efes · web viewons stryd teen die bose magte (vers 12) oor die bose kan mense een van twee baie...

29
WEEK VAN GEBED Toegerus en gereed vir 2017 Maandag 16 Januarie 2017 Toegerus met die krag en wapenrusting van die Here... Voorafsang: Lied 492:1,2; 504:1,5 1. Gebed 2. Samesang – Lied 476:1-4 3. Skriflesing – Ef. 6:10-18 (10-13) 4. Boodskap Die jaar wat voor ons lê, is totaal onbekend. En tog kan ons van twee dinge baie seker wees, en dit is... Dat die Here elke oomblik by ons is; En dat daar op geestelike gebied ‘n stryd gaan wees, ‘n oorlog. Nie teen mense nie, maar (soos die NLV dit stel) teen bose hemelse regeerders en maghebbers, teen geeste wat mag uitoefen in hierdie donker wêreld, teen bose geeste in die hemelruimtes ... 1. Ons stryd teen die bose magte (vers 12) Oor die Bose kan mense een van twee baie groot foute begaan. Aan die een kant kry jy mense wat ontken dat daar so iets soos die Bose is teen wie ‘n daaglikse stryd gevoer moet word (die bose in jou?) Aan die anderkant kry jy ook weer diegene wat so behep is met die duiwel en sy magte , dat hulle agter elke situasie die hand van die bose sien... Die Bybel stel dit baie duidelik dat daar in hierdie wêreld twee koninkryke teenoor mekaar staan, nl. die koninkryk van God en die koninkryk van Satan . Tussen hierdie twee ryke is daar ‘n oorlog aan die gang waarby ons as gelowiges ingesluit is ...(vers 12) Maar baie belangrik: Jesus Christus het reeds die duiwel en sy bose magte oorwin (vgl. Kol. 2:15). En ons as kinders van God deel in daardie oorwinning ... Wat sê die Bybel oor die Bose Uit Eseg. 28:12-17/Jes. 14:12-15 blyk dit dat...

Upload: others

Post on 08-Mar-2021

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Efes · Web viewOns stryd teen die bose magte (vers 12) Oor die Bose kan mense een van twee baie groot foute begaan. Aan die een kant kry jy mense wat ontken dat daar so iets soos

WEEK VAN GEBEDToegerus en gereed vir 2017

Maandag 16 Januarie 2017Toegerus met die krag en wapenrusting van die Here...

Voorafsang: Lied 492:1,2; 504:1,51. Gebed2. Samesang – Lied 476:1-43. Skriflesing – Ef. 6:10-18 (10-13)4. Boodskap

Die jaar wat voor ons lê, is totaal onbekend. En tog kan ons van twee dinge baie seker wees, en dit is...

Dat die Here elke oomblik by ons is; En dat daar op geestelike gebied ‘n stryd gaan wees, ‘n oorlog.

Nie teen mense nie, maar (soos die NLV dit stel) teen bose hemelse regeerders en maghebbers, teen geeste wat mag uitoefen in hierdie donker wêreld, teen bose geeste in die hemelruimtes...

1. Ons stryd teen die bose magte (vers 12)Oor die Bose kan mense een van twee baie groot foute begaan.

Aan die een kant kry jy mense wat ontken dat daar so iets soos die Bose is teen wie ‘n daaglikse stryd gevoer moet word (die bose in jou?)

Aan die anderkant kry jy ook weer diegene wat so behep is met die duiwel en sy magte, dat hulle agter elke situasie die hand van die bose sien...

Die Bybel stel dit baie duidelik dat daar in hierdie wêreld twee koninkryke teenoor mekaar staan, nl. die koninkryk van God en die koninkryk van Satan. Tussen hierdie twee ryke is daar ‘n oorlog aan die gang waarby ons as gelowiges ingesluit is...(vers 12)Maar baie belangrik: Jesus Christus het reeds die duiwel en sy bose magte oorwin (vgl. Kol. 2:15). En ons as kinders van God deel in daardie oorwinning...

Wat sê die Bybel oor die BoseUit Eseg. 28:12-17/Jes. 14:12-15 blyk dit dat...* die duiwels vroeër engele was wat deur God goed geskep is. Hulle het egter hulle verhewe status as dienende geeste in die hemel verloor. Hulle wou nie God se heerskappy oor hulle aanvaar nie. Hulle wou self God wees, en daarom het die Here God hulle uit die hemel gewerp.Uit die verskillende name vir die Bose, vind ons iets meer uit oor hulle wese en werking. duiwel – kom van die Griekse woord diabolos. Beteken letterlik: om uit mekaar

te gooi; of teen mekaar op te hits, te belaster of aan te kla. Sy hoogste strewe is om skeiding tussen God en mens te bring. Daarvoor gebruik hy alle middele tot sy beskikking. Satan – dui op ‘n vyand, iemand wat vir ander hindernisse op die pad lê,

teenstander...; Beëlsebul - die god van alle onreinheid, die een wat jou in besit neem...; Owerste – prins van hierdie wêreld; Moordenaar en leuenaar (vader van

Page 2: Efes · Web viewOns stryd teen die bose magte (vers 12) Oor die Bose kan mense een van twee baie groot foute begaan. Aan die een kant kry jy mense wat ontken dat daar so iets soos

die leuen - Joh. 8:44); doen hom voor as ‘n engel van die lig om mense te mislei...

Hy het bo-menslike krag, maar dan krag wat deur God toegelaat word (vgl. Job; Rom. 13:1); sy krag en mag is egter reeds deur Christus verbreek... Hoe magtig Satan ook al mag wees, en watter verwoesting hy ook al aanrig, nooit mag hy anders gesien en beskou word as die oorwonne vyand, geboei met ewige boeie. En tog ook nog ‘n brullende leeu wat rondloop op soek na iemand om te verslind (1 Pet. 5:8).

Satan en sy bose engele is in alles wat hulle beplan en doen dus teenstanders van God. Hulle probeer die koninkryk van God vernietig en jou van God af wegtrek... Elke dag word ons van alle kante deur Satan en sy magte aangeval. Die aanvalle is gewoonlik op jou kwesbaarste plekke gerig, daardie terreine van jou lewe waar jy gereeld struikel. Jou vyand ken ongelukkig daardie plekke, en hulle buit dit uit met die doel om God se verlossingsplan in jou lewe teen te staan.... Ons is dus in ‘n voortdurende stryd teen die bose magte van hierdie sondige wêreld, teen die bose geeste in die lug betrokke. Wat kan en moet ek doen om in hierdie geweldige stryd staande te bly?

2. Soek jou krag in die Here en in sy groot mag (vers 10)Paulus sê: “Soek julle krag in die Here en in sy groot mag.” (vers 10). Eintlik is dit so voor die hand liggend, soos ons ook in Lied 513 sing... “Soek in God jou sterkte, kry by Hom jou krag!”Die “soek” is nie bedoel in die sin van: “Soek dit hier, en nie daar nie”. Dit behels eerder die opdrag aan gelowiges om daarvoor te sorg dat hulle sterk sal word. Ons hoor dit in die vertalings van hierdie vers:

“Finally; build up your strength in union with the Lord and by means of his mighty power” – Good News

“Last of all I want to remind you that your strength must come from the Lord's mighty power within you.” Living Bible

“As Christene moet julle in hierdie lewe sterk staan, maar julle kan dit alleen doen as julle naby aan die Here bly. Hy is sterk en daarom kan Hy julle sterk maak.” Die Boodskap.

