feesprogrammscsa.co.za/rsg_entertainment_booking_march_2015...elke feesganger gaan dus sy kaartjies...

20
FEESPROGRAM MSC OPERA | 9 - 13 MAART 2015 BESPREKINGS: www.oppiwater.co.za of 087 075 0889 BAIE BELANGRIK: noem dat jy die die RSG/Lefra Oppiwater Kunstefees bespreek. Program onderhewig aan verandering. Kaartjiebesprekings by Computicket. | 0861 915-8000 | www.computicket.com (gaan na Oppiwater Kunstefees) Gebruik jou MSC-besprekingskode by Computicket om te kwalifiseer vir die gesubsidieërde kaartjiepryse. Onthou om die nul vooraan jou besprekingskode in te hou! Nadat jy jou MSC-besprekingsdokumente ontvang het, laat asseblief 48 tot 72 uur toe voor jy jou Computicket-kaartjies bespreek! Vir meer inligting, skakel Lefra Produksies by (011) 815-3000, of stuur ‘n e-pos aan [email protected] RSG en LEFRA PRODUKSIES bied met trots aan – die tweede volwaardige Afrikaanse Kunstefees op MSC Cruises se plesierboot, die MSC Opera. Hierdie tweede Oppiwater Kunstefees bootvaart sal plaasvind van 9-13 Maart 2015. Ons besoek onder andere die Portugese Eilande en die Inhaca Eiland. Die res van die tyd hou ons Afrikaanse Kunstefees vir die fynproewer met van die voorste kunstenaars, produksies, toneel, komedie, kabaret en musiekproduksies. Dis uniek – ‘n kunstefees op ‘n drywende hotel met sy pragtige teater en verskillende kleiner venues. Moet dit nie misloop nie - die eerste Oppiwater Kunstefees is uitverkoop in die eerste ses dae. Alle etes ingesluit en jou vermaaklikheidsfooi gee vir jou toegang tot gesubsidieerde kaartjies van R20.00 tot R50.00 per produksie vir alle produksies op die Oppiwater Kunstefees. Alle produksies sal vooraf by Computicket bespreek kan word. Besprekings vir kaartjies open op

Upload: lenhu

Post on 07-Sep-2018

220 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: FEESPROGRAMmscsa.co.za/RSG_Entertainment_Booking_March_2015...Elke feesganger gaan dus sy kaartjies in hand hê voor jy op die boot gaan. Geen toustanery vir kaartjies meer nie! Die

FEESPROGRAM MSC OPERA | 9 - 13 MAART 2015

BESPREKINGS: www.oppiwater.co.za of 087 075 0889

BAIE BELANGRIK: noem dat jy die die RSG/Lefra Oppiwater Kunstefees bespreek.

Program onderhewig aan verandering.

Kaartjiebesprekings by Computicket. | 0861 915-8000 | www.computicket.com (gaan na Oppiwater Kunstefees)

Gebruik jou MSC-besprekingskode by Computicket om te kwalifiseer vir die gesubsidieërde kaartjiepryse. Onthou om die nul vooraan jou besprekingskode in te hou!

Nadat jy jou MSC-besprekingsdokumente ontvang het, laat asseblief 48 tot 72 uur toe voor jy jou Computicket-kaartjies bespreek!

Vir meer inligting, skakel Lefra Produksies by (011) 815-3000, of stuur ‘n e-pos aan [email protected] RSG en LEFRA PRODUKSIES bied met trots aan – die tweede volwaardige Afrikaanse Kunstefees op MSC Cruises se plesierboot, die MSC Opera. Hierdie tweede Oppiwater Kunstefees bootvaart sal plaasvind van 9-13 Maart 2015. Ons besoek onder andere die Portugese Eilande en die Inhaca Eiland. Die res van die tyd hou ons Afrikaanse Kunstefees vir die fynproewer met van die voorste kunstenaars, produksies, toneel, komedie, kabaret en musiekproduksies. Dis uniek – ‘n kunstefees op ‘n drywende hotel met sy pragtige teater en verskillende kleiner venues. Moet dit nie misloop nie - die eerste Oppiwater Kunstefees is uitverkoop in die eerste ses dae. Alle etes ingesluit en jou vermaaklikheidsfooi gee vir jou toegang tot gesubsidieerde kaartjies van R20.00 tot R50.00 per produksie vir alle produksies op die Oppiwater Kunstefees. Alle produksies sal vooraf by Computicket bespreek kan word. Besprekings vir kaartjies open op

Page 2: FEESPROGRAMmscsa.co.za/RSG_Entertainment_Booking_March_2015...Elke feesganger gaan dus sy kaartjies in hand hê voor jy op die boot gaan. Geen toustanery vir kaartjies meer nie! Die

