ek het altyd hoop. al weet ek nie wat die toekoms inhou...

7
Omsendbrief 16/16 2016 05 16 “Ek het altyd hoop. Al weet ek nie wat die toekoms inhou nie; weet ek in Wie se hande die toekoms is.” E Stanley Jones Geagte ouers 1. SPORT 1.1 Rugby 1.1.1 Wedstryde Dankie aan al die rugbyspanne met julle pragtige spel en goeie sportmangees tydens die wedstryde teen Laerskool Krugersdorp-Noord. Dankie aan al die ouers en personeel vir jul ondersteuning. 1.2 Netbal 1.2.1 Ma en dogter-akademie Dankie aan alle afrigters, ma‟s en dogters vir Vrydagaand se netbal-akademie. Dit was sommer baie pret! 1.2.2 Wedstryde Dankie vir die dogters se pragtige spel en gedrag tydens ons wedstryde teen Bryanston Parallel Medium. 1.3 Mini-netbal Baie dankie aan elke ouer, onderwyser en dogter vir ‟n besige mini-netbalweek. Ons dogters lyk goed en ons is baie trots op hulle. Oefentye soos normaal die week (Maandag, Dinsdag en Donderdag). Belangrike datums: Saterdag, 21 Mei : Mini-netbaldag by Laerskool Helderkruin om 08:30 Woensdag, 25 Mei : Mini-netbal- en Tau-rugbytoernooi om 15:30 (tuis) Maandag, 30 Mei : Geen mini-netbaloefening nie Dinsdag, 31 Mei : Mini-netbalfees te Laerskool Helderkruin Donderdag, 2 Junie : Mini-netbalafsluiting in die saal 1.4 Skaak Baie geluk aan al die spanne (o.9, o.11 en o.13) wat puik spel teen Dr. Havinga gelewer het. Ons is baie trots op ons spelers. Baie dankie aan al ons ouers wat gehelp het met vervoer en vir hul ondersteuning. (E Ferreira en T Breet) 2/... Privaatsak X01, Helderkruin 1733 Telefoon: 764 2506/7 Faks: 764 5602 E-Pos: [email protected] Webblad: http://www.laerskoolhelderkruin.co.za

Upload: others

Post on 25-Jan-2020

8 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Ek het altyd hoop. Al weet ek nie wat die toekoms inhou ...kruiners.co.za/wp-content/uploads/2016/05/Kruiner-Klets-1616.pdf7. OUERS BY KLASSE Ouers moet asseblief eerstens by die kantoor

Dit

Omsendbrief 16/16

2016 05 16

“Ek het altyd hoop. Al weet ek nie wat die toekoms inhou nie; weet ek in Wie se hande die toekoms is.”

E Stanley Jones

Geagte ouers

1. SPORT

1.1 Rugby

1.1.1 Wedstryde

Dankie aan al die rugbyspanne met julle pragtige spel en

goeie sportmangees tydens die wedstryde teen Laerskool

Krugersdorp-Noord.

Dankie aan al die ouers en personeel vir jul ondersteuning.

1.2 Netbal

1.2.1 Ma en dogter-akademie

Dankie aan alle afrigters, ma‟s en dogters vir Vrydagaand se netbal-akademie. Dit

was sommer baie pret!

1.2.2 Wedstryde

Dankie vir die dogters se pragtige spel en gedrag tydens ons wedstryde teen

Bryanston Parallel Medium.

1.3 Mini-netbal

Baie dankie aan elke ouer, onderwyser en dogter vir ‟n besige mini-netbalweek. Ons

dogters lyk goed en ons is baie trots op hulle. Oefentye soos normaal die week (Maandag,

Dinsdag en Donderdag).

Belangrike datums:

Saterdag, 21 Mei : Mini-netbaldag by Laerskool Helderkruin om 08:30

Woensdag, 25 Mei : Mini-netbal- en Tau-rugbytoernooi om 15:30 (tuis)

Maandag, 30 Mei : Geen mini-netbaloefening nie

Dinsdag, 31 Mei : Mini-netbalfees te Laerskool Helderkruin

Donderdag, 2 Junie : Mini-netbalafsluiting in die saal

1.4 Skaak

Baie geluk aan al die spanne (o.9, o.11 en o.13) wat puik spel teen Dr. Havinga gelewer het.

Ons is baie trots op ons spelers.

Baie dankie aan al ons ouers wat gehelp het met vervoer en vir hul ondersteuning.

(E Ferreira en T Breet)

2/...

