e-pukaner alumni nuus - nwu...universiteit wat die enigste universiteit in suid-afrika is wat ’n...

16
Nuwe graad in beroepshigiëne ‘n eerste in SA Versnelde diagnose en behandeling vir kanker gou moontlik Potchefstroomkampus neem eienaarskap van “Pukke” in woordeboek e-PUKaner Alumni Nuus JUNIE/JUNE 2015

Upload: others

Post on 03-Jan-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: e-PUKaner Alumni Nuus - NWU...Universiteit wat die enigste universiteit in Suid-Afrika is wat ’n BSc-graad aanbied met vakke wat met Toerisme, Plantkunde en Dierkunde verband hou

Nuwe graad in beroepshigiëne ‘n eerste in SA

Versnelde diagnose en behandeling vir kanker gou moontlik

Potchefstroomkampus neem eienaarskap van “Pukke” in woordeboek

e-PUKanerAlumni NuusJUNIE/JUNE 2015

Page 2: e-PUKaner Alumni Nuus - NWU...Universiteit wat die enigste universiteit in Suid-Afrika is wat ’n BSc-graad aanbied met vakke wat met Toerisme, Plantkunde en Dierkunde verband hou

Inhoudsopgawe

Versnelde diagnose en behandeling vir kanker gou moontlik

SA is wêreldbewaringsleiers

Pretoria Saamtrek

Uit die nes van die oud-president van Tarentaal aan die Alumni

Potchefstroomkampus neem eienaarskap van “Pukke” in woordeboek

Kernreus Rosatom besoek NWU

NWU veg teen hongersnood in Afrika

Rustenburg Alumni saamtrek

Nuwe graad in beroepshigiëne ‘n eerste in SA

Loopbaansentrum bring weer studente en werkgewers bymekaar

Alumni beplanning

Kry nou jou NWU-Pukke kredietkaart!

NWU Loopbaansentrum se LinkedIn Groep

Kontak ons

e-PUKaner Alumni Nuus

Page 3: e-PUKaner Alumni Nuus - NWU...Universiteit wat die enigste universiteit in Suid-Afrika is wat ’n BSc-graad aanbied met vakke wat met Toerisme, Plantkunde en Dierkunde verband hou

Versnelde DIAGNOSE en BEHANDELING vir KANKER gou moontlik

’n Inisiatief vir die versnelling van geneeskunde-ontwikkeling is besig om hom as deel van ’n samewerkingsooreenkoms tussen die Noordwes-Universiteit,

die Universiteit van Pretoria en die Suid-Afrikaanse Kernenergiekorporasie (Neksa) af te speel. Dít nadat ’n skandeerder pas bekendgestel is wat die diagnoseproses vir kankerverspreiding en tuberkulose aansienlik versnel.

Volgens prof Anne Grobler, direkteur van die Prekliniese Geneesmiddel ontwik-kelings platform aan die NWU, fokus hulle navorsing ’n geruime tyd al op die ontwikkeling van radiogeneesmiddels en diagnostiese middels wat vir die behandeling, opsporing en identifikasie van kanker in die menslike liggaam gebruik word. “Die gebruik van die Micro PET/CT-skandeerder stel ons nou in staat om baie vinniger en beter te bepaal hoe die betrokke medikasie in die liggaam werk. Die skandeerder is ’n eerste op die Afrika-kontinent en sal gebruik word om ons medikasie se werking eers in diere te toets. Ons sal vinniger kan vasstel watter kanker om te diagnoseer, waar presies dit voorkom, hoe ver gevorder dit is, hoe die medikasie opgeneem word en hoe dit in die liggaam versprei. Dit hou verskeie voordele in soos om ’n baie akkurater toediening ten opsigte van die spesifieke kanker te doen, wat op sy beurt weer baie newe-effekte van kliniese proewe en breëspektrum-behandelings sal uitskakel.

“Dit het die drie rolspelers sowat R6 miljoen uit die sak gejaag en kan eintlik as ’n moderne PET/CT-skandeerder beskryf word, behalwe dat dit vir die

toepassing op diere gebruik sal word.” ’n PET/CT-skandeerder is ’n toestel wat ’n 3-dimensionele beeld vorm deur middel van straling van ’n klein hoeveelheid radiofarmaseutiese middel wat ingespuit is en wat buite die liggaam in ’n ring detektore gemeet word. Die tegniek kombineer die anatomie en fisiologie van die liggaam in een beeld, veral tydens siektetoestande en is ’n baie kragtige diagnostiese tegniek.

