fishersnet -...

8
DEVELOPMENT TRUST MASIFUNDISE FishersNet Uitgegee deur: Coastal Links en Masifundise Development Trust Station Weg 1, Mowbray, Kaapstad 7700 Tel: 021 685 4549 • Fax: 021 685 3816 Email: [email protected] VOL. 26 — MAART/APRIL 2016 Redaksienotas n Kritieke tyd vir klein- skaalse vissers Welkom by die eerste uitgawe van FishersNet vir 2016. Dit is die nuusbrief van Masifundise Development Trust (MDT) en Coastal Links South Africa (CLSA). Vir diegene wie nie weet nie, die president het op Vrydag Februarie 26 die gewysigde Wet op Lewende Mariene Hulpbronne (MLRA), onderteken. Dit het die weg gebaan vir die finalisering van die regulasies om die implementering van die Kleinskaalse vissersbeleid te lei. Dit het meer as ‘n dekade van stryd en voorspraak gekos om die beleid finaal ge-aanvaar te kry, en die Gewysigde MLRA die lig te laat sien. Dit is ‘n goeie beleid wat vir die eerste keer in ons geskiedenis, erkenning aan kleinskaalse vissers gee. Dit het die potensiaal om maatskaplike geregtigheid na die sektor te bring. Ons het vandag net een samebindende strydkreet: Implementeer! Implementeer! Implementeer! Ervaring het geleer dat ons nog struikelblokke te wagte kan wees. Byvoorbeeld, die onlangse Toekenningsproses op Visvangregte (FRAP) vir die kommersiële sektor, kan lei tot die vermindering van toewysings aan die kleinskaalse visvang sektor. Masifundise en Coastal Links sal in hierdie verband vertoë rig. Maar vir ons is daar geen omdraai meer nie. Ons moet saamstaan en verenig in aksie.. In die mees onlangse FishersNet het ons gesê: “Die verwesenliking van ons drome hang nie net af van die genade van die regering en die privaat sektor alleen nie. Ons moet onsself ook voorberei, bemagtig en met mekaar saamwerk. Ons moet die implementeringsproses volg en be- trokke raak. Ons moet ons eie navorsing doen. Ons moet in solidariteit met mekaar werk. Ons moet regsentiteite tot stand bring wat baie mense kan bevoordeel, in plaas daarvan om ‘n paar uitgesoekte mense te verryk.” Terwyl ons eind-doel stadig nader kom, is dit nie nou die tyd om te huiwer nie. Staan saam en praat met een stem! Hierdie projek word befonds deur die Europese Unie Hierdie projek word uitgevoer deur Masifundise Development Trust DEVELOPMENT TRUST MASIFUNDISE The views expressed in this publication do not necessarily reflect the views of the European Commission. Voordele van kleinskaal- visserye in die hoofbaan Die prioretisering van die kleinskaalse visvang sektor en die implementering van die nuwe beleid, kan voedsel sekuriteit verbeter en verhoogde buitelandse inkomste deur middel van uitvoere genereer. So sê Craig Smith, Direkteur van Kleinskaalse Visserye Bestuur in die Visserye Bestuurstak van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye (DAFF). “Ko-operatiewe wat ten nouste met die regering saamwerk, het die potensiaal om onwettige oestery (visvangs) te verminder en so hulpbronne te vermeerder tot die voordeel van almal,” het Smith gesê. Smith dat die meeste van die voorbereidingswerk vir die implementering afgesluit is, en dat die president die proklamasie van die Gewysigde MLRA geteken het. “Ons mag nou die goedgekeurde regulasies publiseer, die finale oproep op gemeenskappe doen om hulle aansoek te registreer, en om die gemeenskap se besoek skedules aan te kondig. Hy sê die verifikasie proses in gemeenskappe kan voor die einde van Maart 2016 begin. Smith sê dat die implementering sal bestaan uit ‘n enkele bekendstelling wat oor ‘n periode sal plaasvind, maar dat daar loods-bekendstellings in een of twee gemeenskappe per streek sal wees, voordat ‘n volskaalse bekendstelling ‘n week of twee later sal plaasvind. Die verifikasie proses sal gebruik word om kleinskaalse vissers in kleinskaal vissers gemeenskappe te identifiseer. Tot op hierdie stadium het meer as 270 gemeenskappe reeds geregistreer, maar die proses vir gemeenskappe om by die departement te registreer, is steeds oop. Op hierdie stadium hoef vissers nie te registreer nie, Smith sê dit is slegs gemeenskappe wat moet registreer, en sodra ‘n gemeenskap goed gekeer is, sal die vissers wat by die gemeenskap inskakel, as lede van die vissers gemeenskap moet registreer. Lede van vissers gemeenskappe wat graag deel wil word van hulle vissers gemeenskappe, moet aan die volgende kriteria voldoen, sê Smith: • Moet ‘n Suid-Afrikaanse burger wees • Moet 18 jaar of ouer wees • Moet in die gemeenskap woonagtig wees • Moet minstens 10 jaar visvang ervaring hê • Moet afhanklik wees van marienelewe- hulpbronne vir sy/ haar bestaan Smith sê dit maak nie saak waar mense woon nie, of dit in kusgemeenskappe is, of in dorpe weg van die kus, solank hulle voldoen aan die bostaande kriteria, en dat vissers gemeenskappe in dorpe wat nie by die see geleë is nie, gevestig kan word, solank daar genoeg vissers in die vissers gemeenskappe is. “Dit word aanbeveel dat dorpe wat nie teen die kus lê nie, ‘n aparte aansoek registreer. Daar moet egter onthou word, dat indien ‘n kusdorpie nie 20 of meer bevestigde kleinskaalse vissers Vervolg op bladsy 3

Upload: vuhuong

Post on 26-Feb-2019

220 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: FishersNet - masifundise.orgmasifundise.org/wp-content/uploads/2016/04/FishersNET2016MARCHafr3... · nuwe weivelde verhuis het, vaarwel toegeroep. Waldeck was vir meer as tien jaar

D E V E L O P M E N T T R U S T

MASIFUNDISE

FishersNetUitgegee deur:

Coastal Links en Masifundise Development Trust

Station Weg 1, Mowbray, Kaapstad 7700Tel: 021 685 4549 • Fax: 021 685 3816

Email: [email protected]. 26 — MAART/APRIL 2016

Redaksienotasn Kritieke tyd vir klein-skaalse vissersWelkom by die eerste uitgawe van FishersNet vir 2016. Dit is die nuusbrief van Masifundise Development Trust (MDT) en Coastal Links South Africa (CLSA).

Vir diegene wie nie weet nie, die president het op Vrydag Februarie 26 die gewysigde Wet op Lewende Mariene Hulpbronne (MLRA), onderteken.

