geïntegreerde jaarverslag - acorn agri & food...geÏntegreerde jaarverslag 2019 3...

40
Geïntegreerde jaarverslag 2019

Upload: others

Post on 15-Feb-2021

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

  • Geïntegreerde jaarverslag

    2019

  • ACORN PRIVATE EQUITYiii

    PrestasieSTRATEGIESE HOOGTEPUNTE

    Samesmelting van Overberg Agri en Acorn Agri is afgehandel.

    Die bestuurspanne en onderskeie kulture van Overberg Agri en Acorn Agri is geïntegreer.

    Montagu het sy sakemodel suksesvol van suiwer franchise- na kleinhandel-fokus verander.

    P&B Lime Works het kapasiteit uitgebrei deur ’n bykomende oond te bou en die siftingsfasiliteit te vergroot.

    Bredasdorp Slagpale het kapasiteit uitgebrei van 600 na 950 eenhede per dag.

    Grassroots het ooreenkoms onderteken om waarde te ontsluit deur sy grootste afdeling van die hand te sit.

    Nuwe uitvoerende hoofde is by Boltfast en Montagu aangestel.

    AgVentures is gevestig as ’n afdeling van Acorn Agri & Food, om geleenthede in landbou- en voedseltegnologie na te streef.

    Acorn Agri & Food se nuwe korporatiewe identiteit en webwerf is bekend gestel.

    FINANSIËLE HOOGTEPUNTE

    +24.1% (jaar tot jaar)

    +2.8% (jaar tot jaar)

    +11.0% (jaar tot jaar)

    Omset Bedryfswins Kernwesensverdienste2019: R7 896 miljoen2018: R6 361 miljoen

    2019: R360 miljoen2018: R350 miljoen (Syfers genormaliseer vir PFG -aandeelverkope)

    2019: R161 miljoen2018: R145 miljoen

    -3.7% -27.0% -27.2%Netto batewaarde per aandeel

    Kernwesensverdienste per aandeel

    Dividend per aandeel

    2019: R24.502018: R25.43

    2019: R1.352018: R1.85

    2019: R0.40 2018: R0.55

  • GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2019

    Binneblad Prestasie

    2 5-jaar f inansiële oorsig

    3 Oor hierdie verslag

    4 Oor Acorn Agri & Food

    14 Bedryfsomgewing

    16 Strategie

    18 Voorsitter se verslag

    20 Uitvoerende hoof se verslag

    23 Finansiële hoof se verslag

    25 Beleggingsverslag

    28 Onafhanklike ouditeur se verslag op die opgesomde gekonsolideerde f inansiële state

    29 Opgesomde gekonsolideerde f inansiële state

    34 Leierskorps

    36 Inligting vir aandeelhouers

    Inhoud

  • ACORN AGRI & FOOD BPK2

    5-jaarfinansiële oorsig

    2019Rm

    2018Rm

    2017Rm

    2016Rm

    2015Rm

    INKOMSTESTAATOmset 7 896 6 361 2 965 2 655 2 637VVRBWA* (EBITDA) 474 401 308 216 209Bedryfswins 360 350 277 187 183Wesensverdienste – voortgesette bedrywighede 105 118 147 97 97Kernwesensverdienste 161 145 159 103 97

    FINANSIËLE POSISIENie-bedryfsbates 3 297 2 148 2 105 1 550 1 979Bedryfsbates 2 778 1 989 1 491 1 117 888Aandeelhouersekwiteit 3 523 2 164 2 113 1 783 1 849Nie-bedryfslaste 951 452 257 229 279Bedryfslaste 2 063 1 522 1 300 656 734Kontant en kontantekwivalente 245 179 122 70 34Rentedraende skuld 2 190 1 318 968 379 503

    KONTANTVLOEIKontantvloei uit bedryfsaktiwiteite (46) 118 331 25 27Kontantvloei uit beleggingsaktiwiteite (209) (68) (417) 179 (31)– Aankoop van eiendom, aanleg en toerusting (247) (194) (110) (76) (77)– Verkoop van eiendom, aanleg en toerusting 64 7 14 3 14Kontantvloei uit finansieringsaktiwiteite 281 27 117 (168) (12)– Dividende betaal (43) (44) (34) (45) (19)– Aandele uitgereik/teruggekoop 2 4 – – –Netto kontantvloei 26 77 32 36 (17)

    VERHOUDINGSWinsgewendheidBruto wins 11.9% 11.9% 18.1% 17.4% 17.2%VVRBWA 6.0% 6.3% 10.4% 8.1% 7.9%Bedryfswins 4.6% 5.5% 9.4% 7.0% 6.9%Opbrengs op gemiddelde ekwiteit 3.7% 5.5% 7.5% 5.3% 6.3%Opbrengs op gemiddelde bates 1.9% 3.0% 4.6% 3.5% 3.9%Finansiële sterkteBedryfsverhouding 1.3 1.3 1.1 1.7 1.2Finansiële hefboomfinansiering 1.9 1.9 1.8 1.5 1.5Netto rentedraende skuld tot ekwiteit 0.6 0.5 0.4 0.2 0.3Netto rentedraende skuld tot kontant uit bedrywighede (42.2) 9.7 2.6 12.2 17.5

    KontantgenereringBedryfskontantvloei tot verkope (0.6%) 1.9% 11.2% 1.0% 1.0%Bedryfskontantvloei tot wesensverdienste (44.1%) 100.1% 226.1% 26.2% 27.6%

    SkaalvermoëTotale bates tot verkope 84.3% 65.0% 125.6% 100.5% 108.5%Bedryfskapitaal tot verkope 20.3% 20.0% 32.7% 26.7% 22.4%

    PER AANDEELWesensverdienste per aandeel – voortgesette bedrywighede (rand) 0.88 1.51 1.94 1.28 1.28Kernwesensverdienste per aandeel (rand) 1.35 1.85 2.10 1.36 1.15Bedryfskontantvloei per aandeel (rand) (0.3) 1.5 4.3 0.3 0.3Dividend per aandeel (rand) 0.40 0.55 0.55 0.44 0.29Netto batewaarde per aandeel (rand) 24.50 25.43 R26.76 23.24 21.73

    AANDELEVERHANDELING-STATISTIEKEGewone uitgereikte aandele (getal – ’000) 138 374 77 961 77 788 75 497 83 886Gewone uitgereikte aandele uitgesluit tesourie aandele (getal – ’000) 127 777 77 961 77 788 75 497 83 886Geweegde gemiddelde uitgereikte aandele uitgesluit tesourie-aandele (getal – ’000) 119 298 77 944 75 530 75 497 83 886Aandeelprys teen jaareinde (rand) 21.00 25.6 20.8 18.9 17.5Markkapitalisasie (R’000) 2 905 859 1 995 804 1 617 991 1 426 898 1 468 002Prys-tot-verdienste-verhouding (keer) 23.9 16.9 10.7 14.8 13.6Dividendopbrengs (%) 1.9% 2.1% 2.7% 2.3% 1.7%

    VOLHOUBAARHEIDGetal vaste werknemers 3 222 1 310 1 224 1 144 1 089Korporatiewe maatskaplike belegging (Rm) 3.9 6.3 5.1 3.1 1.4Opleidingsgelde (Rm) 5.4 2.7 3.4 3.0 3.2

    * Verdienste voor rente, belasting, waardevermindering en amortisasie

    Aantekening 1: Die uitwerking van die verkoop van aandele wat in Pioneer Voedsel gehou word, is uitgesluit van bogenoemde VVRBWA en bedryfswins om ’n soort-vir-soort-vergelyking van die bedryfsresultate van Acorn Agri & Food moontlik te maak.

    Aantekening 2: ’n Aandeleverdeling het op 2 Mei 2018 plaasgevind, waarvolgens nege bykomende aandele vir elke enkele uitgereikte aandeel uitgereik is. Die historiese per-aandeel-verhoudings is vir die aandeleverdeling aangepas om ’n soort-vir-soort-vergelyking moontlik te maak.

    Aantekening 3: Dieeffektiewebelastingkoersvan2018isaangepasom’nvergelykendeperiodeaanpassingtereflekteer.

  • GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2019 3

    Vergelykbaarheidskwessies/GebeureOverberg Agri Bpk en Acorn Agri (Edms) Bpk het op 2 Mei 2018

    saamgesmelt. As ’n bedryfsmaatskappy, het Overberg Agri in die

    verlede gekonsolideerde finansiële state bekend gemaak.

    Acorn Agri, aan die ander kant, het as ’n beleggingsmaatskappy,

    finansiële state bekend gemaak wat vrygestel was van konsolidasie

    en wat gemeet is teen billike waarde deur wins of verlies.

    Vir die 2019 finansiële jaar maak Acorn Agri & Food opgesomde

    gekonsolideerde finansiële state bekend wat die syfers van die

    volgende bevat:

    • Die entiteite met betrekking tot Overberg Agri, vir die volle

    finansiële jaar.

    • Die entiteite wat voorheen deur Acorn Agri besit is, vir

    10 maande vanaf 2 Mei 2018.

    Die vergelykbare inligting van 2018 bestaan egter slegs uit die

    gekonsolideerde finansiële state van die voormalige

    Overberg Agri Bpk en sy filiale. Lesers moet kennis neem dat die

    finansiële uitwerking van die samesmelting dus beduidende

    vergelykbaarheidskwessies daarstel. Hierdie kwessies word verder

    deur ACG Fruit verwring, wat nie tans tot die Groep se winste bydra

    nie ondanks sy sterk netto batewaarde, asook die uitgifte van

    aandele aan Acorn Agri se aandeelhouers en eenmalige kostes met

    betrekking tot die samesmelting.

    Verder moet daarop gelet word dat ’n aandeleverdeling op

    2 Mei 2018 plaasgevind het, waarvolgens nege bykomende

    aandele vir elke enkele uitgereikte aandeel uitgereik is. Die

    historiese per-aandeel-verhoudings is vir die aandeleverdeling

    aangepas om vergelyking van soort met soort moontlik te maak.

    Cobus Visser André UysNie-uitvoerende voorsitter Uitvoerende hoof

    Oor hierdie verslag

  • ACORN AGRI & FOOD BPK4

    Oor Acorn Agri & Food

    Acorn Agri & Food is ’n vooraanstaande, vertikaal geïntegreerde Suid-Afrikaanse landbou- en voedselgroep met meer as ’n 100-jaar erfenis. Ons is ’n publieke maatskappy wat landwyd bedrywig is, met ’n sterk teenwoordigheid in die Wes-Kaap.

    Ons fokusgebiede binne die landbou- en voedselwaardeketting bestaan uit:

    Ons entrepreneurspan het saam meer as ’n eeu se ervaring en ’n unieke kombinasie van bedryfs- en beleggingskundigheid in die landbou-

    en voedselsektore.

    VisieOm ’n nalatenskap van langtermyn-, volhoubare waarde vir

    alle belanghebbendes te skep deur die voorkeur bedryfs- en

    beleggingsvennoot in die landbou- en voedselwaardeketting

    te wees.

    Waardes Vertrouensverhoudinge: Ons is toegewyd om die voorkeurvennoot vir alle belanghebbendes te wees deur

    sterk verhoudinge te smee.

    Ondersteunende aard: Ons streef daarna om die vaste grondslag te wees waarop ander hul potensiaal kan

    ontwikkel.

    Deursigtigheid: Ons glo eerlikheid en deursigtigheid is die beste benadering om vertroue te skep.

    Billikheid: Ons behandel ander regverdig en sonder diskriminasie.

    Passie: Ons het ’n passie vir ons besigheid, die doel van die besigheid en sy mense.

