en reen.doc  · web viewmassa hipnose, hallusinasies en ... die goed bestaan in mense se denke....

59
Werner Smook 20 October at 10:36 · Gereeld dink ek aan gedagtes wat ek wil neerpen oor die "bid vir reën" verskynsel wat vandag steeds onder mense (ook my mense) teenwoordig is. Daar is baie opmerkings wat ek hieroor kan maak, maar 'n vriend skryf toe vanoggend aan my die volgende wat nogal 'n punt raakvat. Iets om oor te dink, vir diegene wat vir hulself dink. ++++++++++++++++++++++++++++++ Dis weer interessant om te sien hoe ons mense lag vir die meidjie by die universtiteit wat se ons moet wegdoen met westerse wetenskap,maar dan prys ons die here vir die reen! Like Show More Reactions Comment Share 12 Deon Andre Schuhardt and 11 others 1 share 88 comments Comments Jaco Viljoen As die mense wat tog so graag wil wegdoen met westerse wetenskap dan tog ook net die ipads en ipods wil wegsit asook die euwel, geld, en terugkeer ruiltransaksies en bicycles toe. Like · Reply · 20 October at 10:43 Sebastiaan Biehl Die ou wat dit skryf verstaan nie die noue band tussen Christenskap en Westerse Wetenskap nie. Hierdie idee dat wetenskap anti-kerk en anti-God is, is een van talle dwalings van die laaste omtrent 30 jaar. Like · Reply · 9 · 20 October at 11:23

Upload: vuthien

Post on 29-Nov-2018

216 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: en reen.doc  · Web viewMassa hipnose, hallusinasies en ... Die goed bestaan in mense se denke. Dit word deur mense geskep in "antwoord" op lewensvrae soos die onstaan van aarde,

Werner Smook

20 October at 10:36 ·

Gereeld dink ek aan gedagtes wat ek wil neerpen oor die "bid vir reën" verskynsel wat vandag steeds onder mense (ook my mense) teenwoordig is. Daar is baie opmerkings wat ek hieroor kan maak, maar 'n vriend skryf toe vanoggend aan my die volgende wat nogal 'n punt raakvat. Iets om oor te dink, vir diegene wat vir hulself dink.

++++++++++++++++++++++++++++++

Dis weer interessant om te sien hoe ons mense lag vir die meidjie by die universtiteit wat se ons moet wegdoen met westerse wetenskap,maar dan prys ons die here vir die reen!

LikeShow More ReactionsComment Share 12 Deon Andre Schuhardt and 11 others 1 share88 comments

Comments

Jaco Viljoen As die mense wat tog so graag wil wegdoen met westerse wetenskap dan tog ook net die ipads en ipods wil wegsit asook die euwel, geld, en terugkeer ruiltransaksies en bicycles toe.Like · Reply · 20 October at 10:43

Sebastiaan Biehl Die ou wat dit skryf verstaan nie die noue band tussen Christenskap en Westerse Wetenskap nie. Hierdie idee dat wetenskap anti-kerk en anti-God is, is een van talle dwalings van die laaste omtrent 30 jaar.Like · Reply · 9 · 20 October at 11:23

Abe Steyn Baie goeie argument van jou vriend! Sebastiaan, die wetenskaplike metode het wel in christen Europa ontwikkel en kan seker as uitvloeisel van die christendom gesien word, maar soos die naelstring is die doel uitgedien (waar kom ek nou aan die vergelyking?). Daar is baie botsing tussen wat ons dmv die wetenskap weet en die stellings van die kerk/godsdiens, veral uit die meer fundamentalistiese kringe.Like · Reply · 1 · 20 October at 11:27

Page 2: en reen.doc  · Web viewMassa hipnose, hallusinasies en ... Die goed bestaan in mense se denke. Dit word deur mense geskep in "antwoord" op lewensvrae soos die onstaan van aarde,

Werner Smook Sebastiaan, wetenskap is 'n stom stuk gereedskap en in ditself inderdaad nie anti-enige iets nie. Om te beweer dat die primitiewe mitologie wat onder die dekmantel van Christenskap in ons mense se koppe ingesmokkel word, versoenbaar is met die kennis tot ons beskikking (dmv. die wetenskap), is verregaande.

Hierdie is dan ook nie 'n dwaalleer van enige groepe van enige tydvak nie. Lees jou eie Bybel om dit raak te sien. Die eerste bladsy bevat verskeie voorbeelde. Mens moet egter selfstandig denkend wees om hierdie goed in te sien.Like · Reply · 4 · 20 October at 12:01

Leon Cornelius Ek hoef nie alles te weet of selfs te verstaan om my Skepper te ken nie. Daar is 'n nuwe tendens onder mense wat dink hulle is slimmer as wat hul werklik is om te argumenteer dat ons as mense alles moet weet en verstaan. Ek het lank terug reeds vrede gemaak met die feit dat talle dinge verborge is. Ek sal nooit so voorbarig of dwaas wees as om God in die openbaar te tart soos wat jou vriend doen nie. Slim vang sy baas.Like · Reply · 3 · 20 October at 12:12 · Edited

Hide 33 Replies

Jaco Viljoen Glo jy die Bybel is die geinspireerde woord van God, Leon, en glo jy gevolglik die God van die Bybel is die Skepper?Like · Reply · 1 · 20 October at 12:15

Leon Cornelius Ja.Like · Reply · 2 · 20 October at 12:17

Jaco Viljoen So wat dink jy is die ergste? Om die weergawe van God wat aan ons opgedis is te bevraagteken, of om te glo hy was 'n massamoordenaar wat duisendes laat doodmaak het en dus hom aankla en skuldig maak aan moord? (Numeri 31)Like · Reply · 1 · 20 October at 12:24 · Edited

Leon Cornelius Jaco Viljoen, ek het al talle van hierdie argumente op hierdie sirkusplatform wat Facebook is gesien.

Ook sien ek elke dag die genade van my God in my lewe. Ek sien en ervaar hoe dinge sleg gaan en môre weer beter gaan en verstaan dan skielik hoekom die slegte dinge moes gebeur.

Page 3: en reen.doc  · Web viewMassa hipnose, hallusinasies en ... Die goed bestaan in mense se denke. Dit word deur mense geskep in "antwoord" op lewensvrae soos die onstaan van aarde,

Ek glo, ek bid, en ek voel die teenwoordigheid van die Heilige Gees elke dag in my lewe. As dit vir ander mense ouvroustories is is 'n hartseer feit. Ek bid vir daardie mense sonder verwyt of beoordeling.Like · Reply · 3 · 20 October at 12:26

Jaco Viljoen Jy ontwyk die vraag. Jy't gesê jy glo dat die Boek onfeilbaar, geinspireerd is en dat dit die Skepper is in daardie boek. So, glo jy of glo jy nie dat die Skepper duisende onskuldige kindertjies laat doodmaak het? Ja of Nee?Like · Reply · 1 · 20 October at 12:30 · Edited

Leon Cornelius Ek ontduik geen vrae nie. Ek kies uit my Godgegewe vrye wil om eerder 'n stelling te maak as om ingetrek te word in 'n gesprek waarby ek nie ingetrek wil word nie.Like · Reply · 1 · 20 October at 12:31 · Edited

Wiekus du Plessis Geen christen het 'n godgegewe vryewil. Jou lewe is deur hom beplan vanaf konsepsie tot en met jou dood. Maak nie saak wat jy wil nie,dit is deel van sy plan.Like · Reply · 2 · 20 October at 12:34

Jaco Viljoen Leon Cornelius So ook ons. Ons kies om te glo dat indien 'n Skepper bestaan, hy nie die psigopatiese identiteit van Numeri 31 kan wees wat massamoorde georgistreer het nie.Like · Reply · 2 · 20 October at 12:35

Deon Andre Schuhardt Leon Cornelius Duidelik jy ken nie jou eie bybel en geloof nie !Want daarom kan/wil jy nie vir Jaco Viljoen antw nie ! Die woestyn god van die bybel is en was nie Die Skepper soos jy wil voorgee nie !Like · Reply · 20 October at 12:40

George Bester Werner, die werklikheid sal wel tot jou en die wat soos jy dink deurdring wanneer jou knieë soos almal van ons sin eendag voor Hom buig en ek en jy en elke mens rekenskap sal gee. Ek glo dat die Bybel die onfeilbare Woord van God is. Niks meer en niks minder nie!! Dit is vir my en miljoene ander genoeg!! Ek is werklik jammer dat dit nie ook vir jou genoeg is nie. Hoe meer jy gaan redeneer hoe meer vrae sal jy vind. Sterkte vir jou en my hoop is dat jy wel eendag die Lewende God sal vind.Like · Reply · 3 · 20 October at 13:45

Page 4: en reen.doc  · Web viewMassa hipnose, hallusinasies en ... Die goed bestaan in mense se denke. Dit word deur mense geskep in "antwoord" op lewensvrae soos die onstaan van aarde,

Deon Andre Schuhardt George Bester Sal verseker nie ons kniee buig voor die roomskatolieke/christen/iluminati god van die bybel nie !Want jy is/was n mens soos jy net verskrilik, oorlogsigtig, geldgierig, wreedaardig, moordadig, sexmal ens !Like · Reply · 20 October at 14:04

George Bester Deon, tyd sal leer..........Like · Reply · 2 · 20 October at 14:07

Wiekus du Plessis Geen kniebuig voor enige van die meer as 3000 mensgemaakte gode nie George.Like · Reply · 2 · 20 October at 14:07

George Bester Wiekus, tyd sal leer......Like · Reply · 1 · 20 October at 14:08

Deon Andre Schuhardt Ja George Bester En dan gaan die christene met n bang wakkerskrik maar dan is dit te laat "Like · Reply · 20 October at 14:10

Wiekus du Plessis George,tyd sal leer word al vir meer as 2000 jaar gese. Hoe lank is jou tyd?Like · Reply · 1 · 20 October at 14:15

Riaan Strauss Leon Cornelius, jy noem dat jy nooit so voorbarig of dwaas sal wees om god in die openbaar te tart nie. Dit is altyd vir my kopskuddend lagwekkend as christene so stelling maak. Deur die eeue tart en bespot rasionele mense die duisende gode wat die mensdom aanbid of aanbid het ingesluit die god van die christene en steeds geen reaksie van die god of gode nie. Die bybel sê dat god hom nie laat bespot nie maar dit is duidelik dat dit nie die waarheid is nie. Ek kan maar net myself as voorbeeld gebruik as iemand wat die god karakter ongenaakbaar tart en bespot en vir oor die agt jaar kon ek nog geen teken bespeur dat jou god iets daaromtrent gaan doen nie. As ek n christen was sou ek beslis nie hardop so 'n stelling gemaak het nie want die onderwerp van die stelling, naamlik god, verroer nie 'n vinger om dit gestand te doen nie.Like · Reply · 1 · 20 October at 17:29

Page 5: en reen.doc  · Web viewMassa hipnose, hallusinasies en ... Die goed bestaan in mense se denke. Dit word deur mense geskep in "antwoord" op lewensvrae soos die onstaan van aarde,

Riaan Strauss George Bester vir 2000 jaar het die christen geloof tyd gehad om konkrete en onweerlegbare bewyse, vir die bestaan van hulle god, te vind maar na al daardie tyd is die beste wat christene kan doen is " wag net tot jy dood is of wag net tot elke knie sal buig of eendag sal jy nog sien en dan sal jy spyt wees ". Dit is nie baie oortuigend nie, is dit?Like · Reply · 2 · 20 October at 17:35

Leon Cornelius Riaan Strauss, ek gaan nie met jou stry of baklei nie. Ek kry jou uit die diepte van my hart jammer en dis opreg. Sien is nie noodwendig glo nie. Glo eers dan sal jy sien.Like · Reply · 20 October at 17:38

Werner Smook Nee Leon, hou op om alles wat hierdie geloof aan jou opdis vir soekkoek aan te sien. Begin dink oubaas. Jy sal verbaas wees hoeveel dinge begin sin maak as jy eers deur die geloof begin sien.Like · Reply · 1 · 20 October at 17:43

Leon Cornelius Om met jou hieroor te stry gaan niks help nie.Like · Reply · 20 October at 17:46

Deon Andre Schuhardt Leon Cornelius Ons het nou al kop gestamp ! Kom on los dit ek vra onverskoning as ek jou tena gekom het !!!Kom ek en jy werk rustig en kalm deur jou bybel en vergelyk skrifte met mekaar en kyk of ons in die bybel dit wat jy in glo kan kry !Dan los ons eers alle buite stryery uit !? Wat se jy ?Like · Reply · 20 October at 17:51

Leon Cornelius Dankie Deon Andre Schuhardt. Ek is nie kwaad vir jou nie.

