ekonomie graad 12 module 1 - grey college, bloemfontein...ekonomie graad 12 module 1 eenheid 1: die...

13
Ekonomie Graad 12 Module 1 Eenheid 1: Die Ekonomiese Kringloop Aktiwiteit 1 (bladsy 2) 1. Dui aan of die volgende stellings waar of onwaar is: a. Produksiefaktore staan ook as hulpbronne bekend. _____________ b. Totale besteding en totale vraag is gelyk aan mekaar. _____________ 2. Voltooi deur die ontbrekende woord(e) in te vul: a. Die regering bedryf die _______________ sektor. b. Suid-Afrika het ‘n ________________ ekonomie. 3. Kies die korrekte alternatief tussen hakies: a. In die ekonomiese kringloop is besparing ‘n (lekkasie / inspuiting). b. Die vraag na produksiefaktore is ‘n (afgeleide / kunsmatige) vraag. 4. Noem die vier deelnemers in die ekonomiese kringloop: 5. Hoeveel metodes kan ons gebruik om BBP te bereken? Aktiwiteit 2 (bladsy 7) 1. Dui aan of die volgende stellings waar of onwaar is: a. ‘n Studie van mikro-ekonomie fokus op die groottotale-metode. _____________ b. In die markekonomie is dit buitengewoon vir individue om keuses te maak die mark doen dit. _____________

Upload: others

Post on 30-Mar-2021

16 views

Category:

Documents


1 download

TRANSCRIPT

Page 1: Ekonomie Graad 12 Module 1 - Grey College, Bloemfontein...Ekonomie Graad 12 Module 1 Eenheid 1: Die Ekonomiese Kringloop Aktiwiteit 1 (bladsy 2) 1. Dui aan of die volgende stellings

Ekonomie Graad 12 Module 1

Eenheid 1: Die Ekonomiese Kringloop

Aktiwiteit 1 (bladsy 2)

1. Dui aan of die volgende stellings waar of onwaar is:

a. Produksiefaktore staan ook as hulpbronne bekend. _____________

b. Totale besteding en totale vraag is gelyk aan mekaar. _____________

2. Voltooi deur die ontbrekende woord(e) in te vul:

a. Die regering bedryf die _______________ sektor.

b. Suid-Afrika het ‘n ________________ ekonomie.

3. Kies die korrekte alternatief tussen hakies:

a. In die ekonomiese kringloop is besparing ‘n (lekkasie / inspuiting).

b. Die vraag na produksiefaktore is ‘n (afgeleide / kunsmatige) vraag.

4. Noem die vier deelnemers in die ekonomiese kringloop:

5. Hoeveel metodes kan ons gebruik om BBP te bereken?

Aktiwiteit 2 (bladsy 7)

1. Dui aan of die volgende stellings waar of onwaar is:

a. ‘n Studie van mikro-ekonomie fokus op die groottotale-metode. _____________

b. In die markekonomie is dit buitengewoon vir individue om keuses te maak – die mark

doen dit. _____________

Page 2: Ekonomie Graad 12 Module 1 - Grey College, Bloemfontein...Ekonomie Graad 12 Module 1 Eenheid 1: Die Ekonomiese Kringloop Aktiwiteit 1 (bladsy 2) 1. Dui aan of die volgende stellings

2. Voltooi deur die ontbrekende woord(e) in te vul:

a. Regerings voorsien _______________ goedere en dienste.

b. Lekkasies word ook ________________ genoem.

3. Kies die korrekte alternatief tussen hakies:

a. Goedere en dienste word in die (produkte- / hulpbronne-) mark verkoop.

b. Reële en geldvloeie beweeg in (dieselfde / teenoorgestelde) rigtings.

4. Noem die hoofelemente van lekkasies en inspuitings in die ekonomiese kringloop:

5. Wat word bedoel wanneer ons sê dat mense wat keuses maak met “trade-offs” te doen het?

Ignoreer Aktiwiteit 3 (bladsy 7)

Aktiwiteit 4 (bladsy 10)

1. Dui aan of die volgende stellings waar of onwaar is:

a. Die totale bestedingskurwe (AE) het ‘n opwaartse helling van links na regs.

