e ons almal het bekering nodig en god vra ware berou oor sonde

33
ONS ALMAL HET BEKERING NODIG EN GOD VRA WARE BEROU OOR SONDE

Upload: cornelius-joubert

Post on 20-Jun-2015

158 views

Category:

Spiritual


15 download

DESCRIPTION

Ons almal het bekering nodig en God vra ware berou oor sonde

TRANSCRIPT

Page 1: E ons almal het bekering nodig en god vra ware berou oor sonde

ONS ALMAL HET BEKERING NODIG EN GOD VRA WARE

BEROU OOR SONDE

Page 2: E ons almal het bekering nodig en god vra ware berou oor sonde

Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van die

hemel en die aarde.

GOD DIE VADER

Page 3: E ons almal het bekering nodig en god vra ware berou oor sonde

Ek glo in Jesus Christus, God se eniggebore Seun, ons Here; wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore uit die maagd Maria; wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en neergedaal het na die hel; wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dood; opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader, waarvandaan Hy sal kom om die lewendes en die dooies te oordeel.

GOD DIE SEUN

Page 4: E ons almal het bekering nodig en god vra ware berou oor sonde

Ek glo in die Heilige Gees wat ons oortuig van sonde, wat mense wederbaar en vervul!

GOD DIE HEILIGE GEES

Page 5: E ons almal het bekering nodig en god vra ware berou oor sonde

Ek glo aan 'n heilige, algemene, Christelike kerk, die gemeen-skap van die heiliges;

GOD SE KINDERS

Page 6: E ons almal het bekering nodig en god vra ware berou oor sonde

Ek glo aan die vergewing van sondes; Ek glo aan die opstanding van die liggaam en ek glo aan 'n ewige lewe.

VERGEWING EN WARE LEWE

Page 7: E ons almal het bekering nodig en god vra ware berou oor sonde

Ek is geroep om 'n dissipel te weesEk is geroep om dissipels te maakEk is geroep om Hemel op Aarde te versekerEk is geroep om al hierdie dinge in onvoorwaardelike liefde te doen

ROEPING

Page 8: E ons almal het bekering nodig en god vra ware berou oor sonde

Jesus Christus is Koning! Jesus Christus is Koning!Laat Sy wil geskiet, Sy Koninkryk kom, Sy wil, deur my aan ander bekend gemaak word.Alle eer en mag en heelikheid behoort aan die Koning van alle koningsEk behoort aan Hom en Hy aan my

VERHEERLIKING

Page 9: E ons almal het bekering nodig en god vra ware berou oor sonde

En ek sal die boodskap van die lewende God met trots aan almal rondom my verkondig.Ek verklaar dit met trots in die wonderlike naam van Jesus, my Verlosser.

AMEN.

VERKLARING

Page 10: E ons almal het bekering nodig en god vra ware berou oor sonde

LUKAS 13:1-5 1 Juis in daardie tyd het mense vir Jesus kom

vertel van die Galileërs vir wie Pilatus laat doodmaak het waar hulle besig was om hulle offerdiere te slag.

2 Toe antwoord Jesus hulle: “Dink julle dat hierdie Galileërs groter sondaars was as al die ander Galileërs omdat dit met hulle gebeur het?

3 Nee, sê Ek vir julle, maar as julle julle nie bekeer nie, sal julle net soos hulle ook almal omkom!

Page 11: E ons almal het bekering nodig en god vra ware berou oor sonde

LUKAS 13:1-5

4 Of daardie agtien wat dood is toe die toring van Siloam op hulle ineengestort het, dink julle dat hulle skuldiger was as al die ander inwoners van Jerusalem?

5 Nee, sê Ek vir julle, maar as julle julle nie bekeer nie, sal julle net soos hulle ook almal omkom.”

Page 12: E ons almal het bekering nodig en god vra ware berou oor sonde

LUKAS 23:26-4326 Terwyl hulle Hom weglei, gryp hulle 'n

sekere Simon van Sirene, wat toe net van buite die stad af gekom het, en sit die kruis op hom om dit agter Jesus aan te dra.

 27 'n Groot menigte van die volk het agter

Jesus aan geloop, onder wie ook vroue wat oor Hom getreur en gehuil het.

