feesblad - gereformeerde kerk strand · jeanne van der walt van wyle hannes van der walt en sy vrou...

12
. 40 Jaar van Genade Ons gemeente was op 27 Mei ‘n wonderlike 40 jaar oud. Deur die Here se genade het die gemeente gegroei en is die Woord uitgedra. Ons kan vandag in dankbaarheid kniel en alle eer aan God gee vir soveel seëninge. Die spesiale uitgawe fokus op die geskiedenis, groei, gemeentelewe en toekoms. Feesblad GK Strand 40 18 November jJ

Upload: others

Post on 17-Mar-2020

9 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Feesblad - Gereformeerde Kerk Strand · Jeanne van der Walt van wyle Hannes van der Walt en sy vrou Annette op 30 Augustus 1981. Eerste begrafnis . Eise Hamersma, in Oktober 1981

.

40 Jaar van Genade

Ons gemeente was op 27 Mei ‘n wonderlike 40 jaar oud. Deur die Here se genade het

die gemeente gegroei en is die Woord uitgedra. Ons kan vandag in dankbaarheid kniel

en alle eer aan God gee vir soveel seëninge.

Die spesiale uitgawe fokus op die geskiedenis, groei, gemeentelewe en toekoms.

Feesblad GK Strand 40

18 November jJ

Page 2: Feesblad - Gereformeerde Kerk Strand · Jeanne van der Walt van wyle Hannes van der Walt en sy vrou Annette op 30 Augustus 1981. Eerste begrafnis . Eise Hamersma, in Oktober 1981

‘N TERUGBLIK

Danksy goeie navorsingswerk deur Rina Grové met die saamstel van die feesboek

vir die 25-jarige herdenking, het ons vandag ‘n duidelike beeld van ons gemeente

se ontstaan.

Tradisioneel was die Gereformeerdes maar yl gesaai in die destydse Kaapprovinsie.

Aanvanklik is kerklike bediening uit Kaapstad gedoen, maar soos wat die

Gereformeerdes meer geword het, is nog gemeentes gestig en is die verspreid

wonendes van gemeente na gemeente aangestuur.

Hier in ons gebied het Hein en Maxie Hamersma hulle teen 1960 in die Strand

gevestig. Aan die oostelike punt van die latere Strandgemeente se grense, het

Josef en Lettie Kruger hulle in 1964 gevestig. Teen 1968 was daar 3 gesinne,

naamlik die Hamersma’s, Daan en Joyce Liebenberg en Pieter en wyle Gerda

Snyman in die Strand woonagtig. Geleidelik het al hoe meer lidmate ingetrek sodat

daar teen 1978 reeds 90 belydende en 56 dooplidmate was. Die Strand is

uiteindelik uit Stellenbosch bedien en soos die lidmate meer geword het, het hulle

ook meer onafhanklik begin funksioneer. Van 1974 af word twee eredienste per

maand plaaslik gehou. In 1976 vermeerder dit na een elke Sondag. Uiteindelik stig

die Strand dan ook as ‘n gemeente van Stellenbosch af op 27 Mei 1978. Van 25

Junie 1978 word twee dienste elke Sondag in die kerkgebou van die Sewendedag

Adventistekerk gehou.

Na afstigting was die Strand nog tot in 1982 in kombinasie met Stellenbosch. Die

gebiede Caledon en Hermanus is ook in 1978/79 deur die Klassis by die Strand

ingedeel. Reeds in Augustus 1979 word daar gedink aan die opsegging van die

kombinasie met Stellenbosch. Die Strand kry op 17 Maart 1982 volle

onafhanklikheid as die kombinasie opgesê word en gaan oor tot die beroeping van

sy eie predikant. Die eerste drie predikante wat beroep is, het nie die roeping

opgevolg nie. Uiteindelik word proponent Peet Aucamp beroep en volg die roeping

op. Hy word op 4 Desember 1982 as eerste eie predikant van die Strand bevestig.

Page 3: Feesblad - Gereformeerde Kerk Strand · Jeanne van der Walt van wyle Hannes van der Walt en sy vrou Annette op 30 Augustus 1981. Eerste begrafnis . Eise Hamersma, in Oktober 1981

KERKBOU

Reeds voor die afstigting van die gemeente het die lidmate hulle daarvoor begin

beywer om ’n kerkgebou op te rig en so ‘n tuiste in die Strand te vestig.

