Download - Sielkunde Van Die Lewe 3 - Naude
SIELKUNDE VAN DIE LEWE
OPDRAG 3
Saamgestel deur
Johan Naude JN890726
Ek werk vir die baie bekende online-tydskrif. My opdrag is om ‘n
handleiding vir jonges saam te stel oor hoe om verhoudings te oorleef.
Ek het spesifiek gefokus op gesinne, vriendskappe en romanse. Die
inligting is van toepassing op vandag se lewe, met al sy fassette.
Relationship Survival
Hoekom het ander mense so ‘n
groot invloed op jou lewe?Die sleutel tot verhoudingsukses.
Verhoudings is een van daardie onderwerpe wat al van hoek tot kant
deurgetrap is, maar ek het tog nog iets daaroor op die hart.
Ek weet ons jonges is nie sommer net befoeterde kreature nie. Ons
moet ‘n stortvloed van nuwe ervarings leer hanteer. Al daai goed van
‘n liggaam wat verander met snaakse drange en hormone tot
oninteressante skoolwerk en die ewige stryd met ander mense. Ons
moet ‘n horde nuwe besluite neem: watter vakke, sport, beroep en
vriende moet ek kies? Daarom is dit vir ons nie altyd maklik om alle
verhoudings te oorleef nie.
Ek glo dat enige mens wat soveel druk moet hanteer, soms so
geïrriteerd kan raak soos wanneer jou verhemelte, jou neus en jou oë in
’n hooikoorsaanval aan die jeuk raak. Ek glo dat hormone jou so elke
nou en dan uit balans kan gooi.
Oor al hierdie dinge het ons as jongmense nie altyd beheer nie. Hulle
val op jou as jongmens soos ‘n stofstorm op pas gepoleerde meubels.
(Sug......)
Hiervolg ‘n bespreking van die mees algemeenste verhouding in ‘n jongmens se lewe.
Kies een en kliek op die skakels om by relavante besprekings uit te kom.
GESINSVERHOUIDNG
S
VRIENDSKAPSVERHOUDIN
GS
LIEFDESVERHOUDIN
GS
GESINSVERHOUDINGSDis nie altyd maklik om as gesin in vrede saam te leef nie. Konflik ontstaan gereeld tussen
ouers en kinders of tussen broers en susters. Daar is heelwat redes hiervoor. Jy sal nêrens
‘n gesin kry waar daar nooit konflik is nie, maar die verskil is hoe jy hierdie konflik
hanteer – reg of verkeerd? As konflik verkeerd hanteer word, kan die spanning tussen die
gesinslede net vererger. Daar is verskillende faktore wat konflik binne die gesin kan
veroorsaak en ek wil graag elkeen op sy eie bespreek en vir julle ‘n paar wenke gee. Volg
die skakels na die afdeling waarmee jy sukkel. Dalk net vind jy bruikbare raad!
Jaloesie Empatie Vergewensgesindhe
id
Verdraagsaamheid
Irriterende
Ouers
Hantering van
woede
Wedersydse Liefde Erken jou foute
Mekaar
Benadeel
In ‘n blik
gedruk?
Soek agter die
neulery
Privaatheid
Is daar iets soos die perfekte gesin?
Jaloesie
Dis seker een van die mees algemene probleme tussen die kinders in ‘n
gesin. Die kinders het almal verskillende talente ontvang en hulle kan
dit dikwels nie hanteer as die ander een beter presteer as hyself nie. As
elkeen in die gesin net die ander persoon of persone sò hanteer soos
wat hy graag self gehanteer wil wees. Wees verdraagsaam teenoor
mekaar en moenie dink dat jy beter is as jou broer of suster nie, want
die Here het ons almal geseën met verskillende talente.
As jou suster mooi lyk, moenie nalaat om haar te komplimenteer nie.
Wanneer jou broer gekies is om aan die SA kampioenskappe te gaan
deelneem, wees règtig saam met hom bly en moenie jaloers wees
omdat jy nog nooit vir so iets gekies is nie. Jou broer is miskien
akademies baie slimmer as jy, maar jy is weer baie meer kreatief as hy.
Onthou elkeen is koning op sy eie gebied en die lewe sou maar saai
gewees het as ons almal dieselfde talente ontvang het. En as jy dalk
een van daardie 2% in die wêreld is wat uiters begaaf is, moet asb. dit
nie met ‘n etiket om jou nek hang nie. Dit maak ander mense net
onnodig jaloers op jou en dis buitendien nie uit jou eie krag dat jy so
begaaf is nie, dis net uit genade van Bo.
Neem Josef uit die Bybel as ‘n voorbeeld: Hy het groot drome gedroom,
Godgegewe drome, en hy het daarmee gespog by sy broers. En wat
was die reaksie van sy broers? Hulle het gesê: “Kyk daar kom die ou
dromer aan. Kom ons maak hom dood.”
Die Groen Draak van Jaloesie kan iemand in ‘n monster verander.
Terug na bo.
Empatie
Die beste ding wat jy vir iemand kan doen wat deur ‘n moeilike tyd
gaan, is “om daar te wees” vir hom. Ons word gebore met natuurlike
empatie teenoor diegene wat swaarkry. Selfs babas sal begin huil as ‘n
ander baba huil. Empatie, wat letterlik beteken “om saam met iemand
te ly”, is die vermoë om aangeraak te word deur ander se hartseer.
Dis vir almal lekker as jy presteer het en die ander lede in die gesin is
saam met jou bly. Gedeelde vreugde is dubbele vreugde en gedeelde
hartseer is verminderde hartseer. Daarom ook as een van jou
gesinslede sleg voel oor iets of as iemand hom te nagekom het,
probeer verstaan hoe hy voel en hom by al is dit net om na hom te
luister as hy wil praat. Jack Cornfield het gesê: ”Alles het ‘n invloed op
jou. Jy laat pyn toe om jou hart aan te raak en dit verander dan in
empatie. Dis ‘n ongelooflike manier om deur die lewe te gaan en ‘n
seën te wees vir alles en almal om jou.”
As jy dit kan regkry om goed te doen aan die ander lede van jou gesin,
dan sal hulle ook aan jou goed doen die dag as jy hulle hulp nodig het.
Daar is ‘n spreekwoord wat lui: “Doen goed aan ander mense en dit
kom dubbel na jou toe terug en doen sleg aan ander mense en dit kom
ook dubbel na jou toe terug.”
Is my sussie regtig ‘n prinses?
Jou klein sussie is definitief nie op dieselfde vlak as jy nie, daarom moet
jy baie geduld met haar hê. Onthou jy was ook eens op ‘n tyd so klein
soos sy. Maak dit liewer vir jou ‘n missie om haar reg te lei en dinge te
leer van die lewe sonder om onnodig jou humeur te verloor. Sy sal dan
altyd jou as haar held sien en later as sy groter is, sal sy berge vir jou
versit.
Nêrens op aarde is daar ‘n plek presies soos jou huis nie. Om ‘n gesin te
wees, is om ‘n span te wees. Dis om bymekaar te sit as daar ernstige
siekte in die gesin is of om saam kwaad te wees vir die skurk wat jou
suster vir die gek hou.
Om ‘n gesin te wees. Is om verantwoordelik te voel mekaar se welsyn.
