ekonomiese geografie - slabbert 2020's blog · 2020. 8. 19. · ekonomiese geografie taak 1....

11
1 EKONOMIESE GEOGRAFIE TAAK 1. Die struktuur van die ekonomie. 1. Beskryf die volgende ekonomiese sektore kortliks: (a) Primêre sektor (b) Sekondêre sektor (c) Tersiêre sektor (d) Kwaternêre sektor (e) Kwinêre sektor 2. Skep ‘n voorbeeld om aan te dui hoe die verskillende sektore by mekaar inskakel. 3. Waarvoor staan BBP en wat dui dit vir ʼn land aan? 4. Hoe het die BBP se bydra tot die verskillende ekonomiese sektore, se bydrae verander oor die laaste paar jare? 5. Kyk na figuur 1.1 (tabel van verdeling van arbeidsmag) en beantwoord die volgende vrae: FIGUUR 1.1 Arbeidsmag verdeling Aktiewe bevolking: verdeling van arbeidsmag volgens ekonomiese sektore. (Persentasie) Sektore Malawi Indië Suid-Afrika VK VSA Primêre ? 60 7 1 3 Sekondêre 3 9 15 15 ? Tersiêre 13 ? 78 84 80 TOTAAL 100 100 100 100 100 (a) Bereken die ontbrekende persentasies. (b) Watter van die lande is volgens die tabel die minste ontwikkeld en watter is die meeste ontwikkeld? Verduidelik jou antwoord. (c) In die VSA is ‘n baie kleiner persentasie van die bevolking by landbou betrokke as in Malawi. Die VSA is een van die wêreld se voorste voedselprodusente, terwyl Malawi vergelykingswys relatief min voedsel produseer. Verduidelik hierdie oënskynlike teenstrydigheid deur hul landbou metodes te vergelyk. 6. Hoe kan die BBP as ‘n maatstaf van ekonomiese groei gebruik word? 7. Hoe kan die vooruitgang van besighede tot ekonomiese groei bydra? 8. Bestudeer figuur 1.2 en wat die persentasies-bydra tot Suid-Afrika se BBP (ekonomie) aantoon en beantwoord die volgende vrae: (a) Gee die benaderde persentasie van die primêre, sekondêre en tersiêre sektore in 1910 en 2010. (b) In watter jaar het primêre aktiwiteite die grootste bydrae gelewer? (c) In watter jaar het primêre aktiwiteite die klienste bydrae gelewer? (d) In watter jaar het sekondêre aktiwiteite die grootste bydrae gelewer? (e) In watter jaar het sekondêre aktiwiteite die kleinste bydrae gelewer?

Upload: others

Post on 14-Mar-2021

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: EKONOMIESE GEOGRAFIE - Slabbert 2020's Blog · 2020. 8. 19. · EKONOMIESE GEOGRAFIE TAAK 1. Die struktuur van die ekonomie. 1. Beskryf die volgende ekonomiese sektore kortliks: (a)

1

EKONOMIESE GEOGRAFIE

TAAK 1. Die struktuur van die ekonomie.

1. Beskryf die volgende ekonomiese sektore kortliks: (a) Primêre sektor (b) Sekondêre sektor (c) Tersiêre sektor (d) Kwaternêre sektor (e) Kwinêre sektor 2. Skep ‘n voorbeeld om aan te dui hoe die verskillende sektore by mekaar inskakel. 3. Waarvoor staan BBP en wat dui dit vir ʼn land aan? 4. Hoe het die BBP se bydra tot die verskillende ekonomiese sektore, se bydrae verander oor die laaste paar jare? 5. Kyk na figuur 1.1 (tabel van verdeling van arbeidsmag) en beantwoord die volgende vrae:

FIGUUR 1.1 Arbeidsmag verdeling

Aktiewe bevolking: verdeling van arbeidsmag volgens ekonomiese sektore. (Persentasie)

Sektore Malawi Indië Suid-Afrika VK VSA

Primêre ? 60 7 1 3

Sekondêre 3 9 15 15 ?