_____________

b. Die hoofdoelwit van besighede is om totale vraag te bevredig. _____________

2. Voltooi deur die ontbrekende woord(e) in te vul:

a. Die mark vir korttermynbesparings en –lenings staan bekend as die __________ mark.

b. Gewone aandele in ‘n sakeonderneming verdien ________________ .

3. Kies die korrekte alternatief tussen hakies:

a. Die Johannesburgse Effektebeurs (JSE) is ‘n sleutelinstelling in die (kapitaal- / geld-)

mark.

b. Die produksiefaktore word op die (produkte- / hulpbronne-) mark verkoop.

Page 3: Ekonomie Graad 12 Module 1 - Grey College, Bloemfontein...Ekonomie Graad 12 Module 1 Eenheid 1: Die Ekonomiese Kringloop Aktiwiteit 1 (bladsy 2) 1. Dui aan of die volgende stellings

4. Noem enige vier soorte sekuriteite wat in die gesofistikeerde afdeling van die geldmark

verhandel word:

5. Wat is die drie belangrikste reële vloei elemente in die ekonomie?

Ignoreer Aktiwiteit 5 (bladsy 10)

Aktiwiteit 6 (bladsy 15)

1. Dui aan of die volgende stellings waar of onwaar is:

a. Makro-ekonomiese meting is dieselfde as rekeningkunde in die private sektor.

_____________

b. BNI ignoreer die inkome van Suid-Afrikaners in die buiteland. _____________

2. Voltooi deur die ontbrekende woord(e) in te vul:

a. BNI meet _______________ inkomes.

b. Basiese pryse is ________________ pryse.

3. Kies die korrekte alternatief tussen hakies:

a. BBP is gelyk aan (BNI / BNB).

b. Die belasting wat van maandelikse inkome afgetrek word, word (SIBW / LBS) genoem.

4. Gee die formule vir besteding aan BBP:

5. Verduidelik primêre inkome:

Ignoreer Aktiwiteit 7 (bladsy 16)

Page 4: Ekonomie Graad 12 Module 1 - Grey College, Bloemfontein...Ekonomie Graad 12 Module 1 Eenheid 1: Die Ekonomiese Kringloop Aktiwiteit 1 (bladsy 2) 1. Dui aan of die volgende stellings

Aktiwiteit 8 (bladsy 18)

Bestudeer die onderstaande gevallestudie en doen die aktiwiteite:

Veronderstel ‘n ekonomie is oorspronklik in ewewig: Y = R 100 miljard, S = R 40 miljard en I = R 40

miljard. Veronderstel verder dat investering (I) vanaf R 40 miljard tot R 50 miljard toeneem as gevolg

van ‘n toename in infrastruktuurontwikkeling en die bou van huise.

Veronderstel verder dat die inkome van diegene wat by hierdie aktiwiteite betrokke is, met R 10 miljard

styg. Indien die besparingspatrone van die gemeenskap dieselfde bly – byvoorbeeld hulle spaar steeds 0,4

(R 40 m ÷ R 100 m) van hul inkome – sal hulle R 6 miljard van hierdie addisionele inkome bestee en R 4

miljard daarvan spaar.

Dit is egter nie die einde van die proses nie. Die ontvangers van hierdie ekstra besteding sal addisionele

inkome van R 6 miljard hê. Hulle sal R 3,6 miljard van hierdie inkome bestee en R 2,4 miljard spaar,

en so sal dit aanhou. Die aanvanklike toename in die koers van investering (I) sal ‘n reeks rondtes van

besteding en besparing tot gevolg hê.

Die totale inkome en totale besteding sal geleidelik toeneem, en by elke rondte sal die toename kleiner en

kleiner word totdat dit onmeetbaar klein is. Die reeks lyk soos volg:

Toename in inkome: R 10 miljard + R 6 miljard + R 3,6 miljard + R 2,16 miljard ++++

Toename in besparing: R 4 miljard + R 2,4 miljard + R 1,44 miljard + R 0,864 miljard ++++

Die toename in I veroorsaak dat inkome styg totdat S weereens gelyk aan I is. In hierdie proses sal inkome

toeneem totdat dit op R 125 miljard te staan kom (byvoorbeeld 1 ÷ 0,4 = 2,5 x R 50 miljard). Teen hierdie

inkome sal die ekonomie weereens in ewewig wees, met S = R 50 miljard en I – R 50 miljard (R 125 miljard

x 0,4).

