geagte ouers bl voorsitter - kroonheuwel · 2018. 6. 1. · vereistes: * graad 12 sertifikaat en...

4
[email protected] www.kroonheuwel.co.za Datum: 24/05/2018 Brief: 17/18 Geagte ouers Hiermee nooi ons, as Beheerliggaam alle belangstellende ouers uit om die algemene ouervergadering by te woon op Maandag, 28 Mei 2018 om 17:15 in skoolsaal. U kan punte vir bespreking in die posbus in voorportaal gooi. (Slegs ouer verteenwoordigers van BL sal teenwoordig wees.) Albert van Schalkwyk BL – voorsitter KPS vs SENTRAAL (17 MEI 2018) -------------------------------------------- o/7A verloor o/7B wen o/8A verloor o/8B wen o/9A wen o/10A wen o/10B wen o/11A verloor o/11B gelyk op o/12A wen o/12B verloor o/13A wen o/13B wen Kroonheuwel het al in die rugby, netbal en met ‘n krieketspan die Super 8 gewen, maar die beste prestasie nog in die kompetisie is met die redenaars behaal. Ons redenaars het Saterdag die algehele tweede plek behaal, net Lichtenburg kon meer punte as ons kry. Ek is baie trots op elke redenaar. ‘n Besondere gelukwensing moet ook gaan aan juf Amanda de Wet en elke personeellid, asook ouer wat gehelp het met die aanbieding van so ‘n spog geleentheid. Geluk aan ons dogters met hulle puik spel teen Sentraal. Meeste van ons spanne het gewen en ons kinders het hulle goed gedra. Met vandeesweek se rugby teen Truida Kestell het dit uitstekend gegaan en geen span het verloor nie. Dit het minder goed gegaan teen Sentraal, ons jonger spannetjies het die beste presteer. Baie geluk aan me Charissa Jv Rensburg wat aanbeveel is in die tydelike departementele pos. Haar BL-pos sal dan ook nou geadverteer word. Die Vrystaatse onderwysdepartement het vandeesweek die aanstelling van mnr en mev Herbst goedgekeur. Hulle sal dan die derde kwartaal kan begin. Dankie vir almal wat die jeugweek by ons skool ondersteun het. Dié wat CD’s gekoop het en ‘n gratis laser ontvang het, moet onthou daar mag nie met dit by die skool gespeel word of na ‘n maat toe geskyn word nie. Kom ons motiveer ons leerders om te begin leer, die eksamen is naby. Sterkte aan ons leerders met die semi-finale van die ATKV-Redenaars en ons personeel met die aanbied van die geleentheid môre. LET WEL: Die leerders is vanaf 12:00 op die rugbyveld. U moet hulle daar kom haal asseblief. GEEN kind sal bo by die geboue wees nie! 24 Mei DONDERDAG DAG 5 NETBAL: KPS vs VAALPARK (TUIS) 25 Mei VRYDAG DAG 6 REDENAARS: ATKV SEMI-FINALE LANDLOOP: LIGA 3 (RIEBS.) RUGBY: GRIFFONS 26 Mei SATERDAG REDENAARS: ATKV SEMI-FINALE RUGBY: GRIFFONS RUGBY & NETBAL: HEILBRON 28 Mei MAANDAG DAG 1 ALGEMENE OUER- VERGADERING om 17:15 29 Mei DINSDAG DAG 2 RUGBY: ¼ FINALE 30 Mei WOENSDAG DAG 3

Upload: others

Post on 10-Oct-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Geagte ouers BL voorsitter - Kroonheuwel · 2018. 6. 1. · Vereistes: * Graad 12 Sertifikaat en Onderwyskwalifikasie met akademiese rekord * SACE geregistreer * Bewyse van sport

[email protected] www.kroonheuwel.co.za Datum: 24/05/2018 Brief: 17/18

Geagte ouers

Hiermee nooi ons, as Beheerliggaam alle

belangstellende ouers uit om die algemene

ouervergadering by te woon op Maandag, 28 Mei

2018 om 17:15 in skoolsaal. U kan punte vir

bespreking in die posbus in voorportaal gooi.

(Slegs ouer verteenwoordigers van

BL sal teenwoordig wees.)

