eksklusief: onderhoud met juan boucher · pdf filelip-lekker resepte harts-gevoel toer deur...

26
1 Uitgawe 1 April 2015 Eksklusief: Onderhoud met Juan Boucher Hollywood In my huis -Film Onderhoud Met: Tersia Venter Lip-Lekker Resepte Harts-Gevoel Toer deur MPUMALANGA Ontmoet die Harts-Gevoel Span Huis & tuin wenke Irene-Louise Van Wyk

Upload: hoangtuyen

Post on 18-Feb-2018

288 views

Category:

Documents


18 download

TRANSCRIPT

Page 1: Eksklusief: Onderhoud met Juan Boucher · PDF fileLip-Lekker Resepte Harts-Gevoel Toer deur MPUMALANGA ... Resepte 15-16 Ballade vir ‘n enkeling ... Mens kry nie somer ware liefde

1

Uitgawe 1

April 2015

Eksklusief: Onderhoud met Juan Boucher

Hollywood

In my huis

-Film

Onderhoud

Met:

Tersia Venter

Lip-Lekker

Resepte

Harts-Gevoel

Toer deur

MPUMALANGA

Ontmoet die

Harts-Gevoel

Span

Huis & tuin

wenke

Irene-Louise

Van Wyk

Page 2: Eksklusief: Onderhoud met Juan Boucher · PDF fileLip-Lekker Resepte Harts-Gevoel Toer deur MPUMALANGA ... Resepte 15-16 Ballade vir ‘n enkeling ... Mens kry nie somer ware liefde

2

Van my kant af… Redaksie

Spesiale krediet

Redakteur:

Maryka Pretorius

Adjunk Redakteur:

Tersia Venter

Assistant Redakteur:

Antionette Pretorius

Eerste Proefleeser:

Antionette Pretorius

Tweede Proefleeser:

Annerie Pienaar

Taal versorging & spelling:

Tersia Venter

Taal versorging & spelling:

Annerie Pienaar

Ontwerp & uitleg:

Maryka Pretorius

Skrywers:

Maryka, Tersia, Betty Boop

Vervolg verhaal skrywer:

Nicolien Pretorius

Fotograwe:

Maryka en Antionette

Resepte:

Maryka en Kotie Pretorius

Juan Boucher artikel:

Denise Van Antwerpen, Juan Boucher

Voorblad Foto:

Denise Van Antwerpen (Goedkeuring)

Ghoema:

Ghoema se Facebook en web profiel/Event Pho

Ballade vir ‘n enkeling & Hollywood in my Huis

Alishia van Starburstmusic

Irene-Louise Van Wyk:

Irene-Louise Facebook

Foto van die Flycatcher Castle:

Gerda Kotze Pretorius van GP Photography

Harts-Gevoel se rekenaas word onderhou deur:

Charne en Quintin by Compu-Nex, Drie Riviere

Inhoud: Ontmoet die Harts-Gevoel span 3

Juan Boucher – Dankie vir musiek 4-7

Harts-Gevoel toer deur Mpumalanga 8-11

Irene-Louise Van Wyk 12

Tersia Venter 13-14

Resepte 15-16

Ballade vir ‘n enkeling 17

Hollywood in my huis 18-19

Karnival Skouspel – Laerskool D.F Malherbe 20-21

Ghoema toekenings 2015 22

Wenke 23

Karlien Van Jaarsveld – My hartjie 24

Paasfees & Bella Vestito 25

Kontak ons 26

Van ‘n droom na ‘n klien begin tot waar ons

vandag is, is als net ‘n gawe van Bo.

Dankie aan ons sowat 14 000 lesers wat agter die

sukses van Harts-Gevoel sit. Sonder julle sal veral

ek maar ook die res van die span nie ons droom

kan uitleef om die taal Afrikaans ‘n nuwe

hupstoot te gee en om plaaslike kunsteanaars ‘n

nuwe platvorm vir publisiteit te bied nie.

Hierdie eerste uitgawe is in ‘n rekord tyd

aanmekaar gesit en ons beloof om elke uitgawe

beter as die vorige een te maak!

Ek wil ook persoonlik vir Compu-Nex bedank, dat

julle my elke keer geduldig help as ek van my kop

wil af raak wanneer my rekenaar of internet

probleme gee!

Lekker lees!

Page 3: Eksklusief: Onderhoud met Juan Boucher · PDF fileLip-Lekker Resepte Harts-Gevoel Toer deur MPUMALANGA ... Resepte 15-16 Ballade vir ‘n enkeling ... Mens kry nie somer ware liefde

3

Ontmoet die span agter Harts-Gevoel …

Maryka Pretorius - Redakteur In Julie 2014 het sy die blad Harts-Gevoel gestig en vinnig het die syfers begin

klim, wat die blad vinnig populêr gemaak het. Sy streef daarna om deur die

blad die taal Afrikaans te bevorder en ook om Afrikaanse kunstenaars meer

blootstelling te gee deur hulle talente in Afrikaans verder te vat. Sy droom

beslis groot - dat Harts-Gevoel eendag as een van die bekendste tydskrifte in

supermarkte en boekwinkels landswyd te koop sal wees. Sy glo ook dat as jou

droom jou nie bang maak nie, dan is jou droom nie groot genoeg nie. Maryka

het SAIM besigheid studies agter haar naam met verskeie vakke, en is ook baie

bekend in fotografie kringe in die Vaaldriehoek.

Tersia Venter – Adjunk Redakteur Tersia is ‘n baie bekende gesig in die Vaaldriehoek se sake omgewing, sy

is deel van die dinamiese internasionale BNI groep. Sy beskou haarself as

‘n baie dinamiese besigheidsmens en streef daarna om ondernemings te

help om groter dinge te bereik. Tersia is ook ‘n gekwalifiseerde moderator,

assesor en evalueerder. Sy kan ook leer materiaal ontwerp vir kolleges. Sy

staan ook bekend as Harts-Gevoel se Taal Nazi! Geen spelfout gaan

ongesiens by haar verby nie.

Antionette Pretorius – Assistent Redakteur & hoof van adverteerdes Antionette het die voorstel aan Maryka gemaak om ‘n aanlyn forum te begin en

so is Harts-Gevoel gebore, Antionette is beslis die motiveerder van die hele span,

sy is ook almal se regterhand in die span. Sy is ook doelgerig betrokke in alle

artikels en onderhoude. Antionette is ook die eienaar van’n baie bekende aanlyn

forum in die Vaaldriehoek. Sy is ook hoof van die adverteerdes by Harts-Gevoel

Annerie Pienaar – Proefleser Annerie het onderwys gestudeer met Afrikaans as haar hoof vak, daarom is sy

beslis ‘n aanwins vir die span. Sy is ook ‘n groot inspirasie vir ons amal, haar

dogtertjie is gebore met ‘n gesplete verhemelte. Annerie het als moontlik

gedoen om vir haar dogtertjie Karli ‘n lewens veranderende operasie moontlik

te maak, met groot sukses.

Nicolien Pretorius – Storie skrywer Sy is verantwoordlik vir verskeie kortverhale wat die afgelope paar jaar op

sosiale media geplaas is. Haar stories klim in die eerste deel al in almal se harte

en soos die storie groei raak, almal so bietjie meer verslaaf aan die storie. Sy

skryf tans die Harts-Gevoel verhaal van “Ella Naude” en beloof om nog vir lank

vir ons verskeie kortverhale te skryf.

Page 4: Eksklusief: Onderhoud met Juan Boucher · PDF fileLip-Lekker Resepte Harts-Gevoel Toer deur MPUMALANGA ... Resepte 15-16 Ballade vir ‘n enkeling ... Mens kry nie somer ware liefde

4

Juan is gebore in Vereeniging op Donderdag, 24

Mei 1984. Hy is die oudste van drie kinders. Sy

tweeling boeties, Tommie en Tiaan, wie ook baie

betrokke in sy loopbaan is, woon steeds ook in die Vaal

saam hul ouers Tommie en Annelie, wie vanjaar hulle

32ste huweliksherdenking gevier het.

Op die ouderdom van 20 sou sy lewe vir altyd verander.

