gedurende die kersseisoen gee en ontvang ons baie meer ... gedagtes.pdf · in die afgelope jaar wat...

51
Boodskap van die samesteller Anna Eksteen, aan jou, die ontvanger van . "GOUE GEDAGTES". Ek het hierdie boekie met baie liefde saamgestel en vertrou dat dit vir jou en vir wie jy dit ookal mag aanstuur of gee tot groot seën sal wees. Saai die Here se woord deur middel van. "GOUE GEDAGTES". Ek persoonlik voel dit is ‘n ideale geskenk vir iemand wat ‘n behoefte het aan die Here se nabyheid of net naderby wil hou vir jou eie persoonlike stiltetyd. Ek het besluit om nie ‘n vasgestelde prys te vra vir hierdie spesifieke boekie nie, soos in die geval met my resepteboeke nie. Indien jy egter in jou hart voel om my wel te vergoed, sal enige donasie welkom wees. Dit is egter nie verpligtend nie, en moet dit jou geensins verhinder om die boekie vir jouself te neem en/of aan te stuur indien jy nie die donasie kan bybring nie. Die Here verwag van my om Sy woord te saai, en Hy sal die oes op die regte tyd en plek gereedmaak. Ek vra jou dus om dit aan te stuur na enige iemand wat jy wil seën. Enige terugvoering sal verwelkom word. Skryf gerus vir my by [email protected] My bankbesonderhede verskyn op die volgende bladsy.

Upload: others

Post on 27-Sep-2019

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Gedurende die Kersseisoen gee en ontvang ons baie meer ... gedagtes.pdf · In die afgelope jaar wat ek die "VANDAG" dagstukkies uitstuur het ek baie te doen gekry met mense wat ‘n

Boodskap van die samesteller Anna Eksteen, aan jou, die ontvanger van . "GOUE GEDAGTES". Ek het hierdie boekie met baie liefde saamgestel en vertrou dat dit vir jou en vir wie jy dit ookal mag aanstuur of gee tot groot seën sal wees. Saai die Here se woord deur middel van. "GOUE GEDAGTES". Ek persoonlik voel dit is ‘n ideale geskenk vir iemand wat ‘n behoefte het aan die Here se nabyheid of net naderby wil hou vir jou eie persoonlike stiltetyd. Ek het besluit om nie ‘n vasgestelde prys te vra vir hierdie spesifieke boekie nie, soos in die geval met my resepteboeke nie. Indien jy egter in jou hart voel om my wel te vergoed, sal enige donasie welkom wees. Dit is egter nie verpligtend nie, en moet dit jou geensins verhinder om die boekie vir jouself te neem en/of aan te stuur indien jy nie die donasie kan bybring nie. Die Here verwag van my om Sy woord te saai, en Hy sal die oes op die regte tyd en plek gereedmaak. Ek vra jou dus om dit aan te stuur na enige iemand wat jy wil seën. Enige terugvoering sal verwelkom word. Skryf gerus vir my by [email protected] My bankbesonderhede verskyn op die volgende bladsy.

Page 2: Gedurende die Kersseisoen gee en ontvang ons baie meer ... gedagtes.pdf · In die afgelope jaar wat ek die "VANDAG" dagstukkies uitstuur het ek baie te doen gekry met mense wat ‘n

2

Gedurende die Kersseisoen gee en ontvang ons baie meer geskenke as in enige ander tyd van die jaar. Met sorg en liefde soek ons die regte geskenke vir ons geliefdes, familie en vriende, en ons hoop en vertrou dat elke geskenk wat ons gee, net die regte een sal wees vir die een wat dit ontvang. Alhoewel my resepte boeke al menigmale gedien het as ideale geskenke, is almal wat dit ontvang het, nie noodwendig die kook en bak tipe nie, en nie almal het groot gesinne om spesiale disse voor te berei nie. Ook is ek al menigmale teleurgestel met mense wat oneerlik my boeke bekom en my nooit vergoed daarvoor nie, juis oor hierdie rede het ek besluit om nie ‘n vasgestelde prys te vra nie. Die regte mense, met die regte gesindheid en waardering vir dit wat ek in hierdie samestelling bymekaar gebring het, sal op my pad geplaas word, as dit die Here se wil is. In die afgelope jaar wat ek die "VANDAG" dagstukkies uitstuur het ek baie te doen gekry met mense wat ‘n soeke het na ‘n geestelike boodskap wat op ‘n eenvoudige manier aan hul oorgedra word, en volgens terugvoering van verskeie mense het die boodskappies in die dagstukkies baie keer hierdie leemte gevul. Ek het dus besluit om nie die normale resepteboek saam te stel soos wat dit my gebruik is net voor die Kersseisoen nie, maar om ‘n samestelling van "GOUE GEDAGTES" te maak, gevul met voedsel vir die siel in plaas van voedsel vir die liggaam. Daar is dalk net iemand van wie jy weet of het jyself hierdie boekie en die inhoud daarvan baie nodig, net om wéér te hoor dat die Here vir jou baie liefhet en dat jy vir hom baie spesiaal is, maak nie saak wat jou omstandighede is nie. Al die boodskappies wat ek in hierdie samestelling gebruik het, is boodskappies, versies, gedigte en gedagtes wat ek oor ‘n tydperk van 6 jaar, en tot onlangs versamel het. Geen hiervan is dus van my eie werke nie. Ek dank die Here vir die talente wat Hy vir digters en skrywers gegee het, en wie se werke ek gebruik van gemaak het in hierdie bundel. "GOUE

GEDAGTES". Sou jy ‘n donasie wil maak is my bankbesonderhede is as volg: Jy hoef geen verwysing te gebruik nie. Die Here ken jou hart en Hy weet wie jy is,. Jy is Syne, en ek hoef nie jou besonderhede te ken nie. A.C.Eksteen Standard Bank – Spaarrekening Empangeni Rekening No: 160207444 Takkode: 057530

Page 3: Gedurende die Kersseisoen gee en ontvang ons baie meer ... gedagtes.pdf · In die afgelope jaar wat ek die "VANDAG" dagstukkies uitstuur het ek baie te doen gekry met mense wat ‘n

3

GEBRUIKSAANWYSINGS Jy mag onder geen omstandighede hierdie “vitamienes” en “voedsel” vir jou siel alles gelyk inneem nie. Neem genoegsame tyd om dit stukkie vir stukkie in te neem en te verwerk. Sit hierdie bundeltjie êrens naby jou, langs jou bed – Jy sal rus daarin vind. In jou kantoor – die tydjie wat die ander gou ‘n draai gaan stap, sal jy vinnig kan loer. By jou telefoon – as ‘n klein afwisseling – in die wagkamer – op jou kliente besig te hou. Dit kan net wondere verrig vir ‘n moeë siel, ‘n eensame, ‘n bedroefte, ‘n ongelukkige gelukkige en selfs vir ‘n geseënde, gelukkige en vrolike kind van die Heer.

KOM ONS RAAK STIL VOOR DIE HEER

Dankie Heer, vir die wonder pad van Lig waarop U ons voete geplaas het. ‘n Pad waarop U ons lei en so baie leer en gee. U leer ons hoe om te bid, hoe om te gee en saam te werk. U vul ons harte met liefde sodat ons ook vir andere tot seën kan wees. U gee aan ons die moed en krag om aan te hou met aanhou, om die voëltjies te hoor sing al is die daeraad al donker. U gee aan ons die wysheid om ons lewens ordelik en suksesvol te laat verloop. U gee aan ons die lewe self, sodat ons elke dag kan geniet en almal saam blymoedig kan voortgaan op ons wonder-pad van Lig! Dit is my gebed. Amen.

HOE HEERLIK DIE WETE Hoe heerlik die wete – God het my lief! Drie klein woordjies met so ‘n grootse boodskap – drie klein woordjies wat, as ek dit my eie maak, ‘n vonkel in my oë bring en veerkrag in my voetstap. Hoe weet ek dit? As ons oë het om te sien, sal ons dit sien. As ons ore het om te hoor, sal ons dit hoor. Maar die grootste bewys is die geskenk van Sy Seun wat Hy bykans 2000 jaar gelede as Seun van die mens gegee het. Hierdie grootse liefde is ‘n geskenk van God, en hoe graag wil ek nie hierdie hemelse geskenk met my naaste deel nie. Ek wil hulle vertel van hierdie liefde as hul harte seer en vol smart is – ek wil hulle vertel van hierdie liefde as hulle voel hul is van God en mens verlaat. Ek wil hierdie liefde so mildelik deel met my medemens, totdat hulle ook kan ontspan en rus vind. God se liefde is vir ewig en ken geen perke nie.

Page 4: Gedurende die Kersseisoen gee en ontvang ons baie meer ... gedagtes.pdf · In die afgelope jaar wat ek die "VANDAG" dagstukkies uitstuur het ek baie te doen gekry met mense wat ‘n

4

KIND VAN MY Kind van My, Ek het jou lief met ‘n ewige onverganklike liefde. Kyk op na die berge, en wéét waar jou hulp vandaan kom! Moenie vrees nie, maar glo. Glo en doen. Doen wat jou hand vind om te doen. Jou slaap sal soet wees, want Ek is met jou. Moenie vrees vir die dief wat kom om te slag, te steel en te verwoes nie, want Ek het jou reeds die oorwinning gegee. Glo, glo, glo! - Elmarie Jacobs VRIENDIN ‘n Vriendin is ‘n reisgenoot wat in die woestyn vir my sê: “Die oase kan nie meer ver wees nie.” ‘n Vriendin is ‘n reisgenoot wat by die oase vir my sê: “Die beloofde land sal nog mooier wees.” ‘n Vriendin is ‘n reisgenoot wat weet wanneer ek moeg raak, en dan saam met my stadiger verder loop. E. Laridon ONS GELIEFDES Wat is ons verantwoordelikheid teenoor geliefdes wie se omstandighede en dade by ons kommer wek? Dit is ons verantwoordelikheid om behulpsaam te wees, liefdevol en vertrouend – om staat te maak op die almagtige, al wyse Gees van Christus binne in elkeen van hulle. Ons hoef ons nie te bekommer oor hulle geluk, welstand en groei nie, want die Heer wat woon in hul harte sal hulle lei. Ons geliefdes mag hulle dalk verset teen ons belangstelling in hulle omstandighede en dade, maar hulle kan hulle nie teen ons stil seëninge en ons liefdevolle onderskragende gedagtes verset nie. Hulle kan hulle nie verset teen ons besef dat dieselfde liefdevolle Christus wat ons lei, ook vir hulle lei nie. Diep in ons wese kan ons altyd weet dat ons geliefdes ook geestelike wesens is. Ons sien hulle vry, wonderlik en gelukkig, elkeen besig om te leer op sy pad van lig.

RESEP VIR GELUK ‘n Handjievol lagkruie, gekweek in die tuin van jou gees. ‘n Flink dosis geesdrif en besieling, blydskap en lewensvreugde. Enkele blaartjies sagmoedigheid, bedrup met geduld. Die sap van die plante: selfvertroue en beheersing van gedagtes. ‘n Tikkie sorgelose onverskilligheid vir onbenullige kritiek. ‘n Flink stuk aanvaarding en buigsaamheid on nie te breek nie. Laat alles goed trek in die sap van die humor.

Page 5: Gedurende die Kersseisoen gee en ontvang ons baie meer ... gedagtes.pdf · In die afgelope jaar wat ek die "VANDAG" dagstukkies uitstuur het ek baie te doen gekry met mense wat ‘n

5

HERE, LEER MY DIEN Here, leer my dien waar ek vandag aan iemand goed kan doen. Wys my vir wie ek nou moet bid en of ek raad moet gee. Hoe moet ek sê? Heer leer my dien. Waar ek voor nood te staan kom, wys my wat ek kan gee en hoe om dit te doen. As iemand moeg is of probleme het, laat my die las verlig en nuwe moed bring. Heer leer my dien. Wys my Here, waar om stil te bly en waar ek vandag iets van U sê. Waar mense deur die sonde blind geword het, help my om van ‘n lig ‘n straaltjie te laat deurbreek. Heer leer my dien.

JY SOEK TE VER NA GELUK 1 Tess. 5:18 Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Jesus Christus van julle verwag. Sê jy dat jy nie altyd geluk kry nie? Wat is geluk? Gaan sit iewers alleen, neem 'n stukkie papier en 'n potlood en skryf dan op wat jy het: Jy het 'n lewensmaat, jy het 'n gesin, jy het vriende, jy het 'n werk, jy het 'n huis, jy het 'n tuin, jy het kos en klere, gesondheid. Is jy nie baie gelukkig om dit alles te hê nie? Wat wil jy hê om gelukkig te wees? Maak jou lysie. Baie geld en…..…En nou? Jy het 'n probleem. Miskien gaan jy jou lewensmaat verloor vir baie geld, omdat jy nie tyd het nie. Miskien verloor jy jou gesin, omdat jy te besig is. Miskien verloor jy jou goeie vriende,want hulle pas nie by jou nuwe lewe nie. Jy het baie geld, maar jy is brandarm! Want jy het die sin van die lewe verloor. Jy het jou siel verloor. Jy soek te ver na geluk. Die enigste ware geluk is 'n dankbare hart wat liefde gee vir mense. Wees dankbaar en loof God vir alles wat jy het.

Page 6: Gedurende die Kersseisoen gee en ontvang ons baie meer ... gedagtes.pdf · In die afgelope jaar wat ek die "VANDAG" dagstukkies uitstuur het ek baie te doen gekry met mense wat ‘n

6

EK IS.... In droogte die water van Lewe In honger 'n tafel gedek. In donker die Lig wat die pad vir jou wys. In elke situasie is Ek. Voel jy verlore, is dit Ek wat jou vind voel jy alleen, staan die Vriend by sy kind Word alles eentonig gee Ek lewe, maak Ek nuut, Van die begin af tot die einde laat Ek alles geskied. Nooit word Ek moeg nie of soek nuwe krag, Nooit is daar 'n fout in My plan. Onthou dan in my is jou lewe verberg En Ek die behouer daarvan. – Christ Life - Namibia

WIE IS CHRISTUS VIR JOU Vir die juwelier is Hy die Kosbare pêrel Vir die bakker is Hy die Brood van die Lewe Vir die oogarts is Hy die Stralende Oë Vir die dokter is Hy die Groot Geneesheer Vir die bankier is Hy die Kosbare Skat Vir die tuinier is Hy die Herfsroos van Saron en die Lelie van die Dale Vir die koerantman is Hy die Tyding van Groot Blydskap Vir die geoloog is Hy die Ewige Rots Vir die regter is Hy die Waaragtige Getuie Vir die advokaat is Hy die Voorspraak Vir die prisonier is Hy die Verlosser Vir die dorstige is Hy die Fontein van Lewende Water Vir die landbouer is Hy die Ware Wynstok Vir die skaapwagter is Hy die Goeie Herder Vir die sterrekundige is Hy die Blink Môrester Vir die musikant is Hy die Soetste Melodie Vir die kunstenaar is Hy die Lieflikheid self Vir die treurende is Hy die Trooster Vir die sagmoedige is Hy die Prins van Vrede Vir die vermoeide is Hy die Een wat Rus gee Vir die sondaar is Hy die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem.

Page 7: Gedurende die Kersseisoen gee en ontvang ons baie meer ... gedagtes.pdf · In die afgelope jaar wat ek die "VANDAG" dagstukkies uitstuur het ek baie te doen gekry met mense wat ‘n

7

VRIENDSKAP IS SOOS DIE NATUUR

Vriendskap is soos die natuur. Soms waai ons by mekaar verby sonder om te stop en te vra hoekom die ander so verkreukel lyk. Die lewe se wind dra ons weg met 'n oppervlakkige "Goed dankie" en "Sien jou later". Soms sien ons eers baie later die rypskade aan die ander se brose binneste en wonder ons hoekom het ons nie al lankal gevra nie. Soms sien ons net die lentekleur raak op 'n gesig en is ons nie eers bewus van die wurm wat aan sy/haar binneste vreet nie. Soms wonder ons of dit net die wind is wat hom/haar wegbuig van ons af en of dit dalk die stingeltjie self is wat sy stokstywe ruggie op jou draai. Pluk iemand vir ons 'n ruiker uit God se tuin, wriemel ons weg van mekaar. Roos se dorings steek te seer en papawer wil mos langs niemand wees nie. Koringblommetjie kruip weg van skaamte oor haar kartelhoede en hibiskus wonder of almal weet van haar verlede.

Intussen vergeet ons dat die Here afkyk op sy tuin en net pragtige blomme sien. Almal is ewe mooi, ewe kosbaar, ewe goed in Sy oë. VERGEWE MY as ek op 'n wintersoggend nie vir jou 'n trooskombersie van woorde wou oorgooi teen die rypskade nie. VERGEWE MY as ek op 'n lenteoggend selfsugtig met my eie nuwe blare loop en spog het en nie die kneusplekkies aan jou stingeltjie gesien het nie. VERGEWE MY as ek op 'n warm somersdag nie vir jou 'n tydjie gemaak het nie, omdat ek te besig was, selfs te veel gekla het, te haastig was om aan jou die koelte van my vrienskap te bied. TROOS Geen mens kan sonder troos lewe nie! Troos is egter nie soos alkohol of ‘n slaappil of ‘n inspuiting wat jou slegs verdoof en daarna in nog groter duisterheid stort nie. Troos bestaan nie uit ‘n vloed van woorde nie. Troos is ‘n milde salf op diep wonde. Troos is ‘n onverwagte oase in ‘n groot woestyn, wat jou laat glo aan die lewe. Troos is ‘n sagte hand op jou voorkop wat jou tot rus bring. Troos is ‘n teer gelaat naby jou wat jou wat jou trane begryp, wat luister na jou gemartelde hart, wat by jou bly in jou angs en vertwyfeling en wat aan jou die sterre wys.

