eredienste - gereformeerde kerk...

4
Eredienste Hartlik welkom by vanmôre se eredienste. Mag die Here ons saamwees met Hom en met mekaar ryklik seën. Daar is vanmôre weer twee eredienste – om 09:00 en om 10:30. Ds Dirk Kotzee lei beide eredienste. Eerste erediens Lees: 1 Samuel 3: 1-18 Teks: 1 Samuel 3: 7 Tema: As die Here roep moet ons luister! Preekskets Ons het in die afgelope tyd gefokus op Rigters onder die tema: wat is die gevolge van halfhartige dissipelskap? Ons het regdeur die boek gesien hoe daar ’n spanning ontstaan tussen God se heiligheid en sy genade. Aan die eenkant kan die ongehoorsaamheid van die volk nie ongestraf bly nie, maar aan die ander kant is Hy ook genadig en red telkens die volk van hulle verdrukking. Die volk was vasgevang in die valstrik van afgodery. Die spiraal van verval kom amper onvermydelik voor. Die slotsom was dat halfhartige dissipelskap lei tot die verval van die nageslag. Vanmôre hoor ons egter hoe die Here sy kinders roep uit hierdie spiraal van verval. Hoe Hy die verlossing bewerk ten spyte van halfhartige navolging. Hoe Hy die volk verlos van hulle verslawing aan afgode deur een toegewyde en gehoorsame dissipel. Sing Psalm 145: 2,10 en 12 Psalm 32: 1 Psalm 134: 4 Skrifberyming 1-3: 1 en 3 Skrifberyming 13-3 Tweede erediens Lees: 2 Korintiërs 1: 3-11 Teks: 2 Korintiërs 1: 8-10 Tema: Die Here bring wel dinge oor ons pad wat ons nie kan hanteer nie! Preekskets Dit val op dat ons mekaar graag troos met bekende versies en sê dinge. Onder andere is ons lief daarvoor om mekaar te troos met die woorde dat God niks oor ons pad sal bring wat ons nie kan hanteer nie. Dit is egter ’n totale waninterpretasie van 1 Korintiërs 10:13. In ons skrifgedeelte lees ons vanmôre dat daar wel dinge oor ons pad kom wat ons nie self kan hanteer nie, juis omdat ons in daardie tye tot ons Here moet draai sodat ons daardeur kan kom. Sing Skrifberyming 3-3: 1-3 Psalm 119-2: 26 Skrifberyming 14-2 Skrifberyming 13-3 Kollektes Tydens erediens: Diakonale kas By die deure: Sustentasiefonds Volgende Sondag: Sustentasiefonds Diensbeurt Die Ouderling van wyk F8 is vandag aan diens: Ouderling – Robert Bakker Diaken – Suanita Bakker Kol 2:14: “Hy het die skuldbewys met sy eise teen ons tot niet gemaak. Deur dit aan die kruis te spyker, het Hy dit vir goed weggeneem.” Webtuiste: www.gk-alkantrant.co.za Facebook: Gereformeerde Kerk Alkantrant • Predikant: Ds Dirk Kotzee: 079 305 3297, [email protected]/[email protected] Skriba: Hennie Klopper: 082 578 1417, [email protected] Administratiewe beampte: Rina de Villiers: 081 599 2321, [email protected] Attes skriba: Tjaart van der Walt: 083 303 1275, [email protected] Bankbesonderhede: GK Alkantrant, Absa-rekeningnommer 540 340 404, Takkode: 334 745. No 1382 6 Augustus 2017

Upload: others

Post on 29-Jul-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Eredienste - Gereformeerde Kerk Alkantrantgk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2017/08/1382-6... · 2017-08-18 · die valstrik van afgodery. Die spiraal van verval kom amper onvermydelik

Eredienste

Hartlik welkom by vanmôre se eredienste. Mag die Here ons saamwees met Hom en met mekaar ryklik seën. Daar is vanmôre weer twee eredienste – om 09:00 en om 10:30. Ds Dirk Kotzee lei beide eredienste.

Eerste erediens Lees: 1 Samuel 3: 1-18 Teks: 1 Samuel 3: 7 Tema: As die Here roep moet ons luister!

