gedig 4: “die strandjutwolf”pvatn.net/.../2020/03/2020_woest_gedigte_gr9_t2_2.pdf · 2020. 3....

24
Hersiene Junior Sekondêre kurrikulum (2017 – 2022) Afrikaans Tweede Taal Voorgeskrewe gedigte vir Graad 9 Uit: Woordreise saamgestel deur Adinda Vermaak e. a. Graad 9 (8 gedigte) Voorgeskrewe gedigte Bl. Gedig Digter 16 Waar ruwe rotse C.M. Van den Heever 22 Legende van die watersoekers George Weideman 66 Begin Somer Ingrid Jonker 99 Besoeker Ernst van Heerden 104 Die strandjutwolf N.P. van Wyk Louw 143 Ek is oek important Peter Snyders 176 Maria Elisabeth Eybers 184 Bicycle sonder slot Koos Kombuis Gedig 4: “Die strandjutwolf” – N.P. van Wyk Louw By hierdie gedig is visuele hulpmiddels noodsaaklik om die leerders te help verstaan. Dis veral nodig om te wys hoe die strandjutwolf lyk en sy kenmerke te verduidelik. ’n Daknok (kruin, bokant) is ook ’n vreemde woord wat visueel goed gedemonstreer kan word deur ’n prent. http://cdn2.arkive.org/media/8C/8CC067CF-0419-4C08-BB46- 80683023416F/Presentation.Large/Brown-hyaena-in-aggressive-display.jpg

Upload: others

Post on 09-Mar-2021

47 views

Category:

Documents


1 download

TRANSCRIPT

Page 1: Gedig 4: “Die strandjutwolf”pvatn.net/.../2020/03/2020_Woest_gedigte_Gr9_T2_2.pdf · 2020. 3. 1. · Voorgeskrewe gedigte vir Graad 9 Uit: Woordreise saamgestel deur Adinda Vermaak

Hersiene Junior Sekondêre kurrikulum (2017 – 2022) Afrikaans Tweede Taal

Voorgeskrewe gedigte vir Graad 9

Uit: Woordreise saamgestel deur Adinda Vermaak e. a.

Graad 9 (8 gedigte) Voorgeskrewe gedigte Bl. Gedig Digter

16 Waar ruwe rotse C.M. Van den Heever

22 Legende van die watersoekers George Weideman

66 Begin Somer Ingrid Jonker

99 Besoeker Ernst van Heerden

104 Die strandjutwolf N.P. van Wyk Louw

143 Ek is oek important Peter Snyders

176 Maria Elisabeth Eybers

184 Bicycle sonder slot Koos Kombuis

Gedig 4: “Die strandjutwolf” –

N.P. van Wyk Louw By hierdie gedig is visuele hulpmiddels noodsaaklik om die leerders te help

verstaan. Dis veral nodig om te wys hoe die strandjutwolf lyk en sy kenmerke te

verduidelik. ’n Daknok (kruin, bokant) is ook ’n vreemde woord wat visueel goed

gedemonstreer kan word deur ’n prent.

http://cdn2.arkive.org/media/8C/8CC067CF-0419-4C08-BB46-

80683023416F/Presentation.Large/Brown-hyaena-in-aggressive-display.jpg

Page 2: Gedig 4: “Die strandjutwolf”pvatn.net/.../2020/03/2020_Woest_gedigte_Gr9_T2_2.pdf · 2020. 3. 1. · Voorgeskrewe gedigte vir Graad 9 Uit: Woordreise saamgestel deur Adinda Vermaak

http://cdn2.arkive.org/media/94/9441F605-3187-469D-A847-

204FEA3D6262/Presentation.Large/Brown-hyaena-walking.jpg

Die strandjutwolf - N.P. van Wyk Louw 1. Dit kom net met die donker maan:

2. ek hoor dit vér eers roep

3. soos iets wat klae in die veld;

4. dan is dit by die stoep …

5. hy snuiwe aan die drumpel saggies

6. en roer rondom die huis,

7. ek hoor hom ruik-ruik asemhaal

8. en krap by die kombuis;

9. die hele werf is vol van hom:

10. daar waar die ploeë blink,

11. daar sien ek die os-groot skadu roer

12. en hoor iets ysters klink.

13. Ek weet hy is so grys en groot,

14. dat as hy regop klim

15. dan krap sy pote aan die nok,

16. hy luister by die skoorsteen in …

17. en as ek in my kamer lê

18. en áls is stil en swart,

19. dan weet ek is dit in die huis,

20. ek luister na my hart,

21. ek weet sy oë is vaal en blind,

22. ek hoor hom sagter as ’n snik

23. net in die gang, en tussenin

24. my polshorlosie tik,

25. en op die helder dag weet ek

26. dat die Gryse by my bly,

27. en ek hoor sy draffie en ek voel

28. sy wit oë agter my

Page 3: Gedig 4: “Die strandjutwolf”pvatn.net/.../2020/03/2020_Woest_gedigte_Gr9_T2_2.pdf · 2020. 3. 1. · Voorgeskrewe gedigte vir Graad 9 Uit: Woordreise saamgestel deur Adinda Vermaak

THREATENED - Top facts • Brown hyaenas can be distinguished from other hyaena species by their long shaggy coat

and pointy ears.

• The brown hyaena is a solitary scavenger and will travel long distances of up to 35 kilometres each night, in search of food.

• Brown hyaenas have incredibly strong teeth and jaws, enabling them to crush bones and release the nutritious marrow inside.

