gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

257
Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy ook nie saam nie;

Upload: miles

Post on 12-Jan-2016

112 views

Category:

Documents


74 download

DESCRIPTION

1: 1. Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy ook nie saam nie;. Psalm 1 :1 (vervolg) geen plan word met ligsinniges beraam nie. Die Here sien hom in Sy goedheid aan. Dit gaan met almal goed wat só bestaan. Psalm 1 : 2 - PowerPoint PPT Presentation

TRANSCRIPT

Page 1: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Gelukkig hy wat slegte raad vermy

wat op 'n goddelose pad hom lei,

en met die spotters sit hy

ook nie saam nie;

Page 2: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 1:1 (vervolg)

geen plan word met

ligsinniges beraam nie.

Die Here sien hom in Sy goedheid aan.

Dit gaan met almal goed wat só bestaan.

Page 3: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 1: 2

Die Here is dié mense goedgesind

wat altyd in sy woord hul vreugde vind:

wie dit oordink, soos sap

vloei in die bome

geplant langs sterk

en helder waterstrome,

hul dra hul vrug gereeld op hulle tyd

en ken geen droogte of onvrugbaarheid.

Page 4: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 1: 3

Die goddelose word verstrooi soos kaf.

Gewis sal God hom oordeel

en hom straf.

By die regverdiges kan hy nie kom nie;

waar hul vergader,

is geen plek vir hom nie.

Die Here lei dié wat na Hom verlang.

Die goddelose pad bring ondergang

Page 5: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Waarom stig volke opstand

teen die Heer

en word teen sy gesalfde saamgespan?

Hul sê, as hulle dié gesag trotseer:

"Werp af dié juk en raak bevry daarvan".

Page 6: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 2:2

 Die Heer wat hoog daar

in die hemel woon

Hy lag hul uit en Hy maak hul tot spot.

Hul gaan op loop,

dié vorste wat Hom hoon

Hy maak 'n nietigheid van hul komplot.

Page 7: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 2:3

Die oproermakers word

deur God vermaan:

"Ek het die koning immers sélf gekroon,

daar op my berg wat hoog en

heilig staan

daar heers hy,my gesalfde,op sy troon."

Page 8: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 2:4

"Jy is my seun", het Hy vir my gesê.

Jy kry die volke as besit van My.

Hul sal in flenters voor jou septer lê,

hul sal verbrokkel soos 'n pot van klei.

Page 9: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 2:5

 O heersers van die aarde gee dan ag,

want julle moet Hom onderdanig wees;

die Here moet gedien word met ontsag,

eerbiedig, en met siddering en vrees.

Page 10: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 2:6

 Kom eer die Here en kom

buig voor Hom.

Keer so dat Hy vertoorn op julle raak,

keer dat die Heer se woede oor jul kom.

Wie by Hom skuil, sal Hy gelukkig maak.

Page 11: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Ek het so baie vyande, o Heer,

wat ook teen my in opstand kom.

Van hulle is daar baie wat beweer:

van God kom daar geen hulp vir hom.

Page 12: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 3:2

Maar U, o Heer, sal U oor my ontferm.

Sal ek my oor die vyand kwel?

Aan alle kante sal U my beskerm,

my eer en aansien weer herstel.

Page 13: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 3:3

Ek weet U sal my, as ek roep, verhoor

hoog op u berg wat heilig is.

As ek gaan slaap dan rus ek onverstoor,

omdat ek by U veilig is.

Page 14: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 3:4

Al kom tienduisend man van oral aan

by U bly ek nog onbevrees.

Kom dan nou, Here, om my by te staan;

ek sal by U beveilig wees.

Page 15: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 3:5

U het die vyand altyd nog verslaan;

die goddeloses is bestraf.

Ons is u volk,met wie dit goed sal gaan;

ons hulp kom van die Here af.

Page 16: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Heer, hoor my roep in my gebede,

God van geregtigheid, hoor my.

Wees my genadig in die hede,

Heer, net soos ver in die verlede.

Kom my weer uit my nood bevry

Heer, luister nóú na my.

Page 17: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 4:2

My vyand en my teëstander

het leuens lief en ook bedrog.

Kyk, julle maak my eer tot skande;

hoe lank voor julle gaan verander?

Hoe lank duur julle valsheid nog,

jul leuens en bedrog?

Page 18: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 4:3

Weet tog: Vir een in die besonder

sal Hy sy weldade verrig.

Hy het my daarvoor afgesonder,

vir my bewerk die Heer 'n wonder.

My swaarkry sal Hy weer verlig

as ek my tot Hom rig.

Page 19: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 4:4

As jy ontstel raak, wees dan lydsaam;

bly wat Hy voorskryf, onderhou.

Sondig dan nie en wees net swygsaam

en laat wat jou ontstig, verbygaan.

Bring offers soos verwag van jou

onfeilbaar is sy trou.

Page 20: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 4:5

Vra nie: "Wie sal ons weer bemoedig

en sal dit met ons goed laat gaan?

Wie maak dit weer vir ons voorspoedig?"

U gun ons vreugde so oorvloedig;

u lig, meer werd as graan en wyn,

laat dít weer oor ons skyn.

Page 21: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 4:6

Daar is nou niks wat ek ontbeer nie.

Tot diepe rus het ek bedaar.

Sag gaan ek slaap,niks druk my neer nie.

U waak oor my, niks kwel my meer nie.

U sal in onheil en gevaar

in vrede my bewaar.

Page 22: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Gee, Here, aan my woorde aandag,

sodat U my versugting hoor;

ek lê dit biddend aan U voor.

U antwoord bly ek soggens afwag,

God, in my onmag.

Page 23: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 5:2

 U duld geen onreg en

geen kwaad nie;

wie trots is sal verneder word,

U sal hom in die afgrond stort.

In moordenaars het U 'n afsku

en leuenaars straf U.

Page 24: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 5:3

 Maar ek mag in u tempel ingaan;

u troue liefde gun my dit.

Ek mag met eerbied U aanbid

wanneer ek in u woning skuilgaan

wat vir my oopstaan.

Page 25: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 5:4

 Die goddelose kom in opstand.

Leer U my egter wat is reg.

Dryf dié wat kwaad praat van U weg.

Laat val deur eie hand die vyand

en breek hul teenstand.

Page 26: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 5:5

 Laat dié wat by U skuil nou bly wees

en van u goedheid, Here, sing.

Beskermend sal U hul omring.

Mag hul u liefde toegewy wees,

U hul naby wees.

Page 27: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Moet, Here, my nie straf nie;

wys my nie toornig af nie.

Genees my van die pyn.

Bewerk vir my bevryding,

verlos my van my lyding,

kyk hoe my liggaam kwyn.

Page 28: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 6:2

 Gee uitkoms, Here, help tog.

Moet ek meer ly, hoe lank nog?

Gaan U my leed aanskou?

Ek is verswak, bewoë

en dof is my twee oë.

Red my - U is getrou.

Page 29: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 6:3

 Hoe kan die mens wat dood is

u Naam bely wat groot is?

Wie prys U uit die graf?

Help my, die neergeslane.

My bed is nat van trane;

kom droog my oë af.

Page 30: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 6:4

 Gaan weg, my teëstander.

God het my lot verander,

Hom na my toegekeer.

