e-pukaner alumni nuus - nwu...ons was in elke posisie die beste op die veld en, as hull ons hard...

6
e-PUKaner Alumni nuus Uitgawe 5|14 April 2011 NWU-Puk alumni Raak deel van diegRoep op facebook : BEDREIGDE verseker krities se voortbestaan Puk Esté VorstEr bEnoEm op AssAF } } PATRIA in klas van hul eie 1961 EERSTEJAARS VAN HOU REÜNIE PLANT

Upload: others

Post on 15-Mar-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: e-PUKaner Alumni nuus - NWU...Ons was in elke posisie die beste op die veld en, as hull ons hard geduik het, het ons seker gemaak ons duik hulle drie keer harder terug. Die ouens op

e-PUKanerAlumni nuusUitgawe 5|14 April 2011

NWU-Puk alumniRaak deel van “die” gRoep op facebook :

BEDREIGDE verseker krities

se voortbestaan

Puk

Esté VorstEr bEnoEm op AssAF}}

PATRIAin klas van hul eie

1961EERSTEJAARS VAN

HOU REÜNIE

PLANT

Page 2: e-PUKaner Alumni nuus - NWU...Ons was in elke posisie die beste op die veld en, as hull ons hard geduik het, het ons seker gemaak ons duik hulle drie keer harder terug. Die ouens op

e-PUKaner

PATRIA KLAS

Die NWU-Puk-alumnikantoor wil graag kontak maak met oud-studente wat in 1961 as eerstejaars ingeskryf het by die voormalige PU vir CHO of Potchefstroomse Onderwyskollege (Pote).Hierdié groep hou op 24 Oktober 2011 ‘n reünie op die Potchefstroomkampus.Indien u, u eggenote of ‘n familielid of vriend, deel is van hierdie groep, kontak asb die NWU-Puk-alumnikantoor by 018 299 2768 of stuur ‘n epos aan [email protected] meer oor reünies in 2011, besoek asseblief http://www.nwu.ac.za/p-alumni/reunions_a.html

1961EERSTEJAARS

VAN

hou REÜNIE

1961FIRST YEARSOF

REUNIONThe NWU Puk Alumni Office would like to make contact with alumni who registered at the formerly known Potchefstroom University for CHE or Potchefstroom Teachers College (Pote) as first years in 1961. This group will get together on the Potchefstroom Campus on 24 October 2011. If you, your spouse, or a family member or friend, were part of this group, please contact the NWU Puk Alumni Office at 018 299 2768 or send an e-mail to [email protected] more information on reunions in 2011, please visit http://www.nwu.ac.za/p-alumni/reunions.html

Na lang afwagting en onsekerheid oor die toekoms van die bestaande universiteitslied, het die IB besluit dat dit wel vervang sal word.

Die Mmaarona, soos dit tans bekendstaan, het na aanleiding van oorweldigende positiewe reaksie vanaf studente en personeellede, wat ‘n nuwe voorgestelde lied verkies, gewildheid verloor. Personeel en studente is as deel van ‘n konsulterende proses om die lied te hersien, genooi om deur middel van ‘n aanlyn-meningspeiling na die huidige, asook die voorgestelde, hersiene weergawe van die lied te luister. Daarna kon hulle stem vir die weergawe van die lied wat hulle verkies.

Uit ‘n gesamentlike aantal van 1 266 respondente, het 929 aangedui dat hulle die voorgestelde hersiene weergawe verkies, en 337 was ten gunste van die lied wat tans in gebruik is. Verder het ‘n gesamentlike aantal van 888 respondente gereken die voorgestelde hersiene lied is goed, 311 het dit as gemiddeld beskou, en net 67 het gereken dat dit swak is. ‘n Taakspan sal nou byeengeroep word om toesig te hou oor die finalisering van die lied en ‘n plan om die hersiene lied bekend te stel.

Hersiene universiteitslied goedgekeur en oppad

NWU–Loopbaanskoue 2011Woon die Noordwes-Universiteit se loopbaanskoue by en benut die geleentheid om u maatskappy te bemark en lok graduandi van ʼn universiteit wat bekend is vir sy leweringskragtigheid, hoëgehalte-onderrig en -navorsing, sy entrepreneuriese en innoverende gees.