Dit het die weg gebaan vir die finalisering van die regulasies om die implementering van die Kleinskaalse vissersbeleid te lei.

Dit het meer as ‘n dekade van stryd en voorspraak gekos om die beleid finaal ge-aanvaar te kry, en die Gewysigde MLRA die lig te laat sien.

Dit is ‘n goeie beleid wat vir die eerste keer in ons geskiedenis, erkenning aan kleinskaalse vissers gee.

Dit het die potensiaal om maatskaplike geregtigheid na die sektor te bring.

Ons het vandag net een samebindende strydkreet:Implementeer! Implementeer! Implementeer!Ervaring het geleer dat ons nog struikelblokke te

wagte kan wees. Byvoorbeeld, die onlangse Toekenningsproses op

Visvangregte (FRAP) vir die kommersiëlesektor, kan lei tot die vermindering van toewysings

aan die kleinskaalse visvang sektor. Masifundise en Coastal Links sal in hierdie verband vertoë rig.

Maar vir ons is daar geen omdraai meer nie. Ons moet saamstaan en verenig in aksie..In die mees onlangse FishersNet het ons gesê: “Die

verwesenliking van ons drome hang nie net af van die genade van die regering en die privaat sektor alleen nie.

Ons moet onsself ook voorberei, bemagtig en met mekaar saamwerk.

Ons moet die implementeringsproses volg en be-trokke raak.

Ons moet ons eie navorsing doen.Ons moet in solidariteit met mekaar werk. Ons moet regsentiteite tot stand bring wat baie

mense kan bevoordeel, in plaas daarvan om ‘n paar uitgesoekte mense te verryk.”

Terwyl ons eind-doel stadig nader kom, is dit nie nou die tyd om te huiwer nie.

Staan saam en praat met een stem!

Hierdie projek word befonds deur die Europese Unie Hierdie projek word uitgevoer deur Masifundise Development Trust

D E V E L O P M E N T T R U S T

MASIFUNDISE

The views expressed in this publication do not necessarily reflect the views of the European Commission.

Voordele van kleinskaal-visserye in die hoofbaanDie prioretisering van die kleinskaalse visvang sektor en die implementering van die nuwe beleid, kan voedsel sekuriteit verbeter en verhoogde buitelandse inkomste deur middel van uitvoere genereer.

So sê Craig Smith, Direkteur van Kleinskaalse Visserye Bestuur in die Visserye Bestuurstak van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye (DAFF).

“Ko-operatiewe wat ten nouste met die regering saamwerk, het die potensiaal om onwettige oestery (visvangs) te verminder en so hulpbronne te vermeerder tot die voordeel van almal,” het Smith gesê.

Smith sê dat die meeste van die voorbereidingswerk vir die implementering afgesluit is, en dat die president die proklamasie van die Gewysigde MLRA geteken het.

“Ons mag nou die goedgekeurde regulasies publiseer, die finale oproep op gemeenskappe doen om hulle aansoek te registreer, en om die gemeenskap se besoek skedules aan te kondig.

Hy sê die verifikasie proses in gemeenskappe kan voor die einde van Maart 2016 begin.

Smith sê dat die implementering sal bestaan uit ‘n enkele bekendstelling wat oor ‘n periode sal plaasvind, maar dat daar loods-bekendstellings in een of twee gemeenskappe per streek sal wees, voordat ‘n volskaalse bekendstelling ‘n week of twee later sal plaasvind.

Die verifikasie proses sal gebruik word om kleinskaalse vissers in kleinskaal vissers gemeenskappe te identifiseer.

Tot op hierdie stadium het meer as 270 gemeenskappe reeds geregistreer, maar die proses vir gemeenskappe om by die departement te registreer, is steeds oop.

Op hierdie stadium hoef vissers nie te registreer nie, Smith sê dit is slegs gemeenskappe wat moet registreer, en sodra ‘n gemeenskap goed gekeer is, sal die vissers wat by die gemeenskap inskakel, as lede van die vissers gemeenskap moet registreer.

Lede van vissers gemeenskappe wat graag deel

wil word van hulle vissers gemeenskappe, moet aan die volgende kriteria voldoen, sê Smith:• Moet ‘n Suid-Afrikaanse burger wees• Moet 18 jaar of ouer wees• Moet in die gemeenskap woonagtig wees• Moet minstens 10 jaar visvang ervaring hê• Moet afhanklik wees van marienelewe-

hulpbronne vir sy/haar bestaanSmith sê dit maak nie saak waar mense woon

nie, of dit in kusgemeenskappe is, of in dorpe weg van die kus, solank hulle voldoen aan die bostaande kriteria, en dat vissers gemeenskappe in dorpe wat nie by die see geleë is nie, gevestig kan word, solank daar genoeg vissers in die vissers gemeenskappe is.

“Dit word aanbeveel dat dorpe wat nie teen die kus lê nie, ‘n aparte aansoek registreer. Daar moet egter onthou word, dat indien ‘n kusdorpie nie 20 of meer bevestigde kleinskaalse vissers

Vervolg op bladsy 3

Page 2: FishersNet - masifundise.orgmasifundise.org/wp-content/uploads/2016/04/FishersNET2016MARCHafr3... · nuwe weivelde verhuis het, vaarwel toegeroep. Waldeck was vir meer as tien jaar

FishersNet Vol. 26 – Maart /April 2016 2

MAsIfunDIse/COAsTAL LInks sA

SMANGALISO MAGEBA KOSIBAAI KWAZULU/NATAL

CBLE’s verwys na die verskillende soorte regsentiteite soos .ko-operatiewe en gemeenskaps trusts, en medebestuur verwys na die vennootskappe tussen

verskillende belanghebbers met dieselfde doelwitte. Die ding met medebestuur is dat elke belanghebber moet deelneem aan die bestuur van ‘n hulpbron of maatskappy, of wat ookal bestuur word om suksesvol te kan wees.

FLORINA ALBERTYN HAWSTON, WES-KAAPIn ons geval kan ‘n aantal entiteite werk; dit hang alles af van die vaardighede en kennis waaroor die lede van ons gemeenskap beskik. Ek kan sê dat ‘n.ko-op sal werk, maar ‘n mens mag vind dat

die ander gemeenskaps lede anders dink. Op die ou end is al wat saak maak die toewyding van die gemeenskap, en hoe ons die entiteit en hulpbronne bestuur ten einde ‘n suksesvolle CBLE te kan bestuur.

