fakulteitsbrosjure: natuur- en landbouwetenskappe 2011/12 · departement fisika 18 sentrum vir...

32
Universiteit van Pretoria Fakulteitsbrosjure: Natuur- en Landbouwetenskappe 2011/12 www.up.ac.za 2011/12

Upload: others

Post on 01-Sep-2019

8 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Fakulteitsbrosjure: Natuur- en Landbouwetenskappe 2011/12 · Departement Fisika 18 Sentrum vir Wetenskap-, Wiskunde- en Tegnologie-onderwys 18 Landbou- en Voedselwetenskappe 18 Departement

Universiteit van PretoriaFakulteitsbrosjure: Natuur- en Landbouwetenskappe

2011/12

www.up.ac.za2011/12

Faculty Brochures Cover.indd 16 11/29/2010 4:03:29 PM

Page 2: Fakulteitsbrosjure: Natuur- en Landbouwetenskappe 2011/12 · Departement Fisika 18 Sentrum vir Wetenskap-, Wiskunde- en Tegnologie-onderwys 18 Landbou- en Voedselwetenskappe 18 Departement

www.up.ac.za

Universiteit van Pretoria • University of Pretoria • Yunibesithi ya PretoriaPretoria 0002 Suid-Afrika • South Africa • Africa BorwaTel: +27 (0)12 420 3111 E-pos: [email protected]

Page 3: Fakulteitsbrosjure: Natuur- en Landbouwetenskappe 2011/12 · Departement Fisika 18 Sentrum vir Wetenskap-, Wiskunde- en Tegnologie-onderwys 18 Landbou- en Voedselwetenskappe 18 Departement

Boodskap van die Dekaan

Faculty of Education i

Boodskap van die Dekaan Het jy al ooit gewonder wie is verantwoordelik vir die gehalte van die sjokolade, blikkieskoeldrank of pannekoekmengsel wat jy in die winkel koop? Wat is die wetenskap agter ’n krieketbal of kolfblad? Wat is nanotegnologie of hoe word kankerpasiënte met kerntegnologie of tuberkulose met fitomedisyne behandel? Waarom is aktuarisse die hoogsbetaalde beroepslui ter wêreld?

Die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe bied voorgraadse kursusse aan wat nie net aan die voorpunt van die onderskeie dissiplines staan nie, maar wat leerders ook toerus om leiers en probleemoplossers in hul gekose beroepsvelde te wees. Die sleutel tot die Fakulteit se sukses is die hoë premie wat daar op onderwys, navorsing en innovasie van ’n hoë gehalte geplaas word. Dit word vergestalt in die Fakulteit se benadering tot opleiding en navorsing – maar bowenal in die ingesteldheid tot probleemoplossing wat die Fakulteit in sy studente kweek.

Die Universiteit van Pretoria streef daarna om internasionaal mededingend te wees, terwyl hy terselfdertyd ook plaaslik relevant is. UP se plant- en dierewetenskappe word tans die hoogste gegradeer van alle Suid-Afrikaanse universiteite, gebaseer op die getal aanhalings en skripsies wat geproduseer word (gebaseer op die ISI Web of Knowledge se aanwysers vir noodsaaklike wetenskappe). Ongeveer 27% van die Universiteit van Pretoria se verwysings/aanhalings is in plant- en dierewetenskappe. Die Universiteit van Pretoria beklee tans die wêreldwye 138ste plek en is die beste universiteit in Afrika op hierdie gebied.

Plaaslike relevansie word verseker deur noue samewerking met die bedryf. Op dié gebied het die Universiteit ook ’n aantal innovasies ontplooi. Sy strategiese bondgenootskap met die Wetenskaplike en Nywerheidnavorsingsraad (WNNR), bekend as die Suidelike Onderwys- en Navorsingsvennootskap (SERA), skep ongekende geleenthede vir studente en personeel vir opleiding en navorsing. Die Innovation Hub wat net langs die Universiteit

se proefplaas ontwikkel word, is ’n projek van SERA en die Gautengse provinsiale regering. Sommige van die wêreld se mees vooraanstaande hoëtegnologie-maatskappye ontwikkel tans navorsings- en ontwikkelingslaboratoriums daar.

Nasionale en internasionale akkreditasie is die norm vir sowel die graadprogramme as die navorsings-laboratoriums. Dit is ons erns om te verseker dat die markwaarde van die grade wat in hierdie Fakulteit aan die Universiteit van Pretoria toegeken word, altyd vir studente ’n mededingende voordeel sal wees. Die Fakulteit voeg waarde tot sy grade toe wat baie gesog in die mark is, wat sy studente dus ook baie gesog maak.

Die Fakulteit se kursusse is toeganklik vir almal wat aan die akademiese standaarde voldoen. Die Universiteit beskik ook oor verskeie finansiële skemas om verdienstelike studente met beurse en lenings te help.

Die Fakulteit is by verskeie uitreikprogramme betrokke, soos die bekende UP with Science-program en die nuut ontwikkelde BSc Vierjaarprogram. Leerders met ’n voorliefde vir die onbekende, ’n nuuskierige geaardheid en die wil om hard te werk, is welkom om aansoek te doen.

Prof Anton StröhDekaan, Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe

Page 4: Fakulteitsbrosjure: Natuur- en Landbouwetenskappe 2011/12 · Departement Fisika 18 Sentrum vir Wetenskap-, Wiskunde- en Tegnologie-onderwys 18 Landbou- en Voedselwetenskappe 18 Departement

1 Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe

Inhoud

InhoudInleiding 2Voorgraadse studieprogramme 3Meer oor die BSc Vierjaarprogram 11

Biologiese Wetenskappe 11

Departement Biochemie 11

Departement Mensfisiologie 11

Departement Genetika 12

Departement Anatomie: BSc(Mediese Wetenskappe) 13

Departement Mikrobiologie en Plantpatologie 13

Departement Dierkunde en Entomologie 14

Departement Plantkunde 15

Fisiese Wetenskappe 15

Departement Chemie 15

Departement Geologie 16

Departement Geografie, Geoinformatika en Meteorologie 16

Departement Fisika 18

Sentrum vir Wetenskap-, Wiskunde- en Tegnologie-onderwys 18

Landbou- en Voedselwetenskappe 18

Departement Landbou-ekonomie, Voorligting en Landelike Ontwikkeling 18

Departement Plantproduksie en Grondkunde 19

Departement Vee- en Wildkunde 20

Departement Verbruikerswetenskap 20

Departement Voedselwetenskap 21

Wiskundige Wetenskappe 22

Departement Versekerings- en Aktuariële Wetenskap 22

Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde 22

Departement Statistiek 23

Gemeenskapsontwikkelingsinisiatiewe 24

Sci-Enza 24

UP with Science 24

Algemene inligting 25

Page 5: Fakulteitsbrosjure: Natuur- en Landbouwetenskappe 2011/12 · Departement Fisika 18 Sentrum vir Wetenskap-, Wiskunde- en Tegnologie-onderwys 18 Landbou- en Voedselwetenskappe 18 Departement

Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe 2

Inleiding

InleidingDie Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe is ’n baie diverse Fakulteit. Dit bestaan uit 17 departemente asook 25 sentra en institute wat ’n integrale deel uitmaak van hierdie departmente. Jaarliks registreer meer as 5 000 studente, van wie 70% voorgraads en 30% nagraads is.

Alle studieprogramme word ontwerp om mense op te lei wat probleme kan oplos, maklik by veranderende omstandighede kan aanpas en leiding kan neem in hulle gekose spesialisasierigtings. Die kwalifikasies wat behaal word, is van wêreldgehalte en bied toegang tot ’n groot verskeidenheid beroepsmoontlikhede vir dinamiese en kreatiewe mense. Die Fakulteit bied unieke programme aan wat slegs by die Universiteit van Pretoria aangebied word, of dalk slegs by ’n beperkte aantal ander instellings.

Voedselwetenskappe

• BSc(Voeding en Voedselwetenskappe)• BSc(Hons)(Voeding en Voedselwetenskappe)

(’n multidissiplinêre studieprogram)

Geografie, Geoinformatika en Meteorologie

• BSc(Meteorologie), BSc(Hons)(Meteorologie), MSc en PhD in Meteorologie. Die Universiteit van Pretoria is die enigste instelling in Suid-Afrika en Afrika suid van die ewenaar wat graadkursusse in meteorologie aanbied. Die Universiteit het onlangs ’n memorandum van verstandhouding met die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) onderteken om studente spesifiek vir die SAWD op te lei.

• BSc(Geoinformatika), BSc(Hons)(Geoinformatika), MSc en PhD in Geoinformatika. UP is een van slegs ’n paar universiteite wat opleiding in Geoinformatika aanbied. Die studieprogram voldoen aan die vereistes wat gestel word deur PLATO, die beheerliggaam van GIS-kundiges in Suid-Afrika (die Suid-Afrikaanse Raad vir Professionele en Tegniese Landmeters).

Geologie

• MSc in Toegepaste Materiale. UP is die enigste instelling in Suid-Afrika wat dit aanbied.

• Ingenieursgeologie op alle vlakke (UP en die Universiteit van Kwazulu-Natal is die enigste twee instellings in Suid-Afrika wat hierdie program aanbied.

Grade word voorgraads en nagraads in die volgende studievelde aangebied:

Biologiese Wetenskappe Landbou- en Voedselwetenskappe• Biochemie• Biotegnologie• Dierkunde• Ekologie• Entomologie• Genetika• Mediese Wetenskappe• Mensfisiologie• Mensfisiologie, Genetika en Sielkunde• Mensgenetika• Mikrobiologie• Plantkunde

• Landbou-ekonomie/Agribesigheidsbestuur• Natuurlewebestuur (Nagraads)• Plantpatologie• Plant- en Grondwetenskappe• Veekunde• Voedselbestuur• Voedselwetenskap- en tegnologie• Voeding en Voedselwetenskap

Programme in Verbruikerswetenskap• Gasvryheidsbestuur • Kleding (Kleinhandelbestuur)• Interieurware (Kleinhandelbestuur)• Onderwys (Verbruikerstudies)• Onderwys (Gasvryheidstudies)• Voedsel (Kleinhandelbestuur)

Fisiese Wetenskappe Wiskundige Wetenskappe• Chemie• Fisika• Geografie• Geoinformatika• Geologie• Meteorologie• Omgewings- en Ingenieursgeologie • Omgewingswetenskappe• Wetenskaponderwys

• Toegepaste Wiskunde• Wiskunde• Wiskundige Statistiek• Aktuariële en Finansiële Wiskunde

Page 6: Fakulteitsbrosjure: Natuur- en Landbouwetenskappe 2011/12 · Departement Fisika 18 Sentrum vir Wetenskap-, Wiskunde- en Tegnologie-onderwys 18 Landbou- en Voedselwetenskappe 18 Departement

3 Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe

Voorgraadse studieprogramme

Voorgraadse studieprogramme

Biologiese WetenskappeDie vereistes vir die volgende grade is:

Program (graad)DuurSluitingsdatums

Afrikaans ofEngels

Addisionele NSS-taal

Wiskunde (Wiskundige

Geletterdheid word nie aanvaar nie)

FisieseWetenskap

Twee ander NSS-vakke

TPT

4 (50–59%) 4 (50–59%) 5 (60–69%) of 4 (50–59%) slegs indien 5 behaal is

vir Fisiese Wetenskap

5 (60–69%) of 4(50–59%) slegs

indien 5 behaal is vir

Wiskunde

4 (50–59%) 30

BSc(Biochemie) [3 jaar]Sluitingsdatum: 30 September

Beroepe: Biochemie bied feitlik onbeperkte geleenthede vir ’n opwindende en uitdagende loopbaan in die nywerheidsektor (fyn chemikalieë, voedsel-, farmaseutiese en afvalprosesseringsfirmas), navorsingsrade (die Mediese Navorsingsraad, die Landbounavorsingsraad, die Kankervereniging van Suid-Afrika en die Waternavorsingskommissie) en institute, akademiese instellings, die WNNR, asook forensiese en patologielaboratoriums. Verder is beroepe soos navorser, onderwyser, dosent en mediese verteenwoordiger ook ’n opsie. Bioinformatika-gegradueerdes is gemaklik in werksomgewings soos universiteite, navorsingsinstitute, farmaseutiese maatskappye, biotegnologiese maatskappye en verwante bedrywe. (Meer op bl 11.)

BSc(Biologiese Wetenskappe)Sluitingsdatum: 30 September

Generiese eerstejaarsprogram in Biologiese Wetenskappe. Studente wat onseker is oor watter spesialiseringsgraadprogram om te kies, kan vir hierdie program aansoek doen. Studente wat wil aansoek doen om toelating tot een van die MBChB-, BDieetkunde- of BChD-plekke wat in die tweede semester beskikbaar word, mag in die eerste semester registreer vir Biologiese Wetenskappe en mag vir die modules Wêreldbeelde (FIL155), Mense en hul Omgewing (MGW112) en Mediese Terminologie (MTL180) in die plek van Wiskunde (WTW134) registreer, op voorwaarde dat hulle, indien hulle nie gekeur word nie en met een van die Biologiese Wetenskappe-grade wil voortgaan, Wiskunde (WTW134) in die tweede semester van die eerste jaar moet voltooi. Studente wat wil aansoek doen om toelating tot een van die BVSc-plekke wat in die tweede semester van 2012 beskikbaar word, mag in hul eerste semester vir Biologiese Wetenskappe se voorgeskrewe vakke en vir MTL181 registreer. Hierdie studente moet in die eerste semester vir WTW134 registreer. (Meer op bl 11.)

BSc(Biotegnologie) [3 jaar] Sluitingsdatum: 30 September

Beroepe: Laboratoriumgebaseerde navorsers of bio-entrepreneurs wat gebruik maak van mediese, dierkundige, plant- of mikrobe-gebaseerde tegnologieë om produkte en dienste te ontwikkel. Indien studente biotegnologie kombineer met addisionele kwalifikasies soos regte, sal hulle toegerus wees vir sukses in beroepe soos patentereg, farmaseutiese verkope en bemarking, projekbestuur, rekenaarprogrammering (natuurlike verwerking) en wetenskapsjoernalistiek. Neem asseblief kennis dat die vlak van opleiding/kwalifikasie ’n belangrike rol speel in die bepaling van die tipe werk waarby ’n gekwalifiseerde biotegnikus betrokke kan raak. (Meer op bl 13.)

BSc(Ekologie)[3 jaar]Sluitingsdatum: 30 September

Beroepe: Omgewingsgebaseerde statutêre en private bewaringsorganisasies, organisasies wat betrokke is by die direkte of indirekte benutting van natuurlike hulpbronne, en akademiese en opleidingsinstansies. (Meer op bl 15.)

BSc(Dierkunde)[3 jaar]Sluitingsdatum: 30 September

Beroepe: Gegradueerdes van die Departement Dierkunde en Entomologie kan na ’n verskeidenheid opwindende beroepsgeleenthede uitsien. Hulle word in natuurbewaringsinstansies, omgewingskonsultasiefirmas, bewaringsbeplanningsagentskappe, mediese en veeartseny-kundige navorsing, die biochemiese en biotegnologiese bedryf, opvoedkundige instansies, rekenaarverwante sektore en die sakesektor aangestel. Beroepsgeleenthede sluit die volledige spektrum van potensiële aktiwiteite in wat deel uitmaak van moderne navorsing, ontwikkeling en opleiding. Dit kan van heeltydse deelname in die veld of laboratorium tot heeltydse opleidingsaktiwiteite wissel, en sluit gewoonlik ’n stimulerende kombinasie van analitiese werk en veldwerk in, asook werk wat met menslike hulpbronne te doen het. (Meer op bl 14.)

BSc(Entomologie)[3 jaar]Sluitingsdatum: 30 September

Beroepe: Hulle word in natuurbewaringsinstansies, omgewingskonsultasiefirmas, bewarings-beplanningsagentskappe, mediese en veeartsenykundige navorsing, die biochemiese en biotegnologiese bedryf, opvoedkundige instansies, pesbestuur, rekenaarverwante sektore en die sakesektor aangestel. (Meer op bl 14.)

BSc(Genetika)[3 jaar]Sluitingsdatum: 30 September

BSc(Mensgenetika)[3 jaar]Sluitingsdatum: 30 September

Beroepe: Gegradueerdes in genetika word dikwels molekulêre bioloë, mediese of kliniese genetici, sitogenetici, biotegnoloë, landbouwetenskaplikes, molekulêre ekoloë, forensiese wetenskaplikes, genetiese raadgewers, bio-informatici en berekeningsontleders, veeartsenykundige wetenskaplikes, onderwysers en dosente by verskeie instellings en in biowetenskap-verwante bedrywe. Indien hulle genetika kombineer met addisionele kwalifikasies soos regte, sal hulle toegerus word vir suksesvolle loopbane in patentereg, farmaseute verkope en bemarking, projekbestuur, rekenaarprogrammering (natuurlike verwerking) en wetenskaplike joernalistiek. Neem asseblief kennis dat die vlak van opleiding/kwalifikasie ’n baie belangrike rol speel in die bepaling van die tipe werk waarby ’n gekwalifiseerde genetikus betrokke kan raak. (Meer op bl 12.)

BSc(Mensfisiologie)[3 jaar]Sluitingsdatum: 30 September

BSc(Mensfisiologie, Genetika en Sielkunde) [3 jaar]Sluitingsdatum: 30 September

Beroepe: Navorsing word gedoen in samewerking met mediese spanne in privaat en regeringsnavorsingsinstitute (soos die WNNR en die Mediese Navorsingsraad), die SABS, farmaseutiese firmas, universiteite, veeartsenykundige en industriële instansies, staatsdepartemente (byvoorbeeld die Departement van Gesondheid) en gesondheidsoorde. Fisioloë word ook aangetref op verskeie ander gebiede soos onderwys (onderwysers, dosente en instrukteurs), sportfisiologie, biostatistiek, bio-ingenieurswese, industriële higiëne, joernalistiek, mediese tegnologie en in die bedryf as verteenwoordigers van farmaseutiese firmas. Gegradueerdes met Genetika en Sielkunde as vakke het ook toegang tot die nagraadse programme wat aangebied word deur die Departement Genetika en die Departement Sielkunde (Fakulteit Geesteswetenskappe). (Meer op bl 11.)

Page 7: Fakulteitsbrosjure: Natuur- en Landbouwetenskappe 2011/12 · Departement Fisika 18 Sentrum vir Wetenskap-, Wiskunde- en Tegnologie-onderwys 18 Landbou- en Voedselwetenskappe 18 Departement

Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe 4

Voorgraadse studieprogramme

Biologiese WetenskappeDie vereistes vir die volgende grade is:

Program (graad)DuurSluitingsdatums

Afrikaans ofEngels

Addisionele NSS-taal

Wiskunde (Wiskundige

Geletterdheid word nie aanvaar nie)

FisieseWetenskap

Twee ander NSS-vakke

TPT

4 (50–59%) 4 (50–59%) 5 (60–69%) of 4 (50–59%) slegs indien 5 behaal is

vir Fisiese Wetenskap

5 (60–69%) of 4(50–59%) slegs

indien 5 behaal is vir

Wiskunde

4 (50–59%) 30

BSc(Mediese Wetenskappe)[3 jaar]Sluitingsdatum: 30 September

Beroepe: Nagraadse studies word sterk aanbeveel en honneurs, meesters- en doktorsgrade kan verwerf word in enige van die subdissiplines van Anatomie, naamlik neuro anatomie, kliniese anatomie, selbiologie, fisiese en forensiese antropologie, histologie en embriologie. Studente met hierdie graad kan ook nagraadse studies doen in fisiologie, genetika en farmakologie. Loopbaanmoontlikhede sluit navorsing in enige van die subdissiplines van Anatomie, die akademie, forensiese wetenskap en die gesondheidswetenskapbedryf in. Ander loopbane wat oorweeg kan word, is in sportwetenskappe, virologie, chemiese patologie, immunologie, gesondheidsadministrasie of ergonomie. Tegniese loopbane, byvoorbeeld in universiteite se anatomie- of fisiologiedepartemente, is ook moontlik. Slegs 72 plekke is beskikbaar in die eerste studiejaar. Studente wat Mediese Wetenskappe voor 30 September as hulle eerste keuse aandui en aan die minimum toelatingsvereistes voldoen, sal toegelaat word totdat al die plekke gevul is. Studente wat Mediese Wetenskappe as hulle tweede keuse aandui en aan die minimum toelatingsvereistes voldoen, sal op ’n waglys geplaas word en sal in Januarie van die eerste studiejaar oorweeg word indien daar beskikbare plekke is. (Meer op bl 15.)

BSc(Mikrobiologie) [3 jaar]Sluitingsdatum: 30 September

Beroepe: Mikrobioloë kan ’n wye verskeidenheid beroepe volg, wat wissel van basiese navorsing tot praktiese toepassings. Daar is loopbaangeleenthede in die voedsel-, suiwel-, bierbrou-, wynmaak- en bakkersgisbedrywe, in die fermentasiebedryf, by myne met betrekking tot korrosiebeheer, as mediese of veeartsenykundige mikrobioloë, as navorsers by instansies soos die WNNR, LNR, die MNR, of as dosente en navorsers by verskeie akademiese instellings. (Meer op bl 13.)

BSc(Plantkunde)[3 jaar]Sluitingsdatum: 30 September

Beroepe: Beroepe wissel van laboratoriumnavorsing tot die bestudering van plante in hul natuurlike omgewing. Daar is werksgeleenthede in die biotegnologiese en farmaseutiese bedrywe, by Suid-Afrikaanse Nasionale Parke, private ekologiese maatskappye, navorsingsinstellings soos die WNNR, Landbounavorsingsraad, Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut, ens. (Meer op bl 15.)

Voorwaardelike toelating met betrekking tot die grade hierbo: Kandidate wat nie aan die minimum toelatingsvereistes voldoen nie en wat ’n TPT van 30 behaal het, met minstens ’n 4 (50–59%) vir beide Wiskunde en Fisiese Wetenskap, en wat die Institusionele Vaardigheidstoets afgelê het, kan oorweeg word vir toelating tot die BSc of die BSc Vierjaarprogram. (Meer op bl 10.)