Page 8: Gedurende die Kersseisoen gee en ontvang ons baie meer ... gedagtes.pdf · In die afgelope jaar wat ek die "VANDAG" dagstukkies uitstuur het ek baie te doen gekry met mense wat ‘n

8

LIEFDE IS Liefde is altyd ‘n bietjie blind vir die foute van ander. Waar liefde en vriendskap kwyn, gaan ook hierdie simpatieke “blindheid” verlore. Jou oë word sleg en jy sien uiteindelik niks anders meer as net foute en gebreke – lelike dinge! Waarom kan mense nie volhou met die liefde nie? Waarom word dit so moeilik as mense daagliks moet saamleef? Ons maak onsself heel dikwels iets wys wat nie daar is nie. Ons beweer dat ons die ander liefhet, maar in werklikheid bemin ons slegs onsself, ons eie ek. ‘n Mens verwag te veel van ander. Die ander moet vriendelik wees, die ander moet my ophemel, moet my op die hande dra, mag nooit in ‘n slegte bui wees nie, mag my nooit iets verwyt nie. By die geringste ontgogeling voel ek gekwets in my liefde. Ons dink te min of byna nooit aan wat ons self vir die ander kan gee of kan doen nie. Moenie te vinnig sê “Jy hou nie van my nie” voordat jy nie self alles gegee het nie. ONSE VADER Ek kannie bid ONSE as ek net vir myself leef nie. Ek kannie bid VADER as ek nie sy kind geword het nie. Ek kannie bid WAT IN DIE HEMEL IS as ek nog aardgebonde is nie. Ek kannie bid LAAT U NAAM GEHEILIG WORD as ek dit ydelik gebruik nie. Ek kannie bid LAAT U KONINKRYK KOM as ek nie sy Woord uitdra nie. Ek kannie bid LAAT U WIL GESKIED as ek altyd my eie sin wil hê nie. Ek kannie bid om my DAAGLIKSE BROOD as ek spandabelrig lewe nie. Ek kannie bid VERGEEF ONS ONS SKULDE as ek nie berou het nie. Ek kannie bid SOOS ONS ONS SKULDENAARS VERGEWE en met 'n wrok rondloop nie. Ek kannie bid AAN U BEHOORT DIE KONINKRYK as ek Jesus nie dien nie. Ek kannie bid EN DIE KRAG as daar nog vrees in my hart is nie. Ek kannie bid EN DIE HEERLIKHEID KOM as ek my lewe regeer nie. Ek kannie bid TOT IN EWIGHEID as ek nie sy koms verwag nie. Ek kannie sê AMEN as ek nie kinderlik glo nie.

Page 9: Gedurende die Kersseisoen gee en ontvang ons baie meer ... gedagtes.pdf · In die afgelope jaar wat ek die "VANDAG" dagstukkies uitstuur het ek baie te doen gekry met mense wat ‘n

9

OEFENINGE As ons vir ‘n vinnige wandeling gaan, voel ons onmiddellik ‘n toename in energie en lewenslus. Gereelde oefeninge help ons om sterk spiere en ‘n gesonde bloedsomloop te ontwikkel. Net so ook sal ons gereelde tye van gebed, tye van geestelike oefening, tye waarin ons in aangename kommunikasie met ons Skepper verkeer, ons geloof, gemoed en liggaam versterk. Hierdie oefening van geestelike kommunikasie met God, veroorsaak dat ons verborge vermoëns en talente in onsself ontdek. Deur hulle te gebruik, hernu ons hulle, en maak ons hulle doeltreffend. Deur ons gedagtes oop te hou vir produktiewe denke, bly ons oop en ontvanklik vir nuwe talente wat vir onsself en andere tot seen kan wees. Ons lewens kry nuwe betekenis as ons getrou bly in ons geestelike oefeninge.

‘n Huis is so sterk soos die fondament waarop dit staan, daarom word net die sterkste materiaal en die beste planne gebruik vir ‘n stewige en sterk fondament. Net so kan ek ook ‘n sterk fondament bou vir my eie lewe – ‘n geestelike fondament waarop ek vas en sterk sterk kan staan deur enige uitdaging. En hierdie fondament – wat is dit? Dit is my verhouding met God, en gebed na gebed., bou ek elke dag daaraan. Gebed hou die deur oop tot Gods Heilige Gees wat in my woon. Sy lewenskrag en liefde is die bakermat van my bestaan.

Hierdie hemelse verhouding tussen my en my Heer, is die fondament waarop al my verhoudings met andere gegrondves is. Die liefde en onderskraging, die krag en sterkte, die wysheid en lig, ja, alles wat ek nodig het, kan ek onvoorwaardelik kry van my Heer, waar en wanneer nodig. Ek weet dit, ek glo dit, en sonder die geringste twyfel, sê ek byvoorbaat dankie daarvoor. KOM ONS SING SAAM – ‘n Halleluja lied 1. Saggies en teer is die roepstem van Jesus – Hy roep vir jou en vir my, Hy staan en wag aan die deur van ons harte – wag daar vir jou en vir my. Koor Kom tuis, kom tuis! Almal wat moeg is kom tuis! Saggies en teer klink die roepstem van Jesus; Hy roep, o sondaar kom tuis! 2. Waarom dan uitstel wyl die Heiland so pleit – pleit daar vir jou en vir my? Waarom dan wag en verwerp al sy goedheid – goedheid vir jou en vir my?

Page 10: Gedurende die Kersseisoen gee en ontvang ons baie meer ... gedagtes.pdf · In die afgelope jaar wat ek die "VANDAG" dagstukkies uitstuur het ek baie te doen gekry met mense wat ‘n

10

CHRISTUS GEES Hoe graag ons ookal positief, opgeruimd en geduldig wil wees, kom daar tog tye wanneer dit vir ons baie moeilik is om dit reg te kry. Daar is egter iets wat ons kan doen om meer geduldig te word in ons lewens – ons kan daagliks ‘n tydjie afsonder om stil te word in gebed. As ons daarop let, sal ons vind dat ons ongeduld gepaard gaan met tye van gejaagdheid, van te veel verpligtinge en te min tyd om dit behoorlik af te handel – alles dinge wat ons heeltemal uit harmonie gooi. Diep in ons harte is daar egter die rustige, kalm Christus-gees. As ons Hom gereeld nader in gebed, bly ons in voeling met Sy stil, kalm Gees en ook ons word stil, kalm en geduldig.

Soms is n mens se lewe vol glasstukke, wat baie seer en diep sny. Maar die Here skraap al die stukkies glas bymekaar, herrangskik dit en maak die mooiste mosaiek daaruit. Dis hoekom jy 'n mooi mens is. Jy het toegelaat dat God jou skep, elke dag! Alles kan in 'n oogwenk verander, want God werk op vreemde wyses. Sy weë is nie ons weë nie. Sy gedagtes is nie ons

gedagtes nie. Sy tyd is nie ons tyd nie. Want elkeen wat goed lewe, lewe lank want ons lewenstyd word nie bereken In jare, dae of ure nie..........Onthou veral: Vreugde sterf as jy dit nie vertroetel nie. Daarom is dit nou tyd dat ons, met sagte hande aan mekaar begin vat, met sagte oë na mekaar begin kyk met sagte tonge met mekaar praat en 'n daaglikse dosis lag inkry. GELUK Geluk is ‘n gemoedstoestand, ‘n innerlike houding. Met ander woorde, geluk moet van binne kom. Dit is nie iets wat met ons gebeur nie, maar iets wat in ons gebeur. Daar is dinge wat ons kan doen om geluk in onsself tot stand te bring. Ons kan ons aandag vestig op die goeie in onsself en andere. Ons kan ons Godgegewe sin vir humor ontwikkel. Iemand het gesê: “Die wêreld is soos ‘n spieël wat weerkaats wat jy doen, en as jy vir hom glimlag, glimlag hy dadelik vir jou terug” – Ons mag probleme hê, maar met ‘n vrolike hart kan ons hulle maklik te bowe kom. Kom ons onthou vandag en elke dag om opgeruimd en vrolik te wees en vir die lewe te glimlag, en die lewe sal weer vir ons terug glimlag! JY BEHOORT AAN HOM

Nooit draai die Here sy rug op sy kosbaarste aardse besittings nie. Sy handtekening is met onuitwisbare hemelse ink op jou lewe aangebring. Die kaart en transport van jou lewe is nou Syne. Jy behoort aan Hom - vandag, môre en vir altyd! Daarom dat die Goeie Herder jou elke keer sal kom opsoek as jy wegloop uit die Vader se huis. Daarom dat Hy jou elke slag sal teruglei na waar jy tuishoort aan die Vader se voete. Dit net omdat jy bely dat Jesus die Here van jou lewe is. Sê dit asseblief opnuut weer vir Hom, ook al kom dit stotterend, selfs twyfelend oor jou

lippe. Maar sê dit asseblief met jou oog op Hom gerig en leef weer! Sê dit en sien die hemele is regtig wawyd oop bokant jou.

Page 11: Gedurende die Kersseisoen gee en ontvang ons baie meer ... gedagtes.pdf · In die afgelope jaar wat ek die "VANDAG" dagstukkies uitstuur het ek baie te doen gekry met mense wat ‘n

11

KLEIN DINGETJIES Ek hoef niks te besig om van alles te geniet nie. Daar skuil soveel waarde daarin om na klein dingetjies en na eenvoudige mense te kyk. Daar is soveel verrassings en soveel wonderlike dinge wat ek ontdek met toe of oop oë. In alle dinge lê herinneringe aan die verlore paradys. As jy blydskap kan put uit ‘n blom, uit ‘n lag, uit die spel van ‘n kind, dan is jy ryker en gelukkiger as ‘n miljoenêr wat alles het waaroor hy kan droom, maar geen vreugde meer beleef omdat sy eie rykdom hom aan bande lê. Dit is nie besittings wat jou ryk maak nie, maar wel jou vreugde en vrede. Met geld kan jy ‘n mooi huis koop, maar nie warm geselligheid nie! Met geld kan jy ‘n sagte bed koop, maar geen slaap nie! Met geld kan jy oppervlakkige verhoudings koop, maar geen vriendskap nie! Met geld maak jy alle deure oop, maar ontsluit jy nooit die deure van jou hart nie. HOUDING Daar kom tye in ‘n mens se lewe wanneer dit lyk asof alles teen jou is. Dan is jy geneig om jou daarby aan te pas en die onregverdighede maar te aanvaar en te verduur.As ons egter ons gedagtegang begin instel op die liefde en regverdigheid wat heers wanneer God in bevel is, kan ons hele houding omtrent die lewe verander. As ons regverdige optrede verlang in alles wat ons aangaan, hetsy dit nou ons persoonlike verantwoordelikhede, finansies of verhoudinge is, hoef ons nie deur ‘n duisternis van planne te soek na een wat vir ons die beste lyk nie. In plaas daarvan hoef on sons net tot God te wend in gebed, en Sy geregtigheid sal begin oorneem. Ons neiging om net die slegste van mense en dinge te verwag, word dan vervang deur ‘n verwagting van dit wat reg en goed is. Met ons houdings, woorde en dade kan ons hierdie nuwe benadering met andere deel. KOM ONS RAAK STIL VOOR DIE HEER Hemel Vader U het ‘n pa en ‘n ma se liefde vir my, U voel my pyn en huil vir my. U het die pyn van die kruis in die oë gekyk en oorkom. O Gees, raak hierdie stukkende kleipot aan met U helende vrede. O Gees, hou my vas tot die pyn verdwyn en ek begin lag. Amen DAARDIE MERKWAARDIGE BOEK Die Bybel leer ons oor die gedagtes van God, die toestand van die mens, die pad na die lewe, die ondergang van sondaars en die vreugde van gelowiges. Lees dit as jy verstandig wil wees, glo daarin as jy veilig wil wees, en leef daarvolgens as jy heilig wil wees. Daarin sal jy lig kry wat jou lei, voedsel wat jou siel versterk en troos in jou probleme. Kom met jou behoefte en jy sal versadig word; bring jou diepste begeerte en jy sal bevredig word.

Page 12: Gedurende die Kersseisoen gee en ontvang ons baie meer ... gedagtes.pdf · In die afgelope jaar wat ek die "VANDAG" dagstukkies uitstuur het ek baie te doen gekry met mense wat ‘n

12

FLUIT-FLUIT IN DIE REËN Hoekom is dit dat sommige mense soos suurknolle in die son kan sit terwyl ander kan fluit in die reën? Hoekom is dit dat daar mense is wat sodra hulle oë oopgaan, niks sien wat reg is nie? Dit gebeur omdat hulle verkeerd dink oor die sin van die lewe en van dinge! Hulle het God nodig, nie as ‘n onpersoonlike wasige wese êrens in die verte nie, maar as ‘n persoonlike vriend, soos ‘n vader, heel naby. In intieme omgang met God, kry die mens ander oë om na dinge te kyk en elke môre ‘n nuwe hart. ONTSPANNE IN SY LIEFDE

Niks is so belangrik dat dit tussen ons en ons Heer mag kom staan nie. Om so iets te verhoed, moet ons ontslae raak van enige gedagte wat nie in harmonie met Sy liefde en lig is nie. Om dit te kan doen, moet ons leer om stil te word en te ontspan in die liefde van God, wat altyd in ons en om ons vloei. Ontspanne in Sy liefde, word ons bevry van enigiets wat tussen ons mag kom staan het. In die warm gloed van hierdie liefde begin ons besef dat ons eintlik geestelike wesens is – ligmense op ‘n pad van lig. Hierdie lig verhelder ons ganse wese totdat dit skitter en elke sel en atoom van ons liggaam om te genees en te heel.In hierdie lig, hierdie stilte, hierdie liefde

kan ons alles wat ons aangaan, onvoorwaardelik aan God oorgee. Sy rus en vrede sal ons gemoed en hart binnespoel. GOD SE BESKERMING As dit skielik begin reën, is ons baie bly as daar ‘n digte boom naby is waaronder ons kan skuil. As die reën egter met swaar weer gepaard gaan, besef ons dat dit uiters gevaarlik kan wees om onder die boom te skuil. Die boom bly dieselfde, maar die omstandighede het verander en ons moet dit in ag neem. As ons God in beheer plaas van ons lewens, is dieselfde waarheid van toepassing. Ons weet Hy gee om vir ons, en die leiding wat Hy ons gee, is altyd tot ons heel hoogste heil. Hy het aan ons die vermoë gegee om die regte besluite te neem, en in Sy lig doen ons dit ook. Elke tree wat ons gee, is ons Heer aan ons sy, en met volle oorgawe volg ons Sy leiding, en bly ons voete stewig op ons pad van lig. Wat ookal mag gebeur, in die dag of in die nag, Hy is daar om ons te lei en te rig – Hy is daar om ons in Sy hemelse liefde toe te vou.

Page 13: Gedurende die Kersseisoen gee en ontvang ons baie meer ... gedagtes.pdf · In die afgelope jaar wat ek die "VANDAG" dagstukkies uitstuur het ek baie te doen gekry met mense wat ‘n

13

KOM ONS SING SAAM – ‘n Halleluja lied 1. Blye verseekring, Jesus is myn, o, watter vreugde, heerlik en rein! Wedergebore, rein deur sy bloed, smaak ek Sy vrede in my gemoed. Koor Dit is my roemtaal, dit is my lied, lof wat ek Jesus ewig wil bied. Dit is my roemtaal, dit is my lied, lof wat ek Jesus ewig sal bied. 3. Volle verseekring, vrede en rus, heerlik van Jesus liefde bewus; met my geloofsoog opwaarts gehou, rus ek in Jesus liefde en trou. KYK WEG! Baie mense stry lewenslank teen al wat sonde is. Maar dit laat hulle nie noodwendig in die regte rigting vorder nie. Hulle val soms net nog dieper vas in daardie einste dinge waarteen hulle so gekant is. Hoekom? Hulle fokus is verkeerd, dis wat! Dit waarteen hulle stry, is gedurig op die voorgrond in hulle koppe. Onthou, dit wat gedurig in jou gedagtes op die voorgrond is, word later deel van jou gedrag. Onthou die volgende: Iemand wat heeldag in die tuin werk en teen skemeraand huis toe stap, sien nie raak hoe vuil hy is nie — totdat die lig op hom val. Dan sien hy skielik hoe vuil sy hande en voete is. So gaan dit ook met ons. Hoe nader jy aan die Here se lig beweeg, hoe meer sien jy donker kolle in jou lewe raak. Onthou egter dat wanneer jy bewus raak van jou gebreke voor God, dan is dit opsigself 'n bewys dat jy geestelik groei. Dit is 'n teken dat die Heilige Gees se Soeklig skerp op jou lewe val. In die donker gaan jy mos nie die donkerkolle in jou lewe raaksien nie. Jy moet nou egter nie die fout maak om aan te hou staar hierna nie. Die oplossing? Verskuif jou blik Godwaarts. Vergeet 'n slag van jou sondes. Moenie gedurig daaroor sit en tob nie. Moenie daardie "godsdienstige" ding doen deur van vroeg tot laat introspeksie te doen en aanhoudend skuldig te voel oor wat jy alles verkeerd doen nie. Doen eerder Kolosssense 3: Rig jou gedagtes op Christus. Doen eerder Filippense 4: Bedink alles wat mooi, lieflik, lofwaardig en God-verheerlikend is. Kyk weg. Kyk reg. Kyk op na die Here. Kyk slegs na God. Hyself sal jou lewe nuut maak. Hyself sal op sy eie maniere met jou foute afreken as jy maar net jou oog op Hom vasgenael hou. – Christ Life - Namibia GOD MY OASE Toe ek op ‘n sekere dag armer word, toe ek swakker en magteloser word, toe daar skielik geen toekoms meer was nie, het alles eenvoudiger geword. Ek het my hart vol vertwyfeling wyd oopgestel en vuriger as ooit na God verlang. Toe gebeur die wonder. Alles word aan my gegee. Dit is nie ek wat God ken nie, maar God wat Hom deur my laat ken. Hy openbaar Homself nie as ‘n God om oor na te dink nie, om voor bang te wees nie, maar ‘n God om lief te hê om gelukkig mee te wees. ‘n Fantastiese God.