AYANDA YEKANI OOS-LONDEN, OOS-KAAPRegerings amptenare moet naby die mense wees en deursigtige en doeltreffende openbare deelnemings prosesse in plek hê. Hulle moet aktiwiteite daarstel wat die gemeenskap

sal opvoed, en op hulle beurt moet die gemeenskap deel neem aan elke openbare deelnemings proses, en ook met hul eie aktiwiteite vorendag kom om hulle entiteite beter te bestuur.

ELROY ADAMS PORT NOLLOTH, NOORD-KAAP

Medebestuur is ‘n goeie ding, en daar word in die Kleinskaalse visvangbeleid daarvoor voorsiening gemaak. Ons het egter ‘n probleem met die departement

wat die medebestuurs program moet implementeer. Hulle het gemeenskaps konsultasies gekanselleer of uitgestel sonder om ons te raadpleeg of selfs in kennis te stel. Ek wil weet hoe dit as medebestuur beskou kan word.

Stemme van die kus af

Oor Medebestuur en regsentiteiteMedebestuur en gemeenskaps gebaseerde regsentiteite (CBLE’s) is

twee van die hoekstene van die nuwe Kleinskaalse visvangbeleid. In hierdie afdeling van FishersNet gee sommige vissers hulle menings

oor hierdie belangrike sake.

EEN op EENmet Rovina MaRthinus

Q Waar kom jy vandaan?A Arniston, Wes-KaapQ Gunsteling Kos en Musiek?A Ek is baie lief vir hoenderkerrie en julle kan enige tyd vir my

gospel en jazz speel.Q hoe het jy deel van Coastal Links suid-afrika

geword?A My familie is vissers en my man en skoon-familie (Fanie en

Dora Swart) was deel van die Masifundise-programme. Dis hoe ek in 2003/4 ‘n aktiewe lid van CLSA geword het.

Q hoe het deel wees van CLsa /Masifundise jou lewe verander?

A Masifundise het my lewe op so baie maniere verander. Ek is en word blootgestel aan soveel geleenthede, soos om vissers by internasionale konferensies te verteenwoordig, mense te ontmoet wat te kampe het met dieselfde kleinskaalse visvangprobleme, en dan idees uit te ruil oor hoe om daardie probleme op te los. Deur hierdie geleenthede is ek bemagtig.

Q Dink jy jou gemeenskap is gereed vir die implementering van die ssFP?

A Ons is gereed, ons kan nie wag vir die implementering nie, ons is lankal gereed daarvoor.

Q het jou gemeenskap ‘n uitdrukkingsvorm voorgelê en is dit deur DaFF bevestig?

A Ja, ons het, maar dis nog nie bevestig nie, en die diensverskaffers sal nog by ons dorp uitkom.

Q Dink jy die lede van jou gemeenskap verstaan die ssFP se beleids implementerings proses?

A Ek is nie seker nie, maar wat ek wel kan sê, is dat, al het die departement ‘n boek oor die proses gepubliseer, hulle moet na ons gemeenskappe toe kom en werkswinkels hou, waar lede van die gemeenskap vrae kan vra sodat hulle duidelikheid kan kry oor hoe dinge gaan gebeur.

Q Wat is jou mening oor DaFF se voorstel dat gemeenskappe ko-operatiewe in plaas van ander vorms van regs entiteite moet stig?

A Ko-operatiewe sal werk in ons dorp solank ons saamwerk.Om die waarheid te sê, watter CBLE ons ookal stig, as die gemeenskap saamstaan, sal ons suksesvol wees.

Q Komende uit ‘n vissers familie of as ‘n persoon wat in ‘n vissers gemeenskap woon, watter uitdagings hanteer jy op die oomblik?

A Ons het tans ‘n aantal vissers wat nie visvang regte kry nie, werklose jongmense en vrouens.

Q hoe voorsien jy dat hierdie uitdagings opgelos gaan word, en sien jy dat hierdie uitdagings gaan bly voortbestaan wanneer die ssFP geïmplementeer en regte uitgereik word?

A Ons is ‘n vissers gemeenskap en dit is hoe ons ‘n bestaan maak, dus sal hierdie uitdagings opgelos word wanneer die beleid geïmplementeer word. Baie huishoudings met ‘n visser aan die hoof sal ‘n volhoubare inkomste ontvang en daar sal geleenthede vir die jongmense en vrouens wees deur die CBLE’s en ander aktiwiteite ook nadat die vis gevang is.

Page 3: FishersNet - masifundise.orgmasifundise.org/wp-content/uploads/2016/04/FishersNET2016MARCHafr3... · nuwe weivelde verhuis het, vaarwel toegeroep. Waldeck was vir meer as tien jaar

FishersNet Vol. 26 – Maart/April 20163

MAsIfunDIse/COAsTAL LInks sA

Masifundise en Coastal Links-lede het veldwerker Nico Waldeck, wat in Maart na nuwe weivelde verhuis het, vaarwel toegeroep.

Waldeck was vir meer as tien jaar by die organisasie betrokke, hoofsaaklik in diens van die Weskus-streek.

Hy het aangedui dat hy aanvanklik gehaltetyd saam met sy gesin sal deurbring voordat hy toekomsplanne gaan maak.

Waldeck het gesê hy waardeer die geleenthede wat hy gegun is om betrokke te wees by die stryd van die kleinskaalse vissers van Suid-Afrika en die wêreld, wat insluit:• Om kleinskaalse vissers te organiseer,

hulle te verenig onder die vaandel van Coastal Links, en om te help met die bou en groei van Coastal Links as ‘n nasionale organisasie;

• Om te help met die ontwikkeling en skryf van die nuwe kleinskaalse visvang beleid;

• Die Mondelinge Geskiedenisprojek (Oral History Project) met die Olifantsriviervissers, wat gesamentlik gedoen is deur Masifundise, die ou Omgewingsbewaringseenheid by UCT, en die Legal Resources Centre (LRC) ;

• Die hofuitdagings waarbinne kleinskaalse vissers die groot kommersiële visvangmaatskappye aangepak het, wat kleinskaalse vissers wouuitsluit uit die bedryf;

• Werk aan die Abalobi-projek, wat ten doel het om ‘n App vir kleinskaalse vissers te ontwikkel;

• Die uitdagings veldtog in Paternoster wat positiewe gesprekke tussen die vissers en DAFF ontluik het.

Voordat hy by Masifundise gewerk het, was Waldeck betrokke by visvang, lynvis, die vang van Weskus-kreef, diepsee visvangs en langlyn visvangs, en het hy ook gewerk in ‘n sardyn-inmaak fabriek, waardeur hy betrokke geraak het by die visvang- en gemeenskaps stryd.