Maar hoe word jy nou sterk, hoe bou jy jou krag op? Deur aan die Here verbind te bly. Want slegs deur jou verbindtenis aan die Here, gaan jy in 2017 staande kan bly.Soos Jesus dit in Joh. 15:5 stel: “Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder my kan julle niks doen nie.” Johannes sou ook later in sy eerste brief skryf: “Julle behoort aan God, liewe kinders, en het die vals profete klaar oorwin omdat Hy wat in julle is, groter is as die duiwel, wat in die wêreld is.”Paulus sê weer in Rom. 8:37... “...ons is meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet.” En aan die Filippense skryf hy: “Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.” By God is krag (o.a. Efes. 1:18-20). Hy gee hierdie krag aan sy kinders deur die Heilige Gees (Efes. 3:16). Dit gaan dus oor die krag van God. Dit is nie jou krag, of jy wat die

Page 3: Efes · Web viewOns stryd teen die bose magte (vers 12) Oor die Bose kan mense een van twee baie groot foute begaan. Aan die een kant kry jy mense wat ontken dat daar so iets soos

oorwinning behaal nie. Nee, alleen deur geloof in Jesus Christus en deur die werk van die HG is jy ‘n kind van God en deel jy in God se oorwinning oor die bose en sonde...Soos nog ‘n Engelse vertaling dit stel: “In union with the Lord you become capable by means of his great strength.”Jy word geestelik sterk onder die heerskappy van Jesus as Heerser. Wanneer jy jouself dan onder sy beheer stel, gaan sy geweldige krag in jou werk en is die oorwinning verseker. Dit vra van jou... om in gehoorsaamheid aan die Here te leef, as mens van die lig. Om in Jesus te bly en as sy dissipel sy voorbeeld te volg. Om toe te laat dat die Gees van God jou vervul – al meer van jou in besit neem... dan sal jy nie toegee of swig nie. Om nie jou stiltetyd af te skeep nie – gereelde omgang met God deur Bybelstudie en gebed. Om nie die samekomste van die gemeente af te skeep nie. Jy is immers nou deel van God se nuwe volk, die liggaam van Christus. Om jou genadegawes te gebruik sodat die liggaam van Christus na volwassenheid kan groei (4:12-16). Om die duiwel, sy magte en werkinge teen te staan (Jak.4:7)...

3. Trek die volle wapenrusting van God aan (Verse 11; 13)Ons het reeds gehoor dat ons nie hierdie stryd in eie krag moet voer nie. As ons dit sou probeer, sal ons keer op keer misluk. Nee, stry met die krag wat God voorsien – leef in gehoorsaamheid onder sy beheer en deel in sy oorwinning!Stry verder met die geestelike wapens wat Hy voorsien . Want dit is wat ons nodig het – God se wapens. Gelowiges het eienskappe nodig wat hulle nie uit hulself het nie, maar wat slegs deur God gegee word...Soos Paulus dit aan die Romeine stel (Rom. 13:12): “Die nag is byna verby; dit is amper dag. Laat ons dan ophou met die werke van die duisternis; laat ons die wapens van die lig opneem.”Aan die Korintiërs skrywe hy (2 Kor. 6:7; 10:3,4): “Ons wapen vir aanval en verdediging is om die wil van God te doen.” “Natuurlik leef ons in ‘n menslike liggaam, maar ons voer nie die stryd met menslike wapens nie. Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons al die redenasies en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word.”Ons teks beklemtoon dit: God gee die wapens om hierdie stryd te voer. Dit is sy wapenrusting wat hy tot elke kind van Hom se beskikking stel – vir aanval en verdediging... Nou kom die opdrag...

Trek die volle wapenrusting van God aan Let op wat hier staan. Hier staan nie: “Trek net sekere dele van die wapenrusting aan” nie, maar: “Trek die volle wapenrusting van God aan.” Maar nou is die vraag: Hoe trek jy geestelike klere aan? Jy kan dit tog nie soos gewone klere aan en uittrek nie...Om dit aan te trek, of op te neem, beteken:

Dat ons as kinders van God, as volgelinge van Jesus Christus sal leef. Om beklee, toegedek te wees met Jesus Christus. Om Christelike karaktertrekke in jou alledaagse lewe te openbaar...

Page 4: Efes · Web viewOns stryd teen die bose magte (vers 12) Oor die Bose kan mense een van twee baie groot foute begaan. Aan die een kant kry jy mense wat ontken dat daar so iets soos

Vergelyk Paulus se woorde aan Timoteus (1 Tim. 1:18,19)... “Met hierdie woorde in gedagte, moet jy die goeie stryd stry. Hou vas aan die geloof en behou ‘n goeie gewete...”Soos John MacArthur dit ook stel: “Om teen Satan te oorwin, is nie om aanspraak te maak op een of ander denkbeeldige gesag oor hom nie; ons moet bloot geregtigheid nastreef, sonde vermy en in die geloof vasstaan. Maak jou los van die wêreldse dinge, en wy jou daaraan om die wil van God te doen. Satan kan geen gelowige wat op daardie manier leef, oorwin nie.” (Vgl. 1 Pet. 5:8 en 9, en Jak. 4:7)Moet dus nooit wegsteek dat jy aan Jesus Christus behoort nie. Leef as kind van God, oorgegee aan Hom, afhanklik van Hom, onder leiding en beheer van die HG – al hoe meer soos Jesus...Hier is ook ‘n tweede aspek: Wees gereed en waaksaam vir enige aanvalle. Ons weet nie wanneer die aanvalle geloods word nie. Daarom vra dit van jou om altyd op jou hoede te wees, toegerus met die volle wapenrusting van God, want dan sal geen bose mag jou verras of oorweldig nie.

Die doel waarom jy die volle wapenrusting van God moet aantrek In vers 11 en 13 kom die volgende twee gedagtes na vore: Sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwelWat ‘n ongelooflike troosboodskap! Met God se wapenrusting aan bly jy op jou pos, weerbaar, oorwinnaar teen al die listige aanslae van die duiwel. Jy bly staande... Sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil, en nog op jou pos kan bly

staan nadat julle die stryd tot die einde toe gevoer het.Hoor ons dit? Met God se wapens kan ons enige aanval van die bose weerstaan en afweer. Ons kan ook in die stryd volhard, tot die einde toe, en nog steeds op ons pos bly staan.

Dit is taal van oorwinning, maar die oorwinning is alleen moontlik wanneer daar met God se wapens geveg word.

My broer en suster, vir die geestelike stryd het ons nie allerhande vreemde tegnieke of strategië nodig om die duiwel se aanslae af te weer nie. Wat ons nodig het, is God se wapens. Dit trek ons aan wanneer ons elke dag onder leiding en beheer van die HG gehoorsaam aan God leef.So met God se krag kan ons toegerus en gereed wees vir 2017... Amen5. Gebede in groepies6. Slotlied – Lied 513:17. Seën

WEEK VAN GEBED

Page 5: Efes · Web viewOns stryd teen die bose magte (vers 12) Oor die Bose kan mense een van twee baie groot foute begaan. Aan die een kant kry jy mense wat ontken dat daar so iets soos

Toegerus en gereed vir 2017Dinsdag 17 Januarie 2017

Toegerus met die waarheid en vryspraak...

Voorafsang: Lied 253:1,2; 493:1,2,6 1. Gebed2. Samesang – Lied 207:2,3Inleiding: Ons het gister gehoor...

Dat ons in ‘n voortdurende stryd teen die bose magte van hierdie sondige wêreld betrokke is.