Page 14: Gedurende die Kersseisoen gee en ontvang ons baie meer ... gedagtes.pdf · In die afgelope jaar wat ek die "VANDAG" dagstukkies uitstuur het ek baie te doen gekry met mense wat ‘n

14

LAG Wat is die heel beste middel teen spanning en stres, altyd tot almal se beskikking en heeltemal gratis? Die antwoord is lag. Die heerlike lag wat diep in ons wese begin, wat “ons mond vul met gelag en ons tong met gejubel”. Selfs net ‘n glimlag is genoeg om ons gedagtes ‘n positiewe wending te laat neem. Dit is ons sin vir humor wat ons die die komiese in een of ander situasie laat sien en ons lagspiere prikkel, en hoe nodig het ons dit nie in hierdie wêreld met al sy uitdagings nie! Ons moet egter onthou dat die lewe nie altyd maanskyn en rose is nie. Dan moet ons nie soek na iets om oor te lag nie, want dit sal beslis nie ons sin vir humor weerspieël nie, eerder ‘n gebrek aan liefde. Maar soms is ons geneig om ‘n berg van ‘n molshoop te maak, en dit is hier waar ‘n sin vir humor ons kan red uit ‘n situasie wat na ons mening net te ernstig geraak het. As geestelike wesens op ‘n pad van lig, sê ons: “Dankie Vader, vir die vermoë om te kan lag!” VERGEWENDE LIEFDE Ons kan nie vry en gelukkig wees as ons harte vol bitterheid en wrok is nie. Ons kan dus nie ware geluk en rus vir ons gemoed vind tensy ons ‘n vrygewende hart ontwikkel nie.

Soms kan ‘n klein onbenullige seer groei tot ‘n berg omdat ons gedurig daaroor tob. As ons hieraan skuldig is, moet ons sommer vandag ontslae raak van daardie gedagtes. As ons teenoor enigiemand ‘n wrok koester, stuur nou liefdevolle, vergewende gedagtes aan daardie een, en sê stilweg: “Die vergewende liefde van Christus vul my hart en gemoed. Ek vergewe en seën jou.” As ons hierdie liefde van Christus toelaat om ons hart en gemoed te vul, is daar geen plek meer oor vir enige gedagte wat nie ‘n liefdegedagte is nie. Ons moet voortdurend dankie sê vir hierdie liefde wat steeds in en deur ons werk en ons lei tot begrip, liefde en vergifnis.

VANDAG HET EK HOM GESIEN Jy vra my hoe ek weet dat Christus nog leef en wandel saam met die mens? Vandag het ek Hom gesien in die hart van iemand wat weer geglimlag het, na lang dae van smart. Trane van helende krag en liefde, het lig gebring in ‘n stukkende siel – In daardie uur het ek Christus gesien. Hoe weet ek dat Christus nog liefhet, soos Hy in Galilea lief gehad het? Ek het Sy liefdevolle oë sien rus op ‘n kind wat lê en slaap; deur die liefde van die moeder is Sy liefde weerspieël: “Jy is ‘n kind van God”, het sy gesê. Hoe weet ek dat Hy uitgestyg het bo die kruis en pyn van Golgota? Omdat Hy lewe en liefhet en ophef, en nog steeds lei en glimlag en seën!

Page 15: Gedurende die Kersseisoen gee en ontvang ons baie meer ... gedagtes.pdf · In die afgelope jaar wat ek die "VANDAG" dagstukkies uitstuur het ek baie te doen gekry met mense wat ‘n

15

GOD SE TELKOM Ons leef in ‘n tyd van baie vrese – toekomsvrees, sekuriteitsvrees, beroepsvrees, veiligheidsvrees, materiële vrees…. Om maar net ‘n paar te noem. En tussen ons vrese stap die duiwel ook nog rond soos ‘n brullende leeu, wat ons vrese nog meer intens maak. Nou het jy dalk ook al in jou desperate soeke na selfbeheersing en selfoorlewing gewonder of daar dalk iets is waarvoor Satan bang is; iets wat hy vrees. Vrees hy dalk ons godsdienstigheid? Nee, hy woeker daarin rond soos pes in ‘n plaag. Vrees hy dalk ons goeie werk? Nee, hy lag hom slap oor die verborge motiewe agter ons goeie dade. Vrees hy dalk ons geestelike krag? Nee, hy spot met ons valsheid en ons skyn en ons kleingeloof. Satan vrees net een ding: ons gebede. As ons bid, roep ons God as vennoot in, en dit laat Satan ineenkrimp van vrees. As ons bid, is ons in aktiewe verbinding met God, en dan bewe Satan. As ons bid, neem God die beheer oor en dan verloor Satan sy houvas. Gebed is ons antwoord op vrees. God is ons lewenskanaal. Ek kan nie help om te dink dat gebed God se Telkom is nie. VOEL DIE LEWE SE HARTKLOP Slaap jy elke aand deur jou eie drome, of leef jy dit bedags met oop oë? Word jou drome ooit waar? Leef jy vandag reeds 'n eerste stukkie van daardie planne uit wat God so onlangs soos gister in jou hart gesaai het? Of sit jy steeds tussen die hooploses en wag op beter dae wat uit die bloute oor julle moet neerdaal? Is jy aktief aanwesig by elke nuwe oomblik van jou lewe, of beplan jy steeds net hoe jy nog iewers vorentoe gaan aanmeld vir 'n stukkkie speeltyd in die regte lewe? Wel, dan is jy beslis met die verkeerde avontuur besig. Nee, dan mis jy die enigste avontuur wat daar is.

WAAG DIT Die lewe gebeur teen die tempo van een vandag op 'n slag. God het dit vroegdag reeds met hemelse komplemente op jou voorstoep neergesit. Jy moet vandag net volmaak met al die regte bestandele. Niemand anders gaan dit namens jou doen nie. Jyself moet kies om die Here lief te hê, en om 'n oop hart en 'n genadige hand vir ander te hê. Jy moet kies om die regte soort lewe pro-aktief te leef. Waag dit! As jy hierdie keuse uitstel tot môre, is jy alweer 24 uur te laat. – Christ Life - Namibia

Page 16: Gedurende die Kersseisoen gee en ontvang ons baie meer ... gedagtes.pdf · In die afgelope jaar wat ek die "VANDAG" dagstukkies uitstuur het ek baie te doen gekry met mense wat ‘n

16

DIE RYKDOM VAN CHRISTUS By Christus kry ons Liefde waarvan ons nooit die einde bereik nie, 'n Lewe wat nooit kan sterf nie. 'n Vrede wat nie verstaan kan word nie. 'n Rus wat nie versteur kan word nie. 'n Vreugde wat nie verminder nie. 'n Vooruitsig wat nie teleurgestel sal word nie.'n Lig wat nie uitgedoof kan word nie. 'n Krag wat nie oorwin kan word nie. Skoonheid wat nie geskend kan word nie. Reinheid wat nie besoedel kan word nie. Bronne wat nooit uitgeput kan word nie, beskryf die betekenis van GOD'S kind wees die mooiste, soos in SY 'Opstanding' GOD IS IN BEHEER Wanneer alles om jou donker lyk – onthou net drie woorde …. Moenie opgee nie! Is die tonnel donker? – Moenie omdraai nie. Is die pad lank? – Moenie gaan sit nie. Is die nag swart? – Moenie tou opgooi nie. God se oë is op jou. Wie weet, dalk sê Hy op hierdie oomblik ‘n engel aan om jou klip weg te rol! Dalk is die tjek in die pos. Dalk is die verskoning op pad. Dalk lê die kontrak op jou lessenaar. Moenie opgee nie, want as jy dit doen, gaan jy dalk nie die antwoord op jou gebede ontvang nie. God is nog steeds die Een wat engele stuur! God is nog steeds die Een wat klippe wegrol!

HARMONIE In musiek, skilderkuns en literatuur, word harmonie geskep deur verskillende elemente in ‘n eenheid saam te laat vloei. Is dit nie ook waar betreffende ons menseverhoudinge nie? ‘n Harmonieuse verhouding is een waarin elkeen vry is om sy individualiteit uit te leef sonder vrees vir inmenging of kritiek. Een mens kan bepaal of ‘n verhouding harmonieus en aangenaam gaan wees deur oop en ontvanklik te wees vir die idees en gewoontes van andere. Hulle sal reageer, en almal sal mettertyd in harmonie en vrede saamleef. Ons kan elkeen ons deel doen om harmonie te skep in ons verhoudings met andere. Ons kan in plaas daarvan om vir hul te vertel hoe hulle moet dink en optree, vir hul bid en vra dat hul die leiding van hul inwonende Christus sal volg. Kom ons probeer om die individualiteit te geniet wat God vir elkeen van ons gegee het om ons uniek te maak. OM GOD TE ERVAAR Om God te ervaar, beteken nie dat Hy jou aan die arm kom knyp nie. Hy is ‘n veel dieper gewaarwording, ‘n vreemde aanvoeling wat jy nie kan omskryf nie. Dit is ‘n ontmoeting met ‘n wese wat jy nie kan sien nie, tog as ‘n byna tasbare aanwesigheid beleef in die diep vrede en onuitspreeklike vreugde wat jou soms vervul.

Page 17: Gedurende die Kersseisoen gee en ontvang ons baie meer ... gedagtes.pdf · In die afgelope jaar wat ek die "VANDAG" dagstukkies uitstuur het ek baie te doen gekry met mense wat ‘n

17

OM TE LEWE OM TE LEWE Is om mense en dinge te omhels en weer los te laat, om hulle te laat groei en bloei voor Gods aangesig. OM TE LEWE Is om dankbaar te wees vir die lig en liefde, die warmte en teerheid in mense en dinge wat sommer aan jou gegee word. OM TE LEWE Is om alles 'n bestaan te gun en as 'n gawe van God te beskou. Om niks of niemand te besit nie, en om te juig oor elke ster wat uit die hemel val. KOM ONS SING SAAM – ‘n Halleluja lied 1. Betlehems Ster, o wonderlig, heerlik, lieflike gesig! Wyse manne kom van ver, Betlehems Ster, o lieflike ster, Betlehems Ster, o lieflike ster. Koor Betlehems Ster, lieflike ster, Leidsman na Jesus, o lieflike, lieflike Ster. 2. Betlehems Ster wil ook wil ook vir my na die Jesuskind toe lei, want ek soek en kom van ver, Betlehems Ster, o lieflike ster, Betlehems Ster, o lieflike ster. VANDAG SE SON Aanvaar elke nuwe dag as ‘n geskenk, as ‘n gawe en dalk moontlik ook as ‘n fees! Staan soggens vroeg op, bekyk jouself in die spieël en glimlag en sê “goeiemôre” vir jouself, dan het jy reeds ‘n bietjie geoefen om ander ook so te groet! As jy die bestanddele van die son ken, kan jy hom mos self aanmaak – net so maklik as daaglikse sop. Neem ‘n groot porsie goedheid, voeg vinnig ‘n bietjie geduld by, geduld met jouself, geduld met ander. Onthou ook ‘n knippie humor om teleurstellings te verteer. Meng alles saam met ‘n behoorlike dosis werklus, giet ‘n hartlike lag oor alles uit en daar het jy vandag se son! LIEFDE GEE Liefde gee aan iemand, 'n deeltjie van jou hart. Liefde dink aan hul gedurig in nabyheid of apart. Liefde gee om as hul bly is, of mismoedig in hul gees. Liefde deel die mooi of onweer wat die omstandighede ookal mag wees. Liefde is so vol van deernis, selfs oor die geringste ding. Liefde gloei met glans en vuurkrag, aan die lewe sonskyn bring. Liefde put sy grootste vreugde, in 'n huldeblyk of lag, Dit is liefde wat die lewe kleur gee in sy volle prag.

Page 18: Gedurende die Kersseisoen gee en ontvang ons baie meer ... gedagtes.pdf · In die afgelope jaar wat ek die "VANDAG" dagstukkies uitstuur het ek baie te doen gekry met mense wat ‘n

18

GESKENKE Hoe geniet ons nie die stralende gesiggie van ‘n kind wat besig is om ‘n geskenkie wat ons gegee het oop te maak nie! Ons word ingetrek in die wonderlike oomblik, en deel in die opwinding en opgewonde afwagting van die kind. Saam geniet ons dan die vreugde wat verborge is in die daad van gee en ontvang. En om te dink daar is so baie wat ons kan gee – geskenke wat baie meer werd is as materieële geskenke – geskenke wat kom vanuit die liefde in my hart, en oneindig meer werd is as enige geskenk wat in ‘n pakkie toegedraai kan word. Ons gee liefde, ons gee ons sorg en aandag of wat ookal nodig mag wees op die bepaalde plek of die bepaalde uur, en die wonder van hierdie soort geskenke van die hart, is dat dit nooit uitgeput raak nie, want die bron waarvan ons skep is onuitputlik. Die bron is die liefde van ons Heer waarvan ons harte tot oorlopens toe vol is, liefde wat ons laat sing op ons pad omdat ons so veel kan gee. TYD Gestel iemand sê vir jou dat hul elke oggend R86 400 in jou bankrekening sal inbetaal. Alles wat jy daardie dag nie gebruik nie, verloor jy aan die einde van die dag. Maar dan word dieselfde bedrag weer die volgende dag gedeponeer wat ten volle deur jou benut kan word. Jy sal natuurlik dwaas wees om nie elke dag elke rand te gebruik nie. Wel, ons kry elke dag 86 400 sekondes. Ons kan niks daarvan oordra na môre nie, en ook niks daarvan voor die tyd benut nie, maar elke sekonde wat ons die dag mors, is vir ons altyd verlore. Paulus sê in Efesiërs 5:16 “Koop die tyd uit” (Ou vertaling) “Moenie tyd mors nie – maak die beste gebruik daarvan want ons leef in moeilike tye”. (Die Lewende Bybel). “Maak die beste gebruik van elke geleentheid” (Nuwe Vertaling). Paulus sê dus dat ons elke oomblik moet benut om vir God te leef. KOM ONS RAAK STIL VOOR DIE HEER

Dankie, Here vir die dingetjies, wat ons so dikwes kry. Die dinge wat ons soms vergeet as ons, ons dank betuig. Die onverwagte liefde, die gedagsame daad. ‘n Hand wat reik om ons te help, as ons worstel sonder raad. Heer, wil U ons tog nie bewus maak, elke liewe dag, van hierdie dinge wat ons kry van oral onverwag.

Page 19: Gedurende die Kersseisoen gee en ontvang ons baie meer ... gedagtes.pdf · In die afgelope jaar wat ek die "VANDAG" dagstukkies uitstuur het ek baie te doen gekry met mense wat ‘n

19

DIT IS GELOOF Om weg te kyk van sonde en skuld en weg te kyk van smart en my pyn; om na Jesus te kyk, die Lam wat geslag is, dit is geloof. Om weg te kyk van my kennis en trots en na Jesus my Herder en Leier te kyk; om reg te besef wat my redding gekos het, dit is geloof. Om weg te kyk van besittings en geld en nie na die wêreld se waardes te leef nie; om alles te sien in die lig van Sy kruis, dit is geloof. Om weg te kyk van my eie vermoë en net te vertrou op wat Jesus gedoen het; om my sekerheid net op Sy woord te laat rus, dit is geloof.

Baie mense het ore en tog hoor hul nie en het hulle oë maar sien hulle nie, maar daar is min wat ‘n mond het en nie praat nie. GAAN BINNE IN JOUSELF Jy spandeer ure om jou motor blink te vryf. Jy gebruik al jou tyd om klere uit te soek. Jy word nie senuweagtig onder die haardroër nie, ter wille van jou kapsel. Waarom bestee jy so min tyd aan die versorging van jou hart? As jy slegs vir die uiterlike leef, net maar geinteresseer is in die indruk wat jy skep, jou grimering, jou goeie naam, dan hang jou geluk in die weegskaal van uiterlike wisselvallighede, dan is jy vandag gelukkig en môre ongelukkig, vandag goedgesind en môre moedeloos. Gaan binne-in-jouself. Doen iets aan jou “binnekamer”, aan die “binnekamer” van jou hart. Daar lewe die gevoelens en verlange wat jou in verwarring bring of mateloos verbly. VANDAG

Gister is in U hande Here, en daaraan kan ek niks meer doen nie. Al die ure wat ek toe gemors het, sal altyd verlore ure bly. Ook môre is nog in U mag verborge en wat dan vir my voorlê weet ek nie. Of dit vreugde is of hartseer weet net U, wat elke mens se toekoms in U hande hou. Maar U het vir my hierdie dag gegee, en elke dag kom nuut en vol belofte. Help my dan om vandag vir U te lewe en die ure vir U waardevol te maak, sodat U aan die einde van die dag daaroor kan terugkyk, en nie deur ongehoorsaamheid bedroef word nie. Laat my vandag op U vertrou en nederig aan U verbind bly om te lewe tot U eer.