Kandidate wat aan geen van bogenoemde vereistes voldoen nie:Die vereistes vir die *verlengde BSc Vierjaarprogram: Biologiese en Landbouwetenskappe is ’n TPT van 22 en ’n 4 in Afrikaans of Engels, 4 in ’n ander taal, 4 in Wiskunde (of 3, indien 4 vir Fisiese Wetenskap behaal is), 4 in Fisiese Wetenskap (of 3, indien 4 vir Wiskunde behaal is). Die Institusionele Vaardigheidstoets is ’n vereiste. (Meer op bl 10.)

Voedselwetenskapstudente wat die konferensie van die Internasionale

Vereniging van Voedselwetenskap en -tegnologie (IUFoST) bygewoon het

(van links): Mignon Crous, Theon du Plessis, Charisse Buchanan,

Melanie Richards, CJ Schoeman en Monique Muller. Monique het in

Augustus 2010 ook die Ginsburg-toekenning ontvang vir die beste plakkaataanbieding by die 15de

Wêreldvoedselwetenskap- en -tegnologiekongres.

Page 8: Fakulteitsbrosjure: Natuur- en Landbouwetenskappe 2011/12 · Departement Fisika 18 Sentrum vir Wetenskap-, Wiskunde- en Tegnologie-onderwys 18 Landbou- en Voedselwetenskappe 18 Departement

5 Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe

Voorgraadse studieprogramme

BSecEd(Sci) WetenskapsonderwysDie vereistes vir die volgende graad is:

Program (graad)DuurSluitingsdatums

Afrikaans ofEngels

Addisionele NSS-taal

Wiskunde (Wiskundige

Geletterdheid word nie aanvaar nie)

FisieseWetenskap

Twee ander NSS-vakke

TPT

4 (50–59%) 4 (50–59%) 5 (60–69%) of 4 (50–59%)

slegs indien ’n 5 behaal is vir Fisiese

Wetenskappe

5 (60–69%) of 4 (50–59%) slegs indien ’n 5 behaal is vir

Wiskunde

4 (50–59%) 30

BSecEd(Sci) (Biologieonderwys)[4 jaar]Sluitingsdatum: 30 September

Beroepe: Onderwyser, opleidingsbeampte. (Meer op bl 18.)

Voorwaardelike toelating met betrekking tot hierdie graad: Kandidate wat nie aan die minimum toelatingsvereistes voldoen nie en wat ’n TPT van 30 behaal het, minstens ’n 4 (50-59%) vir beide Wiskunde en Fisiese Wetenskap, en wat die Institusionele Vaardigheidstoets afgelê het, kan oorweeg word vir toelating tot die BScEd(Sci) of die BSc Vierjaarprogram. (Meer op bl 10.)Die vereistes vir die *verlengde BSc Vierjaarprogram: Fisiese Wetenskappe is ’n TPT van 22 met ’n 4 in Afrikaans of Engels, 4 in ’n ander taal, 4 in Wiskunde (of 3, indien 4 vir Fisiese Wetenskap behaal is), 4 in Fisiese Wetenskap (of 3, indien 4 vir Wiskunde behaal is). Die Institusionele Vaardigheidstoets is ’n vereiste. (Meer op bl 10.)

Fisiese WetenskappeDie vereistes vir die volgende grade is:

Program (graad)DuurSluitingsdatums

Afrikaans ofEngels

Addisionele NSS-taal

Wiskunde (Wiskundige

Geletterdheid word nie aanvaar nie)

FisieseWetenskap

Twee ander NSS-vakke

TPT

4 (50–59%) 4 (50–59%) 5 (60–69%) 5 (60–69%) 4 (50–59%) 30

BSc(Chemie) [3 jaar]Sluitingsdatum: 30 September

Beroepe: Gegradueerdes in chemie word deur ’n groot aantal tegnologiegebaseerde instansies in diens geneem en werk in ’n laboratoriumomgewing as deel van ’n industriële, navorsings- of akademiese instelling. ’n Chemikus moet in staat wees om in ’n span te werk in ’n multidissiplinêre opset in ’n verskeidenheid van ondernemings in sowel die privaat as die openbare sektor. Dit is belangrik om daarop te let dat die aard van die werk wat beskikbaar is vir ’n gegradueerde in chemie afhang van die vlak van die kwalifikasie wat behaal is. Gevorderde kwalifikasies lei uiteindelik na aanstellings in navorsings- en/of produksiebestuur en vereis bestuursvaardighede en finansiëlebeplanningsvaardighede. Daar is talle beroepsgeleenthede in onderwys, navorsing, joernalistiek, omgewingsbeskerming, voedsel en drank, energie, water, gesondheid, sport, die farmaseutiese en kosmetiese bedryf, geologie, mynbouwetstoepassing. Dit behels onder meer die bekende beroepe van sintetiese chemikus, materiaalwetenskaplike, chemiese patoloog, forensiese chemikus, analitiese chemikus, medikasieanalis, patenteprokureur, chemiese ekoloog, geochemikus, voedselchemikus, polimeerchemikus en grondchemikus. (Meer op bl 15.)

BSc(Fisika) [3 jaar]Sluitingsdatum: 30 September

Beroepe: Akademici by universiteite, wie se pligte klasgee, navorsing en studieleiding aan nagraadse studente insluit, navorsers by nasionale laboratoriums soos die Suid-Afrikaanse Kernenergiekorporasie, die Suid-Afrikaanse Sterrewag en iThemba LABS (Laboratorium vir Versnellergebaseerde Wetenskappe), industriële navorsers soos die WNNR en Element Six, wetenskaplike raadgewers vir nieregeringsorganisasies, die bedryf of die regering, stralingsfisikus, mediese en biofisikus, atmosferiese wetenskaplike en klimatoloog, ontwikkelaar van hernubare energiebronne, geofisikus, innoveerder, entrepreneur en berekeningswetenskaplike. Samewerking met internasionale deskundiges. (Meer op bl 17.)

BSc(Geografie) [3 jaar]Sluitingsdatum: 30 September

Beroepe: Daar is hoofsaaklik drie loopbaanrigtings vir geograwe: onderwys, navorsing en die toepassing van geografiese kennis en vaardighede in die praktyk. Geograwe kan fokus op omgewingsbestuur, stedelike aangeleenthede soos plakkery, streeks- en landelike ontwikkeling, of omgewingsake, insluitend besoedeling en die vernietiging van ekosisteme deur aktiwiteite soos mynbou, landbou en toerisme. Geograwe in die privaat sektor staan meestal in diens van eiendoms-, beplannings-, argitektuur- en ingenieursfirmas, die bankwese, toerismeorganisasies, omgewingsbewaringsorganisasies en industriëe. Staatsdepartemente wat verantwoordelik is vir bosbou, water- en grondsake, die omgewing, toerisme en onderwys neem ook geograwe in diens. Semistaatsorganisasies soos die SABS en die WNNR bied ook loopbaangeleenthede in gespesialiseerde vakgebiede verwant aan aard- en omgewingswetenskappe aan. Baie geograwe bedryf hul eie besighede en is betrokke by bemarking, beplanning, ontwikkeling, toerisme, kartografie, GIS, afstandswaarneming, omgewingsevaluering en omgewingsouditering. ’n Akademiese loopbaan is ’n verdere keuse vir die geograaf. (Meer op bl 16.)

BSc(Geoinformatika)[3 jaar]Sluitingsdatum: 30 September

Beroepe: Gegradueerdes word in die volgende gebiede aangewend: landbou, mineraaleksplorasie, ingenieurswese, bosbou, waterhulpbronbestuur, weervoorspelling, omgewingsimpakstudies, grondgebruiksbeplanning, grondontwikkeling, landelike gemeenskapontwikkeling, vervoerbeplanning, toerisme, marknavorsing, misdaadvoorkoming, voertuigopsporing en kartografie, GIS-tegnologie, omgewingsbeplanning en -analise, ramp- en omgewingsbestuur. (Meer op bl 16.)

Page 9: Fakulteitsbrosjure: Natuur- en Landbouwetenskappe 2011/12 · Departement Fisika 18 Sentrum vir Wetenskap-, Wiskunde- en Tegnologie-onderwys 18 Landbou- en Voedselwetenskappe 18 Departement

Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe 6

Voorgraadse studieprogramme

Fisiese WetenskappeDie vereistes vir die volgende grade is:

Program (graad)DuurSluitingsdatums

Afrikaans ofEngels

Addisionele NSS-taal

Wiskunde (Wiskundige

Geletterdheid word nie aanvaar nie)

FisieseWetenskap

Twee ander NSS-vakke

TPT

4 (50–59%) 4 (50–59%) 5 (60–69%) 5 (60–69%) 4 (50–59%) 30

BSc(Geologie)[3 jaar]Sluitingsdatum: 30 September

Beroepe: Groot internasionale mynmaatskappye is belangrike werkverskaffers vir geoloë en ander aardwetenskaplikes in navorsing, eksplorasie en mynbouprojekte. Kleiner entrepreneursfirmas (‘juniors’) verskaf egter al hoe meer werk vir persone in hierdie beroepe. Die Raad vir Geowetenskappe, die WNNR, die Raad vir Mineraaltegnologie (MINTEK), die Departement van Waterwese, museums, ingenieursfirmas en raadgewende maatskappye bied interessante loopbaanmoontlikhede. Gegradueerdes kan ook hul eie firmas stig en konsultasiewerk doen. Laboratoriumspesialiste, soos mineraloë, identifiseer en ondersoek minerale met behulp van gesofistikeerde instrumente en analitiese toerusting. Omgewings- en ingenieursgeoloë bestudeer die interaksie tussen menslike aktiwiteite en die geologiese omgewing, soos die besoedeling van grond en grondwater. Hulle bestudeer die geologiese struktuur en grondeienskappe en by konstruksieterreine, byvoorbeeld, damme, tonnels en myne, om sodoende waardevolle inligting beskikbaar te stel voordat konstruksie ’n aanvang neem. Hulle soek en evalueer ook geskikte konstruksiemateriale. Hidrogeoloë is betrokke by die opsporing, ontginning en bewaring van grondwater. (Meer op bl 16.)

BSc(Meteorologie) [3 jaar]Sluitingsdatum: 30 September

Beroepe: Meteoroloë word aangestel by instansies wat betrokke is by die studie, interpretasie en voorspelling van weerstoestande en klimaatverwante verskynsels. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD), die WNNR, sekere universiteite, landbou-instellings en algemene industrieë stel meteoroloë aan wat hoofsaaklik op die volgende gebiede spesialiseer: Navorsers: Hulle bestudeer alle aspekte van die weer en klimaat om atmosferiese verskynsels beter te kan verstaan. Atmosferiese modelleerders gebruik gespesialiseerde rekenaartegnologie om ingewikkelde vloeidinamikaberekenings met betrekking tot die atmosfeer op te los. Die monitering van luggehalte en die modellering van die impak van lugbesoedeling op die gemeenskap word aangespreek. Navorsing oor klimaatsverandering word sterk beklemtoon. Weervoorspellers: Dit is die weervoorspeller se verantwoordelikheid om data te analiseer en die weer te voorspel met behulp van modelle op die allerbeste rekenaars. Weervoorspellings word in verskeie tydskale gedoen, van korttermynvoorspellings (daagliks) tot langtermynvoorspellings wat vir maande vooruit geldig is, sowel as seisoenale voorspellings. Daar is wel poste in die privaat sektor, soos die aanbied van die weervoorspelling op televisie. Klimatoloë bestuur belangrike datastelle wat groot volumes inligting bevat wat deur die SAWD en ander organisasies ingesamel word. Konsultante kan in die privaat sektor werk en kan by universiteite waardevolle gespesialiseerde dienste en navorsingsinsette lewer. Dosente: Enkele akademiese poste bestaan by Suid-Afrikaanse universiteite. Hierdie dosente verseker dat meteoroloë se opleiding aan internasionale standaarde voldoen. (Meer op bl 17.)

BSc(Omgewings- wetenskappe)[3 jaar]Sluitingsdatum: 30 September

Omgewingskonsultant, luggehaltespesialis, omgewingsimpak-analis, omgewingsbewaringsagent, spesialis op die gebied van skadelike afvalmateriaal, openbaregesondheidsvoorligter, navorser, watergehaltespesialis, natuurlikehulp-bronbestuurder, risikobestuurder, omgewings-opvoedkundige, vleilandwetenskaplike, wildbewaring, omgewingsbeplanner en -analis, watersuiweringspesialis, program- en projekbestuurder en natuurlikehulpbronspesialis. (Meer op bl 16.)

BSc(Omgewings- en Ingenieursgeologie) [3 jaar]Sluitingsdatum: 30 September

Geoloog, mineraloog, ekstraksiemetallurg, ekonomiese geoloog, geochemikus, geofisikus, omgewing- en ingenieursgeoloog, geohidroloog, laboratoriumspesialis, konsultant. (Meer op bl 16.)

Voorwaardelike toelating met betrekking tot die grade hierbo: Kandidate wat nie aan die minimum toelatingsvereistes voldoen nie, wat ’n TPT van 30 behaal het, 4 (50–59%) vir Wiskunde of Fisiese Wetenskap, mits 5 (60–69%) vir die ander een van die twee behaal is, en wat die Institusionele Vaardigheidstoets afgelê het, kan oorweeg word vir toelating tot die BSc of BSc Vierjaarprogram. (Meer op bl 10.)Kandidate wat aan geen van bogenoemde vereistes voldoen nie:Die vereistes vir die *verlengde BSc Vierjaarprogram: Fisiese Wetenskappe is ’n TPT van 22 met 4 in Afrikaans of Engels, 4 in ’n ander taal, 4 in Wiskunde (of 3, indien 4 vir Fisiese Wetenskap behaal is), 4 in Fisiese Wetenskap (of 3, indien 4 vir Wiskunde behaal is). Die Institusionele Vaardigheidstoets is ’n vereiste. (Meer op bl 10.)

Page 10: Fakulteitsbrosjure: Natuur- en Landbouwetenskappe 2011/12 · Departement Fisika 18 Sentrum vir Wetenskap-, Wiskunde- en Tegnologie-onderwys 18 Landbou- en Voedselwetenskappe 18 Departement

7 Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe

Voorgraadse studieprogramme

BSecEd(Sci) WetenskapsonderwysDie vereistes vir die volgende grade is:

Program (graad)DuurSluitingsdatums

Afrikaans ofEngels

Addisionele NSS-taal

Wiskunde (Wiskundige

Geletterdheid word nie aanvaar nie)

Fisiese Wetenskap

Twee ander NSS-vakke

TPT

4 (50–59%) 4 (50–59%) 5 (60–69%) 5 (60–69%) 4 (50–59%) 30

BScEd(Sci) SekondêreWetenskaponderwys (Wiskunde en Fisiese Wetenskap)[4 jaar]Sluitingsdatum: 30 September

Beroepe: Onderwyser, opleidingsbeampte. (Meer op bl 18.)

Voorwaardelike toelating met betrekking tot hierdie graad: Kandidate wat nie aan die minimum toelatingsvereistes voldoen nie en wat ’n TPT van 30 behaal het, minstens 4 (50-59%) vir beide Wiskunde en Fisiese Wetenskap, en wat die Institusionele Vaardigheidstoets afgelê het, kan oorweeg word vir toelating tot die BScEd(Sci) of die BSc Vierjaarprogram. (Meer op bl 10.)Kandidate wat aan geen van bogenoemde vereistes voldoen nie:Die vereistes vir die *verlengde BSc Vierjaarprogram: Fisiese Wetenskap is ’n TPT van 22 met 4 in Afrikaans of Engels; 4 in ’n ander taal, 4 in Wiskunde (of 3, indien 4 vir Fisiese Wetenskap behaal is), 4 in Fisiese Wetenskap (of 3, indien 4 vir Wiskunde behaal is). Die Institusionele Vaardigheidstoets is ’n vereiste. (Meer op bl 10.)

Landbou- en VoedselwetenskappeDie vereistes vir die volgende grade is:

Program (graad)DuurSluitingsdatums

Afrikaans ofEngels

Addisionele NSS-taal

Wiskunde (Wiskundige

Geletterdheid word nie aanvaar nie)

Fisiese Wetenskap

Twee ander NSS-vakke

TPT

4 (50–59%) 4 (50–59%) 5 (60–69%) of 4 (50–59%), slegs indien 5 behaal is vir Fisiese Wetenskap

5 (60–69%) of 4 (50–59%), slegs indien 5 behaal is vir Wiskunde

4 (50–59%) 30

BSc(Veekunde) [3 jaar]Sluitingsdatum: 30 September

Beroepe: Veekundige, dierevoedingkundige, dierefisioloog, diereteeltkundige en dieregenetikus. ’n Vee- en natuurlewekundige kan ’n kommersiële of wildboer wees of betrokke wees by die bestuur van ’n plaas of wildreservaat. Hy of sy kan as ’n spesialiskonsultant, navorser of voorligter praktiseer of kan betrokke wees by die bestuur van die natuurlike omgewing volgens ekologiese beginsels. Hy of sy kan ’n besigsheidsentrepreneur, admistrateur, onderwyser of dosent wees. Neem kennis: Die minimum vereiste vir registrasie as ’n professionele veekundige is ’n BSc(Hons)(Veekunde). (Meer op bl 20.)

BSc(Voedselbestuur) [4 jaar]Sluitingsdatum: 30 September

Beroepe: Voedselbestuurder, gehaltekontroleur, onderwyser, navorser, voedselprodukontwikkelaar, bemarker, entrepreneur, konsultant, voedseljoernalis, onderrig en opleiding. (Meer op bl 21.)

BSc(Voedselwetenskap) [3 jaar]Sluitingsdatum: 30 September

Beroepe: Voedselwetenskaplikes met hoogs bemarkbare opleiding en professionele vaardighede werk in Suid-Afrika en in die buiteland as voedselrisikobepalers, kwaliteit- en veiligheids-versekeringbestuurders, voedselchemici, voedselmikrobioloë en -biotegnoloë, verpakking- en raklewespesialiste, veiligheidsouditeurs, produk- en prosesontwikkelingsbestuurders, tegnieseverkope- en bemarkingsadviseurs, sintuiglike wetenskaplikes, voedselbioweten-skaplikes (broumeester of geurontwikkelingspesialis) in die voedselprosesseringsbedryf en verwante bedrywe. Voedselwetenskaplikes se werksomgewing sluit laboratoriums, voedselproduksieaanlegte, besigheidspersele, opleidingslokale, kleinhandelsorganisasies, staatsinstellings en navorsings-organisasies in. Voedselwetenskaplikes is ook werksaam in nywerhede en maatskappye wat materiale (verpakking en voedselmiddels, soos kleur- en geurmiddels) vir die voedselbedryf vervaardig of wat sekondêr by voedselproduksie en -verkope betrokke is. (Meer op bl 22.)

BSc(Voeding- enVoedselwetenskap) [3 jaar]Sluitingsdatum: 30 September

Beroepe: Daar bestaan wêreldwyd ’n behoefte aan gegradueerdes met opleiding in beide voeding en voedselwetenskap en dit is ’n werklikheid in Suid-Afrika. Hierdie kombinasie bied loopbaanmoontlikhede as voedsel- en voedingsanaliste, voeding- en voedselgesondheidsrisiko-ondersoekbeamptes, voedselstelselvoldoeningsbestuurders, ontwikkelaars van voedsame voedselprodukte, voedselverpakking- en etiketteringspesialiste, sintuiglike wetenskaplikes, voedsel- en voedingswetgewingspesialiste, sleutelrekeningbestuurders en raadgewers vir die voedsel-, gesondheid- en verbruikersektor. (Meer op bl 22.)

Page 11: Fakulteitsbrosjure: Natuur- en Landbouwetenskappe 2011/12 · Departement Fisika 18 Sentrum vir Wetenskap-, Wiskunde- en Tegnologie-onderwys 18 Landbou- en Voedselwetenskappe 18 Departement

Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe 8

Voorgraadse studieprogramme

Landbou- en VoedselwetenskappeDie vereistes vir die volgende grade is:

Program (graad)DuurSluitingsdatums

Afrikaans ofEngels

Addisionele NSS-taal

Wiskunde (Wiskundige

Geletterdheid word nie aanvaar nie)

Fisiese Wetenskap

Twee ander NSS-vakke

TPT

4 (50–59%) 4 (50–59%) 5 (60–69%) of 4 (50–59%), slegs indien 5 behaal is vir Fisiese Wetenskap

5 (60–69%) of 4 (50–59%), slegs indien 5 behaal is vir Wiskunde

4 (50–59%) 30

BSc(Agric)(Landbou-ekonomie/Agribesigheidsbestuur)[4 jaar]Sluitingsdatum: 30 September

Beroepe: Landbou-ekonome is betrokke by baie verskillende sektore van die ekonomie. Party is betrokke by die ontleding en begrip van verbruikers se gedrag ten opsigte van hulle behoeftes en bereidwilligheid om vir voedsel en klere te betaal. Ander landbou-ekonome is weer betrokke by omgewingsbestuur en hulpverlening aan die regering en besighede om die volhoubare gebruik van skaars hulpbronne soos water en bewerkbare grond te verseker. Sommige landbou-ekonome dryf handel op wêreldwye finansiële markte en werk by die Johannesburgse Effektebeurs in Sandton of by Wall Street in New York. Ander werk vir banke en finansier voedselverwerkers soos bakkers en brouerye, of boere en die verskaffers van insette. Sommiges werk vir die regering en adviseer die regering oor hoe om te verseker dat daar genoeg kos is vir al die mense in die land, en sommiges werk by handelsbanke waar hulle kliënte en bestuurders adviseer oor hoe om finansiële, risiko- en kommoditeitsmarkte te bestuur. Verder speel landbou-ekonome ’n noodsaaklike rol in navorsing en ontwikkeling in die landbousektor. Landbou-ekonome reis baie en ontmoet interessante mense. Hulle reis plaaslik en na die meeste ander dele van die wêreld, soos Afrika, die VSA, China, Suid-Amerika, Australië en Europa. Hulle doen dit om die beste insette aan te koop om voedsel en klere te produseer, maar ook om markte vir produkte te identifiseer en te verstaan. ’n Landbou-ekonoom is dus iemand wat belangstel in mense en hul kulture, in die natuur en in besigheid en bestuur. Hy of sy moet goeie interaksie met mense kan hê, maar moet ook statistieke en wiskunde gebruik om die interaksie tussen mense, die natuur en die ekonomie te verstaan. (Meer op bl 18–19.)

