ekonomiese en bestuurswetenskappe - christelike biblioteek · dit is vir ‘n mens baie moeilik om...

15
62 Ekonomiese en Bestuurswetenskappe 17. Behoeftes en begeertes Ons het reeds in gr. 4 geleer van behoeftes en begeertes. Jy weet reeds dat: ‘n Behoefte iets is wat jy so nodig het dat jy nie daarsonder kan klaarkom nie ‘n Begeerte iets is wat jy graag wil hê, al kan jy daarsonder klaarkom. Behoeftes is onder meer: skuiling. Dit is vir ‘n mens baie moeilik om aan enigiets anders te dink as jy honger of dors is, of koud kry omdat jy nie ‘n huis of goeie klere het nie. 2. Veiligheidsbehoeftes Die behoefte om veilig te voel en beskerm te word, word gesien as die tweede belangrikste behoefte. 3. Mens-tot-mens of sosiale behoeftes Hieronder val ‘n mens se behoefte aan liefde en aanvaarding, om iewers te behoort of in ‘n groep aanvaar te word. 4. Behoefte aan waardering Elke mens wil graag dinge bereik wat goed is in ander mense se oë en waarop hyself ook trots kan wees. 5. Behoefte om jou heel beste moontlikhede te bereik Mense wat uit hulle eie werk en altyd hulle heel beste lewer. Soms is hierdie mense ook welgesteld (omdat hulle hard gewerk het) en kan hulle lekker ontspan met luukse vermaak (begeertes). As Christene moet ons onthou dat ons behoeftes altyd in diens van die Here moet staan. As ons deur ‘n Christelike bril na hierdie lys behoeftes kyk, kan ons die volgende sê: • Ons weet dat die Here vir ons basiese behoeftes (soos voedsel en klere) sorg. Die Bybel leer ons dat selfs hierdie basiese behoeftes vir ons nie belangriker as God en sy woord mag wees nie. Die Here Jesus self het vir ons ‘n voorbeeld gestel toe die duiwel Hom wou versoek toe Hy honger in die woestyn was en Hy vir die duiwel gesê het dat die Woord belangriker as voedsel is. • Ons weet dat die Here ons ook beskerm en liefhet. Hy verwag ook van ons om Hom en ons medemens lief te hê. Dit word vir ons geleer in die liefdesgebod, wat ‘n opsomming van die Tien Gebooie is. As Christene dink ons nie eerste aan onsself nie, maar eerste aan God en ons medemens. • Dit is goed om goeie werke te doen en jou beste te lewer, maar dit moet altyd

Upload: doandung

Post on 22-Mar-2019

216 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

62

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

17. Behoeftes en begeertes

Ons het reeds in gr. 4 geleer van behoeftes en begeertes. Jy weet reeds dat:‘n Behoefte iets is wat jy so nodig het dat jy nie daarsonder kan klaarkom nie‘n Begeerte iets is wat jy graag wil hê, al kan jy daarsonder klaarkom.

Behoeftes is onder meer:

skuiling.Dit is vir ‘n mens baie moeilik om aan enigiets anders te dink as jy honger of dors is, of koud kry omdat jy nie ‘n huis of goeie klere het nie.

2. VeiligheidsbehoeftesDie behoefte om veilig te voel en beskerm te word, word gesien as die tweede belangrikste behoefte.

3. Mens-tot-mens of sosiale behoeftesHieronder val ‘n mens se behoefte aan liefde en aanvaarding, om iewers te behoort of in ‘n groep aanvaar te word.

4. Behoefte aan waarderingElke mens wil graag dinge bereik wat goed is in ander mense se oë en waarop hyself ook trots kan wees.

5. Behoefte om jou heel beste moontlikhede te bereik Mense wat uit hulle eie werk en altyd hulle heel beste lewer. Soms is hierdie mense ook welgesteld (omdat hulle hard gewerk het) en kan hulle lekker ontspan met luukse vermaak (begeertes).

As Christene moet ons onthou dat ons behoeftes altyd in diens van die Here moet staan. As ons deur ‘n Christelike bril na hierdie lys behoeftes kyk, kan ons die volgende sê:• Ons weet dat die Here vir ons basiese behoeftes (soos voedsel en klere) sorg. Die

Bybel leer ons dat selfs hierdie basiese behoeftes vir ons nie belangriker as God en sy woord mag wees nie. Die Here Jesus self het vir ons ‘n voorbeeld gestel toe die duiwel Hom wou versoek toe Hy honger in die woestyn was en Hy vir die duiwel gesê het dat die Woord belangriker as voedsel is.