Woensdag, 3 September 2014 waarna u u kaartjies kan bespreek. Indien u die vermaaklikheidsfooi betaal het, gebruik die besprekingsnommer om u gesubsidieerde kaartjies te bespreek. Computicket het nou takke by al die Shoprite- en Checkers-winkels. U kan Computicket skakel by 0861 915-8000 of bespreek aanlyn by www.computicket.com. Gaan gerus na “Festivals” en soek die Oppiwater Kunstefees 2015. Elke feesganger gaan dus sy kaartjies in hand hê voor jy op die boot gaan. Geen toustanery vir kaartjies meer nie! Die Oppiwater-program is hierby aangeheg. Reeds bevestigde produksies sluit in Chris Chameleon en Daniella Deysel se Posduif, Shirley Valentine met Shaleen Surtie-Richards, Jannie du Toit se Doep is nie Dood nie, Randall Wicomb se Griekwapsalms en Liedjies oor die Liefde, John Jacobs se Mime la France, Paul Lückhoff se Oom Schalk Lourens Se Mampoerstories In Afrikaans, Lefra Produksies se nuwe klug My Boetie se Boetie se Baba, die skreeusnaakse Shimmy Isaacs met Ko! Huistoe, Pietman die Skot, Lochner die Kock en Jannie du Toit in Die Cordon Broers Hou Kossêrt, Pieter Erasmus bring hulde aan Johnny Cash in Walk the Line en Chris Chameleon vertel The Story of Boo!. RSG luisteraars kan daarna uitsien om omroepers Lynette Francis, Ettiene Ludick en Kobus Burger te ontmoet. Program onderhewig aan verandering. Besprekings kan gedoen word by 087 075 0889 of by www.oppiwater.co.za. Maak seker om te sê dat u vir die RSG/Lefra Oppiwater Kunstefees wil bespreek! ‘n Ware Kunstefees – Oppiwater Kunstefees! Sien jou op Die Opera!

DIE MSC OPERA Wat is dan nou meer gepas om die Oppiwater Kunstefees op ‘n skip met die naam DIE OPERA te hou? Die grootste en mees moderne skip wat nog in Suid-Afrikaanse water gevaar het. Die 59 000 ton MSC Opera bied wonderlike fasiliteite op die skip aan. Daar is ‘n Putt Putt baan, Spa, Gimnasium, 2 swembaddens, Jacuzzis, 9 Kroeë, 3 Restaurante, sitkamers, die wonderlike Teater, Teatro Dell’Opera, en Casino. Die MSC Opera spog met 856 kajuite waarvan 172 kajuite en 28 suites hul eie privaat balkonne het. Die MSC Opera skip doen haar naam beslis gestand - klassiek, groot, weelderige - en is regtig 'n luukse boot vir opera en om kuns te maak. Daar is heelwat ruimte op die Opera wat dit een van MSC Cruises se top skepe maak. Baie van die kajuite op die MSC Opera het private balkonne en is ruim en gemaklik. Dit vertoon die kenmerkende Italiaanse styl wat op al MSC Cruises se statige skepe gevind word. Die openbare areas is verbeter deur 'n radikale marmer ontvangs-area en pragtige oop ruimtes met glas mure om die die hele tyd die dramatiese en mooi see-uitsig te geniet.

Om te reis op die MSC Opera is om die beste van die outydse elegansie te ervaar met die beste van die moderne geriewe. Sodra jy aanboord die MSC Opera gaan, kan jy uitsien na 'n werklik outentieke Italiaanse ervaring. Geniet 'n espresso by die koffiekroeg of geniet in 'n tipiese handgemaakte Italiaanse roomys. Neem Italiaanse lesse, stop by die Internetkafee of maak gebruik van ons Wi-Fi plekke in sekere areas op die skip. Spandeer kwaliteit tyd saam met die kinders in 'n rondte mini-golf of neem klasse by die gesondheidsklub. Saam met die sonsodergang, geniet ‘n heerlike skemerkelkie in een van ons verskeie kroeë en geniet ons sewe-gang aandete in ons deftige restaurant. Daarna begin die aand eers met produksies van ons Oppiwater Kunstefees in die pragtige Teater of ander venues.

Page 3: FEESPROGRAMmscsa.co.za/RSG_Entertainment_Booking_March_2015...Elke feesganger gaan dus sy kaartjies in hand hê voor jy op die boot gaan. Geen toustanery vir kaartjies meer nie! Die

PROGRAM: 9 Maart 2015 | Vertrek vanaf Durban Hawe

10 Maart 2015 | Portugese Eilande /Inhaca Eiland

11 Maart 2015 | Portugese Eilande | Inhaca Eiland

12 Maart 2015 | Op see

13 Maart 2015 | Terug in Durban

KAARTJIEPRYSE: Kommersiële Prys (K): Indien u nie die vermaaklikheidsfooi betaal het nie, betaal u die kommersiële prys. Dit werk

heelwat goedkoper uit deur die vermaaklikheidsfooi te betaal.

Gesubsidieërde Prys (S): Indien u die vermaaklikheidsfooi betaal het, kwalifiseer u vir die gesubsidiëerde prys. Onthou om die nul vooraan jou besprekingskode in te hou!

AANDETES: Dit is belangrik om u aandproduksies volgens u aandetesitting te beplan! Die buffetrestaurant is egter ook in die aande oop. Indien daar produksie oorvleuelings is, kan u gemaklik by die buffet restaurant gaan eet op u eie tyd.

