gedagte vir die maand hoe lyk jou spore? fritz snyman w koor… · sondag 1 desember met sy eie...

4
Wintertyd is jag-tyd en ek is mal oor jag! As n mens op n toegespande plaas jag, is spore nie so belangrik nie, maar as jy op n oop-plaasjag, is dit ongelooflik belangrik om die diere se spore dop te hou om sodoende hulle bewegings vas te stel. Dit is baie interresant om te sien hoe die verskillende wildsoorte se spore van mekaar onderskei kan word. Elkeen laat n unieke spoor agter. Mense wat baie van spore weet, kan vir jou presies sê waer dier op n spesifieke plek geloop het. Selfs of die dier geloop, gehardloop of gestaan het. Ook min of meer hoeveel diere daar in die trop was. Van die goeie spoorsnyers kan selfs onderskei tussen n bul of koei se spoor. En van die bestes kan n spesifieke dier se spoor tussen honderde ander spore uitken. Ek het die afgelope jagseisoen weer saam met so n meerster van die spoorkuns gejag en ons het een spe- sifieke dier se spoor leerlik vir kilome- ters gevolg. Terwyl ons so loop het ek skielik begin wonder: Hoe lyk my eie voetspore? En dan nie noodwendig die merk in die grond agter my nie, maar die merk wat ek nalaat in die lewens van die mense met wie ek elke dag te doen kry. As my gesin of my kollegas of die studente in my wyk, of die dame agter die toonbank in Pic n Pay my spoor sou moes beskryf, hoe sou hulle sê lyk dit? Is dit spore van lewe en genade en vergifnis en blydskap en hoop? Spore wat vir jare nog in mense se harte ingesink sal wees, omdat dit n verskil in hulle lewens gemaak het. Of is dit ook maar spore wat sommer vin- nig deur die wind doodgewaai sal word. Of erger nog, bloedspore. Spore van vergelding en nie-omgee en eie-ek. Spore wat ander onder jou stukkend trap. Sal n goeie spoorsnyer wat op ons spoor loop kan sê: Hier het n vol- geling van Jesus geloop. Of sal dit vir hom moeilik wees om ons spoor van dié van die wêreld te kan onderskei. Mag my en jou se voetstappe in die lewe van mense rondom ons wees soos Jes 52:7 sê: Hoe wonderlik klink op die berge die voetstappe van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede aankondig, wat vir Sion sê Jou God is Koning.No. 670 November 2019 GEDAGTE VIR DIE MAAND Hoe lyk jou spore? - Fritz Snyman

Upload: others

Post on 28-Jul-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: GEDAGTE VIR DIE MAAND Hoe lyk jou spore? Fritz Snyman W Koor… · Sondag 1 Desember met sy eie perspektief. Daar is wei-9:30 Arno Meiring 19:00 Arno Meiring Augustinus tot by `n

Wintertyd is jag-tyd en ek is mal

oor jag! As ‘n mens op ‘n toegespande

plaas jag, is spore nie so belangrik nie,

maar as jy op ‘n “oop-plaas” jag, is dit

ongelooflik belangrik om die diere se

spore dop te hou om sodoende hulle

bewegings vas te stel.

Dit is baie interresant om te sien

hoe die verskillende wildsoorte se

spore van mekaar onderskei kan word.

Elkeen laat ‘n unieke spoor agter.

Mense wat baie van spore weet,

kan vir jou presies sê watter dier op ‘n

spesifieke plek geloop het. Selfs of die

dier geloop, gehardloop of gestaan het.

Ook min of meer hoeveel diere daar in

die trop was. Van die goeie

spoorsnyers kan selfs onderskei tussen

‘n bul of koei se spoor. En van die

bestes kan ‘n spesifieke dier se spoor

tussen honderde ander spore uitken.

Ek het die afgelope jagseisoen

weer saam met so ‘n meerster van die

spoorkuns gejag en ons het een spe-

sifieke dier se spoor letterlik vir kilome-

ters gevolg.

Terwyl ons so loop het ek skielik

begin wonder: Hoe lyk my eie

voetspore?

En dan nie noodwendig die merk

in die grond agter my nie, maar die

merk wat ek nalaat in die lewens van

die mense met wie ek elke dag te doen

kry.