Preekskets Ons het in die afgelope tyd gefokus op Rigters onder die tema: wat is die gevolge van halfhartige dissipelskap? Ons het regdeur die boek gesien hoe daar ’n spanning ontstaan tussen God se heiligheid en sy genade.

Aan die eenkant kan die ongehoorsaamheid van die volk nie ongestraf bly nie, maar aan die ander kant is Hy ook genadig en red telkens die volk van hulle verdrukking. Die volk was vasgevang in die valstrik van afgodery. Die spiraal van verval kom amper onvermydelik voor. Die slotsom was dat halfhartige dissipelskap lei tot die verval van die nageslag.

Vanmôre hoor ons egter hoe die Here sy kinders roep uit hierdie spiraal van verval. Hoe Hy die verlossing bewerk ten spyte van halfhartige navolging. Hoe Hy die volk verlos van hulle verslawing aan afgode deur een toegewyde en gehoorsame dissipel.

Sing Psalm 145: 2,10 en 12 Psalm 32: 1 Psalm 134: 4 Skrifberyming 1-3: 1 en 3 Skrifberyming 13-3

Tweede erediens Lees: 2 Korintiërs 1: 3-11 Teks: 2 Korintiërs 1: 8-10 Tema: Die Here bring wel dinge oor ons pad wat

ons nie kan hanteer nie!

Preekskets Dit val op dat ons mekaar graag troos met bekende versies en sê dinge. Onder andere is ons lief daarvoor om mekaar te troos met die woorde dat God niks oor ons pad sal bring wat ons nie kan hanteer nie. Dit is egter ’n totale waninterpretasie van 1 Korintiërs 10:13. In ons skrifgedeelte lees ons vanmôre dat daar wel dinge oor ons pad kom wat ons nie self kan hanteer nie, juis omdat ons in daardie tye tot ons Here moet draai sodat ons daardeur kan kom.

Sing Skrifberyming 3-3: 1-3 Psalm 119-2: 26 Skrifberyming 14-2 Skrifberyming 13-3

Kollektes

Tydens erediens: Diakonale kas By die deure: Sustentasiefonds Volgende Sondag: Sustentasiefonds

Diensbeurt Die Ouderling van wyk F8 is vandag aan diens: Ouderling – Robert Bakker Diaken – Suanita Bakker

Kol 2:14: “Hy het die skuldbewys met sy eise teen ons tot niet gemaak. Deur dit aan die kruis te spyker, het Hy dit vir goed weggeneem.”

Webtuiste: www.gk-alkantrant.co.za • Facebook: Gereformeerde Kerk Alkantrant • Predikant: Ds Dirk Kotzee: 079 305 3297,

[email protected]/[email protected] • Skriba: Hennie Klopper: 082 578 1417, [email protected] • Administratiewe beampte: Rina de Villiers: 081 599 2321, [email protected] • Attes skriba: Tjaart van der Walt:

083 303 1275, [email protected] • Bankbesonderhede: GK Alkantrant, Absa-rekeningnommer 540 340 404, Takkode: 334 745.

No 1382 6 Augustus 2017

Page 2: Eredienste - Gereformeerde Kerk Alkantrantgk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2017/08/1382-6... · 2017-08-18 · die valstrik van afgodery. Die spiraal van verval kom amper onvermydelik

Katkisasie Toesig vandag Gr 9

Gemeentesake

Lief en Leed

Sr Annette de Jager is deur ’n hond gebyt. Sy was vinnig opgeneem in die hospitaal vir behandeling, maar sterk nou tuis aan. 012 991 2113 Ons bid dat die Here genesing sal bewerk, beide fisies en geestelik van hierdie trauma.

Kerkraad

Die volgende broeders is verkies in die amp as diaken. Aangesien geen wettige besware teen hulle bevestiging ingebring is nie, sal hulle vanmôre in die amp bevestig word. Die broeders is: Br Johan Muller en Br Bennie Coetzee.

Gemeentelike aktiwiteite

Sustersake

Skinkbeurte Vandag is weer die beurt van wyke D4, F3, G3, G4, G6 en H7

Koeksister brigade

Ons bak weer koeksisters op Dinsdag 15 Augustus om 9 uur. Al die staatmakers moet asb daar wees.