Privaatsak X01, Helderkruin 1733

Telefoon: 764 2506/7 Faks: 764 5602 E-Pos: [email protected]

Webblad: http://www.laerskoolhelderkruin.co.za

Page 2: Ek het altyd hoop. Al weet ek nie wat die toekoms inhou ...kruiners.co.za/wp-content/uploads/2016/05/Kruiner-Klets-1616.pdf7. OUERS BY KLASSE Ouers moet asseblief eerstens by die kantoor

2

2 KULTUUR

2.1 WOW-Spelfees

Dankie aan al die leerders wat gaan deelneem aan die kompetisie. Die eerste uitdunrondte

vind reeds op 23 Mei gedurende skoolure plaas. Spellyste is op D6 communicator

beskikbaar.

2.2 Kunswedstryd

2.2.1 Baie dankie aan al die Kruiners se entoesiastiese samewerking met die

Kunswedstryd.

2.2.2 Voorgeskrewe gedigte (Afrikaans en Engels). Leerders wat geïdentifiseer is en

ingeskryf is vir die voorgeskrewe voordrag het almal reeds hulle gedigte ontvang.

Leerders is self verantwoordelik vir die aanleer van gedigte.

Ouers is welkom om Johan Swanevelder (072 187 0259) te skakel of Marietjie

Knopp (082 929 9286) te whatsapp vir professionele afrigting indien

u sou belangstel.

Riglyne vir voorgeskrewe poësie / prescribed poetry: Die leerder staan stil.

Geen gebare. Kop mag beweeg en gesigspel is toelaatbaar, maar moet natuurlik

wees. Die leerder moet die gedig verstaan.

(K Lourens)

3 KOOR

3.1 Koorfees

Datum: 20 Mei

Plek: AFM Kerk Noordheuwel

Koste: R60 per persoon

Tyd: 18:30

Besprekings by me Elouise van Zyl.

3.2 “Sing in Harmonie” kompetisie

Hierdie kompetisie word aangebied deur Kanaal 144 (kykNET). Albei ons kore neem deel.

Tydens die opname stem ouers vir die beste koor.

Kaartjieverkope is as volg:

Juniorkoor: Kompetisie aand, 18 Mei by Curro Privaatskool, Rangeview

Tyd: 18:30

Koste: R70 per persoon (slegs 140 kaartjies beskikbaar)

Besprekings by me E van Zyl

Kinderkoor: Kompetisie aand, 27 Mei by Laerskool Helderkruin

Tyd: 18:30

R70 per persoon (slegs 140 kaartjies beskikbaar)

(M Nel)

4. GRAAD RR/R ONDERWYSERES AAN DIENS DIE WEEK

Mee Leandri Kok (Graad RR), Mari Müller en Charlene Staples (Graad R‟e) sal hierdie week aan

diens wees vanaf 06:45. U neem dus u kleuter na die bogenoemde klasse/personeel. Die ander

personeel is eers van 07:15 af by hul klasse.

(L Kapp)

3/...

Page 3: Ek het altyd hoop. Al weet ek nie wat die toekoms inhou ...kruiners.co.za/wp-content/uploads/2016/05/Kruiner-Klets-1616.pdf7. OUERS BY KLASSE Ouers moet asseblief eerstens by die kantoor

3

5. HERREGISTRASIE GRAAD 1 TOT 6 LEERDERS

Dankie aan al die ouers wat reeds hul herregistrasievorms vir 2017 teruggestuur het. Alle

voltooide vorms kan tot 1 Junie 2016 by hul klasonderwysers ingehandig word. Ons doen „n

ernstige beroep op u as ouers om hierdie vorms so spoedig moontlik terug te stuur.

(Bestuur)

6. SOPKOMBUIS

Soos in die verlede gaan ons weer enige ou klere en nie-bederfbare

produkte insamel vir oorhandiging aan die Sopkombuis.

Ondersteun asseblief hierdie aksie en stuur die items na die klasonderwyser -

by voorbaat baie dankie vir u ondersteuning!

(A Williamson)

7. OUERS BY KLASSE

Ouers moet asseblief eerstens by die kantoor aanmeld as hulle kinders kom afhaal. Geen ouer

mag direk klas toe gaan nie.

(Bestuur)

8. AFWESIGHEDE

Ons merk dat daar al meer kinders in skooltyd met vakansie gaan en gereeld afwesig is. Dit is

uiters belangrik dat leerders getrou skool bywoon. Daar vind deurlopende assessering plaas,

waarvan „n gedeelte praktiese opdragte behels. Dit word „n uitdaging om assessering in te haal.

U samewerking in die verband word waardeer.

(Bestuur)

9. KLEREDRAG

Neem asseblief kennis dat skoolsweetpakke nie wintersdrag is nie. Slegs leerders van graad 4

tot 7 wat die dag MBK het, of naskool aan wedstryde gaan deelneem mag die sweetpak skool toe

dra. Die juniors (graad 1 tot 3) moet volle wintersdrag dra.