• With an exceptional sense of smell, the brown hyaena can find carcasses that are several kilometres away.

http://t0.gstatic.com/images?q=tbn:ANd9GcStToRxfI0930-YjbECzvATse7wOCnrI4G-RyakWhpEPnTVYOsw0tErMF8

http://www.mankwewildlifereserve.com/uploads/2/6/6/8/26680908/8634008_orig.jpg

http://www.accokeekfoundation.org/wp-content/uploads/2012/01/colonial-farmhouse-300x200.jpg

http://www.farmhorizons.com/wp-content/uploads/2014/05/Farm-House-1024x768.jpg

Page 4: Gedig 4: “Die strandjutwolf”pvatn.net/.../2020/03/2020_Woest_gedigte_Gr9_T2_2.pdf · 2020. 3. 1. · Voorgeskrewe gedigte vir Graad 9 Uit: Woordreise saamgestel deur Adinda Vermaak

http://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/3489/894e36b6284244c6954d0444ef7d5eab.jpg

Vrae: “Strandjutwolf” deur N.P. van Wyk Louw.

1. Wat is ’n strandjutwolf? Gee ’n beskrywing van die dier.

2. Watter verskil in betekenis is daar tussen die volgende drie titels?

(i) Die strandjutwolf (ii) ’n Strandjutwolf (iii) Strandjutwolf

3. Waarom sou die gedig met die aanwysende voornaamwoord “dit”

begin?

4. Wat assosieer ’n mens met “donker maan”?

5. Waarop dui die dubbelpunt aan die einde van reël 1?

6. Wat gebeur met die ek-spreker volgens reël 2?

7. Benoem en verduidelik die beeldspraak in reël 3.

8. Hoe weet die leser dat die dier baie nader gekom het? (Reël 4)

9.1 Wat noem ons die leesteken aan die einde van reël 4?

9.2 Wat is die funksie van die leesteken in die reël 4?

10. Hoe verander die voornaamwoord in reël 5?

11. Die strandjutwolf kom geleidelik al hoe nader. Verduidelik (reëls 3-9).

12.1 Watter herhaling is daar in reël 7?

12.2 Gee ’n ander woord vir “herhaling”.

12.3 Wat is die funksie van die herhaling.

13.1 Reël 9 is belangrik. Hoekom?

13.2 Wat is die funksie van die leesteken aan die einde van reël 9?

14.1 Waar sien die spreker die “hom” volgens reël 10?

14.2 Waarom het die dier nog nie ’n naam teen die einde van reël 10 nie?

15. Watter twee sintuie word in reël 10 – 12 gebruik? Verduidelik.

16.1 Watter vorm van beeldspraak is in “os-groot”? Verduidelik.

16.2 Verduidelik die beeld.

Page 5: Gedig 4: “Die strandjutwolf”pvatn.net/.../2020/03/2020_Woest_gedigte_Gr9_T2_2.pdf · 2020. 3. 1. · Voorgeskrewe gedigte vir Graad 9 Uit: Woordreise saamgestel deur Adinda Vermaak

16.3 Hoe pas dit by die ploeë?

17. Watter vaaghede kry ons van reël 9 – 12?

18.1 In reëls 13 – 16 word die dier se grootte beskryf. Verduidelik.

18.2 Is die dier werklik so groot?

18.3 Waarom dink jy word die dier so groot beskryf?

19.1 Tot waar kom die dier in reëls 17 – 19?

19.2 Dink jy die dier het regtig in die huis gekom? Motiveer.

19.3 Verduidelik reël 18 volledig – ook die moontlike figuurlike betekenis.

20. Waarom dink jy sou ’n mens kon sê dat reël 20 ’n sleutelreël is?

21. Wat sou “vaal” en “blink” hier beteken?

22.1 Watter beeldspraak is daar in reël 22?

22.2 Verduidelik die beeld.

22.3 Wie snik in werklikheid eerder hier en waarom?

22.4 Wat is die belangrikste emosie wat die spreker tot hier ervaar

en hoekom? Hoe weet jy dit uit die gedig?

23. Hoe naby is die dier nou volgens reël 23?

24.1 Wat hoor die spreker nou volgens reël 24?

24.2 Pas wat die spreker hoor, hier? Hoekom?

24.3 Hoor ’n mens aanvanklik ’n polshorlosie, buiten as jy dit teen

jou oor hou?

24.4 Watter simboliese betekenis het ’n tikkende polshorlosie?

24.5 Waarom is dit juis ’n polshorlosie en nie ’n wekker of staanhorlosie nie?

25. Watter vreemde tydsprong kry ons in reël 25?

26.1 Waarom sou die dag ewe skielik helder weer? Is dit net die

dag wat helder is?

26.2 Hoe kontrasteer die “helder dag” met die res van die gedig?

27. In reël 26 kry ons antonomasia (naamwisseling). Verduidelik.

28. Gaan die strandjutwolf ooit weg volgens reëls 27 en 28?

29.1 Watter twee sintuie is betrokke in reëls 27 en 28? Verduidelik.

29.2 Hoekom draf die dier agter die spreker aan?

29.3 Waarom is die oë nou wit?

29.4 Hoekom is daar nie ’n punt aan die einde van die gedig nie?

30.1 Word die dier se naam ooit in die gedig genoem?

30.2 Verduidelik die naamgebruik vir die dier in die gedig.

31. Verduidelik die moontlike simboliek in die gedig en motiveer jou

antwoord uit die gedig.

