erkenningsaand algemeen park.pdf · wiskunde of engels, ontvang ‘n sertifikaat vir uitmuntende...

16
Erkenningsaandbeleid - Laerskool Park 2015 01 Oktober 2015 Bladsy 1 ERKENNINGSAAND ALGEMEEN Die jaarlikse prysuitdeling is ‘n geleentheid waar leerlinge erkenning kry vir uitsonderlike prestasies op verskeie terreine. By die toekenning van pryse, diplomas, bekers, ens moet die volgende as riglyn dien: Wees absoluut eerlik by die bepaling van die pryswenners. Pryse moet nie “goedkoop” wees nie; dit moet werklik verdien word. Wees objektief in die toekenning van pryse en diplomas. Indien geen leerling ‘n spesifieke prys verdien nie, word die prys nie toeken nie. Dit is verpligtend vir alle personeellede om die prysuitdeling by te woon. GRONDSLAGFASE Leerders in Graad 1 - 2 wat ‘n gemiddelde persentasie van 85% en hoër handhaaf vir drie kwartale in Afrikaans of Wiskunde, ontvang ‘n sertifikaat vir uitmuntende prestasie. Leerders in Graad 1 - 2 wat ‘n gemiddelde persentasie van 75% - 84% vir drie kwartale handhaaf in Afrikaans of Wiskunde, ontvang ‘n sertifikaat vir meriete prestasie. Leerders in Graad 3 wat ‘n gemiddelde persentasie van 85% en hoër handhaaf vir drie kwartale in Afrikaans, Wiskunde of Engels, ontvang ‘n sertifikaat vir uitmuntende prestasie. Leerders in Graad 3 wat ‘n gemiddelde persentasie van 75% - 84% vir drie kwartale handhaaf in Afrikaans, Wiskunde of Engels, ontvang ‘n sertifikaat vir meriete prestasie. NETHEID ‘n Leerder wat ten alle tye en situasies netjies skryf. Maksimum twee (2) per klas vanaf Graad 1- 3. BESTE VORDERING AKADEMIESE AANSPORING Slegs een (1) per vak vir vordering in Afrikaans en Wiskunde vanaf Graad 1 2. Vordering van ten minste 15%. Indien meer as een leerder, dan die leerder wat die meeste vordering getoon het. Slegs een (1) per vak vir vordering in Afrikaans, Wiskunde en Engels vanaf Graad 3. Vordering van ten minste 15%. Indien meer as een leerder, dan die leerder wat die meeste vordering getoon het. SPORT : DIPLOMAS Sperdatum vir inhandiging van nie skoolsportsoorte is aan die einde van die derde kwartaal van elke jaar. Bewoording : SWD Gimnastiek SPORTDIPLOMAS Leerders wat SWD Kleure behaal in ‘n sportsoort. Sportsoorte wat nie in die skool aangebied word nie moet deur ‘n amptelike dokument vanaf die instansie voorsien word.

Upload: others

Post on 14-Oct-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: ERKENNINGSAAND ALGEMEEN Park.pdf · Wiskunde of Engels, ontvang ‘n sertifikaat vir uitmuntende prestasie. Leerders in Graad 3 wat ‘n gemiddelde persentasie van 75% - 84% vir drie

Erkenningsaandbeleid - Laerskool Park

2015

01 Oktober 2015 Bladsy 1

ERKENNINGSAAND ALGEMEEN

Die jaarlikse prysuitdeling is ‘n geleentheid waar leerlinge erkenning kry vir uitsonderlike prestasies op

verskeie terreine.

By die toekenning van pryse, diplomas, bekers, ens moet die volgende as riglyn dien:

Wees absoluut eerlik by die bepaling van die pryswenners.

Pryse moet nie “goedkoop” wees nie; dit moet werklik verdien word.

Wees objektief in die toekenning van pryse en diplomas.

Indien geen leerling ‘n spesifieke prys verdien nie, word die prys nie toeken nie.

Dit is verpligtend vir alle personeellede om die prysuitdeling by te woon.

GRONDSLAGFASE

Leerders in Graad 1 - 2 wat ‘n gemiddelde persentasie van 85% en hoër handhaaf vir drie kwartale in

Afrikaans of Wiskunde, ontvang ‘n sertifikaat vir uitmuntende prestasie.

Leerders in Graad 1 - 2 wat ‘n gemiddelde persentasie van 75% - 84% vir drie kwartale handhaaf in

Afrikaans of Wiskunde, ontvang ‘n sertifikaat vir meriete prestasie.

Leerders in Graad 3 wat ‘n gemiddelde persentasie van 85% en hoër handhaaf vir drie kwartale in Afrikaans,

Wiskunde of Engels, ontvang ‘n sertifikaat vir uitmuntende prestasie.

