general education and training certificate for …

61
GETCA Afrikaans Curriculum GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR ADULTS NQF LEVEL 1 SUBJECT STATEMENT AFRIKAANS JULY 2017

Upload: others

Post on 20-Nov-2021

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR …

GETCA Afrikaans Curriculum

GENERAL EDUCATION AND TRAINING

CERTIFICATE FOR ADULTS

NQF LEVEL 1

SUBJECT STATEMENT

AFRIKAANS

JULY 2017

Page 2: GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR …

GETCA Afrikaans Curriculum

CURRICULUM STATEMENT FOR THE GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR ADULTS (GETCA)

Department of Higher Education and Training

123 Francis Baard Street

Private Bag X174

Pretoria 0001

South Africa

Tel: +27 12 312-5911

Fax: +27 12 321-6770

www.dhet.gov.za

© 2017 Department of Higher Education and Training

Page 3: GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR …

GETCA Afrikaans Curriculum Page 1

GETCA CURRICULUM

AFRIKAANS TAAL Inhoudsopgawe

Inleiding .................................................................................................................................................................... 2

Doelstellings ............................................................................................................................................................ 4

Uittreevlakuitkomste ........................................................................................................................................... 5

Gewig van uittreevlakuitkomste ..................................................................................................................... 5

Werkskema vir assessering .............................................................................................................................. 6

Struktuur van eksamenvraestelle .............................................................................................................. 6

Riglyne vir dosente en leermateriaalontwikkelaars ............................................................................... 7

Riglyne vir praktiese werk / aktiwiteite ...................................................................................................... 9

Aannames van vorige kennis en vaardighede .........................................................................................10

TEMA 1: TAAL EN PERSOONLIKE ONTWIKKELING .............................................................................11

Inleiding .............................................................................................................................................................11

Rasionaal vir die seleksie van inhoud .....................................................................................................11

Struktuur van die inhoud ............................................................................................................................11

THEME 2: AFRIKAANS EN ONS OMRINGENDE WÊRELD ...................................................................18

Inleiding .............................................................................................................................................................18

Rasionaal vir die keuse van inhoud .........................................................................................................18

Inhoudstruktuur .............................................................................................................................................18

THEMA 3: AFRIKAANS EN DIE WERKPLEK .............................................................................................28

Inleiding .............................................................................................................................................................28

Rasionaal vit inhoudseleksie ......................................................................................................................28

Afrikaans en die inhoudstruktuur van ʼn beroep ...............................................................................28

TEMA 4: AFRIKAANSE LETTERKUNDE EN VERMAAK ........................................................................33

Inleiding .............................................................................................................................................................33

Rasionaal vir inhoudseleksie .....................................................................................................................33

Inhoudstruktuur .............................................................................................................................................33

Voorgestelde studietyd .....................................................................................................................................40

Taalonderrigbenaderings ................................................................................................................................41

Opsomming met voorgestelde aktiwiteite ................................................................................................45

Tema.........................................................................................................................................................................45

Toepaslike taalstrukture ..................................................................................................................................45

Voorstelle vir aktiwiteite .................................................................................................................................45

Vrae vir besinning ...............................................................................................................................................45

Glossarium ............................................................................................................................................................49

Page 4: GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR …

GETCA Afrikaans Curriculum

Inleiding

Die doelwitte van die Algemene Onderwys- en Opleidingsertifikaat vir Volwassenes (AOOSV) is om te bewys dat volwasse studente oor ʼn voldoende, substansiële grondslag van dissiplinegebaseerde kennis, vaardighede en waardes beskik om betekenisvolle sosio-kulturele, politieke en ekonomiese deelname te versterk, om ʼn grondslag vir verdere en/of meer gespesialiseerde leer, byvoorbeeld die Nasionale Senior Sertifikaat vir Volwassenes (NASSV) te voorsien, en om die waarskynlikheid van ʼn beroep te versterk. Hiervolgens bevorder die AOOSV ʼn holistiese ontwikkeling van volwasse studente. Inleiding tot die Kurrikulum Die kernvaardighede wat in die AOOSV-kurrikulum ontwikkel word, is die volgende:

Die bevoegdheid om uitgebreide skryfstukke te ontwikkel wat ʼn duidelike gedagtegang en/of die ontwikkeling van ʼn gefokusde gesprek of argument toon.

Die bevoegdheid om ʼn uitgebreide teks te lees te verstaan, te analiseer om die kerngedagtes of kwessies te bepaal, daaroor te besin, en vervolgens dié idees en gedagtes wat tydens besinning voortgevloei het, te rapporteer of te bespreek.

Die verband tussen konsepte en idees van die verskillende kurrikula met globale, plaaslike en persoonlike ervarings aan te toon.

Die vermoë om te bepaal hoe om eie leer betekenisvol toe te pas op ʼn praktiese vlak sodat dit bydra tot eie lewenservarings en dié van die studentegemeenskap in beide die werkplek, asook in hulle persoonlike lewe.

Die gebruik van verskillende geletterdhede wat nodig is vir doeltreffende deelname aan die samelewing en vir gebruik in die werkplek as deel van die wêreldekonomie en wat nie net vaardighede soos luister, praat, lees, skryf en orale tradisies insluit nie, maar ook ander geletterdhede soos die gebruik van media, grafiese voorstellings, inligting, rekenaars, en kulturele en kritiese geletterdheid.

In hierdie opsig vereis leer en onderrig in die AOOSV dat studente die nodige vaardighede ontwikkel om uitgebreide skryfstukke te produseer en voldoende tyd afstaan aan die inoefening van hierdie vaardighede. Rubrieke word voorsien om as riglyne vir studente te dien tydens die ontwikkeling en inoefening van hierdie vaardighede. Voorts, waar toepaslik, maak die leerarea kurrikula voorsiening vir gevallestudies as ʼn assesseringsmetode. Studente behoort genoegsame geleentheid te kry om vaardighede wat verband hou met uitgebreide lees te ontwikkel, en om oor die inhoud en struktuur van dié tekste en hulle eie kennis daarvan te besin, sodat hulle afleidings kan maak of aan betekenisvolle gesprekke oor die onderwerp kan deelneem. Elke student word aangemoedig om te besin oor eie leer as ʼn manier om konsepte, idees en inligting wat in die kurrikulum gedek word, te internaliseer. Alhoewel sekere kurrikula vereis dat studente ʼn joernaal moet aanhou om besinnings oor leerervarings aan te teken, word studente aangemoedig om vir elke leerarea ʼn joernaal te hê om te verseker dat hulle belangrike inligting, gedagtes en idees van hulle verwagte leer aan te teken en daaroor te besin. Elke kurrikulum belig globale kwessies wat verband hou met die leerarea wat bestudeer word, en stel verwagtings dat studente oor hierdie kwessies op ʼn globale vlak moet besin. Daar bestaan ook die verwagting dat studente in staat sal wees om te kan identifiseer hoe

Page 5: GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR …

GETCA Afrikaans Curriculum

hierdie kwessies op ʼn plaaslike vlak manifesteer en hoe die student in sy/haar persoonlike, alledaagse lewe verandering kan bewerkstellig in die hantering van só ʼn kwessie. Volhoubaarheid, byvoorbeeld, het globale, plaaslike en op ʼn persoonlike vlak implikasies. Waarom Afrikaans? Vir ʼn Suid-Afrikaanse burger om in staat te wees om ʼn ekonomiese, politieke en sosiale bydrae tot ʼn multikulturele en veeltalige land te lewer, is dit noodsaaklik om minstens twee amptelike Suid-Afrikaanse tale magtig te wees. Afgesien van die feit dat Engels die lingua franca van Suid-Afrika is wat betref die ekonomie, regering, politiek en onderwys, is daar vele kommunikasie- en werksgeleenthede vir mense wat ook Afrikaans magtig is. Die vak Afrikaans is op so ʼn manier gestruktureer dat dit optimale taalgebruikskennis vir die student bied met inagneming van die feit dat die Suid-Afrikaanse volwasse student wat hierdie program wil volg, vanuit ʼn wye verskeidenheid sosiale, ekonomiese en kulturele kontekste afkomstig is, én kan verskil ten opsigte van hulle opvoedkundige agtergrond en doelwitte. Tydens die ontwikkeling van hierdie kurrikulum is buigsaamheid en relevantheid as kernbeginsels in gedagte gehou. Om relevant te wees vir ʼn wye verskeidenheid studente en buigsaam te wees vir verskeie modusse, is hierdie kurrikulum, wat inhoud en pedagogiese metodiek betref, eerder aanbevelend as voorskrywend. Die kurrikulum is betekenisvol in dié opsig dat dit studente in staat stel om grootliks vanuit hulle persoonlike kontekste en ervarings te put terwyl hulle studeer. Om in staat te wees om aan die diverse behoeftes van volwasse studente te voldoen, is die kurrikulum buigsaam en aanpasbaar om op veelvuldige maniere aangebied te word. Die hoofsaak van hierdie kurrikulum is om studente met die nodige instrumente toe te rus wat hulle sal help om onafhanklik hul taalvermoëns te ontwikkel sodat hulle bemagtig is en lewenslange leerders van die taal kan wees. Hierdie kurrikulum funksioneer vanuit die veronderstelling dat die student oor Afrikaanse geletterdheidsvaardighede beskik.

Page 6: GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR …

GETCA Afrikaans Curriculum

Doelstellings

1. Voorsien ʼn betekenisvolle, opvoedkundige ervaring vir volwasse studente wat hulle in staat sal stel om die volgende te doen: 1.1. Herken die belangrikheid van Afrikaans in hul daaglikse lewe. 1.2. Toon selfvertroue in die gebruik van Afrikaans in verskillende kontekste. 1.3. Toon gereedheid vir verdere studies, nie net in Afrikaans as vak nie, maar vir

enige vak wat in Afrikaans onderrig word.

2. Gebruik taal as ʼn instrument om krities en kreatief betrokke te raak met die omringende wêreld.

3. Voorsien aan studente ʼn betekenisvolle onderrig- en leerervaring wat hulle in staat sal stel om die volgende te doen: 3.1. Erkenning gee aan die belangrike rol van taal in die alledaagse lewe. 3.2. Optree met selfvertroue in ʼn verskeidenheid kontekste. 3.3. Gereed wees vir verdere studie, nie net in Afrikaanse as vak nie, maar in enige vak

wat in Afrikaans onderrig word.

4. Ontwikkel Afrikaanse taalvaardighede wat studente in staat sal stel om die volgende te doen: 4.1. Luister aandagtig en praat Afrikaans vlot. 4.2. Lees, tree in interaksie met en verstaan ʼn wye verskeidenheid Afrikaanse tekste vir

begrip en taalstrukture. 4.3. Toon doeltreffende uitdrukkingsvermoë in Afrikaans, sowel mondelings as

skriftelik. 4.4. Produseer en analiseer ʼn verskeidenheid kommunikatiewe vorme toepaslik vir die

konteks. 4.5. Betree en neem doeltreffend deel aan die beroepswêreld.

5. Ontwikkel en kweek waardering vir Afrikaanse niefiksie, asook letterkunde (roman,

kortverhaal, drama, poësie) en visuele geletterdheid.

6. Kweek kreatiwiteit en verbeelding.

7. Ontwikkel die bevoegdheid om tekste krities te ontleed en toon begrip vir die impak wat teksinhoud op lewenswerklike besluitneming het.

Page 7: GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR …

GETCA Afrikaans Curriculum

Uittreevlakuitkomste

Aan die einde van hierdie kursus behoort studente in staat te wees om die volgende te doen: 1 Luister en praat vir ʼn wye verskeidenheid doelstellings, kontekste en teikengroepe.

2 Lees en kyk na tekste vir begrip en kan ʼn wye verskeidenheid literêre en nieliterêre

tekste krities evalueer en daarop reageer.

3 Skryf en bied tekste aan vir ʼn wye verskeidenheid doelstellings en teikengroepe deur toepaslike konvensies en formate vir diverse kontekste te gebruik.

4 Gebruik taalstrukture en -konvensies doeltreffend.

Gewig van uittreevlakuitkomste

Luister en praat 20%

Lees en kyk 30% Skryf en aanbied 30%

Taalstrukture 20%

Vereiste gewig van kognitiewe vlakke

Kognitiewe vlak Voorbeeld Gewig

Letterlik (Vlak 1)

Vrae oor inligting wat eksplisiet in die teks is. 20%

Herorganiseer (Vlak 2)

Vrae wat analise, sintese of organisasie van inligting, wat eksplisiet in die teks gegee word, vereis.

30%

Aflei (Vlak 3)

Vrae wat vereis dat studente boodskappe, wat nie eksplisiet in die teks gegee word nie, moet kan interpreteer deur inligting vanuit verskillende dele van die teks of verwante leidrade in die teks in verband te bring met hulle vorige leer en ervarings, en gevolgtrekkings daarvolgens maak.

30%

Evalueer (Vlak 4)

Hierdie vrae handel oor die beoordeling van waardes, houdings en verdienstelikheid (meriete). Dit sluit in oordele wat verband hou met die realiteit, geloofwaardigheid, feite en menings, logika en beredenering, en kwessies soos die gepastheid en aanvaarbaarheid van besluite en optredes betreffende waardes en moraliteit.

20%

Waardeer (Vlak 5)

Hierdie vrae is bedoel om toegang te verkry tot die psigologiese en estetiese impak van tekste op studente. Die vrae fokus op studente se emosionele reaksie op teksinhoud, identifisering met karakters of gebeure, en reaksie op ʼn skrywer se taalgebruik (soos woordkeuse en beelde).

Page 8: GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR …

GETCA Afrikaans Curriculum

Werkskema vir assessering

Die finale assesseringspunt vir hierdie vak sal behaal word deur middel van ʼn enkele eksterne eksamen. Tydsduur: 2 uur Puntetoekenning: 180 punte

Omskrywing Punte Gewig

A. Taal in konteks: (70)

Leesbegrip (visuele en inligtingstekste)

Opsomming

Taal

30

10

30

B. Letterkunde: (40)

Roman of kortverhale of drama

Poësie

20

20

C. Skryf: (70)

Opstel

Transaksionele tekste

40

30

Struktuur van eksamenvraestel

Eksamenvraestelle behoort die volgende in te sluit: Een teks vir leesbegrip van 300-400 woorde. Indien ʼn langer teks verkies

word, kan dit ook gebruik word om grammatika/taalstrukture te eksamineer. Alternatief kan twee kort tekste gebruik word: een vir leesbegrip (250-300 woorde), en een ander kort teks (150-200 woorde) om grammatika/ taalstrukture te assesseer.

ʼn Visuele teks, soos ʼn advertensie, rolprentplakkaat of ʼn nuusberig met foto’s vir visuele geletterheid. Hierdie afdeling se teks(te) kan inhoudelik verband hou met die leesbegripsteks, maar dit hoef nie noodwendig met daarmee te skakel nie.

ʼn Situasionele of transaksionele teks wat een van die volgende is: o ʼn e-pos of ʼn navraag, kompliment of klagte; o ʼn brief aan die redakteur van ʼn koerant of tydskrif; o ʼn vriendskaplike brief; o ʼn dekbrief vir ʼn werksaansoek; o ʼn voorbereide toespraak; o ʼn nuusberig; o ʼn verslag o ʼn blog.

Die afdeling vir letterkunde sluit in kortverhale, ʼn roman of ʼn drama (uittreksels), en een gedig vir eksamendoeleindes.

Kreatiewe skryfwerk sluit in verskillende verhalende, beskrywende en beredenerende onderwerpe waarvan die student een kies vir eksamendoeleindes.

Page 9: GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR …

GETCA Afrikaans Curriculum

Riglyne vir dosente en leermateriaalontwikkelaars

Die AOOSV-student

Daar moet in gedagte gehou word dat die student wat die AOOSV-kurrikulum wil aanpak, nie die tradisionele onderwysroete vir hierdie kwalifikasie gevolg het nie. Die vlak, omvang en kwaliteit van die student se vorige onderwys kan radikaal verskil, die ouderdom van die studente kan strek vanaf ʼn jong volwassene tot ʼn senior burger, daar kan ʼn redelike tydsverloop wees sedert ʼn student se laaste onderrig en vorige leeraktiwiteite, en studente se emosionele en intellektuele volwassenheidsvlakke kan verskil. Die AOOSV-student kan werkloos wees, ʼn deeltydse of voltydse beroep beklee. Dit is dus moontlik dat hierdie studente ʼn balans moet handhaaf tussen hulle verantwoordelikhede en studies. Dit is ook belangrik om te onthou dat, alhoewel hierdie kurrikulum vir die vak Afrikaans is, die meeste van die studente nie Afrikaanssprekendes is nie. Die wyse waarop hierdie kurrikulum die behoeftes van ʼn student wil akkommodeer, sluit die volgende in: 1. Persoonlike joernaal: Om die diverse behoeftes van ʼn volwasse AOOSV-student te

akkommodeer en om ʼn kultuur van lewenslange leer te bevorder, implementeer hierdie kurrikulum prosesskryf in die vorm van ʼn geskrewe joernaal wat studente voortdurend vir persoonlike besinning gaan gebruik. Dosente en leermateriaal-ontwikkelaars moet begrip toon vir die feit dat ʼn student aanvanklik nie in Afrikaans in sy/haar joernaal sal skryf nie. Studente wat nog nie die selfvertroue het of gemaklik voel om in Afrikaans hulself skriftelik in taal uit te druk nie, kan ʼn ander taal gebruik waarin hulle gemaklik kan skryf om sodoende die gewoonte te ontwikkel om joernaalinskrywings te maak. Hulle kan mettertyd, soos hulle selfvertroue ontwikkel, oorskakel na Afrikaans. Hierdie kurrikulum bied aan die studente voorstelle vir vrae wat ʼn verband tussen die verskillende temas skep. Hierdie vrae kan aan studente gegee word om daaroor in hulle joernale te skryf of om as besprekingspunte in klas- of groepgesprekke te gebruik. Die vrae kan uitgebrei word en deur die dosent gebruik word waar toepaslik of relevant. Vrae is só geformuleer dat dit studente in staat sal stel om te besin oor hulle eie leer, oor die onderwerp of tema wat hulle bestudeer, en oor die relevantheid van hulle leer in hul daaglikse lewe. Die funksie van die joernaal is die volgende: a. Die joernaal help die student om skryfvaardighede gereeld te oefen sonder

die vrees dat dit geassesseer gaan word. b. Omrede ʼn portefeulje nie gebruik word nie, help die joernaal studente om ʼn

persoonlike verslag van hulle vordering te hou tydens die verloop van hul studies. Die joernaal kan ook ʼn student se persoonlike woordeskat insluit indien die student of dosent sou besluit om dit vir ander funksies te gebruik.

c. Dit help met persoonlike organisering. d. Dit bevorder by studente ʼn bewuste deelname aan hulle leerproses, asook ʼn

betrokkenheid met en kritiese ontleding van hul omringende wêreld.

2. Tekste om te bestudeer en te ontleed: Dosente behoort studente aan te moedig

Page 10: GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR …

GETCA Afrikaans Curriculum

om tekste waarmee hulle op ʼn daaglikse grondslag te doen kry, te gebruik. Alhoewel dosente dalk kan voel dat studente se geselekteerde tekste nie altyd pedagogiese waarde het of op die korrekte standaard is nie, moet hulle nogtans studente aanmoedig om hulle eie tekste te kies – soos ʼn gedrukte advertensie of ʼn sosiale media teks – vir ontleding in die klaskamer. Op dié wyse word verskeie opvoedkundige geleenthede geskep en dit moedig studente se deurlopende deelname aan, asook ʼn verhoogde kritiese bewustheid by studente van hul omringende wêreld. Dit impliseer nie dat alle tekste deur studente verskaf moet word nie, maar net dat dosente bewus moet wees van studente se gebruik van eie tekste. Studente behoort hulp te ontvang om literêre tekste te gebruik wat inhoudelik toeganklik is én voldoende uitdagings bied wat opvoedkundige waarde betref.