Hierdie verduideliking toon dat die vermenigvuldiger bereken kan word na die verandering in inkome wat

plaasvind as gevolg van ‘n verandering in die inspuiting (I in hierdie geval). Die vermenigvuldiger word verkry

deur die verandering in die inspuiting (wat in hierdie geval investering is) te deel, byvoorbeeld ΔY ÷ ΔI,

dus R 25 miljard ÷ R 10 miljard = 2,5 = a (vermenigvuldiger). Dit kan ook gestel word as ΔY ÷ ΔJ

(Inspuiting).

1. Wat word met die term “ewewig” in hierdie gevallestudie bedoel?

2. Skets die betekenis van infrastruktuur – gee voorbeelde:

3. Watter deelnemer in die ekonomiese kringloop is verantwoordelik vir die meeste fisiese

infrastruktuur in die ekonomie? Watter simbool dui sulke besteding aan?

4. Watter inspuitings en lekkasies word nie in die gevallestudie genoem nie?

Page 5: Ekonomie Graad 12 Module 1 - Grey College, Bloemfontein...Ekonomie Graad 12 Module 1 Eenheid 1: Die Ekonomiese Kringloop Aktiwiteit 1 (bladsy 2) 1. Dui aan of die volgende stellings

5. Bereken nog vier skakels in elk van die Y- en S-reekse:

6. Bereken die waarde van a indien:

a.) S = R 50 miljard

b.) S = R 20 miljard

7. Wat neem jy waar uit jou berekeninge in no.6? Verduidelik:

Aktiwiteit 9 (bladsy 21)

1. Dui aan of die volgende stellings waar of onwaar is:

a. Die vermenigvuldiger in makro-ekonomie is ‘n persentasie. _________

b. Die mvg = msg. _________

2. Voltooi deur die ontbrekende woord(e) in te vul:

a. Empiriese bewyse dui daarop dat die mvg afneem namate _______________ styg.

b. msg + mbk + mmg is ____________________.

3. Kies die korrekte alternatief in hakies:

a. Namate ‘n ekonomie meer welvarend word, bestee mense ‘n (groter / kleiner) gedeelte

van hul inkomste aan verbruik .

b. Die vermenigvuldiger is (groter / kleiner) as 1 in die geval van netto lekkasies.

4. Gee die definisie van die vermenigvuldigingseffek:

5. Verduidelik die spaarsinparadoks:

Page 6: Ekonomie Graad 12 Module 1 - Grey College, Bloemfontein...Ekonomie Graad 12 Module 1 Eenheid 1: Die Ekonomiese Kringloop Aktiwiteit 1 (bladsy 2) 1. Dui aan of die volgende stellings

Aktiwiteit 10 (bladsy 21)

1. Wat sal die uitwerking van ‘n toename in die marginale invoergeneigdheid op die grootte van

die vermenigvuldiger wees? Motiveer jou antwoord:

2. In ‘n tweesektor-ekonomie, msg van 0,2 met I = R 5 000 miljoen en Y = R 25 000 miljoen:

a.) Gestel investering bly konstant, wat is die ewewigsvlak van spaar, en wat is die waarde van die vermenigvuldiger?

b.) Indien investering met R 100 miljoen sou styg, wat sal die nuwe ewewigsvlak van inkome wees?

Page 7: Ekonomie Graad 12 Module 1 - Grey College, Bloemfontein...Ekonomie Graad 12 Module 1 Eenheid 1: Die Ekonomiese Kringloop Aktiwiteit 1 (bladsy 2) 1. Dui aan of die volgende stellings

Eenheid 1: Eenheidsassessering (Bladsy 22 tot 25)

1. Ignoreer hierdie vraag

2. Ignoreer hierdie vraag

3. Beantwoord die volgende meerkeusige vrae:

a. Die konsep wat verduidelik hoe veranderings in investering, veranderinge in nasionale

inkome teweegbring, staan bekend as die ...

i. vaartversneller

ii. verbruiksfunksie

iii. vermenigvuldiger

iv. spekulatiewe vraag na geld

b. As ‘n land se marginale besparingsgeneigdheid van 0,1, ‘n marginale belastingkoers van

0,1 en ‘n marginale invoergeneigdheid van 0,2 het, is die waarde van die vermenigvuldiger

...........