Daar is egter net een oorwinnaar, en dit is die Here God. o Omdat jy aan die Here behoort wat die oorwinning reeds behaal het, veg

jy dus vanuit ‘n posisie van oorwinning... God se krag, en die volle wapenrusting wat die Here gee, is al wat ons nodig het vir die geestelike stryd... Aan die einde van die geveg sal ons steeds op ons pos wees... 3. Skriflesing - Efes. 6:10-18 (herhaal vers 14)4. Boodskap

Ons leef in ‘n wêreld wat, van net na die skepping af, nie lief is vir die waarheid nie. Reeds in die paradys konfronteer die Satan, die vader van die leuen, vir Eva met die woorde:

“Julle sal beslis nie sterf (as julle van die boom in die middel van die tuin eet of dit aanraak nie), maar God weet dat julle oë sal oopgaan die dag as julle van daardie boom eet en dan sal julle soos God wees deurdat julle alles kan ken.”

Eva het geëet. Adam ook. Toe gaan hulle oë oop en begin ontdek watter onberekenbare skade hulle dwase optrede veroorsaak het. Hulle het nie net na leuens geluister nie, maar dit ook begin vertel en leef... Dit het ook oorgespoel na hulle kinders. Kain slaan vir Abel dood. En die Here vra toe vir hom: “Waar is jou broer Abel?” En Kain antwoord: “Ek weet nie. Moet ek dan my broer oppas?”

Die leuen en sy gevolge was ten volle deel van ons menswees. Daarna sou nog baie leuens vertel word, dit ten spyte van die feit dat God van ons verwag om die waarheid te gehoorsaam, dit te praat en te leef...Diegene in Genesis wat dit nie gedoen het nie... Abraham en Abimelek; Isak en Abimelek; Jakob wat voorgee dat hy Esau is sodat

sy pa Isak hom kon seën; Laban wat Jakob keer op keer bedrieg; Josef se broers wat vir Jakob jok oor wat met Josef gebeur het; Potifar se vrou wat Josef vals beskuldig

Dit alles net in Genesis. ‘n Aanduiding daarvan dat leuens en bedrog deel van menswees was en is. Na Genesis lees ons in feitlik elke Bybelboek van die mens se bedrog en opstand teen die waarheid... Jesus het hierdie aanslag self beleef. In die woestyn word Hy deur die Satan versoek. Drie maal het die Satan met verdraaide waarhede en leuens na Jesus gekom. Maar Jesus het deur sy planne gesien en hom met die waarheid getroef.

Page 6: Efes · Web viewOns stryd teen die bose magte (vers 12) Oor die Bose kan mense een van twee baie groot foute begaan. Aan die een kant kry jy mense wat ontken dat daar so iets soos

Jesus het die waarheid geleef. Hy is die waarheid (Joh. 14:6). In Hom was en is daar geen valsheid nie. En tog ly Hy baie onder die leuens van mense en hulle verkeerde verstaan van die waarheid. Kyk maar net na Jesus se verhoor. Die leuens, die verraad, die verloëning...Na 33 jaar sterf Jesus, die Waarheid, aan ‘n kruishout om die mensdom van leuens, bedrog, alle sonde en die duiwel self, te verlos...

Nou kom die oproep in ons teks: “Wees toegerus met die waarheid as gordel om die heupe...”In ‘n tyd waarin dit mansmode was om lang rokke te dra, was die gordel vir die soldaat (of enige aktief werkende man) baie belangrik. Daardeur kon hy die rok hoog bokant die knieë opbind, sodat dit hom nie in sy beweeglikheid sou hinder nie. Om dan jou kleed met jou gordel vas te bind, beteken dat die soldaat voorberei en gereed was vir die stryd wat wag.

Om teen die listige leuens van die vyand staande te bly, moet die kind van God met die waarheid toegerus wees. In Christus het ons dié waarheid...

Met die “waarheid” word dan bedoel die waarheid wat aan hulle verkondig is, die evangeliebooskap waardeur hulle gered is.

Hulle het die evangelie van die verlossing gehoor en tot geloof gekom. As jy nou die waarheid as gordel ombind, dan laat jy toe dat Jesus jou hele lewe beheer en jou die regte pad wys. Hy wíl ons die regte pad wys...Die waarheid wys ook na die karaktereienskappe van betroubaarheid, geloofwaardigheid, opregtheid, eerlikheid en integriteit. Iemand wat lief is vir die waarheid...Die waarheid help die kind van God om nie na die leuens van die duiwel te luister nie. Na geen leuens nie. Nee, die waarheid maak jou vry en stel jou in staat om te oorwin. Om standpunt in te neem teen enige bedrog, valsheid of enigiets wat nie die toets van die waarheid kan deurstaan nie.

Wat dus van ons gevra word, is om die waarheid... te ken – God en sy woord... Dit te lees en te bestudeer. Die woord moet deel

van jou lewe word.... die waarheid te praat – leuentaal te vermy, dit te haat soos God dit haat... Op

elke terrein van die lewe... die waarheid te leef – geloofwaardig, betroubaar, opreg, met integriteit, eerlik... die waarheid deur ons lewe te vertoon.

2. ...die vryspraak deur God as borsharnas (vers 14)Kom ons staan net vir ‘n oomblik stil by hierdie vryspraak deur God...

Die vryspraak deur God (Wat behels dit; hoe word dit verkry....)Gelowiges is reeds deur God die Vader geregverdig, dit is onskuldig, verklaar. Rom. 1:17... “In die evangelie kom juis tot openbaring dat God mense van hulle

sonde vryspreek enkel en alleen omdat hulle glo.”

Page 7: Efes · Web viewOns stryd teen die bose magte (vers 12) Oor die Bose kan mense een van twee baie groot foute begaan. Aan die een kant kry jy mense wat ontken dat daar so iets soos

Rom. 3:23,24... “Almal het gesondig en is ver van God af, maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van sy genade vrysgespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus.”

5:1... “God het ons dan nou vrygespreek omdat ons glo...” 2 Kor. 5:21... “Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as

sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrysgespreek kan wees.”

Jy is van sonde vrygespreek, want deur geloof in Jesus Christus het jy hierdie vryspraak uit genade ontvang. Ons sekerheid lê dus buite onsself... in wat die Here gedoen het en in al sy beloftes.Toe jy ‘n Christen geword het, het God jou totaal oordek met Christus se absolute heiligheid. Van daardie oomblik af kyk God na jou en sien Hy raak wat Jesus vir jou gedoen het...Wat die bose egter in jou lewe kom doen, is...* om jou te laat twyfel of God jou regtig vrygespreek het ... Dit gebeur veral nadat jy iets onnosels aangevang het – dan redeneer jy by jouself: Is ek regtig ‘n kind van die Here? Kyk net hoe lyk my lewe... Nee, kyk weg van jouself, na God. Hy is ons enigste sekerheid...Die feit dat jy nog sonde in jou lewe opmerk, hoef jou nie aan jou kindskap te laat twyfel nie. Dit moet jou eerder op jou knieë voor God bring sodat sy genade en vergifnis jou sekerheid kan versterk. Jou sekerheid lê immers in Hom alleen.

* om jou sekerheid op valse fondamente te laat bouOns het reeds gehoor dat ons enigste sekerheid Jesus Christus is. Jy kan op geen ander manier deur God van sonde vrygespreek word nie. En tog word mense verlei om te dink hulle kan deur dit wat hulle doen, verdien om deur God onskuldig verklaar te word...Valse fondamente waarop mense hulle sekerheid wil bou, is: Ek lewe ‘n goeie lewe; Ek onderhou die wet van God; Ek werk vir die Here; Ek het ‘n datum; Ek glo aan God; Die Here help my; God verhoor my gebede; God is ‘n God van liefde; Ek is gedoop; Ek behoort mos aan ‘n kerk...Daar is mense wat bly twyfel omdat hulle voel dat hulle geloof te swak is. Hulle wil hulle geloof op eie krag bou...

