Download - Rooimier 10 - 2016
No. 10 Maart 2016
Nuusbrief : Sentrale Volkskool Skoolhoof: Mnr LGH Welthagen Tel : 056 2125 731 Hillstraat 92 Kroonsta d
Paasfees is die nuwejaarsdag
van die siel.
- AB Simpson
6 April 2016 :
Klas - en individuele foto’s.
Ouers moet asseblief toesien dat leerlinge die
korrekte somerdrag aan het vir die foto’s.
(Kortmouhemp, oortrektrui, skoene & kouse)
Sentie ouers : Ons sportdag kom al nader. Hou 9 April oop! Ons het regtig elke Sentie ouer se hulp nodig om van hierdie dag ‘n sukses te maak. As daar ouers is wat bereid is om ‘n donasie te gee vir die dag, sit dit asb in ‘n koevertjie gemerk “Sportdag” en stuur dit na die klas onderwyser. Enige ouer wat nog nie laat weet het of hulle kan kom help nie, stuur net ‘n sms na 080 576 6467 en ek sit u naam op die lys.
Ons kan nie wag om die dag saam met u te kuier nie! Maretha Pelser 082 576 6467
Neem kennis dat die Sportdag se reëlings die eerste dag van volgende
kwartaal beskikbaar sal wees.
Wegbrekers : Graad 6 Hou 13 - 14 Mei oop vir jul kamp by Serobe Adventures naby Parys. Briewe sal aan die begin van volgende kwartaal uitgedeel word.
5 April : Skool open om 08:00
6 April : Foto’s (Somerdrag)
9 April : Senties Sportdag
15 - 16 Mei : Wegbrekers (Graad 6)
Jerry Malefane
Baie dankie aan Rellings vir die skenk van 2 kwaliteit wedstrydballe vir ons
dogters se netbaltoer.
Onthou :
Alle Rooimier - inligitng moet asb. voor
Woensdae 12 uur na die volgende
e - posadres gestuur word. Geen inligitng wat
laat is word aanvaar nie.
Indien u ‘n advertensie wil plaas is daar egter
kostes daaraan verbonde :
1/8 : R50
1/4 : R100
Halfblad : R200
Volblad : R400
Betalings kan by Elbé Wessels gemaak word.
Senties Uitslae : Baie geluk aan DJ & Dendré met hulle puik prestasies
tydens die SA kampioenskappe in PE.
DJ : Brons medalje in Diskus
Dendré : Silwer medalje in die 80m Hekkies
Ons is trots op julle!
Baie geluk aan die volgende
netbalspanne :
O/7 : Wenners van die Oor Die Vaal Sportfees.
0/12 : Wenners van die Odensia Aandreeks
(28 - 6)
0/13 : Verloor wedstryd 24 - 23.
Dankie aan elke Sentie - ouer se bydrae tot ‘n suksevolle eerste kwartaal.
Geniet die vakansie en lekker rus. Vir die van julle wat weggaan - Ons hoop dat julle veilig by julle bestemmings
sal uitkom en weer terug. Onthou , DIS LEKKER OM ‘N SENTIE TE WEES …
Sien julle weer volgende kwartaal!