eskyfies #1: evolusie van die kombuisvurk [skyfievertoning]. [afrikaans]

12
“Lank, Lank Gelede...” Die 'EVOLUSIE' Van Die KOMBUISVURK (Culimythecus forcianthropus) Die kombuisvurk of Culimythecus forcianthropus soos dit gelyk het '11 2 miljoen jaar' gelede. Evolusioniste is van mening dat die kombuisvurk verwant is aan die tuinvurk (Agrimythecus forcianthropus). Daar word ook bespiegel dat die kombuisvurk dalk verwant kan wees aan die stemvurk (Musimythecus forcianthropus), terwyl die stemvurk ('pitching fork') moontlik 'n gemeenskaplike oer-voorouer deel met Golfemythecus wedgianthropus ('pitching wedge' ).

Upload: pj-stassen

Post on 03-Oct-2014

125 views

Category:

Documents


1 download

DESCRIPTION

AFRIKAANS! Evolusie van die kombuisvurk, vanaf die eerste unisellulere selletjie, deur die industriele evolusie tot by die moderne kombuisvurk [SATIRE].

TRANSCRIPT

Page 1: eSkyfies #1:   Evolusie Van Die Kombuisvurk [Skyfievertoning]. [AFRIKAANS]

“Lank, Lank Gelede...”

Die 'EVOLUSIE'

Van Die KOMBUISVURK (Culimythecus forcianthropus)

Die kombuisvurk of Culimythecus forcianthropus soos dit gelyk het '11 – 2 miljoen jaar' gelede. Evolusioniste is van mening dat die kombuisvurk verwant is aan die tuinvurk

(Agrimythecus forcianthropus). Daar word ook bespiegel dat die kombuisvurk dalk verwant kan wees aan die stemvurk

(Musimythecus forcianthropus), terwyl die stemvurk ('pitching fork') moontlik 'n gemeenskaplike oer-voorouer

deel met Golfemythecus wedgianthropus ('pitching wedge' ).

Page 2: eSkyfies #1:   Evolusie Van Die Kombuisvurk [Skyfievertoning]. [AFRIKAANS]

Triassic Periode

225 - 190 Miljoen Jaar Gelede Die eerste unisellulêre vurk-selletjie maak sy verskyning in 'n primordiale sopmengsel van oer-seewater, modder en paddaslyk

iewers naby Sterkfontein (in die provinsie Gautengicus transvalenses).

Page 3: eSkyfies #1:   Evolusie Van Die Kombuisvurk [Skyfievertoning]. [AFRIKAANS]

190 – 135 Miljoen Jaar Gelede Tekens van Linkshandige en Regshandige aminosure kan reeds dofweg in die organisme onderskei word. Die organismetjie

verdeel in 'n multisellulêre entiteit en die toekoms van kombuisvurke lyk skielik belowend. Let egter wel daarop dat die organisme nog gladnie soos 'n vurk lyk nie, maar dat dit deur 'n reeks van toevallige, onbeplande, breinlose, lukrake

biológiese 'ongelukkies' uiteindelik die voorkoms van 'n kombuisvurk gaan begin aanneem.

Jurassic Periode

Page 4: eSkyfies #1:   Evolusie Van Die Kombuisvurk [Skyfievertoning]. [AFRIKAANS]

135 – 70 Miljoen Jaar Gelede

Multi-atoom ketting-radikale in die vurksel help aminosure om nader aan mekaar te beweeg om 'n peptiede-kettings te vorm. Die

eerste reekse van vurksel peptiede-kettings begin uitbeweeg na onderaardse riviere in die omgewing. Onthou, 'evolusie' werk

deur die 'natuurlike prosesse' van 'natuurlike seleksie', 'mutasies', die 'oorerwing van verworwe karakter-eienskappe' en

'gepunktueerde ekwilibrium' ... so wees maar deksels geduldig.

Creataceous Periode

Page 5: eSkyfies #1:   Evolusie Van Die Kombuisvurk [Skyfievertoning]. [AFRIKAANS]

70 – 58 Miljoen Jaar Gelede Die nukleotides in DNS-molekules vorm twee paralelle stringe,

aanmekaar gekoppel by die basisse en begin draai soos 'n koeksister ('dubbeheliks'). Dit lyk egter nog nie soos 'n vurk

nie, alhoewel die koeksister-konfigurasie van die DNS-molekules (die dubbel-heliks) eendag heelwat kommentaar gaan

ontlok.