“Omdat ek opgegroei het in ‘n vissers huishouing, was ek van jongs af bewus van die uitbuiting van vissers, en hoe moeilik dit vir hulle oor die jare heen geword het

om toegang tot hulle bestaansregte te verkry. Sedert Graad 8 (1984) was ek betrokke by studentepolitiek, en van daar af in die Youth Congress en die UDF.”

Hy het talle goeie en blywende ervarings gehad terwyl hy gewerk het by Masifundise, en van die stryd van die vissers gemeenskappe regoor Suid-Afrika, soos; “... die openbare verhoor in Kalkbaai in 2003, die stigting van Coastal Links in 2004 in Langebaan, die gety van verandering-aksie in Paternoster, die Kenneth George-hofsaak en as ‘n personeel-lid van MDT onder die leierskap van Naseegh Jaffer.”

Naseegh Jaffer, direkteur by Masifundise, het gesê dat die organisasie die waardevolle bydraes wat Nico gemaak het tot die stryd van die vissers, nie net plaaslik nie, maar ook wêreldwyd, erken en waardeer.

“Hy was ‘n rat in die wiel wat die stryd van die vissers aan die rol gehou het; dit is hartseer om hom te verloor.”

Aan die begin van 2016 het Luyanda Matuntuta ook sy pos as veldwerker vir Masifundise in die Oos-Kaap opgeskort, vir ‘n nuwe betrekking. Matutunta het vir ‘n kort rukkie in 2015 by Masifundise gewerk.

Masifundise en CLSA wens vir beide Nico en Luyanda alle voorspoed toe vir die toekoms

Veldwerker Nico Waldeck beweeg aan

het nie, dit nie as ‘n kleinskaalse vissers gemeenskap beskou sal word nie.”

Smith sê die diens verskaffers sal verantwoordelik wees vir: registrasie, verifikasie, grondvlak studies, die voorsiening van bestaansverslae, en die voorsiening van opleiding, en om ko-operatiewe te help om aansoek te doen om visvangregte.

“Die vissersgemeenskap-registrasie sal 30 dae nadat die regulasies gepubliseer is sluit. Vissers het slegs die een dag om te registreer wanneer die departement die betrokke gemeenskap wat by die department geregistreer het, besoek.”

Smith sê dat meer hulpbronne toegewy sal word aan die Kleinskaalse visvang sektor as aan die kommersiële sektor.

Hy glo dat dit belangrik is dat vissers nou seker moet maak dat hulle gemeenskappe aansoeke indien. Maak seker op DAFF se webwerf dat jou gemeenskap inderdaad geregistreer is (www.daff.gov.za).

Vissers moet ook seker maak dat hulle in besit is van ‘n geldige ID-dokument.

Hulle moet begin dink aan hulle tien

jaar visvang geskiedenis, insluitend al die relevante informasie wat daarmee gepaard gaan, byvoorbeeld, die naam van die boot/bote waarop hulle gewerk het, die skipper(s) se name, kontak nommers van mense wat hulle storie en die aard van hulle visvang geskiedenis kan bevestig.

Dit sou belangrik wees om te werk met die diensverskaffers, die vissersgemeenskappe,

vissers organisasies en DAFF.Smith sê die kleinskaalse visvangbeleid

voorsien vissers en vissers gemeenskappe van heelwat voordele, insluitend:• Wetlike toegang tot ‘n groep mariene

hulpbronne• Voedselsekuriteit• ‘n Sentrum vir kommersiële visvang• Diversifikasie van vaardighede, bv.

prosessering, bemarking, eko-toerisme, ens.

• Toename in werksgeleenthede binne die gemeenskap

• RegeringshulpSmith sê daar sal wel aanvanklik probleme

wees, soos met enige iets, maar dat die departement hierdie probleme sal aanspreek.

Die implementasie van die beleid neem nou vinnig toe, en Smith het die volgende verklaring onlangs uitgereik:

“Neem graag kennis dat die proklomasie van die gewysigde Wet op Mariene Lewende Hulpronne, (MLRA) gister in die Staatskoerant gepubliseer was (8 Maart 2016). Asseblief neem in ag dat gemeenskappe wat nog nie geregistreer het nie, nog tot April 7, 2016 het om hul ‘uitdrukking van belangstelling’ aanhangig te maak by die departement.”

vervolg van bladsy 1 Voordele van kleinskaal-visserye in die hoofbaan

Masifundise en Coastal Links SA (CLSA) het ‘n dringende aansoek aan die DAFF gerig om so spoedig moontlik die split (opverdeling) van spesies vir die kleinskaalse sektor, die komersiële en die ontspanningsektor bekend te maak. Want vanuit die oogpunt van die kleinskaalse vissers, lyk dit asof die meeste spesies deur die FRAP aan die komersiële sektor uitgedeel gaan word, en dit wat oorbly dan vir die kleinskaalse visvangbeleid opsy gesit gaan word. Die saak raak al hoe ernsti-ger aangesien die DAFF so lank neem met die implemenasie van die beleid.

Nico Waldeck

Graig Smith van DAFF

Page 4: FishersNet - masifundise.orgmasifundise.org/wp-content/uploads/2016/04/FishersNET2016MARCHafr3... · nuwe weivelde verhuis het, vaarwel toegeroep. Waldeck was vir meer as tien jaar

FishersNet Vol. 26 – Maart /April 2016 4

MAsIfunDIse news

KLEIN skaalse vissers wat almal tydelike verligting (Interim Relief -IR) permitte gehad het in 2012, het deel geneem in die samestelling van ses ko-operatiewe in Lambertsbaai.

Die regering, deur middel van sy Co-operative Incentive Scheme (CIS) ‘n program van die DTI het bykans R300 000 aan elke ko-operatief toegedien.

David Shoshola, ‘n IR permit houer en vyf ander vissers het hande saam gebind en Coastal Fellas Fishing Co-operative, ‘n primêre ko-operatief gestig.

“Ons is almal kleinskaalse vissers op IR, behalwe vir een van ons lede wat ‘n kuslyn regshouer is,maar wat nog steeds ‘n kleinskaalse visser is,” meen Shoshola.

Altans of die ko-operatiewe ‘n sukses is of nie, sal nog bewys moet word. Shoshola glo dat die sukses van die ko-operatiewe nie so maklik vasgestel kan word nie.

Hy kan wel na sommige positiewe en negatiewe apsekte van die ko-operatiewe verwys, maar glo sterk dat daar hoop vir die toekoms is.

As ‘n voorbeeld, verwys hy na een van die ko-operatiewe wat nie bevondsing deur die CIS gekry het nie, omdat die lede nie IR permit houers is nie.

“Fish-Tail Co-operative is toegewy aan na-vangste aktiwiteite.” Shoshola is diep be-indruk deur die gees van die lede van Fish-Tail, omdat hulle, met min bronne tot hul beskikking, hulself reggeruk en ‘n suksesvolle onderneming opgebou het.