* die versoeking om onverskillig te lewe Baie mense besef nie die erns van die saak nie en staan onverskillig teenoor God. Hulle volhard in die sonde, of stel die oomblik uit om hulle saak met God reg te maak. Daar word geredeneer: Ek is nog te jonk; Ek wil nog eers my lewe geniet; Die Christen se lewe is te swaar; Ek is te vas aan my besittings; Ek moet te veel prysgee...

* die versoeking om ook die volgende te glo:Ek hoef nie met al die sondes in my lewe te breek nie; God gaan te veel van my vra om sy kind te wees; Christenskap is “borring”; sonde word nie beskou as opstand teen die Here nie, maar is slegs ‘n menslike swakheid; die twyfel of God jou regtig van die sonde

Page 8: Efes · Web viewOns stryd teen die bose magte (vers 12) Oor die Bose kan mense een van twee baie groot foute begaan. Aan die een kant kry jy mense wat ontken dat daar so iets soos

in hulle lewe kan verlos; die geloof dat onbekeerde mense nie regtig vir ewig verlore gaan nie; die gevoel van selftevredenheid...

Nou kom die oproep in ons teks: “Bly dan op julle pos, toegerus met ... die vryspraak deur God as borsharnas.” Die borsharnas het uit ‘n skerm van leer of metaal bestaan wat die bo-deel van die liggaam moes beveilig – van die nek tot jou middel... Ons weet dat die belangrikste organe in die deel van die liggaam geleë is.

Met die vryspraak as borsharnas, laat ek my nie deur Satan se beskuldigings en leuens intimideer nie (vgl. Jan de Wet se liedjie “Die duiwel sê vir my”). Jou hart – jou emosies en gedagtes word beskerm deur God se vryspraak. Daarom kan jy sê, selfs in die aangesig van die aanslae van die duiwel: Ek staan vas in die sekerheid van die verlossing deur Jesus Christus. My hart behoort aan Jesus. Ek weet ek is kind van die lewende God. Vrygespreek...En daarom leef ek ‘n heilige lewe, ‘n lewe wat vir Hom afgesonder is...

My broer en suster, die aanslae teen ons is fel. Maar met God se vryspraak as borsharnas sal ons op ons pos bly staan...Amen5. Gebede in groepies6. Slotlied – Lied 513:1,27. Seën

WEEK VAN GEBEDToegerus en gereed vir 2017Woensdag 18 Januarie 2017

Toegerus met die evangelie van vrede en geloof

Page 9: Efes · Web viewOns stryd teen die bose magte (vers 12) Oor die Bose kan mense een van twee baie groot foute begaan. Aan die een kant kry jy mense wat ontken dat daar so iets soos

Voorafsang: Lied 284:1-3; 501:1,2 1. Gebed2. Samesang – Lied 467:1,23. Skriflesing – Ef. 6:10-18 (15,16)4. Boodskap

Liewe gemeente,My pa het altyd daarop geroem hoe hard sy voetsole as kind was – dat hy

sonder probleme en ongerief deur ‘n veldjie vol dorings kon loop. Dit kon hy doen, so vertel hy, omdat hy as kind nie skoene gedra het nie...Jy kry mense wat nie net as kind nie, maar hulle hele lewe lank nooit skoene dra nie. En selfs diegene wat ander bisare goed doen, soos om oor warm kole of glasstukke te loop...sonder dat hulle voete iets oorkom.Maar vir die meeste mense bly skoene ‘n baie belangrike deel van hulle daaglikse uitrusting. Skoene beskerm immers jou voete teen die koue en hitte, teen skerp voorwerpe, of ‘n vuil sypaadjie.

Jy het ook verskillende skoene vir verskillende aktiwiteite nodig – tekkies om te draf en aan verskeie ander sportsoorte deel te neem, paddavoete om mee te duik, balletskoene om al daardie moeilike danspassies mee uit te voer, en die regte stewels vir rugby... Ek kan onthou in die tyd toe ek nog rugby gespeel het, watter rol rugbystewels in die pak voorspelers se vermoëns gespeel het. Wanneer jy in ‘n skrum saam met jou spanmaats julle rugbystewels in die gras ingeslaan het, dan staan julle daar onbeweeglik. Gewone skoene sou nie werk nie – slegs rugbystewels met die regte lengte knoppies onderaan.

Nou lees ons in ons teks van die skoene van ‘n soldaat...1. “Die bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig as skoene aan die voete...”* Lewende Bybel: “Die skoene wat julle moet aantrek, is die gewilligheid om ander te vertel van die vrede wat die Goeie Nuus oor Jesus Christus vir ons kan bring.”* Good News “...and as your shoes the readiness to announce the Good News of peace...”* Die Boodskap: “Jy moet altyd gereed wees om vir ander te vertel van die vrede wat Jesus vir ons bring. Dit moet soos die skoene aan jou voete wees.”

Skoene van die soldaat... Ek het vanaand my oues saamgebring... Hierdie stewels is so ontwerp dat die soldaat oor enige terrein met redelike gemak kan beweeg... Nie dat die skoene gemaklik is nie. Ek onthou hoe my voete gelyk en gevoel het na 'n gedenkmars van 90 km binne twee dae... Maar ek wil ook nie weet hoe my voete sou gelyk het as ek nie hierdie menere aangehad het nie...As ons nou vers 15 lees, dan lyk dit op die oog af asof hier na die verkondiging van die evangelie verwys word. Ons het dit in die vertalings gehoor – Die gewilligheid, bereidheid en gereedheid om die evangelie van vrede aan ander te verkondig...Jy kan ook so dink na aanleiding van Rom. 10:15 waar die Skrif sê...

Page 10: Efes · Web viewOns stryd teen die bose magte (vers 12) Oor die Bose kan mense een van twee baie groot foute begaan. Aan die een kant kry jy mense wat ontken dat daar so iets soos

“Daar staan ook geskrywe: “Hoe wonderlik klink die voetstappe van dié wat die goeie boodskap bring.”

Jy gebruik tog skoene om mee te loop. Die gedagte is dan dat jy die evanglie na ander uitdra.

Dat ons die opdrag in die Bybel kry om die evangelie die wêreld in te dra, is ‘n feit. Dit is iets wat moet gebeur. Maar dit is nie wat ons teks in die eerste plek sê nie...Die rede daarvoor is die betekenis van die woorde wat Paulus hier gebruik. Die woord wat Paulus in vers 15 vir die soldaat se skoene gebruik, beteken “’n stewige vastrapplek.”* Die militêre sandaal van destyds was van baie sterk leer gemaak met ysterpenne onder die sole, baie soos die knoppies onderaan die skoene van krieketspelers. Dit het die soldaat in staat gestel om nie te gly wanneer hy in ‘n hand tot hand geveg met die vyand betrokke was nie. Want onthou – oorloë is nie destyds oor afstande gevoer nie, of met wapens wat ‘n klomp mense in ‘n oogwink kan uitwis nie. Nee, dit was hand tot hand gevegte. Om te gly, en selfs te val, beteken dat jy jouself oop laat vir die swaard van die vyand wat jou daar en dan kon deurboor – dit terwyl jy nog probeer om jou balans te kry...* Die soldaat se skoene was verder ontwerp om die voete te beskerm wanneer daar groot afstande te voet afgelê moes word. * Die skoene se dik sole moes ook keer dat die voete deur die vlym-skerp stokke gesny word wat die vyand in die pad van die aankomende soldate gelê het... As ‘n soldaat se voete beseer is, kan hy nie loop nie. Selfs die beste soldaat het destyds nie veel beteken as hy nie die gebruik van sy voete het nie...