Leerders in Graad 3 wat ‘n gemiddelde persentasie van 75% - 84% vir drie kwartale handhaaf in Afrikaans,

Wiskunde of Engels, ontvang ‘n sertifikaat vir meriete prestasie.

NETHEID

‘n Leerder wat ten alle tye en situasies netjies skryf. Maksimum twee (2) per klas vanaf Graad 1- 3.

BESTE VORDERING – AKADEMIESE AANSPORING

Slegs een (1) per vak vir vordering in Afrikaans en Wiskunde vanaf Graad 1 – 2.

Vordering van ten minste 15%. Indien meer as een leerder, dan die leerder wat die meeste vordering getoon

het.

Slegs een (1) per vak vir vordering in Afrikaans, Wiskunde en Engels vanaf Graad 3.

Vordering van ten minste 15%. Indien meer as een leerder, dan die leerder wat die meeste vordering getoon

het.

SPORT : DIPLOMAS

Sperdatum vir inhandiging van nie skoolsportsoorte is aan die einde van die derde kwartaal van elke

jaar.

Bewoording : SWD Gimnastiek

SPORTDIPLOMAS

Leerders wat SWD Kleure behaal in ‘n sportsoort. Sportsoorte wat nie in die skool aangebied word nie

moet deur ‘n amptelike dokument vanaf die instansie voorsien word.

Page 2: ERKENNINGSAAND ALGEMEEN Park.pdf · Wiskunde of Engels, ontvang ‘n sertifikaat vir uitmuntende prestasie. Leerders in Graad 3 wat ‘n gemiddelde persentasie van 75% - 84% vir drie

Erkenningsaandbeleid - Laerskool Park

2015

01 Oktober 2015 Bladsy 2

Bewoording : SWD Swem

: SWD Atletiek

SPORTBEKER : GRONDSLAGFASE

BESTE SEUNSATLEET - GRONDSLAGFASE

Beste 0/7 - 0/9 individuele prestasie gemeet tydens ‘n byeenkoms gedurende die jaar. Leerders wat die

verste gevorder het in streek, al sou dit nie ‘n eerste plek wees nie, sal in aanmerking kom.) ABSA-tabelle

kan waar moontlik as riglyn gebruik word.

BESTE DOGTERSATLEET - GRONDSLAGFASE

Soos bogenoemde.

MUSIEK

Diploma vir alle leerlinge (ook die wat privaat musiek neem) wat UNISA of ABRSM teorie, blokfluit,

klavier, ens met lof of eervolle vermelding slaag.

JUNIORKOOR

Leerlinge in Graad 1 tot 3 kry erkenning vir dié jare waarin hulle in die Juniorkoor gesing het. Die leerling

moet heel jaar aaneenlopend gesing het en dan ook 80% bywoning elke jaar gehad het. Slegs leerders wat

twee jaar of drie jaar aaneenlopend in die Juniorkoor gesing het, ontvang sertifikate tydens die prysuitdeling.

Die res ontvang hul sertifikate tydens ‘n saalbyeenkoms of kultuuraand.

Bewoording : Juniorkoor – 3 jaar / Juniorkoor – 2 jaar

ALGEMENE KENNIS BEKER

Leerlinge in Graad 3 skryf aan die einde van die eerste, tweede en derde kwartaal ‘n Algemene kennis toets.

Die 3 leerders wat elke kwartaal die hoogste punte behaal het, ontvang ‘n sertifikaat.

Die leerder wat die hoogste punt oor drie kwartale behaal het, ontvang die beker.

INTERMEDIêRE FASE EN SENIOR FASE

AKADEMIESE PRESTASIE

TOP 10 LEERDERS

Leerders wat volgens gemiddeldes (Maart, Junie en September in Afrikaans, Engels, Wiskunde, NW en SW)

die Top 10 behaal, ontvang ‘n sertifikaat as Top 10 presteerders.

DUX LEERDER TOEKENNING : KOOPBEWYSE (BOEKPRYS)

DUX Leerder - Die beste prestasies gelewer in Graad 7.

AKADEMIESE TOEKENNINGS : DIPLOMAS

GRAAD 4 - 6

Leerders vanaf Graad 4 - 6 wat ‘n gemiddelde persentasie van 85% en hoër handhaaf (Maart, Junie en

September in Afrikaans, Engels, Wiskunde, NW en SW), ontvang ‘n sertifikaat vir akademiese prestasie.