Page 6: Gedig 4: “Die strandjutwolf”pvatn.net/.../2020/03/2020_Woest_gedigte_Gr9_T2_2.pdf · 2020. 3. 1. · Voorgeskrewe gedigte vir Graad 9 Uit: Woordreise saamgestel deur Adinda Vermaak

Gedig 5: “Ek is oek important” –

Peter Snyders

Ek is oek important – Peter Snyders 1. As al julle geldgatte

2. julle geld gespendit,

3. en julle bananaskille

4. innie slootjie gegooi het,

5. en julle bustikkits

6. soes confetti gestrooi het,

7. en julle stain en cool drinks

8. opgedrink het,

9. en julle borrels en blikkies

10. in ‘n gangetjie gesit het,

11. en julle visgraatbolle

12. en vrot vrugte

13. en stukkende boksies

14. en papiere

15. r o n d g e s t r o o i het . . .

16. dan kom ek

17. en maakie wêreld weer skoon:

18. soe,

19. ek is oek important

ONDERRIGVRAE vir doen:

1. Wie is die spreker?

2. Watter boodskap wil bogenoemde tuisbring?

3.1. Wat noem ons:

1. al die vullis wat rondlê?

2. mense wat vullis rondgooi?

3.2 Watter vullis het jy al gesien rondlê wat nie hier genoem is nie?

4. Hoekom is hierdie Afrikaans meer gepas as standaard-Afrikaans?

5. Gee standaard-Afrikaans vir:

1. geldgatte –

2. gespendit –

3. bustikkits –

Page 7: Gedig 4: “Die strandjutwolf”pvatn.net/.../2020/03/2020_Woest_gedigte_Gr9_T2_2.pdf · 2020. 3. 1. · Voorgeskrewe gedigte vir Graad 9 Uit: Woordreise saamgestel deur Adinda Vermaak

4. staain –

5. bananaskille –

6. cool drinks –

7. borrels –

6. Watter woord beklemtoon die baie vullis?

7. Hoe beklemtoon die tipografie die baie vullis? (3)

8. Watter woord:

1. bind strofe 1 tot ‘n eenheid?

2. dui die wending/ ommekeer aan?

9. Hoekom het die gedig nie ‘n punt aan die einde nie?

10. Wat is die tema van die gedig?

VRAE en ANTWOORDE:

1. Wie is die spreker?

‘n straatveër

2. Watter boodskap wil bogenoemde tuisbring?

Hy maak alles skoon as die mense klaar gemors het. Daarom is hy ook

belangrik, al dink mense sy werk het geen status nie.

3.1. Wat noem ons:

1. al die vullis wat rondlê? – rommel; gemors

2. mense wat vullis rondgooi? – morsjorse; rommelstrooiers

3.2 Watter vullis het jy al gesien rondlê wat nie hier genoem is nie?

Buitebande; plastieksakke; lekkergoedpapiere.

4. Hoekom is hierdie Afrikaans meer gepas as standaard-Afrikaans?

Dis die spreektaal, Kaaps. Dit pas by die spreker. Dit karakteriseer die spreker.

‘n Straatveër is gewoonlik ongeletterd en sal nie standaard-Afrikaans praat nie.

5. Gee standaard-Afrikaans vir:

1. geldgatte – rykes/ ryk mense

2. gespendit – spandeer/ uitgegee

3. bustikkits – buskaartjies

4. staain – steinwyn

Page 8: Gedig 4: “Die strandjutwolf”pvatn.net/.../2020/03/2020_Woest_gedigte_Gr9_T2_2.pdf · 2020. 3. 1. · Voorgeskrewe gedigte vir Graad 9 Uit: Woordreise saamgestel deur Adinda Vermaak

5. bananaskille – piesangskille

6. cool drinks – koeldrank

7. borrels – bottels

6. Watter woord beklemtoon die baie vullis?

“rondgestrooi”

7. Hoe beklemtoon die tipografie die baie vullis? (3)

Die versreëls verspring om visueel aan te sluit by die aksie van rondgooiery. Die

vorm van die teks sluit dus aan by die betekenis van die woorde. Die vorm

demonstreer die inhoud.

Woorde is oor die papier tipografies (vorm) rondgestrooi soos wat die vullis

rondgestrooi word.

Die laaste reël van die strofe word uitgerek met spasies tussen elke nuwe letter

om ook deur die woord se skryfwyse/ voorkoms/ vorm te wys wat dit sê.

8. Watter woord:

1. bind strofe 1 tot ‘n eenheid? “en”

2. dui die wending/ ommekeer aan? “dan”

9. Hoekom het die gedig nie ‘n punt aan die einde nie?

Hierdie gebeure vind oor en oor plaas. Die mense mors altyd weer en dan moet

die straatveër weer skoonmaak. Dit dui die sikliese herhaling aan.

10. Wat is die tema van die gedig?

Ryk mense dink dalk hulle is beter as ‘n straatveër en gooi dan hulle gemors

rond. Omdat ‘n straatveër hulle gemors opruim en sorg dat alles netjies bly, is hy

baie belangrik, al dink die mense nie so nie.

Moontlike Toets Wie is:

(a) die digter en _______________________________________ [1]

(b) die spreker?________________________________________ [1]

2. Hoekom is die Afrikaans wat deur die spreker gepraat word hier meer gepas

as Standaardafrikaans?

