familienuus junie 2010

22
FAMILIENUUS Pierre van Ryneveld Gemeenskapskerk IN HIERDIE UITGAWE Pinkstergetuienis 2 Gemeentekamp 3 Uitreike 2010 4 Gemeentekamp 7 Comrades 8 Vakansieprogram 13 Fotokompetisie 16 SowetoBulls 18 Algemeen 2 Familiewees 4 Geloofsgroei 8 Maandprogram 10 Nuwe Generasie 12 Menswees + Kuns 16 Inligting 19 Glimlag 20 Kontak 21 In hierdie uitgawe Dis onvermydelik, die sokkermal wêreld is op ons. Behalwe die paar honderdduisend internasionale be- soekers wat ons verwag, is daar der- miljoene mense wat vir die eerste keer van ons pragtige land gaan kennis neem. Hierdie gebeurtenis laat baie van ons met gemengde gevoelens. Vakansieplanne is gemaak en reëlings getref om betyds uit die groot sentra te wees, om die harwar te mis. Maar dis moeilik om die hele maand weg te wees, so ons gaan die koors er- vaar, kom wat wil. Hoe benader ‘n mens die situasie sinvol? Die meeste gesprekke wat ek hoor is negatief en afbrekend. Dis asof mense graag wil sien dat die toernooi ‘n mislukking is. Ek dink nogal ‘n mens sou kon kies om in plaas van onvergenoegdheid en beswaardheid, te skuif na belang- stelling en verwagting. Wat is ‘n paar dinge wat ‘n mens sou kon doen? Daar is sekerlik heel- wat meer. Leer iets van die spel sokker en volg die wêreldbekerprogram. Sokker is die nasionale taal van Afrika en dit gaan jou help om nuwe bruê te bou met die mense wat jy teëkom in jou lewe. Wees betrokke (of in persoon of in gebed) by die letterlik honderde uitreikprojekte wat tydens die toer- nooi plaasvind. Honderde dui- sende mense gaan bereik word met die evangelie. Wat ‘n geleen- theid! Kry ‘n kaartjie vir ‘n wedstryd, enige wedstryd! Wees deel van die ervaring in jou eie land. Leer ‘n paar frases in Frans, Spaans, Portugees en watter an- der tale jy jou hande op kan lê. Groet die vreemdelinge in hulle taal en deel ‘n glimlag met hulle. Christenwees en kerk- wees is om, soos Jesus, nader te tree aan die wêreld waarin ons leef, en met ‘n glimlag, ‘n oomblik se luister, ‘n bie- tjie aandag, tyd, geleent -heid of wat ookal voor- hande is, daar te wees waar God besig is. Die verhoudings wat ons begin en in stand hou met mense, word die snel- weë waar op die evangelie in le- wens aankom en posvat. Ons is in die bevoorregte posisie dat die wêreld na ons toe kom. Kom ons gebruik die geleenthede wat dit ons bied vir gesels, vir belangstel, vir nuuskierig wees, vir liefde wys, vir bruê bou in ons land. As ons as volgelinge van Jesus nie op die markplein uitbeweeg en Je- sus toelaat om ons aan te raak so- dat ons in ander se lewens ‘n verskil kan maak nie …. Wie sal? Sokkerkoors … die wêreld is hier! Jan Venter Junie 2010 REDAKSIE [email protected] Gesels met ons oor wat jy in ons blad wil sien! 1

Upload: riana-janse-van-rensburg

Post on 29-Mar-2016

259 views

Category:

Documents


16 download

DESCRIPTION

Familienuus Junie 2010

TRANSCRIPT

Page 1: Familienuus Junie 2010

FAMILIENUUS

P ie r re van Ryneveld Gemeenskapskerk

IN HIERDIE UITGAWE

• Pinkstergetuienis 2

• Gemeentekamp 3

• Uitreike 2010 4

• Gemeentekamp 7

• Comrades 8

• Vakansieprogram 13

• Fotokompetisie 16

• SowetoBulls 18

Algemeen 2

Familiewees 4

Geloofsgroei 8

Maandprogram 10

Nuwe Generasie 12

Menswees + Kuns 16

Inligting 19

Glimlag 20

Kontak 21

In hierdie uitgawe

Dis onvermydelik, die sokkermal wêreld is op ons. Behalwe die paar honderdduisend internasionale be-soekers wat ons verwag, is daar der-miljoene mense wat vir die eerste keer van ons pragtige land gaan kennis neem. Hierdie gebeurtenis laat baie van ons met gemengde gevoelens. Vakansieplanne is gemaak en reëlings getref om betyds uit die groot sentra te wees, om die harwar te mis. Maar dis moeilik om die hele maand weg te wees, so ons gaan die koors er-vaar, kom wat wil. Hoe benader ‘n mens die situasie sinvol? Die meeste gesprekke wat ek hoor is negatief en afbrekend. Dis asof mense graag wil sien dat die toernooi ‘n mislukking is. Ek dink nogal ‘n mens sou kon kies om in plaas van onvergenoegdheid en beswaardheid, te skuif na belang-stelling en verwagting. Wat is ‘n paar dinge wat ‘n mens sou kon doen? Daar is sekerlik heel-wat meer.

• Leer iets van die spel sokker en volg die wêreldbekerprogram. Sokker is die nasionale taal van Afrika en dit gaan jou help om nuwe bruê te bou met die mense wat jy teëkom in jou lewe.

• Wees betrokke (of in persoon of in gebed) by die letterlik honderde

uitreikprojekte wat tydens die toer-nooi plaasvind. Honderde dui-sende mense gaan bereik word met die evangelie. Wat ‘n geleen-theid!

• Kry ‘n kaartjie vir ‘n wedstryd, enige wedstryd! Wees deel van die ervaring in jou eie land.

• Leer ‘n paar frases in Frans, Spaans, Portugees en watter an-der tale jy jou hande op kan lê. Groet die vreemdelinge in hulle

taal en deel ‘n glimlag met hulle.

Christenwees en kerk-wees is om, soos Jesus, nader te tree aan die wêreld waarin ons leef, en met ‘n glimlag, ‘n oomblik se luister, ‘n bie-tjie aandag, tyd, geleent-heid of wat ookal voor-hande is, daar te wees waar God besig is.

Die verhoudings wat ons begin en in stand hou met mense, word die snel-weë waar op die evangelie in le-wens aankom en posvat.

Ons is in die bevoorregte posisie dat die wêreld na ons toe kom. Kom ons gebruik die geleenthede wat dit ons bied vir gesels, vir belangstel, vir nuuskierig wees, vir liefde wys, vir bruê bou in ons land.

As ons as volgelinge van Jesus nie op die markplein uitbeweeg en Je-sus toelaat om ons aan te raak so-dat ons in ander se lewens ‘n verskil kan maak nie …. Wie sal?

Sokkerkoors … die wêreld is hier! Jan Venter

Junie 2010

REDAKSIE

[email protected]

Gesels met ons oor wat

jy in ons blad wil sien!