“Hulle is ‘n groep mans en vrouens wat vis koop en weer verkoop aan die viswinkels, ouete huise en ander besighede.”

Shoshola sê Fish-Tail se aktiwiteit maak dit moontlik dat van die rykdom wat in

Lambertbaai geskep word, in Lambertsbaai bly.

Fish-Tail verkoop ook aas aan die plaaslike vissers. Shoshola meen omdat hulle die vissers se vis koop,is dit nie ‘n problem vir die vissers dat Fish-Tail ‘n bietjie meer vra vir hul aas as die tradisionele aas-verkopers nie.

Al die vissers op IR het aan die begin in 2012, baie goed saam met mekaar gewerk om hulk ko-operatiewe te loods, sê Shoshola.

“Ons het ses ko-operatiewe gevorm, elk met ses lede per ko-operatief. Elke ko-operatief het R300 000 van die regering gekry en twee bote gekoop.”

In een seisoen het Coastal Fellas goeie besigheid gedoen, en het ‘n voertuig vir die beisgheid gekoop.

“Sommige van ons lede het gesondheids probleme, en kan nie see toe gaan nie.”

Ons het hulle gevra om te kyk na die stigting van ander besighede, terwyl die ander lede kan kyk daarna om almal se vis en kreef te vang.”

Shoshola sê dat Coastal Fellas was baie reguit uit die staanspoor, en het reels gemaak oor hoe die besigheid bestuur gaan word, en hoe die bronne en bates gedeel gaan word onder mekaar.

“Ons het reg aan die begin besluit dat ons, vir ons self gaan werk, en dat ons nie vir ons gaan bind tot enige bemarkers nie.”

Alhoewel hulle hul kreef aan die bemarkers verkoop, sê Shoshola dat hulle nie gebind is aan kontrakte nie, en sou hulle eendag besluit om hulle kreef self te verkoop, sal hulle vry wees om dit te kan doen.

“As vissers, is ons baie trotse mense, en as lede van Coastal Links (CLSA), weet ons dat ons moet werk vir die toekoms, en dat ons dinge opreg uit die staanspoor moet doen.

Toe hulle hul bote gekry het, sê Shoshola het hulle dit uit die staanspoor duidelik gemaak dat elke lid sy vangskoste op die bote moet betaal, soos hulle sal gemaak het as hulle op iemand anders se boot sou gewerk het.

Die fooie vir die vangskoste gaan dan reguit in die rekening van Coastal Fellas.

Alles is egter nie heeltemal roos kleurig met die ko-operatiewe nie, en Shoshola sê dat daar baie uitdagings is wat hulle in die gestig staar.

Sodra die ko-operatiewe hul geld gekry het, en hul bote gekoop het, het die probleme begin.

Sommige probleme was begin deur mense in die gemeenskap, wat stories van wanbestuur, en steel van geld en die misbruik van bates deur die ko-operatiewe leiers, versprei het.

“Meeste van die ko-operatiewe funksioneer nie, sommige is gebind aan bemarkers, en sommige van die bote gaan glad ie see toe nie, en dit lyk soos van dit net wit olifante geraak het.”

“Die bemarkers betaal die visvang koste van sommige vissers, wat hulle gebonde maak aan die bemarkers, en hulle kry omtrent niks van hulle kreef geld by die tyd wanneer hule hul kreef vang nie.”

Selfs Coastal Fellas is nie vrygestel van probleme en uitdagings nie. Shoshola, sê dat al die lede nie die toekoms van die ko-operatief in dieselfde lig nie.

“Om susksesvol te wees, moet die lede in die ko-operatiewe ‘n verandering in denkwyse ondergaan, ons moet leer om dinge in nuwe maniere te doen,” is Shoshola se advies.

Lambertsbaai Ko-operatiewe:Die Sterk en Swakpunte

David Shoshola van Lambertbaai

Lambertsbaai hawe

Page 5: FishersNet - masifundise.orgmasifundise.org/wp-content/uploads/2016/04/FishersNET2016MARCHafr3... · nuwe weivelde verhuis het, vaarwel toegeroep. Waldeck was vir meer as tien jaar

FishersNet Vol. 26 – Maart/April 20165

COAsTAL LInks news

COASTAL Links South Africa (CLSA) groei steeds, in beide lidmaatskap en in die stigting van nuwe takke in die meeste van sy provinsies, volgens Sithembiso Gwaza van Masifundise Development Trust (MDT).

CLSA is aktief in al vier kus provinsies van Suid-Afrika, en binne elke streek van elke provinsie.

In die Wes-Kaap is daar 22 takke in die kus gemeenskappe aan die suidkus, die weskus en in Kaapstad se metropolitaanse gebiede.

Daar is 35 takke in baie van die plattelandes kus dorpies van die Oos-Kaap.

KwaZulu-Natal het ook 35 takke in plattelandse dorpe langs die kus en in die

stedelike gebiede in en om Durban.In die Noord-Kaap, waar daar slegs twee

kusdorpe is, het Coastal Links takke in beide Port Nolloth en Hondeklipbaai.

In totaal, sê Gwaza, het CLSA ongeveer 4 000 lede regoor Suid-Afrika, en is hulle steeds

besig om nuwe lede te werf, en op hierdie stadium is daar nog agt gemeenskappe wat deel van die CLSA wil word, insluitend Mosselbaai in die Wes-Kaap en Benton in die Oos-Kaap.

CLSA is ‘n nasionale organisasie, met ‘n Nasionale Uitvoerende Komitee, en Provinsiale Uitvoerende Komitees in die provinsies.

Op plaaslike vlak sorg die takke vir die daaglikse kwessies wat lede op grondslag affekteer.

Gwaza sê dat CLSA-lede en -vissers hulleself gereed moet kry vir die implementering van die kleinskaalse visvang beleid, aangesien dit een van die belangrikste kwessies vir 2016 is, en vissers moet hulself nie buite die proses bevind nie.

“Op die oomblik is ons in Masifundise en CLSA besig om ons toe te rus en gereed te maak vir die implementering van die kleinskaalse visvang beleid.”

“Ons is besig om ‘n handleiding en video oor ko-operatiewe te produseer, aangesien ons hoof-fokus op onderwys, die bou van kapasiteit en die uitruil van inligting sal wees.”

“Ons moet ander mense bewus maak; vissers moet hulself organiseer en vergaderings bywoon om die regte en nuutste inligtig te kry.”

Coastal Links sprei sy nette wyd

Masifundise het verlede jaar ‘n kontrak aangegaan met die Europese Unie (EU) wat betref die bemagtiging en werkskepping in 20 vissers gemeenskappe regoor die land.