Page 20: Gedurende die Kersseisoen gee en ontvang ons baie meer ... gedagtes.pdf · In die afgelope jaar wat ek die "VANDAG" dagstukkies uitstuur het ek baie te doen gekry met mense wat ‘n

20

Jy sal nooit in jou hart ‘n toegewyde en godsdienstige mens kan wees as jy nie bereid is om jou naaste se foute oor te sien en deurentyd bewus te bly van jou eie swakhede nie. KLAAR GEBID Het jy al ooit klaar gebid en agterna besef jy het van soveel dinge vergeet? Span volgende keer jou hand in om te verseker dat jy nooit iemand afskeep in jou gebede nie: Begin met jou duim, wat na jou toe wys, en bid vir die mense wat die naaste aan jou is – jou familie en vriende. Jou wysvinger herinner jou om vir daardie mense te bid wat jou gehelp het om te wees wie jy vandag is – jou mentors. Jou middelvinger is jou langste vinger en herinner aan die leiers – politieke leiers, maar ook die baas by die werk, predikant en hoof van die skool. Jou ringvinger is jou swakste vinger. Bid vir diegene wat swak, siek en arm is. Eindig met jou pinkie, wat die kleinste vinger is, en na jouself verwys. Bid vir jou eie spesiale behoeftes en dat jy altyd nederig sal bly en die minste sal wees. SIMBOLIES ‘n Wyse man het ‘n ster in die Ooste gesien, en vir sy vriende gesê: “Daar is ‘n helder ster. Daar is ‘n wonderlike ster in die donker nag!” Is dit nie simbolies van Jesus nie? Hy was ‘n ster in ‘n donker wêreld. Want al het Hy tussen sondige mense geleef, het Hy nie saam met hulle gesondig nie. Al is Hy versoek om aan die sonde te proe, het Hy nooit toegegee nie. - Max Lucado

Daar is drie kernbestanddele vir geluk: iets om te doen, iets om lief te hê en iets om voor te hoop. -Joseph Addison KOM ONS RAAK STIL VOOR DIE HEER Dankie Heer, vir hierdie mooi wêreld wat U geskape het, die uitspansel, die sterre, die wolke – alles is ‘n nimmereindigende bron van verwondering. Die bome, die blomme, die diere – die ganse wêreld weerspieël U orde en skoonheid. Dankie vir die gevoel van eenheid en harmonie met die mense in my lewe, en nie net diegene wat ek liefhet nie, maar vir elkeen wat ek elke dag mag teëkom. Ons word almal in U liefde toegevou. Dankie dat U my geseën het met ‘n sagte hart. Ek is ontvanklik vir U liefde, wat deur my vloei en sigbaar word in die liefde en goedhartigheid wat ek met andere deel. Dankie Heer, vir die gevoel van waardering wat U in my geplant het, want ek weet ek is ryklik geseënd. Ek loof en dank U, want U is altyd met my, en U vou my toe in U liefde. Dit is my gebed. Amen.

Page 21: Gedurende die Kersseisoen gee en ontvang ons baie meer ... gedagtes.pdf · In die afgelope jaar wat ek die "VANDAG" dagstukkies uitstuur het ek baie te doen gekry met mense wat ‘n

21

OM TE DEEL DEEL kan in soveel fassette en vorms voorkom. 'n Stukkie brood vir die bedelaar wat onder sy dun kombersie opgekrul sit. 'n Rand in die palm van die vuilgesig-kind met die bak-bedel-handjies en bordjie om sy nek. 'n Sjokolade of Kosmos-blommetjie aan 'n ou mensie wat altyd alleen sit in die kerk. 'n Bemoedigende kaartjie vir iemand met seer in hul oë. MAAR ... dan is daar ook 'n meer belangrike en blywende manier van DEEL! Om jou lewensvreugde en optimisme te deel met iemand wat bemoediging nodig het, om jou lag met iemand te deel wat net stille eensaamheid ken, om jou trane te deel met iemand wat vir die eerste keer hulle hart oopmaak oor hul eie seer ... en om jou GELOOF te DEEL met iemand wat soekend is na 'n Anker en Hoop Kom ons kyk wat ek en jy vandag kan DEEL met iemand! Gedeelde materiële dinge verlig 'n las, gedeelde smart is halwe smart, gedeelde lag bring weer vreugde en gedeelde geloof bring ewigdurende hoop! – Elize Botes (Reynecke)

Kennis is horisontaal en jy kan dit uitbrei deur na alle kante meer en meer te leer; maar wysheid is vertikaal. Dit is ‘n geskenk van Bo wat jy in antwoord op gebed ontvang. BILLY GRAHAM GEHEIM Sommige mense skyn altyd stralend van blydskap te wees, selfs gedurende tye wanneer hulle voor groot probleme te staan kom. Wat is hulle geheim? Hulle plaas God elke dag eerste in hulle lewens, deur hom gedurig te nader in gebed, sodoende het hulle die fontein van vreugde binne in hulself ontdek. Met wysheid en moed gaan hulle elke uitdaging tegemoet, en laat die vreugde van die Here stilweg in en deur hul harte spoel. Kom ons keer onsself ook na binne, sodat ons ook kan ontvang. As ons God eerste plaas, sal ons ook stralend van blydskap word. Deur te tap uit Sy oneindige fontein van vreugde, sal ook ons die krag en die moed kry wat ons deur elke probleem sal dra. EIE OPLOSSINGS Keer op keer gaan lê ons, ons probleme en hartseer by God se voete, om dit net weer daarna ons eie te maak. Ons kan ons laste nou maar net een maal nie aan God alleen vertrou nie! Ons wil so graag in beheer wees van ons lewens en klou krampagtig vas aan ons eie oplossings vir probleme. Dikwels meet ons sukses aan die mate waarin ons self oor die weg kom. Soms voel ons, ons probleme is te klein en onbenullig vir God om aandag daaraan te skenk en dan ploeter ons maar voort op ons eie manier van dink en doen. Die realiteit is dat ons die lewe soveel meer sal geniet as ons God volkome vertrou en ons lewens in Sy hande oorgee. Ons het God bitter nodig, al wil ons dit erken of nie. Jesus sê dat slegs die mense wat weet hoe afhanklik hulle van God is, ware vrede en geluk sal ken. Die wat besef hoe nodig hulle God in hulle lewens het, sal deel kry aan die koninkryk van die hemel.

Page 22: Gedurende die Kersseisoen gee en ontvang ons baie meer ... gedagtes.pdf · In die afgelope jaar wat ek die "VANDAG" dagstukkies uitstuur het ek baie te doen gekry met mense wat ‘n

22

WEET JY DAN NIE? Weet jy dan nie‚ het jy nog nie gehoor nie? Die Here is die ewige God‚ Skepper van die hele aarde. Hy word nie moeg nie‚ Hy raak nie afgemat nie en sy insig is ondeurgrondelik. Hy gee die vermoeides krag‚ Hy versterk dié wat nie meer kan nie. Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat‚ selfs manne in hulle fleur struikel en val‚ maar dié wat op die Here vertrou‚ kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke‚ hulle hardloop en word nie moeg nie‚ hulle loop en raak nie afgemat nie. Jesaja 40:28-31 'n KLEIN MENSIE-KYK Dis net altyd die grootmense wat oor waardes en die belangrikheid van die gesin gesels. Kom ons hoor vir 'n verandering wat 'n kind sou (wou) sê. Mamma, Pappa moenie sê ek is.... * 'n Kampioen - want dan moet ek altyd wen. * 'n Wenner - want dan is daar altyd 'n verloorder. * 'n Koning - want dan beteken dit ander is my onderdane. *'n Stoutert - want hoe anders kan ek julle aandag kry. Mamma, Pappa, sê liewer ek is.... * 'n Koningskind - want dan ken ek Jesus. * 'n Kosbaarheid - want dan weet ek julle is lief vir my. * 'n Klitsie - want dan weet ek julle geniet my grappe. Mamma, Pappa, sê liewer.... * Julle is lief vir mekaar. * Julle is lief vir ons - ek, kleinboet en kleinsus. * Julle sal net so hard werk om ons gesin gelukkig te hou as vir die baas op kantoor. * Julle sal altyd bly praat oor alles wat saak maak. Voorspoed, sukses, roem, 'n loopbaan of rykdom is kleingeld vir 'n kind. Dis gesinsgeluk, geloof, wat tel wat rente in Ewigheidswaarde vir hom of haar omsit. Kom ons grootmense onthou dit. KOM ONS SING SAAM – ‘n Halleluja lied

1. Die Heiland is gebore in stille Betlehem, by blye engelsange voeg ek my hart en stem. So lief het God die wêreld gehad dat Hy sy Seun, sy Enige gegee het as Middelaar en Steun. 2. Kom na die krip so needrig, daar lê die Kindjie teer, Hy is die Spruit van Dawid, Hy is ons liewe Heer. O hoor ons sing, Heer Jesus, en neem ons loflied aan! Dis nêrens vir ons beter as aan U sy te staan.

Page 23: Gedurende die Kersseisoen gee en ontvang ons baie meer ... gedagtes.pdf · In die afgelope jaar wat ek die "VANDAG" dagstukkies uitstuur het ek baie te doen gekry met mense wat ‘n

23

Wanneer Christus sentraal in jou lewe staan, Is Hy die Alfa en Omega, die Eerste en die Laaste, die Begin en die Einde in jou lewe. Dan beklee Hy die troonposisie in jou lewe en leef jy tot Sy eer Volgens Christelike beginsels wat aan jou koers en rigting gee. Besef ek en jy nog wat 'n positiewe opmerking, 'n woord van bemoediging en 'n opregte kompliment vir iemand beteken? Iewers in ons lewens is iemand wat gaan vashou aan iets positiefs wat ons sê ... hoekom sê ons dit nie? Dit hoef nie noodwendig altyd iets te wees soos " oooeee jy is lekker maer of aarde ek wens ek het bene soos jy" nie. Het jy al gesien hoe treffend iemand se oë kan lyk as 'n skynseltjie son daarin skyn ... of wanneer laas het jy opgelet hoe besonders 'n persoon se hande lyk? Soms let ons hierdie dingetjies op maar ons hou dit vir een of ander rede 'n geheim in ons eie gedagtes. Hoekom? Omdat ons bang is iemand lag ons uit of sommer net omdat dit makliker is om stil te bly en soms eerder te kritiseer of skinder oor ander se minder goeie punte? In ons gemeente is daar 'n tannie wat ek altyd sien vanwaar ek op die gallery neerkyk na onder .. wanneer die musiek begin speel en sy Loof en Prys, dan lyk sy soos 'n engel wat omring is met lig! Ek loop haar elke keer mis teen die tyd wat die diens verdaag, maar ek kan nie wág om vir haar te sê hoe ek haar stralende aanbiddende gelaat sien en beleef nie! Ek daag jou uit ... neem tyd, druk jou terughoudenheid in jou sak en sê vir iemand wanneer jy iets positiefs sien of ervaar! Vir jóú beteken dit dalk net nóg 'n kompliment, maar vir die ander persoon is dit dalk juis daardie één positiewe kompliment of woord van waardering wat 'n reënboog in lewensstorms gaan wees! – Elize Botes (Reynecke) KOM ONS RAAK STIL VOOR DIE HEER Here Hoe ryk en diep, hoe kosbaar en wonderlik is die woorde van u Woord nie! Hulle gooi 'n helder lig oor my lewenspad en wys my hoe om te lewe. Begrip van u Woord gee my insig en wysheid. Ek wil graag aan U verbind bly deur die voorde van u Woord. Gee dat ek tyd sal maak vir daardie Woord sodat U Woorde 'n stewige vastrapplek

Page 24: Gedurende die Kersseisoen gee en ontvang ons baie meer ... gedagtes.pdf · In die afgelope jaar wat ek die "VANDAG" dagstukkies uitstuur het ek baie te doen gekry met mense wat ‘n

24

in my lewe sal kry en hulle onlosmaaklik deel van my sal word. Ek het u Woord lief, Here. Oor u Woord is ek so bly soos iemand wat 'n groot skat gekry het. Die gebooie uit u mond is vir my waardevoller as al die rykdom van die wêreld. In die nag dink ek daaroor na. Maak dit vir my moontlik om riglyne in u Woord nougeset te gehoorsaam. Ek wil nou U belofte vir my neem: As U Woord in my bly, mag ek vra net wat ek wil hê met die sekere wete dat U dit vir my sal gee. Dankie daarvoor!!! Amen As God ons versteur, maak Hy ons sterk en Hy voed ons op tot geloofsvolwassenheid. Hy versteur ons lewensloop om ons te louter. Hy beskik siekte om ons lydsaamheid te leer. Hy beskik teleurstelling om ons aanvaarding te leer. Maar ons troos is: Ons is nooit in ‘n fladder-krises alleen nie. Van bo word ons gedek deur Sy oog – Sy arendsoog wat oor ons waak. Van voor en agter word ons ingesluit deur Sy nabyheid, want Hy begrawe of verlaat ons nooit. Van onder het ons die drakrag van Sy uitgestrekte vlerke. En die vlerke waarmee God ons, wat besig is om ons te pletter te val op die rotspunte van verdoemenis, vang is die uitgestrekte arms van Sy seun, Jesus Christus. In Jesus Christus het God onder ons ingekom. Aan die kruis het Hy Sy vleuels uitgesprei…en ons gevang, en Hy dra ons veilig tot by ons ewige bestemming. JY IS BAIE SPESIAAL

Page 25: Gedurende die Kersseisoen gee en ontvang ons baie meer ... gedagtes.pdf · In die afgelope jaar wat ek die "VANDAG" dagstukkies uitstuur het ek baie te doen gekry met mense wat ‘n

25

"Ek het jou geskep jou gevorm jou verlos jou op jou naam geroep jy is Myne" (Jes 43:1) Ek het jou gekoop en die prys is betaal. (Vgl 1 Kor 6:20; 7:23) Ons leef in 'n wêreld waarin elkeen vir homself lewe en hardloop. Niemand het tyd vir ander nie. Ons vertrap mekaar en loop oor mekaar. Jy voel dalk ook asof niemand vir jou omgee nie. Jy soek liefde, begrip en aanvaarding maar jy kry dit nie. Jy verlang dat iemand vir jou sal sê: "Jy is baie spesiaal!", maar niemand sê dit nie. Die lewe is kaal en vaal en het sinloos geword. Dit het al sy vreugde en sprankel verloor. Jy voel stukkend gebreek en afgetakel. Ek het vir jou wonderlike nuus! Jy kan jou kop optel. JY IS BAIE SPESIAAL!! So spesiaal dat ons groot God en hemelse Vader vir jou kom sê: Jy is kosbaar: Die Here ag jou hoog en Hy betaal vir jou die duurste prys (Js 43:4). Jy is uniek: In die hele wêreld is daar net een soos jy. Lees asb. Ps 139:13, 15, 16. Jy is uitgekies: God het by miljoene mense "verbygegaan" om in Hom te glo (Jh 15:16; Ef 1:4). Jy is verlos: Christus het in jou plek aan die kruis gesterf. Met sy bloed het Hy vir jou betaal en jou so as sy eie gekoop (Js 43:1; Tit 2:14). Jy behoort nou aan Hom. Jy is gedoop: Jy dra die teken en bewys dat jou sonde afgewas is, en jou ou lewe afgelê is (Kol 2:12 - 14). Jy is sy kind: Jy is uit God gebore, en deur die Heilige Gees het God jou sy kind gemaak (1 Jh 5:1; Rm 8:15, 16). Jy is sy erfgenaam: As sy kind erf jy nou saam met sy Seun, Jesus Christus (Rm 8:17). Jy is sy vriend: Soos wat Abraham 'n vriend van God was (Jk 2:23), so noem Jesus jou ook sy vriend (Jh 15:14, 15). KOM ONS RAAK STIL VOOR DIE HEER Heilige Gees, werk in ons, maar asseblief, laat ons nie met rus totdat ons saam met U beweeg, en dan kosbare Gees, verteer ons aardse smake sodat die lewe van Christus duidelik deur ons blyk. DIE VERSKIL TUSSEN SEPIE LIEFDE EN HEMELSE LIEFDE. Sepie liefde is…………….. Om bly te wees oor ander se geluk, mits jy ook daarby sal baat. Hemelse liefde is…………. Om ander ‘n plekkie in die son te gun, al is dit maar koud waar jy self staan. Die Bybel sê ook ons liefde moet eg wees sonder toneelspel en voorgee. Ons moet dus kan bly wees sonder ‘n verskuilde agenda of verkeerde motiewe. Romeine 9:12 sê ons moet meelewend wees: ons moet kan deel in ander mense se vreugde, maar ook sensitief vir hul hartseer wees. Sepie liefde is…………….. Om te kan spog en so bietjie hoogmoedig te kan word as jy iets goeds vermang het. Ander sal jou dan immers raaksien en saam met jou gesien wil word. Hemelse liefde is…………. Om altyd in gedagte te hou wié jou die vermoë en vaardighede gee om goed te presteer – dit is nie jy nie, maar God. Dit is baie makliker om nederig te bly as jy met ‘n