Page 3: ERKENNINGSAAND ALGEMEEN Park.pdf · Wiskunde of Engels, ontvang ‘n sertifikaat vir uitmuntende prestasie. Leerders in Graad 3 wat ‘n gemiddelde persentasie van 75% - 84% vir drie

Erkenningsaandbeleid - Laerskool Park

2015

01 Oktober 2015 Bladsy 3

Leerders vanaf Graad 4 – 6 wat ‘n gemiddelde persentasie van 75 – 84% as gemiddelde handhaaf (Maart,

Junie en September), ontvang ‘n sertifikaat vir verdienstelike werk.

GRAAD 7

Leerders in Graad 7 wat ‘n gemiddelde persentasie van 80% en hoër handhaaf (Maart, Junie en September

in alle vakke), ontvang ‘n sertifikaat vir akademiese prestasie.

Leerders vanaf Graad 7 wat ‘n gemiddelde persentasie van 75 – 80% as gemiddelde handhaaf (Maart, Junie

en September), ontvang ‘n sertifikaat vir verdienstelike werk.

ALGEMENE KENNIS (DE WET –BEKER)

Leerlinge van Graad 4-7 skryf aan die einde van die eerste, tweede en derde kwartaal ‘n Algemene kennis

toets.

Die 3 leerders wat elke kwartaal die hoogste punte behaal het ontvang ‘n sertifikaat.

Leerlinge wat aan die Sanlam Wêreldkennis Olimpiade deelgeneem het en daar die beste prestasie in die

provinsie of nasionaal volgens sy graad behaal het, sal outomaties die beker wen.

VERDIENSTELIKE WERK

.

NETHEID

Slegs een (1) per klas vanaf Graad 4- 7.

BESTE VORDERING : AANSPORINGPRYS - AKADEMIES

Slegs een (1) per klas vanaf Graad 4 – 7. Vordering van minstens 5%.

VOLGORDE EN BEWOORDING : AKADEMIES

Toekennings geskied alfabeties volgens die graad. Hoogste toekenning word laaste toegeken.

Volgorde van sertifikaat:

________ Graadposisie - 94,3%

Boekprys vir beste prestasie in Afrikaans – 91,5%

Boekprys vir beste prestasie in Engels – 90,4%

Boekprys vir beste prestasie in Wiskunde – 93,5% ( Hierna volg NW, SW, ens)

Prestasie in Afrikaans, ens

Akademiese Prestasie

Hoofdogter, Hoofseun, Netheidskomitee

Sport volg met hoogste prestasie eerste

Seniorkoor – 3 jaar

UNISA Teorie Gr 2 met lof

Bywoning 2 jaar

SPORT

0/13 A spanne in rugby, netbal, krieket,tennis, gholf en hokkie

Bewoording : Rugby Eerstespan

: Netbal Eerstespan, ens

Page 4: ERKENNINGSAAND ALGEMEEN Park.pdf · Wiskunde of Engels, ontvang ‘n sertifikaat vir uitmuntende prestasie. Leerders in Graad 3 wat ‘n gemiddelde persentasie van 75% - 84% vir drie

Erkenningsaandbeleid - Laerskool Park

2015

01 Oktober 2015 Bladsy 4

SWD, WP EN SA KLEURE - atletiek

- rugby

- krieket

- netbal

- tennis

- hokkie

- swem

- gholf

- tweekamp

Sportsoorte wat nie in die skool aangebied word nie moet deur ‘n amptelike dokument vanaf

instansie voorsien word.

Bewoording : SWD Rugby 0/13

: SWD Swem

: SWD Atletiek

: SWD Netbal 0/13

: WP Netbal 0/13

: SWD Cravenweek Rugby

Sperdatum vir inhandiging van nie skoolsportsoorte is aan die einde van die derde kwartaal van

elke jaar.

KULTUURTOEKENNING

Alle kulturele aktiwiteite word in berekening gebring.

1. Koordeelname

Skoolkoor [1]

Koorprefek [2]

Suid-Kaap kinderkoor [3]

2. Musiek Teorie

VIOOL KLAVIER BLOKFLUIT KITAAR

Eervolle vermelding [1] [1] [1] [1]

Lof [2] [2] [2] [2]

Ere-rol [3] [3] [3] [3]

3. Musiek (Skoolaktiwiteit en Privaat)

VIOOL KLAVIER BLOKFLUIT KITAAR

Beginner [1] [1] [1] [1]

Gevorderd [2] [2] [2] [2]

ORFF ORKES KITAARENSEMBLE SNR BLOKFLUIT-

ENSEMBLE

[1] [1] [1]

Page 5: ERKENNINGSAAND ALGEMEEN Park.pdf · Wiskunde of Engels, ontvang ‘n sertifikaat vir uitmuntende prestasie. Leerders in Graad 3 wat ‘n gemiddelde persentasie van 75% - 84% vir drie