Die projek vorm deel van die voorspraak (advocacy) en werkskepping waarby Masifundise oor baie jare heen betrokke was.

Hierdie bepaalde projek het verlede jaar begin en sal binne twee jaar tot ‘n einde kom.

Die Projek, befonds deur die EU, gaan oor werkskepping en volhoubare bestaan deur middel van die implementering van die Kleinskaalse visvang beleid (SSF policy).

“Met hierdie projek is dit ons doel om te verseker dat daar gevolmagtigde ko-operatiewe gevorm word wat in staat is om aktief deel te neem aan die gesamentlike bestuur van visserye, en wat sal voordeel trek uit die skepping van werks- en bestaansgeleenthede in 20 vissersgemeenskappe,” het

Projekbestuurder Mandla Gqamlana gesê.“Dit sal ook lesse en beste praktyke van

ko-operatewe wat reeds in een gemeenskap gevestig is, dokumenteer, ten einde ekonomiese ontwikkeling en werkskepping in ander gemeenskappe uit te brei en te bevorder,“ het hy gesê.

Hy het bygevoeg: “’n Ander prerogatief vir ons is om samewerking met verskillende departemente te verbeter, soos die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye (DAFF) en die Departement van Handel en Nywerheid (DTI), ten einde regerings betrokkenheid en menslike en finansiële hulpbronne vir die suksesvolle implementering van die SFF-beleid, asook werkskepping, te verseker.”

Die vertraging in die implementering van die SSF-beleid het gelei tot ‘n vertraging in die projek, aangesien die twee nou aan mekaar verbind is.

Maar daar is alreeds ‘n handleiding oor Gemeenskaps Gebaseerde Regsentiteite geproduseer, asook ‘n video oor beste praktyke.

Laasgenoemde handel oor die ko-operatiewe van Doringbaai.

‘n Grondvlak-opname, wat besonderhede van die kleinskaalse sektor en twee uitruil-besoeke verskaf, is ook voltooi.

‘n Groot fokus van die projek sal wees vaardigheids opleiding in die 20 gemeenskappe, en die bou van verhoudings tussen die vissers, regering en burgerlike gemeenskaps groepe.

Die handleidings en video’s sal help met die opleidings prosesse.

Die doel is om vissers te bemagtig sodat hulle betekenisvol aan ekonomiese aktiwiteite kan deelneem.

Toegewy aan die skepping vanwerksgeleenthede in vissersgemeenskappeEU-projek gekoppel aan SSF-beleidsimplementering

Masifundise veldwerker en CLSA lede by ‘n nasionale werkswinkel, Kaapstad

CLSA by ‘n nasionale werkswinkel, Kaapstad

Page 6: FishersNet - masifundise.orgmasifundise.org/wp-content/uploads/2016/04/FishersNET2016MARCHafr3... · nuwe weivelde verhuis het, vaarwel toegeroep. Waldeck was vir meer as tien jaar

FishersNet Vol. 26 – Maart /April 2016 6

nuwe OnTwIkkeLInge

Dit was ‘n lang pad vir kleinskaalse vissers in hulle strewe na meer regte en groter erkenning, met burokratiese prosesse wat die implementering van die kleinskaalse visvang beleid tot stilstand gebring het.

Dit het nog twee jaar geneem. Regulasies wat nou goedgekeur is, baan die weg vir die gewysigde wet om uiteindelik geproklameer te word, waarna die regulasies gepubliseer sal word.

‘n Sentrale beginsel van die beleid is om die mede-bestuur van die visserye sektor moontlik te maak. Die Abalobi-span, wat ‘n vennootskap is tussen die Universiteit van Kaapstad (UCT), die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye (DAFF) en kleinskaalse vissers self, glo dat een manier waarop dit gedoen kan word, is om vir vissers selfs data laat versamel en dit met ander vissers, wetenskaplikes en visserye bestuur te deel.

Abalobi se direkteur en UCT-projek-leier, Dr Serge Raemaekers, sê dat die App bloot ‘n kanaal is waar deer “plaaslike opvattings, plaaslike kennis en plaaslike beelde” van kleinskaalse vissers by visserye bestuurs besluite ingesluit kan word.

In die App kan vissers al die inligting wat verband hou met hul vangste – soos die gewig van die vangs, waar dit gevang is, watter spesies dit is, die see toestande en hulle inkomste en uitgawes – kan opteken.

Uiteindelik sal die App ook ‘n kommunikasie en veiligheid-op-see-komponent hê, en ook vissers met verskaffers in aanraking kan bring.

Die visdorpie van Struisbaai is een van die vyf gebiede waar Abalobi tans geloods word.

Niklaas Joorst, ‘n skipper, is een van die vyf vissers in Struisbaai wat betrokke is by die loods van Abalobi.

Hy glo dat die App “baie mense sal help” as al die vissers in Struisbaai dit kon gebruik. Met een van die vernaamste voordele om pryse onder die vissers vas te maak, sodat hulle groter bedingingsmagte kan hê. In die groter prentjie sal dit ook beteken dat die inligting wat visserye bestuur kry, akkuraat, op datum en verteenwoordigend is van al die vissers op see.

Joorst plaas al sy data in die App wanneer hy terugkom van die see af, en sê dat dit hom baie gehelp het, want hy kan elke maand sy data na-sien– kyk na sy inkomste, uitgawes en sy vangste.

Die Abalobi-stelsel sal die berugte “blouboeke” uitgedien maak. Die “blouboeke” is waar vissers voortdurend data opteken oor hulle vangste – ‘n proses wat tydrowend is en dikwels nie lei tot voldoende terugvoer na die vissers self nie.

“Die Abalobi is ‘n baie beter stelsel [as die blouboeke],” sê Joorst.

Dit is iets waarmee Marthinus, ‘n vangsdata-monitor in Struisbaai, saamstem.

Marthinus se werk is om data van elke visser se vangs op te teken, soos die gewig van die vangs en die spesies, wat dan aan die departement gegee word.

Hy moet tans alles met die hand uitskryf, en die data word slegs een maal per maand versamel.

“Ons sit die hele maand met die data,” sê hy, “Ek gebruik baie [velle] papier per boot.”

Marthinus is nou toegerus met ‘n tablet met die Abalobi App, wat beteken dat hy, met ‘n paar drukke van sy vinger, die data vir elke visser se vangs kan invul.

Marthinus sê dat die data op die App vissers kan help om bank lenings te kry om

hulle bote te herstel, en ook kan help met die betaling van belasting, aangesien hulle nou gedetailleerde data van hulle inkomste en uitgawes het.