3. Struktuur van die kurrikulum Voor die aanvang van die onderrig van hierdie kurrikulum is dit belangrik om die volgende belangrike eienskap te onthou: Heelwat taalkurrikula volg ʼn tematiese benadering waarvan taalstrukture en -konvensies een van die temas is. Omrede hierdie kurrikulum fokus op die skep van ʼn praktiese, buigsame en relevante leerervaring vir die AOOSV-student, vorm taalstrukture en -konvensies deel van elke tema sodat die tegniese aspekte van die taal – wat vir baie studente moeilik is – onmiddellik prakties toepaslik en relevant is. Leeruitkomste wat met taalstrukture verband hou, is derhalwe by elke tema ingesluit (ʼn geïntegreerde benadering) en word nie afsonderlik gelys nie.

Riglyne vir die dosent • Alhoewel hierdie kurrikulum hoofsaaklik ʼn tematiese struktuur volg, word dosente,

opleiers en onderwysers sterk aanbeveel om ʼn tematiese benadering te volg en verbande tussen die temas te skep sodat die inhoud van die temas ook met mekaar skakel. Voorbeelde van moontlike skakels en die wyse waarop dosente die oorgang van een tema na ʼn ander glad kan laat verloop, is in die onderwerpe vervat.

• Toeganklikheid en relevantheid vir die student, die buigsaamheid van studiemetodes, en die bevordering van ʼn kultuur van lewenslange leer by studente, is die fondamente van hierdie kurrikulum. Gevolglik behoort dosente voortdurend studente aan te moedig om in interaksie te tree met ʼn teks(te) waarmee die student in sy/haar daaglikse lewe te doen kry, eerder as voorgeskrewe tekste. Dosente moet deurentyd daarna strewe om studente se klaskamerleerervarings uit te brei na toepassings in die werklike lewe.

• Sekere aspekte van hierdie kurrikulum kan onderrig word as “eenmalige” lesse, maar ander komponente word ontwerp vir meer gereelde inoefening en gebruik. Dit word aanbeveel dat die volgende komponente van die kurrikulum deurlopende na verwys word tydens die opleidingstydperk:

o Die joernaal. o Die verklarende/tweetalige woordeboek, tesourus en ander woordelyste, soos

die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS). o Die basiese kommunikasiemodel.

• Dosente word aangemoedig om deur middel van gereelde gesprekke persoonlike

verhoudinge met hulle studente op te bou. Op hierdie manier kan dosente deurlopend

Page 11: GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR …

GETCA Afrikaans Curriculum

die behoeftes van hulle studente assesseer. Dosente word ook aangemoedig om ontvanklik te wees vir die verandering van prosesse sodat die leerproses relevant en bruikbaar bly.

Riglyne vir praktiese werk / aktiwiteite

Dit is voor die hand liggend dat deur luister, praat, lees, kyk en skryf, Afrikaanse taalvaardighede verbeter. Om te voldoen aan die vereistes van buigsaamheid en relevantheid, word dit aanbeveel dat dosente hulle studente aanmoedig om onafhanklik en proaktief te wees rakende wat hulle kies om te lees en te skryf. Dit kan gedoen word deur studente toe te laat om soveel moontlik self leestekste te kies en terselfdertyd leiding gee om tekste te kies wat beide toeganklik en uitdagend is. Studente moet aangemoedig word om so veel as moontlik besig te wees met die taal waarmee hulle gedurig in aanraking kom. Voorstelle in hierdie verband is die volgende:

Moedig studente aan om spel- en grammatikale foute in alledaagse tekste, soos plakkate, advertensies en TV-subtitels te identifiseer. Indien studente selfone het, kan hulle foto’s neem van ʼn teks met die taalfoute vir latere bespreking in die klaskamer. Daar kan elke week tyd afgestaan word om die foute én voorgestelde korreksies na te gaan.

Tradisionele speltoetse is steeds doeltreffend. ʼn Halfuur elke week kan bestee word aan kort vasvrawedstryde. (Die formaat kan aangepas word sodat dit prettig is.) Die doel van hierdie soort aktiwiteit is om studente se bevoegdheid om nuwe woorde te onthou, te assesseer. Die fokus behoort eerder op betekenis as korrekte spelling te wees. Dit is belangriker om die betekenis van ʼn woord te verstaan en in staat te wees om die woord korrek in konteks te gebruik.

Vra studente om tekste wat hulle self (buite die klaskamersituasie) gekies het te bespreek en ontleed – tydskrifte, koerante en TV-programme. Die literêre waarde van hierdie tekste is sekondêr. Wat belangrik is, is die bespreking en kritiese ontleding van die tekste in aansluiting met Tema 2 van hierdie kurrikulum.

Stig ʼn boekklub. Moedig studente aan om aanbevelings te maak vir tekste om te lees en leesboeke uit te ruil. Wanneer alfabetisering onderrig word, kan ʼn uitstappie na ʼn biblioteek (indien daar een is) gereël word. Die dosent kan studente help om geskikte leesstof te soek wat hulle sal aanmoedig om weer die biblioteek te besoek en meer te lees. Indien moontlik, kan ʼn klasbiblioteek begin word sodat beperkte hulpbronmateriaal gedeel kan word.

Die joernaalproses, soos vereis in Tema 1, behoort te verseker dat studente gereeld skryf. Tabel A bevat voorgestelde vrae vir hierdie proses, maar dosente behoort vrae, afhangende van onderwerpe wat in die klas bespreek word en wat as interessant en relevant beskou word deur ʼn spesifieke groep, deurlopend by te voeg. Joernaalinskrywings hoef nie lank te wees nie en hoef aanvanklik nie in Afrikaans geskryf te word nie. In die vroeë stadia van hierdie kursus is dit belangriker om goeie skryfgewoontes te ontwikkel eerder as om die nuwe taal op studente af te dwing. Buigsaamheid is van groter belang.

Page 12: GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR …

GETCA Afrikaans Curriculum

Aannames van vorige kennis en vaardighede

Studente wat hierdie kursus volg, behoort oor praktiese gebruikskennis van Afrikaans te beskik. Daar word egter nie verwag dat hulle die metataal van Afrikaanse letterkunde en grammatika (taalstrukture) vlot moet kan gebruik nie. Hulle behoort die taal voldoende te kan verstaan en in staat wees om met begrip Afrikaanse tekste, soos koerant- en tydskrifartikels te lees, asook toeganklike tekste uit die Afrikaanse literêre kanon. Studente moet ook in staat wees om hulself duidelik in Afrikaans uit te druk – beide mondelings en skriftelik. Onder ideale omstandighede behoort studente oor ʼn Graad 7 of ʼn VOO-sertifikaat te beskik. Dit is egter moontlik dat volwasse studente wat nie hulle formele studies op die genoemde vlak voltooi het nie, nogtans oor voldoende gebruikskennis van Afrikaans beskik, en in só ʼn mate dat hulle begripsvlak hul in staat sal stel om doeltreffend aan die vereistes op die vlak van hierdie kursus te voldoen.

Page 13: GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR …

GETCA Afrikaans Curriculum

TEMA 1: TAAL EN PERSOONLIKE ONTWIKKELING

Inleiding

Hierdie is die eerste tema van dié kurrikulum. Onderrig moet met hierdie tema begin. Dit moet die inleiding tot die kursus vorm omrede dit die onderrig- en leerinstrumente wat deurgaans in die kursus gebruik word, bevat en dit vorm die grondslag vir die temas wat volg. Dit bied ook aan studente geleenheid om taal vir persoonlike ontwikkeling te gebruik, ʼn eie identiteit te ontdek, om eie opinies te vorm en om op ander se menings te reageer.

Rasionaal vir die seleksie van inhoud

Alhoewel sekere aspekte van die studie van Afrikaans moontlik beperkend mag wees met betrekking tot spesifieke areas in die praktyk, vorm die inhoud van hierdie tema ʼn brug met al die ander komponente van die kurrikulum omrede dit in alle aspekte van studie en leer gebruik word. Dit bring taalgebruiksgewoontes tot stand wat sal verseker dat studente bemagtig en proaktief in hulle leerervarings is. Die tema skep die gewoonte van gereelde skryf, die onafhanklike gebruik van leerhulpmiddele deur die student, die konstante uitbreiding van woordeskat, ontwikkeling van begrip, asook die bevoegdheid om alle vorme van kommunikasie te dekodeer en krities te analiseer. Omrede dit algemene taalinstrumente is wat hoofsaaklik bedoel is om die student se Afrikaanse taalbevoegdhede te verbeter, sal dit ook op indirekte wyse die student se begrip van en kritiese betrokkenheid met alle vorme van kommunikasie verbeter. Dit sal studente ook help om ʼn beter begrip te vorm van ander vakke wat moontlik in Afrikaans onderrig word.

Struktuur van die inhoud

Eenheid – onderwerp Aktiwiteite (moontlike onderrigtyd – 85 uur) 1. Persoonlike besinning /

joernaalgebruik 1.1. Skriftelike besinning: joernaal (30 uur) 1.2. Mondelinge besinning: bespreking (20 uur)

2. Woordeskatuitbreiding en taalgebruik

2.1. Woordeboekgebruik: denotasie, konnotasie (5 uur) 2.2. Tesourus: antonieme en sinonieme (5 uur) 2.3. Taalstrukture in konteks (5 uur)

3. Transaksionele model van kommunikasie

3.1. Basiese beginsels van kommunikasie (2 uur)

4. Navorsing, notas/ aantekeninge en opsomming

4.1 Notas/aantekeninge (10 uur) 4.2 Opsomming en samevatting (5 uur) 4.3 Navorsingsvaardighede (3 uur)

* Tydsduur sluit onderrigtyd en tyd vir selfstudie in – ʼn ratio van 2:1 by benadering.

Page 14: GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR …

GETCA Afrikaans Curriculum

Afdeling 1. Persoonlike besinning

Oorsig

1.1. Skriftelike joernaalresponse

Inhoud:

Hou ʼn geskrewe joernaal waarin verslag gehou kan word van skriftelike response op stellings of vrae wat met leer verband hou, asook enige ander gedagtes of idees van die student.

Spelling en spelpatrone (woorde wat eindig met t/d, begin met v/f, skryf met ei/y).

Woordsoorte werkwoorde (hoof- en hulpwerkwoorde), selfstandige naamwoorde (soortnaam, eienaam, versamelnaam, abstrak) voornaamwoorde (persoonlik, besitlik, betreklik, vraend).

Sinstrukture (enkelvoudig en saamgesteld).

Paragrawe.

Tydsvorme (verlede, teenwoordige en toekomende tyd).

Woordorde.

Leestekens (punt, komma).

Leeruitkomste:

Studente behoort in staat te wees om die volgende te doen:

1.1.1. Gee in geskrewe vorm (paragrawe) doeltreffend uitdrukking aan eie gedagtes, idees en gevoelens.

1.1.2. Besin oor eie leerproses, aktiwiteite en vordering, asook die eie omringende wêreld.

1.1.3. Formuleer volsinne en gebruik die korrekte woordorde. 1.1.4. Gebruik samehangende paragrawe doeltreffend en toepaslik. 1.1.5. Gebruik gepaste woordeskat, werkwoordtye (tydsvorme) en leestekens

korrek in sinne. 1.1.6. Redigeer en proeflees eie skryfwerk volgens die stappe van prosesskryf.

Die vrae vir besinning voorsien ʼn vertrekpunt om by die student ʼn selfbewustheid van sy/haar leerproses te kweek. Dosente kan elke tema se besinningsvrae vir onderrig gebruik, maar behoort ook vrae te stel wat hulle meen relevant vir hul studente is. Die vrae kan vooraf aan studente gegee word sodat hulle oor die tema kan nadink alvorens onderrig begin, die vrae kan gebruik word om ʼn klasgesprek te fasiliteer, of dit kan vir studente gegee word wanneer die onderwerp afgehandel is sodat die verband tussen die onderwerpe gedemonstreer kan word. Vrae wat geformuleer word, behoort ʼn oop einde te hê sodat studente aangemoedig kan word om krities na te dink oor hulle omringende wêreld (soos dit deur die teksinhoud en taal oorgedra word), en hoe dít wat hulle in die klas leer, uitgebrei kan word na die wêreld buite wat met hulle daaglikse lewe verband hou.

Page 15: GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR …

GETCA Afrikaans Curriculum Page 13

1.2. Mondelinge bespreking, dialoog en gesprek

Inhoud:

Studente deel idees, gedagtes en opinies mondelings.

Studente neem deel aan groepbesprekings.

Praatvaardighede.

Leeruitkomste:

Studente behoort in staat te wees om die volgende te doen:

1.2.1 Gebruik gepaste toon, register, styl en humor volgens die doel, teikengroep, konteks en tema.

1.2.2 Gebruik toepaslike taal (woordsoorte soos werkwoorde, byvoeglike naamwoorde en bywoorde) vir impak op die teikengroep.

1.2.3 Ontwikkel kritiese taalbewustheid deur denotasie, konnotasie, partydigheid, stereotipering, gevoels-, oorredings- en manipulerende taal te identifiseer.

1.2.4 Deel met selfvertroue persoonlike gedagtes en idees oor tekste.

1.2.5 Bewys of verdedig eie idees/opinies op ʼn logiese wyse en gee bewyse.

1.2.6 Maak betekenisvolle bydraes tot besprekings deur te luister na wat ander persone sê, nie ander in die rede te val terwyl hulle praat nie, en gepas te reageer.

1.2.7 Gebruik toepaslike verbale en nieverbale tegnieke (intonasie, stemprojeksie, volume, tempo, frasering, oogkontak, gesigsuitdrukkings, gebare en liggaamstaal).

Afdeling 2. Woordeskatuitbreiding

Oorsig

2.1. Woordeboekgebruik Inhoud:

Gebruik ʼn Afrikaanse woordeboek om die betekenis, spelling, lettergreepverdeling, uitspraak en aksent van Afrikaanse woorde na te slaan en korrek te gebruik.

Dit is belangrik dat studente proaktiewe benaderings tot hulle studies ontwikkel. Dit begin deur te verstaan dat die instrukteur/dosent nie ʼn onuitputlike bron van kennis is nie – die student moet eerder bevoeg wees en weet om self antwoorde op vrae te vind. Dit laat nie slegs ruimte om buite die klaskamer deurlopende leer te laat plaasvind nie, maar dit laat studente ook besef dat kennis binne hulle bereik is solank hulle weet waar om daarvoor te soek. Alhoewel ʼn woordeboek in vergelyking met die internet relatief ʼn eenvoudige instrument is, word woordeboekgebruik en -vaardighede dikwels onderskat tydens taalstudie. Indien studente beskik oor basiese bronne vir taalstudie, sal hulle in staat wees om hul Afrikaanse woordeskat uit te brei. Derhalwe sal hulle begrip van die taal, taalvlotheid en selfvertroue om dit te gebruik ontwikkel, nie net tydens formele studie nie, maar op ʼn deurlopende wyse.

Page 16: GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR …

GETCA Afrikaans Curriculum Page 14

Gebruik ʼn tweetalige woordeboek vir vertaling en begrip (indien die student nie ʼn moedertaalspreker van Afrikaans is nie).

Verstaan wat etimologie (herkoms van woorde/leenwoorde) beteken en gebruik dié konsep om studente se begrip van die taal te ontwikkel.

Lei die betekenis van woorde in konteks af sonder die gebruik van ʼn woordeboek.

Verstaan die verskil tussen denotasie (letterlike taal) en konnotasie (figuurlike taal) en hoe konnotasie betekenis en intensie kan beïnvloed.

Leeruitkomste:

Studente behoort in staat te wees om die volgende te doen:

2.1.1. Soek en gebruik verskillende soorte woordeboeke om die betekenis van woorde te bepaal en om begrip van die taal te bevorder.

2.1.2. Gebruik ʼn woordeboek om die korrekte spelling van woorde te bepaal. 2.1.3. Verstaan ʼn woordeboek se notasie en uitspraakriglyne. 2.1.4. Bepaal die betekenis van woorde en woordfamilies deur na die stam/

basis, voorvoegsels en agtervoegsel te kyk. 2.1.5. Soek en navigeer aanlynwoordeboeke. 2.1.6. Maak ʼn persoonlike woordeboek (woordelys) om eie leer te meet. 2.1.7. Gebruik nuwe woorde wat geleer is korrek in sinne. 2.1.8. Kies die mees gepaste woord vir ʼn spesifieke konteks.

2.2. Die gebruik van ʼn tesourus

Inhoud:

Sinonieme en antonieme.

Homofone, homonieme.

Woordvorming deur afleiding.

Gebruik ʼn tesourus om sinonieme en antonieme na te slaan.

Leeruitkomste:

Studente behoort in staat te wees om die volgende te doen:

2.2.1. Verstaan wat homofone, homonieme, sinonieme en antonieme is.

2.2.2. Ken die verskil tussen ʼn woordeboek en ʼn tesourus.

2.2.3. Verkry toegang tot ʼn aanlyntesourus en navigeer hierdie soort webtuistes suksesvol.

2.2.4. Gebruik ʼn tesourus om taal, gevoelens en idees doeltreffend in tekste uit te druk.

2.2.5. Identifiseer en gebruik basisvorme, agtervoegsels en voorvoegsels (afleiding) om die betekenis van woorde te bepaal.

Page 17: GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR …

GETCA Afrikaans Curriculum Page 15

Afdeling 3. Transaksionele kommunikasiemodel

Oorsig

3.1. Die kommunikasiemodel Inhoud:

Die breë definisie en kenmerke van tekste.

Die transaksionele model van kommunikasie – alle tekste bevat dieselfde komponente: die sender van die boodskap, die kanaal van die boodskap, die inhoud van die boodskap, die intensie van die boodskap, die ontvanger van die boodskap, die verhouding tussen die sender en die ontvanger, asook die konteks van die boodskap wat gestuur word.

Register en toon.

Formele en informele taal.

Woordeskat en sinsoorte.

Leeruitkomste:

Studente behoort in staat te wees om die volgende te doen:

3.1.1. Identifiseer al die komponente en kenmerke van ʼn teks om dit te verstaan en te analiseer.

3.1.2. Identifiseer die direkte of geïmpliseerde intensie van ʼn teks. 3.1.3. Verstaan die verskil tussen formele en informele modusse van

kommunikasie. 3.1.4. Gebruik die korrekte register en toon volgens die konteks en

intensie van ʼn teks soos ʼn vriendskaplike brief.

Omrede taal primêr ʼn manier van kommunikasie is, is die fokus op kommunikasiemetodes, sonder ʼn begrip van die onderliggende beginsels van die kommunikasieproses, teenproduktief. Die geringe aangepaste weergawe van die transaksionele kommunikasiemodel wat in hierdie kurrikulum aangebied word, voorsien ʼn grondslag vir studente om konsepte soos register en toon beter te verstaan. Dit is noodsaaklik vir doeltreffende, kritiese ontleding van tekste om begrip te demonstreer van die enkodering van die sender, die kanaal wat gebruik word, die boodskap en die intensie van die boodskap, asook die dekodering van die ontvanger.

Page 18: GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR …

GETCA Afrikaans Curriculum Page 16

Afdeling 4. Navorsing, notas/aantekeninge, opsomming

Oorsig

4.1. Maak notas Inhoud:

Luisterproses en luistervaardighede.

Notas en breinkaarte.

Annotering en uitbreiding van bestaande notas/aantekeninge.

Afkortings, verkortings, akronieme.

