ek wil ook graag deeltyds werk. ek kom saam met jou.ek wou ook werk hê, net soos jy. jy kan werk as...

8
Ek wil ook ’n werk hê. Ek wil ook graag deeltyds werk. Ek kom saam met jou. Pieter, waarheen gaan jy? Ek gaan werk soek.

Upload: others

Post on 16-Feb-2021

4 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

  • Ek wil ook ’n werk

    hê.

    Ek wil ook graag deeltyds werk. Ek kom saam met jou.

    Pieter, waarheen gaan jy?

    Ek gaan werk soek.

  • Hoe oud is jy? Die Arbeidswet is baie

    streng oor die ure wat jongmense mag werk.

    Ek is 18.

    As jy 18 is, kan jy

    dieselfde ure werk as ’n

    volwassene. Maar omdat

    jy nog minderjarig

    is, het jy jou ouers se toestemming nodig om te kan werk.

    Vertel my van ’n keer toe jy meer

    gedoen het as wat van jou verwag is.

    Verlede jaar het ons kerk ’n konferensie gehou. Hulle het my gevra om die kinders op te pas tydens die konferensie.

    Ek het vir die kinders drie nuwe liedjies geleer en ons het dit aan die einde van die konferensie opgevoer. Almal was baie beïndruk dat ons die liedjies so gou geleer het.

    Ek wil asseblief aansoek doen vir werk by u maatskappy.

    Dankie vir die

    onderhoud. Ons stel jou graag aan.

  • Dit is teen die wet vir kinders van 14 tot 16 om werk te doen wat –• gevaarlik is• hulle sal verhinder om skool toe te gaan of hulle huiswerk te doen• ongesond is, of• hulle fisieke, verstandelike, geestelike, morele of sosiale ontwikkeling sal belemmer.

    Kinders van 14 tot 16 mag ook nie saans van 20:00 tot 07:00 werk nie.

    Dit is ook teen die wet dat kinders van 14 tot 16 –• werk op ’n bouperseel of waar dinamiet geskiet word• ondergronds of in ’n myn werk• in ’n plek werk waar goedere vervaardig word• by ’n kragstasie werk, of • werk waar masjinerie gebou of uitmekaar gehaal word.

    Die staat kan aanpassings maak aan hierdie lys van plekke waar kinders van 14 tot 16 mag werk of nie mag werk nie.

    Ek is 15.

    Wat is jou beste eienskap?

    FEITEB

    LAD

    VINNIGE FANIE FINANSIERING

    Ek wil asseblief

    aansoek doen vir werk by u maatskappy.

    Hoe oud is jy? Die

    Arbeidswet is baie

    streng oor die ure wat jongmense mag werk.

    Kinders van 14 tot 16 mag werk, maar daar is beperkings op waar

    en op hoeveel ure hulle mag werk. Hierdie feiteblad verduidelik wat

    die wet sê. En omdat jy minderjarig is, het jy ook jou ouers se

    toestemming nodig om te mag werk.

    Ek is ’n baie ordelike persoon. Ek hou my goed altyd netjies en

    op hulle plek. Ek sal ’n goeie

    werknemer wees omdat ek ook in my werk baie netjies en

    presies sal wees.

    Dankie vir die

    onderhoud, ons stel jou graag aan.

  • Ek wil asseblief aansoek doen vir werk op u plaas.

    Hoe oud is jy? Die Arbeidswet is baie streng oor die ure wat jongmense mag werk.

    Ek is 10.

    Ek is jammer, maar die

    wet sê dat kinders

    onder 14 nie op ’n plaas of

    enige ander plek mag werk nie.

    Tom, wat doen jy hier?

    Ek wou ook werk hê, net soos jy.

    Jy kan werk as jy ouer is, maar nou moet jy eers op jou skoolwerk

    konsentreer. Ek het nou ’n deeltydse werk, maar ek mag nie saans werk nie. Ek sal net

    Saterdagoggende werk. Dit beteken dat ek ook tyd het om aandag aan

    my skoolwerk te gee. Goeie punte is so belangrik, ons moet hard leer.

  • Reg.

    Nog iemand wat nie

    weet wat die wet sê nie.

    Is jy fluks? Jy moet van 19:00 in die

    aand tot 07:00 in die oggend

    werk, Maandae tot Vrydae.

    Het ek reg gekies?

    Jy hoef nie meer skool toe te gaan nie. Kom werk vir my en dan slaap

    jy in die dag. Ek sal jou N$1 per uur betaal.