My vyand sal beskaamd staan,

verslae van my weggaan -

God het hom afgeweer.

Page 31: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Heer, by U soek ek beskerming.

Red my van vervolgers, Heer.

Keer dat hulle my vernietig

soos 'n leeu sy prooi verskeur.

Page 32: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 7:1 (vervolg)

 Het ek dalk 'n vriend benadeel?

As daar onreg aan my kleef,

às ek iemand kaal gestroop het,

laat ek dan sy wraak beleef.

Page 33: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 7:2

 Staan op, Here, in u gramskap,

laat u reg aan my geskied.

Neem u plek in bo die volke,

U wat reg oor hul gebied.

Gee dan uitspraak oor my onskuld,

U wat oor ons reg besluit;

oordeel oor die goddelose,

wis sy bose dade uit.

Page 34: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 7:3

 Hy, die helper van opregtes,

Hy, wat my beskermer is,

Hy, betroubaar as 'n regter,

Hy straf skuldiges gewis.

Keer op keer slyp Hy sy swaard weer,

span sy boog en lê dan aan.

Dodelik is al sy wapens.

Wie kan teen die Here staan?

Page 35: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 7:4

 Diè wat swanger is van onreg

bly oorvloedig leuens praat.

Hulle val deur eie boosheid,

deur geweld en eie kwaad.

Daarvoor prys ek God die Here,

Hy laat reg aan my geskied.

God se Naam, die Allerhoogste,

prys en loof ek in my lied.

Page 36: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

U Naam is wonderbaar op aarde, Here,

en verder weg, verby die verste sfere.

Hoe glansryk, Here, word u Naam vertel

deur alles in u hemelruim gestel.

Page 37: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 8a:2

Selfs kinders sing van

wat U als gemaak het,

van wat u hande skeppend

aangeraak het.

'n Suigeling kan as getuie sing

en so u vyande tot swye bring.

Page 38: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 8a:3

U hemel, Heer,

is vol van wonderwerke.

Ek sien aan ster en maan u vingermerke.

Hoe is die mens dan tog u gunsteling,

net bietjie minder as 'n hemeling?

Page 39: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 8a:4

U vestig hom as

koning hoog verhewe;

U stel hom aan oor alle soorte lewe.

Met eer en aansien het U hom gekroon

en alles onderwerp U aan sy troon.

Page 40: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 8a:5

U laat hom heers oor alles: diere, vee,

voëls in die lug, die visse van die see.

Daarvan getuig die hele aarde saam:

Hoe wonderbaar, o Here, is u Naam.

Page 41: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

O, Here God,

u Naam is groot op aarde!

U hemelruim strek

tot die verste einders

Page 42: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 8b:1 (vervolg)

Waar mense-oë

geen stippel meer gewaar,

daar straal en skyn

nog steeds u majesteit.

Page 43: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 8b:2

Na U, die God

so hoog bo ons verhewe,

styg daar 'n lied van dank,

u Naam ter ere

U lof uit kindermonde klink alom:

U haters swyg, U lasteraars verstom.

Page 44: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 8b:3

Sien ek die maan,

die sterre in hul bane,

weet ek, o Heer,

hul dra u vingermerke:

Hul skryf u Naam al

glinst'rend in hul gang;

hoe klein voor U die mens,

hoe sonder rang.

Page 45: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 8b:4

Hoe is dit dan

dat U tog na ons omsien,

die brose mens omstraal

met u nabyheid?

U maak ons sterk,

U kroon ons met u glans

Ons hoort by U

en word deur U omskans.

Page 46: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 8b:5

U stel ons aan

oor al u werke, Here,

oor als wat vry

en selfs verborge lewe:

die voëls wat in die ruim

hoog oor ons sweef,

en vis wat speel

in dieptes van die see.

Page 47: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 8b:6

O, Here God,

u Naam is groot op aarde!

U hemelruim strek

tot die verste einders:

Waar mense-oë

geen stippel meer gewaar,

daar straal en skyn

nog steeds u majesteit.

Page 48: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Daar is geen land so ver

of woes geleë,

geen strand, o Heer, of wilde waterweë,

geen hemelsfeer in die oneindigheid -

of orals blink u Naam en majesteit.

Daar is geen land so ver

of woes geleë,

geen strand, o Heer, of wilde waterweë,

geen hemelsfeer in die oneindigheid -

of orals blink u Naam en majesteit.

Page 49: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 8c:2

U het, o Heer,

wat troon oor alle dinge,

uit kindertaal en stem van suigelinge

u mag gegrond,

sodat die mens moet swyg wat,

hoog van hart uit wraakbegeerte dreig

Page 50: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 8c:3

As ek, o Heer, u nagtelike

hemel daarbo

aanskou, die tint- en glansgewemel;

hoe, deur U toeberei, die skugter maan

met stille gang oor sterrevelde gaan -

Page 51: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 8c:4 (Totius)

 Wat is die mens dan

dat U hom gedenk het

die mensekind wat U so ryk beskenk het!

Met eer en heerlikheid is hy gekroon,

skaars minder as die eng'le om u troon.

Page 52: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 8c:5 (Totius)

 U laat hom heers.

Tot aan die verste strande

gebied hy oor die werke van u hande.

U het, o Heer, dit onder hom gestel,

dit hoor sy stem en beef voor sy bevel.

Page 53: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 8c:6 (Totius)

 Die os en skaap en

wat in wildheid lewe,

die voëls wat deur hoë lugte swewe,

al wat deurkruis die paaie van die see -

tesaam het U dit in sy mag gegee.

Page 54: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 8c:7 (Totius)

 Ja,daar's geen land so ver

of woes geleë

geen strand, o Heer, of wilde waterweë,

geen hemelsfeer in die oneindigheid -

of orals blink u Naam en majesteit.

Page 55: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Ek wil, o Heer, van blydskap juig

en met my hele hart getuig,

vertel van al u reddingsdade,

U loof en sing van u genade.

Page 56: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 9:2

Die vyand het voor U gewyk,

gevlug, gestruikel en beswyk;

die goddeloses is vernietig,

hul name uitgewis vir ewig.

Page 57: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 9:3

 Ek wil U, God, as regter prys,

U het u reg aan my bewys.

Wie op U steun, die bly behoue.

Ek stel in U al my vertroue.

Page 58: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 9:4

Dis God wat oor ons lot besluit.

Hy spreek sy oordeel oor ons uit.

Oor almal voer die Here regspraak,

en Hy is billik in sy uitspraak.

Page 59: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 9:5

Ons kan op U vertrou in nood;

wie by U skuil, word nie verstoot.

Wie na U soek, word nie verlaat nie,

nooit word hul in die steek gelaat nie.

Page 60: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 9:6

Kom singend eer aan Hom betoon,

dié Here wat op Sion woon.

Vertel die volke van sy werke,

sy wonderdade sonder perke.

Page 61: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 9:7

Wees my genadig, staan my by,

dat ek u weldaad kan bely.

U wat my uit die dood terugbring,

in Sion sal ek tot U eer sing.

Page 62: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 9:8

Die nasies het verstrik geraak

in nette deur hulself gemaak;

dis hoe Hy Hom bekend gemaak het:

toe hulle sélf verstrik geraak het.