Dis om met ‘n singende hart te weet: my suster/broer is gelukkig.
Terug na bo.
Vergewensgesindheid
Daar kom baie tye in ‘n gesin dat die gesinslede mekaar te na kom, bv.
jou suster vertel slegte dinge van jou by die skool. Jy voel
verontwaardig en sê jy sal haar nooit vergewe nie, maar dis nie die
oplossing vir die saak nie. Probeer kalmeer deur diep asem te haal en
praat die ding met haar uit. Deur die saak reg te benader, het jy al klaar
halfpad oorwin. Omdat sy jou bloedfamilie is, sal die liefde tog weer
seëvier, want onthou bloed is dikker as water! Ek dink daar bestaan ‘n
onderaardse “rivier” in gesinsverband, bloot omdat mense met
naelstringe en deur bloedbande aan mekaar gebind is.
Om ‘n gesin te wees, is ook om altyd weer te vergewe, want mense wat
onder dieselfde dak leef, kan met die beste wil ter wêreld nie vir altyd
vir mekaar kwaad bly nie.
Dis belangrik om te besef dat ons almal foute het en niemand volmaak
is nie. Tot jou ouers het voete van klei, weet net hulle probeer hulle bes
vir jou al lyk dit nie altyd so nie. Jy verwag dalk baie meer van hulle as
wat hulle in staat is om jou te bied. Wees bereid om hulle te vergewe as
hulle jou teleurgestel het of as jy beter van hulle verwag het. Ons ouers
kry ook nie opleiding om kinders groot te maak nie, hulle doen maar
soos hulle instink hulle lei.
Terug na bo.
Verdraagsaamheid
Daar is iets drasties verkeerd as dit makliker is om met buitestanders te
praat as met jou eie familie. Jou familie is veronderstel om jou
ondersteuningsnetwerk te wees – ‘n veiligheidsnet om jou te vang
wanneer jy val. Vir baie mense beteken ‘n “gesin” egter finansiële
probleme, vegtende ouers en probleemkinders. Dis hoekom Paulus
geskryf het: ”....(wandel ) geduldig...verdra mekaar in liefde...(bewaar)
die eenheid van die Gees,” Ef. 4:1-3. Dit vereis baie genade om dit alles
moontlik te maak! Julle sal nie altyd oor alles saamstem nie, maar julle
moet leer om mekaar te respekteer. Elke gesin beleef op- en
afdraendes. En elke stamboom lewer ‘n paar eksentrieke mense op!
Soms is die beste van daardie persoon nog weggesteek onder die
onverstaanbare uiterlike!
Word jy te gou kwaad?
Moenie te gou kwaad raak as jou ma of pa bekommerd is oor jou nie,
want as hulle nie was nie, sou jy daaroor èèrs ongelukkig gewees het.
Dis hulle manier om te wys hulle is lief vir jou en gee om wat van jou
word. Kyk met oë vol deernis na hulle en verstaan hoe hard hulle
probeer en hoe onseker hulle is of hulle reg optree.
Jou ma vra baie keer te veel vrae oor jou en jou vriende – moenie haar
kwalik neem nie – Sy stel net belang!
‘n Gesin is mense wat mekaar se geheime ken. Wie anders weet van
die stryd wat jy het teen die ewige puisies en wie anders weet van jou
verskriklike humeur en woede, hoeveel sjokolade jy kan verorber of hoe
sleg jou sweetvoete en jou tekkies stink nie?
Terug na bo.
Irriterende Ouers
Jy is reeds sewentien jaar oud, die jongste in die gesin, maar jou ouers
beskou jou nog steeds as nat agter die ore. Hulle neem nog steeds al
jou besluite namens jou en regeer jou met ferm woorde en streng reëls.
Voel jy daar word onnodig met jou geraas?
Jy kan kies wat jy as “irritasie-waardige” materiaal beskou. Anders
gestel: omdat jy nie meer sewe jaar oud is nie, omdat jy ‘n volwasse
brein het, kan jy die ding met jouself uitredeneer.
Vra jouself die vrae: “Is dit die moeite werd om die hele Saterdag oor
iets top?” “Is dit goed vir my – my menslike verhoudings en my
geestelike lewe – as ek my oor sò iets vererg?” Sodra ‘n mens self so in
beheer begin kom, raak die lewe minder onstuimig. As jy gedurigdeur
ander se irriterende klein dingetjies deur ‘n vergrootglas ontleed, sal jy
nooit hulle groot deugde raaksien nie.
Gaan sit soos ‘n groot mens by jou ouers en gesels kalm, logies en
beheers oor dinge soos oorbeskerming, persoonlikheidsverskille en
hulle eie sienings. Dis ‘n vyfsterplan! As jy nugter, redelike ouers het,
gaan veranderbare dinge in jou lewen hierna geleidelik begin verander
en gaan daar minder irritasie wees.
Jy kan ‘n selfondersoek doen soos wat ‘n sesjarige dit nie maklik sal
doen nie. Soek na rede vir jou geïrriteerdheid:
1. Is dit al weer
(nog steeds?)
hormone?
2. Onsekerheid
oor ‘n
liefdesverhoudi
ng of iets
anders?
3. Is jy sommer
op die oomblik
‘n “brat”... ‘n
bedorwe brok?
4. Wil jy nie my
ouers of
gesinslede se
hart en
bedoelings
raaksien nie?
5. Is jy dalk net
oor moeg?
6. Voel jy
onaantreklik,
ongewild,
ongelief en
depressief?
7. Het jy lanklaas
tyd met die
Here
deurgebring?
Terug na bo.
Hantering van woede
Dis nie verkeerd om kwaad te word nie, maar ons is wel
verantwoordelik vir hoe ons dit hanteer. Moet nooit iets doen of sê
waaroor jy later spyt gaan wees nie. Onthou gedane sake het geen keer
nie. Salomo het gesê: “’n ... mens ... wat kort van draad is, stel sy
dwaasheid ten toon.” Jy moet besef dat selfbeheersing ‘n persoonlike
saak is! Jy kan op niemand anders staatmaak om selfbeheersing
namens jou te ontwikkel nie.
Die sleutel om jou woede te beheer, is om maniere te vind om
waardeur jy dit kan kanaliseer sonder om ‘n ontploffing te veroorsaak.
Dis goed om aan ander te sê hoe jy voel, maar jy moet dit op die regte
manier doen. Op die ou-end is dit nie belangrik wie reg of verkeerd is
nie (of wie die hardste kan skreeu nie), dis eerder belangrik om ’n
oplossing te vind wat tot almal se voordeel strek. Niemand kan altyd
presies optree soos jy wil hê hulle moet optree nie. Dis onmoontlik om
‘n liefdevolle, langtermyn verhouding met iemand te hê sonder om te
leer om menslike tekortkominge te aanvaar nie. Dus, in plaas daarvan
om te fokus op iemand se swakhede, fokus eerder op jou gesin se
gesamentlike krag.
Het jy al skaam gekry vir ander mense se woedeuitbarstings?
Die kliniese sielkundige, Dr. Paul Pearsall, het gesê: “Die meeste van
ons sal ons lewe opoffer vir een van ons gesinslede. Tog lewe ons
dikwels asof ons, ons gesinslede as vanselfsprekend aanvaar.” Leer
eerder om jou humeur in toom te hou: jou familie is dit werd. Wie
anders het jou lief ten spyte van jou tekortkominge? En wie anders sal
jou ondersteun wanneer jy dit nodig het?”
