Onderwerp 15: Die Son en sy uitwerking op die Aarde
Die Aarde is een van agt planete wat om die Son beweeg.
Hulle beweeg in bane om die Son: wentelbane genoem.
Die Son is 'n bol baie warm gas in die middel van ons Sonnestelsel.
Al die planete is verskillende afstande van die Son af: die Aarde is net die
regte afstand van die Son af om voordeel uit die Son se lig en hitte te
trek.
Die lig en hitte maak dit moontlik vir lewe om hier om Aarde te bestaan.
Eenheid 1: Die Son is ons naaste ster
Die Son is 'n ster
Daar is miljoene sterre in die ruimte: alle sterre is groot bolle warm gas.
Die Son is een van die sterre: dit is 'n bol warm gas.
Die Son gee hitte en lig af
Die warm gas waaruit die Son bestaan, gee hitte en lig af - soorte
energie.
Energie kan oorgedra word van sy bron na ander plekke waar dit nodig
is.
Wanneer jy naby 'n vuur sit, sal jy die hitte voel en die lig sien.
Die hitte- en ligenergie word na jou oorgedra, op dieselfde manier soos
van die Son na die Aarde.
Die Son bestaan uit baie
warm gas
Die Son is baie groot
Die Son is baie groot - dit is baie groter as die Aarde.
Die Son se omtrek is 110 keer groter as die omtrek van die Aarde.
Die Son is baie ver weg
Die Son is baie ver van die Aarde af - omtrent 150 miljoen kilometer.
Die Son is ons naaste ster
Hoewel die Son ver van die Aarde af is, is ander sterre nog verder.
Die Son is nie juis 'n besondere groot of helder ster nie.
Dit lyk vir ons so groot omdat dit so naby aan ons is.
Die Son voorsien die Aarde en lewende dinge van lig en hitte om te kan
oorleef
Die Son se lig en energie beweeg in alle rigtings deur die ruimte.
'n Deel daarvan bereik die Aarde.
Sonder die lig en die hitte wat die Son voorsien, sou dit baie koud en
donker hier op die Aarde wees en plante en diere sou nie kon oorleef
nie.
Eenheid 2: Beweging om die Son
wentelbaan die pad (baan) wat die Aarde om die Son volg
sonnestelsel die Son en al die voorwerpe wat rondom dit beweeg
Die Aarde beweeg om die Son in 'n baan wat 'n wentelbaan genoem word
Die Aarde beweeg om die Son.
Die baan waarin dit beweeg, word die Aarde se wentelbaan genoem.
Die Aarde is elke dag in 'n ander posisie in sy wentelbaan om die Son.
Dit beweeg antikloksgewys om die Son.
Die Son is 'n ster in die middel van die sonnestelsel
Die woord "sol" is die naam van die Son in Latyn, die taal van die antieke
Romeine.
Ons noem nie die Son "sol" nie, maar gebruik wel "solar" wanneer ons
oor enigiets wat met die Son te doen het, praat.
Die solarstelsel is dus die Son se stelsel of sonnestelsel.
Die bevat die Son en al die voorwerpe wat om dit beweeg.
Die enigste ster in die solarstelsel (sonnestelsel) is die Son.
Hierdie ster, die Son, is in die middel van die sonnestelsel, en al die
ander voorwerpe draai daarom.
Die Aarde is een van agt planete in die sonnestelsel
Die planete is almal groot sfere wat om die Son beweeg.
Hulle maak nie hulle eie lig en hitte soos sterre nie, want hulle bestaan
nie uit warm gas nie.
Elke planeet is 'n verskillende afstand van die Son af.
Elke planeet het 'n naam.
Elke planeet beweeg in sy eie wentelbaan.
Die planete is nie almal dieselfde grootte nie.
Die planete lyk nie almal dieselfde nie.
Eenheid 3: Die Son en lewe
Die Aarde kry die regte hoeveelheid lig en hitte van die Son om lewe hier
te kan ondersteun.