Page 26: Gedurende die Kersseisoen gee en ontvang ons baie meer ... gedagtes.pdf · In die afgelope jaar wat ek die "VANDAG" dagstukkies uitstuur het ek baie te doen gekry met mense wat ‘n

26

gesindheid van dankbaarheid leef. Aanvaar dus komplimente, maar moet nooit vergeet waar jou seëninge vandaan kom nie. Sepie liefde is…………….. Om slegs mense te respekteer vir wie hulle is, wat hulle doen of wat hulle bereik het. Hemelse liefde is…………. Om dieper te kan kyk en respek vir alle mense te hê, selfs al verdien hulle dit nie. Het jy respek vir die kelner wat jou koffie bedien en vir die man wat die asblik sakke elke week kom oplaai? Sepie liefde is…………….. Om net van mense te hou wat saam met jou stem en jou nie kwaad maak nie. Hemelse liefde is…………. Om mense lief te hê ten spyte van hul optrede en opinie. Ware liefde beteken om nie vinnig kwaad te word nie, om nie lysies te maak van wie wat aan jou gedoen het nie, en om ander te vergewe. Dit beteken ook om eerder vir mense te bid wat jou seermaak as om te hoop hulle kry hul verdiende loon. Sepie liefde is…………….. Om na die “perfekte” in ander te soek en hulle lief te hê solank hulle nie ‘n verleentheid is nie. Hemelse liefde is…………. Om te kan stilbly oor ander se foute en om die beste oor ander te glo. As hulle jou teleurstel, sal jy hulle nooit ophou liefhê nie. Ware liefde beteken dat ons ander sal liefhê soos God ons liefhet – nie oor wie ons is nie, maar juis oor wie ons nié is nie. Hy het ons lief ten spyte van onsself. Uiteindelik kom liefde op een beginsel neer- om ander mense te behandel soos jy sélf behandel wil word. Maak jou hart oop en laat dit vol met hemelse liefde. Anita van Niekerk – Finesse November 2005. SJOKOLADE VIR DIE SIEL Goeie vriende is nie noodwendig iemand wat jou drumpel deurtrap nie. Goeie vriende is klein stukkies koraal wat jy tussen die seesand ontdek. Mense wat altyd daar is vir jou in krisisse, wat die ekstra treë vir jou sal loop. Hulle is nie dié wat jou oorlaai met blomme en geskenke nie; hulle is dié wat jou hand kan vat sonder om 'n woord te sê, wat nie gaan oorvertel wat jy vir hulle vertel het nie. As ons ons kinders wil leer van ware vriendskappe en lojaliteit, moet ons die voorbeelde wees. Ek is nie jou vriend omdat ek iets uit jou kan kry nie, maar ek kan jou oorlaai met liefde en omgee. Jou hart en siel is veilig in my hande. Hoe sal 'n mens dan weet? 'n Mens kan nie. Net soos jy as kind vriend gemaak en verloor het, leer 'n mens as grootmens. Nes daai outjie wat jou beste speelding gegaps het en jy vir 'n tydjie gewonder het watter maatjies jy kan vertrou, so is dit met ons. 'n Mens beweeg aan. 'n Mens word 'n bietjie ouer en wyser, maar verkieslik word 'n mens nie bitter nie. Soos kinders moet ons kan aanbeweeg en nuwe vriende maak (en die oues behou). Die gouddelwers sal ons weldra uitvang, maar die goue vriende sal ons koester en ons sal mekaar se lewens verryk.

Page 27: Gedurende die Kersseisoen gee en ontvang ons baie meer ... gedagtes.pdf · In die afgelope jaar wat ek die "VANDAG" dagstukkies uitstuur het ek baie te doen gekry met mense wat ‘n

27

Onthou jy toe jy as kind sywurms gehad het en hulle hartjies laat spin het om in jou Bybel te bêre? Dis wat goeie vriende is. Hulle neem hulle tyd om goue spindraadjies in jou lewe te spin wat jy iewers in jou hart en lewe kan bêre. Die valses is dié wat begin spin, maar dit nie kan volhou nie. Hulle spin hulself uiteindelik in hul eie kokonne toe, of probeer jou daarin toespin. Hoe kan jy verwag dat God met daardie stil, innerlike stem kan praat wanneer jy soveel lawaai maak met jou wêreldse gedagtes. Wees stil, en God sal weer praat. Probleme is God se voertuie om jou siel en denke na hoër geestelike groei, hoër hoogtes van triomf te vervoer. Jou laagtepunte is met God se liefde omsoom sodat jou lewe nie uitrafel nie. Die wolke en storms wat onheilspellend oor jou lewe saampak en jou hemel verdonker, is God se oorwinnings - Sy voertuie waarmee jy kan opstyg en oorwinnend oor alle duisternis seëvier. Vertrou op Hom, jy kan 'n oorwinnaar in Christus wees. Genade is 'n geskenk wat ons van God ontvang. Niks wat ons vir God doen is genoeg om vir genade te betaal nie. - dit is altyd onverdiend en heeltemal gratis. God wil Sy genade vir jou kom aanbied. - Aanvaar dit en geniet God se genade in jou lewe elke dag met verwondering en dankbaarheid. Wanneer jy jou bevind in die donker kamer van “Wanhoop” en “Twyfel”, steek die lamp van “Geloof” aan met die lig van “Vertroue” en voed die lamp met olie uit die ewigdurende bron – jou Bybel. Die helder lig van “Geloofsvertroue” sal aan jou openbaar dt jou “Troue Vriend Jesus” nog altyd by jou staan. Loof die Skepper, vir elke plantjie, boom en blom, wat vir Hom pryk en opkom en nes jou siel, vir Hom kan groei…… Prys die Here, vir elke spruitjie en druppel reën wat die dorre aarde voed en seen en nes Sy word, jou dors kan les……. Aanbid die Vader, vir elke seëning en gawe uit genade, wat Hy aan jou skenk in liefde en nes Sy aanvaarding, jou veilig koester….. Ere aan God, vir elke diertjie en kind wat Hy aan Sy hart verbind en nes Hy beloof het, versorg en red. Al neem God die inisiatief en al kom Hy na jou toe, moet jy jou deel doen. God sal die deur oopsluit, maar jy moet self die deurknop draai. Ek en jy word so maklik emosioneel of geestelik plat teen die grond in die stof gegooi deur mense rondom ons. Iemand sê iets oor ons persoonlikheid, ons gedrag of ons voorkoms en skielik gryp die self-twyfel ons vas soos onsienbare spookhande. Dit wurg ons en ons het 'n swaar gevoel op ons bors. Ons praat nie met iemand daaroor nie want netnou plant ons dalk nóg 'n saadjie wat verder ontkiem en nog méér vrot vrugte vir ons voortbring. Ons begin wonder of die woorde waarheid bevat, of ons regtig is soos

Page 28: Gedurende die Kersseisoen gee en ontvang ons baie meer ... gedagtes.pdf · In die afgelope jaar wat ek die "VANDAG" dagstukkies uitstuur het ek baie te doen gekry met mense wat ‘n

28

die persoon gesê het. Sien mense dalk ons bedoelinge of optrede verkeerd en straal ons juis dít uit wat ons nie bedoel nie? Vrae draai rondomtalie in ons kop en die antwoorde speel wegkruipertjie. Twyfel steek tong uit en ons eie verwronge selfbeeld en verdwaalde selfvertroue koggel ons. Saans gaan slaap ons met vrae en soggens staan ons op sonder antwoorde. Wat maak dit saak wat ander sê en dink? Hoekom laat ons toe dat mense se menings ons in 'n diep donker gat aftrek en laat twyfel oor onsself? Die enigste mening wat eintlik moet geld in ons lewens is ons Dierbare Vader se mening! Mense is feilbaar, wreed en onbetroubaar. Mense weet nie wat in jou hart en kop aangaan nie. Mense verstaan nie hoekom jy op sekere maniere optree of hoe jy oor sekere dinge dink en voel nie. Die enigste Een wat verstaan en nie veroordeel of jou eenkant toe smyt soos 'n vrot lap nie, is ons Liewenheer! Hy antwoord op maniere, tye en plekke waaraan ek en jy nooit sou gedink het nie, maar Hy ANTWOORD! Hy is DAAR selfs terwyl jy moedeloos voor jou rekenaarskerm in jou kantoor sit! Hy sien JOU raak, Hy sien jou HART raak, Hy sien jou DENKE raak .. daar is NIKS aan jou en van jou wat Hy nie weet nie. Vergeet van mense .. hou jou oë gerig na Bo! Wanneer ek nie meer weet watter kant toe nie, wanneer my skouers hang en my kop leeg voel, dan hou ek altyd net vas aan die liedjie se woorde "You don't have to know how to pray, all you have to know how to say, is 'Jesus'..." Jy het nie nodig vir lang gesprekke, noodleuentjies of skuilname nie, wees net jou eie unieke en dinamiese self en word net stil voor Hom. - Elize Botes (Reynecke) OMHELS ONVOLMAAKTHEID Toe ek nog 'n jong meisie was, het my moeder soms daarvan gehou om “ontbyt kos” te maak vir aandete. Ek onthou een aand in besonder toe sy weer na 'n lang, harde dag se werk ontbyt kos aandete gemaak het. Daardie aand het my moeder 'n bord met eiers, worsies en besonder erg gebrande roosterbrood voor my vader neergesit. Ek onthou dat ek intens gesit en wag het om te sien of iemand die gebrande roosterbrood gaan opmerk of iets sê daaroor! Maar al wat my vader gedoen het was om sy roosterbrood te neem, vir my moeder te glimlag en my te vra hoe my dag by die skool was. Ek kan nie eens onthou wat ek hom daardie aand geantwoord het nie, maar ek kan baie goed onthou hoe ek hom dopgehou het terwyl hy botter en konfyt op die roosterbrood gesmeer het en die laaste krieseltjie opgeëet het. Toe ek van die tafel af opstaan daardie aand, onthou ek hoe ek gehoor het my moeder verskoning maak aan my vader vir die gebrande roosterbrood. Ek sal nooit vergeet wat hy aan haar gesê het nie : "Liefie, ek hou van gebrande roosterbrood." Later die aand het ek gegaan om vir vader goeienag te soen en hom gevra of hy regtig van gebrande roosterbrood hou.

Page 29: Gedurende die Kersseisoen gee en ontvang ons baie meer ... gedagtes.pdf · In die afgelope jaar wat ek die "VANDAG" dagstukkies uitstuur het ek baie te doen gekry met mense wat ‘n

29

Hy het my in sy arms omhels en gesê, "Debbie, jou moeder het 'n harde dag se werk agter die rug en sy is regtig baie moeg……… en 'n bietjie gebrande roosterbrood het nog nooit iemand doodgemaak nie!" Jy weet, die lewe is vol van ‘onvolmaakte dinge’ en ‘onvolmaakte mense’……… Ek is nie die beste huishoudster of kok nie, maar wat ek geleer het oor die jare is om mekaar se foute te aanvaar – En eerder onsself te verbly in mekaar se verskille. Dit is een van die belangrikste sleutels om 'n gesonde, groeiende en gelukkig verhouding te skep!!! KOM ONS RAAK STIL VOOR DIE HEER Liefdevolle Hemelse Vader, ek kom pleit nou om groei tot geestelike volwassewording. Ek bely met skaamte dat ek dikwels ongehoorsaam is, en so min belangstel in geestelike dinge; so traag is om my siel te voed met U woord; so onverskillig is oor die vreugde wat U wil gee; so onwillig om met toewyding vir U te werk en getuig; so traag om te bid, en so stadig om ander te dien. Liefdevolle Vader, ek ontvang so graag en gee so min; ek is vroom in my woorde en so gebrekkig in my dade; so gou om te kritiseer en so gekrenk as ander met my fout vind. Skenk my nog eens U vergifnis, gee dat ek die somerpad van geloof en heiligmaking bewandel, sodat ek meer en meer aan my Hemelse Voorbeeld gelyk sal word. Dit is my gebed. Amen. Die Bybel lê nie sy diepste skatte bloot aan hulle wat vlugtig daardeur blaai nie. Bybelstudie kom eers tot sy hoogste reg as dit elke dag op ‘n vasgestelde tyd plaasvind en as ‘n paar verse biddend gelees en oorpeins word. KOM ONS SING SAAM – ‘n Halleluja lied 1. Jesus min my salig lot! Dit leer ek uit die woord van God; al is ek ook swak en blind, nogtans noem Hy my Sy kind. Koor Ja, Jesus min my! Ja, Jesus min my! Ja, Jesus min my, ek weet dit uit Gods woord. 2. Jesus min my, ja ook my, maak sy bloed van sonde vry; Sions poorte open Hy, ewig juig ek aan Sy sy! 3. Jesus min my, Hy bly my op my pelgrimsreis naby; as ek Hom opreg bemin, lei Hy my Sy hemel in. Wanneer die wêreld om ons ineenstort, is die enigste vaste anker net ons Liewenheer. Martin Luther skryf in een van sy boeke "As God sê VANDAG, dan sê die duiwel MÔRE". Hoeveel keer stel ek en jy uit om na iemand te luister, om vir iemand te sê ons gee om, om met ons lewensmaat te gesels oor dinge wat pla, om ons familie te besoek,

Page 30: Gedurende die Kersseisoen gee en ontvang ons baie meer ... gedagtes.pdf · In die afgelope jaar wat ek die "VANDAG" dagstukkies uitstuur het ek baie te doen gekry met mense wat ‘n

30

om vir die mense naby aan ons te sê hoeveel ons hulle waardeer? As ons maar net kan leer om dinge wat gedoen moet word en wat waarde het, VANDAG te kan doen. Daar sal soveel minder selfverwyt en verwyte wees! As ons VANDAG aan probleme en krisisse begin werk, aandag daaraan skenk en oplossings probeer vind instede daarvan om dit weg te wens, verby dit te kyk en dit te ignoreer, dan sal ons MÔRE nie so spyt wees nie! - Elize Botes (Reynecke) Ek het geleer... Ek het geleer dat maak nie saak wat gebeur of hoe sleg dit lyk vandag, die lewe gaan aan en more sal 'n beter dag wees. Ek het geleer dat ongeag jou verhouding met jou ouers en jou vriende, jy sal hulle baie mis dié dag as hulle nie meer daar is nie. Ek het geleer dat die lewe gee jou somstyds 'n tweede kans, jy moet dit aangryp. Ek het geleer dat as ek 'n besluit maak met 'n oop hart, dit gewoonlik die regte besluit is. Ek het geleer dat ek ook pyne kan kry, maar ek hoef nie soos 'n pyn te wees nie. Ek het geleer dat elke dag moet ek uitreik en aan iemand raak - want mense hou van menslike kontak - of dit 'n handdruk of 'n drukkie of 'n kloppie op die skouer is. Ek het geleer dat ek nog steeds baie het om te leer. ELKE TREE (JUANITA DU PLESSIS) Elke tree skets ‘n verhaal Van waar ons was en waarheen ons wil gaan Soveel beloftes binne my Maar daar’s net Een wat regtig ewig bly! Ons loop ‘n pad van hartseer soms En as ons terugkyk weet ons wat dit kos Maar die lewe stop nie, dit gaan aan Want ons maak staat op Sy Naam! Met elke tree wens ek jou voorspoed Mag elke voetspoor duidelik uitroep Daar is ‘n beter pad vir jou en my ‘n Pad van lig wat na Sy troon lei … Die lewe deel jou net een hand En dis die Vader wat ons vuur laat brand Verlore tog was ek en jy, maar terug na Hom is waar Sy liefde lei! KORT GOUE GEDAGTES Deur jou seëninge te tel, sal jy nie tyd oor hê om ander se gebreke te tel nie. Aangesien die mens die gevoeligste is onder sy vel, moet jy versigtig wees wie jy toelaat om daaronder in te kruip. Laat God toe om jou lewe in te kleur - en dit sal nooit kleurloos wees nie.