Afkappingsteken, kappie, deelteken en koppelteken.

Meervoud en verkleining.

Voor- en agtervoegsels (afleiding).

Leestekengebruik (punt, komma).

Leeruitkomste:

Studente behoort in staat te wees om die volgende te doen:

4.1.1. Luister aandagtig na spesifieke of relevante inligting tydens mondelinge aanbiedings.

4.1.2. Maak duidelike en bondige skriftelike notas/aantekeninge tydens mondelinge aanbiedings (soos tydens ʼn lesing, inligtingsessie of voorlesing van ʼn teks).

4.1.3. Gebruik breinkaarte om inligting te organiseer en aan te bied. 4.1.4. Herskryf eie aantekeninge tot ʼn uitdeelstuk/notas. 4.1.5. Ken en gebruik afkortings, verkortings en akronieme korrek en

doeltreffend. 4.1.6. Herken die verskil tussen woorde met ʼn afkappingsteken, ʼn

koppelteken, deelteken en ʼn kappie en gebruik dit korrek. 4.1.7. Gebruik die meervoud en verkleining van selfstandige naamwoorde

korrek. 4.1.8. Gebruik basisvorme, voorvoegsels (prefikse) en agtervoegsels

(suffikse) korrek in konteks. 4.1.9. Herken en korrigeer algemene spel- en leestekenfoute (punt,

komma, vraag- en uitroepteken, hoofletters) in tekste.

4.2. Opsomming en samevatting

Inhoud:

Herskrywing (parafrasering) van lang, digte tekste na kort, bondige tekste.

Interpretasie van multimodale tekste (teks, visuele materiaal, klank, video,

Hierdie afdeling dien as inleiding tot die basiese beginsels van navorsing – hoe om inligting in die biblioteek of aanlyn te soek, hoe om die geloofwaardigheid van aanlynbronne te bepaal, en hoe om spesifieke inligting in lang, uitgebreide tekste te vind. Dit bemagtig studente met vaardighede om te luister na ouditiewe insette – na dosente, nuusbulletins, potgooie – en om toepaslike inligting vir doeltreffende luisteraantekening/notas te selekteer. Dit vorm die grondslag van ʼn opsomming en ʼn samevatting.

Page 19: GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR …

GETCA Afrikaans Curriculum Page 17

ens.).

Sintese/opsomming van verskillende tekste na een teks.

Direkte en indirekte rede.

Aanhalingstekens.

Paragraafkonvensies.

Leeruitkomste:

Studente behoort in staat te wees om die volgende te doen:

4.2.1. Identifiseer die hoofgedagte van ʼn spesifieke teks of paragraaf. 4.2.2. Gebruik eie woorde om ʼn lang teks te herskryf en te verkort sonder

om die akkuraatheid van die oorspronklike teks te vervaag. 4.2.3. Identifiseer die hoofgedagtes van verskillende tekste/paragrawe en

skryf een teks/paragraaf daaroor. 4.2.4. Parafraseer kort tekste (soos idiomatiese uitdrukkings,

spreekwoorde, ens.) sodat die betekenis duidelik is. 4.2.5. Herskryf direkte aanhalings na die indirekte rede.

4.3. Navorsingsvaardighede Inhoud:

Onderhoudvoering.

Aanlynsoekinstrumente.

Verwysing en bewyse.

Leeruitkomste:

Studente behoort in staat te wees om die volgende te doen: 4.3.1. Soek na geskikte bronne vir inligting, soos boeke, koerante, tydskrifte, die

internet, persoonlike onderhoude, visuele materiaal en selekteer en organiseer die inligting ingesamel.

4.3.2. Demonstreer kritiese taalbewustheid. 4.3.3. Voer ʼn onderhoud deur gepaste aanspreekvorme te gebruik. 4.3.4. Skryf eie siening neer en gebruik die inligting om eie siening te ondersteun. 4.3.5. Toon begrip van hoe aanlynsoektogte werk en hoe om die

geloofwaardigheid van aanlynbronne te kontroleer. 4.3.6. Verstaan en gebruik ʼn korrekte verwysingsmetode van

navorsingsbronne in eie skryfwerk. 4.3.7. Skryf ʼn onderhoud in dialoogvorm.

Page 20: GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR …

GETCA Afrikaans Curriculum Page 18

TEMA 2: AFRIKAANS EN ONS OMRINGENDE WÊRELD

Inleiding

Hierdie tema fokus op die manier waarop studente daagliks en in hul omringende wêreld in Afrikaans kommunikeer. Dit bied aan studente die bevoegdheid om na te gaan hoe taal nie net gebruik word om in te lig nie, maar ook om te oorreed, te argumenteer en te manipuleer.

Rasionaal vir die keuse van inhoud

Om ʼn volledige begrip van taal te vorm, is dit nodig om ook bevoeg te wees om die doel en redes vir die gebruik van ʼn taal te identifiseer. Die onderrig van Afrikaans moet studente toerus met basiese taalinstrumente vir kommunikasie, maar dit moet ook dié instrumente in so ʼn mate slyp, dat dit uiteindelik lei tot kritiese denke en ontleding. Hierdie komponent gaan dus verder as die “wat” van ʼn taal – dit stel studente in staat om besig te wees met die “hoekom” van ʼn taal. Hierdie komponent bou voort op die kommunikasiemodel wat in Afdeling 3 bespreek is: dit demonstreer hoe reklame, nuusverslaggewing en die sosiale media ʼn mens se denke kan beïnvloed. Dit stel studente in staat om te kan onderskei tussen feite, menings, opinies en bewerings sodat hulle bewus bly van die rol wat taal in hulle wêreld speel.

Inhoudstruktuur

Eenheid – onderwerp Aktiwiteite (moontlike onderrigtyd – uur) 5. Redeneerkuns en diskoers (gesprek)

5.1. Feit, opinie, bewering (X uur) 5.2. Logika, argument en debat (X uur) 5.3. Gevoels- en oorredende taal (X uur)

5.4. 5.5.

6. Advertering/reklame en taal

6.1. Reklametaal (X uur) 6.2. Visuele geletterdheidskomponente van reklame (X uur) 6.3. Stereotipes in reklame (1 uur)

7. Nuus, inligting en algemene kennis

7.1. Verskillende nuusbronne (X uur) 7.2. Sosiale media en blogs (X uur) 7.3. Aktiewe/bedrywende en passiewe/lydende vorme (X uur)

8. Figuurlike taalgebruik 8.1. Woordspeling, parodie, humor, satire (X uur) 8.2. Satire en spotprente (X uur)

* Tydsduur sluit onderrigtyd en tyd vir selfstudie in – ʼn ratio van 2:1 by benadering.

Page 21: GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR …

GETCA Afrikaans Curriculum Page 19

Afdeling 5. Retoriek en diskoers

Oorsig

5.1. Feit, opinie en bewering Inhoud:

Die impak/waarde van inligting.

Die verskil tussen ʼn feit en ʼn opinie/mening.

Die verskil tussen ʼn mening en ʼn bewering.

Leesstrategieë vir dekodering en begrip van ʼn teks.

Kennis van die kenmerke van tekste.

Leeruitkomste:

Studente behoort in staat te wees om die volgende te doen: 5.1.1. Evalueer die waarde van die inligting (ook retoriese uitdrukkings)

volgens die bron of bewyse. 5.1.2. Gebruik leesstrategieë (vluglees, soeklees, aandagtige lees, krities

lees) om te onderskei tussen feite en menings tydens leesbegrip. 5.1.3. Gebruik leesstrategieë om te onderskei tussen feite en bewerings

wat op feitelike inhoud gebaseer is. 5.1.4. Skryf ʼn nagevorsde en feitelik korrekte argumenterende opstel

volgens die stappe van prosesskryf. 5.1.5. Identifiseer oorredende en emotiewe (gevoels-) taaltegnieke in

tekste. 5.1.6. Gebruik oorredende en emotiewe taaltegnieke in mondelinge en

skriftelike tekste.

5.2. Logika en afleiding

Inhoud:

Stellings, gevolgtrekkings, argumente.

Logiese afleidings.

Debatsprosedures.

Praatvaardighede.

Verbindingswoorde (voegwoorde, bywoorde, betreklike voornaamwoorde, telwoorde, tussenwerpsels).

Leesstrategieë en die leesproses.

Studente het in die vorige afdeling geleer hoe om inligting te soek/na te vors – hoofsaaklik die hantering van feitelike inligting. Dié proses word in hierdie afdeling voortgesit deur verskillende tipes inligting te identifiseer en om te bepaal hoe dié inligting aangebied moet word. Dit skep geleentheid vir studente om die impak en geloofwaardigheid van die inligting wat hulle nagevors het, te begin evalueer.

Page 22: GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR …

GETCA Afrikaans Curriculum Page 20

Leeruitkomste:

Studente behoort in staat te wees om die volgende te doen: 5.2.1. Lees aandagtig en toon begrip van die betekenis van ʼn stelling en ʼn

gevolgtrekking in mondelinge en skriftelike tekste. 5.2.2. Toon die bevoegdheid om ʼn logiese afleiding te formuleer deur

gebruik te maak van stellings en gevolgtrekkings. 5.2.3. Identifiseer onderliggende stellings in argumente in tekste. 5.2.4. Identifiseer basiese swakpunte in argumente (nie logies, geldig of

oortuigend nie). 5.2.5. Neem deel aan ʼn feitelike, mondelinge debat en volg

debatsprosedures. 5.2.6. Gebruik toepaslike verbindingswoorde om sinne in ʼn paragraaf te

skakel. 5.2.7. Gebruik paragraafkonvensies om samehang (koherensie) te verseker

deur kernsinne, inleiding en afsluiting en ʼn logiese volgorde in skryfstukke te gebruik.

Page 23: GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR …

GETCA Afrikaans Curriculum Page 21

5.3. Oorredende en diskursiewe/beredeneerde taal Inhoud:

Feite en menings om oorredende en beredeneerde tegnieke te ontwikkel.

Emotiewe (gevoels-) taal.

Beredeneerde opstel volgens die stappe van prosesskryf.

Prosesskryf (beplanning/preskryf; skryf ʼn konsep; hersiening en redigering; tweede konsep; proeflees; finale aanbieding).

Leesstrategieë en die leesproses.

Taalkonvensies (spelling, leestekengebruik, paragrawe).

Woordkeuse en sinne.

Leeruitkomste:

Studente behoort in staat te wees om die volgende te doen:

5.3.1. Identifiseer en gebruik gevoelstaal volgens doel en konteks. 5.3.2. Identifiseer en gebruik oorredende taal in tekste. 5.3.3. Onderskei tussen feite en menings. 5.3.4. Gebruik enkelvoudige en saamgestelde sinne korrek in konteks. 5.3.5. Gebruik ’n verskeidenheid sinsoorte en sinslengtes korrek in tekste. 5.3.6. Gebruik voegwoorde, voornaamwoorde en bywoorde om kohesie te

verseker. 5.3.7. Skryf samehangende paragrawe deur ʼn kernsin, hoof- en

ondersteunende idees te gebruik. 5.3.8. Skryf volgens die stappe van prosesskryf ʼn feitelik, nagevorsde beredenerende opstel en gee bewyse.

Page 24: GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR …

GETCA Afrikaans Curriculum Page 22

Afdeling 6. Reklame

Oorsig

6.1. Die taal van reklame Inhoud:

Doel, boodskap, teikenmark, slagspreuke, logo’s, uitleg, teks, kunswerk, kleur, grafiese inligting, lettertipe en -groottes.

Verskeie tipes advertensies (geskrewe en visuele teks).

Die gebruik van oorredingstegnieke in advertensies.

Taalgebruik – herhalend, figuurlik, retories.

Kritiese taalgebruik: feite en menings, oorreding, manipulering, denotasie en konnotasie).

Leeruitkomste:

Studente behoort in staat te wees om die volgende te doen:

10.2.1. Identifiseer al die komponente van geskrewe en visuele advertensies (soos advertensies van ʼn produk, diens, film, CD, gebeurtenis, ens.).

10.2.2. Identifiseer en bespreek die doel en teikengroep van die produk/ diens/ gebeurtenis wat geadverteer word.

10.2.3. Identifiseer en bespreek die boodskap, estetiese waardes en doeltreffendheid van visuele elemente in advertensies, asook die verhouding tussen die geskrewe en visuele elemente.

10.2.4. Identifiseer en verduidelik die oorredingstegnieke wat gebruik word om die aandag van die teikenmark te trek.

10.2.5. Herken die verskil tussen direkte en geïmpliseerde (verskuilde) betekenis in advertensies.

6.2. Visuele geletterdheid in reklame Inhoud:

ʼn Wye verskeidenheid visuele tekste soos advertensies, spotprente, strokiesprente, foto’s, illustrasies vir ontleding.

Visuele geletterdheid – interpretasie van verskeie visuele beelde en ontwerpelemente (byskrifte, onderskrifte, kleur, dialoog, karikature).

Letterlike en figuurlike taalgebruik.

Reklame vorm ʼn belangrike deel van taal waaraan studente blootgestel word en daarom is dit ook ʼn bruikbare bron vir daaglikse taalonderrig, -ontleding en -leer. Dit skakel ook met die beredenerende beginsels wat in die vorige afdelings onderrig is, met ʼn visuele geletterdheidskomponent, en wat uitgebrei is na ʼn kritiese diskoersontleding. Advertering vorm ook ʼn integrale deel van ʼn student se betrokkenheid met taal in sy/haar omringende wêreld. Die kritiese ontleding van reklame is nie ʼn aparte onderwerp van hierdie afdeling nie en behoort derhalwe implisiet ingesluit te word tydens die deurlopende onderrigproses van hierdie afdeling om sodoende kritiese denke te ontwikkel.

Page 25: GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR …

GETCA Afrikaans Curriculum Page 23

Leeruitkomste:

Studente behoort in staat te wees om die volgende te doen: 6.2.1. Identifiseer die tekskenmerke van verskillende visuele tekste. 6.2.2. Neem waar, kyk aandagtig en gee ʼn duidelike interpretasie van ʼn

visuele teks/beeld. 6.2.3. Identifiseer, lees en toon begrip van die doel en boodskap van

spesifiek beelde wat in reklame gebruik word, en beelde wat oor die algemeen in ander media gebruik word.

6.2.4. Verduidelik die sosio-politieke en kulturele agtergrond van visuele tekste.

6.3. Kritiese taalbewustheid: Stereotipering en stereotipes in reklame Inhoud:

Stereotipering en stereotipe.

Diskriminasie en oordrywing.

Die skep van stereotipes in bv., advertensie, strokiesprente, spotprente/grapprente.

Die doel van stereotipering en stereotipes (nuttig of nadelig; positief of negatief) in reklame en media.

Leeruitkomste:

Studente behoort in staat te wees om die volgende te doen:

6.3.1. Verstaan die doel van en identifiseer positiewe en negatiewe stereotipes in tekste.

6.2.5. Verstaan die doel en verskil tussen diskriminasie en oordrywing. 6.2.6. Verstaan hoe stereotipering en stereotipes geskep word in visuele

tekste. 6.2.7. Identifiseer en lewer kommentaar op gevalle wanneer reklame van

stereotipes gebruik maak (soos die opvallende gebruik van stereotipering/stereotipes in advertensies).

Page 26: GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR …

GETCA Afrikaans Curriculum Page 24

Afdeling 7. Nuus en inligting

Oorsig

7.1. Inligtingsbronne Inhoud:

Verskillende vorme van nuus- en inligtingsbronne.

Nuusverslae en -berigte, koerant- en tydskrifartikels, rubrieke, formele briewe aan ʼn koerant/tydskrif.

Die geloofwaardigheid van inligting.

Leeruitkomste:

Studente behoort in staat te wees om die volgende te doen:

7.1.1. Identifiseer die verskillende dele van ʼn gedrukte koerant (ook ʼn aanlynkoerant).

7.1.2. Identifiseer en verduidelik kritiese taalbewustheid in nuusrapportering: die verskil tussen feite en menings, vooroordeel, partydigheid, stereotipering en manipulering.

7.1.3. Vind, selekteer en organiseer toepaslike inligting van verskillende bronne (internet, boeke, koerante, ens.) en maak akkurate notas vir ʼn skriftelike verslag.

7.1.4. Bepaal of inligtingsbronne geloofwaardig is. 7.1.5. Skryf ʼn koerantverslag volgens die stappe van prosesskryf (beplan/

preskryf, eerste konsep, redigeer en hersien, tweede konsep, proeflees, finale aanbieding).

7.2. Sosiale media en blogs Inhoud:

Verskillende vorme van sosiale media.

ʼn Blog as ʼn bron van inligting en menings.

Sosiale media as ʼn bron van inligting en die geloofwaardigheid van die inligting.

Sosiale media en etiket.

Sosiale media en die skakel tussen persoonlike en professionele optredes.

Leeruitkomste:

Studente behoort in staat te wees om die volgende te doen:

In hierdie inligtingseeu word inligting ironies as vanselfsprekend beskou. Hierdie afdeling ondersoek waar inligting vandaan kom en dit brei uit op vorige afdelings deur die toepassing van maniere om bekende inligtingsbronne te beoordeel en te evalueer. Die afdeling fokus ook op aanlyninligtingsbronne en sosiale media, asook die wyse waarop studente met hierdie media in interaksie tree.

Page 27: GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR …

GETCA Afrikaans Curriculum Page 25

7.2.1. Skryf ʼn e-pos en gebruik ʼn gepaste toon en styl volgens doel en teikengroep.

7.2.2. Toon gepaste aanspreekvorme en ʼn professionele houding in ʼn gesimuleerde mondelinge gesprek (soos ʼn TV-onderhoud).

7.2.3. Maak ʼn bloginskrywing volgens ʼn spesifieke doel, teikengroep en konteks en volg die stappe van prosesskryf.

7.3. Taalstrukture en -konvensies (sinne): sinsoorte, aktiewe/bedrywende en passiewe/lydende vorme Inhoud:

Sinsoorte.

Die enkelvoudige sin.

Sinstruktuur en tydvorm van die bedrywende en lydende vorm.

Ontkenning in Afrikaans.

Woordorde, woordsoorte en spelpatrone.

Leeruitkomste:

Studente behoort in staat te wees om die volgende te doen:

7.3.1. Identifiseer en gebruik verskillende sinsoorte soos stel-, bevel-, uitroep- en vraagsinne, asook instruksies in eie tekste.

7.3.2. Gebruik die passief/lydende en die aktief/bedrywende vorme gepas volgens doel en verstaan hoe die vorm betekenis kan beïnvloed soos in nuusberigte, advertensies, ens.).

7.3.3. Gebruik die ontkennende vorm korrek en op verskillende maniere in eie tekste.

7.3.4. Gebruik gepaste woordorde in sinne en verstaan hoe woordorde betekenis in ʼn teks kan beïnvloed.

7.3.5. Gebruik leestekens korrek en vir spesifieke doeleindes soos om betekenis te verduidelik, grammatikale verband te toon en vir beklemtoning in eie tekste.

Page 28: GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR …

GETCA Afrikaans Curriculum Page 26

Afdeling 8. Figuurlike

taalgebruik

Oorsig

8.1. Woordspeling en parodie/Figuurlike taalgebruik Inhoud:

Humor, woordspeling en dubbelsinnigheid in tekste.

Parodie.

Stylfigure (figuurlike taalgebruik).

Enkelvoudige en saamgestelde sinne.

Dubbelsinnigheid.

Idiome en idiomatiese taalgebruik.