BSc(Agric)(Veekunde)[4 jaar]Sluitingsdatum: 30 September

BSc(Agric)(Veekunde:Weidingskunde) [4 jaar]Sluitingsdatum: 30 September

Beroepe: Professionele veekundige, privaat konsultant, dierevoedingkundige, dierefisioloog, diereteeltkundige, navorser, boer of teler. ’n Veekundige kan ’n kommersiële of wildboer wees of betrokke wees by die bestuur van ’n plaas of wildreservaat. Hy of sy kan as ’n spesialiskonsultant of navorser praktiseer in produksiestelsels, veevoeding, veeteling, dieregenetika of veeprodukte, of kan betrokke wees by die bestuur van die natuurlike omgewing volgens ekologiese beginsels. ’n Veekundige kan ’n besigsheidsentrepreneur, administrateur, onderwyser of dosent wees. Neem kennis: BSc(Agric)-gegradueerdes voldoen aan die vereistes vir registrasie as ’n professionele veekundige. (Meer op bl 20.)

BSc(Agric) (Voedselwetenskap- en tegnologie) [4 jaar]Sluitingsdatum: 30 September

Beroepe: Voedselwetenskaplikes met hoogs bemarkbare opleiding en professionele vaardighede werk in Suid-Afrika en in die buiteland as voedselrisikobepalers, kwaliteit- en veiligheids-versekeringbestuurders, voedselchemici, voedselmikrobioloë en -biotegnoloë, verpakking- en raklewespesialiste, veiligheidsouditeurs, produk- en prosesontwikkelingsbestuurders, tegnieseverkope- en bemarkingsadviseurs, sintuiglike wetenskaplikes, voedselbiowetenskaplikes (broumeester of geurontwikkelingspesialis) in die voedselprosesseringsbedryf en verwante bedrywe. Voedselwetenskaplikes se werksomgewing sluit laboratoriums, voedselproduksieaanlegte, besigheidspersele, opleidingslokale, kleinhandelsorganisasies, staatsinstellings en navorsingsorganisasies in. Voedselwetenskaplikes is ook werksaam in nywerhede en maatskappye wat materiale (verpakking en voedselmiddels, soos kleur- en geurmiddels) vir die voedselbedryf vervaardig of wat sekondêr by voedselproduksie en -verkope betrokke is. (Meer op bl 21–22.)

BSc(Agric) (Plantpatologie) [4 jaar]Sluitingsdatum: 30 September

Beroepe: Saadkweker, boer, navorser, dosent en konsultant. (Meer op bl 14.)

BSc(Agric)(ToegepastePlant en Grondweten-skappe) [4 jaar]Sluitingsdatum: 30 September

Beroepe: Onderwys en opleiding by skole en akademiese instellings. Navorsing en bestuur by verskeie openbare en privaat instellings. Openbare sektor: Die Landbounavorsingsraad, Departement van Waterwese en Omgewingsake, Departement van Toerisme, Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, Departement van Minerale Hulpbronne, Departement van Energie, die WNNR, provinsiale landbou- en natuurbewaringsafdelings, die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut, stadsrade, Suid-Afrikaanse Nasionale Parke, nasionale landbou- en voedselprosesseringsagentskappe, ens. Privaat sektor: Maatskappye betrokke by saad-, kunsmis- en plantbesker mingsnavorsing en -ontwikkeling, omgewingsbestuur en -beplanning, kwekerye, groente-, vrugte-, sierplant- en snyblomprodusente, besproeiing, ens. Voorligtingsdienste vir kennisoordrag: Natuurbewaring, nasionale en provinsiale landbou- en omgewingsdepartemente, omgewingsbestuur en -rehabilitasie, kwekerye, gewasse, turfgras- en onkruidbestuur, privaat maatskappye vir dienslewering in veldgewas-, groente-, medisinale en aromatiese plant-, vrugte-, sierplant- en snyblomproduksie, ens. Entrepreneur: Konsultante in gewas, weiding, groente, medisinale en aromatiese plante, sierplant- en snyblomproduksiestelsels en landskapontwerp. Bedryf van eie plase en kwekerye vir uitgebreide (veld) of intensiewe (tonnel/kweekhuis) produksie van verskeie gewasse. Bestuur van maatskappye wat spesialiseer in besproeiing en grondherwinning en -bewaring. (Meer op bl 15.)

Page 12: Fakulteitsbrosjure: Natuur- en Landbouwetenskappe 2011/12 · Departement Fisika 18 Sentrum vir Wetenskap-, Wiskunde- en Tegnologie-onderwys 18 Landbou- en Voedselwetenskappe 18 Departement

9 Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe

Voorgraadse studieprogramme

Voorwaardelike toelating met betrekking tot die grade hierbo: Kandidate wat nie aan die minimum toelatingsvereistes voldoen nie en wat ’n TPT van 30 behaal het, minstens 4 (50–59%) vir Wiskunde en Fisiese Wetenskap, en wat die Institusionele Vaardigheidstoets afgelê het, kan oorweeg word vir toelating tot die BSc(Agric) of BSc Vierjaarprogram . Let asseblief daarop dat studente wat in die BSc Vierjaarprogram geplaas word, minstens vyf jaar sal neem om die BSc(Agric)-program te voltooi. (Meer op bl 10.)

Kandidate wat aan geen van bogenoemde vereistes voldoen nie:Die vereistes vir die *verlengde BSc Vierjaarprogram: Biologiese- en Landbouwetenskappe is ’n TPT van 22 met 4 in Afrikaans of Engels, 4 in ’n ander taal, 4 in Wiskunde (of 3, indien 4 vir Fisiese Wetenskap behaal is), 4 in Fisiese Wetenskap (of 3, indien 4 vir Wiskunde behaal is). Die Institusionele Vaardigheidstoets is ’n vereiste (verleng die BSc(Agric) na vyf jaar). Let asseblief daarop dat studente wat in die BSc Vierjaarprogram geplaas word, minstens vyf jaar sal neem om die BSc(Agric)-program te voltooi. (Meer op bl 10.)

VerbruikerswetenskapDie vereistes vir die volgende grade in Verbruikerswetenskap is:

Program (graad)DuurSluitingsdatums

Afrikaans of Engels Addisionele NSS-taal

Wiskunde (Wiskundige

Geletterdheid word nie aanvaar nie)

Drie ander NSS-vakke

TPT

4 (50–59%) 4 (50–59%) 4 (50–59%) 4 (50–59%) 26

B Verbruikerswetenskap: Kleding(Kleinhandelbestuur) [4 jaar]Sluitingsdatum: 30 September

Beroepe: Kleinhandelbestuur: Afdeling- of winkelbestuurder; aankoper in modebedryf, visuelehandelswarebeplanner, modejoernalistiek, tekstieltegnoloog (gehaltebeheer), verbruikers-konsultant, entrepreneur. (Meer op bl 20.)

B Verbruikerswetenskap: Voedsel(Kleinhandelbestuur) [4 jaar]Sluitingsdatum: 30 September

Beroepe: Bestuurspos in restaurant, spyseniering, voedseldienseenheid, bemarkings- of verkoopsbestuurder, joernalis, entrepreneur. (Meer op bl 20.)

B Verbruikerswetenskap: Interieurware (Kleinhandelbestuur)[4 jaar]Sluitingsdatum: 30 September

Beroepe: Aankoper of beplanner in kleinhandel, kleinhandelbestuurder, verbruikersadviseur of -fasiliteerder, entrepreneur, interieur- en dekorbeplanner vir huiseienaars of korporatiewe omgewings. (Meer op bl 20.)

B Verbruikerswetenskap (Gasvryheidsbestuur) [4 jaar]Sluitingsdatum: 30 September

Beroepe: Hotel- en restaurantbestuurder, uitvoerende sjef, uitvoerende hotelhuishouer, bemarking, verkoops- of spysenieringsbestuurder, onderwys en opleiding, joernalis, verbruikerskonsultant, entrepreneur. (Meer op bl 20.)

B Verbruikerswetenskap: Ed(Gasvryheidstudies) [4 jaar]Sluitingsdatum: 30 September

Beroepe: Onderwyser in hotelhouding en spyseniering, ekonomie, bedryfsekonomie en toerismebestuur, opleidings- en assesseringsbeampte, leweransier, bakker, banketbakker, voedseldiensbestuurder, uitvoerende sjef, uitvoerende hotelhuishouer, restaurantbestuurder, entrepreneur in spyseniering en geleentheidsfasilitering. (Meer op bl 20.)

B Verbruikerswetenskap: Ed(Verbruikerstudies) [4 jaar]Sluitingsdatum: 30 September

Beroepe: Onderwys in verbruikerswetenskap, lewensvaardighede, tegnologie- en ondernemingsbestuur, opleidingsbeampte, entrepreneur in die lewering van voedseldienste, geleentheidsfasiliteerder. (Meer op bl 20.)

Voorwaardelike toelating met betrekking tot die grade hierbo: Kandidate wat nie aan die minimum toelatingsvereistes voldoen nie en wat ’n TPT van 24 of 25 behaal het en 4 (50–59%) vir Wiskunde, en wat die Institusionele Vaardigheidstoets afgelê het, kan oorweeg word vir toelating tot die grade B Verbruikerswetenskap of B Verbruikerswetenskap(Ed) . Neem kennis: Geen verlengde program in Verbruikerswetenskap word aangebied nie. (Meer op bl 10.)

Wiskundige WetenskappeDie vereistes vir die volgende graad is:

Program (graad)DuurSluitingsdatums

Afrikaans of Engels Addisionele NSS-taal

Wiskunde (Wiskundige

Geletterdheid word nie aanvaar nie)

Drie ander NSS-vakke

TPT

4 (50–59%) 4 (50–59%) 7 (80–100%) 4 (50–59%) 32

BSc(Aktuariële en FinansiëleWiskunde) [3 jaar]Sluitingsdatum: 30 September

Beroepe: Aktuariële en Finansiële Wiskunde is ’n gewilde dissipline, met loopbaanmoontlikhede in die besigheidsmark en by beleggingsinstellings soos banke en versekeringsmaatskappye. Wiskundiges se vaardighede is noodsaaklik in portefeuljebestuur en die modellering van finansiële risiko. Die program berei die student voor vir ’n professionele loopbaan as ’n aktuaris of ’n finansiële ingenieur. ’n Aktuaris of aktuariële tegnikus se aktiwiteite sluit in langtermyn-kapitaalprojekte, ontwerp van mediese skemas se voordele, bestuur van pensioenfondse, vasstelling van bydraes en die finansiële bestuur daarvan op ’n stabiele langtermyngrondslag, evaluering van beleggings in aandele, eiendom en ander transaksies en die vasstelling van premies en reserwes vir uitstaande eise van versekeraars. Finansiële ingenieurs word in diens geneem deur banke en finansiële instellings, makelaarsfirmas en beleggingsinstansies. Hul wiskundige vaardighede is noodsaaklik in portefeulje- en risikobestuur. Aktiwiteite sluit die volgende in: batebestuur (handel in effekte, termynkontrakte en afgeleide instrumente, soos opsies), die ontwerp van nuwe finansiële produkte, en die ontwikkeling van strategieë om kredietrisiko te beheer. (Meer op bl 22.)

Voorwaardelike toelating: Kandidate wat nie aan die minimum toelatingsvereistes vir die BSc(Aktuariële en Finansiële Wiskunde) voldoen nie en wat ’n TPT van 30 of 31 behaal het, en minstens 6 (70–79%) vir Wiskunde, en wat die Institusionele Vaardigheidstoets afgelê het, kan oorweeg word vir toelating tot die BSc(Wiskundige Wetenskappe) of ’n ander graad in Wiskundige Wetenskappe. (Meer op bl 10.)

Kandidate wat aan geen van bogenoemde vereistes voldoen nie:Die vereistes vir die *verlengde BSc Vierjaarprogram: Wiskundige Wetenskappe is ’n TPT van 22, 4 in Afrikaans of Engels, 4 in ’n ander taal, 4 in Wiskunde, en die aflê van die Institusionele Vaardigheidstoets. (Meer op bl 10.)

Page 13: Fakulteitsbrosjure: Natuur- en Landbouwetenskappe 2011/12 · Departement Fisika 18 Sentrum vir Wetenskap-, Wiskunde- en Tegnologie-onderwys 18 Landbou- en Voedselwetenskappe 18 Departement

Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe 10

Voorgraadse studieprogramme

Wiskundige WetenskappeDie vereistes vir die volgende graad is:

Program (graad)DuurSluitingsdatums

Afrikaans of Engels Addisionele NSS-taal

Wiskunde (Wiskundige

Geletterdheid word nie aanvaar nie)

Drie ander NSS-vakke

TPT

4 (50–59%) 4 (50–59%) 6 (70–79%) 4 (50–59%) 30

BSc(Wiskunde)[3 jaar]Sluitingsdatum: 30 September

BSc(Toegepaste Wiskunde)[3 jaar]Sluitingsdatum: 30 September

Beroepe: Gegradueerdes in wiskunde en toegepaste wiskunde word in diens geneem deur navorsingsinstansies, opvoedkundige instellings (universiteite en skole), die openbare sektor (staatsdiens, mediese instellings) en die privaat sektor (ingenieursfirmas, finansiële instellings, die rekenaarbedryf). Gegradueerdes se opleiding in abstrakte, analitiese en berekeningskundige denkwyses gee hulle die agtergrond om maklik aan te pas by veranderende omstandighede in die beroepsomgewing en om wiskundige modelle van natuurlike, tegnologiese en finansiële verskynsels te konstrueer. Wiskundiges en toegepaste wiskundiges pas bestaande probleemoplossingstegnieke toe, evalueer en pas hulle aan of ontwikkel nuwe tegnieke om probleme op te los. (Meer op bl 22.)

BSc(Wiskundige Statistiek)[3 jaar]Sluitingsdatum: 30 September

Beroepe: Finansiële instellings: Statistici wat spesialiseer in ekonomiese toepassings van statistiek (ekonometrie) werk met aspekte soos nasionale produksie en besteding, internasionale ekonomiese verhoudings, indiensneming, openbare finansies en verwante kwessies. In die versekeringsbedryf word statistici gebruik in gebiede soos aktuariële werk, bemarking, aandele- en eiendomsbeleggings. Marknavorsingsorganisasies speel ’n belangrike rol in die versameling van inligting wat gebruik word om die kwaliteit van besluitneming in verskeie bedryfsektore te verbeter. Industrie: Statistici word al hoe meer in diens geneem in bedryfsektore soos mynbou, produksie en staatskorporasies, byvoorbeeld Eskom, Sasol, AECI en die farmaseutiese bedryf oor die algemeen. Georganiseerde landbou is ’n ander baie belangrike bedryf wat gesofistikeerde statistiese tegnieke gebruik om te voorsien in die groeiende vraag na voedsel en dienste. Navorsingsrade: Navorsingsrade en onderwysinstellings is bekende groot werkgewers vir wetenskaplikes in verskillende dissiplines en stel statistici aan om wetenskaplik gebaseerde navorsingsuitsette te verseker. Die Mediese Navorsingsraad, WNNR en die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing word hierby ingesluit. Statistici is ook betrokke by die opleiding van studente aan universiteite, ens. Die uitdagings van moderne onderwys en goeie navorsing is baie toepaslik, veral in Suid-Afrika. Die openbare sektor: Die staat gebruik bekwame statistici in baie van sy departemente, waarvan die vernaamste Statistiek Suid-Afrika is. Die departement is verantwoordelik vir die vyfjaarlikse bevolkingsensus en die berekening van bekende ekonomiese aanwysers soos die inflasiekoers. (Meer op bl 23.)

Voorwaardelike toelating: Kandidate wat nie aan die minimum toelatingsvereistes voldoen nie en wat ’n TPT van 30 behaal het, minstens 5 (60–69%) vir Wiskunde, en wat die Institusionele Vaardigheidstoets afgelê het, kan oorweeg word vir toelating tot die BSc(Wiskundige Wetenskap) of BSc(Wiskundige Statistiek) of BSc Vierjaarprogram. (Meer op bl 10.)Kandidate wat aan geen van bogenoemde vereistes voldoen nie:Die vereistes vir die *verlengde BSc Vierjaarprogram: Wiskundige Wetenskappe is ’n TPT van 22, 4 in Afrikaans of Engels, 4 in ’n ander taal, 4 in Wiskunde, en die aflê van die Institusionele Vaardigheidstoets. (Meer op bl 10.)

*Slegs Wiskunde word in hierdie Fakulteit aanvaar, en nie Wiskundige Geletterdheid nie. Verlengde Vier- en Vyfjaarprogramme word in hierdie fakulteit aangebied, gebaseer op ʼn fakulteitskeuring, ʼn verpligte Institusionele Vaardigheidstoets sowel as die vereistes hierbo gelys vir spesifieke grade: Kontak Tel: +27 (0)12 420 5497 of +27 (0)12 420 4578 vir meer inligting in verband hiermee.

Verlengde BSc Vierjaarprogram: Die eerste studiejaar se lesings word op die Mamelodikampus van die Universiteit aangebied. Studente wat die eerste jaar suksesvol voltooi, woon vanaf die tweede studiejaar lesings op die Hatfieldkampus by.

TAALMEDIUMIn die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe is die voertaal óf Afrikaans óf Engels, óf albei tale, indien daar 'n aanvraag is en dit akademies en ekonomies regverdigbaar is. Let asseblief daarop dat die BSc Verlengde Vierjaarprogram slegs in Engels aangebied word.

VIR MEER INLIGTING: www.up.ac.za

Die omgewingsbestuurdissipline is uitdagend, gedurig veranderend en baie opwindend. Daar is nooit ‘n vervelige oomblik tussen die rondreis, veldwerk en die bietjie tyd wat ek op kantoor deurbring nie. Elke volwaardige omgewingsbestuurpraktisyn het ‘n grondige kennis van Suid-Afrika se Wet op Nasionale Omgewingsbestuur nodig, gekombineer met soliede wetenskaplike beginsels. ‘n Holistiese benadering is die sleutel tot ‘n volledige begrip van die interaksies tussen mense en die omgewing. Ek het ‘n BSc(Hons) in Omgewingsbestuur en –analise en ek het talle toekennings ontvang: die Geografietoekenning, Beste Honneursstudent in Omgewingsbestuur en -analise, Akademiese Erekleure (2008

en 2009), die toekenning vir die Beste Honneursprojek en die Nasionale Geomorfologietoekenning vir die Beste Honneursprojek.

Henno Engelbrecht

Page 14: Fakulteitsbrosjure: Natuur- en Landbouwetenskappe 2011/12 · Departement Fisika 18 Sentrum vir Wetenskap-, Wiskunde- en Tegnologie-onderwys 18 Landbou- en Voedselwetenskappe 18 Departement

11 Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe

Meer oor die BSc Vierjaarprogram

Meer oor die BSc VierjaarprogramDie nuwe BSc Vierjaarprogram verleen toegang tot wetenskap -en wetenskapgebaseerde graadprogramme deur laer toelatingsvereistes te stel as die gewone toelatingsvereistes vir BSc- en BSc(Agric)-graad-programme. Dit voorsien intensiewe opleiding om studente voor te berei vir verdere studie in die normale BSc- en BSc(Agric)-graadprogramme. Die program is toeganklik vir alle Graad 12-kandidate.

Die program word slegs in Engels aangebied. Studente wat tot die BSc Vierjaarprogram toegelaat word, sal vir die eerste jaar op die Mamelodi-kampus geplaas word. Verblyf is beskikbaar in die Naledi-koshuis wat op die Savannah Estate naby die kampus geleë is.

Die duur van die program is 18 maande (drie semesters). Studente wat die eerste fase suksesvol afgelê het, besit krediete wat gelykstaande is aan die eerste semester van die eerste jaar van die BSc/BSc(Agric)-graadprogramme en mag dus vir die tweedesemestermodules van ’n geselekteerde in ’n eerste jaar van BSc/BSc(Agric) registreer. Oorplasing na die tweede jaar van die spesifieke BSc of BSc(Agric)-program vind in die derde jaar van registrasie plaas. Die volgende strome word in hierdie program aangebied: Wiskundige Wetenskappe, Biologiese en Landbouwetenskappe en Fisiese Wetenskappe. Studente wat loopbane in ingenieurswese of gesondheidwetenskappe wil volg, mag teen die einde van die eerste jaar van die program by hierdie strome inskakel. Die Fisiese Wetenskappe-stroom is geskik vir studente wat ingenieurswese wil volg, terwyl die Biologiese en Landbouwetenskappe-stroom geskik is vir grade in gesondheidswetenskappe. Studente mag aan die einde van die eerste semester van een stroom na die ander oorskakel.

Biologiese Wetenskappe

Departement Biochemie

Die rol van biomolekules in alle lewende stelsels word bestudeer om lewensprosesse en strukturele en funksionele aspekte van makromolekules van die sel te verklaar. Met moderne metodes van genoomontleding, die selektiewe uitdrukking van genoominligting en metaboliese profielbepaling van heel selle, word uitdagings van nasionale en internasionale omvang aangespreek, soos MIV/Vigs, malaria, tuberkulose en dieresiektes. Studente wat hierin belangstel, sal hul kennis onder andere op die gebied van die landbou, veeartsenykunde en geneeskunde kan toepas.