Terug na bo.
Wedersydse Liefde
‘n Voormalige Franse Presidentsvrou, Yvonne de Gaulle, het eenmaal
gesê: “Selfs presidentskap is tydelik, maar familie is permanent.” Jy
hoef nie iemand se lewenswyse goed te keur om aan hom te bewys dat
jy hom liefhet en ondersteun nie.
Moet nooit goedkeuring van iemand weerhou wat goed aan jou gedoen
het nie. In plaas daarvan dat jy jou familie uitmekaar skeur, laat jou
geloof in God die gom wees wat almal bymekaar hou. Die belangrikste
is om mekaar onvoorwaardelik lief te hê en te ondersteun, want ‘n
gesin is ‘n langtermyn belegging. Waardeer mekaar solank julle dit nog
kan doen en vir mekaar gespaar is.
Is julle gesin regtig lief vir mekaar?
Om susters en broers te wees, is om liefde te ken: in sy mees basiese,
mees standhoudende, mees vergewensgesinde, mees
onvoorwaardelike en mees lojale vorm. Hoe mooi is dit nie as broers en
susters eensgesind saam woon nie!
Maak jou suster een van jou vriendinne en hou op om teen mekaar te
stry. Baklei liewers saam teen die res van die wêreld. Vertel vir die
ander jou suster se goeie punte en swyg oor die slegtes.
Terug na bo.
Erken jou foute
Jy moet erken as jy ‘n fout gemaak het, moet nie net altyd die fout by
die ander gesinslede soek nie. Onderlinge wrywing kan so maklik en
vinnig opgelos word deur net te sê: ”Ek is jammer, dis my fout.” Dis
eintlik so maklik om dit te sê, maar party mense is net nie bereid om te
erken as hulle ‘n fout gemaak het nie.
Kan jy sê jy’s jammer?
Terug na bo.
Mekaar Benadeel
Hoeveel keer het jy nie al in die hitte van die stryd besef dat jy die
argument verloor nie en dan begin walgooi met “Ek haat jou Pa/Ma.”!
Ons wil elkeen die beste wees en daarom kan ons dit nie hanteer om ‘n
argument te verloor nie. Dis eintlik pateties, maar baie waar. Ons wil hê
dat ons haat iemand anders moet skade aandoen. En ons slaag in ons
doel.
Moenie redes soek soos: “Hulle gun my nie my eie besluite nie ..... kyk
hoe lyk hulle eie lewe, dan wil hulle vir my preek ... hulle luister nooit
regtig nie ...” om hierdie verbode emosies goed te praat nie.
Eintlik wil jy nie die mense wat jy liefhet, seermaak nie; jy wil tog net
jouself laat geld. Partykeer is dit lekker om sommer net vir almal te wys
dat jy ook ‘n argument kan wen. Dan is die laaste ding waaroor jy wil
praat hoe lief jy hulle het. Maar diep binne jou moet jy besef dat die
liefde ‘n krag is waarteen jy magteloos staan. Die liefde is vir altyd –
sodat jy altyd weer vrede maak.
Terug na bo.
In ‘n blik gedruk?
Peper jou ma/pa jou baie keer met die volgende:
“Volstrek nie!”
“Hierdie naweek bly jy tuis en doen ‘n bietjie hersiening.”
“Sê vir my: wat presies is met jou aan die gang?”
“Jy sal moet begin doen soos wat ek sê ...”
Voel dit soms of jy jou persoonlikheid prysgee terwille van jou familie?
Dit moet uiters frustrerend wees om jou op die ouderdom waarop die
Voortrekkermeisies al met ‘n bruidegom aan die hand voor die kansel
gestaan het, te onderwerp aan die angstige gesag van volwassenes wie
se senuwees hulle ry. Gaan gesels openlik met jou ouers en vertel hulle
wanneer voel jy in ‘n blik gedruk. Verduidelik aan hulle dat hulle jou
geleidelik onder hulle vlerk moet laat uitkom, anders gaan dit baie
traumaties vir jou wees as jy die dag uit die huis uit gaan om te gaan
werk of studeer. Jy moet besef dat daar tye is wat hulle wel moet “Nee”
sê. Wie anders gaan vir jou die regte waardes in die lewe leer?
Ek weet baie van julle het al menige keer gedreig om van die huis af
weg te loop. Ai, dis tog nie die oplossing nie – praat dinge betyds uit,
voordat die probleem onoorbruglik word.!
Terug na bo.
Soek agter die neulery
Karring jou ma partykeer oneindig lank oor dieselfde ding? As dit weer
gebeur vra jouself af: “Hoekom is sy so?” Want een ding is seker: daar
is verklaarbare redes agter elke mens se gedrag. Is jou neulende ma
bang dat jy haar foute gaan herhaal, dat jy jou toekoms gaan weggooi
of dat jou prioriteite skeef raak?
Terug na bo.
Privaatheid
Onthou al die lede in ‘n gesin het ‘n reg op privaatheid. Moet nooit ‘n
kamer binnegaan sonder om te klop nie, of deur laaie krap sonder
waarskuwing nie. Moet ook nie aanhou karring as jou suster jou nie
alles van haar verhouding met haar nuwe vriend wil vertel nie – Dis
haar keuse of sy wil of nie.
Het jy al by jou ma in die badkamer ingeloop?
Terug na bo.
Bibliografie
1. “Die Woord vir vandag” Uitgawe 3/2007 - ‘n Publikasie van
Radiokansel
2. “T-hemp in ‘n tuimeldroër” deur Naomi en Maretha Maartens.
3. “Sielkunde van die Lewe” deur Elmarie Claasens.
4. http://www.coping.org/dialogue/model.htm
VRIENDSKAPVERHOUDINGS
As jou verhouding met jou ouers sleg is, dan is die verhouding met jou
vriende baie belangriker. Nie een van ons kan alleen regkom nie, ons
het asems om ons nodig, goedkeurende oë, menslike warmte en
bemoedigende kyke. Jou ware vriende is goud werd. Daarom moet ons
die rykdom van vriende ontsluit deur self vriende te wees wat ander se
lewe verryk.
Ons het vriende nodig om reg te kan funksioneer – hulle is jou skakel met die res van die
buitewêreld. Moenie van vriende verwag wat jy nie self kan doen nie. Daar is ‘n gesegde
wat lui: “Jy kan nie verwag om goeie vriende te hê as jyself nie ‘n goeie vriend is nie.”
Om dit te kan doen, is daar ‘n paar basiese beginsels wat jy moet volg. Soek die beginsel
wat jou interesseer en kliek op die skakel. Onthou mens is nooit te oud om te leer nie.
Reik uit na
Ander
Wees ‘n
Luisteraar
Meegevoel N ederigheid Dien mekaar
Vertrapping Groot Kop Selfbeeld Aanvaar
Jouself
Komplimenteer
Manipulerende Verhoudings Vergelding Negatiewe Gevoelens
Hoe belangrik is jou vriendskappe vir jou?