 28 Maar Jesus het na hulle toe omgedraai en

gesê: “Vroue van Jerusalem, moenie oor My huil nie, huil oor julleself en julle kinders,

Page 13: E ons almal het bekering nodig en god vra ware berou oor sonde

LUKAS 23:26-4329 want daar kom dae waarin hulle sal sê: ‘Hoe

gelukkig is die onvrugbare vroue en dié wat nooit 'n kind in die wêreld gebring het of gevoed het nie.’

 30 “Dan sal hulle vir die berge sê: ‘Val op ons!’

en vir die heuwels: ‘Bedek ons!’ 31 “As hulle dit met die groen hout doen, wat sal

dan met die droë hout gebeur?”

Page 14: E ons almal het bekering nodig en god vra ware berou oor sonde

LUKAS 23:26-4332 Daar is ook twee ander, albei misdadigers,

weggelei om saam met Jesus tereggestel te word.

 33 Toe hulle by die plek kom wat Kopbeen

genoem word, het hulle Hom daar saam met die misdadigers gekruisig, die een aan sy regter- en die ander een aan sy linkerkant.

 34 Toe sê Jesus: “Vader, vergeef hulle, want

hulle weet nie wat hulle doen nie!” Hulle het sy klere verdeel deur te loot.

Page 15: E ons almal het bekering nodig en god vra ware berou oor sonde

LUKAS 23:26-4335 Die volk het daar gestaan en kyk. Hulle

raadslede het Hom ook uitgelag en gesê: “Ander het hy gered. Laat hy homself red as hy die Christus is wat deur God uitverkies is.”

 36 Ook die soldate het vorentoe gekom en Hom

bespot. Hulle het vir Hom suur wyn aangebied

  37 en gesê: “As jy die koning van die Jode is,

red jouself.”

Page 16: E ons almal het bekering nodig en god vra ware berou oor sonde

LUKAS 23:26-4338 Daar was ook 'n opskrif bokant Hom: “Dit is

die koning van die Jode.” 39 Een van die misdadigers wat daar gehang

het, het Hom gelaster deur te sê: “Is jy dan nie die Christus nie? Red jouself en ons ook!”

 40 Maar die ander een het hom tereggewys en

gesê: “Is jy nie bang vir God nie? Jy ondergaan tog dieselfde straf as hierdie man!

Page 17: E ons almal het bekering nodig en god vra ware berou oor sonde

LUKAS 23:26-4341 In ons geval is dit regverdig, want ons

ontvang die verdiende straf vir ons dade. Maar hierdie man het niks verkeerds gedoen nie.”

 42 Verder sê hy: “Jesus, dink aan my wanneer U

in u koninkryk kom.” 43 Jesus antwoord hom: “Ek verseker jou:

Vandag sal jy saam met My in die paradys wees.”

Page 18: E ons almal het bekering nodig en god vra ware berou oor sonde

ONS ALMAL HET BEKERING NODIG EN GOD VRA WARE

BEROU OOR SONDE

Page 19: E ons almal het bekering nodig en god vra ware berou oor sonde

Dat lyding ‘n vorm van straf op sonde is, is nou maar een maal ‘n diep gewortelde idee by ons.

Die Jode, in elk geval, was oortuig daarvan dat ongeluk of teenspoed straf op gedane sonde was.

Die val van die toring by Siloam het hierdie verstaan van straf en sonde net verder versterk.

Page 20: E ons almal het bekering nodig en god vra ware berou oor sonde

Mense gaan vertel die storie vir Jesus

Hoekom

Om te bepaal waar Jesus se lojaliteite gelê het.

Een rede hiervoor was die samestelling van die dissipels van Jesus.

Simon Petrus - Selote party was sterk nasionalisties georiënteer en wou die Romeine met geweld oorwin.

Levi - ‘n tollenaar, en dus ‘n Romeinse amptenaar.

Judas Iskariot - vroeër lid van die Iskari’s. Hulle was mense wat teen vergoeding enige persoon sou vermoor (gewoonlik met ‘n kort dolk).