Leeruitkomste:

Studente behoort in staat te wees om die volgende te doen:

8.1.1. Identifiseer en verduidelik hoe humor in woordspeling gebruik word.

8.1.2. Identifiseer en verduidelik die humor in ʼn parodie soos in ʼn gedig of ʼn toneelstuk.

8.1.3. Identifiseer en verduidelik die betekenis en funksie van stylfigure (soos satire, ironie, sarkasme, spot, humor, hiperbool, eufemisme, simboliek, oksimoron, litotes, paradoks, woordspeling, kontras) in literêre tekste.

8.1.4. Skakel dubbelsinnigheid en taalflaters in tekste uit. 8.1.5. Herken en verduidelik figuurlike taalgebruik soos idiome,

spreekwoorde en idiomatiese vergelykings in tekste en dié taalgebruik se verband met en konteks.

8.1.6. Identifiseer en gebruik die funksie van sinsdele soos onderwerp, voorwerp en gesegde korrek in enkelvoudige sinne.

8.1.7. Identifiseer en verstaan saamgestelde en veelvoudige sinne deur bywoordelike en byvoeglike bepalings/sinsnedes en bysinne te gebruik.

8.2. Satire en satiriese tekste

Inhoud:

Satire en visuele geletterdheid (tekste soos spotprente, strokiesprente, grapprente van aktuele sake).

Hierdie afdeling fokus op die kreatiewe gebruik van taal deur middel van figuurlike taalgebruik (idiome, idiomatiese uitdrukkings en spreekwoorde) en retoriese middels. In fiksie soos gedigte, verhale, volks-vertellings, toneelstukke) en niefiksie (geskrewe en visuele tekste) word daar dikwels van humor (soos in resensies, advertensies, spotprente), satire en parodie (soos in literêre tekste) gebruik gemaak om ʼn dieperliggende betekenis oor te dra. Studente gaan in hierdie afdeling kennis maak met die wyse waarop stylfigure en figuurlike taal gebruik word om sosiale, maatskaplike en kulturele waardes, waarhede, asook dwaashede, feite en menings op bedekte wyse in tekste en verskillende kontekste uit te lig.

Page 29: GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR …

GETCA Afrikaans Curriculum Page 27

ʼn Satiriese literêre teks (gedig/kortverhaal/toneelstuk) wat ʼn sosiale inslag het.

Betekenisleer en woordeskatuitbreiding: sinonieme, antonieme, paronieme, polisemie, homofone, homonieme, een woord vir ʼn omskrywing.

Leeruitkomste:

Studente behoort in staat te wees om die volgende te doen:

8.2.1. Identifiseer en verstaan satire in literêre tekste soos ʼn gedig, volksvertelling, mite, legende of in ʼn toneelstuk en verduidelik hoe dit tema, boodskap en karakterisering beïnvloed.

8.2.2. Verstaan en ontleed satire in eietydse visuele uitbeeldings soos in spotprente en strokiesprente, en lewer eie kommentaar daarop.

8.2.3. Lewer mondelinge kommentaar (voorbereide toespraak) op die funksie van satire in ʼn samelewing.

8.2.4. Brei woordeskat uit, verduidelik die betekenis van woorde en gebruik dit korrek in ʼn verskeidenheid tekste.

Page 30: GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR …

GETCA Afrikaans Curriculum Page 28

THEMA 3: AFRIKAANS EN DIE WERKPLEK

Inleiding

Een van die aannames wat gemaak is tydens die ontwikkeling van hierdie kurrikulum, is die moontlikheid dat sommige van die studente wat hierdie kwalifikasie wil verwerf, nie van plan is om aan te gaan met verdere studie nie, maar eerder wil werk soek. Dit is daarom belangrik dat die AOOSV-kwalifikasie hierdie studente toerus met genoeg kennis en begrip van Afrikaans sodat hulle in staat sal wees om hul taalvaardighede doeltreffend in ʼn beroep of werkplek sal kan gebruik. Indien studente aangaan met verdere studies (soos die NASSV-kwalifikasie), sal die vaardighede waarop daar in hierdie tema afdeling gefokus word, bydrae tot hulle persoonlike organiserings- en leervaardighede, én dit sal ʼn grondslag vorm vir die ontwikkeling van meer gevorderde werkplekvaardighede. Dit is nie nodig om die afdelings en onderwerpe wat volg agtereenvolgens te behandel nie. Dit is moontlik om aspekte van hierdie tema in verband te bring met soortgelyke onderwerpe in ander komponente, byvoorbeeld: kategorisering kan skakel met genre in die letterkunde tema; professionele korrespondensie kan skakel met styl en register, asook brabbeltaal.

Rasionaal vit inhoudseleksie

Die fokus van hierdie tema is op die praktiese toepassing van taalvaardighede in ʼn werksomgewing. Dit dek basiese administratiewe take, ʼn duidelike begrip van die nuanses van toon en register in geskrewe en mondelinge kommunikasie/tekste, asook transaksionele tekste wat verband hou met die werkskonteks.

Afrikaans en die inhoudstruktuur van ʼn beroep

Eenheid – onderwerp Aktiwiteite (moontlike onderrigtyd – 30 uur) 9. Organiserings-

vaardighede 9.1. Alfabetisering en kategorisering (1 uur) 9.2. Liassering en prioriteitsbepaling (3 uur) 9.3. Instruksies en aanwysings (4 uur)

10. Werkplek-kommunikasie

10.1. Etiket en professionalisme (5 uur) 10.2. Professionele skryf (9 uur) 10.3. Formele mondelinge aanbiedings (8 uur)

* Tydsduur sluit onderrigtyd en tyd vir selfstudie in – ʼn ratio van 2:1 by benadering.

Page 31: GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR …

GETCA Afrikaans Curriculum Page 29

Afdeling 9. Organiseringsvaardighede

Oorsig

9.1. Alfabetisering en kategorisering Inhoud:

Alfabetisering en indeksering.

Kategorieë en sub-kategorieë.

Woordvorming.

Tekskenmerke van literêre tekste (volksverhale,volksvertellings).

Leeruitkomste:

Studente behoort in staat te wees om die volgende te doen: 9.1.1. Stillees ʼn teks aandagtig en vir begrip. 9.1.2. Identifiseer en groepeer samestellings en woorde met voorvoegsels

en agtervoegsels (afleidings) in soortgelyke kategorieë. 9.1.3. Gebruik alfabetiseringstegnieke om ʼn wye verskeidenheid tekste

(transaksioneel en literêr) in kategorieë en/of genres te organiseer. 9.1.4. Identifiseer die sub-kategorieë van orale of geskrewe volksverhale/

volksvertellings en verduidelik elke kategorie se tekskenmerke.

9.2. Organisering van inhoud

Inhoud:

Volgorde van paragrawe (koherensie) en woorde (kohesie).

Logiese volgorde van gebeure in ʼn verhalende teks (verslag).

Koherensie en kohesie.

Leeruitkomste:

Studente behoort in staat te wees om die volgende te doen:

9.2.1. Pas grammatikale kennis toe om die organisering van inhoud te bepaal (sinskonstruksies).

9.2.2. Toon begrip van die logiese volgorde van woorde in ʼn sin (kohesie).

9.2.3. Toon begrip van die logiese volgorde van sinne in ʼn paragraaf, en paragrawe in ʼn teks (koherensie).

9.2.4. Verstaan die struktuur van ʼn verslag volgens doel en teikengroep.

9.3. Instruksies en aanwysings

Inhoud:

Die bestudering van ʼn taal kan lei tot taalgeoriënteerde loopbane soos joernalistiek, vertaling, taal-onderwys, bemarking, reklame, diplomasie, kliëntedienste, ens. Selfs die ontwikkeling van entrepreneur-skap berus op ʼn student se taalbevoegdheid. Hierdie afdeling dek die basiese beginsels wat studente in staat sal stel om organiseringsvaardighede toe te pas in enige beroep wat hulle wil beklee.

Page 32: GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR …

GETCA Afrikaans Curriculum Page 30

Interpretasie en die uitvoer van instruksies in ʼn logiese volgorde.

Die gebruik van instruksies om werksvereistes te bepaal.

Padkaarte en aanwysings.

Werkwoorde en werkwoordtye (teenwoordig, verlede, toekomend).

Voornaamwoorde.

Spelling: verdubbeling van konsonante en vokale.

Leeruitkomste: Studente behoort in staat te wees om die volgende te doen: 9.3.1. Verstaan stelle opeenvolgende instruksies om ʼn spesifieke taak korrek

te voltooi. 9.3.2. Werk vanaf ʼn taak terug om duidelike, akkurate en opeenvolgende

instruksies te formuleer vir ander om te volg. 9.3.3. Volg aanwysings om ʼn bestemming te bereik. 9.3.4. Gebruik kaarte, kompaspunte en landmerke om rigtingaanwysings te

formuleer. 9.3.5. Identifiseer en gebruik woordsoorte (werkwoorde en voornaamwoorde)

in geselekteerde tekste, soos aanwysings, akkuraat en betekenisvol. 9.3.6. Gebruik kennis van basiese spelpatrone soos die verdubbeling van

konsonante en klinkers in woorde om instruksies en aanwysings te gee.

Page 33: GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR …

GETCA Afrikaans Curriculum Page 31

Afdeling 10. Werkplekkommunikasie

Oorsig

10.1. Etiket en professionalisme Inhoud:

Begroeting, voorstelling, en professionele optrede.

Telefoon en selfoonvaardighede.

Praatvaardighede.

Voorsetsels en tussenwerpsels.

Leeruitkomste:

Studente behoort in staat te wees om die volgende te doen: 10.2.1. Stel jouself gepas voor in ʼn formele situasie. 10.2.2. Stel iemand anders/ʼn spreker gepas voor. 10.2.3. Beantwoord ʼn telefoon/selfoon duidelik en professioneel. 10.2.4. Skryf ʼn telefoon-/selfoonboodskap duidelik neer. 10.2.5. Skep ʼn professionele stemposboodskap. 10.2.6. Skryf ʼn professionele SMS. 10.2.7. Toon vaardighede in mondelinge situasies soos bekende retoriese

middels (retoriese vrae, pouses, herhalings), en gepaste praatvaardighede (toon, stemprojeksie, tempo, oogkontak, liggaamshouding, gebare, uitspreek van woorde sonder om betekenis te verwring).

10.2.8. Identifiseer en gebruik voorsetsels, in vaste en vrye verbindings, asook tussenwerpsels akkuraat en betekenisvol in tekste.

10.2. Professionele skryf

Inhoud:

Slang, jargon/brabbeltaal en omgangstaal/spreektaal.

Stylfigure (eufemisme, oordrywing, opsetlike verkleining).

E-poskommunikasies.

Formatering van ʼn dokument.

CV’s en formele briewe (dekbrief/aansoekbief).

Paragraafkonvensies, sinne (sinslengtes, sinstrukture) en verbindingswoorde.

Leeruitkomste:

Raadpleeg weer die kommunikasiemodel in Afdeling 3. Hierdie afdeling onderrig die korrekte manier om kommunikasie in ʼn werkplekomgewing te voer, ʼn gepaste register en toon te gebruik, en om die korrekte aanspreekvorme en aanbieding vir ʼn spesifieke beroep te gebruik.

Page 34: GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR …

GETCA Afrikaans Curriculum Page 32

Studente behoort in staat te wees om die volgende te doen: 10.2.1. Gebruik ʼn toepaslike formele register in professionele

kommunikasie. 10.2.2. Onderskei tussen slengtaal, omgangstaal en werkplekverwante

jargon/brabbeltaal. 10.2.3. Toon begrip vir die gebruik van stylfigure om inligting genuanseerd

oor te dra. 10.2.4. Toon begrip vir die kenmerke en funksie van ʼn e-posbrief soos die

onderwerp, cc en bcc. 10.2.5. Skryf ʼn professionele e-pos en gebruik ʼn gepaste styl, toon, register,

aanhef en slot/begroeting. 10.2.6. Toon begrip vir die belangrikheid van professionele geformateerde

dokumente. 10.2.7. Formateer ʼn dokument professioneel deur gebruik te maak van

gepaste lettertipe en -groottes, spasiëring en nommering. 10.2.8. Skryf ʼn eie curriculum vitae volgens die stappe van prosesskryf. 10.2.9. Skryf ʼn dekbrief of ʼn aansoekbrief volgens die stappe van

prosesskryf. 10.2.10. Gebruik verskillende sinsoorte, sinslengtes en sinstrukture akkuraat

in skryf. 10.2.11. Gebruik paragraafkonvensies gepas om samehang te verseker deur

kernsinne, inleiding en afsluiting en logiese progressie te gebruik. 10.2.12. Gebruik logiese skakels om kohesie te verseker soos voegwoorde,

voornaamwoorde, bywoorde en voorsetsels.

10.3. Formele mondelinge aanbiedings Inhoud:

Formele praat.

Aanbiedingsvaardighede en visuele hulpmiddels.

Leeruitkomste:

Studente behoort in staat te wees om die volgende te doen: 10.3.1. Beplan en bied ʼn formele toespraak aan volgens doel en teikengroep

en gebruik ʼn gepaste inleiding en slot. 10.3.2. Gebruik gepaste hulpmiddels soos notas tydens die lewering van ʼn

toespraak. 10.3.3. Bied ʼn kort onvoorbereide toespraak aan volgens doel en

teikengroep en gebruik ʼn gepaste styl. 10.3.4. Sluit gepaste visuele hulpmiddels in soos kaarte, plakkate, foto’s,

skyfies, sketse. 10.3.5. Identifiseer en gebruik bekende retoriese middels soos retoriese

vrae, pouses en herhalings. 10.3.6. Gebruik toon, stemprojeksie, tempo, oogkontak, liggaamshouding en

gebare korrek en reageer gepas. 10.3.7. Gebruik gepaste woordeskat en spreek woorde uit sonder om

betekenis te verwring.

Page 35: GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR …

GETCA Afrikaans Curriculum Page 33

TEMA 4: AFRIKAANSE LETTERKUNDE EN VERMAAK

Inleiding

Hierdie tema sal studente gemaklik laat voel om kennis te maak met Afrikaanse letterkunde. Dit voorsien aan hulle die geleentheid om Afrikaans as deel van vermaak en ontspanning te ervaar en dit vorm die grondslag vir latere ontleding van meer gevorderde literêre tekste. Die tema sluit in letterkundetekste soos drama, roman, kortverhale/volksverhale, poësie, asook riglyne vir die bestudering van visuele geletterdheid en verskillende vorme van niefiksie soos inligtingstekste.

Rasionaal vir inhoudseleksie

Om die bestudering van Afrikaanse letterkunde meer relevant vir AOOSV-studente te maak, is daar ʼn verband tussen die akademiese terrein van letterkunde en poësie, én die meer toeganklike terreine van rolprente en musiek. Die beginsels van letterkunde-studie en ontleding bly dieselfde, maar om dit toepaslik te maak vir ʼn wye verskeidenheid volwasse studente, is die inhoud van hierdie tema buigsaam.

Inhoudstruktuur

Eenheid – onderwerp Aktiwiteite (moontlike onderrigtyd – 95 uur) 11. Storievertelling 11.1. Die kenmerke en struktuur van kortverhale/stories (5 uur)

11.2. Verskillende soorte kortverhale (10 uur) 11.3. Kreatiewe skryf (30 uur) 11.4. Taalstrukture en -konvensies

12. Drama 12.1. Struktuur en kenmerke van ʼn drama (5 uur)

12.2. Roman teenoor drama (10 uur) 12.3. Literêre tegnieke (10 uur) 12.4. Taalstrukture en -konvensies

13. Liedere en gedigte 13.1. Literêre stylfigure (10 uur) 13.2. Poëtiese strukture (5 uur) 13.3. Poësie – tradisioneel en modern (10 uur) 13.4. Taalstrukture en -konvensies

* Tydsduur sluit onderrigtyd en tyd vir selfstudie in – ʼn ratio van 2:1 by benadering.

Page 36: GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR …

GETCA Afrikaans Curriculum Page 34

Afdeling 11. Storievertelling

Oorsig

11.1. Die komponente van verhale/stories Inhoud:

Agtergrond en eksposisie.

Narratiewe/verhalende struktuur.

Dialoog.

Leesstrategieë en die leesproses.

Direkte en indirekte rede.

Leestekengebruik en tydsvorme.

Woordeboekgebruik en woordeskatuitbreiding.

Leeruitkomste:

Studente behoort in staat te wees om die volgende te doen: 11.1.1. Toon ʼn begrip van die volgende literêre terme: plot, konflik (innerlik

en uiterlik), motoriese moment, ontwikkeling, krisis, hoogtepunt, afloop/ontknoping/oplossing.

11.1.2. Herken hoe dialoog en handeling verband hou met karakter en tema. 11.1.3. Ken en is in staat om die basiese struktuur van die plot van ʼn roman,

drama of kortverhaal te identifiseer. 11.1.4. Identifiseer en verduidelik die stemming, tydsverloop, boodskappe

en temas van ʼn literêre teks. 11.1.5. Verduidelik hoe die agtergrond en milieu (ruimte) verband hou met

karakter en/of tema. 11.1.6. Verstaan die manier waarop karakters geskep word en lewer

kommentaar op karakterontwikkeling in ʼn roman, kortverhaal of drama.

11.1.7. Verstaan die verskil tussen ʼn eerstepersoon- en derdepersoonverteller.

11.1.8. Identifiseer en verduidelik die boodskappe en/of tema in ʼn roman, kortverhaal of drama.

11.1.9. Verstaan hoe die agtergrond en milieu (ruimte) verband hou met karakter en/of tema van ʼn verhaal.

11.1.10. Skryf ʼn dialoog tussen twee karakters en gebruik toepaslike punktuasie.

11.1.11. Herskryf ʼn dialoog van die direkte rede tot die indirekte rede en omgekeerd.

Storievertelling is ʼn fundamentele aspek van menslike ervaring. Hierdie afdeling laat studente ʼn begrip vorm van die basiese beginsels van storievertel in verhaalkuns (roman, drama, kortverhaal, volksvertellings), asook die terminologie wat hulle nodig het vir die literêre ontleding van hierdie tekste.

Page 37: GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR …

GETCA Afrikaans Curriculum Page 35

11.2. Lees verskillende soorte kortverhale

Inhoud:

Die doel van mondelinge en skriftelike vertellings/verhale: fabels, sprokies, mites en legendes.

Die ontwikkeling van storievertelling: van mondelinge oorvertelling, tot geskrewe letterkunde.

Genre.

Leesstrategieë en die leesproses.

Beskrywings.

Leeruitkomste:

Studente behoort in staat te wees om die volgende te doen: 11.2.1. Toon begrip van die rol wat vertellings (soos ʼn mite, fabel, legende,

sprokie) speel om menslike gedrag uit te beeld. 11.2.2. Beskryf die ontwikkeling van intrige, subintrige, konflik, karakter, die

rol van die verteller, boodskap en tema in ʼn literêre teks. 11.2.3. Lees ʼn verskeidenheid bekende mites, fabels, legendes, sprokies en

volksvertellings van verskillende kulture volgens doel en konteks. 11.2.4. Identifiseer en verstaan die kenmerke van volksvertellings en

moderne kortverhale. 11.2.5. Toon begrip van die konsep genre, en identifiseer en klassifiseer

verskillende soorte verhale/stories volgens kenmerke van die genre. 11.2.6. Gebruik ʼn woordeboek en/of tesourus vir die betekenis van woorde

en frases. 11.2.7. Skryf ʼn beskrywende opstel volgens doel en teikengroep en gebruik

die stappe van prosesskryf.

11.3. Kreatiewe skryf

Persoonlike storievertellings en lewensbeskrywings.

Beskrywende en kreatiewe taal.

Beeldspraak en figuurlike taalgebruik.

Woordsoorte (werkwoorde, bywoorde en byvoeglike naamwoorde).

Paragrafering.

