseerd is bv. kapitalisme en kommunisme. gelykbreek prys – die prys waarteen die onderneming produksiekoste dek en geen wins maak nie. handelsbank – ‘n bank wat d.m.v. bankdienste wins maak. handelsooreenkoms – ‘n ooreenkoms (gewoonlik tussen lande) wat bepaal hoe handel gedryf moet word. Inkomste – die geld wat die regering van
belastings ontvang. kapitaal – ‘n bedrag geld of eiendom wat belê word om ‘n onderneming mee te begin. kapitaal opbrengs – die bedrag rente wat jy kan verwag op geld in die bank. kapitaalgroei – ‘n verhoging in die kapitaalbedrag wat beskikbaar is vir beleggings. kapitalisme – ‘n ekonomiese stelsel waar
handel en nywerheid beheer word deur privaat ondernemings met die doel om wins te maak. kapitaliste – persone wat kapitalisme ondersteun en wat geld gebruik om meer geld mee te maak. kleinhandelaars – kleiner winkels wat goedere aan verbruikers verkoop KMMO’s – Klein, medium, mikro,
ondernemings kommunisme – ‘n ekonomiese stelsel waar eiendomme en ondernemings deur die
gemeenskap besit word en nie deur individue nie. kontantbetalingsjoernaal – ‘n hulpjoernaal waarin alle kontant betalings aangeteken word. kontantontvangstejoernaal – ‘n
hulpjoernaal waarin alle kontant ontvangstes aangeteken word. kontantvloei – die beweging van kontant in en uit die onderneming. korporatiewe belasting – belasting betaal deur die onderneming aan die regering. korttermyn doelwitte – doelwitte wat
maklik bereik kan word. krediteur – ‘n onderneming of besigheid van wie jy op krediet aangekoop het. krediteurejoernaal – ‘n hulpjoernaal waarin
alle krediet aankope aangeteken word. kwotas – ‘n beperking op invoere wat die hoeveelhede invoergoedere beperk. mededingers – persone wat dieselfde produk / dienste lewer. navorsing – marknavorsing, mense word ondervra, inligting word bekom. openbare sektor – die regering of staat. pensioenfonds – ‘n fonds waarin maandelikse bedrag inbetaal word, om ‘n maandelikse pensioen (gereelde inkomste) met aftrede te ontvang. privaat besit – grondstowwe, goedere of eiendom wat deur privaat persone besit word. privaat maatskappy – ‘n onderneming wat
uit maksimum 50 persone bestaan en volgens die maatskappye wet van 1973 geregistreer is. privaat sektor – ondernemings wat deur privaat persone besit word. produk bewustheid – produkte aan verbruikers bekend te maak. produktiwiteit – omskryf hoe vinnig insette in uitsette omskep kan word. proteksionisme – ‘n land se handelsbeleid wat invoere ontmoedig deur heffings en kwotas op invoere te plaas, sodat plaaslike nywerhede beskerm word. prysbepaling – hoe goedere se pryse bereken word. publieke maatskappy – ‘n groot besigheid wat op die JSE genoteer is met ‘n onbeperkte aantal aandeelhouers. solvent – ‘n onderneming se vermoë om sy lang termyn laste te betaal. sosiale en maatskaplike programme – strategieë om om te sien na die welsyn van
landsburgers wat nie in staat is om na hulle self om te sien nie. spaarfonds – ‘n fonds waarin geld elke maand gespaar kan word, en met aftrede word ‘n ronde som uitbetaal. staatseienaarskap – grondstowwe,
goedere en eiendomme wat deur die staat besit word. staking – as werkers hul werk staak om teen ‘n sekere saak te protester. stokvel – ‘n informele spaarskema suid Afrikaanse Inkomstediens (SAID) – die regering se belastinginvorderings department swart mark – ‘n stelsel waar goedere en geldeenhede onwettig gekoop en verkoop word. SWOT analise – ‘n studie van sterkpunte, swakpunte, geleenthede en bedreigings. tarief – ‘n belasting wat op in- en
uitvoergoedere betaal word. teikenmark – die mense of ander
ondernemings wat jy hoop jou produk sal aankoop. vaardigheidsopleiding – opleiding wat aan mense vaardighede gee. vakbonde – ‘n organisasie wat werkers se inkomste, werksomstandighede verbeter deur met die werkgewer of werkgewer organisasies te onderhandel. verbruikers –mense wat goedere en
dienste koop om hul behoeftes te bevredig. verspreiding – om goedere vanaf fabriek,
na groothandelaars en kleinhandelaars te versprei. volhoubaar – groei en ontwikkeling wat oor ‘n tydperk onderhou word, sonder die gebruik van natuurlike hulpbronne wat nie weer vervang kan word nie. voorraad – goedere wat die onderneming
vervaardig of aangekoop het. vooruitgang – om suksesvol te wees, veral
finansieël. werklike opbrengs – opbrengs wat
aangepas is om voorsiening vir inflasie gedurende die tydperk te maak. wins – die inkomste of toekenning wat ‘n entrepreneur uit sy onderneming ontvang. winsgewendheid – wins as resultaat van die ondernemings se aksies.