finale v - geskiedenis v2 - nov 2007 · geskiedenis/v2 doe/november 2007 nss kopiereg voorbehou...

18
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n 9 bladsy-addendum. GESKIEDENIS V2 NOVEMBER 2007 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Upload: others

Post on 20-Jan-2020

13 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

PUNTE: 150 TYD: 2 uur

Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n 9 bladsy-addendum.

GESKIEDENIS V2

NOVEMBER 2007

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

GRAAD 11

Geskiedenis/V2 DoE/November 2007 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

2

INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7.

Hierdie vraestel bestaan uit DRIE vrae, gebaseer op die voorgeskrewe in-houdsraamwerk vir 2007, wat soos volg is: VRAAG 1: PSEUDO-WETENSKAPLIKE RASSISME EN SOSIALE

DARWINISME VRAAG 2: DIE IMPAK VAN DIE TWEEDE WÊRELDOORLOG OP AFRIKA VRAAG 3: APARTHEID ELKE vraag tel 75 punte en begin met 'n sleutelvraag. Kandidate moet TWEE vrae beantwoord. ELKE vraag bestaan uit beide die brongebaseerde vrae wat 45 punte tel en uitgebreide skryfwerk wat 30 punte tel. Kandidate moet die toepassing van kennis, vaardighede en insig in hulle ant-woorde demonstreer. Om regstreeks uit bronne aan te haal sonder enige relevansie, sal tot kandi-date se nadeel strek. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. Skryf netjies en leesbaar.

Geskiedenis/V2 DoE/November 2007 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

3

Die volgende Leeruitkomstes en Assesseringstandaarde sal in hierdie vraestel geassesseer word:

Leeruitkomstes Assesseringstandaarde

Die vermoë van die leerder om:

Leeruitkomste 1 1. Inligting en data, wat uit 'n verskeidenheid bronne versamel is, te

ontleed/analiseer. 2. Die inligtingsbronne verskaf, te evalueer om die geskiktheid/

toepaslikheid van die bronne vir die taak, te assesseer.

Leeruitkomste 2

1. Historiese konsepte om inligting oor 'n tydperk/periode of saak te struktureer, te gebruik

2. Die sosio-ekonomiese en politieke magsverhoudinge in gemeenskappe te ontleed.

3. Die onderskeie interpretasies en perspektiewe van geskiedkundige gebeure en waarom mense in 'n spesifieke historiese konteks opgetree het soos hulle het, te verduidelik.

Leeruitkomste 3

1. Gevolgtrekkinge uit kwantitatiewe data te hanteer en te maak.

2. Bewyse te gebruik om 'n argument te formuleer en tot 'n onafhanklike gevolgtrekking te kom.

3. Bewyse te gebruik om die onafhanklike gevolgtrekkinge wat gemaak is, te ondersteun.

4. Kennis en begrip in geskrewe vorm te kommunikeer. In die beantwoording van die uitgebreide skryfwerk-vrae, moet kandidate na een van die volgende vlakke verwys: VLAKKE VAN VRAE Vlak 1 • Bespreek of beskryf volgens 'n gegewe argumentslyn wat in die uitgebreide

skryfwerk-vraag uiteengesit is. • Beplan en konstrueer 'n argument op bewyse gebaseer, en gebruik die bewyse om 'n

gevolgtrekking te maak. Vlak 2

Gebruik bewyse om 'n argument te formuleer en om tot 'n onafhanklike gevolgtrekking te kom.

• Gebruik bewyse om die onafhanklike gevolgtrekkings gemaak, te ondersteun, insluitende die geskikte wyse om kennis en begrip, wat by die spesifieke doelwit pas, te kommunikeer, byvoorbeeld verslag of opstel.

• Gebruik 'n duidelike struktuur en samehangende argument.

Geskiedenis/V2 DoE/November 2007 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

4

VRAAG 1: HOE IS RASSISME IN DIE VROEË 1900's IN AMERIKA BEOEFEN? Bestudeer Bronne 1A, 1B en 1C om die volgende vrae te beantwoord. 1.1 Bestudeer Bron 1A. 1.1.1

1.1.2 1.1.3

Volgens die inligting in die bron, watter tipe mense, dink jy, was tot die Ku Klux Klan (KKK) aangetrokke? (4 x 1) Verduidelik, in jou eie woorde, die doelwitte van die KKK. (2 x 2) Hoe, dink jy, sal 'n Afro-Amerikaner op die doelwitte van die KKK reageer? (2 x 2)

