geagte ouers...“dis ʼn fees om ʼn gimmie te wees!” geagte ouers baie dankie vir elke persoon wat...

5
“Dis ʼn FEES om ʼn GIMMIE te wees!” GEAGTE OUERS Baie dankie vir elke persoon wat saamgewerk het om van ons Opedag ’n groot sukses te maak. Ons versoek almal om ons te help dat alle inskrywingsvorms asseblief so gou as moontlik ingehandig word. Baie geluk aan die o/14-hokkieseuns met hulle pragtige prestasie as Noordvaal-wenners. Die matrieks begin op Maandag 19 Augustus met die rekordeksamen. Ouers moet hulle asseblief ondersteun en aanmoedig om hard te werk. Hulle laaste skooldag is Vrydag 16 Augustus waartydens alle eksamenreëlings ook deurgegee sal word. Tydens die ouervergadering van 16 Julie het prof. Fika van Rensburg die ouers toegespreek oor die Bult CID-veiligheidsprojek. Ons Beheerliggaam het n besluit geneem dat ons deelneem aan dié projek. Dit behels instandhouding van die sypaadjies en verwydering van rommel om die skool. Die groot pluspunt is egter 24-uur monitering van die strate om die skool. Die koste vir die res van die jaar beloop R150 per leerder. Dit sal op u volgende skoolfondsstaat gehef word. Ons versoek u baie vriendelik om die betaling te maak aangesien die skool en leerders baie baat hierby vind. Baie sterkte vir die spanne wat nog by uitspele betrokke is. Gimmie-groete RA Oosthuizen 1 Augustus 2019 Webtuiste: www.gimmies.co.za Uitgawe: 24 Maandag 5 Augustus Kultuurweek Gholf: SA-hoërskole-toernooi (Limpopo) Krieket: Gimmie-Premierliga Op die Planke-Toneelfees Dinsdag 6 Augustus Kultuurweek Gholf: SA-hoërskole-toernooi (Limpopo) Krieket: Gimmie-Premierliga Woensdag 7 Augustus Kultuurweek Gholf: SA-hoërskole-toernooi (Limpopo) Krieket: Gimmie-Premierliga Muurbal: Potchefstroom-skoleliga Afrikaans: Gr. 8-12 eksamen (vraestel 3) Donderdag 8 Augustus Krieket: Gimmie-Premierliga Dogtershokkie: Noordvaal Engels: Gr. 8-12 eksamen (vraestel 3) 40 Days Vrydag 9 Augustus Vrouedag Dogtershokkie: Noordvaal Saterdag 10 Augustus Dogtershokkie: Noordvaal Krieket: Garsfontein Derby DAGBOEK

Upload: others

Post on 24-Jan-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: GEAGTE OUERS...“Dis ʼn FEES om ʼn GIMMIE te wees!” GEAGTE OUERS Baie dankie vir elke persoon wat saamgewerk het om van ons Opedag ’n groot sukses te maak. Ons versoek almal om

“Dis ʼn FEES om ʼn GIMMIE te wees!”

GEAGTE OUERS Baie dankie vir elke persoon wat saamgewerk

het om van ons Opedag ’n groot sukses te

maak. Ons versoek almal om ons te help dat

alle inskrywingsvorms asseblief so gou as

moontlik ingehandig word.

Baie geluk aan die o/14-hokkieseuns met hulle

pragtige prestasie as Noordvaal-wenners.

Die matrieks begin op Maandag 19 Augustus

met die rekordeksamen. Ouers moet hulle

asseblief ondersteun en aanmoedig om hard te

werk. Hulle laaste skooldag is Vrydag 16

Augustus waartydens alle eksamenreëlings ook

deurgegee sal word.

Tydens die ouervergadering van 16 Julie het

prof. Fika van Rensburg die ouers toegespreek

oor die Bult CID-veiligheidsprojek. Ons

Beheerliggaam het ’n besluit geneem dat ons

deelneem aan dié projek. Dit behels

instandhouding van die sypaadjies en

verwydering van rommel om die skool. Die groot

pluspunt is egter 24-uur monitering van die

strate om die skool. Die koste vir die res van die

jaar beloop R150 per leerder. Dit sal op u

volgende skoolfondsstaat gehef word. Ons

versoek u baie vriendelik om die betaling te

maak aangesien die skool en leerders baie baat

hierby vind.

Baie sterkte vir die spanne wat nog by uitspele

betrokke is.

Gimmie-groete

RA Oosthuizen

1 Augustus 2019

Webtuiste: www.gimmies.co.za Uitgawe: 24

Maandag 5 Augustus

Kultuurweek

Gholf: SA-hoërskole-toernooi (Limpopo)

Krieket: Gimmie-Premierliga

Op die Planke-Toneelfees

Dinsdag 6 Augustus

Kultuurweek

Gholf: SA-hoërskole-toernooi (Limpopo)

Krieket: Gimmie-Premierliga

Woensdag 7 Augustus

Kultuurweek

Gholf: SA-hoërskole-toernooi (Limpopo)

Krieket: Gimmie-Premierliga

Muurbal: Potchefstroom-skoleliga

Afrikaans: Gr. 8-12 eksamen (vraestel 3)

Donderdag 8 Augustus

Krieket: Gimmie-Premierliga

Dogtershokkie: Noordvaal

Engels: Gr. 8-12 eksamen (vraestel 3)

40 Days

Vrydag 9 Augustus

Vrouedag

Dogtershokkie: Noordvaal

Saterdag 10 Augustus

Dogtershokkie: Noordvaal

Krieket: Garsfontein Derby

DAGBOEK

Page 2: GEAGTE OUERS...“Dis ʼn FEES om ʼn GIMMIE te wees!” GEAGTE OUERS Baie dankie vir elke persoon wat saamgewerk het om van ons Opedag ’n groot sukses te maak. Ons versoek almal om

“Dis ʼn FEES om ʼn GIMMIE te wees!”

