gelukkige huisegelukkige huise · 2015-04-04 · die huis te wees, herstel. toewyding hierdie boek...

23
GELUKKIGE HUISE GELUKKIGE HUISE GELUKKIGE HUISE GELUKKIGE HUISE Saamgestel deur Willemien Kruger © Maart 2011 Hoe kragtig is regte woorde ! Hoe kragtig is regte woorde ! Hoe kragtig is regte woorde ! Hoe kragtig is regte woorde ! (Job 6:25) (Job 6:25) (Job 6:25) (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes mag hierdie kort bydraes mag hierdie kort bydraes mag hierdie kort bydraes van ‘n paar regte tuisskoolma’s in Suid van ‘n paar regte tuisskoolma’s in Suid van ‘n paar regte tuisskoolma’s in Suid van ‘n paar regte tuisskoolma’s in Suid-Afrika Afrika Afrika Afrika bemoedig en opbou…. bemoedig en opbou…. bemoedig en opbou…. bemoedig en opbou…. Met die komplimente van www.homeschooling-curriculum-guide.com

Upload: others

Post on 04-Feb-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: GELUKKIGE HUISEGELUKKIGE HUISE · 2015-04-04 · die huis te wees, herstel. Toewyding Hierdie boek word opgedra aan my eie ma wat altyd by die huis was soos ons grootgeword het en

GELUKKIGE HUISEGELUKKIGE HUISEGELUKKIGE HUISEGELUKKIGE HUISE

Saamgestel deur Willemien Kruger © Maart

2011

Hoe kragtig is regte woorde !Hoe kragtig is regte woorde !Hoe kragtig is regte woorde !Hoe kragtig is regte woorde !

(Job 6:25)(Job 6:25)(Job 6:25)(Job 6:25)

mag hierdie kort bydraesmag hierdie kort bydraesmag hierdie kort bydraesmag hierdie kort bydraes

van ‘n paar regte tuisskoolma’s in Suidvan ‘n paar regte tuisskoolma’s in Suidvan ‘n paar regte tuisskoolma’s in Suidvan ‘n paar regte tuisskoolma’s in Suid----AfrikaAfrikaAfrikaAfrika

bemoedig en opbou….bemoedig en opbou….bemoedig en opbou….bemoedig en opbou….

Met die komplimente van www.homeschooling-curriculum-guide.com

Page 2: GELUKKIGE HUISEGELUKKIGE HUISE · 2015-04-04 · die huis te wees, herstel. Toewyding Hierdie boek word opgedra aan my eie ma wat altyd by die huis was soos ons grootgeword het en

Voorwoord

Hierdie boek is die resultaat van ‘n ‘stil seisoen’ om boodskappe van ondersteuning te skryf

aan ma’s wat hulleself verbind het om tyd te spandeer aan hulle kinders en vir wie familie

lewe ‘n prioriteit is. Om ‘n tuisblyma te wees is soms eensaam, jy voel uitgesluit en soms

waardeloos. Mens vra soms of jy hoegenaamd waarde tot enige iemand anders se lewe

toevoeg en soms verloor jy visie…Omdat hierdie boek nie net deur een ma geskryf is nie,

maar deur ‘n paar van ons, is dit ons almal se hoop dat hierdie boodskappe sal ondersteun,

opbou, inspireer en ‘n verlore visie oor wat dit beteken om by

die huis te wees, herstel.

Toewyding

Hierdie boek word opgedra aan my eie ma wat altyd by die huis was soos ons grootgeword

het en dit nodig gehad het ….al het ons nie die waarde daarvan toe besef nie. Dankie ma vir

die groot opoffering wat ma gemaak het.

Al die kunswerke in die boek is deur haar, Elna Venter gedoen in 2009.

INHOUDSOPGAWE

HERSTEL JOU VISIE (DEUR WILLEMIEN KRUGER)..............................................................................3

WAT DIE SWAARSTE IS, MOET DIE SWAARSTE WEEG (DEUR ESTELLE LINDEQUE)................5

LEER ‘N KIND HOE HY MOET EET DAN SAL HY DIT SY LEWE LANK DOEN (DEUR ESTELLE

LINDEQUE) .........................................................................................................................................................7

MY STRANDHUIS WAG VIR MY (DEUR LIZETTE ROUSSEAU)............................................................9

TUISSKOOL – ‘N VERANDERING EN NUWE BEGIN (DEUR ELANA SMIT) .....................................11

EK IS S-O-O-O LIEF VIR MY HUIS (DEUR HENDRINE KRIEG)...........................................................12

MY HUIS IS AAN DIE BEWEEG …(DEUR WILLEMIEN KRUGER) .....................................................14

EK HET MY PERSPEKTIEWE VERANDER OOR TUISSKOOL (DEUR ELANA SMIT)....................16

HOE EK GELEER HET OM DIE BLOMME TE RUIK (DEUR LIZETTE ROUSSEAU).......................17

MY HUIS IS NIE BANG NIE (DEUR HENDRINE KRIEG)........................................................................19

MY HUIS IS IN MY DROME (DEUR YOLANDA JANSE VAN RENSBURG).........................................20

‘N WARM HUIS VERMY DIE KOUE NEGATIEWE (DEUR LIZETTE ROUSSEAU) ..........................22

Page 3: GELUKKIGE HUISEGELUKKIGE HUISE · 2015-04-04 · die huis te wees, herstel. Toewyding Hierdie boek word opgedra aan my eie ma wat altyd by die huis was soos ons grootgeword het en

HERSTEL JOU VISIE (deur Willemien KrugeHERSTEL JOU VISIE (deur Willemien KrugeHERSTEL JOU VISIE (deur Willemien KrugeHERSTEL JOU VISIE (deur Willemien Kruger)r)r)r)

My huis is vol seëninge. Regte seëninge elke dag. Ja, dit is ‘n

moontlike alhoewel ongelooflike visie om te hê. Dink jy dit is

moontlik? Of is dit te onwaarskynlik om realisties te wees ?

Wat sal dit verg ? Hoeveel moeite ? Hoeveel tyd ? Hoe sal dit

lyk ? Is familie regtig ‘n seën of eerder ‘n vloek ? Wat beteken

‘n huis vol seëninge ? Ek glo dat familie God se wil is vir elke

individu. ‘n Familie moet ‘n plek van gemeenskap wees

insluitende ‘n huis vol seëninge wat elke lid ervaar. Die wêreld

het dalk al die visie tot so mate verloor dat families deesdae ‘n

vloek is, maar dit maak nie dit minder van ‘n waarheid nie. ‘n

Geseënde huis is nie iets wat mens net kan aanvaar as ‘n

gegewe nie, en dit gebeur ook nie vanselfsprekend nie. Dit

vereis toewyding, lojaliteit, opoffering, kommunikasie, moeite

en soms gewone harde werk. Hierdie is nie populêre woorde in

vandag se kultuur nie.

Neem die woord toewyding – is dit nie veel makliker om nie toegewyd te wees tot iemand of

iets nie ? Om jouself te verbind tot iets of iemand verg moed, dit is ‘n diep besluit wat mens

neem om getrou te bly aan iets of iemand ten spyte van ‘n pad vol dorings. Toewyding is die

besluit om te doen wat ook al dit sal vereis om deur ‘n rowwe tyd te gaan al is die oplossing

nie duidelik nie. Toewyding is om aan te hou aanhou al lyk die groei na ‘n visie nie genoeg

nie. Harde werk is ook een van die dinge wat baie van ons graag dink ons sal doen, maar

wanneer die regte harde werk van ‘n tuin onderhou, of huis skoonmaak, of kosmaak, of

tuisskool, wasgoed en ander dinge moet gebeur dag na dag na dag…dan word dit moeisaam

en vervelig. Dan verander die definisie van harde werk. Want nou word harde werk gewoon

weer toewyding, moeite en soms net wilskrag, veral wanneer dinge eentonig raak.

‘n Ander woord wat regtig moeilikheid maak in familie lewe is

kommunikasie…soms dink ek dit is ‘n wonderwerk dat ons hoegenaamd

enigeiets verstaan wat enigeiemand vir ons sê ! As jy dink aan hoeveel daar

inaggeneem moet word…agtergrond, persoonlikheid, karakter, konteks, IQ, EQ,

ouderdom en wat ook al nog wanneer jy na iemand luister om regtig te verstaan

wat hy/sy regtig sê – is dit nie ‘n wonder dat jy dink jy verstaan iets wat iemand anders

probeer oordra nie ? As jy dan nog respek moet toon en vriendelik moet wees, liefdevol en

vol kompassie wanneer jy met iemand gesels – kan jy sien hoeveel moeite dit verg net om ‘n

goeie familielid te wees wat nog van ‘n goeie vriend van die familie ?

Al laat hierdie woorde mens wonder of ‘n geseënde familie ooit ‘n realistiese droom is, glo

ek steeds in die visie van ‘n geseënde familie lewe. Ek glo dat dit moontlik is en jy nie dit

alleen probeer nie – mens het die ander in die familie nodig om ‘n familie te wees en die

meeste van almal benodig ons die Here. God is liefde en sonder Sy liefde kan jy nie ‘n

familie bou nie. Moenie hierdie sien as net jou eie verantwoordelikheid nie – God is getrou

in Sy hulp. Moenie familie benader as net ‘n kommunikasie ding of ‘n harde werk ding nie,

maar as ‘n God gegewe seën met vervulling in die klein dingetjies. Dink hieraan – MY

HUIS IS VOL SEëNINGE. Sit vir ‘n oomblik en herstel jou visie. Kry ‘n prentjie van wat

presies beteken seëninge vir jou en jou familie, al kan jy op hierdie oomblik net dink wat dit

nie is nie. Dink aan elke seëning op sy eie. Is jou man geseënd ? Hoekom of hoekom nie ?