Eerste Sitting: 18:00

Tweede Sitting: 20:15

Maandag, 9 Maart 2015 TYD DEK TEATRO CARUSO BYBLOS

15:00 – 17:00 Wegvaartpartytjie Dek 11 GRATIS Saam met die MSC-vermaaklikheidspan, Lefra Produksies (Frans Swart), RSG aanbieders Lynette Francis & Etienne Ludick en kunstenaars Pietman die Scott, Pieter Smith & Jakkie Louw.

19:00 – 20:30 Shirley Valentine Shaleen Surtie-Richards Dek 5/6

Page 4: FEESPROGRAMmscsa.co.za/RSG_Entertainment_Booking_March_2015...Elke feesganger gaan dus sy kaartjies in hand hê voor jy op die boot gaan. Geen toustanery vir kaartjies meer nie! Die

K: R170.00 / S: R50.00 Shaleen Surtie-Richards skitter in Hennie van

Greunen se vertaling van Willy Russel se Shirley Valentine. Toe sy die eerste keer ‘n opvoering van Shirley Valentine gesien het, het Shaleen haar hart

verloor op dié vrou wat besluit om plan te maak met haar middelmatige lewe. ‘Dié rol gaan ek nog eendag speel’, het sy by haarself gedink. Vroeg in 2007 toe bekroonde skrywer/regisseur/vervaardiger Hennie van Greunen (Die Hangkas Haas, Lyf, Op die vrou af, Die Tafel, Anna se Engel, Blougat) vir Shaleen bel met die idee om Shirley in Afrikaans te doen, om haar in Kaapse Afrikaans te laat praat en om haar omstandighede effens aan te pas vir die lewe in ‘n post-apartheid Suid-Afrika, het sy nie twee keer gedink nie. Die produksie het in 2009 mondig geword. Maar die universele aanklank van dié storie van Shirley se reis na self-ontdekking, wat sy met humor, insig en waagmoed

aanpak, is vandag nog sterker as wat dit toe was. Die produksie het geopen by die 2008 ABSA KKNK en is sederdien bekroon met die ABSA KKNK- en Aardklop-pryse vir Mees Gewilde Produksie. Shaleen is ook bekroon met die Fleur du Cap-toekenning vir haar fenomenale werk in hierdie rol.

20:30 – 21:30 Walk the Line – ‘n Huldeblyk aan Johnny Cash Pieter Erasmus Dek 7 K: R100.00 / S: R20.00

Page 5: FEESPROGRAMmscsa.co.za/RSG_Entertainment_Booking_March_2015...Elke feesganger gaan dus sy kaartjies in hand hê voor jy op die boot gaan. Geen toustanery vir kaartjies meer nie! Die

Pieter Erasmus, tans ‘n student van die eksklusiewe musiek skool COPA (Campus of Performing Arts) in Lynnwood, Pretoria is ‘n jong en talentvolle kunstenaar wat

vinnig besig is om groot treë in die musiekwêreld te trap. Hy tree al van kleintyd af op en die verhoog is nie vreemd vir die een-en-twintig-jarige nie. As jong seun het hy die verhoog leer ken in die musiekproduksie Dis hoe dit was saam met Steve Hofmeyer en Altus Theart. Hy het ook as ‘n jong seun die kitaar laat les opsê by verkeie venues in Krugersdorp, waar hy groot geword het. Die charismatiese kunstenaar bring ‘n nuwe element na Afrikaanse musiek en sy liedjies, wat hy self geskryf het, spreek vir hulleself. In Walk the Line bring Pieter hulde aan een van sy groot gunstelinge, Johnny Cash.

21:30 – 23:00 Shirley Valentine Shaleen

Surtie-Richards Dek 5/6

K: R170.00 / S: R50.00 Shaleen Surtie-Richards skitter in Hennie van Greunen se vertaling van Willy Russel se Shirley Valentine. Toe sy die eerste keer ‘n opvoering van Shirley Valentine gesien het, het Shaleen haar hart verloor op dié vrou wat besluit om plan te maak met haar middelmatige lewe. ‘Dié rol gaan ek nog eendag speel’, het sy by haarself gedink. Vroeg in 2007 toe bekroonde skrywer/regisseur/vervaardiger Hennie van Greunen (Die Hangkas

Page 6: FEESPROGRAMmscsa.co.za/RSG_Entertainment_Booking_March_2015...Elke feesganger gaan dus sy kaartjies in hand hê voor jy op die boot gaan. Geen toustanery vir kaartjies meer nie! Die

Haas, Lyf, Op die vrou af, Die Tafel, Anna se Engel, Blougat) vir Shaleen bel met die idee om Shirley in Afrikaans te doen, om haar in Kaapse Afrikaans te laat praat en om haar omstandighede effens aan te pas vir die lewe in ‘n post-apartheid Suid-Afrika, het sy nie twee keer gedink nie. Die produksie het in 2009 mondig geword. Maar die universele aanklank van dié storie van Shirley se reis na self-ontdekking, wat

sy met humor, insig en waagmoed aanpak, is vandag nog sterker as wat dit toe was. Die produksie het geopen by die 2008 ABSA KKNK en is sederdien bekroon met die ABSA KKNK- en Aardklop-pryse vir Mees Gewilde Produksie. Shaleen is ook bekroon met die Fleur du Cap-toekenning vir haar fenomenale werk in hierdie rol.