Beskrywing van die studieprogram

Biochemie bestaan uit verskillende spesialiteitsvelde. Gedurende die eerste studiejaar sal studente blootgestel word aan ’n groot verskeidenheid vakke in die biologiese en landbouwetenskappe. In die tweede en derde jaar spesialiseer hulle in chemie en biochemie, waar hul fundamentele kennis aangevul word deur toepaslike praktiese studies waar hulle navorsingsmetodes en -beginsels leer. In die derde jaar word makromolekules, insluitend DNA, proteïene en die immuunstelsel, in detail bestudeer in gespesialiseerde vakke soos

proteoomanalise, xeno-biochemie, ensiemologie en immunobiologie. Sinvolle vakkombinasies is chemie, mikrobiologie, genetika en fisiologie. Alle vakke sluit teoretiese en praktiese komponente in. Die geleentheid bestaan ook om keusevakke in die studieprogram in te sluit. Nagraadse studie in biochemie sluit honneurs-, meesters- en doktorsgrade in. Die eenjaarhonneursgraad behels hoofsaaklik ’n sterk selfstudiekomponent en bied blootstelling aan ’n reeks toepaslike tegnologieë en ’n navorsingsprojek. Op meesters- en doktorale vlak word daar van die studente verwag om navorsingsprojekte in een van die navorsingsgebiede van die departement te voltooi wat HIV/Vigs, malaria, tuberkulose, bosluisverwante siektes en plantmedisyne insluit.

Bioinformatika

Bioinformatika is die toepassing van rekenaarwetenskap-, wiskundige, statistiese en informatikategnieke op biologiese data. Die biologiese data kan wees in die vorm van proteïen- of nukleϊensuurvolgordes, heel genome, makromolekulêre strukture, uitdrukkingsvlakke, transkripsievlakke of modelle van metaboliese padweë. Bioinformatika vind plaas op verskeie vlakke, vanaf suiwer toepassings op biologiese probleme tot sagteware- en algoritmeontwerp. Bioinformatika kan toegepas word op die gebied van landbou, veeartsenykunde, gesondheid, omgewingswetenskappe en inligtingstegnologieverwante dissiplines.

Beskrywing van die studieprogram

Bioinformatika is gebaseer op biologiese, wiskundige en rekenaarwetenskappe. Die voorgraadse program word as die graad BSc(IT) Bioinformatika aangebied, maar kan ook deur enige BSc in die biologiese wetenskappe benader word met Bioinformatika as ’n keusevak in die finale jaar. Nagraadse studies sluit die honneurs, meesters- en doktorale grade in. Studente met grade in biologiese wetenskappe, rekenaarwetenskap, wiskundige of statistiese wetenskappe en ander verwante dissiplines kan toegelaat word tot die eenjaarhonneursgraad. Addisionele biologiese, rekenaarwetenskaplike of wiskundige vakke mag voorgeskryf word. Op meesters- en doktorale vlak moet studente ’n navorsingsprojek voltooi.

Departement MensfisiologieMensfisiologie is ’n hoofvak vir twee grade in die Biologiese Wetenskappe: die BSc(Mensfisiologie) en die BSc(Mensfisiologie, Genetika en Sielkunde). Ander spesiale kursusse in mensfisiologie word ook aangebied vir grade in geneeskunde, tandheelkunde, verpleegkunde, dieetkunde, kommunikasiepatologie, arbeidsterapie, fisioterapie, radiografie, voedselwetenskap en sekere rigtings van verbruikerswetenskappe. In mensfisiologie word die funksionering van die menslike liggaam bestudeer. Hierdie studierigting is ideaal vir studente wat intens belangstel in die menslike liggaam, wat meer kompleks is as enige masjien of rekenaar. Om dit werklik te verstaan, moet ’n mens kennis hê van hoe al die miljoene deeltjies waaruit die liggaam opgebou is, funksioneer – afsonderlik en gesamentlik. Begrip en kennis van die aard van die individuele liggaamsdele word op kennis van die onderliggende molekules, selle, weefsels en organe en hul interaksie in die mens gegrond.

Page 15: Fakulteitsbrosjure: Natuur- en Landbouwetenskappe 2011/12 · Departement Fisika 18 Sentrum vir Wetenskap-, Wiskunde- en Tegnologie-onderwys 18 Landbou- en Voedselwetenskappe 18 Departement

Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe 12

Biologiese Wetenskappe

Beskrywing van die studieprogram

Gedurende die eerste studiejaar van die BSc(Mensfisiologie) word studente aan ’n generiese verskeidenheid basiese vakke in die biologiese en landbouwetenskappe blootgestel. In die tweede jaar is die kursus in mensfisiologie so ingedeel dat al die liggaamstelsels eers sistematies bestudeer word (neurofisiologie, hematologie, kardiovaskulêre fisiologie, nierfisiologie, voeding en spysvertering, endokrinologie en voortplanting), met Biochemie as verpligte vak. Daarna volg ’n geïntegreerde en toegepaste kursus in die derde jaar waarin fisiologiese aanpassings in sport, die bedryf, voeding en ontwikkeling, asook psigoneuro-immunologie en selfisiologie, bespreek word. Die geleentheid bestaan om ’n paar keusevakke in die studieprogram in te sluit. Benewens bogenoemde, is genetika en sielkunde verpligte vakke in al drie studiejare van die BSc(Mensfisiologie, Genetika en Sielkunde).

Nagraadse studie

Nagraadse kursusse (BSc(Hons), MSc en PhD) in Mensfisiologie kan gevolg word na die verwerwing van die BSc(Mensfisiologie) en BSc(Mensfisiologie, Genetika en Sielkunde). Na laasgenoemde graad kan nagraadse kursusse in genetika en sielkunde ook gevolg word. Om te kwalifiseer vir die honneurskursus in fisiologie, moet ’n gemiddelde punt van ten minste 60% vir die voorgraadse mensfisiologiemodules behaal word. ’n Toelatings-eksamen in algemene fisiologie moet afgelê word voor keuring vir die honneurskursus. Die eenjaarhonneurs-kursus behels ’n sterk selfstudiekomponent, blootstelling aan ’n reeks toepaslike navorsingstegnieke en ’n navorsingsprojek in een van sportfisiologie, sellulêre fisiologie en neurologie. Op meesters- en doktorale vlak word daar van studente verwag om navorsingsprojekte in een van die navorsingsgebiede van die departement te voltooi.

Departement Genetika

Genetika en Mensgenetika

Genetika is ’n lewendige, toonaangewende dissipline wat grondliggend is aan die biologiese, landbou-, veeartsenykundige en mediese wetenskappe, in kommersiële sowel as akademiese aspekte. Tussen 2001 en 2008 is daar sewe Nobelpryse toegeken vir deurbrake in die breëre veld van genetika. ’n Steeds toenemende verskeidenheid nuwe beskikbare tegnologieë verryk deurgaans die bestaande navorsingsstrategieë en bied opwindende nuwe moontlikhede vir navorsing, nie net in genetika nie, maar telkens ook op verwante biowetenskaplike gebiede.

Oor die afgelope paar jaar het ons gesien dat die genome van verskeie diere, plante en skadelike patogene gedekodeer is, asook dié van die mens. Hierdie vooruitgang het aanleiding gegee tot die ontwikkeling van nuwe insiggewende genoomwye metodes om geenfunksie en genetiese diversiteit te bestudeer op die vlakke van selle, organismes, bevolkings en spesies. Tegnieke soos hoëomset genetiese sifting en DNA-vingerafdrukke is reeds onmisbaar in die ontwikkeling van farmaseutiese middels en in die forensiese wetenskappe. Berekeningsmodellering is ook uiters waardevol om gene te vind wat die felheid van siektes beïnvloed, insig

verskaf in die ontstaan en verspreiding van ontluikende virusse (soos H1N1), en ook om die verwantskap tussen individue, beide binne en tussen spesies, te verstaan. Kennis van genetika is verder van integrale belang op die gebied van bevolkingsbiologie, insluitend molekulêre ekologie en evolusie, gedragsekologie, biodiversiteit en bewaring, asook bioremediasie en volhoubare landbou, siende dat dit verband hou met globale verwarming en ander nagevolge van ons groeiende menslike bevolking. Gegewe die krag van genetika, is dit nie verbasend dat die toepassings daarvan gereeld kontroversieel is nie; dus is dit nodig om hierdie vakgebied te verstaan sodat daar met insig gedebatteer kan word oor die etiek van geneties gemodifiseerde organismes, geenterapie, stamselnavorsing, in vitro-fertilisasie, genetiese toetsing en vele ander verwante aspekte.

Die Departement Genetika is ’n aktiewe speler in die internasionale wetenskaplike arena en bied internasionaal erkende voor- en nagraadse grade aan. Die grade is navorsingsgeoriënteerd en het ’n sterk fokus op die ontwikkeling van analitiese vaardighede. Hy beklemtoon verder deurgaans die waarde van ‘oordraagbare vaardighede’ in die studieprogramme, siende dat sulke vaardighede telkens deurslaggewend is in die werksoekproses. Studente leer ook vaardighede aan in syferkunde, analitiese en kritiese denke, asook kreatiewe probleemoplossing en datahantering, wat hulle toerus om ook in in niewetenskaplike beroepe soos verkope en bemarking, patentewerk en joernalistiek suksesvol te wees. Daar word ook gevind dat werkgewers in die besigheidsveld, regte, rekenaarprogrammering en die media, beroepe wat tradisioneel nie opleiding in die biologie vereis het nie, meer en meer vind dat hulle ten minste ’n werkende kennis benodig van die basiese beginsels van die molekulêre biowetenskappe.

Biotegnologie

Molekulêre biotegnologie behels die gebruik van in vitro genetiese manipulasie en rekombinante DNA-metodes om plante, diere en mikro-organismes geneties te modifiseer. Dit het moontlik geword danksy die groot vordering in ons begrip van die samestelling, struktuur en funksionering van die genetiese materiaal wat voorkom in die selle van alle lewende organismes. Biotegnoloë stel hulle dit ten doel om spesifieke eienskappe in hul teikenorganismes te herstel, modifiseer, te versterk of te ontgin vir ’n breë spektrum van praktiese toepassings, insluitend verbeterde voedselproduksie, siektebehandeling, bewaring en bioremediëring. Die toeloop van nuwe tegnologieë verryk deurlopend die bestaande navorsingstrategieë en bied nuwe geleenthede vir navorsing, nie net in genetika en biochemie nie, maar ook in die toegepaste biowetenskappe, soos plantkunde, mikrobiologie, plantpatologie, die veeartsenykundige wetenskappe en wildkunde. Dit is duidelik dat biotegnologie ’n deurslaggewende rol gaan speel in die toekoms van die mediese, landbou-, veeartsenykundige en ekologiese wetenskappe. Dit is ons verantwoordelikheid om te verseker dat hierdie vooruitgang op ’n verantwoordelike en beheersde wyse plaasvind, sodat dit nie ’n negatiewe uitwerking op die omgewing en ons eie gesondheid het nie.

Omdat biotegnologie funksioneer in die raakvlak van die wetenskappe en die besigheidswêreld, sal ’n agtergrond in biotegnologie gegradueerdes in staat stel om mee

Page 16: Fakulteitsbrosjure: Natuur- en Landbouwetenskappe 2011/12 · Departement Fisika 18 Sentrum vir Wetenskap-, Wiskunde- en Tegnologie-onderwys 18 Landbou- en Voedselwetenskappe 18 Departement

13 Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe

Biologiese Wetenskappe

en nywerheidsektore, die hoë navorsingspublikasie-uitsette en die verbintenis tot opleiding het tot gevolg dat gegradueerdes baie gesog is by instansies in die akademiese, regerings- en privaat sektore. Hulle beklee poste as dosente, mediese en forensiese wetenskaplikes, en verteenwoordigers in die medieswetenskaplike en farmakologiese bedrywe. Verskeie gegradueerdes studeer verder by internasionale fasiliteite in Noord-Amerika en Europa.

Die doel met hierdie program is om studente vir loopbane in mediese en verwante navorsing en vir die akademie voor te berei. Anatomie is die hoofvak, terwyl daar in die tweede en derde jaar keuses gemaak kan word ten opsigte van Fisiologie, Genetika en Farmakologie. Anatomie is ook verpligtend vir geneeskunde en alle verwante studierigtings. Die onderafdelings van anatomie is kliniese anatomie, selbiologie, fisiese antropologie en histologie. Hierdie studievelde dek die algemene makroskopiese struktuur of bou van die liggaam, die mikroskopiese struktuur van selle en weefsels, ontwikkeling op sellulêre en embriologiese vlak en die evolusie van die mens. Die teoretiese kennis word prakties toegepas deur skeletale oorblyfsels te ontleed (forensiese antropologie), weefsels voor te berei vir mikroskopie (histologiese tegnieke) en vergelykings te tref tussen mens- en dieranatomie (vergelykende anatomie).

Beskrywing van die studieprogram

Hierdie rigting is getalbeperk, en aansoeke moet dus betyds ingedien word. Die studieprogram is in die eerste ses maande soortgelyk aan dié van ander BSc-rigtings. In die tweede ses maande van die eerste jaar word enkele Anatomiemodules reeds bygewerk. In die tweede studiejaar word volledige disseksies van kadawers gedoen, en word kursusse in histologie, sel- en ontwikkelingsbiologie en paleoantropologie (die evolusie van die mens) aangebied. Fisiologie of Genetika- en Biochemiemodules moet ook geneem word. Met Anatomie as hoofvak in die derde jaar kan Fisiologie-, Genetika- en Farmakalogiemodules geneem word. In die derde studiejaar word die Anatomievakke meer toegepas, en studente neem vergelykende anatomie en word metodes geleer vir die analises van skeletmateriaal vir forensiese doeleindes, asook histologiese en selbiologietegnieke.

Departement Mikrobiologie en Plantpatologie

Die mikrobiologie- en plantpatologiedissiplines bied ’n fantastiese verskeidenheid van temas. Die kleinste mikrobes is virusse, gevolg deur bakterieë en fungi. Hierdie mikro-organismes is ’n onontbeerlike komponent van ons leefwêreld en studente word opgelei om hulle funksie en rol te bestudeer, asook hoe die mikrobes in ons daaglikse lewe benut of bestry kan word.

Mikrobiologie

Studente in mikrobiologie sal mikro-organismes, hoofsaaklik bakterieë, virusse en fungi (swamme en giste) bestudeer. Dit stel hulle in staat om die basiese prosesse van lewe te verstaan. Daar word ook gefokus op verskeie toegepaste aspekte soos die gebruik van nuttige mikro-organismes vir voedselproduksie,

te ding om werksgeleenthede oor ’n wye spektrum van gebiede in die biowetenskaplike en verwante bedrywe. Daar is opwindende loopbaangeleenthede vir innoverende wetenskaplikes en entrepreneurs in hierdie dinamiese vakgebied. Biotegnologielaboratoriums kan deel uitmaak van industriële, navorsings- of akademiese fasiliteite. Daar is ook toenemend geleenthede by privaat biotegnologiese laboratoriums wat in kontrakwerk spesialiseer. Die waarde van ‘oordraagbare vaardighede’ word ook deurgaans in hierdie studieprogram beklemtoon.

Beskrywing van die studieprogram

Die voorgraadse studieprogramme in Genetika en Mensgenetika verskaf ’n omvattende oorsig oor die aard, oordrag, uitdrukking en manipulasie van genetiese inligting in lewende organismes. Studente word blootgestel aan die verskeie toepassings van genetiese beginsels in sulke uiteenlopende vakgebiede soos genomika, genetiese ingenieurswese, molekulêre planteteling, biotegnologie, diagnose en risikobepalings van genetiese siektes, bio-etiek en bewaringsekologie, asook bevolkings-, gedrags- en evolusionêre studies – wat almal onderwerpe vir navorsing is.

Die biotegnologie studieprogram het dit ten doel om aan studente ’n deeglike agtergrond oor alle aspekte van die biowetenskappe, en terselfdertyd insig in die vakgebied van molekulêre biotegnologie, te gee. Voorgraadse opleiding in hierdie program sluit in blootstelling aan die basiese beginsels van Genetika, Biochemie, Plantkunde en Mikrobiologie tydens die eerste twee jaar. Die derde jaar fokus op uitgesoekte Genetika-, Biochemie- en Mikrobiologiemodules. Studente word op derdejaarsvlak heelwat geleentheid gebied om verskeie keusevakke in hul belangstellingsvelde te neem. Alle vakke bestaan uit teoretiese en praktiese komponente.

Gegradueerdes mag ook aangaan met verdere studie, naamlik honneurs-, meesters- en doktorsgrade. Die Departement Genetika bied nagraadse kwalifikasies in Genetika en Biotegnologie aan. Die eenjaarhonneursgraad bestaan uit ’n groot selfstudiekomponent, blootstelling aan ’n wye verskeidenheid toepaslike tegnologieë, en ’n navorsingsprojek van beperkte omvang. Die honneursgraad in biotegnologie bevat ook ’n inleiding tot die beginsels van entrepreneurskap. Op meesters- en doktorale vlak word daar van studente verwag om ’n goedgekeurde navorsingsprojek in een van die departement se erkende navorsingsgebiede te voltooi.

Departement Anatomie: BSc(Mediese Wetenskappe)

Die Departement Anatomie maak deel uit van die Skool vir Geneeskunde in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe en bied ’n BSc-graad in Mediese Wetenskappe binne die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe aan. Die doel van hierdie graad is om studente op te lei in die basiese mediese wetenskappe en dit sluit kliniese anatomie, fisiese en forensiese antropologie, histologie, selbiologie en embriologie in. Studente kan hierdie vakke kombineer met elektiewe modules van Fisiologie, Farmakologie en Genetika. Hierdie driejaargraad gee gegradueerdes ’n breë kennisbasis. Nagraadse studies word sterk aanbeveel, naamlik honneurs-, MSc- en PhD-grade in bogenoemde onderafdelings van Anatomie. Personeellede met stewige bande met die privaat

Page 17: Fakulteitsbrosjure: Natuur- en Landbouwetenskappe 2011/12 · Departement Fisika 18 Sentrum vir Wetenskap-, Wiskunde- en Tegnologie-onderwys 18 Landbou- en Voedselwetenskappe 18 Departement

Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe 14

Biologiese Wetenskappe

watersuiwering en industriële toepassings. Ander mikro-organismes is weer van groot belang in gesondheid en landbou, weens siektes wat deur hulle veroorsaak word. In hierdie opsig bestudeer mikrobioloë die patogene wat verantwoordelik is vir die ernstige infektiewe siektes van mense, diere en plante, om hulle te kan beheer en bestry. Mikrobioloë by die Universiteit van Pretoria werk dikwels op die molekulêre en sellulêre vlak met ’n fokus op onderwerpe soos die ontwerp van nuwe entstowwe en antimikrobiese strategieë, asook die ontwikkeling van nuwe metodes om mikrobes vinniger op te spoor en te identifiseer. Daar is ook ’n fokus om nuwe organismes te ontdek en te beskryf en om die evolusie, diversiteit en virulensie van mikro-organismes beter te verstaan.

Mikrobioloë is toegerus om ’n verskeidenheid beroepe te volg, wat van praktiese toepassings tot basiese navorsing behels. Werksgeleenthede is beskikbaar in die voedsel-, fermentasie- en waterindustrieë, as mediese of veeartsenykundige mikrobioloë, in landbou, as navorsers by organisasies soos die WNNR, die Mediese Navorsingsraad of Landbounavorsingsraad, of as dosente en navorsers by verskeie akademiese instansies.

Beskrywing van die studieprogram

Mikrobiologie het verskillende spesialiseringsgebiede.Gedurende die eerste twee studiejare van die BSc-driejaarprogram sal studente aan ’n groot verskeidenheid vakke in die biologiese wetenskappe blootgestel word. In die derde jaar fokus studente op meer gespesialiseerde onderwerpe in hul eie vakgebied, soos mikologie, virologie, bakteriologie, mikrobe-ekologie, kliniese mikrobiologie, plantpatologie, molekulêre mikrobiologie, mikrobeplantinteraksies of voedsel- en industriële mikrobiologie. Alle vakke sluit teoretiese en praktiese komponente in. Keusevakke uit ander vakrigtings kan by die studieprogram ingesluit word.

Nagraadse studies sluit honneurs-, meesters- en doktorsgrade in. Die eenjaarhonneursgraad behels ’n sterk selfstudiekomponent, blootstelling aan ’n reeks toepaslike tegnologieë en ’n beperkte navorsingsprojek. Op meesters- en doktorale vlakke word daar van die studente verwag om navorsingsprojekte in een van die departement se navorsingsgebiede te voltooi.

Plantpatologie

In Plantpatologie word studente as spesialiste in plantgesondheid opgelei. Om plante gesond te hou, bestudeer plantpatoloë die organismes wat plantsiektes veroorsaak, hoe plante geaffekteer word deur siektes

Ek het my BSc(Hons) in Voedselwetenskap suksesvol voltooi en my dikwels verwonder oor die wetenskaplike onderbou van voedsel. Ek is dankbaar dat ek ’n UP-prestasiebeurs, ’n NRF-beurs en die Aubrey Parsons-studiebeurs ontvang het, wat my gehelp het om my grade te behaal sonder geldelike druk. Ek is onlangs as ’n tegniesetoepassingsbestuurder by Anchor Yeast aangestel.

Romy Hochfeld

en hoe die siektes bestry kan word. Kennis hiervan is baie belangrik om kommersiële kwekers, boere en kleinskaalse kwekers te help om plantsiektes op verskeie maniere, soos geïntegreerde pes- en siektebeheer, te bestry. Studente word ook in na-oespatologie en voedselveiligheid opgelei, wat tot veiliger voedselprodukte van plantaardige oorsprong lei.

Beskrywing van die studieprogram

Die voorgraadse Plantpatologiegraad is ’n BSc(Agric)-graad. Tydens die eerste twee studiejare hiervan, word studente aan ’n groot verskeidenheid vakke in die biologiese en landbouwetenskappe blootgestel. Vanaf die derde studiejaar kry studente gespesialiseerde opleiding in plantpatologie, mikrobe-ekologie, parasitologie, plantgenetika, grondkunde, plantvoeding, onkruidwetenskap, epidemiologie en bestrydingkunde. Nagraadse studie sluit meesters- en doktorsgrade in. Op meesters- en doktorale vlakke word daar van studente verwag om navorsingsprojekte in een van die navorsingsgebiede van Plantpatologie te voltooi.