Op geestelike gebied is dit van uiterste belang dat jy die regte skoene aan jou voete het. Jy het die regte skoene aan wanneer dit met die evangelie van vrede beslaan is...Paulus beskryf dan iemand wat die evangelie van vrede sy eie gemaak het, wat die Goeie Nuus aanvaar het dat daar deur Jesus Christus vrede gekom het tussen God en mens...Voor jou bekering, toe sonde nog jou baas was, was daar ‘n oorlog tussen jou en God, want sonde en die duiwel is God se vyande. Maar God het vrede gebring. Soos Paulus dit in Rom. 5:1 stel

“God het ons dan nou vrygespreek deurdat ons glo. Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus.”

Die vrede wys na die verhouding waarin jy met God staan. As Christen staan jy nie meer teenoor God as sy vyand nie . Jou oorlog met Hom is verby. Ja, Hy kon jou in sy toorn in die poel van vuur gewerp het, maar Hy het in sy genade sy oordeel oor jou in en deur Jesus Christus weggeneem.

Die verhouding is vir ewig herstel, en God hou die vrede in stand. Jy het dus hierdie skoene van die evangelie van vrede by jou bekering aangetrek, die dag toe jy Jesus Christus as jou Verlosser en Saligmaker deur geloof aangeneem het... Van daardie dag af help dit jou om elke dag regop te staan , om nie heen en weer gegooi te word wanneer die aanslae teen jou geloods word nie...

Page 11: Efes · Web viewOns stryd teen die bose magte (vers 12) Oor die Bose kan mense een van twee baie groot foute begaan. Aan die een kant kry jy mense wat ontken dat daar so iets soos

Nee, jy bly op jou pos. Met die skoene aan wat God gee en wat jou ‘n stewige vastrapplek in die geveg gee. Jy staan vas met die wete dat God aan jou kant is, dat Hy in ‘n verhouding met jou staan, dat jy deur geloof aan Hom verbind is en daarom ten volle onder die beskerming van Jesus is. Dit is nie nodig om te gly, te val, te swig of terug te staan nie...Die bereidheid van die evangelie van vrede as skoene aan die voete, beteken dus nie in die eerste plek die bereidheid om die evangelie te verkondig nie, maar die vasstaan in die stryd, die bereidheid vir die stryd, om gereed te wees, die gewilligheid om vas te staan, om selfs vir die evangelie te ly en te stry; om te volhard tot die oorwinning behaal is.

En ja, om toegerus te wees met die evangelie van vrede as skoene aan die voete beteken ook die gewilligheid om die evangelie uit te dra, om met vrymoedigheid van Jesus Christus te getuig.Dit kom as opdrag aan die gelowiges om die evangelie te verkondig, om dit na die hele wêreld uit te dra. Jy het dit ontvang en is daardeur verander en ‘n stewige vastrapplek gegee. Nou moet hierdie evangelie van vrede ook met ander gedeel word. Die duiwel doen alles in sy vermoë om dit te keer. Hy haat vrede. Hy is ook nie tevrede met diegene wat die boodskap van God se vrede die wêreld indra nie. Maar deur die Here is ons nie bang vir die bose se planne nie, en skram ons ook nie weg om die evangelie van vrede te verkondig nie...

2. Geloof as skild in die hand (vers 16)‘n Soldaat sal altyd sy gordel, borsplaat en skoene dra. Hierdie eerste drie dele van die wapenrusting moet dus permanent gedra word om voortdurend gereed en toegerus te wees – bedoelende: jy leef altyd oorgegee aan die Here, besig om heiligmaking na te streef, standvastig in die kennis dat God by jou is...

Nou kom die oproep in vers 16: “Daarby moet julle altyd geloof as skild in die hand hê, want daarmee sal julle al die brandpyle van die Bose kan afweer.”‘n Skild se funksie is om voorwerpe en houe wat deur die vyand na die liggaam van die soldaat gemik word, af te weer . Destyds het die soldate twee tipes skilde gebruik: Die klein ronde skild wat aan die linkerhand vasgegespe is en in die hand tot

hand gevegte goed gewerk het. Jy kon die houe van die vyand wegkeer, en met jou swaard aanval...

‘n Groot skild wat die hele liggaam beskerm...Die skild waarvan daar in ons teks gepraat word, was ‘n groot skild wat die hele liggaam beskerm het – 1,35 m lank en ongeveer 75 cm breed. Die soldaat kon dus met sy hele liggaam agter die skild wegkruip. Ons kan dit vir ons indink wat in ‘n gevegsituasie gebeur. Jy sou totaal weerloos wees wanneer die vyand sy pyle op jou afvuur, maar jy het niks om dit mee weg te keer nie. Wat nog te sê van die brandende pyle...

Hierdie pyle was gewoonlik in pik gedoop, aan die brand gesteek en na die vyand afgevuur. Water kon die pyle nie blus nie; dit het hulle net erger laat brand. Hierdie brandende pyle was dus ‘n baie gevaarlike wapen.

Wat hulle toe destyds gedoen het, was om die skilde van hout of met vlegwerk te maak, en dit dan met metaal of leer oor te trek. Die metaal veroorsaak dat die pyle

Page 12: Efes · Web viewOns stryd teen die bose magte (vers 12) Oor die Bose kan mense een van twee baie groot foute begaan. Aan die een kant kry jy mense wat ontken dat daar so iets soos

wegskram, en die leer sorg weer daarvoor dat wanneer die brandende pyl die skild tref, die brandende punt geblus word soos dit die leer binnedring.

Op geestelike gebied word daar daagliks brandende pyle op die kind van God afgevuur. Dit simboliseer die venyn en gevaar van die aanslag – deur versoekings, sondige gedagtes; vrees; bekommernis; wanhoop...

Onder hierdie aanslag kan ‘n mens maklik swig, begin twyfel, oorgee, en geestelik verwond raak...

Maar nou het jy die belofte en waarborg: met die geloof as skild in die hand, sal jy al die brandpyle van die Bose kan afweer. Want wat doen geloof? Wat maak geloof so ‘n besonder geskik as skild om jou?

“Geloof of vertroue in God beteken om nie een oomblik te twyfel dat Hy sy beloftes sal hou nie en om daarna uit te sien. Ons kan dit wel nie noual sien nie, maar ons weet verseker dat dit sal gebeur.”

Geloof beteken dan dat jy God op sy Woord neem. Jy vertrou Hom ten volle. Jy rus in die seker wete dat God jou liefhet en vashou. Geloof vra nie vrae of wag nie vir verduidelikings nie. Geloof aanvaar God se woord... Geloof is gegrond in wat die Here sê en doen. Jy vertrou Hom met jou hele lewe, en daarom twyfel jy nie vir een oomblik dat God sy beloftes gaan waarmaak nie. Jy leef dan ook met ‘n vaste oortuiging daarvolgens...Soos Maarten Luther dit gestel het:

“Geloof is om te sien wat jy nie sien nie, en nie te sien wat jy sien. D.w.s. - Geloof is om dieper te kyk as wat jou oë kan sien en dié dinge raak te sien wat jy nog nie met jou gewone oog kan sien nie en terselfdertyd om die dinge wat jy met jou gewone oog sien, mis te kyk, daar verby te kyk en dieper te kan sien, tot by God.”