Erkenningsaandbeleid - Laerskool Park

2015

01 Oktober 2015 Bladsy 5

4. Eisteddfod

Prosa Monoloog

Deelname [1] Deelname [1]

Goud [2] Goud [2]

Lof [3] Lof [3]

Musiek

VIOOL KLAVIER BLOKFLUIT KITAAR

Deelname [1] [1] [1] [1]

Goud [2] [2] [2] [2]

Lof [3] [3] [3] [3]

ORFF ORKES KITAARENSEMBLE SNR BLOKFLUIT-

ENSEMBLE

Deelname [1] [1] [1]

Goud [2] [2] [2]

Lof [3] [3] [3]

Sang

Deelname [1]

Goud [2]

Lof [3]

5. UNISA EKSAMEN EN ASSOCIATED BOARD OF THE ROYAL SCHOOLS OF MUSIC

Klavier Blokfluit Viool Tjello

Deelname [1] [1] [1] [1]

Eervolle vermelding [2] [2] [2] [2]

Lof of UNISA-ererol [3] [3] [3] [3]

6. Revue

Leidende rol [2]

Hoofrol [3]

7. Redenaars

Deelname [1]

Streeksvlak [2]

Provinsiaal [3]

Nasionaal [4]

8. Algemene kennis eksamen

Deelname aan SANLAM/ATKV vasvrae [1]

Derde hoogste prestasie [2]

Tweede hoogste prestasie [3]

Hoogste prestasie [4]

Nasionaal [5]

Page 6: ERKENNINGSAAND ALGEMEEN Park.pdf · Wiskunde of Engels, ontvang ‘n sertifikaat vir uitmuntende prestasie. Leerders in Graad 3 wat ‘n gemiddelde persentasie van 75% - 84% vir drie

Erkenningsaandbeleid - Laerskool Park

2015

01 Oktober 2015 Bladsy 6

LANDSDIENS

Punt vir elke jaar ‘n lid van klub [1] [2] [3] [4] [5] [6]

Silwer prestasie [1]

Goue prestasie [2]

Leierskapstoekenning [3]

Bywoon van Streekkamp [4]

Bywoon vir Nasionale kamp [5]

Bewoording : Landsdiens : Leierskaptoekenning

: Landsdiens : Prestasie Toekenning

REDENAARS

Slegs die eerste drie (3) leerlinge in ‘n redenaarskompetisie ontvang ‘n sertifikaat.

MUSIEK

Diploma vir alle leerlinge (ook die wat privaat musiek neem) wat UNISA of ABRSM teorie, blokfluit,

klavier, ens met lof of eervolle vermelding slaag.

JUNIOR- EN SENIORKORE

Leerlinge in Graad 4 tot 7 kry erkenning vir dié jare waarin hulle in die Seniorkoor gesing het. Die leerling

moet heel jaar aaneenlopend gesing het en dan ook 80% bywoning elke jaar gehad het. Slegs leerders wat

drie jaar of vier jaar aaneenlopend in die Seniorkoor gesing het, ontvang sertifikate tydens die prysuitdeling.

Die res ontvang hul sertifikate tydens ‘n saalbyeenkoms of kultuuraand. Wanneer die koor ‘n uitsonderlike

prestasie behaal, ontvang alle lede sertifikate tydens die prysuitdeling.

Bewoording : Seniorkoor – 4 jaar / Seniorkoor – 3 jaar

SUID-KAAP KINDERKOOR

Leerlinge uit enige Graad wat reeds ‘n jaar gesing het in die Suid-Kaap Kinderkoor ontvang erkenning vir

dié spesifieke jaar. Leerders is verplig om ‘n lid van die skoolkoor te wees, anders ontvang hulle geen

erkenning.

Bewoording : Suid-Kaap Kinderkoor 2 jaar

KOMITEES

Diplomas toegeken aan Skoliere Patrollie, Media-, Noodhulp-, Rekenaar-, Klankoperateurs en

Snoepiekomiteelede met die bewoording : Snoepiekomitee, Noodhulpkomitee, ens

Leerders ontvang sertifikate tydens ‘n saalbyeenkoms of sport- en kultuuraand.

PREFEKTE

Elke prefek ontvang ‘n diploma met die volgende bewoording:

Prefek 20___

Hoofseun 20___ en onderhoofseun 20___

Hoofmeisie 20___ en onderhoofmeisie 20___

Page 7: ERKENNINGSAAND ALGEMEEN Park.pdf · Wiskunde of Engels, ontvang ‘n sertifikaat vir uitmuntende prestasie. Leerders in Graad 3 wat ‘n gemiddelde persentasie van 75% - 84% vir drie

Erkenningsaandbeleid - Laerskool Park

2015

01 Oktober 2015 Bladsy 7

BEKERS –KRITERIA AKADEMIE

BESTE AKADEMIESE PRESTASIE GR.7 (DUX-LEERDER)

Beste gemiddelde % aan die einde van die September eksamen.