Leeruitkomste:

Studente behoort in staat te wees om die volgende te doen: 11.3.1. Skryf ʼn kort lewensbeskrywing (memorie) volgens die stappe van

prosesskryf. 11.3.2. Gebruik paragraafkonvensies en punktuasie korrek in skriftelike

skryfstukke. 11.3.3. Onderskei tussen feitelike tekste en fiksie en skryf ʼn paragraaf van

Page 38: GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR …

GETCA Afrikaans Curriculum Page 36

elke soort. 11.3.4. Gebruik bywoorde om werkwoorde doeltreffend in tekste te beskryf. 11.3.5. Gebruik byvoeglike naamwoorde om selfstandige naamwoorde

doeltreffend in tekste te beskryf. 11.3.6. Gebruik beeldspraak vir sintuiglikheid (sinestesie) om persoonlike

storieverteltegnieke te verbeter. 11.3.7. Gebruik vorige leer van die kenmerke van ʼn verhalende skryfstuk en

skryf eie verhaal/vertelling volgens die stappe van prosesskryf.

Afdeling 12. Drama (toneelstuk/eenbedryf) Oorsig

10.1. Die struktuur van ʼn drama

Inhoud:

Die verskil tussen epiek, liriek en dramatiek.

Soorte dramas.

Struktuur van ʼn drama.

Kenmerke van ʼn drama – hoofteks (dialoog) en neweteks (toneelaanwysings).

Klank (musiek, byklanke, stem, dekor, rekwisiete).

Beligting.

Leeruitkomste:

Studente behoort in staat te wees om die volgende te doen: 10.2.1. Identifiseer basiese kamerahoeke van ʼn skoot (naby- of langskoot)

en lewer kommentaar op die doel en effektiwiteit daarvan. 10.2.2. Verduidelik die manier (posisie) waarop komposisie in ʼn

raam/skoot (objekte, karakters, agtergrond, rekwisiete, kostuums, beligting, plasing in die voorgrond of agtergrond) gerangskik word om ʼn spesifieke stemming, boodskap of tema aan die kyker oor te dra.

10.2.3. Toon begrip van die gebruik van lig in ʼn skoot en lewer kommentaar daarop.

10.2.4. Toon begrip van die gebruik van fokus in ʼn skoot en lewer kommentaar daarop.

10.2.5. Verduidelik hoe klank gebruik word om die narratief/verhaal te versterk.

10.2.6. Identifiseer en motiveer hoe musiek en byklanke kan skakel met karakters, stemming en tema.

Hierdie afdeling is ʼn uitbreiding op die vorige afdeling rakende literêre ontleding omrede dit nou toegepas word op drama. Dit toon die verskil tussen verhalende tekste soos in prosa en dramakuns wat op die verhoog of in geskrewe vorm aangebied kan word. Belangrik is die bou van ʼn drama, asook ander tipiese kenmerke en konvensies van ʼn drama waaraan studente bekendgestel moet word.

Page 39: GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR …

GETCA Afrikaans Curriculum Page 37

10.2. Van roman tot drama Inhoud:

Herskryf prosa na ʼn draaiboekteks.

Voordele en nadele van romans en rolprente.

Leeruitkomste:

Studente behoort in staat te wees om die volgende te doen: 10.2.1. Lewer kommentaar op die verskil tussen geskrewe en verfilmde

tonele. 10.2.2. Identifiseer en verduidelik die dele van ʼn rolprentdrama. 10.2.3. Gebruik eie kennis van filmtegnieke om uittreksels van ʼn roman te

herskryf na ʼn formaat vir ʼn rolprentdrama. 10.2.4. Verduidelik watter inhoud moontlik verlore kan raak of ingesluit kan

word wanneer ʼn verhaal verfilm word.

10.3. Literêre tegnieke Inhoud:

Metafoor en simbool.

Sinspeling (bedekte aanduiding).

Voorspelling.

Dramatiese ironie.

Karakterontwikkeling.

Leeruitkomste:

Studente behoort in staat te wees om die volgende te doen: 10.2.1. Identifiseer bestaande simbole of metafore in ʼn drama en verstaan

hoe dit gebruik word om die boodskap en tema uit te beeld. 10.2.2. Toon begrip vir satire en ironie in ʼn drama. 10.2.3. Verstaan en identifiseer wanneer voorspelling in ʼn film plaasvind,

wat voorspel word en hoe dit voorspel word. 10.2.4. Identifiseer en verduidelik dramatiese ironie in ʼn rolprent.

Page 40: GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR …

GETCA Afrikaans Curriculum Page 38

Afdeling 13. Liedere en gedigte

Oorsig

13.1. Literêre stylmiddele Inhoud:

Figuurlike taal: klanknabootsing/onomatopee, alliterasie, assonansie, hiperbool, eufemisme, simboliek, repetisie.

Stemming en toonaard.

Beeldspraak: metafoor, vergelyking, personifikasie.

Tema en boodskap.

Leeruitkomste:

Studente behoort in staat te wees om die volgende te doen: 10.2.1. Identifiseer en verstaan poëtiese stylmiddele in gedigte en lewer

kommentaar op die verband tussen die stylmiddele en die betekenis van die gedig.

10.2.2. Identifiseer stemming, toonaard en beeldspraak in ʼn gedig en verduidelik hoe dit gebruik word om betekenis en tema uit te druk.

10.2.3. Identifiseer en verduidelik die tema en/of boodskap van ʼn gedig.

13.2. Poëtiese struktuur

Inhoud:

Soorte gedigte: sonnet, vrye vers, limeriek, haikoe.

Versreëls en strofes.

Rymskema.

Versreëls en tipografie.

Leeruitkomste:

Studente behoort in staat te wees om die volgende te doen: 10.2.1. Identifiseer die soort gedig en tipiese kenmerke daarvan. 10.2.2. Toon begrip van die bou/struktuur van ʼn gedig en lewer

kommentaar daarop. 10.2.3. Identifiseer beeldspraak en die rymskema van ʼn gedig en beskryf die

funksie daarvan. 10.2.4. Verstaan hoe die bou van ʼn gedig verband hou met die betekenis

(inhoud) van die gedig. 10.2.5. Verduidelik hoe die spreker in die gedig verband hou met tema en

boodskap.

Hierdie afdeling fokus op die basiese komponente vir die ontleding van gedigte se poëtiese struktuur, figuurlike taalgebruik, stylfigure, beeldspraak (metafoor, vergelyking en personifikasie), ritme, rym en klank. Hierdie ontledings vind plaas deur die bespreking van die verband tussen poësie en liedere, asook die ondersoek van die onlangse ontwikkelings in mondelinge verskuns.

Page 41: GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR …

GETCA Afrikaans Curriculum Page 39

13.3. Moderne poësie

Prysliedere.

Persoonlike response op poësie.

Leeruitkomste:

Studente behoort in staat te wees om die volgende te doen: 13.3.1. Voer ʼn gesprek/kommentaar oor die relevantheid van poësie in eie

daaglikse lewe. 13.3.2. Identifiseer en bespreek die poëtiese struktuur van ʼn liriek. 13.3.3. Lewer ʼn voordrag en verduidelik ʼn gedig (eie keuse) deur gebruik te

maak van eie kennis van poëtiese stylmiddels, beeldspraak en strukture.

13.3.4. Maak ʼn joernaalinskrywing oor ʼn eie respons op ʼn gedig of liriek. 13.3.5. Skryf ʼn eie gedig (soos ʼn vrye vers, limeriek, haikoe, liriek).

Page 42: GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR …

GETCA Afrikaans Curriculum Page 40

Voorgestelde studietyd

ʼn Tipiese eenjaar-kursus neem gewoonlik 30 weke in beslag, uitgesluit tyd vir hersiening en eksamen. Studente behoort twee ure per week te gebruik vir lees en een uur vir skryf in hulle joernale. Die komponente van Taal en persoonlike ontwikkeling behoort eerste onderrig te word en moet deurlopend na terugverwys word sodat die fundamentele beginsels in hierdie afdeling skakel met die ander drie temas. Die afdeling wat handel oor Afrikaanse letterkunde en vermaak sluit letterkunde-studie in en hou derhalwe verband met deurlopende lees wat vereis word, en Afrikaans en ons omringende wêreld wat ʼn betrokke wees met taal in die daaglikse lewe vereis, behoort deurlopend in die kursus onderrig te word en nie as geïsoleerde eenhede beskou word nie. ʼn Voorgestelde tydsindeling vir die kursus word aangedui in die tabel wat volg. Hierdie kurrikulum gee egter erkenning aan bestaande vaardighede en studente se onderwysagtergrond wat in studiegroepe kan verskil. Derhalwe sal die tydsindeling in sulke gevalle aangepas moet word volgens die behoeftes van spesifieke studente.

Tema Persoonlike (van aangesig tot aangesig) onderrigtyd

Tyd vir selfstudie

Taal en persoonlike ontwikkeling

2,5 uur per week × 10 weke 1 uur per week × 30 weke

Afrikaans en ons omringende wêreld

3,5 uur per week × 10 weke 3 uur per week × 30 weke

Afrikaans en die werkplek

4 uur per week × 6 weke

Afrikaanse letterkunde en vermaak

4 uur per week × 9 weke

Totale ure vir die kursus 300 uur

Page 43: GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR …

GETCA Afrikaans Curriculum Page 41

Taalonderrigbenaderings

Die benaderings tot taalonderrig in hierdie kurrikulum is teksgebaseerd, kommunikatief, geïntegreerd en prosesgeoriënteerd.

Die teksgebaseerde benadering

ʼn Teksgebaseerde benadering stel studente in staat om vaardige, selfversekerde en kritiese lesers, skrywers en kykers van tekste te word. Dit sluit die luister en kyk na, en lees en ontleding van tekste in om te verstaan hoe dit saamgestel is, wat die doel en teikengroep van die teks is, en watter effek dit het. ʼn Begrip van die manier waarop tekste saamgestel word, rugsteun hierdie benadering. ʼn Teks kan mondeling, skriftelik, visueel of ʼn multimedia teks wees. Outentieke tekste dien ook as voorbeelde of modelle vir studente om self tekste te skep. Deur kritiese interaksie met tekste ontwikkel studente die vermoë om tekste te evalueer en self te produseer. Die skryfwerk van ʼn student hang af van die tipe teks wat deur die dosent gebruik word. Studente moet blootgestel word aan verskeie voorbeelde van dieselfde tipe teks om sodoende hulle eie skryfvermoë van ʼn spesifieke soort teks te ontwikkel. Deur die blootstelling aan dieselfde tekste kan studente spesifieke tekskenmerke identifiseer, ontleed, begryp en toepas.

Die kommunikatiewe benadering

Hierdie benadering fokus op die gebruik van taal vir kommunikasie. Dit veronderstel dat wanneer ʼn taal aangeleer word, die student baie blootgestel word aan die teikentaal en vele geleenthede gebied moet word om die teikentaal te gebruik vir sosiale-kulturele en praktiese doeleindes deur daarna te luister, te praat, te lees en te skryf. Outentieke tekste is die primêre bronne van inhoud en konteks vir die kommunikatiewe benadering. Hierdie benadering bevoordeel interaksie tussen studente en kan groepwerk, werk in pare en rolspel insluit. Kommunikatiewe taalonderrig fokus nie op grammatika as ʼn afsonderlike komponent nie, maar eerder op die ʼn geïntegreerde verband tussen taalreëls, en die inhoud en kontekste van outentieke tekste.

Die geïntegreerde benadering

Hierdie kurrikulum onderskryf die geïntegreerde leer van taalstudie, taalvaardighede, waardes, toepassing in die praktyk, en refleksie. Die taalvaardighede (luister, praat, lees, kyk, skryf) word derhalwe nie as afsonderlike vaardighede beskou nie, maar as geïntegreerd. ʼn Tematiese benadering is hierby ingesluit omrede taalvaardighede op ʼn geïntegreerde wyse onderrig word. Byvoorbeeld: Wanneer ʼn tematiese benadering gevolg word, sal die dosent een teks gebruik om verskillende aspekte van taal soos luister, praat, lees, skryf, woordeskat en grammatika en taalkonvensies onderrig. ʼn Geïntegreerde onderrigstrategie maak ook gebruik van ʼn teksgebaseerde benadering. Dit stel studente in staat om verbande te lê tussen verskillende areas van ʼn vak én met ander vakke van die kurrikulum.

Die prosesbenadering vir luister, lees en skryf

Die fokus van hierdie benadering is op prosesse wat gevolg word tydens die onderrig van ʼn taal in plaas van om net te fokus op die produk wat die student produseer. Die prosesbenadering word gebruik wanneer studente luister, lees en mondelinge en geskrewe tekste produseer. Studente is betrokke by die verskillende stadia van die luister-, praat-, lees- en skryfproses. Hulle moet gedurende hierdie prosesse veral aan die teikengroep, doel en konteks dink. Dit sal hulle daartoe in staat stel om op ’n natuurlike wyse te kommunikeer en hulle idees en opinies oor te dra. So, byvoorbeeld, fokus die onderrig van skryf nie net op die produk nie, maar ook op prosesskryf. Gedurende prosesskryf moet studente leer om idees te ontwikkel, om oor die teikengroep en doel

Page 44: GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR …

GETCA Afrikaans Curriculum Page 42

te dink, om konsepte te skryf, hulle werk te redigeer en om ʼn geskrewe produk wat hulle eie denke weergee, aan te bied.

Die prosesbenadering vir luisteronderrig in Afrikaans

Die luisterproses sluit drie fases in. Elke stap sal nie noodwendig tydens die luisterproses gebruik word nie. Luisterbegripsaktiwiteite en -assessering bied ’n geleentheid om studente te leer hoe om te luister. Daar is verskillende tipes luister: luister vir spesifieke inligting, luister vir kritiese ontleding en evaluering, en luister vir waardering, genot en interaksie. Die fases is die volgende:

Preluister: Bepaal die konteks, wek belangstelling, ontwikkel woordeskat, voorspel die inhoud, bou op voorafkennis, bepaal die doel van die luisteropdrag.

Tydens luister: Ontleed die boodskap en bewyse van die spreker, maak afleidings om betekenis te bepaal, vra vrae, besin en evalueer.

Postluister: Hersien luisteraantekeninge en som op, ontleed en evalueer wat gehoor is.

Die prosesbenadering vir leesonderrig in Afrikaans

Leesonderrig behels dat fases van die leesproses gevolg word. Daar is drie fases wat gebaseer is op leesstrategieë vir die dekodering en begrip van ʼn teks. Byvoorbeeld: Wanneer studente ʼn onbekende teks lees, moet hulle eers konsentreer op die opvallende kenmerke van die tekstipe (prelees). Dit sal hulle ook help om assosiasies met hul eie ervarings te skep. Leesaktiwiteite (tydens lees) sal hulle ook help om die inhoud, struktuur en taalkenmerke van die teks te ontleed. Aan die einde van die aktiwiteit kan studente probeer om die teks in hul eie geskrewe tekste te reproduseer of leesbegripsvrae te beantwoord (postlees). Prelees: Hierdie fase stel studente bekend aan die teks. Dit aktiveer assosiasies en vorige kennis. Aktiwiteite kan die volgende insluit:

Vluglees en soeklees tekskenmerke: titels, opskrifte, subopskrifte, onderskrifte, visuele elemente en grafiese inligting soos lettertipe en -groottes, uitleg, ikone, illustrasies, tabelle, kaarte, diagramme, tuimelkieslyste, sleutelwoordsoektogte, ens.

Vluglees en soeklees dele van ’n boek, byvoorbeeld, titelbladsy, inhoudsopgawe, hoofstukke, woordelys, indeks, byvoegsels, voetnotas, ens.

Maak voorspellings deur die inligting te gebruik wat uit vluglees en soeklees verkry is. Verduidelik woordeskat wat onbekend of kompleks mag wees.

Tydens lees: Hierdie fase verwys na ʼn begrip van die teksinhoud en om aandag te skenk aan die taalkenmerke daarvan. Van studente word nou verwag om die volgende te doen:

• Toon aktiewe begrip van die teks. • Bepaal die betekenis van onbekende woorde/frases/beelde deur woordherkennings-

vaardighede, woordeboeke, ʼn tesourus en kontekstuele leidrade te gebruik. • Pas leesstrategieë toe, soos skep verbintenisse, soek vooruit in die teks na inligting wat kan

help, stel en beantwoord vrae, visualiseer, maak afleidings, lees vir hoofgedagtes, let op woordkeuse en taalstrukture, herken die tekssoort aan die struktuur en taalkenmerke.

• Maak aantekeninge of ʼn opsomming van hoof- en ondersteunende gedagtes.

Postlees: Dié fase stel studente in staat om die teks as geheel te beskou en daarop te reageer. Dit dien hoofsaaklik as ʼn vasleggingsfase vir studente om te besin oor wat hulle gelees het. Dié fase omvat ook die onderrig van begripslees. Verder is dit ook ʼn fase om die student se eie kennis/ belangstellings/opinies in verband met die teksinhoud te bring. Hulle sal onder meer let op die volgende:

• Vergelyk en kontrasteer; sintetiseer.

Page 45: GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR …

GETCA Afrikaans Curriculum Page 43

• Evalueer, kom tot gevolgtrekkings en verwoord eie opinie. • Ontwikkel kritiese taalbewustheid, soos onderskei tussen feite en menings, direkte en

geïmpliseerde betekenis, denotasie en konnotasie; bepaal die sosio-politieke en kulturele agtergrond van ʼn teks; let op gevoels- en manipulerende taal, partydigheid, vooroordeel, diskriminasie, stereotipering; maak afleidings.

Die prosesbenadering vir skryfonderrig in Afrikaans

Prosesskryf fokus op die proses van skryf eerder as op die finale produk. Tydens die proses gee die dosent terugvoer wat studente in staat stel om ʼn duidelik begrip te vorm van wat hulle moet skryf en hoe hulle moet skryf. Dit is baie belangrik dat assesseringskriteria duidelik aan die studente oorgedra word sodat hulle die kriteria kan gebruik terwyl hulle die skryfstuk ontwikkel én om hul eie werk deurlopend self te assesseer. Probleemoplossing vind plaas tydens skryf sodat die finale produk ʼn ware weergawe is van die student se skryfvaardigheid. Prosesskryf sluit die volgende fases in:

Preskryf: Tydens hierdie fase moet die student die onderwerp ontleed om ʼn goeie idee te kry waaroor hy/sy moet skryf volgens die opdrag. Die formaat, register, die doel, teikengroep en konteks van die teks moet bepaal word. Hier sal dit veral die aksiewoorde (vertel, beskryf, neem ʼn standpunt in) en die inhoudswoorde (Skryf ʼn verhaal oor ...; Beskryf jou eerste vakansie by ...; Hoe voel jy oor ...) van die onderwerp wees. Studente kan vrae vra soos: Wie? (vertel), Wat? (gee ʼn verduideliking), Waar? (beskryf die plek), Hoekom? (bevraagteken ʼn standpunt), Wanneer? (dui tyd aan).

Beplanning: Beplanning help studente om hulle gedagtes te organiseer en om nie van die

onderwerp af te wyk terwyl hulle skryf nie. Gebruik gepaste naslaanwerke/voorbeelde/ modelle, versamel inligting, organiseer idees waarop hulle in die preskryfstadium besluit het en skep ʼn raamwerk deur weer op die kernwoorde van die opdrag of onderwerp te let. ʼn Dinkskrum kan gehou word om hoofgedagtes en ondersteunende idees te identifiseer en in ʼn logiese volgorde te rangskik. Byvoorbeeld: o Paragraaf 1: Inleiding wat aansluit by die onderwerp. o Paragraaf 2, 3, 4: Uitbreiding van die onderwerp/idee – elke paragraaf vorm ʼn

samehangende geheel – hoofgedagte en bykomende gedagtes wat met mekaar verband hou.

o Slot: Samevatting, gevolgtrekking wat weer aansluit by die eerste paragraaf en onderwerp.