1

Page 2: Familienuus Junie 2010

In Februarie vanjaar is my pa oorlede en dit het ‘n

baie groot gemis in my

lewe veroorsaak.

Met sy dood het ek 'n baie slegte ervaring gehad met iemand na aan hom. Dit

het veroorsaak dat ek hier-die persoon amper gehaat het, om so ‘n sterk woord

te gebruik. Maar dit is wat

ek beleef het.

My pa het ons van kleins af

geleer dat die son nooit oor jou woede moet on-dergaan nie. Hy het ook

altyd geglo dat bitterheid nooit ‘n plek in ‘n mens se hart mag kry nie omdat dit

die bose ‘n houvas gee op jou lewe en jou uiteindelik

vernietig.

Ten spyte hiervan, kon ek nie aan hierdie persoon dink sonder dat iets in my

binneste gebeur nie, maar nie iets goed nie. Ek het elke keer oorgekook van

woede!

Ander met wie ek die ver-haal gedeel het, het my

ook nie werklik kon help nie. Elke keer as hulle die

storie gehoor het, was al-mal se kommentaar "Greta

jy mag so voel (al het ek geweet hoe verkeerd dit

was), want dit wat sy ge-

doen het, was net te aak-

lig "

Hierdie "haat" het begin om my lewe te oorheers. Dit was later al wat ek aan

kon dink, en het soos 'n rol-prent oor en oor in my kop gespeel. Ek het begin te bid oor vergifnis, maar dit

het nooit verder as my mond gekom nie. Ek het dit elke dag vir die Here gesê,

maar die woorde het net nie by my hart uitgekom nie. In my was dit net nog

te seer, maar ek het aangehou en aangehou om die keuse met my ver-

stand te maak.

Tydens Pinkster het ons gesing “God is all I want,

He is all I ever needed”, en dit was my hartsbe-geerte. Ek het weer geleer

van Jesus wat Sy vyande lief het, selfs die wat Hy weet Hom gaan dood-

maak.

Ons temalied was “ Waar daar deernis is”. Ek het dit

elke aand gesing. Een aand terwyl ek hierdie lied sing, het ek net ewe skielik

geweet dat ek weet, ek weet! Jesus het my vryge-

maak.

Ek kon vir die eerste keer aan hierdie mens dink son-

der enige wroeging in my hart. Ek kon vir haar bid, het haar vrygespreek en

volkome vergewe.

Net ek en die Here weet hoe swaar las dit vir my was

en watter vreugde dit was

om daarvan verlos te word.

Dit is vir my so groot wonderwork, want ek weet net Jesus kan dit doen. Uit my eie het ek drie maande

verniet geworstel.

Ek kon Vrydag ’n oproep

maak en met die persoon gesels en dit self met haar deel. Die Here het my ook

daardeur gelei.

Dankie vir Pinkster 2010. Al die dienste was ‘n wonder-

Pinkster 2010, ‘n Getuienis Greta Prins

FAMILIENUUS ALGEMEEN

2

Page 3: Familienuus Junie 2010

Gemeentekamp 2010 .. Wens jy was daar! Jan Venter

FAMILIENUUS ALGEMEEN

3

Kenmekaar en saamgesels in die Kapel

Die jongspan en hulle “belangrike” speeltyd!

Lekker koue aand, lekker warm vuur

Van Gogh , Christus en Nagmaal

Lekker rugbykyk op die buitelug grootskerm

Salig in die skaduwees, kuier en ontspan

Page 4: Familienuus Junie 2010

1. Manna vir honger magies

Mootstraat 694, Hercules

Hierdie projek staan onder die leiding van twee pensioenarisse wat saam met ander vrywillige werkers tussen 40 en 80 be-

hoeftiges elke Donderdag van ‘n heerlike gekookte bord kos, klere en komberse voorsien.

Hulle is totaal aangewese op vrywillige bydraes.

Hulle behoeftes is die volgende:

Nie-bederfbare voedsel , Groente, Vleis (groot behoefte), Klere, Komberse

FAMILIENUUS FAMILIEWEES

4

Woensdag, 16 Junie is die groot dag wat

ons in verskillende spanne om 08:30 die

oggend na 8 plekke gaan uitreik!! Ons

doel is nie net om materiële nood te help

verlig nie, maar om regtig verhoudings te

begin en volhoubare bedieninge te skep.

Hierdie projek beloof om vanjaar weer iets

groots te wees en ons wil graag baie baie dankie sê aan almal wat reeds hul harte oopgemaak het vir wat ons glo aan baie

behoeftige mense hoop gaan bring! Net die kombersprojek het reeds meer as 1 200 komberse opgelewer en hiervoor aan die

Here al die eer!

Projek Winterhoop Uitreike Ons het die kombersprojek reeds gesluit

en gaan nou op voedsel en ander items konsentreer. Ons het baie kos nodig en ons maak ook vir hierdie projek staat op

hulp en ondersteuning van ons geloofsfamilie.

Die plekke waarheen ons gaan uitreik, is reeds op die wielietjieborde bekend ge-maak, maar ons gee graag hieronder

meer besonderhede daarvan. Wat belangrik is, is dat diegene wat op 16 Junie deel gaan vorm van die groot uitreik, hul name so gou moontlik op die

lyste op die borde aanbring.

Op hierdie bladsye is die plekke waar-

heen ons gaan uitreik aangedui.

2. “Uncle Ben” se skuiling

Bothastraat 887, Hermanstad

Hierdie sentrum bied huisvesting aan 120 persone van 2jr tot 90jr.

Daar is 6 huisies en 18 “wendy’s”, asook

‘n versorgingsoord vir 21 persone. Hulle is afhanklik van donasies en vrywillige by-draes.

Hulle grootste behoefte is die volgende: Finansiële skenkings, Blikkieskos, Vleis,

Toiletware, Toiletpapier, Komberse.

Van der Heeverstraat 966, Daspoort

Hierdie huis (2 huise en 9 “wendy’s”) bied huisvesting aan 35 kinders en 19 volwassenes, almal behoeftiges en verwaarloosdes.

Hulle leuse is: “Oorwin met liefde”. Die sentrum is goed versorg en in goeie hande.

Hulle behoeftes is die volgende: Mieliemeel, Kitspappe, Rys en mielierys, Pasta, Margarien, Kookolie, Melkpoeier, Spe-

serye, Soppe, Eiers, Blikkieskos

3. Huis Ebenhaeser

Page 5: Familienuus Junie 2010

FAMILIENUUS FAMILIEWEES

5

5. Winterveld Projek

4. “Thusanang”

44 Block R, Soshanguve

Hierdie tehuis sien om na behoeftige weeskinders en stel hulle ten doel om die kinders met vaardighede en kennis toe te

rus ten einde selfstandig te kan bestaan.

Tans word ongeveer 200 kinders hier gehuis-ves, waarvan 30 op die perseel inwoon. Die res is in dagsorg en oornag by vriende of

familie.