__________________________________________________________

_________________________________________________________[2]

Page 9: Gedig 4: “Die strandjutwolf”pvatn.net/.../2020/03/2020_Woest_gedigte_Gr9_T2_2.pdf · 2020. 3. 1. · Voorgeskrewe gedigte vir Graad 9 Uit: Woordreise saamgestel deur Adinda Vermaak

3. Hoe word die rondstrooi van die baie vullis tipografies beklemtoon?

_________________________________________________________[2]

4. Hoekom kan gesê word dat die gedig ‘n vrye vers is?

__________________________________________________________

_________________________________________________________[2]

5. Wat is die tema of algemene lewenswaarheid wat die gedig aan die leser

wil oordra?

___________________________________________________________

___________________________________________________________

_________________________________________________________[2]

[TOTAAL : 10 ]

p. 143 “Ek is oek important” deur Peter Snyders

http://t2.gstatic.com/images?q=tbn:ANd9GcTZdeaQJZx3DMzfdiMRIHnPUMuygXjYUErX

9RQqMaROCERh1KLqksVlvkKEhttp://t2.gstatic.com/images?q=tbn:ANd9GcTZdeaQJZx3

DMzfdiMRIHnPUMuygXjYUErX9RQqMaROCERh1KLqksVlvkKE

Page 10: Gedig 4: “Die strandjutwolf”pvatn.net/.../2020/03/2020_Woest_gedigte_Gr9_T2_2.pdf · 2020. 3. 1. · Voorgeskrewe gedigte vir Graad 9 Uit: Woordreise saamgestel deur Adinda Vermaak

http://cnx.org/resources/b93ef580eb786780d01f798ccab73b6d8085029a/graphics1.png

http://cnx.org/resources/f70eba9676e0c5a33ee5e0c6b526b021d4660555/graphics2.png

Page 11: Gedig 4: “Die strandjutwolf”pvatn.net/.../2020/03/2020_Woest_gedigte_Gr9_T2_2.pdf · 2020. 3. 1. · Voorgeskrewe gedigte vir Graad 9 Uit: Woordreise saamgestel deur Adinda Vermaak

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL Graad 5 HOU DIE AARDE SKOON Module 13 ONS VERKLAAR OORLOG TEEN ROMMEL LEESSTUK Luister baie aandagtig terwyl julle opvoeder die volgende leesstuk hardop voorlees. Daarna kan jy en jou maat dit ook vir mekaar voorlees. Help mekaar met die korrekte uitspraak van die woorde.

KEN JY DIE WOORDE WAT IN DIE LEESSTUK VOORKOM?

Inligtingsoffisier : information officer Ruimteskip : spaceship

Roete en vlugplan : route and flight plan Voorspellings : projections

Rommel rondstrooi : litter Rampspoedige : disastrous

Eindbestemming : destination Besoedel : pollute

Welkom aan Boord......... “Dames en here, ek is julle inligtingsoffisier en ek praat nou met julle vanaf die inligtingsentrum van julle ruimteskip, Planeet Aarde. Soos julle weet, is hier geen passasiers aan boord nie. Ons is mos almal vlieëniers. Ons lewer elkeen ‘n bydrae tot die roete en vlugplan van hierdie ruimsteskip. Ongelukkig lyk dit of julle maar swak vaar. Ek sou julle graag ‘n aangename vlug wou toewens, maar volgens die rekenaar se voorspellings gedra julle julle net so swak soos julle ouers en hulle ouers vóór hulle. Hierdie ruimteskip, Planeet Aarde, is nou al baie jare lank besig om die verkeerde roete en vlugplan te volg. Indien dit nie verander nie, sal ons ruimteskip op ‘n rampspoedige einde afstuur! Dit hoef egter nie te gebeur nie! As julle besluit om ‘n paar dinge te verander en dit dadelik doen, gaan ons ‘n veilige eindbestemming hê. Julle moet almal begin om die aarde beter op te pas en om op te hou om rommel te strooi en die aarde te besoedel. Kies asseblief liewer hiérdie roete en vlugplan. Baie dankie.” [LU 1.5.2] Verdeel nou in groepe van vyf. Gesels oor die volgende vrae en kies iemand in die groep om terugvoering te gee oor julle antwoorde. Watter afval of rommel gooi julle elke dag by julle huis weg? Waarin gooi julle hierdie afval of rommel? Is julle skoolgrond skoon? Dink julle ‘n mens kan rommel sommer enige plek gooi? Hoekom sê julle so? Kan ‘n mens van hierdie rommel wat weggegooi word, weer gebruik? Gee ‘n paar voorbeelde. [LU 1.1.4; 2.1.2] WAARIN? WAARMEE? WAAROP? ONTHOU Ons sê nie: Dit is die vullisdrom in wat ons die rommel gooi nie, maarDit is die vullisdrom waarin ons die rommel gooi. Dit is die afval met wat ons die aarde besoedel nie, maarDit is die afval waarmee ons die aarde besoedel. Dit is ons omgewing op wat ons trots is nie, maarDit is ons omgewing waarop ons trots is. Verander nou die sinne soos in die voorbeeld: Dit is die aarde. Ons woon op die aarde (waarop)Dit is die aarde waarop ons woon. Dit is ons skoolgrond. Ons speel op die skoolgrond.(waarop) Dit is die rommel. Ons bemors die aarde met die rommel.(waarmee) Die aarde is soos ‘n ruimteskip. Ons reis in die ruimteskip.(waarin)

Page 12: Gedig 4: “Die strandjutwolf”pvatn.net/.../2020/03/2020_Woest_gedigte_Gr9_T2_2.pdf · 2020. 3. 1. · Voorgeskrewe gedigte vir Graad 9 Uit: Woordreise saamgestel deur Adinda Vermaak

Oefen nog sulke voorbeelde. MONDELING Nuwe planne met ou rommel. Julle moet elkeen een item skool toe bring. Hierdie item moet rommel wees wat eintlik weggegooi is, maar dalk nog gebruik kan word. Voorbeelde: ‘n leë blikkie; ‘n leë koeldrankbottel; ‘n ou koerant; ‘n plastieksak; ‘n ou hanger; ‘n leë melkkarton (of sapkarton); ‘n stuk tou; ‘n ou tandeborsel; ‘n leë glasfles, ens.