(4) (4) (4)

1.2 Verwys na Bron 1B. 1.2.1 Verduidelik Cameron se stelling:

'Hierdie hele lewenswyse was – en is – 'n nalatenskap van swart slawerny in Amerika.' (2 x 2)

(4)

1.2.2

1.2.3 1.2.4

Waarom het die skare by die balju ('sheriff') daarop aangedring dat die 'drie negers' in hulle hande oorgegee word? (2 x 2) Wat vertel die stelling, 'Ten minste tien- tot vyftienduisend van hulle, teen drie', jou van die metodes wat die KKK teen hulle slagoffers gebruik het? (2 x 2) Verduidelik of jy dink die behandeling wat Cameron van die 'klein seuntjies en klein dogtertjies' ontvang het, geregverdig kan word. (2 x 2)

(4) (4) (4)

1.3 Verwys na Bronne 1A en 1B. Verduidelik tot watter mate die inligting in

Bron 1A, dit wat met Cameron in Bron 1B gebeur het, weerspreek. (2 x 2)

(4) 1.4 Bestudeer Bron 1C. 1.4.1

1.4.2

Watter boodskap word deur die foto oorgedra? (1 x 2) Hoe, dink jy, het Cameron gevoel toe hy met hierdie toneel van sy twee vriende gekonfronteer is? (2 x 2)

(2) (4)

1.4.3 Waarom, dink jy, kan die lynch (hang) van Abram Smith en

Thomas Shipp as 'n skending van hulle menseregte beskou word? (2 x 2)

(4)

Geskiedenis/V2 DoE/November 2007 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

5

1.5 Hoe bruikbaar is Bronne 1B en 1C vir 'n historikus wat rassisme in die

1920's in die Verenigde State van Amerika bestudeer? (1 x 3)

(3) 1.6 UITGEBREIDE SKRYFWERK

Beantwoord ÓF VRAAG 1.6.1 ÓF VRAAG 1.6.2. MOENIE albei vrae beantwoord nie. (Jou antwoord moet ongeveer TWEE bladsye lank wees.)

1.6.1 Gebruik AL die bronne en jou eie kennis en bespreek hoe

rassisme in die vroeë 1900's in die Verenigde State van Amerika beoefen is.

(30)

OF 1.6.2 James Cameron het Amerika se Black Holocaust Museum

gestig, wat die menseregteskendings in die vroeë 1900's teen Afro-Amerikaners gedokumenteer het. Gebruik AL die inligting in die bronne en jou eie kennis en skryf 'n opstel oor die skending van menseregte wat Afro-Amerikaners deur die Ku Klux Klan (KKK) in die vroeë 1900's moes verduur, wat in die Black Holocaust Museum se jaarlikse nuusbrief ingesluit sal word.

(30) [75]

Geskiedenis/V2 DoE/November 2007 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

6

VRAAG 2: WAAROM HET AFRIKANE UHURU (VRYHEID) VAN KOLONIALE

HEERSKAPPY BEGEER? Bestudeer Bronne 2A, 2B en 2C om die volgende vrae te beantwoord. 2.1 Verwys na Bron 2A. 2.1.1

2.1.2 2.1.3

Verduidelik Lumumba se verwysing na 'die geskiedenis sal self praat'. (1 x 3) Hoekom, dink jy, is daar 'n behoefte dat Afrika se geskiedenis herskryf moet word? (1 x 2) Verduidelik of jy die stelling 'Afrika sal haar eie geskiedenis skryf ... dit sal geskiedenis van glorie en waardigheid wees' ondersteun of nie? (2 x 2)

(3) (2) (4)

2.2 Bestudeer Bron 2B. 2.2.1 Wat verstaan jy onder die volgende begrippe: (a)

(b) Kolonialisme (2 x 2)Dekolonisasie (2 x 2)

(4) (4)

2.2.2 Wat is Sékou Touré se opvattinge oor die volgende: (a)

(b) Dekolonisasie (1 x 2)Kolonialisme (1 x 2)

(2) (2)

2.2.3 Verduidelik of jy met Sékou Touré se standpunt oor dekolonisa-

sie saamstem of nie. (2 x 2)