Die sentrum staan onder die sorg van vier voltydse vrywilligers met pastoor Petrus Tsha-balala aan die hoof. Hulle behoeftes is die

volgende:

Mieliemeel, Rys, Soppe, Blikkieskos, Melk-poeier, Kitspappe, Tamatiesous, Groente, Kinderklere en skoene, Rekenaars ,

Komberse, Toiletpapier, Komberse, Kussings, linne, Skryfbehoeftes, Seep en ander skoon-maakmiddels, Speelgoed, Koeldranke (aanmaak).

Hierdie bediening staan onder die leiding van Evelina wat voorheen ‘n lidmaat van

Buti se gemeente was en nou haar ge-

meente in Winterveld bedien.

Sy het die Nehemia-kursus met ons ge-meente se ondersteuning voltooi. Hierdie

gemeente groei en die eredienste word deur 80-130 mense bygewoon. Hulle het ‘n

lewendige sang- en musiekbediening.

Die gemeente se behoeftes is die volgende:

Klere en skoene, Komberse, Blikkieskos Boumateriaal, Skoonmaakmiddels, Wasmid-dels, Dakplate.

6. “Tshwane Haven”

Hierdie huis funksioneer as ‘n plek van veiligheid vir babas en kleuters wat wegge-

gooi is. Hier word hulle versorg voordat hulle na ‘n groter plek van veiligheid uitgeplaas

word. Een van ons selgroepe is hier betrokke.

Die sentrum het behoefte aan veral die vol-

gende:

Babaklere, Babaspeelgoed, Babakomber-sies, Weggooibare doeke, “Wetwipes”,

Badgoed en rome, Bababadhanddoeke,

Formule melk: Nan1, Pelargon, Lactogen1.

671 Tiendelaan, Wonderboom-Suid

Hierdie sentrum is onder die beheer van Peet en Helena Blignaut en hulle bied ‘n heenkome vir haweloses. Hulle doen groot werk en een van ons selgroepe is aktief by hierdie bediening betrokke. Hulle behoeftes

is grootliks die volgende:

Finansiële bydraes, Voedsel (blikkieskos, mieliemeel, ens), Seep en ander Skoon-

maakmiddels, Boumateriaal (hout, verf, toi-lette, krane, wasbakke, geysers), Klere en skoene, Komberse

7. Jesus Alleen Liefdesdiens

Hier word tans 250 kinders van 3-18 jaar ver-sorg. Die meeste kinders in die kinderhuis is

deur die Kinderhof daarheen verwys as gevolg van verwaarlosing, verlating en fisi-

ese en seksuele mishandeling.

Daar is 21 huise waarvan een deur ‘n sel-

groep van ons gemeente ondersteun word.

Hulle grootste behoeftes is die volgende:

Nie-bederfbare voedsel, Kinderklere en –skoene, Komberse, Toiletware, Seep en ander

was- en skoonmaakmiddels, Finansiële steun. Die Kinderhuis benodig R4200 pm per kind.

8. Jakaranda Kinderhuis

Page 6: Familienuus Junie 2010

FAMILIENUUS FAMILIEWEES

6

Ek wonder dikwels waar kry ‘n

mens die krag vandaan vir die uitdagings van kits ouer-skap. Daar is die klein ding-

etjie nou!? Wat nou? Hoe

nou?

In die arsenaal is ‘n goeie

stukkie kennis oor wat voorlê, goeie verhoudings met vriende, familie wat naby is,

ekstra geldjies wat wegge-

sit is (want dit is altyd duur-

der as wat mens dink).

Kry mens die krag dalk uit die pure genot wat die bondeltjie bring en dat dit die uitdaging oorskadu…

dit moet wees. Dit en

hope genade!

Hier is ‘n gedagte: Die vol-

gende keer wanneer jy dink

om jou kop te verloor, nog ‘n stink doek te ruil, die mini-mum slaap kry… jou ma en

pa het dit ook vir jou ge-doen. Jy’s orraait, nie waar

nie?

Maar indien jy wonder… kom klop aan. Ons is daar om saam met jou die pad

te stap.

“Nuweling” Bediening Elmo Pienaar

Selgroepe kan jou lewe verander!

“ Selgroepe het my lewe verander”. Dis

min of meer die storie van Jan* (skuilnaam). “As enigste kind het ek alleen grootgeword in ‘n woonstel, middae na

skool rugby gespeel en huistoe gegaan. Nooit saam met vriende gekuier nie. Ek is later getroud, kinders gehad, maar altyd het ons op ons eie aangegaan, sonder

vriende. Ek het gedink dis hoe die lewe maar werk. En toe beland ons in ‘n sel-groep ‘n paar jaar gelede…. Nou kan ek

my lewe nie sonder hierdie vriende - wat soos familie geword het – indink nie. Ons is daar om mekaar te ondersteun in moeilike

tye, maar is ook saam bly oor mekaar se

vreugdes.”

In ons gemeente kom die storie van selge-

meentes al oor ‘n tydperk van ongeveer 15 jaar en Jan* se verhaal is tipies van wat in ‘n selgroep kan gebeur – mense se le-

wens verander. In ‘n selgroep probeer ons om ‘n veilige ruimte te skep waar mense leer om mekaar te vertrou en so gemaklik

te voel om oor baie dinge te kan saam-praat. Dit beteken ook dat ons selfs van mekaar by tye verskil tydens ‘n bespreking – soos dit in enige familie maar gebeur!

Maar die verskil is dat ons hard moet werk om dit só te doen dat ons mekaar steeds

in liefde aanvaar en selfs by tye sal sê – ek

verskil van jou, maar ek respekteer jou

standpunt!

In hierdie geestelike familie word daar weekliks bymekaargekom, onderwerpe bespreek, boeke deurgewerk, saam gesing en gebid. Elke groep besluit wan-

neer en waar hulle bymekaarkom en wat

hulle doen.

Maar selgroepe kan iets anders ook baie goed doen – saam kuier, eet, kamp en op uitreike gaan! Kinders maak nuwe maat-

jies, en grootmense kry dikwels lewens-

lange vriende by.

As jy by ‘n selgroep wil inskakel, probeer

ons om jou in ‘n groepe te plaas op ‘n aand wat jou pas en by ‘n groep wat jou situasie pas, bv dat daar maats vir jou

kinders is of wat jou behoefte ook al is.

Daar is altyd ook ‘n behoefte aan nuwe

groepe – as jy weet die Here praat ook nou met jou en jy wil ‘n groep begin of by ‘n groep inskakel, kontak ons asb! Ons

help graag.

Louise: 0833488304

Amanda: 012-6621708 (Kantoorure)

Page 7: Familienuus Junie 2010

Nog gemeentekamp ...

FAMILIENUUS FAMILIEWEES

7

Vrouekamp … Pure vreugde!

Ons Vrouekamp, o.l.v. Emelia van Heerden en Adri Vermeulen, vind plaas vanaf 29 – 31 Oktober by

Pure Joy op die Moloto pad.