Ek lewer nie graag kommentaar op plasings soos hierdie nie want daar is nooit 'n wenner nie. Jy glo wat jy glo en so ek ook. Ek gaan jou nie van iets anders oortuig nie net soos jy my nie sal oortuig dat jy reg is nie.

Ek het 'n persoonlike verhouding met my Skepper en ag dit onnodig om hare te kloof en fout te soek met Sy Woord.

Rustige aand vir jou verder.Like · Reply · 20 October at 17:59

Page 6: en reen.doc  · Web viewMassa hipnose, hallusinasies en ... Die goed bestaan in mense se denke. Dit word deur mense geskep in "antwoord" op lewensvrae soos die onstaan van aarde,

Riaan Strauss Leon Cornelius ek baklei nie met jou nie. Ek wys net die absurdheid van die stelling, dat god hom nie laat bespot nie, uit.Like · Reply · 20 October at 18:00

Leon Cornelius Riaan Strauss, ek raak vies wanneer iemand vir my sê hy bid vir my as ek weet hy bedoel dit nie opreg nie. Ek wil vanaand vir jou sê ek bid vir jou en ek sal dit beslis doen.Like · Reply · 20 October at 18:04

Deon Andre Schuhardt Dis reg Leon Cornelius net gedink as ons net jou bybel gebruik as referent dan kan ons lekker gesels ! Ons kan eenkant op messenger ook gesels as jy wil !Like · Reply · 20 October at 18:04

Riaan Strauss Leon Cornelius, ek wil net gou iets sê rakende jou laaste antwoord aan Deon. Ek wil verskil met jou omtrent jou aanname dat gesprekke of plasings soos hierdie nie enige iemand sal oortuig nie. Ek was ook 'n sogenaamde wedergebore christen en ek kan, met elke woord wat jy sê, myself hoor. As dit nie vir gesprekke soos hierdie was nie sou ek nooit die besluit kon geneem het om dinge rondom die christelike geloof te bevraagteken nie. Met die gepaardgaande bestudering van die hele bybel asook ander relevante geskrifte het ek bevry geraak van die kettings van godsdienstige indoktrinasie. Moet nooit die waarde van hierdie plasings onderskat nie.Like · Reply · 1 · 20 October at 18:14

George Bester Dit is vir my opvallend dat nie-gelowiges altyd so ywerig doenig is om Gelowiges te probeer wys maak dat die Drie-Enige God nie bestaan nie. Ek is glad nie oop vir oortuiging nie want Hy is 'n werklikheid in my lewe. Dit is egter iets wat ek nie aan julle gaan probeer verduidelik nie, want dit sal bloot onverstaanbaar vir julle wees. Dit is wat Christene Geloofssekerheid noem. Leon, dankie vir jou mooi getuienis!! Rustige aand vir almal.Like · Reply · 1 · 20 October at 18:19

Riaan Strauss Leon Cornelius as jy as christen vies raak as 'n ander gelowige vir jou sê hy bid vir jou, kan jy jou indink watter emosie deur my gaan as jy dit vir my as ateïs sê. Ek gaan terwille van vrede en ordentlikheid nie 'n snedige aanmerking daaroor maak nie.Like · Reply · 2 · 20 October at 18:20

Deon Andre Schuhardt Riaan Strauss Ek stem met jou saam, so min as wat n christen wil he dat bv n moslem vir jom moet bid dat hy hulle geloof moet aanvaar, net so min wil ek he dat n christen vir my bekeering moet bid !

Page 7: en reen.doc  · Web viewMassa hipnose, hallusinasies en ... Die goed bestaan in mense se denke. Dit word deur mense geskep in "antwoord" op lewensvrae soos die onstaan van aarde,

Like · Reply · 1 · 20 October at 18:23

Riaan Strauss George Bester moet nooit vergeet, en ek praat onder korreksie, dat baie van die " nie-gelowiges ", soos jy ons noem, wat aan hierdie gesprekke deelneem, in die verlede ook christene was. Ek myself was 'n "wedergebore en heilige gees vervulde " christen. So moet nie neerhalend en arrogante stellings maak dat dit onverstaanbaar vir ons sal wees nie en dat jy en diesulkes die hoogheilige posisie van " geloofsekerheid " beklee nie.Like · Reply · 2 · 20 October at 18:48

George Bester Dit is hoekom die Bybel praat van " nie almal wat Here, Here sê sal in die Koningkryk van God ingaan nie" Trek maar die skoen aan as hy pas.... Nou is ek regtig klaar gesels... Mooi aand verder Riaan!!Like · Reply · 20 October at 19:08 · Edited

Riaan Strauss George Bester ek wil my verstout deur te sê dat die genoemde vers dalk meer te doen het met diegene wat so argeloos oordeel en veroordeel. Dalk is die skoen eerder vir jou. Mooi aand.Like · Reply · 1 · 20 October at 20:11

Write a reply...

Deon Andre Schuhardt Leon Cornelius Duidelik jy ken nie jou eie bybel en geloof nie !Want daarom kan/wil jy nie vir Jaco Viljoen antw nie ! Die woestyn god van die bybel is en was nie Die Skepper soos jy wil voorgee nie !Like · Reply · 20 October at 12:41

Leon Cornelius Deon, die enigste uitlating oor my wat jy met gesag kan maak, is dat jy my nie ken nie. Enigiets anders is bloot spekulasie.Like · Reply · 20 October at 13:28

Deon Andre Schuhardt Leon Cornelius Bewys my verkeerd en antw vir Jaco Viljoen !!Like · Reply · 20 October at 13:36

Page 8: en reen.doc  · Web viewMassa hipnose, hallusinasies en ... Die goed bestaan in mense se denke. Dit word deur mense geskep in "antwoord" op lewensvrae soos die onstaan van aarde,

Leon Cornelius Ek het nie nodig om jou verkeerd te bewys nie.Like · Reply · 20 October at 14:26

Deon Andre Schuhardt Leon Cornelius Sterkte met jou onkunde ! Alle christene is een of ander tyd N (Petrus) jesus verloonnaar ! Wanneer dinge begin warm word !Like · Reply · 20 October at 14:36

Leon Cornelius Ag gaan spring man.Like · Reply · 20 October at 14:44

Deon Andre Schuhardt Leon Cornelius Reg so Petrus "!Like · Reply · 20 October at 14:45

Leon Cornelius Vals profeet.Like · Reply · 20 October at 14:50

Werner Smook Leon en Deon

Kom ons probeer by die aanvanklike punt rondom bid en reën bly.

Leon, jy is een van die eerste mense wat ek meegedeel het, dat ek myself nie meer met die Christelike geloof vereenselwig nie. Ek is seker jy moet (soos ek) ook van die krake kan sien, maar jy is klaarblyklik nie by 'n punt waar jy sekere kopskuiwe wil maak nie. Ek gaan jou ook nie daartoe druk nie.

Jy moet egter een of ander tyd besef dat dit wat jy in jou lewe ervaar, mense van ander gelowe en selfs ongelowiges ook ervaar. Die lewe is met tye lekker, maar ander tye ook hard. Soms reën dit, soms nie. Dis die lewe, dit gaan met almal so.

As jy mooi gaan dink, moet jy een of ander tyd met my saamstem dat daar geen rede is om hierdie ervarings van jou aan die werkings van 'n godheid toe te skryf nie.

Jou godsbeeld verskil drasties van ander mense wat kwansuis ook "God ken" en deur die "Gees gelei word", hoe verklaar jy dit? Ek verwys nou na ander gelowiges wat self langs jou in die kerk sit.

Jy moet besef dat hierdie idees van mense is wat in hul denke gevorm en gevoed word.

Page 9: en reen.doc  · Web viewMassa hipnose, hallusinasies en ... Die goed bestaan in mense se denke. Dit word deur mense geskep in "antwoord" op lewensvrae soos die onstaan van aarde,

Daarom dat elke mense eintlik maar sy eie godsbeeld het om antwoorde te verskaf op die dinge wat hulle nie weet nie.

Ek maak eerder vrede met dit wat ek nie weet nie en doen huiswerk daaroor as ek wil weet, as om dit aan 'n godheid toe te skryf wat net meer vrae laat ontstaan, soos wat ek reeds aan jou uitgewys het.

Vriendelike groeteLike · Reply · 1 · 20 October at 15:00

Leon Cornelius Werner, ek het 'n probleem daarmee as iemand wat my naam by my kommentare kan sien, besluit om my Petrus te noem. Dis of 'n gebrek aan leesvaardigheid of 'n blatante kinderagtige gryp na strooihalms wanneer iemand nie jou sienswyse deel nie. Ek het niks verder te sê oor hierdie lasterlike plasing van jou nie.Like · Reply · 20 October at 15:19

Werner Smook Leon

Ek het die naam-noemery gesien, daarom dat ek gevra het dat ons by die punt bly. Ek is jammer om jou dit te moet meedeel, maar om die plasing as godslasterlik af te maak bring my tot die gevolgtrekking dat jy nie werklik stof tot nadenke het om tot die gesprek by te dra nie.

Jy is 'n sterk selfstandige denker oor ander sake en hoop ek dat jy ook sal begin om meer krities te kyk na hierdie geloof wat ons volk so onkrities koester.

Ekself het uiters ferm kritiek wat ek teen die Bybelgod/e kan uitspreek, as jy wil weet wat "godslastering" is. Ek wou hierdie gesprek egter op 'n rustige trant laat verloop en het ek 'n plasing gedeel wat 'n stuk ironie uitwys.

Gaan dink vannaand bietjie daaroor.Like · Reply · 20 October at 15:54

Write a reply...

Callie Mocke duidelik ken biiermin die bybel se oorsprong og geloof se oorsprong ..surprise surprise dit begin nie eers op ons planeet nie ..maar om met idiote te redeneer uit n boek of oor n boek wat niemand die oorsprong van ken nie is soos om te sit en kyk hoe verf droog word ..ek hou dit eenvoudig ..alle heilige boeke soos die torah en

Page 10: en reen.doc  · Web viewMassa hipnose, hallusinasies en ... Die goed bestaan in mense se denke. Dit word deur mense geskep in "antwoord" op lewensvrae soos die onstaan van aarde,

die quran en die vega en die tripi tika kom uit een boek uit ..en die boek se naam is JASHER ..Jasher is geskryf in n taal wat nog net 13 mense nog kan praat ..en die taal is die ALPHABET in my profile pic..As jy meer wil weet gaan doen so bietjie navorsing anders hou die sterre dop..terloops jou beyble verhaal begin by die zimbabwhe reunis en die verlore beskawing van mabungubwhe ..vervang die woordie Egipte land MET Seidonie ..dit betekn di selfe en dan leer jy dalk iets ..Die Ons in genises se naam is ANU en ENKI .Een bybel Een God twee Heres twee ISRAELS twee kanaans twee Skeppings verhale twee Jesuse Twee Evangelies ook twee mosese twee dawids en twee salomos weerskante van die hetiet beskawing ..Eva was ook nie adam se eerste vrou nie ,sy eerste vrou se naam was Lilith .terloops jou hele bybel kan wetenskaplik bewys word soos in heeltemal wetenskaplik was jy al die wetenskappe inspan .soos bv die ALFABET van die regte HEBREWS wat alles behalwe jode is .dis n mond vol i e g is die liggaam van die Christus saam met die van Joseph gebalsem in n marmer graf..in die ooste ..die Christen geloof is die oudste op die p;laneet en kom van die Sumerians af ALLES is jou bybel kan bewys word ..MET WETENSKAP. Ons het tot die argeologiese bewys van die regte EXODUS ..Like · Reply · 20 October at 13:08

Jaco Viljoen Al wat ek sien is Askhenazi Hebreeus met twee ekstra letters gevorm deur die bene van 'n hexagram - nothing special. En net 13 mense kan dit nogals praat né? Nee Callie, die hele Israel kan dit praat. Jou strepies kom maar uit 500 V.C. En besides, enige mens kan syfers en letters uit 'n paar strepies opmaak. Hier's myne, checkit uit, dis hoogs geïnspireerd bra. DIE HEILIGE VIERKANT:

Like · Reply · 20 October at 15:47 · Edited

Jaco Viljoen Al die pad van Orion af!Like · Reply · 20 October at 15:38

Write a reply...