Departement Dierkunde en Entomologie

Die Departement Dierkunde en Entomologie verskaf uitnemendheid in onderrrig en volgehoue produktiwiteit in navorsing. Die departement dra by tot die opvoedkundige, kulturele, maatskaplike, ekonomiese en volhoubare ontwikkeling van Suider-Afrikaanse gemeenskappe in die biologiese sfeer, en streef daarna om plaaslik relevant en internasionaal mededingend te bly. Die departement se personeellede is ’n span uiters vaardige, internasionaal erkende wetenskaplikes, wat in hul navorsing en onderrigdoelwitte daarna streef om ’n omvangryke begrip te ontwikkel van die patrone, onderliggende prosesse en die bedreigings vir biodiversiteit in gebiede wat deur die mens beïnvloed word. Hoewel die departement se belangstelling in fauna hoofsaaklik gemik is op insekte (daar is meer van hulle as van enigiets anders) en soogdiere (Afrika is die tuiste van geweldig baie fauna), word daar ook met ’n groot verskeidenheid ander diere gewerk. Navorsingsgroepe in die departement is die Soogdiernavorsingsinstituut (SNI), Bewaringsekologienavorsingseenheid (BENE),

Page 18: Fakulteitsbrosjure: Natuur- en Landbouwetenskappe 2011/12 · Departement Fisika 18 Sentrum vir Wetenskap-, Wiskunde- en Tegnologie-onderwys 18 Landbou- en Voedselwetenskappe 18 Departement

15 Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe

Fisiese Wetenskappe

Sentrum vir Omgewingstudies (SVOS), en die informele Navorsingsgroep vir Sosiale Insekte (SIRG) en Miskruiernavorsingsgroep (SCARAB). Huidige navorsingsprojekte waarby nagraadse studente betrokke is, dek die dissiplines van eusosialiteit, gedrag, epidemiologie, chemiese ekologie, ekofisiologie, bevolkingsgenetika, bewaring en demografiese modellering. Projekte word in verskeie Afrikalande suid van die Sahara en in die Suidelike Oseaan uitgevoer en behels studies van walvisse, vinvoetiges en haaie langs die Suid-Afrikaanse kuslyn, die subantarktiese Prins Edward-eilande en die bevrore woestyne van Antarktika, die Namib- en Kalahariwoestyne, Namakwaland, Drakensberg, Karoo en die Nasionale Krugerwildtuin. Tesame met, onder andere, die imposante Afrika-olifant, renoster en leeu, fokus die Departement ook op kleiner soogdiere soos bakoorvosse, meerkatte en molrotte.

Die mens se uitwerking op sy omgewing het studies aangemoedig oor die invloed en beheer van uitheemse plantindringers, die inbring van eksotiese visse, woudfragmentasie en voëlgemeenskappe, miskruiers as biologiese aanwysers van landbou-ekosisteme en insekbewaring, insluitend grootkaakkewers wat duisende dollars op versamelaarsmarkte haal. ’n Gesonde lewenswyse en probleemvrye voedselproduksie word aangespeek deur projekte betreffende die potensiaal van gewasse as randakkers om die voorkoms van die plantluisoordraagbare virus in saadaartappels te verminder, en die rol van beestuberkulose en ander soönotiese siektes op menslike gesondheid tydens interaksie met vee en wild uit te pluis.

Beskrywing van die studieprogram

Dierkunde en entomologie het verskillende spesialiseringsgebiede. Gedurende die eerste twee studiejare sal studente aan ’n groot verskeidenheid vakke in die biologiese en landbouwetenskappe blootgestel word. In die derde jaar fokus studente meer op vakke wat met dierkunde en entomologie te doen het, byvoorbeeld kursusse in ekologie, bewaringsbiologie, evolusie, gedragsekologie, fisiologie, soogdierkunde, insekdiversiteit en insekplaagbestuur. Dierkunde word in drie hoofrigtings aangebied: dierkunde, entomologie en ekologie. Gegradueerdes kan nagraadse studie onderneem en honneurs-, meesters- en doktorsgrade behaal. Die eenjaarhonneursgraad behels hoofsaaklik ’n sterk selfstudiekomponent en ’n navorsingsprojek. Op meesters- en doktorale vlak word daar van studente verwag om navorsingsprojekte in een van die navorsingsgebiede van die Departement Dierkunde en Entomologie te voltooi.

Departement PlantkundePlante is merkwaardige organismes en ons weet heeltemal te min van hulle en hul nut vir mens en dier. Ons weet egter reeds dat plante die wêreld se beste fabrieke vir die sintese van waardevolle natuurlike produkte is.

In Medisinale Plantwetenskap sal studente ’n oorsig kry oor die ontdekking en gebruik van plantmedisyne en belangrike fitogeneeskundige molekules wat deur plante geproduseer word. In Plantbiotegnologie word die gebruik van modelplante en molekulêre metodes bespreek vir die ondersoek van totale plantfisiologie. Geen- en promoteridentifisering en oordragtegnieke vir plantverbetering word bestudeer. In plantdiversiteit en ekologie word die ryk en diverse plantegroei van

Suid-Afrika bestudeer met die oog op bewaring- en bestuurstrategieë vir die nageslag.

Die Departement Plantkunde aan die Universiteit van Pretoria is een van die oudste plantkundedepartemente in die land, maar is steeds dinamies en innoverend en spog met wêreldbekende navorsers (70% van die akademiese personeel het NRF-graderings). In ’n onlangse opname wat deur die ISI Web of Knowledge gedoen is, beklee die plant- en dierwetenskappe van die Universiteit van Pretoria die eerste plek in Suid-Afrika, gebaseer op die hoeveelheid publikasies en die aantal aanhalings in ISI-geakkrediteerde vaktydskrifte.

Beskrywing van die studieprogram

In die eerste twee studiejare word studente aan ’n groot verskeidenheid vakke in die biologiese wetenskappe blootgestel. Spesialisering vind eers in die derde jaar plaas.

Die departement spesialiseer in die volgende drie rigtings: plantdiversiteit en ekologie, plantbiotegnologie en medisinale plantwetenskap. Gedurende die derde jaar kry studente die geleentheid om plante tydens verskeie praktiese sessies en veldekskursies te bestudeer. Nagraadse studie in hierdie studieprogram sluit honneurs-, meesters- en doktorsgrade in. Die eenjaar voltydse en tweejaar deeltydse internetgebaseerde honneursgraad behels hoofsaaklik ’n intensiewe navorsingsprojek en ’n aantal teoretiese modules. Op meesters- en doktorale vlak word daar van studente verwag om navorsingsprojekte in een van die navorsingsgebiede van die departement te voltooi. Die departement ken jaarliks die Schweickert-medalje toe aan die beste honneursstudent in Plantkunde, die Margaretha Mes-medalje aan die beste honneursstudent in Plantbiotegnologie/Fisiologie en die Margaretha Mes-gedenkprys aan die beste derdejaardamestudent in Plantkunde.

Fisiese Wetenskappe

Departement Chemie

Chemie is betrokke by alles rondom ons en as chemici herken ons die leidende rol wat ons wetenskap speel in die ondersteuning van ons moderne lewenstyl.

Die klere wat ons dra word van sintetiese materiaal gemaak, wat vervaardig word deur chemiese prosesse. Die medikasie wat gebruik word om verskeie siektes te genees, is die resultaat van intensiewe chemiese navorsing. Die papier waarop ons skryf, is die resultaat van ’n chemiese proses en die ink waarmee ons skryf, is ’n samestelling van verskeie chemikalieë. Chemie verseker die kwaliteit van alles wat ons in ons daaglikse lewe gebruik: die kos wat ons eet, die lug wat ons inasem en selfs die water wat ons drink. Ons liggame is komplekse samestellings van chemikalieë. Chemiese beginsels is grondliggend aan ons begrip van die prosesse wat in alle lewende organismes plaasvind, asook die ontwikkeling van nuwe medikasie en materiale. Dit is die wisselwerking en samewerking van chemie met die ander wetenskappe en ingenieurswese wat die toenemende eise, uitdagings en geleenthede van die moderne samelewing kan hanteer.

Chemie is al beskryf as die sentrale wetenskap en dit het ’n allesomvattende impak op ons lewens en samelewing.

Page 19: Fakulteitsbrosjure: Natuur- en Landbouwetenskappe 2011/12 · Departement Fisika 18 Sentrum vir Wetenskap-, Wiskunde- en Tegnologie-onderwys 18 Landbou- en Voedselwetenskappe 18 Departement

Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe 16

Fisiese Wetenskappe

Sedert 1901 is die Nobelprys vir Chemie toegeken aan 153 individue vir werk wat alle aspekte van die chemiese wetenskappe dek. Die konsep van volhoubare groei, insluitende die vermindering van koolstofemissies, hernubare brandstowwe, standhoudende voedsel- en varswatervoorrade, herwinning van materiale, omgewingsverantwoordelike vervaardiging en afval-verwydering is gesetel in chemiese kundigheid. Chemie staan ook aan die voorpunt van navorsing in biotegnologie, nanotegnologie en nuwe materiale wat benodig word vir vinniger rekenaars en verbeterde fotovoltaïese sonselle.

Beskrywing van die studieprogram

Hierdie program is gerig op die fundamentele aspekte van die dissipline met die doel om studente van ’n deeglike onderbou in die chemiese wetenskappe te voorsien. Voorgraads kan chemie gekombineer word met ander belangstellingsvelde soos fisika, geologie, wiskunde en rekenaarwetenskap, of vakke uit die biologiese wetenskappe, soos biochemie, mikrobiologie en plantkunde. In die eerste studiejaar word ’n inleiding tot chemie verskaf, wat in die tweede en derde studiejaar gevolg word deur ’n deeglike studie van analitiese, anorganiese, fisiese en organiese chemie. Alle vakke bestaan uit teoretiese en praktiese komponente. Eerste-jaarkursusse in Wiskunde en Fisika is verpligtend vir die BSc-graad in chemie. Meer gevorderde kursusse in wiskunde en programmering word aanbeveel indien studente nagraadse studies in rekenaarmodellering, materiale of prosesse wil onderneem.

Nagraadse studie in hierdie program bestaan uit honneurs-, meesters- en doktorsgrade en die fokus is op navorsing. Die eenjaarhonneursgraad bestaan uit gevorderde kursusse in analitiese, anorganiese, fisiese en organiese chemie en sluit twee praktikaprojekte by die departementele navorsingspanne van die student se keuse in. MSc- en PhD-studies bestaan uit navorsingsprojekte in die spesialisgebiede van organiese en organometaalsintese, elektrochemie, nanotegnologie, rekenaarmodellering van verbindings en materiale, chemie-onderrig asook skeidingswetenskap, met die klem op industriële, omgewings-, voedsel-, forensiese en kliniese toepassings. Ervare navorsingsleiers en uitstekende navorsingfasiliteite is beskikbaar om die internasionale navorsingsprofiel van die Departement Chemie verder uit te bou en die studente bloot te stel aan die voorste navorsing in hulle vakgebiede.

Departement Geologie

Geologie en Natuurrampstudies

Die Departement Geologie by die Universiteit van Pretoria mik daarna om die mees gerespekteerde departement van sy soort op die vasteland van Afrika te word. Alhoewel hy ernstig is hiermee, is dit nie ’n taak wat ligtelik aangepak word nie en dit is ook nie maklik bereikbaar nie. Sy strewe is dus dat gegradueerdes op alle vlakke hoog in aanvraag moet wees in die privaat sektor, by myne en eksploreringsmaatskappye, junior firmas en kleiner vennootskappe sowel as staatsektore, nie net in Afrika nie, maar orals in die wêreld. Geologie en sy subdissiplines is werklik wêreldwye beroepe en die meeste geoloë beweeg verskeie kere in hul loopbane van een land na ’n ander.

Geen enkele geologiedepartement kan al die onder-afdelings van hierdie vakgebied voldoende aanspreek nie. UP glo eerstens daarin om alle BSc-gegradueerdes te voorsien van ’n sterk fundamentele begrip van die basis van die geologiese wetenskappe, met die klem op mineralogie, petrologie (veral stollings- en metamorfe petrologie), struktuurgeologie en komanalise. Tesame hiermee en beginnende op honneursvlak, bied hy ook opleiding aan in sekere aanvullende toegepaste dissiplines: ingenieurs- en hidrogeologie, en natuurlikerisikonavorsing (begin op MSc-vlak en opwaarts, met die klem op seismologiese gevare en risiko’s, meteorologiese gevare en risiko’s en verwante aktuariële studies). Hierdie is een van slegs twee departemente in die land wat ingenieursgeologie aanbied en beskik oor die enigste sentrum waar alle aspekte van natuurlike risikonavorsing in Afrika bestudeer word: die Aeon-Benfield Natural Hazard Centre, Africa. Op MSc- en PhD-vlak fokus die Departement op navorsing op mineralogie en toegepaste mineralogie (veral edelmetaalvingerafdrukke), geodinamika (veral belangrike komme en intrusies), soos die wêreldbekende Bosveldstollingskompleks noord van Pretoria), ingenieurs- en hidrogeologie, en seismologie.

Departement Geografie, Geoinformatika en Meteorologie

Geografie en Omgewingswetenskappe

Geografie is in die unieke posisie dat dit deel uitmaak van sowel die geestes- as die natuurwetenskappe en dit is dus die skakel tussen die natuurlike en menslike komponente van die omgewing. Geomorfologie, biogeografie, klimatologie en weerkunde is die natuurwetenskaplike komponente van die dissipline, terwyl die geesteswetenskappe fokus op moonlike oplossings vir probleme soos veranderende bevolkingstendense en die agteruitgang en vernietiging van hulpbronne waarmee die samelewing gekonfronteer word. Geografie is ook ’n ruimtelike wetenskap wat met die ligging en verspreiding van stede en menslike aktiwiteite soos landbou en toerisme te doen het. Prosesse, patrone, probleme en moontlike antwoorde wat daarmee geassosieer word, word bestudeer. Verder is Geografie ’n beplannings- en bestuurswetenskap wat op die verbetering van die mens se lewenskwaliteit ingestel is. Die Geografiekurrikulum aan die Universiteit van Pretoria lê sterk klem op geomorfologie, omgewingsverandering, stedelike ontwikkeling en grondhervorming. ’n Dosenteprys vir geografie word jaarliks toegeken aan die beste derdejaarstudent in Geografie.

Omgewingswetenskap is die studie van die menigte interaksies tussen die mens en die lewende en nielewende komponente van die aarde. Weens die toename in bevolkingsgetalle en tegnologiese ontwikkeling is die impak van die mens op die aarde wydverspreid en baie ernstig. Omgewingsimpakte skep uitdagings wat multidissiplinêr van aard is, byvoorbeeld die impak op ekosisteme, natuurlike hulpbronne en die menslike gesondheid en welstand. Hierdie opwindende en uitdagende studieveld het innoverende studente nodig wat die beste toepassings uit die natuurlike wetenskappe kan integreer met ekonomiese, sosiale en politieke wetenskappe om volhoubare oplossings te

Page 20: Fakulteitsbrosjure: Natuur- en Landbouwetenskappe 2011/12 · Departement Fisika 18 Sentrum vir Wetenskap-, Wiskunde- en Tegnologie-onderwys 18 Landbou- en Voedselwetenskappe 18 Departement

17 Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe

Fisiese Wetenskappe

vind om ons planeet te bewaar. Opleiding in analitiese ruimtelike tegnieke sluit GIS en afstandswaarneming in en gee die Departement gegradueerdes die vermoë om komplekse omgewingskwessies te ondersoek. Een van die interes-sante vakke wat tans aangebied word, is die studie van die fisiese, sosiale en ekonomiese impakte van aardverhitting en klimaatsverandering in samehang met aanpassings- en mitigeringstrategieë. Navorsing oor die impak van klimaatsverandering op menslike gesondheid, landbou en natuurlike hulpbronne berei gegradueerdes in die omgewingswetenskappe voor om plaaslik relevant sowel as internasionaal kompeterend te wees.

Beskrywing van die studieprogramme

Die twee studieprogramme wat gevolg kan word, is:• BSc(Omgewingswetenskappe)• BSc(Geografie)

Hierdie twee studieprogramme bevat fundamentele modules op eerstejaarsvlak wat algemene vaardighede ontwikkel, soos rekenaargeletterdheid, taalvaardighede en calculus. Kernmodules op eerste-, tweede- en derdejaarvlak word bepaal deur die spesialiseringsveld van die betrokke graadprogram. Keusemodules kan uit die volgende dissiplines gekies word: antropologie en argeologie, chemie, dierkunde en entomologie, ekonomie, fisiologie, geologie, geografie, geoinformatika, historiese en erfenisstudies, meteorologie, plantkunde, plantproduksie en grondkunde, politieke wetenskappe, sosiologie, stads- en streeksbeplanning, statistiek en wiskunde en toegepaste wiskunde.

Geoinformatika

Geoinformatika is die studie van die manier waarop geografiese data ingewin, geberg, herwin en gekommunikeer word, hoe geografiese data verwerk word in geografiese inligting wat geskik is vir besluitneming, en en hoe rekenaar- en verwante tegnologie gebruik kan word om hierdie prosesse te ondersteun. Die fokusareas is:

• Geografiese inligtingstelsels (GIS) fokus op die wetenskap agter geografiese inligtingsprosesse, die tegnologie en die toepassings op wetenskaplike vraagstukke. Dit verskaf teoretiese grondbeginsels vir die benutting van geografiese inligting en tegnologie om data in te samel en te analiseer sodat die resultate uiteindelik sinvol voorgestel en aangewend kan word vir besluitneming.

• Geografiese inligtingstegnologie fokus op ’n gespesialiseerde groep inligtingstegnologieë wat gebruik word om geografiese data te hanteer. Dit sluit in die versameling, berging, manipulering, analisering en voorstelling van die data.

• Applikasies fokus op die toenemend uiteenlopende gebruike van hierdie wetenskap in regerings-, industriële en navorsingsinstellings.

GIS is ’n interdissiplinêre vakgebied wat aspekte van talle ander dissiplines insluit, soos geografie, opmeting, afstandswaarneming, kartografie, informatika, rekenaarwetenskap en statistiek. GIS is ook ’n toenemend belangrike hulpmiddel in die navorsingsgebiede van geologie, dierkunde, omgewingswetenskappe en talle sosiale wetenskappe. Studente wat die BSc-graad in geoinformatika suksesvol voltooi, kry geredelik werk by organisasies soos ESRI South Africa, die Satelliettoepassingsentrum by Hartbeesthoek, die

WNNR, AfriGIS (’n siviele-ingenieursfirma) en Geo Terra Imaging, ’n maatskappy wat in afstandswaarneming spesialiseer. Beskrywing van die studieprogram

Die BSc-graad met spesialisering in Geoinformatika is gemik daarop om wetenskaplikes op te lei met ’n basiese kennis van die omgewing en die probleme wat met ontwikkeling verband hou, ’n breedvoerige kennis van geografiese inligting en die gepaardgaande rekenaartegnologieë, asook die praktiese vaardighede om dié tegnologieë toe te pas ter ondersteuning van die verskillende dissiplines wat by omgewingsbestuur betrokke is. Die voorgraadse program fokus op die vereistes waaraan ’n GIS-praktisyn moet voldoen. Gegradueerdes kan aansoek doen om registrasie by PLATO, die statutêre liggaam vir landmeters en GIS-praktisyns, gekontroleer deur die PLATO-wet, 1984 (Wet Nr 40 van 1984). Afhangend van ’n gegradueerde se kwalifikasies en ervaring kan hy of sy registreer as ’n GISc-tegnoloog – GISc Tg (SA): driejaargraad.

Meteorologie

Weer en klimaat speel ’n fundamentele rol in menselewens omdat daaglikse aktiwiteite soos landbou, sport, reis en toerisme daarvan afhang. Dit het selfs ’n bepalende invloed op die oorlewing van die mensdom. Daar heers egter ook groot kommer oor hoe die mens se doen en late die wêreld se weer en klimaat onomkeerbaar kan verander. Lugbesoedeling wek toenemend kommer. Weerkundiges en atmosferiese wetenskaplikes wil uitvind hoe die fisika en dinamika van die atmosfeer werk. Die meteoroloë by die Universiteit van Pretoria spesialiseer in dinamiese meteorologie en is betrokke by toonaangewende navorsing in numeriese weervoorspelling. Hulle is ook betrokke by bekroonde gemeenskapsprojekte ten opsigte van watervoorsiening aan skole in landelike gebiede.

Beskrywing van studieprogram

Wiskunde, fisika, atmosferiese prosesse, atmosferiese sirkulasie, fisiese meteorologie, dinamiese en numeriese meteorologie en weervoorspellingsprojekte is verpligte vakke. Keusevakke kan uit die volgende dissiplines gekies word: wiskunde en toegepaste wiskunde, fisika, statistiek, chemie, rekenaarwetenskap, geografie, geoinformatika en geologie.

Studente bestudeer die atmosferiese wetenskappe met gespesialiseerde rekenaarprogramme in laboratoriums en doen praktiese werk in samewerking met professionele weerkundiges. Om as professionele weerkundige te praktiseer, moet studente die honneursgraad in meteorologie suksesvol voltooi. Meesters- en doktorsgrade word ook aangebied.

Departement Fisika

Fisika behels die studie van natuurwette. Die beginsels daarvan maak die grondslag uit van alle basiese wetenskappe soos sterrekunde, biologie, chemie en geologie. Fisika is ook die basis van die toegepaste wetenskappe en ingenieurswese wat tegnologie ontwikkel het – van die perdekar tot die supersoniese straler, van die kers tot die laserstraal, en van rookseine tot satellietuitsendings. Hoewel fisici dikwels navorsers is wat die natuur en verwante aspekte ontleed, stel hulle

Page 21: Fakulteitsbrosjure: Natuur- en Landbouwetenskappe 2011/12 · Departement Fisika 18 Sentrum vir Wetenskap-, Wiskunde- en Tegnologie-onderwys 18 Landbou- en Voedselwetenskappe 18 Departement

Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe 18

Fisiese Wetenskappe

kreatiwiteit, vindingrykheid en probleemoplossingsvermoë hulle ook in staat om bestuursposte op alle bedryfsvlakke met welslae te beklee.