Sy destydse meisie, wyle Nadia Potgieter was in ‘n baie

ernstige motorbotsing betrokke en is weens beserings in

die intensiewe eenheid opgeneem in ‘n koma. Tydens

die twee maande na die onegluk kon Juan nie baie vir

Nadia besoek nie en het hy toe besluit hy wil vir haar

iets gee om te koester en ‘n rede gee vir haar om aan te hou veg. Hy het toe’n

goedkoop kitaar en nota boek gaan koop, en so ‘n liedtjie vir haar begin skryf.

Drie weke voor Nadia se afsterwe is die liedtjie klaar. Die liedjie se naam was

“Keep Fighting”. Trane het oor Nadia se wange gerol terwyl sy Juan se hand druk

om te wys als sal okay wees, terwyl sy steeds in ‘n koma was.

Op ouderdom 25, klop Juan by Vonk aan en teken sy eerste kontrak by hulle en so

word sy debuut album 082 gemaak. Waar Juan gou bekendheid verwerf het veral

in die Vaal, was met sy liedjie “Bring die Water”. Die dames was natuurlik mal

daaroor terwyl die manne weer gek was oor die liedjie “Pamela Anderson”

Sy tweede album “Jy is my flavour” lewer ‘n splinternuwe treffer op “Trek toe die

Gordyne” - wat ook sy eerste toekening vir hom ingepalm het.

Met sy derde album “Gee jou Hart ‘n Breek” bewys Juan homself as een van die

land se top liedjie skrywers, met 12 liedjies uit sy eie pen. Weereens word daar

groot treffers bekend soos die titelsnit van die album en ‘n groot gunsteling “Sad

Sad Songs”

Juan glo om ‘n sanger te wees is nie’n keuse nie, maar iets wat vir jou gegee word.

Dis beslis ‘n middel waardeur jy jou pyn, hartseer en teleurstelling kan deel met

ander, en hulle te inspirer. Dis als ‘n gawe van Bo. Om ‘n liedjie skrywer te wees,

moet die woorde uit jou hart en siel kom, dit moet betekenis dra en dis vir hom ‘n

groot voorreg om iets terug te gee aan die publiek deur sy Godgegewe talent.

Page 5: Eksklusief: Onderhoud met Juan Boucher · PDF fileLip-Lekker Resepte Harts-Gevoel Toer deur MPUMALANGA ... Resepte 15-16 Ballade vir ‘n enkeling ... Mens kry nie somer ware liefde

5

Einde verlede jaar stel Juan sy nuutse album “Kalm Voor die Storm” bekend.

Hierdie album is vinnig deur sy ondersteuners en die musiekkenners bestempel as

Juan se beste album sover en dis ook die album waarop Juan die trotste is.

Die eerste snit op die album is ‘n gedig waarin Juan vir die Here dankie sê. Hy

wou sy hele lewe lank nog ‘n gedig vir die Here skryf. Toe die album klaar is en hy

terug sit en luister, het hy besef hoe Geseënd hy is om te kan sing en skryf. En so

skryf hy “Dankie vir musiek en dankie dat ek ‘n kind van Here is. Dankie vir my

gawe Here. Amen. (die video hiervan is te sien op Harts-Gevoel se Facebook

profiel)

Al die liedjies op die album is Juan se konsep en is deur hom geskryf. Bekende

liedjie skrywer Johan Oberholzer wat ook verandwoordelik is vir Nadine se nuwe

treffer “Skildery” het Juan gehelp met “Fight vir Liefde” en “Net vir Liefde” op

die album.

Juan bestempel liedjies skryf as die lekkerste deel van ‘n nuwe CD, omdat dit so

moeilik is en baie tyd vat om die regte lirieke te kry wat saam met die musiek pas.

Die liedjie op die album wat hom die naaste aan die hart lê is beslis “Disintegreer”

want dit beskryf sy gevoelens van alle kante af en hoe hy sou voel as hy eendag sy

lewensmaat moet ontdek en daarom beskryf hy hoe dit afspeel in sy drome om

eendag saam hierdie amazing persoon te wees. Hopelik is daar iemand daar buite

wat ook soos hy voel, wat eendag saam met hom sal “disintegreer” en oud sal

word.

“Voor Vuur” op die album is vir Nadia geskryf, terwyl hy alleen voor ‘n vuur gesit

het in Pongola een asemrowende aand en vroeg een oggend. Net hy en die vuur en

dit het hom laat wonder hoe hy al hierdie plekke beleef as gevolg van musiek wat

hom op hierdie pad sit en dit het alles by haar begin.

Daardie aand was Nadia langs hom in gees. Hy sing die

liedjie, wat hy weet sy luister elke keer en bars van trots.

Die cd verkope van hierdie album doen onbeskryflik goed.

Juan kan self nie glo hoe goed die album doen onder die

publiek nie. Die cd is nou maar eers nog in die baba

stadium en nog nie eers ses maande oud nie en dit verkoop

teen die spoed van weerlig. Juan se span het voorspel dat

die album gaan goed doen, maar nou doen die cd selfs

beter as hulle voorspellings! Juan glo sterk aan hierdie album en weet diep in sy

hart dat die album die potensiaal het om drie keer platinum te bereik. As die mense

Page 6: Eksklusief: Onderhoud met Juan Boucher · PDF fileLip-Lekker Resepte Harts-Gevoel Toer deur MPUMALANGA ... Resepte 15-16 Ballade vir ‘n enkeling ... Mens kry nie somer ware liefde

6

aanhou om hom te ondersteun soos wat hulle nou doen sal hulle

die rekord kan breek sonder enige twyfel.

Die eerste musiek video wat hy bekend gestel het van hierdie

album was “Gebore om by jou te Wees”. Juan bestempel die

liedjie as presies hoe ‘n man teenoor ‘n vrou moet wees as hy

haar gekry het. Mens kry nie somer ware liefde wat so sterk staan

nie en as dit gebeur moet jy dit baie mooi oppas. Die meisie wat

hulle in die video gebruik het was in sy opinie ‘n superster daai dag en hy is baie

gelukkig dat sy so goed gepas het in die video. Die video is deur Kyle White

gemaak en vir Juan is dit beslis een van die beste musiek videos in die Afrikaanse

mark.

Die tweede video wat hulle bekend gestel het is ook die titel snit van die nuwe

album “Kalm Voor die Storm”. Hierdie video is deur VPH geskiet in die natuur -

met ‘n storm oppad. Dis ‘n baie goeie video waar Juan en die natuur as die hoof

elemente vir die video gebruik is.

Die volgende video is reeds geskiet maar vir nou eers ‘n geheim vir watter snit dit

is. Ddie video is op een van die mooiste plekke in Suid-Afrika waarvan meeste

mense al vergeet het. Die plek gaan al die eienskappe beskryf van hoe die lewe sy

gang gaan. Hy wil persoonlik niks weggee oor hierdie video nie want hierdie video

gaan beslis die heel beste video wees wat mense nog in Suid-Afrika gesien het. Dit

kan hy beslis belowe. Die video is ook geskiet deur Kyle White.

Juan beloof ook dat elke liewe snit op die album sy eie musiek video gaan kry, en

wanneer dit afgehandel is gaan hy ‘n live opname maak van een van sy vertonings.

Die album doen ook tans baie goed op radiostasies landswyd. Elke snit op die

album so beautiful en elke liedjie vertel ‘n storie van hoe dankbaar ‘n mens kan

wees dat musiek elke mens net kan optel as jy voel die lewe druk jou. Dis die

mense wat vra om dit te luister op die radio. Elke liewe radio stasie wat Juan se

musiek speel is so goed vir hom want dit is hulle wat die mense blootstel aan die

musiek. Almal wat hom op die Top 20 ofTop 30 instem sê hy dankie voor, want as

hulle nie luister nie kan hy nie skryf en sing nie!

Juan het ‘n baie sterk ondersteunersbasis in die Vaaldriehoek. Dis vir hom

ongelooflik en woorde kan dit nie beskryf nie. Dis nie ondersteuners of fans nie dis

sy lewe, sy ondersteuners is sy lewe. Hy voel hy moet altyd mense se aandag trek

sodat hy iets kan terug doen vir hulle. Hy wens hy kan persoonlik elkeen se hand

Page 7: Eksklusief: Onderhoud met Juan Boucher · PDF fileLip-Lekker Resepte Harts-Gevoel Toer deur MPUMALANGA ... Resepte 15-16 Ballade vir ‘n enkeling ... Mens kry nie somer ware liefde

7

skud of net ‘n drukkie gee om dankie te kan sê, maar hy glo hy gaan nog die

geleentheid kry om elkeen te ontmoet al is dit nou by ‘n vertoning, winkel sentrum,

op straat of by ‘n braai.