Geloof is daarom ook volkome afhanklikheid van die Here. Geanker in die ewige beloftes van God, en met die geloof as skild rondom jou, kom die aanvalle van die bose tot niks, want alles word afgeweer.

My broer en suster, jy is toegerus vir 2017, en sal in die stryd staande bly wanneer jy vasstaan in jou verhouding met God, in die heerlike vrede wat Hy deur Jesus Christus tussen julle geskep het.Ook wanneer jy toegerus is met geloof wat aanhou om met God rekening te hou, Hom ten volle vertrou.Amen5. Gebed6. Slotlied – Lied 513:1,27. Seën

WEEK VAN GEBEDToegerus en gereed vir 2017

Donderdag 19 Januarie 2017Toegerus met verlossing en die woord van God

Voorafsang: Lied 510:1-4; 258:1-3

Page 13: Efes · Web viewOns stryd teen die bose magte (vers 12) Oor die Bose kan mense een van twee baie groot foute begaan. Aan die een kant kry jy mense wat ontken dat daar so iets soos

1. Gebed2. Samesang – Lied 514:1,2Inleiding: Jy is toegerus en gereed vir elke geestelike stryd in 2017 deur elke dag jou krag in die Here te soek, en deur die volle wapenrusting van God aan te trek... Toegerus met die waarheid, met die vryspraak deur God, met die evangelie van vrede, met geloof...3. Skriflesing – Ef. 6:10-18 (17)4. Boodskap

Liewe gemeente,Vroeër in die brief skryf Paulus wat die situasie van die gelowiges was

voordat hulle Jesus Christus as Verlosser en Here leer ken en tot geloof in Hom gekom het.

Hoor net weer hoe stel Paulus dit in Efes. 2:1-3, en 11-12... “Julle was dood as gevolg van julle oortredings en sondes wat voorheen julle lewenswyse gekenmerk het. Julle het gelewe soos hierdie sondige wêreld en julle laat lei deur die vors van die onsigbare magte, die gees wat daar nou aan die werk is in die mense wat aan God ongehoorsaam is. So het ons trouens vroeër ook almal gelewe. Ons is deur ons sondige begeertes oorheers en het gedoen net waartoe ons luste ons gelei het en wat in ons gedagtes opgekom het. Vanweë ons sondige natuur sou ons net soos die ander mense deur God gestraf moes word.”“Hou dan in gedagte wat julle vroeër was. Van geboorte was julle heidene, en julle is “onbesnedenes” genoem... In dié tyd was julle sonder Christus, uitgesluit uit die burgerskap van Israel, ver van God af sonder deel aan die verbonde en die beloftes wat daarmee saamhang, sonder hoop en sonder God in die wêreld.”

Dit wás hulle , maar nou in Christus is hulle sondes vergewe en is hulle van al hulle sondes verlos, vrygespreek en gered... En daarom kinders van God, lede van die huisgesin van God.

Een van die aanvalle wat Satan die meeste teen gelowiges loods, is teen hulle sekerheid van verlossing. Die doel is om jou te laat twyfel of jy werklik verlos is. Daarom is hierdie deel van die wapenrusting so belangrik... – die helm van verlossing!

1. Verlossing as helm (vers 17)Die hoofdoel van die helm was om die soldaat in die hand tot hand gevegte teen swaardaanvalle te beskerm. Dit is juis so ontwerp om die houe deur ‘n swaard te weerstaan...

Van die swaarde was meer as ‘n meter lank met ‘n lang handvatsel. Die soldaat het dit met albei hande vasgehou en met al sy krag geslaan...

Sonder ‘n helm is dit in sulke gevegte klaarpraat met jou. Maar met ‘n helm op, het jy ‘n baie goeie kans om die aanval te oorleef en selfs voort te veg. Die helm was ook gebruik om jou uit te ken – vir watter weermag veg jy? As

almal dieselfde helms gedra het, sou daar in die hand tot hand gevegte die moontlikheid bestaan het dat jy een van jou eie mense kon bykom...

Page 14: Efes · Web viewOns stryd teen die bose magte (vers 12) Oor die Bose kan mense een van twee baie groot foute begaan. Aan die een kant kry jy mense wat ontken dat daar so iets soos

Sonder die sekerheid dat jy uit genade alleen, en op grond van Jesus Christus se verlossingswerk alleen, deur geloof, van al jou sondes verlos is, is daar nie ‘n manier dat jy in die geestelike stryd staande kan bly nie.

Maar die kind van God kan heeltemal seker wees van sy verlossing. Ons sekerheid lê in elke geval buite ons in dit wat die Here God gedoen het en wat Hy belowe. Jesus Christus is ons sekerheid!

Hy het jou verlos deur in jou plek vir jou aan die kruis op Golgota te sterf. Daarom kan jy vanuit die sekerheid van jou verlossing, Jesus Christus, leef. Wanneer jy dan vanuit jou verlossing in gehoorsaamheid aan die Here lewe, kan die Satan maar kom. Hy gaan nie hond-haar-af maak nie. Jy gaan op jou pos bly, vas oortuig van jou verlossing in die Here. Jy gaan ook nie stilbly oor jou Verlosser nie, maar getuig van die wonder wat Hy ook in jou lewe gedoen het...

2. Die swaard van die Gees, die woord van God (vers 17)Wanneer Paulus in ons teks na die swaard van die Gees verwys, gaan dit egter nie net oor verdediging nie – om staande en op jou pos te bly nie – maar ook oor aanval. Die swaard waarvan Paulus hier praat, verwys na ‘n dolk tussen 15 en 45 cm lank, wat destyds in die hand tot hand gevegte hoofsaaklik vir aanval gebruik is...

Paulus sê dat die swaard van die Gees, die woord van God is. Vir die aanval en verdediging in die geestelike stryd is daar niks wat by die Woord van God kom nie. Kom ons kyk wat wat maak die Woord van God se besonders... Ps. 19:8-12... “Die woord van die Here is volmaak: dit gee lewe. Die

onderwysing van die Here is betroubaar: dit gee wysheid aan dié wat nog onervare is. Die bevele van die Here dui die regte koers aan: dit bring blydskap. Die gebod van die Here is helder: dit gee insig. Die eise van die Here vir sy diens is goed: dit staan altyd vas. Die bepalings van die Here is reg: elkeen van hulle is regverdig. Hulle is kosbaarder as goud, selfs as baie goud, soeter as heuning, as druppels uit 'n heuningkoek. U dienaar laat hom daardeur leer. Wie dit alles onderhou, groot is sy belonging.”

Ps. 119:105... “U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad.” Vers 130... “Wanneer u woord vir mense oopgaan, bring dit lig; dit gee insig aan dié wat nog onervare is.”

Rom. 1:16,17; 10:17... 2 Tim. 3:15-17 “...en jy ken van kleins af die heilige Skrif. Dit kan jou die kennis

bybring wat tot verlossing lei deur die geloof in Christus Jesus. Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.”

Heb. 4:12... “Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart.”

2 Pet. 1:19-21... “Dít veral moet julle weet: geen profesie in die Skrif kan op grond van eie insig reg uitgelê word nie, want geen profesie is ooit deur die wil

Page 15: Efes · Web viewOns stryd teen die bose magte (vers 12) Oor die Bose kan mense een van twee baie groot foute begaan. Aan die een kant kry jy mense wat ontken dat daar so iets soos

van 'n mens voortgebring nie. Nee, deur die Heilige Gees meegevoer, het mense die woord wat van God kom, verkondig.”