Dit beloof om weereens ‘n on-gelooflike naweek te wees. Bederf

jouself, leer nuwe vriendinne ken

en kom geestelik verryk terug.

Bespreek solank nou-al jou plek. Jy kan ook reeds begin afbetaal aan

die kamp – kontak Amanda vir

reëlings (012-6621708)

Pa en Seun .. Lekker aandete Hier staan die manne … kyk die koffiekan!

Page 8: Familienuus Junie 2010

Na ’n opwindende kwartaal wat ons by die eerste paar

boeke van die Ou Testament stil gestaan het, handel ons volgende blok

weer oor die Nuwe

Testament.

Ons gaan saam nuwe skatte ontdek uit die algemene briewe soos

Jakobus en Hebreërs.

Stephan Joubert neem die

leiding met die aanbieding.

Ons volgende Bybelreis begin weer Woensdag 14

Julie om 19:00. Maak solank

’n aantekening daarvan.

Al het jy dit nog nie vantevore bygewoon nie, is nou die regte geleentheid

daarvoor.

Bybelreis: Nuwe begin! Henk J van Rensburg

FAMILIENUUS GELOOFSGROEI

8

Wanneer jy hier lees, is ‘n

klompie atlete van ons gemeenskap of besig om die Comrades te hardloop

of het dit pas gehardloop. Ja, Comrades 2010 vind op 30 Mei plaas. Graag wil ek met jou deel wat

ek die afgelope tyd geleer het uit my

hardloop...

Een van die tekste wat die afgelope

tyd baie in my gedagtes was, was die woorde van 1 Korintiers 9:24-27: “24Weet julle nie dat

atlete wat aan ’n wedloop deelneem, wel almal hardloop, maar dat net een

die prys ontvang nie? Hardloop dan só dat julle die prys kan wen. 25Almal

wat aan ’n wedstryd deelneem, ontsê hulleself allerlei dinge. Hulle doen dit om ’n verganklike

oorwinnaarskroon te verkry,

maar ons ’n onverganklike. 26Ek hardloop dan ook soos een wat nie van sy doel onseker is nie... 27Maar ek

oefen my liggaam en bring dit onder beheer, sodat ek nie ander tot die stryd

oproep en self nie

kwalifiseer nie.”

Paulus help my

verstaan dat geloof is soos hardloop. Dit is

belangrik om deel te neem en te

begin hardloop. Hoeveel mense wil nog eendag die

Comrades hardloop, maar sê dat hulle nie daarvoor kans sien nie. Ons sien nie

altyd kans vir die wedloop van die geloof nie. Ons wil nie begin nie, want ons

weet nie wat dit gaan

behels nie.

Hardloop is nie maklik nie,

mens is nie altyd lus om te

Geloof is soos Comrades ... Henk Janse van Rensburg

oefen nie, maar tog, as jy

jouself sekere dinge ontsê, is alles die moeite werd. Ek het geleer dat ook in my

geloofswedloop ek nie altyd kans sien om aan te gaan nie, maar dat ek weet dat die Here saam

met is en dat alles goed sal

uitwerk.

Die belangrikste wat ek geleer het, is om te doen wat ek sê. Ek kan nie oor

hardloop praat as ek nie self hardloop nie. Ek kan nie maar net vir mense van geloof vertel en dit self nie

glo nie. Ek kan net gee wat

ek het.

Daarom help die Comrades my om aan die Here te dink wat saam met

my in die wedloop van die lewe is, maak nie saak wat

vir my voorlê nie.

Kom hardloop saam in die

wedloop van die lewe!

Gaan kyk gerus op ons webblad na ’n nuwe

Bybelreis rubriek waar jy welkom is om enige vraag rondom die Bybel te kan

vra en ons sal dit so spoedig moontlik antwoord. Dit sal ’n oop

forum wees waaraan

almal kan deelneem.

Page 9: Familienuus Junie 2010

Hospitaalbediening

FAMILIENUUS GELOOFSGROEI + KOMMUNIKASIE

Weet jy dalk van iemand wat hospitaal

toe gaan vir ‘n operasie of dalk gaan jy self? Wil jy nie asseblief die kerkkantoor skakel sodat iemand van ons hospitaalbe-

diening span jou kan besoek nie?

Indien jy sou wou betrokke raak by die hospitaalbediening span wat mense in die

hospitaal gaan besoek, kontak asseblief

vir Henk by 082 336 7555.

9

21 Maar dit sal ek ter harte neem

en om dié rede bly ek hoop: 22

deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen

einde aan sy ontferming nie, 23 dit is elke môre nuut. U trou is groot.

Wil jy graag jou kind doop?

In ons geloofsfamilie wil ons graag mense ontmoet en met hulle in gesprek

tree oor die doop. Daarom hou ons gereeld doopgesprekke wat in

groepsverband plaasvind.

Ons gesels saam oor die betekenis van die doop en wat ons as ouers se verantwoordelikheid is met die kinders

wat ons het.

Daarom wil ons jou uitnooi na ons

doopgesprekke as julle beplan om binne die volgende paar maande te doop. Ons doop gewoonlik die eerste Sondag van elke maand, maar ons bied

nie die doopgesprekke om by die

doopsondag in te val nie.

Dus as jy wil doop, kom woon die gesprek by, al het julle nog nie ’n

doopdatum gefinaliseer nie.

Kontak asseblief die kerkkantoor vir die volgende doopgesprek. Registrasie vir

die doopkursus is R50.

Doop

Indien jy in die volgende paar maande trou, moedig ons jou aan om die Ons Trou! Kursus te kom by-woon. Die volgende kursus

begin Woensdagaand 3 Augustus en strek oor 4 Dinsdagaande.

Die koste beloop R100 per paartjie. Vir navrae kontak Henk by 082 336 7555.

Klaagliedere 3:21-24

Page 10: Familienuus Junie 2010

10

Sondag Maandag Dinsdag

1

09:00 Bybelstudie

19:00 YA’s

6

08:00 Diens & Kinderkerk

09:00 Groepe (Gr4-7)

10:00 Diens—DOOP

13:00 Afrikatalediens

17:00 Groepe (Gr8-11)