    Kernfeite543 000 tonse graan hanteer

    R1.4 miljard se kleinhandelsware verkoop

    R1.8 miljard se finansiering aan produsente verskaf

    225 000 tonse kalk verkoop

    1.6 miljard kartonne tafeldruiwe en 1.6 miljoen kartonne sagte sitrus geproduseer

    134 000 kleinvee-eenhede verwerk

    16 000 ton se meel vervaardig

    1 870 tonse gesondheidshappies vervaardig

    2 280 tonse droëvrugte en neute verkoop

    Agri-insette:

    Brandstof Vars vrugte Voedselverwerking Gesondheidskosse

    Agri-insette

    en -dienste

  • GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2019 5

    Volhoubare waarde is met verloop van

    tyd deur verskillende sakesiklusse

    heen geskep.

    Acorn Agri & Food het blootstelling aan die hele waardeketting, insluitend landbouproduksie, verskaffing van insette en dienste, verwerking en verspreiding van handelsmerk- en kommoditeits-voedselprodukte.

    Vertikale integrasie verhoog volhou-baarheid en verminder die sikliese aard van winste.

    Die gesondheidsvoedselbedryf groei beide plaaslik én internasionaal, hoofsaaklik as gevolg van veranderende verbruikersbehoeftes en stygende besteebare inkomste.

    Volgens onafhanklike navorsing is Montagu een van die bekendste droëvrugte- en neuthandelsmerke in Suid-Afrika, met ’n baie lojale kliëntebasis.

    Die groep benut die Montagu-handelsmerk se potensiaal deur dit as ’n gesonder peuselhappie-handelsmerk te herposisioneer.

    Die Groep stel innoverende gesondheids-happie-handelsmerke plaaslik en internasionaal bekend.

    Die Groep het sy eie, ontwrigtende gesondheidshappie-produkte en sterk navorsings- en ontwikkelingsvermoëns wat produkinnovasie dryf.

    Grassroots Group was die enigste verskaffer van die grootste gesondheids-happie-handelsmerk in die Verenigde Koninkryk. Dit is die verskaffer van privaat etikette soos Oh My Goodness en Simple Truth in Suid-Afrika.

    Die Groep streef die verkryging van plaaslike en internasionale gesondheids-happie-handelsmerke na as ’n strategie om markte te bereik met die wêreldgehalte gesondheidshappies wat reeds binne die Groep vervaardig word.

    Vertikaal geïntegreer in die landbou- en voedselsektore

    Leiersposisie in die groeiende gesondheids-voedselbedryf

    Besigheid met ’n 100-jarige geskiedenis

    BeleggingsgevalDie volgende beleggingsaantreklikhede onderskei die Groep van sy portuurgroep en behoort die Groep in staat te stel om volhoubare opbrengste vir aandeelhouers to genereer:

  • ACORN AGRI & FOOD BPK6

    OOR ACORN AGRI & FOOD (vervolg)

    Die Wes-Kaap, wat die Overberg-streek

    insluit, is Suid-Afrika se grootste

    koringproduserende streek. Suid-Afrika is

    ’n netto invoerder van koring, wat beteken

    dat die Overberg-streek ’n kritieke bron van

    koring is.

    Die Overberg-streek is een van die mees

    bestendige landbouproduksiestreke in

    Suid-Afrika, wat lei tot hoër, meer

    volhoubare inkomste vir

    landbouprodusente wat met Overberg Agri

    sake doen.

    Histories beskou, kan dit hoofsaaklik

    toegeskryf word aan goeie weers- en

    grondtoestande asook die diversiteit van

    die boerderybedrywighede, wat koring,

    gars, canola en veeboerdery insluit.

    In die verlede het ondergemiddelde

    reënval net ’n geringe negatiewe

    uitwerking op koringopbrengs per

    hektaar gehad, omdat die tydsberekening

    van reënval gewoonlik bestendig is.

    Markleier in die verskaffing van goedere en dienste aan landbou-produsente in die Overberg-streek van die Wes-Kaap

    Die bestuurspan het ’n unieke kombinasie

    van bedryfs-, finansiële, korporatiewe

    finansierings- en privaatekwiteit-ervaring.

    ’n Sterk bedryfsprestasiegeskiedenis met

    jaarlikse verkope van 31.5% oor ’n tydperk

    van vyf jaar.

    Bestuur se beleggingsprestasiegeskiedenis

    bestaan uit drie samesmeltings en

    11 verkrygings in Overberg Agri en

    Acorn Agri oor die afgelope 15 jaar.

    Die bestuur en werknemers het ’n

    beduidende aandeelhouding (9.86%) in

    Acorn Agri & Food en is daarom mede-

    eienaars saam met aandeelhouers.

    Bestuurspan met bedryfs- en beleggingskundigheid wat saam meer as 100 jaar ervaring in die landbou- en voedselsektore het

  • GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2019 7

    SakemodelAcorn Agri & Food volg ’n sakemodel van vertikale integrasie binne die landbou- en voedselwaardeketting. Ons fokus hoofsaaklik op die

    verskaffing van landbou-insette en -dienste aan landbouprodusente, die lewering van na-oesdienste en die vervaardiging van voedselprodukte.

    Ons is ook op landbouproduksie van tafeldruiwe en sagte sitrus toegespits.

    Acorn Agri & Food se vertikaal geïntegreerde sakemodel bied die volgende voordele:

    • Inkomste wat minder siklies van aard is: Die landbou- en voedselsektore is ontvanklik vir verskillende en onverwante invloede. Hierdie invloede verskil gewoonlik ten opsigte van tydstip en effek, en daarom verminder vertikale integrasie die sikliese aard van verdienste vir ’n

    landbou- en voedselbesigheid.

    • Meer stabiele marges: Deelname aan ’n groter deel van die waardeketting beteken meer stabiele marges as gevolg van groter beheer deur die hele waardeketting.

    • Verskaffingsekerheid: Deelname in die verskillende dele van die waardeketting verbeter sekerheid van die verskaffing van grondstowwe en beperk afhanklikheid van derde partye of markkragte.

    • Sinergieë: Daar is meer geleenthede vir samewerking en kruisverkope binne die Groep.

    • Verbeterde innovasie: Deelname in verskillende dele van die waardeketting skep ’n beter geleentheid om areas te identifiseer waar groter doeltreffendheid deur innovasie verkry kan word.

    of dit kan voorwaarts

    integreer deur ’n bakkery te

    besit wat meel afkomstig

    van die koringmeul gebruik.

    ’n Koringmeul kan

    terugwaarts integreer

    deur sy eie

    koringboerdery te

    bedryf wat koring aan

    die meul verskaf,

    of

    Wat is Vertikale Integrasie?Vertikale integrasie is die kombinasie van twee of meer fases van produksie en/of verspreiding wat gewoonlik apart is. Ter illustrasie:

    Landbouproduksie sluit enige tipe boerdery in, soos

    die kweek en oes van

    landbouprodukte en die

    teel van vee.

    Agri-insetbesighede verskaf verskillende

    hulpbronne en dienste wat

    deur landbouprodusente

    gebruik word, bv. saad,

    kunsmis, plaastoerusting,

    veevoer en finansiële

    dienste, om landbou-

    produkte te produseer.

    Landbou-uitsetbesighede lewer na-oesdienste soos

    die logistiek, verwerking,

    berging, verpakking en

    bemarking van

    landbouprodukte.

    Voedselverwerking is die omskepping van

    landbouprodukte na

    voedsel.

    Die Landbou- en Voedselwaardeketting

  • ACORN AGRI & FOOD BPK8

    2

    Loxton Irrigation, Acorn Agri & Food se besproeiingspesialis, help Hans om die optimale besproeiingsuitleg en -plan te ontwerp.

    6

    Terwyl koring op Hans se plaas gesaai word, kyk hy ook na sy vee en doen die nodige voorbereidingswerk in sy vrugteboorde.

    9

    Van die druiwe uit Hans se wingerde word verpak in verpakkingsmateriaal wat by Acorn Agri & Food se verpakkingspesialis Agpack gekoop is, en moontlik saam met die druiwe van ACG Fruit uitgevoer.

    3

    Hans verkry ’n inset-finansieringsfasiliteit van Overberg Agri om die nodige insette vir die boerdery, soos saad, kunsmis en chemikalieë, te koop – wat hy ook by Overberg Agri kan koop. Hy koop ook landboukalk by P&B Lime Works en ’n trekker by Overberg Agri se Meganisasie- en Ingenieursafdeling.

    10

    Beeste en skape afkomstig van Hans se plaas word aan Bredasdorp Slagpale verkoop om verwerk en aan die groothandelsmark verkoop te word.

    4

    Moov Fuel sorg dat Hans toegang tot genoeg brandstofvoorraad het om onder andere sy vloot landboutoerusting vir plant en oes te mobiliseer.

    7

    Koring word geoes en van Hans se plaas af na Overberg Agri se graansilo’s vervoer om gegradeer en geberg te word. Hy gebruik die opbrengs van hierdie oes om sy inset-finansieringsfasiliteit by Overberg Agri te dek.

    11

    Grassroots Group verwerk vrugte en vrugtepulp afkomstig van Hans se plaas in droëvrugte en innoverende gesondheidshappies, wat wêreldwyd uitgevoer word. Montagu Droëvrugte & Neute verkoop ook hierdie produkte aan die plaaslike mark.

    8

    1

    2

    3

    4

    5

    6

    7

    Voor oestyd

    Na oestyd

    9

    10

    11

    1

    Boer Hans gebruik die spesialisdienste van Overberg Agri om hom met die ontleding van die vorige seisoen se data te help en ’n boerderyplan vir die komende seisoen op te stel.

    5

    Overberg Wealth and Risk Management sorg dat Hans se boerdery, oeste en vee genoegsaam verseker is om sy finansiële risiko in die geval van ’n onvoorsiene ongeluk of ramp te verlaag.

    8

    Die koring word aan meule soos dié van Pioneer Voedselgroep verkoop, of aan meulenaars soos Lesotho Milling, wat hierdie koring maal om koringmeel te maak.

    OOR ACORN AGRI & FOOD (vervolg)

    Die volgende illustreer die vertikaal geïntegreerde besigheidsmodel van Acorn Agri & Food.

  • GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2019 9

    Ons FokusgebiedeAcorn Agri & Food is strategies toegespits op, en geposisioneer in, die volgende afdelings van die landbou- en voedselwaardeketting:

    Produksie, verpakking en bemarking van vars vrugte, hoofsaaklik

    tafeldruiwe en sagte sitrus, vir die uitvoermarkte

    Verskaffing van goedere en dienste aan

    landbouprodusente

    Verskaffing van petroleum en smeermiddelprodukte

    aan kleinhandels-, kommersiële en landboukliënte

    Verwerking van verskillende kommodi-

    teite in voedselprodukte vir groothandels- en kleinhandelskliënte

    Verkryging, produksie, verpakking en verskaffing

    van gesondheidskosse aan groothandels- en kleinhandelskliënte

    * Aantekening: Acorn Agri & Food besit 11.1% van BKB en 2.1% van Pioneer Foods, en oefen dus nie enige bedryfsinvloed uit oor hierdie besighede nie.

    Landbou Voedsel

    Agri-insette:

    Brandstof Vars vrugte Voedselverwerking Gesondheidskosse

    Agri-insette

    en -dienste

  • ACORN AGRI & FOOD BPK10

    Ons Besighede

    Bydrae tot

    groepverdienste:

    54.9%

    Overberg Agri

    Aandeelhouding

    100%Overberg Agri is ’n vooraanstaande verskaffer van goedere en dienste aan landbouprodusente in die Wes- en Oos-Kaap, hoofsaaklik in die Overberg- en Swartland-gebiede.

