JERSEY SA Nuusbrief
Foto: Met vergunning van Nico v Rensburg
Maart/April - 2015
Jersey SA Kontak besonderhede: Tel: 051 430 8020
Faks: 051 430 7719 Epos: [email protected]
Belangrike Datums Mei 2015
26 Mei Jersey Suid-Kaap Klub Toer
Nuwe lede
Graag wil Jersey SA die volgende nuwe lede welkom
heet:
Aweer Trust – Jacobsdal
J.W. v.d Merwe – Schweizer Reneke
Grootbos Melkery - Riversdal
Klassifikasies 2015
Suid-Afrika is huidiglik in 8 klassifikasie streke opgedeel. Elke
streek word 2 keer per jaar besoek deur ‘n Jersey SA
klassifiseerder.
Die streke is:
Streek Besoekmaand 1 Besoekmaand 2
Gauteng, Limpopo,
Mpumalanga
Januarie Julie
Noordwes, Noord Kaap Februarie Augustus
Suid-Kaap en dele van
Overberg
Februarie Augustus
Natal en dele van
Mpumalanga
Maart September
Overberg en Wes-Kaap Maart September
Oos-Vrystaat April Oktober
Oos-Kaap Mei November
Noord- en Wes Vrystaat Junie Desember
Elke teler in die streek wat besoek word, word 2 weke voor die
besoek skriftelik in kennisgestel van die datum en tyd van die
besoek.
Spesiale Algemene vergadering
Na afloop van die afgelope Algemene Jaarvergadering
in Bloemfontein, het verskeie fakature op die raad die
vergadering genoodsaak om ‘n Interim Raad aan te
stel wat verantwoordelik sal wees vir die dag tot dag
bestuur van Jersey SA en die oorsig van die verkiesing
van nuwe Raadslede in die streke waar fakature is.
Die Spesiale Algemene Vergadering sal geskied op 2
Junie 2015 om 14:00 in die Jersey Klub van die Royal
Skougronde.
Die finale kennisgewing van die vergadering is reeds
aan elke lid per e-pos gestuur.
Bedanking van Jannie Nel
Jannie Nel, wat die afgelope 3 jaar Jersey SA se
Rasadviseur was, het Jersey SA ongelukkig aan die
einde van April verlaat. Graag wil die Raad van Jersey
SA Jannie bedank vir al sy inisiatief en positiewe
bydraes wat hy gemaak tot die Jerseyras, asook sy
entoesiasme waarmee hy dit gedoen het. Die beste vir
die pad vorentoe word vir hom en Irene toegewens.
Royal Skou 2015
Graag wil die Natal Jersey Klub onder ons telers se
aandag bring dat die Royal Skou 2015 se beoordeling
op 3 Junie 2015 sal plaasvind en die Interras op 4
Junie 2015.
Vir enige navrae kontak asb vir Gwen Watson by 083
458 6499.
JERSEY SA ITEMS TE KOOP
Pryse
Pette – R 75
Hemde – R 140
Penne – R 8
Buckle – R 130
Die volgende items werk op bestellings basis:
Swart baadjie – R 400
Flitslig & Knipmes stel – R 160
Moulose Fleezy Baadjie – R 230
Klubvoorsitters Kontak Besonderhede
Highveld Club Darren Hutchinson 082 829 4284
Noord VS Klub Cobus Behrens 082 493 8809
Eastern Cape
Club
Gerhard v Rensburg 082 376 5038
Drie Provinsies
Klub
Riaan Jacobs 082 371 8143
Kaapse Jersey
Klub
Rikus v Wyk 084 422 2111
Outeniqua Klub Nico van Rensburg 083 635 9907
Overberg Klub Albert Myburgh 082 567 7841
Natal Club Arno Theron 082 444 0362
Suid-Kaap Klub Pieter v Deventer 082 456 1209
Noordelike Kampioenskappe 2015
Die Noordelike Jersey Kampioenskappe het die jaar ‘n effense ander baadjie aangetrek deurdat dit gehou in die vorm van ‘n
Suiwelskou tesame met die Ayrshires en Holsteins. Die uitslae van die geleentheid is as volg:
Groot Kampioen Koei; Opperste Interras Kampioen Dier; Senior Kampioen Koei; Senior Kampioen Uier - Molls-
Hoop Sultan Lobellia – ET – MD Foundation (Edms) Bpk
Reserwe Groot Kampioen Koei; Reserwe Senior Kampioen Koei – Rosafield Lobellia Jane- Rosafield Jerseys
Junior Kampioen Koei; Junior Kampioen Uier – MD Riley 1364 Gladiola – MD Foundation (Edms) Bpk
Reserwe Junior Kampioen Koei – Molls-Hoop Sultan Diana – MD Foundation (Edms) Bpk
Kampioen Vers – Hydeaway Valentino Merida – F.C. Hyde
Reserwe Kampioen Vers – Rosafield Vernon Sleeper – Rosafield Jerseys
Groot Kampioen Koei – Molls-Hoop Sultan Lobellia – ET Reserwe Groot Kampioen Rosafield Lobellia Jane
Suiwel Veiling 2015
Tydens die afgelope Noordelike Kampioenskappe /Suiwelskou is daar ook ‘n gesamentlike Suiwelveiling gehou.
Jersey SA het die meeste inskrywings gehad met 8 kuddes wat deelgeneem het aan die “Barnlab Pick of the
Herd” Veiling. Al 8 die Jersey inskrywings het ‘n koper gekry en beloop die gemiddeld van die veiling R 28 500.
BRIEF AAN LEDE VAN JERSEY SA – Arno Theron – Voorsitter Interim Bestuur
Die Algemene Jaarvergadering te Bloemfontein op 22 April 2015, het baie veranderinge en vrae teweeg gebring
Volledige gebeure van die vergadering word saamgevat in die Notule van die AJV, maar hier 'n kort samevatting:
Argumente het ontstaan rakende die nominasie vir 'n raadslid vir die Noord streek. Japie Nel en Leon Thom
was genomineer. Mnr Leon Thom het die verkiesing gewen. Daar was onsekerheid oor of Mnr Thom se
nominasie korrek was. Mnr de Kock het kapsie teen die bevindings gemaak. Die raad het Mnr Thom se
nominasie aanvaar, omdat daar gevoel was dat Mnr Thom 'n positiewe bydrae kan maak tot die ras.
Mnr Michiel Heyns en Mnr Pete Durham (nuutverkose raadslede) het toe bedank a.g.v. die kapsie. Dit het
mee gebring dat daar net 2 raadslede oorbly. Daar was dus nie 'n kworum nie. Die vergadering het besluit
om op die vergadering 'n interim bestuur aan te stel tot daar weer 'n raad saamgestel kan word. Rikus van
Wyk, Kobus Behrens en Arno Theron is saam met Gielie de Kock en Leon Thom gekies as interim bestuur.
Daar is besluit om 'n Spesiale Lede vergadering te belê te Pietermaritzburg, 2 Junie, tydens die Royal Skou.
Die rede vir hierdie vergadering is om die nuwe raad te kies, wat sal dien tot en met die AJV 2016.
Nominasies vir Natal en Vrystaat is reeds ontvang. Oos- Kaap het weereens geen nominasie nie. Hierdie
vergadering is ook die geleentheid om enige onsekerhede uit die weg te ruim. Die nuutverkose raad sal dan
onmiddelik begin met belangrike besluite vir Jersey SA se toekoms. Tydens die Spesiale Vergadering sal Mnr
de Kock ook sy standpunt aan die lede stel.
U word hartlik uitgenooi om die vergadering by te woon.