Tersiêre 13 ? 78 84 80

TOTAAL 100 100 100 100 100

(a) Bereken die ontbrekende persentasies. (b) Watter van die lande is volgens die tabel die minste ontwikkeld en watter is die meeste ontwikkeld? Verduidelik jou antwoord. (c) In die VSA is ‘n baie kleiner persentasie van die bevolking by landbou betrokke as in Malawi. Die VSA is een van die wêreld se voorste voedselprodusente, terwyl Malawi vergelykingswys relatief min voedsel produseer. Verduidelik hierdie oënskynlike teenstrydigheid deur hul landbou metodes te vergelyk. 6. Hoe kan die BBP as ‘n maatstaf van ekonomiese groei gebruik word? 7. Hoe kan die vooruitgang van besighede tot ekonomiese groei bydra? 8. Bestudeer figuur 1.2 en wat die persentasies-bydra tot Suid-Afrika se BBP (ekonomie) aantoon en beantwoord die volgende vrae:

(a) Gee die benaderde persentasie van die primêre, sekondêre en tersiêre sektore in 1910 en 2010. (b) In watter jaar het primêre aktiwiteite die grootste bydrae gelewer? (c) In watter jaar het primêre aktiwiteite die klienste bydrae gelewer? (d) In watter jaar het sekondêre aktiwiteite die grootste bydrae gelewer? (e) In watter jaar het sekondêre aktiwiteite die kleinste bydrae gelewer?

Page 2: EKONOMIESE GEOGRAFIE - Slabbert 2020's Blog · 2020. 8. 19. · EKONOMIESE GEOGRAFIE TAAK 1. Die struktuur van die ekonomie. 1. Beskryf die volgende ekonomiese sektore kortliks: (a)

2

(f) Wanneer het sekondêre aktiwiteite vir die eerste keer belangriker as primêre aktiwiteite geword? (g) Voorspel die werksverskaffingsyfers in elke sektor in Suid-Afrika 20 jaar later in die toekoms. Gee ‘n rede vir jou antwoord.

FIGUUR 1.2 Die wisselende persentasie-bydrae van die ekonomiese sektore tot Suid-Afrika se BBP.

Page 3: EKONOMIESE GEOGRAFIE - Slabbert 2020's Blog · 2020. 8. 19. · EKONOMIESE GEOGRAFIE TAAK 1. Die struktuur van die ekonomie. 1. Beskryf die volgende ekonomiese sektore kortliks: (a)

3

TAAK 2. Landbou.

1. Wat is landbou se bydra tot die BBP van SA?

2. Deur voorbeelde te gee, sê wat is die verslik tussen (a) terugwaartse landbou skakelings en (b) voorwaartse landbou skakelings.

3. Uit watter VIER faktore bestaan die landbou se bydra tot die land se ekonomie?

4. Watter probleme kan ontstaan as Suid-Afrika nie self meer voedsel kan voorsien vir sy bevolking nie?

5. Wat is landbou se bydra tot die handelsbalans van die land?

6. Wat is landbou se bydra tot die arbeidsmag van Suid-Afrika?

7. Hoekom word landbou as ‘n “hulpbron / uitkomste” gesien vir die arm mense van die land?

8. Deur ‘n paar eienskappe van elk te noem beskryf wat die verskil is tussen (a) grootskaalse boere en (b) kleinskaalse boere (Kommersiële vs Bestaansboere).

9. Wat is die verskil tussen ekstensiewe- en intensiewe boerdery?

10. Noem en beskryf die vernaamste produkte vir die tuis en uitvoer mark kortliks.

11. Gee SEWE feite oor die belangrikheid van mielies vir Suid-Afrika.

12. Hoekom word koring, net soos mielies, gesien as ‘n belangrike gewas vir Suid-Afrika?

13. Hoe het die suikerriet bedryf uitgebrei en gegroei in Suid-Afrika oor die laaste paar jare?

14. Waar in Suid-Afrika (provinsie/gebied) kry ons die volgende soort vrugte?

(a) Subtropiese vrugte (b) Sitrusvrugte (c) Sagtevrugte

15. Gee VIER voorbeelde van die volgende soort vrugte?

(a) Subtropiese vrugte (b) Sitrusvrugte (c) Sagtevrugte

16. Met watter diereprodukte word daar in Suid-Afrika mee geboer? Sê ook in watter gebiede hulle onderskeidelik voorkom.

17. Noem en beskryf TIEN faktore wat die landbousektor in Suider-Afrika bevorder:

18. Noem en beskryf TIEN stremmende faktore waarmee die landbou in Suid-Afrika te doen kry.

19. Wat behels voedselsekerheid of voedselonsekerheid? Gee definisie en beskrywing van elk.

20. Bespreek SES faktore wat voedselsekerheid beïnvloed.

21. Wat sê die Wêreld-voedselberaad van 1996 oor voedselsekerheid?

22. Wie is almal vatbaar vir voedselonsekerheid?

Page 4: EKONOMIESE GEOGRAFIE - Slabbert 2020's Blog · 2020. 8. 19. · EKONOMIESE GEOGRAFIE TAAK 1. Die struktuur van die ekonomie. 1. Beskryf die volgende ekonomiese sektore kortliks: (a)