Onderhandelinge om die historiese moederkerk in Somerset-Wes te bekom het

skipbreuk gely. Die perseel waarop die kerkgebou en kerkhuis staan, is van die

Morkel-broers gekoop vir die bedrag van R 15 500-00.

Teen November 1978 is die Transportakte op die grond reeds afgehandel. Op 17

Februarie 1980 is besluit om voort te gaan met die bou van ’n kerkgebou. Die

bouwerk begin op 19 Mei 1980 en op 29 November 1980 is die kerkgebou in

gebruik geneem. Die hoeksteen is deur Hein & Maxie Hamersma gelê en die deur

is oopgesluit deur Hertzog Boersma.

Die koste van die kerkgebou is beperk tot R 69 000-00 omdat die lidmate

ingespring en baie van die werk self gedoen het.

Reeds op 15 Junie 1981 is op ’n gemeentevergadering besuit om ’n pastorie te

bou. Na die verbreking van die kombinasie en die aanvaarding van die beroep

deur Ds. P. Aucamp in 1982, het die lidmate weer self skouer aan die wiel gesit

en begin bou. Die pastorie is voltooi teen ’n koste van R 70 000-00.

Met al die bouwerk was dit veral broeders Venter en Liebenberg wat ’n leeue

aandeel gehad het. Na die afsterwe van Maxie Hamersma in 1988, kry die

gemeente ’n aansienlike erflating van R 143 000-00. Dit is eers belê en later is die

grootste deel gebruik om die kerkgebou, wat alreeds te klein was, te vergroot.

So het die gebou soos ons hom vandag ken sy beslag gekry.

Page 4: Feesblad - Gereformeerde Kerk Strand · Jeanne van der Walt van wyle Hannes van der Walt en sy vrou Annette op 30 Augustus 1981. Eerste begrafnis . Eise Hamersma, in Oktober 1981

PREDIKANTE 1978 – 2018

Dr.J H van Wyk 1978 – 1981

(in Kombinasie met Stellenbosch)

Prof. Cassie Venter 1981-1982

(in Kombinasie met Stellenbosch)

Ds. Jan-Louis du Plooy

1991 - 1998

Ds. Dinant Zwemstra

2015 - hede

Ds. P Aucamp

1982 - 1991

Ds. Jan van der Walt

1998 - 2015

Page 5: Feesblad - Gereformeerde Kerk Strand · Jeanne van der Walt van wyle Hannes van der Walt en sy vrou Annette op 30 Augustus 1981. Eerste begrafnis . Eise Hamersma, in Oktober 1981

HISTORIESE FOTO’S

Page 6: Feesblad - Gereformeerde Kerk Strand · Jeanne van der Walt van wyle Hannes van der Walt en sy vrou Annette op 30 Augustus 1981. Eerste begrafnis . Eise Hamersma, in Oktober 1981

EERSTE DINGE IN DIE GEMEENTE Die eerste Kerkraad:

Daan Liebenberg, Johan Venter, Henk Klapwijk, Wiecher van der Laan, Roelf du Plessis,

Gerard Ter Haar, Rudi Ter Haar, Gert du Plessis.

Die eerste baba wat gedoop is:

Op 18 Junie 1978 was Rudi, seuntjie van Rudi Ter Haar hier gedoop. Klein Rudi is op 25 Mei

1978 gebore.

Die eerste katkisante:

Piet Henning, Karin Liebenberg, Odette Venter, A.Verburg

Eerste Nagmaalviering

Sondag, 20 Augustus 1978

Eerste vrouediakens

Die eerste susters is as diakens bevestig op 4 Mei 2003. Hulle was Retha Coetsee, Thereza

Lunninge en Elbie Bingle.

EERSTE DINGE IN DIE KERKGEBOU

Eerste Katkisant

Johanna Nagel op 15 Februarie 1981

Eerste Koster

Lea Ter Haar

Eerste troue

Niens Henning op 21 Junie 1981

Eerste Baba wat gedoop is

Jeanne van der Walt van wyle Hannes van der Walt en sy vrou Annette op 30 Augustus

1981.