23:00 – 00:30 Ko! Huistoe Shimmy Isaacs Dek 7 K: R100.00 / S: R20.00 In Ko! Huistoe, ’n komedie aangebied deur Shimmy Isaacs,

vier sy haar Suid-Afrikanserskap na aanleiding

van haar reise deur ander lande. Sy verloor haar paspoort en besef skielik wat sy by die huis het...

Page 7: FEESPROGRAMmscsa.co.za/RSG_Entertainment_Booking_March_2015...Elke feesganger gaan dus sy kaartjies in hand hê voor jy op die boot gaan. Geen toustanery vir kaartjies meer nie! Die

Dinsdag, 10 Maart 2015 TYD DEK TEATRO CARUSO BYBLOS

08:30 – 10:00 Mime la France John Jacobs Dek 5/6 K: R130.00 / S: R30.00 Die naam John Jacobs is nou

reeds welbekend in Suid-Afrika en in Parys, Frankryk, staan

hy bekend as die “le diblotin” (klein duiweltjie en manipuleerder) van die Franse mimiekbedryf. Hy is ‘n gebore Suid-Afrikaner, die enigste Suid-Afrikaanse mimiekmeester in die Marcel Marceau-tradisie van klassieke mimiek. Die bekende mimiekmeester, John Jacobs, is terug met sy produksie wat die wêreld bekoor. Sonder woorde, met slegs bewegings en uitdrukkings, Volgens John is ware mimiek die siel van die uitvoerende kunste. “Dit is waarom my gehore hulle totaal aan die wonderlike kuns van die mimiek oorgee

– as hulle lag, dan skater hulle en as hulle huil, sien jy trane vloei,” sê hy.

10:30 – 12:00 Die Cordon Broers hou Kossêrt Lochner de Kock & Jannie du Toit K: R100.00 S: R20.00

Page 8: FEESPROGRAMmscsa.co.za/RSG_Entertainment_Booking_March_2015...Elke feesganger gaan dus sy kaartjies in hand hê voor jy op die boot gaan. Geen toustanery vir kaartjies meer nie! Die

Na ’n gesamentlike 80 (!) jaar op kos- en musiekgebied span Lochner en Jannie kragte saam met ’n luister en proe allegaartjie vertoning. Die gehoor word vermaak met kosdemonstrasies, anekdotes, wenke, staaltjies en musiek uit die twee kunstenaars se reise deur hulle kos- en musiekervarings. Cordon Broers bied baie meer as net ’n kosvertoning. Terwyl vingerlek-lekker uitsoekresepte berei en gedeel word, vermaak Lochner en Jannie die gehoor op kitaarspel en sang. Alles in watertand-Afrikaans! Dek 7

13:00 – 14:30

RSG Radiodrama Dek 5/6 K: R80.00 / S: R10.00 Kobus Burger is die uitvoerende regisseur: drama by RSG. Tydens ‘n onlangse onderhoud het Kobus die volgende van ‘n goeie radiodrame te sê gehad: “Skryf ’n goeie storie. Skryf goeie, geloofwaardige dialoog. Skep geloofwaardige karakters. Dis die essensie. Passasiers wat die Oppiwater Kunstefees 2015 meemaak, sal die

Page 9: FEESPROGRAMmscsa.co.za/RSG_Entertainment_Booking_March_2015...Elke feesganger gaan dus sy kaartjies in hand hê voor jy op die boot gaan. Geen toustanery vir kaartjies meer nie! Die

geleentheid hê om die opname by te woon. Die drama word voor ‘n gehoor opgeneem en passasiers sal presies kan sien hoe word ‘n radiodrama gemaak.

16:00 – 17:30 Griekwapsalms en Liedjies van die Liefde Randall Wicomb Dek 5/6 K: R140.00 / S: R40.00 Oor die verloop van meer as 3 dekades was Randall Wicomb, ‘n ikoon in die Suid-Afrikaanse musiekindustrie, ‘n dryfveer agter Afrikaanse volksliedjiekomposisies en die interpretasie daarvan. In sy luisteryke loopbaan het vele van sy vrystellings Goue Status behaal. Sy gevoel vir wêreldmusiek is duidelik as ‘n mens dink aan onvergeetlike treffers soos “Duitswes Wals”’, “Die Blommeverkopers van Adderleystraat” en “Snoektyd in die Kaap”. Sy mees onlangse vrystelling is “Hie langes my – Griekwapsalms en ander Tekste”. Behalwe kunstenaar is Randall ook ‘n

kopersmid, pottebakker, gesondheidsfanatikus en kweek hy bonsai-boompies “Ek is verlief op die lewe!” sê Randall laggend. Randell se nuutste CD, Liedjies van die Liefde, is onlangs vrygestel.