Almal sit hulle items voor in die klas neer. Die opvoeder gaan vir julle elkeen een van die items gee. Julle kry so ‘n paar minute om oor die item te dink. Jy moet aan jou groep of aan die klas beskryf hoe jou item lyk, waarvan dit gemaak is en waarvoor dit gebruik is voordat dit rommel geword het. Jy moet ook aan interessante dinge dink wat ‘n mens tog daarmee kan doen. Kyk hoeveel idees jy kan uitdink! [LU 2.3.4] ‘N ROMMELOPNAME IN DIE BUURT Hieronder is ‘n vorm wat julle kan gebruik vir die opname. Kyk watter soort rommel sien jy: op die speelgrond en om die skool in die straat en in die woonbuurt waar jy bly in en om julle naaste winkel of winkelsentrum.

SKOOL WOONBUURT WINKEL-

SENTRUM

BAIE MIN BAIE MIN BAIE MIN

PAPIER (enige vorm van papier)

LEЁ KARTONHOUERS (bv. melk en sap)

PLASTIEKSAKKE (winkelsakke)

Page 13: Gedig 4: “Die strandjutwolf”pvatn.net/.../2020/03/2020_Woest_gedigte_Gr9_T2_2.pdf · 2020. 3. 1. · Voorgeskrewe gedigte vir Graad 9 Uit: Woordreise saamgestel deur Adinda Vermaak

GLASBOTTELS

LEË BLIKKE

PLASTIEKBOTTELS

POLISTIREENGOED

METAAL (bv. yster)

ANDER PLASTIEKSAKKIES (nie

winkelsakke nie)

ANDER:

[LU 4.1.1] Verdeel in groepe van ses en gesels ‘n bietjie oor julle opnames. Watter soort rommel of vullis is die grootste probleem? Waar sien ‘n mens die meeste rommel? Stel julle opname in die onderstaande grafiek voor wat die leerkrag aan julle uitdeel. Gebruik ‘n skaal van 1 tot 10. 1 is die minste, en 10 die meeste. Kleur die blokkies in. Afleidings: Bespreek in julle groepe en skryf die antwoorde neer. Watter soort rommel kom die meeste voor en hoekom? Hoekom dink julle lê metaal soos yster al hoe minder rond? Watter soort rommel word minder rondgestrooi: plastiekbottels of glasbottels? Wat is die rede vir jou antwoord? [LU 5.4.3] SKRIFTELIKE WERK Lees die volgende paragraaf wat ‘n dogtertjie geskryf het. Haar naam is Regina Mwansa en sy woon in Zambië. Kyk in die atlas of op ‘n kaart waar Zambië is. Zambië is nie baie ver noord van Suid-Afrika nie. Stede is Vullisfabrieke Vullis is oral: in huise, strate, skole, parke en winkels. Die kinders speel daarop, honde snuffel daarin rond en honger mense soek vir iets om te eet. Die vullis word nooit behoorlik verwyder nie. Dit help nie ons kla nie, want die regering sê hulle het nie geld om die stad skoon te maak nie. Iets moet daaraan gedoen word! Daar moet meer vullisblikke op die strate wees en mense moet verbied word om vullis enige plek neer te gooi. Ons stad gaan een van die dae net ‘n vullishoop wees!

Page 14: Gedig 4: “Die strandjutwolf”pvatn.net/.../2020/03/2020_Woest_gedigte_Gr9_T2_2.pdf · 2020. 3. 1. · Voorgeskrewe gedigte vir Graad 9 Uit: Woordreise saamgestel deur Adinda Vermaak

Hoe lyk julle stad of dorp en hoe voel julle oor julle stad of dorp? Is dit ook ‘n vullisfabriek? Skryf ‘n paragraaf oor al die gemors en vullis, of, indien dit moontlik is, oor hoe min vullis of rommel daar is. Wat veroorsaak dit? Kan daar iets gedoen word om dit te verbeter? As julle stad of dorp skoon is, watter raad het julle vir vuil stede of dorpe? OF Stel ‘n brosjure of pamflet saam om besoedeling en rommelstrooi te verhoed. Waarsku die publiek teen die gevare en gee ‘n paar idees van hoe om hul dorp of stad skoon en netjies te hou. Jou opvoeder sal jou help met die vou van ‘n brosjure. [LU 4.4.1; 5.2.7; 5.2.8] STILLEES Lees die volgende gedig ‘n paar maal aandagtig deur en beantwoord die daaropvolgende vrae: Die Vullisdrom op die Speelgrond Ai, sug die drom op die speelgrond, Almal hardloop so ver om my rond. Ek wonder of daar iets in my magie sal val. Ek kan net so goed skuif tot daarbo teen die wal! Niemand sien my raak vir wat ek moet wees nie. Niemand wil die woorde op my magie lees nie. “Gooi jou rommel hierin,” staan groot geskryf, maar kyk, ek staan leeg met my groot, swarte lyf. Leë bottels en blikkies en lekkerpapiere, (ek eet en drink alles, want dis goeie maniere). Leë sakkies en pakkies en stukke plastiek, om te sien hoe dit rondlê, maak my so siek.” Asseblief nou my maats, moenie so mors nie, Julle wil nie die naam dra van morsjorse nie. Gooi wat leeg en gebruik is, altyd in die drom, want dit is mos waar die gemorsgoed moet kom!”