Reik uit na Ander
Moenie wag dat iemand met jou moet praat nie, neem jy die eerste
stap. Alles was soveel eenvoudiger toe julle klein kindertjies was. Al was
jy skaam, was jy tog nooit alleen nie, want daar was altyd iemand wat
sou naderkom en vra of jy nie wil saamspeel nie. Albei partye was
onmiddellik tevrede, maar dinge verander wanneer ‘n mens groot word.
Terug na bo.
Wees ‘n Luisteraar
Vriende is goeie luisteraars, selfs wanneer hulle baie besig is. Om te
luister is ‘n liefdesdaad. Dit sê: “Ek gaan my eie agenda op die
agtergrond skuif en myself daaraan toewy om jou te leer en jou te
versorg.” Vriende soek nie oor die algemeen mense wat ander kan
beïndruk met hoe goed hulle kan praat nie, hoe slim of hoe skerp hulle
is nie. Meestal soek hulle ‘n eersteklas luisteraar.
Dit is net so belangrik dat jy ander mense verstaan as wat dit is dat jy
deur hulle verstaan word.
Luister jy werklik na jou vriende as hulle met jou praat?
Terug na bo.
Meegevoel
Ware vriende sal altyd bly wees as dinge reg loop. Doen jy dit?
Wanneer was die laaste keer dat een van jou vriende God se seën
geniet het en jy saam met hulle gevier het? As jy nie op die oomblik in
so ‘n vriendskapsverhouding betrokke is nie, kan jy dit nie laat gebeur
nie, maar jy kan jouself ontvanklik daarvoor maak. Jy kan dit begin
nastreef. Jy kan klein verhoudingsrisiko’s neem. En as jy dalk reeds
sulke goeie vriende het, prys hulle, beskerm hulle, verryk hulle op elke
manier, en daardie vriendskap met alles in jou vermoë.
Verstaan jy werklik jou vriende?
Of as dinge sleg gaan met jou vriend, probeer jy saam met hom voel en
luister jy met ‘n simpatieke oor na hom? Daardie oomblik het hy jou
baie nodig, doen dit vir hom, dan sal hy dit ook vir jou doen die dag as
jy hartseer is. Keer dat jou vriendskap leeg en doelloos word. Moenie
jou rug op jou vriend draai, as dinge sleg gaan met hom nie. Ware
opregte vriendskap is ‘n kleinood, soos goud en mirre. Gryp dit vas met
albei hande en koester dit diep in die hart.
Terug na bo.
Nederigheid
Dr, John Maxwell skryf: “As jy diep, blywende vriendskappe wil hê, kan
jy nie altyd die sterk een wees nie.” Dit opsigself kan vreesaanjaend
wees, veral as iemand jou vantevore seergemaak en gemanipuleer het.
Jy moet egter ‘n vriend toelaat om jou ook op jou swakste te sien. Party
van ons het dit nog nooit gedoen nie en dan wonder ons hoekom ons
eensaam is. ‘n Ware vriend aanvaar ons net soos ons is, met al ons
swakhede.
Terug na bo.
Dien mekaar
Vriende dien mekaar. Wanneer laas het jy ‘n vriend aan wie jy
toegewyd is, gedien? As jy nie kan onthou nie, leef jy waarskynlik in ‘n
kern van eensaamheid. ‘n Vriend is iemand waartoe jy jou verbind, nie
oor wat hy vir jou kan doen nie, maar omdat hy jou vriend is. Onthou
dis saliger om te gee as om te ontvang. Kies jou vriende reg – hulle
moet werklik vir jou omgee.
Het jy al ooit ‘n vriend by gestaan wat werklik in nood was?
Albert Schweitzer het gesê: “Ek weet nie wat julle bestemming in die
lewe is nie, maar een ding weet ek: diegene onder julle wat soek en
uitvind hoe om te dien, sal die enigstes wees wat geluk ken.” Dit is een
van die snaaksste paradokse in die lewe dat ons geluk vind, terwyl ons
dit vir andere probeer gee. Onthou jy nog hoe heerlik en selfvoldaan jy
gevoel het toe jy laas ‘n goeie daad teenoor iemand anders gedoen
het? Diep binne-in jou was jy werklik gelukkig.
Ons almal het iets om te gee: ‘n glimlag, ‘n drukkie of iets wat iemand
nodig het om sy wêreld ‘n beter plek te maak. Dit vra nie altyd groot
moeite, baie geld of al jou tyd nie.
Terug na bo.
Vertrapping
Is jy dalk besig om die leer van sukses te klim, maar in die proses is jy
besig om ander mense seer te maak? Onthou net jy kan nie jou sukses
op iemand anders se ongeluk bou nie, want dan sal jou geluk nooit
blywend wees nie.
Dit is so dat julle jonges partykeer sommer net byterig is en almal moet
deurloop. Julle hap en kritiseer almal wat voorkom. Terwyl julle so
omgekrap is, maak julle baie mense seer en die ergste is, julle voel glad
nie beter daarna nie. Wat jy nodig het, is jou eie stilte – ‘n halfuur of ‘n
kwartier van aktief rustig wees. Dis om onder ‘n boom te sit en luister
na die bosduiwe of om na jou musiek te luister. Dis om rustig met die
Here te gesels – dis ‘n lewensnoodsaaklike oorlewingstrategie.
Vertrap jy ook kleiner of minder mense as jyself?
Ons is vir mense se geluk of droefheid verantwoordelik. Geluk of
droefheid word veroorsaak deur ons stemtoon, lyftaal, dinge wat ons
sê, gesigsuitdrukkings of die kyke wat ons vir mense gee.
Terug na bo.
Groot Kop
Jy mag en moet vir jouself goed wees, maar niemand hou daarvan as jy
‘n houding het nie, m.a.w. as jy jou op ‘n troontjie plaas en dink jy is
beter as die ander persoon. Die Here het ons almal geskape en ons
verskillende talente gegee. Respekteer die ander persoon se talente en
moenie neersien op hom nie.
Om jou eie beuel te blaas, win vir jou geen respek of vriende nie. Indien
jy oor jou eie prestasies moet praat, doen dit dan nederig of in ‘n ligte
luim. Andersins is jy taktloos en sal jy andere, by implikasie, klein laat
voel.
Om onbeskof en kortaf re wees, betaal nooit nie. Met ander woorde,
betoon respek teenoor ander mense en onthou dat hulle nie
“ondergeskiktes” is nie, maar mense.
Terug na bo.
Selfbeeld
Daar is twee soorte jongmense:
1. Hierdie soort draai voor die spieël rond, bekyk hulle eie
weerkaatsing in vensters en luister terselfdertyd fyn om te hoor
of iemand hulle nie te na kom nie. Hulle konsentreer krampagtig
op hulle “skeppings,” oorbelle, naels, figuur, gewig, haarstyle,
sonbruin, eie emosies en eie program.
2. Hierdie soort bekyk hom/haarself ook deeglik met die
aantrekslag: dis normaal. Die verskil word egter duidelik wanneer
hierdie jongmens hom by ander jongmense aansluit. Dan word hy
“selfloos.” Dan luister hy na ander mense, probeer hulle verstaan
en laat hulle goed voel – hy wil ander dien en gelukkig maak.