Albert van Schalkwyk

BL – voorsitter

KPS vs SENTRAAL (17 MEI 2018)

--------------------------------------------

o/7A verloor o/7B wen

o/8A verloor o/8B wen

o/9A wen

o/10A wen o/10B wen

o/11A verloor o/11B gelyk op

o/12A wen o/12B verloor

o/13A wen o/13B wen

Kroonheuwel het al in die rugby, netbal en met ‘n krieketspan die Super 8 gewen, maar die beste prestasie

nog in die kompetisie is met die redenaars behaal. Ons redenaars het Saterdag die algehele tweede plek

behaal, net Lichtenburg kon meer punte as ons kry. Ek is baie trots op elke redenaar. ‘n Besondere

gelukwensing moet ook gaan aan juf Amanda de Wet en elke personeellid, asook ouer wat gehelp het met die

aanbieding van so ‘n spog geleentheid.

Geluk aan ons dogters met hulle puik spel teen Sentraal. Meeste van ons spanne het gewen en ons kinders

het hulle goed gedra. Met vandeesweek se rugby teen Truida Kestell het dit uitstekend gegaan en geen span

het verloor nie. Dit het minder goed gegaan teen Sentraal, ons jonger spannetjies het die beste presteer.

Baie geluk aan me Charissa Jv Rensburg wat aanbeveel is in die tydelike departementele pos. Haar BL-pos

sal dan ook nou geadverteer word. Die Vrystaatse onderwysdepartement het vandeesweek die aanstelling

van mnr en mev Herbst goedgekeur. Hulle sal dan die derde kwartaal kan begin.

Dankie vir almal wat die jeugweek by ons skool ondersteun het. Dié wat CD’s gekoop het en ‘n gratis laser

ontvang het, moet onthou daar mag nie met dit by die skool gespeel word of na ‘n maat toe geskyn word nie.

Kom ons motiveer ons leerders om te begin leer, die eksamen is naby.

Sterkte aan ons leerders met die semi-finale van die ATKV-Redenaars en ons personeel met die aanbied van

die geleentheid môre. LET WEL: Die leerders is vanaf 12:00 op die rugbyveld. U moet hulle daar kom

haal asseblief. GEEN kind sal bo by die geboue wees nie!

24 Mei

DONDERDAG

DAG 5

NETBAL:

KPS vs

VAALPARK (TUIS)

25 Mei

VRYDAG

DAG 6

REDENAARS:

ATKV

SEMI-FINALE

LANDLOOP:

LIGA 3 (RIEBS.)

RUGBY:

GRIFFONS

26 Mei

SATERDAG

REDENAARS:

ATKV

SEMI-FINALE

RUGBY:

GRIFFONS

RUGBY &

NETBAL:

HEILBRON

28 Mei

MAANDAG

DAG 1

ALGEMENE

OUER-

VERGADERING

om 17:15

29 Mei

DINSDAG

DAG 2

RUGBY:

¼ FINALE

30 Mei

WOENSDAG

DAG 3

Page 2: Geagte ouers BL voorsitter - Kroonheuwel · 2018. 6. 1. · Vereistes: * Graad 12 Sertifikaat en Onderwyskwalifikasie met akademiese rekord * SACE geregistreer * Bewyse van sport

[email protected] www.kroonheuwel.co.za Datum: 24/05/2018 Brief: 17/18

SPRAAK EN DRAMA KUNSTEFEES

Enige leerder wat 'n gedig wil voordra of prosa wil doen

by die kunstefees kan inskryfvorms by die volgende

personeel kom haal.

Graad 1 tot 3 Juffrou Talita

Graad 4 en 5 Juffrou Rozelle

Graad 6 en 7 Juffrou Bettie

Die vorms moet Vrydag terug wees by die personeel.

DENNEKAR RESIES

Met die tyd wat vinnig begin minder word voor die resies is dit

nou amper tyd vir die laaste beplanning, van wat beloof om 'n

baie lekker gesinsdag saam jou en jou kind te wees. Onthou

hoe belangrik dit is om tyd saam met jou kind te spandeer. Dit

is die herinneringe wat hulle vir altyd sal koester.

Ons beplan 'n baie opwindende resiesaand met lekker sosaties

en boereworsrolle op Vrydag, 1 Junie van 17:15 tot 20:00 in die

skoolsaal.

Die inskrywingsgeld van jou resies is gratis as jy n karretjie

gekoop het.

Net weer n paar wenke:

Moenie aan die wydte van jou karretjie en wiele verander nie.

Dit is vir ‘n rede so, om lekker op die baan te ry.