Beantwoord die volgende vrae deur ‘n merkie in die toepaslike kolom te maak. W is Waar, O is Onwaar en OB is Onvoldoende Bewyse.

W O OB

Die vullisdrom staan op ‘n skool se speelgrond.

Hierdie vullisdrom voel baie gelukkig.

Die drom dink dit sal beter wees om te skuif na ’n ander plek.

Page 15: Gedig 4: “Die strandjutwolf”pvatn.net/.../2020/03/2020_Woest_gedigte_Gr9_T2_2.pdf · 2020. 3. 1. · Voorgeskrewe gedigte vir Graad 9 Uit: Woordreise saamgestel deur Adinda Vermaak

Niemand sien die drom raak nie.

Daar is woorde op die drom geskryf.

Die drom se kleur is groen.

Die kinders in die skool koop net lekkergoed.

Daar lê baie vullis op die speelgrond rond.

‘n Morsjors is iemand wat altyd sy gemors weggooi

Gemors moet in ‘n vullisdrom gegooi word.

[LU 3.1.2] HARDOPLEES Kies die leesstuk by no. 1 of die gedig by no. 6 en berei dit voor vir hardop lees. [LU 3.6.1] Assessering LU 1 LUISTER Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer. Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: 1.1 verstaan stories (aan leerders vertel of gelees): 1.1.4 bespreek etiese, sosiale en kritieke kwessies, soos of die les van die storie onder alle omstandighede reg is (wissel tussen huis- en addisionele taal, indien nodig); 1.5 respekteer ander leerders: 1.5.2 luister na ander en moedig hul pogings aan om hul addisionele taal te praat. LU 2 PRAAT Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer. Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: 2.1 voer interaksie in sy/haar addisionele taal: 2.1.2 neem deel aan ‘n gesprek oor ‘n bekende onderwerp; 2.1.3 lug mening en gee ‘n rede daarvoor; 2.1.4 druk gevoelens uit; 2.2 tree op kultureel gepaste maniere op: 2.2.1 rolspeel bekende situasies met gepaste taal en gebare; 2.3 gebruik die addisionele taal om inligting oor te dra: 2.3.4 beskryf die funksie van iets (soos waarvoor ‘n alledaagse stuk gereedskap gebruik word); 2.4 gebruik die addisionele taal op ‘n kreatiewe wyse: 2.4.2 voer gedigte, liedjies en eenvoudige toneelstukke op. LU 3 LEES EN KYK Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer. Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: 3.1 toon, op ‘n eenvoudige manier, begrip van die elemente van stories: 3.1.2 die boodskap van die storie (waar gepas); 3.6 lees vir genot en inligting:

Page 16: Gedig 4: “Die strandjutwolf”pvatn.net/.../2020/03/2020_Woest_gedigte_Gr9_T2_2.pdf · 2020. 3. 1. · Voorgeskrewe gedigte vir Graad 9 Uit: Woordreise saamgestel deur Adinda Vermaak

3.6.1 lees heelwat fiksie- en nie-fiksie-boeke op ‘n gepaste lees- en taalvlak; 3.7 gebruik naslaanwerke en ontwikkel woordeskat: 3.7.2 demonstreer ‘n leeswoordeskat van ongeveer 2 000 tot 3 500 alledaagse woorde. LU 4 SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf. Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: 4.1 skryf om inligting oor te dra: 4.1.1 teken en skryf byskrifte by eenvoudige kaarte: 4.1.5 gee ‘n kort, skriftelike beskrywing van ‘n persoon, voorwerp of eenvoudige proses; 4.2 skryf vir ‘n sosiale doel: 4.2.1 skryf ‘n kort boodskap; 4.3 skryf kreatief: 4.3.1 skryf ‘n eenvoudige storie; 4.3.2 gebruik sekere tegnieke om kreatief te skryf: woorde vir ‘n bekende wysie skryf; 4.4 ontwerp mediatekste: 4.4.1 ontwerp ‘n eenvoudige plakkaat of kennisgewing. LU 5 DINK EN REDENEERDie leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik. Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen: 5.1 gebruik taal oor die kurrikulum heen: 5.1.1 verduidelik sekere konsepte wat in ander leerareas gebruik word (bv. besoedeling in Natuurwetenskap); 5.1.2 toon die vermoë en kennis om woordeskat uit ander leerareas te gebruik; 5.1.3 verstaan en skryf tekste wat in ander leerareas gebruik word (bv. oor besoedeling in Natuurwetenskap); 5.2 gebruik taal om te dink: 5.2.4 klassifiseer dinge volgens bepaalde kriteria (bv. rommel teenoor nie-rommel); 5.2.7 beskryf oorsaak en gevolg; 5.2.8 gee menings en redes daarvoor; 5.4 dra inligting van een modus na ‘n ander oor: 5.4.1 luister na ‘n praatjie en teken inligting in ‘n tabel op of skryf byskrifte by ‘n diagram; 5.4.3 gebruik inligting uit ‘n grafiek, tabel of diagram om ‘n teks te skryf. Memorandum 2. (a) Dit is ons skoolgrond waarop ons speel. (b) Dit is die rommel waarmee ons die aarde bemors. (c) Die aarde is soos ‘n ruimteskip waarin ons reis. 6. 1. waar 2. onwaar 3. waar 4. waar 5. waar https://hoogeveen.sp.nl/sites/hoogeveen.sp.nl/files/styles/afd_middenkolom/public/nieuwsafbeeldingen/straatveger_368x493.jpg?itok=WIunDZQS6. onwaar 7. onwaar 8. waar 9. waar 10. waar