i. 0,4

ii. 0,6

iii. 1,67

iv. 2,5

c. ‘n Ekonomie funksioneer onder sy volle indiensnemingsvlak. Wat sal die effek op nasionale

inkome wees as verbruikers besluit om ‘n groter gedeelte van hul inkomste te bestee?

i. Dit verlaag.

ii. Dit bly onveranderd.

iii. Dit neem toe met ‘n meervoudige bedrag.

iv. Dit neem toe met die bedrag waarmee die verbruik styg.

d. Die moontlikheid dat ‘n toename in die besparingsgeneigdheid die peil van totale

besparings verminder, verwys na die ...................

i. Giffen-paradoks

ii. spaarsinparadoks

iii. grensbesparingsgeneigdheid

iv. verbruikersfunksie

e. In ‘n tweesektor ekonomiese kringloop-model is ...........

i. verbruikers die verskaffers van produkte

ii. faktormarkte verskaffers van produkte

iii. verbruikers die vraers na produktiewe hulpbronne

iv. besighede aanbieders van produkte

f. As I + G + X > S + T + M is, sal nasionale inkome ...........

i. afneem

ii. toeneem

iii. onveranderd bly

iv. gelyk wees aan besteebare inkome

4. Ignoreer hierdie vraag

Page 8: Ekonomie Graad 12 Module 1 - Grey College, Bloemfontein...Ekonomie Graad 12 Module 1 Eenheid 1: Die Ekonomiese Kringloop Aktiwiteit 1 (bladsy 2) 1. Dui aan of die volgende stellings

5. Pas die frase in Kolom A by die begrippe in Kolom B:

Kolom A Antwoord Kolom B

a Die vlak van reële produksie wat by enige moontlike prysvlak aangekoop sal word

A Die ekonomiese kringloop

b Vereenvoudig die wisselwerking tussen makro-ekonomiese aktiwiteite

B msg

c Voorkom lekkasies en voorsien inspuitings

C Totale vraag

d ‘n Sistematiese en omvattende rekord van nasionale ekonomiese aktiwiteit

D Finansiële instellings

e Die gedeelte van ‘n ekstra rand inkome wat eerder bestee as gespaar word

E outonome

f Investerings (I) is in wese ....

F afgeleide

G Nasionale rekeninge

H mvg

6. Beantwoord die volgende vrae kortliks:

a. Gee ‘n volledige definisie van Ekonomie:

b. Lees die uittreksel en doen die volgende aktiwiteite:

Behoeftes is relatief. Armoede in Suid-Afrika, waar die reële per capita inkome

R 46 080 in 2009 was, verskil van armoede in Liberië waar dit R 2 040 was, en in die

Verenigde Koninkryk (VK) waar dit R 114 256 was.

i. Verduidelik wat “behoeftes is relatief” beteken:

ii. In watter een van die drie lande het verbruikers groter keuses?

iii. Verduidelik die doeltreffendheidsvereiste in die definisie van ekonomie:

iv. Identifiseer die term wat gebruik word indien daar meer as een opsie is om ‘n behoefte te bevredig:

Page 9: Ekonomie Graad 12 Module 1 - Grey College, Bloemfontein...Ekonomie Graad 12 Module 1 Eenheid 1: Die Ekonomiese Kringloop Aktiwiteit 1 (bladsy 2) 1. Dui aan of die volgende stellings

c. Vergelyk die sektore van ‘n viersektor ekonomiese kringloop-model:

d. Kyk na die volgende figuur wat die dinamika van die makro-ekonomie uitbeeld en voltooi

die Romeinse syfers se besonderhede van i tot v:

i

ii

E1

v iii

E

0 Y Y1

iv

i.

ii.

iii.

iv.

v.

e. Lees die voorbeelde van transaksies wat ‘n effek op lekkasies en inspuitings sal hê. En

verduidelik hoe die betrokke veranderlike geraak sal word:

i. ‘n Opname toon ‘n daling in vertroue van Suid-Afrikaanse sakeondernemings:

ii. ‘n Eiendomsopname het getoon dat huispryse waarskynlik gaan daal:

iii. Die openbare sektor-vakbond kry ‘n loonverhoging van 6%:

iv. Die rand se waarde daal met 2% teenoor die dollar:

