eredienste - nggars.org.zanggars.org.za/wp-content/uploads/2018/11/18nov2018-2.pdf · 2018. 11....

12
Telefoon/Faks: 012 361 3618 E-pos Adres: [email protected] Kantoorure: Maandae 11:0013:00 Dinsdae - Vrydae: 08:00 - 13:00 Maandae: 11:00 - 13:00 & Dinsdae tot Vrydae: 08:00 - 13:00 : ABSA Tjekrekening: NG Pretoria Garsfontein, Rek nr: 1630 580 125, The Grove (630919) Onthou verwysing se 1ste woord moet die doel van inbetaling wees bv. Dankoffer Potgieter Onthou asb dat die Finansies Dokter nou regdeur die jaar sal loop! Hou asb al jou R5de - Baie dankie vir u ondersteuning Eredienste & Teeskinkbeurte: Sondag, 25 Nov 2018 09:00 & 19:00 (Kerssangdiens) Geen Kinder & Tiener Groepe Teeskink: Reinette Greyling Sondag, 2 Des 2018 09:00 & GEEN diens om 18:00 Deurkollekte Allimentasie vir Diamante in ons Gemeente Geen Tee Sondag, 9 Des 2018 09:00 & GEEN diens om 18:00 GEEN 18:00 diens & Tee & Kategese EREDIENSTE: Oggend Erediens om 09:00 Prediker: Ds Jaco Barnard Tema: Laat die kinders na My toe kom Teks: Matt 18:1-7 & Matt 19:13-15 Teeskink: Elengos; Kinder Groepe Prysuitdeling Aand Erediens om 18:00 (Nagmaal) Prediker: Ds Jaco Barnard Hierdie kwartaal gaan ons hoor dat om te kan volhard, jy n vol hart nodig het. Die vraag is: Vol waarvan? Tiener Groepe Prysuitdeling Week Byeenkomste: Maandag (19 Nov 2018) 09:00 Leraarsbediening 18:00 Fondse Dinsdag (20 Nov 2018) 06:00 Gebedsgeleentheid 08:30 Elengos 10:00 Kruisvroue Bybelstudie Woensdag (21 Nov 2018) 09:00 Bybelstudie 18:30 Kanker Ondersteuners Donderdag (22 Nov 2018) 09:00 Vlytige Hande 18:00 Orkes Oefening Groeigroepe Vrydag (23 Nov 2018) 05:30 Mannebediening Kerssangdiens: 25 November 2018 om 19:00 Baie dankie vir almal wat al 'n bord verversings belowe het vir die Kerssangdiens. Alle eetgoed moet op Sondag 25 November om 16h00 by die kerk kombuis afgelewer word. Ons gaan dit op ander Platters pak. Bring dus jou eetgoed in enige houer. Baie dankie byvoorbaat! Kom geniet hierdie feetelike geleentheid op ons gemeente se kalender. Kontak Michelle by 082 057 8370. Lidmate kontak inligting: Lidmate word versoek om ASB die kerkkantoor in kennis te stel sou u kontaknommers/adres verander. Kontak die kerkkantoor by 012 361 3618 / stuur n epos na [email protected]

Upload: others

Post on 08-Mar-2021

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: EREDIENSTE - nggars.org.zanggars.org.za/wp-content/uploads/2018/11/18Nov2018-2.pdf · 2018. 11. 15. · Swart; Chris Rademan (072 986 5181)(Babs Kruger se skoonseun) Oorlede: Tokkie

Telefoon/Faks: 012 361 3618

E-pos Adres: [email protected]

Kantoorure: Maandae 11:00– 13:00

Dinsdae - Vrydae: 08:00 - 13:00

Maandae: 11:00 - 13:00 & Dinsdae tot Vrydae: 08:00 - 13:00

: ABSA Tjekrekening: NG Pretoria Garsfontein,

Rek nr: 1630 580 125, The Grove (630919)

Onthou verwysing se 1ste woord moet die doel van inbetaling wees bv. Dankoffer Potgieter

Onthou asb dat die Finansies Dokter nou regdeur die jaar sal loop! Hou asb al jou

R5’de - Baie dankie vir u ondersteuning

Eredienste & Teeskinkbeurte:

Sondag, 25 Nov 2018

09:00 & 19:00 (Kerssangdiens)

Geen Kinder & Tiener Groepe

Teeskink: Reinette Greyling

Sondag, 2 Des 2018

09:00 & GEEN diens om 18:00

Deurkollekte Allimentasie vir

Diamante in ons Gemeente

Geen Tee

Sondag, 9 Des 2018

09:00 & GEEN diens om 18:00

GEEN 18:00 diens & Tee &

Kategese

EREDIENSTE:

Oggend Erediens om 09:00 Prediker: Ds Jaco Barnard Tema: Laat die kinders na My toe kom Teks: Matt 18:1-7 & Matt 19:13-15 Teeskink: Elengos; Kinder Groepe Prysuitdeling

Aand Erediens om 18:00 (Nagmaal) Prediker: Ds Jaco Barnard Hierdie kwartaal gaan ons hoor dat om te kan volhard, jy ‘n vol hart nodig het. Die vraag is: Vol waarvan?

Tiener Groepe Prysuitdeling

Week Byeenkomste: Maandag (19 Nov 2018) 09:00 Leraarsbediening 18:00 Fondse Dinsdag (20 Nov 2018) 06:00 Gebedsgeleentheid 08:30 Elengos 10:00 Kruisvroue Bybelstudie Woensdag (21 Nov 2018) 09:00 Bybelstudie 18:30 Kanker Ondersteuners Donderdag (22 Nov 2018) 09:00 Vlytige Hande 18:00 Orkes Oefening Groeigroepe Vrydag (23 Nov 2018) 05:30 Mannebediening

Kerssangdiens: 25 November 2018 om 19:00

Baie dankie vir almal wat al 'n bord verversings

belowe het vir die Kerssangdiens. Alle eetgoed

moet op Sondag 25 November om 16h00 by die

kerk kombuis afgelewer word. Ons gaan dit op

ander Platters pak. Bring dus jou eetgoed in enige

houer. Baie dankie byvoorbaat! Kom geniet

hierdie feetelike geleentheid op ons gemeente se

kalender. Kontak Michelle by 082 057 8370.