Page 17: Gedig 4: “Die strandjutwolf”pvatn.net/.../2020/03/2020_Woest_gedigte_Gr9_T2_2.pdf · 2020. 3. 1. · Voorgeskrewe gedigte vir Graad 9 Uit: Woordreise saamgestel deur Adinda Vermaak

http://cnx.org/contents/[email protected]:0hScrAHZ@1/Ons-verklaar-oorlog-teen-rommel

https://stock-foto.nationalebeeldbank.nl/nationalebeeldbank_2008-11-231979-2_straatveger.jpg

http://thumbs.dreamstime.com/x/het-monument-van-de-straatveger-41731522.jpg

Page 18: Gedig 4: “Die strandjutwolf”pvatn.net/.../2020/03/2020_Woest_gedigte_Gr9_T2_2.pdf · 2020. 3. 1. · Voorgeskrewe gedigte vir Graad 9 Uit: Woordreise saamgestel deur Adinda Vermaak

http://t1.gstatic.com/images?q=tbn:ANd9GcRry7sIjBotT1saOVGuTzjOheg9DUC6EDZ9Roer0E_86OiH9NB_rbHwdRNy

http://t0.gstatic.com/images?q=tbn:ANd9GcQsfviEZLwihHksiN0yZvQF0OKEXVuaGrS4ghQACIYmLOoE-BXnstSbcWx7

http://t1.gstatic.com/images?q=tbn:ANd9GcTpMLcudG1ZC1qjBCR_4V9F8sbpTbF56lE9K5K-3OX-DiW1wZRwM4VS8i0

http://t1.gstatic.com/images?q=tbn:ANd9GcR_of5Ue7FMLCT1HEWjo1bvb5LtUGBTs4JheBfbQCHhSiqlUngjYwvI9MTK

http://www.knokke-heist.be/sites/default/files/resize/remote/73e12d0a13266f6ba5d1d2f98c303d85-350x232.jpg

Page 19: Gedig 4: “Die strandjutwolf”pvatn.net/.../2020/03/2020_Woest_gedigte_Gr9_T2_2.pdf · 2020. 3. 1. · Voorgeskrewe gedigte vir Graad 9 Uit: Woordreise saamgestel deur Adinda Vermaak

http://t2.gstatic.com/images?q=tbn:ANd9GcRdOHE_aH-OT2Pxy-c-9pk8E26foriur1blU5hbVCKHCae6OFTqZelZAw

http://www.nbbmuseum.be/wp-content/uploads/2010/01/inflatie3.jpg

http://t0.gstatic.com/images?q=tbn:ANd9GcSbAS5-gEEzMxpa3BJXYwoywfWa1mLyDNKvD-bxE0zCurnZjKg3V55wKA

http://t2.gstatic.com/images?q=tbn:ANd9GcRPc_XD0VxGFVvwZbUWe0_-ZW9NDiE39t3Ny9l071xM6yyIFAW_SdhIJsQ

Page 20: Gedig 4: “Die strandjutwolf”pvatn.net/.../2020/03/2020_Woest_gedigte_Gr9_T2_2.pdf · 2020. 3. 1. · Voorgeskrewe gedigte vir Graad 9 Uit: Woordreise saamgestel deur Adinda Vermaak

p. 176 “Maria” deur Elisabeth Eybers

http://pottebakker.co.za/wp-content/uploads/2014/12/Angel-Mary-Jes.jpg

http://t2.gstatic.com/images?q=tbn:ANd9GcQFEFMnweoJ4YZODJ6bEArKl_45Uv2LUSnuaPqLrVJPf7RwakMA-ki7taLT

MARIA - Elisabeth Eybers

1. 'n Engel het dit self gebring, 2. die vreude-boodskap - en jy het 3. 'n lofsang tot Gods eer gesing, 4. Maria, nooi uit Nasaret!

5. Maar toe Josef van jou wou skei 6. en bure-agterdog jou pla, 7. het jy kon dink, eenmaal sou hy 8. die heel wêreldskande dra?

9. Toe jy soms met ’n glimlag langs 10. jou liggaam stryk ... die stilte instaar ... 11. wis jy met hoeveel liefde en angs 12. sou hy sy hellevaart aanvaar?

13. Die nag daar in die stal – geeneen 14. om in jou nood jou by te staan – 15. het jy geweet dat HY alléén 16. Getsemané sou binnegaan?

17. Toe vorste uit die Ooste kom 18. om nederig hulde te betoon, 19. wis jy hoe die soldate hom 20. as koning van die volk sou kroon?

Page 21: Gedig 4: “Die strandjutwolf”pvatn.net/.../2020/03/2020_Woest_gedigte_Gr9_T2_2.pdf · 2020. 3. 1. · Voorgeskrewe gedigte vir Graad 9 Uit: Woordreise saamgestel deur Adinda Vermaak

21. En toe Hy in jou arms lê, 22. sy mondjie teen jou volle bors, 23. het jy geweet dat hy sou sê, 24. toe dit te laat was: Ek het dors!...