Kaartjies Kaartjies vir alle geleenthede (van gelukwensing tot medelye) is beskikbaar in die portaal. Die opbrengs van die kaartjie verkope gaan aan die Reddersburg kinderhuis.

Nuwe intrekkers Hartlik welkom aan ons nuwe intrekkers! Ons wil graag kennis maak. Ontmoet ds Dirk Kotzee net buite die konsistorie of skakel gerus met hom by: [email protected] of [email protected]

Gholfdag fondsinsameling

Daar is die afgelope tyd agter die skerms hard gewerk aan die organisasie van ’n gholfdag om

ons gemeente se fondse ’n hupstoot te gee. Om hierdie dag ’n sukses te maak het ons egter elkeen van julle se hulp nodig. Ons vra u hulp in die volgende afdelings:

• Dat elke wyk sal probeer om tenminste een vierbal te verkoop.

• Dat elke wyk sal help met pryse insamel vir die vierbal wat verkoop word. Kontak asb. die organiseerders van die gholfdag in hierdie verband.

• Dat u besighede wat moontlik daarin sal belangstel om te help met ’n borg of twee sal kontak en bekendstel aan ons gholfdag en borg moontlikhede. Kontak ook weereens ons organiseerders vir die amptelike borg brief van die dag.

Die kontakbesonderhede van die organiseerders van die dag is:

Voorsitter: Danie Dreyer ([email protected])

Fondsinsameling en algemene bystand Nico Oosthuizen ([email protected]) Brian Chambers ([email protected])

Vierballe en afslaantye Marius Els ([email protected])

Borgskappe en pryse Wayne Heine ([email protected])

Gemeentekamp Almal wat belangstel om die gemeentekamp die naweek van 15 September by te woon, kan asseblief hulle name opskryf op die lys in die portaal. Die kamp vind plaas by die Weesgerus-oord. Voorlopige kostes:

Kampering: R470 vir die naweek.

• Chalet: R1 700 vir 2 persone vir die naweek

• Chalet: R2 340 vir 4 persone vir die naweek

• Chalet: R3 180 vir 5 persone vir die naweek

• Chalet: R4 020 vir 6 persone vir die naweek

Die pryse is voorlopig aangesien ons volgens die grootte van die groep afslag kry en daarmee saam nog werk vir algehele subsidiëring van die kamp ter wille van bekostigbaarheid. Indien u sou belangstel, plaas asseblief u naam op die lys, ook al is dit dalk voorlopig nie bekostigbaar nie.

Page 3: Eredienste - Gereformeerde Kerk Alkantrantgk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2017/08/1382-6... · 2017-08-18 · die valstrik van afgodery. Die spiraal van verval kom amper onvermydelik

Ons sal graag help indien u graag wil gaan maar dit nie kan bekostig nie.

Ons het reeds 16 staanplekke bespreek en vier chalets. Maak jou bespreking so spoedig moontlik, dat ons kan aanpas as ons nie in die voorlopige bespreking in julle gesin se behoeftes voorsien nie.

Fondsinsameling: Hout en vleis Daar is braaihout beskikbaar teen R50/medium sak en R100/vir ’n groot streepsak.

Daar is ook heerlike wildswors en maalvleis beskikbaar teen R75/kg. Wildspastei (medium R50/elk en groot R100/elk), droëwors en biltong is ook beskikbaar.

Ná die erediens kan Nico of Marius u help by die motorhuis agter die konsistorie.

Gedagte vir die week

Jy kan nie mense se gedagtes, aksies en reaksies beheer nie. Jy kan wel jou eie gedagtes, aksies en reaksies beheer. Sorg dan dat dit wat jy kan beheer, in diens van God staan.

- Anoniem

Verjaardae Hartlik geluk aan almal wat hierdie week verjaar. Ons bid julle ʼn geseënde en voorspoedige lewensjaar toe.