Die Departement Fisika by die Universiteit van Pretoria beskik oor uitstekende fisici in ’n wye reeks fisikasubdissiplines, soos fisikaonderwys, elektroniese materiale, ioonbundelanalise, optiese karakterisering, oppervlakfisika, kwantumteorie, berekenings- en teoretiese vastetoestandfisika en wiskundige fisika. Baie van die akademici is by top internasionale instellings opgelei, neem steeds deel aan internasionale samewerkingooreenkomste en behou hulle internasio-nale aansien. Die fasiliteite by die Departement Fisika behels ’n Ramanspektrometer van wêreldgehalte, toe- gang tot elektronmikroskope, ’n deeltjieversneller, ’n diepvlakoorgangspektrospiese laboratorium en uit-stekende rekenaarfasiliteite.

’n Groeiende aantal meesters en doktorale studente van regoor Suid-Afrika, en toenemend uit die res van Afrika, kies om hul studies in die Departement te kom studeer. ’n Nagraadsestudentekomitee sien om na die belange van nagraadse studente en reël sosiale funksies. Dit help om ’n ondersteunende omgewing vir studente te skep terwyl hulle navorsing vir hulle grade doen.

Die voorgraadse kurrikulum is modern en interessant, en word deurentyd hersien om aktuele nuwe onderwerpe by te werk. Studente leer nuttige en oordraagbare vaardighede in eksperimentele en berekeningsfisika wat hulle in staat stel om bedrewe fisici te word, en hulle kan hierdie vaardighede in ’n verskeidenheid van loopbane buite die akademie gebruik, byvoorbeeld in die handel en nywerheid. Daar is pryse beskikbaar vir die BSc(Fisika)- student wat die beste presteer, en voorgraadse studente het baie geleenthede om vertroud te raak met die huidige navorsing in die departement deur goedgekeurde projekte te voltooi en deur vakansiewerk te doen.

Onlangse hoogtepunte in die Departement is die PhD-student Claudia Zander, aan wie die S2A3 (South African Association for the Advancement of Science) se prys vir die beste meestersgraadverhandeling toegeken is, dr Linda Prinsloo, wat die eerste Ramanontledings van San-rotskuns in die Drakensberge onderneem het, en prof Sergei Rakitianski se samewerking met die kernnavorsingsfasiliteit in Dubna, Rusland.

Sentrum vir Wetenskap-, Wiskunde- en Tegnologie-Onderwys

Die Sentrum vir Wetenskap-, Wiskunde- en Tegnologie-onderwys onderneem om voortreflike wetenskaponderwys te bevorder. Die sentrum se aktiwiteite konsentreer op die vestiging en verbetering van die onderwys in die wiskundige, fisiese, aard-, biologiese en landbouwetenskappe, asook tegnologie.

Loopbaangeleenthede

• Onderwys: Die nuwe Suid-Afrikaanse skoolstelsel en leerplan vereis nou meer as ooit tevore onderwysers wat uiters vaardig is op ’n gevorderde vlak van hul vakgebiede, met ander woorde, mense wat aan universiteite afstudeer het.

• Openbare en privaat sektore: Belowende loopbaangeleenthede vir gegradueerdes van

hierdie wetenskaponderwysprogram bestaan in die openbare en privaat sektore. Firmas wat as gevolg van die nuwe wetgewing verplig is om opleiding te verskaf, stel in ’n groter mate goed opgeleide, professionele onderwysers aan.

• Leerplanontwerp: Die nuwe leerplanne in Suid-Afrika vereis die skep van nuwe leerplanmateriaal en baie firmas benodig personeel wat nuwe opleidingsmateriaal ontwikkel.

Op meesters- en doktorale vlak word daar van die studente verwag om navorsingsprojekte te voltooi in een van die navorsingsgebiede wat deur die sentrum en die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe gedeel word.

Landbou- en Voedselwetenskappe

Departement Landbou-ekonomie, Voorligting en Landelike OntwikkelingDie onlangse skerp styging in voedselpryse het die belangrikheid van landbou en voedselproduksie in Suid-Afrika beklemtoon, en daarom ook die noodsaaklikheid van landbouwetenskaplikes vir die samelewing. Die landbou- en voedselbedryf produseer basiese produkte en hulpbronne om die mense van Suid-Afrika te voed en te klee, dra by tot die bruto binnelandse produk van die ekonomie, en verskaf werk aan sowat 1,2 miljoen mense. Terselfdertyd dra die sektor aansienlik by tot die voortbestaan van ongeveer 6 miljoen mense in landelike gebiede. Voedsel en kleding is een van die mees basiese behoeftes van die mens, wat beteken dat enige iemand met ’n kwalifikasie in landbou-ekonomie of landbouvoorligting seker kan wees van werksgeleenthede. Wat is die relevansie van landbou-ekonomie en landbouvoorligting as dissiplines in dié sektor?

Landbou-ekonomie

Het jy al ooit ’n McDonald’s-burger geëet en gewonder waar die brood, vleis, blaarslaai, en tamatiesous vandaan kom? En hoekom die prys en kwaliteit van Nando’s en KFC se hoender verskil? En hoekom sommige mense graag wyn drink en ander eerder bier? Wat kos die koring vir een brood, en wat kos dit om meel te maal en brood te bak? Hoeveel kos dit om beeste te slag en maalvleis te maak, en hoekom? Hoeveel wins maak ’n boer en ’n tussenganger in die waardeketting om kos van die plaas af tot op die winkelrak te kry? Dit is sommige van die vrae wat ’n landbou-ekonoom daagliks moet beantwoord. As jy dus belangstel in die antwoorde op hierdie vrae en jy passievol is oor wetenskap, ekonomie en mense, is landbou-ekonomie net die studierigting vir jou.

Die wêreld van kos en klere, en daarom die wêreld van ’n landbou-ekonoom, is dinamies en lewendig. Dit is ’n wêreld wat te make het met modes en giere, maar ook met die basiese behoeftes van mense. Landbou-ekonomie handel oor die ekonomie van die produksie van kos en klere, en oor hoe om dit tot by die verbruiker te kry. Dit handel oor sake soos die produksie van druiwe en daarom die produksie en verkope van wyn. Dit handel oor die analisering van ’n besigheid, die identifisering van en soeke na beleggingsmoontlikhede, verkope van kommoditeite op wêreldmarkte, en die verkope van kos in die plaaslike Spar. Dit handel dus oor mense, maar ook

Page 22: Fakulteitsbrosjure: Natuur- en Landbouwetenskappe 2011/12 · Departement Fisika 18 Sentrum vir Wetenskap-, Wiskunde- en Tegnologie-onderwys 18 Landbou- en Voedselwetenskappe 18 Departement

19 Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe

Landbou- en Voedselwetenskappe

oor die natuur. Dit gaan oor die maak van wins, maar ook om mense wat in armoede verkeer, te help. Landbou-ekonomie handel daaroor om ’n verskil in mense se lewens te maak.

Die voorgraadse opleiding van landbou-ekonome behels ’n vierjaargraad – die BSc(Agric) Landbou-ekonomie – of ’n BCom-graad in Agribesigheidsbestuur (drie jaar). Met nagraadse studies kan daar gespesialiseer word in agribesigheidsbestuur, landboubeleidsanalise, omgewingsekonomie, en landbou en landelike finansiering. Daar bestaan ook verskeie geleenthede vir UP-landbou-ekonomiestudente om oorsee te gaan studeer in lande soos die VSA. Dit verseker dat jy opleiding van wêreldgehalte ontvang, wat beteken dat jy orals in die wêreld in die voedsel- en kledingbedryf kan werk – in ’n strewe om te verseker dat daar op ’n ekonomiese en volhoubare manier aan mense se mees basiese behoeftes voldoen word.

Die Departement bied die volgende kursusse aan, met die fokus op agribesigheidsbestuur en landbou-ekonomie:

BSc(Agric) Landbou-ekonomie/Agribesigheidsbestuur

Die eerste jaar bestaan uit BSc-vakke (byvoorbeeld chemie, genetika, biologie en plantkunde) en ekonomiese vakke (byvoorbeeld rekeningkunde). Die tweede jaar bestaan uit ’n kombinasie van BSc-vakke (byvoorbeeld plantproduksie, veekunde en grondkunde) en ekonomiese vakke (byvoorbeeld ondernemingsbestuur, statistiek, besigheidsreg en ekonomie). In die derde en vierde jaar moet studente ’n kombinasie van BSc-vakke en ekonomiese vakke kies, met verskeie landbou-ekonomiekursusse as hoofvakke.

BCom(Agribesigheidsbestuur)

Studente neem in die eerste en tweede jaar basiese ekonomievakke (byvoorbeeld rekeningkunde, statistiek, besigheidsreg, bemarking, finansiële bestuur en ondernemingsbestuur) en spesialiseer dan in hulle derde jaar in landbou-ekonomie.

Departement Plantproduksie en GrondkundeDie Departement Plantproduksie en Grondkunde bestaan uit die volgende dissiplines: agronomie, tuinboukunde, weidingkunde, grondkunde en onkruidwetenskappe. Die Departement het 13 dosente, twee emeritus professore, twee ereprofessore, vier buitengewone professore en 11 ondersteunings-personeellede. Die uiteenlopende dissiplines en goed gevestigde kundigheid trek baie nagraadse studente plaaslik sowel as uit die res van Afrika. Die hoogs gekwalifiseerde akademici is ook baie suksesvol met die werf van befondsing vir navorsing en opleiding vir die departement. Afgesien van laboratoriumfasiliteite op die kampus is daar ook ’n ‘lewende laboratorium’ op die Hatfieldproefplaas in die hartjie van Pretoria. Die ervare tegniese personeel op die proefplaas verseker dat navorsing glad verloop. Die Departement Plantproduksie en Grondkunde is gefokus om mense op te lei en navorsing te doen wat sal lei tot beter voedselsekuriteit vir ons land en die vermindering van nadelige impakte op die omgewing.

Beskrywing van die studieprogramme

Dieselfde kursusse word voorgeskryf vir alle voorgraadse studente in die BSc(Agric) Toegepaste Plant- en Grondwetenskappe om blootstelling aan agronomie, tuinboukunde, weidingkunde, grondkunde en bosbou te verseker. Dit help studente wat met nagraadse studies wil voortgaan om ingeligte loopbaanbesluite te neem.

Die volgende nagraadse studieprogramme is ook beskikbaar:

• PhD(Agronomie, Tuinboukunde, Weidingkunde, Grondkunde, Bosbou)

• MSc(Agric)(Agronomie, Tuinboukunde, Weidingkunde, Grondkunde)

• BInstAgrar(Hons)(Plantproduksie) (blokweek)• MInstAgrar(Agronomie, Tuinboukunde,

Weidingkunde)• BSc(Hons)(Omgewingsgrondkunde)• MSc(Omgewingsgrondkunde)• MSc(Bosboubestuur en die Omgewing) (gedoseerde

program)• MSc(Bosboukunde) (interdepartementele program)• PhD(Bosboukunde)

Die navorsingskomponent van nagraadse studie is hoofsaaklik op vyf wetenskaplike dissiplines gefokus: agronomie, tuinboukunde, grondkunde, weidingkunde en bosbou. Die navorsingsaktiwiteite in elk van hierdie dissiplines word vervolgens uiteengesit, met spesialisering in die aspekte binne in die genoemde subonderwerpe:

Agronomie:• Graan- en groentegewasse• Industriële gewasse• Besproeiing en plant-grond-waterbalans• Onkruidbestuur

Tuinboukunde:• Vrugte• Medisinale en aromatiese plante• Ornamentele plante• Biobrandstowwe

Weidingkunde:• Aangeplante weidings• Veldbestuur• Omgewingsbestuur (Grondherwinning)• Geïntegreerde grondgebruikstelsels

Bosbou:• Boshulpbrongebruiksbeplanning en -bestuur• Boshulpbronekonomie en -beleid• Agrobosbou• Geïntegreerde grondgebruikstelsels

Grondkunde:• Plantvoeding• Grondklassifikasie• Omgewingsgrondfisika• Omgewingsgrondchemie• Grondbiologie

Page 23: Fakulteitsbrosjure: Natuur- en Landbouwetenskappe 2011/12 · Departement Fisika 18 Sentrum vir Wetenskap-, Wiskunde- en Tegnologie-onderwys 18 Landbou- en Voedselwetenskappe 18 Departement

Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe 20

Landbou- en Voedselwetenskappe

Departement Vee- en Wildkunde

Vee- en Wildkunde is die wetenskap en praktyk waardeur mak diere en wild tot die mens se voordeel benut word. Aangesien die mens van die natuur afhanklik is, het ons ’n verantwoordelikheid om die omgewing as deel van ons natuurlike erfenis te bewaar. Die werkgebied van Vee- en Wildkunde strek vanaf primêre boerdery en wildteling tot by die bemarking van diere en die verwerking en verbruik van diereprodukte. In elke skakel van hierdie lang ketting kan persone opgelei word in vee- en wildkunde volgens hul eie belangstellings, behoeftes en persoonlikhede. Die BSc(Agric)-graad, aangebied deur die Departement Vee- en Wildkunde aan die Universiteit van Pretoria, word deur die Suid-Afrikaanse Raad vir Natuurwetenskaplike Professies erken as ’n professionele kwalifikasie kragtens Wet 106 van 1993, en word ook internasionaal erken.

BSc(Agric) Veekunde en BSc(Agric) Veekunde/Weidingkunde Produksiefisiologie, dierevoeding en veeteelt is belangrike vakgebiede en word bestudeer in vakke soos grootvee- en kleinveekunde, vleiskunde en wolkunde, pluimveekunde (volstruise ingesluit) en wildbestuur. Die kursus verleen toegang tot studie vir ’n MSc(Agric), ’n BSc(Hons)(Natuurlewebestuur) en ’n MPhil(Natuurlewebestuur) (webgebaseer). Duur van kursus: Agt semesters se voltydse studie.

BSc(Veekunde)

Dierefisiologie en -anatomie, dierevoeding, veeteelt en biochemie kan lei tot spesialisering in enige van hierdie vakrigtings. Die graad kan lei tot ’n BSc(Hons)(Veekunde) of ’n BSc(Hons)(Natuurlewebestuur). Hierdie graad is ’n goeie alternatief vir studente wat in veeartsenykunde (BVSc) belangstel. Duur van kursus: Ses semesters se voltydse studie.

Nagraadse opleiding en spesialisering

Nagraadse opleiding sluit die BSc(Hons)(Veekunde), MSc(Agric) en PhD in.

Hierdie grade word in die volgende spesialisasierigtings aangebied: produksiefisiologie, dierevoeding (herkouers en enkelmaagdiere), veeteelt en genetika, vee-produksiebestuur en vleiskunde. ’n PhD word in Veekunde aangebied. Duur van kursus: BSc(Hons) (Veekunde): Minstens twee semesters se voltydse studie. MSc(Agric) en PhD: Minstens drie semesters.

MInstAgrar en PhD

Dit is gespesialiseerde, gevorderde grade in diereproduksiebestuur, met die klem op die bestuur van diereproduksiestelsels. Duur van kursus: Minstens drie semesters se voltydse studie.

BSc(Hons), MPhil, MSc en PhD in Natuurlewebestuur

Die Sentrum vir Natuurlewebestuur funksioneer deur die Departement Vee- en Wildkunde, en nagraadse studies wat aangebied word, sluit die BSc(Hons), MPhil

(webkursus), MSc en PhD in Natuurlewebestuur in. Duur van kursus: Wissel volgens die tipe graadkursus.

Departement VerbruikerswetenskapVerbruikerswetenskap bied spesialiseringsgeleenthede in spesifieke belangstellingsvelde, naamlik interieurware- bestuur, kledingkleinhandelbestuur, gasvryheidsbestuur, voedselkleinhandelbestuur, asook onderwysopsies in verbruikerstudies of gasvryheidstudies.

Voor- en nagraadse studieprogramme is in oorleg met die industrie saamgestel om te verseker dat die opleiding aan die verwagtinge van potensiële werkgewers voldoen en dat gegradueerdes suksesvol- en in aanvraag sal wees in ’n wetenskaplike en baie kompeterende markomgewing. Die Departement het ’n gevestigde nagraadse en navorsingskultuur en lok studente van oral in die land en die res van Afrika. Dit het goed toegeruste fasiliteite en studente is betrokke by verskeie gemeenskapsprojekte onder leiding van bekwame, entoesiastiese dosente. Die Departement handhaaf ook goeie verhoudings met die industrie en potensiële werkgewers en streef daarna om die belange van sy studente voorop te stel.

Beskrywing van die studieprogramme

Al die voorgraadse studieprogramme behels vier jaar voltydse studie. UP is tans die enigste universiteit in Suid-Afrika wat grade in verbruikerswetenskap met ’n besondere fokus op die ekonomiese en bestuursaspekte van die vakgebied aanbied – studente is dus baie gesog in veral die kleinhandelomgewing. Verder is dit moontlik om nagraadse studies (’n meesters- of doktorsgraad) in beide rigtings, naamlik in Verbruikerswetenskap of in Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, te doen. Elke studieprogram fokus op ’n bepaalde produkkategorie en bestudeer produkeienskappe, gebruike, verbruikers se aankooppraktyke, produkbestuur (insluitend die wêreldwye verspreiding en volhoubare gebruik) sowel as die ontwikkeling van nuwe produkte en dienste. Die kern van Verbruikerswetenskap wentel om praktyke om verantwoordelike, ingeligte verbruikersbesluitneming en verbruikerstevredenheid aan te moedig asook wyses waarop die behoeftes van individue en groepe in kleinsake-ondernemings en die kleinhandel aangespreek kan word. In lesings en praktika word ’n probleemoplossings-benadering gevolg om studente die geleentheid te gee om onafhanklik te werk. Diegene wat in onderwys belangstel, kan in Verbruikerstudies of Gasvryheidstudies spesialiseer: geen ander Suid Afrikaanse universiteit behalwe UP bied tans ’n graad in Gasvryheidstudies aan nie. Hierbenewens word ’n BSc-graad in Voeding en Voedselwetenskap wat veral op die verbruikersaspekte van voedsel en voeding fokus, ook aangebied.

Loopbaangeleenthede

Loopbaangeleenthede is baie divers en gegradueerdes se eindbestemming word grootliks deur hulle persoonlikheid en belangstelling bepaal. Studente word dus deur middel van verpligte praktykblootstelling tydens die studietermyn gelei om verskillende loopbaangeleenthede te ondersoek. In die vierde studiejaar doen studente ook ’n skripsie wat die geleentheid bied om aan ’n formele navorsingsprojek deel te neem en om die moontlikheid van nagraadse studie te ondersoek. Die Departement het deur die jare goeie kontakte met werkgewers opgebou en studente wat goed vaar tydens praktykblootstelling is dikwels van poste verseker voordat hulle die finale eksamens afgelê het.

Page 24: Fakulteitsbrosjure: Natuur- en Landbouwetenskappe 2011/12 · Departement Fisika 18 Sentrum vir Wetenskap-, Wiskunde- en Tegnologie-onderwys 18 Landbou- en Voedselwetenskappe 18 Departement

21 Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe

Landbou- en Voedselwetenskappe

Uitnemende prestasies

Verskeie instansies is betrokke by die gereelde evaluering van die studieprogramme en neem ook deel aan die jaarlikse prysuitdelingsgeleentheid vir toppresteerders in die onderskeie studieprogramme. Verskeie studente het ook al pryse gewen in internasionale kompetisies. Dosente en nagraadse studente neem jaarliks aan internasionale kongresse deel as vertoonvenster van de gehalte van die onderrig wat in die Department aangebied word.

Nagraadse studies

Studente wat ’n vierjaargraad in Verbruikerswetenskap voltooi het, kan aansoek doen om toelating tot die meestersgraadprogram, wat twee jaar se voltydse studie of drie jaar se deeltydse studie behels. Vier spesialiseringsrigtings word aangebied: kledingbestuur, voedselbestuur (wat vir spesialisering in gasvryheidsbestuur en voeding voorsiening maak), interieurwarebestuur, algemeen (wat aanbeveel word vir studente wat nie ’n bemarkingsagtergrond het nie en wat nie tydens hulle voorgraadse studies in die voorafgaande vakgebiede gespesialiseer het nie). Nagraadse studente woon gedurende die eerste jaar klasse in ses tot sewe geskeduleerde bloktye by om fundamentele vakke en keusemodules te voltooi. Daarna werk hulle onder toesig van ’n studieleier aan ’n navorsingsprotokol en die finale verhandeling wat ekstern geevalueer word deur ’n vakspesialis by ’n ander tersiêre instansie.

Talle van die projekte word deur die industrie ondersteun. Die uitkomste van navorsingsinisiatiewe word internasionaal gepubliseer. Die department word ook jaarliks verteenwoordig by internasionale kongresse verteenwoordig waar lopende en afgehandelde navorsing gerapporteer word. Na voltooiing van ’n meestersgraad in Verbruikerswerenskap kan ’n student vir ’n PhD registreer.

Ongeag die spesialiseringsveld waarop ’n student uiteindelik besluit: Verbruikerswetenskap bied aan jou die geleentheid om jou passie in ’n professie te verander.

Departement Voedselwetenskap

Die Departement Voedselwetenskap is goed op pad na internasionale erkenning as dié opleidings- en navorsingsleier in voedselwetenskap en voeding wat spesialiseer in die gesondheid en welsyn van die mense van Afrika. Die voedselbedryf is Suid-Afrika se grootste vervaardigingsbedryf. Deesdae word alle voedsel in ’n mindere of meerdere mate verwerk. Voedselwetenskaplikes bestudeer die chemiese samestelling, struktuur en voedingswaarde van voedsel. Hulle monitor en doen navorsing oor die chemiese, fisiese en biologiese veranderings in voedsel tydens verwerking, preservering en berging. Voedselwetenskaplikes word opgelei om voedselprodukte te ontwikkel wat aan die dinamiese behoeftes van moderne verbruikers voldoen. Ewe belangrik is die bydrae wat hulle maak om hongersnood en wanvoeding te beveg deur die ontwikkeling en daarstel van bekostigbare, voedsame voedsel.