• Ons weet dat die Here ons ook beskerm en liefhet. Hy verwag ook van ons om Hom en ons medemens lief te hê. Dit word vir ons geleer in die liefdesgebod, wat ‘n opsomming van die Tien Gebooie is. As Christene dink ons nie eerste aan onsself nie, maar eerste aan God en ons medemens.

• Dit is goed om goeie werke te doen en jou beste te lewer, maar dit moet altyd

••

63

om die regte redes gedoen word, naamlik tot eer van die Here. As jou eie eer die belangrikste word, word jy jou eie afgod en dien jy jouself in plaas van die Here.

Die Here ken ons behoeftes en gee ook in die Bybel erkenning daaraan dat sommige behoeftes vir ons, sondige mense, dringender as ander is. Daarom leer Hy ons ook dat dit nie sal help om vir arm mense te sê: “Word gevoed, word warm” nie. Ons moet iets doen om hulle in hulle nood te help.

Dit is interessant om te sien hoe die advertensiewêreld hierdie verskillende soorte behoeftes gebruik om hulle produkte te bemark.

Advertensies wat ons lus maak vir ‘n smaaklike hamburger of ‘n yskoue koeldrank, is

waarin gepraat word van die bril se beskerming teen ultravioletbestraling, is weer op die veiligheidsbehoefte gemik.

Sosiale of mens-tot-mens behoeftes word aangespreek deur advertensies wat jou laat dink dat almal van jou sal hou as jy hierdie produk koop, soos spuitgoed wat dames of mans lekker laat ruik. Sommige deftige klere word so geadverteer dat mense voel hulle sal selfrespek hê (en respek van ander kry) as hulle dit aantrek. Dan is daar advertensies wat ‘n mens laat dink dat net die suksesvolste en die rykste mense ‘n sekere produk sal gebruik, soos baie duur parfuum of ‘n sekere soort sigaret.

Jy het seker al agtergekom dat die advertensiemense slim genoeg is om mense se behoeftes in begeertes te laat verander. As jy honger is, maak ‘n hamburgeradvertensie jou darem baie lus daarvoor, maar eintlik sou ‘n gewone toebroodjie sekerlik ook jou honger gestil het.

As ‘n mens jou produk wil verkoop, moet jy dink aan jou kopers se behoeftes, anders sal jy nie suksesvol wees nie. Vir die Christen-entrepreneur is die volgende belangrik:

Terwyl ‘n oulike en slim advertensie mense lus maak om jou produk te koop, moet alles wat jy daarin skryf die waarheid wees en die mense nie mislei nie.

Sigarette veroorsaak dodelike kanker en verswak jou longe

64

‘n Christen behoort nie ‘n advertensie so te maak dat dit bots met dit wat hy as gelowige glo nie.‘n Christen is altyd eerbaar, kom sy beloftes na en sorg dat sy pryse billik, sy produk van die beste en sy diens baie goed is. Goeie werk (tot eer van die Here) is beter as die slimste advertensie.

Ons word lus vir die koekies en koop bakpoeier om ons eie koekies mee te bak

Ons wil almal beskerm word teen ‘n gejeuk en gebrand. Hierdie advertensie is gemik op

ons behoefte om lekker te voel

65

18. Die ekonomiese siklus en die regering se rol daarin

18.1 Wat is die ekonomiese siklus?

‘n Siklus is iets wat al in die rondte loop en elke keer weer begin. Die waterkringloop is ‘n voorbeeld van ‘n siklus uit die natuur. So kry ons in die ekonomie ook ‘n siklus, wat oral gesien kan word waar met geld gewerk word. Dit lyk so:

Eers maak jy ‘n produk of lewer ‘n diens (produksie). Jy kry geld as jy die produk of diens verkoop (inkomste). Dan gee jy weer die geld uit wat jy verdien het (besteding). Voor jou geld heeltemal opraak, moet jy natuurlik weer ‘n nuwe produk of diens lewer en dan begin alles weer van voor.