Page 31: Gedurende die Kersseisoen gee en ontvang ons baie meer ... gedagtes.pdf · In die afgelope jaar wat ek die "VANDAG" dagstukkies uitstuur het ek baie te doen gekry met mense wat ‘n

31

Strooi eerder blomme op jou naaste se lewenspad as dorings - jy mag later dalk kaalvoet daarop beland. Niemand wat God vra om hom by te staan, sal ooit alleen staan nie. Leef so dat ander minder van jou En meer van God in jou sien. Onthou ook 'n knippie humor om teleurstellings te verteer Lag is die beste grimering vir jou uiterlike en die beste medisyne vir jou innerlike Onthou die mooi dae! Want as jy hulle vergeet keer hulle nooit weer terug nie Aanvaar dat ander mense "anders" is, anders dink anders doen, anders voel, anders praat As jy moeg is en jy weet nie waarvan nie, kan een enkele woord 'n gebeurtenis word . 'n nuwe begin My mond is gemaak vir woorde, vir elke goeie woord waarop ander wag Maak jou dae mooi! Wees entoesiasties oor die lig, oor liefde, oor goeie mense en goeie dinge. KYK IN DIE REGTE RIGTINGS Spreuke 21:1 sê dat, ten spyte van al ons slim planne en idees, God steeds aan die stuur van sake staan. Hyself laat sy wil gebeur. Daarom is ek nie uitgelewer aan die lewe nie. Ook nie aan alles wat die wêreld soms in my keel probeer afdruk nie. Ek kan bedaar en weet dat die Here steeds die enigste God is. Ek kan tot rus kom en besef dat Hy die Almagtige is. Wanneer ek meen ek is die slagoffer van omstandighede waaroor ek geen beheer het nie, dan kan ek opkyk en weet die Here regeer. Wanneer ek voel soos 'n bal wat deur almal rondgeskop word, dan kan ek langs my kyk en weet God stap saam met my deur die vuur. Wanneer ek voel of almal bo-oor my loop, dan kan ek afkyk en sien ek staan op die Ewige Rots wat nooit wankel nie. Wanneer ek meen ek is die enigste een by my werk wat nog voor die Here buig, kan ek vorentoe kyk en Christus by

Page 32: Gedurende die Kersseisoen gee en ontvang ons baie meer ... gedagtes.pdf · In die afgelope jaar wat ek die "VANDAG" dagstukkies uitstuur het ek baie te doen gekry met mense wat ‘n

32

die wenpaal sien staan. En wanneer ek leeg en alleen voel, kan ek binne in myself kyk en sien dat ek 'n tempel van die Heilige Gees is. Digter onbekend As my een gram argument Teen Sy tonne waarheid praat En my sentimeter sentiment Sy ligjaarpassie wil verlaat En my drie-desibel gil Teen Sy donderfluister skree Dan word ek skielik stil En my ongeloof gee mee As my een emmer sonde In Sy oseaan genade val En my vyf krummels honger Sy lewensbrood ontvang En my sewe grade slimheid Voor Sy grootheid dom gaan staan Dan staan ek stom in stilheid En ek hoor ‘n Skepper praat As my tien-traan doodsdepressie Hoor van “Lasarus kom uit!” En by my stormsterkte kwessie Slaap ‘n Redder in my skuit En my verdwaalde wegkruip Word Sy raaksien en kom haal Dan moet ek nederig opkyk Na die Outeur van my verhaal Dan moet ek glo, al roep die twyfel Dan moet ek glo, Al sê die sonde kom Al sou ‘n duisend paaie uitroep Net een pad lei na HOM!! WAT IS LEWE ???? As jy kan vergewe sonder om n woord te sê. As jy liefde in iemand se oë kan sien sonder om te vra. As jy kan glimlag sonder n rede. As jy kan gee sonder om iets terug te verwag. As jy luister na die stem van GOD sonder om te twyfel. DIT IS LEWE ??? Ek is net ‘n vonkie lig, maak my ‘n vuur, Here. Ek is net ‘n snaar, maak my ‘n ramkie. Ek is net ‘n druppel, Here,

Page 33: Gedurende die Kersseisoen gee en ontvang ons baie meer ... gedagtes.pdf · In die afgelope jaar wat ek die "VANDAG" dagstukkies uitstuur het ek baie te doen gekry met mense wat ‘n

33

maak my ‘n fontein. Ek is net ‘n molshoop, maak my ‘n berg. Ek is net ‘n veertjie, maak my ‘n vlerk. Ek is net ‘n bedelaar, Here – U maak my ‘n Koningskind! Finansiële stabiliteit, ‘n gerieflike huis, ‘n betroubare vervoermiddel – ek mag al hierdie dinge beskou as deel van my rykdom, en tog, as ek diep in my hart kyk, sal ek vind dat my voorspoed veel meer is as materiële besittings en die sekuriteit wat hulle my gee. Voorspoed is die nimmer-eindigende voorsiening van God se seëninge, en die belangrikste van al hierdie seëninge is Sy liefde vir my. Soek ek heling – Sy liefde bring genesing. Voel ek bekommerd – Sy liefde bring vertroosting. Soek ek versorging – Sy liefde sorg vir my. Voel ek terneergedruk – Sy liefde hef my op en bring nuwe vreugde en entoesisame my lewe binne. Voel ek swaarbelas – Sy liefde maak die las lig. God se liefde is almagtig, en daar is geen plek wat dit nie kan bereik nie – daar is geen toestand wat dit nie kan verbeter nie. Dit is kragtig en tog so vol deernis. Dit gaan voor my uit, en maak my pad voorspoedig en aangenaam. Dankie Vader. God wag dat ons met ons nood na Hom toe gaan. Sy troonkamer staan altyd oop. Elke gelowige wêreldwyd kan terselfdertyd die troonkamer binnegaan en steeds sal dit nie gepak wees nie. Voel jy slegs veilig en beskermd in jou huis en in ‘n bekende omgewing? As dit die geval is, kan my denke verander word met die besef dat my Heer altyd met my is, en dat Hy na my sal omsien en my beskerm waar ek ookal mag gaan. God is alomteenwoordig en almagtig. Sy Gees word nie beperk deur tyd of ruimte nie. Hy is met my in my huis, by my werk of in ‘n algehele nuwe omgewing. Hy is met my waar ek my motor bestuur, saam met iemand anders ry, of van openbare vervoer gebruik maak. Hy is met my in die nag en ook in die besigste dag. God seen my net waar ek is, en gaan voor my uit om my weg te beveilig. Omdat ek veilig en beskerm voel, geniet ek my saamwees met ander mense en die plekke wat ek besoek. Ek is veilig en beskermd in Sy liefdevolle sorg. Dit is my gebed vir myself, my familie en almal wat ek liefhet. KOM ONS RAAK STIL VOOR DIE HEER Verminder my vaart, o God! Maak dit stil in my hart sodat my gejaagde hart kan bedaar. Temper my vinnige gang met ‘n visie op die eindeloosheid van die tyd. Gee my te midde van die verwardheid van my dag die kalmte van die ewige berge. Spoor my aan om diep wortel te skiet in die blywende waardes van die lewe, sodat ek kan reik na die sterre van ‘n hoer bestemming! Dit is my gebed. Amen.

Page 34: Gedurende die Kersseisoen gee en ontvang ons baie meer ... gedagtes.pdf · In die afgelope jaar wat ek die "VANDAG" dagstukkies uitstuur het ek baie te doen gekry met mense wat ‘n

34

Ouer mense loop stadig en geboë sodat hulle dinge weer soos kinders kan sien, sodat hulle die handjies van kinders kan vashou wat saamdraf op onervare voete. - Eric Wiggen God wil ook Sy boodskap stuur in die stilte van die natuur. Hoor jy dan nie Sy stem wanneer die aandwindjie jou saggies streel? Wanneer die duifies koer en die son se strale deur die takke na jou loer? Wanneer die sterre oor jou wink, en die maanlig oor die aarde blink? Luister weer opnuut, ook deur die natuur kom God se blye lied. God spreek deur die natuur. KOM ONS SING SAAM – ‘n Halleluja lied 1. Doen slegs U wil Heer, U wil met my, U Pottebakker, ek die klei; vorm my en maak my net soos U wil; op U slegs wag ek, needrig en stil. 2. Doen slegs U wil Heer, U wil met my, toets en deursoek my, al moet ek ly! Witter as sneeu Heer, was my vandag; laag aan U voete wile steeds wag. 3. Doen slegs U wil Heer, U wil met my, moeg en verlate, o staan my by! Raak en genees my, Heiland en Heer, U kan almagtig oor my regeer! 4. Doen slegs U wil Heer, U wil met my, tot heel my lewe U is gewy. Maak van my hart, o Heiland U troon, tot elkeen Christus in my sien woon. ONVOORWAARLIKE LIEFDE [b]“Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie.” 1 Korintiërs 13:4 vertel vir ons hoe ons moet liefhê. Ons weet wat God van ons verwag. Tog is daar altyd ʼn as: Ek sal jou met my hele hart en siel liefhê as jy ʼn Christen is. Ek sal jou met my hele hart en siel liefhê as jy dieselfde waardes as ek het.[/b] Nee! God verwag van ons om almal met ons hele hart lief te hê, sonder ʼn as. Hy verwag van ons om geduldig en vriendelik te wees en vir ons vyande te bid asof hulle ons eie familie is. Ons moet elke dag God se liefde so uitleef dat ons vyande ons voorbeeld sal wil navolg. Wanneer jy die Here in jou hart het, kan jy tog nie anders as om oor te borrel van liefde en vreugde nie. Kom ons begin vandag om almal lief te hê sonder ʼn as, om God se onvoorwaardelike liefde uit te straal. “En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!” (1 Kor. 13:13) GOD, JOU BAAS OF JOU VRIEND?

Page 35: Gedurende die Kersseisoen gee en ontvang ons baie meer ... gedagtes.pdf · In die afgelope jaar wat ek die "VANDAG" dagstukkies uitstuur het ek baie te doen gekry met mense wat ‘n

35

Daar is ’n hele wanpersepsie wat by sommige tieners posvat dat God hierdie diktator is, nes Hitler. Iemand wat alles beheer, angs instill en wat by die blote noem van sy naam geprys en aanbid moet word, anders gaan jy deur ’n weerligstraal getref word. Dit is glad nie die prentjie van God wat Hy wil hê ons moet sien nie. God is genadig en ja Hy is in beheer oor jou lewe, maar Hy is nie ’n God wat jy moet vrees en uit jou vrees vir God die silent treatment moet gee nie. God is jou beste vriend, daardie een persoon by wie jy kan rustig raak en wat jou inside out ken. God dra jou belange op sy hart en jou naam is in sy handpalm gegraveer. Dink bietjie, is jy ooit bang om met jou pa te gaan praat? Nee, want jy weet jou pa is lief vir jou. Dis dieselfde met God, Hy is ook jou pa. Ja hy is streng oor sekere dinge, maar Hy is ’n regverdige God en Hy is ’n God van liefde en omgee. Nie een waarvoor jy moet wegskram nie, maar jou Pa waarna jy moet hardloop en in wie se arms jy moet skuiling soek. As jou knieë bewe, is dit tyd om te kniel Die dag is te kort om net met jouself besig te wees. Hou op om so bedompig met jouself en jou hartseer verlede besig te bly. Gooi al die onnodige bagasie af, sodat jy ligvoets kan beweeg en jou perspektief op die lewe kan verander. - Annemarie le Roux Geen mens is ’n eiland nie. As ons as besige mense ’n impak wil maak, het ons mense nodig wat kan help. Steek jou trots in jou sak, klim uit jou geriefgroef en dink vertikaal! - Annalie Steenkamp-Nel Soos gerwe graan oes Hy jou vir Homself. Hy dors jou om jou nakend te maak. Hy sif jou om jou van jou doppe te bevry. Hy maal jou totdat jy wit is. Hy knie jou totdat jy buigsaam is. En daarna gee Hy jou oor aan Sy heilige vuur , sodat jy heilige brood mag word vir die heilige fees van God. Hoe dikwels begeer ons om net eenmaal 'n nuwe kans ge hê om al ons foute te kan regmaak, wat donker agter ons lê. Ons hoef nie te wag vir ‘n nuwe jaar om opnuut te begin. Daar moet net die begeerte wees in die hart - diep binne in, om net weer beter te kan doen en om ander te vergewe. Om 'n bietjie sonniger te wees in die tyd waarin ons lewe, maar ons moet net nie in wanhoop dink dat die lewe geen sin het nie, want daar is altyd weer 'n nuwe môre, om opnuut te begin. Siekte ... finansies ... motor ... kinders ... familie ... kollegas ... dreigemente ... eina-ouch gesprekke ... vriende wat jou in die rug steek ... mense wat inmeng of teleurstel ... jou lewe wat bedreig word ... jou bewegings en roetine wat ingeperk moet word ... Almal van ons bereik 'n stadium in ons lewens waar ons voel dis te veel ... hoekom ... waarom ... asseblief stop net. As mens 'n opregte kind van die Liewenheer is en dinge loop so absoluut verkeerd of daar kom soveel struikelblokke op jou pad, dan is alle oë op jou gevestig om te sien hoe jy dit gaan hanteer WANT jy, jou optrede en jou woorde

Page 36: Gedurende die Kersseisoen gee en ontvang ons baie meer ... gedagtes.pdf · In die afgelope jaar wat ek die "VANDAG" dagstukkies uitstuur het ek baie te doen gekry met mense wat ‘n

36

is soms die enigste Bybel wat mense lees. En ja ... as jy 'n kind van die Here is dan KAN jy alles hanteer want Hy gee jou die KRAG daarvoor! Soms voel dit net asof dit die een klip na die ander klip op jou pad is ... jy verstaan nie meer wat besig is om te gebeur nie .. jy raak 'n bespotting en 'n rede vir grappies tussen die mense. Jy jouself begin grappies maak en voel soos 'n nar alhoewel dit tog maar diep binne jou krap. HOU VAS!!! Die Liewenheer gee vir jou tekkies vir die pad wat jy loop, 'n ompad verby die klippe waaroor jy nie kan kom nie en 'n liggie vir wanneer jy in die nag ook moet stap. MOENIE terugkyk ... MOENIE afkyk ... KYK OP EN KYK VORENTOE!!!! Elize Botes (Reynecke) Maak die beste gebruik van elke geleentheid, so nie is jy later spyt en gaan jy jouself verwyt! Maak seker jou motiewe is suiwer en opreg, dan is jy beslis op die regte weg! Vertrou en gehoorsaam die Heer, in elke saak moet jy Hom ken en eer. y is Alwys,Almagtig en Alwetend, dit is na Hom wat jy jouself moet wend! Praat voortdurend met Hom in gebed, Hy gee insig en wyse raad wat jy nodig het! Sy Woord is die lig op jou pad, Hy waarsku jou teen elke slaggat! Maak Hom jou vennoot in jou beplanning, gee aan Hom al jou bekommernisse en spanning. Hy is die argitek van elke projek, Hy is die Stille Luisteraar by elke gesprek, Hy is die een wat jou beskerm en jou oordek! Hy finansier elke plan op papier, Hy is Alomteenwoordig- nou en hier! "Here, U ken my sit en opstaan en as ek gaan lê, U weet hoe ek dink en wat ek wil hê! Ek sluit nou permanent met U 'n oreenkoms, Om U as vennoot te hê is 'n rare fonds!" Om Ander Lief Te Hê Beteken iemand sleg te behandel wat jou irriteer nie Om altyd mense so te hanteer dat hulle graag by jou wil wees sonder om bang te wees dat jy hulle sleg sal behandel Om ander mense dit wat hulle het of kry, te gun sonder om lelik te wees as jy dit nie het nie Om nie heeltyd oor jouself te praat en te spog nie Om nie heeltyd te maak asof jy soveel beter as ander mense is nie Om nie ongeskik te wees nie, maar jou so te gedra dat ander nie ongemaklik saam met jou voel nie Om nie heeltyd aan jouself en jou eie voordeel te dink nie Om nie sommer vir niks kwaad te word nie Om nie elke liewe dingetjie wat iemand verkeerd doen

Page 37: Gedurende die Kersseisoen gee en ontvang ons baie meer ... gedagtes.pdf · In die afgelope jaar wat ek die "VANDAG" dagstukkies uitstuur het ek baie te doen gekry met mense wat ‘n

37

te onthou sodat jy hom of haar kan terugkry nie Dit maak nie saak hoe besig jy is nie. Dit is noodsaaklik dat jy sal tyd maak om terug te trek uit die eise van die dag en om in stilte aan die voete van die Meester tyd deur te bring. Fokus al jou aandag op Hom en sy liefde. Word in die stilte deurdrenk en versterk deur sy vrede. Maak ’n punt daarvan om dit gereeld te doen. Hoe veeleisend jou lewe ook al mag wees, jy sal ’n gevoel van kalmte, vrede en versterking ervaar terwyl die Heilige Gees sy helende werk in jou lewe verrig. By fonteine van seen : 'n Bybelse dagboek met 366 dagstukke S. Ozrovech. Die 10 Beloftes As Ek die belangrikste in jou lewe is, sal jy geen ander gode wil dien nie, omdat jy My sal ken en weet dat Ek die enigste ware en lewende God is - ek sal die ereplek in jou lewe hê. As Ek in jou hart is, sal dit nie nodig wees om gesnede beelde van my te maak nie, want jy sal self My beeld wees. As jy My liefhet, sal My naam nooit 'n vloekwoord oor jou lippe kan wees nie, maar in alle omstandighede deur jou geëer en gerespekteer word. As Ek die ereplek in jou lewe het, sal die Sondag die hoogtepunt van die week vir jou wees. Dit sal vir jou 'n vreugde wees om in die gemeenskap van die heiliges My te aanbid. 'n Dag nie om na op te sien nie, maar om na uit se sien. As Ek in jou lewe is, sal dit vir jou 'n voorreg wees om jou ouers te eer en lief te hê. Dit sal nie vir jou moeilik wees nie, want agter hulle, sal jy My sien wat hulle vir jou uitgekies het. As jy in My liefde leef, sal jy nooit iemand wil seermaak nie, om iemand dood te maak sal nie eers in jou gedagtes opkom nie. As jy My liefhet, sal dit nie moeilik wees om aan jou lewensmaat getrou te wees nie. As Ek 'n plek in julle huwelik het, sal julle vir mekaar lief wees, want julle liefde vir mekaar, is 'n beeld van My liefde vir julle. As Ek op die troon van jou lewe sit, sal jy daagliks vra: waar kan ek aan 'n ander iets gee of goed doen en sal jy nie iets van 'n ander wil neem nie. As Ek in jou lewe is, sal dit nie meer vir jou lekker wees om van 'n ander kwaad te praat nie. Deur My Gees sal jy 'n mens wees wat van 'n ander niks sal sê as dit nie iets goeds is nie. As jy een is met My, sal My Gees jou tevredenheid gee om vergenoegd te wees met wat jy het, met die besef dat Ek gee soos wat jy dit nodig het. Wat Ek gee, is altyd genoeg en niks sal jou ontbreek nie - jou beker loop oor. Wanneer ons die gordyne oopskuif en die sonskyn toelaat om deur die vensters van ons huise in te skyn, mag ons spinnerakke en stof sien wat deur die donker verberg word. Die lig wys vir ons helder en duidelik waaraan ons aandag moet gee. Net so kan ons die vensters van ons hart en gemoed oopmaak en die lig van Christus toelaat om helder daarin te skyn en alles wat verander of geheel moet word onder ons aandag te bring. Die lig van Christus wat so helder skyn is wysheid, liefde, vrede en vreugde. Alles wat nie van die lig is nie - alle twyfel, onsekerheid en duisternis, word uitgewis in hierdie helder, stralende lig. Die lig van Christus voorsien ons van die nodige krag om ons vry te