Studente in die Departement Voedselwetenskap kan vir een van die volgende studieprogramme registreer:• BSc(Voedselwetenskap) (drie jaar)• BSc(Agric)(Voedselwetenskap en -tegnologie)

(vier jaar)• BSc(Voeding en Voedselwetenskap) (drie jaar)

Kompetisiewenners

Lee-Anne van Zyl, Jeanne Whittal en Tatenda Nyakabau, BSc-honneursstudente in Voedselwetenskap, het ’n silwer medalje losgeslaan in die nuwe kompetisie van die Instituut vir Voedseltegnoloë se Studentevereniging (die IFTSA-kompetisie), wat van 6 tot 9 Junie in Anaheim, Kalifornië, gehou is. Die tema was: “Die ontwikkeling van oplossings vir ontwikkelende lande”. Een doelwit van die kompetisie is om studente aan te moedig om voedselwetenskap en innoverende denke te gebruik as instrumente om die ontwikkeling, veiligheid en verspreiding van voedsel in ontwikkelende lande te verbeter.

PUCOMA, die produk wat Lee-Anne, Jeanne en Tanda ingeskryf het, is ’n eetgereed- vermengde babakos wat ontwerp is om die gevolge van wanvoeding te help verminder. Dit is in sakkies verpak en is gemik op die mense in Afrika suid van die Sahara. Die naam is afgelei van die Engelse name van die hoofbestanddele – pampoen, swartbekboontjies en mieliemeel.

Page 25: Fakulteitsbrosjure: Natuur- en Landbouwetenskappe 2011/12 · Departement Fisika 18 Sentrum vir Wetenskap-, Wiskunde- en Tegnologie-onderwys 18 Landbou- en Voedselwetenskappe 18 Departement

Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe 22

Wiskundige Wetenskappe

Nagraadse studie kan lei tot honneurs-, meesters- en doktorsgrade. Danksy die Departement Voedselwetenskap se personeel wat bestaan uit gekeurde topwetenskaplikes het die Departement ’n internasionaal erkende navorsingsrekord. Aktiewe deelname aan nasionale en internasionale navorsingsprogramme lok die room van studente van binne en buite Suid-Afrika. Die department is aktief betrokke by die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Voedselwetenskap en -tegnologie en bedryfsverenigings vir vleis, suiwel en grane. Studente organiseer opvoedkundige en sosiale aktiwiteite deur hul eie vereniging, TUKSFoST.

Studente kry loopbaangerigte blootstelling tydens praktiese opleidingsessies en deur besoeke aan voedsel- maatskappye en organisasies, die bywoning van nasionale en internasionale konferensies en geleent- hede, deelname aan kompetisies soos die inter- nasionale Institute of Food Technologist voedselproduk-ontwikkelingskompetisie en mentorskapprogramme.

Beskrywing van die studieprogramme

Die studieprogramme is ontwerp in ooreenstemming met die toenemende verantwoordelikheid om voedsame, veilige en bekostigbare voedsel aan die mense van Afrika te voorsien.

BSc(Voedselwetenskap) en BSc(Agric)(Voedselwetenskap en -tegnologie)

Die BSc-graad plus die eenjaar-BSc(Hons) (Voedselwetenskap)-graad is soortgelyk aan die BSc(Agric)(Voedselwetenskap en -tegnologie). Studente ontvang beroepsrelevante opleiding in die natuur- en biologiese wetenskappe, gevolg deur spesialisering in voedselwetenskap en voedseltegnologie. Die programme is akademies en prakties gerig en die kwalifikasie berei studente voor vir ’n ekonomies bevredigende loopbaan as wetenskaplike in die voedselbedryf. Dit voorsien die nodige vaardighede om voedselwetenskap- en -tegnologiekonsepte toe te pas, ontwikkel kritiese denke en probleemoplossingsvaardighede en bied ruim geleentheid vir persoonlike intellektuele groei en bydraes tot die wetenskap en gemeenskap. Studente voer ook navorsingsprojekte uit.

BSc(Voeding en Voedselwetenskap)

Voeding is die wetenskaplike dissipline wat handel oor die mens se behoefte aan voedsel en die invloed daarvan op die verbruiker se welsyn. Hierdie nuwe program rus studente toe met die vermoë om die voedingsbehoeftes van die ontwikkelde en ontwikkelende gemeenskappe in Suid-Afrika te verstaan. Dit is die eerste program van die aard in die land en word gesamentlik aangebied deur die departemente Voedselwetenskap, Verbruikerswetenskap en Menslike Voeding (Fakulteit Gesondheidswetenskappe). Studente verkry eerstens ’n grondige kennis van die voedingsbehoeftes van die mens en ander soogdiere. Kursusse wat handel oor die samestelling, voedingswaarde, struktuur en eienskappe van voedsel is ook ingesluit. Aandag word gegee aan verbruikerswetenskap om gegradueerdes in staat te stel om voedselprodukte te ontwikkel wat voldoen aan die behoeftes van verbruikers.

Wiskundige Wetenskappe

Departement Versekerings- en Aktuariële WetenskapDie departement is trots op sy alumni – voormalige studente beklee van die hoogste poste in die plaaslike en internasionale sakewêreld. Hy streef daarna om sy kursus kompeterend te hou om studente die geleentheid te bied om die kampus te verlaat met die hoogste aantal vrystellings van die Aktuariële Vereniging van Suid-Afrika se eksamens. Die akademici is hoogs gekwalifiseerd en dien op verskeie komitees van dié vereniging.

Die moderne finansiële bedryf is ’n vinnig veranderende wêreld. Hierdie veranderings het ’n toenemende behoefte geskep aan gegradueerdes wat opgelei is in die finansiële modelle en kwantitatiewe tegnieke wat gebruik word in aktuariële en finansiële ingenieurswesetoepassings. Studente wat ingeskryf is vir die BSc-graad in Aktuariële en Finansiële Wiskunde sal hulle kursuswerk so kan beplan dat hulle óf ’n aktuariële óf ’n finansiële ingenieurswese-opsie kan volg. Die program verskaf uitgebreide opleiding wat aan die studente meer as die norm bied en wat hulle in staat sal stel om die aktuariële en finansiële probleme van die toekoms te hanteer.

Die program het ’n kernkomponent van verpligte vakke en keusevakke. Met betrekking tot die aktuariële opsie, is die program op so ’n manier saamgestel dat dit ’n voornemende aktuaris die geleentheid bied om in die kortste moontlike tyd aan die vereistes vir vrystelling van die kursusse van die Aktuariële Vereniging van Suid-Afrika te voldoen. Om die maksimum vrystelling te verkry, word ’n opvolg-honneursgraad egter aanbeveel. Studente wat nie beoog om as aktuarisse te kwalifiseer nie, sal met die BSc(Aktuariële en Finansiële Wiskunde)-graad goed toegerus wees vir loopbane as aktuariële tegnici.

Vir die voornemende finansiële ingenieur sal die program diepte verleen en sy of haar vermoë ontwikkel om finansiële produkte te ontwerp en te ontleed. Die analitiese tegnieke wat noodsaaklik is vir die modellering van die stogastiese gedrag van finansiële prosesse en die simulasie van die gevolglike effekte op beleggingsportefeuljes word bestudeer.

Beskrywing van die studieprogram

Aktuariële en finansiële wiskunde: Verpligte vakke is wiskundige statistiek, analise, finansiële ingenieurswese (derdejaarsvlak), calculus, lineêre algebra, differensiaalvergelykings, aktuariële wiskunde, informatika (tweedejaarsvlak), numeriese analise, finansiële bestuur, ekonomie en rekenaarwetenskap (eerstejaarsvlak). Keusevakke is onder andere finansiële wiskunde en versekerings- en aktuariële toepassings, aktuariële modellering, dinamiese stelsels en stogastiese prosesse.

Departement Wiskunde en Toegepaste WiskundeWiskunde is die taal van wetenskap en tegnologie. Wiskunde, wat sy oorsprong het in rekenkunde en meetkunde, handel oor patroon en struktuur. Toegepaste Wiskunde handel meer oor die modellering en hantering van probleme in die werklike lewe op ’n

Page 26: Fakulteitsbrosjure: Natuur- en Landbouwetenskappe 2011/12 · Departement Fisika 18 Sentrum vir Wetenskap-, Wiskunde- en Tegnologie-onderwys 18 Landbou- en Voedselwetenskappe 18 Departement

23 Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe

Wiskundige Wetenskappe

verskeidenheid gebiede soos ingenieurswese, finansies, statistiek, fisika en biologie. Die krag van wiskunde en toegepaste wiskunde lê in die abstrakte, analitiese en berekeningsaard daarvan. Wiskunde is noodsaaklik in alle tegnologiese, finansiële en bestuursektore, wat die ruggraat van die Suid-Afrikaanse ekonomie vorm.

Om wiskunde te studeer

Die Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde is nie net een van die grootstes op die kampus nie, maar ook een van die grootste wiskundedepartemente in die land, met ongeveer 7 000 studente wat ingeskryf is vir wiskundemodules. Die departement roem daarop dat hy uitblink in onderrig- en navorsingsaktiwiteite sowel as in gemeenskapsgebaseerde aktiwiteite. Die Wiskundegebou self het ’n klassieke ouwêreldse karakter en is gebou om ’n vierkant waar die studentebedrywighede bydra tot die lewendigheid van die akademiese omgewing.

Die diverse en bekwame personeelkorps beskik oor kundigheid in ’n verskeidenheid van dissiplines. Navorsers reis dikwels oorsee om kongresse by te woon of om navorsingsbesoeke te bring. Die Departement het 13 NRF-gegradeerde navorsers in dissiplines wat strek van die meer tradisionele abstrakte analise tot die kontemporêre epidemiologieveld waar modellering van biologiese verskynsels tot opwindende opsies lei. Die Departement is dikwels die gasheer vir gesiene besoekers soos die Fields Medalje-wenner, prof Laurent Lafforgue.

Wiskundegerigte studente geniet die stimulerende atmosfeer van die Departement en kan meeding om gesogte toekennings soos die Dewald Hattingh-prys vir die beste derdejaarstudent. ’n Graad in Wiskunde lei ’n student op om die nuutste probleemoplossingstegnieke toe te pas, te evalueer en aan te pas, en ook om nuwe wiskundige modelle te ontwikkel uit natuurlike, tegnologiese en finansiële verskynsels.

Beskrywing van die studieprogramme

Wiskunde: Verpligte vakke is analise, abstrakte algebra, meet-kunde, (derdejaarsvlak) calculus, lineêre algebra, dif-ferensiaalvergelykings, diskrete strukture (tweedejaars- vlak), wiskundige modellering, wiskundige statistiek, nume-riese analise en dinamiese prosesse (eerstejaarsvlak).

Toegepaste Wiskunde: Verpligte vakke is analise, kontinuummeganika, numeriese analise, parsiële differensiaalvergelykings, dinamiese stelsels (derdejaarsvlak), calculus, lineêre algebra, diskrete strukture, differensiaalvergelykings (tweedejaarsvlak), wiskundige modellering, wiskundige statistiek en dinamiese prosesse (eerstejaarsvlak).

Nagraadse studie

Nagraadse studie en navorsing is belangrike prioriteite van die Departement en geskied in verskeie uiters relevante gebiede.

Honneurs: Vir ’n honneursgraad sal ’n student gewoonlik ’n aantal kursusse moet doen en ’n skripsie onder leiding van ’n skripsieleier moet skryf. Die kursus duur een jaar vir voltydse studente en twee jaar vir deeltydse studente.

Meestersgraad: Die studietydperk vir ’n MSc is ’n minimum van een jaar se voltydse studie, maar dit duur gewoonlik twee jaar. Die uitkoms is drie magistermodules asook ’n verhandeling wat toon dat die student oor die vermoë beskik om ’n wetenskaplike ondersoek te beplan, daarmee te begin, dit uit te voer en verslag daaroor te lewer.

Doktoraal: ’n PhD vereis van die student om oorspronklike navorsing te doen in een van die navorsingsgebiede wat deur die Departement ondersteun word.

Departement Statistiek

Wiskundige statistiek is die kuns en wetenskap van die versameling, ordening, analise, interpretasie en voorlegging van numeriese data met die doel om wetenskaplik gefundeerde gevolgtrekkings te maak. Kortliks kan statistiek onder andere beskou word as die wetenskap van die verkryging van inligting uit numeriese data. Interaktiewe gebruik van die rekenaar stel die statistikus in staat om statistiese modelle en metodes toe te pas op alle soorte wetenskaplike navorsing. Daar word van statistici verwag om te beskik oor ’n verskeidenheid vaardighede. ’n Sterk numeriese agtergrond en belangstelling, die begeerte om rekenaarprogrammering en die gebruik van verskeie sagtewarepakkette te bemeester, die vermoë om met professionele mense uit ’n

Hierdie Fakulteit se navorsing en onderwys dra soveel by tot nuwe wetenskaplike kennis in Suid-Afrika en in die buiteland. Ek het baie persoonlike groei ervaar en elke geleentheid aangegryp, want ek besef dat elkeen ’n treetjie is wat my nader aan die bereiking van my doelwitte bring. Die kennis het my die selfvertroue gegee om te weet dat ek ’n verskil kan maak! Ek was bevoorreg om die IUFoST-kongres (die kongres van die Internasionale Unie vir Voedselwetenskap en -tegnologie) in 2010 by te woon, waar ek die Ginsburg-toekenning van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Voedselwetenskap en -tegnologie (SAAFoST) ontvang het vir die beste plakkaataanbieding. Ek het in 2010 my meestersgraad in Voedselwetenskap behaaI, wat deur ’n NRF-skenking gefinansier is. Daarvoor is ek baie dankbaar.

Monique Muller

Page 27: Fakulteitsbrosjure: Natuur- en Landbouwetenskappe 2011/12 · Departement Fisika 18 Sentrum vir Wetenskap-, Wiskunde- en Tegnologie-onderwys 18 Landbou- en Voedselwetenskappe 18 Departement

Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe 24

Gemeenskapsontwikkelingsinisiatiewe

groot verskeidenheid dissiplines te skakel en mondelinge en geskrewe kommunikasievaardighede is uiters belangrik.

Beskrywing van die studieprogram

Wiskundige Statistiek: Verpligte vakke is wiskundige statistiek (derdejaarsvlak), wiskundige vakke, naamlik calculus, lineêre algebra, analise (tweedejaarsvlak), asook rekenaargeletterdheid en taalvaardigheid (eerstejaarsvlak). Keusevakke sluit vakke uit verskeie dissiplines soos rekenaarwetenskap, wiskunde, chemie, meteorologie, dierkunde en vele ander in, afhangend van die student se belangstellingsveld.

Presteerdertoekennings

Aan die einde van `n student in wiskundige statistiek se finale voorgraadse jaar word ̀ n prysuitdelingsgeleentheid gehou waartydens studente wat in al drie hul voorgraadse jare onderskeidings in die vak verwerf het, `n spesiale sertifikaat ontvang. Tydens dieselfde geleentheid word daar ook sertifikate en pryse oorhandig aan die algehele toppresteerder in wiskundige statistiek op derdejaars-vlak en aan die toppresteerder in die praktiese komponent van wiskundige statistiek op die derdejaars-vlak. Daar word ook jaarliks `n aantal beurse beskikbaar gestel aan toppresteerders wat besluit om voort te gaan met honneursgrade in wiskundige statistiek.

Gemeenskaps- ontwikkelingsinisiatiewe

Sci-Enza

Sci-Enza (voorheen die Eksploratium) is ’n wetenskapsentrum waar die algemene publiek, en veral groepe skoolkinders, eerstehands ervaring van wetenskap en tegnologie kan opdoen. Hier kan besoekers aan ’n verskeidenheid interaktiewe uitstallings in Fisika, Plantkunde, Dierkunde, Wiskunde en Ingenieurswese deelneem. Vir georganiseerde groepe word wetenskapvertonings, asook begeleide toere deur die Botaniese Tuin en die Camera Obscura op kampus aangebied. Besoekers mag ook die gewilde wetenskapboeke en -tydskrifte, sowel as videofasiliteite, in die leeshoekie gebruik. Sci-Enza is gedurende gewone kantoorure op weekdae oop. Vir individue is toegang gratis. Georganiseerde groepe wat ’n wetenskapvertoning bywoon, betaal ’n nominale bedrag van R10 per persoon.

Kontak die Kurator by +27 (0)12 420 2865/3767 om ’n besoek te reël.

Tegnologiewerkwinkels

Sci-Enza bied gereeld werkwinkels aan wat ongeveer 30 deelnemers kan akkommodeer. Deelnemers gebruik stelle Lego-blokkies, K’nex en ander algemeen beskikbare materiale om basiese tegnologieprobleme op te los. Ratte, hefbome, strukture en ander onderwerpe, wat ooreenstem met skole se Tegnologie-sillabusse, word gedek onder leiding van ’n instrukteur. ’n Nominale bedrag word gehef vir die werkwinkels. Belangstellende partye kan hul werkwinkel reël deur ’n afspraak met die Kurator te maak by +27 (0)12 420 2865/3767.

UP with ScienceDie UP with Science-verrykingsprogram is in 1998 bekendgestel en is daarop gerig om jongmense se kennis, belangstelling en vaardighede in die wetenskap te bevorder. Sowat 50 kandidate word uit skole in die nabye omgewing van die Universiteit gekeur om aan die program deel te neem. Programaktiwiteite strek oor ’n tydperk van drie jaar, vanaf die deelnemers se Graad 10- tot hulle Graad 12-skooljaar. Dit behels Saterdagklasse een maal ’n maand en ’n week-lange winterskool een maal ’n jaar gedurende die Julieskoolvakansie. Deelnemers wat die program voltooi, ontvang studiebeurse in die vorm van universiteitsklasgelde indien hulle vir studieprogramme in die Fakulteit Natuur-en Landbouwetenskappe aan die Universiteit van Pretoria inskryf. Omdat die UP with Science-program hoofsaaklik in Engels aangebied word, word die inligtingsmateriaal in Engels beskikbaar gestel. Afrikaanssprekende kandidate is egter welkom om hul aansoeke in Afrikaans in te dien. Elke skool mag ’n maksimum van twee kandidate nomineer. Die Universiteit sal sowat 50 kandidate uit die aansoeke kies, en suksesvolle kandidate sal in kennis gestel word van hul keuring. Die UP with Science-groep sal so saamgestel word dat die rasse- en geslagtelike diversiteit van die Suid-Afrikaanse bevolking daarin verteenwoordig word. Die twee belangrikste kriteria vir die keuring van kandidate is akademiese potensiaal en belangstelling in die wetenskap. Skakel mev Helga Nordhoff by +27 (0)12 420 2638 vir meer besonderhede.

Algemene inligting

Studenteadministrasie

Nuwe aansoekeGrace ZithaTel: +27 (0)12 420 4578 E-pos: [email protected]

Voorgraadse aansoeke, vanaf eerste jaar tot derde jaar• Biologiese Wetenskappe• Dierkunde• Entomologie• Geografie• Geoinformatika• Mensfisiologie

Johannah MashabaTel: +27 (0)12 420 5497 E-pos: [email protected] Voorgraadse programme, vanaf eerste jaar tot derdej aar• Mediese Wetenskappe • BSc Vierjaarprogram

Henda van Vuuren Tel: +27 (0)12 420 2726 E-pos: [email protected]

Voorgraadse programme: vanaf eerste jaar tot honneurs• Biochemie• Bioinformatika• Genetika• Biotegnologie• Mensgenetika• Verbruikerswetenskappe

Page 28: Fakulteitsbrosjure: Natuur- en Landbouwetenskappe 2011/12 · Departement Fisika 18 Sentrum vir Wetenskap-, Wiskunde- en Tegnologie-onderwys 18 Landbou- en Voedselwetenskappe 18 Departement

25 Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe

Algemene inligting

Liana Sturgeon Tel: +27 (0)12 420 2473 E-pos: [email protected]

Voorgraadse programme: vanaf eerste jaar tot honneurs• BSecEd(Sci)(Biologie-onderwys) • Landbou-ekonomie, Voorligting en Landelike

Ontwikkeling • Mikrobiologie • Plantpatologie • Plantproduksie • Grondkunde • Vee-en Wildkunde • Voedselwetenskap • Ekologie • Plantkunde

Dorothy TauTel: +27 (0)12 420 2723E-pos: [email protected]

Voorgraadse programme vanaf eerste jaar tot honneurs• Wiskundige Wetenskappe • Ingenieurs- en Omgewingsgeologie • Meteorologie • Omgewingswetenskappe • Chemie • Fisika • Geologie

Daleen Hartmann Tel: +27 (0)12 420 4580 E-pos: [email protected]

Nagraadse programme (MSc en PhD)• Wetenskapsonderwys • Geografie en Geo-informatika • Geologie • Wiskunde en Toegepaste Wiskunde • Statistiek • Dierkunde en Entomologie • Plantproduksie en Grondkunde

Tronè StanderTel: +27 (0)12 420 4579E-pos: [email protected]

Nagraadse programme (MSc en PhD)• Landbouwetenskappe Spesiaal: Nagraads • Internasionale samewerking: Biologiese en

Landbouwetenskappe • Internasionale postdoktorale genootskappe • Biotegnologie • Vee- en Wildkunde • Landbou-ekonomie, Voorligting en Landelike

Ontwikkeling • Mikrobiologie en Plantpatologie • Genetika • Waterhulpbronbestuur

Cathy Barnard Tel: +27 (0)12 420 4127 E-pos: [email protected]

Alle algemene navrae kan gerig word aan die KliëntedienssentrumTel: +27 (0)12 420 3111E-pos: [email protected] Webwerf: www.up.ac.zaOuerblad: www.up.ac.za/ouers

PosadresUniversiteit van Pretoria, Privaatsak X20, Hatfield, 0028

StraatadresUniversiteit van Pretoria, h/v Lynnwoodweg en Roperstraat, Hatfield, 0083

GPS-koördinate van ons kampusseHatfieldkampus: S25° 45’ 21”E28° 13’ 51”LC de Villiers: S25° 45’ 10”E28° 14’ 46”Groenkloof: S25° 46’ 10”E28° 12’ 34”Onderstepoort: S28° 10’ 54”E25° 38’ 52”Mamelodi: S25° 43’ 22”E28° 23’ 56”Prinshof: S25° 43’ 57”E28° 12’ 10”GIBS: S26° 07’ 46”E28° 02’ 46”

FakulteitsadministrasiekantoreGrondvlak, Landbouwetenskappegebou, Hatfieldkampus

Universiteit van Pretoria se bankbesonderhede

ABSATak: HatfieldTakkode: 632005Rekeningnommer: 214 000 0054Swift-kode: ABSAZA JJCPT

Standard BankTak: HatfieldTakkode: 011545Rekeningnommer: 012 602 604Swift-kode: SBZAZAJJ

Institusionele Vaardigheidstoets

Die Institusionele Vaardigheidstoets (IVT) verskaf addisionele inligting oor ʼn student se prestasie in drie kernareas, naamlik Akademiese en Kwantitatiewe Geletterdheid (AQL) (een drie-uurtoets), sowel as Wiskunde (een drie-uurtoets). Die Wiskundetoets staan ook bekend as die Kognitiewe Wiskundige Geletterdheidstoets (CAMP) en dit toets ʼn leerder se vermoë betreffende wiskundige konsepte in die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) Wiskunde I- en II-vraestel. Jy skryf twee toetse, maar verkry drie uitslae.