4

TAAK 3. Mynbou

1. Van watter mynbouprodukte is Suid-Afrika ‘n groot produsent? 2. Sê wat die verskil tussen basismetale en edelmetale is en gee voorbeelde van elk. 3. Wat is mynbou se bydrae tot SEB? 4. Wat is mynbou se bydrae tot die land se BBP en hoe het hierdie bydrae oor die afgelope 20 jaar verander? 5. Bespreek AGT maniere hoe mynbou bydrae tot die ekonomiese ontwikkeling van Suid-Afrika. 6. Bespreek TIEN faktore wat mynbou begunstigde in Suid-Afrika. 7. Bespreek TIEN stremmende faktore vir mynbou ontwikkeling in Suid-Afrika. 8. Kyk na die kaarte oor die verspreiding van minerale in Suid-Afrika en maak ‘n opsomming oor waar die verskillende minerale in Suid-Afrika voorkom.

Figuur 3.1 Die ligging van minerale in Suid-Afrika.

Page 5: EKONOMIESE GEOGRAFIE - Slabbert 2020's Blog · 2020. 8. 19. · EKONOMIESE GEOGRAFIE TAAK 1. Die struktuur van die ekonomie. 1. Beskryf die volgende ekonomiese sektore kortliks: (a)

5

Figuur 3.2 Minerale verspreiding oor Suid-Afrika.

Page 6: EKONOMIESE GEOGRAFIE - Slabbert 2020's Blog · 2020. 8. 19. · EKONOMIESE GEOGRAFIE TAAK 1. Die struktuur van die ekonomie. 1. Beskryf die volgende ekonomiese sektore kortliks: (a)

6

TAAK 4. Sekondêre en tersiêre sektor.

1. Verduidelik die verskil tussen swaar nywerhede en ligte nywerhede. 2. Verduidelik hoe volgende nywerhede werk: (a) Grondstof-georiënteerde nywerheid (b) Markgerigte nywerhede (c) Ongebonde nywerhede (d) Alomteenwoordige nywerhede (e) Brugnywerhede of vragverbrekingsnywerhede 3. Bespreek die volgende faktore se rol by nywerheidsontwikkeling in Suid-Afrika: (a) Energie (b) Grondstowwe (c) Arbeidsvoorsiening (d) Vervoerinfrastruktuur (e) Politieke ingryping (f) Mededinging en handel (g) Ligging (h) Rol van die munisipaliteit (i) Apartheid van die verlede (j) Persoonlike inisiatief 4. Waarom kan Suid-Afrika nie as 'n nywerheidsland beskou word nie? 5. Bespreek TIEN beperkende (stremmende) faktore wat die nywerheidsontwikkeling in Suid-Afrika beïnvloed. 6. Bespreek al die faktore wat die ligging van nywerheid in Suid-Afrika beïnvloed.

Page 7: EKONOMIESE GEOGRAFIE - Slabbert 2020's Blog · 2020. 8. 19. · EKONOMIESE GEOGRAFIE TAAK 1. Die struktuur van die ekonomie. 1. Beskryf die volgende ekonomiese sektore kortliks: (a)

7

TAAK 5. Sekondêre en tersiêre sektor. (Vervolg)

1. Noem die VIER hoof industriële gebiede in Suid-Afrika en beskryf elkeen se ligging. 2. Beskryf die faktore wat die ligging van nywerhede in Gauteng beïnvloed. 3. Bespreek die faktore wat nywerheidsontwikkeling in Gauteng beperk. 4. Noem die vernaamste nywerheidsaktiwiteite wat in die PWV gebied voorkom. 5. Waarvoor staan PWV? 6. Beskryf die faktore wat die ligging van nywerhede in die Suidwes-Kaap beïnvloed. 7. Bespreek die faktore wat nywerheidsontwikkeling in die Suidwes-Kaap beperk. 8. Noem die vernaamste nywerheidsaktiwiteite wat in die Kaapstad-Bellville gebied voorkom. 9. Beskryf die faktore wat die ligging van nywerhede in die eThekwini – metropool beïnvloed. 10. Bespreek die faktore wat nywerheidsontwikkeling in die eThekwini – metropool strem. 11. Noem die vernaamste nywerheidsaktiwiteite wat in die Durban–Pinetown nywerheidsgebied voorkom. 12. Beskryf die faktore wat die ligging van nywerhede in die Nelson Mandela- Metropool beïnvloed. 13. Bespreek die faktore wat nywerheidsontwikkeling in die Nelson Mandela- Metropool beperk. 14. Noem die vernaamste nywerheidsaktiwiteite wat in die Port Elizabeth-Uitenhage nywerheidsgebied voorkom.