Eerste konsep: Studente skryf ʼn eerste konsep en hou die doel, teikengroep en onderwerp in gedagte. Hulle kies woorde wat by die onderwerp pas. Op dié stadium hoef studente nie veel aandag aan grammatikale korrektheid te gee nie omrede dit later tydens die proses hanteer word.

Redigering: Tydens redigering kyk die student nou na woordkeuse, sin- en paragraafbou, spelling en leestekens, asook die volgorde van paragrawe, samehang en toepaslikheid van die inhoud ten opsigte van die onderwerp. Dubbelsinnigheid, woordoortolligheid en beledigende taal moet uitgehaal word.

Tweede konsep: Hierdie konsep is vir finale finalisering en deeglike proeflees. ʼn Ander

student kan gevra word om die konsep te lees en aanbevelings te maak. Hersiening van die teks word gedoen met inagneming van ander se voorstelle. Selfassesseringsvrae is

Page 46: GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR …

GETCA Afrikaans Curriculum Page 44

belangrik, soos: Wat het ek goed gedoen? Wat het ek nie goed gedoen nie? Hoe kan ek my skryfwerk verbeter?

Finale aanbieding: Besin oor en evalueer die produk finaal. Die student bied ʼn netjiese

finale weergawe aan vir assessering.

Page 47: GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR …

GETCA Afrikaans Curriculum Page 45

Opsomming met voorgestelde aktiwiteite

Te

ma

Toepaslike taalstrukture Voorstelle vir aktiwiteite Vrae vir besinning

Verduidelik die komponente van Afrikaans taalstrukture wat in hierdie afdeling onderrig moet word om sodoende grammatika geïntegreerd en in konteks te onderrig.

Voorstelle vir aktiwiteite wat leer en onderrig in die afdeling ondersteun.

Vrae wat aan studente gestel moet voor, tydens en na elke afdeling sodat hulle aangemoedig word om hul eie leer en verworwe kennis in verband te bring met hul lewensdoelstellings en insigte, en om kritiese betrokkenheid met hul omringende wêreld aan te moedig.

1. t

aa

l e

n p

ers

oo

nli

ke

on

twik

ke

lin

g

Spelling en spelpatrone: woorde wat eindig met t/d, begin met v/f, geskryf met ei/y; afkortings, verkortings, akronieme; hoofletters

Skryfteken: afkappingsteken, kappie, deelteken, koppelteken

Leestekens: punt, komma, vraagteken, uitroepteken, aanhalingsteken

Woordvorming: basis/stam, voor- en agtervoegsels (afleiding)

Woordsoorte: werkwoorde (hoof- en hulpwerkwoorde); selfstandige naamwoorde (soortnaam, eienaam, versamelnaam, abstrak); voornaamwoorde (persoonlik besitlik, betreklik, vraende)

Sinstrukture: enkelvoudige en saamgestelde sinne

Sinsoorte: stelsin, vraagsin Tydsvorme (verlede, teenwoordige,

toekomende) Direkte en indirekte rede Paragraafstruktuur: hoofgedagte,

bykomende gedagtes Sinonieme, antonieme, homonieme

en homofone Kritiese taalbewustheid: denotasie

en konnotasie

Skryf drie (3) paragrawe in die eerstepersoon (ek) oor jouself. Skryf eers in die verlede tyd, dan die teenwoordige tyd, en dan in die toekomende tyd: Ek was ... Ek is ... Ek sal ...

Soek vyf (5) onbekende woorde in ʼn teks. Probeer om die betekenis in teks- en konteksverband af te lei. Gebruik ʼn woordeboek indien jy nie die betekenis kan aflei nie. Gebruik nou dié woorde in sinne sodat die betekenis duidelik blyk en skryf dit neer in jou joernaal.

Versamel ʼn klompie tekste uit jou

omgewing (soos graffiti, plakkate, advertensies, pamflette, koerant- of tydskrifartikels, subtitels in ʼn TV-program) en soek ooglopende taalfoute daarin. Neem ʼn foto daarvan of bring die tekste na die klaskamer en maak voorstelle hoe om die foute reg te maak. Vra jou dosent/instrukteur of jou korreksies reg is.

Hoe voel jy oor Afrikaans?

Wat is jou eerste herinneringe aan jou gebruik van Afrikaans?

Skryf in jou joernaal/of gesels in

groepe oor ʼn ervaring toe jy nie verstaan het waaroor ander gepraat het nie en hoe dit jou laat voel het.

Wat wil jy bereik deur hierdie studie

van Afrikaans? Wie ondersteun jou in jou reis om

Afrikaans goed te bemeester? Skryf ʼn vriendskaplike brief aan die persoon/persone (jy hoef dit nie vir die persoon/persone te gee nie).

Wat maak jou leerervaring makliker

of moeiliker vir jou? Wat kan jy doen om jou akademiese jaar te vergemaklik?

Skryf die naam neer van ʼn boek

(fiksie of niefiksie) wat vir jou nou moeilik is om te lees, maar wat jy moontlik sal verstaan na voltooiing van hierdie kursus.

Page 48: GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR …

GETCA Afrikaans Curriculum Page 46

2. A

frik

aa

ns

en

on

s o

mri

ng

en

de

reld

Spelling: hoofletters Punktuasie: komma, vraagteken,

uitroepteken, ellips, aandagstreep Verbindingswoorde: voegwoorde,

bywoorde, voornaamwoorde, telwoorde, tussenwerpsels

Enkelvoudige sin: onderwerp, voorwerp, gesegde, bepalings)

Saamgestelde sinne: byvoeglik, bywoordelik, neweskikkend

Sinsoorte: stelsin, bevelsin, vraagsin, uitroepsin

Bedrywende en lydende vorm Woordorde in sinne Ontkenningsvorme Betekenisleer/woordeskat-

uitbreiding: sinonieme, antonieme, paronieme, homonieme, homofone, een woord vir ʼn omskrywing

Kritiese taalbewustheid: feite, menings en bewerings, figuurlike taalgebruik, direkte en geïmpliseerde taalgebruik, stereotipering en stereotipes, vooroordeel, partydigheid, manipulering, oorreding, dubbelsinnigheid, gevoelstaal

Styl: satiries, komies, humoristiese nabootsing, spot

Maak aantekeninge van ʼn webtuiste of advertensie deur al die komponente te etiketteer en te verduidelik.

Vergelyk ʼn koerantberig/nuusberig met ʼn koerantrubriek. Identifiseer en onderskei tussen feite en menings/opinies/bewerings. Weerlê elke mening/opinie en soek ʼn feit om dit te bewys.

Verdeel in drie groepe en hou

klasdebatte. Groepe kan self onderwerpe kies en besluit water standpunte om in te neem.

Verdeel in pare. Een persoon

probeer die ander een oorreed om iets eenvoudigs te doen. Die ander persoon moet die maat probeer oortuig waarom dit nie gedoen moet word nie. Kyk wie se oorreding slaag.

Waarin stel jy belang en waaroor is jy passievol?

Wat is jou doelstellings vir jou lewe?

Watter verband is daar tussen jou lewensdoelstellings en jou passies?

Wat is belangriker – nuus of vermaak? Is dit beter om ingelig te wees of om te ontspan?

Hoe weet jy of dit wat jy lees of sien die waarheid is of nie? Watter metodes kan jy gebruik om die akkuraatheid van dinge te bepaal? Hoeveel keer aanvaar jy bloot iets as die waarheid sonder om daarvan seker te maak?

Is sekere nuusbronne meer geloofwaardig as ander?

Is sekere vorme van kennis belangriker as ander? Byvoorbeeld: Wiskunde is belangriker as kuns.

Indien iemand iets op sosiale media plaas/pos, het hulle hul reg op privaatheid prysgegee?

Behoort die internet gereguleer te word?

Page 49: GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR …

GETCA Afrikaans Curriculum Page 47

3. A

frik

aa

ns

en

die

we

rkp

lek

Spelling en spelpatrone: verdubbeling van konsonante en vokale

Letters van die alfabet – alfabetisering

Woordvorming: samestelling en afleiding

Woordeskat Woordvolgorde Verbindingswoorde Woordsoorte: werkwoorde,

voegwoorde, voornaamwoorde, voorsetsels, tussenwerpsels

Sinstrukture Sinsoorte Sleng, brabbeltaal, omgangstaal,

eufemisme, hiperbool, litotes (verkleining)

Formele en informele taal Register, styl en toon

Kategoriseer die klaskamer. In hoeveel kategorieë kan die studente verdeel word? Dink aan ras, geslag, ouderdom, ens. Probeer om aan meer ongewone kategorieë te dink, soos goeie dansers, temperamente, stokperdjies, kinders.

Maak ʼn opname van hoe jy ʼn telefoonoproep professioneel beantwoord en neem ʼn skriftelike boodskap. Dink aan aanspreekvorms en taalgebruik.

Soek ʼn werksadvertensie oor jou droomberoep al is jy nie daarvoor gekwalifiseer nie. Skryf ʼn dekbrief vir jou aansoek en verduidelik waarom jy die mees geskikte persoon vir die pos is.

Lewer ʼn formele voorbereide toespraak in die klas oor ʼn onderwerp wat vir jou belangrik is. Maak gebruik van visuele hulpmiddels.

Soek ʼn teks wat in ʼn formele trant geskryf is. Herskryf die teks deur van sleng en omgangstaal gebruik te maak.

Waarom dink jy het die mens ʼn behoefte om dinge te kategoriseer? Hoe maak kategorisering die lewe beter/makliker? Hoe maak dit dinge erger/meer problematies?

In hoeveel “kategorieë” pas jy? Is dit moontlik dat kulturele

verskille rakende etiket misverstande in die werkplek kan veroorsaak?

Behoort voornemende werkgewers toegelaat te word om toegang tot werksaansoekers se sosiale media profiele te hê?

Behoort voornemende werkgewers toegelaat te word om ʼn werknemer te ontslaan oor iets wat hulle op sosiale media gedoen of geplaas het?

Dink jy mense moet geoordeel word oor hulle kleredrag? Is formele kleredrag noodsaaklik vir ʼn beroep? Is bevoegdheid nie belangriker nie?

Page 50: GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR …

GETCA Afrikaans Curriculum Page 48

4. A

frik

aa

nse

le

tte

rku

nd

e e

n v

erm

aa

k

Spelling en spelpatrone: woordafkapping, los- en vasskryf van woorde

Punktuasie: dubbelpunt, aanhalingsteken, hakies

Werkwoord, tydsvorme, deelwoorde

Bywoorde (tyd, wyse, plek, modaliteit)

Selfstandige naamwoorde: soorte, meervoud, verkleining, geslag

Byvoeglike naamwoorde (trappe van vergelyking, intensiewe vorme, verboë vorme)

Direkte en indirekte rede Figuurlike taalgebruik Dramatiese ironie Strofes, versreëls, tipografie Beeldspraak: metafoor, vergelyking,

personifikasie Stylfigure: hiperbool,

klanknabootsing, ritme rym (alliterasie, assonansie, rymskema), eufemisme, simboliek, repetisie

Skryf ʼn kort beskrywende paragraaf wat net uit werkwoorde, lidwoorde en selfstandige naamwoorde bestaan. Herskryf die paragraaf en voeg bywoorde (by die werkwoorde) en byvoeglike naamwoorde (by die s.nwe.) by. Hoe kan jy die toonaard/stemming verander deur verskillende b.nwe. of verskillende werkwoorde te gebruik?

Skryf in pare ʼn dialoog tussen karakters vanuit verskillende boeke wat julle lees. Een persoon begin om die dialoog te skryf en gee die bladsy dan vir sy/haar maat wat ʼn respons daarop skryf en handig dit dan terug. Hou aan om te reageer op mekaar se dialoë totdat die gesprek tussen die karakters afgehandel is.

Skryf een gedig per dag vir tien dae lank.

Dink aan iets wat met jou gebeur het, maar wat nie volgens jou verwagtings gebeur het nie. Skryf dit neer, maar herskryf die einde/ slot soos wat jy dit graag sou wou gehad het.

Lewer ʼn voordrag van ʼn gedig: Kies ʼn gedig waarvan jy hou, verduidelik waarom jy dit gekies het, verduidelik die betekenis van die gedig en dra dit voor.

Hou ʼn klasdebat oor wat die beste was – die boek of die film/drama.

Wat maak ʼn boek/teks “goed” of “sleg”? Watter kriteria gebruik jy om dit te assesseer?

Hoe beïnvloed die dinge waarna jy kyk of wat jy lees die wyse hoe jou oor dinge dink? Dink jy dit is goed of sleg?

Dink jy romans, folklore en poësie

het steeds ʼn bestaansreg in die moderne samelewing of is dit ouderwets?

Dink aan ʼn simbool of metafoor wat

jou verteenwoordig en uitbeeld. Beskryf jouself as dié simbool of metafoor en verduidelik hoekom dit by jou pas en waarom jy dit gekies het.

Is verbeelding belangrik? Het ons

dit steeds nodig? Waarvoor het ons dit nodig?

Page 51: GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR …

GETCA Afrikaans Curriculum Page 49

Glossarium

abstrakte selfstandige naamwoord (woordsoort) – Naamwoorde wat sake soos houding en gevoel uitdruk, bv.: liefde, haat, vrees.

aflei – Om tussen die reëls te lees (figuurlik); om ʼn opinie (afleiding) oor iets of iemand te vorm.

afkappingsteken (skryfteken) – Sekere woorde word met ʼn afkappingsteken geskryf: die meervoud en verkleining van naamwoorde en eiename wat eindig op i, o, u en ʼn lang, beklemtoonde a-klank, bv.: foto/foto’s/foto’tjie. Woorde soos oumas/dramas/oupatjie eindig nie op ʼn lang, beklemtoonde a nie en kry daarom nie ʼn afkappingsteken nie. Die meervoud en verkleining van letters van die alfabet, syfers, gewone afkortings, afkortings van grade en diplomas, soos 9’s of 3’tjies kry afkappingstekens.

afkorting – Word gewoonlik met punte geskryf. By afkortings wat net uit hoofletters bestaan, is punte opsioneel: MIV of M.I.V. Titelafkortings en voorletters kan met of sonder punte geskryf word. Punte word by die meeste kleinletter-afkortings gebruik: m.b.t. (met betrekking tot). Geen punte word by metrieke eenhede se afkortings gebruik nie: km (kilometer).

agtergrond – Die omstandighede waarteen ʼn verhaal afspeel.

akroniem – ʼn Woord wat uit een of meer beginletters van twee of meer woorde saamgestel en as ʼn woord uitgespreek word: VIGS of vigs uit verworwe immuniteitsgebreksindroom; PIN uit persoonlike identiteitsnommer; UNISA of Unisa uit Universiteit van Suid-Afrika.

akuut (aksentteken) – Word net op vokaalletters en diftonge gebruik om te beklemtoon: ongelóóflik, déúr, héilig, dié, asook by woorde van vreemde herkoms, bv.: détente.

alliterasie – Herhaling van dieselfde letters of klanke (konsonante) waarmee ʼn woord begin. Dit kom voor in alledaagse uitdrukkings soos kind nog kraai; brood en botter.

anekdote – ʼn Kortverhaal wat dikwels op persoonlike ervaring gebaseer is. Dit is ʼn interessante, vermaaklike storie, veral in verband met ʼn bekende persoon.

antiklimaks – Die omgekeerde van ʼn klimaks/hoogtepunt en is gewoonlik die teenoorgestelde van wat die leser/hoorder/kyker verwag. In letterkunde suggereer ʼn antiklimaks dat die verwagtinge wat die skrywer opbou, doelbewustelik anders is.

animasie – Die aanmekaarlas van stil prente of tekeninge om die illusie van lewe of beweging te skep.

antitese/teenstelling – Word gebruik om twee uiterstes teenoor mekaar te stel. Dié kontras beklemtoon wat gesê word, bv.: Die soet en die suur van die lewe.

antoniem – Woorde wat min of meer die teenoorgestelde betekenis binne konteks van ʼn sin het, bv.: lelik/mooi; kort/lank.

appe voor. assonansie – Die herhaling van klinkers/vokale in meer as een woord om ʼn klankpatroon te vorm; veral digters en skrywers van liedjies of advertensies gebruik dit: “oor Kampsbaai/en by Seepunt wit koppe bly waai./Maar, in die baai ...” (Van Wyk Louw, “Die wind in die baai het gaan lê”).

bedrywende/aktiewe vorm (teenoorgestelde van lydende vorm) – Die sin in sy basiese vorm soos dit in die gewone skryf- en spreektaal voorkom: onderwerp + gesegde + voorwerp: Die dokter (onderwerp) ondersoek (gesegde) die pasiënt. (voorwerp).

beeldspraak – Figuurlike vorm van taalgebruik wat van beelde, vergelyking en personifikasie gebruik maak. Beelde word veral in literêre tekste gebruik. Dit is belangrik om te onthou dat dit altyd op vergelyking berus.

beklemtoning – Klem op iets lê, benadruk deur herhaling of aksent op ʼn lettergreep.

besin/besinning – Om deeglik en versigtig oor iets na te dink, of om iets te sê waaroor jy goed gedink het.

boodskap – Die lewensles(se) wat ʼn verhaal die leser wil leer.