(Bestuur)

10. AFLAAI/PARKERING

Ons doen ‟n beroep op u om asseblief nie voor enige hek te stop of te parkeer nie. Hekke dien

as noodingange en mag nie blokkeer word nie.

(Bestuur)

11. LAAT KOM

Daar is al meer kinders wat soggens laat kom. Ons het begrip vir verkeer, maar daar is

gereelde laatkommers. Hou asseblief by skooltye.

(Bestuur)

12. VROEG OPTEL – VRYDAE

Daar is toenemend leerders wat Vrydagmiddae net na 12 gehaal word. Dit is baie steurend, en

ons vra ook u samewerking in dié verband. Skooltye is Maande tot Vrydae, 07:30 tot 13:15

(GSF) en 07:30 tot 13:40 (ISF).

(Bestuur)

13. SPORTOUERS

Indien u, u kind vir enige sportbyeenkoms of deelname vroeër moet kom oplaai, vra ons dat u by

die afgespreekte tyd sal bly. Dit is baie steurend en die akademiese tyd gaan verlore in die

proses.

(Bestuur)

4/...

Page 4: Ek het altyd hoop. Al weet ek nie wat die toekoms inhou ...kruiners.co.za/wp-content/uploads/2016/05/Kruiner-Klets-1616.pdf7. OUERS BY KLASSE Ouers moet asseblief eerstens by die kantoor

4

14. SKOOLURE EN TERMYNREËLINGS TYDENS EKSAMEN

Die Grondslagfase leerders sal vanaf 2 Junie om 12:45 verdaag en die Intersenfase leerders

(Graad 4 tot 7) om 13:00. Die termyn sal normaal voortgaan vanaf 20 tot 24 Junie. Ons

versoek u om asseblief die leerders skool toe te bring in die laaste week.

(Bestuur)

15. TEKKIE TAX DAG

Tekkie Tax dag vind op 27 Mei 2016 plaas. Die koste is R10 per plakker

of R35 vir ‟n plakker en “funky” veters. Plakkers en pakkette kan tot

Woensdag, 25 Mei aangekoop word by me Elouise van Zyl.

(A Botes)

16. BELANGRIKE DATUMS

Baie sterkte aan almal wat hierdie week by die onderskeie

aktiwiteite betrokke is!

16 Mei 2016 - Goue Leeus oefening

17 Mei 2016 - Rugby vs Kenmare(weg)

18 Mei 2016 - Sing in Harmonie (Curro – Rangeview)

19 Mei 2016 - Netbal ligawedstryde vs Laerskool Fairland (weg) (Let asseblief daarop

dat die wedstryde nie meer by ons sal plaasvind nie maar by hulle.)

- Goue Leeus oefening

20 Mei 2016 - Koorfees te AFM Kerk, Noordheuwel om 18:30

- Skaak: Kampioenskappe te Laerskool Roodekrans om 08:00

21 Mei 2016 - Mini-netbaldag om 08:30 (tuis)

- Rugby te Welkom

Helderkruingroete

C SCHUTTE EN REDAKSIE

HOOF

-----------------------------------------------------------------------------

GEKLASSIFISEERDE BERIGTE

A& B KUNSSENTRUM Kunsklasse met ‘n ander kleur! Net belangstelling en bereidwilligheid is hier nodig! ‘n Sessie per week sal u kind se talent, kennis en sluimerende vaardigheid stimuleer en nie frustreer! Vir meer inligting haal ‘n inskrywingsvorm af by me A Botes in die kunsklas van Laerskool Helderkruin. Leerders vanaf graad 2 tot graad 7 is welkom!

Vir hulp met boekhouding, finansiële state, belasting (persoonlik en besigheid), sekretariële dienste, BEE sertifikate en salarisfunksies, skakel:

Leandra by 083 537 2898

Handyman Vir gratis kwotasies, betroubare en lojale diens. Kontak Ignatius 082 926 3485 of Retha by snoepie 082 927 1244.

Page 5: Ek het altyd hoop. Al weet ek nie wat die toekoms inhou ...kruiners.co.za/wp-content/uploads/2016/05/Kruiner-Klets-1616.pdf7. OUERS BY KLASSE Ouers moet asseblief eerstens by die kantoor

NG Weltevreden Gemeentefees Woensdag 27 April 17:00 Kosstalletjies 19:00 Die Klaagliedere van Ds Tienie Benade met Frank Opperman Kaartjies vir die vertoning is R100 per persoon en kan by die kerkkantoor gekoop word. Kontak 011 475 5510 vir meer inligting.