    Overberg Agri versprei landbou- en algemene voorraad deur

    24 kleinhandelswinkels, wat vyf Country Stores insluit.

    Die besigheid lewer graandienste wat die hantering, berging en

    bemarking van meestal koring en gars insluit. In die Overberg- en

    Swartland-streke besit die besigheid 13 graan-bergingsfasiliteite

    met ’n totale kapasiteit van 680 000 ton. Overberg Agri berg die

    grootste hoeveelheid brouersgars in Suid-Afrika.

    Die besigheid is die enigste verspreider van meganisasie-

    toerusting in sekere gebiede vir onder andere Claas,

    Rovic & Leers, Equalizer, MacDon, Hardi, en Amazone.

    Overberg Agri voorsien ook meganisasietoerusting en ontwerp

    en vervaardig toerusting by sy eie ingenieurswerkwinkels.

    Die besigheid verskaf finansiering, besproeiingsdienste en

    tegniese dienste aan landbouprodusente.

    Overberg Wealth and Risk Management

    Aandeelhouding

    70%Overberg Wealth and Risk Management is ’n geregistreerde makelaar wat korttermynversekering, mediese fonds-oplossings, welvaartbestuur, korporatiewe konsultasiedienste en werknemervoordele verskaf.

    Die besigheid is landwyd deur 10 takke werksaam.

    P&B Lime Works

    Aandeelhouding

    74%P&B Lime Works is ’n verskaffer van kalk aan die landbou-, veevoer-, padbou- en watersuiweringsmarkte regoor Suid-Afrika.

    P&B Lime Works besit een van slegs twee uiters gesogte

    witkalkbronne in Suid-Afrika en het reserwes om voorraad vir

    300 jaar te verseker.

    Die besigheid bedryf ’n oopgroefmyn en ’n produksie-aanleg om

    waardetoegevoegde kalkprodukte te vervaardig.

    Teenoor sy mededingers, is P&B Lime Works strategies naby

    Kaapstad se hawe geleë.

    Landbou- en veevoerkalk beslaan die grootste gedeelte van

    P&B Lime Works se verkoopsvolumes.

    BKB

    Aandeelhouding

    11.1%BKB is ’n vooraanstaande landwye verskaffer van goedere en dienste aan landbouprodusente, met ’n sterk posisie in woldienste, veeveilings en verkope.

    BKB verskaf wol- en sybokhaardienste en hanteer veeveilings en

    verkope; kleinhandelsverkope van landbou- en algemene voorraad;

    graandienste; finansiering; en suiker- en vrugteverwerking en die

    verpakking daarvan.

    Agpack

    Belang

    100%Agpack is ’n verskaffer van landbouverpakkingsmateriaal aan die plaaslike vrugtebedryf.

    Agpack verskaf ’n verskeidenheid verpakkingsmateriaal aan

    vrugteprodusente vanaf vier strategies geleë takke.

    Agpack is die eksklusiewe verspreider van Smartpac, ’n

    innoverende voering wat die raklewe van vars produkte verleng,

    aan die tafeldruif- en bloubessiebedrywe in Suid-Afrika.

    Procuro Grain

    Aandeelhouding

    33%Procuro Grain is ’n verskaffer van graanbergings- en waardetoegevoegde dienste.

    Procuro Grain besit ’n strategies geleë graansilo-kompleks in

    Randfontein, met bergingskapasiteit van 22 500 ton.

    Boltfast

    Aandeelhouding

    74.6%Boltfast versprei ’n omvattende reeks hegstukke aan verskillende bedrywe in Suid-Afrika.

    Boltfast versprei meer as 20 000 verskillende items landwyd

    deur takke in Kaapstad, Port Elizabeth, Johannesburg, Pretoria

    en Vredenburg.

    Agri-insette en-dienste

    OOR ACORN AGRI & FOOD (vervolg)

  • GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2019 11

    Bydrae tot

    groepverdienste:

    19.2%

    Moov Fuel

    Aandeelhouding

    51.1%Moov Fuel is ’n groothandelsverskaffer en -verspreider van petroleum en smeermiddelprodukte aan kleinhandels- en kommersiële kliënte, insluitend landbouprodusente.

    Moov Fuel het ’n wye verspreidingsnetwerk met verspreiding

    aan kleinhandels- en kommersiële kliënte in die Wes-Kaap,

    Noord-Kaap en Gauteng.

    Moov Fuel gebruik sy eie vloot verspreidingsvoertuie en het

    strategies geleë brandstofdepots.

    Agri-insette:

    Brandstof

    Bydrae tot

    groepverdienste:

    17.5%

    ACG Fruit

    Aandeelhouding

    98.5%ACG Fruit is ’n produsent en verpakker van tafeldruiwe en sagte sitrus vir uitvoermarkte.

    ACG Fruit besit 11 plase en bestuur twee huurplase, wat

    2 066 hektaar beslaan, in die Wes-Kaap, Noord-Kaap,

    KwaZulu-Natal en Limpopo.

    ACG Fruit lewer meer as 1.6 miljoen kartonne tafeldruiwe,

    1.6 miljoen kartonne sitrus, 4 000 ton rosyntjies en 2 400 ton

    wyndruiwe.

    Die maatskappy voer na die Verenigde Koninkryk en Europa

    uit deur sy strategiese samewerking met Suiderland Plase.

    Vars vrugte

    Jou vertroude vennoot in groei.“

  • ACORN AGRI & FOOD BPK12

    Bydrae tot

    groepverdienste:

    1.2%

    Lesotho Milling

    Aandeelhouding

    34.0%Lesotho Milling is ’n produsent en verskaffer van koring- en mieliemeel aan markte in Lesotho en Suid-Afrika.

    Lesotho Milling het jaarlikse maalkapasiteit van 90 000 ton

    mielies en 30 000 ton koring, met graanbergingskapasiteit van

    30 000 ton.

    Lesotho Milling besit die Moja, Mighty White, Silver Cloud en

    Golden Wonder handelsmerke.

    Bredasdorp Slagpale

    Aandeelhouding

    100 %Bredasdorp Slagpale verskaf slaggeriewe van skape en beeste en versprei karkasse na kleinhandels- en groothandelsmarkte.

    Bredasdorp Slagpale finansier en verkry vee van produsente en

    voerkrale.

    Die besigheid het verwerkingskapasiteit van 950 kleinvee-

    eenhede per dag en bedryf ’n voerkraal met ’n kapasiteit van

    2 500 kleinvee-eenhede.

    Sy hoofkliënte is beduidende groot- en kleinhandelaars in die

    Wes-Kaap.

    Pioneer Voedsel

    Aandeelhouding

    2.1%Pioneer Voedsel is een van die grootste handelsmerkvoedsel- en drankmaatskappye in Suid-Afrika.

    Pioneer Voedsel vervaardig en versprei ’n verskeidenheid kos- en

    drankprodukte wat van die bekendste handelsmerke in

    Suid-Afrika insluit.

    Pioneer Voedsel verskaf aan groothandels-, kleinhandels- en

    informele handelskliënte, hoofsaaklik in Suid-Afrika.

    Voedselverwerking

    Montagu

    Aandeelhouding

    100%Montagu is ’n vooraanstaande verskaffer van gesonder peuselhappie-produkte in Suid-Afrika.

    Montagu is ’n vertroude verskaffer aan groot Suid-Afrikaanse

    kleinhandelaars, vulstasie-kleinhandelaars en Montagu-

    franchisehouers, hoofsaaklik via sy Montagu-handelsmerk,

    asook vir privaat etikette.

    Die Montagu-handelsmerk is een van die mees vertroude en

    erkende verbruikershandelsmerke in Suid-Afrika.

    Die Montagu-winkelnetwerk bestaan uit 89 franchisewinkels en

    31 winkels in korporatiewe besit landwyd.

    Bydrae tot

    groepverdienste:

    7.2%

    Grassroots Group

    Aandeelhouding

    65%Grassroots Group is ’n produsent van innoverende gesondheidshappie-produkte wat van vrugte- en groentepulp en suiwel gemaak word, vir die internasionale markte.

    Grassroots Group besit innoverende tegnologie wat gebruik

    word om unieke, ontwrigtende gesondheidshappie-produkte te

    vervaardig.

    Die besigheid verskaf op ’n groothandelsgrondslag aan plaaslike

    en internasionale gesondheidshappie-handelsmerke, asook aan

    kleinhandelaars se privaat etikette. Dit is die enigste verskaffer

    van die voorste gesondheidshappie-handelsmerk in die

    Verenigde Koninkryk.

    Grassroots Group is in gevorderde ontwikkelingsfases van sy eie

    gesondheidshappie-handelsmerke vir die plaaslike en

    internasionale markte.

    Gesondheidskosse

    OOR ACORN AGRI & FOOD (vervolg)

  • GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2019 13

    140

    Wes-Kaap

    10

    Noord-Kaap

    18

    Oos-Kaap

    6

    Vrystaat

    17

    KwaZulu- Natal

    32

    Gauteng

    1

    Mpumalanga

    2 5

    Noordwes Limpopo

    Wes-Kaap

    Oos-Kaap

    Noord-Kaap

    VrystaatKwaZulu-

    Natal

    MpumalangaGauteng

    Limpopo

    Noordwes

    Lesotho

    Geografiese voetspoorAcorn Agri & Food is landwyd bedrywig, met ’n sterk teenwoordigheid in die Wes-Kaap. Ons hoofkantoor is in Somerset-Wes, met ’n

    streekkantoor in Caledon, wat ook sekere korporatiewe funksies bevat.

    Aantal liggings

  • ACORN AGRI & FOOD BPK14

    Die 2019 finansiële jaar was baie uitdagend, as gevolg van ’n kombinasie van plaaslike en internasionale faktore – die perfekte storm. Onsekerheid in die internasionale markte as gevolg van die voortslepende Brexit-onderhandelings, moontlike handelsoorloë tussen die VSA en China, en die verlangsaming in ontluikende markte, het die lot van baie nasies, waaronder Suid-Afrika, beïnvloed. Internasionale toestande is deur plaaslike faktore, soos swak ekonomiese groei, droogtetoestande in die Wes- en Oos-Kaap, swak verbruikers- en sakevertroue, asook die onthullings oor institusionele korrupsie en staatskaping, vererger.

    Internasionale ekonomiese groei in 2018, soos deur die Wêreldbank

    gerapporteer, was ’n geraamde 3.0% en die voorspelling vir 2019 is

    2.9%. In ontwikkelende ekonomieë was die geraamde groeikoers

    4.2% vir 2018, en vir 2019 word dieselfde koers voorspel.

    Volgens Statistiek SA het die Suid-Afrikaanse ekonomie in 2018 met

    ’n skrale 0.8% gegroei, na ’n groeikoers van 1.4% in 2017. Drie

    bedrywe het in 2018 negatiewe groei ondervind – landbou, bosbou

    en visserye (-4.8%); mynbou en steengroewery (-1.7%); en

    konstruksie (-1.2%).

    Die Suid-Afrikaanse ekonomie vaar dus swakker as die

    wêreldekonomie én ander ontluikende markte.

    In die eerste paar maande van 2018 het die land se vertroue ’n

    hupstoot gekry met die benoeming van Cyril Ramaphosa as

    president van Suid-Afrika. Sake-, verbruikers- en agri-

    besigheidsvertroue het in die eerste kwartaal van 2018 skerp

    gestyg, en daarna vir die res van die jaar geleidelik teruggesak, soos

    blyk uit die AgBiz/IDC Agribesigheidsvertroue-indeks, FNB/Buro vir

    Ekonomiese Ondersoek (BEO) se Verbruikersvertroue-indeks, en

    RMB/BEO se Sakevertroue-indeks.