Grobler sê behalwe vir die R2 miljoen wat elke rolspeler tot die ontwikkeling van die skandeerder bygedra het, het elkeen ook ’n reuse taak ten opsigte van kundigheid en navorsing. Die NWU is verantwoordelik vir die verdere ontwikkeling en evaluering van geneesmiddels. Die UP is op hulle beurt verantwoordelik vir die navorsing wat bepaal wanneer die geneesmiddels aan mense toegedien kan word asook die interpretasie van die beelde. Neksa verskaf die radioaktiewe molekule wat die basis van die toekomstige diagnose en/of behandeling vorm. “Hierdie skandeerder maak dit moontlik om navorsing en toepassings te doen wat tot gevolg sal hê dat kanker in die toekoms effektiewer en met groter veiligheid behandel sal kan word. Dit maak ondersoeke en studies in die mediese wêreld van Suid-Afrika oop wat tot dusver nog nie moontlik was nie,” sê Grobler.

Die Micro PET/CT-skandeerder sal by Neksa se fasiliteite in Pelindaba, 30 km wes van Pretoria gehuisves word.

e-PUKaner

Page 4: e-PUKaner Alumni Nuus - NWU...Universiteit wat die enigste universiteit in Suid-Afrika is wat ’n BSc-graad aanbied met vakke wat met Toerisme, Plantkunde en Dierkunde verband hou

SA is wêreldbewaringsleiersDie wêreld verloor sy biodiversiteit teen ’n onrusbarende tempo, maar Suid-Afrika

neem die leiding om teen die verwoestende gety wal te gooi.

Volgens die Wêreldnatuurfonds is die huidige spesie-uitwissingkoers tussen 1 000 en 10 000 hoër as die natuurlike uitwissingskoers en dit is gelykstaande aan tussen 200 en 2 000 uitwissings elke jaar. Dit is die konserwatiewe raming. Die jaarlikse uitwissingskoers kan so hoog as tussen 10 000 en 100 000 spesies wees.

“Die getalle is nie net skokkend nie, hulle is onaanvaarbaar. ’n Wêreld ontneem van natuurlike diversiteit, is ’n wêreld beroof van sy grootsheid. Dit is ’n steriele wêreld waar daar eens skoonheid was. Ons beskik oor die kennis om hierdie bedroewende tendens te beveg en ons het ’n verantwoordelikheid om hierdie kennis te deel,” verduidelik professor Peet van der Merwe van die Toerismeprogram by die Skool vir Ondernemingsbestuur aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus.

Van der Merwe verduidelik dat die wêreld jaloers is op die manier waarop die Suid-Afrikaanse privaat sektor en die regering ten opsigte van natuurlewebewaring saam werk.

“Wanneer dit by bewaring, ekotoerisme of selfs teenstropingstegnieke kom, is ons wêreldleiers. Dit kan hoofsaaklik toegeskryf word aan die voortreflike samewerkingspogings tussen die privaat sektor en die regering om te verseker dat natuurlewe ongeskend bly. ’n Voorbeeld hiervan is die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke se model wat, vergeleke met die res van Afrika, feitlik sonder gelyke is. Lande soos die Verenigde State van Amerika het nie so baie praktiese velde rakende die natuurlewe en die diversiteit van diere en plantspesies soos ons nie. Hulle is nie aan bestuursmodelle soos ons s’n blootgestel nie, en dus kom hulle hierheen om te leer.”

In Mei het TREES (Toerismenavorsing in Ekonomiese Omgewings en die Same-lewing) by die NWU met Ecolife saamgewerk om sy eerste kortkursus oor Natuur-lewetoerisme en bewaring aan te bied.

“Dit is unieke samewerking tussen die akademie en die bedryf wat tot die ont-wikkeling van die natuurlewebedryf sal bydra. Die fokus van die kursus is om

internasionale en plaaslike studente in natuurlewebewaring, natuurlewetoerisme, bewaringsekonomie, dierewetenskap, asook pre-veeartsenykunde en veeartseny-kunde op te lei,” sê Van der Merwe.

Die eerste groep studente, hoofsaaklik van Amerika, saam met die toerisme-honneursgroep van die NWU, het hierdie kursus op die Potchefstroomkampus bygewoon. Die kursus is deur leiers op die gebied van natuurlewetoerisme en –bewaring aangebied, onder andere prof Wouter van Hoven (Ecolife), prof Melville Saayman (NWU), dr Flippie Cloete (NWU), dr Gert Dry (WRSA) en Van der Merwe, om maar ’n paar te noem. Nog tien kursusse is vir vanjaar geskeduleer.