Page 63: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 9:9

Die nasies wat van God vergeet,

maak hulle vir dood gereed,

maar dié in nood gaan nie tot niet nie,

hul hulpgeroep is nie verniet nie.

Page 64: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 9:10

Vervul die heidene met vrees.

Laat hul deur U geoordeel wees.

Vernietig hulle trotse wense,

laat hulle weet hul is net mense.

Page 65: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Waarom staan U dan ver weg, Heer,

u oog van my af weggekeer?

Die selfvoldane goddelose

vervolg die arme hulpelose.

Page 66: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 10:2

 Laat hy wat sluwe planne maak

dan self daarin gevange raak.

Homself verryk hy met bravade

en hy berokken ander skade.

Page 67: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 10:3

 Hy het vir U, Heer, geen ontsag,

U oordeel word deur hom verag,

want daarvan het hy geen besef nie,

hy dink geen onheil sal hom tref nie.

Page 68: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 10:4

 Hy pleeg bedrog, hy onderdruk,

hy moor, hy vrees geen ongeluk;

hy is oor onreg nie begaan nie

en sê: "God steur Hom nie daaraan nie."

Page 69: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 10:5

 Kom tog, o God, en toon u mag

aan dié wat op u redding wag;

moet hulle, Here, nie vergeet nie;

tref dié wat niks van U wil weet nie.

Page 70: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 10:6

 Tóg is U oor ons leed begaan;

maak daar dan nou 'n einde aan;

help dié wat wees en wat verstoot is,

dié wat verdruk en wat in nood is.

Page 71: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 10:7

 Hoe durf die sondaar U verag?

Verbreek die goddelose mag.

Laat, Heer, geen misdaad ongestraf nie.

Sien van u tugtiging nie af nie.

Page 72: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 10:8

 Die Heer sal altyd koning bly;

sy land is van die vyand vry,

vry van die swaar omstandighede;

ons is verhoor in ons gebede.

Page 73: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 10:9

 Reg sal geskied aan dié in nood,

al is hul lyding ook hoe groot.

Ons sal nie sonder hulp meer wees nie

en niemand hoef meer íéts te vrees nie.

Page 74: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

By God sal ek beveilig wees;

my skuiling is die Heer:

Hoe kan ek dan nog iemand vrees?

Wie durf dan nog beweer:

"Die goddelose spel gevaar,

hy hou die pyl reeds teen die snaar."

Page 75: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 11:2

 "Om die opregte dood te maak,

span hy die boog en mik.

Vlug haastig, voor die pyl jou raak,

vlug berge toe van skrik.

Hoe kan jy jou teen hul verweer

wat wet en orde om wil keer?"

Page 76: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 11:3

 Hoe hemelhoog ook al sy troon,

Hy ken ons deur en deur:

Alsiende is Hy waar Hy woon,

Hy wat die mense keur.

Die goeie skei Hy van die kwaad.

Ek kan my op sy oog verlaat.

Page 77: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 11:4

 Hy haat die onreg en geweld;

regverdig is die Heer.

Die slegtes word met vuur vergeld,

God sal opregtes eer.

Wie lewe in regverdigheid

ervaar God se teenwoordigheid.

Page 78: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Kom help ons tog, o Heer,

daar is geen vrome meer,

geen mens op wie ons nog kan steun;

hul mond versprei die leuen.

Page 79: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 12:2

 Want hul bedrieg mekaar,

is onberekenbaar;

dis mense wat mekaar mislei

met grootpraat en met vlei.

Page 80: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 12:3

"Ons tong", so word gesê,

"dis waar ons krag in lê;

ons lippe sal vir niemand stuit".

O, Here, roei hul uit.

Page 81: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 12:4

 Hy sien die swakkes ly.

Dan tree Hy tussenby.

Hy sê: "Ek hoor die armes kla.

Ek red dié wat dit vra".

Page 82: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 12:5

 Die woord van God is eg,

dit ruk die onreg reg,

dit kom soos silwer rein en puur

veredel uit die vuur.

Page 83: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 12:6

 Al pronk die leuenaars rond,

- hoe groot is hulle mond! -

oor dié wat na u uitkoms smag,

hou U, o Heer, die wag.

Page 84: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Hoe lank gaan U,

o Here, my vergeet?

Ek vra of U van my nog weet.

Hoe lank gaan U van my af

weg bly kyk?

Page 85: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 13:1 (vervolg)

Moet al my dae kommervol verstryk?

Moet ek my planne self berei?

Hoe lank sal ek nog

van die vyand ly?

Page 86: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 13:2 

Hoor na my smeking, Here,

antwoord my

en kom my van die dood bevry.

Wek my weer op en sien my,

God weer raak.

Wil my opnuut weer lewenskragtig maak.

Want anders sal die vyand juig

en van my sê: hy het voor my gebuig.

Page 87: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 13:3 

U, wat die God van liefde is en trou,

ek weet U sal my bly onthou.

Ek wil van my geloof in u getuig.

Ek sal oor u verlossingsdade juig,

omdat U uitkoms gee, o Heer,

en om u goedheid, God,

wil ek U eer.

Page 88: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Vol grootheidswaan en selfvoldaan

ontken die dwaas dat God bestaan.

Die dwaas vernietig en doen kwaad;

voor God is dit 'n gruweldaad.

Page 89: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 14:2

 Die Here kyk neer van omhoog.

Wie is verstandig in sy oog?

Hoeveel is daar wat na Hom vra

en wat hul na sy wil gedra?

Page 90: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 14:3

 Nee, niemand nie, geen enkel een,

geeneen doen goed nie, daarenteen.

Die laaste een het afgedwaal,

ontaard, ja, almal het gefaal.

Page 91: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 14:4

 Hy straf dié wat die onreg stig,

dié wat my volk te gronde rig.

Dié wat die volk van God verag,

iets vreesliks gaan op hulle wag.

Page 92: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 14:5

 God staan die hulpelose by;

die dwase plan verydel Hy.

'n Toevlug vir regverdiges

is Hy, wat met die vrome is.

Page 93: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 14:6

 Ag, Israel, sien op na Hom.

Mag daar uit Sion redding kom.

Verander Hy sy volk se lot,

dan jubel Israel voor God.

Page 94: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Wie laat U in u woonplek ingaan,Heer?

U berg is heilig,wie mag daar verkeer?

Hy wat hom onberispelik gedra,

hy het die reg om toegang,Heer,te vra.

Page 95: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 15:2

Wie reg doen en hy

wat die waarheid praat,

word in u woning, Here, toegelaat.

Teenoor sy medemens

doen hy geen kwaad en van sy naaste

word nooit sleg gepraat.

Page 96: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 15:3

 Hy minag wie verwerp

word deur die Heer, maar wie God dien,

aan hulle bring hy eer.

Hy bly standvastig op sy woord gesteld.

Hy pers nie af nie, weier omkoopgeld.

Page 97: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 15:4

 Aan geen onskuldige doen hy tekort

en niemand sal deur hom

benadeel word.

Onwankelbaar is hy, hy is getrou,

hy wat al hierdie dinge onderhou.

Page 98: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Ek wil, o Here, u beskerming hê.

Behalwe U is daar niks

goeds vir my nie;

"U is my God",

het ek vir U gesê.

Page 99: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 16a:1 (vervolg)

 "Aan U, o Heer, die Enigste, behoort ek.