Sedert verlede jaar het Juan se vertonings ook baie opgetel. Dis vir hom baie

belangrik om regoor die land te toer en op te tree, want daar is so baie mense wat

nie die voorreg het om al die kunstenaars te gaan sien nie en dalk ‘n cd persoonlik

te kom koop of ‘n foto te kom neem vir ‘n herhinnering nie. Dit is sy lewe en hy

geniet dit so baie om te sien hoe verskil almal in hulle dorpies en hoe hulle dit

geniet as iemand kom sing vir hulle. Dis die beste gevoel vir hom in elke dorp as

ouers ‘n onbevoegde kind na sy vertoning bring sodat hulle net kan sien, luister, of

voel aan sy gesig, maak nie saak wat die gestremdheid is nie. Soms staan hulle reg

voor die verhoog en gee net ‘n skaam glimlag vir Juan – dit laat sy hart net daar

smelt. Hy koester elke ervaring en sal daai kindertjies se gesiggies nooit kan

vergeet nie. Dis uiters spesiaal en kosbaar en wanneer kinders eers by vertonings

die woorde van sy liedjies beter ken as hy self, gee dit hom hoendervleis.

Juan dink bekendheid is belangrik vir jou naam want jy het net een naam en wat jy

met hom doen is jou eie kreatiwiteit wat erken word. Hy dink dis ‘n voorbeeld vir

ander om hulle eie drome te ontlok. Om ‘n held te wees vir iemand, al is dit net een

mens dan weet jy, jy is op die regte pad.

Juan wil graag ‘n realiteitsprogram begin oor musiek, maar dis nog ‘n redelike tyd

voor dit sal kan realiseer. Vir nou moet al die musiek vidoes eers klaar.

Dis vir Juan nou baie belangrik om die musiek video’s klaar te kry want in vandag

se tyd vat tegnologie oor en televisie en radio stasies gebruik Youtube, Facebook

en Twitter. Hy glo as hy dit agtermekaar kan kry om al sy video’s in lyn te hê sal

die res mooi in plek val.

Hy is ook tans besig om aan idees te dink vir ‘n nuwe projek. Hy gaan moet ernstig

introspeksie hou vir die nuwe album want “Kalm voor die Storm” is so goed

geskryf en van so hoë standard dat hy regtig baie aandag aan die nuwe album moet

gee, maar hy glo hy gaan dit beslis regkry. Voor elke liedjie

wat hy skryf stuur hy ‘n gebedjie op en Liewe Jesus stuur

lirieke terug.

Intussen sê Juan dat hy nie die aap uit die mou kan laat oor die

groot verassing wat hy vir sy ondersteuners beplan nie, want

dis mos juis dit, ‘n verassing! Maar om op hoogte te bly moet

almal Youtube dop hou.

Page 8: Eksklusief: Onderhoud met Juan Boucher · PDF fileLip-Lekker Resepte Harts-Gevoel Toer deur MPUMALANGA ... Resepte 15-16 Ballade vir ‘n enkeling ... Mens kry nie somer ware liefde

8

Desember beteken net een ding, dis tyd vir vakansie hou! Ons vriende wat in die

Kaap woon het op gekom Vereeniging toe en so pak ons almal die pad aan na

Mpumalanga.

Ons het die vakansie baie ongeoriganiseerd aangepak. Ons was

wel bewus dat Mpumalanga een van ons land se grootste

internasionale toerisme bestemings is, en dat daar ongelooflik

baie is om te doen en te sienen as ons beter beplanning gedoen

het, sou ons baie meer kon sien en doen, maar vir ‘n week se

onbeplande vakansie het ons nie sleg gedoen nie.

Ons het tent opgeslaan in die reën by ‘n baie oulike klein kampplekkie in

Hazyview. Daai aand was vir jou moelik om te kon slaap! Daar is geweldig baie

padda spesies wat die heelnag deur konsert hou slegs sentimeters van jou tent af,

want om naby die vis dammetjie tent op te slaan is mos oulik!

Ons eerste dag van properse vakansie, vat ons die pad Pelgrimsrus toe. Die

uitstappie begin met ‘n heerlike en spot goedkoop buffet ete by die Royal

Hotel, waarna ons deur die hele hoofstraat geloop het in die lieflikste

motreën. Daar is die oulikste winkeltjies, die mooiste hand gemaakte

goedjies, ‘n lekkergoedwinkel en natuurlik die museumwinkeltjies

tussen in - van die General Dealer, die ou poskantoor en die ou

koerant stasietjie. Dan is daar ook klein huisies tussen die

winkeltjies waarvan een oopgestel is vir besoekers soos ‘n

museum.

Pelgrims Rus is ook baie bekend vir sy begrafplaas, maar dis

amper soos ‘n uitstappie na jou plaaslike Gym. Dis een groot

gejuig na asem soos jy die steil opdraande volg na bo. Eers kom jy by die

kerkie wat in 1911 gebou is en steeds in gebruik is.‘n Redelike ent verder

kom jy by die begrafplaas aan, maar gou kom jy agter dat jy nou ‘n

uitsig het oor die hele dorpie en vallei. Daar is die mooiste en

natuurlik baie ou grafstene en tot ons skok besef ons dat die

meerderheid van die mense tussen die jonge onderdom van 12-27

oorlede is! Baie gesinne van vier se grafte is teen mekaar. En natuurlik

is die Robber’s Grave die groot trek pleister van 1873.

HHHHtstststs----Gevoel toer Gevoel toer Gevoel toer Gevoel toer deur Mpumalangphoudeur Mpumalangphoudeur Mpumalangphoudeur Mpumalangphou Geskryf deur Maryka Pretorius

Page 9: Eksklusief: Onderhoud met Juan Boucher · PDF fileLip-Lekker Resepte Harts-Gevoel Toer deur MPUMALANGA ... Resepte 15-16 Ballade vir ‘n enkeling ... Mens kry nie somer ware liefde

9

Kort na die begrafplaas besoek is ons asems terug en dis tyd vir die

volgende aantrekkingsbesteming, die Berlyn Waterval. Die plaas

waarop dit geleë is, is 45m hoog en het as gevolg van die differensiële

verweringsbestandheid van die plaaslike gesteentes ontstaan in 1983.

Ons laaste besteming vir die dag is die Kolk Gate, beter bekend as

“The Bourke's Luck Potholes”. Hierdie besteming merk die begin van

die Blyde Rivier Canyon. Mens verkyk jou aan die talle malende

kolkgate wat gevorm het deur die Treur Rivier dompels in die Blyde

Rivier. Die potholes is vernoem na ‘n goud delwer Tom Burke, wat

vas geglo het dat hy Goud daar gedelf is. Al kon daar nooit enige goud

as bewys gesien word nie. Dit is ‘n fees vir die oog uitstappie deur die

kolgate tot by die waterstroom, maar tog werk die hoogtes bietjie op

mens se senuwees. Dis ook hier waar my humorsin geprikkel word.

Elke bestemming wat ons besoek se badkamers en selfs van die

inligtingskantore het almal gratis kondome vir die publiek. Duidelik is

voorsorg baie belangrik vir hierdie provinsie.

Dag drie het aangebreek en ons gaan soveel moontlik watervalle

besoek. Eerste op ons agenda is “Lone Creek”. Die val is in 1983

verklaar en is 68m hoog en ongelooflik mooi, jy stap deur ‘n egte

feëverhaal deur die groenste bome en plante. Wanneer jy by die

waterval kom is die water so wit soos sneeu soos dit teen die klippe

afspoel.

Volgende aan die beurt is die “Horse Shoe Falls”, weereens stap mens

deur die mooiste natuurskoon, klim oor ‘n paar groot en moeilike

klippe, maar als is die moeite werd wanneer mens die val sien. Eerste

kom mens by die onderkant van die val uit waar besoekers kan swem

en dan as mens verder “klim” kom jy op hierdie prentjie af. Die val is

uiters ongewoon en ook nie baie hoog nie. Hierdie val is ‘n nasionale

monument en ‘n moet sien!