Page 21: E ons almal het bekering nodig en god vra ware berou oor sonde

Jesus se reaksie op Pilatus se gruweldaad sou dus, volgens hulle, duidelik laat blyk waar Hy staan.

As Hy vir Pilatus oordeel, sou Hy aan hulle kant wees, en as Hy Pilatus nie sou veroordeel nie, sou hulle presies weet waar sy simpatie lê.

Jesus se antwoord op hulle vraag is egter verrassend:

‘Dink julle dat hierdie Galileërs (of dan, toringbouers) groter sondaars was as al die ander ... omdat dit met hulle gebeur het? Nee, Ek sê vir julle, as julle julle nie bekeer nie, sal julle ook soos hulle almal omkom.

Page 22: E ons almal het bekering nodig en god vra ware berou oor sonde

Wat impliseer Jesus met hierdie antwoord?

Dat vir Hom nie iets bestaan soos groot sonde en klein sonde nie.

Jesus nie bereid om net die sonde van een groep raak te sien en die sonde van ‘n andergroep mis te kyk nie.

Hy sien die sonde raak van Pilatus wat verdruk en steel, maar Hy sien ook die sonde raak van diegene wat on ware stories versprei, asook die sonde van diegene wat sulke stories maar te graag opsluk en verder versprei.

Jesus sien egter ook dieper. Hy sien dat al die optredes van hierdie mense eintlik maar net die vrug is van hulle totale verdorwenheid voor God.

Page 23: E ons almal het bekering nodig en god vra ware berou oor sonde

Hierdie oproep tot bekering, moet ons raaksien, is nie gerig tot ander mense omdat ons ons reeds tot die Here bekeer het nie. Dit is ‘n oproep wat telkens weer na ons toe kom, juis omdat ons maar telkens weer vasval in die groewe van hierdie lewe.

Is dit waar, dat ons telkens sien, weer en weer, keerop keer — en soms met ‘n groot skok — dat ons huweliksmaats,ons kinders, ons kollegas, ons vriende, ons opponente, ja selfs ons vyande, nie noodwendig groter sondaars as ons is nie? Voor God staan ons almal veroordeel. En daarom, sê Jesus, verdien niemand eintlik iets beters as dit wat met die toringbouers gebeur het nie.

Page 24: E ons almal het bekering nodig en god vra ware berou oor sonde

Ons is dikwels so negatief teenoor die woordjie bekering. Dit is nou nie eintlik ‘n woordjie wat werklik deel is van die Afrikaanse gemeenskap se tradisie en teologie nie. Daar word nie werklik baie daaroor gepreek nie. Veral nie in terme van ‘n oproep dat mense hulle moet bekeer nie.

Nee. Dit hoort by ander gemeenskappe, want hulle sonde is mos groter as ons s'n.

Ons moet weer hieroor gaan dink. Want in wese is bekering ‘n vreugdevolle ontdekking.

Dit is om raak te sien dat alle mense voor God as veroordeeldes staan, maar as verloste sondaar

Daarom is bekering nie ‘n las nie, dit is nie moeite nie, nee, dit is en begin by vreugde.

Page 25: E ons almal het bekering nodig en god vra ware berou oor sonde

Wanneer ‘n mens so verras staan voor die liefde van God, wie telkens weer en weer ontdek dat God werklik vryspreek, kyk met ander oë na die swakhede en tekorte van die mense rondom hulle. En praat sagter oor die foute en tekorte van ander.

Hoe staan u en ek voor God en ander en mekaar? Met ‘n beskuldigde vinger na ander? Of met die hand op die bors? Glo ons net ander het sonde, en ons wel, maar darem so ‘n bietjie minder?

Page 26: E ons almal het bekering nodig en god vra ware berou oor sonde

Dit kan nie! Ons almal het bekering nodig. Bekering wat nie alleen vir ons almal elke dag, noodsaaklik is nie, maar wat in wese ‘n stuk vreugde behoort te wees.

Vreugde omdat bekering eintlik dit is om weer en weer te ontdek dat God my in liefde aansien. En ek daarom behoort te gaan lewe waar ek vrugte dra wat by bekering pas.