* 25. Toe dit verby was, en jy met 26. sy vriend Johannes huis toe gaan – 27. Maria, vrou van smarte, het 28. jy toé die boodskap goed verstaan?

https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/7a/Gerard_van_Honthorst_002.jpg/800px-Gerard_van_Honthorst_002.jpg

Vrae:

1. Na wie verwys die titel?

2.1 Wat bring die Engel volgens die eerste strofe?

2.2 Verduidelik presies wat dit is.

3. Hoe reageer Maria in die strofe?

4. Hoekom word Maria “nooi uit Nasaret” genoem?

5.1 Wat is die rymskema van die eerste strofe?

5.2 Wat noem ons die soort rym?

Page 22: Gedig 4: “Die strandjutwolf”pvatn.net/.../2020/03/2020_Woest_gedigte_Gr9_T2_2.pdf · 2020. 3. 1. · Voorgeskrewe gedigte vir Graad 9 Uit: Woordreise saamgestel deur Adinda Vermaak

5.3 Kyk nou na die res van die gedig. Is die rymskema oral dieselfde.

Verduidelik.

6.1 Watter twee probleme het Maria volgens strofe 2?

6.2 Waarom het Maria hierdie probleme?

7. Watter soortgelyke probleem sou Jesus later hê volgens strofe 2?

8. Hoekom het Maria met ’n glimlag oor haar liggaam gevryf? [Strofe 3]

9.1 Wat beteken “hellevaart” in reël 12?

9.2 Watter twee emosies sou Jesus tydens sy hellevaart ervaar?

9.3 Watter kontras is daar tussen die twee emosies?

9.4 Op watter manier blyk Jesus se goddelikheid uit die twee emosies?

10.1 Wat het die nag in die stal gebeur? [reël 13]

10.2 Watter nood dink jy het Maria die nag gehad?

10.3 Watter verskil is daar tussen Maria se nood en Jesus se nood later?

10.4 Watter gebeure het in Getsémane plaasgevind?

11.1 Wat is “vorste”?

11.2 Wie was die “vorste uit die Ooste”?

11.3 Wat het die vorste gebring?

11.4 Hoekom word die vorste as nederig beskryf?

11.5 Hoe het hulle Jesus tot koning gekroon?

11.6 Watter ironie lê daar in die kroning van Jesus?

12. Watter versorgende moederskap kom voor in reëls 21 en 22?

13.1 Verduidelik wat reëls 23 en 24 beteken.

13.2 Wat is die funksie van die kommas in strofe 6?

13.3 Wat is die funksie van die dubbelpunt in reël 24?

13.4 Verduidelik die funksie van die uitroepteken in reël 24.

13.5 Wat is die doel van die beletselteken in reë 24?

14.1 Wat noem ons die soort vrae wat aan Maria gevra word?

14.2 Gee ’n verduideliking van wat ons onder die soort vrae verstaan.

14.2 Watter funksie vervul die vrae in die gedig?

15. Waarom is daar ’n asterisk na strofe 6 in die gedig?

Page 23: Gedig 4: “Die strandjutwolf”pvatn.net/.../2020/03/2020_Woest_gedigte_Gr9_T2_2.pdf · 2020. 3. 1. · Voorgeskrewe gedigte vir Graad 9 Uit: Woordreise saamgestel deur Adinda Vermaak

16. Wat is die “dit” waarna in reël 25 verwys word?

17. Hoekom gaan Maria saam met Jesus se vriend, Johannes, huis toe?

18.1 Wat noem ons die leesteken aan die einde van reël 26?

18.2 Waarom eindig reël 26 juis met die leesteken?

19.1 Watter ooreenkomste is daar tussen strofe 1 en strofe 7?

19.2 Watter verskille is daar tussen strofe 1 en strofe 7?

20. Verduidelik die kontras en lewer kommentaar op die kontras tussen

strofe 1 en strofe 7.

21. Hoekom is daar ’n akuut op die toe in reël 28?

22. Verduidelik die betekenis van die laaste vraag wat aan Maria gestel word.

23. Wat dink jy is die boodskap aan Maria?

24. Wat dink jy is die boodskap van die gedig? Hoekom

Page 24: Gedig 4: “Die strandjutwolf”pvatn.net/.../2020/03/2020_Woest_gedigte_Gr9_T2_2.pdf · 2020. 3. 1. · Voorgeskrewe gedigte vir Graad 9 Uit: Woordreise saamgestel deur Adinda Vermaak

p. 184 “Bicycle sonder slot” deur Koos Kombuis

Bicycle sonder slot - Koos Kombuis

1. Karin, onthou jy ons kuiers met koeldrank

2. alleen in die kaia van jeugtyd se groen

3. onthou jy die dae van skoolbank en kerse

4. die nagte met honde en goed om te doen

5. ek bring vir jou blomme

6. ek gee jou genot

7. ek leen jou my bicycle sonder 'n slot

8. ek weet dit is laat

9. en jou ma-hulle slaap

10. maar ek moes net vir jou sê

11. ek het jou lief soos die Kaap

12. Saam het ons bulte geklim in die somer

13. en fietsgery al op die soom van 'n droom

14. wat is jy as jy groot is, is die lewe net stroomop?

15. al ons vrae het gewapper soos vlieërs aan 'n boom

16. Karin verstaan dat jare soos wyn

17. kan oud word in kanne vol vriendskap en son

18. weet jy dat net kinders liewe Jesus kan liefhê

19. maar dat kinders die wêreld al meer gaan verstom