eldo-info nuusbrief 15 mei 2020...1. jy moet weet wanneer om te slaan, en wanneer om nie te slaan...

11
Eldo-Info Nuusbrief 15 Mei 2020 www.hseldo.co.za Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE VIR DIE WEEK DIE KRAG VAN GEBED Daar is soveel krag in gebed. Gebed wat in geloof en deur die Heilige Gees gebid word is soos wierook in die teenwoordigheid van God. Self al struikel ons oor ons woorde, maak mens se geloof en opregtheid deur Jesus se genade, ons gebede aanneemlik. Wanneer mens deur die Heilige Gees bid sal mens se versoeke in lyn met God se wil wees. Ons kan dus ons smeekbedes tot God rig oor enige iets wat in ons lewe gebeur en 'n beroep op Hom doen op grond van Sy geregtigheid, liefderyke goedhartigheid, barmhartigheid en genade. Bid oor alles, hou vas aan God se beloftes en vertrou op sy perfekte tyd vir die regte antwoorde, oplossings, seeninge en regte uitweg.

Upload: others

Post on 31-Jul-2020

4 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Eldo-Info Nuusbrief 15 Mei 2020...1. Jy moet weet wanneer om te slaan, en wanneer om nie te slaan nie. 2. Aan die ander kant moet jy weet in watter area om die bal te gooi, sodat jy

ELDO-INFO 2017

Eldo-Info Nuusbrief – 15 Mei 2020

www.hseldo.co.za • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne

GEDAGTE VIR DIE WEEK

DIE KRAG VAN GEBED

Daar is soveel krag in gebed. Gebed wat in geloof en deur die Heilige Gees gebid word is soos wierook in die

teenwoordigheid van God. Self al struikel ons oor ons woorde, maak mens se geloof en opregtheid deur Jesus se

genade, ons gebede aanneemlik. Wanneer mens deur die Heilige Gees bid sal mens se versoeke in lyn met God se wil

wees. Ons kan dus ons smeekbedes tot God rig oor enige iets wat in ons lewe gebeur en 'n beroep op Hom doen op

grond van Sy geregtigheid, liefderyke goedhartigheid, barmhartigheid en genade. Bid oor alles, hou vas aan God se

beloftes en vertrou op sy perfekte tyd vir die regte antwoorde, oplossings, seeninge en regte uitweg.

Page 2: Eldo-Info Nuusbrief 15 Mei 2020...1. Jy moet weet wanneer om te slaan, en wanneer om nie te slaan nie. 2. Aan die ander kant moet jy weet in watter area om die bal te gooi, sodat jy

2

AKADMIE

AFRIKAANS OLIMPIADE

Ons het kennis ontvang dat die Junior en Senior Afrikaans Olimpiade vir Afrikaans, afgestel is. Leerders wat die

registrasiefooi betaal het, sal hulle terugbetaling ontvang. Dit word deur me. Sanette Meyer hanteer. Enige navrae kan

aan haar gerig word by: [email protected].

KULTUUR

REDENAARS

Die volgende gedeelte is geskryf deur een van Hoërskool Eldoraigne se top-redenaars, Jodie Roelofsz. Sy het in 2018 as ‘n

graad 8 ingestap by ons skool en sommer dadelik haar merk begin maak! Sy draai gehore om haar pinkie en laat hul monde

oophang met haar talent. Jodie, ons hoop dat jy hierdie jaar virtueel steeds die beoordeellaars kan oortuig van elke

standpunt!

Redenaars was nog altyd die hoogtepunt van my jaar. Elke kompetisie bring sy eie opwinding en uitdagings. Na ‘n paar

jaar se ondervinding en deelname, is een van die dinge waarna ek die meeste uitsien, natuurlik die interaksie met die

gehoor en beoordelaars. Hulle reaksie, die gesigsuitdrukkings, oomblikke van stilte, skaterlag en … die onderlangse

gefluister. Jy ervaar ‘n gevoel van selfvertroue as die gehoor jou prys en positief reageer op die wyse waarop jy hulle

oortuig het van jou standpunt en dan wag jy vir daardie stywe gelukwensing-drukkie vanaf juffrou Greyling, wat natuurlik

in die nuwe normaal taboe is.

