eksamenvrae: biodiversiteit - doc scientia · 2020. 6. 10. · 5. watter een van die volgende is...

2
83 Doc Scientia - Hand- en Werkboek Boek 1 - Natuurwetenskappe - Graad 7 Meervoudige keusevrae Vier moontlike antwoorde word vir die volgende vrae verstrek. Elke vraag het slegs EEN korrekte antwoord. Kies die korrekte antwoord en merk die toepaslike LETTER met n kruisie (X). 1. Die sirkelgrafiek toon die relatiewe hoeveelhede van die verskillende organismes in die vyf koninkryke: Wat word onderskeidelik deur D en E op die grafiek voorgestel? A. Plante en diere B. Bakterieë en fungi C. Alge en mikrobes D. Alge en protiste 2. n Slang, n valk en n spinnekop is almal lede van dieselfde: A. koninkryk. B. klas. C. orde. D. familie. 3. Hierdie is n voorbeeld van n dier wat ovipaar is: A. Hond B. Muis C. Kanarie D. Hamster 4. Watter een van die volgende groepe diere word almal as gewerweldes geklassifiseer? 5. Watter een van die volgende is nie een van Suid-Afrika se bekendste inheemse gimnosperme nie? A. Geelhout B. Seder C. Broodboom D. Welwitschia Eenwoord-items Gee een woord/begrip vir elk van die volgende beskrywings. 1. Organismes wat nie hul liggaamstemperatuur kan beheer nie en dus die temperatuur van die omgewing aanneem. 2. Die harde buitenste bedekking wat die liggaam van sommige diere beskerm en ondersteun. 3. Plante wat in die winter nie hulle blare verloor nie. A. Diere C. Protiste B. Plante D. E. B C D A Eenheid 2 Eksamenvrae: biodiversiteit

Upload: others

Post on 30-Jan-2021

9 views

Category:

Documents


1 download

TRANSCRIPT

  • 83Doc Scientia - Hand- en Werkboek Boek 1 - Natuurwetenskappe - Graad 7

    Meervoudige keusevraeVier moontlike antwoorde word vir die volgende vrae verstrek. Elke vraag het slegs EEN korrekte antwoord. Kies die korrekte antwoord en merk die toepaslike LETTER met ’n kruisie (X).1. Die sirkelgrafiek toon die relatiewe hoeveelhede van die verskillende organismes in die vyf koninkryke: Wat word onderskeidelik deur D en E op die grafiek voorgestel? A. Plante en diere B. Bakterieë en fungi C. Alge en mikrobes D. Alge en protiste 2. ’n Slang, ’n valk en ’n spinnekop is almal lede van dieselfde: A. koninkryk. B. klas. C. orde. D. familie.3. Hierdie is ’n voorbeeld van ’n dier wat ovipaar is: A. Hond B. Muis C. Kanarie D. Hamster4. Wattereenvandievolgendegroepedierewordalmalasgewerweldesgeklassifiseer?

    5. Watter een van die volgende is nie een van Suid-Afrika se bekendste inheemse gimnosperme nie? A. Geelhout B. Seder C. Broodboom D. Welwitschia

    Eenwoord-itemsGee een woord/begrip vir elk van die volgende beskrywings.1. Organismes wat nie hul liggaamstemperatuur kan beheer nie en dus die temperatuur van die omgewing aanneem.2. Die harde buitenste bedekking wat die liggaam van sommige diere beskerm en ondersteun. 3. Plante wat in die winter nie hulle blare verloor nie.

    A. DiereC. Protiste

    B. Plante

    D.E.

    B C DA

    Eenheid 2

    Eksamenvrae: biodiversiteit

  • 84

    Leef en leefwyse

    Doc Scientia - Hand- en Werkboek Boek 1 - Natuurwetenskappe - Graad 7

    Kontekstuele vrae

    1.1 Noem die vyf klasse waarin vertebrate verdeel word, en gee ’n voorbeeld van ’n dier in elke klas.1.2 In watter klas sal die volgende diere verdeel word:1.2.1 Skoenlapper1.2.2 Spinnekop1.2.3 Krap

    2 Kyk na die volgende twee sketse van verskillende selle en beantwoord die vrae wat volg:

    2.1 Watter een van die selle is ’n diersel, en watter een is ’n plantsel? Gee ’n rede vir jou antwoord. 2.2 Buiten die verskil wat in die sketse hierbo aangedui word, noem nog twee verskille tussen plante en diere.2.3 Wat is die verskil tussen ’n outotroof en ’n heterotroof?

    3 Bestudeer die volgende advertensie en antwoord daarna die vrae wat volg:3.1 Wat is biodiversiteit?3.2 Watter dier se habitat word volgens hierdie advertensie vernietig?3.3 Op watter manier word hierdie dier se habitat vernietig?3.4 Om die biodiversiteit van die aarde te bewaar, is daar twee hoofstappe wat die mensdom sal moet neem. Wat is hierdie twee dinge wat die mensdom sal moet doen om die biodiversiteit te beskerm?3.5 Op watter manier kan jy bydra om die biodiversiteit van die aarde te beskerm? Noem twee maniere.

    kern

    sitoplasma

    vakuool

    selwand

    mitochondria

    Sel A

    kern

    sitoplasma

    mitochondria

    vakuool

    Sel B

    Destroying nature is destroying life.