(4) 2.3 Bestudeer Bron 2C. 2.3.1

2.3.2 2.3.3

Wat was die bedoeling van die spotprenttekenaar met die skep van dié spesifieke spotprent? (2 x 2) Beskryf die akkuraatheid van die spotprenttekenaar se uitbeelding van die proses van dekolonisasie. (1 x 2) Volgens die spotprent was Afrikane besig om koloniale beheer 'weg te vee'. Waarom, dink jy, kan hulle optrede ondersteun word? (2 x 2)

(4) (2) (4)

Geskiedenis/V2 DoE/November 2007 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

7

2.4 Gebruik die inligting in Bronne 2A, 2B en 2C en jou eie kennis om die

volgende vrae te beantwoord:

2.4.1

2.4.2

Verduidelik waarom Afrika-state geregtig was om vir hulle onafhanklikheid en vryheid te veg. (2 x 2) Wat was die sterk punte en swak punte van kolonialisme op die vasteland van Afrika? (2 x 3)

(4) (6)

2.5 UITGEBREIDE SKRYFWERK

Beantwoord ÓF VRAAG 2.5.1 ÓF VRAAG 2.5.2. MOENIE albei vrae beantwoord nie. (Jou antwoord moet ongeveer TWEE bladsye lank wees.)

2.5.1 Bespreek die impak van koloniale regering op Afrika. (30)

OF 2.5.2 Gebruik AL die bronne en jou eie kennis en skryf 'n opstel

waarin die verskillende faktore wat in die 1940's tot die de-kolonisasie van Afrika bygedra het, uiteengesit word.

(30) [75]

Geskiedenis/V2 DoE/November 2007 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

8

VRAAG 3: WAAROM IS DIE SHARPEVILLE-SLAGTING VAN 1960 AS 'N KEERPUNT

IN SUID-AFRIKA SE VRYHEIDSTRYD BESKOU? Gebruik Bronne 3A, 3B, 3C en 3D om die volgende vrae te beantwoord. 3.1 Bestudeer Bron 3A. 3.1.1

3.1.2 3.1.3 3.1.4

Wat was die redes waarom die African National Congress (ANC) 'n antipas-veldtog wou onderneem? (1 x 2) Hoe het die ANC vir die optog voorberei? (3 x 1) Hoe, volgens Nelson Mandela, het die Pan Africanist Congress (PAC) die ANC se antipas-veldtog gesaboteer? (2 x 2) Verduidelik of die PAC se antipas-veldtog as ' 'n blatante geval van opportunisme' beskou kan word. (2 x 2)

(2) (3) (4) (4)

3.2 Verwys na Bron 3B. 3.2.1

3.2.2 3.2.3

Watter bewyse is daar in die bron om aan te dui dat baie mense in die optog betrokke was? (1 x 2) Verduidelik waarom die optrede van die polisie 'n skending van menseregte was. (2 x 2) Dit is die polisie se plig om die burgers van ons land te beskerm. Hoekom, dink jy, het dit NIE by Sharpeville gebeur nie? (2 x 2)

(2) (4) (4)

3.3 Bestudeer Bron 3C. 3.3.1

3.3.2

Watter afleiding kan van Tom Lodge se weergawe dat daar 'n 'worsteling by die hek uitgebreek het', gemaak word? (1 x 2) Verduidelik, na jou mening, of hierdie bron gebruik kan word om die gebeure rondom Sharpeville te regverdig. (2 x 2)

(2) (4)

Geskiedenis/V2 DoE/November 2007 NSS

Kopiereg voorbehou

9

3.4 Bestudeer Bron 3D. 3.4.1

3.4.2 3.4.3

Wat was die fotograaf se doel met die neem van dié spesifieke foto? (2 x 2) Waarom, dink jy, lyk dit of die mense in die foto weghardloop? (2 x 2) Verduidelik of hierdie bron bruikbaar is vir 'n historikus wat die Sharpeville-optog bestudeer. (2 x 2)

(4) (4) (4)

3.5 Verduidelik, in jou eie woorde, watter van die twee bronne (Bron 3C of

Bron 3D), jy dink die meer betroubare stuk historiese getuienis is. (2 x 2)

(4) 3.6 UITGEBREIDE SKRYFWERK

Beantwoord ÓF VRAAG 3.6.1 ÓF VRAAG 3.6.2. MOENIE albei vrae beantwoord nie. (Jou antwoord moet ongeveer TWEE bladsye lank wees.)

3.6.1 Verduidelik waarom die gebeure van 21 Maart 1960 as 'n keer-

punt in Suid-Afrika se vryheidstryd beskou kan word.