Hierdie kortkursus sluit aan by die huidige Toerismeprogram by die Noordwes-Universiteit wat die enigste universiteit in Suid-Afrika is wat ’n BSc-graad aanbied met vakke wat met Toerisme, Plantkunde en Dierkunde verband hou.

“Dit dra alles by tot die ontwikkeling van Suid-Afrika se beeld as ’n bestemming vir natuurlewetoerisme en verhoog die vlak van professionalisme in die bedryf,” sê Van der Merwe.

Hierop, en meer.

e-PUKaner

Page 5: e-PUKaner Alumni Nuus - NWU...Universiteit wat die enigste universiteit in Suid-Afrika is wat ’n BSc-graad aanbied met vakke wat met Toerisme, Plantkunde en Dierkunde verband hou

Was dit nou ‘n jolige affêre! Een van die grootste oud-NWU-Puk saamtrekke tot op hede. Op

12 Mei het meer as eenhonderd oudstudente van die Pretoria omgewing by Olympus Function venue bymekaargekom om behoorlik partytjie te hou.

Dr Theuns Eloff, voormalige visekanselier van die NWU was ook teenwoordig en het die geleentheid in sy hoedanigheid as alumnus bygewoon.

Die Rektor van die Potchefstroomkampus, prof Herman van Schalkwyk, het die gehoor toegespreek en daar was ook geleentheid vir vrae. Hierdie interaktiewe sessie het bewys dat kampus - en universiteitssake steeds ‘n belang dra op alumni se harte. Inderdaad kan mens sê, eenmaal ‘n NWU-Puk, altyd ‘n NWU-Puk!

PRETORIA Saamtrek

Voor: Abigal Leshope, Chrisna Kraaij, Icel Burger, Sinki Mlambo. Agter: Dr Theuns Ellof, Danie Ellof, Amie van Wyk, Henk Schalenkamp, Prof Herman van Schalkwyk, Juaan Taute, Sansha van der Merwe, Theo Cloete.

e-PUKaner

Page 6: e-PUKaner Alumni Nuus - NWU...Universiteit wat die enigste universiteit in Suid-Afrika is wat ’n BSc-graad aanbied met vakke wat met Toerisme, Plantkunde en Dierkunde verband hou

Aflewering # 1 van 3/2015

My Edeldierbaarste Kabinet, waar hulle ook al slaap in die rus van die eeue gesus, seer geëerde en hooggeleerde lede van die orde van Alumnus van ons geliefde inrigting, wat ’n nobele eer en sobere voorreg om u na ’n tydperk van self opgelegde hibernasie dog nimmereindige inkubasie weer ’n paar geveerde woorde van ongekende nostalgie toe te snou.

Hierdie is die eerste van drie aflewerings waarvan die doel aard en synswese is om u in ’n neutedop op ’n uitgebreide dog bondige nostalgiese reis te neem om die tyd wat u aan die NWU-PUK spandeer het uit die vergete laaie van u stowwerige geheue op te roep.

Ons dink met heimwee terug aan die dae toe Pro-Rege en Wesvalia nog die hoof aantrekkingskrag op Die Bult was waar studente telkens verdwaal het tussen die rakke wat besaai was met akademiese geskrifte te kus en te keur.

Die twee winkels is vandag egter bakens van Bacchus waar studente steeds verdwaal na uitgerekte besoeke in hul soeke na akademiese uitnemendheid.

Waar is die dae toe Insleep en Uitsleep nog kafees was – vandag is dit egter terme wat gereeld in dieselfde asem as die bekende 4x4 voertuig, Land Rover, genoem word.

Laat dit ver van my wees om nie ook die Kabinet van Tarentaal se ingetoë dog immer oorwoë mening oor enkele sake van die dag met u te deel nie.

A.1 Die skandaal rondom die Sokker Wêreldbeker het die Kabinet van Tarentaal onkant gevang. In ’n ongekende stap het dit nou duidelik geword dat die destydse Kabinet van ons buurstaat, die RS van A, nie die Kabinet van Tarentaal se wyse en diep-deurdinkte advies gevolg nie - ons advies was dat $10 miljoen aan FIFA betaal word om NIE die Sokker Wêreldbeker aan die RS van A toe te ken nie.

Die Kabinet van Tarentaal het destyds, na uitgerekte samesprekings met sy sportliggaam, die Organisasie van Bal Sport, kortweg OBS, aanbeveel dat

die Kabinet van die RS van A alles in sy vermoë moet doen om die Toutrek Wêreldbeker aan te bied – toutrek is immers die enigste sport waar jy wen as jy agteruit gaan.