Page 52: GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR …

GETCA Afrikaans Curriculum Page 50

byvoeglike bepaling – Omskryf die onderwerp en voorwerp breër. Vergelyk die volgende: Die man met die baard lyk gevaarlik. (Wie? Die man met die baard); Hy koop die boek wat ek graag wil lees. (Watter boek? – wat ek wil lees).

byvoeglike naamwoord/adjektief (woordsoort) – Beskryf ʼn selfstandige naamwoord en kan attributief (ʼn groen appel – groen staan voor die s.nw.) of predikatief (die appel is groen – staan na die s.nw.) gebruik word. Byvoeglike naamwoorde het trappe van vergelyking, bv.: mooi – mooier – die mooiste, intensiewe vorme, bv.: doodsiek, potblou, goudgeel, pikswart, suikersoet, asook verbuiging, bv.: ʼn swaar klip/sware beproewings; die kind is stom; die stomme kind.

bywoord (woordsoort) – Beskryf ʼn werkwoord. Dit is ʼn woord wat by ʼn werkwoord, ʼn byvoeglike naamwoord (adjektief), ʼn ander bywoord, ʼn sinsdeel, ʼn bysin, of ʼn sin meer inligting gee oor tyd, wyse, plek en modaliteit.

bywoordelike bepaling – Kan gebruik word om ʼn sin meer te omskryf of uit te brei. Byvoorbeeld: Hy kruip agter die kas weg. (Waar? – agter die kas); Die kinders is vir hul stoutigheid gestraf. (Waarom? – oor hul stoutigheid); Die werkers gedra hulle soos kinders. (Hoe? – soos kinders).

deelteken (skryfteken) – Gebruik dit wanneer daar binne ʼn woord ʼn opeenhoping van vokale is en jy twyfel of dit as een of twee lettergrepe uitgespreek moet word. Deeltekens word gebruik om aan te dui waar die volgende lettergreep begin: be/ëdig; be/ërwe; ge/ëer; ge/ëis. Dit vergemaklik uitspraak, bv.: vo/ëls (teenoor voels) hi/ëna (teenoor hiena).

deelwoord – Werkwoorde wat van vorm en soms van woordsoortfunksie verander. Die term “deelwoord” dui daarop dat die woord deels ʼn werkwoord en deels ʼn naamwoord is (s.nw. of b.nw.), bv.: laggende skare, huilende kinders (teenwoordige deelwoorde); skrap – geskraapte, breek – gebreekte, gebroke (verlede deelwoorde).

dekor – Toerusting wat gebruik word om die agtergrond van ʼn toneel na te boots. Dit kan dinge insluit soos muurpanele, deure, meubels, ʼn TV, rekenaar en alle groot items.

denotasie – Die gewone betekenis van ʼn woord; die letterlike, saaklike, objektiewe betekenis, bv.: Indien jy ʼn gimnas wil wees, moet jy jou gewig dophou. (Letterlik: jou gewig.)

denouement (ook ontknoping) – Die afloop van ʼn verhaal of drama – gewoonlik die laaste gedeelte.

dialoog – Gedeeltes in ʼn verhaal wat aandui dat ʼn gesprek plaasvind en die presiese woorde van karakters gegee word. Dialoog kan karakteriserend wees.

direkte rede – Wanneer ʼn persoon se direkte woorde gebruik word sonder enige verandering, bv.: “Jack, help my asseblief om die opstel te skryf”, smeek Lucy. Jack antwoord beslis: “Nee, ek leer nou.” Die direkte rede word met aanhalingstekens aangedui. Let ook op die gebruik van die dubbelpunt en die komma. dramatiese doelstelling – Die teks/drama beoog om ʼn spesifieke reaksie by die toeskouer te ontlok.

dramatiese ironie – ʼn Vorm van kontras in ʼn toneelstuk of teks – die karakter is onbewus van die ware stand van sake, terwyl die leser/toeskouer/ander karakters weet wat werklik aan die gebeur is. Dié soort ironie verhoog (of ontlaai) die spanning en dra by tot die genot of deelname van die gehoor.

dramaturg – Die persoon wat ’n drama skryf.

dubbelsinnigheid – Waar die taal só gebruik word dat meer as een betekenis ontstaan of wanneer dit onbewus verkeerd gebruik word, kan dit die leser verwar, bv.: Sy trek voor. (Staan sy in die voorste plek of bevoordeel sy iemand bo ander?)

eienaam (woordsoort) – Name van mense, diere, plekke, ens., bv.: Tebogo, Karabo, Kaapstad, Suid-Afrika, Drakensberge.

ellips – Woorde wat weggelaat of verswyg word en dan deur die leser self voltooi moet word. In geskrewe tekste word die ellips meestal deur drie puntjies (beletselteken) aangedui.

enkelvoudige sin – ʼn Sin wat bestaan uit drie sinsdele: ʼn onderwerp, ʼn voorwerp en ʼn gesegde

Page 53: GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR …

GETCA Afrikaans Curriculum Page 51

(werkwoordgedeelte). Die gesegde dui die handeling of aksie in die sin aan (dit wat gedoen word). Die onderwerp is die persoon of ding wat die aksie uitvoer. Die voorwerp is die persoon, dier of ding waarop die aksie uitgevoer word.

eufemisme – Taalgebruik wat versagting uitdruk, om nie gevoelens seer te maak nie, bv. lang vingers hê (steel). Nog voorbeelde: steel versagtend beskryf as gaps, baie vet as mollig; vloek as ʼn knoop, lieg as spekskiet, ens.

figuurlike betekenis (konnotasie) – Die emosionele betekenis wat aan ʼn woord(e). Dit word gebruik wanneer ʼn uitdrukking of woorde op ʼn ander betekenisvlak as die letterlike verstaan word: “Ek hou my asem op” beteken figuurlik ek verkeer in spanning.

figuurlike taal – Taal wat van beelde gebruik maak om ʼn spesifieke effek te bereik soos metafore, vergelykings en personifikasie; dit word ook oordragtelike taalgebruik genoem en kom baie in literêre tekste voor.

folklore – Al die gebruike, gewoontes, oorleweringe, vertellings, liedjies, ens., van ʼn groep of volk.

geïmpliseerde betekenis (implisiete boodskap) – Wanneer dit wat iemand skryf of sê, ʼn indirekte of verskuilde boodskap het, bv.: “Dit is al tien uur” kan impliseer die persoon is laat.

geletterdheid/geletterdhede – Daar is verskillende soorte geletterdheid: lees/kyk en skryf/aanbied (tradisionele basiese geletterdhede), kulturele geletterdheid (begrip van die kulturele, sosiale en ideologiese waardes wat ons lees van tekste vorm), kritiese geletterdheid (die vermoë om krities op die boodskap in tekste te reageer), visuele geletterdheid (die vermoë om beelde, tekens, prente, visuele simbole, ens. te lees/teken/skryf), mediageletterdheid (die lees van koerante, tydskrifte, TV en film as kulturele boodskappe), inligtingsgeletterdheid (die vermoë om inligting te vind, ontsluit, evalueer, berg, gebruik, ens.) en rekenaargeletterdheid (die vermoë om rekenaars en rekenaarprogramme – ook die internet – te gebruik).

genre – ʼn Vorm of soort literatuur, bv. drama, poësie, kortverhale, gedigte, roman, volksverhale, biografie. Dit is geskryf vir ʼn spesifieke doel en teikengroep en het ʼn herkenbare struktuur en kenmerke.

gevoelstaal (emotiewe taal) – ʼn Taal of styl wat tot die emosies spreek en sterk gevoelens wek; teenoorgestelde van nugter, saaklike taal.

gravis (aksentteken) – Word net op vokaalletters gebruik, bv.: appèl; dè; hè; nè. Dit word ook by sekere leenwoorde gebruik (crèche), asook sekere eiename (Adèle).

groeptaal – Variëteit van ʼn taal wat deur ʼn bepaalde groep mense soos boere, vissers, fabriekswerkers, studente, tieners gepraat word, en dit van die algemene taal onderskei deur uitdrukkings en betekenisverskille.

handeling – Alles wat ʼn karakter doen. Daar word onderskei tussen uiterlike handeling (fisieke handeling) en innerlike handeling wat in die gemoedere van die karakters afspeel, soos sielkundige en emosionele reaksies op gebeure.

herhaling/repetisie – Woorde, sinsdele of sinne wat herhaal word om ʼn bepaalde effek te verkry ter wille van uitheffing/beklemtoning en betekenisverbande.

hiperbool (oordrywing) – ʼn Stylfiguur of vorm van taalgebruik wat iets erger of groter as wat dit werklik is, voorstel, bv.: Ek het dit al ʼn duisend keer gesê./Ek het my morsdood (baie) verlang na jou.

homofoon – Woorde wat dieselfde klink, maar hul spelling en betekenis verskil: Die son brand fel op die aarde. Sy het ʼn sensitiewe vel./Lood is baie swaar. Die boom se loot groei uit.

homoniem – Woorde wat dieselfde klink en gespel word, maar in betekenis verskil: Hulle loot vir ʼn wedstryd. Die boom se loot groei. Pers is ʼn mooi kleur. Die pers (koerant) het die storie gepubliseer.

hoofteks – Die dialooggedeelte waar ʼn karakter begin praat. Geen aanhalingstekens word gebruik nie; elke spreekbeurt begin op ʼn nuwe reël.

Page 54: GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR …

GETCA Afrikaans Curriculum Page 52

hulpwerkwoord (woordsoort) – Tree altyd saam met ʼn selfstandige werkwoord in ʼn sin op en help die selfstandige werkwoord om tyd (het gevra), wyse/modaliteit (moet vra) en die lydende vorm (is gevra) uit te druk.

ikoon – ʼn Klein tekeninkie of prentjie op ʼn bladsy of ʼn rekenaar om die begin van ʼn spesifieke funksie of aktiwiteit aan te dui, bv.: Om ʼn nuwe legger oop te maak, klik op die ikoon.

indirekte rede – Wanneer iemand se direkte woorde later oorgedra word, noem ons dit die indirekte rede, bv.: Lucy smeek Jack om die opstel te skryf. Jack weier en sê hy leer.

infinitief – Die vorm van ʼn werkwoord wat gewoonlik na te of om te gebruik word, maar dit kan ook alleen staan. Die infinitief dui aan dat ʼn handeling nie deur iets of iemand verrig word nie – die handeling is onbepaald. Dit kan op drie maniere in Afrikaans geskryf word: Om lekker te eet is nie altyd gesond nie./Eet is lekker./Dié huis is nie te koop nie.

intonasie – Die verandering van die toonhoogte van die stem; stembuiging wat betekenis kan beïnvloed, bv. tydens praat kan vrae ʼn hoër intonasie hê.

intrige (plot) – Die wyse waarop die ontwikkeling van gebeure of verhaalplan plaasvind. Gebeure veroorsaak dat ʼn spanningslyn opgebou word wat uiteindelik tot ʼn klimaks ontwikkel; word ook verwikkeling genoem.

ironie – Woordgebruik waardeur die teenoorgestelde blyk van wat verwag word; ook situasies of omstandighede waarin die teenoorgestelde voorkom van wat verwag is. ʼn Spreker gebruik ironie om dit wat hy/sy eintlik wou sê, op spottende wyse te beklemtoon. Die skrywer se woorde moet dus nie letterlik opgeneem word nie.

kappie (skryfteken) – Word op die vokale e, o, u, en i in ʼn oop lettergreep wat ʼn lang gerekte klank het, gebruik, bv.: affêre, sê; rûe, môre; wîe. Gebruik die kappie ook wanneer die e-klank in geslote lettergrepe, wat op ʼn enkelkonsonant eindig, voorkom, bv.: skêr; sekondêr.

karakter – Karakters is persone, diere of dinge wat in ʼn verhaal optree. Daar is verskillende soorte karakters: die hofkarakter is die belangrikste en ondergaan gewoonlik groei/ ontwikkeling. Newekarakters bly op die agtergrond en verander nie in die verloop van die verhaal nie.

kernwoordsoektog – Dit kan uitgevoer word op die internet of ʼn rekenaar se databank. Die program kan gevra word om ʼn woord of frase in ʼn teks te soek.

klimaks – Die hoogtepunt of belangrikste gebeurtenis in ʼn verhaal wat spanning skep en wat gewoonlik na aan die slot van die verhaal is.

kognitiewe akademiese vaardighede – Vaardighede soos afleiding, sintese, evaluering en waardering. Die begrip beskryf abstrakte, gedekontekstualiseerde, kognitief-eisende taal, soos wetenskaptaal.

koherensie – Die samehang in ʼn paragraaf en die samehang binne die verskillende paragrawe van ʼn teks wat idees saambind. kohesie – Die samehang binne sinne. ʼn Samehangende teks vorm ʼn eenheid. Dit maak gebruik van verbindingswoorde, voegwoorde en voornaamwoorde om eenheid te skep, bv.: Punktuasie is noodsaaklik omrede dit geskrewe taal maklik verstaanbaar maak.

kompleks – Woorde wat uit meer as een woorddeel bestaan, soos afleidings, samestellings en samestellende afleidings.

konflik – Die stryd of botsing wat tussen karakters of groepe en hul omstandighede ontstaan; in die letterkunde ontstaan konflik dikwels as gevolg van teenoorgestelde behoeftes of waardes van karakters. Konflik kan innerlik (gevoelens/emosies/gedagtes) of uiterlik (fisies) wees.

konnotasie – Die ongewone betekenis van ʼn woord waaronder die figuurlike betekenisse soos idiome, spreekwoorde en beeldspraak tel, bv.: Elkeen moet sy gewig ingooi om die wedstryd te wen. (Figuurlike betekenis – jou beste lewer.)

Page 55: GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR …

GETCA Afrikaans Curriculum Page 53

konteks – Die samehang of breër verband tussen woorde en die spesifieke situasie waarin daardie woorde ʼn boodskap oordra.

kontekstuele leidraad – ʼn Leestegniek om alle tekens of leidrade in ʼn teks te gebruik om die betekenis van die teks te ontsluit.

kontras – ʼn Stylmiddel waarin twee uiterstes teenoor mekaar gestel word om ʼn sekere effek te bereik, bv.: Hoe meer haas, hoe minder spoed.

koppelteken (skryfteken) – Koppel woorde aan mekaar, bv.: by samestellings wat op ʼn vokaal eindig en die volgende met ʼn vokaal begin, soos senu-uitputting, wa-as, bo-op; na-aap; baie lang woorde kry ʼn koppelteken, bv.: ontwikkelingspelerspan-afrigter; as weglaatteken in woorde soos assistent- en hoofredakteur; in verbindings met die woord “hulle”, bv.: die familie-hulle; by herhalingsamestellings, bv.: boetie-boetie, so-so; by militêre range, bv.: sersant-majoor; geografiese name, bv.: Bo-Kaap, Oos-Londen, Verre-Ooste. Telwoorde waarin en voorkom, kan los of met ʼn koppelteken aan weerskante van die en geskryf word: ses-en-twintig, ses en twintig.

koppelwerkwoord (woordsoort) – Koppel woorde en sinsdele met mekaar, bv.: Sarie is gesond./Johan lyk gesond./Dit blyk dat hy nie die troue gaan bywoon nie. Van die bekendste koppelwerkwoorde is: is, word, was, lyk, blyk, skyn, heet.

krities lees – Jou mening lug oor waardes, houdings, standpunte, maatskaplike en ander kwessies in ʼn teks.

kritiese taalbewustheid – Die vermoë om die konstruksie van betekenis te ontleed deur begrip van magsverhoudinge binne en tussen tale. Dit bemagtig die student om manipulasie te weerstaan en om taal sensitief te gebruik.

leenwoord – Wanneer ʼn woord van een taal so dikwels in ʼn ander taal gebruik word dat dit later in die ander taal aanvaar en in dié taal se woordeboeke opgeneem word. Afrikaans het woorde aan verskillende tale ontleen: Afrikatale: gogga, geitjie, mamba, eina; Engels: tennis, gholf, brekfis, jellie; Japannees: sushi, kimono; Frans: restaurant, mayonnaise, kaskenades; Maleis: bobotie, blatjang, bredie, piering; Duits: swernoot, swaap; Engels: Afrikaans leen ook heelwat woorde van Engels. Sommige van hierdie leenwoorde word later as Omgangsafrikaans aanvaar, bv.: SMS, oukei, orraait, tjip, tjop, filet.

legende – ʼn Ou bekende storie, dikwels oor ʼn held, avontuur, fantastiese gebeurtenis wat geslag ná geslag oorvertel word sonder enige bewys dat dit waar is.

letterlik (teenoor figuurlik) – Die eenvoudigste, direkte betekenis van woorde.

letterlike betekenis (denotasie) – Wanneer die betekenis van ʼn woord of uitdrukking presies is soos die woorde (letters) sê. As ek sê: “Ek hou my asem op”, sal dit letterlik beteken: ek trek my asem in en haal vir ʼn paar sekondes nie asem nie.

letterlike en figuurlike taalgebruik – Taal word op twee vlakke gebruik: letterlik (iets wat werklik plaasvind) en figuurlik (iets wat deur middel van beelde kommunikeer). Iets wat werklik is, is letterlik. Die koeël is deur die kerk, beteken letterlik ʼn koeël het deur die kerk getrek. Gewoonlik word dié uitdrukking figuurlik gebruik en beteken dan: dit het klaar gebeur, niks kan meer aan die saak gedoen word nie.

litotes (opsetlike verkleining) – In teenstelling met die hiperbool, dui die litotes op verkleining. Dit word gebruik om beskeidenheid of valse beskeidenheid uit te druk, bv.: My ou ringetjie het net een miljoen gekos. Die litotes kan ook spot of afguns uitdruk.

lydende/passiewe vorm (teenoorgestelde van bedrywende vorm) – Wanneer die sin in die lydende vorm gebruik word, ruil die onderwerp en die voorwerp om: Die bal word deur die seun gegooi. (teenwoordige tyd); Die bal is deur die seun gegooi. (verlede tyd); Die bal sal deur die seun gegooi word. (toekomende tyd)

manipulerende taal – Taal wat daarop ingestel is om ʼn ander se optrede te beïnvloed of

Page 56: GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR …

GETCA Afrikaans Curriculum Page 54

onregverdige voordeel uit iets te trek, soos in politieke toesprake of reklame. Retoriese vrae, oordrywing en selfs alliterasie (beklemtoning) kan gebruik word om te manipuleer/om op ʼn sekere manier na dinge te kyk.

metafoor – ʼn Beeldende vorm van taalgebruik waar een ding gebruik word om ʼn ander een met soortgelyke eienskappe te beskryf. Digters gebruik metafore wanneer een saak direk in verband met iets anders gebring of gelykgestel word aan iets anders.

mite – ʼn Oorlewering oor, bv., gode en godsdiens; ʼn storie sonder grond; onwaarheid (fabel).

modus – ʼn Wyse van kommunikasie soos die geskrewe modus, die gesproke of mondelinge modus, die visuele modus wat grafiese vorms soos tabelle insluit en die kinetiese modus wat van gebare/beweging gebruik maak. Inligting kan van een modus na ʼn ander verander word, soos om ʼn grafiek te gebruik om ʼn teks te skryf, of om inligting uit ʼn mondelinge teks te gebruik om byskrifte by ʼn prent te skryf.

motoriese moment – Die gebeurtenis aan die begin van ʼn verhaal, drama wat die handeling/

gebeure, wat uiteindelik na die klimaks of die antiklimaks sal lei, aan die gang sit.

oksimoron – ʼn Stylfiguur waarin twee teenoorgestelde begrippe (twee teenstrydige woorde) direk met mekaar verbind word, bv.: innerlike sielelewe, ʼn dawerende stilte, horende doof, siende blind, lieflike gemors, ens.

omgangstaal – Die spontane, informele taal van die daaglikse lewe; gewone spreektaal, bv.: Smyt dit sommer daar neer. (omgangstaal)/Sit dit asseblief daar neer. (formele taal).

omgeleerde woordorde/inversie – Die woordorde in ʼn sin word doelbewus verander. Dit word gebruik ter wille van rym, om belangrike woorde te beklemtoon en om die ritme in ʼn gedig te bevorder.

onderbeklemtoning – Die uitdruk van iets op ʼn terughoudende wyse, eerder as om die volle feite of waarheid te ontbloot, gewoonlik vir beklemtoning.

onomatopee/klanknabootsing – Die namaak van klanke in woorde. Sulke woorde help om in die verbeelding ʼn prentjie te vorm van die dinge, mense of plekke wat beskryf word. Somtyds klink ʼn woord soos die geluid van die ding of handeling/aksie waarna dit verwys, bv.: kaplaks! tjirp, brr..., tingeling, ens.

ontkenning – In Afrikaans word die dubbele ontkenningsvorm gebruik. Langer sinne kry ʼn dubbele negatief, bv.: Tebogo gaan nie partytjie toe nie. By ʼn kort sin sonder ʼn voorwerp in die teenwoordige tyd, word slegs ʼn enkele nie gebruik, bv.: Tebogo pla my nie. Hy ry nie. Sekere woorde verander as dit in die negatiewe vorm oorgeskryf word: iemand – niemand; êrens – nêrens; ooit – nooit; iets – niks; moet – moenie; een – geen.

ontknoping (ook afloop) – Die oplossing van die intrige wat gewoonlik in die slot plaasvind.

opsomming – Om die hoofgedagtes van ʼn teks kortliks neer te skryf.

opstel – ʼn Lang skryfstuk wat oor ʼn sekere onderwerp handel:

- verhalende opstel: ʼn Verhaal/storie van iets, iemand of ʼn gebeurtenis word vertel. Dit kan dramaties, humoristies, ernstig of treurig wees, bv.: Die dag toe ek weggeloop het.

- beskrywende opstel: In hierdie opstel word tekenend geskryf oor gebeure, iets of iemand – sintuiglike waarneming en verbeelding is hier belangrik, bv.: Die mooiste, mooiste seisoen.