KULTUUR

REDENAARS – Wisseltrofee

Die trofee word toegeken aan die leerder wat die beste presteer in die ATKV-Redenaarskompetisie met die

verstandhouding dat hy/sy ten minste die tweede rondte gehaal het.

Indien daar nie ‘n leerder is wat aan die vereistes voldoen nie word die trofee vir daardie spesifieke jaar nie

toegeken nie.

ALGEMEEN

LAERSKOOL PARK - SPORTDOGTER (ENIGE GRAAD)

Slegs skoolsport word hier in ag geneem.

A. SPORT

Dui duidelik elke sportsoort aan met jou prestasie in daardie sportsoort.

Sportsoort: _____________ _____________ _____________

Eerste span [2] [2] [2]

Streekspan [4] [4] [4]

Provinsiaal – SWD B [6] [6] [6]

Provinsiaal – SWD A [7] [7] [7] Cravenweek of WP [8]

[8] [8]

Sportsoort: _____________ _____________ _____________

Eerste span [2] [2] [2]

Streekspan [4] [4] [4]

Provinsiaal – SWD B [6] [6] [6]

Provinsiaal – SWD A [7] [7] [7] Cravenweek of WP [8]

[8] [8]

LAERSKOOL PARK – SPORTSEUN (ENIGE GRAAD)

Dieselfde as dogters.

HOOFSEUN - BEKER

HOOFDOGTER - BEKER

Page 8: ERKENNINGSAAND ALGEMEEN Park.pdf · Wiskunde of Engels, ontvang ‘n sertifikaat vir uitmuntende prestasie. Leerders in Graad 3 wat ‘n gemiddelde persentasie van 75% - 84% vir drie

Erkenningsaandbeleid - Laerskool Park

2015

01 Oktober 2015 Bladsy 8

RUGBY

BESTE VORDERING RUGBY 0/12 EN 0/13 SPELER

1. Speler wat die SWD tydens die Cravenweek verteenwoordig.

2. Speler wat SWD Laerskole O/12 of 0/13 in provinsiale spanne verteenwoordig.

3. Sou daar meer as een wees, die speler wat die beste vordering getoon het, na mening van die

afrigter en skoolhoof.

BESTE RUGBYSPELER

1. Speler wat die SWD tydens die Cravenweek verteenwoordig.

2. Speler wat SWD Laerskole in provinsiale spanne verteenwoordig.

3. Speler met hoogste prestasie in SWD spanne.

4. Sou daar meer as een wees, die speler wat die grootste bydrae gelewer het tot die beeld van

die spel en skool, na mening van die afrigter en skoolhoof.

HOKKIE

BESTE DOGTERS HOKKIESPELER

1. ‘n Speler met die hoogste prestasie sal hierdie trofee ontvang.

2. Indien daar meer as een speler wees wat provinsiaal verdien, sal die speler met die beste

vaardighede hierdie trofee ontvang. Indien beide uitstekend is, sal die trofee gedeel word.

3. Indien geen speler provinsiaal speel nie, dan die speler wat die beste vaardighede het en die

grootste bydrae gelewer het tot die beeld van die spel en skool, na mening van die afrigter en

skoolhoof.

BESTE SEUNS HOKKIESPELER

Dieselfde as bogenoemde

BESTE NETBALSPELER O/12

1. ‘n Speler met die hoogste prestasie sal hierdie trofee ontvang.

WES-KAAP Kleure

SWD Kleure

2. Indien daar meer as een speler wees wat provinsiaal verdien, sal die speler met die beste

vaardighede hierdie trofee ontvang. Indien beide uitstekend is, sal die trofee gedeel word.

3. Indien geen speler provinsiaal speel nie, dan die speler wat die beste vaardighede het en die

grootste bydrae gelewer het tot die beeld van die spel en skool, na mening van die afrigter en

skoolhoof.

BESTE NETBALSPELER O/13

1. ‘n Speler met die hoogste prestasie sal hierdie trofee ontvang.

WES-KAAP Kleure

SWD Kleure

Page 9: ERKENNINGSAAND ALGEMEEN Park.pdf · Wiskunde of Engels, ontvang ‘n sertifikaat vir uitmuntende prestasie. Leerders in Graad 3 wat ‘n gemiddelde persentasie van 75% - 84% vir drie

Erkenningsaandbeleid - Laerskool Park

2015

01 Oktober 2015 Bladsy 9

2. Indien daar meer as een speler wees wat provinsiaal verdien, sal die speler met die beste

vaardighede hierdie trofee ontvang. Indien beide uitstekend is, sal die trofee gedeel word.