B.2 Ter afsluiting, gesien in die dowwe lig van die feit dat kollega JZ homself na bewering in diep groentesop bevind rondom die verbeterings al dan nie van sy private woning, het die Kabinet van Tarentaal besluit om alle inligting rakende die verbeterings aan die amptelike en nie-amptelike wonings van die oud-President bekend te maak:

• Elke broeikas word toegerus met sonpanele en die spyskaart is ingeperk tot slegs Popcorn en gegeurde beenmeel.

• Die brandpoel en hoenderhokke word vervang deur ’n jacuzzi met ingeboude kaste.

• Geen fossiel brandstof sal meer gebruik word om krag op te wek nie – gevolglik is al die NWU-Pukkampus se afgetrede adminpersoneel teruggestuur.

• Die kroeg in die ontspanningsvertrek is ter wille van hernieubare energie toegerus met ’n 25 liter tenk vol Berocca Calcium.

Hierdie besnoeiings is gedoen op aanbeveling van ons eie Openbare Beskermer nl. die Tarentaalse Ondersoek na Legitieme Inkomste, oftewel TOLI.

In skerpe teenstelling hiermee het ons eweknie in die RS van A, nl. die Bedenklike Ondersoek na Legitieme Inkomste, oftewel BOLI, pas sy bevindings as ’n strokiesprent vir kleuters in ’n bekende gesinstydskrif bekendgemaak sodat daar darem iemand is wat dit glo.

Ter werklike afsluiting wil ek dit as Oud-President namens my Oud-Kabinet duidelik maak dat ons geen tone of vlerke wil wys in hierdie geval nie – soos die gesegde in die ou Grieks lui – hulle wat in glashuise woon, kry lekker winterson.

Lank lewe Tarentaal

UIT DIE NES VAN DIE OUD-PRESIDENT VAN TARENTAAL AAN DIE ALUMNI

e-PUKaner

Page 7: e-PUKaner Alumni Nuus - NWU...Universiteit wat die enigste universiteit in Suid-Afrika is wat ’n BSc-graad aanbied met vakke wat met Toerisme, Plantkunde en Dierkunde verband hou

Die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit het opnuut sy steun aan die Afrikaanse taal beklemtoon, deur as deel van die 90ste bestaansjaar

van Afrikaans, die Borg ’n Woord-projek te ondersteun. Dit is ’n projek wat die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) in 2011 van stapel gestuur het.

Volgens prof Herman van Schalkwyk, rektor van die Potchefstroomkampus, sal hy aanhou om Afrikaans te bevorder en te beskerm. “Ter viering van die 90ste bestaansjaar van Afrikaans as amptelike taal in die Afrikaans 90-veldtog, moedig ek belangstellendes aan om die ‘Borg ’n Woord-’projek te ondersteun.”

Deelnemers kan enige Afrikaanse woord teen R100 per woord borg om die voortbestaan en uitbouing van Afrikaans te verseker. Die Potchefstroomkampus borg die woord “Pukke” eksklusief, asook 10 ander Afrikaanse woorde wat insluit: kampus, kwaliteit, kwaliteitopleiding, navorsing, NWU (Noordwes-Universiteit), Potchefstroom, student, studentelewe, uitnemendheid en universiteit.

Die NWU is ook ’n ankerdonateur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal wat hom beywer om die woordeskat van Afrikaans op te teken. Die werk aan die WAT is ’n wetenskaplike praktyk wat tot die publikasie van ’n woordeboek lei wat as ’n belangwekkende opleidings-, navorsings- en onderriginstrument gebruik kan word.

Prof Van Schalkwyk daag individue en instansies in Potchefstroom uit om ook deel van die projek te word.

Potchefstroomkampus neem EIENAARSKAP van “Pukke” in woordeboek

Prof Herman van Schalkwyk het onlangs die borgskapsertifikate van die WAT aan prof Wannie Carstens, Direkteur van die Skool vir Tale op die Potchefstroom­kampus, oorhandig. Prof Carstens is ook ’n direksielid van die Buro van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

e-PUKaner

Page 8: e-PUKaner Alumni Nuus - NWU...Universiteit wat die enigste universiteit in Suid-Afrika is wat ’n BSc-graad aanbied met vakke wat met Toerisme, Plantkunde en Dierkunde verband hou

Die wêreldbekende kernfisikus, professor Vladimir Artisyuk, het op Donderdag 21 Mei ’n gaslesing getiteld ‘Kernkrag en Veiligheid:

Die Russiese Manier’ by die Noordwes-Universiteit se Fakulteit Ingenieurswese op die Potchefstroomkampus gelewer.