Jaco Viljoen Alles in die Bybel kan bewys word met Wetenskap nogals? Bewys vir ons die maan is 'n lig, Callie, asseblief tog, dat ons idiote tog net kan sien wat jy sien. Verduidelik tog ook aan die mense waarom die reënboog nié die diffraksie van wit lig

Page 11: en reen.doc  · Web viewMassa hipnose, hallusinasies en ... Die goed bestaan in mense se denke. Dit word deur mense geskep in "antwoord" op lewensvrae soos die onstaan van aarde,

kan wees nie, maar 'n teken aan Noag. Laastens, geliewe asseblief aan ons dom idiote kan verduidelik dat die aarde wel plat is soos 'n tafeldoek waarvanaf Yahweh die goddelose afskud.Like · Reply · 1 · 20 October at 14:05

Hide 13 Replies

Callie Mocke ag ou jaco..as jy hoegenaamd iets geweet het van antieke beskawings en bybel geskiedenis kon ons nou n gessprek voer ..nou is jy maar net nog een bobbejaantjie wat wil slim klim ..n gesprek met jou gaan geen waarde toevoeging he nie ..waar dink jy kom die alfabet in my profile vandaan ..ek het hom uitgedink..ek sit met al die argeologiese bewyse van die exodus ook..dit verskil net so bietjie met die jode se weergawe ..so bietjie minder arrogansie en so bietjie meer nuuskierigheid en n hele nuwe wereld gaan vir jou oop ..die wereld is baie groter as jou egoLike · Reply · 1 · 20 October at 15:46

Werner Smook Callie, ek het gevra dat ons by die gesprekpunt bly. Dit beteken dat ek nie wil hê dat deelnemers mekaar goed soos "bobbejaantjie" toetig nie. Ek wil dan ook opmerk dat jou eerste skrywe byna moeilik gelees het weens 'n gebrek aan basiese skryfformaat.

Hou dit asb in gedagte.Like · Reply · 20 October at 15:59

Jaco Viljoen Callie Mocke soos reeds gesê: Al wat ek sien is Askhenazi Hebreeus met twee ekstra letters gevorm deur die bene van 'n hexagram - nothing special. En net 13 mense kan dit nogals praat né? Nee Callie, die hele Israel kan dit praat. Enigste bobbejaan hier lyk vir my is jy. Jou strepies kom maar uit 500 V.C. En besides, enige mens kan syfers en letters uit 'n paar strepies opmaak. Hier's myne, checkit uit, dis hoogs geïnspireerd bra. DIE HEILIGE VIERKANT:

Like · Reply · 20 October at 16:14

Jaco Viljoen Callie Mocke let me guess, jou argeologiese bewyse vir die sg. Exodus is 'n coral encrusted chariot wiel?

Page 12: en reen.doc  · Web viewMassa hipnose, hallusinasies en ... Die goed bestaan in mense se denke. Dit word deur mense geskep in "antwoord" op lewensvrae soos die onstaan van aarde,

Like · Reply · 20 October at 16:16

Jaco Viljoen Julle gryp na grashalms man Like · Reply · 20 October at 16:17

Jaco Viljoen Jou Hebreeuse ou lettertjies is toe ook nie van 'n ander planeet afkomstig nie, maar even jonger as Grieks Like · Reply · 20 October at 16:19 · Edited

Wiekus du Plessis Callie bewys ook dat die aarde voor die son,maan,planete en die ganse heelal geskape was.Like · Reply · 20 October at 16:23

Jaco Viljoen Wiekus, Callie kan nie eers bewys die planete bestaan vanuit sy heilige boek nie.Like · Reply · 20 October at 16:25

Riaan Strauss Callie Mocke volgens my is daar nog geen atgeologiese bewyse gevind om die Exodus verhaal te verifieer nie. Dalk is dit omdat jy met " al die argeologiese bewyse " sit. Dalk is dit tyd dat jy jou "bewyse" aan die res van ons oningeligtes beskikbaar stel.Like · Reply · 1 · 20 October at 19:03

Callie Mocke riaan ek het nuus vir jou ..die argeologiese bewyse is deur twee of drie verskillinde argeoloo gedoen gaan lees nou galasiers 4 vers 25 dan sal jy sien waar is die bewyse gevind ..jou probleem met die bybel is eenvoudig ..dis twee saamgeflansde verhale meer as 1500 jaar uitmekaar aan weerskante van die hetiet beskawing alle heiliuge boek soos ons ou testament dele van die thorah die quran die vega die Ghitta die trippitika en die baggivat is oorgeskryf uit n antieke HENREW scroll JASHER ..Jasher is n KoningsHebrew geskryf en vertel die verhaal van homo sapiens en hoe hulle hier gekom het ..Koningshebrew is ook bekend as BAAL die taal van die Baal priesters ..en die het in die era van ancient egipt gelewe in die era van Ro en Ka ap voor die pharaos..ancient egipt was seidonie ..vervang die naam egipte land met seidonie dan kry jy n ander verhaal ..ook persie was sumerie ..die enoch scrolls is sumerian scrolls en sumeria is ancient Persia ..Egipte is ook weer opgedeel in dire verskillinde dynasties ..en die eerste dynasty was die dynasty van die regte egipte gaan google ancient kingdom of arrarat ''arurta '' dis waar jou noag verhaal begin ..faar is baieargelogiese bewyse in turkeye ..dan gaan google jy ancient kingdom of kush ..dis die boek ester in jou bybel..nou kom die hetiet beskawing na die vloek op canaan by sodom ..ook die oorlog met libie die sheperd kings en die 30 jaar milliterre rule in die middel dynasty ..en dan

Page 13: en reen.doc  · Web viewMassa hipnose, hallusinasies en ... Die goed bestaan in mense se denke. Dit word deur mense geskep in "antwoord" op lewensvrae soos die onstaan van aarde,

kom die mongool invalle in persie en egipte en dan eers kom die fake jode israel..ons bybel sit met n skewe tyd lyn omdat hy oorgeskryf is uit ander ouers boeke soos die thora ..die verbonds ark bestaan ..salomo se vloot het bestaan en dit was in die eras van die inkas en die koper indiane ..maar die bybel verhaal is anders as wat ons dink ..gaan lees nou die eerste boek van jesaja en dan sien jy dit gaan oor ruimtemannetjies en space ships ..gaan google die ruimte basis op die maan en dan gaan lees jy die boek van Jonah..eintlik voel ek jammer vir enige iemand wat dink daar is geen bewys vir die bybel verhaal nie ..ja daar is geen bewys vir die jode se exodus en hulle israel nie ..die het nooit bestaan nie ..ook die verlore jare van christus is net so interesant ..en ook dit kan bewys word .maar waneer mense slim wil raak oor n boek waarvan hulle geen kennis drae nie dan is hulle maar op hulle eie ..tot die ons in genises se name is bekend .en eva was ook nie adam se eerste vrou nie ,dut stan i e g ook in genises 2 vers 28 ..en die jasher scroll word ook genoem in josea en samuel dink ek ..alles behalwe die hebrew jew isarel kan bewys word ..ook die jode se vlugtog uit libie ''klein egipte ''nadat pharao semdes se seun by sy dogter n opstand gereel het met die mongool prisoniere omdat hy nie kon pharao word nie ..ook daardien stuk geskiedenis is voledig opgetekn ..die moses kliip bestaan die moses berg bestaan die noag berg bestaan die verbonds ark bestaan .maar as mens wil slim wees dan is hulle slim ..suid afrika is n skatkis vol bybel geskiedenis en argeologiese bewys van die bybel verhaal..vervang net egiteland met seidonie ..Like · Reply · 20 October at 19:29

Riaan Strauss Callie Mocke jy kan nie bybelverse aanhaal as bewyse van enige argeologiese bewyse nie. Dit werk ongelukkig nie so nie. Verskaf asseblief die bronne en name van die argeoloë sodat dit nagevors kan word. Die res van jou plasing is te onsamehangend om te lees.Like · Reply · 1 · 20 October at 19:35

Jaco Viljoen Callie, jy al gehoor van confirmation bias? If I believe God exists I'm gonna Google "evidence for the existence of god", as ek glo hy doen nie, gaan ek weer alles Google wat sê hy doen nie i.e. "evidence god doesn't exist". Nie net is dit confirmation bias nie, maar ook onkonsekwent. Jy wil graag glo dit bewys jou rooi see storie, want dit sterk jou posisie. Daar is net soveel mense wat bewys dis bogus.Like · Reply · 20 October at 19:35

DK De Lange Callie Mocke Ons is almal bobbejaantjies :-)Like · Reply · 20 October at 20:27

Write a reply...

Page 14: en reen.doc  · Web viewMassa hipnose, hallusinasies en ... Die goed bestaan in mense se denke. Dit word deur mense geskep in "antwoord" op lewensvrae soos die onstaan van aarde,

Werner Smook Vriende, ek was 'n rukkie weg en sien hier het 'n hewige debat ontstaan. Ek vra dat dit op 'n ordelike trant sal geskied en by die punt onder bespreking bly of ten minste daar naby :-)

Die doel van my plasings is om mense te laat dink, om ander se sienings beter te leer ken en ook uit te wys dat geloofsgedrewe idees nie bo kritiek verhewe is nie. Verskeie van hierdie idees het vir eeue floreer daarop dat dit "bo kritiek verhewe" beskou is. Dit hoort nie so nie.

Die vertrekpunt van die wetenskaplike metode is om geen uitkoms/verklaring voor die voet te skrap as ongeldig nie. Dit is dan ook die uitgangspunt wat ek op my muur volg.Like · Reply · 3 · 20 October at 14:07

Sebastiaan Biehl Wel, meeste wetenskaplikes, veral baanbrekers soos Newton, Kepler, Galilei, Copernikus ea was gelowiges. Dit is 'n hedendaagse fabel dat geloof iets vir kinders of eenvoudige mense is.Like · Reply · 3 · 20 October at 14:27

Sebastiaan Biehl http://www.godandscience.org/apologetics/sciencefaith.html

Famous Scientists Who Believed in Godgodandscience.org|By Richard Deem

Like · Reply · 1 · 20 October at 14:27

Write a reply...

Paul En Chantal Kruger Werner, daar is nog geweldige droogte op vele plekke in die land...gee asb jou slim vriend se nommer vir die boere daar...hy sal tog die "versuim van die fabel-god" om reen daarheen te stuur met sy wetenskaplike kennis kan regstel. Ek is seker hy sal n multi miljoener op die koop toe kan word met sulke ou elementere wetenskap oplossinkies

Page 15: en reen.doc  · Web viewMassa hipnose, hallusinasies en ... Die goed bestaan in mense se denke. Dit word deur mense geskep in "antwoord" op lewensvrae soos die onstaan van aarde,

Like · Reply · 3 · 20 October at 16:08

Jaco Viljoen God stuur deesdae nie reën nie, hy stuur ander boere met voer...Like · Reply · 20 October at 16:20

Write a reply...

Alwyn de Klerk Ek bid vir julle. Meer kan ek nie doen nie. Ek en my huis, sal die Here dien.Like · Reply · 5 · 20 October at 16:18

Jaco Viljoen Bid vir ons, dan dink ons vir jou, Alwyn Like · Reply · 20 October at 16:21

Paul En Chantal Kruger Moenie die punt probeer wegpraat nie, Jaco die Denker, die land gaan al eeue gebuk onder verskriklike droogtes...Julle God-bespotters wat lag vir almal wat bid en dank vir reen - julle moes tog darem al lankal "gedink" en uitgewerk en uitgeredeneer het hoe julle alles wat 'n probleem is hier gaan regkry met julle "kennis". Asseblief...deel julle geweldige kennis en verklaar hoe dit gaan nat word waar dit droog is. Ons sal julle betaal!Like · Reply · 1 · 20 October at 16:42

Jaco Viljoen God of the gaps werk nie vir ons nie, Paul, jammer sal nie kan help nie. Ons is nie gods nie.Like · Reply · 20 October at 17:06

Torsten Knackstedt Julle het mos vir Darwin of the gaps, of is dit nou bang vir die gaps?Like · Reply · Yesterday at 00:57

Write a reply...