17:00 Alphakursus

18:30 Vars

7

17:30 DVK

19:00 Kampvuurgesprek

8

09:00 Bybelstudie

19:00 Doopgesprek

19:00 YA’s

13

SKOOLVAKANSIE

Geen Kinderkerk

09:00 Diens

17:00 Alphakursus

18:30 Vars

14

SKOOLVAKANSIE

Vakansieprogram

15

SKOOLVAKANSIE

Vakansieprogram

20

SKOOLVAKANSIE

Geen Kinderkerk

09:00 Diens

17:00 Alphakursus

18:30 Vars

21

SKOOLVAKANSIE

Vakansieprogram

22

SKOOLVAKANSIE

Vakansieprogram

27

GEEN KINDERKERK

09:00 Diens

18:30 Vars

28

SKOOLVAKANSIE

Vakansieprogram

29

SKOOLVAKANSIE

Vakansieprogram

Page 11: Familienuus Junie 2010

11

Woensdag Donderdag Vrydag Saterdag

2

05:30 Halftyd

3

4

Solo Sopaand

5

9

SKOLE SLUIT

05:30 Halftyd

19:00 Trauma-E

10

SKOOLVAKANSIE

11

SKOOL-

VAKANSIE

12

SKOOLVAKANSIE

16

SKOOLVAKANSIE

JEUGDAG

17

SKOOLVAKANSIE

Vakansieprogram

18

SKOOLVAKANSIE

Vakansieprogram

19

23

SKOOLVAKANSIE

Vakansieprogram

19:00 Infertiliteitsbediening

24

SKOOLVAKANSIE

Vakansieprogram

10:00 Senioraksie

25

SKOOLVAKANSIE

Vakansieprogram

26

30

SKOOLVAKANSIE

Vakansieprogram

Page 12: Familienuus Junie 2010

FAMILIENUUS NUWE GENERASIE

12

Jeugbediening gaan oor passie en roep-

ing, en as jy een oggend ‘n draai by die kinders in die saal maak, is dit wat jy beleef. Izette is ONGELOOFLIK! Om met

laerskool en voorskoolse kinders te werk, is nie almal se koppie tee nie…

maar dit is wat Izette self sê:

“Het jy al daardie gevoel beleef, as jou bloed in jou are borrel? Dis wat met my gebeur

as ek met die kinders werk. Dit maak nie saak of dit op ‘n kamp, by die kerk, langs ‘n

sportveld of sommer net ‘n op-die-gras-sit-gesels-met-‘n-kind is nie, die lewe bruis in my. Kinders gee my net meer ener-

gie, hulle laat mens se beker oorloop. Ons weet hoe opgewonde kinders is as hulle die dag verjaar, hulle is al voor die son op,

en hop op en af van opgewondenheid. So voel ek op ‘n Sondagoggend. Opge-wonde, vol energie en verwonderd oor

watter “Godly moment” Jesus vanoggend

vir ons pasella gaan gee!

Vir die kinders bid ek, dat elke kind net sal

weet dat God hulle oppas. Dat Hy by hulle is en dat hulle nooit alleen is nie. Daardie gevoel dat Iemand altyd daar is, maak

nie saak waar jy is of wat jy doen nie! Ek

Passie vir Jeugbediening! bid vir elke kind ‘n avontuurlike, prettige,

sorgvrye kinderlewe toe!

My droom vir die LEWE: is dat ons oë nie

net op onsself gerig sal wees nie, maar op God en die mense rondom ons. Mens se lewe raak so vol, so geseënd” as ons ons hand na iemand uitsteek. Al is dit net ‘n

glimlag vir die ou wat verby jou jaag, ‘n drukkie as iemand ‘n goor dag beleef, ‘n gesels met ‘n

bulletjie-rugby-seuntjie, ‘n koppie koffie saam met ‘n vriendin, ‘n hallo sê aan die sekuriteitswag,

dit is wat die lewe die moeite

werd maak.

Kom ons steek ‘n hand uit na die

mense om ons, die bekendes &

die onbekendes! Kom ons LEWE!”

Wat ‘n voorreg om Izette in die jeugspan te hê en saam met haar te werk. Voor-

waar ‘n inspirasie!!!!

LIZETTE KLINKHAMER

Nuwe Generasie

Admin

Kontak Lizette vir

enige info of navrae

078 077 9394

Page 13: Familienuus Junie 2010

FAMILIENUUS NUWE GENERAIE

13

Vakansieprogram … Kinders van die wêreld!

Alle kinders vanaf gr 1-7 is baie welkom!

Kom asb met ou klere – ons gaan vuil

word.

Bring fietse, skateboards, j-bords, kruiwa,

of enige soort wiele saam…

Kom met energie, hope energie!!!!!

Mammas, ons het julle ook baie nodig asb! Wie van julle kan ons kom help toe-

sighou van 2-5uur die middag?

Ons groepleiers moet êrens ‘n bietjie gaan slaap en gaan stort! Laat weet ons

asb so gou moontlik of jy kan help.

Groepleiers: Ons het julle baie nodig! As jy êrens 'n verskil wil maak, is dit nou jou

kans!

Kom wees deel van hope pret tydens die Vakansieprogram. Die jonger kinders het jou nodig! As jy in gr 9 - 12 of reeds ’n stu-dent is, is jy reg vir hierdie hope-pret-

ervaring!

Borge: Ons wil graag vir ons leiers elke dag ‘n ander kleur t-hemp laat aantrek (volgens die tema). Aan die einde van die Vakansie Program wil ons al die t-hemde vir ‘n kinderhuis gaan gee. So enige een wat ons met hierdie projek: Kinders-van-die-WERELD-Trek-AAN kan help, praat met ons, bel ons, email ons,

sms ons!!!

Juniemaand is “World Cup Soccer 2010”!

Party mense trek al elke Vrydag “Bafana” klere aan, party mense stoei nog om kaartjies in die hande te kry, en

ai … party ouers sit met hul hande in die hare – wat maak ons met 5, ja ek her-haal VYF weke van vakansie in die mid-

del van die jaar!

Ouers, haal julle hande uit julle hare! Julle stres is verby, wel vir ten minste drie van

die vyf weke. Ons hou vir drie weke aan-mekaar VAKANSIE PROGRAM, Kinders van die WERELD. Dit begin die 14de Junie

en duur tot die 2de Julie 2010. Ons begin elke dag om sewe uur die oggend tot

vyf uur die middag!

Die koste is R200 vir die eerste week, en

dan R250 per week.

Die bedrag sluit in ‘n middagete, twee snoeptye en ook die materiaal wat ons benodig om die programme met die

kinders te kan aanbied.

Page 14: Familienuus Junie 2010

FAMILIENUUS

14

NUWE GENERAIE

In Junie val die YAs in by die Sokker

Wereldbeker Uitreike program in Ma-melodi. Dis nie te se ons gaan nie voort met informele socials en lui-lekker kuiers

gedurende die 4 weke wat sokker-koors

hoog loop nie. Word deel van die legend!

YA’s Sokker - Koerasie (!?)

Die YAs het opnuut weer gewys dat 'n

goeie dosis gesonde kompetisie vir ure se vermaak en geselligheid kan sorg. Die spel aand was heerlik en ons het onsself gate

uit geniet rondom pizza, 30 seconds en pictionary. Die hoogtepunt van die aand was egter die bordspeletjie Carcassonne wat 'n paar manne tot die vroeë ure van

Saterdagoggend aan die kopkrap gehad

het.