Oom Schalk Lourens se Mampoerstories Paul Lückhoff Dek 7 K: R130.00 / S: R30.00 Oom Schalk Lourens, ’n doodgewone Boer, wat eintlik ’n

meester van oorlamse dubbelsinnigheid is, vertel hierdie stories oor die oorloë en liefdes, gelowe en bygelowe, onkunde en wysheid, vooroordele en insigte, deugde en sondes van ’n plattelandse Afrikaanse gemeenskap. Dié stories, met so ‘n slukkie mampoer op sy tyd, het van die skrywer Herman Charles Bosman ‘n huishoudelike naam gemaak. Hierdie briljante, poëtiese stories is vol satire, sentiment, realisme, romanse, ironie en geïnspireerde gekskeerdery en vir die eerste keer in Afrikaans op die verhoog. Vertaal en verwerk deur Frans Swart.

17:00 – 18:00 Ontmoet die Kunstenaar Dek 11 GRATIS Ontmoet Shaleen Surtie-Richards, Shimmy Isaacs, Pieter Erasmus, John Jacobs en Jakkie Louw.

18:30 – 19:15 Kaptein se Gala-aand (Formeel) vir 2de sitting Dek 5/6 GRATIS Gala Skemerkelkie – alle kroeë en

Page 10: FEESPROGRAMmscsa.co.za/RSG_Entertainment_Booking_March_2015...Elke feesganger gaan dus sy kaartjies in hand hê voor jy op die boot gaan. Geen toustanery vir kaartjies meer nie! Die

sitkamers op dek 5 en dek 6. Die aand se vermaaklikheid word voorafgegaan deur ‘n voorlegging deur die skeepskapetein, senior offisiere en hoofde van departemente in die Teatro Dell’ Opera. Foto’s kan ook geneem word saam met die kaptein en personeel.

19:15 – 20:30 Van Haas Das tot Stukkie Van Der Merwe Pieter Smith Dek 7 K: R140.00 / S: R40.00 As jy gedink het jy gaan met gevoude arms agteroor sit en net nog ‘n show bywoon, het jy ‘n fout gemaak. Saamsing en vermaak uit die boonste rakke met asemrowende klank- en beligtingseffekte, is nader aan die waarheid van ‘n tipiese Pieter Smith – vertoning. Energie- en aksiebelaaide konserte vir oud en jonk. Een van die hoogtepunte tydens die optredes is Pieter se kitaar solostukke waarmee hy die gehoor trakteer en telkemale met nuwe

tegnieke verras – vervolmaakte kitaartegniek in die beste vorm denkbaar. ‘n Vertoning wat gestand doen aan die belofte van nostalgie en ‘n heerlike partytjie.

19:15 – 20:00 MSC Vermaaklikheid Dek 5/6 GRATIS

20:30 – 21:15 Kaptein se Gala-aand (Formeel) vir 1ste sitting Dek 5/6 GRATIS Gala Skemerkelkie – alle kroeë en sitkamers op dek 5 en dek 6. Die aand se vermaaklikheid word voorafgegaan deur ‘n voorlegging deur die skeepskapetein, senior offisiere en

Page 11: FEESPROGRAMmscsa.co.za/RSG_Entertainment_Booking_March_2015...Elke feesganger gaan dus sy kaartjies in hand hê voor jy op die boot gaan. Geen toustanery vir kaartjies meer nie! Die

hoofde van departemente in die Teatro Dell’ Opera. Foto’s kan ook geneem word saam met die kaptein en personeel.

21:15 – 22:00 MSC Vermaaklikheid Dek 5/6 GRATIS

22:00 – 23:30 The Story of Boo! Chris Chameleon Dek 7 K: R100.00 /

S: R20.00 Geen gesprek oor die belangrikste Suid-Afrikaanse bands van die afgelope twee dekades, of die mees noemenswaardige Suid-Afrikaanse musikale uitvoerproduk is ooit volledig sonder dat daar melding gemaak word van die MonkiPunk-groep Boo! nie. Na meer as 800 vertonings in 17 lande tussen 1997 en 2004 het Boo! kultusstatus bereik en het hulle beslis het 'n baie kleurvolle verhaal om te vertel. En niemand is in ‘n beter posisie om die verhaal te vertel as Chris Chameleon nie, hoofsanger en baskitaarspeler van die groep. In 'The Story van Boo!" kry gehore

'n rare kykie agter die skerms van hierdie merkwaardige groep met verhale van seks, dwelms en MonkiPunk-geskiedenis, met van die groep se onvergeetlike liedjies wat dien as klankbaan hiervan.

Page 12: FEESPROGRAMmscsa.co.za/RSG_Entertainment_Booking_March_2015...Elke feesganger gaan dus sy kaartjies in hand hê voor jy op die boot gaan. Geen toustanery vir kaartjies meer nie! Die

Woensdag, 11 Maart 2015 TYD DEK TEATRO CARUSO BYBLOS

08:30 – 10:00 Stille Water, Diepe Grond Lynette Francis Dek 7 K: R100.00 S: R20.00 Lynette Francis is

as joernalis opgelei en haar joernalistieke loopbaan sluit werk in die

gedrukte- en elektroniese media in. Sy begin werk as verslaggewer by Rapport en was al assistentredakteur by twee toonaangewende nasionale tydskrifte, Sarie en Woman’s Value/Dit. Sy bied elke weeksoggend Praat Saam op RSG aan, en lees ook die Afrikaanse nuus op SABC2. Wanneer sy slaap, droom sy sy’s ‘n superheldin in haar volgende lewe…!