Die Nederlandse Geloofsbelydenis- art. 5: Ons aanvaar al hierdie boeke... Ons glo sonder twyfel wat daarin vervat

is, omdat die HG in ons hart getuig dat hulle van God is...- art.7: Ons glo dat hierdie heilige Skrif die wil van God volkome bevat en dat

alles wat die mens vir sy saligheid moet glo, daarin voldoende geleer word.D.w.s:1. In die Bybel is God aan die Woord. Dit is sy Woord, en daarom die waarheid. Dit staan teenoor die leuens en bedrog van die bose...2. Dit is ‘n lewende Woord, want dit vertel van ‘n lewende God. Dit getuig van die ware lewe en wys die weg aan hoe om die ware lewe te leef...3. Die Bybel dra gesag – God is aan die Woord, en daarom vra dit van ons algehele gehoorsaamheid...4. Is gegee vir ons informasie, maar veral vir ons transformasie...5. Dit is verstaanbaar, en noodsaaklik vir geestelike groei...6. Dit stel reg wat verkeerd is, bring troos vir mense wat hartseer is, hoop vir die hooploses, lig in die duisternis, wysheid vir diegene wat dit soek, groei waar mense stagneer...

Die rede waarom dit so nodig is om die swaard van die Gees op te neem, is omdat die duiwel alles in sy vermoë doen om te keer dat die woord van God vrug in ons lewens voortbring. * In die gelykenis van die saaier vertel Jesus hoedat die duiwel kom, en die saad wat gesaai is van mense wat die woord vergeet of dit nie verstaan nie, wegneem...* Ander weer hoor die woord, neem dit aan, maar laat nie toe dat die wortelskiet nie. Sodra hulle ter wille van die Woord vervolg word, raak hulle afvallig.* Die Satan verlei jou ook met dit wat die wêreld jou kan bied. Wanneer jy jou dus begin bekommer oor die lewe en deur rykdom verlei word, word die woord van God verstik...

Om teen hierdie aanslae staande te bly, en selfs te oorwin, is dit nodig dat ons die Gees van God sal toelaat om ons deur die Woord in die volle waarheid te lei... In hierdie konteks wat Paulus dit gebruik, is dit nie meer die soldaat se swaard nie, maar die swaard van die Gees. Die evangelieboodskap is ‘n magtige wapen waarmee ons die vyand kan aanval en oorwin.

Ons het nou gehoor dat die woord ‘n besondere wapen is. Maar nou help dit niks ons weet dit, maar ons weet nie hoe om die effektief te gebruik nie. Om in die geestelike stryd die Woord van God effektief te gebruik, is dit nodig dat...

jy die Woord van God sal ken – die belangrikheid van Bybelstudie...Soos iemand dit verduidelik het: Hy het eendag na ‘n tuin vol blomme en plante gekyk en drie dinge raakgesien... ‘n skoenlapper – wat van die een blom na die ander gefladder het, en elke keer

net ‘n sekond of twee daar vertoef het, sonder dat dit enige voordeel daaruit geput het...

Page 16: Efes · Web viewOns stryd teen die bose magte (vers 12) Oor die Bose kan mense een van twee baie groot foute begaan. Aan die een kant kry jy mense wat ontken dat daar so iets soos

Dit is diegene wat die Woord lees, wat van die een gunsteling vers na die ander beweeg, maar wat nie regtig baat vind by dit wat gelees word nie. Van die een Bybelstudie na die volgende , seminaar tot seminaar, boek tot boek, sonder enige werklik verandering... ‘n kenner van plante en blomme – met sy dik notaboek en mikroskoop. Hy

het ‘n oomblik by elke plant en blom vertoef en notas geneem. Maar wanneer hy klaar was, was al die kennis in die notaboek opgeskryf met min daarvan deel van sy lewe...

Dit is diegene wat die Bybel regtig bestudeer, en selfs notas neem. D.w.s. jy het al die kennis. Maar die waarhede van die Woord word nie toegepas en geleef nie... ‘n by – wat hier en daar in die blomme verdwyn en by elkeen tyd spandeer, en

wanneer dit weer te voorskyn kom, is die pote oortrek van die stuifmeel. Die by is leeg daar in, maar kom vervul daaruit... Die uiteinde is die wonderlike soet smaak van heuning...

Dit is diegene wat werklik tyd saam met die Woord van God spandeer. Wat die Woord lees, dit oordink, memoriseer en dit in hulle lewens toepas. Hulle ervaar die wonderlike waarde van God se Woord... Soos die by kom jy leeg by die Woord uit, maar gaan daar weg, gevul met dit wat jou in staat stel om anders en sinvol te leef....

jy by Jesus sal leer hoe om die woord effektief te gebruik (lees Matt. 4:1-11)Jesus het die duiwel nie gebind, of verdoem, of in lang gesprekke met hom betrokke geraak soos sommige voorstanders van geestelike oorlogvoering voorstel nie. Nee, Hy het bloot die Woord van God gebruik om elke aanslag af te weer. En die duiwel het Hom met rus gelaat...

My broer en suster, ons verlossing deur Jesus Christus staan onwankelbaar vas. Moet daarom nie na die leuens van die bose luister wat jou wil laat twyfel in dit wat Jesus vir jou gedoen het, asook al sy beloftes oor jou vasstaande verlossing nie.Met verlossing as helm, en met die Woord van God as swaard in die hand, met God se krag en geklee met die volle wapenrusting wat die Here gee, is ons toegerus vir 2017, en kan ons elke aanslag afweer, op ons pos bly en die oorwinning behaal. Amen5. Gebed6. Slotlied – Lied 513:1,27. Seën

WEEK VAN GEBEDToegerus en gereed vir 2017

Vrydag 20 Januarie 2017Doen dit alles biddend...

Voorafsang: Lied 266; 280:1-3; 1. Gebed2. Samesang – Lied 271:1,2Inleiding: Hoe is ons toegerus en gereed vir elke geestelike stryd in 2017? Hoe sal ons teen elke aanval stewig staande kan bly , weerstand kan bied en aan die einde van 2017 steeds op ons pos wees?

Page 17: Efes · Web viewOns stryd teen die bose magte (vers 12) Oor die Bose kan mense een van twee baie groot foute begaan. Aan die een kant kry jy mense wat ontken dat daar so iets soos

Vind elke dag jou krag in die Here wat die oorwinning reeds behaal het, en trek sy volle wapenrusting aan...

o Toegerus met die waarheido Toegerus met die vryspraak deur Godo Toegerus met die evangelie van vredeo Toegerus met geloofo Toegerus met verlossingo Toegerus met die woord van God...

So sal ons staande bly teen die listigheid van die duiwel, ons sal weerstand kan bied teen elke aanval, en na die jaar verby is, sal ons nog vas staan. 3. Skriflesing – Efes. 6:10-20 (vers 18)4. Boodskap

Liewe gemeente,Ons gaan vanaand hoor watter belangrike rol gebed in die geestelike stryd

teen die bose magte speel. Dat die wapenrusting, die geestelike wapens wat die Here vir ons gee, deur gebed aangetrek en gebruik word...