Lidmate kontak inligting: Lidmate word versoek om ASB die kerkkantoor in

kennis te stel sou u kontaknommers/adres verander. Kontak die kerkkantoor by

012 361 3618 / stuur ‘n epos na [email protected]

Page 2: EREDIENSTE - nggars.org.zanggars.org.za/wp-content/uploads/2018/11/18Nov2018-2.pdf · 2018. 11. 15. · Swart; Chris Rademan (072 986 5181)(Babs Kruger se skoonseun) Oorlede: Tokkie

Voorbidding:

Ans Ebersohn (082 492 5684) ondergaan toetse vir ‘n heupvervanging.

Joffel van der Westhuizen (082 602 1098) herstel na ‘n heup operasie.

Johan van Rooyen (081 582 9354) is ernstig siek in Steve Biko hospitaal. Bid asb ook vir sy vrou Erika.

Amelie van der Merwe (2 jaar oud) (072 855 2106) is gediagnoseer met been marmer siekte (‘n genetiese

defek). Sy moet 4 operasies ondergaan. Haar eerste operasie was op 6 Nov waar 6 spesialiste die operasie

uitgevoer het.

Marinus Kelfkens (24 jaar oud) is siek en wag vir uitslae. Bid asb vir hom en sy ouers.

Shoulie Campher (083 229 6751) se dogter het gesondheidsprobleme. Bid asb vir haar.

Carla (dogter van die Tienerhuis) moet ‘n knie operasie ondergaan. Ons bid asb vir die inwin van

genoegsame fondse. Bid asb vir haar, Jaco en Erika.

Villia Smith (ma van Schalk en Winnie Walters)(082 442 2727) is ernstig siek en baie swak. Bid asb vir die

familie.

Ernst Hein (076 275 7950) het ‘n terugslag gehad en sterk tuis aan. Bid vir hom en sy vrou Sannie wat ook

gesondheidsprobleme het.

Zandra Coetzee (072 297 7505) herstel tuis maar het u voorbidding baie nodig.

Percy Kelbrick (012 991 7409) ondervind gesondheidsprobleme. Bid vir hom en Marja.

Tienerhuis dogters en Ds Jaco en Erika - Bid asb in besonder vir dogters van die Tienerhuis.

Aftreeoorde: Bid vir al die kroniese siek / verswakte persone in ons aftree oorde.

Kanker Pasiënte:

Frik van Staden (082 449 0524) ondergaan operasie om ‘n nier te verwyder op 19 Nov, bid asb vir

hom en Nina .

Hannetjie Louw (072 450 5051) Kry chemo behandeling. Bid asb vir haar en Koos.

Bertus Siebert (082 574 7837) het longkanker. Ons bid vir Bertus en sy ouers Hennie en Esmé (082 573

7614).

Dankie vir al u gebede tydens my/ons siekte/operasie/hospitalisasie/toetse:

Corrie van Zyl (082 874 7505); Sussie Nortje (082 790 3452) se dogter, Adele Scholtz; Mariette van der

Merwe (066 005 0595); Chrissie Burgess (0834164595); Lulu Nel (072 070 0487) se familielid, Hannes

Swart; Chris Rademan (072 986 5181)(Babs Kruger se skoonseun)

Oorlede: Tokkie Jansen van Rensburg is op 6 Nov 2018 oorlede. Haar gedenkdiens sal op 23 November om 14:00 by Garsfontein gemeente wees. Ons bid vir haar familie en vriende in die hartseer tyd. Carl Sassenberg is oorlede. Bid asb vir hom en sy ouers, Wilhelm en Mariëtta in hierdie hartseer tyd. Sy begrafnis was 15 November.

Sterkte aan al die matrieks, studente en skoliere met die eksamen. Dankie vir u voorbidding. Die Here verhoor ons gebede.

Wie en Wat is Elengos? In Grieks beteken elengos om “om te gee”. ‘n Omgee en Ondersteuningsbediening in ons

gemeente. (Elengos se Kontak Persoon: Lynette van Eeden 083 578 2088)

Vir enige ondersteuning aan Kankerlyers en hul gesinne kontak asb vir:

Danie Perold by 073 478 1158

Getuienis: Ons wil graag deel in jou getuienis. Stuur jou getuienis na Ds Ronnie Stanton by

[email protected]

Het u behoefte dat iemand saam met u bid? Persoonlik, vertroulik en opreg in geloof. Ons gebeds-kamer is 24 uur

oop vir versoeke. Per SMS 078 880 3261 of Epos [email protected]

Ps 144:3

Dit is soos die dou van Hermonberg wat op die berge by Sion val. Waar broers so saam woon,

skenk die Here sy seën: 'n lang, lang lewe.

Page 3: EREDIENSTE - nggars.org.zanggars.org.za/wp-content/uploads/2018/11/18Nov2018-2.pdf · 2018. 11. 15. · Swart; Chris Rademan (072 986 5181)(Babs Kruger se skoonseun) Oorlede: Tokkie