Die data van verskillende vissers wat die App gebruik, kan ook gekombineer word om ‘n prentjie te skilder van die Struisbaai visvang bedrywighede, iets wat Stuart du Plessis, Struisbaai se projekbestuurder en implementerings leier, sê nog nooit voorheen gebeur het nie.

“[Voor die App] Wanneer vissers inligting [oor hulle vangs] weggestuur het, is dit nooit teruggestuur nie. Hulle sal nooit [die effek daarvan] sien nie,” sê hy.

Du Plessis sê dat vissers dinge soos kwotas en ‘n totaal toelaatbare vangste gegee word, maar dat hulle nie weet waar die data vir hierdie beperkings vandaan gekom het, of hoe die finale toelating uitgewerk is nie.

“Dit is uiters belangrik dat hierdie kommunikasie groepe bymekaar kom en mekaar ondersteun, en die vertroue tussen hulle verbeter,” sê hy.

Wantroue onder kleinskaalse vissers, wetenskaplikes en visserye bestuur is ‘n terugkerende probleem, sê beide Raemaekers en Du Plessis.

Raemaekers verduidelik dat wetenskaplikes dikwels glo dat vissers ‘n kleiner of groter vangs sal aanmeld, afhangend van die omstandighede, want hulle sal groter voordeel daaruit trek. “Die huidige opset werk nie baie goed nie. Ons moet dit omkeer – en kyk na eienaarskap, kyk na ko-produksie, kyk na vennootskappe,” sê hy.

Die beleid bied die raamwerk hiervoor, maar die App is ‘n metode waardeur dit in die praktyk gefasiliteer kan word.

Du Plessis glo dat die App “briljant” is en “beslis ‘n totale omwenteling in die visvang bedryf teweeg gaan bring”.

Terwyl die App nog in die loods-stadium is, hoop die span dat dit binnekort beskikbaar sal wees om afgelaai te word, sodat elke kleinskaalse visser dit kan gebruik. Wat die toekoms betref, hou Raemaekers vol dat die vissers die mense sal wees wat die koers wat dit inslaan, gaan dikteer.

‘Diè is ‘n aangepaste weergawe van die artikel wat heel eerste op GroundUp verskyn het op Februarie 24, 2014,en is geskryf deur Ashleigh Furlong en Masixole Feni’

Nuwe tegnologie kan klein-skaalse visvangs transformeerApp verbind vissers, wetenskaplikes en visserybestuur

Abalopi App

Niklaas Joorst - foto deur Ground Up

Page 7: FishersNet - masifundise.orgmasifundise.org/wp-content/uploads/2016/04/FishersNET2016MARCHafr3... · nuwe weivelde verhuis het, vaarwel toegeroep. Waldeck was vir meer as tien jaar

FishersNet Vol. 26 – Maart/April 20167

CARTOOn

Op ‘n Maandagoggend kom Rasta, Thozama en Edgar vanaf ‘n gemeenskapsver-

gadering oor gemeenskapsge-baseerde regsentiteite(CBLE’s), aangebied deur die Departe-ment van Bosbou en Visserye.

Vandag het ek baie inligting gekry oor regsentiteite, en hoe ons met die regering moet saamwerk om seker

te maak dat ons die CBLE’s suksesvol bestuur.

Ja, ek ook, Thozama. Ek het gedink met die imple-

mentering van die beleid, sal ons gemeenskappe maar

net hul eie entiteite sonder enige hulp moet bestuur.

Dis goed om te weet dat ver-skillende regeringsdepartemente saam met ons sal werk om ons entiteite te bou en bestuur.

Ja, dit amper soos om mag met die regering te deel, ons sal gesament-like besluite neem rakende die regte en verantwoordelikhede vir die beter

bestuur van ons entiteite.

En wat gebeur as die regering ons oorweld-ig wanneer dit kom by besluitneming?

Ons moet beheer neem, en ons moet as gemeenskappe ons eie medebestuursreëlings

voorlê.

Ja, al is ons heeltemal bereid om met die regering saam te werk, moet die gemeenskap die beheer oorneem en die

regering lei.

Dis waar, hierdie regsentiteite behoort aan die gemeenskappe

en dit is die gemeenskappe wat die grootste voordeel

moet trek.

Ja, geen besluit mag sonder ons vir ons ge-

neem word nie.

SKOOLvanVISSERS

Page 8: FishersNet - masifundise.orgmasifundise.org/wp-content/uploads/2016/04/FishersNET2016MARCHafr3... · nuwe weivelde verhuis het, vaarwel toegeroep. Waldeck was vir meer as tien jaar

FishersNet Vol. 26 – Maart /April 2016 8

D E V E L O P M E N T T R U S T

MASIFUNDISE

nuwe OnTwIkkeLInge

HENgEL HA-HA’SBron: http://www.guy-sports.com/humor/stories/story_fishy.htm

Weg om vis te vang Alex het ‘n aaklige dag op die meer gehad. Hy het heeldag

in die gloeiende son gesit sonder om een enkele vis te vang. Op pad huis toe stop hy by die vishandelaar en bestel vier reënboogforelle. Hy sê vir die vishandelaar: ‘Kies jy vier grotes en gooi hulle vir my, asseblief.”

‘Hoekom moet ek hulle vir jou gooi?’ vra die handelaar. ‘Sodat ek vir my vrou kan sê ek het hulle gevang,’ sê Alex.

‘Oukei, maar ek stel voor jy vat die salm.’ ‘Hoekom?’ ‘Omdat jou vrou vroeër vandag hier was en gesê het as jy hier by my langs kom, moet ek vir jou sê jy moet die salm vat. Dis wat sy vanaand vir ete wil hê’, antwoord die vishandelaar met ‘n glimlag.

Kraal visserye, ‘n eeu-oue tradisionele vis metode word tot vandag nog al langs die Oranje Rivier be-oefen, en word beskou as belangrik in die geveg om voedsel sekuriteit.

In 2015, het Masifundise die praktyk opgelet toe ons begin werk het aan ‘n visvang projek by die Van der Kloof Dam, tesame met Rhodes Universiteit en die Noord Kaapse Regering.

Michelle Joshua en ander Masifundise personeel lede het vele besoeke aan die gebied afgelê in die afelope jaar.

Die kraal visserye maak nie deel uit van die regering se breë projek nie, maar dit het aansienlike potensiaal om inkomste te skep.

“Toe die vissers vir ons die kraal visserye gewys het, het ons dadelik besef dat ons hier te doene het met ‘n visserye metode wat al vir eeue bestaan,” sê Joshua.

Dit het gelei tot onmiddelike ondersoek deur Masifundise, en wat gevind was, is dat die Oranje Rivier, vanaf die Oos-Kaap tot reg in Prieska in die Noord-Kaap vol vis-krale is, volgens Joshua.