Baie geluk aan 13 van Gimmies se skuts wat

in die Noordwes-skyfskietspan opgeneem is.

Dit is ’n puik prestasie! Dié groep gaan in die

September-vakansie in die Kaap aan die

SA’s deelneem.

Die volgende leerders is in die Noordwes-

span opgeneem:

o Anthony Theunissen

o Jomarie Oosthuizen

o Albert Combrinck

o Nadine Nel (word ook as kaptein van die

Noordwes-span aangewys)

o Maricha Marais

o Juan Tolmay

o Nathan Brunette

o Ruhan Janse van Vuuren

o Marli van Staden

o Shani Nel

o Ruhan van der Merwe

o Cornalie Herbst

o Ryno Schutte

Die volgende skuts het toekennings ontvang:

Ruhan van der Merwe - trofee vir hoogste

telling in lê- en knielposisie

Shani Nel - trofee vir hoogste telling in 10

meter staan asook trofee vir beste o/14-

skut

Paul Viljoen - trofee vir opkomende o/14-

skut met ’n 58% verbetering vanaf liga 1

tot 6

Nadine Nel - trofee vir beste telling in 10

meter staan. Nadine breek ook 2014 se

rekord met 361/400.

SKYFSKIET

Baie geluk aan die seuns wat tydens

Noordvaal ware Gimmie-guts gewys het.

Ons is trots op julle.

Gimmies eindig algeheel vierde tussen meer

as 12 skole. Die o/14-span tree as

Noordvaal-wenners uit nadat hulle teen

Waterkloof gelykop een elk gespeel het en

wen met penalty shootout. Die o/16-span

eindig sesde en die eerstespan negende.

Geluk ook aan Jan-Adriaan van Wyk wat as

die beste doelskieter by die o/14’s aangewys

is en FC de Villiers as die beste doelskieter

by die o/19’s.

Hierdie was die matrieks se laaste wedstryd.

Dankie dat julle ware Gimmie-karakter

gewys het. Julle is ons trots.

HOKKIE

Vanjaar neem al Gimmies se spanne in die

A-liga deel. Ons het twee gemengde- en

twee dogterspanne ingeskryf. Uitslae van

Woensdag 31 Julie se wedstryde is as volg:

Span Uitslag Opponent

Gemengde A-span (1)

Wen Ferdies A

Gemengde A-span (2)

Wen Boys High A (2)

Dogters A-span (2)

Verloor Girls High (1)

MUURBAL

Page 3: GEAGTE OUERS...“Dis ʼn FEES om ʼn GIMMIE te wees!” GEAGTE OUERS Baie dankie vir elke persoon wat saamgewerk het om van ons Opedag ’n groot sukses te maak. Ons versoek almal om

“Dis ʼn FEES om ʼn GIMMIE te wees!”

Gimmies se twee toneelstukke speel

Maandag, 5 Augustus as deel van die

Kultuurweek in die skoolsaal.

Die donker kamer 16:00

Die lewe tussen blaaie 17:00

Toegang R20

Kaartjies kan by die deure gekoop word.

Kinders jonger as 10 moet deur hul ouers

vergesel word.

TONEEL

Die volgende atlete het baie goed presteer

by die byeenkoms in Fochville.

o/14 Seuns – Ryno Schutte (1ste)

o/14 Dogters – Anika Rossouw (6de)

o/15 Seuns – Ashton Diedericks (2de)

Senior seuns – Abrie Kruger (2de)

LANDLOOP

Baie geluk aan die o/17-skaakspan wat die

Noordwes-finaal gewen het! Dit wil gedoen

wees. Geluk ook aan die o/19-span wat

vierde geëindig het.

(Afwesig by juniors: Dewald Lubbe)

(Afwesig by seniors: Niel Bekker)

SKAAK

Gimmies is baie trots op die onderskeie

tennisspanne!

Die eerste dogterspan is Noordwes-wenners

en die eerste seunspan speel in die finaal

nadat beide vir KHS gewen het.

Die tweede dogterspan wen hul ligawedstryd

teen Hoërskool Rustenburg. Die derde

dogterspan en derde- en vierde seunspan

het ongelukkig teen Hoërskool Rustenburg

vasgeval.

Ons is trots op julle!

TENNIS

Page 4: GEAGTE OUERS...“Dis ʼn FEES om ʼn GIMMIE te wees!” GEAGTE OUERS Baie dankie vir elke persoon wat saamgewerk het om van ons Opedag ’n groot sukses te maak. Ons versoek almal om

“Dis ʼn FEES om ʼn GIMMIE te wees!”

OPEDAG – DIS ʼn FEES OM ʼn GIMMIE TE WEES!

Page 5: GEAGTE OUERS...“Dis ʼn FEES om ʼn GIMMIE te wees!” GEAGTE OUERS Baie dankie vir elke persoon wat saamgewerk het om van ons Opedag ’n groot sukses te maak. Ons versoek almal om

“Dis ʼn FEES om ʼn GIMMIE te wees!”