    Ek wil asseblief aansoek doen vir werk

    by u maatskappy.

    Ek is 10. Mag ek vir u werk?

    Ja, dis doodreg. Baie jongmense

    werk vir ons.

    Maar dan sal ek mos te moeg wees vir skool.

  • Ek is baie gelukkig met my werk. Ek werk drie

    ure per week. Ek kry ’n

    bietjie geld om goed te koop wat ek

    nodig het. En ek het nog genoeg

    tyd om my huiswerk te doen en te ontspan.

    Ek is baie gelukkig met my werk. Ek werk

    dieselfde ure as my pa en help betaal aan die uitgawes by die huis. Die

    lewe is nou makliker.

    Ek wil graag nuwe stoele vir

    my kantoor koop.Ek wil graag

    aansoek doen om ’n lening.

    Ek is bly ek het nie ’n werk nie. Hierdie huiswerk is moeilik. Ek moet hard leer. En dan kan ek met my pelle speel. Die

    lewe is lekker.

    Moenie vergeet dat jy my nog moet help met huishoudelike

    takies nie.

    Ja, ma.

    Kan ek u help? Kan ek u help?

  • Jy het ’n misdaad gepleeg. Die hof sal jou saak aanhoor. Jy kan beboet word met N$20 000, gevonnis

    word tot vier jaar tronkstraf of beide.

    ARBEID

    SINSPEKTEUR

    Die lewe is baie moeilik. Ek is so ongelukkig. Ek wens ek het nie

    weggeloop van die huis af nie. Ek wens ek was terug by die huis en die skool.

    Kom kinders, werk harder!

    Ek is hier om jou perseel te inspekteer. Jy het jong

    kinders wat vir jou bakstene maak. Dis teen die wet!

  • Die Namibiese grondwet sê dat niemand, ’n kind of volwassene, mag werk as ’n slaaf of gedwing word om te werk nie. Die Grondwet beskerm ook kinders teen uitbuiting. Kinders jonger as 14 mag nie in diens geneem word nie; kinders van 14 tot 16 mag nie werk doen wat gevaarlik is, hulle kan weerhou daarvan om skool te gaan of huiswerk te doen, ongesond is of hulle fisieke, verstandelike, geestelike, morele of sosiale ontwikkeling benadeel nie. Die Arbeidswet volg die bepaling van die Grondwet en brei daarop uit. Die Arbeidswet sê byvoorbeeld dat kinders van 14 tot 16 nie saans na 20:00 of soggens voor 07:00 mag werk nie.

    KINDERARBEID EN WERKSURE

    Kinders jonger as 14 mag nie in diens geneem word nie. Kinders van 14 tot 16 mag in diens geneem word, maar hulle mag nie

    tussen 20:00 en 07:00 werk nie. Gewone werksure geld vir mense van 18 en ouer (45 werksure per

    week en 10 ure oortyd per week word toegelaat).

    WERKSPLEK

    Dit is teen die wet dat kinders van 14 tot 16 – werk op ’n bouperseel of waar dinamiet geskiet word ondergronds of in ’n myn werk in ’n plek werk waar goedere vervaardig word by ’n kragstasie werk, of werk waar masjinerie gebou of uitmekaar gehaal word.

    HET JY... ’n VRAAG ?

    ... ’n OPMERKING?... MEER INLIGTING NODIG?

    KONTAK ONS!SMS: 081-6000098

    E-pos: [email protected]: 088-613693

    Posadres: Posbus 604 Windhoek

    Ons wil graag weet wat jy van hierdie strokiesprent dink.

    Teks: RACHEL COOMERVertaling: LOCHNA MEESERIllustrasies, ontwerp en uitleg: DUDLEY VIALL en PERRI CAPLANProjektoesig: RACHEL COOMER en DIANNE HUBBARDFinansiering: NEDERLANDSE MINISTERIE VAN BUITELANDSE SAKE, MDG3-FONDSDrukwerk: JOHN MEINERT PRINTING (EDMS) BPKUitgewer: GENDER RESEARCH & ADVOCACY PROJECT, LEGAL ASSISTANCE CENTRE, 2010

    Hierdie strokiesprent mag vryelik gekopieer word vir opvoedkundige doeleindes op voorwaarde dat erkenning aan die bron gegee word.’n Elektroniese weergawe van hierdie publikasie is beskikbaar op die LAC-webwerf: www.lac.org.na

    Vir meer inligting oor die arbeidswet of om afskrifte van ons publikasies te kry, kontak gerus die Legal Assistance Centre.