As my gesin of my kollegas of die

studente in my wyk, of die dame agter

die toonbank in Pic n Pay my spoor sou

moes beskryf, hoe sou hulle sê lyk dit?

Is dit spore van lewe en genade en

vergifnis en blydskap en hoop?

Spore wat vir jare nog in mense

se harte ingesink sal wees, omdat dit ‘n

verskil in hulle lewens gemaak het. Of

is dit ook maar spore wat sommer vin-

nig deur die wind doodgewaai sal word.

Of erger nog, bloedspore. Spore van

vergelding en nie-omgee en eie-ek.

Spore wat ander onder jou stukkend

trap.

Sal ‘n goeie spoorsnyer wat op

ons spoor loop kan sê: Hier het ‘n vol-

geling van Jesus geloop. Of sal dit vir

hom moeilik wees om ons spoor van

dié van die wêreld te kan onderskei.

Mag my en jou se voetstappe in

die lewe van mense rondom ons wees

soos Jes 52:7 sê: “Hoe wonderlik klink

op die berge die voetstappe van hom

wat die goeie boodskap bring, wat

vrede aankondig, wat vir Sion sê Jou

God is Koning.”

No. 670 November 2019

GEDAGTE VIR DIE MAAND

Hoe lyk jou spore? - Fritz Snyman

Page 2: GEDAGTE VIR DIE MAAND Hoe lyk jou spore? Fritz Snyman W Koor… · Sondag 1 Desember met sy eie perspektief. Daar is wei-9:30 Arno Meiring 19:00 Arno Meiring Augustinus tot by `n

Die bekende skrywer, GK

Chesterton, het gesê dankbaarheid beteken “takings things with grati-tude and not taking things for grant-ed”. Dankbaarheid, het hy ver-duidelik, gee ons ‘n nuwe perspek-tief en help ons om ons baie seëninge raak te sien: hoe meer dinge ons voor dankie sê, hoe meer dinge ontdek ons om voor dankbaar te wees!

Dit is dalk ook wat gebeur in die verhaal van die tien melaatses waarvan Lukas 17 vertel. Nadat Je-sus die tien melaatse mans gesond maak, draai net die een man – die Samaritaan – terug, om vir Jesus dankie te sê. Jesus sê vir hom: “Staan op en gaan huis toe. Jou geloof het jou gered”. (Lukas 17:19). Al tien die melaatse mans het fisies gesond geword; maar net hierdie man het ‘n regte ontmoeting met die Here gehad, en is ook geestelik genees.

Daarom is dankbaarheid ‘n geestelike dissipline wat ons inoefen en waarin ons God op ‘n nuwe maniere raaksien. Die Jesuïtiese vader, Ignasius van Loyo-la, het aanbeveel dat ons mistens twee keer ‘n dag (as deel van ons daaglikse examen of nadenke oor die dag), die dinge moet lys waar-voor ons dankbaar is omdat dit ons help om die Here op ‘n wonderlike manier te beleef. Want dít is die kern van ons dankbaarheid – om nie net die dinge wat ons het, raak te sien nie, maar om God – wat dit alles gee – te ontmoet. Dan kan ons selfs in tye wat dit swaar gaan en wanneer ons sukkel om lekker dinge

raak te sien, staande bly, omdat ons weet dat Hy vir ons sorg.

In hierdie laaste deel van die jaar nooi ons jou om die dissipline van dankbaarheid te oefen.

Probeer die Here se geskenke in jou lewe raak te sien, en maak tyd om vir hierdie dinge dankie te sê. Dink na oor mense wat ‘n rol in jou lewe speel, en sê vir die Here (en vir hierdie mense) dankie. Stap deur jou huis en herleef spesiale dinge wat in elke vertrek gebeur het; probeer elke stukkie kos regtig proe; versorg jou lyf, strek jouself lekker uit of masseer jou voete; gaan stap in die natuur of sit ‘n mooi blom op jou tafel; gesels met die mense wat vir jou petrol ingooi of wat jou inkopies oplui; geniet ‘n mooi boek of pragtige musiek; dink aan die wêreld- en regeringsleiers wat planne vir die toekoms probeer maak, en sê dankie.