Page 10: Eksklusief: Onderhoud met Juan Boucher · PDF fileLip-Lekker Resepte Harts-Gevoel Toer deur MPUMALANGA ... Resepte 15-16 Ballade vir ‘n enkeling ... Mens kry nie somer ware liefde

10

Volgende aan die beurt is die Bridal Veil. Nou kyk hier het ons almal

amper die hemel poorte bereik, dis een ongelooflike lang staproete in

die hittige son. Jy kan nie stop nie want daar is ‘n horde toeriste agter

jou, maar hierdie lang stap is absoluut die moeite werd. Hierdie val is

oor die 70m hoog. Die val het sy naam gekry omdat dit so baie na ‘n

bruid se sluier lyk. Hier geniet besoekers dit baie om in die water te

swem en onder die val te baljaar.

The Pinnacle Rock is ‘n baie indrukwekende toringagtige rots wat

30m hoog uitstaan. Die rots waarvan die Pinnacle gevorm is noem

mens Quartzite. Die “rock” is omtrek met die mooi natuurskoon en

die kloof van die Ngwartitsane Rivier. Hierdie is wel weereens een

van daai hoogtevrees oomblike wanneer jy teen die draad staan vir

daai perfekte foto oomblik. Wat min besoekers besef is van hierdie

uitkyk punt kan ‘n mens die bodeel van agt verskillende watervalle

sien waar dit 450m val in die vallei.

Daar is ook ‘n uitsonderlike mooi kasteel-agtige akkomodasie genaamd

“Flycatcher Castle”. Ons moes net stop en foto’s neem! Die gebou lyk soos ‘n egte

kasteel met die mooiste blomme afwerking. Daar pronk ook die mooiste beelde in

die tuin, en ‘n beeld van ‘n voël op die dak van die kasteel. Ongelukkig het ons

foto’s nie mooi uit gekom nie omdat ons van buite af geneem het, maar ek het wel

op hierdie foto afgekom wat geneem is deur Gerda Kotze Pretorius van GP

Photography, die foto is te sien op die webtuiste van Flycatcher.

Die tweede laaste dag van die vakansie breek aan en so ook die laaste

dag van 2014. Ons besoek die Kruger Wiltuin en kry die geleentheid

om verskeie diere te sien. Onder andere het ons die volgende gesien:

Blouaap, Blouwildebees, Kameelperd, Kaapse Bobbejaan, Koedoe,

Olifant, Rooibok, Seekoei, Renoster, Vlakvark, Waterbok,

Bergskilpad, Verkleurmannetjie, Veldlikkewaan En Troupant

Page 11: Eksklusief: Onderhoud met Juan Boucher · PDF fileLip-Lekker Resepte Harts-Gevoel Toer deur MPUMALANGA ... Resepte 15-16 Ballade vir ‘n enkeling ... Mens kry nie somer ware liefde

11

Die laaste dag van die asemrowende vakansie het aangebreek en so ook die nuwe

jaar, op hierdie dag probeer ons soveel moontlik in prop omdat ons die volgende

dag die pad huistoe vat.

Drie Rondavels: Was voorheen bekend as die drie susters, Wanneer jy op die

uitkyk punt staan is die rondavels 1 380m bo see vlak met die Blyde Rivier in die

onderkant. Daar is geen heining by die uitkyk perseel nie en duis kan jy wandel na

hartelus.

Die Blyde River Canyon: Is 25km in lengte en is 750m diep. Die hoogste punt van

die Canyon is Mariepskop met 1,944m bo see vlak. Die Blyde River Canyon is een

van die grootste canyons op Aarde. Die beste uitsig vir die Canyon is beslis vanaf

die Drie Rondavels. Hierdie was beslis die mooiste besoek van die hele vakansie.

Lowveld Viewpoint: Is die half-pad stop van die Canyon, en het ‘n besondere mooi

uitsig en ook ‘n uitsig oor die Drie Rondavels. Hier sien jy ook die aller mooiste

verkleurmannetjies tussen die klippe skuil.

God’s Window: Hierdie is een van die mooiste Blyde River uitkykpunte, met ‘n

uitsig oor die Kruger Wiltuin, Lebombo Mountains en die grens van Mosambiek.

God’s Window bied ook die “Rain Forest” stap roete aan wat asemrowend is!

Wonder View: Hierdie is die hoogste uitkykpunt met ‘n hoogte van 1 730m, wat ‘n

motoris kan besoek in die omgewing. Jy sien hier ‘n 360 grade uitsig van die

Laeveld.

Ons was baie gelukkig dat ons hele vakansie bewolkte- en reënweer, was

aangesien die son bloedig warm word in daai omgewing. Na die besoek verstaan

ons beslis nou hoekom dit so groot aantrekingskrag het vir toeriste. Daar is

ongelooflik baie om te sien, waarvan ons nie eers die helfte gesien het nie. Hierdie

was beslis ons beste vakansie nog en sal dit enige tyd weer kies bo ‘n seevakansie!

Page 12: Eksklusief: Onderhoud met Juan Boucher · PDF fileLip-Lekker Resepte Harts-Gevoel Toer deur MPUMALANGA ... Resepte 15-16 Ballade vir ‘n enkeling ... Mens kry nie somer ware liefde

12

Ster van die maandSter van die maandSter van die maandSter van die maand Irene-Louise van Wyk gaan binnekort geen bekendstelling

nodig hê nie. Dié 22-jarige sangeres het letterlik voor Suid-

Afrikaanse sterre grootgeword en boonop skouers geskuur

met internasionale kunstenaars wat in Suid-Afrika kom

toer het. Sy het oor die jare heen haar talent vervolmaak en

is nou gereed om dit met die wêreld te deel. Haar heel

nuutste enkelsnit, Meer as Woorde, het ongetwyfeld die

potensiaal om dié blonde skoonheid se plek in die

Afrikaanse musiekbedryf te vestig.

Dis in Irene-Louise se are om musiek te maak; Sy is die

dogter van die bekende kunstenaar, bestuurder en eienaar

van Music Profile Management, Louis van Wyk, asook wyle

Irene van Wyk, wat ’n geliefde, sangeres was. Sy het van

kleins af saam met haar ma deur die land gereis terwyl sy

konserte gedoen het. Irene-Louise het selfs hier en daar saam met haar ma ’n liedjie of twee

gesing. Die twee het ’n hegte verhouding gehad – soos twee beste vriendinne. Toe ma Irene

in 2009 noodlottig verongeluk het, het Irene-Louise se wêreld in duie gestort. Sy was

daarna net meer vasbeslote om in die groot skoene van haar ma te volg.

As ’n huldeblyk aan haar ma het Irene-Louise haar eerste enkelsnit, “So Unreal” geskryf (op

Youtube te vind). Nianell het die lied getoonset en sommige van die verse saam met haar

gesing. Die eindresultaat is ’n hoendervleismooi duet – gevoelvol oorgedra met die

suiwerste van stemme. So Unreal sal ook verskyn op Irene-Louise se cd.

Irene-Louise se stem is beslis uniek. “Met Meer as Woorde” word haar klokhelder stem op

sy beste ten toon gestel. Dié treffende lied asook ander van Irene-Louise se liedjies is

geskryf en gekomponeer spesiaal vir haar. Met al hierdie talente wat saamgespan is, is dit

geen wonder dat “Meer as Woorde” kóók nie.

“Ons almal weet van ’n liefde só sterk dat woorde dit nie kan beskryf nie,” vertel Irene-

Louise. “Dit is ook waaroor hierdie lied gaan. Die beste wat jy het vir iemand is méér as

woorde.”

Maar haar voete is plat op die aarde en wil sy nou ‘n sukses maak van haar sangloopbaan.

Terug op tuisbodem is “Meer as Woorde” die begin van selfs groter dinge vir Irene-Louise.

Sodra dié lied op die lug gespeel word en mense van haar en haar musiek te hore kom, sal

dit bepaal hoe vinnig sy die volgende enkelsnit en selfs haar eie album vrystel. “Dit is

voorwaar ’n droom wat nou vir my verwesenlik is en ek wéét van die harde werk wat wag,”

sê sy. “Meer as Woorde”sal opgevolg word deur “Lugballon” wat haar net sal versterk in die

bedryf.

Page 13: Eksklusief: Onderhoud met Juan Boucher · PDF fileLip-Lekker Resepte Harts-Gevoel Toer deur MPUMALANGA ... Resepte 15-16 Ballade vir ‘n enkeling ... Mens kry nie somer ware liefde

13

Tersia Venter Of sy nou agter haar rekenaar sit, of besig is met BNI, Tersia is altyd

besig om te netwerk.