Hartlik geluk met nog ‘n lewensjaar

Snapscan

Ikoon

18 November 2018

Jooste André 9972352

Jordaan Richard 0721712873

Meintjes Ida 9935687

Peyper Lappie 3481633

Potgieter Janene 0717341382

Spies Cornei 0833249937

19 November 2018

Bosch Sarie 9987766

Coetzee Michelle 0763027510

Currin Richard 3487690

Grobler Hanru Geen nr

Kotze Tommy 3614809

Liebenberg Barend 3617596

Oosthuizen Nicci 3615025

Strydom Renee 3611708

Swanepoel Johan 9972438

20 November 2018

Burger Maryna 0768005278

Du Toit Francois 9931204

Du Toit Pieter 0845010400

JvRensburg - Steyn

Ricolé 3615917

Malan Elsa-Lou 3611550

Potgieter Abri 0832124944

Sutherland Herman 3616484

Trollip Leandri 0836452535

Van Rooyen Erika 0815829354

21 November 2018

Higgs Johannes 9987224

Kok Rudolph 3615923

Rossouw Jacques 3615248

Van Heerden Luné 0832895835

Venter Ohna 9985644

22 November 2018

Steyn Martin 0823263196

23 November 2018

Bosch Chantel 9931303

Du Plooy Pieter 3480922

Eagleton Adéle 0723769691

Loubser Lenie 8078825

Ludik Lettie 3616781

Odendaal Igmar 9932248

Van Der Walt Piet 9974359

Van Dyk Frans 3616253

24 November 2018

Barker Anton 9970360

Boshoff Dorie 0822229169

De Wet Lesinda 0827892693

Du Toit Jacques 0826553090

Hein EMF 3479004

Köpplinger Sue-Carla 9934126

Kruger Wanda 0824451366

Oberholzer Diandré 9981444

VDer Hoven Willem Geen nr

Wright Saskia 9986980

Desember 2018

VERLOF Dr Gavin Meistre 16 - 31 Desember 2018 & 3-5 Januarie 2019

Ds Jaco Barnard 30 November 2018 tot 21 Desember 2018

Ds Ronnie Stanton 10 Desember 2018 tot 6 Januarie 2019

Neels van Heerden 30 November 2018 tot 7 Desember 2018

Personeel aan diens gedurende Desember 2018

Maxie Fuchs 084 202 0280 Louis Fourie 076 423 2462 (Koster)

EREDIENSTE

2 Desember 2018 09:00 - Dr Gavin Meistre (Doop)

9 Desember 2018 09:00 - Dr Gavin Meistre

16 Desember 2018 09:00 - Prof Hoffie Hofmeyr

23 Desember 2018 09:00 - Ds Jaco Barnard

25 Desember 2018 09:00 - Ds Jaco Barnard

30 Desember 2018 09:00 - Ds Jaco Barnard

31 Desember 2018 18:00 - Ds Jaco Barnard

Page 4: EREDIENSTE - nggars.org.zanggars.org.za/wp-content/uploads/2018/11/18Nov2018-2.pdf · 2018. 11. 15. · Swart; Chris Rademan (072 986 5181)(Babs Kruger se skoonseun) Oorlede: Tokkie

Dis weer tyd vir ons groot Koningsoffer insameling. Dis ‘n geleentheid

vir my om op tasbare wyse my dank aan die Here te bring vir Sy

goedheid en sorg deur die afgelope jaar.

Aan die einde van die jaar is dit goed om na te dink oor alles wat oor

ons pad gekom het. Dit vul ons met dankbaarheid teenoor God vir so

baie dinge waarin Hy ons ondersteun het – ook tydens moeilike tye

wanneer negatiewe dinge met ons gebeur het. Die Woord sê ons moet

in alle tye dankbaar wees (1 Tess 5:18). Hoekom? Want die Here dra

ons deur elke tyd! Hy word nooit onkant betrap deur ons krisisse nie.

Ons lewensasem en daaglikse bestaan is van Hom afhanklik. Wat ‘n

geleentheid om aan Hom die eer te bring.

Met Kersfees gee ons ook graag geskenke aan mense wat vir ons baie

spesiaal is. Dit herinner ons aan die Groot Geskenk wat vir ons gegee

is. Met ons Koningsoffers kom ons ‘n spesiale geskenk gee aan Hom

wat ons die afgelope jaar met soveel liefde en deernis gedra het. Hierin

volg ons die voorbeeld van die sterrekykers wat hul duursame

koninklike geskenke gebring het vir die Koning van die konings

(Matt 2:11).

U kan die koeverte enige Sondag / dag van die week

inhandig by die kerkkantoor.

Ons beoog om met die Kerssangdiens op

25 November 2018 om 19:00 die finale opname te doen.

Page 5: EREDIENSTE - nggars.org.zanggars.org.za/wp-content/uploads/2018/11/18Nov2018-2.pdf · 2018. 11. 15. · Swart; Chris Rademan (072 986 5181)(Babs Kruger se skoonseun) Oorlede: Tokkie

Gavin en Elfriede neem ‘n toergroep na Israel en Egipte vanaf 16 – 24 Junie 2019. Dalk was dit nog altyd jou droom om daar uit te kom. Kom beleef hierdie geestelike reis saam met hulle. Daar is nog baie tyd om te spaar vir ‘n besondere geestelike ervaring.

Kontak vir Gavin (0820604905) of Elfriede (0798879167) vir meer besonderhede. Epos navrae kan aan [email protected] gestuur word.

Alle Senior lidmate van NG

Gemeente Garsfontein word

hartlik uitgenooi na ‘n Kersete

aangebied deur die Diamante

bediening!

Datum: Woensdag,

28 November 2018

Tyd: 12h00

Kostes: R50 per persoon

Kaartjies te koop by kerkkantoor!

(Kaartjie verkope sluit

20 November 2018!)

Hoop ons sien jou daar!

Toer na Israel en Egipte:

16-24 Junie 2019

Kom ons help die kindertjies van Soshanguve om hulle graad 1 jaar te begin met die skryfbehoeftes wat hulle benodig. Bring asb daardie ou skooltassie wat nog by die huis rondlê. Ons benodig ook die volgende (nuut of oud): HB potlode, potloodskerpmakers, uitveërs, liniale, skêrtjies, gom, pennesakkies, inkleurpotlode, uitdraaikryte

Reënboog Projek Soshanguve

Garsfontein Manne, skeduleer solank die naweek van die 8ste tot die 10de Maart 2019! Dis die datum van ons volgende Mannekamp. Ons sal die detail nog deur-gee nader aan die tyd, maar ons beplan om dit ‘n selfsorg kamp te maak, so die kostes gaan so laag as moontlik gehou word.