    Bedryfs - omgewing

    Slegs die Agribesigheidsvertroue-indeks het in die eerste kwartaal

    van 2019 effens herstel, met ’n verbetering vanaf 42 tot 46 in die

    vierde kwartaal van 2018. Hierdie vlak van vertroue is egter nog

    steeds aan die krimp. Die pessimistiese siening is hoofsaaklik

    toeskryfbaar aan verwagtings van ’n ondergemiddelde mielie-oes

    weens onvoorspelbare reënval in 2018, asook onsekerheid rondom

    die grondonteieningsdebat.

    As gevolg van onsekere vooruitsigte en stadige ekonomiese groei,

    was kleinhandelsverkope laag oor die afgelope jaar. Die jaarlikse

    verandering in kleinhandelsverkope was 4.9% in Februarie 2018,

    met ’n afname tot 1.1% in Februarie 2019. Trae verkoopsgroei is

    deels vererger deur die hoë verbruikersinflasie in die middelmaande

    van die finansiële jaar.

    Inflasie was op matige vlakke vir die res van die jaar. Teen

    Februarie 2019, was die jaar-tot-jaar oorkoepelende

    verbruikersprysindeks (VPI) 4.1%, teenoor 4.0% in Februarie 2018,

    maar heelwat laer as die hoogste vlak van 5.2% in November 2018.

    Die jaar-tot-jaar oorkoepelende produsenteprysindeks (PPI) het

    in Februarie 2019 op 4.7% gestaan teenoor 4.2% in Februarie 2018.

    In die 2019 finansiële jaar was oorkoepelende PPI etlike maande

    bo die vlak van 6%, wat druk op plaaslike produsente se marges

    geplaas het.

    Jou betroubare vennoot in die agri- en voedselsektor.

  • GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2019 15

    Gedurende die finansiële jaar het die rand met 19.2% teenoor die

    Amerikaanse dollar verswak, vanaf R11.63 tot R13.87. Dit het

    uitvoerders ’n welkome hupstoot gegee, maar die koste van

    goedere vir invoerders verhoog.

    Landbouprodusente in die Wes-Kaap moes ook die ergste droogte

    in 100 jaar trotseer. In die verlede was die langtermyngemiddelde

    vir jaarlikse reënval in die Overberg-streek 481 mm vir Caledon en

    421 mm vir Bredasdorp. In die kalenderjare 2017 en 2018 het

    Caledon aansienlik minder reën as die gemiddelde jaarlikse syfer

    gekry – onderskeidelik sowat 351 mm en 370 mm. Bredasdorp het

    ook ondergemiddelde reënval ondervind, met 315 mm in 2017 en

    253 mm in 2018. In die Swartland-gebied was die

    langtermyngemiddelde per jaar 389 mm. In 2017 is ’n

    ondergemiddelde 216 mm vir die jaar aangeteken, maar dit het in

    2018 met ’n reënvalsyfer van 349 mm vir die jaar herstel.

    Gemiddelde reënval 2017 en 2018

    2017 2018

    0

    100

    200

    300

    400

    500

    SwartlandBredasdorpCaledonLangtermyn gemiddeld

    Ondanks die laer reënvalpatroon in Bredasdorp, was die totale

    hektaar graanaanplantings (koring, gars en canola) in die Overberg-

    streek ver bo die langtermyngemiddelde van 135 188 hektaar. In

    beide 2017 en 2018 was die totaal 155 800 hektaar. Totale hektaar

    graanlande in die Swartland-gebied het naby die gebied se

    langtermyngemiddelde van 66 038 gebly.

    Die droogte het nie net oesvlakke beïnvloed nie – dit het ook die

    Suid-Afrikaanse vleisbedryf geraak. Die getal beeste wat in die 2019

    finansiële jaar in die hele Suid-Afrika geslag is, was 7% minder as in

    die 2018 finansiële jaar. Hierdie tendens is ook in skaapsyfers regoor

    Suid-Afrika waargeneem, met ’n afname van 12% in die 2019

    finansiële jaar teenoor die vorige finansiële jaar. Die situasie was

    erger in die Wes-Kaap, waar beessyfers 14% laer en skaapsyfers 17%

    laer was op ’n jaar-tot-jaar-grondslag.

    Ondanks die laer reënvalpatroon in Bredasdorp, was die totale

    hektaar graanaanplantings (koring, gars en canola) in

    die Overberg-streek ver bo die langtermyngemiddelde van

    135 188 hektaar.

    “Om sake te vererger, het bek-en-klouseer in Januarie 2019

    uitgebreek, met die gevolg dat die uitvoer van vleis, wol, huide en

    velle opgeskort is. Dit het tot ’n ooraanbod in die plaaslike mark

    gelei en pryse laat daal.

    Suid-Afrikaanse maatskappye worstel al hoe meer met ’n

    beswarende regulatoriese omgewing wat sake bemoeilik en

    vertraag. Dit blyk uit die daling in Suid-Afrika se posisie van 41 in

    2014 tot 82 in 2019 op die ranglys wat aandui hoe maklik dit is om

    in ’n betrokke land sake te doen.

    In die vorige finansiële jaar het Acorn Agri & Food uitdagende

    ekonomiese omstandighede deurstaan. Gelukkig is baie van

    bogenoemde toestande siklies van aard en die verwagting is dat

    sake tot normale toestande oor die kort tot medium termyn sal

    terugkeer. Die Groep se historiese robuustheid, as ’n 100-jarige

    besigheid, is ’n aanduiding van ons vermoë om ’n dinamiese

    bedryfsomgewing deur verskillende sake- en ekonomiese siklusse

    te bestuur.

  • ACORN AGRI & FOOD BPK16

    Proses vir Ontwikkeling van StrategieIn 2018, na die samesmelting, het bestuur ’n deeglike strategiehersiening gedoen en die direksie het ’n nuwe vyfjaarstrategie tot 2024 goedgekeur.

    Strategiese Doelwitte Die Groep se strategiese doelwitte is:

    Om vertikaal geïntegreer

    te wees in die landbou-

    en voedselwaarde-

    ketting.

    Om besighede met

    volhoubare langtermyn-

    groeivooruitsigte te

    besit.

    Om die voorkeurbedryfs-

    en beleggingsvennoot

    vir landbou- en

    voedselbesighede in

    Suider-Afrika te wees.

    Om sterk erkenning

    onder landbou- en

    voedselbesighede en

    ons belanghebbendes

    te geniet.

    Om ons finansiële

    doelwitte vir 2024

    te bereik.

    Strategiese Prioriteite Die strategiese prioriteite vir elke Fokusgebied is:

    Strategie

    • Neem deel aan die konsolidasie van die landboudienssektor in Suid-Afrika.

    • Brei die geografiese voetspoor van ons huidige werksaamhede uit.

    • Verkry Agri-inset- en diensbesighede wat sinergisties tot ons huidige werksaamhede sal wees.

    • Ondersoek die verkoop van die landbou-debiteureboek om opbrengs op kapitaal te verhoog.

    • Stel tegnologie-oplossings in werking om doeltreffendheid en die waarde-aanbod aan kliënte te verhoog.

    • Versterk P&B Lime Works se verkoops- en bemarkingsvermoëns om plaaslike en uitvoerverkope te bevorder.

    • Brei produksiekapasiteit by P&B Lime Works uit.

    • Pas Boltfast se omkeerstrategie suksesvol toe.

    Agri-insette &

    -dienste

    • Verkry besighede wat petroleum versprei, om skaalbesparings en geografiese diversifikasie te bevorder.

    • Optimeer die kleinhandelgeriefsaanbod om nie-brandstofverwante inkomste te verhoog.

    Agri-insette:

    Brandstof

    • Verkoop nie-kernbates om werksaamhede te optimeer.

    • Herstruktureer skuld.

    • Optimeer werksaamhede om opbrengste en die gehalte van produkte te verbeter.

    Vars vrugte

  • GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2019 17

    Finansiële doelwitteDie volgende vyfjaardoelwitte (2024) is vir Acorn Agri & Food gestel:

    Opbrengs op gemiddelde ekwiteit 15%

    Jaarlikse WVPA-groei 15%

    Groei in bedryfskontantvloei per aandeel 15%

    (Skuld – kontant)/Kontant uit bedrywighede Minder as 3–5 keer

    Dividenddekking 3–5 keer

    Die volgende vyfjaardoelwitte (2024) is vir Acorn Agri & Food se groepmaatskappye gestel:

    Opbrengs op gemiddelde ekwiteit Maatskappyspesifiek

    Jaarlikse WVPA-groei 15%

    Groei in bedryfskontantvloei per aandeel 15%

    (Skuld – kontant)/Kontant uit bedrywighede Minder as 3–5 keer

    • Om die Montagu-handelsmerk se potensiaal te ontgin deur dit as ’n vooraanstaande “gesonder peuselhappie-handelsmerk” te herposisioneer.

    • Dring die plaaslike mark sterker binne deur die formele kleinhandelsektor te betree.

    • Versterk ons produknavorsings- en ontwikkelingsvermoëns ten opsigte van gesondheidshappies.

    • Brei ons produkreeks van innoverende gesondheidshappies uit.

    • Stel nuwe gesondheidshappie-handelsmerke vir die plaaslike en internasionale markte bekend.

    • Gaan strategiese verkrygings aan om ons toegang tot plaaslik en/of internasionaal markte te versterk.

    • Brei uit in die verwerking en verspreiding van vleis in die Wes-Kaap en Gauteng.

    • Fokus op uitvoer van heel karkasse en uiteindelik verwerkte vleis.

    • Ondersoek geleenthede om na bakkerye uit te brei of bakkerye te verkry.

    Voedselverwerking Gesondheidskosse

  • ACORN AGRI & FOOD BPK18

    Oorsig2019 was ’n merkwaardige jaar vir Acorn Agri & Food Bpk, en sy voorganger Overberg Agri Bpk. Ons het nie net ons 100ste bestaansjaar gevier nie, maar ook Overberg Agri en Acorn Agri saamgesmelt en geïntegreer om Acorn Agri & Food te vorm. Ons is baie optimisties oor die gekombineerde entiteit se toekoms en sy vermoë om ’n nalatenskap van langtermyn-, volhoubare waarde vir alle belanghebbendes te skep deur die voorkeur bedryfs- en beleggingsvennoot in die landbou- en voedselwaardeketting te wees.

    BedryfsomgewingDie Suid-Afrikaanse ekonomie het in 2018 met ’n skrale 0.8% gegroei

    en dus swakker as die wêreldekonomie én ander ontluikende markte

    gevaar. Die landbou-, bosbou- en visserybedryf het negatiewe groei

    van 4.8% in 2018 aangeteken, terwyl kleinhandelsverkope oor die

    afgelope jaar gedemp was, met groei van 1.1%.

    Ondanks die sektor- en geografiese diversiteit van ons besigheid, het

    ons nie aan die werklikhede van ons bedryfsomgewings ontkom nie.

    Onder andere het swak verbruikersbesteding oor die algemeen ’n

    negatiewe impak op die Groep in geheel gehad.

    As gevolg van onseker vooruitsigte en trae ekonomiese groei, was

    kleinhandelsverkope onder druk oor die afgelope jaar. Danksy die

    tydige reënval in die Wes-Kaap, het Overberg Agri egter goed gevaar,

    as gevolg van die tweede grootste graaninname nóg.

    Kommoditeitspryse was oor die algemeen onder druk, en dit het ’n

    uitwerking op ons kliënte se kontantvloei en besteding gehad.

