Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.
Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/
KALENDER VIR DIE WEEK
Vrydag 5 Maart ATKV-Redenaars: eerste ronde
Saterdag 6 Maart ATKV-Redenaars: eerste ronde
NWU-reeks: Dr Malan (tuis)
Sondag 7 Maart Lindenkoor Paasopvoering: NGK Aan die Berg
Maandag 8 Maart Con Spirito Redenaars
Dinsdag 9 Maart Bloeddienste
Donderdag 11 Maart Netbal: Liga vs Monument (tuis)
Oueraand
Vrydag 12 Maart NWU-reeks: Finaal (Dr Malan)
MICROSOFT VENNOOTSKAPSKOOL
Op Donderdag, 4 April, het 'n groot aantal Lindeniete die “Microsoft Activation Day” bygewoon. Hoërskool Linden is 'n
Microsoft Vennootskapskool en sterk op pad om 'n “Showcase” skool te word. Dit beteken dat elke Lindeniet tans gratis
toegang het tot Office 365-sagteware wat 1Tb OneDrive stoorspasie insluit. Leerders mag Office 365 toepassings (soos MS
Word, Excel) op VYF verskillende toestelle GRATIS installeer.
Die leerders kan toegang tot die Internet kry deur middel van
die skool se uitstekende WiFi-netwerk en so die toepassings
op hul selfone en tablette gebruik. Talle onderwysers gebruik
ook die sagteware as deel van die onderrig- en leerproses.
Hoërskool Linden is voorlopers in die suksesvolle gebruik van
tegnologie in publieke skole en hierdie week was weereens 'n
bewys daarvan.
Vir meer inligting hieroor, kontak Me. C. Fourie by:
5 APRIL 2019
Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.
Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/
ONDERSTEUNERSBAADJIES
Nuwe ondersteunersbaadjies is nou beskikbaar vir ouers, vriende en
Alumni van Hoërskool Linden.
Die baadjies is liggrys met ‘n geborduurde skoolwapen.
Dit is beskikbaar in al die verskillende volwasse-groottes teen
R500 per baadjie.
Maak gerus ‘n afspraak, per e-pos, met me. Marianne Gouws
indien u die baadjies wil besigtig en aanpas.
E-pos: [email protected]
Bestellings kan enige tyd geplaas word.
BESTELVORM
Naam en van:
E-posadres:
Selfoonnommer:
Grootte: (dui aan hoeveel van
elk u bestel)
S M L XL XXL
Ander grootte:
Bedrag inbetaal:
Rekeningbesonderhede:
Rekeningnaam: Hoërskool Linden
Bank: FNB
Rekeningnommer: 62577202410
Takkode: 253 705
Verwysingsnommer: 420105 Voorletter en van
Byvoorbeeld: 420105 JdeWet
E-POS DIE BESTELVORM SAAM MET DIE BEWYS VAN BETALING NA: [email protected]
Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.
Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/
SPORT
Tennis
Alec Beckley:
Hoërskool Linden spog met ‘n SA-tennisspeler.
Alec Beckley was deel van die Gautengspan wat die Suid-Afrikaanse Skolekampioenskappe gewen het. Alec is na afloop
van die kampioenskappe vir die o.19 SA Skolespan gekies. Baie geluk Alec.
Ané Dannhauser:
Baie geluk aan Ané Dannhauser wat die afgelope ruk aan verskeie mini TSA-toernooie deelgeneem het. Ané was die wenner
van die Soweto TSA-toernooi vir o.16-dogters. Sy stap ook met die louere weg by die Gauteng Oos Pulsit Toernooi waar sy
die o.16-enkels en -dubbels gewen het. Sy was ook deel van die o.15 Gautengspan wat die SA Skoletoernooi gewen het.
Welgedaan Ané.
Ritmiese Gimnastiek
Daniele vd Merwe het die afgelope vakansie Suid-Afrika verteenwoordig in Burgas Bulgarye in die Senior Olympic afdeling.
Baie geluk Daniele. Hoërskool Linden is trots op jou.
Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.
Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/
Sporttoere
Hoërskool Linden se eerste sportspanne het die afgelope vakansie oor die hele land, asook buite die grense van die land
getoer. Blywende herinneringe is op die onderskeie toere in Bloemfontein, George en Walvisbaai gemaak. Sommige
wedstryde is gewen, ander verloor en party gelykop gespeel. Die rugby-, hokkie- en netbalspelers is dit egter eens dat die
blootstelling, ondervinding en spangees van onskatbare waarde is vir die seisoen wat voorlê.