Vrydagoggende

Moet intussen nie vergeet van ons Vrydag oggend bymekaarkom nie! Ons kom steeds elke Vrydag om 05:30 tot 06:15 bymekaar en dit bly so lekker om vroegoggend ons met die dinge van die Here besig te hou! Ons is steeds besig met ons reis deur Romeine, wat ‘n wonderlike boek!

Kom sluit gerus by ons aan, dis lankal nie meer so koud en donker daardie tyd van die oggend nie!! Ons sien uit daarna om julle te verwelkom!

Mannebediening

Page 6: EREDIENSTE - nggars.org.zanggars.org.za/wp-content/uploads/2018/11/18Nov2018-2.pdf · 2018. 11. 15. · Swart; Chris Rademan (072 986 5181)(Babs Kruger se skoonseun) Oorlede: Tokkie

Kom ons vier Kersfees deur op ‘n praktiese

manier te wys dat ons omgee. Die

Reënboogspan nooi jou om iets van jou gawes

en jou goed te deel – ons wil graag van kleuters

tot gryskoppe seën.

*Daar gaan oudergewoonte emmers en skottels

vol genade geskep en uitgedeel word aan

families vir wie kos ‘n groter kopseer as

geskenklysies is. Neem gerus ‘n emmer, of

twee of drie ... en vul dit met lewensmiddele

soos tee, koffie, suiker, soja, sop, konfyt,

blikkieskos, melkpoeier, mieliemeel, mielierys,

suikerbone, seep (vir die lyf en wasgoed, bv. ‘n

koekie Sunlight – om skoon te wees is so ‘n

basiese menslike behoefte), tandepasta en

lekkernye. Natuurlik mag jy vir jou kollegas,

vriende en familie nooi (of uitdaag!) om deel van

hierdie ketting van genade te wees.

Enige ander skenkings is ook meer as welkom.

Ons wil graag klere, skoene, handdoeke,

gordyne, komberse en ander beddegoed saam

met die emmers vol genade by die honderde

families in groot nood in die Winterveld besorg.

Ons reik hier veral uit na die “Las Vegas”-

gemeenskap wat letterlik op ‘n ashoop probeer

oorleef.

Dui asseblief aan as jy graag wil hê dat jou em-

mer / klere na ‘n spesifieke gemeenskap moet

gaan (bv. ashoop, tieners van Phelindaba High

School of blankes).

*Daar is ‘n geleentheid vir elke gawe. As jou

gawe cupcakes bak of geskenke toedraai is,

laat ons asseblief weet. Ons benodig baie

hande en happies!

- Ons hou hierdie Kersfees weer groot makietie

vir 100 senior burgers van Soshanguve. Daar is

altyd uitbundige dankbaarheid – en dikwels

trane – wanneer hierdie ooms en tannies sakke

mieliemeel en kospakkies kry, geskenkies ver-

wonderd oopmaak en vir ‘n slag lekker eet.

HELP!! Dit impliseer 100 geskenkies (wat ook

toegedraai moet word), koek, ‘n vleisigheidjie en

100 kospakkies wat gemaak moet word. Enige

geskenkies (bv. bekers / glase, juwele, serpies,

mooi lappies en ander bederfgoedjies), bot-

teltjies (ons vul bv. Purity / ander botteltjies met

konfyt en koffie) en eetgoed is sooooo welkom.

- Vroumensgeskenkies word jaarliks vir die

hawelose vroue by Mercy House en die perso-

neel van Pathways besorg. Bring – ons sal be-

sorg en iemand baie bly maak!

- Daar word vroeg-Desember ook ‘n reuse

kerspartytjie vir 5 kleuterskooltjies in

Soshanguve gehou. Enige eet- en drinkgoed,

kersversierings, geskenkpapier en klein ges-

kenkies (veral vir dogtertjies) sal die oë laat

blink. Natuurlik is almal genooi (met ernstige

bymotiewe – dit is nie net ‘n groot vrolikheid nie,

maar ook groot werk en verantwoordelikheid om

hierdie kabouters te vermaak, veral op die wa-

terglygeut). Vervoer is altyd ‘n groot kopseer –

enige hulp sal waardeer word.

* Ons gemeente is al vir baie jare betrokke by

Phelindaba High School in Attteridgeville. Die

hartseer werklikheid is dat die nood bitter groot

is vir so baie van hierdie tieners. Daar is ‘n

groot aantal “child-headed families” –

weeskinders wat heeltemal op hulself

aangewese is, maar steeds skool toe kom en

veg vir ‘n toekoms. Baie leerders is totaal

afhanklik van die voedingskema by die skool en

ons skenkings van klere, toiletware en ander

basiese lewensmiddele. Ons wil dit graag weer

moontlik maak vir hierdie dapper jongmense om

die kersseisoen en nuwe jaar met waardigheid

binne te gaan.

Boaan hierdie kinders se wenslysie is enige toi-

letware (bv. seep, tandepasta, tandeborsels,

Vaseline, deodorant, handeroom), waspoeier en

skryfbehoeftes. Eetgoed is natuurlik die kersie

op die koek. Enige klere, skoene, handdoeke,

sporttoerusting en “tienerdinge” is natuurlik

meer as welkom.

Geseënde Kersfees!

KONTAKPERSONE:

Gerda Joubert 012 9987 998 / 072 414 0304

Catherine Grobler 012 998 5041

Ferdie & Marieleen Preller 012 348 3092

REëN BOOGPROJEKTE – KERSFEESPRET!