Wat kan verander sodat hy geseënd is ? Is jou kinders geseënd ? Is jou fisiese huis ‘n seën ?

My huis is vol seëninge

Page 4: GELUKKIGE HUISEGELUKKIGE HUISE · 2015-04-04 · die huis te wees, herstel. Toewyding Hierdie boek word opgedra aan my eie ma wat altyd by die huis was soos ons grootgeword het en

As jy ‘n tuin het – is dit ‘n seën ? Wat moet verander sodat hierdie elemente wel ‘n seën kan

wees ? Is jou kommunikasie in jou familie geseënd ? en die verhoudinge ? Wat van die

daaglikse kosmaak – is jou etes ‘n seën ? En die wasgoed, skottelgoed, skoonmaak en takies

? Kan hierdie dinge dalk ‘n seën word net deur ‘n houdingsverandering ? En dan die

belangrikste van alles – is jy ‘n seën ? Hoekom of hoekom nie ? Wat moet of kan jy aanleer

of afleer om meer van ‘n seën te wees en so ook geseënd te wees ?

Vra die Here vir Sy visie vir jou familie – wat bedoel Hy met seëninge…in Sy

Woord definieer Hy seëninge wat Hy vir jou wil gee. Deut 28:2-8 En al

hierdie seëninge sal jou oor jou kom en jou lewe verryk as jy luister na die Here

jou God. Geseënd sal jy wees in die stad en geseënd sal jy wees in die veld.

Jou nageslag sal geseën wees en die opbrengs van jou lande en die aanteel van

jou diere. Jou oesmandjie en jou knieskottel sal geseën wees. Jy sal geseën

wees waar jy ook gaan. Die Heer sal die seën beveel om oor jou te kom, oor jou graanskure

en oor alles wat jy aanpak. Die Here jou God sal jou seën in die land wat Hy aan jou gee.

Lees dit oor en oor totdat jy die spesifieke dinge verstaan wat God regtig vir jou sê. Nog ‘n

belofte wat God uit Sy Woord aan jou maak is in Jer 29:11-14 Ek weet wat Ek vir julle

beplan, sê die Here, voorspoed en nie teenspoed nie. Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n

verwagting ! Dan sal julle My aanroep , tot My kom bid, en Ek sal julle gebede verhoor.

Julle sal vra na My wil en julle sal dan My wil ken as julle met julle hele hart daarna vra.

Julle sal My ontmoet, sê die Here.

Definieer en dink oor hierdie prentjie totdat jy hoop kan voel in jou hart – hoop vir ‘n

geseënde familie – ‘n herstelde visie. Wanneer jy hierdie hoop het, sal jou geloof iets hê om

aan vas te hou. Ek moedig jou aan…..sit vir ‘n oomblik, vind die stil punt, dink oor God se

liefde vir jou en jou familie en herstel jou visie vir ‘n huis vol seëninge.

Page 5: GELUKKIGE HUISEGELUKKIGE HUISE · 2015-04-04 · die huis te wees, herstel. Toewyding Hierdie boek word opgedra aan my eie ma wat altyd by die huis was soos ons grootgeword het en

WAT DIE SWAARSTE IS, MOET DIE SWAARSTE WEEG (deur Estelle Lindeque)WAT DIE SWAARSTE IS, MOET DIE SWAARSTE WEEG (deur Estelle Lindeque)WAT DIE SWAARSTE IS, MOET DIE SWAARSTE WEEG (deur Estelle Lindeque)WAT DIE SWAARSTE IS, MOET DIE SWAARSTE WEEG (deur Estelle Lindeque)

Liefde – die een ding wat almal nodig het. Die een ding wat

sin maak in die wêreld. Die een ding wat nodig is vir ‘n

vervulde lewe. Liefde word gevind in verhoudinge. Liefde is

die belangrikste ding volgens die Woord (1 Kor 13). Dit wat

ek weet wat die belangrikste in my lewe is, moet ek eerste

plaas in my denke en in my dag. Hoe weet ek wat plaas ek

eerste in my denke en in my dag? Ek kyk waaraan dink ek die

meeste van die tyd. Daar is baie dinge wat ek kan doen wat

wonderlik is, maar wat dalk die plek inneem van die

belangriker dinge. Vir my lewe om waarlik suksesvol te wees,

moet ek die belangrikste dinge eerste plek in my lewe gee.

Nommer 1: My verhouding met God

Ek is baie dankbaar teenoor my Vader vir alles wat Hy vir my

gedoen het. Jesus was die volmaakte offer, wat die prys ten volle betaal het sodat ek volkome

vrygekoop kan wees in elke area van my lewe: gees, siel (wil, denke, emosies) en liggaam.

My hemelse Vader stel intens belang in my elke dag se lewe. Hy is Wysheid en my hart moet

wees om eerstens oop te wees vir daardie wysheid, en tweedens om dan gehoorsaam te wees

aan die lig en wysheid waarin Hy my lei. Ek onderwerp my aan die waarheid, want ek weet

God se wil vir my is goed en dit is volmaak. Dit sal my lewe beter maak as wat ek dit self

ooit sal regkry. Ek vertrou my Vader met my hele hart, want ek weet Sy manier is die beste.

My Vader kan en wil vir my ‘n beter manier wys om huis te hou, om kos vir my gesin voor te

berei, om my liggaam gesond te hou, om te tuisskool, om enige iets te doen!

Nommer 2: My verhouding met my man

Baie vrouens is geneig om hulle kinders bo hulle mans te plaas, en dan kan hulle nie verstaan

as dinge begin skeefloop nie. Dit is ook elke vrou se verantwoordelikheid om presies by God

te hoor wat ‘n goddelike vrou se rol in ‘n huwelik en gesin is, en dit dan te DOEN.

Iets wat regtig baie waardevol is, is om uit te vind watter persoonlikheidstipe jy en jou man

is. Gewoonlik is die man en vrou min of meer teenoorgestelde persoonlikhede, m.a.w. jou

swak punte is jou man se sterk punte, en jou sterk punte is sy swak punte. Dis wat julle

waarskynlik na mekaar toe aangetrek het toe julle ontmoet het. Maar nou na ‘n paar jaar se

getroude lewe kan dit gebeur dat juis die dinge wat julle na mekaar aangetrek het, kan

veroorsaak dat julle uitmekaar dryf. Besef dat elkeen van julle uniek is, dat julle mekaar baie

nodig het, en dat julle twee saam ‘n baie sterk span vorm (veral as God nog ook die derde

vennoot in julle verbond is).

• Waardeer mekaar

• Maak tyd vir mekaar

• Vergewe mekaar

• Doen dinge vir mekaar

• Gesels met mekaar

• Doen dinge saam

• Lag saam

• Bad/ stort saam

• Gaan slaap saam

My huis is vol liefde

Page 6: GELUKKIGE HUISEGELUKKIGE HUISE · 2015-04-04 · die huis te wees, herstel. Toewyding Hierdie boek word opgedra aan my eie ma wat altyd by die huis was soos ons grootgeword het en

Nommer 3: My kinders

Die beste ding wat ek vir my kinders kan doen, is om ‘n liefdesverhouding met

hulle pa te hê. Dit gee vir hulle sekuriteit wat geen geld kan koop nie. Dit stel ook

vir hulle ‘n voorbeeld wat hulle kan volg vir hulle eie huwelike eendag. Ons moet

onthou dat alhoewel ons kinders geskenke uit die hand van God is, behoort hulle eerstens aan

God. Ons kinders is vir ‘n baie kort tyd onder ons sorg en direkte invloed, en God het ‘n baie

spesifieke doel daarmee. Hy wil he dat ons regdeur elke dag ons kinders van Hom moet leer,

soos ons opstaan in die oggend, huis regmaak, kos voorberei, ons werkies doen, skoolwerk

doen, speel, en weer gaan slaap in die aand. Ons het ‘n groot verantwoordelikheid teenoor

God, oor hoe ons hierdie kinders grootmaak.

Dis onder andere ons verantwoordelikheid om seker te maak hulle

• kyk en luister na dinge wat hulle gees opbou en nie hulle denke besoedel nie

• aktief is en kos eet wat hulle liggame opbou en gesond hou

Onthou, jy het ‘n hemelse Vader wat jou baie liefhet, en wat ‘n groot prys betaal het, sodat jy

heel kan wees. Soos wat jy hierdie drie verhoudinge onderhou as die belangrikste in jou

lewe, so sal jy kan toelaat dat God se liefde deur jou kan vloei, en jou huis vol liefde kan

wees.