Datums vir die 2011-Loopbaanskoue:

Loopbaanskoue Kampus Datums

Algemeen (Verskeie studievelde) Vaaldriehoek 17, 18 Mei

Algemeen (Verskeie studievelde) Potchefstroom 24 Mei

Natuurwetenskappe, Ingenieurswese, Potchefstroom 25 Mei

Tegnologie en Gesondheidswetenskappe

Rekeningkunde Potchefstroom 26 Mei

Algemeen (Verskeie studievelde) Mafikeng 20, 21 Julie

Besoek asseblief ons webwerf vir meer inligting sowel as besprekings: http://www.nwu.ac.za/i-career/fairs_a.html of skakel ons Loopbaansentrum by 018 299 2058

Op 24 Maart 2011 het ouditeure en rekenmeesters van Potchefstroom ‘n heerlike kuiergeleentheid saam met Pukkampusrektor, prof Herman van Schalkwyk in die splinternuwe Alumni-klubhuis geniet.

Hierdie geleentheid was die Alumnikantoor se inisiatief om lede van die plaaslike gemeenskap na die kampus te bring en hulle op hoogte te bring van verskeie aangeleenthede en verwikkelinge op die kampus. Dit was natuurlik ook die ideale geleentheid om insette van oud-Pukke in die praktyk te ontvang. Tydens die kontakgeleentheid kon dié belangegroep vrae direk aan die kampusrektor rig. Ongeveer 10 oud-Pukke het dié geleentheid bygewoon.

Foto: Agter is mnre Chris Naudé, Werner Nel, Greg Robberts, prof Herman van Schalkwyk, mnre Jaco Fouché, Hans Jonker, Johan van Zyl en Jan-Hendrik Delport. Voor is mee Mi-Lean van Heerden, Lenske Gründer, prof Susan Visser en me Yolandi Yssel (Alumnikantoor).

Oud-Puk ouditeure en rekenmeesters kuier op kampus

AANDAG: ALLE OUDSTUDENTE VAN DIE NWU-PUKKAMPUS IN PRETORIA

Die Rektor van die NWU-Pukkampus wil graag alle oudstudente op 26 Mei 2011 in Pretoria ontmoet. Die geselligheid vind plaas by Tuscan BBQ Buffet Restaurant in Lynnwood om 18:00 vir 18:30. Kostes beloop R50 per kop vir ’n buffet-ete. Hierdie is ’n geleentheid om die alumni op hoogte van nuwe verwikkelinge by hul alma mater te bring en vriendskapsbande en verhoudinge te versterk.

Vir meer inligting asook besprekings, kontak gerus vir Yolandi Yssel by 018 299 2768 of [email protected] voor of op 17 Mei 2011.

*

Page 3: e-PUKaner Alumni nuus - NWU...Ons was in elke posisie die beste op die veld en, as hull ons hard geduik het, het ons seker gemaak ons duik hulle drie keer harder terug. Die ouens op

Patria het Maandagaand in Pretoria die LC de Villiers-stadion blou geverf deur Simonsberg 21-0 te verneder en as die Steinhoff Koshuis-kompioene gekroon te word. Albei spanne was voor die eindstryd onoorwonne, dus, dat Maties se Simonsberg nie ’n punt kon aanteken nie is

merkwaardig. Losskakel en kaptein, Wilco de Wet, het met twee strafdoele vir die eerste punte van die wedstryd gesorg voor Janco van Zyl gaan druk het. Slot Lodewyk Uys, wat ’n gewoonte daarvan maak om sy naam op die telbord te kry, het na die omdraaislag sy tweede drie in net soveel wedstryde gedruk en Patria het seker gemaak hul doellyn bly Simonsberg-bestand.