Eerste begrafnis

Eise Hamersma, in Oktober 1981 en kort daarna Hendrik Henning en Gerda Snyman. Almal

het ‘n lang verbintenis met Strandgemeente gehad.

Page 7: Feesblad - Gereformeerde Kerk Strand · Jeanne van der Walt van wyle Hannes van der Walt en sy vrou Annette op 30 Augustus 1981. Eerste begrafnis . Eise Hamersma, in Oktober 1981

MOSAMBIEK UITREIK 1998 – 2018 Die Mosambiek Uitreik is reeds 20 jaar aan die gang! Dit alles het in Junie 1998

begin toe Elbie Bingle, Dirkie Meyer en Bertus Human saam met die NG Kerk

Helderberg Mosambiek toe is. Hulle het die 400 km met ’n motor aangedurf om by

Meganja Da Costa te gaan werk.

In Junie 1999 het ons met ons eie span en voertuie die uitreik selfstandig aangepak.

Die lede van daardie eerste span was Elbie Bingle, Dirkie Meyer, Bertus Human,

Niel Human, Gideon Venter, Carl Logann, Tanya Daniels, Izak van der Walt, Ria van

der Walt en Ds. Jan van der Walt.

Hierdie span het die fondasie gelê vir die uitreike wat in die volgende jare sou kom.

Op elke uitreik is onder moeilike omstandighede met die vrouens, kinders en leiers

gewerk. Die spanlede het dramas opgevoer en later die Jesus film vertoon en

Bybelstudie gedoen. Ons spanne het eers op Magodane gewerk en daarna na

Mocuba verskuif waar ‘n kerk gestig is. Die Strandgemeente het hierdie gemeente

gehelp om ‘n kerkgebou op te rig. Ons gemeente het die staalstruktuur verskaf en

uitreikspanne het gehelp om die struktuur op te rig - soos Theo Mastenbroek. Die

afgelope twee jaar is die mure gebou en Ds Danie Murray het hier gehelp.

Vanjaar het Ds. Vinicius Bantim en sy gesin by ons aangesluit om behulpsaam met

die uitreike te wees en hulle was reeds in Julie Mosambiek toe op ‘n baie geseënde

uitreik.

In die afgelope 20 jaar sien ons God se hand op hierdie projek en ons glo dat dit

van krag tot krag sal gaan solank ons die Here se seën hierop afbid.

DIE BLYE BOODSKAP..... Die Strand gemeente het oor die jare betrokke geraak by baie uitreikprojekte,

plaaslik maar ook verder van die huis af. Dit is in opdrag van Jesus se opdrag met

Sy Hemelvaart : “... gaan maak dissipels van alle nasies”

Hieronder is net ’n paar van ons projekte oor die jare:

Page 8: Feesblad - Gereformeerde Kerk Strand · Jeanne van der Walt van wyle Hannes van der Walt en sy vrou Annette op 30 Augustus 1981. Eerste begrafnis . Eise Hamersma, in Oktober 1981

MITCHELLS PLEIN Rita Grobler het soos volg in die 25-jaar Feesboek geskryf:

“ In 1999 het ‘n groep lidmate die kursus Getroue Getuies onder leiding van Ds

Jan van der Walt voltooi. Die kursus het ten doel gehad om mense voor te berei

vir evangelisasiewerk in Mitchells Plein.

In September 1999 het ons saam met gemeentelede van Grassy Park en Mitchells

Plein begin om dit wat ons in die kursus geleer het, toe te pas.

Ons het Maandagaande by die huis van broeder David en suster Mary Ontong

bymekaar gekom. Nadat Ds Rodney van Wyk ons met skriflesing en gebed

bemoedig het, het ons in groepe van twee of drie uitbeweeg en van deur tot deur

gegaan.