(30)

OF 3.6.2 Gebruik AL die bronne en jou eie kennis en skryf 'n opstel

waarin jy verduidelik hoe die gebeure by Sharpeville op 21 Maart 1960 ontwikkel het.

(30) [75]

TOTAAL: 150

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Hierdie addendum bestaan uit 9 bladsye.

GESKIEDENIS V2

NOVEMBER 2007

ADDENDUM

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

GRAAD 11

Geskiedenis/V2 DoE/November 2007 NSS

ADDENDUM

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

2

VRAAG 1: HOE IS RASSISME IN DIE VROEË 1900's IN AMERIKA BEOEFEN? Die Ku Klux Klan (KKK) het as 'n terroriste-organisasie na die Amerikaanse Vryheids-oorlog van 1861 – 1865 begin. Dit het swart Amerikaners in die Suide geterroriseer en het alles moontlik gedoen om wit heerskappy oor die pasbevryde, swart slawe te verseker. Lede van hierdie organisasie het wit mantels met gepunte musse aan-getrek om hulle identiteit te verberg. Die KKK was in die laat 19de eeu aktief, en toe het die ledetal tot 'n paar honderd lede begin daal. Teen 1915 het William Simmons die KKK egter weer laat herleef. Hy het die Ku Klux Klan se oorspronklike idees en kostuums behou. Die KKK was anti-Katoliek en anti-Joods, en dit het na ander dele van Amerika ver-sprei. Teen die middel 1920's het dit 'n ledetal van 4 tot 5 miljoen gehad. In hierdie tyd is die ergste wreedhede teen die swart Amerikaners (Afro-Amerikaners) in die Suide gepleeg. Teen die 1930's het die KKK slegs 30 000 lede gehad omdat baie van sy lede suksesvol deur verskillende staatregerings in Amerika vervolg is.

BRON 1A Die onderstaande is 'n uittreksel uit die Kloran, die Ku Klux Klan se reëlboek: Is jy 'n inheems-gebore, wit, nie-Joodse Amerikaner? Glo jy aan die Christelike godsdiens? Sal jy getrou na die ewige instandhouding van wit heerskappy strewe? ... Ons beoog om: 1. Wit heerskappy teen swart mense te verdedig. 2. Protestantse heerskappy teen Katolieke en Jode te verdedig. 3. Die Amerikaanse samelewing skoon te vee deur enigiemand, soos dronklappe

en dobbelaars wat morele standaarde bedreig, aan te val ...

Geskiedenis/V2 DoE/November 2007 NSS

ADDENDUM

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

3

BRON 1B In 1930 is James Cameron, 16 jaar oud, saam met twee ander Afro-Amerikaners onder verdenking van die moord van 'n wit man en die verkragting van 'n wit vrou, gearresteer. James Cameron het 'n poging om hom te lynch (hom te hang sonder 'n verhoor) oorleef. Dit is 'n relaas uit sy boek, A Time of Terror, waarin hy terugdink aan die woede van wittes teenoor Afro-Amerikaners.

Min het ek gedink dat ek een aand in die hande van 'n genadelose klomp fanatici sou beland en dat hulle sou poog om my tereg te stel oor die kleur van my vel. Hierdie hele lewenswyse was – en is – 'n nalatenskap van swart slawerny in Amerika. 'n Baie groot en baie kwaai skare mense het by die balju ('sheriff') daarop aangedring dat 'die drie negers' in hulle hande oorgegee moes word. Hulle het van regoor die staat Indiana bymekaar gekom. Ten minste tien- tot vyftienduisend van hulle, teen drie. Baie van die mense in die skare het die hooftooisel van die Ku Klux Klan gedra. Die wrede hande wat my vasgehou het, was soos klampe. Vuiste, knuppels, bak-stene en klippe het merke op my lyf gelaat. Die swakkeres moes tevrede daarmee wees om te spoeg. Klein seuntjies en klein dogtertjies wat nog nie in hulle tienerjare was nie, maar wat besig was om te leer hoe om swart mense te behandel, het op een of ander manier daarin geslaag om so naby aan my te kom dat hulle my bene gebyt en gekrap het. En bo-oor die donderende geraas het die kreet, 'Neger! Neger! Neger!', gestyg.

Tot vandag toe weet Cameron nie wat hom gered het nie. Die skare het die tou om sy nek gehad, toe hulle skielik stop en hom al hinkende na die tronkdeur laat terug-keer het. Cameron noem dit 'n 'wonderbaarlike ingryping'. *nigger = verkleinerende woord wat deur wit koloniste gebruik is om Afro-Amerikaners te beskryf.