Ons kan nie altyd die klasgroep waarin ons in die samelewing beland,
kies nie. Maar wat hierdie twee groeperings betref, bevind ons ons
presies waar ons onsself plaas.
Wat dink jy van jouself?
Terug na bo.
Aanvaar Jouself
Jy moet eers weet wie jyself is, voordat jy ‘n goeie vriendskap met
iemand sal hê en besin oor wat jy wil bereik in die lewe. Onthou ons
almal is gebore met verskillende talente en daarom moet jy nie die
onmoontlike van jouself verwag nie. Aanvaar dat jy ook mag foute
maak, misluk, ‘n krater van jouself maak of dit af en toe ‘n bietjie kalm
vat. Dis goed vir jou en dit maak jou toegankliker en lekkerder om mee
saam te leef.
Om dankbaar te wees dat jy jy is, is ‘n emosie wat ons jonges nie altyd
beleef nie. Ek weet daar is slegte dae wat voel asof hulle nooit
verbygaan nie. Wanneer jy egter begin dink aan verskillende situasies
en of jy goed daarby inpas, sal jy geleidelik beter voel oor jouself.
Wanneer jy onseker oor jouself voel, is die gevaar daar dat jy ingetrek
kan word in verkeerde verhoudings. Sekerheid is ‘n kardinale deel van
jou identiteit.
Is jy te vrede met wie jy is?
Indien jy te min selfrespek het, kan jy ook nie verwag dat ander mense
jou sal respekteer nie. As jou selfagting dus negatief is, sal jy ‘n
negatiewe selfbeeld projekteer. Lg. bring dikwels ‘n geslotenheid mee
wat interpersoonlike verhoudings laat stagneer en tot konflikte en
frustrasie kan lei. Jy moet ‘n punt daarvan maak om jou selfagting te
ontwikkel en te verhoog.
Terug na bo.
Komplimenteer
As jou vriend vir jou baie beteken of as haar hare mooi lyk of as sy ‘n
smaakvolle uitrusting aan het, sê dit vir haar! Laat haar belangrik voel,
dan sal sy dit ook ‘n volgende keer met jou doen.
Sê wat jy bedoel en bedoel wat jy sê. Jou gesigsuitdrukking en lyftaal
moet by jou woorde pas, anders kan jou vriend dalk dink jy bedoel nie
wat jy sê nie.
Terug na bo.
Manipulerende Verhoudings
Groepsdruk het ‘n groot invloed op jou verhoudings – Moenie net almal
wil tevrede stel nie. Laat mense van die begin af duidelik verstaan dat
jy van hulle goedkeuring hou, maar dat jy sonder dit ook kan klaarkom
as dit moet. Respekteer ander mense en maak dit duidelik dat jy ook
verwag om gerespekteer te word. Bo-alles moet nooit toelaat dat
emosies jou lewe beheer nie.
Voel jy soms gedruk deur jou vriende om iets te doen wat jy nie wil nie?
Die teenoorgestelde is ook waar dat as jy jou vriend (besitlik) versmoor,
begrawe jy weldra die vriendskap. Byt jou vuis sodra jy agterkom dat jy
‘n leiband begin vasklem waardeur jy jou vriende wil besit en beheer.
Terug na bo.
Vergelding
As ‘n vriend jou seergemaak het, moet jou eerste gedagte nie wees om
dieselfde aan hom te doen nie. Jy bereik net kwaai vriendskap daardeur
– ‘n vriendskap wat dalk weer mooi kan word. Die beste is: vergeet en
vergewe! Wees altyd vriendelik en getuig van goeie smaak. Sover dit
vir jou moontlik is, leef in vrede met ander mense.
Terug na bo.
Negatiewe Gevoelens
Jy moet maar sê as jy saamstem: daar is te veel mense wat roekeloos
voortgaan om in elke vertrek waarin hulle kom, “vibes” van
verontregting, aggressie, geïrriteerdheid en spanning uit te straal. En
negatiewe gedragspatrone raak later ‘n gewoonte en ‘n gewoonte word
‘n lewenswyse. Sê nou ons kom agter dat ons sulke negatiewe “vibes”
uitstraal ... wat dan? Herstel lê nie iewers in die toekoms nie. Herstel
begin wanneer jy die eerste trilling van die slegte “vibe” ervaar – doen
dadelik iets daaraan en wees meer inskiklik.
Hoekom kan jy nie deel in ander se vreugde nie?
Douglas MacArthur het gesê: “In elke hart is daar ‘n opname-ateljee.
Solank as wat daar in hierdie opname-ateljee ’n boodskap van
skoonheid, hoop, blydskap en moed ontvang word, bly jy jonk. Wanneer
die antennas gebreek lê en jou hart van pessimisme toegesneeu, of van
bitterheid en sinisme toegeys het, dan en dan alleen is jy oud.”
Bied aan jou vriend die toerusting en ondersteuning wat hy nodig het,
dinge soos: egte belangstelling, onvermoeide ondersteuning, jou eerlike
lewensuitkyk, die heel beste van jouself, daaglikse lojaliteit, volkome
onselfsugtigheid en ook jou eie weerloosheid.
Terug na bo.
Bibliografie
1. Die tydskrif “Sarie” van Augustus 2007.
2. “Goue Gedagtes” deur Kristo Pienaar.
3. Die tydskrif “Finesse” van Augustus 2007
4. ‘n Onderhoud op Radio kansel op 26 Julie 2007 met Cindy Matthee en
Elsabe Opperman (twee nagraadse Sielkunde studente aan UP)
5. http://www.coping.org/dialogue/listen.htm
LIEFDESVERHOUDINGS
Dis asof ‘n vuur in jou hart woed! Ons jongmense se gedagtes oor ‘n
geliefde is alles oorheersend en obsessief. Daar is geen groter
avontuur as om hopeloos verlief te wees nie.
Verlief-wees is daardie swewende saligheid voordat die doodgewone menslikheid en
tekortkomings van die geliefde tot jou deurdring. Natuurlik gaan jou geliefde jou soms
mateloos irriteer, maar dis nie wat jy hoef te vrees nie. Gun jouself genoeg tyd om hierdie
mens deeglik te leer ken en dan sodoende emosioneel geestelik en liggaamlik aangetrokke
tot hom te voel. Daar is ‘n paar goue reëls wat jy in gedagte moet hou. Kies ‘n reël en
kliek op die skakels. Liefde kan net groei met versorging.
Sielsgenoot Hantering van
Ekstase
Waardeer mekaar Dra mekaar se laste
Wees Vermy Beheer jouself Verstaan mekaar
verdraagsaam misverstande
Aanvaar jou maat Erken jou foute Afkraking van
geliefdes
Liefdesteleurstelling
s
Sielsgenoot
Dis gewoonlik nie ‘n maklike proses om jou ware sielsgenoot te vind
nie. Party mense ondervind egter liefde met die eerste oogopslag en
dan trou hulle en woon vir altyd gelukkig saam. Maar die meeste van
ons moet ‘n lang pad stap van elkers ‘n nuwe verhouding voordat ons
die regte lewensmaat ontmoet wat ons graag ons hele lewe mee wil
sluit – iemand met wie jy saam kan lag en by wie jy jouself kan wees en
ontspan. Soek ‘n maat wie se lewe ook gegrond is op die Here.
