e-pukaner alumni nuus - nwu · toe johan stemmet noem dat mense moet inbel vir oudisies, het ek die...

6
e-PUKaner Alumni nuus Uitgawe 3|11 Februarie 2010 NWU-Puk alumni Raak deel van diegRoep op facebook : Prof voltooi ysige Antarktika as 100ste marathon Balfour is nuwe dekaan By opvoedingswetenskappe *

Upload: others

Post on 03-Jul-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: e-PUKaner Alumni nuus - NWU · Toe Johan Stemmet noem dat mense moet inbel vir oudisies, het ek die nommer neergeskryf, maar nie dadelik ... Van Vuuren is ‘n oud-Puk en het ‘n

e-PUKanerAlumni nuusUitgawe 3|11 Februarie 2010

NWU-Puk alumniRaak deel van “die” gRoep op facebook :

Prof voltooi ysige Antarktika as 100ste marathon

Balfour is nuwe dekaan By opvoedingswetenskappe

*

Page 2: e-PUKaner Alumni nuus - NWU · Toe Johan Stemmet noem dat mense moet inbel vir oudisies, het ek die nommer neergeskryf, maar nie dadelik ... Van Vuuren is ‘n oud-Puk en het ‘n

e-PUKanerAlumni nuus

’n Nuwe dekaan vir die Fakulteit Opvoedingswetenskappe is pas aangestel. Prof Robert Balfour (39) het diens vanaf 1 Januarie 2011 aanvaar.

Balfour was die registrateur van St Augustine College van Suid-Afrika en is ʼn buitengewone professor van taalopvoeding by die Fakulteit Opvoedingswetenskappe van die Universiteit van KwaZulu-Natal. Hy spog met ʼn C2 NRF-gradering as navorser.

Hy het sy BA honneurs in Engels en geskiedenis in 1993 aan Rhodes Universiteit behaal, gevolg deur sy meestersgraad (cum laude) aan die Universiteit van Natal in 1995. Twee jaar later het hy sy doktorsgraad aan die Universiteit van Cambridge behaal.

Balfour het ʼn stewige navorsingsrekord waar hy ondermeer navorsing gedoen het oor landelike onderwys, ontwikkeling van veeltaligheid in hoëronderwys, Engelse taalkursus-ontwikkeling en diplomering en die geïntegreerde onderrig van letterkunde in Engels.

Hy het ook vier studente se meerstergraadstudies gelei (een is nog besig) en is tans ook die promotor van ʼn doktorale student.

Die viserektor: onderrig-leer, prof. Mariëtte Lowes, het gesê bestuur vertrou dat die fakulteit onder leiding van prof Balfour verdere hoogtes sal bereik.

Prof Barry Richter het die afgelope paar maande as dekaan waargeneem ná prof Petra Engelbrecht bedank het.

FOTO: Prof Robert Balfour.

balfouR is nuwe dekaan by opvoedingswetenskappe

Corneels Schabbort, ‘n dosent aan dieNoordwes-Universiteit Potchefstroomkampus se Skool vir Chemiese en Mineraalingenieurswese, sal binnekort op die kassie te sien

wees waar hy onder andere sake sal uitspook teen ’n oud-Puk, Mareli Immelman.

Immelman, wat vroeër vir haar BA Regte-graad studeer het, sal saam met Schabbort deel uitmaak van die uiters gewilde televisieprogram, Noot vir Noot in sy 35ste reeks.

Schabbort sê hy het een Vrydagaand in 2009 ‘n Noot vir Noot episode op TV gekyk en gedink dit sal werklik baie lekker wees om deel te neem aan hierdie kompetisie. �Toe Johan Stemmet noem dat mense moet inbel vir oudisies, het ek die nommer neergeskryf, maar nie dadelik geskakel nie. So bel ek toe Noot vir Noot en hulle noem dat ek 24 Augustus 2009 by die SAUK kantore moet wees in Johannesburg. Ek is toe deur vir my 15 minute oudisie saam met vyf of ses ander mense.”

Corneels meen hy het aanvanklik nie baie goed gevaar in die oudisie nie en het nie veel hoop gehad om gekies te word nie. “Ek is egter tot my verbasing in Maart 2010 gekontak en verwittig dat ek deurgedring het om deel te neem aan reeks 35 wat tans uitgesaai word. Ek was baie verheug.”

Hy sê hy is baie opgewonde en probeer nou om meer gereeld Noot vir Noot te kyk om gewoond te raak aan al die speletjies. “Daar is eenvoudig te veel liedjies in hierdie wêreld om almal te ken vir Noot vir Noot. So, ek gaan dinge maar net vat soos dit kom en om dit te geniet!”