Sy het groot geword en skool gegaan in Bloemfontein en wou bitter

graag mode ontwerp gaan studeer, maar haar pa het daarop

aangedring dat sy dokter word. Daarvoor het sy nie kans gesien nie,

want sy hou nie van bloed nie!

Sy het op ‘n jong ouderdom besef dat sy baie en goed kan praat en het

by die Bloemfonteinse technikon, bemarkingsbestuur gaan studeer.

Na twee jaar het sy opgeskop, want sy het dit uiters vervelig gevind,

want hulle het haar niks geleer van baie praat nie!

In die tussentyd het sy as PRO by verskeie besighede gewerk en haar

kennis deur ervaring opgedoen en toe sy en haar man Vereeniging

toe trek het sy eers vir ‘n ruk by die Landdroskantoor in

Vanderbijlpark gewerk. Dit was vinnig duidelik dat sy nie ‘n goeie

staatsamptenaar is nie en het sy haar eie besigheid begin.

Om jou eie besigheid te hê in luukshede is nie so maklik nie en het sy op ‘n stadium

leerprogramme en leermateriaal vir verskillende organisasies wat opleiding doen

ontwikkel en in die proses het sy ‘n gekwalifiseerde moderator, assessor en evalueerder

geword en as gevolg daarvan amper Australië toe getrek, maar het besluit sy hou te veel

van die Vaal Driehoek en dat sy hier gaan bly.

‘n Paar jaar gelede is sy genooi na ‘n BNI vergadering in Vanderbijlpark en sy sê sy het

onmiddellik geweet dat hierdie mense nooit weer van haar ontslae gaan raak nie. Sy is nou

Assistent Direkteur van BNI in die Vaal Driehoek en geniet elke oomblik daarvan.

BNI is die grootste “word of mouth” netwerk organisasie in die wêreld. Tersia is

verantwoordelik daarvoor om nuwe groepe (Chapters) te stig en besighede bewus te maak

van die voordele daarvan om aan ‘n gestruktureerde groep te behoort en BNI bied lede die

geleentheid om idees, kontakte en verwysings te deel.

Sy doen ook opleiding in die verskillende aspekte van netwerk. Gaan kyk gerus op

www.bni-vaaltriangle.co.za/

Tersia het voorheen ‘n klein tweedehandse klere- en boekwinkel gehad. Daar het sy die

waarde van sosiale media bemarking besef en naarstigtelik begin soek na organisasies wat

klein besighede bemark. Sy het vinnig agtergekom dat die tipe besighede wat dit doen nie

Page 14: Eksklusief: Onderhoud met Juan Boucher · PDF fileLip-Lekker Resepte Harts-Gevoel Toer deur MPUMALANGA ... Resepte 15-16 Ballade vir ‘n enkeling ... Mens kry nie somer ware liefde

14

cater vir klein besighede nie, maar slegs belangstel in die groot besighede wat groot geld

kan betaal.

Sy het op die idee gekom om sosiale media bemarking te begin doen vir klein besighede,

wat ook die waarde daarvan besef en nie die tyd het om self daaraan aandag te gee nie en

dit ook bekostigbaar te hou. Sy sê dat sy absoluut gek is daarna om dit te doen, want dit

leer haar baie van wat die vaardighede is van die mense agter die besigheid en het sy ook

wonderlike besigheidsmense ontmoet. Sy sê dat die meeste mense wat in die Vaaldriehoek

bly nie besef watter ongelooflike besighede en besigheidsmense hier is nie.

Tersia het ‘n opregte liefde vir mense en hul besighede en stel werklik belang in die mense

met wie sy te doen kry. Dit kan ‘n mens duidelik agterkom wanneer mens met haar gesels

oor wat sy alles doen en wat haar toekomsplanne is.

Sy is al 25 jaar getroud met Retief Venter, bekende prokureur in Vereeniging en hulle het

drie kinders, Andri, haar man Tommie en Johan-Hendrik en is die trotse grootouers van

klein Yvonne.

Sy sê dat sy baie gelukkig is, omdat Retief haar altyd ondersteun wanneer sy ‘mal’ planne

kry en ook haar vinnig terug ruk aarde toe wanneer sy te veel droom! “Hy is my grootste

aanhanger en kritikus en ek waardeer sy insette altyd”.

Besigheidspersoon na wie sy opkyk: “Daar is baie, maar die een by wie ek die meeste leer

en raad kry, is Ina Botha van Ina Botha Eiendomme. Ek het baie respek en ‘n groot

waardering vir haar. Sy is opreg en ‘n regte dame en sy is glad nie skaam om my in die bek

te ruk as ek hand uit ruk nie!

Iets wat mense nie van haar weet nie: Sy het lingerie en klere ontwerp en gemaak vir die

Teasers dansers.

‘n Snaakse oomblik: Sy vertel daar is baie, maar die een wat onmiddellik opkom, was toe sy

by haar tannie gekuier het wat ‘n klomp groot honde het wat almal in die huis slaap. Die

storie gaan juis oor die Great Dane. Sy is die aand badkamer toe, in die donker want dis een

deur van haar kamer af. Toe sy teruggaan kamer toe, het die hond van buite af teruggekom

en op sy plek gaan lê, reg daar waar sy moes loop en toe val sy bo-op die hond. Die hond

skrik hom disnis en probeer opstaan en Tersia wil opstaan, maar kan nie, want die hond is

die heel tyd onder haar en so val sy en die hond die hele tyd van links na regs, terwyl die

hele res van die huis wakker word en hulle dood giggel vir die petalje.

Sy sê die ergste was die verleentheid toe sy die volgende week by die dokter was en hy nie

wou glo dat haar knieë stukkend is van oor ‘n hond val nie!

Wat hou die toekoms in? Netwerk, netwerk en nogmaals netwerk. Dis harde werk om te

netwerk, maar sy geniet dit om nuwe uitdagings te trotseer. Die klem in 2015 vir Tersia is

op opleiding en beplan sy om ‘n reeks werkswinkels aan te bied waarby besighede baie

baat sal vind.

Page 15: Eksklusief: Onderhoud met Juan Boucher · PDF fileLip-Lekker Resepte Harts-Gevoel Toer deur MPUMALANGA ... Resepte 15-16 Ballade vir ‘n enkeling ... Mens kry nie somer ware liefde

15

LipLipLipLip----Lekker ResepteLekker ResepteLekker ResepteLekker Resepte

Heerlike Macaroni & kaas

Benodig:

250g Macaroni

200g repies spek, gesnipper

2 uie

300g Cheddar kaas, gerasper

2 tamaties

1 pakkie sampioenroomsop

Metode:

1. Kook die pasta soos aan gewys op verpakking

in water, olie en sout.

2. Dreineer die pasta en plaas in ‘n mengbak.

3. Braai die spek in ‘n paar druppels kook olie.

4. Sny die een ui baie fyn op.

5. Voeg die spek en ui by die pasta.

6. Plaas 500ml koue water in kastrol, voeg sop

poeier by en meng deeglik, kook oor baie lae hitte

tot glade en effens dik sop vorm.

7. Voeg die sop en helfde van die kaas by die

pasta, meng deeglik

8. Plaas die tamaties in kookwater en trek die skil

af en sny in dun skyfies.

9. Sny die ander ui in dun skyfies.

10. Plaas die pasta mengsel in ‘n voorbereide oond

bak, plaas ui, tamatie en oorblywende kaas bo-op.

11. Bak in oond teen mattige tempratuur totdat die

kaas mooi bruin en gesmelt is.

Hoender sop

Benodig:

15ml room

1 groot pak ontbeende hoenderborsies (in

blokkies gensy)

2 middelslag uie (gekap)

2 spring onions met lobbe (gekap)

2 wortels (in ringe gesny)

3 aartappels (geskil en in blokkies gesny)

1 tamatie (sonder skil, gekap)

2 pakkies Knorr hoenderroomsop

Sout en pepper na smaak.

2 blokkies hoenderaftreksel (opgelos in 500ml

kook water)

Metode:

1. Stoom groente alles saam in 'n drukpot met

± 2l water, sout en pepper.

2. Wanneer gaar, skei die groente en die

aftreksel. maak fyn met hand drukker, hou

eenkant.. Hou die aftreksel ook eenkant.