Saterdag 15 Mei het die manne en vroue aparte vermaak aangepak. Na 'n oggend se muurklim was die ouens se arms so styf

dat hul skaars kon blad skud. Die girls se kreatiwiteit was op die proef gestel tydens 'n gesellige oggend van mosaiëk. Ons het kruisies en fotorame gemaak en was ver-

baas oor hoe al die stukkies met fyn be-planning telkens tot 'n asemrowende ge-heel tot gevolg gehad het. 'n Mens kan

nie anders as om dit te vergelyk met hoe ons almal maar soos stukkies "stukkende" teëls is, elkeen met sy/haar gebreke en

pyne. Maar wanneer ons almal saam-

staan en saam

werk kom God se asemrowende plan tot sy volle

reg.

In Junie val die YA’s in by die Sokker

Wereldbeker Uitreike program in Ma-melodi. Dis nie te sê ons gaan nie voort met informele socials en lui-lekker kuiers

gedurende die 4 weke wat sokker-koors

hoog loop nie.

Werner en Ronel du Toit

YA’s, ons leef so speel-speel.

“Ek dink hemelvaart is toe Jesus opgevaar het na die hemel toe, dis toe Jesus gesê

het hy gaan weg maar hy los toe vir ons iets: die Heilige Gees en se dis Hy wat binne ons is, dis hy wat ons oppas en hy sal ons nooit verlaat nie Waarom het Jesus opge-vaar hemel toe? Om vir ons ‘n plek te maak. Terwyl hy nog besig was om hulle te

seën, het Hy na die hemel toe vertrek.”

Hemelvaart … Sinéad Grobler (Gr 5)

Page 15: Familienuus Junie 2010

NUWE GENERASIE

15

Hoekom praat ons ooit oor uitreik na ander ? Hoekom fokus

ons nie net op ons nie? Ek bedoel, ons het genoeg mense in ons kerk. Hoekom fokus ons nie slegs daarop om die liefde in ons kerk warmer en sterker te maak nie? Hoekom in die wêreld

moet ons fokus op die gemeenskap rondom ons kerk? Hoekom sal ons dit doen? Wel, ons doen dit beslis nie uit ʼn skuldgevoel nie, en ons doen dit definitief nie uit druk nie. En ons doen dit nie omdat ons moet nie. En ons doen dit nie

sodat God ons moet liefhê nie, hy het ons alreeds lief. Ons doen dit nie omdat ons beter as enige iemand anders is nie, want ons is nie. Ons doen

dit vir drie redes.

Eerstens het ons die beste nuus in die wêreld om te deel. As ek ʼn teenmiddel vir kanker het, sal ek dit op die straathoeke uitskree. As ek ʼn teenmiddel vir VIGS het, sal ek almal

vertel wat ek kan. Maar ek het iets beter as dit: die sleutel tot die lewe en die ewige lewe. God het my gemaak vir ‘n spesifieke doel. Hy is onsettend lief vir my, so lief dat Hy

vir my gesterf het en wil hê ek moet die ewigheid saam met Hom deurbring.

Die tweede ding is uit ʼn hart van dankbaarheid. Jy weet, as God nooit enige iets vir my gedoen het nie, skuld ek hom nog steeds my lewe. Net vir die feit dat Hy alles wat ek verkeerd gedoen het, vergewe het en dat Hy my die sekuriteit van ʼn huis in die hemel

gee en ʼn doel vir my lewe en dat Hy my met soveel probleme in my lewe gehelp het. Ek

skuld Hom alles. So ek doen dit uit ʼn hart van dankbaarheid.

Maar daar is ʼn derde rede hoekom ons uitreik, en dit is omdat die Bybel sê, “God is liefde.” En wanneer God in jou lewe kom, begin jy om mense lief te hê. Die Bybel sê in 1 Johannes 4, “God is liefde.” En jy kan nie dat iemand so groot soos God in jou lewe inkom en dit nie verander nie. En ewe skielik raak jy minder selfsugtig en meer liefdevol.

Wêreldbeker Uitreike …. Waarom?

Kontak Lizette vir al die inligting en enige ander navrae

Page 16: Familienuus Junie 2010

FAMILIENUUS MENSWEES EN KUNS

16

Ons Fotografie bediening het weer “in skoot gekom”! Kontak gerus vir Izette of Annalien vir meer inligting.

Izette: Fotografie is een van my passies in die lewe. Ek sou graag wou mooi kon te-ken, maar onse Skepper het ander idees gehad met my – plaas van ‘n verfkwas

gee Hy my ‘n kamera om mee te teken. As ek ‘n kamera in my hande vashou, raak ek so vasgevang deur die werêld in die

“viewfinder” dat ek van alles rondom my vergeet! Ek wil dan net die oomblik, die

kleure, die vorms vas verf met my kamera!

082 823 7524 [email protected];

Annalien: As jy agter die lens inskuif, haal jou donker bril af, trek die gordyne oop en sien wat God met Sy skilderkwas doen: unieke “snapshots” soos interessant gek-

leurde, sagte, snaaksgevormde swamme en wonder wat God nog vir ons gee om te ontdek. Kom ontdek saam met ons die

wonder van God se mens & natuur.

076 176 8320 [email protected]

Fotografie bediening .. Kliek!

Fotokompetisie!!

Aha, julle het gedink die Fotografie Bedi-

ening het verdwyn, in teendeel ons was

net ‘n bietjie in die donker kamer gewees!

Gelukkig is ons terug in die LIG! Die vol-gende drie maande gaan opwindend wees. Dis nie dat die hele wêreld se oë op ons land is nie, nee.

Hier kom dit: met ‘n kliek, kliek begin ons die FOTOKOMPETISIE van die jaar! As jy met jou finger ‘n knoppie kan druk is JY

reg vir hierdie kompetisie!

Daar is net vier katogorieë:

Menswees, Familiewees, Geloofsgroei en Nuwe Generasie.

Daar is nie regtig reëls nie, net die foto’s moet in jpeg formaat wees! Daar is ook

geen beperking op die hoeveelhede van foto’s wat jy kan inskryf nie, en ook geen ouderdoms beperking aan die deelne-

mers nie!

Ons wil graag die LEWE deur jou oë sien! Wees daar, wees kreatief, wees

“avontuurlustig”, wees jou fotograaf-self!

• Fotos asb in jpeg formaat!

• R5 per inskrywing

• 10 fotos per inskrywing

Pierre van Ryneveld Gemeenskapskerk

het gebruiksreg op die foto’s

Photography is a way of feeling, of touching, of loving. What you have caught on film is captured forever...

it remembers little things, long after you have forgotten everything.

Aaron Siskind

Page 17: Familienuus Junie 2010

FAMILIENUUS MENSWEES EN KUNS

17

HULPVERLENERS EN OP REIS

Die twee relatiewe nuwe

belewenisse naamlik Hulp-verleners en Op Reis is nou al ‘n paar keer aangebied. Ek moet sê, dit lyk of ons keuse

vir die ontwikkeling van hier-die twee aanbiedings in die kol was. Daar gaan waarlik

nuwe dimensies oop vir mense in die ontdekking van hulle eie menswees en hoe

hulle verhoudingsdinamiek werk (Op Reis). Die terug-voer van die Hulpverleners belewenis is ongelooflik kos-

baar. Mense leer om on-voorwaardelik te luister. Dit baat hulle by die werk in

hulle families, langs ‘n siek-

bed en vele ander plekke.