Wees versigtig elke keer as jy met ‘n nuwe romantiese verhouding
begin, want dit kan allerhande verwagtinge skep en dalk juis die norm
word. Indien jy bv. iemand se vriendskap moet koop deur hom toe te
laat om jou te manipuleer, moet jy besef dat jy gaan aanhou om rente
te betaal. Moenie dink dat jy dit gaan regkry om iemand te verander
nie. Dink net hoe moeilik dit is om jouself te verander – wat is die kans
dat jy dit met iemand anders gaan regkry? Besluit betyds waarmee jy
sal kan saamleef.
Romantiese verhoudings is nie gesond as een persoon heeltyd die
ander een se goedkeuring moet soek nie. Daar word nie van jou verwag
om jou waardes op te offer om iemand anders se guns te wen nie. Dis
eerder beter om alleen te wees as om toe te laat dat iemand anders jou
lewe beheer. Die liefde het soms oogklappe en oorpluisies. Die liefde is
nie altyd ewigdurend nie, nie altyd van die soort wat alles oorwin en
altyd hou nie.
Hoe sien jy jou sielsgenoot?
Opvallend is hoe mense deurentyd op soek is na ‘n maat en bereid is
om so baie kanse te waag. Die liefde laat dit nie voorskryf nie. Liefde is
weggooibaar. In ‘n gemeenskap wat gedurig na kitsoplossings soek, het
die houding ook na verhoudings deurgesypel. As iets vir ‘n rukkie
skeefloop, is daar ‘n geneigdheid om dit soos stukkende klere weg te
gooi, eerder as om dit tydsaam te probeer regmaak. Keer voordat jy in
daardie slaggat trap! Selfs al werk ‘n verhouding op die lange duur nie
uit nie, is daar niks so opwindend as om vir ‘n tyd lank wel liefde te
ervaar.
Raak jy telkens verlief op ‘n man wat jou sleg behandel? Jy kan die
patroon breek en die maat kry wat jy verdien.
Terug na bo.
Hantering van Ekstase
Waar twee verliefde jongmense die ekstase van liefkosings in die oop
deur van die seksuele ervaar, verg dit darem baie. Dit vra groot
selfbeheersing om te midde van daardie oorweldigende gevoel, daardie
sielsverrukking, daardie vervoering waarvan jy en die woordeboek
skryf, kop te hou en jou eer te behou.
Was jou selfbeheersing al te min?
Behou jou waardes en moenie ja sê vir alles en jouself verloor in die
proses nie. Gelukkig is die tiener wat weet dat ekstase (en veral
liggaamlike ekstase) so kortstondig, maar ook so geweldig is. Gelukkig
is ook die tiener wat krities na ekstase kyk en vooraf weet: in die
oomblik van liggaamlike ekstase moet ek kies vir ‘n sorgvrye toekoms.
As “ekstase” my my klere laat afstroop, as dit my my maagdelikheid in
die duine laat verloor, was dit nie ekstase nie. Dan was dit dwaasheid,
kortstondige waansin en die ontbranding van ‘n eindelose tragedie. In
seks gee jy jouself en in ‘n kortstondige oomblik van wilde ekstase kan
jy jouself vernietig. Onthou groen druiwe is suur: Voorhuwelikse seks is
soos groen druiwe wat suur is en na die huwelik is seks soos ryp druiwe,
wat heerlik soet is, so moenie die druiwe pluk terwyl dit groen en suur
is nie. Dis die verstandigste ding denkbaar om te dink en weer te dink
voordat jy seks het voor die huwelik.
Terug na bo.
Waardeer mekaar
Sê asb. vir jou maat dankie as hy iets vir jou gedoen het en moet dit nie
as vanselfsprekend aanvaar nie. Dankie is ‘n klein woordjie wat groot
dinge kan vermag. Vertel hom hoe gelukkig hy jou maak as hy uit sy
eie vir julle fliekkaartjies koop en jou dan verras. Sê vir hom hoe lekker
dit is as hy jou verras met ‘n kuiertjie, veral wanneer jy dit die minste
verwag of ‘n verrassingspiekniek as jy by die huis kom van
buitemuurse bedrywighede af. “Seredipity” is ‘n mooi Engelse woord
met ‘n verklaring wat dit goed omskryf:”om iets aangenaam te kry
waarna ‘n mens nie gesoek het nie.” Spandeer kwaliteittyd saam.
Wees ruim met jou lof en waardering. Dit beteken nie ‘n gevleiery nie.
Let op na dinge wat jy kan aanprys en jy sal hulle vind. Ons het almal
ons goeie eienskappe. Laat mekaar spesiaal voel. Onthou hoe meer jy
in ‘n verhouding insit, hoe meer kry jy daaruit. Laat jou verhouding
groei dat dit soos ‘n feesmaal raak. Dis ook belangrik dat ‘n mens self
gelukkig moet wees, want ‘n ongelukkige mens kan nie ‘n ander
gelukkig maak nie. Dis ook waar hoe gelukkiger die persoon is wat jy
liefhet, hoe gelukkiger is jyself. Liefde kom terug na die wat liefhet,
seën kom terug na die seën en om te gee, is om te ontvang.
Gee meer van jouself, maak oop teenoor jou maat. Gee van jou tyd,
energie en menswees. Toon dat jy omgee met klein romantiese dinge
soos drukkies, soentjies, kaartjies en ‘n verrassingsoproep of ‘n bos
blomme (die fynhout laat die vuur brand). Wys jou respek en toewyding
aan jou maat deur eerlike, betroubare woorde en dade. Sê vir die
persoon wat jy liefhet op elke geleentheid wat jy kry hoe jy voel. Die
Engelse woord “warm fuzzy” verwys na daardie kompliment of klein
dingetjies wat iemand anders gelukkig maak – enigiets waardeur jy sê:
hoe gelukkig is ek om jou te hê.” Dis ‘n groot en beproefde waarheid
dat hierdie “warm fuzzies” tussen mense wat mekaar liefhet, nie
verwaarloos mag word nie.
Terug na bo.
Dra mekaar se laste
Om verlief te bly, beteken praat, praat, praat. “Praat met my – ek
luister!” Die bloed van enige verhouding is goeie kommunikasie.
Luister opreg na jou maat – Dit behels meelewing, empatie en om jou
wêreld met ‘n ander persoon te deel. Jy moet iemand hê om by af te
laai, anders kan jy nie genesing vind nie. As jou maat ‘n slegte dag
gehad het, wees daar vir hom en luister na hom, laat hy praat totdat hy
beter voel.
Kan jy regtig na jou maat luister en verstaan?
Moenie bang wees om jou maat se hand vas te hou in moeilike situasies
nie, want dit is bewys dat dit jou kalmeer en minder gespanne laat voel,
veral as dit in ‘n hegte verhouding gedoen word.
As jy graag wil gaan piekniek hou en jou vriendin is nie in ‘n bui
daarvoor nie, vind eers uit of daar nie dalk iets anders verkeerd is nie.
Miskien is daar probleme by haar huis met haar ouers – wees dan liewer
vir haar ‘n skouer om op te huil en gaan hou ‘n ander dag piekniek as
sy beter voel. Vertel haar dat jy haar nog steeds liefhet al is sy nou in
so ‘n slegte bui. Probeer keer dat julle albei nie op dieselfde tyd in ‘n
slegte bui is nie.