Die Son se hitte verwarm die Aarde en help om diere en plante te laat
oorleef.
Ons ontvang lig gedurende die dag.
Hitte en lig is albei soorte energie.
Die lewe op Aarde het water en energie nodig om te oorleef.
Die Son se hitte- en ligenergie help ons om daardie behoeftes te
bevredig.
Die lig van die Son is die begin van die energieketting
Alle lewende dinge het energie nodig vir die sewe lewensprosesse.
Energie van die Son beweeg met die energieketting af na plante toe, en
dan tot by diere.
Hitte van die Son help lewende dinge om warm te bly
Alles op aarde het hitte nodig om te kan oorleef: die Aarde ontvang net
genoeg hitte van die Son om plante en diere aan die lewe te hou.
Te veel of te min hitte kan plante en diere doodmaak.
Plekke op Aarde ontvang nie almal dieselfde hoeveelheid hitte van die
Son af nie.
Party plekke kry te veel of te min hitte vir lewende dinge om aan die
lewe te bly, maar as 'n geheel ontvang die Aarde net genoeg hitte om
lewe hier op Aarde te ondersteun.
Sade het hitte nodig om te groei, en diere het hitte nodig om hul
lewensprosesse aan die gang te hou.
Hitte van die Son is belangrik vir die watersiklus
Reën is ook nodig vir lewe op Aarde.
Dit gee plante water, en maak ook riviere, damme en ondergrondse
opgaarplekke wat mense en diere gebruik, vol.
Riviere neem reënwater na die see toe.
Reën is deel van die watersiklus.
Verdamping is belangrik in die watersiklus, en dit is die hitte van
die Son wat water laat verdamp.
As daar te veel hitte was, sou al die water op die Aarde verdamp het.
As dit te koud was, sou al die water gevries het.
Waterdamp koel af,
kondenseer en vries
Wolke vorm
Reën val, wat vloeibare
water vir die Aarde gee
Die Son verhit die water op
die Aarde
Water verdamp
Blokkiesraaisel
1; 2
2 3
4
3
4
Leidrade:
Af:
1. Reën is nodig vir lewe op aarde; dit maak deel uit van die _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _.
2. Die Aarde is een van _ _ _ planete wat om die Son wentel.
3. Die Son gee hitte en lig af, dit is twee vorme van _ _ _ _ _ _ _.
4. Elke _ _ _ _ _ _ _ wat om die Son wentel, het sy eie wentelbaan, en naam.
Dwars:
1. Die bane waarin planete om die Son beweeg.
2. Die Aarde is net die regte afstand van die Son af om voordeel uit sy _ _ _ _ _
en lig te trek.
3. Sonder die lig en hitte wat die Son voorsien, sou die Aarde 'n koue, _ _ _ _ _ _
plek wees.
4. Die _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ bevat die Son en al die voorwerpe wat om dit beweeg.
Woordsoek
b g r w e h u i o p m m b i
t k o u e b g t u i t i f k
t w e r f t y r y u y l r m
r v t y u g b o r j h j t l
f f r w e b v m e h n o y e
v p l a n e t e r u j e j w
t y p y e q r i t y u n z e
r t o t r w f n m t i e a n
h g l g g s b e n g o j w s
m n u n i e n m v n p m e t
s o n n e s t e l s e l r r
s w e r g b t y u j h i t g
z p l a n e t e m j o p g b
Leidrade:
1. Die Aarde is een van agt _ _ _ _ _ _ _ wat om die Son beweeg.
2. Daar is _ _ _ _ _ _ _ _ sterre in die ruimte.
3. Hitte en lig is twee soorte _ _ _ _ _ _ _.
4. Sonder die lig en hitte wat die Son voorsien, sou die Aarde 'n _ _ _ _, donker
plek wees.
5. Die baan waarin die Aarde om die Son beweeg, word 'n _ _ _ _ _ _ _ _ _ _
genoem.