My lippe sal geen ander naam bely.

By U soek ek my

toevlug, Heer, my skuilplek."

Page 100: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 16a:2

Dié valse gode wat my volk vereer,

geen offerbloed sal

ek vir hulle uitstort;

wie hul aanbid se

smarte word net meer.

Page 101: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 16a:2 (vervolg)

 My lippe sal die name

selfs nie sê nie

van daardie valse

gode van die land;

met hulle wil ek niks te make hê nie.

Page 102: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 16a:3

 U is my lewe want U sorg vir my;

U bring my, Here,

tot die regte insig;

Wat ek besit,

het ek van U gekry.

Page 103: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 16a:3 (vervolg)

 My deel is vir my ruimskoots uitgemete.

Selfs in die nag bly U my onderrig.

Wat mooi is, gun U

my - veel lieflikhede.

Page 104: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 16a:4

 Voortdurend is die Here naby my.

U, Here,gee my aan

die dood nie oor nie.

Ek is nou veilig,

daarom is ek bly.

Page 105: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 16a:4 (vervolg)

 U onderwysings is my helder leidraad,

daarom sal ek nie

struikel of ontspoor.

Die volle lewe gee

U my in oormaat.

Page 106: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Heer, bewaar my dig by U;

by U vrees ek niemand nie.

Ek behoort alleen aan U;

niks is goed behalwe U.

Page 107: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 16b:1 (vervolg)

 Soveel afgode is daar,

soveel wat hul daarby skaar.

Nooit gaan ek met hulle saam;

op my lippe is u Naam.

Page 108: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 16b:2

 Alles wat ek hier ontvang,

spreek van sorg, van u belang.

Pragtig is die deel, ek weet,

wat U sorgsaam vir my meet.

Elke insig vorm U;

snags vind ek: U praat met my.

Nooit sal ek weer struikel nie.

Altyd voor my, sien ek U.

Page 109: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 16b:3

Hier op aarde juig ek bly,

want die Here is naby.

Van die graf weerhou U my;

vir my trou beloon U my.

Leer my, Heer, hoe om te leef;

leer my in u blydskap leef.

Uit u hand kom lieflikheid.

Juig, juig tot in ewigheid!

Page 110: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Gee regverdig uitspraak oor my

in my regsaak; Here, hoor my.

Help my as ek daarom vra,

hoor my in opregtheid kla.

Page 111: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 17:1 (vervolg)

Kyk maar of ek afgedwaal het

en in woord en daad gefaal het;

as U my sou toets en keur,

sou U niks verkeerds bespeur.

Page 112: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 17:2

Toon u trou. Gun my u bystand,

wees my skuilplek teen die vyand.

Hoor my roep en antwoord my,

maak my van die vyand vry.

Wil my met u vlerke toevou,

soos u oog se appel toehou

en in tye van gevaar

teen die vyand my bewaar.

Page 113: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 17:3

Hulle wat in trots my minag

en soos honger leeus my inwag,

sluit my in wáár ek ook gaan,

en geweld doen hul my aan.

Keer hul voor in hulle spore;

straf hul, Here, na behore.

Laat u swaard die vyand stuit,

red met eie hand my uit.

Page 114: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 17:4

Wil hul lewens, Here, kortsny,

laat alleen hul oorskot oorbly.

Werp hul neer, versadig hul

met die onheil wat hul vul.

Gun my deur u reg u vryspraak;

U nabyheid sal my vry maak.

U sal my as ek ontwaak

met u beeld versadig maak.

Page 115: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Ek het U baie lief, o Heer.

my rots, my sterkte, my verweer.

U is my vesting, sterk gebou,

waar ek my veilig skuil kan hou.

Page 116: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 18:1 (vervolg)

My skild, U sal verlos en red

as ek, o Heer, U nodig het.

Wanneer die vyand my bespot,

roep ek, en U verlos my, God.

Page 117: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 18:2

Ek was deur onheil swaar verskrik,

in bande van die dood verstrik.

Ek word in nood nie afgewys;

God hoor my roep in sy paleis.

In toorn het Hy gereageer

en stukke aarde omgekeer.

Hy het die berge aangeraak,

hul fondamente het gekraak

Page 118: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 18:3

'n Kolegloed wat vure stook,

het uit sy neus getrek in rook.

Toe daal Hy uit die hemel neer.

Vuur uit sy mond het als verteer.

Die waters wat die wolke vul,

het Hom in donkerte gehul.

Net soos 'n gerub sweef, kom Hy

op vleuels van die wind gery.

Page 119: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 18:4

Toe, uit die gloed voor Hom, kom hael

en donderweer wat glans en straal.

Sy stem is daardeur ondersteun;

die hemel het daarvan gedreun.

Hy het die dieptes blootgelê

deur wat Hy in orkane sê.

Die vyand het verward gevlug

voor God se pyle uit die lug.

Page 120: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 18:5

U het u hande uitgestrek,

my uit die waters opgetrek.

O Heer, van bo af het U my

só van die vyand dan bevry.

Hul magte het my aangeval,

maar, Heer, hoe groot en sterk ook al,

van hulle het U my bewaar,

in liefde het U my gespaar.

Page 121: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 18:6

U het aan my laat reg geskied

omdat ek doen wat U gebied;

ek het getrou u wet bewaar,

my onskuld is deur U aanvaar.

Dit wat ek onderhou en eer,

kry ek van U terug, o Heer.

U liefde sal u volk bewaar,

maar U verwerp die huigelaar.

Page 122: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 18:7

U kan my duisternis deurlig;

U laat 'n oormag voor my swig.

'n Stad se muur, hoe hoog ook al,

sal met u hulp, Heer, voor my val.

Die God op wie ons staat kan maak,

dié Heer se dade is volmaak,

sy woord is suiwer en dis waar.

Wie by Hom skuil, sal Hy bewaar.

Page 123: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 18:8

Hy is ons God en Hy alleen

'n rots is Hy vir iedereen.

Die Here maak dit vir my goed

vlug soos 'n ribbok is my voet.

Op watter weg ek ook al gaan,

Hy laat my hoog en stewig staan.

Hy leer my hande oorlog maak,

my boog span styf, my pyl skiet raak.

Page 124: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 18:9

Op U as redder kon ek leun,

u regterhand het my gesteun;

u hulp, o Heer, het my versterk,

'n vastrapplek vir my bewerk.

Ek het die vyand ingehaal

en uitgewis, ja, heeltemal.

U het my vir die stryd omgord -

die vyand het ineengestort.

Page 125: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 18:10

Selfs U, o Heer, het stilgebly

toe hulle roep om hulp teen my.

Hul is gemaal en uitgestrooi

soos stof op winde uitgegooi.

Vertrap tot modder in die straat

is hulle ná die stryd gelaat.

Só, Here, het U my gered

van hulle opstand en verset.

Page 126: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 18:11

Die vreemde volke kruip voor my

en hul erken my heerskappy.

Sodra hul my bevele hoor,

raak hul verskrik en gee hul oor.

U het hul onder my gestel,

my woord laat geld én my bevel.

Net U wat leef, net U, o Heer,

het my oor hul laat triomfeer.

Page 127: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 18:12

U het teen die geweldenaar

U aan my kant as skild geskaar.

Daarvoor sal ek u Naam besing

en voor die nasies lof toebring.