Page 7: GELUKKIGE HUISEGELUKKIGE HUISE · 2015-04-04 · die huis te wees, herstel. Toewyding Hierdie boek word opgedra aan my eie ma wat altyd by die huis was soos ons grootgeword het en

LEER ‘N KIND HOE HY LEER ‘N KIND HOE HY LEER ‘N KIND HOE HY LEER ‘N KIND HOE HY MOET EET DAN SAL HY MOET EET DAN SAL HY MOET EET DAN SAL HY MOET EET DAN SAL HY DIT SY LEWE LANK DOEDIT SY LEWE LANK DOEDIT SY LEWE LANK DOEDIT SY LEWE LANK DOEN N N N

(deur Estelle Lindeque)(deur Estelle Lindeque)(deur Estelle Lindeque)(deur Estelle Lindeque)

Diere in die natuur weet wat is goed vir hulle om te eet en wat

is nie goed nie en hulle kies om dit te eet wat goed vir hulle is.

Maar die mens het dit reggekry om, anders as diere, gewoontes

aan te leer om ongesonde kos te eet. Ma’s het ‘n wonderlike

geleentheid en ‘n groot verantwoordelikheid om hulle mans en

kinders te beinvloed om gesond te eet. Onthou, jou liggaam is

jou “paspoort” vir die aarde. Jy is ‘n geesmens, wat ‘n siel het

(wil, denke en emosies), en wat in ‘n liggaam woon. Jou

liggaam is jou “earthsuit”. Daarsonder kan jy nie op hierdie

aarde bly nie. Wat sê die Woord? Hoekom is die kondisie van

my liggaam belangrik?

1) My liggaam is die tempel van die Heilige Gees. (1 Kor

6:19-20 en 2 Kor 6:16) Daar is net een persoon

verantwoordelik vir die oppas van die tempel – en dis

ek! Ek het my liggaam van God gekry en dit “behoort” nie aan my nie. Dit behoort

aan God! Ek moet God verheerlik in my liggaam en in my gees.

2) Dis my redelike godsdiens om my liggaam te stel as ‘n lewende, heilige en aan God

welgevallige offer. (Rom 12:1)

3) Ek moet ‘n goeie rentmeester wees van my liggaam, wat aan God behoort. As ek nie

getrou is in ‘n ander se goed nie, wie sal dan aan my my eie gee? (Lukas 16:12) God

verwag nie dat ek ‘n sekere doelgewig moet wees en ‘n sekere nommer klere moet dra

nie. Ek hoef nie soos ‘n sekere supermodel te lyk nie. Hy verwag net van my om die

beste ek te wees. Dis so bevrydend, want dis moontlik!

4) Proverbs 18:9 Amplified Bible

“He who is loose and slack in his work is brother to him who is a destroyer and he

who does not use his endeavors to heal himself is brother to him who commits

suicide” Is dit nie vreeslik om te dink dat ek eintlik selfmoord pleeg as ek nie bietjie

moeite doen om gesond te wees nie? Mense grawe letterlik hulle grafte met hulle eie

vurke. Dié vers het my jare gelede so geruk in my gees, dat dit my hele lewe verander

het.

5) 1 Tim 4:8 “Want liggaamlike oefening is tot weinig nut, maar die godsaligheid is

nuttig vir alles, omdat dit die belofte van die teenwoordige en die toekomende lewe

het.” Mense gebruik die vers as ‘n verskoning om nie te oefen nie, maar as mens die

vers mooi lees, dan is dit juis ‘n vers wat jou motiveer om te oefen. 1 Tim 4:8

Amplified Bible. “For physical training is of some value…”, maw liggaamlike

oefening het wel waarde (studies bewys dit vir ons), maar net vir ‘n relatiewe kort tyd

– terwyl jy nog in jou liggaam op hierdie aarde is. Jou lewe op aarde is ‘n kort tyd in

vergelyking met die ewigheid. Maar kyk na die tweede helfte van die vers in die

Amplified: “but godliness (spiritual training) is useful and of value in everything and

in every way, for it holds promise for the present life and also for the life which is to

come.”

Die voëls sing vir my huis

Page 8: GELUKKIGE HUISEGELUKKIGE HUISE · 2015-04-04 · die huis te wees, herstel. Toewyding Hierdie boek word opgedra aan my eie ma wat altyd by die huis was soos ons grootgeword het en

Daaglikse oefening is een van die beste maniere om jou geesmens te oefen in

getrouheid, selfbeheersing en vrede – al drie vrug van die gees. Die vrug van

getrouheid, selfbeheersing en vrede gaan vir my van groot waarde wees in elke ander

area van my lewe terwyl ek nog op aarde is, en ook in die toekomende lewe.

Miskien wonder jy hoekom ek vrede genoem het. Baie mense het elke oggend ‘n

stryd in hulle binneste as hulle in die oggend vroeër moet opstaan om te oefen.

Oefening behoort dieselfde emosies in jou wakker te maak as wanneer jy jou tande

moet gaan borsel! Jy doen dit net – met rustigheid in jou binneste. Jy wonder nie elke

oggend of jy vandag lus is om tande te borsel nie. Dis ‘n uitgemaakte saak.

6) Meeste mense se smaak sintuig is só besoedel dat gesonde kos vir hulle sleg proe en

alles wat ongesond is, lekker. Het jy geweet jy kan jou smaak (een van jou sintuie)

oefen om te onderskei tussen wat goed is vir jou, en wat sleg is vir jou liggaam?

Hebrews 5:14 KJV “But solid food belongs to those who are of full age, that is, those

who by reason of use have their senses exercised to discern both good and evil.”

7) Die eerste stap om jou man en kinders te help om gesonder te wees, is om sélf ‘n

voorbeeld te wees in fisiese oefening en aktiwiteit en ook in gesonde eetgewoontes.

Jy kan nie skynheilig wees, en in die geheim dinge eet sodat jou kinders jou nie moet

sien nie! (Lukas 6:42)

Waar begin ek dan nou? Net waar jy is! God stel Sy wysheid tot jou beskikking. (Spr 1:20-

23)

• Gesonde lewenstyl is nie ‘n wettiese ding wat nagevolg moet word nie. As jy

dit só gaan benader, gaan jy faal. Dis op ‘n hoër vlak. Jesus het ‘n duur prys

betaal sodat jy vry kan wees. Jy is nie meer ‘n slaaf van slegte gewoontes nie.

Jy heers daaroor.

• Moenie jouself in versoeking bring nie. Moenie eers

ongesonde goed in jou huis inbring nie.

• Drink meer vars, suiwer water.

• Eet kos wat nader is aan hulle natuurlike vorm (bv. appel i.p.v.

appelsap).

• Probeer om 90-95% van die tyd gebalanseerde, gesonde kos te eet. Die dinge

wat jy elke dag doen en eet, is die dinge wat die grootste impak op jou

gesondheid het. Gewoontes kan gevaarlik wees, want dis dinge wat ons doen

sonder dat ons eers bewus is daarvan.

So laat ons probeer om meer soos die voëls in die natuur te wees en te weet wat is gesond vir

ons liggame om te eet en nie te eet nie. Dan sal ons energie hê om nie net onsself nie, maar

ook ander te help wat ons nodig het.

Page 9: GELUKKIGE HUISEGELUKKIGE HUISE · 2015-04-04 · die huis te wees, herstel. Toewyding Hierdie boek word opgedra aan my eie ma wat altyd by die huis was soos ons grootgeword het en

MY STRANDHUIS WAG VIMY STRANDHUIS WAG VIMY STRANDHUIS WAG VIMY STRANDHUIS WAG VIR MYR MYR MYR MY (deur Lizette Rousse (deur Lizette Rousse (deur Lizette Rousse (deur Lizette Rousseau)au)au)au)

Alles in die wêreld wat groei, groei van binne na buite. Sade,

eiers, diere en babas. ‘n Baba groei binne in sy Mamma totdat

hy/sy gereed is om gebore te word. Dan groei hy/sy op in die

veiligheid van sy huis totdat dit tyd is om uit te gaan, die

wêreld in.

Jou huis is die eerste plek waar ‘n kind se persepsie oor

hom/haarself gevorm word. Psalm 22:10 U laat my veilig rus aan die bors van my

moeder.

Wanneer babas gebore word is hulle hulpeloos en het hulle

versorging nodig. Hulle het fisiese versorging, soos voeding,

doeke ruil en beskerming teen die elemente nodig. Maar net

so belangrik soos fisiese versorging is emosionele versorging:

liefdevolle woorde, aanraking en oogkontak. Gedurende die 2de Wêreldoorlog is baie babas

in weeshuise dood om een of ander onverklaarbare rede. Hulle het kos gekry en hulle doeke

is geruil, maar is nooit opgetel of vertroetel nie. Hulle was dus fisies versorg, maar nie

emosioneel nie. Baie het dit net nie oorleef nie. Wanneer 'n Mamma haar baba in haar arms

hou en liefdevolle oogkontak maak, word vreugde na die baba se gees toe oorgedra. Die rede

hiervoor is wanneer 'n baba versorg, vertroetel en mee gespeel word maak hy die afleiding

dat hy dit werd is om versorg te word. 'n Mamma se oë is soos 'n spieël waarin haar kind

lees: “my Mamma hou van my...ek is het waarde” of “ my Mamma se oë sê, ek is lastig en in

die pad...wat is fout met my?” So vorm 'n kind se persepsie van homself en hy leer om te

vertrou op Mamma se bors.