3. (Terwyl groente stoom) Braai hoender in

margarine in braaipan tot mooi bruin en gaar.

4. Wanneer gaar, gooi hoender aftreksel oor,

laat staan een kant.

5. Meng groente en hoender en aftreksel

6. Kook sop, voeg water by indien nodig.

7. Voeg room by.

8. Kook alles saam in drukpot, sonder deksel

vir 20 minute..

Page 16: Eksklusief: Onderhoud met Juan Boucher · PDF fileLip-Lekker Resepte Harts-Gevoel Toer deur MPUMALANGA ... Resepte 15-16 Ballade vir ‘n enkeling ... Mens kry nie somer ware liefde

16

“Buffalo Wings”“Buffalo Wings”“Buffalo Wings”“Buffalo Wings”

Benodig:

Hoendervlerkies

Kookolie (of diepvet braaier)

Aromat

Handoekpapier rol

Ina Paarman se Blou kaas sous

Spur se Durky sous

Metode:

1. Was die hondervlerkies skoon, en vee droog

met handrol papier - baie belangrik dat die

hoender se vel nie nat is nie

2. In voorverhitte kook-olie, teen matige

tempratuur braai die hoendervlerkies tot die vel

bruin is, so tussen 3 en 5min, afhangend van hoe

warm die olie is.

3. Plaas die vlerkies in ‘n oondpan en gooi baie

goed met die aromat. Plaas dit dan in ‘n

voorverhitte oond teen 180 grade vir so 5 na 7

minute tot die vel “crispy” is

4. Bedien dadelik saam die blou kaas en durky

sous (te koop by enige supermark)

Kombuis wenk:Kombuis wenk:Kombuis wenk:Kombuis wenk:

Gebruik ‘n groente skiller

Om jou kaas mee te sny vir

Toebroodtjies, dit verseker dun

skyfies en so spaar mens ook!

Driehoek HemelDriehoek HemelDriehoek HemelDriehoek Hemel

Bestanddele:

1 Groot karton maaskaas of roomkaas (moet

volroom wees)

125ml suiker

125g botter

1 eier

Tennis beskuitjies

Rooi en groen geglansierde kersies (heel)

1 groot staaf peperment sjokelade (gerasper)

125 ml vars room

Metode:

1. Klits die eier eenkant, baie deeglik

2. Room die botter en suiker.

3. Voeg die eier by bottermengsel en meng deeglik

4. Roer die kaas in.

5. Sny groot stuk foelie en plaas op werksopvervlak

6. Pak 6 rye van die (3 koekies langs mekaar) in

breedte gaan jy 3 koekies hê en in lengte gaan jy 6

koekies hê. Bo-op die

7. Smeer van die vulsel oor die koekies,

8. Pak weer dieselfde hoeveelheid koekies op die

vulsel.

9. Smeer weer die koekies met die beslag, plaas die

oorblywende vulsel in reguit lyn oor die middelste

ry koekies

10. Plaas die kersies, een rooi en een groen styf teen

mekaar oor die middelste ry koekies, gooi helfte

van die sjokelade oor die kersies

11. Met die fvoelie vou nou die koekies dat die

onder kant toe is, en die bokant by mekaar kom, om

driehoek te vorm,

12. Plaas in vrieskas tot hard en gestol

13. Klits die room tot styf

14. Smeer room oor die buite dele van die tert.

15. Gooi die res van die sjokelade oor die room,

16. Hou die tert te alle tye so koud as moontlik!

Page 17: Eksklusief: Onderhoud met Juan Boucher · PDF fileLip-Lekker Resepte Harts-Gevoel Toer deur MPUMALANGA ... Resepte 15-16 Ballade vir ‘n enkeling ... Mens kry nie somer ware liefde

17

BALLADE VIR ‘N ENKELING SKITTER IN TWEEDE PLEK BY LOKET Starburstmusic -23 MAART 2015

Na die openingsnaweek van Ballade vir ’n Enkeling spog

dié film met ’n tweede plek by die loket. Ster Kinekor

Entertainment, die verspreider van die film, is baie gelukkig

met ‘n puik openingsnaweek. “Ons glo dat die sukses by die

loket sal voortbou gedurende die skoolvakansie, wat om die

draai is. Die terugvoer van die publiek is oorweldigend

positief” sê Pieter Geldenhuys, die uitvoerende

bemarkingsbestuurder van Ster Kinekor Entertainment.

Die span agter die film is baie dankbaar vir die ondersteuning van Suid-Afrikaners

en in besonder vir die meer as 27 500 mense wat die film oor die naweek in teaters

gaan kyk het. Dié teatergangers het bygedra tot die openingsnaweek-syfer van

R1,358,075.00.

Leon van Nierop se reaksie nadat die openingsnaweek se uitslae aan hom

bekendgemaak is, was: “Ek is verheug dat die storie steeds met Suid-Afrikaners

praat en dat hulle so ongelooflik positief daarop reageer het. Quentin Krog het

Afrikaanse film na 'n nuwe vlak geneem.”

Die vervaardiger Danie Bester voeg by: "Dit is ’n groot eer as die gehoor so

positief reageer op ’n rolprent se openingsnaweek, die terugvoer is uitstekend en ek

moedig almal aan om Ballade in ’n teater te gaan beleef”.

Die filmspan is uitsonderlik dankbaar teenoor die media en ook die publiek vir die

positiwiteit rondom die film. Volgehoue ondersteuning sal ‘n lang teaterlewe

moontlik maak en bydra tot die besonderse suksesverhaal van hierdie trots

Afrikaanse film.

Webwerf: www.balladefilm.co.za

Facebook: www.facebook.com/Balladefilm

Twitter: @Balladefilm

Lokprent skakel: https://www.youtube.com/watch?v=j2uM0InbwFA&list=UUf-

srw7HOXt4Gv05cuSJIug

Page 18: Eksklusief: Onderhoud met Juan Boucher · PDF fileLip-Lekker Resepte Harts-Gevoel Toer deur MPUMALANGA ... Resepte 15-16 Ballade vir ‘n enkeling ... Mens kry nie somer ware liefde

18

Bekroonde fliek stel lusmaker lokprent bekend Mediavrystelling – 13 Maart 2015 � Starburstmusic

“Soms moet jy net aanvaar dat jou familie en almal om jou eintlik jou Hollywood

is…” Met hierdie boodskap maak die fliek, Hollywood in my Huis, gereed om

eersdaags in teaters landswyd te open. Die lusmaker lokprent is ook vandag om

12h00 vir die eerste keer vrygestel.

https://www.youtube.com/watch?v=4geAihjZfS0&feature=youtu.be

Hierdie romantiese komedie het reeds op 31 Augustus 2014 by die kykNET

Silwerskermfees in Kampsbaai aandag getrek en met drie toekennings weggestap:

a) Kenners keuse b) Gehoor-gunsteling en c) Gehoor-gunsteling aktrise (Christia

Visser).

Hollywood in my Huis vertel die storie van ‘n doodgewone matriek meisie, Jana

van Tonder (Christia Visser), en haar ouers, Beatrice en Tos van Tonder (Nicola

Hanekom en Louw Venter), asook Frikkie (Edwin van der Walt), haar beste vriend

en sy ouma, wat aan die verkeerdekant van die spoor woon. Jana se pa is werkloos

en haar ma bedryf ‘n skoonheidssalon vanuit ‘n karavaan in die voorplaas. Die

volwassenes se drome is verpletter, tog styg Jana se drome vêr bo haar beskeie

omstandighede uit. Dit is 2004 en haar matriekafskeid is om die draai. Wanneer

sy op televisie sien hoe Charlize Theron die Oscar wen besluit sy daar en dan om

haar matriekafskeid in haar eie “Hollywood Red Carpet” glansgeleentheid te

omskep. ‘n Besluit wat haar voor moeilike keuses te staan bring en forseer om met

die werklikheid van die lewe kennis te maak. Sy is heimlik verlief op Brandon

(Viljé Martiz) - die skool se hartbreker en tenniskampioen – en is vasbeslote om

hom te vra om saam met haar matriekafskeid toe te gaan, selfs al het hy pas met

die skool se mees populêrste meisie, Angelique (Leandie du Randt) uitgemaak.