Figuur 5.1 Die vier hoof industriële gebiede in Suid-Afrika

Page 8: EKONOMIESE GEOGRAFIE - Slabbert 2020's Blog · 2020. 8. 19. · EKONOMIESE GEOGRAFIE TAAK 1. Die struktuur van die ekonomie. 1. Beskryf die volgende ekonomiese sektore kortliks: (a)

8

15. Bespreek die faktore wat handel met Suid-Afrika beïnvloed het. 16. Watter tipe produkte voer Suid-Afrika hoofsaaklik in? 17, Watter tipe produkte voer Suid-Afrika hoofsaaklik uit? 18. In die wêreldhandel is (a) betalingsbalans en (b) handelsbalans twee baie belangrike begrippe. Beskryf wat elk van hierdie twee begrippe behels. 19. Bespreek kortliks wanneer ʼn land ʼn (a) gunstige handelsbalans (handelsoorskot) het en wanneer ʼn land ʼn (b) ongunstige handelsbalans (handelstekort) het.

Figuur 5.2 Die invloed van invoere en uitvoere op die handelsbalans.

Page 9: EKONOMIESE GEOGRAFIE - Slabbert 2020's Blog · 2020. 8. 19. · EKONOMIESE GEOGRAFIE TAAK 1. Die struktuur van die ekonomie. 1. Beskryf die volgende ekonomiese sektore kortliks: (a)

9

TAAK 6. Strategieë vir nywerheidsontwikkeling in Suid-Afrika.

1. Wat het die beleid van apartheid basies behels? 2. Kyk na die kaart van Suid-Afrika (figuur 6.1) en benoem die onderskeie voormalige tuislande.

Figuur 5.1 Die voormalige “tuislande” in Suid-Afrika tydens die apartheid-era. 3. Hoe het die konsep van grensnywerhede gewerk? 4. Sê waarvoor elke afkorting staan en bespreek die doel/doelwitte van die volgende post- apartheids strategieë kortliks: (a) GEAR (b) SEB (c) Asgi-SA (d) NOSé (IOSé) (e) ROI’s 5. Kyk na die kaart van Suid-Afrika (figuur 5.2) en benoem die onderskeie nywerheids- ontwikkelingsones. 6. Kyk na die kaart van Suid-Afrika (figuur 5.2) en benoem die onderskeie Ruimtelike Ontwikkelingsinisiatiewe. 7. Wat was die regering se doel/doelwitte met die Ruimtelike Ontwikkelingsinisiatiewe en die Nywerheidsontwikkelingsones?

Page 10: EKONOMIESE GEOGRAFIE - Slabbert 2020's Blog · 2020. 8. 19. · EKONOMIESE GEOGRAFIE TAAK 1. Die struktuur van die ekonomie. 1. Beskryf die volgende ekonomiese sektore kortliks: (a)

10

8. Wat is die verskil tussen (a) sentralisasie en (b) desentralisasie? 9. Verduidelik kortliks wat met die “vermenigvuldigingseffek” bedoel word. 10. Watter voordele hou sentralisasie vir ʼn gebied in? 11. Noem tenminste AGT nadele van sentralisasie. 11. Gee TIEN redes waarom desentralisasie in Suid-Afrika toegepas moet word. 13. Bespreek SES ‘aansporings maatreëls’ wat toegepas kan word om desentralisasie meer suksesvol te maak in Suid-Afrika. 14. Wat behels die Blue-IQ projekte en noem ʼn paar voorbeelde van Blue-IQ projekte in jou omgewing.

Figuur 5.2 Suid-Afrika se Nywerheidsontwikkelingsones en Ruimtelike Ontwikkelingsinisiatiewe.

Page 11: EKONOMIESE GEOGRAFIE - Slabbert 2020's Blog · 2020. 8. 19. · EKONOMIESE GEOGRAFIE TAAK 1. Die struktuur van die ekonomie. 1. Beskryf die volgende ekonomiese sektore kortliks: (a)

11

TAAK 7. Die informele sektor in Suid-Afrika.

1. Wat behels die informele sektor? 2. Beskryf AGT kenmerke van die informele sektor. 3. Gee ʼn paar reders vir die hoë werkverskaffingsyfers in die informele sektor in Suid-Afrika. 4. Bespreek AGT uitdagings waarmee die informele sektor in Suid-Afrika te doen kry. 5. Wat is “xenofobie”? 6. Verduidelik AGT redes waarom dit nodig is vir die informele sektor om handelspermitte te hê. 7. Gee ʼn paar redes waarom mense in die informele sektor huiwerig is om vir handelspermitte aansoek te doen? 8. Gee 'n moontlike rede waarom daar onlangs so 'n vinnige toename in die informele sektor in Suid-Afrika is.