    Beleidsonsekerheid, populistiese politieke uitsprake voor die

    2019 algemene verkiesing en wydverspreide swak dienslewering het

    sakevertroue geknou – veral in die landbousektor, aangesien dit nie

    investering in die sektor bevorder of algemene kleinhandelsbesteding

    aangespoor het nie. Veranderinge wat gedurende die finansiële jaar in

    die nasionale politieke leierskap geskied het, blyk ’n pad na

    ekonomiese herstel en die moontlike afname in korrupsie daar te stel.

    Doel en visie van die Groep Ons onwrikbare toewyding die afgelope 100 jaar was daarop

    toegespits om volhoubare waarde vir ons belanghebbendes te skep.

    Acorn Agri & Food sal op hierdie nalatenskap voortbou deur steeds

    te fokus op die uitbreiding en verkryging van landbou- en

    voedselbesighede, ondersteun deur kerngroeitendense wat

    toekomstige waardeskepping plaaslik en internasionaal sal voortstu.

    Fokusgebiede van die direksieIn die oorsigjaar het die direksie gefokus op:

    Formulering van die Groep se visie en strategiese koersNa bestuur se strategiehersiening na afloop van die samesmelting,

    het die nuwe direksie van Acorn Agri & Food die Groep se strategie

    goedgekeur. Die strategie, asook die strategiese doelwitte vir elke

    fokusgebied, word onder “Strategie” op bladsy 16 uiteengesit.

    Die suksesvolle integrasie van Overberg Agri en Acorn AgriDie direksie beskou die samesmelting van Overberg Agri en

    Acorn Agri as ’n sukses, hoewel ekonomiese toestande in die

    huidige jaar en die finansiële implikasies van die samesmelting

    verwringings veroorsaak wat dit vir aandeelhouers moeilik maak om

    onmiddellik die positiewe impak van die samesmelting te evalueer.

    Die direksie bly egter vol vertroue dat die voordele duidelik sal word

    wanneer ekonomiese toestande weer normaliseer en ons strategie

    begin vrugte dra.

    Voorsitter se verslag

    2019 was ’n merkwaardige jaar vir Acorn Agri & Food Bpk.

    Ons het nie net ons 100ste bestaansjaar gevier nie, maar ook

    Overberg Agri en Acorn Agri saamgesmelt en geïntegreer om Acorn Agri & Food te vorm.

  • GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2019 19

    In die 2019 finansiële jaar het die bestuur heelwat aandag aan die

    integrasie van Overberg Agri en Acorn Agri na die samesmelting

    gegee. Uit ’n bedryfsoogpunt het die integrasie ondanks die

    verwagte vestigingsprobleme volgens plan verloop, en aksieplanne

    is met welslae in werking gestel. Hierdie proses is amper afgehandel.

    Die enigste uitstaande aspekte is die standaardisering van die

    verslagdoenings-, nakomings- en beleidsomgewings binne die

    groep maatskappye.

    Belegging in die landbou- en voedselwaardekettingDie beleggingsaktiwiteite word deur ’n toegewyde span bestuur

    onder leiding van ons hoofbeleggingsbeampte Carl Neethling, en

    onder toesig van die beleggingskomitee, wat aanbevelings aan die

    Groepdireksie en die betrokke groepmaatskappye se direksies

    voorlê.

    Bystand aan groepmaatskappye ten opsigte van strategie, groei en mensekapitaalDie werksaamhede en winsgewendheid van groepmaatskappye was

    ’n sleutelfokus as gevolg van die huidige ekonomiese toestande.

    Beduidende pogings word aangewend om groeiplanne en

    werksaamhede te optimeer, bestuurspanne te versterk en

    onderpresterende besighede reg te ruk. Spesifieke aandag sal

    ook gegee word aan die kapitaaltoekenning en opbrengs op

    ekwiteit van groepmaatskappye, asook personeelontwikkeling

    en -opleiding, om te verseker dat die Groep se teikens oor die lang

    termyn bereik word.

    Diversiteit van die direksieDie samesmelting van Acorn Agri en Overberg Agri het gelei tot ’n

    onderhandelde direksiesamestelling wat nie ons diversiteits-

    vereistes weerspieël nie. ’n Omvattende proses is egter gevolg om

    potensiële direksiekandidate te identifiseer wat aan ons

    diversiteitskriteria voldoen, en toepaslike aanstellings sal in die

    komende finansiële jaar gemaak word.

    Voorbereiding vir die notering van Acorn Agri & FoodOns is besig om die besigheid vir notering op die JSE te posisioneer.

    Weens die huidige marktoestande is die tydsberaming onseker,

    maar ons sal met aandeelhouers kommunikeer wanneer toestande

    vir notering gunstig is.

    VooruitsigOns verwag dat die huidige ekonomiese toestande van lae

    ekonomiese groei, swak sake- en verbruikersvertroue,

    beleidsonsekerheid en bedrukte verbruikersbesteding in die

    komende jaar sal voortduur. ’n Mate van normalisering kan, volgens

    politieke en ekonomiese ontleders, moontlik na die algemene

    verkiesing in Mei 2019 plaasvind.

    Indien toestande nie normaliseer nie, kan Acorn Agri & Food se

    plaaslik gerigte besighede steeds uitdagende toestande ondervind.

    Die swak wisselkoers sal ’n mate van verligting vir ons uitvoergerigte

    ondernemings bring, terwyl landboutoestande steeds ’n rol in die

    prestasie van die Groep vir die komende finansiële jaar sal speel.

    Die nuwe plantseisoen het op ’n positiewe noot begin en reënval-

    vooruitsigte vir die gebiede waar ons bedrywig is, het verbeter.

    Ons behoort ook minder kwesbaar vir klimaatsinvloede in sekere

    geografiese gebiede te wees, as gevolg van groter vertikale

    integrasie en diversifikasie binne Acorn Agri & Food.

    Die huidige omgewing hou nie net vir ons die geleentheid in om

    seker te maak dat ons groepmaatskappye sterk sakemodelle en

    groeistrategieë in plek het nie, maar bied ook beduidende

    beleggingsgeleenthede. Ons fokus steeds op die lang termyn en sal

    voortgaan om te belê in organiese groei en die uitbreiding van

    Acorn Agri & Food deur verkrygings.

    Waardering Ons sê dankie aan ons Hemelse Vader vir sy seën op ons besigheid,

    en ons het vertroue in Sy leiding ten opsigte van Acorn Agri & Food.

    Ons besef dat ’n roete van strategiese verandering en groei

    uitdagend is teen die agtergrond van politieke en ekonomiese

    onsekerheid, maar ons is vol vertroue dat ons uitvoerende hoof

    André Uys en die res van die bestuurspan sal aanhou om die

    besigheid met onderskeiding te lei.

    Namens die direksie bedank ek ook graag al ons belanghebbendes –

    insluitend ons werknemers, aandeelhouers, vennote, kliënte en

    verskaffers – vir hul volgehoue ondersteuning van en vertroue in die

    Groep. Ons sien uit daarna om aan te hou waarde skep en die

    toekoms saam te bou.

    Laastens bedank ek graag my mededirekteure vir hulle wysheid,

    leiding en toegewydheid om te verseker dat die Groep op koers bly

    om groot hoogtes te bereik in die toekoms.

    Cobus VisserVoorsitter

  • ACORN AGRI & FOOD BPK20

    Hierdie verslag fokus hoofsaaklik op ons vernaamste groeidryfvere asook die Groep se bedryfsprestasie en vooruitsig.

    Uitvoerende bestuurspanAs gevolg van die samesmelting is die uitvoerende komitee van

    Acorn Agri & Food gedurende die finansiële jaar hersaamgestel en

    bestaan dit uit my, Carl Neethling, Louw Coetzer, Pierre Malan en

    Gerhard Visagie. Aan elke uitvoerende lid is ’n duidelike rol en

    verantwoordelikhede gegee om gevolglik waardeskepping in die

    Groep te versnel.

    Ek is verantwoordelik vir strategietoepassing, interaksie met

    belanghebbendes en die groei en optimering van groep-

    maatskappye. Carl is verantwoordelik vir samesmeltings en

    verkrygings, asook toesig oor ACG Fruit en The Health Food Group.

    Louw se verantwoordelikhede bestaan uit die finansiële bestuur

    asook die tesouriefunksie van die Groep. Pierre help met

    strategietoepassing, korporatiewe finansiering en algemene advies

    en toesig. Gerhard is verantwoordelik vir die groei en optimering van

    groepmaatskappye, identifisering van beleggingsgeleenthede,

    mediabetrekkinge, geïntegreerde verslagdoening en korporatiewe

    maatskaplike beleggings.

    Belangrike groeidryfvereDie ooglopendste geleenthede vir en groeidryfvere van die Groep

    om waarde te skep oor die lang termyn is:

    • Vinnige uitbreiding van die gesondheidskos-fokusgebied, via

    The Health Food Group, om in die behoefte aan smaaklike,

    bekostigbare gesondheidshappies te voorsien:

    – Organies: Vergroot ons mandjie innoverende, eie gesondheidshappies; herposisioneer bestaande

    handelsmerke om op gesondheidshappies te fokus; en

    brei plaaslike en internasionale verkoops- en

    bemarkingsvermoëns uit.

    – Verkrygings: Gaan plaaslike en internasionale verkrygings aan om die markdeurdringingsvermoë van

    The Health Food Group uit te brei en te versterk.

    • Uitbreiding van die Agri-insette & -dienste-fokusgebied deur:

    – Die geografiese voetspoor van ons huidige werksaamhede te vergroot.

    – Agri-inset- en diensbesighede te verkry wat sinergisties is met ons huidige werksaamhede.

    – Deel te neem aan die konsolidasie van die landboudienssektore in Suid-Afrika.

    • Uitbreiding van die Voedselverwerking-fokusgebied deur

    verder in die voedselketting in verwerking, verspreiding en

    uitvoere uit te brei.

    BedryfsprestasieUit ’n bedryfsoogpunt het Agri-insette & -dienste sowel as die

    Agri-insette: Brandstof-fokusgebiede stewige prestasie getoon,

    terwyl Vars Vrugte, Voedselverwerking en Gesondheidskosse se

    prestasie nie na wense was nie. Overberg Agri en Moov Fuel vaar

    goed en P&B Lime Works en Bredasdorp Slagpale het produksie-

    kapasiteit gedurende die finansiële jaar uitgebrei. Grassroots Group

    en Montagu Droëvrugte & Neute is besig om hul strategiese fokus

    aan te pas. ACG Fruit en Boltfast word tans herstruktureer en/of

    reggeruk.

    Agri-insette en -diensteOndanks ’n inkrimping in kleinhandelsbesteding in die algemeen,

    het Overberg Agri stewige resultate gelewer danksy die tweede

    grootste graanoes nóg in die Overberg-streek. Ons betrokkenheid

    in verskillende geografiese gebiede en sektore het die risiko

    verbonde aan ’n spesifieke gebied of sektore verlaag. Die

    graanafdeling het sy teikens behaal, terwyl kleinhandel en Agpack

    hul teikens oortref het. Die meganisasie-afdeling het die jaar

    net onder die mikpunt afgesluit. Ons het egter heelwat meer

    uitdagings en komplikasies ondervind as wat verwag is met die

    inwerkingstelling van ’n nuwe ondernemingshulpbronbeplanning-

    stelsel (ERP-stelsel) in Overberg Agri.

    Uitvoerende hoof se verslag

    Ondanks ’n inkrimping in kleinhandelsbesteding in die algemeen, het Overberg Agri

    stewige resultate gelewer danksy die tweede grootste graanoes nóg in

    die Overberg-streek.

  • GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2019 21

    In ooreenstemming met ons uitbreidingsplan by P&B Lime Works,

    het ons produksiekapasiteit vir gebluste kalk verhoog. Die

    heersende droogte, onbeplande onderbrekings gedurende die

    uitbreidingsproses en ’n meer mededingende mark het egter laer

    verkope meegebring, wat dus die finansiële prestasie van die

    maatskappy beïnvloed het. Ons is aktief besig om die verkoops- en

    bemarkingsvermoëns van P&B Lime Works uit te brei en ondersoek

    heelwat plaaslike en uitvoergeleenthede.

    As gevolg van die bedrukte nywerheids- en konstruksiemarkte,

    het Boltfast ’n uitdagende jaar beleef. ’n Regruk- en herstruk-

    tureringsproses is tans aan die gang om die besigheid volhoubaar te

    maak en daar is vroeë tekens dat die omkeerplan begin vrugte dra.

    Agri-insette: BrandstofOndanks uitdagende bedryfstoestande het Moov Fuel jaar tot jaar

    volumegroei ondervind en stewige resultate behaal, danksy die

    ontplooiing van nuwe kleinhandelsafsetpunte, sterk verkope van

    smeermiddelprodukte en groei in verkope aan kommersiële kliënte.

    Ons het egter ’n inkrimping in kleinhandelsbesteding by die

    voorpleine en geriefswinkels ondervind.

    Vars VrugteBeduidende vordering is ten opsigte van bedryfsdoeltreffendheid in

    ACG Fruit gemaak, maar dit word nog nie in die finansiële resultate

    weerspieël nie. In ’n mededingende mark het ons direkte toegang

    tot internasionale kleinhandelskliënte, wat help om die risiko van

    groot prysskommelinge te verlaag soos wat die mark in die

    oorsigjaar ondervind het. Dit sal langer neem as wat verwag is om

    die winsgewendheidsvlakke te bereik wat ons strategiese doelwitte

    ondersteun. Ons is egter besig met ’n herstruktureringsproses deur

    die verkoop van nie-kernbates asook die vermindering van skuld en

    kapitaalbesteding.

    VoedselverwerkingOns het die uitbreidingsprojek by Bredasdorp Slagpale afgehandel,

    wat ons in staat stel om 950 kleinvee-eenhede per dag te slag en

    ons toegang gee tot die uitvoermark na Afrika. Swak verbruiker-

    sentiment, verlaagde beskikbaarheid van beeste en hoë

    aankooppryse van vee het ’n negatiewe uitwerking op die prestasie

    van Bredasdorp Slagpale gehad. Die uitbreek van bek-en-klouseer in

    die tweede helfte van die finansiële jaar het ook verwringings in die

    mark veroorsaak weens die verbod op die uitvoer van vleis, velle en

    huide, wat tot ’n ooraanbod in die plaaslike mark gelei het. Hierdie

    toestande is egter tydelik en behoort oor die kort tot medium

    termyn te normaliseer.

    In Lesotho Milling het ons ook die uitwerking van laer kleinhandels-

    besteding ondervind, wat die finansiële prestasie van die besigheid

    beïnvloed het.

    GesondheidskosseThe Health Food Group is op die been gebring en sal beide ’n

    plaaslike en internasionale fokus hê. Montagu Droëvrugte & Neute

    verteenwoordig die plaaslike afdeling van die groep en Grassroots

    Group sal steeds op die internasionale mark fokus.

    Na jaar-einde het Grassroots Group ’n afdeling van die hand gesit

    wat ’n aansienlike deel van sy totale verkoopsvolumes beslaan. Die

    disinvestering stel Grassroots Group in staat om ’n volwasse afdeling

    te monetiseer en terselfdertyd op ’n breër spektrum van kliënte en

    opwindende nuwe produkte en handelsmerke te fokus. Die

    vervanging van die afverkoopte volumes sal tyd verg, maar ons is vol

    vertroue dat Grassroots beduidende groei sal ervaar as gevolg van

    sy produkontwikkelingsvermoëns, uitgebreide verkoops- en

    bemarkingsvermoëns, tesame met die plaaslike en internasionale

    vraag na sy innoverende gesondheidshappies.

    Montagu het ’n uitdagende jaar ondervind weens afplattende

    verbruikersbesteding en die uitwerking van ’n verandering in sy

    sakemodel. In die verlede het Montagu hoofsaaklik aan Montagu-

    franchisewinkels voorsien, maar met die ondersteuning van sy

    franchisehouers, is die sakemodel gedurende die afgelope jaar

    verander. Die aangepaste benadering stel die maatskappy in staat

    om produkte aan vooraanstaande Suid-Afrikaanse kleinhandelaars

    te bemark onder die bekende Montagu-handelsmerk. Die

    kleinhandelsektor is in Desember 2018 betree. Ons verwag dat die

    nuwe sakemodel Montagu in staat sal stel om ’n groter deel van die

    plaaslike mark in te palm, veral die gesondheidshappie-segment.

    AlgemeenNa die samesmelting is die Acorn Agri & Food-handelsmerk

    ontwikkel. Die posisionering van die handelsmerk is “om die

    voorkeurbedryfs- en beleggingsvennoot in die landbou- en

    voedselwaardeketting te wees”. Die kerngedagte van die

    handelsmerk is om “potensiaal te ontwikkel”. Dit kan die beste

    geïllustreer word deur ’n enkele akker wat, as dit in die regte grond

    geplant en versorg word, die potensiaal het om ’n sterk akkerboom

    te word – ’n boom wat nog baie jare voordele aan sy omgewing kan

    besorg. Acorn Agri & Food, wat self eens ’n akker was, het gegroei in

    ’n 100-jarige akkerboom, met ’n verbintenis om sy eie besighede te

    help om akkerbome te word en op dié manier hul grootste

    potensiaal te bereik.

    Weens die waarde wat Acorn Agri & Food op alle belanghebbendes

    plaas, is ’n nuwe webwerf ontwikkel en bekend gestel. ’n

    Kommunikasieplan is ook vir 2019 goedgekeur om te sorg vir meer

    gereelde en doeltreffende kommunikasie met belanghebbendes.

  • ACORN AGRI & FOOD BPK22

    UITVOERENDE HOOF SE VERSLAG (vervolg)

    Vooruitsig Nadat ons ’n vaste fondament vir Acorn Agri & Food na die

    samesmelting geskep het, is ons optimisties oor die nuwe finansiële

    jaar, wat die eerste volle jaar vir al die groepmaatskappye in

    Acorn Agri & Food sal wees.

    Agri-insette en -dienste Overberg Agri het die seisoen goed begin met reënval vroeg in die

    jaar, en ons verwag dat die beplante area in ooreenstemming met

    ons vooruitskattings sal wees. Ons verwag dat algemene klein-

    handelsbesteding in die nuwe finansiële jaar onder druk sal bly. Daar

    is goeie vooruitsigte om die verkoop van gebluste kalk in die

    Suid-Afrikaanse en Afrika-markte te verhoog, en met die oog hierop

    sal ons die verkoop- en bemarkingspan in P&B Lime Works versterk.

    Ons voorsien ’n voortsetting van ongunstige toestande in die bedryf

    vir industriële hegstukke, maar met die nuwe bestuurspan is Boltfast

    goed geposisioneer om die omkeerplan uit te voer en die besigheid

    op ’n volhoubare vlak te bring.

    Agri-insette: Brandstof Groei in die brandstofbedryf sal gedryf word deur ’n sterk pyplyn van

    nuwe brandstofpersele en pogings om die bydrae van die

    kleinhandel te verhoog. Ons is opgewonde oor die sinergieë wat uit

    potensiële verkrygings wat tans aan die gang is, verkry kan word.

    Vars VrugteDie disinvestering van nie-kernbates en herstrukturering sal in die

    komende jaar afgehandel word. Ons verwag dat die mark en pryse vir

    tafeldruiwe meer stabiel as gedurende die someroes sal wees. Die

    uitdagende toestande wat ervaar is, sal waarskynlik tot konsolidasie in

    die mark lei. Laer produksie deur die mark is ook ’n moontlikheid as

    gevolg van die vroeë verwydering van nie-winsgewende wingerde en

    boorde, asook ’n verskuiwing na die aanplanting van alternatiewe

    kultivars. ACG Fruit is goed geposisioneer om uit hierdie tendense

    voordeel te trek. Ons verwag dat die sitrusoes laer as die verwagting

    gaan wees as gevolg van ongunstige weerstoestande, maar verwag

    betreklike stabiele marktoestande, veral vir suurlemoene.

    VoedselverwerkingVleispryse sal waarskynlik normaliseer, terwyl pryse vir huide en

    velle onder druk sal bly. Ons evalueer tans die invoer van vee as

    ’n alternatiewe verskaffingsbron. Inisiatiewe om verder in die

    voedselketting in vleisverwerking en -verspreiding uit te brei,

    behoort momentum te kry. Ons verwag dat pryse vir mielies en

    koring meer stabiel sal wees, wat Lesotho Milling sal baat.

    Geleenthede om verder in die voedselketting in bakkerye uit te

    brei, word tans geëvalueer.

    GesondheidskosseOns is positief oor die groeiende gesondheidskos-tendens in die

    plaaslike en internasionale markte en ons is goed geplaas om

    daaruit munt te slaan. Na die disinvestering van die Grassroots

    Bear-afdeling sal ons fokus op die aanwending van produksie-

    kapasiteit in die Grassroots-fabriek, en veral aandag gee aan die

    ontwikkeling en produksie van opwindende en innoverende nuwe

    produkte. Die handelsmerkvernuwing van die Montagu-handels-

    merk sal gefinaliseer word en nuwe gesondheidshappies sal onder

    die Montagu-handelsmerk vir die Suid-Afrikaanse mark geloods

    word (sien onderaan). Die ontplooiing van die reeks by uitgesoekte

    kleinhandelaars behoort ’n positiewe uitwerking op Montagu se

    prestasie te hê. Verkrygingsgeleenthede om ons markdeurdringing

    plaaslik en/of internasionaal te versterk, word tans ondersoek.

    GevolgtrekkingOndanks die uitdagende finansiële jaar, is ons vol vertroue dat ons

    na die samesmelting ’n stewige fondament, die regte bestuurspan

    en strategiese planne het wat ons ideaal posisioneer om volhoubare

    waarde vir alle belanghebbendes te skep.

    Ek bedank graag die direksie vir hul ondersteuning en leiding, die

    uitvoerende span vir hul leierskap, en elke werknemer vir hul

    waardevolle bydraes. Saam sal ons voortgaan om waarde te skep en

    die toekoms te bou.

    André UysUitvoerende hoof

  • GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2019 23

    Acorn Agri & Food het weens ongunstige ekonomiese toestande, en in ’n mate weens die tydsberekening van die samesmelting en ’n veeleisende bedryfsprestasie, bedrukte resultate vir die 2019 finansiële jaar gelewer.

    SamesmeltingOverberg Agri Bpk en Acorn Agri (Edms) Bpk het op 2 Mei 2018

    saamgesmelt om ’n enkele gekombineerde entiteit, Acorn Agri &

    Food Bpk, te vorm. Overberg Agri het al Acorn Agri se bates

    oorgeneem en 8 219 910 gewone aandele as teenprestasie-

    aandele aan Acorn Agri se aandeelhouers uitgereik.

    Ingevolge ’n uittree-aanbod aan Overberg Agri Bpk se bestaande

    aandeelhouers is 288 950 gewone aandele op 30 April 2018

    teruggekoop van aandeelhouers wat die aanbod aanvaar het.

    Daarna is nege bykomende aandele ingevolge ’n aandeleverdeling

    aan elke aandeelhouer toegeken as kapitalisasie-aandele vir elke

    aandeel wat deur daardie aandeelhouer gehou is. Die getal

    uitgereikte aandele het ná die implementering van hierdie

    transaksie van 7 796 111 tot 137 302 770 toegeneem.