Jou huis is die plek waar jou kind se eerste perspektief van God gevorm word. Ons kan

God nie sien nie en ons en ons kinders se persepsie van God word gevorm

uit dit wat ons wel kan sien. Ons projekteer ons siening van ons ouers op

God. Ek het eenkeer gelees van 'n seuntjie wat 'n prentjie van God moes

teken. Toe sy Juffrou vir hom vra hoekom hy God met net een arm geteken het vind sy uit,

dat sy Pa ook net een arm het.

Jou huis is waar jou kind waardes leer. Waardes soos eerlikheid, respek, outoriteit, respek vir eiendom en die natuur word deur

modellering aangeleer. 'n Houding van “Moenie maak soos ek maak nie, maak soos ek sê...!”

was nog nooit baie effektief nie!

Jou huis is waar jou kind leer om konflik te hanteer. Sonder dat mens dit altyd besef leer

ons kinders hoe om konflik te hanteer deur ons dop te hou...en dan gaan oefen hulle op hulle

sussies en boeties!

Jou huis is waar jou kind baie lewensvaardighede kan leer. Hulle sien hoe om geld te

hanteer, leer eetgewoontes aan, begin leer om 'n huishouding te hanteer ens.

Jou huis is jou kind se wegspring plek in die lewe. Jy as ouer het 'n ongelooflike

geleentheid om in jou kind se lewe in te bou.

My strandhuis wag vir my

Page 10: GELUKKIGE HUISEGELUKKIGE HUISE · 2015-04-04 · die huis te wees, herstel. Toewyding Hierdie boek word opgedra aan my eie ma wat altyd by die huis was soos ons grootgeword het en

Jy wonder dalk of dit die moeite werd is om by die huis by jou kinders te

wees. Jy voel dalk moeg en afgemat. Ongewaardeer en selfs 'n bietjie

misbruik... Dan wil ek jou vandag bemoedig deur jou te herinner aan die

seisoen waarin jy jou bevind. En dis saaityd. Jy is besig om in jou kinders

se lewens in te saai en eendag sal jy die vrugte van jou arbeid pluk. Hou net moed. Daar is

dae wat ek ook absoluut oorweldig voel deur alles in my lewe. Wanneer ek nie kan voorbly

met opruim en skoonmaak, vrae antwoord, skoolhou, reëlings maak en kosgee nie!! Wanneer

ek graag ongesteurd op die telefoon sou wou praat. Dit is die dae wat ek myself herinner dat

sekere probleme sekere omstandighede vergesel. Jy kry nie 'n baba sonder 'n doek nie. Jy

kry nie kindertjies wat nie mors en raas nie. Dis deel van die pakket! Eendag sal daar wel

rustige dae kom, maar dis nie vir nou nie. My strandhuis wag vir my. Ek sal nie opgee nie,

ek sal op die pad bly en ek sal oomblik geniet van hierdie seisoen waarin ek nou is.

Page 11: GELUKKIGE HUISEGELUKKIGE HUISE · 2015-04-04 · die huis te wees, herstel. Toewyding Hierdie boek word opgedra aan my eie ma wat altyd by die huis was soos ons grootgeword het en

TUISSKOOL TUISSKOOL TUISSKOOL TUISSKOOL –––– ‘N VERAN ‘N VERAN ‘N VERAN ‘N VERANDERING EN NUWE BEGINDERING EN NUWE BEGINDERING EN NUWE BEGINDERING EN NUWE BEGIN (deur Elana Smit) (deur Elana Smit) (deur Elana Smit) (deur Elana Smit)

Ons almal ken die uitdagings wat veranderings vir ons meebring.

Die groot trek wat jy miskien as kind ervaar het toe jou pa van

werk verander, of van bank tak moes verwissel het. Ons almal

moes die veranderings in ons land deurleef. Sommige het uit die

land "gery", ander van ons het gekies om te bly. Veranderings is

deel van ons lewe of ons deel daarvan wil wees of nie. Die

gemaklike tuiste van die bekende is vir ons as mens tog te

heerlik. Daardie "moskombersie" soos Laurika Rauch dit

beskryf, waar ons geliefd en gekoester voel, is lekker.

Verandering bring egter groei mee en dit kan goed wees. Om jou

horisonne te verbreed of selfs jou opinie te verander is nie altyd

sleg nie. Om te begin tuisskool veroorsaak 'n groot verandering

in ons lewens! Vir baie van ons verg dit 'n totale kopskuif. Ons

kom ons hele lewe lank uit 'n sisteem waar jy geleer is dat die

enigste leer kan plaasvind in 'n skool. Om jou kinders dus na jou

huis te verhuis verg MOED!

Party kinders spring die hele skool sisteem vry deurdat hulle ouers reeds vroeg die

moedige stap neem en so Graad 1 saam met hulle oudste aandurf. Ander maak

weer die besluit eers soos wat hulle die skool stelsel beleef en dan besef dit werk

nie vir hulle nie.. Hoe dit ook al sy, ons kan die impak van tuisskool op ons huis,

vriendekring en familie nie bepaal voordat ons werklik daar is nie, voordat jy werklik self

tuisskool nie. Hierdie verandering geskied vir sommige heel natuurlik en vir ander van ons

bied dit 'n GROOT uitdaging ! By die huis is daar skielik 'n hele skool wat geakkomodeer

moet word. Hier is geen regte of verkeerde manier nie. Skool kan gebeur oral en altyd.

Sommige tuisskool sekere tye van die dag, sommige leer heeldag. Sommige tuisskool soos

wat die geleentheid opduik, sommige skep die geleenthede vir leer. Dit maak nie regtig saak

hoe jy tuisskool nie, solank jy ‘n liefde vir leer in jou kinders ontwikkel en ondersteun.

Miskien moet ons probeer om eerder die skool uit tuisskool te haal en so 'n liefde vir leer te

kan kweek wat 'n leeftyd kan hou. Ons kinders onthou ons stemtoon veel eerder

as die pragtige plakkate teen die muur. Hulle dink met hulle hart. Die kennis van

wiskunde en wetenskap beteken vir hulle niks as hulle nie eers weet van jou

liefde nie. Doen net soveel moeite met jou positiewe gesindheid elke dag, as met

die keuse van jou kurrikulum. Doen meer moeite met jou vriendelikheid as met die

noodsaaklike spel toets. Kweek voortdurend geduld in jou eie hart met net soveel moeite as

die boontjie-in-klam watte eksperiment. Skool kan 'n vreugde wees of ‘n las, ons het die

vermoë om te verander en dit 'n vreugde vir ons eie kinders te kan maak. Gebruik hierdie

tuisskool geleentheid as die manier om jou huis te bou met liefde, geloof en hoop om jou

gesin en ons wêreld te verander!

My huis is op ‘n goue dam

Page 12: GELUKKIGE HUISEGELUKKIGE HUISE · 2015-04-04 · die huis te wees, herstel. Toewyding Hierdie boek word opgedra aan my eie ma wat altyd by die huis was soos ons grootgeword het en

EK IS SEK IS SEK IS SEK IS S----OOOO----OOOO----O LIEF VO LIEF VO LIEF VO LIEF VIR MY HUISIR MY HUISIR MY HUISIR MY HUIS (deur Hendrine Krieg) (deur Hendrine Krieg) (deur Hendrine Krieg) (deur Hendrine Krieg)

Ek is lief vir my huis. Ek is lief vir my huis van die eerste dag

wat ek saam met die eiendomsagent verbygery het. Ek het

hierdie huis wou hê. Ons lewe in hierdie huis al vir ‘n dekade.

Baie het al verander sedert ons hier ingetrek het. Oor die jare

het ons die huis verander om aan te pas by ons

lewensomstandighede. En meer belangrik – ek myself het al

verander om aan te pas van ‘n werkende vrou na ‘n tuisblyma

gedurende hierdie tyd. Alhoewel dit traumaties was om op te

hou werk, is ek dol daaroor om soveel tyd by my huis te kan

spandeer. My huis is vir my die middelpunt van my heelal, my

spesiale plekke in die son. Van hierdie hawe kan ek spring na

die groot ongekende wat die wêreld bied.

Ek moet erken ek is nie ‘n huisvrou soos Princeton

University’s wordnetweb dit definieer as “’n vrou wat

die huishouding bestuur terwyl haar man die familie inkomste verdien”. Ek is nie ‘n

talentvolle huishoudster nie. Ek is morsig en ‘n skoon huis is nie een van my prioriteite nie.

Ek verskoon my morsigheid dat ek nie ‘n huisvrou geword het om ‘n skoonmaker te word

nie, maar ‘n ma. Ons almal weet hoe moedeloos kan dit raak om ‘n huis te probeer skoonhou

met kinders. Dit lyk of die werk nooit ophou nie. Sodra jou kombuis skoon is, is dit alweer

tyd vir die volgene ete. Net sodra die kinders se slaapkamers aan die kant is, pak hulle alweer

uit om opnuut te begin speel.

Vir ‘n tuisblyma, het huishouding 2 groot probleme (tensy jy regtig van skoonmaak hou). Die

eerste is dat dit nooit ophou nie. Die tweede is die feit dat ons nooit die werk verlaat om huis

toe te gaan nie. Ons lewe in ons werkplek. Werkende mense hou nie daarvan om ongedane

take huis toe te neem nie, en so is dit ook met ons ! Daar is vele maniere om hierdie

probleme te oorkom. Een moontlikheid is om iemand aan te stel wat vir jou die gedurige

skoonmaak te doen. As jy nie so gelukkig is nie, of dit nie kan bekostig nie, probeer hierdie

strategie. My suster, wat haar werk laat staan het om by die huis te bly, sien huis skoonmaak

nes ‘n gewone werk nadat sy aanvanklik amper moedeloos geraak het. Sy bly by spesifieke

‘werks’ure. As die ure om is, gaan sy ‘huis toe’ en los ongedane take vir die volgende dag.