Page 38: Gedurende die Kersseisoen gee en ontvang ons baie meer ... gedagtes.pdf · In die afgelope jaar wat ek die "VANDAG" dagstukkies uitstuur het ek baie te doen gekry met mense wat ‘n

38

maak van alle vrees en onsekerheid. Dit skyn helder en duidelik op ons lewenspad, en vol moed volg ons hiedie baan van lig wat ons lei, al hoe nader aan Gods troon. KOM ONS RAAK STIL VOOR DIE HEER Vandag is U dag, Heer van my hart. Ek weet dat ek nie sal struikel as ek my hand styf in U s’n vashou nie. Gebruik my vandag, soos en waar U wil. Laat dit wat U in gedagte het vir vandag, my doelwitte word, sodat dit tot stand kan kom net hier waar ons nou is. Neem my hand Heer en lei my op die regte weg. Laat U liefde in my hart my liefde wees, en duidelik gehoor word in alles wat ek sê en duidelik gesien word in alles wat ek doen. Laat die goeie wat U wil Heer, die goeie word wat ek doen, en die goeie uitlok wat vandag ons pad mag kruis. Laat U lig my denke verlig, en duidelik gesien word in die insig en begrip waarmee ek alles benader wat op ons weg mag kom. Die wonder van U by my en in my, laat my siel sing uit pure vreugde. Dit is my gebed. Amen. KOM ONS SING SAAM – ‘n Halleluja lied 1. Juig al wat leef, juig voor die Heer! Dien God met blydskap, gee Hom eer; kom nader voor Sy aangesig, en prys Hom met ‘n lofgedig! 2. Die Heer is God, erken dat Hy ‘n eie volk vir Hom berei, ‘n volk om Hom te dien en vrees en skape van Sy wei te wees. 3. Gaan deur Sy poorte in met lof, met lofsang in Sy tempelhof, kom in Sy huis, o bondsvolk saam; verhef Sy lof en prys Sy naam. 4. Want goedertieren is die Heer; Sy goedheid eindig nimmermeer; Sy trou en waarheid hou hul krag tot in die laaste nageslag. As jy aan God behoort, hoef jy nie eensaam te voel nie, al is jy stoksielalleen in die wêreld. God belowe dat Hy elke dag by jou sal wees, ook wanneer almal jou verlaat, is Hy nog by jou. Hy is elke oomblik van die dag of nag tot jou beskikking. Vertrou Hom om jou eensaamheid weg te neem en jou lewe met sy teenwoordigheid te vul. Menige verhouding het al skipbreuk gelei weens ‘n gebrek aan waardering, as gevolg van ‘n neem-dit-as-vanselfsprekend houding. Soos reën wat op die dorre aarde val, so voed waardering ons verhouding met andere. Die waardering wat ons teenoor andere uitspreek, is ook ‘n manier om ons Heer te loof deur Sy goedheid in alles raak te sien. Ons mag dit vanselfsprekend aanneem dat iemand anders weet jy waardeer hom of haar. Dit mag ook so wees, maar ‘n woord van waardering mag meer welkom wees as wat ons miskien mag dink. Daar is diegene wat dit baie moeilik vind om woorde van waardering uit te spreek, maar hierdie positiewe daad is die moeite wat dit verg, dubbel en dwars werd. Die waardering wat ons in ons harte voel en in ons woorde uitspreek, verhef ons, verryk ons lewens en skep onaangename verhoudings. Laat ons elke dag ons waardering uitspreek al is dit net teenoor een persoon.

Page 39: Gedurende die Kersseisoen gee en ontvang ons baie meer ... gedagtes.pdf · In die afgelope jaar wat ek die "VANDAG" dagstukkies uitstuur het ek baie te doen gekry met mense wat ‘n

39

Ag, Here, het U my ook geskape na U beeld? Volmaak? Of met ongeskaafde hoekigheid? Met my lyf is nie veel verkeerd nie – 2 arms, 2 bene, ‘n kop om mee te dink ‘n hart om mee te voel as pyn of nie pyn nie daar is 2 oë en trane om mee te huil oor verlies. Maar die gees dan Here? Ook na U eie geskape? Dan Here, is U mos ook nie volmaak nie? Oriëntasie gerig na eie geslag; biogemiese wanbalans in die brein wat lei tot fluktuasie en stoornis van gemoed Nou begin ek U verstaan en dalk beter te aanvaar: alslagtig, alwetend en fluktuerend om in elke skepsel uit U hande se behoefte te voorsien As ons oor ‘n vlak stroompie moet gaan, moet ons soek na oorspring-klippe. Dan sal ons versigtig, tree vir tree deur die stroom beweeg sonder om nat te word. Op ons geestelike reis deur die lewe heen, voorsien ons Heer ons voortdurend van die nodige trap-klippe sodat ons onafgebroke kan voortgaan op ons pad van lig. Hierdie klippe kom na ons toe in baie vorms soos liefde, vreugde, vrede, geloof en wysheid. Alles baie belangrike eienskappe op ons pelgrimstog Godwaarts. Sy liefde maak dit vir ons moontlik om andere met deernis en begrip te benader – wonderlike klippe wat ook vir ons ophef en steeds verder lei. Sy blydskap in ons hart is verdere treë op ons pad, treë wat andere ook ophef en nader bring aan Sy koninkryk.

Page 40: Gedurende die Kersseisoen gee en ontvang ons baie meer ... gedagtes.pdf · In die afgelope jaar wat ek die "VANDAG" dagstukkies uitstuur het ek baie te doen gekry met mense wat ‘n

40

Vrede, geloof en wysheid, wonderlike trap-klippe vir ons en vir elkeen wat ons pad mag kruis. In geloof neem ons die eerste tree, en laat Gods wysheid ons lei en ophef. Die Here sê vandag vir jou: Jy kan My nie voel nie, en tog is Ek die krag in jou hande, Ek is besig om te lei, al verstaan jy nie My weë nie, Ek is besig om te werk, al herken jy nie My werke nie, Ek is nie vreemde visioene nie. Ek is geen misterie nie, Net in absolute stilte, waar die eie ek nie meer bestaan nie, sal jy My ken soos Ek is, en selfs dan sal dit net ‘n gewaarwording en geloof wees. Tog is Ek hier. Ek hoor. Ek antwoord. As jy my nodig het, Ek is hier. Selfs al ontken jy My, is Ek hier. As jy eensaam en allenig is, is Ek hier. As jy bang is, is Ek hier. As jy in pyn is, is Ek hier. Ek is hier wanneer jy bid, en selfs wanneer jy nie bid nie. Ek is in jou, en jy in My. Al slaag jy nie daarin om My te vind nie, Ek sal jou nooit faal nie. Al is jou geloof in My nog so klein, My geloof in jou wankel nooit nie, want….Ek ken jou, en Ek het jou lief. Geliefde, hier is Ek.” Hulle wie die stiltes soek, soek nie verniet nie Wie die stiltes opsoek gaan nie met leë hande nie Hy wat om stilte vra word nie teleurgestel nie Die man wat in stilte bid, kom naby aan Sy Skepper Die mens wat stil kan raak, raak baas oor homself Alleen in stilte raak mens bewus van die geraas rondom jou Dit is in stilword wat mens kan luister na die geluide van buite Die klanke in die stilte spreek dikwels tot jou siel al skree die wêreld die stiltes dood. Soek die stiltes op my vriend en waardeer elke geluid wat jy nie kan hoor, maar voel. Word stil want slegs hulle wat dit kan doen, kan dit waardeer Hy wat stilte begeer en dit vind, vind geluk. Soos n skipper in die die hawe bevry is van al die storms en onweer, so is ons ook, ons God-bevry ons van al die stormwinde van ongeluk. Want U steek ons weg in U hart in die dag van onheil; U verberg ons in die skuilplek van U tent; U verhef ons op n rots. U is met ons wanneer ons alleen is. U bring ons onstuimige hart tot rus. U troos ons in ons droefheid, en U versterk ons in ons swakheid, en U maak ons ryk in ons armoede in Jesus Christus,ons Here.

Page 41: Gedurende die Kersseisoen gee en ontvang ons baie meer ... gedagtes.pdf · In die afgelope jaar wat ek die "VANDAG" dagstukkies uitstuur het ek baie te doen gekry met mense wat ‘n

41

Coenraad Mel Twyfel sien struikelblokke;geloof sien die pad. Twyfel sien die donkerste nag;geloof sien die dag. KRUMMELS 'n Brood val uit 'n bewegende broodwa en rol 'n entjie verder. 'n Stukkie breek af en bly in die straat lê. Drie mossies peil af op die stukkie wat afgebreek het. 'n Hewige bakleiery breek los. Een kry die oorhand en begin die krummels gretig oppik, terwyl die ander twee met luide protes in 'n boom gaan sit. Nie een van hulle het die groot brood 'n entjie verder raakgesien nie. Hulle was besig om oor die krummels te baklei! Ons maak rusie oor klein dingetjies en ignoreer dit wat eintlik belangrik is. Oor die nietighede word ons vir mekaar so kwaad dat kosbare verhoudinge verbreek word. Voordat ons oor die krummels twis, kom ons kyk eers rond en sien die brood raak! Die krummels is nie die gevolge van die twis werd nie! Heer, laat ek vandag onderskei tussen krummels en die dinge wat werklik saakmaak. Die Bybel het nie allerhande boererate vir pyn nie. Die Bybel skryf ook nie verdowingsmiddels voor nie. Dit is die dokter se werk. Die Bybel skryf God voor - nie as pynstiller nie, maar as Iemand wat jou bystaan; Iemand wat jou hand vat en jou ondersteun; Iemand wat omgee en deurhelp. En natuurlik, Iemand wat Hom al male sonder tal as die Groot Geneesheer bewys het. Hy kan ook pyn verlig, maar Hy kan nog meer doen. Hy kan jou ook bevry van al die newe-effekte van pyn, soos moedeloosheid en verbittering. Wie van ons het nog nie gemerk hoe bar en dor die wingerde in die winter lyk nie? Daar is geen bewys van ‘n blaarjie nie. Alles lyk droog en dood en niemand sal kan dink dat daardie selfde wingerdstokke weer groen loof en ‘n ryk oes sal bring nie. Maar die groeikrag is tog daar en skielik sien u later ‘n ligte groen skynsel wat die voorloper is ‘n pragtige groen blareweelde, en na nog ‘n tyd is die ryp wordende trosse daar as getuienis dat dit wat dood gelyk het, maar net ‘n sluimering was – net ‘n voorbereiding van dit wat sou kom. Het jy miskien al dae gehad wat skynbaar so min vir jou getoon het van ‘n maaityd of ‘n oestyd? Hou moed, want ons Vader weet van daardie tye. Kyk maar net na Hom, vra, verwag en glo, en die dae wat kom sal so heerlik wees dat dit alle verwagtinge te bowe sal gaan. KOM ONS SING SAAM – ‘n Halleluja lied

Page 42: Gedurende die Kersseisoen gee en ontvang ons baie meer ... gedagtes.pdf · In die afgelope jaar wat ek die "VANDAG" dagstukkies uitstuur het ek baie te doen gekry met mense wat ‘n

42

1. Genade, onbeskryflik groot het U aan my bewys; verlore seun – ‘n wegloop kind weer in die Vaderhuis. 2. Ek is die naam van kind nie werd – wou self my sake reël. My lewe, kanse, tyd en geld is nutteloos verspeel. 3. Maar U sien ver, oneindig ver. U sien my honger, dors. Nog voordat ek kon skuld bely, druk U my aan U bors. 4. Genade onbeskryflik groot; daar’s fees, ek is weer tuis! U Seun bring my – verlore mens – weer in die Vaderhuis. Die Here weet .... Wanneer jy moeg en moedeloos voel weens Verpletterende omstandighede en situasies .... Weet die Here hoe hard jy probeer het. Wanneer jy so lank trane gestort het En jou hart is beklemd .... Het die Here jou trane getel. As jy voel jou lewe is doelloos En die tyd het jou agtergelaat . Was die Here saam met jou. Wanneer jy eensaam voel en jou vriende Te besig is om te bel of nie verstaan nie .... Wag die Here saam met jou. Die Here is aan jou sy wanneer jy dink jy alles Probeer het en nie meer raad weet nie .... Hy het die oplossing. Wanneer niks sin maak nie en jy seer, Verwar of gefrustreerd voel .... Het die Here die antwoord. As jou blik op die lewe verhelder En jy tekens van hoop in die lewe vind .... Het die Here vir jou gefluister. Wanneer alles klopdisselboom gaan En jy volop stof tot dank het .... Het die Here jou geseën. Wanneer iets verstommends gebeur En jy daardie spesiale iemand vind ....

Page 43: Gedurende die Kersseisoen gee en ontvang ons baie meer ... gedagtes.pdf · In die afgelope jaar wat ek die "VANDAG" dagstukkies uitstuur het ek baie te doen gekry met mense wat ‘n

43

Het die Here se glimlag op jou gerus. As jy 'n droom het om te volg En ook 'n werklikheid om uit te lewe . Het die Here jou oë geopen en jou naam genoem. Onthou net, waar jy ook al is, en wat jy ook al in die gesig staar .... DIE HERE WEET! Die juweel kan nie gepoleer word sonder wrywing nie, so ook nie die mens sonder beproewinge nie. Jy is 'n juweel in Jesus se oog en 'n pêrel in sy hart! Ons gawes verskil baie van mekaar; vir sommige mense gee God uitsonderlike gawes, vir sommige (die meerderheid van ons) doodgewone, onopsigtelike gawes. Maar niemand is deur God oorgeslaan nie-almal het so ‘n spesifieke, persoonlike gawe van God ontvang. Vind uit wat joune is en gebruik dit tot eer van God. Die Tien Gebooie Van Liefde Wees lief vir my en aanvaar my Leer my swak en sterk eienskappe ken... my voorkeure en afkeure Moet my nie verwaarloos nie Probleme is deel van die lewe, moenie op my gil nie Gee vir my raad eerder as om my te kritiseer Vergewe en vergeet die foute wat ek in die verlede gemaak het, moenie fout soek nie Ons dra albei by tot 'n twis, moenie my alleen daarvoor blameer nie

Page 44: Gedurende die Kersseisoen gee en ontvang ons baie meer ... gedagtes.pdf · In die afgelope jaar wat ek die "VANDAG" dagstukkies uitstuur het ek baie te doen gekry met mense wat ‘n

44

Laat ons vrede maak voordat ons gaan slaap; evalueer jou vriende en hul raad Aanvaar dit as jy 'n fout maak en vra om verskoning Bid tot God, Hy sal ons probleme oplos KOM ONS RAAK STIL VOOR DIE HEER Liewe Here, ek dank U vir die besef dat U my beskerming, my moed, my hulp, my veiligheid, my voorsiening, my inspirasie, my wysheid, my lewe my alles is. Ek sal my nie langer as minderwaardig, of minder as ander, as enigiets minder as U volmaakte kind sien nie. Nie meer sal ek nalaat om U liefde, geluk en blydskap in my en deur my te laat werk en straal nie, en nooit weer sal ek vergeet om U te vertrou nie, om my absolute vertroue in U en U alleen te plaas nie. Dit is my gebed. Amen. KOM ONS SING SAAM – ‘n Halleluja lied 1. Bring my die ou-ou tyding, die tyding van Gods heil, van Jesus sondaarsliefde, die liefde sonder peil. O, bring dit my eenvoudig, soos vir ‘n kleintjie klein, want ek is swak en nietig, ja hulpeloos en onrein. Koor Dit is my roemtaal, dit is my lied, lof wat ek Jesus ewig wil bied. Dit is my 2. Bring my die tyding duidelik, dat ek kan verstaan; vertel my hoe die Heiland my van die vloek ontslaan. Bring my die tyding dikwels, want ek vergeet so gou; lank voor die middaghitte smelt reeds die môredou. 3. Bring my die tyding saggies, laat my daar stip op let; ek is ‘n arme sondaar - slegs Jesus kan my red. Bring my die tyding telkens, sodat dit my kan kan wees ‘n bron van troos en sterkte, veral in smart en vrees. Miskien onthou jy nog hoe jy as kind dit liedjie, "Jesus min my salig lot, ek weet dit uit die woord van God" gesin het, en watter gevoel van vreugde dit jou hart gevul het elke keer as jy dié eenvoudige liedjie gesing het? Dit was asof die sing van daardie liedjie 'n deur in jou hart oopgemaak het, en vreugde, blydskap en geestelike krag in en deur jou gevloei het. Liedjies soos hierdie raak die kind in elkeen van ons aan, en help ons om weer, soos in ons kinderdae, die vreugde en uitbundigheid van 'n jeugdige gemoed te ervaar. Liedjies oor liefde en vreugde is die instrumente waarmee ons die bron van geestelike vreugde diep in ons harte aanraak, sodat dit ons kan ophef tot nuwe geestelike hoogtes. Laat ons vandag ons harte en gemoed en monde oopmaak en die liedjies sing wat ons goed laat voel, en ons harte vul met liefde en vreugde. Ons kan ons