Professor Artisyuk, Rosatom se vise-rektor van die Sentrale Instituut vir Volgehoue Onderrig en Opleiding, het Rusland se antwoorde op die wêreld se energie-uitdagings bespreek deur Rosatom se baanbreker tegnologie wat hulle in hul kragstasies gebruik onder die lope te plaas. Dit is dieselfde tegnologie wat Rosatom hoop om aan Suid-Afrika en die res van die kontinent te verskaf.

Die gaslesing was opgevolg deur ’n toekenningseremonie waar die wenners van Rosatom se streekskompetisie aangekondig was. Dié kompetisie het die skryf van ’n opstel met die fokus op ‘Die bevredigend van energiebehoefte en die ontwikkeling van ’n kernbedryf in Suid-Afrika’.

Die algehele wenner was Ebhard Nilsen van die NWU se Fakulteit Ingenieurswese, met Sandile Kumalo en Mapheto Masibane (albei van Wits) in die tweede en derde plek. Rosatom borg vir die drie wenners asook hul promotors ’n reis Rusland toe waar hulle ’n aantal Russiese kernkragkomplekse, insluitend ’n kernkragstasie, ’n reaktormodel en ’n kernbrandstofstasie, gaan besoek.

Kernreus Rosatom besoek NWU

Professor Vladimir Artisyuk saam met Pukki.

e-PUKaner

Page 9: e-PUKaner Alumni Nuus - NWU...Universiteit wat die enigste universiteit in Suid-Afrika is wat ’n BSc-graad aanbied met vakke wat met Toerisme, Plantkunde en Dierkunde verband hou

Die wêreld beskik oor genoeg kundigheid om ondervoeding te kan bekamp, maar steeds sterf jaarliks sowat 3,1 miljoen kinders onder die ouderdom van

5 jaar daaraan. Dit is soortgelyk aan ’n Airbus A380 vol passasiers wat elke uur noodlottig neerstort. Een van die redes hiervoor is ’n gebrekkige implementering van voedingsverwante aksieplanne op verskeie vlakke wat tot gevolg het dat ’n kind vanaand honger gaan slaap.

Die Sentrum van Uitnemendheid in Voeding aan die Noordwes-Universiteit is besig om deur hulle kundigheid internasionaal die leiding te neem om ’n positiewe uitwerking op hierdie skokkende statistiek uit te oefen. Prof Johann Jerling, direkteur van dié sentrum, het reeds in 2002 ’n inisiatief van stapel gestuur wat voedingkundiges uit Afrika verder bemagtig met leierskapsvaardighede om ’n groter impak in hulle lande en gemeenskappe te kan maak. Dié inisiatief het pas tot ’n hoër rat oorgegaan en na jare se harde werk, blyk dit nou ‘n beduidende verskil te maak.

Die “African Nutrition Leadership Programme” ontwikkel jaarliks gespesialiseerde leierskapsvaardighede in 30 gekeurde individue van verskeie Afrikalande met die doel om met dié nuwe vaardighede onder andere regerings en niewinsgewende

organisasies positief te beïnvloed, sodat die erns van ondervoeding beter verstaan en oplossings vinniger geïmplementeer kan word. Tot op hede is 325 individue van 34 Afrikalande – wat reeds oor gevorderde kwalifikasies in voeding beskik – verder ontwikkel. “Neem Zambië as ’n voorbeeld. Sowat 43% van alle kinders onder 5 jaar is kronies ondervoed. Dit help nie ’n land beskik oor die nodige landboupotensiaal, voedsel, tegnologie en kundigheid, maar steeds sterf daar daagliks honderde honger kinders nie. Leierskap speel ’n kritiese rol in die vermoë om goeie planne te implementeer en die regte hulpbronne op die regte plekke en teen die regte tyd aan te wend. Hierdie is lewe-of-dood-besluite,” sê Jerling.

Die Verenigde Nasies se Kinderfonds (UNICEF), wat langtermyn humanitêre en ontwikkelingshulp aan kinders en moeders in ontwikkelende lande bied, het ’n vennootskap met die NWU gesluit. “Ons is verheug om as deel van hierdie vennootskap tussen UNICEF en die Sentrum van Uitnemendheid in Voeding aan die NWU ’n skenking van R7,2 miljoen van UNICEF te ontvang om dringende leierskapontwikkeling oor die volgende ses maande in Rwanda en Uganda te doen. Dit is verblydend om te sien dat jare se harde werk, navorsing en investering van kundiges by die NWU besig is om op internasionale vlak ’n verskil in mense se lewens te maak.”