Groter take word ook slegs een keer per week gedoen – soos stofsuig. En omdat sy dit nou as

haar loopbaan sien, is sy selfs trots op haar strykwerk. Omdat ek meer die lui tipe mens is,

doen ek weer huistakies met die bietjies tyd tussen in. Gereeld skuif die minder belangrike

huistakies na die onderkant van die lys. Ek voel altyd dat dit sinneloos sal wees as ek my tyd

spandeer op huisskoonmaak as my primêre rede vir by die huis wees is om na my kinders om

te sien – dit sal die doel mis !

‘n Ander belangrike ding, veral vir sommige mense, is om uit die huis te gaan vir

vrye tyd. Gaan kuier by vriende, vat die kinders op uitstappies, maar moenie by

die huis sit met skuldgevoelens oor ongedane take nie. Ons verdien ook teetyd, etenstyd en

rustyd nes die mense by ‘n werk. Dit help om die konsep van “gaan huis toe na werk” te

simuleer en addresseer dus so probleem twee.

Wat ek die meeste geniet van my huis en om by die huis te wees, behalwe dat ek baie tyd het

saam met my kinders, is dat dit my eindelose geleentheid gee om my huis in te rig, te skuif en

te dekoreer soos wat my behoeftes en giere pas. So het ek al geurige kruie rondom my

Ek is s-O-o-o lief vir my huis

Page 13: GELUKKIGE HUISEGELUKKIGE HUISE · 2015-04-04 · die huis te wees, herstel. Toewyding Hierdie boek word opgedra aan my eie ma wat altyd by die huis was soos ons grootgeword het en

wasgoedlyn geplant – elke keer as ek dus wasgoed ophang kan ek die lekker geure ruik. Met

die hulp van die kinders het ons die badkamers gedekoreer, nou is badtyd ‘n heerlike ervaring

van hulle eie idees. Gaste het nie ‘n keuse as om tussen die seeskulpe en speelgoedvisse te

bad nie. Ek voel baie sterk dat ‘n huis vir jou en jou gesin ‘n plek van rus moet wees.

Moenie te veel aan ander dink as jy jou huis versier of inrig nie. Ons spandeer die meeste tyd

hier, so ons moet onsself in ag neem t.o.v. die huis inrig. Ek is seker soms te ontspanne as dit

kom by speelgoed wat rondlê en netheid. Ek het geen aparte sitkamer waar speel verbode is

nie. Maar ek dink mense is altyd welkom en kan gemaklik voel in my huis, miskien omdat

liefde en aanvaarding die eintlike bestanddele is wat belangrik is.

Ek hou daarvan om besoekers te hê in my huis. Ek is mal daaroor om met vriende te gesels –

oor ons lewens, ons kinders, ons probleme, planne en oppad wees. Ek hou daarvan om idees

te deel en gestimuleer te word tot nuwe idees oor ‘n koppie tee. Ek probeer om elke oomblik

te waardeer dat ek lewe, dat ek mense om my het wat vir my lief is en dat ek ‘n huis het vol

letterlike en figuurlike skatte. Ek hoop dat die teken by die deur van my huis waar is:

Vreugde vir hom wat kom,

Vrede vir hom wat hier verwyl, en

Seën vir hom wat verder trek.

Page 14: GELUKKIGE HUISEGELUKKIGE HUISE · 2015-04-04 · die huis te wees, herstel. Toewyding Hierdie boek word opgedra aan my eie ma wat altyd by die huis was soos ons grootgeword het en

MY HUIS IS AAN DIE BMY HUIS IS AAN DIE BMY HUIS IS AAN DIE BMY HUIS IS AAN DIE BEWEEG …(EWEEG …(EWEEG …(EWEEG …(deur Willemien Kruger)deur Willemien Kruger)deur Willemien Kruger)deur Willemien Kruger)

‘n Huisboot staan nie stil in een plek vir te lang tyd nie, dit is

veronderstel om te beweeg. So die vraag is “is jy aan die

beweeg?” Beweeg jy in die regte rigting ? Dans die visse vir jou

huisboot ? Is daar groei besig om plaas te vind ? Groei is nie

noodwendig altyd maklik nie. Plante groei gegewe die regte

omstandighede, maar gaan dood sonder lig of water….Ons as

mense groei ook fisies en ons is veronderstel om emosioneel en

geestelik ook te groei – maar doen ons ? Gebeur dit outomaties

of is dit beter as dit beplan word ? Soos die gesegde gaan “die

lewe gaan oor die reistog, nie die eindpunt nie”. Ons almal begin

met ‘n droom, ‘n visie, ‘n hoop of ‘n doel. Al is dit nie altyd

formeel gedefinieer nie, dit is iets waaroor jy wel al gedink

het…elke keer wat jy seerkry, kwaadword or teleurstelling ervaar

is ‘n aanduiding dat dinge nie volgens jou verwagting, droom of

hoop gebeur het nie. Hierdie verwagtinge is soms moeilik om

van bewus te wees totdat jy ‘n teleurstelling ervaar, maar dan is dit ‘n goeie tyd om daaroor te

dink en te kyk of jou verwagtinge realisties is of nie. Dit is hierdie verwagtinge wat jou visie

definieer en vorm, die prentjie van waarheen jy oppad wil wees. En om daar uit te kom, sal

jy moet meet waar jy gaan. As jy by ‘n spesifieke plek will uitkom, sal nie alle paaie jou

soontoe neem nie. Jy sal op die pad wat jou soontoe neem moet wees, anders gaan jy nie

daar uit kom nie.

Mens dink nie gewoonlik daaraan dat ons normale gewone lewens groot reistogte is nie, so

gewoonlik meet ons niks nie. Gedurende die normale besigwees van elke dag verloor ons

visie, en verloor ons fokus. Ons weet selfs nie eers meer of ons op die regte pad is nie. As jy

wil weet op watter pad jy is, meet waar jy is. Dink oor jou familie lewe se verskillende

aspekte en maak ‘n lys van wat jou pla, waar jy is, wat gebeur teenoor waar wil jy wees, hoe

wil jy hê moet dit wees of lyk. Begin met die mees frustrerende aspekte. Dink werklik oor

wat is al gedoen, asook wat nog nie gebeur het nie of nog nie gedoen is nie en wat jy wil

byvoeg, wegvat, verander of aanpas om weer jou huis in die beplande rigting te stuur. Vra

jouself dan af wat moet dalk uit jou lewe gesnoei word om meer energie en tyd beskikbaar te

maak vir die visie om ‘n werklikheid te kan word, of wat dalk bygevoeg moet word om die

visie ‘n werklikheid te maak. Neem die moeilike besluite om sommige dinge te stop of

houdings te verander. Hernu jou toewyding aan God, jou man en jou kinders. Skryf ‘n paar

voornemens neer en deel dit met iemand (ideal jou man/vrou wat jou beste vriend moet wees)

om jou verantwoordelik te hou. Begin dan implementeer wat jy besluit het – ‘n nuwe

gewoonte elke maand miskien, maar begin net met wat jy realisties kan hanteer, en voeg by

soos wat jy meer en meer gesonde gewoontes kweek. En aan die einde van ‘n paar maande sit

weer vir ‘n oomblik en meet of daar positiewe groei na jou visie was – is daar ten minste een

meer seën in jou huis as ‘n resultaat van nuwe gewoonte(s)?

Gee jouself tyd om aan te pas en te verander. Gee ook jou man en kinders tyd

om aan te pas. Houding en skedule veranderinge neem ‘n lang tyd om regtig as

permanente nuwe gewoontes gevestig te word. Wees geduldig met die proses.

As jy ‘n tuisskool ma is wat nuwe leer gewoontes of leerareas implementeer mag

dit selfs nog langer neem as daar eers slegte gewoontes is wat afgeleer moet

word. Meet jou beweging in terme van maande of jare, nie dae nie. Dit sal meer

bemoedigend wees om terug te kyk na wat bereik is in ‘n jaar as in die afgelope week. Die

Die visse dans vir my huisboot

Page 15: GELUKKIGE HUISEGELUKKIGE HUISE · 2015-04-04 · die huis te wees, herstel. Toewyding Hierdie boek word opgedra aan my eie ma wat altyd by die huis was soos ons grootgeword het en

implementering van nuwe gewoontes om ‘n langtermyn visie na te streef neem ‘n lang tyd.

Dit sal help om deel van ‘n ondersteuningsgroep van mense met soortgelyke visies te wees

om jou aan te moedig op jou reistog. As jy ‘n tuisblyma is soek en assosieer met ander ma’s

wat ook by die huis bly. As jy ‘n tuisskoolma is soek aktief na ander tuisskolers in jou

omgewing om mee te gesels of kuier op ‘n gereelde basis. Deel idees, visies, probleme en

gesels oor moontlike oplossings.