Jana ontsien geen moeite nie en kom nie eens agter dat haar beste vriend, Frikkie

sy gevoelens vir haar probeer wys nie…..

Dit het nege jaar geduur voor die regisseur Corne van Rooyen sy kortprent

Hollywood in my Huis, wat hy as student aan die rolprentskool AFDA gemaak het,

Page 19: Eksklusief: Onderhoud met Juan Boucher · PDF fileLip-Lekker Resepte Harts-Gevoel Toer deur MPUMALANGA ... Resepte 15-16 Ballade vir ‘n enkeling ... Mens kry nie somer ware liefde

19

in ‘n vollengte rolprent kon omskep. Die inspirasie vir die prent oor ‘n jong

tienermeisie wat groot drome koester, maar besef dat sy net dapper genoeg moet

wees om haarself te wees, dan sal sy haar pad in die lewe vind, put van Rooyen uit

sy eie kinderjare in Silverton, Pretoria. Hy sê baie van die gegewe en die karakters

is op daardie jare geskoei. Aspekte van sy familie en vriende is te vind in

Hollywood in my Huis, “Dit is eintlik ‘n hoogs persoonlike verhaal”.

Die rolbesetting het byna twee en ‘n halwe jaar geduur. Van Rooyen het van die

begin af geweet die akteurs gaan die finale deurslag aan die sukses van die storie

gee. Oor Christia Visser wat ook tans te sien is in Ballade vir ‘n Enkeling as Lena

Aucamp Jr. sê hy: “Ek het geweet ek gaan nie maklik ‘n beter Jana as sy kry nie,

sy werk vanuit haar onderbewuste sy gee nie voor nie, daar is n eerlikheid en

varsheid aan haar vertolking.” Dit het net solank geneem om die ongekunstelde

Frikkie te vind. Van Rooyen het oral gesoek by universiteite, skole, agentskappe

en selfs op Facebook mense deurgekyk. Toe sien hy vir Edwin van der Walt (ook

nou te sien in Ballade vir ‘n Enkeling as Jacques Rynhard Jr.) in ‘n kortfilm raak.

Hy het hom tenoor Christia laat speel in ‘n oudisie. “Elke oomblik was hy eg asof

hy die rol sonder moeite speel” vertel Van Rooyen opgewonde.

Ander sterre wat ook in die fliek te sien is sluit in Elana Afrika-Bredenkamp, Lida

Botha en Marga van Rooy.

Die prent is hoofsaaklik in Vasco en aan die Hoërskool Brackenfell geskiet. Tonele

is ook in Fisantekraal, Observatory en in Kaapstad verfilm.

Hollywood in my huis tref die plaaslike silwerdoek op 26 Junie 2015.

Verspreiding vind plaas deur Indigenous Film Distribution.

Facebook: https://www.facebook.com/himhfilm

Twitter: @HIMHFilm

Webtuiste: www.hollywoodinmyhuis.co.za

Fotograaf: Jesse Kramer

Page 20: Eksklusief: Onderhoud met Juan Boucher · PDF fileLip-Lekker Resepte Harts-Gevoel Toer deur MPUMALANGA ... Resepte 15-16 Ballade vir ‘n enkeling ... Mens kry nie somer ware liefde

20

D.F Malherbe Laerskool se 50ste verjaarsdagD.F Malherbe Laerskool se 50ste verjaarsdagD.F Malherbe Laerskool se 50ste verjaarsdagD.F Malherbe Laerskool se 50ste verjaarsdag

KarnKarnKarnKarniiiivalvalvalval SkouspelSkouspelSkouspelSkouspel

Harts-Gevoel was gelukkig genoeg om ‘n komplimentere uitnodiging te kon kry

vir die geleentheid wat op 28 Februarie plaas gevind het.

Laerskool D.F Malherbe in Vanderbijlpark het sy ontstaan in 1965 en vier dus

vanjaar sy 50ste verjaarsdag.

Die skool het ‘n Karnival Skouspel aangebied met verskeie bekendes wat die

verhoog betree het. Tydens die vertoning van die

Vaaldriehoekse sanger Sean Miles het die hemele oop

gemaak en harde reën het op die skare neer gestroom, maar

die skare was min gepla, die een sambreel na die ander een

het begin kop uit steek en selfs cazebos is deur die skare

opgeslaan. Die jonger span het ook steeds in die reën baljaar.

Hierdie fees het geen tekort aan vermaak gehad nie, met

sy biertent, lekker kosstalletjies en die vermaak op die verhoog natuurlik!

Bekende solo sanger en lid van die boy band Eden, Jay was eerste aan die

beurt, al het dit gesous, het almal steeds teen die verhoog

gaan staan en uit volle bors saam gesing,

Kort op sy hakke het Jukebox aanbieder Pieter Koen die

gehoor vermaak met sy humoristiese vertoning.

‘n Verrassing het ook op die gehoor gewag toe Leah, wat bekendheid

verwerf het in die film “As jy sing” en die vroulike hooftol teenoor

Bobby gespeel het, ook die gehoor kom vermaak het met haar nuwe liedjies vir ‘n

toekomstige album - sy het beslis ‘n hele paar harte verower.

Page 21: Eksklusief: Onderhoud met Juan Boucher · PDF fileLip-Lekker Resepte Harts-Gevoel Toer deur MPUMALANGA ... Resepte 15-16 Ballade vir ‘n enkeling ... Mens kry nie somer ware liefde

21

Bekende Afrikaanse sanger, Willem Botha en akteur (Liefling, Pretville)

het die reën somer weg gesing met sy treffer liedjies en ook ‘n hele paar

staaltjies met die gehoor gedeel wat vir baie giggels gesorg het.

MoniQue wat ook ‘n lid is van die Vuurwerke groep, het beslis die

gehoor se asem weg geslaan, Min mense besef presies watter talent sy

het. Of sy nou met agtergrond musiek of daarsonder gesing het, was die

gehoor gaande daaroor.

Maar die meeste van die toeskouers het beslis die reën en koue trotseer vir

die laaste vertoning van die aand en wie anders as die bekende “Vergeet

wat jy Weet van Liefde” sanger, Dewald Wasserfall. Die tiener meisies het

in hul hordes na die verhoog gestroom vir sy vertoning. Hy het definitief

nie teleurgestel nie.

Imile De Bruin van IDB Productions was een van die organiseerders van die

geleentheid en is verandwoordelik vir baie van die sukses wat die fees opgelewer

het. Dankie aan Imile wat ons span genooi het om die dag by te woon.

Page 22: Eksklusief: Onderhoud met Juan Boucher · PDF fileLip-Lekker Resepte Harts-Gevoel Toer deur MPUMALANGA ... Resepte 15-16 Ballade vir ‘n enkeling ... Mens kry nie somer ware liefde

22

GHOEMA 2015 TOEKENINGS

Ghoema Musiektoekennings kan beskryf word as Suid-Afrika se eie Grammy-

toekennings. Suid-Afrika se eie spoggeleentheid vind jaarliks plaas, om die room

van Suid-Afrikaanse talent te vereer.

Vanjaar se toekenings was op Dinsdag, 24 Maart 2015 aangebied. Die wenners is

soos volg:

- Liedjieskrywer van die jaar: Riana Nel

- Musiekvideo van die jaar: Steve Hofmeyr (Sit die ligte aan)

- Gewildste liedjie van die jaar: NAWEEKLYFIE deur Lianie May & Jay

- Nuweling van die jaar: VEGAS

- Geestelike Album van die jaar: Hennie Maritz & KrissTel

- Kinder-album/DVD van die jaar: Hanna Grobler en Hendri Myburgh

- Die lewenslange bydra tot die musiekbedryf: Laurika Rauch

- Boeremusiek Album van die jaar: Die Penkoppe

- Kontemporére album deur 'n manlike kunstenaar van die jaar: Steve Hofmeyr

- Humor Album van die jaar: Wicus Van Der Merwe

- Kontemporêre album deur 'n vroulike kunstenaar van die jaar: Laurika Rauch

- Vervaardiger van die jaar: Juan "Floors" Oosthuizen

- Instrumentale album van die jaar: CH2 (Soos in die ou dae)

- MK-Toekenning vir beste alternatiewe album: Die Heuwelsfantasties

- Top verkoper van die jaar: Riana Nel met 70 000+ CD verkope in 2014.