    Die gevolge van die samesmeltingstransaksie het ’n beduidende

    effek gehad op die vergelykbaarheid van die finansiële resultate,

    soos wat op bladsy 3 uiteengesit word.

    Opgeskorte bedrywighedeAs gevolg van die Bear-transaksie en die besluit om sekere

    nie-kernbates van ACG Fruit te verkoop, is die verwante bates, laste,

    inkomste en uitgawes in die finansiële state as opgeskorte

    bedrywighede aangebied.

    Alhoewel die netto wins uit die Bear-afdeling uitgesluit is uit die

    voortgesette bedrywighede vir die 2019 finansiële jaar, sal die effek

    van die kontant ontvang en rente daarop verdien eers in 2020 se

    finansiële resultate aangedui word.

    Groepprestasie InkomstestaatInkomste uit voortgesette bedrywighede het met 24.1% gestyg tot

    R7.89 miljard (2018: R6.36 miljard). Inkomstegroei het uit organiese

    groei van 12.9% bestaan, grootliks danksy stewige resultate in die

    Agri-insette en -dienste en Agri-insette: Brandstof fokusgebiede,

    asook groei van 11.2% danksy die toegevoegde inkomste van die

    Acorn Agri-verwante entiteite.

    Bruto wins uit voortgesette bedrywighede het met 24.0% gestyg tot

    R943 miljoen (2018: R760 miljoen). Die bruto winsmarge is op

    11.9% gehandhaaf, ondanks aansienlike kostedruk weens onder

    meer brandstofkoste en die koste van munisipale dienste.

    Bedryfswins uit voortgesette bedrywighede het met 4.8%

    afgeneem tot R375 miljoen (2018: R394 miljoen). Indien die effek

    van die wins uit die verkoop van Pioneer-aandele in 2018 en 2019

    buite rekening gelaat word, het die bedryfswins met 2.4% gestyg tot

    R360 miljoen (2018: R350 miljoen).

    Rente ontvang het met 3.8% gegroei weens ’n hoër gemiddelde

    debiteureboek as gevolg van die toename in Overberg Agri se

    kredietverkope.

    Finansieringskoste het met 39.1% gestyg tot R159 miljoen

    (2018: R114 miljoen), hoofsaaklik as gevolg van die toename in

    rentedraende skuld van R872 miljoen weens die samesmelting.

    Die bestuur se mikpunt is om die groep se skuldvlakke en

    finansieringskoste te verlaag.

    Die groep se effektiewe belastingkoers was 26.8% en in

    ooreenstemming met verwagtinge (2018: 32.6%).

    Finansiële hoof se verslag

    Overberg Agri Bpk en Acorn Agri (Edms) Bpk het op 2 Mei 2018

    in Acorn Agri & Food Bpk, ’n enkele gekombineerde

    entiteit, saamgesmelt.

  • ACORN AGRI & FOOD BPK24

    Kernwesensverdienste het met 11.0% tot R161 miljoen gestyg

    (2018: R145 miljoen). Kernwesensverdienste per aandeel het met

    27.0% tot 135 sent gedaal (2018: 185 sent). Dit was grootliks te

    wyte aan die bedrukte prestasie van Vars Vrugte en Voedsel-

    verwerking en die uitreik van aandele gedurende die jaar. Die groep

    is van mening dat die kernwesensverdienste en kernwesens-

    verdienste per aandeel ’n billike weergawe bied van die groep se

    prestasie deur die impak van ongewone, nie-herhalende inkomste

    en/of uitgawes uit te skakel

    Finansiële posisieDie samesmeltingstransaksie het ’n beduidend positiewe invloed

    op die groep se staat van finansiële posisie gehad. Ontasbare

    bates het tot R702 miljoen toegeneem (2018: R208 miljoen)

    en biologiese bates het tot R435 miljoen toegeneem

    (2018: R3 miljoen). Ekwiteit toeskryfbaar aan aandeelhouers van

    die beheermaatskappy het tot R3.13 miljard (2018: R1.98 miljard)

    toegeneem.

    Netto bedryfskapitaal het tot R1.60 miljard toegeneem (2018:

    R1.26 miljard) en netto rentedraende skuld het tot R1.94 miljard

    gestyg (2018: R1.13 miljard). Die verhouding van netto

    rentedraende skuld tot ekwiteit het tot 0.6 gestyg (2018: 0.5).

    KontantvloeiNetto kontant van R46.1 miljoen is vir bedryfsaktiwiteite aangewend

    (2018: netto kontant van R117 miljoen gegenereer), wat grootliks

    toegeskryf kan word aan ’n toename in die netto bedryfskapitaal en

    finansieringskoste.

    Die groep het verder in sy toekomstige groei belê deur kapitaal-

    besteding van R247 miljoen aan te gaan, terwyl die opbrengs op

    die verkoop van eiendom, aanleg en toerusting R64 miljoen

    beloop het. Die groep het teen die jaareinde kontantsaldo’s van

    R245 miljoen gehad.

    Segmentele prestasieAfgesien van die uitdagende ekonomiese toestande het Agri-insette

    en -dienste en Agri-insette: Brandstof stewige resultate

    gelewer, met ’n onderskeidelike styging in verkope van 7.3% en

    30.4%. Die Voedselverwerking fokusgebied se verkope het met

    21.7% afgeneem weens die uitdagings soos in die uitvoerende

    hoof se verslag uiteengesit.

    Vars Vrugte en Gesondheidskosse is vanaf die sluitings datum van

    die samesmelting bygevoeg en daarom bevat die segmentele

    verslag vir 2019 slegs die finansiële resultate vir 10 maande. Weens

    die feit dat daar om dieselfde rede geen vergelykbare syfers is nie,

    sal die finansiële prestasie van dié twee segmente vanaf die

    2020 finansiële jaar vergelykenderwys beskou word.

    Dividend ’n Bruto dividend van 40 sent per aandeel (2018: 55 sent) is

    verklaar op grond van ’n dividenddekking van 3.37 van die

    kernwesensverdienste per aandeel van R1.35 (2018: 3.37).

    Aandeelhouers kan kies om in plaas van ’n kontantdividend die

    dividend in kapitalisasie-aandele te ontvang.

    Gebeure ná die verslagdoeningstydperkDie sluitingsdatum van die verkoopstransaksie van die Grassroots

    Bear-afdeling wat voorheen aan die aandeelhouers gekommunikeer

    is, het op 31 Mei 2019 plaasgevind en die eerste deel van die

    vergoeding is deur die Grassroots-groep ontvang. In

    ooreenstemming met die samesmeltingsooreenkoms tussen

    Acorn Agri (Edms) Bpk en Overberg Agri Bpk het Acorn Agri &

    Food Bpk op 14 Junie 2019 4 622 577 aandele as teenprestasie-

    aandele uitgereik aan Acorn Agri se aandeelhouers soos op die

    sluitingsdatum van die samesmelting.

    Woord van waarderingBaie dankie aan ons aandeelhouers en finansieringsinstellings

    vir u voortgesette steun aan Acorn Agri & Food. Ek wil graag ook

    aan ons groepfinansiesspan en die finansiële personeel by ons

    groepmaatskappye my waardering betuig vir hul toewyding die

    afgelope jaar.

    Louw CoetzerFinansiële hoof

    FINANSIËLE HOOF SE VERSLAG (vervolg)

  • GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2019 25

    Beleggingsverslag

    InleidingAs die eerste beleggingsverslag vir Acorn Agri & Food ná die samesmelting van Overberg Agri en Acorn Agri, verdien dit ’n vinnige terugblik op die verlede, as ’n herinnering aan ons erfenis.

    AandeelprysprestasieOor die afgelope vyf jaar het Acorn Agri & Food en sy voorganger,

    Overberg Agri, beduidende groei in aandeelpryse ondervind en sy

    portuurgroep asook die JSE Alle Aandele-indeks oortref.

    Jaarlikse opbrengs (dividende herbelê)1 Maart 2014 tot 28 Februarie 2019

    0

    2

    4

    6

    8

    10

    12

    14

    16

    18

    20

    Port

    uurg

    emid

    deld

    JSE

    ALS

    I tot

    ale

    opb

    reng

    s

    Aco

    rn A

    gri &

    Foo

    d

    Die portuurgroep bestaan uit Clover Industries, Kaap Agri, Omnia Holdings, Pioneer Foods, Quantum Foods, RCL Foods, Rhodes Food Group, Senwes, Tiger Brands, Tongaat Hulett en Zeder.

    Sedert die samesmelting op 2 Mei 2018 het die aandeelprysprestasie ongelukkig nie aan ons verwagtinge voldoen nie. Dit kan onder andere

    aan ’n algemene lae beleggersentiment, die daling in Pioneer Voedsel se aandeelprys van R121.38 op 2 Mei 2018 tot R80.50 op 28 Februarie

    2019, en die uitdagende bedryfstoestande in die plaaslike landbou- en voedselsektore toegeskryf word. Ons is egter vol vertroue dat die

    meeste van ons inisiatiewe oor die medium termyn verwesenlik sal word en in die toekomstige prestasie en aandeelprysbewegings weerspieël

    sal word.

  • ACORN AGRI & FOOD BPK26

    BELEGGINGSVERSLAG (vervolg)

    Beleggingsfilosofie, -benadering en -kriteriaNa die samesmelting, het Acorn Agri & Food sy beleggingsfilosofie,

    -benadering en -kriteria geformuleer, wat deel uitmaak van ons

    breë kapitaaltoekenningsbenadering.

    Kortweg probeer ons belange in stabiele, kontantgenererende

    landbou- en voedselbesighede binne ons waardeketting-

    fokusgebiede, wat ’n sterk bestuurspan het, te verkry en teen ’n prys

    wat ons interne opbrengskoers-mikpunt van 18% per jaar

    ondersteun. Hoewel ons verkies om meerderheidsbelange te

    bekom, sal ons ook in sekere omstandighede minderheidsbelange

    oorweeg.

    Die direksie het ook die volgende aanvaar:

    • ’n omvattende beleggingsuitsluitingslys, waarvolgens Acorn

    Agri & Food onderneem om nie in sekere ondernemings of

    bedrywighede te belê nie; en

    • duidelike riglyne vir die disinvestering van bedryfsmaatskappye

    of beleggings.

    GeleenthedeDie huidige uitdagende ekonomiese toestande het talle

    beleggingsgeleenthede vir Acorn Agri & Food laat ontstaan as

    gevolg van:

    • hoogs gefinansierde besighede wat bates van die hand moes sit

    om skuld te verminder:

    • privaatekwiteitfondse, wat voor die kredietkrisis van 2009

    opgerig is, wat die einde van hul termyn bereik het; en

    • eienaars en beleggers wat hul blootstelling aan Suid-Afrika en/

    of ander ontluikende markte verminder het.

    Gevolglik het ons ’n aansienlike getal verkrygingsgeleenthede in

    die landbou- en voedselsektore gedurende hierdie finansiële jaar

    ondersoek. Ons moes sommige afkeur weens die kwaliteit van die

    besigheid, of omdat die aanbodprys nie aan ons beleggingskriteria

    voldoen het nie. Acorn Agri & Food is tot gesonde en

    gedissiplineerde kapitaaltoekenning verbind en daarom sal ons

    afsien van geleenthede wat nie aan ons kwaliteit- en/of

    opbrengsverwagtings voldoen nie.