Kom ons kyk na ‘n eenvoudige voorbeeld:

Dewald was elke week sy pa se motor (‘n diens) om sakgeld te verdien. Sy pa betaal hom R20 wanneer hy die motor was (inkomste). Dewald gebruik hierdie geld om vir hom lekkers te koop (besteding). Omdat sy geld op is, moet hy weer sy pa se motor was vir ‘n inkomste.

Hierdie siklus kan jy ook sien in julle huis waar jou ma en pa elke maand hard werk (produksie) en ‘n salaris verdien (inkomste). Dan moet hulle kos koop, die huis, water en elektrisiteit, ensovoorts, betaal (besteding).

Produksie

Besteding Inkomste

(Maak ‘n produk om te verkoop of lewer ‘n

diens vir geld)

Kry geldGee die geld uit

66

‘n Land se ekonomie kan net gesond wees as die ekonomiese siklus goed werk.

18.2 Wat moet die regering van ‘n land doen om die land se ekonomiese siklus oral goed te laat werk?

Wet en orde

Die regering moet sorg dat daar goeie wette in die land is en dat die polisie en ander veiligheidsmagte die orde handhaaf. Die regering moet ook sorg dat daar ‘n regverdige regstelsel is. Misdaad en korrupsie kan ‘n siklus vernietig.

Ekonomiese reëls

Die regering maak reëls wat sorg dat besighede aan sekere vereistes moet voldoen. Fabrieke en besighede wat met voedsel werk, moet skoon en higiënies wees. Die regering sorg ook dat daar altyd gesonde mededinging tussen ondernemings is sodat pryse nie onnodig hoog word nie.

‘n Rustige land en omgewing

Die regering moet so regeer dat daar vrede en rus in die land is. In lande waar politieke onrus of oorlog is, verswak die ekonomie dadelik, geld en noodsaaklike middele word skaars en almal kry swaar.

Voorbeelde hiervan is goeie paaie en watervoorsiening. As sulke dienste swak is, sal die hele ekonomie ook verswak, want besighede sal nie goeie diens kan lewer nie.

67

Subsidies en pensioene

Die regering help om sekere produkte, byvoorbeeld brood, goedkoper te maak sodat arm mense dit kan bekostig. Bakkerye moet geld kry van die staat om dit moontlik te maak. Hierdie geld noem ons ‘n subsidie. Mense wat te oud of sieklik is om te werk, kan by die staat pensioen kry. Dit help hulle om aan die lewe te bly.

18.3 Belasting

Wat is belasting?

Belasting is geld wat die inwoners van ‘n land aan die regering moet betaal.

Waarom is belasting nodig?

Die regering van ‘n land moet die inwoners op allerhande maniere tot diens wees. Van hierdie dienste is die volgende:

Sosiale dienste soos onderwys, gesondheid en behuising.Beskermingsdienste soos polisie en gevangenisdienste.Ekonomiese dienste soos brandstof en energie, vervoer en kommunikasie, watervoorsiening en nywerheidsgebiede, water en landbou.

‘n Land se mense kan nie sonder hierdie dienste klaarkom nie, maar dit kos geld om hierdie dienste aan die gang te hou. Die regering kry ‘n groot deel van die geld wat hy vir hierdie dienste nodig het, uit belasting.

18.3.3 Soorte belasting

Daar is baie soorte belasting maar ons gaan in gr. 5 net leer van drie soorte: BTW, inkomstebelasting en eiendomsbelasting.

BTW

BTW is ‘n soort belasting wat almal betaal sonder dat ons dit besef. BTW is ‘n afkorting wat beteken “belasting op toegevoegde waarde”. Dit is 14% van die prys van enigiets wat jy koop, is BTW en moet aan die regering oorbetaal word.As jy ‘n trui van R100 koop, is die ware prys van die trui dus eintlik R86, maar R14

•••

68

word by die prys gevoeg sodat jy R100 betaal. Daardie R14 is nie die winkel s’n nie. Die winkel moet dit aan die regering oorbetaal. Sommige basiese voedselsoorte, soos groente en brood, is vrygestel van BTW sodat dit vir arm mense ‘n bietjie goedkoper kan wees.

Inkomstebelasting

Enigiemand wat werk en geld verdien, moet ‘n deel van sy geld aan die regering gee. Dit geld vir werkers maar ook vir maatskappye. Ons praat van persoonlike inkomstebelasting en maatskappybelasting.