Vissers in Luckhoff in die Vrystaat, wie ook by Van der Kloof Dam visvang,sê dat net om die draai by hulle ook vis krale in die Oranje Rivier is, maar dat hulle toegang tot die rivier deur ‘n boer geweier word , alhoewel dit regerings eiendom is.

Johannes ‘Basie’ Coetzee,voorsitter van die Luckhoff Vissers Gemeenskap, sê dat hulle die vis krale daar gevind het.

Wie dit gebou het, dit weet hulle nie, maar dat dit deur hul voorouers gebou was, is nie te betwyfel nie, aangesien hulle ouers en ouma’s en oupa’s die krale bewerk het voor hulle.

Joshua sê dat hulle nou die minister van Waterwese en Sanitasie genader het om die krale by die dam wettig verklaar te kry, en om die vissers die reg te gee om die krale te oes.

“Kraal Een is die produktiefste van al die krale by die dam, maar gebaseer in ‘n veiligheids sone, en daarvoor baie omstrede.

“Al die krale tesame produseer genoeg vis elke dag om die vier gemeenskappe van Keurkieskloof, Phillipstown, Luckhoff en

Petrusville te voed,” sê Joshua Joshua sê dat die vissers het hulself nou

ge-organiseer in visserye gemeenskaps organisasies, sodat hulle gesamentlik hul uitdagings met die owerhede kan aanspreek.

In drie van die gemeenskappe is daar vissers komittees,en hulle het nou opgekom met voorstelle om die kwessies in die veiligheid sone aan te spreek.

Die grootste kwessie van die dam owerhede is dat die vissers gevang en mee gesleur kan word in die stormloop wanneer die dam sy turbines oopmaak.

Raphael Benadie, voorsitter van die Keurkieskloof Vissers Gemeenskap Organisasie, sê dit is nie ‘n moontlikheid nie, aangesien daar nog nooit ‘n ongeluk gewees nie, sedert hul voor-ouers die krale meer as veertig jaar gelede gebou het.

“Voor die turbines oopgemaak word, ‘n siriene gaan af, en die vissers is gewoonlik nie in die water nie. Ons betree net die water wanneer die turbines toegemaak is en die water gesak het,” sê Benadie.

Joshua sê dat kraal visserye is ‘n tradisionele metode van vis vang, en dat dit behoort beskerm te word deur wetgewing. Sy glo dat dit egter meer en meer onder druk kom van groepe wie kleinskaalse vissers wil beny om ‘n volhoubare lewens bestaan te voer as gevolg van selfugtige belange.

Volgens Joshua, was die vis krale menige talle al afgebreek, maar omdat die mense geen ander manier het om ‘n lewens bestaan te voer nie, herbou hulle maar net weer die vis krale.

Outydse vis metodes langs die Oranjerivier

Krale het potensiaal om Noord Kaap gemeenskappe te voed

Bron & ©: VLO Visbedryf – Die Stand van die Wêreld se Visbedryf en Akwakultuur, 2008 DEEL 1: Wêreldoorsig van die visbedryf en akwakultuur, Akwakultuurproduksie, bl. 16-23

Hoeveel vis word gevang?Visvangs en water- of akwakultuur het in 2006 die wêreld van ongeveer

110 miljoen ton eettafelvis voorsien (alle data onderhewig aan afronding), en so ‘n oënskynlik per kapita voorraad van 16.7 kg (ekwivalent van lewende gewig) gelewer, wat onder die hoogste op rekord is. Van hierdie totaal het akwakultuur 47 persent uitgemaak.

Buite China het die per kapita lewering ‘n matige groei van ongeveer 0.5 persent per jaar sedert 1992 getoon (ná ‘n afname vanaf 1987), aangesien groei in voorsiening vanaf akwakultuur meer as vergoed het vir die effek van statiese vangste visproduksie en ‘n groeiende bevolking.

In 2006 is die per kapita eettafelvis-voorsiening geraam op 13.6 kg, as data vir China uitgesluit word. In die geheel het vis meer as 2.9 biljoen mense voorsien van minstens 15 persent van hulle gemiddelde per kapita proteïen-inname.

Die aandeel van visproteïen in totale wêreld diere-proteïen voorsiening het van 14.9 in 1992 gegroei tot ‘n nuwe hoogte van 16.0 persent in 1996, en toe weer in 2005 tot ongeveer 15.3 afgeneem.

Visverbruik per gewigNieteenstaande die relatief lae visverbruik per gewig in lae-inkomste

voedseltekort lande (LIFDC’s) van 13.8 kg per kapita in 2005, was die bydrae van vis tot die totale diereproteïen-inname aansienlik – teen 18.5 persent – en is waarskynlik hoër as aangetoon deur amptelike statistieke gesien die onder-aangemelde bydraes van die kleinskaal- en bestaansvisbedryf.

Volgens die data wat saamgestel is deur VLO op die basis van verslae deur nasionale owerhede en ander bronne (bv. streeksvissery-organisasies) was die wêreld se visvangsproduksie in 2006 ongeveer 92 miljoen ton.

Dit verteenwoordig ‘n afname van 2.2 miljoen ton vergeleke met 2005. Soos in voorafgaande jare is die verandering in totale wêreldwye

visvangproduksie meestal veroorsaak deur omgewingsgedrewe skommelinge in anchoveta-vangste.

Terwyl totale binnelandse water -vangste in 2005 en 2006 aansienlik gestyg het, het totale marienevangs-produksie (anchoveta-vangste uitgesluit) sedert 2002 redelik stabiel gebly teen tussen 74.3 en 75.3 miljoen ton.

Belangrike groepe spesies, lande en visvangareas toon egter ander tendense.

Die bydrae van akwakultuur tot globale voorrade vis, skaaldiere, weekdiere en ander waterdiere het aanhou groei, en van 3.9 persent van totale produksie per gewig in 1970 tot 36.0 persent in 2006 gestyg.

In dieselfde periode het produksie van akwakultuur die groei in populasie gemaklik verby gesteek, met per kapita voorsiening van akwakultuur wat in 1970 van 0.7 kg tot 7.8 kg in 2006 gegroei het – ‘n gemiddelde groeikoers van 7.0 persent.

Akwakultuur het in 2006 selfs 47 persent van die wêreld se voedselvoorraad uitgemaak.

FACTS & FIgURES

Uitgegee deur: Coastal Links en Masifundise Development Trust: Email: [email protected] Weg 1, Mowbray, Kaapstad 7700 • Tel: 021 685 4549 • Fax: 021 685 3816

Kraalvisserman in Vanderkloof Dam, Noord Kaap