Page 16: en reen.doc  · Web viewMassa hipnose, hallusinasies en ... Die goed bestaan in mense se denke. Dit word deur mense geskep in "antwoord" op lewensvrae soos die onstaan van aarde,

Jaco Viljoen Alnino is die Satan, pel, die Satan sê ek jou!Like · Reply · 20 October at 16:48

Paul En Chantal Kruger Ek wag nog vir jou "Wetenskaplike Oplossing" vir die droogte-probleem...Genugtig, vir so 'n slim mens lees jy darem moeilik aan 'n paar eenvoudige woorde in Afrikaans...Like · Reply · 20 October at 16:50

Werner Smook oom Paul, die feit dat weer deur voorspelbare natuurverskynsels beinvloed word, beteken nie dat ons as mens noodwendig 'n invloed daarop het nie. Die "oplossing argument" kan dus nie gebruik word om aan te voer dat die weer deur 'n god beheer word nie.Like · Reply · 20 October at 16:53

Paul En Chantal Kruger Hoe kan ons nie 'n invloed daarop he nie...ons is dan self die Opperwesens volgens julle opvatting?Like · Reply · 20 October at 16:56

Jaco Viljoen Miskien is dit die sondes van die vaders. Elìa het gebid en dit het vir 3 jaar nie gereën nie. Miskien is daar iemand wat bid teen die reën iewers, who knows? Like · Reply · 20 October at 17:03

Jaco Viljoen Paul En Chantal Kruger ek het gebid vir 'n antwoord, maar net die dakfan gehoor. Sorry man, sal regtig nie kan help nie. Besproeing is dalk die antwoord.Like · Reply · 20 October at 17:08 · Edited

Paul En Chantal Kruger Ja Jaco...geluk met jou volkome God-onafhanklikheid man. Weet nie hoe jy dit regkry om te sorg dat iedereen van jou duisende hartkloppe elke dag, elkeen van die miljoene chemiese reaksies wat jou aan die lewe hou, alles foutloos verloop nie. Briljant! Tussendeur is daar nog mense selfs slimmer as jy wat sorg dat die see se "ph" presies op die kerf bly dat ons nie deur 'n massiewe modderpoel omring word nie maar darem ook nie soos die Dooie See lyk nie...om nie te praat van die een of ander onbekende genie wat die atmosfeer se digtheid so hou dat die son ons nie doodbrand nie, maar ons darem ook warm genoeg bly... Ek sou wat wil gee om al hierdie briljantes te ontmoet!Like · Reply · 20 October at 17:13

Page 17: en reen.doc  · Web viewMassa hipnose, hallusinasies en ... Die goed bestaan in mense se denke. Dit word deur mense geskep in "antwoord" op lewensvrae soos die onstaan van aarde,

Wiekus du Plessis Maar Paul,dis die natuur wat daarvoor sorg,nie 'n god nie en beslis nie die dod van die bybel.Like · Reply · 20 October at 17:46

Jaco Viljoen Paul, ek dink nie die woestyngod van die jode is aanspreeklik hiervoor nie. Terloops, as jy nie ph verstaan nie, kom gerus dan verduidelik ek dit mooi vir jou. Ek het 'n reef.Like · Reply · 20 October at 17:54

Jaco Viljoen Ek speel god in my eie huis ja. My fish pray to me everyday for food, cause god supplies none to them. I'm their god.Like · Reply · 20 October at 17:56

Write a reply...

Werner Smook oom Paul, ons het in st.4 geleer dat weersomstandighede veroorsaak en beinvloed word deur verskeie "makro" faktore soos seestrome, lugstrome, bergreekse, seisoene ens. waaraan ons mense min tot niks kan doen.

Dis waarom dit bv. meer reën aan die oostekant van die Drakensberge as aan die westekant ens. Woestyne is nie daar weens sonde van mense nie.

Oomself skryf van die droogtes en weet van skade weens vloede, hael ens. Word dit regtig deur 'n god beheer?

Indien wel, is daar nie begronding daarvoor dat weervoorspelling "heksery" is nie? Ons is dan mos besig om die "wil van god" te voorspel, dan nie?Like · Reply · 20 October at 16:49 · Edited

Paul En Chantal Kruger Ag nee Werner... "waaraan ons mense min tot niks kan doen?"...Hoe is dit moontlik dat wesens wat sonder 'n Godheid ontstaan het, so magteloos kan wees dat hulle nie eens 'n ou watertjie kan reel waar dit nodig is nie?Like · Reply · 20 October at 16:53

Page 18: en reen.doc  · Web viewMassa hipnose, hallusinasies en ... Die goed bestaan in mense se denke. Dit word deur mense geskep in "antwoord" op lewensvrae soos die onstaan van aarde,

Werner Smook As dit so maklik is om 'n "watertjie te reël", waarvoor wag die god wat dit beheer?Like · Reply · 2 · 20 October at 16:57

Paul En Chantal Kruger God maak wat Hy wil, Werner. Hy laat hom nie deur ons eiegeregtige mensegeslag voorskryf wat om te doen nie. Daar is talle moontlikhede hoekom Hy dit doen en ek as aardse sondaar weet nie en hoef nie te weet hoekom Hy wat ookal doen nie. Dalk wil Hy die standvastigheid van Sy knegte daardeur toets - soos vir Job. Dalk wil Hy daardeur vir mense wys hoe pateties onmagtig hulle is te midde van hulle verbysterende eiewaan en wanidee van hulle "intellek" en eie vermoens...sodat hulle voor hulle van dors krepeer Hom dalk aanroep en erken.Like · Reply · 3 · 20 October at 17:06

Leon Cornelius En selfs dan verwysend na Paul En Chantal Kruger se laaste sin is daar steeds spotters wat eerder sal spot as om tot hulle Skepper te draai. Tragies.Like · Reply · 20 October at 17:26

Werner Smook Gestel die weer word deur 'n god beheer, dan is dit inderdaad duidelik dat hy maak wat hy wil en 'n flenter omgee vir sy kinders wat hul lewens aan hom wy en ook deurloop onder die droogte, terwyl ander gelowe en selfs nie-gelowiges oor die wêreld heen reën ontvang.

Straf 'n regverdige god nie net die sondaars nie? Bybelgelowiges se idee van regverdig is so verwring dat hulle nie eers basiese onlogika kan insien nie. Hulle god is goed. As Allah of enige ander god dieselfde doen, sal so 'n god as sleg afgemaak word, maar as Jahweh dit doen is dit goed en regverdig.

Julle gee jul blindelings vertroue aan 'n vals geloof wat dit nie verdien nie, dit is iets wat tragies is Leon Cornelius.Like · Reply · 1 · 20 October at 17:40

Leon Cornelius Werner Smook ek het jou leer ken as gewillige volkstryder, maar die dinge wat jy hier kwytraak is absurd en ek is werklik hartseer daaroor.Like · Reply · 20 October at 17:43

Paul En Chantal Kruger Werner, selfs die deursnee "gelowige" mens pleeg miljoene dinge in sy- of haar lewe in woorde, werke en veral gedagtes wat God mishaag. So ja - ek verstaan dat Hy sekerlik nie gaan draf om elke wil en gier van sulke sondaars elke dag te bewaarheid nie. Ek is trouens verstom dat Hy wel die gawes skenk wat Hy wel nog doen...geen mens wat 'n ander so vertoorn soos ons vir Hom, sal 'n paar dae neem voor hy

Page 19: en reen.doc  · Web viewMassa hipnose, hallusinasies en ... Die goed bestaan in mense se denke. Dit word deur mense geskep in "antwoord" op lewensvrae soos die onstaan van aarde,

"klaar is" met die ander een nie. En dit op sigself is vir my 'n verdere bewys van die Beskikker se bestaan en Sy goedheid bo wat ons verdien, elke dag.Like · Reply · 20 October at 17:47

Werner Smook oom Paul, dis hierdie "dankbaar vir krummels" mentaliteit onder ons mense wat een van my groot beweegredes is waarom ek gekant is teen hierdie geloof.Like · Reply · 1 · 20 October at 17:49

Leon Cornelius Werner, is jy dus 'n ateïs?Like · Reply · 20 October at 18:23 · Edited

Paul En Chantal Kruger Watse "krummels" Werner? Die Onskuldige Seun van God het Homself laat doodmartel, sodat ek en jy nie die straf wat ons mens-voorouer belowe is, hoef te ontvang nie. LEEF jy nie al sowat 30 jaar lank nie? Hoeveel asemtue, hoeveel hartkloppe het jou liggaam al beleef - foutloos? Put jy nie genot uit die natuur wat Hy gemaak het nie? (Die Slim Denkers beweer dit het geevoleer - waaruit en hoe weet hulle net nie). Ek weet jy sal die dwaasheid van Godloenary nog insien en terugkeer na die enigste Een wat is, was en altyd sal wees. Die enigste Een met die antwoorde.Like · Reply · 20 October at 17:55

Riaan Strauss Werner Smook ek haal beslis my hoed vir jou af dat jy so kalm en beredeneerd die meestal Strooiman argumente van die lot christene beantwoord. Nie een van hulle doen die moeite om enige van jou vrae op 'n logiese of rasionele manier te beantwoord nie. Almal bombardeer jou met hulle geykte godsdienstige gebrabbel. Iewers in die bybull staan geskryf dat daar niks nuuts onder die son is nie, of dit waar is betwyfel ek, maar dit is beslis waar, waar dit gaan oor christene se redenasies en retoriek.Like · Reply · 20 October at 19:22

Leon Cornelius Ek was as kind op 'n kerkkamp gewees waar 'n wonderwerk gebeur het wat deur geen aardse redenasies verduidelik kan word nie. 'n Meisie het op 'n bankie met 'n oop vlakte voor haar gaan sit met haar Bybel op haar skoot. Meeste van ons was al besig om gereed te maak om te gaan slaap. Skielik was daar 'n opgewondenheid wat oor die hele kampterrein opgeskiet het. Ek het kinders gehoor wat al skreeuend rondhardloop om almal na die oop vlakte te laat kom. Van ons was te laat gewees maar vir tientalle was dit daardie aand beskore om 'n vlakte vol engele te sien. Verskeie kinders het vertel hoe hulle die dogtertjie gesien staan het by 'n groot helder figuur. Hy het haar teen hom vasgedruk en op daardie oomblik het die hele vlakte in 'n helder toneel van hemelwesens verander. Die gevoel wat daar geheers het kan nooit in woorde verduidelik word nie. Daardie gebeurtenis bly my sedertdien by en te danke aan veral daardie aand het ek nooit ooit nodig gehad om te twyfel in die bestaan van God nie. Julle kan spot hieroor maar ek

Page 20: en reen.doc  · Web viewMassa hipnose, hallusinasies en ... Die goed bestaan in mense se denke. Dit word deur mense geskep in "antwoord" op lewensvrae soos die onstaan van aarde,

wil julle in liefde vermaan om ernstig te besin oor julle doelbewuste afdwaling. God bestaan en Hy leef. Of julle dit nou wil glo of hoor of nie.Like · Reply · Yesterday at 05:36 · Edited

Riaan Strauss Leon Cornelius was jy ook onder diegene wat te laat was om die "wonderwerk " in persoon gade te slaan? Dit wil wel vir my so voorkom uit jou storie wat jy vertel. Ander kinders het iets gesien en dit slegs oorvertel aan die meeste van julle. Dit was soos ek aflei nie n persoonlike ervaring van jou nie. Massa hipnose, hallusinasies en histerie vind dikwels plaas waar groepe mense met n gemeenskaplike doel soos bv godsdiens en aanbidding bymekaar is. Sulke emosionele ervarings is nie bewyse vir die bestaan van 'n godheid nie.Like · Reply · Yesterday at 06:07

Write a reply...

Jaco Viljoen Besproeing kêrels, ek reken besproeing is dalk die antwoord.Like · Reply · 20 October at 17:09

Jaco Viljoen Job? Arme man.

Like · Reply · 1 · 20 October at 17:12

Page 21: en reen.doc  · Web viewMassa hipnose, hallusinasies en ... Die goed bestaan in mense se denke. Dit word deur mense geskep in "antwoord" op lewensvrae soos die onstaan van aarde,

Tobie Louw Dis maar net nog 'n voorbeeld van 'n Jood wat steen en been kla in die hoop dat hy iets gratis by iemand anders kan afrokkel.Like · Reply · 2 · Yesterday at 09:48

Write a reply...

Paul En Chantal Kruger Jaco, jou Wetenskap-antwoorde vir die droogte en sommer vir al die ander beproewings om ons ook...waar is hulle? Ons soek reen man.Like · Reply · 20 October at 17:16

Jaco Viljoen Waar kom jy daaraan dat ons wetenskap antwoorde het op jou vrae? Waar't ons so iets beweer?Like · Reply · 20 October at 17:17

Paul En Chantal Kruger Lees weer Werner se aanvanklike pos hierbo, Denker.Like · Reply · 20 October at 17:18

Jaco Viljoen Gebeur alles dan nie i.e.g. volgens die wil van God nie, Paul?Like · Reply · 20 October at 17:20 · Edited

Paul En Chantal Kruger Natuurlik - maar ons is nie nou by my idees nie, Jaco - ons praat oor joune. Wat reken die Wetenskap maak die bestaan van God 'n belaglikhied. Nou wil ek weet - dis mos belaglik om te bid of te dank vir reen - waar is die Wetenskap se oplossing vir droogte? So eenvoudig is my vraag...maar ek kry niks uit julle Slim Denkers nie. Geen enkele idee nie. Ai, julle stel my teleur...Like · Reply · 20 October at 17:40

Torsten Knackstedt "Wetenskap" tussen hakkies. Hulle ry op 'n breinkind van die christelike filosofie - en dink dan hulle kan opgrond daarop teen dit argumenteer.Like · Reply · 1 · Yesterday at 13:41

Page 22: en reen.doc  · Web viewMassa hipnose, hallusinasies en ... Die goed bestaan in mense se denke. Dit word deur mense geskep in "antwoord" op lewensvrae soos die onstaan van aarde,

Write a reply...