3. Indien geen speler provinsiaal speel nie, dan die speler wat die beste vaardighede het en die

grootste bydrae gelewer het tot die beeld van die spel en skool, na mening van die afrigter en

skoolhoof.

KRIEKET - BESTE KRIEKETSPELER

1. ‘n Speler met die hoogste prestasie sal hierdie trofee ontvang.

2. Indien daar meer as een speler wees wat provinsiaal verdien, sal die speler met die beste

vaardighede hierdie trofee ontvang. Indien beide uitstekend is, sal die trofee gedeel word.

3. Indien geen speler provinsiaal speel nie, dan die speler wat die beste vaardighede het en die

grootste bydrae gelewer het tot die beeld van die spel en skool, na mening van die afrigter en

skoolhoof.

TENNIS

SEUNS ENKELS

1. Speler wat SWD tydens provinsiale wedstryde verteenwoordig.

2. Speler wat Mosselbaai Streekspan in proefspanne verteenwoordig.

4. Sou daar meer as een wees, die speler wat die hoogste rangorde in dieselfde ouderdomsgroep

beklee. 0/14 sal die norm wees.

5. Die betrokke speler moet in die skool se eerste span speel. Indien daar ‘n 0/12 en 0/14 speler

is wat die hoogste vlak bereik het en daar min te kies is tussen die betrokke spelers moet hulle

uitspeel vir die beker.

6. Indien twee spelers in die eerste span speel en SWD Provinsiaal verteenwoordig en daar min

te kies is tussen die twee spelers moet ‘n uitspeel wedstryd plaasvind voor die einde van die

derde kwartaal.

DOGTERS ENKELS

Soos bogenoemde.

ATLETIEK

BESTE SEUNSATLEET – S.P.

1. S.A Laerskole - Beste individuele prestasie gemeet aan die ABSA-tabel. Indien nie

beskikbaar nie dan die beste individuele prestasie by die SWD byeenkoms.

2. Mosselbaai Streekspan

3. Die beste individuele prestasie by die Mosselbaai byeenkoms gemeet aan die ABSA-tabel, al

sou dit nie die eerste plek wees nie.

BESTE DOGTERSATLEET – S.P.

Soos bogenoemde.

SWEM - BESTE DOGTERS- SWEMMER

1. ‘n Swemmer met die hoogste prestasie sal hierdie trofee ontvang.

2. Indien daar meer as een swemmer sou wees wat provinsiaal verdien, sal die swemmer met die

beste vaardighede hierdie trofee ontvang. Indien beide uitstekend is, sal die trofee gedeel

word.

Page 10: ERKENNINGSAAND ALGEMEEN Park.pdf · Wiskunde of Engels, ontvang ‘n sertifikaat vir uitmuntende prestasie. Leerders in Graad 3 wat ‘n gemiddelde persentasie van 75% - 84% vir drie

Erkenningsaandbeleid - Laerskool Park

2015

01 Oktober 2015 Bladsy 10

3. Indien geen swemmer provinsiaal swem nie, dan die swemmer wat die beste vaardighede het

en die grootste bydrae gelewer het tot die beeld van swem en skool, na mening van die

afrigter en skoolhoof.

SWEM - BESTE SEUNS- SWEMMER

Soos bogenoemde

GHOLF - BESTE SPELER

1. ‘n Speler wat die beste prestasie gelewer het, sal die beker ontvang.

2. Speler ingeskrewe lid van die Suid-Kaap Junior Gholfunie wees.

3. Speler moet lid van ‘n amptelike gholfklub wees en ‘n amptelike voorgee hê.

4. Speler moet vir die skoolspan gholf speel.

5. Rangorde van skool kan ook as verwysing gebruik word.

6. Indien daar meer as een speler sou wat dit verdien, sal die speler met die beste vaardighede en

die grootste bydrae gelewer het tot die beeld van gholf en skool, na mening van die afrigter

en skoolhoof, dit ontvang.