Page 7: EREDIENSTE - nggars.org.zanggars.org.za/wp-content/uploads/2018/11/18Nov2018-2.pdf · 2018. 11. 15. · Swart; Chris Rademan (072 986 5181)(Babs Kruger se skoonseun) Oorlede: Tokkie

Vonknuus uit die Tienerhuis

Liewe Garsfontein familie

Baie dankie vir die wonderlike reaksie wat ons op verlede week se vonknuus ontvang het! Baie dankie vir die bevrore etes, toiletware, skryfbehoeftes, melktert en ander bederfies wat by die huis afgelewer is. Ons het ook al donasies ontvang vir Carla se knie operasie en ons trek al amper halfpad met die bedrag wat ons benodig om haar operasie nodig te maak.

Die kinders se eksamens het begin en Lewens Oriëntering was eerste aan die beurt. Twee van ons dogters skryf graad 11 eksamen, een skryf graad 10 eksamen, terwyl die jongste graad 7 eksamen skryf. Erika is ook besig met haar Universiteit-eksamen. Bid asb. saam met ons dat die eksamens sal goed gaan.

Ons benodig jou hulp!

Ons maak baie staat op die ondersteuning van die gemeente en gemeenskap om die huis optimaal te laat funksioneer. Ons benodig jou hulp met die volgende:

Gebed! Bid asb. elke dag vir die huis. Bid veral nou vir die eksamens. Die dogters skryf nou end-jaar eksamen, en Erika skryf universiteits eksamen. Jaco is ook nog besig met sy verdere studies. Bid asb. dat dit goed sal gaan met die eksamens.

Soos enige gewone huis, kan die huis ook nie funksioneer sonder finansies nie. Daarom benodig ons finansiële donasies (verkieslik debietorder donasies indien moontlik) om die dogters die beste sorg te bied wat ons kan. Die huis kan ses dogters huisves, maar tans laat ons finansiële hulpbronne net toe dat ons vier dogters huisves. Ons doen ‘n beroep op enige donasie – maak nie saak wat die bedrag nie – elke bietjie help werklik!

Ons benodig nog 4 enkel beddens & basis (nie houtraam-beddens nie).

Hulp met maandelikse kruideniersware – vleis, vars vrugte en groente, groot maat toiletpapier & lank lewe melk & eiers, toiletware, skoonmaakmiddel, ensomeer. Kontak gerus vir Jaco of Erika indien u iets spesifiek wil bydra.

Hulp met bevrore etes is altyd welkom!

Ons benodig badkamer matjies – vir 4 badkamers, asook handdoeke.

Die kinders kort dringend nuwe skryfbehoeftes, skoolskoene, kosblikke, skooltasse en skool klere. Linda gaan volgende jaar graad 8 toe, en moet dus Hoërskool klere en benodighede kry. Carla & Monicque is volgende jaar in Graad 12 en moet Matriek klere kry.

NB: Ons wil graag die kinders die geleentheid bied om as gesin ‘n Desember vakansie te ervaar. Ons benodig dus borge vir die verblyf, en vervoer koste. Borge vir kinders se Desember vakansie sakgeld is ook welkom.

BAIE NB: Carla moet op 9 Januarie 2019, ‘n dringende knie-operasie ondergaan, vanweë ‘n probleem met haar twee patellas. In kort – haar knie-skuif op beide bene, haak gereeld uit, aangesien die patellas te klein is. Om permanente skade te voorkom, moet sy so gou moontlik geopereer word. Hierdie operasie kan slegs deur ‘n spesialis uitgevoer word en dus nie by ‘n staatshospitaal nie. Ons is baie dankbaar teenoor dr Tollig en Life Faerie Glen hospitaal wat ingestem het om die eerste operasie te doen teen slegs R35 000. Ons is ook dankbaar vir elke persoon wat reeds bygedra het – ons het reeds R14 500 ingesamel vir Carla se operasie. Ons vertrou die Here vir die uitstaande bedrag, asook addisionele donasies vir die fisioterapie onkoste na afloop van die operasie. U bydra sal Carla help om weer normaal en sorgvry te kan loop, fietsry en hardloop.

Kontak gerus die volgende persone vir verdere navrae: Ds. Jaco Barnard (0823029807 of [email protected]) Erika Barnard (0713638719 of [email protected] Maxie Fuchs (012 361 3618 of [email protected] vir finansiële donasies ten bate van die operasie).

Groete uit die Tienerhuis Ds Jaco en Erika Barnard (namens die

Direksie van Garsfontein Youth Uplift-ment)

Page 8: EREDIENSTE - nggars.org.zanggars.org.za/wp-content/uploads/2018/11/18Nov2018-2.pdf · 2018. 11. 15. · Swart; Chris Rademan (072 986 5181)(Babs Kruger se skoonseun) Oorlede: Tokkie

Telefoon/Faks: 012 361 3618 / E-pos Adres: [email protected]/ Webwerf: www.nggars.org.za

Kontakpersoon: Huis nr: Sel nr: Epos adres:

Leier: Mike Minty 083 414 5938 [email protected];

Eredienshulp: Frans van Niekerk 012 993 1338 072 371 9899 [email protected]

Gebed: Wimpie Barnard 012 998 3736 082 881 2885 [email protected] Musiek Oggend: Maryke vd Hoven 083 459 1936 [email protected]

Musiek Aand: Vakant Multi-Media: John Taylor 012 993 2598 082 415 0802 [email protected]

Leier: Vakant

Groeigroepe / Marina le Grange 012 361 2977 082 903 9248 [email protected]

Rondom 30’s: Ds Jaco Barnard 082 302 9807 [email protected]

Voorsitter / Manne: Henk le Roux 082 448 7777 [email protected]

Vroue: Michelle Raubenheimer 082 057 8370 [email protected]

Leier: Vakant

Elengos / Jakob se Put Lynette van Eeden 012 361 7541 083 578 2088 [email protected]

Kanker Ondersteuners: Danie Perold 012 993 3271 073 478 1158 [email protected]

Enkelouers: Christa van Kerken 012 348 1775 083 531 7145 [email protected]

Voorsitter / Diamante: Amanda Pretorius 074 167 1030 [email protected]