Reëls

(1) Inligting aangaande die toets sal in die aansoekbrief wat aan studente gestuur word, ingesluit word.

(2) Aansoekers mag die toets slegs twee maal aflê.(3) Die toets is geldig vir aansoeke by alle Suid-

Afrikaanse universiteite.(4) Die uitslae sal aanlyn beskikbaar wees aan beide

die studente en die universiteit (of universiteite) waar hulle aansoek gedoen het om toelating.

(5) Institusionele toegang sal deur wagwoorde beskerm word.

(6) ʼn Administrasiefooi van R10 per AQL-toetsdatum plus R50 per toets is betaalbaar via EasyPay. Indien jy beide die AQL- en die Wiskundetoets skryf, betaal jy R110.

(7) Leerders registreer aanlyn by www.nbt.ac.za en kies hulle eie datum en lokaal.

(8) Jy skryf die toets deur jou ID-nommer te gebruik.(9) Uitslae sal een maand na die toetsdatum beskik-

baar wees.(10) LW. Jy word nie toegelaat om ʼn wetenskaplike

sakrekenaar vir die Wiskundetoets te gebruik nie. (11) By UP moet leerders wat aansoek doen vir grade

waar Wiskunde ʼn voorvereiste is, die AQL-toets asook die Wiskundetoets skryf.

Op die dag waarop die Institusionele Vaardigheidstoets van die Universiteit geskryf word, moet studente om 07:30 by die lokaal aanmeld. Onthou om jou

Page 29: Fakulteitsbrosjure: Natuur- en Landbouwetenskappe 2011/12 · Departement Fisika 18 Sentrum vir Wetenskap-, Wiskunde- en Tegnologie-onderwys 18 Landbou- en Voedselwetenskappe 18 Departement

Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe 26

Algemene inligting

identiteitsdokument, jou eie skryfbehoeftes en jou studentenommer (indien jy reeds een ontvang het) saam te bring. Studente moet vooraf by EasyPay-punte betaal. Bring asseblief jou bewys van betaling saam. Vir meer inligting, besoek die webwerf: www.nbt.ac.za of skakel Tel. +27 (0)21 650 3523.

Aansoeke

Studente wat vir die eerste maal of na ’n onderbreking in hul studies aan die Universiteit van Pretoria wil registreer, moet aansoek (of heraansoek) doen om toelating.

Nuwe studente mag slegs na suksesvolle toelating registreer. Indien voorwaardelik toegelaat, moet jou finale Graad 12-uitslae aan die einde van die jaar steeds voldoen aan die vereistes van die fakulteit waar jy wil registreer. Dus sal nuwe studente eers kan registreer nadat hulle aansoek voltooi en toelatingsproses goedgekeur is. Voorwaardelike toelating is gebaseer op die uitslae wat in die Graad 11-eksamen behaal is. Let asseblief daarop dat die finale Graad 12-uitslae steeds die bepalende faktor is vir toelating. Neem asseblief kennis dat voldoening aan die minimum vereistes nie noodwendig toelating tot enige program of studieveld waarborg nie.

Laat aansoeke: Voordat jy ʼn laat aansoek indien, kontak asseblief die Fakulteitsadministrasiekonsultant om te bepaal of daar nog plekke beskikbaar is. Indien die studieveld nie ʼn keuringskursus is nie en die Fakulteit nog plek beskikbaar het, sal jou aansoek oorweeg word. Laat aansoeke word slegs aanvaar op voorwaarde dat jy ten volle aan al die toelatingsvereistes vir die betrokke graad voldoen. Indien jy nie aan die vereistes voldoen nie, sal jou aansoek nie oorweeg word nie. Aansoekgeld is nie terugbetaalbaar nie. ʼn Graad 12-sertifikaat met universiteitsvrystelling (endossement) word vereis indien Graad 12 voor 2008 behaal is.

Toelating

Voornemende studente met ʼn NSS-kwalifikasie wat graag toelating tot enige van die nege fakulteite van die Universiteit van Pretoria wil bekom, moet aan die toelatingsvereistes voldoen:

(1) Die minimum statutêre en institusionele vereistes vir graadstudies.

(2) Erkende en toepaslike kombinasies van vakke.(3) Die vereiste Toelatingspunttelling (TPT) soos

voorgeskryf in die regulasies en leerplanne van elke Fakulteit.

(4) Engels en/of Afrikaans op Graad 12-vlak.

Die berekening van ʼn TPT is gebaseer op ʼn kandidaat se prestasie in enige ses 20-kredietvakke (nie slegs aangewese vakke nie) deur gebruik te maak van die sewepuntgraderingskaal van die Nasionale Senior Sertifikaat.

Prestasie Prestasievlak Punt7 Uitstaande prestasie 80–100%6 Verdienstelike prestasie 70–79%5 Wesenlike prestasie 60–69%4 Voldoende prestasie 50–59%3 Middelmatige prestasie 40–49%2 Elementêre prestasie 30–39%1 Nie behaal nie 0–29%

Taalbeleid en onderrigmedium

Die Universiteit maak, wat onderrigmedium betref, van twee amptelike tale gebruik, naamlik Afrikaans en Engels. By formele onderrig is die onderrigmedium Afrikaans of Engels, of albei dié tale, indien daar ’n aanvraag is, en dit akademies en ekonomies regverdigbaar is. Dit bly egter steeds ’n student se verantwoordelikheid om jaarliks vas te stel in watter taal ’n module en alle verdere vlakke van die module aangebied word. Wat administratiewe en ander dienste betref, is ’n student daarop geregtig om te kies of die Universiteit in Afrikaans of Engels met hom of haar moet kommunikeer.

Verpligte Akademiese Geletterdheids- toets vir geregistreerde eerstejaarstudente

ʼn Student met ʼn hoë akademiese potensiaal kan ʼn onvoldoende vlak van akademiese geletterdheid hê wat in die pad van akademiese sukses staan. Daarom word die akademiese geletterdheidsvlakke van alle nuwe eerstejaarstudente aan die Universiteit van Pretoria deur middel van ʼn gestandaardiseerde Akademiese Geletterdheidstoets gemeet. Indien nodig, moet studente op grond van hul risikovlak ʼn gepaste akademiese geletterdheidskursus volg.

Die Akademiese Geletterdheidstoets word eenmalig geskryf en is verpligtend vir alle nuwe eerstejaarstudente, ongeag of die student reeds ʼn toelatingstoets afgelê of ʼn taalkursus deurloop het. As die student later van studierigting verander, hoef hy/sy nie weer die Akademiese Geletterdheidstoets te skryf nie.

Studente mag die Akademiese Geletterdheidstoets in Engels of Afrikaans aflê. Studente in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe en Veeartsenykunde word egter verplig om die toets in Engels af te lê.

Verwys asseblief na jou Program vir registrasie en aanvang van die akademiese jaar (29 Januarie tot 11 Februarie 2011) vir tye en lokale vir die skryf van die Akademiese Geletterdheidstoets.

Verpligte Rekenaar- en Inligtinggeletterdheidstoets vir geregistreerde eerstejaarstudente

Die Rekenaar- en Inligtinggeletterdheidsmodules, naamlik CIL 111 en CIL 121 (of soos voorgeskryf deur die verskillende programme), is verpligtend vir alle nuwe eerstejaars.

Studente met vorige rekenaarkwalifikasies, of dié wat reeds ʼn hoë vlak van rekenaargeletterdheid het, word nie uitgesluit van die CIL 111 (Rekenaargeletterdheidmodule) nie. Hierdie studente sal ʼn vrystellingstoets kan skryf. Verwys asseblief na die inligting in jou Program vir registrasie en aanvang van die akademiese jaar (29 Januarie tot 11 Februarie 2011).

Doen aansoek om die aflegging van die vrystellingseksamen by die Studentedienssentrum (nie by die Informatorium nie). Hierdie gebou is noord van die Sci-Enza en die Tegniese Dienste-gebou geleë.

As jy die CIL 111-vrystellingseksamen slaag, is ʼn vrystellingsheffing betaalbaar in plaas van die normale onderriggeld vir hierdie module.

Page 30: Fakulteitsbrosjure: Natuur- en Landbouwetenskappe 2011/12 · Departement Fisika 18 Sentrum vir Wetenskap-, Wiskunde- en Tegnologie-onderwys 18 Landbou- en Voedselwetenskappe 18 Departement

27 Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe

Algemene inligting

Beurse en lenings

Nuwe voorgraadse studente wat vir graadkursusse inskryf, moet die onderstaande minimum gemiddelde persentasies behaal om vir ʼn merietebeurs te kwalifiseer.

Nuwe voorgraadse merietebeurswaardes: 2011Fakulteit/Skool Fakulteit Natuur-

en Landbou-wetenskappe

Skool vir die Bou-omgewing en Skool vir Ingenieurswese

Skool vir Inligtingtegnologie

Ander fakulteite en skole

Kwalifiserende gemiddelde persentasie

75–100% 75–100% 80–100% 80–100%

Minimum beurswaarde R10 500 R10 500 R10 500 R7 100Maksimum beurswaarde R24 500 R24 500 R21 000 R18 800

Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 OktoberWebwerf: www.up.ac.za/fao

Beurse in 2011 vir prestasies op ander akademiese gebiede en in buitemuurse aktiwiteiteEntrepreneuries R2 200Expo – houer van ’n goue medalje R2 200Leierskap – minimum R600Leierskap – maksimum R2 200Vak-Olimpiade – algehele wenner R5 900Vak-Olimpiade – 2de tot 10de plek R2 200Wetenskap/Wiskunde – algehele wenner R30 800Wetenskap/Wiskunde – 2de plek R24 600Wetenskap/Wiskunde – 3de plek R18 500Wetenskap/Wiskunde – 4de tot 10de plek R2 200

Vir meer inligting oor enige van bogenoemde beurse en lenings, raadpleeg die Universiteit se Studiefinansieringsbrosjure.

Onderrig- en ander gelde

Die beraamde onderriggelde vir 2011 in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe se onderskeie skole is:• Biologiese Wetenskappe: R28 370–R30 520• Landbou- en Voedselwetenskappe: R27 650–R28 400• Fisiese Wetenskappe: R27 650–R30 800• Wiskundige Wetenskappe: R32 300–R33 400• Wetenskapsonderwys: R24 850–R24 860

Hierdie bedrag is onderhewig aan verandering en moet nie as die finale koste beskou word nie. Voornemende studente word aangeraai om bedrae aan te pas vir kostestygings. Die inflasiekoers gedurende 2011 kan as ’n riglyn vir die toename gebruik word ten einde die 2012-onderriggelde te beraam.

Heffing Betaling Betaaldatum BedragAd hoc-heffings • Aansoekheffing (nie

terugbetaalbaar nie)• Internasionale administratiewe

heffing

• Betaalbaar in die jaar wat studies voorafgaan

• Betaalbaar voor of tydens registrasie

R220

R2 000Heffings betaalbaar om studie- en/of losiesplek te verseker

Betaling gelykstaande aan die eerste paaiement is van toepassing ten opsigte van die toegekende plek:• Studieplek• Losiesplek

Betaalbaar met kennisgewing van plasing gedurende die jaar wat studie voorafgaan:• Studieplek• Losiesplek

R3 200R3 600

Kansellasieheffings Indien ’n studie- en/of losiesplek wat aanvaar is, nie opgeneem word nie, sal ’n Kansellasieheffing van toepassing wees.

Heffing word van die voorgenoemde betaling afgetrek:• Studieplek• Losiesplek

R1 600R1 800

Aanvangsbetaling (eerste paaiement)

• Onderriggeld Nagraadse studente wat registrasie hernu Alle ander studente (voor- en nagraads)

• Losiesgeld

Betaalbaar voor of tydens registrasie

Betaalbaar indien nie reeds betaal is ter aanvaarding van die studie- en/of losiesplek nie.

R2 250

R3 200

R3 600

Tweede paaiement 50% van gelderekening Voor of op 30 AprilDerde paaiement 100% van gelderekening Voor of op 31 Julie

Page 31: Fakulteitsbrosjure: Natuur- en Landbouwetenskappe 2011/12 · Departement Fisika 18 Sentrum vir Wetenskap-, Wiskunde- en Tegnologie-onderwys 18 Landbou- en Voedselwetenskappe 18 Departement

Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe 28

Algemene inligting

Akkommodasie Hatfieldkampus

Dameskoshuise: Asterhof, Erika, Jasmyn, Katjiepiering, Madelief, Klaradyn, Magrietjie and Nerina• Enkelkamers: R19 500• Dubbelkamers: R17 900• Indien 100% van maaltye geneem word: R25 400

Dameskoshuis: Nerina (nuwe enkel)• Enkelkamers: R21 900• Indien 100% van maaltye geneem word: R25 400

Manskoshuise: Boekenhout, Kollege, Maroela, Mopanie, Olienhout and Taaibos• Enkelkamers: R19 500• Dubbelkamers: R17 900• Indien 100% van maaltye geneem word: R25 400

Tuks Village: Eenhede vir dames• Enkelkamers: R21 900• Indien 100% van maaltye geneem word: R25 400

Tuks Village: Eenhede vir mans• Enkelkamers: R21 900• Indien 100% van maaltye geneem word: R25 400

Privaatakkommodasie

Privaatakkommodasie word onder meer deur die volgende instellings voorsien:• Arlon Eiendomme: Tel: +27 (0)12 362 5499 E-pos: [email protected]• City Property: Tel: +27 (0)12 362 4473 E-pos: [email protected]• Off-campus Rental: Tel: +27 (0)12 362 6123 E-pos: [email protected]• Sonop: Tel: +27 (0)12 460 7830 E-pos: [email protected]• South Point: Tel: +27 (0)12 341 1762

E-pos: [email protected]

Opedag

Datum: 21 Mei 2011Tyd: 08:00 tot 14:00

Wie moet dit bywoon?• Graad 12-leerders wat reeds bevestiging ontvang het

dat hulle voorlopig toegelaat is• Graad 12-leerders wat aan die toelatingsvereistes

voldoen en wat hulle aansoekvorms wil indien• Graad 11-leerders wat feitlik seker is dat hulle wel by

UP gaan aansoek doen• Die ouers van bogenoemde leerders

TuksSport

Tel: +27 (0)12 420 6069Faks: +27 (0)12 420 6095E-pos: [email protected]: www.up.ac.za/sport

Studentesake

Die Departement Studentesake het twee afdelings:

1) Studenteontwikkeling Dienste verskaf deur hierdie afdeling sluit in:• Verteenwoordigende Studenteraad (VSR)• Grondwetlike Tribunaal (hof vir studente)• Studenteverenigings• Daghuise en fakulteitshuise

• Jool• Stuku (studentekultuur)• Perdeby (studentekoerant)• TuksFM (kampusradiostasie)• Studentesport• Meer as 100 religieuse, kulturele, akademiese en

literêre verenigings• Mentorskapsprogramme en baie meer

2) Studenteondersteuning Dienste verskaf deur hierdie afdeling sluit in:• Akademiese ontwikkeling (loopbaanadvies en asses-

sering, studiemetodes en leesvaardigheidskursusse, streshantering, psigometriese toetse, tydsbestuur, beroepsbeplanning)

• Potensiaalontwikkeling (konflikbestuur, kommunika-sievaardighede, doelwitstelling, probleemoplossing)

• Individuele verhoudingsberading (interpersoonlike probleme, stres, depressie, eetversteurings, lewens-trauma, emosionele probleme en die ontwikkeling van lewensvaardighede)

Vir meer inligting, kontak me Ria Paul:Tel: +27 (0)12 420 2333 E-pos: [email protected]: Studentesakegebou K2-13,

Hatfieldkampus

Noodnommer: 0800 00 64 28 (tolvry) of Tel: +27 (0)12 420 2310

Departement Biblioteekdienste

Die Universiteit van Pretoria se Departement Biblioteekdienste ondersteun leer- en onderrigprosesse en bied aan studente toegang tot ’n globale inligtingsomgewing. Spesialisdienste sluit inisiatiewe in soos ’n aanlyn inligtingsdiens (e-inligtingsdiens) en fakulteitsbiblioteke. ’n Globale soekenjin bied toegang tot ’n groot verskeidenheid elektroniese vaktydskrifte, boeke en databasisse.

Merenskybiblioteek (Hatfieldkampus) Tel: +27 (0)12 420 2235 +27 (0)12 420 2236 +27 (0)12 420 3150 Faks: +27 (0)12 362 5100

Afdeling Internasionale Studente

Tel: +27 (0)12 420 3111E-pos: [email protected]: www.up.ac.za/ISDLigging: Grondvlak, Kliëntedienssentrum-

kantoorblok, Universiteit van Pretoria, Lynnwoodweg, Hatfield

Die Afdeling Internasionale Studente is verantwoordelik vir die voor-sorg, in-sorg en na-sorg van nie-RSA-burgers wat beplan om by UP in te skryf.

Higher Education South Africa (HESA)

Die Matrikulasieraad maak deel uit van Higher Education South Africa (HESA). Die Raad is daarvoor verantwoordelik om matrikulasie-endossemente en vrystellingsvereistes te administreer. Die aanlyn diens stel leerders wat oor ʼn Suid-Afrikaanse Senior

Page 32: Fakulteitsbrosjure: Natuur- en Landbouwetenskappe 2011/12 · Departement Fisika 18 Sentrum vir Wetenskap-, Wiskunde- en Tegnologie-onderwys 18 Landbou- en Voedselwetenskappe 18 Departement

29 Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe

Algemene inligting

Omskakelingstabel vir Toelatingspunttelling (TPT)

TPT NSS SS HGM-telling

SS SGM-telling

'HIGCSE /NSSC HL'

'IGCSE/ GCSENSSC OL/O-level'

'AS-level' 'A-level' 'IB HL' 'IB SL' TPT

Gr 11 Gr 1210 A 7 109 98 B 6 87 7 (80–100%) A 1 A A C 5 7 76 6 (70–79%) B A 2 B B D 4 6 65 5 (60–69%) C B 3 C A C E 3 5 54 4 (50–59%) D C D B D 2 4 43 3 (40–49%) E D 4 E C E 1 3 32 2 (30–39%) F E F D/E 2 21 1 (0–29%) G F G F/G 1 1

NSS – Nasionale Senior Sertifikaat (Graad 12 voltooi gedurende of na 2008)SS HG – Senior Sertifikaat Hoërgraad (Graad 12 voltooi voor 2008)SS SG – Senior Sertifikaat Standaardgraad (Graad 12 voltooi voor 2008)HIGCSE – ‘Higher International General Certificate of Secondary Education’ IGCSE – ‘International General Certificate of Secondary Education’ NSSC – ’namibia Senior Secondary Certificate’A-level – ‘Advanced level’O-level – ‘Ordinary level’AS-level – ‘Advanced Subsidiary level’IB – ‘International Baccalaureate Schools’ (higher levels and standard levels)

’n Besigheidsvoorstel wat Moringa oleifra (die “wonderwerkboom”) betrek, het gesorg dat hierdie BSc(Agric)- en Genetikastudente van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe die UP-wenners en nasionale naaswenners is van die 2009 Sanlamkompetisie, Kreatiwiteit vir Vooruitgang, met hulle Moringa-program vir Landelike Ontwikkeling. Die besigheidsplan stel die aanplant van Moringa oleifera-bome op klein gemeenskaplike plasies in landelike gebiede voor as ’n oplossing vir die veelvoudige en komplekse gesondheids-, sosio-ekonomiese en volhoubaarheidsprobleme wat in sulke gebiede ervaar word. Verder was hulle semifinaliste in die 2010 Dell-kompetisie vir Maatskaplike Innovasie, waar hulle teen universiteitspanne van regoor die wêreld meegeding het.

Marja O’Neill, Mmoledi Mphahlele, Quintin Muhl en Mariette Bezuidenhout

Sertifikaat van 1996 beskik, asook diegene wat oor buitelandse kwalifikasies beskik, in staat om vas te stel of hul kwalifikasies wel aan die toelatingsvereistes vir universiteitstudies voldoen, en of hulle nodig het om ʼn vrystellingsertifikaat te bekom.

HESA Tel: +27 (0)12 481 2847/2848Faks: +27 (0)12 481 2922/2718E-pos: [email protected] Webwerf: www.hesa-enrol.ac.za/mb

Vrywaring:Hierdie publikasie bevat inligting oor reëls, beleid, onderriggelde, kurrikula en programme van die Universiteit soos van toepassing ten tye van die druk daarvan. Wysigings aan of opdatering van die inligting in hierdie publikasie mag van tyd tot tyd sonder voorafkennisgewing geskied. Die akkuraatheid, betroubaarheid of geldigheid van die inligting vervat in hierdie publikasie word derhalwe nie deur die Universiteit op enige gegewe tydstip gewaarborg nie en is onderhewig aan verifiëring. Die gebruiker word versoek om deurgaans die korrektheid van die gepubliseerde inligting met die Universiteit te bevestig. Versuim om hieraan te voldoen, sal nie aanleiding gee tot enige eis of aksie van enige aard teen die Universiteit deur enige party hoegenaamd nie.