Page 45: Gedurende die Kersseisoen gee en ontvang ons baie meer ... gedagtes.pdf · In die afgelope jaar wat ek die "VANDAG" dagstukkies uitstuur het ek baie te doen gekry met mense wat ‘n

45

liedjies saggies of hardop sing, dit maak nie saak nie, en die liefde en vreugde sal in ons glimlag, ons glinsterende oë en vrolike woorde weerspieël word. God het elke wese op hierdie planeet met spesiale kundigheid geskep. Sommige diere hardloop, ander hop, sommige swem, ander grawe gate en baie vlieg. Elkeen speel 'n bepaalde rol op grond van hoe God hulle gevorm het. Dieselfde geld vir mense. Elkeen van ons is uniek ontwerp of gevorm om bepaalde dinge te doen. Voor God jou geskep het, het Hy besluit watter rol jy op aarde gaan speel. Hy het presies beplan hoe jy Hom moet dien, en toe het Hy jou vir daardie take gevorm. Jy is wat jy is omdat jy vir 'n bepaalde doel gemaak is. Jy is God se handgemaakte kunswerk. Jy is geen fabrieksproduk wat sonder enige nadele massavervaardig is nie. Jy is 'n pasgemaakte, eenmalige, oorspronklike meesterstuk. Hy het die DNA-resep waaruit jy bestaan, sorgvuldig opgestel. Dawid het God vir die ongelooflike klem op die besonderhede geprys: "U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder. Ek wil U loof, want U het my op 'n wonderbaarlike wyse geskep." God mors niks. Hy sal jou nie jou vermoëns, belangstellings, talente, gawes, persoonlikheid en lewenservaring gegee het tensy Hy van plan was om dit vir Sy glorie te gebruik nie. Deur dié faktore te identifiseer en te verstaan, kan jy God se bedoeling met jou lewe ontdek. Die Bybel sê jy is wonderbaarlik ingewikkeld. Jy is 'n kombinasie van talle verskillende faktore. Jy is uniek. Daar is nie nog iemand soos jy in die ganse hele wye wêreld nie. Wanneer ons tot God nader, ontdek ons die ongelooflike feit dat Hy alreeds wag om ons genadig te wees; dat Hy ons gebede verhoor sodra Hy dit hoor – en al sal ons dalk moet wag totdat die antwoord vir ons duidelik word en miskien van dié een verskil wat ons graag wou hê. 'n Enkele veer het vanoggend verby my skouer geval, >Donserig by my voete gaan lê. >Vir 'n oomblik het ek in iets groter as net myself belê, >Vir 'n oomblik het ek geweet dat ek nie alleen moet vrees >want 'n Engel sal altyd naby my wees.... KOM ONS SING SAAM – ‘n Halleluja lied 1. As Hy weer kom, as Hy weer kom, kom haal hy Sy pêrels, al Sy pêrels, fraaie pêrels vir Jesus se kroon. Koor

Page 46: Gedurende die Kersseisoen gee en ontvang ons baie meer ... gedagtes.pdf · In die afgelope jaar wat ek die "VANDAG" dagstukkies uitstuur het ek baie te doen gekry met mense wat ‘n

46

Ja, die kindergesiggies, soos die sterre se liggies, is die hemelse pêrels vir Jesus se kroon. 2. Vir die hemel, vir die hemel sal Hy hul versamel, al die skones, al die wittes vir Jesus se kroon. 3. Al die kinders, al die kinders, vol liefde vir Jesus, is die pêrels, kosbare pêrels vir Jesus se kroon. Die Here sê vandag vir jou: “Wees stil en weet dat Ek jou geskep het. Wees verseker daarvan dat Ek altyd by jou is en dat Ek jou liefhet. Wees stil en weet dat Ek altyd na jou omsien en vir jou sorg. Waar jy ook al mag wees, onthou Ek is net daar by jou. – Ek behoed en bewaar jou elke oomblik van die dag. Wees stil en weet dat Ek jou sal lei en rig op al jou weë. Saam met jou sal Ek jubel en juig wanneer jou lewensdroom bewaarheid word, en ook in jou seer oomblikke is Ek steeds daar om jou in My liefde toe te vou. Die seer sal dan minder seer wees, die teleurstelling minder erg omdat Ek daar is. Wees stil en weet dat Ek die een krag en die een mag in heel My skepping is, en dat Ek steeds omsien na alles wat Ek geskep het, en dit sluit jou ook in. Weet ook diep in jou hart, dat Ek jou nooit begewe of verlaat nie. Daar is niks wat Ek nie vir jou of deur jou sal doen nie, dierbare kind van My hart. Kyk, hier is Ek – Ek vat jou hand" Soms lewe ek te vinnig … Vriendskap is soos die natuur. Soms waai ek by jou verby sonder om te stop en te vra hoekom jy so verkreukeld lyk. Die lewe se wind dra ons weg met ‘n oppervlakkige “Goed dankie” en “Sien jou later”. Soms sien ek eers baie later die rypskade aan jou brose binneste en wonder ek hoekom het ek nie lankal gevra nie. Soms sien ek net die lentekleur raak op jou gesig en is ek nie eers bewus van die wurm wat aan jou binneste vreet nie. Soms wonder ek of dit net die wind is wat jou wegbuig van my af en of dit dalk die stingeltjie self is wat sy stokstywe ruggie op my draai. Pluk iemand ons vir ‘n ruiker uit God se tuin, wriemel ons weg van mekaar. Roos se dorings steek te seer en papawer wil mos langs niemand wees nie! Koringblommetjie kruip weg van skaamte oor haar kartelhoede en Hibuskus wonder of almal weet van haar verlede. Intussen vergeet ek dat die Here afkyk op Sy tuin en net pragtige blomme sien. Almal is ewe mooi, ewe kosbaar, ewe goed in Sy oë. Vergewe my daarom as ek by jou verbygewaai het op ‘n herfsoggend en nie jou hand gevat het in die sonlig nie.

Page 47: Gedurende die Kersseisoen gee en ontvang ons baie meer ... gedagtes.pdf · In die afgelope jaar wat ek die "VANDAG" dagstukkies uitstuur het ek baie te doen gekry met mense wat ‘n

47

Vergewe my as ek op ‘n wintersoggend nie vir jou ‘n trooskombersie van woorde wou oorgooi teen die rypskade nie. Vergewe my as ek op ‘n lente-oggend selfsugtig met my eie nuwe blare loop en spog het en nie die kneusplekkies aan jou stingeltjie gesien het nie. Vergewe my as ek op ‘n warm somersdag nie vir jou ‘n tydjie gemaak het nie, omdat ek te besig was, selfs te veel gekla het, te haastig was om aan jou die koelte van my vriendskap te bied. Ek vra verskoning… Weet asseblief dat ek daar is en altyd wil wees vir jou! Psalm 118:8: “Om by die Here te skuil is beter as om op mense te vertrou!” “Onse Vader, seën hom/haar wat hierdie lees met wat ook al hy/sy mag nodig hê vandag en die res van sy/haar lewe. Mag sy/haar lewe vervul wees met U vrede, voorspoed, liefde en krag omdat hy/sy nog selfs ‘n dieper verhouding met U begeer. Dankie vir al die voorregte, liefde en ongevraagde vreugdes en geskenke wat U aan hom/haar gee vandag en die res van die lewe. Dankie vir hom/haar wat op my pad gekom het saam met wie ek al die voorregte, liefde en ongevraagde vreugdes en geskenke kan deel.” Amen Omdat ons sondaarmense is, weet ons soms nie wat ons moet bid nie. As ons eie woorde opraak, kom die Heilige Gees ons te hulp en leer Hy ons om so te bid dat ons gebede met God se wil sal saamval. Maar dit is nie al nie – Hy bid ook self vir ons en maak seker dat ons gebede by God se genadetroon kom. U GEE VREDE O Heer, my Heer u gee vrede al was die swaarkry ook ´n verlede U maak alles reg dié wat krom maar steeds hoor U ons gebrom. Ons as mens is nooit te vrede al gee U alles wat ons begewe sal ons nog steeds kla en kerm al gee U ons U genadiglike beskerm. U red ons uit die net, nou kan ons sweef hoog bo die lug in U ruimte weë, daár kan ons leef U sal ons beskem teen gevaar al lyk alles ook hoe naar. Daar is net een ding wat ons moet erken en dit is dat ons saam met U kan wen. Sonder U is alles dood en kaal, maar dis nie hoe dit moet lyk, as U ons kom haal.

Page 48: Gedurende die Kersseisoen gee en ontvang ons baie meer ... gedagtes.pdf · In die afgelope jaar wat ek die "VANDAG" dagstukkies uitstuur het ek baie te doen gekry met mense wat ‘n

48

Aanspraakmakers op God se genade het ‘n lewensles om te leer: God se krag kom eers tot volle werking wanneer ons krag op ‘n einde is. Wanneer jy swak is, is jy sterk in God en kan Hy sy genade op ‘n nuwe manier in jou lewe uitstort. KOM ONS SING SAAM – ‘n Halleluja lied 1. Wat ‘n vriend het ons in Jesus, Hy wat in ons plek wil staan; wat ‘n voorreg om gedurig tot Gods troon deur Hom te gaan! Hoe verbeur ons tog die vrede, ag, hoe dikwels lei ons smart, net omdat ons nie ons node uitstort in God Vaderhart! 2. As versoeking en beproewing, of as kwelling ons bedreig, laat ons nooit mismoedig word nie, laat ons bedes opwaarts styg. Nêrens is ‘n vriend getrouer, as Hy wat ons node weet; Jesus voel met al ons swakheid, en wil deel in al ons leed. Dit is ‘n opdrag van God self dat ons ander mense behoort lief te hê. Jesus verduidelik hoe daardie liefde moet uitsien: Dit moet ‘n liefde wees soos Syne – ‘n liefde wat onvoorwaardelik is; ‘n liefde ten spyte van die tekortkomings van ander; ‘n liefde wat ander mense eerste stel en ‘n liefde wat altyd onselfsugtig is. Uit jouself kan jy nie so liefhê nie, maar God kan dit wel vir jou moontlik maak. Vra Hom om sy liefde in jou hart in te sleutel. Elke belofte van God rus op vier pilare: Sy heiligheid wat maak dat Hy nie kan jok nie. Sy genade en goedheid wat maak dat Hy nie vergeet nie. Sy waarheid wat maak dat Hy nooit verander nie. En Sy almag wat maak dat Hy Sy beloftes kan waarmaak. Liefde is die duidelikste uitkenteken van ‘n Christen. Naasteliefde moet geleef word. Met jou gesindheid en dade teenoor ander mense behoort hulle God se liefde in jou lewe raak te sien en aangespoor word om Hom ook te dien en lief te hê. Dit is onmoontlik om God lief te hê en nie geraak te word deur die nood van mense om jou nie. Vir ‘n kunstenaar om ‘n leë doek te omskep in ‘n meesterstuk, of ‘n blok hout of klip in ‘n pragtige beeld, is verbeelding en skeppingskrag nodig. Die mense wat wat sulke skatte skep, moet verder as net hul verbeelding gaan. Hul moet sekere stappe doen om dit wat hulle in hul verbeelding gesien het, ‘n werklikheid maak. Net so stel ons verbeelding ons in staat om vorm te gee aan idees wat God in ons denke plaas, en dit wat wat ons so skep, is tot ons eie sowel as ons medemens se seën. As ons in ons verbeelding sien hoe mense mekaar die hand reik en mekaar help, besef ons hoe nodig spanwerk is in tye van nood, en ook hier doen ons ons deel om die spanwerk ‘n werklikheid te maak – dink maar net aan mense wat saam bid en werk. Is dit nie ‘n seën om te weet dat dit wat ons in ons verbeelding sien ‘n moontlikheid is nie?

Page 49: Gedurende die Kersseisoen gee en ontvang ons baie meer ... gedagtes.pdf · In die afgelope jaar wat ek die "VANDAG" dagstukkies uitstuur het ek baie te doen gekry met mense wat ‘n

49

God is altyd bereid om ons sondes te vergewe as ons dit bely, en as God vergewe is daardie vergifnis ‘n blywende een. Hy gooi ons sondes in die diepsee en dink nooit weer daaraan nie. Hoe anders as ons wat mense vergewe, net om maar weer ons griewe teenoor hulle op te rakel wanneer dit ons pas. Wees bereid om soos God onvoorwaardelik te vergewe én te vergeet. KOM ONS SING SAAM – ‘n Halleluja lied 1. Blye verseekring, Jesus is myn, o, watter vreugde, heerlik en rein! Wedergebore, rein deur sy bloed, smaak ek Sy vrede in my gemoed. Koor Dit is my roemtaal, dit is my lied, lof wat ek Jesus ewig wil bied. Dit is my KOM ONS RAAK STIL VOOR DIE HEER Vader maak my ‘n oop ontvanklike kanaal, Altyd gereed om U wil te doen. Seën U my hart Heer, vul dit met U liefde, en leer my om vrylik met ander te deel. Seën U my oë Heer, Laat my sien dit wat U sien, Net die mooie, die skone en die goeie om my. Seën u my ore Heer, Laat my hoor dit wat U hoor, die melodie van die lewe self. Seën U my mond Heer, Laat die woorde wat ek spreek getuig van U liefde in my hart, U lig in my denke, U vreugde in my gemoed. Dankie Vader, vir U seëninge. Nou is ek ‘n oop ontvanklike kanaal, Besig om U wil te doen. ‘n Ligte aanraking beteken baie meer as wat ons mag dink vir iemand wat ontsteld of treurig is. Dit vertel vir hulle dat ons verstaan en omgee, en seën hulle met die lig van Gods liefde en sorg. Is hierdie ligte aanraking ook daar vir ons wanneer ons voel dinge word nou te erg, en ons kan nie meer nie? Natuurlik is dit daar! Slegs ééen gedagte, één gebed ver is dit – diep in ons innerlike toring van krag wag ons Heer op ons. Sy las is lig en Sy juk is sag, en met ‘n ligte aanraking van Sy liefde hef Hy ons weer op en kan ons weer moedig en sterk voortgaan op ons pad van lig. Toegevou in Sy liefde, besef ons dat ons nooit alleen kan wees nie. Hy is altyd daar as ons maar net ons hand wil uitstrek na Hom toe. Ons sien nou net growwe granite. Ons sien hoe die beitel stukkies afkap;

Page 50: Gedurende die Kersseisoen gee en ontvang ons baie meer ... gedagtes.pdf · In die afgelope jaar wat ek die "VANDAG" dagstukkies uitstuur het ek baie te doen gekry met mense wat ‘n

50

ons voel die skerp punt van die beitel; ons ken die gewig vand die hammer en ons gehue en emosies is met hierdie dinge oorlaai. As ons maar net die groot Kunstenaar se beeld kan sien na Hy dit meesterlik afgerond het, sou ons die beitel en die hamer - en die Meester-Kunstenaar – beter verstaan het. Maar wat ookal in ons lewe gebeur, dit is deel van God se meesterplan om ons te lei na sy heerlike fokuspunt. Alle Christene behoort vreugdemense te wees, omdat dit net God is wat vir ons die soort vreugde kan gee wat van binnekom, en wat niemand ooit van ons kan wegneem nie. As jy naby God leef, jou vreugde in Hom vind sal Hy jou nie net gee wat jou hart begeer nie, maar dit ook vir jou moontlik maak om elke dag met blydskap te lewe. ONSE VADER O, Vader wat woon in die hemel, geheilig sy U naam, mag U ryk kom U wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daagliks brood, en vergeef ons al ons skulde net soos ons vergewe, dié wat teen ons sondig. En, lei ons nie in die versoeking, maar verlos ons van die Bose, want U is die ryk en die sterkte en die ere, vir ewig en ewig. Amen. Vir ewig en ewig. Amen. Mag God jou vandag omring soos 'n wolk en jy buitengewoon bewus wees van Sy krag, liefde en drome vir jou. Mag jy jouself deur Sy oë sien en weet jy's kosbaar, vir Hom en vir ander om jou!

Page 51: Gedurende die Kersseisoen gee en ontvang ons baie meer ... gedagtes.pdf · In die afgelope jaar wat ek die "VANDAG" dagstukkies uitstuur het ek baie te doen gekry met mense wat ‘n

51

Met my hele hart en siel wil ek dankie sê! Dankie vir vriende en familie wat deur hul voorbeeld vir ons leer wat om te doen en wat om nie te doen nie. Om dit wat ons moet doen na die beste van ons vermoëns te doen. Want so eer en respekteer ons, ons Hemelse Vader!