EVEN FASTER ELECTRICAL SERVICES

NO JOB TO BIG OR TO SMALL,WE FIX IT ALL

ALL ELECTRICAL REPAIRS AT A AFFORDABLE PRICE!

NO CALL OUT FEE!!

FREE QUOTES

24/7 ELECTRICAL SERVICES

10% DISCOUNT ON ALL ELECTRICAL REPAIRS

CONTACT DETAILS:

E-MAIL: [email protected]

E-MAIL: [email protected]

LOURENS: 0762194963

GERDA: 0796635498

Individuele & Gesinsterapie M.A. Geestesgesondheid (UNISA, 1996)

Daleen Boshoff 082-770-8135

Ek kan help :

As julle as gesin deur ‘n moeilike tyd gaan.

Ouerleiding – “Alemene kinder-dinamiek…”

Depressie en angs (Volwassenes en kinders)

Kroniese siekte

Moeilike verhoudings in ‘n

hersaamgestelde gesin

Hantering van traumatiese ervarings

Konsentrasieprobleme in die klaskamer - - - 0 0 O 0 0 - - -

Skakel my gerus vir ‘n afspraak.

Page 6: Ek het altyd hoop. Al weet ek nie wat die toekoms inhou ...kruiners.co.za/wp-content/uploads/2016/05/Kruiner-Klets-1616.pdf7. OUERS BY KLASSE Ouers moet asseblief eerstens by die kantoor

Wees ma met geld! Leer hoe om binne 5 jaar af te tree met dubbel jou huidige inkomste terwyl jy 8 ure ‘n dag met jou kinders spandeer! Vir meer inligting – click hier: www.wealthymothers.co.za/antoinette/helderkruin Antoinette Venter: [email protected]

RIECK MAINTENANCE cc VAT NO: 4350235257 P.O.BOX 215

CC NO: 2006/188596/23 TARLTON

E-MAIL: [email protected] 1749

FAX NO: 086 513 7733

OFFICE NO: 082 252 2611 Michael 0834007916

STEEL WORK & BUILDING

PALISADE FENCE, BALUSTRADES (MILD STEEL &

STAINLESS STEEL)

TEMPORARY SITE FENCES, BRICK BASKETS + C

ONCRETE BUCKETS

ELECTRIC FENCE,CCTV CAMERAS, GATES, CARPORTS,

FIRE STAIRCASES

SMALL STRUCTURAL STEEL PROJECTS, BURGLAR PROOFS,

SAFETY DOORS

ANY BUILDING WORK

HERSIENINGSPROGRAM GR 4-7 Kontaknommer: 011 764 4430 of [email protected]

GRAAD 4 & 5 Afronding

Breuke

Tyd

Lang maal

Lang deel

GRAAD 6 Afronding

Breuke

Veelvoude

Faktore & Priemfaktore

Tyd

Massa, Volume & Afstand

Orde van Bewerkings

GRAAD 7 Verhouding, koers & spoed

Priem-faktorisering

Heelgetalle OF Desimale

Lyne & Hoeke

Omskakelings

Wilgemed Apteek, h/v Mozart en

Paul Kruger, Honeydew.

Tel 011 475 4707.

Maan-Vry (08:30-20:00).

Sat (08:30-16:00), Son (09:00-12:00).

Kliniek tye: Maandag (17:00-19:00) en

Sat (09:00-12:00).

Apteker: Stefan Beukes.

Is daar enigiemand wat kan help met /of weet van vervoer vanaf Chancliffe uitbreiding, Muldersdrift of dalk een van die vulstasies op Robert Broom weg tot by Helderkruin Laerskool in die oggende vir Junie maand. Kontak: Elsie op 072 495 2964 of [email protected]

Page 7: Ek het altyd hoop. Al weet ek nie wat die toekoms inhou ...kruiners.co.za/wp-content/uploads/2016/05/Kruiner-Klets-1616.pdf7. OUERS BY KLASSE Ouers moet asseblief eerstens by die kantoor

IS YOUR HOME, FACTORY OR OFFICE IN NEED OF

RESTORATION OR MAINTENANCE? Geratech Construction is a local construction and

maintenance company specialising in: Restorations & Renovations Flooring & Walling Waterproofing Roofing & Ceilings Electrical & Painting

For quality craftsmanship and professional service, contact us today at

082 880 8419 or [email protected]

M & E Modeldskool se

nuwe seisoenkursus-

se begin week van

30 Mei 2017. Dogters

vanaf 3 tot 13 jaar

welkom. Vir meer

inligting kontak

Estelle 084 310 9908.