Ons nooi jou ook om by ons eredienste op Sondae te kom dankie sê. By ons Kerssangdienste, waar ons vir die Here dankie sê dat Hy naby aan ons kom. By ons Dank-fees waar ons ook vier jongmense se aanneming en voorstelling vier. By die Nagmaal wanneer ons die senior studente groet ‘n nuwe lew-ensfase ingaan. Moet dit nie mis nie!

Ons nooi jou om ook ‘n spesiale Dankfees-Dankoffer te maak. Die ou Israeliete het altyd aan die begin van die oes en aan die einde van die oes elke keer ‘n tiende van hul opbrengs vir die Here gegee. Op die manier het hulle erken dat alles wat hulle het, uit die Here se hand kom. Ons het nie meer dieselfde feeste as hulle nie, maar maak ‘n dankoffer waarin jy weer die Here se sorg ontdek en bely.

Mag die Here ons elkeen in hierdie tyd van Dankbaarheid opnuut ontmoet en oorweldig met sy liefde!

Die Dissipline van Dankbaarheid—Arno Meiring

REDAKSIE Arno Meiring Gerhard vd Linde

UNIVERSITEITSOORD Telefoon: 012 3620663/4 Posbus 11100, Hatfield, 0028

E-pos: [email protected]

Webwerf: www.universiteitsoord.co.za

Bankbesonderhede: NG Gemeente Universiteitsoord ABSA Takkode 632005 Tjekrekening 540 580 006

Luke du Toit, seun van Monica en Riaan, is gedoop op 13 Oktober.

Leonard van Dyk, seun van André en Lize-Marie is gedoop op 6 Oktober.

November

LIEF EN LEED

Page 3: GEDAGTE VIR DIE MAAND Hoe lyk jou spore? Fritz Snyman W Koor… · Sondag 1 Desember met sy eie perspektief. Daar is wei-9:30 Arno Meiring 19:00 Arno Meiring Augustinus tot by `n

Die Y-netwerk bestaan uit

13 gemeentes wat saam werk ten

opsigte van ’n breër jeug-

bediening. Die netwerk bestaan al

vir 10 jaar en die gemeentes wat

hiervan deel is het ‘n hart vir ons

land se tieners en hoop dat die

verskil in hulle lewens so groot sal

wees dat hulle ’n groter verskil in

Suid Afrika en die wêreld sal maak.

Ons glo sterk daarin dat 13 ge-

meentes wat saamwerk as die lig-

gaam van Christus, die konin-

kryksbeginsels van Jesus onder-

streep.

Die Y-netwerk se grootste

projek is die Seekamp wat elke jaar

by TO Strand plaasvind in die Sep-

tember vakansie. Lees bietjie wat

Universiteitsoord se Seekamp-

leier, Stephanie Chambers te sê

het oor díe kamp:

Sand orals, aangeplakte

sonbrandroom, dehidrasie,

sonbrand ongeag van die hoeveel-

heid sonbrandroom, sand ongeag

van wat jy aan het, min slaap, ‘n

baie opgewonde busrit en boonop

ongeveer 200 tieners! …klink nie

juis na ‘n kamp wat jy gaan vergeet

nie, en dit was beslis ook nie.

Seekamp 2019 was vir my ‘n

onvergeetlike kamp, want ten

spyte van alles wat kon skeef loop,

het ek God in alles ervaar – die

koel oggende wanneer jy vroeg

opstaan en die sonsopkoms oor

die see sien, die golwe wat bruis

en breek terwyl ons stiltetyd hou

op die strand, die vreemdelinge

wat nou vriende is, die

ongelooflike aanraking terwyl ons

worship en die laat (en ek bedoel

láát) aand gesprekke met tieners.

In net een week het ek

soveel gegroei. Jy sal dink die te-

mas wat met soveel krag en passie

behandel is, is net van toepassing

op die lewe van ‘n tiener, maar…as

jy harder huil as die tieners kom jy

gou agter dat God nie net werk

met ‘n sekere ouderdom nie. Hy

werk met álmal!