Sondag: 6 Augustus 2017 Charlotte Lighthelm Ferdie Potgieter

082 513 8453 083 300 7247

Maandag: 7 Augustus 2017 Mariska Spoelstra 012 361 2631 Dinsdag: 8 Augustus 2017 Lea Kotzee Angela Kuhn Ina Selzer (80jr) Jan van der Walt

012 346 2333 082 568 6432 073 093 3235 084 549 9038

Woensdag 9 Augustus 2017 Keegan van Deventer Alida van Dyk

012 345 2813 083 583 1721

Donderdag 10 Augustus 2017 EP Engelbrecht Andries van der Walt

081 418 5954 084 549 9038

Vrydag 11 Augustus 2017 Anke Knight 083 881 4009

Dagboek Hierdie week

6 Augustus Eerste erediens om 09:00 Katkisasie Tweede erediens om 10:30 Koffiekroeg om 16:00 Dialoogbediening 17:30

9 Augustus Vrouedag 10 Augustus Aand Bybelstudie om

18:00 11 Augustus Saktyd vir Dopperdinge

artikels 12 Augustus Ouderling toerusting sessie

10:00

Week 2 13 Augustus Slegs een erediens om

09:00 Katkisasie Koffiekroeg om 17:30

16 Augustus Oggend Bybelstudie 09:30 19 Augustus Diaken toerusting sessie

10:00

Week 3 20 Augustus Voorbereidingsdiens om

09:00 Katkisasie Tweede erediens om 10:30 Koffiekroeg om 16:00 Dialoogbediening 17:30

22 Augustus Diakonie vergadering om 19:00

23 Augustus Ouderlinge vergadering om 09:00

24 Augustus Aand Bybelstudie om 18:00

25 Augustus Klub 50

Week 4 27 Augustus Nagmaal om 09:00

Nabetragting om 10:30 Gemeente-ete om 12:00

30 Augustus Oggend Bybelstudie 09:30

Page 4: Eredienste - Gereformeerde Kerk Alkantrantgk-alkantrant.co.za/wp-content/uploads/2017/08/1382-6... · 2017-08-18 · die valstrik van afgodery. Die spiraal van verval kom amper onvermydelik

Advertensies Indien daar plek in die Gemeentebrief is, plaas ons u advertensies gratis. Reël asseblief met die redaksie in verband met die tydperk van die plasing. Advertensies en berigte moet ons voor 11:00 op die Donderdag voor voorgestelde plasing bereik.

Susan Swanepoel Musiekskool Onderrig in klavier, teorie en harmonie en afrigting in sang. Alle grade. Begeleiding van alle instrumente en sang.

Skakel Susan by 083 252 0983 of 012 993 1074. Loodgieterswerk Frieswyk Loodgieters vir enige loodgieterswerk. Skakel Gerrit van Wyk de Vries by 083 271 0892.

Vakansieverblyf: Wes-Kaap Vakansiehuis te huur in Kleinmond. 6 Slaapkamers, ten volle toegerus. Loopafstand na die strand. Geen troeteldiere. Beskikbaar teen R1 000 p/d vanaf Desember tot April asook naweke. Alle ander tye is die huis beskikbaar teen R800 p/d, minimum 10 dae.

Skakel Nols of Bettie Swanepoel by 082 553 8960 of e-pos hulle by [email protected]

Vakansieverblyf: Natalse Suidkus Eenheid in SanLameer te huur. 3 slaapkamers (slaap 6), 2 badkamers, blouvlagstrand, veilige omgewing, ten volle toegerus.

Skakel Marie-Louise Els by 082 341 0855 of e-pos haar by [email protected].

Bioway multi-insekdoder Dodelik vir miere, stofmyte, vlieë, kokkerotte, muskiete, ens. Dit word gebruik in hospitale, skole en restaurante en is veilig om in koskaste, ook rondom jou troeteldiere en selfs naby jou kinders te gebruik. Asook verspreider van Aloe Frox en Global Herbal gesondheid en skoonheidsprodukte.

Skakel Anna van der Walt by 064 687 1778.

Boomsloping en snoeiwerk Jac Marais, ʼn lidmaat van die GK Kameeldrift, sloop en snoei bome en struike in tuine.

Skakel 012 819 1316 of 082 412 7137.

Vars gebak en spyseniering Koeke, terte, kolwyntjies, beskuit, “platters” en spyseniering vir funksies, verjaardae, kinder-partytjies, doop of spesiale geleenthede.

Skakel Christiaan Swanepoel by 073 769 0455 of stuur ʼn e-pos aan [email protected].