“Die eerste 15-minute het gevoel of dit maar twee-minute geduur het, tog het ons deurentyd gevoel ons is in beheer,” het Jean Olivier, Patria se primarius, gesê. “Gewoonlik doen net die eerstejaars ons ‘haka’ voor die wedstryd, maar toe ons sien die seniors doen dit Maandagaand ook het ons almal sommer hoendervleis gekry. Ons was in elke posisie die beste op die veld en, as hull ons hard geduik het, het ons seker gemaak ons duik hulle drie keer harder terug. Die ouens op die veld het gespeel vir die man langs hom. Jy moet mekaar in die oë kan kyk na die tyd.”

Volgens hom het Maandagaand se skittersege nog nie heeltemal by hom of sy medespelers ingesink nie. Gister (Dinsdag) toe ons die heruitsending kyk en hoor die kommentator sê dat ons die Suid-Afrikaanse kampioene is, het ons begin besef ons het iets groots bereik. Ons is baie gelukkig en ook trots. Tydens ons koshuisvergadering kon ons die gees in die koshuis voel. Almal hier het saamgetrek vir ons.”

Dit is die eerste keer dat ’n manskoshuis van die NWU-Puk dié toernooi kon wen. “Ons het nie net vir Patria gespeel nie, maar ook vir die Puk. Ek dink by die koshuis is broederskap nou nog net meer gevestig en die fondasie vir die toekoms is gelê.” Corlohan Botha, Patria se HK: Sport, het Maandagaand se oorwinning as onvergeetlik beskryf. “Dit was ’n ongelooflike aand en ’n groot voorreg om deel daarvan te kon gewees het. Na afloop van die wedstryd het die spelers gesê hulle sou dit nie sonder die koshuis se ondersteuning kon gedoen het nie. Dit is wonderlik dat die spelers die ondersteuners langs die veld raaksien en vir hulle speel. Dit motiveer hulle om hul als te gee.”

Bul du Toit, hoofafrigter, was hoogs in sy skik met Patria se sege. “Dit was fantasties en die kersie op die koek vir al die harde werk wat ons sedert November ingesit het.” Du Toit het sy span se skitterseisoen toegeskryf aan die spelers se fiksheid en toewyding. Dit is dus ook geen verrassing dat ’n handvol van sy troepe opgetrek is deur die NWU-Puk-rugbyinstituut nie. “Ek moet ook Burgher van der Westhuizen uitsonder. Hy is ’n ongelooflike agterlynafrigter en sal van baie waarde wees vir enige span,” het Du Toit gesê.

Vir Patria het manne soos Lodewyk Uys, Wilco de Wet en Jean Deysel het uit hul velle gespeel, maar als in aggenome was dit was ’n spanpoging soos min.

Potch se musiek is hier om te bly. Daar is fantastiese musiek-groepe in Potchefstroom en PUKfm is trots om goeie plaas-like musiek te ondersteun

PATRIA KLASPATRIAin klas van hul eie BERTIE JACOBS

PATRIA

PATRIA

2

Oud-Puk ouditeure en rekenmeesters kuier op kampus

Page 4: e-PUKaner Alumni nuus - NWU...Ons was in elke posisie die beste op die veld en, as hull ons hard geduik het, het ons seker gemaak ons duik hulle drie keer harder terug. Die ouens op