DF DU TOIT SKOOLHOOF

2 OKTOBER 2015

Page 11: ERKENNINGSAAND ALGEMEEN Park.pdf · Wiskunde of Engels, ontvang ‘n sertifikaat vir uitmuntende prestasie. Leerders in Graad 3 wat ‘n gemiddelde persentasie van 75% - 84% vir drie

Erkenningsaandbeleid - Laerskool Park

2015

01 Oktober 2015 Bladsy 11

PARK TOEKENNING :VEELSYDIGSTE GRAAD 7 SEUN OF DOGTER WYSE VAN TOEKENNING: 1. Die Park toekenning word jaarliks toegeken aan die veelsydigste seun en dogter in Graad

7. 2. Die toekenning word gemaak aan die hand van die onderstaande vraelys wat ook die

kriteria vir die toekenning is. 3. Die vraelys word gedurende die laaste kwartaal, net voor die jaarlikse prysuitdeling voltooi. 4. Die volgende vraelys word deur die leerling EN die Graad 7-onderwy-sers ingevul en deur

die skoolhoof gemodereer. VRAELYS: Hierdie afdeling word deur die leerling self voltooi. Naam & Van: _______________________________________ B. Akademiese prestasie 1. Besondere adademiese prestasie in skool (slegs totale gemiddelde word in

berekening gebring).

75% - 79% [2] 80% - 84% [4] 85% - 89% [6] 90% - 100% [8]

2. Hoogste gemiddelde Prestasie (DUX-leerling) [2] 3. Deelname aan Astro-Quiz

Deelname 1ste rondte [1] Deelname 2de rondte [2] Wes-Kaap deelname [3] Nasionale deelname [4]

4. AMESA / SAOU VASVRAE

Deelname [1] Brons [2] Silwer [3] Goud [4]

C. Kultuur 9. Koordeelname

Skoolkoor [2] SWD kinderkoor [4]

Page 12: ERKENNINGSAAND ALGEMEEN Park.pdf · Wiskunde of Engels, ontvang ‘n sertifikaat vir uitmuntende prestasie. Leerders in Graad 3 wat ‘n gemiddelde persentasie van 75% - 84% vir drie

Erkenningsaandbeleid - Laerskool Park

2015

01 Oktober 2015 Bladsy 12

10. Prosa / Poësie Monoloog / Dialoog

Deelname [1] [1] Goud [2] [2] Lof [3] [3]

11. Musiek/Eistedfodd VIOOL KLAVIER BLOKFLUIT KITAAR

Deelname [1] [1] [1] [1] Goud [2] [2] [2] [2] Lof [3] [3] [3] [3]

12. Sang

Deelname [1] Goud [2] Lof [3]

10. UNISA en ASSOCIATED BOARD OF THE ROYAL SCHOOLS OF MUSIC klavier- en

viooleksamen

Klavier Blokfluit Viool Tjello

Deelname [1] [1] [1] [1] Eervolle vermelding [2] [2] [2] [2] Lof of UNISA- en ABRSM-ererol [3] [3] [3] [3]

11. Redenaars

Deelname [2] Streeksvlak [4] Provinsiaal [6] Nasionaal [8]

12. Algemene kennis eksamen

Deelname aan SANLAM/ATKV [2] Derde hoogste prestasie [4] Tweede hoogste prestasie [6] Hoogste prestasie [8] Provinsiaal [10]

13. Ander prestasies – omskryf duidelik die prestasie en tot op watter vlak presteer is.

________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________

Page 13: ERKENNINGSAAND ALGEMEEN Park.pdf · Wiskunde of Engels, ontvang ‘n sertifikaat vir uitmuntende prestasie. Leerders in Graad 3 wat ‘n gemiddelde persentasie van 75% - 84% vir drie

Erkenningsaandbeleid - Laerskool Park

2015

01 Oktober 2015 Bladsy 13

D. SPORT Dui duidelik elke sportsoort aan met jou prestasie in daardie sportsoort. Sportsoort: _____________ _____________ _____________

Deelname [1] [1] [1] Eerste span [2] [2] [2] Streekspan [4] [4] [4] Provinsiaal – SWD B [6] [6] [6] Provinsiaal – SWD A [7] [7] [7] Cravenweek of WP [8] [8] [8]

Sportsoort: _____________ _____________ _____________

Deelname [1] [1] [1] Eerste span [2] [2] [2] Streekspan [4] [4] [4] Provinsiaal – SWD B [6] [6] [6] Provinsiaal – SWD A [7] [7] [7] Cravenweek of WP [8]

[8] [8]

BUITE SKOOLSPORT (MET BEWYSE) Sportsoort: ______________ _____________ _____________

Provinsiaal [2] [2] [2]

Nasionaal [3] [3] [3] Sportsoort: ______________ _____________ _____________

Provinsiaal [2] [2] [2] Nasionaal [3] [3] [3]

E. LEIERSKAP

1. Leerlingraad

Komiteelid [1] Leerlingraadslid [2] Onderhoofseun/-dogter [3] Hoofseun of –dogter [5]