Redenaars leer jou om op jou voete te dink en dus is ons altyd voorbereid om enige uitdaging of struikelblok aan te pak.

Ons word nou vierkantig in die oë gekyk en gekonfronteer met een van die grootste uitdagings tot dusver, want ons

gunsteling redenaarskompetisies het met nuwe inisiatiewe vorendag gekom. Virtuele Redenaars! Voorwaar ‘n briljante

idee, maar ek voel persoonlik dat dit nie die tradisionele manier van redenaars kan vervang nie. Dalk ‘n goeie tweede plek.

Om voor ‘n kamera te praat, kan nie ‘n gehoor en die beoordelaars se daarwees vervang nie en ek gaan die gespanne

prysuitdelings moeilik prysgee vir die wag vir ‘n PDF-vorm waarop my repliek staan.

My hart klop nie warm as ek dink aan vreemde, vituele, video-redenaars nie. 2020 voel leeg sonder die opwinding van

regte, raakpraat, redenaars!

Jodie Roelofsz

Page 3: Eldo-Info Nuusbrief 15 Mei 2020...1. Jy moet weet wanneer om te slaan, en wanneer om nie te slaan nie. 2. Aan die ander kant moet jy weet in watter area om die bal te gooi, sodat jy

3

SPORT

SAGTEBAL

Die afwagting vir die sagtebalseisoen is steeds groot, aangesien sagtebal eers in die derde kwartaal plaasvind. Ons kan

net hoop dat alle viruses, saam met die baie water, in die see sal loop teen daardie tyd. Sagtebal is ‘n sport is waar

sosiale distansiëring maklik is, so ons hoop almal dat hierdie virus vir ‘n strike uitgeboul sal word en dat osn akn begin

oefen en regmaak vir ‘n home run-seisoen!

Ons het dit goed gedink om ‘n term of twee te verduidelik, aangesien die aanhangers van Eldo-Sagtebal altyd meer wil

leer van hierdie innoverende sport. Een van die belangrikste dele van sagtebal is om te kan gooi en te kan slaan. Die

volgende reëls is van toepassing op die spelers wat kolf én veldwerk doen:

1. Jy moet weet wanneer om te slaan, en wanneer om nie te slaan nie.

2. Aan die ander kant moet jy weet in watter area om die bal te gooi, sodat jy die kolwer kan uitkry.

‘n BAL beteken die bal is of te hoog of te laag vir jou gegooi. Met ander woorde, hoër

as jou skouers en laer as jou knie, asook as dit nie oor die plaat gegooi word nie is dit

‘n bal.

‘n STRIKE beteken die bal is gegooi in die area waar hy moet wees. Van jou skouers tot jou knie is die spesifieke area,

asook oor die plaat. Indien jy swaai, al is die bal te hoog of te lag, word dit ook gesien as ‘n strike.

Page 4: Eldo-Info Nuusbrief 15 Mei 2020...1. Jy moet weet wanneer om te slaan, en wanneer om nie te slaan nie. 2. Aan die ander kant moet jy weet in watter area om die bal te gooi, sodat jy

4

SAGTEBAL WOORDSOEK

Hier is ‘n lekker woordsoek-speletjie wat die hele gesin kan doen! Vind die 10 woorde (in engels) en ‘n lekker bederf in

ons moedertaal!

Die versteekte woorde:

1. Ball

2. Batter’s box

3. Bases

4. Force play

5. Homeplate

6. Homerun

7. Safe

8. Stolen base

9. Strike

10. Walk

S A F E B F G V B M E

A T S T A G M I T H L

G Y O F T B A T J O D

A A E L T P C W S M O

E L S Y E I H E J E S

B P T S R N S E L P A

G E R C S A B R W L G

L C I O B T R A I A T

H R K R O C L G S T E

I O E E X K L V E E B

T F Q H O M E R U N A

R J W C H A T B A L L

*Die antwoorde sal in die volgende uitgawe verskyn.

Ek hoop julle het hierdie inligting en die speletjie geniet!