Page 10: Ekonomie Graad 12 Module 1 - Grey College, Bloemfontein...Ekonomie Graad 12 Module 1 Eenheid 1: Die Ekonomiese Kringloop Aktiwiteit 1 (bladsy 2) 1. Dui aan of die volgende stellings

f. Lees die voorbeelde van transaksies wat met die ekonomiese kringloop verband hou, en

verduidelik die betrokke vloei deur die waarskynlike mark:

i. Die skoolgelde wat ouers per jaar of in korter tydperke betaal:

ii. Die elektroniese oorplasing wat ‘n invoerder by ‘n plaaslike bank doen:

iii. Die onderrigdienste van die onderwysers:

iv. Die transaksies van die KOD:

v. Verhandeling op die JSE:

g. Lees die uittreksel en doen dit aktiwiteite:

Suid-Afrika se nasionale rekeninge word elke kwartaal deur die SARB bygewerk en

vrygestel.

i. Skakel BWT om na besteding aan BBP teen markpryse:

ii. Sit BBB om na besteding aan BBP teen markpryse:

iii. Verduidelik hoe bruto syfers in nasionale rekeninge na netto syfers omgeskakel word:

h. Kontrasteer nasionaal en binnelands soos dit in die syfers van die nasionale rekeninge

gebruik word:

Page 11: Ekonomie Graad 12 Module 1 - Grey College, Bloemfontein...Ekonomie Graad 12 Module 1 Eenheid 1: Die Ekonomiese Kringloop Aktiwiteit 1 (bladsy 2) 1. Dui aan of die volgende stellings

i. Lees die uittreksel en beantwoord die vrae:

Die meting van makro-ekonomiese groothede het baie te doen met die pryse wat ons

gebruik. Eindwaardes verskil as gevolg van die pryse wat gebruik word.

Identifiseer die pryse wat met elkeen van die volgende geassosieer word:

i. Pryse in kleinhandelswinkels:

ii. Pryse van insette voordat die fabriek begin produseer:

iii. Pryse aan die einde van die produksieproses:

iv. Huidige pryse:

v. Konstante pryse:

j. Definieer die vermenigvuldiger in nasionale inkome en verduidelik deur ‘n voorbeeld te

gebruik:

k. Definieer en verduidelik die vermenigvuldigingseffek:

l. Bestudeer figuur 1.10. op bladsy 25. Dit toon dat ‘n styging van R 0,5 miljard in outonome

investering ‘n toename van R 2 miljard in ewewigsbesteding veroorsaak. Doen die

volgende aktiwiteite:

i. Op watter vlak van inkome het die proses begin?

Page 12: Ekonomie Graad 12 Module 1 - Grey College, Bloemfontein...Ekonomie Graad 12 Module 1 Eenheid 1: Die Ekonomiese Kringloop Aktiwiteit 1 (bladsy 2) 1. Dui aan of die volgende stellings

ii. Wat is die effek op AE by hierdie punt?

iii. Waar eindig die proses?

iv. Bereken die vermenigvuldiger. Toon die besonderhede:

m. Lees die uittreksel en beantwoord die vrae:

Outonome besteding (dit is nie ‘n afgeleide, soos voorraad wat daal nie) het met R 0,5

miljard gestyg. Die mvg is 0,75.

Skryf Romeinse syfers i tot v neer en die styging in inkome van die eerste tot die vyfde rondte

langs elkeen neer:

i.

ii.

iii.

iv.

v.

n. Ignoreer – kan rofweg in klas doen.

o. Lees die probleem en beantwoord die vrae:

In ‘n ekonomie is msg 0,1, mbk is 0,1 en mmg is 0,2. BBI is R 300 miljard. Die regering

verhoog sy besteding met R 6 miljard en probeer om die deflasionêre gaping (‘n tekort

aan besteding wat veroorsaak dat hulpbronne – soos arbeid – nie benut word nie) van

R 20 miljard te vernou.

i. Gee die formule en bereken die waarde van die vermenigvuldiger:

ii. Bereken die styging in E:

iii. Verduidelik of die regering daarin geslaag het om die deflasionêre gaping te vernou:

p. Gee die twee formules vir die vermenigvuldiger en verduidelik die redes vir hulle bestaan:

Page 13: Ekonomie Graad 12 Module 1 - Grey College, Bloemfontein...Ekonomie Graad 12 Module 1 Eenheid 1: Die Ekonomiese Kringloop Aktiwiteit 1 (bladsy 2) 1. Dui aan of die volgende stellings