- beredenerende opstel: ʼn Opstel wat beide kante van ʼn argument bevat – dit is objektief en stellings is goed gemotiveerd, bv.: Die saak vir of teen die verkiesing van ʼn vrou as president van Suid-Afrika.

paradoks – ʼn Stelling wat ʼn teenstrydigheid bevat of skynbaar teenstrydig is met die feite, bv.: Om die waarheid te sê moet ek lieg; Dit lyk of hulle lekker begrafnis hou.

parentese – ʼn Inlassin; wanneer ʼn sin onderbreek word om addisionele inligting by te voeg. Dit word

Page 57: GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR …

GETCA Afrikaans Curriculum Page 55

gewoonlik met kommas, hakies of aandagstrepe aangedui, bv.: Die vakansie – die beste een van die jaar – het aangebreek.

paroniem – Woorde met dieselfde stam (stamverwante woorde). Dit is dikwels woorde wat verwar omdat dit dieselfde lyk, maar gebruik en betekenis verskil, bv.: Deesdae het almal geldelike probleme. Die skool is nog nie geldig nie. (nog nie van krag nie)

partydig – Eensydig, vooringenome, wat by ʼn beoordeling die saak nie objektief beskou nie.

partydigheid – ʼn Geneigdheid om een ding/idee/houding of persoon bo ʼn ander een te bevoordeel en wat dit moeilik maak om ʼn regverdige oordeel te vorm. ʼn Regter kan bv. nie as regter mag optree in ʼn hofsaak waar familie of vriende die beskuldigdes is nie, want hy kan nie onpartydig wees nie.

personifikasie – ʼn Vorm van beeldspraak waardeur menslike eienskappe en handelinge aan lewelose dinge, diere of plante toegeken word. Ons personifieer wanneer ons aan die natuur, lewelose voorwerpe, diere en abstrakte begrippe die eienskappe en handelinge van mense toeskryf.

pleonasme (woordoortolligheid) – Die gebruik van meer woorde as wat nodig is om ʼn sinonieme gedagte uit te druk, bv.: ʼn ronde sirkel, moontlike kans, ek persoonlik weet nie self nie, weer herhaal.

polisemie – Verwys na ander aspekte of sake van dieselfde begrip. Die woord skool het een betekenis, maar dit verwys na verskillende sake, bv.: Die skool kom uit. (kinders); ʼn Nuwe skool word gebou. (gebou); Dit is ʼn goeie skool om ervaring op te doen. (onderrig).

prefiks/voorvoegsel – Dit het betekenis en staan voor die basisvorm/stam, bv.: verken, bevorder, ontneem. (Raadpleeg ook voorvoegsel.)

proeflees – Die laaste stap van prosesskryf voor aanbieding, die aandagtige lees vir taalfoute.

refrein – (ook koor). Dit is die herhaling van ʼn versreël of ʼn aantal verse aan die einde van ʼn strofe, veral in liriese teks soos ʼn ballade of ʼn liriek.

redigering – Die proses van lees en herskryf van ʼn teks, insluitend taalgebruik, punktuasie en spelling, en om samehang van idees en struktuur na te gaan.

regisseur – Dit is die persoon wat aan die akteurs verduidelik wat hulle moet doen in bv. ʼn film/drama. Hy vertel die storie en sorg dat die kamerawerk, klank en stelinkleding inpas by die storie. Die regisseur die hele produksie aan die gang en sorg dat alles in fokus is en styl het.

register – Die woorde, styl en grammatika wat in verskillende kontekste of situasies deur sprekers en skrywers gebruik word. Amptelike dokumente word bv. in ʼn formele register geskryf, regsdokumente in ʼn regsregister.

retoriese middel – Tegnieke soos pouses, herhaling en uitroepe wat ʼn spreker/digter gebruik om lesers of gehore van ʼn sekere standpunt te oortuig.

retoriese vraag – ʼn Vraag wat reeds die antwoord bevat en gebruik word om iets te beklemtoon of dramatiese effek te bereik, bv.: Weet jy hoe gelukkig jy is?

ritme – Afgemete beweging van klank waar beklemtoonde en minder beklemtoonde lettergrepe reëlmatig op mekaar volg. Ritme word gekenmerk deur beweging. Dit ontstaan wanneer beklemtoonde lettergrepe (heffings) en onbeklemtoonde lettergrepe (dalings) ʼn maatslag of klankpatroon skep. Hoe korter heffings op mekaar volg, hoe vinniger is die ritme.

ruimte – Die agtergrond, milieu, plek van handeling. Dit is die plek waar ʼn verhaal geplaas is en waar die gebeure afspeel. Dit is nie net die fisiese ruimte nie, maar ook die geestelike ruimte wat die atmosfeer en stemming insluit, en veroorsaak dat die karakters op die ruimte reageer. Die ruimte kan dus karakteriserend inwerk en die spanning laat opbou.

rym – Herhaling van klanke wat met mekaar ooreenstem. Rym is kenmerkend van die poësie. Dikwels het dit ook ʼn klanknabootsende, sangerige funksie en dit word ook vir beklemtoning gebruik. Rym kom veral voor wanneer konsonante (alliterasie) en vokale (assonansie) in woorde herhaal word.

saamgestelde sin – ʼn Sin met twee of meer gesegdes, bv.: Sommige mense wat die bus ry, kom vinnig

Page 58: GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR …

GETCA Afrikaans Curriculum Page 56

by die werk. Die sin bestaan uit twee dele: Sommige mense (wat bus ry), kom vinnig by die werk. Die sin buite die hakie – Sommige mense kom vinnig by die werk – is die belangrikste deel en daarom die kerngedagte of hoofsin. Die deel binne die hakie word by die hoofsin gevoeg omdat dit meer sê van die mense en is daarom ʼn bysin. ’n Saamgestelde sin het dus ʼn hoofsin en een of meer bysinne, of dit kan uit ʼn hoofsin en neweskikkende hoofsin bestaan: Ek eet vrugte en jy eet nagereg.

samestelling: Wanneer twee of meer woorde/basisse saamgevoeg word, bv.: jassak, donderweer, badkamer. Soms word “ekstra” letters bygevoeg sodat die samestelling meer verstaanbaar is, bv.: kind + boek = kinderboek Die -er is ʼn verbindingsklank tussen kind + boek. Nog voorbeelde: etenstyd, kalwerhok, volkslied.

sarkasme – In mondelinge of skriftelike tekste op ʼn skerp, bytende manier met iemand spot om seer te maak of met minagting op iemand se foute wys wat dikwels aanstootlik kan wees, bv. om vir iemand wat laat is vir ʼn vergadering te sê: Dis só goed dat jy gekom het.

satire – ʼn Manier om met spot die foute en dwaashede van individue of wanbestuur in ʼn samelewing oop te vlek; ʼn hekelende/spottende manier van kritiek lewer.

selfstandige naamwoord (woordsoort) – Sluit in soortname (meervoude/verkleining/geslag van mense, dinge), eiename (van stede, plekke, name wat met hoofletters geskryf word), abstrakte selfstandige naamwoorde (soos liefde, haat), versamelname (ʼn swerm bye), massaname (sand, wol, goud, koring) en maatname (ʼn emmer melk, ʼn bottel water, ʼn koppie suiker).

simbool – ʼn Teken/voorwerp wat ʼn ander saak verteenwoordig; ʼn kruis is ʼn tradisionele simbool wat soos beeldspraak na die werklikheid verwys, maar ook ʼn dieper betekenis kry; ʼn duif simboliseer liefde en vrede.

simpleks – ʼn Woord wat uit slegs een woorddeel soos die stam/basisvorm bestaan, bv. tand, voet.

sinestesie – Beeldspraak in die vorm van ʼn metafoor of ʼn vergelyking waarin die sake wat met mekaar vergelyk word tot twee verskillende gebiede van sintuiglike waarneming behoort. Dikwels word die sintuiglike waarnemings omgeruil, bv.: Haar sang gee my koue rillings.

sinoniem – Woorde wat min of meer dieselfde betekenis binne konteks van ʼn sin het, bv.: mooi/aantreklik/beeldskoon.

sinspeling – Wanneer jy tydens skryf of praat indirek na ʼn persoon, onderwerp of gebeurtenis verwys; ʼn bedekte aanduiding, bv.: Haar sinspeling op sy gebrek het hom verleë gemaak.

sintese/sintetiseer – Die saamvoeg van idees uit verskeie bronne; ʼn duidelike opsomming van hierdie saamgevoegde idees.

slengtaal (ook slang- of groeptaal) – Informele taalgebruik gebonde aan ʼn bepaalde sosiale groep, bv.: jongmense, studente, skoliere.

soeklees – Om jou oë oor ʼn teks te laat beweeg om spesifieke inligting te vind, soos wanneer jy ʼn naam of nommer in ʼn telefoongids soek of ʼn trein- of busrooster raadpleeg.

soortnaam (woordsoort) – Die name van voorwerpe waaraan jy kan vat en wat jy kan sien, bv.: bak, deeg, stoel, seun, ram. Ons ken ʼn selfstandige naamwoord aan die volgende: Die lidwoorde “ʼn” en “die” kan voor die woord geskryf word. Soortname het ʼn meervoud en verkleining, bv.: Die kinders neem almal deel. Die bordjie is maar klein vir die baie kos. Dit het ook manlike en vroulike geslag, bv.: mans – vrouens; ram – ooi; weduwee – wewenaar.

spanning – Die gevoel van afwagting en onsekerheid wat in die loop van die verhaal by die leser wakker gemaak word.

spreker in ’n gedig – ʼn Digter maak van ʼn spreker gebruik wat nie noodwendig die digter self hoef te wees nie. Die spreker in ʼn gedig kan byvoorbeeld ʼn dier wees.

stam/basisvorm – Die deel van ʼn woord wat die betekenis aan die woord gee. Die basisvorm van die volgende woorde is skuinsgedruk: gesondheid, tweede, bedelaar, oefening, beïndruk.

Page 59: GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR …

GETCA Afrikaans Curriculum Page 57

standaardtaal – Die standaardvariëteit van ʼn taal, die vorm wat meestal in koerante, amptelike dokumente en taalboeke gebruik word. Dit is nie noodwendig die beste vorm van die taal nie, maar dis die vorm wat om historiese en/of politieke redes as die standaardvariëteit aanvaar is.

stemming – ʼn Ingesteldheid van die gemoed, bv. vrolik, sorgeloos, weemoedig, ens.

stemprojeksie – Luidheid, volume van stem. Luisteraars kan duidelik hoor wat ʼn spreker sê.

stereotipe – Vaste (gewoonlik eensydige) siening of voorstelling van ʼn soort mens, bv.: vrouens, immigrante, rugbyspelers, priesters, politici, ens.

stereotipering – Wanneer ʼn persoon of groep persone beskryf of geoordeel word volgens ʼn vaste standpunt, bv.: ʼn vrou met blonde hare en blou oë kan soms as ligsinnig gestereotipeer word, terwyl besondere slim mense gestereotipeer word as mense met geen sin vir humor nie.

strategie – ʼn Sekere prosedure wat gebruik word om ʼn probleem te hanteer.

struktuur (van ʼn kreatiewe teks) – Die bou of struktuur van ʼn verhaal of drama wat bestaan uit die eksposisie (aanloop), motoriese moment, verwikkeling, ontwikkeling, klimaks (hoogtepunt) en ontknoping (afloop/denouement).

studielees (aandagtige lees) – Doelgerig die inhoud van die teks deurgaan om moeilike/ onbekende woorde/frases se betekenis te bepaal, kerngedagtes te identifiseer, vrae te beantwoord en ʼn opsomming van die inligting te maak.

stylfiguur – ʼn Manier om iets uit te druk sodat ʼn sekere styleffek bereik word deur woorde nie in hulle normale of letterlike betekenis/funksie te gebruik nie, maar op ʼn wyse wat groter krag aan die taal verleen, bv. eufemisme, hiperbool, ironie, satire, litotes, sarkasme, metafoor, oksimoron.

subintrige – Verwikkelde situasie wat naas die hoofintrige in ʼn verhaal verloop.

suffiks/agtervoegsel – Staan agter die basisvorm/stam en het betekenis, bv.: dierlik, dadeltjie, besems (dui hoedanigheid, verkleining en meervoud aan). (Raadpleeg ook agtervoegsel.)

telwoord (woordsoort) – Kan ʼn spesifieke hoeveelheid of ʼn onbepaalde hoeveelheid dinge aandui, bv.: drie weke, talle toeskouers, min woorde, sewentigste wedstryd, die laaste maal.

tema – Die sentrale idee in ʼn literêre of ʼn ander soort teks soos ʼn toespraak of opstel, soos liefde, jaloesie, vriendskap.

tempo – Die tydmaat of pas/snelheid waarin ʼn teks/gedig verloop; die spoed waarteen iets gebeur of gedoen word.

terugflits – Wanneer die chronologie in ʼn verhaal onderbreek word en gebeure wat vroeër plaasgevind het, voorstel asof dit so pas plaasgevind het.

toneel (bv. in ʼn film/drama) – ʼn Toneel is wanneer ʼn insident in kontinuïteit of aaneenlopend plaasvind. Dikwels speel ʼn toneel net op een plek af, maar een karakter kan ook ʼn ander karakter bel en oor iets gesels – dan sien die kyker karakter een in ʼn kamer en karakter twee wat in ʼn motor ry en op ʼn selfoon gesels, maar die toneel vorm ʼn eenheid.

toneelaanwysing – Inligting wat ʼn dramaturg in ʼn teks aanteken soos die ruimte of plek waar die toneel afspeel, die tyd, karakters en hul emosies. Dit staan altyd in skuinsdruk (kursief) voor ʼn bedryf/toneel, of tussen hakies net na ʼn karakter se naam.

toon – Die bepaalde hoogte van ʼn klank of stembuiging wat ʼn gevoelsboodskap kan oordra soos rustig, woedend, vrolik, somber. In ʼn geskrewe teks word dit in woorde uitgedruk, bv. neutrale woorde kan ʼn objektiewe toon oordra. In rolprente kan toon geskep word deur musiek of die agtergrond.

trappe van vergelyking – Soos van toepassing op byvoeglike naamwoorde en bywoorde, soos mooi, mooier, mooiste en gou, gouer, gouste.

tussenwerpsel (woordsoort) – Druk gevoelens uit soos medelye, bewondering, afkeuring, blydskap, vreugde, skok, pyn, afsku, teleurstelling, vertedering en ongeloof, bv.: Allawêreld, só moet jy nie maak

Page 60: GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR …

GETCA Afrikaans Curriculum Page 58

nie! Hiert! Hoe skrik ek nou!

tydsvorm – Soos aangedui deur die gebruik van die werkwoord. Daar is drie tydsvorme, naamlik die teenwoordige tyd, verlede tyd en die toekomende tyd.

verbindingswoord – Woorde wat gebruik word om sinsdele, sinne en paragrawe te verbind, bv.: eerste, daarom, gevolglik, volgens, as gevolg van.

vergelyking – ʼn Stylfiguur waarin dinge wat ooreenstem, naas mekaar gestel word om die ooreenkomste uit te lig. Dit word verbind deur woorde soos nes, asof, net soos, soos en as.

verkorting – Die eerste lettergreep en die volgende konsonant(e) word gebruik, bv.: Afr. – Afrikaans, Gesk. – Geskiedenis.

verteller – Die een (persoon, dier, ding) wat ʼn verhaal vertel.

vertellersperspektief – Verteller se standpunt vanuit ’n spesifieke hoek gesien: alomteenwoordig, eerste persoon (ek) en derdepersoon (hy, sy hulle).

veronderstelling – Wanneer jy dink iets is waar, maar jy het nie sekerheid daaroor of ʼn definitiewe bewys daarvoor nie.

versamelnaam (woordsoort) – Woorde wat ʼn versameling van dieselfde tipe voorwerpe of mense aandui, bv.: ʼn Klomp wasgoed word ʼn bondel genoem; ʼn klomp vrugtebome is ʼn boord; die ministers van ʼn land word die kabinet genoem; ʼn stapel klippe; ʼn swerm voëls; ʼn sak aartappels, ens.

verwysing – ʼn Lys wat aandui waaruit of waarvan inligting gebruik is, soos die verwysings agter in ʼn boek.

visualiseer – Om ʼn beeld of prent van iets of iemand in jou gedagtes te formuleer.

vluglees – Om ʼn teks baie vinnig te lees ten einde ʼn oorsig te verkry, soos om die koerantopskrifte vir hoofnuus te vluglees.

voegwoord (woordsoort) – Verbind woorde, sinsnede en sinne, bv.: en, omdat, maar.

voor- en agterplasing – Belangrike woorde word voor of agter in ʼn sin of versreël geplaas deur die woordorde van die sin te verander ter wille van beklemtoning/uitheffing.

voor- en agtervoegsel – Nuwe woorde kan gevorm word as voor- en agtervoegsels gebruik word. Meervoude en verkleining is voorbeelde van woorde wat met voor- en agtervoegsels gevorm word. Die funksie van morfeme: meervoude: put – putte; verkleining: put – putjie; trappe van vergelyking: mooi – mooier – mooiste; verlede tyd: loop – geloop, dink – gedink; b.nw. – verbuiging: die pad is glad, dit is ʼn gladde pad. voornaamwoord (woordsoort) – ʼn Woord wat in die plek van ʼn selfstandige naamwoord staan, bv.: hy/sy (persoonlik); dit/daar (onpersoonlik); myne/joune/hare (besitlik); waarop/op wie (betreklik); wie/wat (vraend); niemand/baie/iets (onbepaald); hierdie/daardie (aanwysend); mekaar (wederkerig); ek bekommer my (wederkerend – wanneer die onderwerp en die voorwerp dieselfde persoon is).

vooroordeel – Vooropgestelde idees oor ʼn persoon, groep, idee of saak. Sodanige neiging om een saak bo ʼn ander te bevoordeel bring mee dat billike assessering baie moeilik word. Jy is nie objektief nie.

voorsetsel (woordsoort) – Dui die verhouding van iets teenoor iets anders aan, bv.: voor, agter, langs, onder. Ek loop in, langs, by, op die paadjie.

waardering – Wanneer ʼn persoon uitdrukking gee aan sy/haar dankbaarheid oor iets wat goed, is; ʼn begrip van die belangrikheid of betekenis van iets.

werkwoord (woordsoort) – ʼn Selfstandige of (hoof-) werkwoord toon gewoonlik aan wat die onderwerp in ʼn sin doen: Pete sit op die stoel. Ons onderskei tussen oorganklike (Ek eet ʼn ontbyt.) en onoorganklike werkwoorde (Ek eet elke oggend.).

Page 61: GENERAL EDUCATION AND TRAINING CERTIFICATE FOR …

GETCA Afrikaans Curriculum Page 59

woordfamilie – ʼn Reeks woorde wat dieselfde stam/basisvorm het en waarby verskillende voor- en agtervoegsels gevoeg kan word; verwante woorde.

woordherkenningsvaardighede – Die strategieë wat gebruik word vir die lees van onbekende woorde deur bv. definisies te formuleer, ʼn verklaring tussen hakies, ʼn verklaring wat later in die teks voorkom, sinonieme en antonieme, die verdeling van woorde in lettergrepe, om na die betekenis van die voor- en agtervoegsels te kyk of om betekenis uit die konteks af te lei.

woordoortolligheid – Plekke in ʼn teks waar die boodskap duidelik genoeg is en oortollige woorde weggelaat kan word; woordekonomie is juis ʼn kenmerk van goeie poësie.

woordspeling – Wanneer ʼn skrywer grappenderwyse die verskillende betekenisse van woorde gebruik veral in literêre werke en ook in visuele tekste soos spotprente. Die skrywer wil die leser verras deur woorde op verskillende maniere te gebruik en wat misleidend kan wees.