Die volledige uitslae van die onderskeie spanne is as volg:
Dogtershokkie Seunshokkie
Linden vs St Dominicus – St Dominicus wen 1-0 Linden vs Louis Trichardt – Linden wen 3-0
Linden vs Bethlehem – Bethlehem wen 2-0 Linden vs Oosterland – Oosterland wen 2-0
Linden vs Upington – Upington wen 3-0 Linden vs Durbanville – Durbanville wen 2-0
Linden vs Durbanville – Durbanville wen 2-0 Linden vs Sentraal Beaufort West – gelykop 0-0
Linden vs Wesvalia – Linden wen 1-0 Linden vs Edenvale – gelykop 1-1
Linden vs Grens – Linden wen 2-0 Linden vs Upington – gelykop 0-0
Linden vs oosterland – gelykop 0-0 Linden vs Edenvale – Linden wen 1-0
Linden vs Hugenote – Hugenote wen 2-0
Linden vs Rustenburg – Rustenburg wen 3-0
Netbal Rugby
Linden vs Lighthouse – Linden wen 81-3 Linden vs Windhoek Privaatskool – Windhoek wen 26-5
Linden vs Jeugland – Linden wen 44-17 Linden vs Walvisbaai Privaat – Walvisbaai wen 24-15
Linden vs Lilyfontein – Linden wen 54-11 Linden vs Elnatan Namibië – Linden wen 22-7
Linden vs Kathu – Linden wen 26-22 Linden vs Windhoek – Windhoek ern 27-10
Linden vs Kwaggas – gelykop 25-25
Linden vs Pionier – Pionier wen 31-27
Linden vs Rooiskool – Rooies wen 42-29
Linden vs Stella – Linden wen 42-15
Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.
Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/
Skyfskiet
Baie geluk aan Shellaine de Villiers wat tydens die SAARA Gauteng Ope vir die junior Proteaspan gekies is. Dié span neem
later vanjaar in Suhl aan die ISSF Junior kampioenskap deel. "Hoërskool Linden kan nou spog met hul 11de Protea-skut
sedert 1996", sê die trotse afrigter mnr. Johan Swemmer. Dit is 'n skitterende prestasie Shellaine.
Die volledige uitslae van die SAARA Gauteng Ope is as volg:
Presisie:
Shellaine de Villiers 1e in die 10m o.16 dames afdeling
2e algeheel in die dames 10m afdeling
1e in die o.16 3P Presisie en 2e algeheel
Sporter:
Zoë v Vuuren 1e in die 10m dames o.20
Simone Calldo 3e in die 10m dames o.20
Chante Lubbe 2e in die 10m dames o.16
Sune Boshoff 2e in die 10m dames o.14 (persoonlike beste telling)
Heimer Diedericks 3e in die 10m mans o.14 (persoonlike beste telling)
Kaylee Perkins 1e in die 3P o.16 (persoonlike beste telling)
Chante Lubbe 2e in die 3P o.16
Sune Boshoff 2e in die 3P o.14
Baie geluk aan al die skuts.
Dogtershokkie
Geluk aan Hoërskool Linden se dogtershokkiespanne met puik uitslae teen Bryanston High:
Eerste span: gelykop 0-0
Tweede span: wen 2-1
o.16 geen wedstryd
o.15 wen 1-0
o.14 wen 7-0
Netbal
Uitslae van die wedstryde teen Hoërskool Randburg is as volg:
o.14A Gelykop 16-16
o.14B Randburg wen 25-11
o.14C Randburg wen 20-5
o.15A Randburg wen 19-14
o.15B Randburg wen 27-12
o.15C Randburg wen 13-5
o.16A Linden wen 22-20
o.16B Linden wen 22-3
o.17A Randburg wen 32-4
2de span Linden wen 25-4
1ste span Gelykop 28-28
Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.
Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/
SOSIAAL
Hoërskool Linden Gholfdag – 17 Mei 2019
Ons vra dat ouers asseblief betrokke sal raak en Hoërskool Linden se gholfdag by Parkview Gholfklub op 17 Mei sal
ondersteun. Daar is nog heelwat vierballe beskikbaar. Die gholfdag is ‘n fondsinsamelingsprojek en alle fondse word
teruggeploeg in die skool ten bate van die terrein en leerders.
Rig navrae aan: [email protected] of skakel vir Brigitte Potgieter by: 082 336 8770.
Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.
Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/
Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.
Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/
ADVERTENSIES
Boekverkoping Deur Time to Read
Groot verskeidenheid!
Wanneer: Dinsdag 16 April
Waar: Cor Dirks Saal
Tydens beide pouses
Bring jou kontant saam.
Navra Me. Y. Fourie
This Photo by Unknown
Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.
Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/
Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.
Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/
FitGen provides Sports Nutritional Products that are clean, safe, drug free, hormone
free and are for Youths ages of 8-18! Our children are our FUTURE
FITGEN COMPETE:
Maximum sustained energy
FITGEN ENDURANCE:
Increase your strength and stamina
FITGEN FIT BRAIN:
Improve your concentration and reduce your anxiety.
Relieve the following symptoms: Mood swings, memory loss, learning difficulties,
ADHD, ADD, hyperactivity, autism, depression
CONTACT: 073 654 0917 or [email protected]
Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.
Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/
ART CLASSES
By renowned artist and experienced teacher AMANDE ELLIS
All welcome
Contact number: 072 179 6574