Foto: Corneels Schabbort, ’n dosent aan die Noordwes-Universiteit Potchefstroomkampus se Skool vir Chemiese en Mineraalingenieurswese, neem eersdaags deel aan die 35ste reeks van Noot vir Noot.

Dosentvs. oud-student op

Noot vir Noot

*

Page 3: e-PUKaner Alumni nuus - NWU · Toe Johan Stemmet noem dat mense moet inbel vir oudisies, het ek die nommer neergeskryf, maar nie dadelik ... Van Vuuren is ‘n oud-Puk en het ‘n

2Alumni nuus

PUK-Alumni

9 Mrt Lord’s Winery13 Apr Avondale11 Mei Saronsberg8 Jun Durbanville Hills10 Aug Graham Beck14 Sep Stellenbosch Hills12 Okt De Wetshof9 Nov Blinde Proe

-wyngilde 2011

*

Die jaar het reeds afgeskop met die eerste wynproe wat op 9 Februarie plaasgevind het. Sowat 76 oud-Pukke en vriende van oud-Pukke het die geleentheid bygewoon waar Meerkatwyne van Schalk Burger & Seuns aangebied is vir die proegeleentheid.

Vir diegene wat die eerste proe misgeloop het is daar nog agt geleenthede oor. Vir meer inligting om aan te sluit by die wyngilde of om ‘n proegeleentheid by te woon, kontak Yolandi Yssel by 018 299 2768 of stuur ‘n e-pos aan [email protected]

Datums van volgende wynproeë:

bespreek

nou!

NB!!

Page 4: e-PUKaner Alumni nuus - NWU · Toe Johan Stemmet noem dat mense moet inbel vir oudisies, het ek die nommer neergeskryf, maar nie dadelik ... Van Vuuren is ‘n oud-Puk en het ‘n

e-PUKaner

Hy het die byna onmoontlike aangepak, uiteindelik genoeg moed bymekaar geskraap en sy 100ste en laaste marathon in Antarktika suksesvol voltooi.

Prof Gary van Vuuren, ‘n buitengewone professor aan die Skool vir Ekonomie, weet wat deursettingsvermoë behels. Sy grootste uitdaging tot dusver was om ‘n marathon op die koudste, hoogste, winderigste en droogste kontinent in die wêreld te voltooi.

Hy het op 15 Desember 2010 saam met 34 ander atlete die bibberende -34 grade Celsius aangevat en die 42.2 kilometer in sowat sewe ure voltooi. �Dié afstand sou my onder normale toestande ongeveer vier ure geneem het om te voltooi, maar weens die uiterse koue en dodelike winde, het dit my natuurlik veel langer geneem.” Hy vertel dat die hele afstand in enkeldiepte sneeu gehardloop word, wat tipies voel asof jy op seesand hardloop. “Die son skyn ook 24 uur per dag en dit is eintlik ironies dat ’n mens baie maklik erge sonbrand kan opdoen.”

Sy daaglikse kleredrag het bestaan uit vyf lae kledingstukke oor sy bene en bolyf, twee pare handskoene, drie pare kouse, twee klapmussies, twee mussies oor die kop en ore en 5 cm dik stewels. Dit alles word aangetrek om onder andere 100 m ver te loop, van sy tent af tot by die ontbyttafel. �Dit was �n onvergeetlike ervaring, maar dit was ook my laaste marathon. Ek word nou te oud vir hierdie goed,� sê hy.

Antarktika, die koudste kontinent (tot ’n bibberende -89 grade

“Die son skyn ook 24 uur per Dag en Dit is eintlik ironies Dat ’n mens baie maklik erge sonbranD kan opDoen.”

Celsius), was die tuiste van die 6de Antarctic Ice Marathon. Dis hier waar ysstorms en winde van meer as 100 km per uur, net nog ’n dag in Antarktika is. Van Vuuren het seker gemaak hy wapper die NWU-vlag in dié ysige koue en sê hy was trots om die universiteit daar te verteenwoordig.

Gary het op al sewe kontinente en in verskeie stede deelgeneem wat hoogtepunte soos Las Vegas, die Londen Marathon, tien Comrades Marathons, Rio de Janeiro en selfs ‘n marathon op Berg Everest insluit!

Van Vuuren is ‘n oud-Puk en het ‘n indrukwekkende CV, waaronder twee PhD-grade. “Ek beskou alles in die lewe as ‘n uitdaging en sal nie ophou voordat ek dit wat ek aanpak, nie suksesvol afgehandel is nie. Ek hardloop nie so goed nie, maar ek hou net aan en aan. Uiteindelik kom ek darem by die wenstreep aan.”