Die aktiwiteite was met

soveel kreatiwiteit en oorgawe

aangepak en dit het soms gelei tot

baie emosionele reaksies. Maar

op ander tye het ons ons mae seer

gelag vir wat die tieners alles kon

uitdink. In ʼn week raak mens so

lief vir die tieners en jou nuwe

vriende dat om te vertrek net so

hartseer was soos wat dit gewens

was.

Seekamp is beslis ʼn kamp

wat ek hopelik nog vir baie jare

gaan aanpak, want die rol wat jy

speel in daardie tiener se lewe, as

‘geestelike leier’, kan soveel be-

teken en soveel verander in

daardie kind – en as jy die voorreg

het om dit te kan doen en ons jeug

te kan help – wat is ʼn bietjie

sonbrand dan eintlik ?

Seekamp 2019 —Stephanie Chambers

MARTUS REDAKSIONEEL Waarheid of Naarheid?

Hy dra ‘n corduroy broek en ‘n

Springbok-trui. My polisie-man oupa

sou jaloers gewees het op sy snor, maar

sou beslis gefrons het oor sy deurme-

kaar bos krulle.

“Wat kan ons doen om ‘n verskil

te maak in Suid-Afrika?”, het ds. Arno

hom gevra.

Hy erken openlik dat hy nie eint-

lik weet nie. Daar het al soveel dinge

verander in Suid-Afrika. Meeste daarvan

goed. Hy sien dat ouer mense soms

sukkel om hierby aan te pas. Daar is

steeds rasse-spanning, ‘n gevoel van

“ons teen hulle”.

Maar hy het ‘n paar idees.

2019/2020, meer as ooit, is ‘n

tyd om te luister. Net dit. Nie nood-

wendig te luister en te reageer nie, net

te luister. Jy hoef nie op social media te

post en te share dat jy die cause onder-

steun nie. Luister net. Dit kan byvoor-

beeld waardevol wees om na iemand

van ‘n ander ras te luister oor wat met

hulle gebeur het en hoe dit hulle geraak

het. Selfs al was jy nie skuldig daaraan

nie.

Worry oor jouself. En nie op ‘n

selfsugtige manier nie. Eerder op ‘n

introspektiewe manier. Worry oor

jouself. Besluit wat jý kan doen om ‘n

beter mens of beter Christen te wees en

hou op worry oor wat ander mense dink

en doen. Hou jou kant skoon. Gee an-

der mense ruimte om hulleself te wees,

al is dit anders as jy, al verstaan jy dit

nie. Judge mekaar ‘n bietjie minder.

Moenie die rede wees hoekom hulle die

rug draai op die Christen-geloof nie.

Wees gaaf met mekaar. Hoe

reageer jy op mense wat anders as jy

voel, dink of doen. En almal maak soms

foute. Is jy bereid om hulle ‘n tweede

kans te gee? Of kry slegs sekere mense

‘n tweede kans terwyl ander summier

afgeskryf word? Of dink mense van jou

ook “deel ek ‘n gelóóf met hierdie per-

soon”?

‘n Bietjie meer geduld, ‘n bietjie

meer verdraagsaamheid, ‘n bietjie meer

vergifnis.

As jy Schalk Bezuidenhout se

praatjie gemis het, gaan luister gerus na

die opname op ons webtuiste. Hy is

beslis ‘n bietjie anders as jou gemiddelde

NG Kerk lidmaat, maar dalk kan ons

gerus na hom ook luister.

Page 4: GEDAGTE VIR DIE MAAND Hoe lyk jou spore? Fritz Snyman W Koor… · Sondag 1 Desember met sy eie perspektief. Daar is wei-9:30 Arno Meiring 19:00 Arno Meiring Augustinus tot by `n