Geskiedenis/V2 DoE/November 2007 NSS

ADDENDUM

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

4

BRON 1C Dit was die toneel buite die tronk in Marion, Indiana. Abram Smith en Thomas Shipp was reeds gehang sonder verhoor (gelynch). Dit is die toneel wat Cameron begroet het toe hy uit die tronk gesleep is om gelynch te word.

Geskiedenis/V2 DoE/November 2007 NSS

ADDENDUM

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

5

VRAAG 2: WAAROM HET AFRIKANE UHURU (VRYHEID) VAN KOLONIALE

HEERSKAPPY BEGEER? BRON 2A Die onderstaande is 'n aanhaling uit 'n toespraak deur Patrice Lumumba, 'n leier in die Kongo. Dit het die mense van Afrika oor hulle vryheid geïnspireer.

Die dag sal kom wanneer die geskiedenis sal praat. Maar dit sal nie die geskiedenis wees wat in Brussel, Parys, Washington of die VN onderrig sal word nie. Dit sal die geskiedenis wees wat in die lande wat hulle vryheid van kolonialisme en sy handlangers gewen het, onderrig sal word. Afrika sal haar eie geskiedenis skryf en in die noorde en suide sal dit 'n geskiedenis van glorie en waardigheid wees.

BRON 2B Dit is 'n toespraak oor die redes vir dekolonisasie wat deur Sékou Touré van Guinea gelewer is.

Dekolonisasie kan slegs bereik word deur die vernietiging van koloniale instansies. Kolonisasie is 'n stelsel wat swaar op die ekonomiese, sosiale, politieke en kulturele lewe van die land druk. In die eerste plek moet ons die koloniale strukture vernietig en dit met strukture vervang wat so na as moontlik met ons behoeftes en ons eie evolusionêre koers ooreenstem ... ... maar sosiale en ekonomiese rewolusie vereis 'n morele rewolusie en daar kan geen diepgaande (werklike) transformasie sonder die algehele ondersteuning en volle begrip van die mense wees nie. Wat nodig is, is dat elke persoon hom-/haarself moet bekeer (verander), uit eie aandrang; sonder individuele dekolonisasie kan daar geen hoop op die likwidasie (beëindiging) van die euwels van kolonisasie wees nie. Ons sal voortaan kolonisasie in sy mees verraderlike (lelike) vorm moet beveg, en dit is hoofsaaklik ons eie gedrag wat ons sal moet verander.

Geskiedenis/V2 DoE/November 2007 NSS

ADDENDUM

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

6

BRON 2C Hierdie spotprent toon Afrika wat koloniale heersers in die 1950's uit Afrika 'vee'.

Geskiedenis/V2 DoE/November 2007 NSS

ADDENDUM

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

7

VRAAG 3: WAAROM IS DIE SHARPEVILLE-SLAGTING VAN 1960 AS 'N KEERPUNT

IN SUID-AFRIKA SE VRYHEIDSTRYD BESKOU? BRON 3A Dit is 'n aanhaling uit Nelson Mandela – The Illustrated Long Walk to Freedom, 2001. Die jaarlike konferensie van die ANC is in Desember 1959 in Durban tydens die stad se antipaswet-veldtog gehou. Die konferensie het eenparig daarvoor gestem om 'n massiewe landswye antipas-veldtog op 31 Maart te begin, met die hoogtepunt op 26 Junie wat 'n segevuur van pasboeke sou wees. ANC-amptenare het deur die land getoer en met die takke gepraat. ANC-veld-werkers het die boodskap in dorpsgebiede ('townships') en fabrieke versprei. Strooi-biljette, plakkers en plakkate is gedruk en versprei, en op busse en treine geplaas. Die PAC het van die ANC se antipas-veldtog geweet en is genooi om deel te neem, maar in plaas daarvan wou hulle ons eerder saboteer. Die PAC het aangekondig dat hulle op 21 Maart hule eie antipas-veldtog van stapel stuur, tien dae voordat ons s'n sou begin. Dit was 'n blatante geval van opportunisme.

BRON 3B Dit is 'n verslag in die tydskrif, Drum, van wat op 21 Maart 1960 by Sharpeville gebeur het.