Daardie eerste keer wat ons uitgegaan het, was ons baie opgewonde, maar tog

het ons harte in die keel geklop. Ons het geweet dat die kursus ons net die teorie

geleer het, maar hierdie was die werklikheid. Dit was egter baie gou duidelik dat

ons ‘n behoefte van baie mense aangespreek het. Mense het hulle geloof en

hartseer met ons gedeel. Die hartseer van armoede, waar meer as een gesin in

‘n baie klein huisie bly of gesinne wat in die aand gaan slaap sonder dat hulle iets

gehad het om te eet. Kinders wat sonder kos skool te gaan. Die hartseer van

gesinne wat deur drank- en dwelmmisbruik benadeel word. Die hartseer van

gelowige ouers wie se kinders die Moslemgeloof aangeneem het. Ons kon soms

op materiële gebied help, maar omdat ons bereid was om te luister en kon vertel

van God se liefde en nabyheid in enige situasie, is baie mense versterk. Ons het

verhoudings met mense gebou deur opvolgbesoeke. Later is begin met katkisasie

vir volwassenes en mense het belydenis van geloof afgelê.”

Die bande met Mitchells Plein is steeds sterk en die gemeente het ons en al die

GK gemeentes in Klassis Boland genooi na ‘ n eenheidsfees op 2 Desember!

Page 9: Feesblad - Gereformeerde Kerk Strand · Jeanne van der Walt van wyle Hannes van der Walt en sy vrou Annette op 30 Augustus 1981. Eerste begrafnis . Eise Hamersma, in Oktober 1981

GEMEENTE BEAMPTES Die afgelope 40 jaar was ons as gemeente geseën om lidmate te kon hê wat hul

talente en gawes tot opbou van die gemeente kon gebruik.

Administratiewe Beamptes:

Rita Raave 1994 - 1997

Kotie Taljaard 1997 – 2010

Rika du Plessis 2010 – 2011

Retha Vos (Oostenbrink) 2011 – 2013

Hannelie Mostert 2013 – hede

Orreliste

Elane Costerus

Lientjie Dekker

Dr G van der Tas

Sr Olivier

Francis de Wet

Marette Hamersma

Karen du Plessis

N Grobler

H van Eck

IJ Viljoen

Arie de Blois

Jonathan Coetzee

Ons dank gaan na al die beamptes en ons dank en loof God dat Hy altyd voorsien

en in beheer is.

Page 10: Feesblad - Gereformeerde Kerk Strand · Jeanne van der Walt van wyle Hannes van der Walt en sy vrou Annette op 30 Augustus 1981. Eerste begrafnis . Eise Hamersma, in Oktober 1981

ONS LIDMATE WAT DIE GEMEENTE GEBOU HET

Ons is bevoorreg om nog lidmate hier by ons te hê wat amper van die begin af deel

was van die bou van die gemeente. (Die lys volg nie enige rangorde nie.)

Pieter Snyman Gerard en Lea Ter Haar

Pieter en Lisbé Wever Joyce Liebenberg

Mossie & Martie Mostert Friedl & Elbé van der Merwe

Willem & Marlene Reyneke Hannes & Janette Styger

Koekoes Blom Magdalena Badenhorst

Klein de Beer Flip du Plessis

Jan du Preez Buks & Leonie Kruger

Louis & Erna Kruger Sarel & Bell-Elise Lubbe

Theo Mastenbroek Dirkie Meyer

Babs Meyer Hugh & Hermie Michler

Dorothy Pretorius Lena Fraser

Dorette en Casper Schutte Les & Alta Skelton

Susan Smit Daleen Snyman

Co & Arend Streutker Koos & Kotie Taljaard

Louis van der Vyver Ammi Venter

JP & Anel van der Walt Christa Appelcryn

Natuurlik het alle lidmate ’n bydrae gelewer, maar hierdie lys – alhoewel nie volledig

nie - bevat die name van gemeentelede wat reeds sedert die afstigting betrokke

was en andere wat reeds baie jare lidmate van die gemeente is.

Page 11: Feesblad - Gereformeerde Kerk Strand · Jeanne van der Walt van wyle Hannes van der Walt en sy vrou Annette op 30 Augustus 1981. Eerste begrafnis . Eise Hamersma, in Oktober 1981

STRANDGEMEENTE VANDAG EN MÔRE

Page 12: Feesblad - Gereformeerde Kerk Strand · Jeanne van der Walt van wyle Hannes van der Walt en sy vrou Annette op 30 Augustus 1981. Eerste begrafnis . Eise Hamersma, in Oktober 1981