God sal tot aan die laaste dag

aan Dawid en sy nageslag

vir altyd aan die koningskroon

van sy gesalfde trou betoon.

Page 128: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Die hemel bly vertel

hoe God deur sy bevel

sy handewerk verrig.

Daar klink van dag tot dag

oor God se skeppingsmag

welluidend 'n berig.

Page 129: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 19a:1 (vervolg)

Die nagte sonder woord

sê dit voortdurend voort

van heinde en van verre.

Onhoorbaar, sonder taal

sweef helder dié verhaal

tot by die verste sterre.

Page 130: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 19a:2

Die son, die bruidegom,

'n tent is daar vir hom,

'n tentboog, opgeslaan.

Oos kom hy soggens uit

en niemand sal hom stuit,

want streng volg hy sy baan.

Page 131: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 19a:2 (vervolg)

Oneindig ver en hoog

volg hy die hemelboog;

niks bring hom ooit van stryk nie.

Mens sien hoe hy verskyn

en anderkant verdwyn;

niks sal sy gloed ontwyk nie.

Page 132: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 19a:3

Volmaak is God se wet

wat lewenswysheid het

vir wie dit onderhou.

Wat God beveel, maak bly;

ons word daardeur gelei,

ons leer om koers te hou.

Page 133: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 19a:3 (vervolg)

Wat wysheid is, gee God

aan ons deur sy gebod;

dis helder en betroubaar.

Goed is dit wat Hy eis:

ons moet Hom diens bewys,

standhoudend , onaantasbaar.

Page 134: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 19a:4

Wat God beveel, is reg,

dit wys vir ons die weg,

dit bring geregtigheid.

Soos goud, so kosbaar, goed,

soos heuning, smaaklik, soet

is hierdie heerlikheid.

Page 135: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 19a:4 (vervolg)

Ons word deur U beloon

as ons U eer betoon

en luister na u eise.

U wet, Heer, spreek ons aan,

ons word daardeur vermaan,

dit rig ons lewenswyse.

Page 136: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 19a:5

As ek u wet vergeet,

hoe sal ek self kan weet

waar wyk ek daarvan af?

Wys U die weg vir my,

U wat my kan bevry;

weerhou van my u straf.

Page 137: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 19a:5 (vervolg)

As ek die kwaad oorweeg

of onbewus dit pleeg,

wil U my dit vergewe.

Mag U behae hê

in wat ek dink en sê,

my Rots, my Heil, my Lewe.

Page 138: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Die hemel stort dit uit,

die aarde roep dit luid:

Gods hand het ons gemaak!

Dag meld dit teenoor dag,

nag fluister teenoor nag:

Tot eer van God gemaak!

Page 139: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 19b:1 (vervolg)

So sonder stem of woord,

so sonder mens-akkoord,

weerklink die skepping: Eer Hom!

Oor alle grense heen,

niks is bestand daarteen -

deurstraal roep alles: Prys Hom!

Page 140: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 19b:2

Hoor, Hy beveel die son;

Hy weef 'n tent vir hom

waardeur hy glansend snel.

Ja, soos 'n bruidegom

wat uit sy kamer kom

met vuur van God vertel,

Page 141: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 19b:2 (vervolg)

blý loop die son sy pad,

bly soos 'n held op pad,

verkondig hy Gods ere.

Sy glans het als oorwin,

smelt einde aan begin

vir hom is niks verborge.

Page 142: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 19b:3

U onderwysing Heer

herstel ons lewe weer:

U woorde is volmaak.

U wysheid vul ons hart

nooit klop dit weer verward:

U woorde is volmaak.

Page 143: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 19b:3 (vervolg)

U eise hou ons rein

bring blydskap wat nooit kwyn.

Ons oë kyk met insig.

Die buig voor u gebod

verlig ons hart, o God -

u voorskrif is regverdig.

Page 144: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 19b:4

Hoe kosbaar bly u woord

deur eeue onverstoord

steeds duursamer as goud.

Hoe innig sê u woord

dat ek aan U behoort

U's veel meer werd as goud.

Page 145: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 19b:4 (vervolg)

Geen heuning proe so soet,

geen erts dra soveel gloed

as u bevel op aarde.

As kneg aan U getrou

sal U my onderhou -

deurdrenk met u genade.

Page 146: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 19b:5

My sondes bring ek nou,

ook wat onwetend klou,

o spreek my daarvan vry!

Ek bid: Laat my nie dwaal,

vergeef my andermaal.

Heers U alleen oor my!

Page 147: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 19b:5 (vervolg)

Die woorde van my mond,

my hart se diepste grond

maak dít aanneemlik, Redder.

Ek het op U gebou;

my aan U toevertrou,

my Rots, ja, my Bevryder.

Page 148: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Mag God u hoor in u gebed

en uit u nood u red;

mag hulp uit Sion vir u kom

vanuit sy heiligdom.

Page 149: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 20:2

Die God van Jakob, eer sy Naam,

mag Hy u nooit beskaam.

Mag Hy u offers ook onthou,

aanneemlik dit aanskou.

Page 150: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 20:3

Mag Hy u gun wat u begeer

en u laar triomfeer.

Ons sal die vaandels juigend dra.

Mag Hy gee wat u vra.

Page 151: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 20:4

Hy laat, ek weet, hom triomfeer -

gesalfde van die Heer.

Omdat hy hulp van God verwag,

oorwin hy deur Sy krag.

Page 152: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 20:5

Op strydwaens steun en roem party,

op perde wat hul ry,

maar ons vetrou op God se Naam -

Hy wat ons nooit beskaam.

Page 153: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 20:6

Hy laat diesulkes ondergaan,

maar ons bly regop staan.

Ons stel vertroue in die Heer:

Hy werp die vyand neer.

Page 154: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 20:7

Heer, laat die koning triomfeer,

vergun hom dit, o Heer.

Mag God ons hoor in ons gebed

en as ons roep ons red.

Page 155: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

O, Heer, die koning roem u mag;

dis waaroor hy nou bly is

noudat die stryd verby is.

Hy het oorwin danksy u krag

waarvan hy nou getuig;

hy jubel en hy juig.

Page 156: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 21:2

U het gegee wat hy begeer,

geluk en seën in oorvloed,

'n goue kroon en voorspoed,

'n lewe, lank en hoog geëer,

vol aansien en vol roem,

meer as wat jy kan noem.

Page 157: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 21:3

Omdat U naby aan hom is,

gun U hom altyd voorspoed

en blydskap steeds in oorvloed.

U trou aan hom is onbetwis;

U sal hom vas laat staan,

dit met hom goed laat gaan.

Page 158: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 21:4

U gryp die vyand met u hand;

u haters sal verslind word

wat deur u hand gevind word.

U vuur sal hulle dan verbrand.

So tref U hulle, Heer,

so sal U hul verteer.

Page 159: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 21:5

U maak die aarde van hul vry,

van hulle nageslagte,

die kwaad van hul gedagte.

U is teen hulle voorberei;

hul planne, listig, boos,

is teen u magteloos.

Page 160: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 21:6

Wanneer u boog na hulle mik,

dan seëvier u almag

en gee u krag die deurslag.

Jaag hulle op die vlug van skrik;

laat ons u roem besing,

aan U ons hulde bring.