Sagtebal-groete

Juffrou Zanne-Marié Pienaar

Page 5: Eldo-Info Nuusbrief 15 Mei 2020...1. Jy moet weet wanneer om te slaan, en wanneer om nie te slaan nie. 2. Aan die ander kant moet jy weet in watter area om die bal te gooi, sodat jy

5

ATLETIEK

Daar was al ontelbare naelbyt-oomblikke in atletiek en die oudste 9 rekords het beslis ook hierdie oomblikke tot gevolg

gehad. Weet jy wie een of meer van hierdie rekordhouers is? In watter item hulle die rekord behaal het en in watter jaar

die historiese rekord opgestel is? As jy soos meeste mense nie weet nie, moenie sleg voel nie. Leer saam met ons bietjie

meer van hierdie besonderse atletiek-oomblikke!

Rekord

nr.

Opgestel

in Wie Item Rekord

Oorsprong

van atleet Foto

9 1995

25 jaar

Jonathan

Edwards Driesprong 18.29m Brittanje

Inessa

Kravets Driesprong 15.50m Oekraïne

8 1992

28 jaar

Javier

Sotomayor Hoogspring 2.45m Kuba

Kevin Young 400m

Hekkies 46.78s Amerika

7 1991

29 jaar Mike Powell Verspring 8.95m Amerika

6 1990

30 jaar

Randy

Barnes Gewigstoot 23.12m Amerika

Page 6: Eldo-Info Nuusbrief 15 Mei 2020...1. Jy moet weet wanneer om te slaan, en wanneer om nie te slaan nie. 2. Aan die ander kant moet jy weet in watter area om die bal te gooi, sodat jy

6

5 1989

31 jaar

Galina

Christyakova Verspring 7.57m Rusland

Jackie

Joyner-

Kersee

7-kamp 7219

punte Amerika

4 1988

32 jaar

Florence

Griffith

Joyner

100m

200m

10.49s

21.34s Amerika

3 1987

33 jaar

Stefka

Kostadinova Hoogspring 2.09m Bulgarye

2 1986

34 jaar Jurgen Schult Diskus 74.08m Duitsland

1 1983

37 jaar

Jarmila

Kratochvilova 800m 1.53.28s

Tsjeggiese

Republiek

Marita Koch 400m 47.60s Duitsland

Ek glo daar is ‘n hele paar mense met nuwe atletiek-kennis! Ons kan nogsteeds elke dag iets nuuts leer tydens die

inperking.

Atletiek-groete

Meneer Nico van Heerden

Page 7: Eldo-Info Nuusbrief 15 Mei 2020...1. Jy moet weet wanneer om te slaan, en wanneer om nie te slaan nie. 2. Aan die ander kant moet jy weet in watter area om die bal te gooi, sodat jy

7

HOKKIE

Jy sien hierdie hokkie-sterre feitlik elke Saterdag speel. Voor jou oë tower hulle met die bal en laat hul teenstaanders

met stof in die oë. Altans, voor die inperking! Gelukkig bring elke uitdaging ook geleenthede en nou kan julle die spelers

wat die beste hokkie spanne in Hoërskool Eldoraigne lei, leer ken!

Hierdie week leer ken ons die eerste spanne se kapteine!

🏑In watter jaar het jy die eerste span gehaal en watter posisie speel jy?

Ek is in 2019 in die span in gesluit en ek speel center back.

🏑Wat is jou sterk eienskappe op die veld?

Ek sou beslis sê goeie visie.

🏑Wat is jou beste karaktereienskappe van die veld af?

Om ‘n goeie vriendin te wees en iemand wat aandagtig luister.

🏑Wie is die persoon saam met wie jy die graagste wil hokkie speel, wat nie meer in jou span is nie?

Sonder enige twyfel is dit Kelsey Goosen!

🏑Wie is die een persoon in Eldoraigne se span waarsonder jy nie kan speel nie?

Annabelle van der Merwe.

🏑As jy enige superpower kon hê, wat sou dit wees?

Om mense se gedagtes te kan lees en alles weet wat hulle dink! Ek sal ook myself wil kan teleport. 😂

🏑Noem een ding wat jy mis van hokkie oefening.

Die spangees en al die grappies

🏑Wat is jou motto in die lewe?

When you believe in your self, you have 100% of the people you need on your side!

Page 8: Eldo-Info Nuusbrief 15 Mei 2020...1. Jy moet weet wanneer om te slaan, en wanneer om nie te slaan nie. 2. Aan die ander kant moet jy weet in watter area om die bal te gooi, sodat jy

8

🏑In watter jaar het jy die eerste span gehaal en watter posisie speel jy?