Persoonlike inkomstebelasting

Persoonlike inkomstebelasting is nie dieselfde vir almal nie. Hoe meer geld jy verdien, hoe meer inkomstebelasting moet jy betaal. Byvoorbeeld: Persoon A verdien R100 000 per jaar en moet 30% van sy inkomste aan belasting betaal. Persoon B verdien R50 000 per jaar en hy moet 18% van sy inkomste betaal vir belasting. Mense wat baie min verdien, hoef glad nie inkomstebelasting te betaal nie, want anders sal hulle nie genoeg hê om van te lewe nie.

Al word die inkomstebelasting elke maand direk van jou salaris afgetrek, kan jy tog weer later daarvan terugkry. As jy kan bewys watter onkoste jy moes aangaan om jou salaris te verdien, kan jy daardie onkoste van jou belasbare inkomste aftrek. So kan jy uitwerk hoeveel dit jou kos om vir die werk rond te ry en daardie reiskoste mag jy terugeis. Daar is ook nog ander dinge wat jy van die belastinggaarder mag terugeis, byvoorbeeld ‘n gesin wat ‘n gestremde kind het, mag die mediese koste van die gestremde kind van hulle belasbare inkomste aftrek.

Elke jaar moet ‘n mens belastingvorms invul om al hierdie somme te maak. Dit is glad nie so maklik nie en die meeste mense vra kenners se hulp om hierdie vorms op die regte manier in te vul. As ‘n mens kul, kan jy ‘n groot boete kry of selfs in die tronk beland.

69

Maatskappybelasting

Alle maatskappye moet ‘n vasgestelde persentasie van hulle wins aan die staat betaal. Hierdie soort belasting word anders bereken as persoonlike inkomstebelasting. Groot maatskappye wat baie geld verdien, betaal dieselfde persentasie belasting as klein maatskappye wat minder verdien. Baie klein ondernemings betaal minder.

Eiendomsbelasting

‘n Mens moet belasting betaal op elke eiendom (soos ‘n huis of ‘n erf) wat jy besit. Hoe meer jou eiendom werd is, hoe meer belasting moet jy betaal. ‘n Persoon wat ‘n groot en deftige huis in ‘n baie goeie woonbuurt het, moet dus meer belasting op sy eiendom betaal as ‘n persoon wat ‘n klein huisie in ‘n swak woondeel besit.

Die Christen en belasting

As jy ‘n Christen is, maar die regering is nie Christelik nie en doen dinge waarmee jy nie saamstem nie, moet jy dan belasting betaal?Die antwoord is: Ja! Die dissipels het dieselfde vraag vir die Here Jesus gevra. Die Romeinse regering was ‘n heidense regering en het die Christene laat swaarkry. Maar Jesus het ‘n muntstuk geneem en vir sy dissipels gevra: Wie se beeld is op hierdie muntstuk? Toe hulle antwoord: “Die keiser s’n”, het Hy gesê: “Betaal aan die keiser wat die keiser toekom en aan God wat Hom toekom.”

Ons moet dus ons belasting getrou en eerlik betaal, omdat die Here dit van ons eis. Hy het die regering oor ons aangestel en ons moet ons pligte nakom.

70

19. Die ontwikkeling van ons land se ekonomie

19.1 Ontwikkelde en ontwikkelende lande

Alle lande in die wêreld se ekonomieë is nie ewe goed ontwikkel nie. Ons praat van ontwikkelde lande en ontwikkelende lande. Ontwikkelde lande is lande soos die VSA en baie Europese lande. Dit is ryk lande met goeie ekonomieë, met baie fabrieke en

lande is lande waar die land en sy mense arm is, eenvoudig lewe en sukkel om ‘n bestaan te maak. Baie Afrikalande is ontwikkelende lande.

Ons land word dikwels nog beskou as ‘n ontwikkelende land omdat hier baie arm mense is. Tog is ons darem nie so sleg af as baie arm lande nie, want ons het groot stede met goeie fabrieke, myne en besighede en baie mense in ons land leef net so

19.2 Fases van ontwikkeling in ons land se ekonomie

Landbou is die belangrikste: van jagter-versamelaars tot bestaansboerdery en kommersiële boerdery.