NWU veg teen HONGERSNOOD in Afrika

e-PUKaner

Page 10: e-PUKaner Alumni Nuus - NWU...Universiteit wat die enigste universiteit in Suid-Afrika is wat ’n BSc-graad aanbied met vakke wat met Toerisme, Plantkunde en Dierkunde verband hou

Haarfyn beplanning, honderde opgewonde kilometers wat afgelê word en feestelikheid as top prioriteit is altyd aan die orde van die dag wanneer

‘n oud-studente saamtrek deur die NWU-Puk Alumni-kantoor georganiseer word. Dit alles onder die sambreel van die versterking van verhoudings.

Presies dít was weer die geval tydens die saamtrek wat pas in Rustenburg plaasgevind het. Ten spyte van beurtkrag wat sommige alumni se beplanning omver gegooi het, was daar sowat 40 oudstudente wat die geleentheid op 15 April by die Hedgehog’s Nest bygewoon het.

Weereens het trotse alumni hul opnuut kom vereenselwig met die NWU-Pukke handelsmerk en die geleentheid benut om ou vriendskapsbande te verstewig.

Die kampusrektor, prof Herman van Schalkwyk, het die alumni toegespreek oor hoe dit met die NWU in sy geheel en in die besonder met die Potchefstroomkampus gaan. Verskeie kwessies en vrae rondom die kampus is aangespreek. Volgens verskeie alumni is die boodskap goed ontvang en almal het heerlik verder saamgekuier.

Die NWU-Puk Alumni-kantoor reël jaarliks sowat 45 geleenthede waaronder saamtrekke, reünies, gholfdae, vertrekkende studente funksies en wyngilde geleenthede.

RUSTENBURG Alumni saamtrek

Liezl van Zyl; Amelia Schoombee; Lindie Nel; Prof Herman van Schalkwyk; Chantelle Claassen; Elanza Annandale.

Voor: Nelie en Pieter Louw; Nic en Elsa van der Walt.Agter: Jan Pieters; Koos Venter; Prof Herman van Schalkwyk; Abigail Leshope; Theo Cloete; Gerrie van Wyk; Venita en Danie de Kock.

e-PUKaner

Page 11: e-PUKaner Alumni Nuus - NWU...Universiteit wat die enigste universiteit in Suid-Afrika is wat ’n BSc-graad aanbied met vakke wat met Toerisme, Plantkunde en Dierkunde verband hou

Nuwe graad in BEROEPSHIGIËNE ‘n eerste in SA

Suid-Afrika het ‘n geskatte werksmag van 15.3 miljoen werkers en wetlik moet die gesondheid en veiligheid van elkeen van die werkers by die werksplek

beskerm word. Een van die rolspelers in die gesondheid van werkers in die werksplek, is ‘n beroepshigiënis. Die spesifieke rol en funksies word uitgespel in twee nasionale wette. Ongeag hiervan is daar tans minder as 200 volwaardig geregistreerde beroepshigiëniste werksaam in Suid-Afrika.

‘n Voorgraadse graadkwalifikasie in beroepshigiëne sal voortaan by die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus aangebied sal word - ‘n eerste van sy soort in Suid-Afrika. Dit sal studente doelgerig in die veld van beroepshigiëne oplei en die kurrikulum bestaan uit basiese wetenskapsvakke (o.a. Chemie, Fisika en Fisiologie) wat as onderbou dien tot 16 beroepshigiëne modules.

Wat is Beroepshigiëne? Beroepshigiëne kan gedefinieer word as die multidissiplinêre wetenskap wat gemoeid is met die antisipasie, identifisering, evaluering en beheer van gevare in en om die werksplek wat nadelig vir die gesondheid van die werkers, die gemeenskap en die omgewing is.

Die doel van die vierjarige professionele kwalifikasie is om studente sodanig wetenskaplik op te lei en toe te rus met die nodige kennis, spesifieke vaardighede en gepaste bevoegdhede om Beroepshigiëniste te word en te registreer by die Southern African Institute for Occupational Hygiene.