Leier: Vakant

Jeugwerker / Kleuters /

Studente &

Jong Volwassenes

Vakant

Gesinsbediening: Ds Jaco Barnard 082 302 9807 [email protected]

Teologiese Studente: Dr Gavin Meistre 082 060 4905 [email protected]

Leier: Isabella Carstens 083 657 9923 [email protected] Vlytige Hande: Rina Compion 012 993 3640 083 258 3901

Gasvryheid & Gawes: Isabella Carstens 083 657 9923 [email protected] Tuine: Saartjie Koen 012 998 7224 083 298 8003 [email protected]

Blomme: Lulu Nel 012 998 7811 072 070 0487 Estetika:

Begrafnisse Teeskink: Lynette van Eeden 012 361 7541 083 578 2088 [email protected]

Leier: LIG Kinderbediening: Louise Rossouw 012 361 5248 082 863 6977 [email protected]

Garsfontein Echo Huis: Ds Jaco Barnard 082 302 9807 [email protected] Dawid Mouton 082 565 8376 [email protected]

Reënboogprojekte: Gerda Joubert 012 998 7998 072 414 0304 [email protected]

Sendelinge: Ben Vorster 012 348 7925 082 451 4873 [email protected] Spesiale Uitreike: Ben Vorster 012 348 7925 082 451 4873 [email protected]

Swaziland/VIGS projek: Otto Ueckermann 012 348 0351 071 352 7598 [email protected]

Leier / Bate-instandhouding Richard Jordaan 072 171 2873 [email protected]

Voorsitter: Botha vd Vyver 078 095 6894 [email protected]

Diensverhoudinge: 082 321 1908 [email protected] Leonie van den Heever

Fondse:

Informasie Tegnologie: Allen van Deventer 084 750 3333 [email protected]

Kommunikasie: Anton Koekemoer 082 578 3834 [email protected]

Bedryfsbestuurder: Neels van Heerden 082 497 7160 [email protected]

Kategese in Kwartaaltyd

Peuters & Kleuters in Jeuglokaal van 09:00 - 10:00 & Gr R

tot Gr 6 in Gemeentesentrum en Tent van 09:00 - 10:00

Peuters, Kleuters en Gr R tot Gr 6 woon eers die erediens

vir ‘n paar minute by voor hul na hul klassies verdaag.

Gemeenteraadslede:

Voorsitter: Dr Gavin Meistre 082 060 4905 [email protected]

Skriba: Neels v Heerden 082 497 7160 [email protected]

Leraars: Ds Jaco Barnard 082 302 9807 [email protected]

Lede met Portefeulje (Besonderhede hier bo)

Isabella Carstens; Marina le Grange; Richard Jordaan; Leonie vd Heever; Anton

Koekemoer; Ben Vorster; Herman van Zyl, Mike Minty

Ander Lede sonder Protefeulje:

Janwick Hattingh 079 502 8181 [email protected]

James Welman 082 782 7906 [email protected]

Leraars: Dr Gavin Meistre 082 060 4905 / [email protected] Ds Jaco Barnard 082 302 9807 / [email protected] Kapelaan: Ds Ronnie Stanton 082 771 1535 / [email protected]

Bedryfsbestuurder: Neels van Heerden / 082 497 7160 [email protected]

Page 9: EREDIENSTE - nggars.org.zanggars.org.za/wp-content/uploads/2018/11/18Nov2018-2.pdf · 2018. 11. 15. · Swart; Chris Rademan (072 986 5181)(Babs Kruger se skoonseun) Oorlede: Tokkie

Gebedsgeleenthede:

Dinsdae om 06:00 in Beradingskamer

Stuur gebedsversoeke na [email protected]

Bybelstudie Geleenthede:

Dinsdae om 10:00 vir Vroue in Beradingskamer

Woensdae om 09:00 vir Diamante in Konsistorie

Groeigroepe:

Indien jy graag by ʼn Groeigroep wil inskakel – kontak

gerus vir Marina le Grange by 082 903 9248. U is ook

welkom om op die volgende datums te kom kennis

maak en sodoende aan te sluit by ʼn groeigroep.

Groeigroep vir Werknemers

Ons benodig werknemers om hierdie groepie te kan

bywoon en so verryk te word. Hierdie groepie kom op

Donderdae Middae vanaf 16:00 - 17:00 in die

Beradingskamer bymekaar. Enige navrae kan gerig

word aan: Marina le Grange (082 903 9248) of

Sarie de Villiers (083 414 2952)

Groeigroep Donderdag aande in Konsistorie om

18:30 Die Mannebedieningsgroep en hul vroue en

kinders kom in die konsistorie bymekaar. Enige

iemand, selfs enkellopendes is welkom. Kontak gerus

vir Henk (082 448 7777) of Joep (083 581 7354)

WoordSTERK

ʼn Bediening vir enige een wat wil groei in hul kennis

van GOD se Woord.

Hierdie bediening kom elke TWEEDE Dinsdagaand

vanaf 18:30-20:00 bymekaar. Alhoewel hierdie

bediening gerig is op 20-45jariges is familie/vriende/

geliefdes meer as welkom om saam te kom. Reël

solank ʼn kinderoppasser, nooi jou vriende en kollegas,

en kom word deel van WoordSTERK. Kontak Ds Jaco

Barnard (082 302 9807) vir meer inligting.

Floreer

Voel jy asof jy vasgeval het in jou geestelike lewe?

Soek jy na meer? Is daar baie vrae waaroor jy wonder

in jou innerlike lewe? Kom reis saam met

Dr Gavin in 2018 na ʼn dieper lewe saam met God en

ontdek die wonder van God se lewende waters in jou.

Hierdie groep kom weekliks op ʼn Dinsdagaand vanaf

18:30 - 20:00 (vakansies en langnaweke uitgesluit)

bymekaar. Dr Gavin 082 060 4905

Kanker Ondersteuners:

Hierdie ondersteuningsgroep kom elke

Woensdagaand om 18:30 in die Konsistorie

bymekaar! Kankerlyers en gesinne is welkom. Danie

Perold kan vir u meer inligting gee by 012 993 3271 /

073 478 1158.