Paleocene Periode

Page 6: eSkyfies #1:   Evolusie Van Die Kombuisvurk [Skyfievertoning]. [AFRIKAANS]

58 – 40 Miljoen Jaar Gelede

Adenien bind aan thymien; en guanien bind aan citosien. Die reeks van nukleotiedes langs elke DNS-string (in die vorm van 'n dubbel-heliks of koeksister) is elk 'n chemiese spiëelbeeld van

sy maat. Omdat die anatomie van die kombuisvurk se hart baie dieselfde begin lyk as dié van die vark, vermoed sommige

evolusioniste dat die vurk dalk verwant kan wees aan die vark (let op hoe die twee slegs i.t.v. van één skakel in die DNS-

ketting van mekaar verskil: Vurk Vark).

Eocene Periode

Page 7: eSkyfies #1:   Evolusie Van Die Kombuisvurk [Skyfievertoning]. [AFRIKAANS]

40 – 25 Miljoen Jaar Gelede

Oordrag-RNS bevattende aminosure nader die ribosoom-areas. Die RNS dryf in die selle se waterige

citoplasma. Die ribosome dekodeer RNS-stringe en stuur seine aan stukkies oordrag-RNS wat die

gespesifiseerde aminosure vervoer. Die organisme se voorkoms is op hierdie kritiese stadium uiters

onseker, maar die 'vurk-evolusie' vorder fluks agter die skerms.

Oliogocene Periode

Page 8: eSkyfies #1:   Evolusie Van Die Kombuisvurk [Skyfievertoning]. [AFRIKAANS]

25 – 11 Miljoen Jaar Gelede

Die oordrag-RNS het sopas met die boodskapper-RNS stringe verbind. Die oordrag-RNS oorhandig die aminosure aan ribosome wat dit aan 'n peptiede-kettings vasmaak. Die peptiede-kettings vou inmekaar en vorm saam met ander soortgelyke ribosome funksionele protein-molekules. Let op hoe die organisme (Culimythecus forcianthropus) aan die boonste ronding begin

perforeer om voorsiening vir vurktande te maak. Omdat die anatomie van die kombuisvurk se tande baie dieselfde lyk as dié van die krimpvarkie,

vermoed sommige evolusioniste dat die vurk dalk verwant kan wees aan die krimpvarkie.

Miocene Periode

Page 9: eSkyfies #1:   Evolusie Van Die Kombuisvurk [Skyfievertoning]. [AFRIKAANS]

11 – 2 Miljoen Jaar Gelede

Die oordrag-RNS dryf terug na die selle se vloeibare binnekante. Die protein kollageen voorsien die

strukturele ondersteuning vir die organisme se vurktande. Vurke dupliseer nou biljoene eksemplare vir

massaverbruik deur die publiek. Die era van die 'industriële evolusie' het aangebreek.

Pilocene Periode

Page 10: eSkyfies #1:   Evolusie Van Die Kombuisvurk [Skyfievertoning]. [AFRIKAANS]

2 Miljoen – 10 000 Jaar Gelede

Die eerste kombuisvurk maak kommersieel sy verskyning by 'n vlooimark in Krugersdorp, die oudste dorp in Gautengicus transvalensis. Kwaadwillige

gerugte in die Pers nl. dat die kombuisvurk deur werkers in 'n fabriek 'vervaardig' kon gewees het, en dat dit nie deur die proses van 'industriële

evolusie' ontstaan het nie, word gelukkig gou deur 'n span paleontoloë verbonde aan 'n Johannesburgse universiteit afgemaak as 'vergesog' en

'wetenskaplik onmoontlik'. Nietemin, Mev. Ples van die plaas 'Sterkfontein' is so beïndruk met hierdie uiters skaars paleontológiese fonds dat sy dan en daar haar skedel bemaak aan die 'Maropeng: Wieg Van Die Mensdom'

museum.

Pleistocene-Holocene Periode

Page 11: eSkyfies #1:   Evolusie Van Die Kombuisvurk [Skyfievertoning]. [AFRIKAANS]

Die doel met hierdie satíre oor die 'evolusie van die kombuisvurk’, natuurlik alles pure bog, was om

die frustrasie te illustreer wat Christene ervaar elke keer

wanneer hulle die evolusie-mites lees wat evolusioniste aan hulle

probeer opdis.

[Sien laaste skyfie: Die evolusionis se Hebreërs 11:1]

Page 12: eSkyfies #1:   Evolusie Van Die Kombuisvurk [Skyfievertoning]. [AFRIKAANS]

Die Evolusionis Se Hebreërs 11:1

Die geloof dan is „n vaste vertroue op die fossiele waarop ons

hoop, „n bewys van die vermiste skakel wat ons

nog nie kan sien nie.