Toelatingsvereistes• Nasionale Senior Sertifikaat met universiteitstoelating;• Wiskunde en Fisiese Wetenskap op vlak 5 (60-69%); Lewenswetenskappe of

Fisiologie op vlak 4 (50-59%) is ’n aanbeveling;

• ’n Slaagsyfer van 50-59% (vlak 4) in die taal van leer en onderrig op Huistaal- of Eerste Addisionele taalvlak.

• Let daarop dat die taal van onderrig Afrikaans is, maar simultane tolking na Engels is beskikbaar.

• ’n Minimum APS-telling van 27, en keuring is onderhewig aan ’n keuringsproses asook beskikbare kapasiteit.

Beroepsmoontlikhede Wetgewing verplig werkgewers om hetsy beroepshigiëniste in diens te neem, of gebruik te maak van beroepshigiëne konsultante. Die instansies waarby afgestudeerde studente werk kan kry sluit die volgende voorbeelde in:

SASOL, Stadsrade, alle industrieë, Mynbou-industrieë (Anglo American, BHP Billiton, Impala Platinum, ens.), Eskom, National Institute for Occupational Health (NIOH), CSIR (WNNR), Departement van Arbeid (DoL), Beroepshigiëne konsultante en goedgekeurde inspeksie owerhede. Daar is ook groot internasionale aanvraag vir gekwalifiseerde beroepshigiëniste.

Wyse van aanbieding en duur van die program Die program word voltyds aangebied en strek oor vier (4) jaar.

Toelating tot nagraadse studie Na suksesvolle voltooiing van die program kan studente aansoek doen om toelating tot die MGW in Beroepshigiëne, en die daaropvolgende PhD as daar aan die voorvereistes voldoen word.

Navrae: [email protected] of 018 299 2442

e-PUKaner

Page 12: e-PUKaner Alumni Nuus - NWU...Universiteit wat die enigste universiteit in Suid-Afrika is wat ’n BSc-graad aanbied met vakke wat met Toerisme, Plantkunde en Dierkunde verband hou

LOOPBAANSENTRUM bring weer studente en werkgewers bymekaarDie Noordwes-Universiteit se Loopbaansentrum het vanjaar weereens

gewys wat in hul steek deur die grootste loopbaanuitstalling nóg op die Potchefstroomkampus te hou. Oor die vier dae van uitstallings was daar nagenoeg 330 verteenwoordigers van verskeie maatskappye wat studente kom inlig het oor die verskeie velde en geleenthede in die arbeidsmark.

Volgens Anell van Pletzen, skakelbeampte by die Loopbaansentrum, is die doel van die loopbaanuitstallings om ‘n platform te skep vir studente wat hulle in staat stel om direkte kontak met werkgewers te kan maak en sodoende hul werksoekproses te vergemaklik. “Ons berei ons studente voor deur hul te bemagtig met kennis, hoe om die regte vrae te vra en ook om hul professionele CV’s sommer gereed te hê vir hierdie geleenthede.”

Vanjaar se loopbaanuitstalling is oor vier dae gehou. Op 5 Mei het maatskappye wat Rekeningkundige rigtings teiken uitgestal. Heelwat maatskappye vanuit die Wes-Kaap en selfs van Namibië het saam met ‘n klompie plaaslike besighede studente se vrae beantwoord. Volgens Van Pletzen het verskeie maatskappye sommer op

dieselfde dag onderhoude met studente gevoer en aanstellingskontrakte aangebied. “Dit spreek boekdele en is ‘n bewys van ons kwaliteit studente en opleiding,” sê Van Pletzen. Altesaam 42 maatskappye was op hierdie dag teenwoordig.

Op 6 Mei het die Algemene Loopbaandag plaasgevind waar maatskappye van regoor die land teenwoordig was om studente van verskeie studievelde te teiken.

7 Mei was bedoel vir Ingenieurstudente waar verskeie uitstallers hul regte voet voorgesit het by die nuwe Ingenieursgebou. Op 12 Mei het die Regsdag voor die regsgebou plaasgevind. Die Akademiese Studentevereniging van dié fakulteit asook die Black Lawyers Student Association (BLA) was baie betrokke met die suksesvolle uitvoer van die dag. Die BLA het ‘n funksie vir hul lede, alle regstudente, regspersoneel en uitstallers gehou op die vooraand van die Regsdag waar nuwe verwikkelinge in die regsomgewing bespreek is.