Page 27: E ons almal het bekering nodig en god vra ware berou oor sonde

Dit bring ons by 'n ander verhaal

Ons lees in Lukas 23:26-43 van 'n droewige begrafnisstoet

Stadig maar seker beweeg hierdie begrafnisstoet na die terrein van teregstelling

Vooraan die stoet stap die Romeinse soldate wat die Here Jesus aan die kruis moet gaan vasspyker

Agter hierdie soldate stap ’n tweede groep. Hierdie groep bestaan uit die Joodse leiers en die volk wat die Here Jesus aangekla het.

Dit is die derde groep van hierdie stoet wat vir ons belangrik is. Ja, want dit is tot hierdie groep dat die Here Jesus ’n reaksie toon. Hierdie laaste groep van die begrafnisstoet bestaan uit Jesus se vriende en familie ...

Page 28: E ons almal het bekering nodig en god vra ware berou oor sonde

In hierdie groepie is die Here Jesus se moeder.

Ja, daar is selfs van Sy dissipels, by name Johannes en Jakobus, wat skielik die Here Jesus se profetiese woorde oor Sy eie dood so goed onthou

Moontlik sluip Petrus, wat so selfvoldaan was dat hy nooit sy Meester sal verloën nie, ook in hierdie laaste groepie rond.

Anders as die ander twee groepe wat hard en ongevoelig teenoor die Here Jesus se lyding gestaan het, is hierdie groepie volgelinge in trane en verdriet.

Dit is tot hierdie derde groepie wat die Here Jesus Hom rig met die volgende woorde:

“Vroue van Jerusalem, moenie oor My huil nie, huil oor julleself en julle kinders ...” Waarom sou Jesus tog so iets sê? Het Hy dan nie hierdie vrouens se trane en verdriet waardeer nie?

Page 29: E ons almal het bekering nodig en god vra ware berou oor sonde

“Vroue van Jerusalem, moenie oor My huil nie, huil oor julleself en julle kinders ...”

Page 30: E ons almal het bekering nodig en god vra ware berou oor sonde

Saam met die ganse Christelike kerk staan ook ons vandag voor hierdie werklikheid:

Dit is maklik om weer eens trane in die oë te kry as ons aan die Here Jesus se lyding dink ... trane van meegevoel ... trane van jammerte!

Maar dit is nie die soort trane wat die Here Jesus soek nie!

O nee, Hy soek trane van berou!

Dit is waarom ons nie vandag net aangedaan en huilerig kan wees oor die Here Jesus se lyding en kruisiging nie.

Nee, as ons so na die kruis opkyk en Hom daaraan sien hang, dan word daar van ons gevra om te huil oor ons sonde.

Dit is waarom ons ook in die volgende woorde kan bely: “Ja, ek kos Hom die slae, die smarte en die hoon. Hy dra na Gods behae, die kleed, die doringkroon ...” En die Here Jesus het nie aan die kruis gehang omdat Hý ’n sondaar was nie, maar Hy het daar gehang vir mý en vir júlle!

Hoekom?

Page 31: E ons almal het bekering nodig en god vra ware berou oor sonde

God vra nie van ons om soos die vrouens te huil en treur oor die Here Jesus se lyding en kruisiging nie.

Nee, as ons dan wel trane moet hê, moet dit wees as gevolg van die besef dat ons eintlik verlore is.

Daarom kan ons die woorde van Jesaja 53 vers 5 op die Here Jesus van toepassing maak: “Oor óns oortredings is Hy deurboor, oor óns sondes is Hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op Hom, deur Sý wonde het daar vir ons genesing gekom.”

Page 32: E ons almal het bekering nodig en god vra ware berou oor sonde

Daarom, ons moet eerder die gesindheid van die ander moordenaar aan die kruis langs die Here Jesus hê.

Ja, ons moet soos hy ook die Here Jesus smeek: “Jesus, dink aan my wanneer U in U koninkryk kom” (vers 42).

En dan sal elkeen van ons ook die Here se versekering kry: “Elkeen wat hom voor die mense openlik vir My uitspreek, vir hom sal Ek My ook openlik uitspreek voor My Vader wat in die hemel is” (vergelyk Mat 10:32).

Page 33: E ons almal het bekering nodig en god vra ware berou oor sonde

Amen