e-PUKaner

Puk As dit reën soos vandag, vertel die NWU-Puk se Erena Stofberg, dan mis sy haar huis. Die hoog-Hollands van die Kaap glip so elke dan en wan deur terwyl sy praat. Klein bietjie skaam, ietwat droomverlore en pure platteland. Dié blondekop is deur Wanda se huiskomitee vir Mej Varsitybeker genomineer en het pas die kroon vir dié kompetisie verower. Dié eer het sy Maandagaand (11 April) ontvang tydens die eindstryd van die prestige rugbytoernooi. Wat dit nog lekkerder gemaak het, is dat sy deur ʼn naamgenoot, James Stoffberg, direkteur van NWU-Puk Sport en visepresident van SARU, gekroon is.Ontmoet die Puk se wenner van die Mej Varsitybeker-kroon: Erena Stofberg. HOE OUD IS JY?Ek is 19 en word op 27 September 20 jaar oud. WAAR HET JY GROOTGEWORD?Rawsonville. Dit is so 30 minute se ry van die Paarl af. Ek het by Paarl Gimnasium gematrikuleer. WAT STUDEER JY?B.Ed Onderwys, Grondslagfase. Ek wil eendag ’n graad 2-onderwyseres wees, maar ek weet nie wat die Here vir my beplan nie. Wat dit ook al is, ek sal saam met Hom hande vat en daardie paadjie stap. HOEKOM WOU JY GRAAG MEJ VARSITYBEKER WORD?Ek dink met die blootstelling wat mens kry kan jy ’n verskil in ander se lewens maak. Jy weet, mens kan selfs net met ’n glimlag iemand se dag beter maak. WAT WAS JOU INDRUKKE VAN DIE VARSITYBEKER?Ek het dit vreeslik geniet. Dit was elke keer ’n lekker sosiale byeenkoms en waarvan ek ook hou, is dat dit ’n kompetisie is wat jou lojaliteit toets. WAT MAAK JOU DIE GELUKKIGSTE?Om die mense wat ek liefhet gelukkig te sien … om uit my maag te lag en vakansie by Buffelsbaai.

se wenner vanPukkeMej VarsitybekerOntmoet

EN ONGELUKKIG?Om mense in pyn en lyding te sien. WAT DINK JY IS JOU BESTE KARAKTEREIENSKAP?Dat ek baie lojaal is. IS DAAR IETS WAT JY VAN JOUSELF SAL WIL VERANDER?Ek dink die feit dat ek mense te maklik vertrou. WAT IS JOU GUNSTELING-FILM EN HOEKOM?Dis dalk bietjie voorspelbaar, maar ek sal sê The Notebook. Die rede is dat mense nie mekaar op hul uiterlike of hoeveel besittings hulle het beoordeel nie, maar op hul innerlike. Die uiterlike is tydelik en dit gaan meer as net oor dit. WAT IS JOU GUNSTELING-MUSIEK?Ek hou van ’n groot verskeidenheid, so dis moeilik om net een te kies, maar ek is baie lief vir Country. KLEUR?Mmm … pers. WAT IS JOU IDEALE AAND UIT? ’n Rustige aand êrens onder die sterre met ’n pizza. ’n Aand waar mens net kan lê en sterre kyk. HOE GENIET JY JOU TYDJIE BY DIE PUK SOVER?Dit is onbeskryflik lekker. Ek het die Puk gekies omdat dit my ongelooflike geleenthede bied. Ek het baie van myself hier geleer, nuwe mense ontmoet en vriende gemaak wat ek my hele lewe saam met my sal neem. WAT WEET NIEMAND VAN JOU NIE?Ek is die oudste van vyf kinders en ek eet nie avokadopeer nie. En my lewensleuse is: Jy kry nooit ’n tweede kans om ’n eerste indruk te skep nie.

Page 5: e-PUKaner Alumni nuus - NWU...Ons was in elke posisie die beste op die veld en, as hull ons hard geduik het, het ons seker gemaak ons duik hulle drie keer harder terug. Die ouens op

4Alumni nuus

Een van die land se voorste navorsers op die gebied van voeding aan die NWU-Puk, het pas die eer ontvang om tot sekretarisgeneraal van AS-SAf (Academy of Science of South Africa) benoem te word.

Prof Esté Vorster, vorige direkteur van die Sentrum van Uitnemendheid vir Voeding, is een van die enkele top en uitgesoekte akademici in die land wat op die raad van ASSAf dien.

Sy sê dit is ʼn besondere voorreg om op dié Raad te dien. Die lede van die Raad is onlangs aan die Minister van Wetenskap en Tegnologie, me Naledi Pandor, bekendgestel.

ASSAf is Suid-Afrika se amptelike nasionale akademie vir wetenskap en ver-teenwoordig die land in die internasionale gemeenskap van wetenskapakade-mies. Die Akademie word deur ʼn raad van dertien lede beheer, waarvan twaalf deur lede verkies en een deur die minister aangewys word.