Werner Smook Regtig oom Paul, om 'n gebrek aan oplossing met 'n gebrek aan meriete te verwar is 'n fundamentele denkfout. Is elke probleem wat ons nie kan oplos of verander nie, dan ongeloofwaardig?

Ons kan nie die weer verander nie, die faktore is buite ons beheer. Ons kan dit voorspel, want die mens weet tot groot mates wat die faktore is.

Ek vra weer, as dit dit wil van 'n god is, kan ons dan die god se wil voorspel?Like · Reply · 1 · 20 October at 17:47

Paul En Chantal Kruger Werner, die Godloenaar se toevlug is die Wetenskap. Dan moet sy toevlug hom tog kan help?Like · Reply · 20 October at 17:49

Jaco Viljoen Paul, ek maak nie staat op die wetenskap nie, maar common sense. Jy nog nie agtergekom die successrate van gebed is 50 50 nie?Like · Reply · 20 October at 17:50

Jaco Viljoen Hell, I can even wish upon a falling star. The result is the same. 50 50Like · Reply · 20 October at 17:52 · Edited

Hide 21 Replies

Alwyn de Klerk As iemand n ander leer as dit verkondig, moet jy hom nie eers groet of in jou huis inlaat nie. Kan nie die teks verbatim aanhaal nie. Ek dink dit staan in 1 Johannes iewers. Dis hoekom ek nie aan hierdie debat deelneem nie.Like · Reply · 20 October at 18:01

Page 23: en reen.doc  · Web viewMassa hipnose, hallusinasies en ... Die goed bestaan in mense se denke. Dit word deur mense geskep in "antwoord" op lewensvrae soos die onstaan van aarde,

Paul En Chantal Kruger Dis waar Alwyn...maar ons God kan nie in 'n enkele versie ingeprop word nie en daar is ook deur die apostels dikwels met mense geredeneer om hulle tot insig te probeer bring...sodat die Koninkryk kan vol word. Dit is 'n kritiese taak van elke gelowige. Buitendien: Ek GLO nie omdat ek enigsins beter as Werner of Jaco of wie ookal is nie...ek glo vir een enkele rede alleen: Daar is groter Genade vir my as vir hulle. En dit sal vir my bitter wees om hulle te sien verlore gaan, sonder dat ek minstens hulle wanidees vir hulle probeer aan die kaak stel het. Daarna eers kan mens reken jy het jou plig gedoen.Like · Reply · 1 · 20 October at 18:07

Jaco Viljoen Klink of jy in my gemeente gesit het 15 jaar terug.Like · Reply · 20 October at 18:10

Alwyn de Klerk Uit die lang argumente is dit vir my duidelik dat niemand die ander gaan oortuig nie. Die Woord is ook nie onbekend aan een van hulle nie. Ek sal maar bid en nie argumenteer nie. Ek kan bv. nie begryp hoe Bloedrivier deur die wetenskap bewys kan word nie, terwyl die Ingelse later met opgeleide soldate en beter wapentuig uitgemoor was nie, dink dit was by Rourke's drift? Mag die Heilige Gees werkend in hulle wees om God se hand in die wêreld te sien.Like · Reply · 20 October at 18:13

Jaco Viljoen Ek sien dit veral in Sirië!Like · Reply · 20 October at 18:15

Paul En Chantal Kruger Isandlhwana, ja Alwyn. Mag hierdie manne deur ons Vader self genade en geloof geskenk word. Net Hy kan dit doen.Like · Reply · 1 · 20 October at 18:17

Alwyn de Klerk Dankie vir die reghelp, Paul.Like · Reply · 20 October at 18:26

Wiekus du Plessis Alwyn,Bloedrivier was geen wonderwerk nie.Like · Reply · 20 October at 19:01

Jaco Viljoen Ou Sanna het hulle gehelp.Like · Reply · 20 October at 19:23

Page 24: en reen.doc  · Web viewMassa hipnose, hallusinasies en ... Die goed bestaan in mense se denke. Dit word deur mense geskep in "antwoord" op lewensvrae soos die onstaan van aarde,

Alwyn de Klerk Dis jou opinie, Wiekus du Plessis.Like · Reply · Yesterday at 04:46

Wiekus du Plessis Wat skryf jy daaraan toe dat dit 'n wonderwerk is Alwyn? Waarom het god nie met die slag van Bloukrans ook 'n wonderwerk opgetower?Like · Reply · 1 · Yesterday at 05:31

Jaco Viljoen Wiekus du Plessis die god maak mos maar so. Hy help hulle in Egipteland, dan laat hy hulle weer afkak in die woestyn.Like · Reply · Yesterday at 07:07

Wiekus du Plessis Lyk nie of Alwyn my gaan antwoord nie.Like · Reply · Yesterday at 12:18

Jaco Viljoen Dalk het Alwyn verdwynpoeier gedrink Like · Reply · Yesterday at 12:23

Alwyn de Klerk Wiekus du Plessis, as jy nie die wonderwerke kan sien nie, (getalle, weer, taktiekverandering ens.) is dit regtig nie my probleem nie.Like · Reply · Yesterday at 12:55

Alwyn de Klerk Ek wonder maar: As julle in niks glo nie, hoekom is dit so belangrik om ons te oortuig om ook in niks te glo nie? Wat sou julle daaruit wen? Hoekom julle tyd daarop mors?Like · Reply · Yesterday at 12:57

Wiekus du Plessis Want julle druk julle geloof in ons kele af op alle terreine van die samelewing. Ons glo net nie in enige mensgemaakte gode nie,en dit sluit die god van die bybel in,so ook die duiwel.Like · Reply · 1 · Yesterday at 13:50

Wiekus du Plessis Maar jy het nie my vraag ge-antwoord nie Alwyn.Like · Reply · Yesterday at 13:51

Page 25: en reen.doc  · Web viewMassa hipnose, hallusinasies en ... Die goed bestaan in mense se denke. Dit word deur mense geskep in "antwoord" op lewensvrae soos die onstaan van aarde,

Wiekus du Plessis O ek sien jy het. Watse wonderwerk is daar in 'n mistige nag? Ek het daar groot geword en mis kom gereeld daar voor. Geen wonderwerk aan taktiek verandering,tot die bloubulle doen dit gereeld. Getalle.....wel ek weet nie wie het die zulus getel nie,mens kan maar net glo wat die volksmond sê en ek glo dit was oordrewe. Verder ook geen wonderwerk aan die bygelowigheid en vrees van die primitiewe zulus nie. Daar was net geen wonderwerk nie!!Like · Reply · Yesterday at 14:00

Wiekus du Plessis Het enige boere die bloukrans slagting oorleef? Sien julle dit ook as 'n wonderwerk?Like · Reply · Yesterday at 14:03

Jaco Viljoen Eers red hy hulle by Bloedrivier, dan laat hy hulle weer vergaan in die konsentrasiekampe. Blyk maar vir my eie te wees aan hierdie god. Eers red hy hulle uit Egipteland en dan laat hy hulle weer omkom in die woestyn.Like · Reply · Yesterday at 15:22

Write a reply...

Paul En Chantal Kruger Nou maak vir ons reen met jou "common sense"...Like · Reply · 1 · 20 October at 17:56

Werner Smook Jaco, ek dink die sukseskoers van gebed hang af van waar jy bid. In Natal gaan god jou gebede gouer verhoor as in die Sahara-woestyn.Like · Reply · 3 · 20 October at 17:58

Jaco Viljoen Net so, Werner, miskien moet Paul oorweeg om te trek dalk na 'n meer tropiese gebied toe. Waar bly jy, Paul?Like · Reply · 20 October at 17:59

Page 26: en reen.doc  · Web viewMassa hipnose, hallusinasies en ... Die goed bestaan in mense se denke. Dit word deur mense geskep in "antwoord" op lewensvrae soos die onstaan van aarde,

Write a reply...

Deon Andre Schuhardt Werner Smook Volgens dit wat ek lees oor die Chemtrails wat die Amerikaners/iluminati in Amerika doen as ook in ander dele van die wereld, is dit die hoof rede vir die weers veranderinge, hulle bepaal droogtes en vloede ! Dit het niks met die Godheid te maak nie !Like · Reply · 20 October at 18:00

Werner Smook Daar is van my vriende wat reken dat hulle hartseer is oor my ongeloof. Neem daardie hartseer, maal dit met 10, dan sal jy 'n voorsmakie kry van wat ek ervaar wanneer ek met intelligente volwassenes moet redeneer oor 'n idee wat in alle eerlikheid een van die mees primitiewe idees van geloof is.

Daar is 'n horde ander onderwerpe wat meer sinvol is, maar waaragtig, om die weer aan 'n god, spook, duiwel, demoon ens. toe te skryf, dit is vir my erg.Like · Reply · 4 · 20 October at 18:06

Werner Smook Deon, gedagtig hieraan dat ek geskryf het MIN tot niks haha. Die invloed wat ons wel kan hê, sou ek reken is steeds uiters beperk. Dit is allermins rede om aan te voer dat die uitgangspunt dat die weer deur natuurfaktore beheer word, ongeldig is.Like · Reply · 1 · 20 October at 18:08

Paul En Chantal Kruger Werner, ek sluit hiermee af: So "primitief" soos my idee hieroor is, so min kom julle vooruitstrewende Denkers my vertel hoe om reen te maak.Like · Reply · 20 October at 18:08

Wiekus du Plessis Ons kan nie reen maak nie,maar ons weet waar reen vandaan kom.Like · Reply · Yesterday at 12:27

Paul En Chantal Kruger Ja julle kan NIKS maak nie. Nie reen nie, nie droogte nie, nie n grashalm of n amoeba-sel nie...maar julle is die Slim Denkers Ek kan my nie vaagweg indink hoe mens soveel Ateis-geloof kan he as om te glo dit het sommer net "toevallig ontstaan" nie. Dit verg veel minder geloof van n Christen om die Bybel te glo.

Page 27: en reen.doc  · Web viewMassa hipnose, hallusinasies en ... Die goed bestaan in mense se denke. Dit word deur mense geskep in "antwoord" op lewensvrae soos die onstaan van aarde,

Maar ek kyk nie neer op julle nie, ek is nie beter as julle nie. Ek het genade ontvang om te glo wat ek glo, en julle nie. Mag die Skepper julle genadig wees en julle daardie kinderlike geloofsvertroue skenk. Net Hy kan dit doen. Hy gaan Hom nooit aan enige mens "bewys" nie. Want as jy Hom of Sy bewyse gesien het, gaan jy nie meer HOEF te glo nie. En geloof is die aardse vereiste en toets om die Ewige Lewe te mag ontvang. Mag julle tot inkeer kom Wiekus, ek pleit daarvoor. Nie om my onthalwe nie...om julle s'n.Like · Reply · Yesterday at 12:54

Write a reply...

Jaco Viljoen Ja nee, ek stem Werner. Miskien bid hulle tot die verkeerde god. Wie was die god van reën nou alweer? Was dit nie Baäl nie? Yahweh is immers 'n woestyngod, dié dat so droog is!Like · Reply · 1 · 20 October at 18:08

Werner Smook Paul, met respek teenoor jou as mens, jy is in 'n denkgroef. Ons kan nie reen net maak soos ons wil nie. Dit het geen invloed op die uitgangspunt dat weer nie deur 'n god beheer word nie.Like · Reply · 3 · 20 October at 18:10

Deon Andre Schuhardt Werner Smook Ja ek stem saam, die christene koppel die weer aan n seening tot die mens, maar wat van al die plante en diere ens wat net so afhanklik is van die weers omstandighede as ons of dalk nog meer, volgens hulle geloof sorg god vir hulle, kyk net hoe vrek hulle nou van die honger, waar is die god van hulle nou ?Like · Reply · 20 October at 18:11

Werner Smook As 'n god wat die hele aarde oorstroom weens sonde van mense as regverdig geprys word, maak die swaar van plante, diere, goggas ens. mos niks saak nie. Dis waarom ek uitvaar teen hierdie teistiese snert, want dis gewortel in selfsentrisme.Like · Reply · 2 · 20 October at 18:12

Page 28: en reen.doc  · Web viewMassa hipnose, hallusinasies en ... Die goed bestaan in mense se denke. Dit word deur mense geskep in "antwoord" op lewensvrae soos die onstaan van aarde,

Jaco Viljoen Yahweh is 'n woestyngod, kêrels. Ek dink dis dalk die probleem.Like · Reply · 2 · 20 October at 18:13

Jaco Viljoen 40 jaar in die woestyn?Like · Reply · 1 · 20 October at 18:15

Jaco Viljoen Kêrels, ek hoop regtig vir julle part die kwartels en druppels val.Like · Reply · 1 · 20 October at 18:17

Jaco Viljoen Eerlikwaar, hoe harder die mense bid teen bloedvergieting, hoe meer blyk dit te eskaleer. Hoe meer hulle bid vir reën, hoe droër word dit. Dit is dan nie vir my snaaks nie, aangesien bloedvergieting prominent en kenmerkend is van hierdie woestyngod wat duisendes laat uitmoor het en grondvergrype georgistreer het. Numeri 31 om maar een voorbeeld te noem. Ja, en dan die onskuldige eersgebore kindertjies in Egipte.Like · Reply · 1 · 20 October at 18:24 · Edited

Susan Grobler Ons Skepper is in beheer. Kyk maar na die geskiedenis van die Titanic. Laat mens dink.Like · Reply · 20 October at 18:38

Wiekus du Plessis In beheer van wat?Like · Reply · 20 October at 19:06

Riaan Strauss Susan Grobler verduidelik asseblief aan my hoe die geskiedenis van die Titanic bewys dat jou god in beheer is?Like · Reply · 3 · 20 October at 19:56

Write a reply...