Van Pletzen sê hulle het reeds baie positiewe terugvoer vanaf die betrokke werkgewers en studente oor die loopbaanuitstallings ontvang.

e-PUKaner

Page 13: e-PUKaner Alumni Nuus - NWU...Universiteit wat die enigste universiteit in Suid-Afrika is wat ’n BSc-graad aanbied met vakke wat met Toerisme, Plantkunde en Dierkunde verband hou

Maak die NWU deel van jou professionele netwerk! Make the NWU part of your profesional network!

Lys ons as jou Universiteit op LinkedIn.List us as your University on LinkedIn.

Volg die stappe:1 Volg die volgende skakel http://ow.ly/K67sl

2 Soek vir die grys blokkie regs bo wat sê “I’m a student here”

3 Kliek op die pyltjies en selekteer “I’m an alumnus here”

4 Kliek die geel knoppie wat sê “Add to profile”

Add to profile

1 2 3 4

Bly op hoogte van al die nuutste verwikkelinge, saamtrekke en

kuiergeleenthede van jou alma mater deur ons Facebook-blad te

LIKE

e-PUKaner

Page 14: e-PUKaner Alumni Nuus - NWU...Universiteit wat die enigste universiteit in Suid-Afrika is wat ’n BSc-graad aanbied met vakke wat met Toerisme, Plantkunde en Dierkunde verband hou

Alumni beplanningAandag OUD-NWU-PUKKE

Deur jou kontakbesonderhede opgedateer te hou, sal jy meer inligting rakende die betrokke geleenthede ontvang. Skakel vir opdatering: www.nwualumni.mobi

Loer gerus na 2015 se huidige datums op die Alumni kalender en maak seker ons sien jou daar!!

Reünie Datum

Nelspruit 28 Julie

Caput 40jr reünie 31 Jul – 2 Aug

Klawerhof 60 jr reünie 31 Jul – 2 Aug

Heide 45 jr reünie 31 Jul – 2 Aug

Durban Afkampus 15 September

Regte 50 jaar 25/26 September

Nuwe Alumni 22 Oktober

1965 Eerstejaarsreünie 6 November

Alumni Gholf-liefhebbers kan solank die volgende datums oophou.

Navrae Frik Prinsloo by 018 2992770.

Reünie Datum

Gholf – Rhodes 15 Augustus

Gholf – Alumni Dag 19 September

Gholf – Matie/UJ 17 Oktober

Gholf – Davis Cup 1 November

Gholf - Kovsies 5 November

Alumni wyn-liefhebbers kan solank die volgende datums oophou.

Navrae by 018 2992768.

Reünie Datum

Oranjerivierkelder 12 Augustus

Marianne Wyn landgoed 9-September

Gabriëlskloof 14 Oktober

Jakkalsvlei 11-November

e-PUKaner

Page 15: e-PUKaner Alumni Nuus - NWU...Universiteit wat die enigste universiteit in Suid-Afrika is wat ’n BSc-graad aanbied met vakke wat met Toerisme, Plantkunde en Dierkunde verband hou

Geniet die voordeel van ‘n NWU-Pukke Goue of Silwer kredietkaart van Absa. ‘n Persentasie van jou

kaartbesteding sal aan die NWU-Pukke-kaartfonds betaal word met die komplimente van Absa teen geen ekstra koste vir die kaarthouer nie. Dié fondse sal aangewend word vir verskeie kampusprojekte soos die “Ons-gee-om-fonds” en die Meal-a-day-fund”. In 2013 het 1225 studente op die Potchefstroomkampus finansiële ondersteuning ontvang.

Doen aansoek by jou naaste Absa-tak of SMS jou naam, van, ID-nommer, en “Pukke” na 33776 en ‘n agent sal jou kontak.

Kry nou jou NWU-Pukke kredietkaart!

e-PUKaner

Page 16: e-PUKaner Alumni Nuus - NWU...Universiteit wat die enigste universiteit in Suid-Afrika is wat ’n BSc-graad aanbied met vakke wat met Toerisme, Plantkunde en Dierkunde verband hou

Kontak onsVir enige voorstelle en kommentaar oor die nuusbrief, skryf asseblief aan Yolandi Haasbroekdeur op die Kommentaar-skakel te kliek.

Vir adresveranderings besoek www.nwualumni.mobi/

Indien u verkies om nie die nuusbrief te ontvang nie, kliek op kanselleer-skakel, vul u voorletters, van en geboortedatum in en stuur die e-pos vir ons aan.

Kliek hier en gaan LIKE onsFacebook-blad

Het die alumnikantoor jou nuutste kontakinligting of weet jy van ander oud-NWU-Pukke wat graag die nuusbrief wil ontvang?

Kommentaar

Kanselleer

e-PUKaner