Jy mag ‘n gewiggie bysit om hom swaarder te maak solank hy

nie swaarder as 170 gram weeg nie. Onthou hulle gaan geweeg

word voor die resies.

Jy mag grafiet poeier gebruik om jou assies beter en vinniger te

maak.

Die hoogte van die onderkant van die karretjie is ook belangrik,

so moenie te veel aan die onderkant wegsny voor nie. Hy moet

op die wegspringplek haak.

Moenie die lengte van jou karretjie langer maak nie

'n Gladde karretjie ry vinniger as n growwe een.

Daar sal n prys wees vir elke graad se vinnigste karretjie.

Ondersteuningsklas groete

KROONHEUWEL PRIMÊRE SKOOL -------------------------------------------------------------------------------------------------

Eksamen Rooster (2de kwartaal 2018)

Datum Gr 4 Gr 5 Gr 6 Gr 7

4 Jun ‘18

Wisk

5 Jun ’18

Afr (3)

6 Jun ’18

SW (Gesk)

7 Jun ‘18

LV Eng (2)

8 Jun ‘18

SW (Gesk)

Afr (3) SW (Gesk)

KK

11 Jun ‘18

Wisk Wisk Wisk NW

12 Jun ‘18

Afr (3) SW (Gesk)

Eng (2) Afr (2)

13 Jun ‘18

Eng (2+3)

Eng (2+3)

Afr (3) SW (Geo)

14 Jun ‘18

SW (Geo)

Afr (2) Afr (2) EBW

15 Jun ‘18

NWT LV Eng (3) Eng (3)

18 Jun ‘18

Afr (2) NWT SW (Geo)

LV

19 Jun ‘18

LV SW (Geo)

NWT Teg

Page 3: Geagte ouers BL voorsitter - Kroonheuwel · 2018. 6. 1. · Vereistes: * Graad 12 Sertifikaat en Onderwyskwalifikasie met akademiese rekord * SACE geregistreer * Bewyse van sport

[email protected] www.kroonheuwel.co.za Datum: 24/05/2018 Brief: 17/18

KROONHEUWEL PRIMÊRE SKOOL

KROONSTAD (Afrikaans-medium)

Beskik oor die volgende BEHEERLIGGAAMSPOS:

Intermediêre/Senior fase

Aanvangsdatum : 17 Julie 2018

Dinamiese onderwysers wat aan die volgende vereistes voldoen, word genooi om aansoek te

doen.

Vakke: Afrikaans Huistaal Graad 4 – 7

Engels 1ste Addisionele Taal Graad 4 – 7

Kuns en Kultuur Graad 4 – 6 en

Skeppende Kunste Graad 7

Vereistes: * Graad 12 Sertifikaat en Onderwyskwalifikasie met akademiese

rekord

* SACE geregistreer

* Bewyse van sport - en kulturele kwalifikasies

* Kennis van die huidige Kurrikulum (CAPS), Assessering en

beplanning

* Ondersteuning van leerders met leeragterstande

* Ondervinding

Sluitingsdatum: 11 Junie 2018

Faks asseblief ‘n volledige CV na 086 6950 656 of

e-pos na [email protected]

Navrae: Tel. 056-2125702 (skoolkantoor)

073 410 4271 (skoolhoof)

Rig aansoek aan: Die Skoolhoof

Kroonheuwel Primêre Skool

Privaatsak X05

KROONSTAD

9500

Page 4: Geagte ouers BL voorsitter - Kroonheuwel · 2018. 6. 1. · Vereistes: * Graad 12 Sertifikaat en Onderwyskwalifikasie met akademiese rekord * SACE geregistreer * Bewyse van sport

[email protected] www.kroonheuwel.co.za Datum: 24/05/2018 Brief: 17/18

Geagte Ouers

Ons beplan om tydens die resies heerlike kos te verkoop.

U kan dit vooraf bestel en betaal, sodat u dit vinniger kan afhaal tydens die resies.

Merk asseblief onderaan die brief wat en hoeveel u wil bestel sodat ons dit kan voorberei.

** Daar sal ook koeldrank te koop wees.

Groete

Ondersteuningsklasse

Bestelling vir

Hoeveelheid Bedrag ingesluit

Sosaties @ R20

Sosaties in ‘n broodrolletjie @ R25

Boereworsrol @ R20

TOTAAL

____________________ __________________________ Handtekening Selfoonnommer

Kroonheuwel Dennekar Resies

Vrydag 1 Junie 2018