Terug na bo.
Wees verdraagsaam
Ons is nie verdraagsaam genoeg teenoor mekaar nie, daar is te veel
onverskilligheid en te min glimlag. Daar bestaan nie twee mense wat
ooit presies eenders is nie. Daar mag baie punte van ooreenkoms wees,
maar daardie verskille – hoe gering ook al – is altyd daar – om van
menslike swakhede nie eers te praat nie. Gun jou maat ook ‘n mening
en moenie sy mening net dadelik afskiet nie. Omdat ons nie dieselfde
mense is nie, dink ons anders oor dinge.
Die wondermiddel teen verhoudingsprobleme is wedersydse respek en
inagneming. Om hierdie eienskap te ontwikkel, moet jy jouself altyd in
die ander persoon se plek plaas. Vra jouself af hoe jy in daardie
omstandighede sou gevoel het, en hoe jy sou wou hê dat daar teenoor
jou opgetree word. Al wat dan oorbly, is om dienooreenkomstig op te
tree.
Terug na bo.
Vermy misverstande
Ek wonder hoeveel goeie verhoudings is nie al deur ‘n misverstand
ernstig geknou of selfs vernietig nie. Misverstand is egter iets wat
maklik uit die weg geruim kan word. As jy betrokke raak by ‘n situasie
waar jy nie ten volle begryp of ‘n begrip het van jou vriend nie, bly kalm
en koel – knoop jou tong en plaas ‘n wag voor jou mond. Span dan jou
verstand in en probeer jou vriend se woorde ontleed en verstaan, en
baie gou sal jy besef dat ‘n saak altyd twee kante het. Bowe-al probeer
om jou vriend die voordeel van die twyfel te gee. Jou vriend is net so ‘n
wonderlike mens as wat jy jouself ag. So, tel asb jou woorde en probeer
die misverstand ten alle koste vermy, dit red dalk jou verhouding en
hou jou buite die gevegsterrein.
Het jy al jou mond verby gepraat?
Terug na bo.
Beheer jouself
Probeer sover dit moontlik is, om te alle tye in beheer van jouself te bly.
En as jy dan moet baklei, leer om reg te baklei. Moenie dat jou slegte
gemoedstemmings jou ‘n buierige persoon maak, wat hewig reageer op
slegte gebeurtenisse in jou lewe nie. Buierige mense word selde
bestempel as ewewigtig of gelukkig. Navorsing het getoon dat
gelukkige mense optimisties is, vol vertroue en geslaag is in hulle
liefdesverhoudings en ongelukkige mense is gewoonlik alleenlopers.
Om jou buierigheid te verbeter, moet jy jou interpretasie van ‘n situasie
verander deur die gebruik van eenvoudige tegnieke en gesonde
verstand. As jou vriend laat is vir ‘n afspraak moenie onmiddellik op jou
perdjie spring nie, gebruik jou gesonde verstand en dink dat daar dalk
‘n baie goeie rede kan wees vir sy laatkom. As dinge anders verloop as
wat jy dit graag wil hê, moenie kwaad word nie, want jy moet besef dat
dit nie die einde van die wêreld is nie. Jy wil bv. hê dat jou kêrel meer
vir jou moet kom kuier en meer bedagsaam sal wees teenoor jou, maar
hy doen dit nie, al het jy hom al direk gevra. Eintlik eis jy bewustelik of
nie, dat hy moet doen wat jy vra. Jy kan egter besluit dat jy nie ‘n
verhouding met so ‘n man wil voortsit nie, of jy kan besluit dat hy wel
baie positiewe punte het en jy maar met hierdie dinge kan saamleef.
Wat was jou en jou maat se grootste bakleiery?
As jy en jou vriend se menings verskil omtrent ‘n saak, moenie
frustrerende reaksies toon nie, probeer eerder onderhandel. Die
resultaat sal meer bevredigend wees en julle sal ‘n beter begrip hê vir
mekaar. Wanneer die negatiewe gedagtes nie gedeel word nie, kan dit
later ‘n struikelblok in die verhouding word.
Terug na bo.
Verstaan mekaar
Die geheim van ‘n gelukkige verhouding is om die behoeftes van jou
maat te besef, en ‘n verbeeldingryke en vasberade strewe te hê om
daaraan te voldoen.
Die man moet besef dat sy meisie gedurige versekering van sy liefde
nodig het. Dit moet getoon word nie slegs deur oppervlakkige
liefkosings en versekerings nie, maar deur ‘n bossie blomme of ‘n klein
geskenkie. Ontsnap uit die alledaagse roetine en gaan fliek of gaan hou
piekniek. Speel soms die galante heer teenoor haar.
As die man in jou lewe miskien ontvlugting soek in een of ander sport of
stokperdjie, moet jy hom dit nie misgun of mor of kla omdat jy nou
afgeskeep word nie. A.g.v. die afleiding wat sy sport of stokperdjie hom
bied, sal hy ‘n baie gelukkiger maat vir jou wees. Stel eerder belang en
vra uit daarna en spreek soms ‘n woordjie van bewondering daaroor uit.
Terloops hy sal dink jy is wonderlik as jy vir hom iets gee wat hy in sy
sport of stokperdjie kan gebruik.
‘n Ander primêre behoefte is om raakgesien te word, bewonder te word
en gewild te wees. Moenie jou kêrel se goeie eienskappe ignoreer nie
en moet hom nie voor sy vriende verkleineer nie, dan sal sy oë vinnig
begin dwaal. ‘n Meisie hou altyd daarvan om te hoor dat sy mooi is, dat
‘n rok haar pas en dat haar haarstyl pragtig is.
Terug na bo.
Aanvaar jou maat
Met elke verhouding kan daar enige tyd enigiets verkeerd gaan,
aanvaar vooraf dat dit gaan gebeur – niemand is volmaak nie en
daarom moet jy ‘n foutfaktor in jou verhouding toelaat. Onthou net dat
jy self ook foute het. Elkeen moet leer om die ander se foute, flaters en
tekortkominge te aanvaar as deel van sy wese en persoonlikheid,
daarmee saam te leef en voort te gaan om lief te hê. Moenie jou maat
die heeltyd probeer verander nie, jy gaan dit buitendien nie reg kry nie
en dan is jy net ‘n baie ongelukkige mens. Aanvaar jou maat
onvoorwaardelik vir wie hy is. Nederigheid en ‘n sin vir humor is baie
belangrik.
Is dit moeilik om jou maat se snaakse gewoontes te aanvaar?
Ondanks wat die vegters vir vroueregte sê, bly dit waar dat ‘n vrou
anders as ‘n man dink en anders reageer. As ‘n man nie teëspoed wil
hê nie, moet hy die verskille insien. As hy dit nie besef nie, sal die
vonke spat.
Terug na bo.
Erken jou foute
Ons onwilligheid om skuld te erken, is al van die vroegste tye af ‘n
karaktertrek van die mensdom. Jy wys altyd die vinger na iemand
anders ........enigeen, maar nie die onskuldige jy nie. Dis nooit die
oplossing vir ‘n probleem nie, om liefde tussen twee mense in stand te
hou, is woorde soos “vergewe my”, “dis my fout” of “ek is jammer”
absoluut noodsaaklik. Laat dit wees soos komplimente – moenie suinig
daarmee wees nie.