Ek het in 2019 begin eerste span speel en ek is ‘n midfielder.

🏑Wat is jou sterk eienskappe op die veld?

Ek sal sê vinnige hande. Dit kom “handig” te pas ☺!

🏑Wat is jou beste karaktereienskappe van die veld af?

Ek is betroubaar en het ‘n kalm temprament.

🏑Wie is die persoon saam met wie jy die graagste wil hokkie speel, wat nie meer in jou span is nie?

Defnitief Carllo Düring!

🏑Wie is die een persoon in Eldoraigne se span waarsonder jy nie kan speel nie?

Ek is afhanklik van my hele span.

🏑As jy enige superpower kon hê, wat sou dit wees?

Super speed, dan kan ek lekker maklik deur almal hardloop!

🏑Noem een ding wat jy mis van hokkie oefening.

Ek mis die gevoel wat ek kry deur net op hokkie te fokus en so van al my probleme te vergeet.

🏑Wat is jou motto in die lewe?

Don’t be a slave to society.

Page 9: Eldo-Info Nuusbrief 15 Mei 2020...1. Jy moet weet wanneer om te slaan, en wanneer om nie te slaan nie. 2. Aan die ander kant moet jy weet in watter area om die bal te gooi, sodat jy

9

SKAAK

Ons hoop julle het julself lekker uitgedaag met laas week se skaak vasvrae geniet en dat dit julle laat kopkrap het!

Hiermee die vasvrae se antwoorde:

1. Kan die wit koning op B4 staan as die swart koning op C5 staan?

Nee, die konings kan nie op aangrensende blokkies staan nie.

2. Wit se koning is op E2, terwyl die swart koning op D5 is. Wat is die beste skuif vir swart?

KE4. Swart het nou die opposisie, want wit moet wegskuif.

3. Die swart dame staan op 'n leë skaakbord op H2. Na hoeveel blokkies kan sy skuif?

21 Blokkies.

4. Wit het die stukke (KH2, DH1, TG2, LG1, pionne op G3 en H5), terwyl swart 'n koning op C6 en 'n pion op F2 het.

Hoe kan swart die spel wen?

... f1=R+. Die pion op F2 promoveer na 'n ruiter en die wit koning is skaakmat.

LIEF EN LEED

Me. Maureen van der Merwe is siek. Ons wens haar ‘n vinnige herstel toe.

Die ooievaar het by Hoërskool Eldoraigne kom draai en aan juffrou Cheri Horn se deur gaan klop! Baie geluk

juffrou Cheri, ons isbaie opgewonde saam met julle gesin!

PERSONEEL VERJAARSDAE

Baie geluk aan juffrou Anya Henzen wat haar eerste verjaarsdag as Eldo-onnie, op 22 Mei vier! Ons wens jou ‘n lewensjaar

vol geluk en vreugde toe, juffrou Anya!

Juf. Anya Henzen

(22 Mei 2020)

Page 10: Eldo-Info Nuusbrief 15 Mei 2020...1. Jy moet weet wanneer om te slaan, en wanneer om nie te slaan nie. 2. Aan die ander kant moet jy weet in watter area om die bal te gooi, sodat jy

10

MENSLIKE HULPBRONNE

HOëRSKOOL ELDORAIGNE VERWELKOM

Dit is vir ons ‘n voorreg om die volgende personeel by ‘n reeds uitstekende personeelkorps te verwelkom! Ons glo elkeen

sal die liefde en omgee van die Eldoraigne-geeenskap vanuit die staanspoor ervaar. Dit is in vreemde omstandighede wat

die nuwe personeel by ons aansluit, maar ons sien uit na die eerste koppie tee of koffie saam met julle in die

personeelkamer!

Me. Reneé Swart Mariska du Preez Cherice Purcocks

Finansies Natuurwetenskappe Wiskunde

Emily Fitzgerald Annatjie du Toit

Skeppende- en Ontwerpkuns Afrikaans

Page 11: Eldo-Info Nuusbrief 15 Mei 2020...1. Jy moet weet wanneer om te slaan, en wanneer om nie te slaan nie. 2. Aan die ander kant moet jy weet in watter area om die bal te gooi, sodat jy

11

WELWILLENDEID

ELDO’S GEE OM