Ons is almal op ‘n pad iewers heen en benodig aanmoediging en bemoediging –

veral wanneer ons moeg, verveeld of moedeloos raak. Besluit nou om een van

daardie te wees wat ander aanmoedig, en jy sal ook bemoedig word oppad. Dit is

die moeite werd. Dit is wat jy nodig het om meer gelukkig by die huis te wees.

Mag jy saam met die visse dans soos wat jou huisboot oppad is op sy reis.

Page 16: GELUKKIGE HUISEGELUKKIGE HUISE · 2015-04-04 · die huis te wees, herstel. Toewyding Hierdie boek word opgedra aan my eie ma wat altyd by die huis was soos ons grootgeword het en

EK HET MY PERSPEKTIEEK HET MY PERSPEKTIEEK HET MY PERSPEKTIEEK HET MY PERSPEKTIEWE VERANDER OOR TUISWE VERANDER OOR TUISWE VERANDER OOR TUISWE VERANDER OOR TUISSKOOLSKOOLSKOOLSKOOL (deur Elana Smit) (deur Elana Smit) (deur Elana Smit) (deur Elana Smit)

As iemand ‘n paar jaar terug vir my gesê het dat ons sou

tuisskool, sou ek verseker gelag het. Ons het reeds vroeg vas

besluit dat my kinders die beste onderrig moes kry! So 'n

groot deel van ons kinders se tyd word by die skool spandeer,

en juis daarom was dit vir ons so belangrik. Tuisskool was

nooit 'n opsie nie. Ons blootstelling aan tuisskool was baie

beperk en juis daarom was ons baie krities, in onkunde. 'n

Goeie vriendin van my was uitverkoop aan tuisskool en het

herhaaldelik met my daaroor gesels. Terwyl sy oor die

voordele praat sou ek in my gedagtes solank die nodige teen

argumente begin vorm. Talle redes en redenasies later, kon ek

net sê : Tuisskool jy jou kinders, maar my kinders moet in 'n

skool wees. Tog snaaks hoe ons somtyds bid vir uitkoms,

maar mis dan die oplossing wat reg voor jou lê.

So het ons tuisskool avontuur begin voordat ek daarvan bewus was. Dieselfde vriendin nooi

my op 'n uitstappie na 'n ma wat alreeds 'n geruime tyd tuisskool. Groot was my verbasing

toe hierdie ma 'n oud onderwysers van my is. Die vraag het my te binne geskied: Weet sy

nie van beter nie, sy is immers 'n onderwyseres? 'n Baie interessante dag het gevolg. Ek kon

talle van my vrae weer vra en het die keer beter geluister na die antwoorde wat ek ontvang

het. Daar is 'n saadjie geplant. Volgende is ons na 'n aanbieding van ‘n tuisskool kurrikulum

verskaffer. Aangesien dit 'n aanbieding was, was daar geen geleentheid vir al die

teenargumente van sosialisering, standaard, jou kwalifikasie as ouer ens. nie. So is egter van

hierdie vele vrae ten tye van die praatjie aangespreek en ons kon net sit en luister. Talle

navorsing het reeds getoon dat tuisskool kinders akademies en sosiaal 'n voorsprong het,

weens 'n wyer blootstelling.

Nie lank hierna nie het 'n baie interessante gesprek met ons predikant gevolg. Die een groot

krisis vir my was die moontlikheid van 'n wanaangepaste volwasse tuisskoler. Hoe sou hulle

kon aanpas in die gewone wêreld as hulle nie deel was van 'n klas van 30 nie? Sy antwoord

was as volg: As jy vandag by bv.’n bank begin werk, hoeveel van die personeel gaan soos jy

dieselfde ouderdom wees en in dieselfde omstandighede ? Die kanse vir dit om te

gebeur is baie onwaarskynlik en onrealisties. 'n Lig het vir my aangegaan! Dis die

hele ding! Ek het my antwoord gekry! Jy het juis 'n kind nodig wat met alle

ouderdomme kon sosialiseer. Jy het juis 'n kind nodig wat 'n bydrae kan maak in 'n

samelewing waar almal nie presies so oud soos hy is nie, waar almal nie dieselfde

belangstellings het as hy nie. Jy het 'n kind en volwassene nodig wat onafhanklik tussen alle

ouderdome en mense kan funksioneer. Hierdie dinge hoef hy (kan hy) nie in 'n skool leer nie.

Hy kan dit juis by die huis leer. Jou kind se sosialisering lê nie in 'n onderwyseres se hande

nie, dit is in ons as ouers se hande. Die beste manier om kinders goeie sosiale gedrag te leer

is juis onder goeie betrokke toesig, sodat jy hom aanvaarbare sosial gedrag kan leer.

Tuisskool kan dalk juis die antwoord op die sosialiseringsprobleme wees.

Wees dus baie geduldig met die persone wat kritiese vrae oor tuisskool het. Wees gereed met

antwoorde, veral oor die groot sosialisering vraag. Meeste mense is net oningelig en ken net

die publieke skoolstelsel waarvan hulle ook deel was. Doen moeite met die sosialisering van

jou kind – vir jouself ook. Moenie isoleer nie. Ons het die voorreg om by ons eie huis ons

kinders te leer, gebruik elke geleentheid te volle.

Ek trek my huis van reën na son

Page 17: GELUKKIGE HUISEGELUKKIGE HUISE · 2015-04-04 · die huis te wees, herstel. Toewyding Hierdie boek word opgedra aan my eie ma wat altyd by die huis was soos ons grootgeword het en

HOE EK GELEER HET OMHOE EK GELEER HET OMHOE EK GELEER HET OMHOE EK GELEER HET OM DIE BLOMME TE RUIK DIE BLOMME TE RUIK DIE BLOMME TE RUIK DIE BLOMME TE RUIK (deur Lizette Rousseau)(deur Lizette Rousseau)(deur Lizette Rousseau)(deur Lizette Rousseau)

Deur die loop van jare, met 4 kinders wat ek tuisskool, het ek ‘n

paar dinge geleer wat my help om kop bo water te hou. Ek het

geleer hoe om te stop en die blomme te ruik wat langs die pad

groei. Ek wil dit graag met julle deel.

* Spandeer tyd om God toe te laat om vir jou die pad te wys

Spreuke 3:5 Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun

nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou

paaie gelykmaak.

Maak tyd elke dag, selfs al is dit net vir ‘n paar minute, om vir

God wysheid en hulp te vra. Spandeer ook tyd aan die begin

van 'n nuwe jaar of seisoen om vir Hom nuwe rigting te vra.

Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die pad wys.

Maak die Bybel die fondasie in jou huis. Ruth Beechick sê

dat kinders die Bybel bo alle boeke moet leer ken om goed opgevoed en geleerd te wees. (A

Biblical Home Education – Ruth Beechick)

Begin met die einde in gedagte, en hou die einde in gedagte. Veral wanneer jy deur 'n

moeilike tyd gaan. Skryf jou doelwitte neer, want as jy vir niks mik nie, gaan jy dit elke keer

tref.

* Versorg jouself : Dit sluit in om na jouself te kyk op geestelike, emosionele en fisiese

vlak.

� Geestelik: Spandeer tyd met die Here, lees boeke, bedien saam

met ander gelowiges.

� Emosioneel: Doen iets waarvan jy hou en wat jou batterye sal

herlaai.

� Fisies: Gee aandag aan jou voorkoms, doen oefening en kyk na jou

gesondheid.

Om na jouself om te sien, is 'n middel tot 'n doel. Wanneer jy jouself op 'n gebalanseerde

manier versorg, stel jy sodoende 'n voorbeeld vir jou kinders oor hoe 'n mens jouself moet

versorg. Met gebalanseerd bedoel ek dat jy die uiterstes van selfsug en selfopoffering moet

vermy. Jy is dit werd om vir jouself te sorg. Jy het die belangrike taak om die volgende

generasie op te voed.

* Spandeer tyd saam met vriende wat in dieselfde bootjie as jy is. Elke vriendskap is uniek

en met elke vriendin het jy verskillende raakpunte. Wanneer jy heeldag by die huis is, maak

seker jy het vriende wat jou sieninge respekteer. Vriende is daar om die vreugdes en die

hartseer van jou lewe mee te deel.

* Wees ingelig deur goeie boeke te lees. Leer saam met jou kinders. Stel vir hulle 'n

voorbeeld deur self te lees en te leer. Daar is soveel goeie boeke om te lees oor ouerskap,

moederskap, brein ontwikkeling en tuisonderrig. Ek het al baie foute vermy deur wat ek

gelees en toegepas het. Mens kry ook soveel oulike idees by ander mense wat skryf uit hulle

ervaring en ondervinding. Lees is ‘n manier om mens se horisonne te verbreed en jou opnuut

te inspireer.

My huis ruik na wit blomme

Page 18: GELUKKIGE HUISEGELUKKIGE HUISE · 2015-04-04 · die huis te wees, herstel. Toewyding Hierdie boek word opgedra aan my eie ma wat altyd by die huis was soos ons grootgeword het en

As jy tuisskool, is dit goed om 'n ondersteuningsgroep of Expo’s by te woon. Jy

kan altyd iets nuuts leer of nuwe mense leer ken. Of miskien kan jy iemand anders

bemoedig. Moenie net altyd met die mense kuier wat jy goed ken nie, reik uit na

iemand wat jy nog nie ken nie en jy mag dalk verras wees. Ons kan almal iets by

mekaar leer.