Let op Paulus se woorde in vers 18: “Terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis

daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges...” – ‘33 vertaling “Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees

waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges.” – ‘83 vertalingHoor ook die volgende vertalings: “Dit maak nie saak wat gebeur nie, julle moet altyd bid. Praat met God en vra Hom

wat julle wil weet. Die Heilige Gees sal julle daarmee help. Onthou dit en moenie julle onkant laat vang nie. Moet ook nie vergeet om gedurig vir mede-Christene te bid nie.” – Die Boodskap

“Julle moet altyd en in onder alle omstandighede bid, onder die leiding van die Heilige Gees. Moenie verslap nie, maar bly altyd gereed. Hou aan om ernstig voorbidding te doen vir al die gelowiges.” – Lewende Bybel

“Bid in elke gebed en smeking by elke geleentheid in die Gees, en wees hiervoor wakker in volhardende smeking vir al die heiliges.” – ASV

“Doen alles deur gebed en smeking. Laat die Gees julle elke keer in gebed lei. Bly in alle omstandighede op julle hoede en bid vir almal wat aan God behoort.” – NLV

“Telkens wanneer julle bid en smeek, moet julle by elke geleentheid deur die Gees bid. Daarom moet julle waaksaam wees deur volhardend te pleit vir al die heiliges.” – Direkte Vertaling

* In gebed praat ons nie net met die Here oor wat ons liggaamlik nodig het nie , maar ook geestelik, vir ons siel. Ons verkeer immers in ‘n geestelike stryd, oorlog. Daarom bid jy in afhanklikheid dat die Here vir jou die krag sal gee wat jy nodig het om staande te bly, op jou pos, maar ook om die oorwinning in sy Naam te behaal. Hy weet presies waar jou krag versterk moet word...

Page 18: Efes · Web viewOns stryd teen die bose magte (vers 12) Oor die Bose kan mense een van twee baie groot foute begaan. Aan die een kant kry jy mense wat ontken dat daar so iets soos

* Omdat die Here God waarheid is, en die Heilige Gees gestuur is om ons in die volle waarheid te lei , bid ons dat die (W)(w)aarheid ten volle deel van ons lewe sal wees – wanneer ons praat, dink en leef...* Om deur God van sonde vrygespreek te wees , is ‘n wonderlike voorreg en genade. In gebed bely en aanvaar jy dit opnuut. Ja, selfs elke keer wanneer jy skuld bely het. Jy hou vas aan God se beloftes wat alles waargemaak het deur die plaasvervangende kruisdood van Jesus Christus.Dit is ook in gebed waar ons die vreugde van ‘n herstelde verhouding tussen ons en die Here op ‘n besondere manier beleef. Waar jy versterk word deur die versekering dat jy deur geloof aan Hom verbind is en daarom ten volle onder die beskerming van Jesus is. * Ons kan nie in eie krag staande bly nie, maar deur God se krag is ons in staat, bereid en gewillig om vas te staan in die stryd , om selfs vir die evangelie te ly en te stry; om te volhard tot die oorwinning behaal is. In gebed vra ons ook vir sy bystand waar en wanneer ons die evangelie van vrede verkondig...* Geloof is ‘n gawe van God. In gebed word ons opnuut daarin versterk sodat ons in staat is om elke brandpyl van die bose af te slaan... * Dit is ook in gebed dat ons met die Here oor ons verlossing praat . Hy is ons Verlosser en Redder. Hy gee die krag en wysheid hoe om elke dag vanuit die verlossing te leef.* Dink ook maar aan die rol wat gebed in Bybelstudie speel. Jou voorbereiding om die Woord te ontvang, dit deel van jou lewe te maak, om met God daaroor te praat, om die beloftes vir jouself en ander toe te eien, om te bid vir die regte Woord in elke situasie...

Gebed is dus deur die hele wapenrusting vervleg. Sonder gebed is dit ook onmoontlik om die werk van God uit te voer. Daarom moet ons in biddende afhanklikheid voor God bly staan, en elke dag biddend en smekend die geestelike wapenrusting aantrek. Hoe anders soek ‘n mens na die krag van die Here, as deur gebed...Is die rede waarom daar so baie geestelike neerlae in ons lewens is nie daaraan toe te skryf dat ons so min bid nie? Want dit bly ‘n feit: Min gebed, of ‘n afgeskeepte gebedlewe verswak jou geestelik, en maak dat jy onder die aanvalle wil swig...Soos iemand dit ook stel:

“Is biddeloosheid en gebrekkige omgang met en kennis van God se Woord nie twee van ons gevaarlikste sondes nie, ons skadelikste versuim nie?”

Spurgeon het ook gesê: “As gebed nie die sonde uit jou lewe verdryf nie, sal die sonde gebed uit jou lewe verdryf.”

Richard Newton: “Die vernaamste oorsaak van geestelike dorheid en onvrugbaarheid is te wyte aan ‘n onverklaarbare agterlikheid om te bid.”

Gebed is dus belangrik, omdat dit die wyse is waarop jy die wapenrusting van God vir jouself toeëien.

Page 19: Efes · Web viewOns stryd teen die bose magte (vers 12) Oor die Bose kan mense een van twee baie groot foute begaan. Aan die een kant kry jy mense wat ontken dat daar so iets soos

Gebed is ook noodsaaklik, omdat dit ‘n uitdrukking is van jou afhanklikheid van die Here...

In gebed erken en bely jy dan dat jy nie sonder die Here kan en wil veg nie...

* In vers 18 sê Paulus dat ons “met alle gebed en smeking sal bid” Dit sluit alle vorme van gebede in – danksegging, belydenis, lof, om te vra; met enige liggaamshouding...

* Paulus sê verder dat ons by elke geleentheid sal bid... D.w.s. dat gebed ‘n leefwyse sal wees. Om voortdurend bewus van God in sy teenwoordigheid te leef. Waar jy ookal beweeg, voortdurend in gesprek met die Here... Enige tyd van die dag of nag – sodat wanneer die geveg begin, jy gereed is...

* “Bid deur die Gees...” Dit beteken dat jou gebede in lyn kom met die gedagtes en wil van die Heilige Gees. Soos Paulus dit aan die Romeine stel (Rom. 8:26,27 – “Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie. En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit, volgens die wil van God, vir die gelowiges.”)... Vervul met die Heilige Gees , onder sy beheer en leiding, bid jy...Dit vra van jou dat jy jou sal oorgee aan die invloed, krag en magswerking van die Heilige Gees. In verhouding met Hom, onder sy invloed, bid jy...

* Paulus roep ons ook op tot waaksaamheid. Dink maar hier aan die dissipels wat saam met Jesus daar in Getsemané moes waak, maar toe aan die slaap geraak het (vgl. Jesus se woorde in Matt. 26:37-41 - “Kon julle nie eens een uur lank saam met My waak nie? Waak en bid, sodat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is gewillig, maar die vlees is swak.”). Jesus het egter voortgegaan om te bid, ‘n worstelstryd waardeur Hy voor die volmaakte wil van God gebuig het...

* “Om met volharding te bid...” (vgl. Luk. 18:1-8)Ons raak so maklik moedeloos en is dan geneig om op te hou bid. Nee, bid gedurig, sonder ophou, volhardend...

* Ons word opgeroep om te bid vir al die gelowiges.Ons moet vir mekaar bid. Gestroop van selfsug, besig om die nood en geestelike welsyn van ander na die Here te bring. Dit is wat Paulus hier vra (vgl. vers 19-20)... Jou medegelowiges verkeer ook in stryd. Bid daarom ook vir hulle...

My broer en suster, om staande in hierdie stryd te bly, vra van ons ‘n lewende gebedsverhouding met die troue Here, Hy wat ons uitnooi om met Hom te praat, wat gend hoor en verhoor... Laat ons dan op ons knieë voorwaarts gaan, geklee met die wapenrusting, gereed vir verdediging en aanval...Amen5. Gebed6. Slotlied – Lied 513:1-3

Page 20: Efes · Web viewOns stryd teen die bose magte (vers 12) Oor die Bose kan mense een van twee baie groot foute begaan. Aan die een kant kry jy mense wat ontken dat daar so iets soos

7. Seën