Die heel eerste gemeenskappe in ons land (die San en die swartmense) het nie geld gebruik nie. Die San was jagter-versamelaars wat vir hulself gesorg het met dit wat hulle in die natuur kon vind. Die swartmense was bestaansboere wat net genoeg vee, graan en groente gehad het om hulself te versorg. Ruilhandel het wel al van vroeg af bestaan. Ons het reeds geleer hoe Jan van Riebeeck vee van die plaaslike inwoners gekry het deur middel van ruilhandel.

In die tyd van Jan van Riebeeck begin kommersiële boerdery in ons land toe die Vryburgers hul eie plasies kry en hul produkte aan die HOIK verkoop.

Boerdery Rotstekening van jagters

‘n Span osse trek ‘n wa deur ‘n drif

71

Mynbou

Die ontdekking van dia-mante in die Noord-Kaap (1866) en goud aan die Witwatersrand (1886) het ‘n groot inspuiting aan ons land se ekonomie gegee. Honder-de immigrante het die land binnegestroom. Spoorlyne en beter paaie is gebou. Beter kommunikasiemiddels (posdiens, telegraaf en telefone) het noodsaaklik geword. Baie dorpe en stede word gestig.

Vervaardigingsnywerhede

Tydens die Tweede Wêreldoorlog het Suid-Afrikaners as gevolg van die tekort aan vervaardigde goedere hul eie goedere begin produseer. Meer fabrieke is gebou en plaaslike produkte was gou goed genoeg om uit te voer. Een voorbeeld is die Yster- en Staalkorporasie van Suid-Afrika (Yskor) wat in 1928 in Pretoria gestig is. Tien jaar later het sy produksie reeds verdubbel en is yster en staal vir wapens vervaardig. ‘n Tweede aanleg is in 1950 in Vanderbijlpark langs die Vaalrivier geopen en in die jare sewentig is ‘n derde aanleg by Newcastle in Natal gebou. Yskor is in 1990 geprivatiseer. Dit beteken dat dit nie meer deur die staat beheer word nie.

Fabrieke moet binne bereik van grondstowwe, masjinerie, toerusting, verpakkingsmateriaal, arbeid, water en vervoermiddele soos paaie, spoorweë en hawens wees. Fabrieke lei dus tot nog meer nuwe ontwikkeling, wat goed is vir die ekonomie. Werk word aan die mense van die omgewing verskaf. Mense se lewens word ook vergemaklik as gevolg van produkte wat fabrieke maak. As ons land van ons fabrieke se goedere uitvoer, word die ekonomie deur hierdie inkomste versterk.

Fabrieke kan egter, soos ons reeds geleer het, die omgewing op verskillende maniere besoedel en mense se gesondheid benadeel.

Onder in ‘n myn

Gietstukke

72

Drie sektore in ons ekonomie

Vandag het ons ‘n ekonomie waarin die primêre sektor (landbou en mynbou), die sekondêre sektor (vervaardiging en fabrieke) en die tersiêre sektor (dienslewering soos onderwys en mediese dienste) aldrie ‘n belangrike rol speel.

Tog nog baie probleme

Selfs al het ons land se ekonomie al baie ontwikkel, is daar nog steeds veel werkloosheid en armoede, wat weer een van die redes is waarom ons misdaadsyfer so hoog is.

Tekens van ‘n moderne ekonomie

73

20. Politiek, ekonomie en die omgewing

20.1 Wat beteken politiek?

Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek stel dat politiek beteken “die kuns van regering”. Almal wat te doen het met ‘n land se regeringsbeleid is besig met politiek. Die mense wat nie met die land se regering saamstem nie, vorm hulle eie politieke partye. Hulle hoop dat hulle dalk eendag die land sal kan regeer en hul eie beleid kan volg. As dit nie moontlik is nie, probeer hulle stry teen dinge wat die regering na hulle mening nie goed genoeg doen nie.

20.2 Politiek en ekonomie

Ons weet reeds dat die woord “ekonomie” te doen het met die land se geldsake. Die land se regering moet so regeer dat die land se ekonomie groei. Hoe kan die land se regering sorg dat die ekonomie groei? Daar is sommer baie dinge wat hulle kan doen. Hier is ‘n paar:

Daar moet meer fabrieke en myne kom sodat daar meer werksgeleenthede kom en meer inkomste verdien word en meer grondstowwe of produkte aan ander lande verkoop word.Dit moet goed gaan met die landbou sodat van ons landbouprodukte verkoop kan word en sodat die mense in die land genoeg kos kan hê.Mense moet aangemoedig word om besighede te begin sodat hulle vir hulself en hul gesinne kan sorg.Paaie en spoorlyne moet gebou word.Daar moet gesorg word dat mense goed opgelei word in skole om kommu-nikasie te bevorder sodat hulle later goeie werk kan doen en vir hul gesinne kan sorg.