Vlytige Hande:

Kom geniet heerlike geselskap terwyl jy jou kreatiewe

passie uitleef. Kom sluit by ons aan elke Donderdag

vanaf 09:00 tot 12:00. Kontak gerus vir Rina Compion

(0832583901) as jy meer wil uitvind.

Elengos:

Hierdie bediening ondersteun fisies, psigies, geestelik

en finansieel. Ons nooi enige persoon wat in nood is

uit om ons te kontak. Ons kan onder andere help met

kos en klere. Alle sake word konfidensieel hanteer.

Kontak vir Lynette van Eeden by 083 578 2088.

Getuienis

Deel jou geestelike ervarings met ons gemeente!

As jy wil deel word van hierdie groot geleentheid

skakel Ds Ronnie Stanton of epos hom by

[email protected]

Groeigeleentheid:

Vrydae: 05:30 – 06:30 Mannebediening

Die mens is van nature skrikkerig vir enige iets wat hy

nie ken of verstaan nie. Moet asb. nie dat dit jou

weghou van die Mannnebedieing byeenkomste nie!

Julle ken ons almal en ons hou ons net met Bybelse

sake besig! Ons weet dit is nou koud en dis nog

donker so vroeg, maar kom kyk vir jouself en ervaar ‘n

ongelooflike groei geleentheid! Ons het laas week

begin om die boek van Romeine te bestudeer en dit

beloof om ‘n ongelooflike ervaring te wees. Dis regtig

so lekker om ‘n bietjie dieper in die Bybel in te delf en

dit beter te verstaan!

Net om te keer dat ons nie te eendimensioneel raak nie, wissel ons elke tweede week af met ‘n persoonlike belydenis en dit verskaf weer elke keer ‘n totale ander dimensie aan die gesprek.

Daar is nooit ‘n vervelige oomblik by die manne nie!

El-Pida Pretoria Oos Dienssentrum

www.el-pida.org.za / [email protected]

Judy Bovey 083 325 2102

Lidmaatskap R200/p/jaar

Kantoorure:

Ma—Vry vanaf 09:00-12:00

U is welkom om enige tyd betrokke te raak.

Kontak gerus die Kerkkantoor of die

kontakpersone soos hier bo genoem.

Hierdie verrigtinge sal weer na afloop van die skoolvakansie hervat.

Page 10: EREDIENSTE - nggars.org.zanggars.org.za/wp-content/uploads/2018/11/18Nov2018-2.pdf · 2018. 11. 15. · Swart; Chris Rademan (072 986 5181)(Babs Kruger se skoonseun) Oorlede: Tokkie

NG Gemeente Garsfontein Vakature: Aanddiens Kontemporêre Lof- en Aanbiddingsleier

Aansoeke word ingewag vir die vul van ʼn Aanddiens Kontemporêre Lof- en Aanbiddingsleier by NG

GEMEENTE GARSFONTEIN.

KANDIDAAT SE PROFIEL:

• ʼn Persoon van deurleefde spiritualiteit.

• Toepaslike kwalifikasie en/of bewese ondervinding.

• Moet ʼn musiekinstrument bespeel.

• Om deur musiekbediening in vennootskap met ander bedieninge ʼn ruimte te skep deur ʼn

informele spiritualiteit wat aanklank sal vind by tieners, jong volwassenes en kontemporêr-

georiënteerde volwassenes, sodat die gemeente ʼn dieper verbintenis met God in Christus kan

beleef.

• Oor goeie interpersoonlike kommunikasievaardighede beskik.

• Vermoë om in spanverband te werk.

• Begrip vir die visie, waardes, kultuur en etos van die gemeente.

POSBESKRYWING:

• Skakeling tussen die prediker en die erediensbeplanningspan om te beplan, liedere en musiek te kies, musiek voor te berei vir die aanddienste en spesiale geleenthede.

• Leiding met sang en musiekbediening tydens aanddienste en spesiale geleenthede. • Betrek gemeentelede wat hul musikale gawes wil uitleef. • Keuring van waarnemende begeleiers wat dieselfde styl en kwaliteit van begeleiding sal

handhaaf, soos vooraf ooreengekom. • Koördinering en uitvoering van doelmatige repetisies/oefeninge ter voorbereiding van

aanddienste en spesiale geleenthede. • Verantwoordelik vir die beplanning, voorbereiding en uitvoering van alle musikaal-verwante

aktiwiteite wat met die seniorjeug verband hou, in oorleg met betrokke leraars verantwoordelik. • Hulp met administratiewe reëlings tov kampe, uitstappies, kategese en eredienste wat met

musiek te doen het.

SALARIS EN ANDER VOORDELE

• R3700.00 per maand.

• 10 dae vakansie verlof per jaar.

• Af tydens skoolvakansies, maar moet beskikbaar wees sou daar ʼn kamp tydens skoolvakansie

plaasvind.

AANSOEKE: Aansoeke word ingedien aan die hand van die nodige aansoekvorm (verkrygbaar by Bedryfsbestuurder). Kandidate moet beskikbaar wees vir psigometriese evaluering en ʼn onderhoud. Aansoeke moet per e-pos gerig word aan: Die Bedryfsbestuurder, NG Garsfontein, [email protected]

NAVRAE:

Mnr Neels van Heerden [email protected] / 012-3613618.

Volledige pligstaat beskikbaar op aanvraag.

SLUITINGSDATUM: 17 November 2018 DIENSAANVAARDING: 1 Januarie 2019

Page 11: EREDIENSTE - nggars.org.zanggars.org.za/wp-content/uploads/2018/11/18Nov2018-2.pdf · 2018. 11. 15. · Swart; Chris Rademan (072 986 5181)(Babs Kruger se skoonseun) Oorlede: Tokkie

Vakature: Finansiële Beampte Pos

Aansoeke word ingewag vir die vul van ʼn halfdag pos as Finansiële Beampte by NG GEMEENTE

GARSFONTEIN.