Page 29: en reen.doc  · Web viewMassa hipnose, hallusinasies en ... Die goed bestaan in mense se denke. Dit word deur mense geskep in "antwoord" op lewensvrae soos die onstaan van aarde,

Susan Grobler Jaco, pasop om op dun ys te skaars. Die mens is maar 'n brose wese en spyt kom dikwels te laat.Like · Reply · 20 October at 18:39

Susan Grobler Sy is 'n dwaas.Like · Reply · 20 October at 18:39

Dewald Scholtz Wedersydse begrip en respek. Verskillende realme - wetenskap/tegnologie en geloof/spiritualiteit?

Kwantifiiseer/kwalifiseer en bewys iets soos Liefde of iets soos Vreugde? Kan jou wetenskap dit doen?

Ontken 'n dinosourus-skelet (terwyl jy aan die flippen ding kan vat as jy na 'n laboratorium gaan) net omdat daai realiteit nie in een van jou bybel-boeke is nie? Maak dit sin?Like · Reply · 20 October at 18:51

Dewald Scholtz Hipoteties - as al die mense in die wêreld more-oggend om ses-uur (Suid-Afrikaanse tyd) vir dieselfde God (check daai uit - dieselfde God dieselfde Tyd - AL die mense!!) sal bid om my kar se vuil ruit skoon te maak - wat is jou EERLIKE gevoel - oor of 1) dit gereël kan word en of ii) of dit fisies sal kan gebeur - die skoon ruit uit die hemel??Like · Reply · 20 October at 19:02 · Edited

Dewald Scholtz As al die mense in die hele wêreld ( dieselfde tyd more-oggend) vir die mense wat op daai oomblik die naaste aan hulle is sal sê hulle is Lief vir hulle en kan ek jou NOU met iets help? - wat is jou EERLIKE gevoel oor dat so 'n aksie moontlik is en wat die uiteindelike fisiese gevolg van so iets sal wees?Like · Reply · 20 October at 19:02 · Edited

Write a reply...

Page 30: en reen.doc  · Web viewMassa hipnose, hallusinasies en ... Die goed bestaan in mense se denke. Dit word deur mense geskep in "antwoord" op lewensvrae soos die onstaan van aarde,

Werner Smook Riaan, dankie ook vir jou bydraes. Ek skryf oor hierdie dinge om iets daarvan van my hart af te kry, maar het ook besef dat ek nie altyd presies kan sê wat ek op die hart het nie. Dan was ek lankal gestenig, verbrand of in die tronk.

Dewald, ek het die "realme" ding al baie deurdink. Eintlik is dit ook wat my geloof as jongmens tot 'n groot mate instand gehou het. Die geloofsgebeure in 'n boksie en die werklikheid in 'n ander. Die Bybel vertel immers van 'n "ander" werklikheid as die een waarin ons lewe, DIT kon ek op laerskool al insien.

As daar 'n god/geeste of wat ookal is wat wil hê dat ek in hulle moet glo, bid, dien ens, kan hulle enige tyd self met my kom praat. Hulle hoef nie altyd van klomp ou boeke of mense se selfweersprekende getuienisse gebruik te maak nie. Tot 'n beperkte mate is ek luisterend na idees oor hierdie dinge, maar iets moenie in stryd met die werklikheid wees nie.

Ek sien geen rede om te glo dat gebed, selfs van miljoene op dieselfde tyd en plek 'n invloed het op gebeure het nie. Ons omstandighede kan wel deur onsself beinvloed word. Dit is hier waar die psigiese 'n invloed het.

My denke/sienings/geloof kan 'n invloed hê op die manier waarop ek werksaamhede aanpak en so sal my eie lewenssfeer daardeur beinvloed word. Geloof het geen direkte invloed op "eksterne" gebeur nie.

Ek wil eendag nog my siening oor die "law of attraction" neerpen, wat hierby aansluit. Dit sommer my gedagtes hieroor.

So nee, jammer, jy moet maar self jou ruit gaan was heheLike · Reply · 1 · 20 October at 19:35

Jaco Holtzhausen Vir my is dit eenvoudig. Ek het net my geloof en geniet die wetenskap ook. As iemand deur middel van wetenskap of wie weet watter verduideliking God kan definieer dan maak dit juis van Hom nie God nie. Ons kan hom nie in 'n boks sit met 'n sticker op nie. Die wetenskap is ook maar nog jonk. Ek glo daar gaan nog baie uitvindsels of "discoveries" kom. My geloof gee my hoop en solank ek niemand te nakom nie en met liefde en respek hanteer sal ek aan my Hoop vasklou. Geen groot wetenskaplike praatjies, opinies of stellings van die mens gaan my van opinie verander nie. Julle moet ook onthou dat of jul nou glo of nie dat ons voorvaders juis net die hoop waarvan ek hier bo gepraat het gehad het om deur hul beproewings te kom. Lekker aand vir almal of sal ek se, lekker verder stry :-)Like · Reply · 1 · 20 October at 19:36

Page 31: en reen.doc  · Web viewMassa hipnose, hallusinasies en ... Die goed bestaan in mense se denke. Dit word deur mense geskep in "antwoord" op lewensvrae soos die onstaan van aarde,

Marianne Schutte Werner Smook,ek gaan jou nou van my facebook afhaal. Ek kan dit nie hanteer dat jy God verloën nie.Like · Reply · 20 October at 19:42

Tobie Louw Marianne onthou jy is OOK 'n godloënaar, want jy verloën alle ander Gode, behalwe een. Die verskil tussen iemand wat absolute waarheidsaansprake vetwyfel, en iemand wat daarin glo, is dat hy presies dieselfde as jy doen, plus om nog een ekstra te bevraagteken.Like · Reply · Yesterday at 09:22

Werner Smook Marianne het my ontvriend en sal nie hierdie skrywes verder kan sien nie. Dis egter ook 'n geldige opmerking oom Tobie.Like · Reply · Yesterday at 09:27

Mattheus Human En jy is verkeerd Marianne (as jy dit dalk sien). Werner verloen nie jou of enige ander "god" nie. Hy onthul net die simpelgeid van mense soos jy se "geloof".Like · Reply · Yesterday at 09:32

Dawie Badenhorst As God nie bestaan nie, waaroor gaan julle tekere? As Hy bestaan en julle keur Hom nie goed nie, neem dit met Hom persoonlik op. As jy nie 'gelowiges' kan verdra nie ignoreer hulle. Dis nie die 'gelowiges' wat aanhou 'n bohaai opskop nie. Wat wil julle nou eintlik bewys? As God jou pla, ignoneer Hom 'flat', of vat Him persoonlik aan. Wie van hulle dapper bekbakleiers sien kans daarvoor?Like · Reply · 23 hrs

Mattheus Human Ek herhaal: dis nie "god" wat my pla nie (want iets wat nie bestaamn nie, kan nie pla nie) - dis julle vasklouery aan 'n argiese en ongegronde geloof dat daar so iets is. Ons wil net graag he dat julle ook in die 21e eeu is en die enkele lewe wat ons almal het, ten volle leef en geniet.Like · Reply · 11 hrs

Write a reply...

Page 32: en reen.doc  · Web viewMassa hipnose, hallusinasies en ... Die goed bestaan in mense se denke. Dit word deur mense geskep in "antwoord" op lewensvrae soos die onstaan van aarde,

Riaan Strauss Marianne Schutte wat 'n terleurstellende aksie van jou kant af. Dit is 'n lafhartige daad en beslis nie iets wat jou god, indien dit bestaan het, sou goedkeur nie.Like · Reply · 2 · 20 October at 19:45

Werner Smook Ek sien uit na die dag dat die "God", sy eie bestaan kom verdedig en nie in sy almagtige alomteenwoordigheid kyk hoe sy kinders desperaat probeer om sy bestaan te beredeneer nie. Dis jammer dat jy so voel Marianne, ek gaan nie my denke inhok, omdat van my vriende anders dink/glo nie. Waar gaan ek dan opeindig?

Vriendelike groeteLike · Reply · 1 · 20 October at 19:45

Werner Smook Marianne, ongelukkig het Riaan ook 'n punt beet. Jy is nie verplig om my skrywes te lees nie, maar as jy my wil ontvriend omdat ek nie meer my denke deur die Christelike geloofsraamwerk wil laat beperk nie, moet jy so maak. Ek het dit sowat 20jaar lank gedoen, nie weer nie.Like · Reply · 1 · 20 October at 19:48

Riaan Strauss Marianne Schutte jy moet terselfdertyd sommer ook jou internet konneksie ontkoppel. Daar is geen groter medium waar jou god " verloën " word as juis die internet nie.Like · Reply · 20 October at 19:50

Theuns Cloete "BOERVOLK EN GELOOFS MISLEIDING" ....... Die Boervolk se Skepper van hemel en aarde het niks met geloof of religie te doen nie. Die Skepper het jou toegerus met REDE, die nodige selfbewustheid, instink, insig ............................... Of lees hier verder "BOERVOLK EN GELOOFS MISLEIDING " http://www.boervolkradio.co.za/radiogesprek/dok/Index of /radiogesprek/dokboervolkradio.co.za

Like · Reply · Remove Preview · 20 October at 19:54 · Edited

Riaan Strauss Theuns Cloete verduidelik asseblief aan my wie die boervolk se skepper is.Like · Reply · 20 October at 19:57

Page 33: en reen.doc  · Web viewMassa hipnose, hallusinasies en ... Die goed bestaan in mense se denke. Dit word deur mense geskep in "antwoord" op lewensvrae soos die onstaan van aarde,

Werner Smook o wee julle, ons is nou klaar met die Teistiese-reëngod, nou begin die Deisme debat. Al die Deiste moet nou nader staan, haha!!!Like · Reply · 2 · 20 October at 20:00

Theuns Cloete Riaan Strauss - Hoekom het jy my nodig om vir jou te verduidelik, wil jy weet, moet jy maar self soek .....Like · Reply · 20 October at 20:02

Riaan Strauss Theuns Cloete want jy is die een wat melding maak van die boervolk se skepper. Wie is dan nou beter toegerus as jyself om my as leek in te lig.Like · Reply · 20 October at 20:04

Riaan Strauss As ek vanaand moet uitvind dat die boervolk 'n eie skepper het hardloop ek met my kop teen 'n muur vas. Ernstige geheueverlies is wat ek dan nodig het.Like · Reply · 20 October at 20:05

Theuns Cloete Party hoor maar hoor nie, ander sien maar sien nie - so word geseg .... die een is toe nie opgeteken nie ....ander LEES maar LEES nie ..... sou jy gelees het sou jy sien dit was nie ek nie, my naam is Theuns ... Lees of gaan vra die ou wie dit geskryf hetLike · Reply · 20 October at 20:07

Tobie Louw Al die God-gesprekke is soveel pogings om die grense tussen geloof en rede te probeer vasstel. Dit kan slegs via die begrip van die reikwydte van die rede gedoen word, want "anderkant" daardie grense, is die geloof "vry", dws kan enige inhoud toegeken word maar nie een egter as die ander subjektiewe oortuiging nie. Elke poging om 'n stel geloofsoortuiginge te verduidelik, verdedig of promoveer, moet getoets word deur die rede, anders is die "waarheidsaansprake" betreffende geloofsinhoude bloot afhanklik van geboorte, kondisionering, blindheid, ens.Like · Reply · 2 · Yesterday at 07:01

Tobie Louw Enige poging om geloofsinhoude van watter aard ook al probeer verkondig, verduidelik, verdedig -sonder gebruik van die rede - is in orde, met dien verstande dat die een net so subjektief en verwisselbaar as die ander is.Like · Reply · 2 · Yesterday at 07:20