ASSAf is die voorste organisasie vir wetenskap en vakkundigheid in die land en is dus goed geplaas om bewysgebaseerde navorsing van gehalte te bevorder om die lewensgehalte van almal in Suid-Afrika te verhoog, asook in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap en op die vasteland.

Vorster is al die afgelope veertien jaar by die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) op voedingsgebied betrokke. Sy dien tans op die WGO se voedings-adviesgroep wat riglyne moet saamstel vir die voorkoming van voedingsver-wante kroniese siektes. Sy het vir die WGO die handleiding geskryf hoe om dieetriglyne in verskillende lande, wat tans wêreldwyd gebruik word, te ont-wikkel.

Sy is deur die National Planning Commission uit die Staatspresident se kantoor genader om as kenner van voedsel- en voedingsekuriteit in Suid-Afrika advies te gee oor die langtermynbeplanning van voedingbeleid.

EstE VorstEr bEnoEm op AssAF}}

Prof Esté Vorster

Die Noordwes-Universiteit Potchefstroomkampus se Botaniese Tuin is die trotse rentmeesters van ‘n krities bedreigde plantspesie en deur uithouvermoë en harde werk, is dié plant se voortbestaan nou verseker. Die plantspesie, Prototulbaghia siebertii, wat slegs in ‘n paar vierkante meter in

die wêreld te vinde is, is vernoem na sy ontdekker, prof Stefan Siebert, ‘n dosent in Plantkunde aan die Puk.

Dié plante wat aan die knoffelfamilie behoort, is in 2008 op die Leolo-bergreeks in die Limpopo-provinsie versamel en word sedertdien by dié Botaniese Tuin gegroei en versorg.

Volgens Siebert, is dié nie net ‘n nuwe spesie nie, maar ook ‘n splinternuwe genus, wat dit nog veel meer besonders maak. “Ons weet nog nie veel van die plant nie, omdat dit ‘n baie geïsoleerde spesie is. Genetiese navorsing word tans in Europa gedoen om die plant se presiese plek binne die knoffelfamilie te bepaal.”

Erich van Wyk, ‘n oud-Puk wat tans by die Suid-Afrikaanse Nasional Biodiversiteits-instituut (SANBI) werksaam is en ook koördineerder van die Millenium Saadbank in Suid-Afrika, het pas die NWU Botaniese Tuin besoek, om ook dié gesogte spesie se sade vir bewaringsdoeleindes te kry. Volgens Van Wyk, is hulle deur die Royal Botanic Gardens in Kew, Engeland genader om van die sade te oes en dit in Engeland te kom bewaar. Hierdie tuin is bekend vir sy bewaring van wêreldwye bedreigde plant- en fungusspesies.

Martin Smit, kurator van die NWU Botaniese Tuin, sê hulle is verbaas dat die plant so goed in die tuin se kweek- en navorsingsplanthuis aard. “Hulle floreer letterlik en maak sommer aanhoudend nuwe blomme en sade, wat ons kan oes en bewaar om die voortbestaan van die plant te verseker. Ons het intussen van dié plante en sade na verskeie Botaniese Tuine wêreldwyd gestuur en ook ons kennis oor tegnieke vir suksesvolle kweking gedeel, sodat hulle ook dié spesie kan help bewaar.”

Puk BEDREIGDE verseker krities

se voortbestaan PLANT

*

Die krities bedreigde plantspesie, Prototulbaghia siebertii, word tans by die NWU-Puk se Botaniese Tuin gegroei en versorg.

Page 6: e-PUKaner Alumni nuus - NWU...Ons was in elke posisie die beste op die veld en, as hull ons hard geduik het, het ons seker gemaak ons duik hulle drie keer harder terug. Die ouens op

Innovasie deur diversiteit ™

NORTH-WEST UNIVERSITYYUNIBESITI YA BOKONE-BOPHIRIMANOORDWES-UNIVERSITEITPOTCHEFSTROOMKAMPUS

OPEDAG 30 April 2011

Uitnodiging

11266BKA-OPENDAY INVITE_A4.indd 1 2011/03/16 4:53 PM