10:30 – 12:00 Oom Schalk Lourens se Mampoerstories Paul Lückhoff

Dek 5/6 K: R130.00 / S: R30.00 Oom Schalk Lourens, ’n doodgewone Boer, wat eintlik ’n meester van oorlamse dubbelsinnigheid is, vertel hierdie stories oor die oorloë en liefdes, gelowe en bygelowe, onkunde en wysheid, vooroordele en insigte, deugde en sondes van ’n plattelandse Afrikaanse gemeenskap. Dié stories, met so ‘n slukkie mampoer op sy tyd, het van die skrywer Herman Charles Bosman ‘n huishoudelike naam gemaak.

Page 13: FEESPROGRAMmscsa.co.za/RSG_Entertainment_Booking_March_2015...Elke feesganger gaan dus sy kaartjies in hand hê voor jy op die boot gaan. Geen toustanery vir kaartjies meer nie! Die

Hierdie briljante, poëtiese stories is vol satire, sentiment, realisme, romanse, ironie en geïnspireerde gekskeerdery en vir die eerste keer in Afrikaans op die verhoog. Vertaal en verwerk deur Frans Swart.

16:30 – 18:00 Skot vs. Isaacs Pietman, die Skot & Shimmy Isaacs Dek 5/6 K: R130.00 / S: R30.00 Shimmy Isaacs vier haar Suid-Afrikanserskap na aanleiding van haar reise deur ander lande. Pietman, die Skot vertel nie net skreeusnaakse stories oor Suid-Afrika nie, maar ook van sy vele wêreldreise. Saam vermaak hierdie twee wêreldklas komediante gehore met skreeunsaakse stories en musiek van die wêreld en sy mense. (LET WEL: Hierdie is ’n gekombineerde vertoning van Pietman, die Skot en Shimmy Isaacs. Sien ook hierdie skedule vir hulle indiwiduele vertonings)

Mime la France John Jacobs Dek 7 K: R130.00 / S: R30.00 Die naam John Jacobs is nou reeds welbekend in Suid-Afrika en in Parys, Frankryk, staan hy bekend as die “le diblotin” (klein

duiweltjie en manipuleerder) van die Franse mimiekbedryf. Hy is ‘n gebore Suid-Afrikaner, die enigste Suid-Afrikaanse mimiekmeester in die Marcel Marceau-tradisie van klassieke mimiek. Die bekende mimiekmeester, John Jacobs, is terug met sy produksie wat die wêreld bekoor. Sonder woorde, met slegs bewegings en uitdrukkings, Volgens John is ware mimiek die siel van die uitvoerende kunste. “Dit is waarom my

gehore hulle totaal aan die wonderlike kuns van die mimiek oorgee – as hulle lag, dan skater hulle en as hulle huil, sien jy trane vloei,” sê hy.

17:00 – 18:00 Ontmoet die Kunstenaar Dek 11 GRATIS Ontmoet Randall Wicomb, Paul Lückhoff, Chris Chameleon, Daniella Deysel, Pieter Smith en Shimmy Isaacs.

Page 14: FEESPROGRAMmscsa.co.za/RSG_Entertainment_Booking_March_2015...Elke feesganger gaan dus sy kaartjies in hand hê voor jy op die boot gaan. Geen toustanery vir kaartjies meer nie! Die

19:15 – 21:00 Doep is nie Dood nie Jannie du Toit Dek 5/6 K: R140.00 / S: R40.00 Dié produksie is ’n jukstaposisie van hoe Koos du Plessis in woorde en note oor die

lewe besin, geworstel en gespot het. Dertig jaar na sy afsterwe is dit duidelik hoe lewend en relevant sy siening van die lewe steeds bly, hoe treffend sy liedkuns. Jannie du Toit, ’n groot vriend van Du Plessis, verwesenlik hiermee sy voorneme om Du Plessis se werk in die harte van ’n volgende geslag te laat voortleef. Die liedjies sowel as die gesproke tekste is alleen dié van Koos Doep self.

Pietman die Skot Dek 7 K: R100.00 S: R20.00 Suid-Afrika het heelwat storievertellers en komediante wat haar luisteryke stories op kleurvolle maniere vertel. Maar neem gerus spesiale kennis van Peter Mitchell, al die pad van Skotland af. Hy vertel nie net skreeusnaakse stories oor Suid-Afrika nie, maar ook van sy vele wêreldreise. En is dus vir alle praktiese doeleindes ‘n wêreldklas komediant. En as jy in ag neem dat sy stem iewers is tussen die van Chris de Burgh en Nana Mouskourri s’n, en ook die feit dat hy liedjies op aanvraag van sy gehore op die plek kan komponeer en sing, besef jy dat jy beslis met ‘n spesiale kunstenaar te make het.