Page 34: en reen.doc  · Web viewMassa hipnose, hallusinasies en ... Die goed bestaan in mense se denke. Dit word deur mense geskep in "antwoord" op lewensvrae soos die onstaan van aarde,

Tobie Louw Ek kyk nou opnuut na die uitstekende boekie deur Peter Donovan met die titel, Religious Language. Hy vra die eenvoudige vraag: hoe maak religieuse taalgebruik sin? Sy antwoord daarop is insiggewend: dit kan nie anders as om, bo en behalwe "transendente terminologie" (wat na bonatuurlike verskynsels verwys wat buite ons ervaringswêreld lê en waar mens die waarheid omtrent dus nie kan bevestig of ontken nie), gebruik hulle gewone, alledaagse woorde, soos vader, moeder, liggaam, brood, visse, kinders, ens. MAAR DIT BETEKEN IETS ANDERS as die normale betekenis daarvan. Sien bv die "Onse Vader"....Like · Reply · 2 · Yesterday at 08:49

Tobie Louw Dink Donovan se uiters leesbare boekie móét in Afrikaans vertaal word!Like · Reply · 1 · Yesterday at 08:50

Tobie Louw Die voorbeeld van die "weer" is 'n mooi een, en "beheer" 'n ander een. 'n Mens sou kon redeneer dat, indien God in beheer is van die weer, dit dan sekerlik nie nodig sou wees nie om damme te bou, die oprig van uitgebreide en gekompliseerde verspreidingstelsels deur 'n suiwerings- en pypstelsels, asook om en in werks, gemeenskaplike en wooneenhede 'n stel krane e.d.m. Soos die Engelse dit uitdruk: "You can't have it both ways". Wanneer ons byvoorbeeld vra: wat beteken dit om "beheer" oor iets uit te oefen, in die normale sin van die woord, dan word dit eensklaps duidelik dat, om byvoorbeeld beheer te hou oor die groei van plante, dit nodig is om 'n hele reeks takies op 'n gereelde basis te verrig. Doen jy dit nie, verloor jy beheer en dan neem droogte, goggas, grondarmoede en onkruid gou-gou oor. Wanneer lg. gebeur en my buurman staan en lag oor die grensdraad vir my "poging", help dit nie om vir hom te vertel: "Toemaar, ek is in volle beheer daarvan" nie, want die resultaat lyk allermins daarna. Hy sal tereg kan vra: "Is dit eintlik jou BEDOELING om sulke chaos te skep?". Die analogie is voor die hand liggend.Like · Reply · 1 · Yesterday at 09:13

Write a reply...

Tobie Louw Ronald Reagan het hierdie mooi staaltjie vertel: Daar was 'n oubaas wat 'n gedeelte van sy plasie begin bewerk het as nuwe groentetuin. Dit was in al sy

Page 35: en reen.doc  · Web viewMassa hipnose, hallusinasies en ... Die goed bestaan in mense se denke. Dit word deur mense geskep in "antwoord" op lewensvrae soos die onstaan van aarde,

voorgeslagte onaangeraak. Die ou het bome en onkruid en klippe verwyder, 'n paar heinings gespan, nuwe grond en kompos ingery en ingewerk, water aangele, geploeg en gesaai. Teen die volgende seisoen het sy harde werk begin betaal, en hy het fantastiese opbrengste geniet: pampoene, mielies, tamaties, aartappels, noem maar op. Hy kry toe eendag besoek van die dorpspredikante en baie trots op homself gaan wys hy toe die "doom" hoe hard hy gewerk het aan die groentetuin, met die idee om sy opbrengs met die kerk te deel. Daar gekom, is die prediker baie verbaas om die wonderlike stuk werk te aanskou. Hy kyk so en verklaar toe: "Die Here is darem baie goed vir ons, en as dit nie vir Hom was nie, sou jy nie so 'n fantastiese oes gehad het nie". Die oubaas is erg bek-af en bedink die storie so, en antwoord die doom toe: "Ja, dit was eintlik net my eie harde handewerk. Jy moes gesien het hoe die plek gelyk het toe ek dit net aan die Here oorgelaat het!"Like · Reply · 3 · Yesterday at 09:19

Werner Smook Oulike staaltjie oom Tobie! Dankie vir die bydraes. Moet asseblief tog net nie godslasterlik raak nie. Dit kan dalk net veroorsaak dat die droogte vererger :-)

Hierdie "bid vir reën" kwessie is een van die eenvoudiger geloofsgedrewe praktyke om te bespreek en het ek gereken dat gelowiges bietjie meer bereid sou wees om hieroor te dink. Dit blyk egter nie die geval te wees nie.Like · Reply · 3 · Yesterday at 09:25

Tobie Louw Daar IS wel 'n plek vir religieuse oortuigings, maar dis BUITE die bestek van die redelike, normale gesprek oor aardse dinge. Sodra ons die sin en betekenis van alledaagse aardse verskynsels probeer verklaar volgens een of ander bo-aardse maar steeds menslik geskepte, stel absolute (onaanvegbare) waarheidsaansprake, is ons in die moeilikheid. Daar is egter geen probleem as mense dit vir hulself hou en veral nie op die res van ons volk probeer afdwing nie. Dan val die hele "narratief" wat by die engele-soldate van Bloedrivier draai, plat... want waar is die engele nou wanneer ons hul regtig nodig het?Like · Reply · 3 · Yesterday at 09:26

Tobie Louw Werner Smook hierdie is 'n uiters belangrike vraag wat ons onsself moet afvra: wat is die rol van geloofsoortuigings in ons volk (en ras) se dreigende ondergang? Tradisioneel is gemeen dat "as ons net reg en genoeg GLO, dan sal alles reg uitwerk". Ons MOET baie meer selfkrities raak, selfstandig dink en sodoende nuwe kreatiewe oplossings vind. Dit gaan nie oor wat persoon A of persoon B glo nie, maar oor of die antwoorde daarop haalbare oplossings bied vir ons huidige oorlewingstryd.Like · Reply · Yesterday at 11:28

Page 36: en reen.doc  · Web viewMassa hipnose, hallusinasies en ... Die goed bestaan in mense se denke. Dit word deur mense geskep in "antwoord" op lewensvrae soos die onstaan van aarde,

Tobie Louw “Suppose I am told of a new theological discovery, namely that Brahma wears a hat. And then I am told that it is a divine hat and worn infinitely, since Brahma has neither head nor shape. In what sense then is a hat being worn? Why use these words? I am told that God exists but in a ‘different sense’ of exists. Then if he doesn’t exist (in the plain sense) why use that word? Or that God loves us - but in w wholly special sense of love. Or God is a circle whose centre is everywhere and circumference nowhere. But this is then to have neither a centre or a circumference, and hence not to be a circle. One half of the description cancels out the other half. And what is left over but just noise?”

Arthur C. Danto, ‘Faith, Language and Religious Experience. A Dialogue’, in Religious Experience and Truth, Sidney Hook, ed. (Oliver and Boyd 1962), p. 147. Quoted in P. Donovan, Religious Language, 1979:7Like · Reply · 2 · Yesterday at 11:28

Callie Mocke tobie dis waar die kerke die hele geloof ding opneuk vir goedgelowige christene ..hulle het n satan om te blameer vir alles wat verkeerd is en n God wat alles moet reg maak ..self doen ons niks behalwe krediet kaarte swaai en mekaar oordeel en slegmaak..die bybel verhaal is alles behalwe n beheer meganisme deur n jaorse God wat jou liefhet en jou toets met allerande toetse sodat jy eendag alles kan weet .Like · Reply · Yesterday at 11:38

Torsten Knackstedt //Al die God-gesprekke is soveel pogings om die grense tussen geloof en rede te probeer vasstel.//Dit woord tegnies onderskei - dit sal ook gedefineer moet word. Maar jy kan geen rede, sonder geloof he (en sonder rede ook geen geloof). Die rasionalis moet tenminste glo, dat sy rede moontlik is en iets beteken. Andersom is enige ateis fundamenteel irrasioneel. En dis ook iets wat duidelik in die gesprekke gesien kan word. Die materialistiese modder-tot-moeder ateis staan met die probleem dat sy model van die onstaan van die waarneembare werklikhede rede nie voldoende kan verklaar. 'n Christen sal egter bewus wees van die probleme met rede (agv. van sonde), aangesien daar perke op dit is en ook die probleem van (self-) misleiding.Like · Reply · Yesterday at 12:26

Tobie Louw Waarom word iemand as ateis gesien as hy nie geloof A, B, C, en D aanhang nie, wat in beginsel tov elke gelowige geld? Die Protestantse Christen glo nie in die Katolieke God nie (party doen dalk), en die geloof in die Hebreeuse en Moslemgode maak ook elke Hindu tot 'n ateis. Om te beweer dat die ateis "fundamenteel irrasioneel" is, is om die rede te gebruik en rasionele terme om die waarheid van die teendeel te probeer argumenteer. Die probleem van bv die ontstaan van die "skepping" is 'n poging om 'n rasionele argumentsketting te bou wat die skyn van bewysbaarheid bevat, maar wat buite empiriese waarneming val, en dus nooit bevestig of ontken kan word nie. Dis 'n

Page 37: en reen.doc  · Web viewMassa hipnose, hallusinasies en ... Die goed bestaan in mense se denke. Dit word deur mense geskep in "antwoord" op lewensvrae soos die onstaan van aarde,

pseudo-probleem wat slegs teoreties met die geloof opgelos kan word, alhoewel elke bestaande geloof 'n ander oplossing het. As die metafisika verwar word met die fisika, dan is daar groot probleme. Die wetenskap KAN nooit absolute antwoorde verskaf nie, behalwe as dit sigself in 'n ideologie verander.Like · Reply · Yesterday at 13:10

Torsten Knackstedt Ek het nie gese A,B,C is ateiste nie. Maar sommige sal na hulleself as "ateiste" verwys, gewoonlik diegene wat pseudowetenskaplik argumenteer.Like · Reply · Yesterday at 13:26

Torsten Knackstedt //"skepping" is 'n poging om 'n rasionele argumentsketting te bou wat die skyn van bewysbaarheid bevat, maar wat buite empiriese waarneming val,//Jy kan dieselfde oor "Evolusie" se. Skepping is 'n hipotese. Die gevolge is empiries bespeurbaar. Die vraag is wat maak meer sin. Die antwoord is eintlik baie eenvoudig, mits 'n mens die argumente en bewysmateriaal ken.Like · Reply · Yesterday at 13:37

Write a reply...

Torsten Knackstedt //wat is die rol van geloofsoortuigings in ons volk (en ras) se dreigende ondergang?//Ook 'n vraag wat dalk eerder andersom gevra kan word. Want die probleem van dreigende ondergang bestaan eers vanaf dat sekularisme/ateisme 'n massabeweging geword het.Like · Reply · Yesterday at 12:30

Tina van der Walt Wie gaan god more laat wen? Altwee spanne, die cheetas en die bulls bid voor die tyd? Hang seker af wie die stoutste was die afgelope weekLike · Reply · 3 · Yesterday at 12:36

Werner Smook Tina, jy raak 'n omstrede punt daar aan haha. Ek weet nie watter een van bid vir sportoorwinning of bid vir reën die belaglikste is nie. Ek raak naar wanneer ek sien dat mense hul god dank vir 'n sportoorwinning terwyl dieselfde??? god staan en toekyk hoe sy kinders verhonger, vertrap, vermink, verkrag en vermoor word.