6. Die woord "sol" wat Son beteken, kom uit die taal van die antieke _ _ _ _ _ _ _.
7. Die _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ bestaan uit die Son, en al die planete wat daarom
beweeg.
8. Alle lewende dinge het energie nodig om hulle _ _ _ _ _ _-prosesse uit te voer.
Pas Kolom B by Kolom A
Skryf net die LETTER uit Kolom B in die antwoordkolom neer.
Kolom A Antw Kolom B
1. wentelbane A Hitte en lig.
2. lig en hitte B Die bane wat die planete om die
Son volg.
3. sterre C Dra die energie van die Son oor
na plante en diere.
4. soorte energie D Groot bolle warm gas.
5. 150 miljoen km E Groot sfere wat om die Son
beweeg.
6. sonnestelsel F Vind plaas as die Son water
verhit.
7. planeet G Die Son en al die voorwerpe wat
rondom dit beweeg.
8. energieketting H Is nodig vir lewe op Aarde, en
vorm deel van die watersiklus.
9. reën I Hoe ver die Son van die Aarde af
is.
10. verdamping J Maak dit moontlik vir lewe op
Aarde om te bestaan.
Waar of Onwaar
1. Die Aarde is een van nege planete wat in wentelbane om die
Son beweeg.
2. Die Son is 'n bol warm gas aan die kant van die sonnestelsel.
3. Die warm gas waaruit die Son bestaan, gee hitte en lig af. Hitte
en lig is vorme van energie.
4. Die Son is baie groot - sy omtrek is omtrent 110 keer groter as
dié van die Aarde.
5. Die Son is nie juis 'n besondere groot of helder ster nie - hy lyk
net so groot omdat hy so naby aan die Aarde is.
6. Sonder die lig en hitte wat die Son voorsien, sou plante en
diere nie op die Aarde kon oorleef nie.
7. Die woord "sol" is die naam van die Son in antieke Grieks.
8. Die planete is almal groot sfere wat om die Son beweeg.
Sommige planete kan hulle eie lig en hitte maak.
9. Al die planete se wentelbane is ewe groot.
10. Alle lewende dinge het energie nodig vir die sewe
lewensprosesse.
Vul die ontbrekende woorde in:
1. Die Son is 'n bol baie warm _____ in die middel van die sonnestelsel.
2. Die Son se hitte en lig maak dit moontlik vir _____ om hier op Aarde te
bestaan.
3. Die warm gas waaruit die Son bestaan, gee hitte en lig af. Hitte en lig is soorte
_____.
4. Die Aarde beweeg om die Son in 'n baan wat ons 'n _____ noem.
5. Die planete is almal groot _____ wat om die Son beweeg.
6. Die Son se hitte _____ die Aarde en help om diere en plante te laat oorleef.
7. Alle lewende dinge het energie nodig vir die sewe _____.
8. Te veel of te min hitte kan plante en diere _____.
9. Verdamping is belangrik in die watersiklus, en dit is die hitte van die Son wat
die water laat _____.
10. As daar te veel hitte was, sou al die water verdamp het; en as daar te min hitte
was, sou al die water _____ het.
Vraag en antwoord
1. a) Hoeveel planete is daar wat om die Son beweeg?
b) Wat noem ons die bane waarin hulle beweeg?
c) Hoe is lewe op Aarde moontlik?
d) Waarvan is die Son gemaak?
2. a) Hoe weet ons dat hitte en lig voorbeelde van energie is wat
oorgedra kan word? Gee 'n voorbeeld.
3. a) Hoeveel groter is die Son as die Aarde?
b) Hoe ver is die Son van die Aarde af?
4. a) Wat sou gebeur as ons nie die hitte en lig van die Son gehad het nie?
5. a) Noem vyf eienskappe van planete:
6. a) Waarvoor het alle lewende dinge energie nodig?
b) Wat sal gebeur as plante en diere te veel of te min hitte kry?