KANDIDAAT SE PROFIEL:

• ʼn Persoon van deurleefde spiritualiteit.

• Toepaslike kwalifikasie en/of bewese ondervinding.

• Beskik oor goeie organisatoriese en administratiewe vaardighede.

• Vermoë om in spanverband te werk.

• Begrip vir die visie, waardes, kultuur en etos van die gemeente.

POSBESKRYWING:

• Verseker dat krediteur betalings volgens neergelegde finansiële beleidsvoorskrifte geskied en

proses in werking gestel word waarin voltydse leraars goedkeuring moet verleen tot alle

betalings.Rekonsilieer maandeliks die bankstate en bewaar die bewysstukke. Verantwoordelik vir

rekenaarinvoere, hou die kasboek per rekenaarinvoere by.

• Stel maandeliks finansiële verslae vir die Gemeenteraad op.

• Hou rekenaar rugsteun van alle finansiële transaksies.

• Stel jaarlikse konsepbegroting aan die hand van die insette van die bedieninge op.

• Voer goedgekeurde begroting in rekenaar in.

• Bestuur saam met die Fondse Diensgroep die begroting.

• Lees bydraes van debietorders, aftrekorders en elektroniese oorbetalings op rekenaar in.

• Verantwoordelik vir die berekening van salarispakkette volgens riglyne. Doen salaris oorbetalings

(elektronies). Betaal statutêre organisasies en andere se geld oor. (Vergoedingskommissaris,

WVF, Medies- en Pensioene, SARS). Hou 'n salarisregister van alle personeel in stand. Hou

verlofregister van alle personeel in stand. Reik jaarliks IRP5 sertifikate uit. Stel maandeliks die

salarisadviese op.

• Verantwoordelik vir die kontrolering van maandelikse inkomste en uitgawestate van alle rekeninge.

Kontroleer deurlopend die kontantvloeiposisie van alle tjekrekeninge. Pas begrotingsbeheer op

alle rekeninge toe.

• Verantwoordelik om toe te sien dat dat alle rekeninge na afsluiting van die finansiële jaar ekstern

geoudit word. Versend geouditeerde state aan die Ring en Sinode. Voorsien Gemeente van 'n

verkorte verslag van die geouditeerde state.

• Verantwoordelik om alle finansiële beleidsvoorskrifte uit te voer en toe te sien dat dit uitgevoer

word. Prosesseer joernaaltransaksies wat behoorlik gemotiveer is. Kom Sinodale- en

• Ringsfinansiële verpligtinge na. Oefen interne beheermaatreëls uit. Verseker dat kapitaalbeheer op

kapitaalprojekte uitgeoefen word.

• Hou in samewerking met die Bedryfsbestuurder 'n bateregister by.

• Verantwoordelik vir die bewaring van dokumente vir vyf jaar.

SALARIS EN ANDER VOORDELE

Allesinsluitende onderhandelbare salaris vanaf R9600.00 per maand wat dertiende tjek insluit.

21 kalenderdae verlof per jaar.

Kantoor sluit vanaf 15 Desember tot 1 Januarie . Kantoorure – 08:00 tot 13:00.

Page 12: EREDIENSTE - nggars.org.zanggars.org.za/wp-content/uploads/2018/11/18Nov2018-2.pdf · 2018. 11. 15. · Swart; Chris Rademan (072 986 5181)(Babs Kruger se skoonseun) Oorlede: Tokkie

Vakature: Administratiewe Beampte

Aansoeke word ingewag vir die vul van ʼn voldag pos as Administratiewe Beampte by NG

GEMEENTE GARSFONTEIN.

KANDIDAAT SE PROFIEL:

• ʼn Persoon van deurleefde spiritualiteit.

• Toepaslike kwalifikasie en/of bewese ondervinding

• Beskik oor goeie organisatoriese en administratiewe vaardighede.

• Vermoë om in spanverband te werk.

• Begrip vir die visie, waardes, kultuur en etos van die gemeente.

POSBESKRYWING:

• Verantwoordelik vir alle sake rakende lidmaatskap en lidmaatskapbewyse.

• Verantwoordelik vir alle sake rakende doopaangeleenthede.

• Verleen administratiewe ondersteuning aan leraars en Jeugwerker met betrekking tot alle

kategesesake.

• Lewer ondersteunende rol aan leraars vir die skep van multi-media voorleggings vir

eredienste en ander geleenthede. Verleen ondersteuning met hantering van multi-media by

kerk geleenthede. Verantwoordelik vir dupliserings van leraars se preke op CD vir lidmate

soos en wanneer benodig.

• Verantwoordelik vir die skep, koördinering verwerking en publisering van weeklikse skriftelike

en elektroniese kommunikasie.

• Verantwoordelik vir alle administratiewe kantoor aangeleenthede.

• Verantwoordelik vir administrasie van verskeie fondsinsamelingsprojekte.

SALARIS EN ANDER VOORDELE:

Onderhandelbare allesomvattende beginsalaris afhangende van ondervinding vanaf R14 500 per

maand wat dertiende tjek insluit.

21 kalenderdae verlof per jaar.

Kantoor sluit vanaf 15 Desember tot 1 Januarie.

AANSOEKE:

Aansoeke word ingedien aan die hand van die nodige aansoekvorm (verkrygbaar by

Bedryfsbestuurder). Kandidate moet beskikbaar wees vir psigometriese evaluering en ʼn

onderhoud.

Aansoeke moet per e-pos gerig word aan:

Die Bedryfsbestuurder, NG Garsfontein, [email protected]

NAVRAE:

Mnr Neels van Heerden by [email protected] /012-3613618

Volledige pligstaat beskikbaar op aanvraag.

SLUITINGSDATUM: 17 November 2018