Page 38: en reen.doc  · Web viewMassa hipnose, hallusinasies en ... Die goed bestaan in mense se denke. Dit word deur mense geskep in "antwoord" op lewensvrae soos die onstaan van aarde,

Mense wat sulke snert aanhang dink dood eenvoudig nie vir hulself nie.Like · Reply · 1 · Yesterday at 12:43

Tina van der Walt Ja absoluut. Dis soos wamneer iemand doodgaan, dan vra almal hoekom het god die persoon so vroeg kom haal, maar in die volgende asem vra hy dan vir god om hul te dra deur die moeilike tyd. Huh? Maak dit sin?Like · Reply · Yesterday at 12:46

Tobie Louw Hallo Torsten - is sekularisme 'n massabeweging, bv soos wat die Christendom as georganiseerde godsdiens is? Of soos wat die Demokratiese Party in die VSA of in SA die ANC is? Ek glo nie so nie, en dieselfde met ateisme. Lg word meesal deur spesifieke vrydenkers beredeneer, en daar is nogal soms baie onderlinge verskille tussen hulle. Dieselfde met sekularisme. Daar is beslis 'n saak uit te maak dat die verval van bv Middeleeuse Europa gepaard gegaan het met 'n opgee van gesag deur die Rooms Katolieke Kerk, terwyl die ontwikkeling van bv die empiriese wetenskappe die afgelope 4 eeue grotendeels sekuler van aard was en steeds is. Die belangrike punt is dit: as mens 'n eerlike wetenskaplike wil wees, moet jy jou religieuse vooroordele opskort vir die doel van jou ondersoek, en so objektief as moontlik wees in jou eksperimente, ondersoeke, ontledings en gevolgtrekkings. In eenvoudige terme beteken dit dat daar voldoen moet word aan die eis van selfstandige denke. Dit beteken nie dat 'n navorser nie 'n Christen of 'n Buddhis kan wees nie, maar vereis slegs dat hy sy geloof vir die doel van sy ondersoek, tussen hakies plaas en nie sal toelaat dat dit sy waarnemings en beredering beinvloed en bepaal nie. Dis wel nie sonder allerhande probleme nie, soos wat uitstekend beskryf is in die boek, De Malaise van Moderniteit, deur die Kanadees Taylor.Like · Reply · Yesterday at 13:01

Sebastiaan Biehl Terloops, kyk hoe sterk het dit gerëen in die noordelike dele.Like · Reply · Yesterday at 13:03

Tobie Louw Kort grappie: Die ernstige vraag oor geloof en reen kom neer op die antwoord op die vraag: het jy 'n kraan of twee by jou huis?Like · Reply · 1 · Yesterday at 13:12

Pieter Pieterse Werner en Tobie, verduidelik asb vir my wat julle glo van God.Like · Reply · Yesterday at 13:12

Page 39: en reen.doc  · Web viewMassa hipnose, hallusinasies en ... Die goed bestaan in mense se denke. Dit word deur mense geskep in "antwoord" op lewensvrae soos die onstaan van aarde,

Tobie Louw Sal ek nou soos Trump wees (toe Hillarious hom evra het om sy belastingaanslae te openbaar en hy vir haar vra om eers haar 33 000 verdwene vonkposse te openbaar) en eers tong in die kies vra wat jy "weet" van die Kritiek van die Suiwer Rede? Toemaar dis net 'n retoriese vraag, Wat iemand "glo" is sy/haar eie persoonlike saak. Die probleem kom in wanneer daardie geloof genoeg gewig gegee word om gesonde verstand en die rede tot dienskneg te maak. Dis 'n oulike vraag, maar 'n gelaaide een. (Dankie, ek sal dit graag gebruik.) Die onmiddellike verheldering wat mens soek is: Na watter "god" verwys jy Pieter? Sover my kennis strek, is daar ongeveer 4000 verskillende gangbare betekenisse en name van die Transendente. Ek kan sonder vrees vir teenspraak beweer dat die gebruik van die meeste van daardie aanwysings vir my geen sin maak nie. En ek twyfel of daar enigiemand op aarde is wat dit alles verstaan en in almal gelyk kan "glo". Daardie met wie ek beter bekend is, soos die meeste van ons, naamlik die Abrahamitiese gode, is eweneens problematies en deurspek van self-weersprekings. Lg. is natuurlik bloot 'n rasionele kategorie (streng gesproke: 'n logiese denkwet), en pla nie die geloof as sodanig nie, want dit hanteer baie maklik selfweerspreking, asook die ander twee basiswette van die logika. Kan enigiemand wat 'n redelike mens probeer wees, die wet van identiteit en self-weerspreking bloot ignoreer, en met 'n goeie gewete 'n geloofsprong wel wetende dat die Abrahamitiese gode byvoorbeeld (in ons terme) verkragting goedpraat, en menseslagtings vereis? Ek verstout my om te se dat ek nie redelikerwys kan glo dat so 'n godheid goed kan wees nie.Like · Reply · 1 · Yesterday at 14:40

Write a reply...

Torsten Knackstedt //Hallo Torsten - is sekularisme 'n massabeweging, bv soos wat die Christendom as georganiseerde godsdiens is?//Ja en nee. Ja: Massabeweging wat op partye en organisasies in die burgerlike samelewing. Dit gebruik ook die staatsmag om die agenda deur te druk. Nee, aangesien dit gewoonlik nie openlik sy agenda noem nie. Die skuilwoorde is gewoon "neutraliteit", "humanisme", "science education". Indien iemand dit egter ontleed kom 'n mens vinnig agter dat dit nie neutraal is en ook nie oor wetenskap gaan nie. Jy behoort dan om te weet dat daar so iets soos paradigma en magsverhoudinge binne akademiese kringe bestaan.Like · Reply · Yesterday at 13:33

Werner Smook Pieter Pieterse, eerstens, ek het toenemende kritiek teen die gebruik van die woord god, verwysend na 'n skynbaar spesifieke god met die naam "God". Geen god se naam is "God" nie. Jy moet dit eers besef, dan sal jou oë oopgaan vir die verskillende godsbeelde wat in die Christendom alleen aanbid word. Dit net my semantiese kritiek op die woordkeuse van jou vraag.

Page 40: en reen.doc  · Web viewMassa hipnose, hallusinasies en ... Die goed bestaan in mense se denke. Dit word deur mense geskep in "antwoord" op lewensvrae soos die onstaan van aarde,

Indien jy spesifiek verwys na Jahweh, die god van die Bybel (terwyl die Bybel self onversoenbare godsbeelde beskryf), is my antwoord dieselfde as vir Allah, Thor, Odin, Asherah, Baal, Spaghetti monster en tokkelos.

Die goed bestaan in mense se denke. Dit word deur mense geskep in "antwoord" op lewensvrae soos die onstaan van aarde, lewe ens. Dis waarom daar 'n swetterjoel verkillende godsbeelde tot in die Christendom self bestaan. Gode is daar om gapings te vul, dis dit.

Ek glo aan geen godheid nie, veral nie 'n teistiese godheid nie.

As daar wel 'n god is wat wil hê dat ek in hom moet glo en loof en prys en offer en dien en wat ookal, kan hy self met my kom praat. Hy hoef nie dit deur selfweersprekende mense/ou boeke met my in raaisels te praat nie.

Dit in kort my siening oor die godery.Like · Reply · 2 · Yesterday at 14:14

Wiekus du Plessis Wil daar byvoeg. As daar 'n 'goddelike' is wat alles geskape het,het hy dit gedoen en dit laat evolve volgens die natuurwette. Hy meng nie in in die lewens van 'n klein groepie mense op 'n klein planeet in die ganse hemelruim.Like · Reply · 1 · Yesterday at 14:28

Torsten Knackstedt Wiekus, dis juis die probleem met "Evolusie", dit kan nie volgens die natuurwette werk nie. Op hulle eie bewerk hulle maar 'n proses van verval tot daar geen bruikbare energie meer is nie.Like · Reply · Yesterday at 14:33

Pieter Pieterse Dankie Werner Smook, ja niemand het al die antwoorde nie. Doen my asb net die guns om vir my te verduidelik hoe die kameelperd volgens jou ontstaan het. Verwys asb vir my na sy bloedsomloop in jou antwoord.Like · Reply · Yesterday at 15:34

Werner Smook Pieter, ek weet nie hoe die kameelperd ontstaan het nie. As jy erns het om te weet, moet jy maar die bioloë ens. wat hierdie sake bestudeer gaan raadpleeg.Like · Reply · 23 hrs

Write a reply...

Page 41: en reen.doc  · Web viewMassa hipnose, hallusinasies en ... Die goed bestaan in mense se denke. Dit word deur mense geskep in "antwoord" op lewensvrae soos die onstaan van aarde,

Werner Smook Torsten, kan ons die ontwikkeling van lewende wesens aan die hand van wetenskaplike kennis beskikbaar verklaar? Hoe 'n lewende wese uit 'n spermsel ontstaan? Ek is onder die indruk dat daar inderdaad nog baie huiswerk hieroor gedoen moet/kan word. Ek vertrou ons is hieroor eens. Daar is baie wat ons nie weet nie.

Die verskilpunt:

Ek is oortuig dat wat ons nie weet nie ondersoek moet word. Tot ons nie weet nie, is al wat ons weet, dat ons nie weet nie. So eenvoudig soos dit.

Gelowiges skryf dit wat hulle nie weet nie aan die goderyk toe en dink dan hulle het antwoorde verskaf op dit wat ons nie weet nie.

Daarom dat die beweegruimte vir geloof/bygeloof al hoe minder word, namate die wetenskaplike metode ons tot meer kennis oor die werking bring van dit wat ons omring.Like · Reply · 1 · Yesterday at 14:40

Torsten Knackstedt Die spermsel en die eier vorm 'n nuwe genoom en dan ontvou daar 'n nuwe dier of mens in (en gevoed deur) die baarmoeder. Dit is egter maar net 'n kopie van die ouers, nie iets nuuts geskep nie. Ek stem saam dat nog nie alles ontrent dit bekend is wat ontdek sal kan word. En dan is daar altyd die dinge wat nie met die 5 sinne ontdek kan word. Empirisme op sy eie is daar redelik beperk. Die bygeloof is dat dit uit niks, vir geen rede dmv. materialistiese prosesse ontstaan het. Geloof is dat dit deur 'n opperwese geskep is. Die tweede opsie maak beslis meer sin nie. materialistiese akademici se verskoning daarteen is dat dit hulle dogma van metodologiese naturalisme oortree. Dit is egter 'n a priori uitsluiting van 'n verklaring, wat weereens wys dat hulle nie met wetenskap maar teoretiese bespiegelings besig is. Hulle argument is ontrent soos te se 'n vuur kan nie deur 'n brandstigter verklaar word nie, want ons mag slegs naturalistiese verklarings gebruik. En ja, ek sal se die dinge moet dalk nog 'n bietjie beter uiteengesit word. Mense kort al klaar begrip van die fundamentele konsepte.Like · Reply · Yesterday at 14:56

Werner Smook Torsten, hierdie denkwyse bring jou egter net uit by 'n skeppergod veronderstelling oftewel Deïsme, stem jy saam?. Daar is 'n groot kloof tussen so 'n godsbeeld en 'n Teïstiese atropomorfies+metafiese god, wat die reuk van brandoffers en klank van lofliedere waardeer? Stem jy saam?

Ek wil graag probeer vaspen waar ons verskil intree, want daar bestaan raakpunte.Like · Reply · Yesterday at 15:07

Page 42: en reen.doc  · Web viewMassa hipnose, hallusinasies en ... Die goed bestaan in mense se denke. Dit word deur mense geskep in "antwoord" op lewensvrae soos die onstaan van aarde,

Torsten Knackstedt As jy dit reduseer, gaan dit tenminste nie 'n tiepe deistiese Godsbeeld weerspreek nie. Dit sal egter ook nie 'n God noodwendig weerspreek wat met mense kommunikeer (brandoffers, gebed, loofliedere). Wat metafisiek aanbetref soos natuurwette, wiskunde ens. op hulle eie metafisies van aard. Jy kan dit nie sien nie, maar jy kan die uitwerkings daarvan voel of sien. Soos ek se ek moet dalk langer opstelle begin skryf daaroor wat die dinge 'n bietjie uiteensit.Like · Reply · Yesterday at 15:32

Werner Smook Torsten

Die "onstaan van lewe" argument kan hoogstens gebruik word om die moontlikheid van 'n skeppergod te beredeneer. Daar is spesifieke redes waarom ek dit self nie aanhang nie, maar dit raak 'n langer gesprek.

Al sou ek hier amptelik jou meriete toegee hiervoor, kan ek jou sê dat jy 'n lang pad voor jou het om die horde mensgeskepte idees soos in die Bybel vervat, te beredeneer. Dink aan die manlike konsep, waar kom dit vandaan? Waar kom die seun vandaan? Het Jahweh nie dan ook 'n vrou en dogters nie?

Die uitverkore volk idee, dit alleen loop oor van menslikheid. Die almagtige skepper van die heelal waarvan die aarde 'n spikkeltjie is kies vir homself 'n spesiale volk uit, regtig?

Jy sien Torsten, ek praat met deïste en vind die gesprekke meer bedinkbaar. Teïsme is baie ver agter my. Ek is op geen manier 'n teïs nie, daarom dat ek besef het ek is 'n nie-teïs, oftewel ateïs, ongeag of ek gemaklk voel daarmee aldan nie.

Ek noem 'n graaf 'n graaf as dit soos 'n graaf lyk en spit. Dan kan ek nie meer redeneer oor of dit eintlik 'n vurk of pik is nie.

Ek stel dit aan jou dat jy net die Bybel-mites het om hierdie diep kloof tussen die twee uiteenlopende godsbeelde te beredeneer. As jy wil vashou aan die god-idee sou ek voorstel jy herskaaf dit meer tot 'n deïstiese een. Die werklikheid werp ver teveel vra op die bestaan van 'n teïstiese godheid.

Dit is van my laaste ope gedagtes hieroor.Like · Reply · 22 hrs