'Toe het die skietery begin. Ons het die gekletter van 'n masjiengeweer gehoor, toe nog een, en nog een. Daar was honderde vroue, party van hulle het gelag. Hulle moes gedink het die polisie vuur loskruitpatrone. Een vrou is ongeveer tien jaart van ons motor af getref. Haar metgesel, 'n jong man, het teruggegaan toe sy val. Hy het gedink sy het gestruikel. Hy het na die bloed aan sy hande gekyk en gesê: 'My God, sy is weg!' Honderde kinders het ook gehardloop. Voor die skietery het ek geen waarskuwing aan die skare gehoor om uitmekaar te gaan nie. Daar was geen waarskuwingskote nie. Die polisie het beweer dat hulle in verskriklike gevaar was, aangesien die skare hulle met klippe gegooi het. Die polisie het ook gesê dat die skare met 'wrede wapens' bewapen was, wat in die gebied rondgestrooi gelê het, nadat hulle gevlug het. Ek het geen wapens gesien nie, alhoewel ek fyn opgelet het en agterna die foto's van die doodstoneel bestudeer het.'

Geskiedenis/V2 DoE/November 2007 NSS

ADDENDUM

Kopiereg voorbehou

8

BRON 3C Dit is Tom Lodge se beskrywing van wat op 21 Maart 1960 by Sharpeville gebeur het, uit Black Politics in South Africa since 1945.

Teen 1.15 nm., met amper 300 polisielede wat teenoor die skare van 5 000 gestaan het, het 'n worsteling by die hek wat na die polisiestasie lei, uitgebreek. 'n Polisie-offisier, hetsy per ongeluk of doelbewus, is omgestamp. Die aandag van die voorste rye was op die hek gefokus, en hulle het vorentoe gebeur, gedruk deur die mense agter hulle wat wou sien wat besig was om te gebeur. Op hierdie tydstip, volgens polisiegetuies, is klippe na hulle gegooi. Die meer on-ervare polisiekonstabels het spontaan begin om hulle gewere te vuur. Die meerder-heid van dié wat gesterf het of gewond is, is in die rug geskiet. Altesaam 69 mense het gesterf, insluitende agt vroue en tien kinders. 180 mense is gewond.

BRON 3D Dit is 'n foto uit South Africa since 1948 deur C Culpin, wat die toneel by Sharpeville op 21 Maart 1960 uitbeeld.

Geskiedenis/V2 DoE/November 2007 NSS

ADDENDUM

Kopiereg voorbehou

ERKENNINGS: Visuele bronne en ander geskiedkundige bewyse is uit die volgende boeke geneem: Baker, C Russia 1917 – 1945 (Heinemann Educational) 1990 Bartels, J et al. Shuters History (Shuter & Shooters Publishers) 2006 Bottaro, J et al. Oxford in Search of History Grade 11 (Oxford University Press) 2006 Brooman, J The Age of Excess (New York; Longman) 1992 Brazier C Racism: Shouldering Our Responsibilities (New Internationalist Magazine) March 1985 Culpin, C South Africa since 1948 (John Murray Publishers) 2000 Downey, T et al. Russia and the USSR 1905 – 1995 (Oxford; Oxford University Press) 2000 Fiehn, T Russia and the USSR 1905 – 1941 (London; John Murray) 2005 Goonam, Dr Coolie Doctor (Madiba Publications) 1991 Govender, SP et al. New Generation History Grade 11 (New Generation Publishing Enterprises) 2006 Graves, F et al. Moments in History (Juta Gariep) 2006 Johnson, WM Black Hamites – Era of African Slavery and Slave Trade (Paper delivered by Bethune-Cookman College, USA) Kelly, N Russia and USSR 1905 – 1956 (Oxford; Heinemann) 1996 Kelly N et al. The Modern World (Oxford; Heinemann) 1996 Lane, P 1978. The USA in the Twentieth Century (London; Batsford) Leaderhsip Vol. 10 1991 Meredith, M State of Africa: History of Fifty Years of Independence (London; J Ball) 2005 O'Callaghan, DB From Roosevelt and the United States (London; Longman) 1974 Roberts, M South Africa 1948 – 1994 (China; Longman) 2001 Robertson, J Russia in Revolution (Oxford; Oxford University Press) 1986 Smith, N The USA 1917 – 1980 (Oxford; Oxford University Press) 2000 Sunday Times: History Strikes Back at the British Empire (September 2006) Waugh, S Essential Modern World History (Canale) 2001 Woods, D Nelson Mandela – The Illustrated Long Walk to Freedom (Little Brown) 2001 York, B The Soviet Union (Harrap) 1983