* Gebruik gunstige leergeleenthede. Gee aandag wanneer jou kind ‘n belangrike vraag vra,

dit is ‘n waardevolle geleentheid om in hulle lewens in te bou. Wees sensitief vir sulke

leerbare oomblikke en gebruik dit om waardes oor te dra, hulle geloof te versterk en om hulle

te leer oor die lewe.

* Ken jou kinders. Ek geniet dit om boeke te lees oor persoonlikheidstipes, leerstyle,

liefdestale en talente. Dit help jou om jou kinders (en jou man!) beter te verstaan.

Verskillende kinders het verskillende behoeftes. Almal ervaar liefde verskillend en benodig

verskillende benaderings tot dissiplinering. Dit is regtig die moeite werd om jou kinders

elkeen individueel te leer ken sodat jy hulle later kan help om hulleself beter te verstaan.

Op die einde wil ons nie uitbrand op hierdie reis nie, maar ons wil dit geniet…so maak tyd en

ruik die blomme langs die pad !

Page 19: GELUKKIGE HUISEGELUKKIGE HUISE · 2015-04-04 · die huis te wees, herstel. Toewyding Hierdie boek word opgedra aan my eie ma wat altyd by die huis was soos ons grootgeword het en

MY HUIS IS NIE BANG MY HUIS IS NIE BANG MY HUIS IS NIE BANG MY HUIS IS NIE BANG NIENIENIENIE (deur Hendrine Krieg) (deur Hendrine Krieg) (deur Hendrine Krieg) (deur Hendrine Krieg)

Ek was ‘n werkende vrou vir ‘n lang tyd voor ek kinders gehad

het en die besluit geneem het om tuis te bly om hulle groot te

maak. Om te kan werk het sy voordele. Ek was finansieel

onafhanklik en vry. Vry om te kon doen wat ek wou wanneer

ek wou. Natuurlik was daar nie kinders nie, en die vryheid was

buite werksure. En dit het alles verander met my seun se

geboorte. Ek moes drie traumatise gebeure verwerk : eerstens

om ma te word, dan om finansieel afhanklik te raak en derdens

om net by die huis te wees. Dit het gelei tot die ontwikkeling

van vrese en onsekerhede. Ek was bang dat daar nie genoeg

geld sal wees nie. Ek was bang dat my brein gaan stagneer

vanweë verminderde intellektuele stimulasie. Ek was bang ek

verloor my werkende vriende en dat hulle nie vervang gaan

word deur ander nie. Ek was bang dat ek nooit weer tyd vir

myself gaan hê nie.

Ironies genoeg, was dit een van my werkende vriende wat my aan my eerste tuisblyma-

vriendin voorgestel het. Dit was in haar tuin waar ons altwee tot ‘n belangrike besef gekom

het. Ons het in die skadu van haar pragtige boom gesit en koffie teug terwyl ons ons twee

klein seuntjies dopgehou het waar hulle in die sand speel en ons het gekla. Gekla oor alles

wat ons nie meer gehad het nie en waarskynlik nooit weer sou hê nie. Geld, tyd, vryheid.

Skielik het ons besef hoe onregverdig ons was. Ons het pragtige tuine, mans wat gewillig is

om te werk sodat ons tyd met ons lieflike kinders kan deurbring, en meer tyd as wat

ons weet hoe om te spandeer, solank ons uitstappies ons kinders kon insluit… en ons

het mekaar. ‘n Vriendin is die heel belangrikste hulp vir enige tuisblymamma.

Sonder vriendinne sou elkeen van ons in haar eie hoekie sit en dink die wêreld is ‘n

wrede, eensame plek. Ek het begin soek na geleenthede om ander tuisblymammas te

ontmoet. Ek het ontdek dat babawinkels en kinderaktiwiteite ideale plekke is om ander

mammas te ontmoet. Soos ek meer mammas ontmoet het, het my lysie van baie belangrike

vriendinne gegroei. Aangesien ek by die huis was het ek genoeg tyd gehad om met hierdie

spesiale mense deur te bring en so ons vriendskap te versterk. Buiten die stimulerende

intellektuele gesprekke wat ons voer, kan ek op my vriendinne staatmaak om my vrese en

bekommernisse te deel, om te verstaan wanneer ek my besluit om ‘n tuisblymamma te wees

in twyfel trek en selfs om my kinders op te pas wanneer ek regtig tyd vir myself nodig het.

Dit herinner my aan die tweede gewaarwording wat daartoe gelei het dat ek nou ‘n ten volle

aangepaste tuisblymamma kan wees. Ek was by die haarkapper (‘n skaars bederfie), terwyl

my ma na my baba gekyk het. Die haarkapper het toe haar klein babatjie by haar in die salon.

Natuurlik gesels ons toe oor babas, soos mammas maar doen, en sy erken toe dat sy baie

jaloers is dat ek tuis by my kinders kan wees en sy moet werk en haar baba moet binnekort na

‘n dagmoeder toe gaan. Toe sy my vra of ek my hare ook wil kleur moes ek nee sê (ek kon dit

nie bekostig nie), en toe besef ek dat omdat ek die keuse gemaak het om nie my hare

te kleur nie, ek tuis kon bly. Die ander belangrike ding om te besef is dus dat jy nie

‘n slagoffer van jou situasie is nie – mens kies om tuis te bly. Hierdie besef het my

die krag gegee om meer beheer oor my lewe te neem. Ek wil by die huis wees. Ek is bereid

om sekere luukshede op te offer sodat ek hierdie voorreg mag hê. Ek is nie meer bang vir die

implikasies van tuisbly nie. Wanneer ek twyfel of depressief of alleen voel, probeer ek twee

dinge doen: Ek herinner myself daaraan dat dit my eie keuse was en ek bel ‘n vriendin.

My huis is nie bang nie

Page 20: GELUKKIGE HUISEGELUKKIGE HUISE · 2015-04-04 · die huis te wees, herstel. Toewyding Hierdie boek word opgedra aan my eie ma wat altyd by die huis was soos ons grootgeword het en

MY HUIS IS IN MY DROMY HUIS IS IN MY DROMY HUIS IS IN MY DROMY HUIS IS IN MY DROMEMEMEME (deur Yolanda Janse van Rensburg) (deur Yolanda Janse van Rensburg) (deur Yolanda Janse van Rensburg) (deur Yolanda Janse van Rensburg)

Wat is ‘n huis ? ‘n Huis is ‘n droom. Meer gereeld ‘n goeie

droom, maar nie altyd ‘n gelukkige droom nie.

‘n Vrou se hart moet eerste vol passie vir God in haar eie hart

wees en vir haar eie kinders voor daar kompassie vir ander kan

wees – die ontvangers van haar beste moet eers haar eie familie

wees. Hoe gereeld is dit nie die geval nie, en ons eie gesinne

ontvang nie ons beste nie, maar die laaste van ons energie. As

dit my droom is dat my huis ‘n klein bietjie hemel is, dan moet

ek daaraan werk elke dag. Dit is die verantwoordelikheid van

die ma om dit te help gebeur. Die ma bepaal die atmosfeer in

die huis. Is jou huis se atmosfeer warm, liefdevol, positief en

opbouend ? Of koud, negatief en afbrekend ? Is die

verhoudinge so dat dit mens uitnooi om van jouself te deel of

dalk net mooi andersom – waar die moed om jouself te wees

ontmoedig word ? Maar hoe doen mens dit ? Hoe bly ‘n ma positief en liefdevol en geduldig

met die uitdagings van elke dag ?

Tyd is ‘n gawe van God en hoe ons dit gebruik sal bepaal of ons teenwoordigheid ander sal

uitnooi om naby te wees of weg te gaan. Ons as ma’s van die huis kan of ‘n aangename

atmosfeer skep of so negatief wees dat selfs ons mans en kinders sal wil wegbly. Daar is so

baie dinge wat waardevolle tyd en die mooi atmosfeer in ons huise kan steel – woede,

onvergifnis, jaloesie, haat, selfsug, kritiek, seer woorde ens. Moenie tyd spandeer op hierdie

atmosfeer diewe nie, maar spandeer eerder tyd in gebed voor die Vader se hart en leer van

Hom, verstaan en voel Sy liefde vir jou, ontvang Sy wysheid en woorde vir elke dag. Dan sal

jou houding Sy glorie reflekteer soos dit veronderstel is om te doen, in jou eie huis en dan

uitwaarts na ander. Dit is al die klein aksies en klein woordjies van elke dag wat uiteindelik

‘n atmosfeer van liefde in ons huise gaan skep – ‘n klein bietjie hemel hier op aarde – die

droom wat ons almal het. Daar is geen groter bediening area as om ‘n ma te wees nie. Dit is

‘n voorreg en ‘n eer om ‘n ma te wees – met die verantwoordelikheid om kinders groot te

maak vir ons hemelse Vader.