2. Landsdiens

Voorsitter van skool se klub [1] Leierskapstoekenning [2] Bywoon van Streekkamp [3] Leier Streekkamp [4] Bywoon vir Nasionale kamp [5]

Page 14: ERKENNINGSAAND ALGEMEEN Park.pdf · Wiskunde of Engels, ontvang ‘n sertifikaat vir uitmuntende prestasie. Leerders in Graad 3 wat ‘n gemiddelde persentasie van 75% - 84% vir drie

Erkenningsaandbeleid - Laerskool Park

2015

01 Oktober 2015 Bladsy 14

3. Sportleier (Slegs kapteinskap word in ag geneem.)

Sportsoort: ______________ ______________ _____________ Skoolspan [1] [1] [1] Sub-unie [2] [2] [2] Provinsiaal [3] [3] [3] Nasionaal [4] [4] [4]

F. PUNTETOTAAL

Tel al jou punte soos toegeken bymekaar en skryf die totaal hier neer. TOTAAL __________

G. Hierdie afdeling word deur die Gr-7 ONDERWYSERS ingevul (vertroulik) 1. Gedrag

Die gedrag van die leerling is ‘n bepalende faktor vir die toekenning, indien die leerling se algemene gedrag gedurende sy/haar graad 7 jaar van so ‘n aard was dat dit onaanvaarbaar was of die leerling en skool tot skande gestrek het, diskwalifiseer dit die leerling onmiddellik vir die toekenning.

Op grond van sy/haar gedrag kwalifiseer die leerling vir die toekenning: JA [ ] NEE [ ] Indien NEE motiveer kortliks met stawende voorbeelde. ________________________________________________________ ________________________________________________________

2. Kontroleer asseblief die puntetotaal.

Graad 7-Onderwysers ___________________________________

___________________________________

SKOOLHOOF _________________ DATUM _________________

Page 15: ERKENNINGSAAND ALGEMEEN Park.pdf · Wiskunde of Engels, ontvang ‘n sertifikaat vir uitmuntende prestasie. Leerders in Graad 3 wat ‘n gemiddelde persentasie van 75% - 84% vir drie

Erkenningsaandbeleid - Laerskool Park

2015

01 Oktober 2015 Bladsy 15

BEKERS

BEKER

NAAM VAN BEKER LEERDER

SPAN TROFEE

WELLNESS WORLD

TROFEE

RUGBY – BESTE

VORDERING

KERNEELS MEYER

BEKER

BESTE ATLEET DOGTER MULLER LATEGAN

BEKER

BESTE ATLEET SEUNS

BESTE GHOLFSPELER SOUTHERN SEA

MOTORS TROFEE

BESTE HOKKIESPELER

DOGTER

BESTE HOKKIESPELER

SEUN

BESTE LANDSDIENER

BESTE NETBALSPELER

0/12

DANIQUE DU TOIT

BEKER

BESTE NETBALSPELER

0/13

BESTE REKENAAR

LEERDER

BESTE RUGBYSPELER

CHRIS VAN ZYL

TROFEE

BESTE SWEMMER

DOGTER

BIFFY JOUBERT

TROFEE

BESTE SWEMMER

SEUN

EUGENE MALAN

TROFEE

BESTE TENNISSPELER

DOGTER

LIEBENBERG

TROFEE

BESTE TENNISSPELER

SEUN

LIEBENBERG

TROFEE

BESTE ALGEMENE

KENNIS LEERDER

MOSTRICH-BEKER

BESTE REDENAAR

LEERDER

KUYLER TROFEE

VEELSYDIGSTE

KULTUUR LEERDER

KARIN VILJOEN

TROFEE

HOOFDOGTER

HOOFSEUN

SPORTVROU

PARK SPORTVROU

Page 16: ERKENNINGSAAND ALGEMEEN Park.pdf · Wiskunde of Engels, ontvang ‘n sertifikaat vir uitmuntende prestasie. Leerders in Graad 3 wat ‘n gemiddelde persentasie van 75% - 84% vir drie

Erkenningsaandbeleid - Laerskool Park

2015

01 Oktober 2015 Bladsy 16

BESTE PRESTASIE:

ENGELS

BESTE PRESTASIE:

AFRIKAANS

BESTE PRESTASIE:

WISKUNDE

BESTE PRESTASIE:

NW

BESTE PRESTASIE:

SW

BESTE PRESTASIE:

EBW

BESTE PRESTASIE:

KUNS EN KULTUUR

BESTE PRESTASIE:

LEWENSORIëNTERING

BESTE PRESTASIE:

TEGNOLOGIE

VEELSYDIG GRAAD 7

LEERDER

DEON KOCH

TROFEE

DUX -LEERDER