- Beste album deur 'n duo of groep (pop/kontemporêr): EDEN

- Beste pop album deur 'n manlike kunstenaar: Bobby van Jaarsveld (Maak 'n

wens)

- Beste pop album deur 'n vroulike kunstenaar: Riana Nel

- Baanbreker-toekenning: Mynie Grové

- Groep van die jaar: Adam

- Liedjie van die jaar: Adam - Sal oorlog vir jou maak

- Vroulike kunstenaar van die jaar: Riana Nel

- Manlike kunstenaar van die jaar: Bobby van Jaarsveld

- Die album van die jaar by Ghoema 2015: Bobby van

Jaarsveld (Maak 'n Wens) Foto: Ghoema,Album 1, Facebook, EventPho

Page 23: Eksklusief: Onderhoud met Juan Boucher · PDF fileLip-Lekker Resepte Harts-Gevoel Toer deur MPUMALANGA ... Resepte 15-16 Ballade vir ‘n enkeling ... Mens kry nie somer ware liefde

23

WenkeWenkeWenkeWenke

.

Vir ‘n droe kopvel gebruik 1 eier geel met 1 eetlepel kook olie, meng goed

saam en smeer op kopvel en los op vir 30min.

Vir ‘n olierige kopvel gebruik 1 eier wit met 1 eetlepel poeiermelk, meng

goed en smeer dan op kopvel en los vir 30min.

Was jou hare slegs een keer om alles af gewas te kry

- Ina Both, Ina’s Hair Studio, Drie Riviere, Vereeniging

- Strooi ‘n mengsel van gelyke dele aliun en boraks op plekke waar miere pla.

- Voeg asyn by jou skottelgoed water wanneer jy met seekos of vis gewerk

het.

- Vryf elke aand ‘n bietjie kasterolie aan jou wimpers, tegelyk vryf die

wimpers saggies tussen jou duim en voorvinger om die bloedsomloop te

bevorder.

- Draai jou kaas in foelie toe met die blink kant na buite, wanneer jy jou kaas

wil vries, dit sal voorkom dat die kaas glad nie krummel wanneer jy dit

ontvries nie.

- Om te voorkom dat kaas wat gerasper is nie aan mekaar vasklou nie, sit baie

min Mazina tussen in.

- Wanneer jou yskas stink, plaas vanilla geursel in ‘n piering in die yskas.

- Sit die pote van van ‘n leer in twee skoene met rubbersole, dit sal voorkom

dat die leer gly.

- Meng dieselfde hoeveelheid vaseline en gliserien. Voeg baba poeier tot

handteerbaar op hande. Met slaaptyd vryf room op voete en trek kouse aan.

Om gebarste hakke te herstel.

- Sny altyd ‘n ligte kruis onder ‘n tamatie wanneer jy die tamatie in kookwater

sit om die vel te kan aftrek.

- Gooi kookwater in ‘n houer en hou jou glas onderstebo daaroor tot die glas

vul met wasem, vryf die glas dan blink met ‘n droe skoon vadoek om jou

glase blink te kry vir ‘n deftige geleentheid.

Page 24: Eksklusief: Onderhoud met Juan Boucher · PDF fileLip-Lekker Resepte Harts-Gevoel Toer deur MPUMALANGA ... Resepte 15-16 Ballade vir ‘n enkeling ... Mens kry nie somer ware liefde

24

Karlien Van Jaarsveld Karlien Van Jaarsveld Karlien Van Jaarsveld Karlien Van Jaarsveld –––– My HartjieMy HartjieMy HartjieMy Hartjie - My eerlike opinie album resensie deur Maryka Pretorius -

Na skaars ‘n week op die rakke het die album goue status

bereik! Maar dit verbaas my glad nie, want ek kon dit al

voorspel net deur die titel snit “my hartjie” te kon hoor op

radio stasies landswyd sedert valentyns Dag vanjaar.

Vir my is ‘n liedjie slegs goed as dit my emosioneel aanraak

en dis beslis wat meederheid van die liedjies op hierdie album

doen! Dit vat aan jou siel.

Die album bestaan uit 14 liedjies asook ‘n verskuilde akoestiese snit van “jakkels trou

met wolf se vrou”

Die titel snit is deur die uiters talentvolle liedjie skrywer en sanger Johan Vorster geskryf.

Die snit is baie goed ontvang deur Karliens se ondersteuners en is beslis ‘n liedjie vol

betekenis oor die liefde.

My persoonlike gunsteling op die album is ook deur Johan geskryf, getiteld “Geskeurde

Jeans”, Dit is ‘n absolute lekker hard luister treffer! Dit gaan oor somer liefde in die

storm, ‘n meisie in haar geskeurde jeans en natuurlik die ou wat bietjie bang is vir nuwe

liefde

Onder meer is daar ook liedjies soos “Woorde” en “Jy is” wat deur Johan Oberholzer

geskryf is, sowel “Breek” wat deur Riana Nel gskryf is.

Natuurlik is daar ook liedjies uit Karlien se eie pen, soos Daniel & Eliah, wat sy vir haar

tweeling seuntjies geskryf het, ek self is nog nie ‘n ma nie, maar die lirieke het my naby

aan trane gehad! Dit beskryf hoe als vir altyd verander as jy ma word en hoe mens jou

kinders onvoorwaardelik lief het en hoe hulle die mooiste deuntjies huil.

Vir die eerste keer in ‘n lang tydperk sing Karlien heel wat meer engelse liedjies. Op

hierdie album kan jy luister na, soos Go your own way, Holding out for a hero, biter blue,

en dancing in the dark.

Kyk hoe glinster die maan verduidelik hoe ‘n dogtertjie en haar boetie op kersfees vader

se rooi jas in die laai af kom, en hoe hul kinder harte ontnugter word deur die ontdekking

dat kersfees vader nie werklik bestaan nie. Dis defenitief ook een van my gunstelinge op

die album en laat mens terug dink aan jou eie kinder dae met kerstyd.

Daar is ook liedjies soos Lewe vir Liefde, tot die perde eendag horings kry, voel weer en

stille waters wat beslis nie teleurstel nie. Hierdie is beslis weerens ‘n treffer album!

Page 25: Eksklusief: Onderhoud met Juan Boucher · PDF fileLip-Lekker Resepte Harts-Gevoel Toer deur MPUMALANGA ... Resepte 15-16 Ballade vir ‘n enkeling ... Mens kry nie somer ware liefde

25

Die Harts-Gevoel span wil graag vir al ons Harts-Gevoel familie lede ‘n geseënde paasfees toe wens, mag jul lang naweek gevul wees met familie, vreugde, geloof en natuurlik ‘n hele paar paas eiers!

Mag julle hierdie paas seisoen die Here se seen oor jul familie en huis

voel, mag julle op-nuut besef waaroor paas fees gaan!

Paasfees is die nuwejaarsdag van die siel – AB Simpson

Page 26: Eksklusief: Onderhoud met Juan Boucher · PDF fileLip-Lekker Resepte Harts-Gevoel Toer deur MPUMALANGA ... Resepte 15-16 Ballade vir ‘n enkeling ... Mens kry nie somer ware liefde

26

- Om jou besigheid in Harts-Gevoel te adverteer kontak ons asb by

[email protected] of [email protected]

- Stuur asb vir ons jou resepte en wenke na [email protected]

- As jy enige voorstelle het vir nuwe artikels of waar ons die tydskrif kan

verbeter kan julle gerus ook ‘n mail stuur na [email protected]

- As julle ons wil nooi na ‘n funksie of vir ons ‘n album wil stuur om oor ‘n

resensie te doen kan julle ons kontak by [email protected]

- As jy vir Harts-Gevoel ‘n versoek wil stuur om ‘n artikel te doen oor iemand

of ‘n maatskappy kan julle ons kontak by [email protected]

- As jy graag deel wil word van die Harts-Gevoel span vanaf jou omgewing

kan jy ons gerus kontak by [email protected]

- Harts-Gevoel is opsoek na Dames in die Vaal area wat deel wil wees van

ons foto sessie vir ons Julie uitgawe, stuur ons asseblief jou naam, van,

ouderdom, rok groote en lengte saam ‘n gesig en vol lyf foto na

[email protected]

- Kontak vir Maryka direk op [email protected] of vir Antionette en

Tersia by [email protected]

- Bespreek Juan Boucher vir jou verjaarsdag, funksie of fees by Denise –

[email protected] of 083 790 4125