Soms is ‘n huis ‘n nimmereindigende storie van opruim en skoonmaak sonder dat

dit raakgesien word tensy dit nie gebeur nie. Jou persoonlike houding tot

skoonmaak werk sal ook die atmosfeer in die huis bepaal. As jy leer om te

ontspan oor huis werk, sodat dit nie ‘n las is nie, maar net ‘n nodige en tog genotvolle taak –

gaan uit en leer van iemand wat dit goed onder die knie het. In my huis word die kinders

betrek by huis skoonmaak werk, en so is huis werk nie meer ‘n las nie, maar ‘n gesinsprojek

wat saam voltooi word met groot bevrediging. Op hierdie manier leer die kinders

verantwoordelikheid, om hulle wêreld te orden en selfdissipline in die doen van nie-altyd-

lekker-nie maar nodige take ! Noudat ek geleer het om te ontspan oor huis werk, het ek meer

tyd. Wanneer almal help het ons almal meer tyd vir die belangriker dinge in die lewe.

En laastens – weet daar is nie so iets soos ‘n perfekte ma nie ! Ons maak almal

foute. En jy ook ! Dit is nie jou perfeksionisme wat bepaal hoe perfek jou kinders

grootword nie, maar jou menslikheid en nederigheid en vermoë om te leer uit jou

foute. Wees volwasse genoeg om jou foute te herken, te erken en om vergifnis te

vra van jou kinders ook in die proses van opvoeding. Jy hoef nie die slaaf in jou

My huis is in my drome

Page 21: GELUKKIGE HUISEGELUKKIGE HUISE · 2015-04-04 · die huis te wees, herstel. Toewyding Hierdie boek word opgedra aan my eie ma wat altyd by die huis was soos ons grootgeword het en

eie huis te wees nie, maar probeer die beste JY wees, en nie die slegste jy nie. Laat jou

familie weet jy ag hulle waardevol as individue en dat hulle die mees belangrike mense in jou

lewe is – wys dit deur jou aksies en nie net in woorde nie. Laat hulle verstaan jy is altyd

beskikbaar vir hulle en dat hulle jou kan vertrou met hulle harte. Wys hulle jy is

geinteresseerd in hulle en dat hulle op jou aandag kan staatmaak as hulle dit nodig het.

Hierdie is die klein aksies wat in die elke dag plaasvind – veral met jou klein kindertjies.

Maar moenie jouself afskeep nie en besef dat jy ook behoeftes het wat vervul moet word om

‘n suksesvolle ma en vrou te wees. Om my drome vir my huis te sien waar word, moet ek ‘n

kaart kan gee vir my kinders om hulle pad te vind, maar ek kan nie hulle plek inneem en die

pad vir hulle reis nie ! Iemand het iewers gesê “Julle mag julle kinders liefde gee maar nie

julle gedagtes nie want hulle het hulle eie gedagtes. Julle mag julle kinders se liggame

huisves maar nie hulle siele nie. Julle mag strewe om soos hulle te wees maar moenie

probeer om hulle soos julle te maak nie. Want die lewe beweeg nie agteruit nie, nog minder

vertoef dit met die dag van gister.”

Page 22: GELUKKIGE HUISEGELUKKIGE HUISE · 2015-04-04 · die huis te wees, herstel. Toewyding Hierdie boek word opgedra aan my eie ma wat altyd by die huis was soos ons grootgeword het en

My huis is vol warmte

‘N WARM HUIS VERMY D‘N WARM HUIS VERMY D‘N WARM HUIS VERMY D‘N WARM HUIS VERMY DIE KOUE NEGATIEWE IE KOUE NEGATIEWE IE KOUE NEGATIEWE IE KOUE NEGATIEWE (deur Lizette Rouss(deur Lizette Rouss(deur Lizette Rouss(deur Lizette Rousseau)eau)eau)eau)

Soos wat my kinders meer en my tyd minder geraak het, het ek

ontdek dat daar 'n paar dinge is wat ek moet vermy om ten einde

die Mamma te wees wat my kinders nodig het. Dis koue

negatiewe wat vermy moet word om 'n warm huis te skep.

*Moenie jouself vergelyk nie. 'n Goeie resep om misrabel te

voel is om jouself te vergelyk met ander en dink jy skiet tekort.

Ons verskil almal van mekaar en het verskillende

omstandighede, talente en doelstellings. Ek het byvoorbeeld

vier kinders en ek kan nie wat ek in 'n dag gedoen kry, vergelyk

met iemand wat twee kinders het nie. Die hoeveelheid, geslag,

ouderdomme en spasiëring van jou kinders speel 'n rol. Ook jou

finansies en betrokkenheid (of onbetrokkenheid) van jou man.

Aanvaar jou lewensomstandighede, geniet jou vriende, maar

moenie vergelyk nie.

* Moenie jou huwelik afskeep nie. Die fondasie van goeie ouerskap is 'n gesonde en

gelukkige huwelik. Jou verhouding met jou man kom voor jou verhouding met

jou kinders. Ek weet dit is makliker gesê as gedaan, veral wanneer jou kinders

nog klein is. Maar moenie moed opgee nie, dit word makliker soos wat hulle

groter word!

* Moenie te moeg word nie en moenie belangrike besluite neem as jy moeg is nie.

Jy moet jou eie grense ken en nie die waarskuwingstekens ignoreer wat vir jou wys wanneer

jy rus nodig het nie. Mens bereik gewoonlik meer wanneer jy gereeld rus en ook iets doen

wat vir jou lekker is. In hierdie verband is 'n goeie boek om te lees 'The Power of Full

Engagement – managing energy, not time, is the key to high performance' by Jim Loehr and

Tony Schwartz.

* Vermy onrealistiese verwagtinge. Baie kere is dit nie die dinge wat ons doen wat ons

moeg maak nie, maar die dinge wat ons nie gedoen kry nie! En dit dreineer ons emosionele

energie. Almal het net 24 uur per dag. As jy daardie tyd goed bestuur en steeds nie alles

gedoen kry nie, dan probeer jy om te veel doen!!

* Pasop vir perfeksionisme. Dit dreineer jou energie. Een van die tekens van

perfeksionisme is as jy te veel probeer doen. Deur te veel aan te pak begin jy die siklus van

perfeksionisme wat tot mismoedigheid lei. Streef eerder vir uitnemendheid, doen alles na die

beste van jou vermoë en gee jouself toestemming om soms nie perfek te wees nie. Lees gerus

meer hieroor in Dr. Kevin Leman's se boek 'The Birth Order book'.

* Moenie jou kinders bederf deur alles vir hulle te doen nie. Jy doen nie hulle of jouself ‘n

guns nie. Laat hulle help in en om die huis soos wat hulle vermoëns al toelaat en gee meer

verantwoordelikheid soos hulle groter word. Jou huis is die beste opleidingsplek vir

lewensvaardighede, en jy is die beste onderwyser.

* Moenie jou kinders die middelpunt van die huishouding maak nie. Lewe saam met jou

kinders, nie net vir hulle nie. Hulle is ‘n welkome byvoeging tot jou familie, nie die

middelpunt daarvan nie.

Page 23: GELUKKIGE HUISEGELUKKIGE HUISE · 2015-04-04 · die huis te wees, herstel. Toewyding Hierdie boek word opgedra aan my eie ma wat altyd by die huis was soos ons grootgeword het en

* Moenie jou kinders se emosionele behoeftes afskeep nie ’n Kind wie se liefdestenk leeg

is, is baie dreinerend. Ek het oor en oor gesien hoe ‘n moeilike kind se houding verander

wanneer hy weer die nodige aandag kry. Een manier hoe dit vir ons werk is deur ‘aande’ te

hou. Elke kind kry ‘n beurt om ‘n aand so bietjie later wakker te bly terwyl die ander bietjie

vroeër moet kamer toe gaan. Almal werk saam want hulle weet hulle beurt kom ook later.

Die kind wie se beurt dit is, kan kies wat hy wil doen saam met pa of ma. Ek hou ook

spesiale eetgoedjies vir daardie aande. Dit werk vir ons en die kinders sien uit na hulle

spesiale aande. Dis ook veel makliker om onverdeelde aandag aan een kind op 'n slag te gee.

* Moenie jou kinders se dissiplinering afskeep nie. Kinders voel veiliger as

die grense duidelik is. Om te dissiplineer eis ‘n klomp energie, maar as jy dit

nie doen nie maak jy die lewe vir jouself later baie moeiliker as wat dit kon

gewees het.

* Moenie gesondheid afskeep nie. Alhoewel dit moeite en geld kos om gesond te eet, is

dit beter as om later by dokters en hospitale te land. Die langtermyn voordele maak dit

regtig die moeite werd om te belê in jou gesin se gesondheid. Om te lees oor gesondheid

en daaroor met ander te gesels help my om vol te hou daarmee. ‘n Gesonde dieet

affekteer beslis ‘n kind se prestasie met skoolwerk. Daar is baie faktore wat mens se

gesondheid beinvloed: Die kwaliteit water wat jy drink, die kos wat jy eet en die

aanvullings wat jy neem. Oefening, die omgewing waar jy bly, of genoeg slaap en rus,

en ook hoe jy stres hanteer of ignoreer.

* Moenie die waarde van wat jy doen meet aan wat mense dink nie. Meet eerder wat

jy doen aan wat God van jou dink en weet dat Sy gedagtes jeens jou altyd goed en vol

liefde is. Jy sal eendag rekenskap gee vir jou eie lewe, nie vir iemand anders s'n nie. Dit

wat in die ewigheid gaan saakmaak is dit wat saakmaak. Soek eers die koninkryk van

God en Sy geregtigheid en al hierdie ander dinge sal vir jou bygevoeg word.