Page 161: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

My God, my God,

het U my dan verlaat?

U antwoord nie op al my jammerpraat.

U bly bedags en snags U veraf hou.

U is tog heilig.

Page 162: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 22:1 (vervolg)

Daar waar U woon, is Israel beveilig.

U het gered, o God, in die verlede,

U het geluister na my smeekgebede.

U is getrou.

Page 163: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 22:2

Ek is geen mens,

ek is 'n wurm, o God.

Ek word bekyk, deur iedereen bespot,

ek word gehoon, deur almal uitgelag.

Waar's sy Bevryder?

Page 164: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 22:2 (vervolg)

Laat Hy hom red,

sy las van hom verwyder

Waarom, my God, het U my nou begewe,

ek wat van U,

die oorsprong van my lewe,

my hulp verwag.

Page 165: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 22:3

Hoe verder, Here, U van my af bly,

hoe nader kom dié wat my dreig aan my

en dit is U alleen wat my kan help.

Stel my nie bloot nie.

Page 166: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 22:3 (vervolg)

O Here,God,moet my nie

meer verstoot nie

Hoe dreig hul my as hul om my 'n kring

vorm,as hul op my soos wrede diere

aanstorm.

Ek is oorstelp.

Page 167: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 22:4

My lewe is soos water uitgestort.

My hart het sag gesmelte was geword.

My beendere lê uitmekaar versprei.

Ek lê in skerwe.

My tong is droog,

Page 168: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 22:4 (vervolg)

soos dié van een wat sterwe.

Hoewel ek diep, o Here, in die nood is,

laat U my eenkant lê asof ek dood is.

Help, Here, my.

Page 169: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 22:5

Ek word deur wilde honde ingesluit.

Hul pynig my en deel my klere uit

en oor my mantel word nou al geloot.

Waar's U, o Here?

Moet ek bly smeek,

aanhoudend,hoeveel kere?

Page 170: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 22:5 (vervolg)

Verstoot my nie,

laat my nie langer ly nie,

moet tog nie langer

veraf van my bly nie.

Verdryf my nood.

Page 171: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 22:6

My God het my verhoor in my gebed.

U, Enigste, wat my alleen kan red,

ek sal u Naam in die gemeente eer.

Toon aan Hom eerbied.

O Israel, kom sing vir Hom 'n loflied.

Page 172: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 22:6 (vervolg)

Hy het in nood ons nie vergeefs

laat wag nie,

ons hulpeloosheid nie gering geag nie.

Kom, loof die Heer.

Page 173: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 22:7

Die hele aarde sal die Here eer,

en alle volke hul tot Hom bekeer,

en almal sal sy Koningskap bely.

Hy heers oor almal.

Page 174: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 22:7 (vervolg)

Die sterflikes

sal almal voor Hom neerval,

en die geslagte, nou nog ongebore,

kom wel van sy verlossingsdaad te hore.

Die Heer bevry.

Page 175: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

My Heer, my Herder,

laat my niks ontbreek nie.

Daar waar dit groen in oorvloed is,

daar mag ek wei.

Hy sorg vir my,

Page 176: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 23a:1 (vervolg)

laat my nooit in die steek nie.

Na waters van die

rus word ek deur Hom gelei.

Hy lei my altyd op die regte weë

ter wille van sy Naam volg ek gedweë.

Page 177: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 23a:2

Ek sal die dood se

donker dal nie vrees nie.

Ek moet daar deurgaan,

maar ek weet U is by my.

Alleen en sonder U

sal ek nooit wees nie

Page 178: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 23a:2 (vervolg)

en in u hande

sal ek altyd veilig bly.

Geen duisternis vrees ek

en ook geen kwaad nie

want u vertroosting

sal my nooit verlaat nie.

Page 179: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 23a:3

Totdat dit oorloop,

Heer, vul U my beker.

'n Feesmaal word vir my as eregas berei.

Van gasvryheid word ek deur U verseker.

U salf my hoof,u tafel is oorlaai vir my

Ek bly by U,Heer,

in u huis van voorspoed

en lewenslank deel ek daar in u oorvloed

Page 180: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Die Here is my herder en bewaarder:

Ek kom niks kort nie;

daar is niks wat my ontbreek.

In groene weiveld

en by stille water

Page 181: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 23b:1 (vervolg)

laat Hy my uitrus

in 'n bar en dorre streek.

Die steiltes ken Hy

en die skerpste draaie:

Hy rig my altyd

op die regte paaie.

Page 182: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 23b:2

Nie een sal U ooit

van u skaap berowe:

U is by my in diep en donker klowe,

wanneer ek afdwaal,

haak u staf my nader

Page 183: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 23b:2 (vervolg)

en met u stok verdryf U die gevare.

By U is ek beveilig en geborge:

Bevry is ek van vrese

en van sorge.

Page 184: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 23b:3

U dek in my teenwoordigheid 'n tafel:

My vyande kyk toe en staan verslae!

U vul my beker,

voed my en verheug my;

u goedheid volg my al my lewensdae.

Ek ken u liefde en u gunsbetoning

en bly 'n leeftyd,

Here, in u woning.

Page 185: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Net soos 'n herder

uittrek met sy skape en hul laat neerlê

in die veld van milde groen,

met sagte hand hul

lei langs stille waters -

Page 186: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 23c: 1 (vervolg)

so is die Heer,

so het Hy ook aan my gedoen:

Hy laaf my siel

en lei my swakke skrede

in vaste spoor van sy geregtighede.

Page 187: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 23c:2 (Totius)

En is ek soos 'n

skaap in doodsgevare,

wat in die velde

as 'n prooi van wolwe gaan,

en moet ek in die doodsdal,

diep en donker,

Page 188: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 23c: 2 (vervolg)

van alle hulp ontbloot,

in my alleenheid staan -

dan nog ken ek geen

doodsvrees of verskrikking,

omdat u staf my

troos is en verkwikking.

Page 189: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 23c: 3

U bring vir my

die tafel in gereedheid,

my hoof druip olie

en my beker vloei van wyn,

'n bron van goedheid

stroom vir my gedurig;

Page 190: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 23c: 3 (vervolg)

dit is my gees 'n vreug,

my vyande 'n pyn;

dit kroon my lewe met u welbehae;

en in u huis,

daar bly ek al my dae.

Page 191: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Die aarde is Gods eiendom,

en als daarop behoort aan Hom.

Hy het in waters van die see

'n vaste grond daaraan gegee.

Page 192: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 24:2

Wie sal dan na sy berg mag gaan

en in sy heiligdom gaan staan?

Dié met die hande skoon en rein,

die suiwer hart mag daar verskyn.

Page 193: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 24:3

Die Heer laat reg aan hul geskied

wat vra na wat sy wil gebied.

Dis hulle wat tot die geslag

van Jakob hoort wat op Hom wag.

Page 194: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 24:4

O poorte van sy heilgdom,

die Magtige wil binnekom.

Hy is geweldig, sterk is Hy.

Gaan oop, o poorte, en wees bly.

Page 195: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 24:5

Wie is dié Koning? Laat Hom in,

Hy wat in elke stryd oorwin.

Die Here wat almagtig is,

deur Hom word elke stryd beslis.

Page 196: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 24:6

O poorte van sy heilgdom,

die Magtige wil binnekom

Hy is geweldig, sterk is Hy.