20.3 Politiek, ekonomie en die omgewing

Ongelukkig is dit so dat die ontwikkeling wat nodig is om ‘n land se ekonomie te laat groei, skade aan die omgewing veroorsaak. Fabrieke kan die water of lug in die omgewing besoedel. By myne word natuurlike plantegroei vernietig en daar is reuse mynhope en ander afval. Om paaie, huise en besighede te bou moet groot stukke van die natuur beskadig word. ‘n Mens kan skaars glo dat, waar al die stede in Gauteng vandag is, daar groot troppe wild gewei het. Hulle is lankal uitgeroei.

Gelukkig begin regerings oral oor die wêreld besef dat hulle nie so kan voortgaan nie. As Christene weet ons ook dat God die mens die opdrag gegee het om die aarde nie net te bewerk nie, maar ook te bewaar. As ons dit nie doen nie, sal ons ons eie woonplek, die pragtige aarde wat God ons gegee het, onbewoonbaar maak. Ons het die omgewing en die gawes wat daarmee saamgaan soos water, diere, skoon lug en die natuur, baie nodig om gesond te kan lewe!

Dit is soms vir ‘n regering moeilik om te werk aan ekonomiese groei en terselfdertyd die omgewing te probeer bewaar. Tog is dit noodsaaklik!

••

74

21. Armoede en rykdom in dorpe en stede

21.1 Verskillende inkomstegroepe

‘n Inkomste is ‘n ander woord vir die geld of goedere wat jy inkry. Ons praat van drie inkomstegroepe:

Die lae-inkomstegroep: Mense wat baie min geld kry. Hierdie mense is dikwels werkloos en kry net ‘n werkloosheidsuitkering. Ander kan net sekere dae van die week vir geld werk of probeer aan die lewe bly deur byvoorbeeld ware op sypaadjies te verkoop. Hierdie mense is baie arm. Het jy geweet dat die meeste mense in ons land in hierdie groep val?Die middel-inkomstegroep: Mense wat gerieflik kan lewe omdat hulle werk en ‘n vaste salaris verdien.Die hoë-inkomstegroep: Mense wat welgesteld is. Hulle besit gewoonlik hulle eie fabrieke, besighede, ensovoorts. Hulle kan werk verskaf aan ander mense.

21.2 Behuising en die verskillende inkomstegroepe

Mense van die verskillende inkomstegroepe woon ook in verskillende soorte huise.

Die lae-inkomstegroep verdien nie ‘n vaste salaris om ‘n formele huis te kan bekostig nie. Hulle moet gebruik maak van informele behuising. Ons praat gewoonlik van plakkerhutte.

Informele behuising is waar mense allerhande soorte materiaal gebruik om ‘n huis vir hulself te kan bou. Omdat die regering dikwels nie gebiede tot die plakkers se beskikking stel nie, verskaf hulle ook nie basiese dienste aan die plakkers nie. Daarom het die huisies nie riolering, elektrisiteit of lopende water nie. Dikwels gebruik hulle sommer die water van ‘n besoedelde rivier, wat siektes soos cholera en maagkoors kan veroorsaak.

Die middelinkomstegroep, wat meestal ‘n vaste salaris verdien, kan gewoonlik ‘n huis bekostig in ‘n gebied met strate, poskantore, gesondheidsdienste, skole en munisipale dienste.

Daar is min van die inwoners in die land in die hoë inkomstegroep. Hierdie mense woon gewoonlik in deftige woongebiede en hul huise is sommer baie geld werd.

75

21.3 Hoe dink die Christen oor armoede en rykdom?

Die Here leer ons in die Bybel dat ons tevrede moet wees met wat ons het. In die Heidelbergse Kategismus antwoord 27 staan dat niks per toeval met ons gebeur nie, ook nie rykdom en armoede nie. Dit kom uit God se Vaderhand. Hy weet wat vir ons die beste is. In die tiende gebod staan ook dat ons nie dit wat aan ons naaste behoort, moet begeer nie. As ons altyd jaag na meer besittings, is ons materialisties en word geld en besittings vir ons ‘n afgod.