Foto: Prof Gary van Vuuren het pas aan ‘n buitengewone marathon op Antarktika deelgeneem. Hier wapper hy die NWU-vlag by die kampterrein.

Prof voltooi ysige Antarktika as 100ste marathon

Page 5: e-PUKaner Alumni nuus - NWU · Toe Johan Stemmet noem dat mense moet inbel vir oudisies, het ek die nommer neergeskryf, maar nie dadelik ... Van Vuuren is ‘n oud-Puk en het ‘n

Alumni

4Alumni nuus

NETBALPUK

The South African Netball Team may probably have a new coaching team in Elize Kotzé (head coach), Burtha de Kock, Prof Chipeya and Reg Sharp, but its backbone remains unchanged. And, this is a Puk backbone. The Proteas are currently meeting in Pretoria for their first training camp of the year with four current students and two Puk alumni in their ranks. Amanda Mynhardt and Chrisna Bootha both made name at the Puk, whilst Elsje du Plessis, Marlé Geel, Nadia Uys and Success Lekabe currently are the flag bearers. Yet another Puk, Mariete Godsil, was initially in the larger training group, but could not dodge the guillotine. With the Netball World Cup that commences within less than six months in Singapore, expectations are high, but if there is one player licking her lips for this challenge, it is Mynhardt. “I am very excited and I know we will fare better than some people think,” the longshanks, who completed her Honours in Journalism in 2008, said.

This year Mynhardt will fight matters out for the Proteas’ captainship with Liezel Wium. “A captain has not yet been nominated and we will probably only hear the result this weekend.” Last year she took over as captain from the injured Wium and the role fitted her like a glove. The fact that she already knew so many faces naturally eased matters. “It is unbelievable that there are so many Pukke in the group. In Potch I played with them all at some stage or another and to be able to do so in the national team once more simply is amazing,” were Mynhardt’s words. She has only praise for her new coach. “She is very cool and we are excited to work with her. She creates an expectation amongst us regarding our abilities. She gives us new hope and then she has abundant experience. “It might be my first opportunity to play in a world cup, so I cannot wait for this year.”

“It might be my first opportunity to play in a world cup, so I cannot wait for this year.”

Chrisna Bootha and Success Lekabe.

Maré Geel and Marita Godsil.

-gholfklubbied kampioenskappe

FOTO: Die nuwe bestuur van die NWU-Puk Alumni-gholfklub is Frik Prinsloo, Hannes Botha

en Hennie Kruger.

FOTO: Van links is Rina van Zijl, Leon Bevan (vorige klubkaptein), Neville Windell, Kobus Pienaar en Theuns de Klerk.

Die Puk-Alumni Gholfklub het op Saterdag 5 Februarie 2011 hul jaarlikse klubkampioenskappe by die Potchefstroom Buiteklub gespeel.

Die wenners was Rina van Zijl (afdeling D vir vroue), Neville Windell ( afdeling A), Kobus Pienaar (afdeling B) en Theuns de Klerk (afdeling C).

Tydens dieselfde geleentheid is die jaarvergadering gehou en die nuwe bestuur wat verkies is, is Frik Prinsloo (sekretaris), Hennie Kruger (klubkaptein en voorsitter) en Hannes Botha (onderkaptein).

Page 6: e-PUKaner Alumni nuus - NWU · Toe Johan Stemmet noem dat mense moet inbel vir oudisies, het ek die nommer neergeskryf, maar nie dadelik ... Van Vuuren is ‘n oud-Puk en het ‘n

Innovasie deur diversiteit ™

Woon die Noordwes-Universiteit se Loopbaanskoue by en benut die geleentheid om u maatskappy te bemark en graduandi te lok van ‘n universiteit wat bekend is vir sy lewenskragtigheid, hoëgehalte-

onderrig en -navorsing en sy entrepreneuriese en innoverende gees.

Die datums vir die 2011-Loopbaanskoue is:Loopbaanskoue Kampus Datums Besprekings

sluit

Algemeen (verskeie studievelde) Vaaldriehoek 17 & 18 Mei 31 Maart

Algemeen (verskeie studievelde) Potchefstroom 24 Mei 31 Maart

Natuurwetenskap,Ingenieurswese, Tegnologie & Gesondheidwetenskappe

Potchefstroom 25 Mei 31 Maart

Rekeningkunde Potchefstroom 26 Mei 31 Maart

Algemeen (verskeie studievelde) Mafikeng 20 & 21 Julie 31 Mei

Besoek asseblief ons webwerf vir meer inligting sowel as vir besprekingsvorms: http://www.nwu.ac.za/i-career/fairs_a.html

of skakel ons Loopbaansentrum by 018 299 2058

NWU-loopbaanskoue 2011