Gaan oop, o poorte, en wees bly.

Page 197: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 24:7

Wie is dié Koning? Laat Hom in,

Hy wat in elke stryd oorwin.

Hy is geweldig, magtig, sterk.

Sy heerskappy is onbeperk.

Page 198: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

In U stel ek my verwagting

en ek rig my tot U, God.

Laat die vyand met veragting

my, o Here, nie bespot.

Page 199: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 25:1 (vervolg)

Dié wat U vertrou en eer,

hul word nie deur U beskaam nie.

Skande kom hul toe, o Heer,

wat nie prys stel op u Naam nie.

Page 200: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 25:2

Wil, o God, my op u weg lei.

Maak u wil bekend, o Heer.

Rig my voet en onderrig my;

wil my in u waarheid leer.

Niks sal anders my kan red

as u liefde en u trou nie.

En wat ek gesondig het,

moet dit nie teen my bly hou nie.

Page 201: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 25:3

Hy wat goed is, heers regverdig,

doen aan hulpeloses reg;

Hy wat Hom selfs dít verwerdig:

sondaars lei Hy op sy weg.

Liefde, goedheid, reg en trou

is die weg wat God bewandel;

op sy pad sal Hy húl hou

wat na sy gebooie handel.

Page 202: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 25:4

Heer, vergewe my my sonde,

net ter wille van u Naam.

Jonk was ek en onbesonne -

maak my, Here, vry van blaam.

Almal wat die Here dien,

húlle is Hy toegeneë.

Wie in Hom hul Redder sien,

hou Hy veilig op sy weë.

Page 203: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 25:5

Sien my aan in u genade.

Ek is eensaam en verstoot.

Doen aan my u wonderdade

in my allergrootste nood.

Maak my van die vyand vry,

wil my sondes my vergewe.

Kyk hoe sleg gaan dit met my.

Laat my in opregtheid lewe.

Page 204: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 25:6

Laat my dan beskaamd nie staan nie,

want ek skuil by U, o Heer.

Laat my nie te gronde gaan nie,

U alleen is my verweer.

Kyk, die vyand haat my fel;

ek is swaar belaai en sondig.

Red die ganse Israel.

Dan sal ons u trou verkondig.

Page 205: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Tot U hef ek hart en hande;

op U, Heer, verlaat ek my;

laat die vyand oor my skande,

oor my val, hom nooit verbly.

Page 206: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 25b:1 (vervolg)

Ja, U sal hul nooit verlaat

wat in u vertroue wandel,

maar U dek hul met u smaad

wat hier trouelooslik handel.

Page 207: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 25b:2

Leer my, Heer, u regte weë,

wys die regte pad my aan;

maak my hart daartoe geneë,

om met lus daarop te gaan.

Wil my deur u waarheid leer,

lei my dwalende gedagte;

wanr U is my heil, o Heer!

U is ek altyd te wagte.

Page 208: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 25b:3

Dink aan my in mededoë

as ek biddend voor U pleit;

milde hande, vriend'like oë

is by U van ewigheid.

Dink nie aan die sondes meer

van 'n yd'le jonkheidslewe;

wil tog, om u goedheid, Heer,

ál my sondes my vergewe!

Page 209: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 25b:4

God is goed in al sy handel,

en sy pad is enkel reg;

daarom laat Hy sondaars wandel

in die waarheid van sy weg.

Hy sal met sy hand hul lei

wat verdwaal was en verlore;

wie sagmoedig is, laat Hy

wandel op sy regte spore.

Page 210: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 25b:5

Ja, Gods weg is goedheid, klaarheid,

en sy werk altyd getrou

vir wie wandel in sy waarheid

en op sy beloftes bou.

Wil my dan, u Naam ter eer,

al my sondeskuld vergewe;

want ek het teen U, o Heer,

swaar en menigmaal misdrewe!

Page 211: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 25b:6

Wie's die man wat hier benede

in Gods vrees sy weg wil gaan?

God sal self sy wank'le skrede

voortlei in die regte baan.

Al wat goed is, sal Gods hand

hom in stilheid laat verwerwe;

en die lank beloofde land

sal sy nageslag beërwe.

Page 212: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 25b:7

Gods geheim'nis is die lewe

vir wie wandel in sy vrees;

en Hy 't sy verbond gegewe

om vir hul 'n lig te wees.

'k Hou my oë op die Heer

wat my so getrou gelei het,

want Hy voer my voete weer

uit die net wat hul gesprei het.

Page 213: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 25b:8

O my God, ontferm U oor my

in my diepe ongeluk;

eensaam is ek - o verhoor my! -

gans ellendig en in druk.

Om my heen, aan alle kant,

is die skrik van duisend dode;

laat dan, Heer, u regterhand

my verlos uit al my node.

Page 214: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 25b:9

Slaan op my ellende u oë,

hoor my, Heer, uit medely;

neem my sondes uit meedoë

almal weg, vergeef dit my!

Heer, aanskou die leërmag

wat om my vermenigvuldig,

want hul lê op my en wag -

vol van haat en ongeduldig.

Page 215: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm. 25b:10

Red my van geweldenare;

'k steun op U in teëspoed.

Laat opregtheid in gevare,

met die onskuld, my behoed.

Red u volk, o troue Heer,

uit die hand van sy bestryder,

en wees Isr'el immermeer

'n genadige bevryder!

Page 216: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Laat reg aan my geskied, o Heer;

in onskuld kom ek my verweer.

Want ek het tog op U vertrou.

U kan my toets, U kan my keur;

Page 217: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 26:1 (vervolg)

kom, ondersoek my deur en deur.

Ek lewe immers deur u trou

en laat my deur u liefde lei.

Laat reg, o Heer, geskied aan my.

Page 218: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 26:2

Dié mense word deur my vermy:

Hul wat ’n valse lewe lei,

en almal wat bedrieërs is,

die agterbakses van gedrag,

hul wat geregtigheid verag,

wat goddeloos is en vol lis.

Dié mense word deur my vermy.

Ek bly van sulke sondaars vry.

Page 219: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 26:3

Van skuld skeld U, o Heer, my kwyt,

o Here van geregtigheid.

Ek gaan my tot u altaar keer

en van u wonders daar vertel,

ek sal dit daar bekend gaan stel.

Ek het u woonplek lief, o Heer,

die tuiste van u heerlikheid,

waar ek onskuldig voor U pleit.

Page 220: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 26:4

Van kwaaddoeners hou ek my vry;

die valses, dié wil ek vermy,

die sondige, die moordenaar,

hy wat met geld hom om laat koop;

ek sal nie op hul paaie loop.

Ek pleit dat U my lewe spaar.

As U die sondaar om laat kom,

laat my nie sterwe saam met hom.

Page 221: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 26:5

Maar ek, onskuldig is ek, Heer.

Gee tog gehoor aan my verweer

en luister, God, na my gebed.

Ek sal dan vorentoe kan kyk

en sien hoe strek my pad gelyk.

As U my uit genade red,

sal ek u Naam, o Here, prys,

U, waar ons saamkom, eer bewys.

Page 222: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

God is my lig;

ek sal geen vyand vrees nie;

wie by Hom skuil,

hoef nie verskrik te wees nie.