Moenie altyd die ander een beskuldig nie: “dis sy skuld” of “sy het dit
begin”. Aanvaar jou maat se verskoning en probeer dan om die geskil
te vergeet.
Terug na bo.
Afkraking van geliefdes
Keer dat jou hart liefdeloos word, hoogmoedig, krities of granietkliphard
en dat jy dan sodoende jou geliefde stelselmatig aftakel en vernietig.
Moenie fout vind met alles wat jou maat doen nie, dis baie sleg vir sy
selfbeeld en veroorsaak net ongelukkigheid by hom. Jy kan die slegste
in ‘n persoon uitbring deur hom nie genoeg te komplimenteer en te
vertel hoe lief jy vir hom is en hoe nodig jy hom het nie.
Niemand, selfs nie die nederigste mens, hou daarvan om verneder te
word nie. Die natuurlike reaksie is gegriefdheid, woede, onmin en selfs
haat. Moenie jou maat gedurig voor ander sleg maak nie, vertel liewer
van sy goeie punte en hoe jy hom waardeer en ignoreer sy
tekortkominge.
Beland jy keer op keer in ‘n destruktiewe verhouding? Jy kan daardie
siklus breek! Die eerste stap na sukses is om te kyk waar dit vandaan
kom. Want uiteraard raak jy nie doelbewus by mans betrokke wat jou
sleg behandel nie, daar is ‘n diepgewortelde rede daarvoor.
Navorsing toon ons kry ons interpersoonlike vaardighede en
verhoudingspatrone hoofsaaklik uit ons kleintydse verhoudings met
mense wat betekenisvolle rolle in ons lewe speel. Gillian Hughes,
kandidaat-sielkundige aan die Universiteit van Johannesburg, sê: “As
jou verhouding met jou ouers onseker en vol konflik was, is jou
verhouding met vriende of geliefdes dikwels ook onseker of
problematies. Hoe jou ouers teenoor mekaar en teenoor jou optree,
word die verhoudingspatroon wat jy verwag of wat vasgelê word. As jy
jouself herhaaldelik aan mans blootstel wat jou mishandel, is jy dalk as
kind verwaarloos, mishandel of oorbeskerm.”
Kan jy oor jou mishandelings met vrymoedigheid praat?
Jy moet eers sien waar dit vandaan kom, jouself vergewe en ook die
persoon wat dit aan jou gedoen het. As jy dit nie self kan doen nie,
gaan na ‘n terapeut om jou te help. Dis ‘n natuurlike rouproses en dan
begin die heling. As die patroon sterf, kry jy nuwe energie. Jy raak
dapper en sien kans om vir jou kêrel te sê: “Dit en dat laat ek toe.” As
jy daardie patroon breek en nie meer ‘n slagoffer is nie, kan hy nie
meer ‘n tiran wees nie. En uiteindelik as jou idee van hoe ‘n man moet
wees, verander na ‘n positiewe een, dan trek jyself ook baie meer
positiewe mans aan.
Maak dit julle voorneme om mekaar nooit lelike name te noem nie en
probeer om nooit dinge te sê wat julle later gaan berou nie. Dit sal
katterigheid en kleingeestigheid uit julle verskille weer en daarom sal
julle argumente byna nooit in rusies ontaard nie. Wonde wat deur
woorde geslaan is, is byna soos gangreen. Jy kry hulle net met baie
moeite gesond. Die wonde wat ons woorde slaan lê baie dieper as wat
ons besef. Dit lê in die onderbewussyn van mense; dit kan hulle
stadigaan van binne af verteer. As jy die een is wat die slae toedien,
onthou jy kan dit wel regmaak deur dit aanmekaar te bely en jou hart
vol genade, begrip en vergifnis te vul.
Terug na bo.
Liefdesteleurstellings
Gebroke verhoudings is seker die belangrikste kenmerk van die
moderne mens se bestaan. As ‘n verhouding op die rotse beland, voel
dit vir die wanhopige “verwerpte” asof die lewe nie meer sin het nie,
maar dalk is deel van die kuns van liefhê juis om te laat gaan soos
volgens die TV-program “The wonder years”. TE Kale het gesê:”Die hart
is die enigste stukkende “instrument” wat nog kan werk.” Onthou asb.
selfmoord is nooit ‘n oplossing nie! As dinge op sy slegste gaan, moet jy
besef dat die uitkoms baie naby is.
Verbreek alle bande met jou eks. Vriendskap kan nie werk terwyl jy van
hom probeer vergeet nie. Moenie jou lyf speurder hou en probeer
uitvind wat jou eks en sy nuwe liefde alles aanvang nie. Loop lig vir
gemeenskaplike vriende, want dit gaan jou net slegter laat voel.
Het een van jou verhoudings al op die rotse geloop?
Moenie net die slegte tye onthou nie, herinner jouself aan die rede
hoekom julle uitmekaar gegaan het. Vra gerus vir jou ander vriende wat
reeds deur ‘n liefdesteleurstelling is, hoe hulle oor hul ekse gekom het.
Pak nuwe uitdagings soos kursusse of stokperdjies aan. Moenie as
teenreaksie halsoorkop ‘n verhouding met die eerste beste ou na jou
eks aanknoop nie. Treur eers klaar. Oortuig jouself dat jy weer verlief
sal raak. Die meeste van jou liefdesteleurstellings gebeur in jou tiener
en twintigerjaar. Die grootste deel van jou lewe lê nog voor. ‘n Mens
kan nie die pad voor jou sien as jy die hele tyd agtertoe kyk nie. Los die
verlede waar dit hoort, in die verlede.
Onthou alkohol los nie probleme op nie. Wees dankbaar vir die ervaring
van ‘n eerste liefde. ‘n Gebroke hart is ongelukkig een van die feite van
die lewe. Liasseer dit onder “O” vir “Ondervinding” in jou lewenslêer.
Dis waar wat die oumense sê: Tyd genees alle wonde! Sien ‘n mislukte
verhouding as ‘n “stepping stone” om by daardie wonderlike
verhouding uit te kom.
Terug na bo.
Bibliografie
1. “Vrou Eksklusief” onder redaksie van Riana Mostert, Charla
Faure en Eric Stander.
2. 23 Stappe na sukses deur Robert J Lumsden.
3. “Die Taalgenoot” van Maart 2006.
4. “Die Taalgenoot” van Februarie 2006.
5. “Vrouekeur” van 20 Julie 2007.
6. “Bly verlief” deur Charlie en Martha Shedd.
7. http://coping.org/dialogue/nonverbal.htm
SAMEVATTINGOnthou alle verhoudings is gegrond op jou verhouding met God. Jy sal
altyd ‘n soeke hê binne jou, totdat jy die ware verhouding met God
gevind het.
In Ps. 144:12 staan:
“Mag ons seuns wees soos plante wat hoog groei in hulle jeug,
en ons dogters soos hoekpilare uitgebeitel soos vir ‘n paleis.”
“Pyn is onvermydelik, lyding is ‘n keuse.” Kathleen Casey
“As jy deur hel gaan, gaan net aan.” Winston Churchill
“Omskep jou wonde in wysheid.” Oprah Winfrey