EREDIENSROOSTER

April

Sondag 3 November—Dankfees

9:30 Arno Meiring

19:00 Jana de Lange

Sondag 10 November—Nagmaal

9:30 Jana de Lange

19:00 Fritz Snyman

Sondag 17 November— Gesinskerssangdiens 9:30 Arno Meiring

19:00 Fritz Snyman

Sondag 24 November

9:30 Hannes van der Walt

19:00 Jana de Lange

Sondag 1 Desember

9:30 Arno Meiring

19:00 Arno Meiring

Sondag 8 Desember

9:30 Fritz Snyman

19:00 Fritz Snyman

Sondag 15 Desember

9:30 Jana de Lange

19:00 Jana de Lange

Maandag 16 Desember - Versoeningsdag

8:00 Gesamentlike diens

Sondag 22 Desember

9:30 Arno Meiring

19:00 Arno Meiring

Woensdag 25 Desember - Kersdag

8:00 Jana de Lange

Sondag 29 Desember

9:30 Jana de Lange

19:00 Jana de Lange

Dinsdag 31 Desember - Oujaarsdiens

19:00 Jana de Lange

BOEKERUBRIEK

Re-thinking Christianity -Gerhard van der Linde

Ward, Keith. 2007. Re-thinking Christianity. Oxford: Oneworld.

Ward, professor in

Godgeleerdheid by Gresham Col-lege, London en Regius professor emeritus in Godgeleerdheid by die Universiteit van Oxford argumenteer in die boek “that Christian faith has re-invented itself many times” (bl. vii). Hy wys daarop dat daar `n verskeidenheid teorieë is oor hoe Jesus regtig was, soos wat daar vele variëteite is van die Christelike geloof.

Die verhale in die evangelies reflekteer gebeure wat eers deur mondelinge oorvertelling interpreteer is, en daarna deur die evangelie-skrywers herinterpreteer is, elkeen met sy eie perspektief. Daar is wei-nig sprake van historiese akku-raatheid soos ons dit verstaan. Daar is verskeie oortuigings in die evan-gelies wat ons nie kan deel nie, soos waar en wanneer die koninkryk sal kom (Markus 13:30), en wat herdink moet word om die waar-heidsmoment daarin te ontdek.

Die vroegste geskrif in die Nuwe Testament is 1 Thessalo-nisense, waarin Paulus se lering reeds aansienlik verskil van dié van die apostels wat Jesus self aange-stel het. Waar die vroegste Chris-tene nog vasgehou het aan die To-rah – Jesus self het dit nooit af-gewys nie – is dit `n basiese aspek van Paulus se lering dat die ge-lowige vrygemaak is van onder-worpenheid aan die Wet.

In sy bespreking van Paulus se leringe in Romeine merk Ward op “there are no clear doctrines here, doctrines that put an end to specula-tion and disagreement” (bl. 47). Ek sou die voorbeeld noem van Romei-ne 8:30 – hoe presies moet ons dit verstaan? Onderskryf Paulus hier die Calvinistiese leer van die uitverk-iesing soos ons dit in die kategese geleer is met die Heidelbergse Kat-egismus?

Ward wys ook daarop dat Je-sus se leringe oor die koninkryk, oor die Torah en oor die koms van die Seun van die Mens radikaal hersien is deur die vroeë kerk, met Paulus vooraan. Dit laat my met die vraag wie ons eerder moet glo – Jesus of Paulus die teoloog?

Ward bespreek verskillende opvattings oor die Drie-eenheid, van die Grieks-Ortodokse tradisie deur Augustinus tot by `n eietydse teo-loog soos Karl Rahner. Hy wys op die probleme wat ont-staan wanneer verwys word na die “persone” van God, en argumenteer dat ons miskien aan God kan dink in navol-ging van die veertiende-eeuse Ortodokse teoloog, Gregorius Pala-mas, “(who) elaborated a distinction between the divine ousia, which is completely unknowable, and the divine energeia, the divine acts in relation to us, by which alone we know God” (bl. 78). Dit herinner my aan die Kabbalistiese idee van die Ein Sof, die onkenbare Oneindige, wat sigself deur middel van “uitstralings” op verskillende maniere openbaar. Ward ontwikkel Pala-mas se gedagte in terme van God as `n vorm van “energie” wat in ver-skillende verhoudings staan tot die kosmos.

Ruimte ontbreek om op al die temas in Ward se boek in te gaan. Hy skryf toeganklik oor ingewikkelde onderwerpe, en verreken kritiese vrae en ontwikkelings in die Christe-like tradisie sonder om basiese ler-inge te laat vaar. In dié opsig sou die leser kon vra of Ward werklik die Christelike geloof her-dink, of bloot herverpak.