Page 223: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 27a:1 (vervolg)

Dié wat my dood

wil maak, God sal hul keer,

Hy laat hul struikel,

en Hy slaan hul neer.

Page 224: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 27a:2

Daar is een saak

wat ek van God gevra het,

een enkel ding, wat ek steeds nageja het:

My lewe lank sal ek by Hom wil woon,

en mag Hy daar sy goedheid

aan my toon.

Page 225: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 27a:3

Beveiliging by Hom teen

onheil soek ek

Met sorg sal Hy my in sy woning toedek.

Die Heer sal my beveilig teen gevaar;

hoog op 'n rots sal Hy my trou bewaar.

Page 226: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 27a:4

As ek oorwin,

sal ek tot God se eer sing

en na sy huis my offers

vir die Heer bring.

Ek sal Hom prys

met die trompetgeklank,

Hom in sy woning

lof bring en Hom dank.

Page 227: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 27a:5

Ek soek U, Heer,

ek vra U:Hoor en sien my

Ek doen nou dit

wat U beveel het:"Dien My“

U wat sal sorg,

al is ek ouerloos,

net U alleen kan help,

kan red, kan troos.

Page 228: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 27a:6

Gee tog, o Heer,

die vyand nie hul sin nie,

laat hulle my

nie met geweld oorwin nie.

Help my teen wie

met valsheid my beveg.

Leer my u wil,

wys my die regte weg.

Page 229: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 27a:7

In my bestaan kon ek dit self belewe:

Die Here het met goedheid my omgewe.

Ek weet dit, ja, ek glo dit:

God is goed.

Dit gee ons troos,dit gee ons altyd moed

Page 230: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 27a:8

As Hy sy guns aan my

nie toegemeet het

as ek dit self nie

alte goed geweet het

Hoe sou ek dan tog

anders klaar kon kom?

Wees sterk, hou goeie moed,

vertrou op Hom

Page 231: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

God is my redder en my lig,

vir wie sal ek vervaard wegvlug?

As Hy my pad deur donker baan,

vir wie sal ek verskrik bly staan?

Page 232: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 27b:1 (vervolg)

Kom bendes aangeloop

om my tot been te stroop;

Hy wat die sterre tel;

bewaar sy kind van val:

wie onrus stook, dié vel Hy neer.

Page 233: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 27b:2

Wanneer ek in die noute raak,

stuit God die aanval, keer die haat!

As ek my aan Hom toevertrou,

sal Hy my in sy skuilplek hou.

Op dae van gevaar,

Page 234: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 27b:2 (vervolg)

is God, my helper, daar.

Al staan 'n leërmag klaar,

ek word deur Hom bewaar;

ek loof Hom met my lied en lier!

Page 235: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 27b:3

Een ding het ek van God begeer

om in sy huis van Hom te leer;

om daar sy goedheid te beleef

van al sy guns en glans omgeef.

Page 236: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 27b:3 (vervolg)

Met stem en met trompet

juig ek: "Die Here red!"

Ek laat my lied weerklink

hier waar dit om my blink

in God se tempel waar Hy woon.

Page 237: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 27b:4

Verhoor my, Here, as ek roep,

laat kniel my in u suiwer gloed!

Verhef my op 'n vaste rots,

dan kyk ek op my vyand af.

Page 238: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 27b:4 (vervolg)

Ek maak my nood bekend,

ek sal my tot U wend,

só eer ek u gebod,

só bly U steeds my God,

beskikker wat my veilig lei.

Page 239: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 27b:5

As vader, moeder my verlaat,

is God my troos en toeverlaat.

U wat my laaste toevlug is,

vra ek om raad en onderrig.

Page 240: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 27b:5 (vervolg)

Sal U die weg aanwys

vir hierdie lewensreis?

Die vyand wil met lis,

geweld teen my aanhits;

laat hul nie vals teen my getuig.

Page 241: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 27b:6

As ek nie lewe in geloof,

word al my lewensmoed gedoof.

Omdat God seën en lei en leer,

wil ek Hom reeds op aarde eer.

Page 242: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 27b:6 (vervolg)

Voel ek opnuut ontstig,

sal ek my hart betig:

alleen God heers en rig,

net Hy kan gee of neem;

wag op die Here en die lig!

Page 243: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Hoor hoe ek roep, my Rots, my Heer.

Moet nie u oor van my af keer;

As U my onverhoord verstoot,

my God, is ek so goed as dood.

Page 244: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 28:2

Hoor, Here, as ek roep en smeek

met hande biddend uitgesteek

na waar my hulp van U af kom

uit u verborge heiligdom.

Page 245: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 28:3

Die werkers, Here, van die kwaad,

wat valse vriendskapspraatjies praat,

dié wat u handewerk verag,

vergeld hul volgens hul gedrag.

Page 246: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 28:4

Hy hét my stem wat smeek verhoor.

Daar loof ek God die Here voor.

Ek het Hom altyddeur vertrou,

Hy is die rots waarop ek bou.

Page 247: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 28:5

Die Here is sy volk se krag.

Hy dra dié wat sy hulp verwag.

Heer, seën wie na U toe kom,

wees herder vir u eiendom.

Page 248: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Prys die Here, hemelinge.

Hy verskyn in al sy mag.

Prys die Heer van alle dinge,

buig jul neer voor sy gesag.

Page 249: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 29:2

Hy, bewerker van die donder,

praat deur onweer hard en luid,

en tot op die waters onder

klink sy stem vol majesteit.

Page 250: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 29:3

God se stem laat blitse

lewe;

daarmee kloof Hy seders oop.

Hy laat die woestyne bewe,

berge gaan voor Hom op loop.

Page 251: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 29:4

Wilde bokke laat Hy opruk,

Hy jaag hulle uitmekaar;

God se stem kan bosse kaal pluk,

kaal gestroop van bas en blaar.

Page 252: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 29:5

Bo die waters is sy woning.

Almal eer Hom met ontsag.

Ewig heers Hy as die Koning.

Vrede vind sy volk, en krag

Page 253: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Ek wil u lof verkondig Heer.

U het die vyand afgeweer.

My dood wou hul met leedvermaak,

met blydskap en met vreugde smaak.

Ek moes al weggeneem gewees het

toe U my van die dood genees het.

Page 254: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 30:2

Dié wat Hom dien, besing sy eer.

Sing van die Naam van God, die Heer.

Sy gramskap duur haas ongemerk,

sy goedheid, egter, onbeperk.

Al was daar gisteraand nog hartseer,

vanoggend hoor mens ons gelag weer.

Page 255: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 30:3

Terwyl dit goed bly gaan met my

dag ek dat ek sal staande bly.

Toe U van my u hand onttrek,

moes ek my swakheid, Heer, ontdek.

Hoe groot na U was my verlange;

ek het geroep, van vrees bevange.

Page 256: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 30:4

"As ek moet ingaan in die graf

hoe kan dit wins vir U verskaf?

Hoe word U, Heer, geprys deur stof,

u trou verkondig en u lof?

O hoor my, God van wonderdade,

bewys my, Here, u genade."

Page 257: Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

Psalm 30:5

Eertyds was ek in rou geklee,

maar U het vir my ingetree;

ek was bedroef, ek het getreur,

maar U het my weer opgebeur.

Ek dans in feestelike klere.

Ek loof U luid en hardop, Here.