By die Pinksterweek was daar elke aand gespreks-genote beskikbaar wat die

Hulpverleners bygewoon het. Daarmee wil ons net as gelowige boeties en sussies sê, ons is daar vir jou. Ons wil

graag in die gemeente ‘n kultuur skep waarin ons as gelowiges regtig na mekaar

luister. Die grootste gebod is mos die liefde, en hoe kan

mense liefde ervaar wan-neer hulle nie die ervaring

het dat ons na mekaar luis-ter nie. Ons sien jou by die volgende geleenthede

wat net na die Julie

vakansie is.

BOUNDARIES (GESONDE GRENSE)

Ons wonder nogal oor hier-die belewenis. Ons ‘gewonder’ gaan nie oor

of dit sinvol is of nie, maar hoe ons dit beter kan be-kendstel. Die tema van grense is so belangrik in ons

lewens. Meeste van ons is matig tot baie sleg daar-mee. En wie lei daaronder;

jyself, die gesin, ook die werk, jou verhouding met God… kortom alles. Dis nie

God se idee vir ons om onsself te pletter te hard-loop in die lewe en in ons

verhoudings skipbreuk te lei omdat ons nie grense het nie. Kyk uit in Augustus vir die volgende geleentheid

en bel gerus indien jy won-der.

Menswees: Kyk uit vir hierdie kursusse

Wat ‘n wonderike dag sal

dit nie wees as ons as beraders en traumakundi-ges nie meer werk het

nie! Maar tot dan haak ons graag aan by mense en deel die reis na heel-

heid in Christus.

Die trauma en berading-span is wonderlik gerat om

die gemeenskap te dien. Jy is natuurlik deel van die gemeenskap en die da-

tums op die kalender is

veral vir jou.

Op die kalender sal jy op-

merk daar is ‘n Trauma-D en Trauma-E. Trauma-D staan vir Disempowering

Trauma (in Afrikaans: Trauma verwerking wat vir diegene is wat deur een of

ander traumatiese ervaring

gegaan het).

Trauma-E staan vir Engag-

ing with Trauma (in Afri-kaans: Trauma hantering; hoe mens ander bystaan

wat deur trauma geraak word). Ons volgende ge-leentheid is die 9e Junie en

daarna eers weer in Augus-tus. Moet dit nie misloop

nie.

Berading en Trauma

As beraders het ons oor die afgelope paar maande ge-

weldig baie verhoudings dinge hanteer. Dit laat ons net weereens besef dat baie mense onder die indruk is dat

‘n goeie verhouding uit die lig val.

Die mite lui: “Dit moet mos nie werk wees nie” Wel, wan-neer ons dit eers kan doen (dit=verhoudings) is dit nie so-seer werk nie. Om egter daar uit te kom vat bietjie in-

sette. Probeer om soms saam as paartjie by ons te draai.

Page 18: Familienuus Junie 2010

FAMILIENUUS AKTUEEL

18

Die gedagte van ’n besoek

aan Orlando in Soweto het

by my die beelde van 1976

opgeroep.

Beelde van klipgooiende

jeugdiges, brandende buite-

bande, skole en staatsge-

boue, die smeulende as van

uitgebrande motorvoertuie...

om nie eers te praat van die

diep, krakerige stem van adv.

John Vorster, eerste minister,

in die nuusbulletin op 16 Junie

nie.

Linda, die dame wat sorg vir

koffie of tee in die kantoor,

was aangenaam verras toe

sy hoor ek gaan Soweto toe.

“Sir, you gonna see it is

friendly people in Soweto”

Dankie, Linda, het ek gedink.

Vol afwagting het ek en my

vriende met ’n bussie na

Soweto vertrek. Die verkeer

was chaoties, maar Freddie,

ons bestuurder, het die agter-

paaie deur Dobsonville

geken om ons betyds by die

stadion te bring. Op pad het

die informele verkopers met

groente, vrugte en ander

snuisterye my aandag

getrek.

Ja, die armoede het my op-

geval, maar die vriendelik-

heid van die mense het

my meer getref.

Van die vlaggieverkopers

op die straathoeke en die

sjebien-eienaars tot die

gewone inwoners wat die

skare bebloude onder-

steuners van die sypaadjie

aanskou het.

Wat my ook getref het,

was hoe ons uit bussies en

taxi’s na mekaar gestaar

het.

Ek het welkom gevoel.

Daar was hitte in my hart!

Ek het om my gekyk en

trots gevoel op my land

en al sy mense.

Ná die wedstryd het ek

die aand in Soweto in ’n

restaurant in Vilakazi-straat

– seker een van die ges-

kiedkundigste strate in

Suid-Afrika – deurgebring.

Van hier af aan het ons

heerlik verder saam geëet,

’n glasie wyn of ’n bier

geklink en saam geskree

“ons bloed is blou”. Ek het

die hitte gevoel?.?.?.?die

vuur van nasietrots, die

gevoel van “ons kan dit

laat werk”, “ons is so na

aan mekaar”.

Ek het dit beleef en besef

dat ons toekoms gebou

gaan word deur die mate

waarin ons brûe gaan

bou.

Ek het vir die eerste keer

besef wat oudpres. Nelson

Mandela bedoel het toe

hy in 1995 verwys het na

sport as ’n middel tot nasie-

bou.

Ek het ook vir die eerste

keer uitgesien na WB 2010

en gewonder hoe ek nog

kaartjies vir ’n wedstryd of

twee kan bekom. Ek het

deel van die sokker gevoel,

en rugby was die oorsaak.

Vreemd, baie vreemd!

Ons het veel meer as ’n

plek in die Super14-

eindstryd met die wedstryd

op Orlando oopgespeel.

Ons het mense se harte vir

mekaar oopgespeel.

Mense wat by mekaar

hoort, my mense, ons

mense!

Nuwe vlam in ou brandpunt …. Ferdie Niemand

Hierdie is uitreksels uit ‘n

rubriek wat in die Beeld van 26 Mei verskyn het. Ferdie is Ds Sampie se

seun. Lees die volledige

berig by die skakel

http://www.beeld.com/In-Diepte/Nuus/Nuwe-vlam-in-ou-brandpunt-20100525

Page 19: Familienuus Junie 2010

Ons wil steeds‘n geleentheid bied vir ons gemeenskap om dienste, produkte, geleen-

thede en behoeftes bekend

te maak.

Daar is tans verskillende ma-

niere tot ons beskikking.

Gemeenskapsbord:

Maandelikse advertensies:

Familienuus:

Ons doen ook navraag of daar belangstelling is om teen ’n vaste koste in die

maandblad te adverteer,

Hierdie advertensies sal op ‘n prima plekkie in die blad wees, sodat daar waarde is

vir die adverteerder.