21:15 – 22:00 Doep is nie Dood nie Jannie du Toit Dek 5/6 K: R140.00 S: R40.00

Dié produksie is ’n jukstaposisie van hoe Koos du Plessis in woorde en note oor die

lewe besin, geworstel en gespot het. Dertig jaar na sy afsterwe is dit duidelik hoe lewend en relevant sy siening van die lewe steeds bly, hoe treffend sy liedkuns. Jannie du Toit, ’n groot vriend van Du Plessis, verwesenlik hiermee sy voorneme om Du Plessis se werk in die harte van ’n volgende geslag te laat voortleef. Die liedjies sowel as die gesproke tekste is alleen dié van Koos Doep self.

21:30 – 22:15 Ko! Huistoe

Page 15: FEESPROGRAMmscsa.co.za/RSG_Entertainment_Booking_March_2015...Elke feesganger gaan dus sy kaartjies in hand hê voor jy op die boot gaan. Geen toustanery vir kaartjies meer nie! Die

Shimmy Isaacs Dek 7 K: R100.00 / S: R20.00 In Ko! Huistoe, ’n komedie aangebied deur Shimmy Isaacs, vier sy haar Suid-Afrikanserskap na aanleiding van haar

reise deur ander lande. Sy verloor haar paspoort en besef skielik wat sy by die huis het...

22:15 – 00:00 Tropiese Ontploffing! Dek 11 GRATIS Saam met die MSC-vermaaklikheidspan, Lefra Produksies (Frans Swart), RSG aanbieders Lynette Francis & Etienne Ludick en kunstenaars Pietman die Scott, Pieter Smith & Jakkie Louw.

Page 16: FEESPROGRAMmscsa.co.za/RSG_Entertainment_Booking_March_2015...Elke feesganger gaan dus sy kaartjies in hand hê voor jy op die boot gaan. Geen toustanery vir kaartjies meer nie! Die

Donderdag, 12 Maart 2015 TYD DEK TEATRO CARUSO BYBLOS

08:30 – 10:00 Musikant 101 Etienne Ludick en Jakkie Louw Dek 7

K: R100.00 / S: R20.00 Musikant 101 is gebaseer op Jakkie Louw se nuwe boek wat in Augustus 2014 uitgegee was, Die Musikant se Handboek. Kom luister na Jakkie en RSG se Ettiene Ludick as hulle die moets en moenies van die Afrikaanse musiekwêreld verduidelik. Jakkie vertel van die krag van 'n liedjie en doen dan ook ‘n paar liedjies akoesties. Jakkie praat oor belangrike hoofstukke in die boek soos media, bemarking, logistieke bestuur,

liedjieskryf ens. Die gehoor sal saam met Jakkie en Ettiene die geleentheid hê om tydens die

vertoning ‘n 'n splinternuwe liedjie te skryf.

10:00 – 12:30

My Boetie se Boetie se Baba Klug - Premiere Dek 5/6 K: R170.00 S: R50.00 Tom en sy vrou, Linda, is opgewonde

Page 17: FEESPROGRAMmscsa.co.za/RSG_Entertainment_Booking_March_2015...Elke feesganger gaan dus sy kaartjies in hand hê voor jy op die boot gaan. Geen toustanery vir kaartjies meer nie! Die

oor die vooruitsig om ‘n baba aan te neem. Al wat nog moet gebeur is ‘n besoek deur die maatskaplike werker, ‘n paar vrae moet beantwoord word en die baba is hulle s’n. Maar dinge werk nie so uit nie. Nie eers naastenby nie. Terwyl Tom ‘n gerespekteerde middelklas bestaan voer, kan dieselfde nie van sy broers Dirk en Hennie gesê word nie. Dis nie dat die broers nie na aan mekaar is nie, maar om te sê dat die driemanskap twee-derdes disfunksioneel is, is voor die handliggend. Dirk het pas teruggekeer van ‘n buurland met gesmokkelde sigarette en brandwyn, en Hennie probeer ‘n kadawer van die hand sit vir geldelike gewin. Om sake te vererger, maak twee onwettige immigrate hulle verskyning, die preutse maatskaplike werker daag op en wat volg is histeriese humor in die hoogste versnelling! ’n Ray Cooney-klug in die ware Lefra-tradisie van klug!

13:00 – 14:30 Griekwapsalms en Liedjies van die Liefde Randall Wicomb Dek 7 K: R140.00 /

S: R40.00 Oor die verloop van meer as 3 dekades was Randall Wicomb, ‘n ikoon in die Suid-Afrikaanse musiekindustrie, ‘n dryfveer agter Afrikaanse volksliedjiekomposisies en die interpretasie daarvan. In sy luisteryke loopbaan het vele van sy vrystellings Goue Status behaal. Sy gevoel vir wêreldmusiek is duidelik as ‘n mens dink aan onvergeetlike treffers soos “Duitswes Wals”’, “Die Blommeverkopers van Adderleystraat” en “Snoektyd in die Kaap”. Sy mees onlangse vrystelling is “Hie langes my – Griekwapsalms en ander Tekste”. Behalwe kunstenaar is

Page 18: FEESPROGRAMmscsa.co.za/RSG_Entertainment_Booking_March_2015...Elke feesganger gaan dus sy kaartjies in hand hê voor jy op die boot gaan. Geen toustanery vir kaartjies meer nie! Die

Randall ook ‘n kopersmid, pottebakker, gesondheidsfanatikus en kweek hy bonsai-boompies “Ek is verlief op die lewe!” sê Randall laggend.