As ons in die middel- of hoë inkomstegroep is, mag ons nie dink ons is beter of belangriker as iemand wat minder as ons besit nie. Die gelykenis van die ryk man en Lasarus (Luk. 16:19-31) waarsku ons dat rykdom ons beslis nie salig sal maak nie! Wie in Christus glo, is ryk in God. As ons op ons besittings vertrou, is ons soos die ryk dwaas (Luk. 12:13-21) of soos die ryk jongman (Luk 18:18-30). Vir die Here is die paar sente van ‘n arme net soveel werd as die honderde of duisende rande van ‘n ryke. Daarvan lees ons in die gedeelte van die arm weduwee (Luk 21:1-4).

Alle ryk mense is egter nie verlore net omdat hulle ryk is nie! As God aan iemand baie lewensmiddele voorsien, moet hy daarmee reg werk. In die Bybel lees ons dat Josef van Arimathea ‘n ryk man was. Dit was hy wat gesorg het dat die liggaam van Jesus in doeke toegedraai word en in ‘n graf kom. Ryk mense kan dus ‘n belangrike rol in die koninkryk van God speel.

Ons moet so lewe dat ons ander wat minder as ons het, kan help. In Galasiëers 6:10 staan daar: “Laat ons dan, terwyl ons geleentheid het, aan almal goed doen, maar die meeste aan die huisgenote van die geloof”. Ons moet dus begin by die mense of kinders van ons eie gemeente of kerk, dan ook by ander gelowiges, en dan moet ons ook ander mense help wat die Here op ons pad bring. As ons vir mense wil vertel dat God liefde is, moet ons aan hulle liefde bewys sodat hulle dit kan glo.

76

22. Ek en my lewenstandaard

klere) te hê. Kan ek as kind al iets doen om te sorg dat hierdie drome van my waar word?

Leer om die Here te vertrou vir dit wat jy nodig het

Die eerste en belangrikste ding om te onthou, is dat alles wat jy het, gawes van God is. God sorg vir jou. Jy mag nooit gierig en materialisties wees nie. Deel dit wat jy het ook met hulle wat nie het nie. Onthou ook dat die mens se planne soms nie uitwerk soos hy dit wil nie, maar wel soos God wil.

Werk!

Werk hard en getrou tot eer van die Here, ook al in die skool! Die Bybel leer ons dat die arbeider sy loon waardig is. As jy hard werk tot in matriek kry jy goeie punte. Goeie matriekuitslae kan jou help om in te skryf vir ‘n goeie universiteitskursus. Goeie opleiding lei tot ‘n goeie beroep waar jy ‘n goeie salaris kan verdien.

Leer van kleins af om tyd reg te benut

Tyd is kosbaar. Die Here gee dit vir ons nie om te vermors nie, maar om reg te benut. Baie kinders maak ‘n gewoonte daarvan om ure voor die televisie of rekenaar deur te bring. Dit is nie verkeerd om televisie te kyk of rekenaarspeletjies te speel nie, maar beperk jouself en gebruik jou tyd ook vir ander nuttige en noodsaaklike dinge.

Leer verskillende soorte vaardighede aan

Leer vaardighede (soos naaldwerk, houtwerk, sweiswerk) by jou ouers of ander mense. Leer tik en hoe ‘n rekenaar werk. As jy ‘n musiekinstrument kan leer bespeel, oefen getrou. Leer ook hoe om soos ‘n entrepreneur te dink. Al hierdie vaardighede kan jou eendag baie help in die grootmenswêreld.

Gebruik geld spaarsaam

Goeie gewoontes kom al van kleins af. Oefen om jou geld spaarsaam te gebruik en nie sommer dadelik op onnodige dinge soos lekkers en swak kwaliteit speelgoed uit te mors nie. Onthou om altyd ‘n deel van jou geld vir die Here af te sonder.

Dit is jou verantwoordelikheid om die liggaam wat die Here jou gegee het, gesond te hou deur die regte kos te eet en genoeg oefening te doen. Daar is baie mense wat skatryk is, maar hul liggame verniel deur drank en dwelms te gebruik en ongesond te lewe. Dan is hul rykdom vir hulle nutteloos.