Skakel gerus met:

Riana: 012 6621708 [email protected]

Ons help mekaar

FAMILIENUUS INLIGTING

Sondae: Skoolvakansies

09:00 - Erediens

13:00 - Erediens (Afrikatale)

18:30 - Vars!

Sondae: Skoolkwartale

08:00 - Erediens (Ouditorium)

08:00 - Kinderdiens (3j-Gr.3)

09:00 - Groepe (Gr.4 - Gr.7)

10:00 - Erediens (Ouditorium)

10:00 - Kinderdiens (3j - Gr.3)

13:00 - Erediens (Afrikatale)

17:00 - Groepe (Gr.8 - Gr.11)

18:30 - Vars!

Tye

Kerkkantoor:

Ma: 11:00—16:00

Di - Do: 08:00—16:00

Vr: 08:00 - 13:00

Bankbesonderhede

NGK Pierre van Ryneveld

ABSA Lyttelton

Rek no.: 600 591 355

Takkode: 335 045

Stuur betalingsbewys na:

(012) 662 0104

[email protected]

19

Daar is tans weer geleenthede om betrokke te raak by die

mediabediening in die gemeente.

As jy hou van tegnologie, audiovisuele media en organisering

is dit net vir jou!

Rekenaar operateurs: Ons werk met ‘n sagteware program wat ons eredienste se verloop bestuur. Ons doen ook klankop-names van die dienste wat na CD geskryf word. As rekenaars

jou kos is, is hierdie ‘n lekker plek om te dien.

Klankoperateurs: Ons leer jou om met die klankstelsel te werk. Jy werk saam met die musiekgroepe en moet ‘n oor hê vir

mooi musiek en bietjie tegniese belangstelling

Eredienskoordineerders: Jy is by as ons saamgesels oor die sa-mestelling van eredienste. Jy stel die verloop op van die diens

en sorg op jou Sondag dat alles klopdisselboom verloop.

Grafiese samestellers: Jy kan kreatief media samestellings

maak (montages op musiek, fotosamestellings, ‘n oog het vir

komposisie rakende powerpoint-aanbiedings en vele meer).

Ons gaan ons bes doen om seker te maak dat jy nie elke Son-

dag vas is nie en dat jy weet wat om te doen en hoe die funk-

sie wat jy vervul presies werk.

As jy al in die verlede jou naam opgegee het en dalk nog nie

kon betrokke raak nie moet jy GROOT asseblief weer kontak

maak met ons!

Kontak: Amanda of Elmo

Hier is jou kans!

Page 20: Familienuus Junie 2010

20

FAMILIENUUS

SMS

Die klein dogtertjie het tydens

die kerkdiens gaandeweg al meer rusteloos geword en naderhand leun sy oor na

haar ma en fluister in haar oor: 'Mammie, as ons hom nou die geld gee, sal hy ons laat gaan?'

* * * Die ma van 'n rustelose klein

seuntjie het uiteindelik aan iets gedink hoe om hom te

laat stil sit in die kerk.

So halfpad deur die diens het sy oorgeleun na sy kant toe en taamlik hard in sy oor

gefluister: 'As jy nie nou stilsit nie, sal ds. Botha sy plek ver-loor en dan moet hy

weer van voor af begin!'

GLIMLAG

En vergeef ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree

Die woorde “moenie vrees nie” kom 365 keer in die bybel voor.

Een keer vir elke dag van die

jaar!

Die ster van Bethlehem is deur Matteus opgeteken. In dieselfde

tyd het Chinese sterrekundiges dit raakgesien en net as ‘n nuwe

onbekende ster aangeteken.

‘n Bybelse oorlogswa sou in van-dag se terme by die R400 000

gekos het.

Die woord “christen’ verskyn

slegs drie keer in die Bybel.

Die langste persoon in die Bybel was Goliat. Amper drie meter! So

hoog soos ‘n netbalring.

Bybelfeite

“Ons kan nie op hierdie stadium bekostig om ons sitplekke te

vergroot nie. Intussen beveel ons graag ‘n paar gewilde ge-

wigsverlies programme aan!”

Page 21: Familienuus Junie 2010

FAMILIENUUS KONTAKBESONDERHEDE

O Here

U Woord sê dat daar ‘n tyd is

om te praat en ‘n tyd om stil te bly

Here ek weet baie van praat

van stilbly weet ek minder

Here, leer my daarom …..

die stilte van nederigheid

die stilte van Wysheid

die stilte van konsentrasie

die stilte van praat sonder woorde

die stilte van verwondering

en geloof

Here leer my

om my hart stil te maak

sodat ek die influistering

van die Heilige Gees

kan hoor,

en kan bewus wees

van die oneindige dieptes

wat U is

Bedieningspan:

Jan Venter - 662 3700 / 082 333 6552 > [email protected]

Henk van Rensburg - 662 5619 / 082 336 7555 > [email protected]

Elmo Pienaar - 082 410 7645 > [email protected]

Sampie Niemand - 662 1636/ 082 698 1995 > [email protected]

Karel Verhoef - 662 2908 / 083 297 1242 > [email protected]

Stephan Joubert - [email protected]

Buti Mahlangu - 082 624 2689 > [email protected]

Hanlie Boshoff - 082 331 2408 > [email protected])

Izette Malan (Kinderwerker) - 082 823 7524 > [email protected]

Ryno Meyer (Jeugwerker) - 082 460 2103 > [email protected]

Werner/Ronel du Toit (YA’s) - 082 339 8925/082 374 4146

NAVRAE EN INLIGTING

012-6621708 — 012-6620104 (faks) — [email protected]

www.pvr .co.za

Kontak

Ondersteuningsdienste:

Peet Kilian (Bedryfshoof) - 082 469 4708 > [email protected]

Riana Janse v Rensburg: 012-6621708 > [email protected]

Amanda Smit (Bediening): - 082 975 7465 > [email protected]

Ansie Vivier (Finansies): 012-6621708 > [email protected]

Lizette Klinkhamer (Jeug Admin): 0780779394 > [email protected]

Alta Potgieter (Koster): 0828181622

Theuns Janse van Rensburg (Klank): 082 555 2923

Piet van Rensburg (Faktotum): 0833201901

Anna Venter: 082 410 4284 (Sentrum vir Lewenskuns)

Brinant sekuriteit: 082 547 6754 / 664 5658

SAP Forum (noodnommer): 079 528 1630

21

Page 22: Familienuus Junie 2010

Phan Decorative Sandblasting

and Metal Printing

Produkte vir persoonlike en unieke

geskenke vir Vadersdag (21 Junie!)Moedersdag, Huweliksherdenkings, Troues, Geboortedagherdenkings,

Skool reűnies, ens.

Ook geskik vir korporatiewe promosie

items en produk ‘branding’.

NUUT! NUUT! NUUT!

Ons foto kristalreeks en ‘Photoblasting’

JAN BOTES

076 898 7600 / [email protected]

Casper