14:00 – 16:30

My Boetie se Boetie se Baba Klug - Premiere Dek 5/6 K: R170.00 S: R50.00 Tom en sy vrou, Linda, is opgewonde oor die vooruitsig om ‘n baba aan te neem. Al wat nog moet gebeur is ‘n besoek deur die maatskaplike werker, ‘n paar vrae moet beantwoord word en die baba is hulle s’n. Maar dinge werk nie so uit nie. Nie eers naastenby nie. Terwyl Tom ‘n gerespekteerde middelklas bestaan voer, kan dieselfde nie van sy broers Dirk en Hennie gesê word nie. Dis nie dat die broers nie na aan mekaar is nie, maar om te sê dat die driemanskap twee-derdes disfunksioneel is, is voor die

handliggend. Dirk het pas teruggekeer van ‘n buurland met gesmokkelde sigarette en brandwyn, en Hennie probeer ‘n kadawer van die hand sit vir geldelike gewin. Om sake te vererger, maak twee onwettige immigrate hulle verskyning, die preutse maatskaplike werker daag op en wat volg is histeriese humor in die hoogste versnelling! ’n Ray Cooney-klug in die ware Lefra-tradisie van klug!

Ontmoet die Kunstenaar Dek 11 GRATIS Jannie du Toit, Lochner de Kock, Peter Mitchell, Etienne Ludick, Lynette Francis en die geselskap van My Boetie se

Page 19: FEESPROGRAMmscsa.co.za/RSG_Entertainment_Booking_March_2015...Elke feesganger gaan dus sy kaartjies in hand hê voor jy op die boot gaan. Geen toustanery vir kaartjies meer nie! Die

Boetie se Baba.

17:30 – 18:30 Pietman, die Skot Dek 7 K: R130.00 S: R30.00 Suid-Afrika het heelwat storievertellers en komediante wat haar luisteryke stories op kleurvolle maniere vertel. Maar neem gerus spesiale kennis van Peter Mitchell, al die pad van Skotland af. Hy vertel nie net skreeusnaakse stories oor Suid-Afrika nie, maar ook van sy vele wêreldreise. En is dus vir alle praktiese doeleindes ‘n wêreldklas komediant. En as jy in ag neem dat sy stem iewers is tussen die van Chris de Burgh en Nana Mouskourri s’n, en ook die feit dat hy liedjies op aanvraag van sy gehore op die plek kan komponeer en sing, besef jy dat jy beslis met ‘n spesiale kunstenaar te make het.

19:00 – 21:30

Posduif Chris Chameleon & Daniella Deysel Dek 5/6 K: R170.00 S: R50.00 Die buitewêreldse stemvermoens van Chris Chameleon en sy unieke benadering het hom stewig gevestig as `n onvergelykbare kunstenaar. Vanjaar span Chris saam met die opwindende jong digter en sangeres Daniella Deysel. Chameleon se toonsettings van die ontslape digter Ingrid Jonker het vir

Page 20: FEESPROGRAMmscsa.co.za/RSG_Entertainment_Booking_March_2015...Elke feesganger gaan dus sy kaartjies in hand hê voor jy op die boot gaan. Geen toustanery vir kaartjies meer nie! Die

hom lof verwerf en hy het nou hierdie gawe toegepas op die besondere digkuns van Deysel. Sy unieke toonsettings bevestig opnuut Chameleon se soeke na nuwe uitingsvorme en sy gawe om deur die mure om harte te breek.

21:30 – 23:00

Posduif Chris Chameleon & Daniella Deysel Dek 5/6 K: R170.00 S: R50.00 Die buitewêreldse stemvermoens van Chris Chameleon en sy unieke benadering het hom stewig gevestig as `n onvergelykbare kunstenaar. Vanjaar span Chris saam met die opwindende jong digter en sangeres Daniella Deysel. Chameleon se toonsettings van die ontslape digter Ingrid Jonker het vir hom lof verwerf en hy het nou hierdie

gawe toegepas op die besondere digkuns van Deysel. Sy unieke toonsettings bevestig opnuut Chameleon se soeke na nuwe uitingsvorme en sy gawe om deur die mure om harte te breek.

Vers & Klank Dek 7 K: R100.00 S: R20.00 Wees deel van die opname van RSG se unieke Vers en Klank. Kom ervaar die mooiste gedigte in Afrikaans voorgelees by kerslig en rooiwyn met pragtige khotaarmusiek deur Jannie du Toit. Vers en Klank word opgeneem vir latere uitsending op RSG.

Vrydag, 13 Maart 2015 TYD

08:00 Aankoms in Durban Hawe