    Acorn Agri & Food het gedurende die finansiële jaar ’n nuwe filiaal,

    AgVentures, gestig. AgVentures se kernfokus is die evaluering van

    en investering in landbou- en voedseltegnologiemaatskappye wat

    die potensiaal het om die Suid-Afrikaanse landbou- of voedselsektor

    te verbeter of te hervorm. Acorn Agri & Food streef daarna om aan

    die voorpunt van hierdie sektore te bly en ons soeke na kennis en

    geleenthede plaas ons in die ideale posisie in hierdie verband.

    VerkrygingsOns is besig om die verkryging van 100% van ’n petroleumverskaffer

    af te handel, onderhewig aan nakoming van gebruiklike

    opskortende voorwaardes. Hierdie verskaffer bring verskeie

    sinergieë na Moov Fuel, soos skaalbesparings.

    Ons is ook besig om die verkryging van 100% van ’n gesond-

    heidshappie-handelsmerk, wat in die Benelux-lande (België,

    Luxembourg en Nederland) gesetel is, namens Grassroots Group te

    finaliseer. Die handelsmerk bied ’n aantreklike kanaal vir die verkope

    van Grassroots se innoverende gesondheidshappies in die

    Benelux-Unie.

    ’n Belegging deur The Health Food Group van 49% in ’n jong, energieke Suid-Afrikaanse maatskappy wat gesondheidshappies aan korporatiewe kantore en skoolsnoepwinkels verskaf, is ná die jaareinde geïnisieer en die transaksie vorder goed. Hierdie maatskappy gee Grassroots Group en Montagu Droëvrugte & Neute

    Beleggings-potensiaal gerealiseer.“

  • GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2019 27

    Die implementeringsdatum vir die disinvestering van die Grassroots

    Bear-afdeling is vir 31 Mei 2019 vasgestel. Dit is die grootste realiserings gebeurtenis in die

    100-jarige geskiedenis van die Groep en die verkooptransaksie

    sal aansienlike waarde realiseer.

    “’n bykomende verspreidingskanaal om die plaaslike mark te bereik wat nog nie tans ontgin word nie. Hierdie verspreider se strategie is om uiteindelik uit te brei na aanlyn verkope van gesondheidshappie-pakkies direk aan Suid-Afrikaanse verbruikers by die huis of kantoor. Na jaareinde is ons aanbod om ’n 25% belang in ’n internasionale landboutegnologiemaatskappy, via AgVentures, te bekom, aanvaar

    onderhewig aan sekere opskortende voorwaardes. Hierdie

    besigheid bring ontwrigtende tegnologie tot die internasionale

    vrugtebedryf deur vroeë seisoen opbrengste te bepaal op ’n vroeër

    en baie meer akkurate grondslag as enige eweknieë. Die transaksie

    bied ook aan Overberg Agri die geleentheid om ’n Suid-Afrikaanse

    agent te word en die diens aan plaaslike vrugteprodusente te lewer.

    Aandeelterugkope’n Filiaal van Acorn Agri & Food het 300 000 Acorn Agri & Food-

    aandele in Februarie 2019 teen ’n prys van R20.00 per aandeel

    gekoop. Die direksie was van mening dat die aanbodprys ver onder

    die intrinsieke waarde van die Groep is, en dat daar dus ’n

    geleentheid was om waarde vir aandeelhouers te skep deur die

    aandele terug te koop.

    Teen die jaareinde was Acorn Agri & Food se aandeelprys R21.00

    per aandeel, wat ’n diskonto van 14.2% vergeleke met die Groep se

    netto batewaarde van R24.50 verteenwoordig.

    DisinvesteringsDie implementeringsdatum vir die disinvestering van die Grassroots

    Bear-afdeling is vir 31 Mei 2019 vasgestel. Dit is die grootste

    realiseringsgebeurtenis in die 100-jarige geskiedenis van die Groep

    en die verkooptransaksie sal aansienlike waarde realiseer. Sedert die

    belegging in Grassroots Group in 2011 deur Acorn Agri se

    voorganger, die Acorn General Fund 1, tot die disinvestering na

    jaareinde, is ’n jaarliks saamgestelde opbrengs van 55.7% behaal.

    Dit is werklik ’n merkwaardige resultaat en getuig van die vermoëns

    van Grassroots Group se bestuurspan, tesame met die beleggings-

    kundigheid van Acorn Agri & Food. Voorts sal Grassroots Group sy

    bestaande produksiefasiliteit, navorsings- en ontwikkelings-

    vermoëns, asook ’n verskeidenheid innoverende, eie gesondheids-

    happie-produkte behou om toekomstige groei te bevorder.

    Die Groep het verskeie sitrusplase en onderontwikkelde grond wat

    deur ACG Fruit besit word, as vir verkoop geïdentifiseer. Dit is

    nie-kernbates wat waarskynlik voor die 2020 finansiële jaareinde

    verkoop sal word, en die opbrengs op hierdie verkope sal gebruik

    word om skuld in ACG Fruit te verminder.

    Acorn Agri & Food beskou die aandele wat in Pioneer Voedsel en

    BKB besit word as nie-kernbates en ons verklaarde doelwit is om die

    hele belang te verkoop en die kapitaal eerder in bedryfsentiteite

    waar ons bestuursinvloed of -beheer het, te herontplooi. Daarom

    het ons gedurende die finansiële jaar 500 000 Pioneer Voedsel-

    aandele verkoop en verwag ons om die oorblywende 4.5 miljoen

    aandele in ooreenstemming met die direksie se mandaat van die

    hand te sit.

    FokusgebiedeOns huidige beleggingsfokus is die implementering van die vier

    transaksies wat tans aan die gang is. Hierdie transaksies sal onder

    meer deur die opbrengs op die verkoop van die oorblywende

    Pioneer Voedsel-aandele befonds word.

    Ons is ook aktief besig om plaaslike en internasionale

    verkrygingsgeleenthede binne die gesondheidshappie-sektor

    te ondersoek om ons marktoegang te versterk. Verkrygings

    sal waarskynlik uit die opbrengs op die verkoop van die

    Grassroots Bear-afdeling befonds word.

    ’n Deurlopende fokusgebied is die verkryging van Agri-inset-

    besighede wat sinergieë tot ons huidige werksaamhede byvoeg,

    asook deelname aan die konsolidasie van die groter landbousektor.

    Gevolgtrekking Noudat die samesmelting afgehandel is, is ons opgewonde oor die

    beleggingsgeleenthede wat beskikbaar is. Ons sal beslissend optree

    en met die kenmerkende oortuiging en vasberadenheid van ’n

    bekwame beleggingspan besluite deurvoer, maar terselfdertyd

    steeds ’n gedissiplineerde benadering volg.

    Carl NeethlingHoofbeleggingsbeampte

  • ACORN AGRI & FOOD BPK28

    Onafhanklike ouditeur se verslag op die opgesomde gekonsolideerde finansiële state

    VoorbereidingsgrondslagDie opgesomde gekonsolideerde finansiële state word voorberei ooreenkomstig kriteria wat deur die fondsbestuurder ontwikkel is. Ingevolge

    dié kriteria maak die fondsbestuurder die opgesomde finansiële state bekend wat afgelei is uit die gekonsolideerde geouditeerde finansiële

    state van Acorn Agri & Food Bpk vir die jaar geëindig 28 Februarie 2019, voorberei in ooreenstemming met IFRS.

    Aan die aandeelhouers van Acorn Agri & Food Beperk

    OuditmeningDie opgesomde gekonsolideerde finansiële state van Acorn Agri & Food Beperk, uiteengesit op bladsy 29 tot 33 en bestaande uit die

    opgesomde gekonsolideerde staat van finansiële posisie soos op 28 Februarie 2019, die opgesomde gekonsolideerde inkomstestaat, die

    opgesomde gekonsolideerde staat van omvattende inkomste, die opgesomde gekonsolideerde staat van veranderings in ekwiteit, die

    opgesomde gekonsolideerde staat van kontantvloei, en verwante aantekeninge, is verkry uit die geouditeerde gekonsolideerde finansiële state

    van Acorn Agri & Food Beperk vir die jaar geëindig 28 Februarie 2019.

    Na ons mening stem die meegaande opgesomde gekonsolideerde finansiële state in alle wesenlike opsigte ooreen met die geouditeerde

    gekonsolideerde finansiële state, ooreenkomstig die voorbereidingsgrondslag soos beskryf in die aantekeninge en die vereistes van die

    Maatskappywet van Suid-Afrika soos van toepassing op opgesomde finansiële state.

    Opgesomde gekonsolideerde f inansiële stateDie opgesomde gekonsolideerde finansiële state bevat nie alle openbaarmakings wat die Internasionale Finansiële Rapporteringstandaarde en

    die Maatskappywet van Suid-Afrika met betrekking tot finansiële jaarstate vereis nie. Die lees van die opgesomde gekonsolideerde finansiële

    state en die ouditeursverslag daarop is dus nie ’n plaasvervanger vir die lees van die geouditeerde gekonsolideerde finansiële state en die

    ouditeursverslag daarop nie.

    Die geouditeerde gekonsolideerde f inansiële state en ons verslag daaropOns het in ons verslag van 21 Junie 2019 ’n ongemodifiseerde ouditmening oor die geouditeerde gekonsolideerde finansiële state uitgespreek.

    Direkteure se verantwoordelikheid vir die opgesomde gekonsolideerde f inansiële stateDie direkteure is verantwoordelik vir die voorbereiding van die opgesomde gekonsolideerde finansiële state ooreenkomstig die voorbereidings-

    grondslag soos beskryf in die aantekeninge en die vereistes van die Maatskappywet van Suid-Afrika soos van toepassing op opgesomde

    finansiële state.

    Ouditeure se verantwoordelikheidOns verantwoordelikheid is om ’n mening uit te spreek oor of die opgesomde gekonsolideerde finansiële state in alle wesenlike opsigte

    ooreenstem met die geouditeerde gekonsolideerde finansiële state op grond van ons prosedures, wat uitgevoer is ooreenkomstig die

    Internasionale Ouditstandaard (ISA) 810 (hersien), Verpligting om oor opgesomde finansiële state verslag te doen.

    PricewaterhouseCoopers Ingelyf

    Direkteur: A Stemmet

    Geregistreerde Ouditeur

    Stellenbosch

    21 Junie 2019

  • GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2019 29

    Opgesomde gekonsolideerde staat van finansiële posisieSoos op 28 Februarie 2019

    GROEP

    2019R’000

    2018R’000

    BatesNie-bedryfsbatesEiendom, aanleg en toerusting 1 128 530 757 167Beleggingseiendom 248 676 220 747Ontasbare bates 702 042 208 551Ander finansiële bates 540 404 660 702Beleggings in assosiate 84 493 147 274Biologiese bates 221 740 3 236Uitgestelde belastingbate 194 053 2 891Handels- en ander debiteure 172 072 147 574Lenings aan verwante partye 5 153 –

    3 297 163 2 148 142

    BedryfsbatesBiologiese bates 214 111 –Voorraad 626 810 465 829Handels- en ander debiteure 1 484 071 1 226 360Lenings aan groepmaatskappye – 97 140Lenings aan verwante partye 151 427 556Lopende belastingbate 31 073 20 002Kontant en kontantekwivalente 245 202 179 170Lenings aan klante 24 739 –

    2 777 433 1 989 057

    Nie-lopende bates gehou vir verkoop en bates van beëindigde bedrywighede 580 980 –

    Totale bates 6 655 576 4 137 199

    Ekwiteit en aanspreeklikhedeEkwiteitEkwiteit toeskryfbaar aan aandeelhouers van beheermaatskappyAandelekapitaal 1 367 766 80 334Reserwes 69 339 280 726Behoue inkomste 1 693 128 1 621 712

    3 130 233 1 982 772Nie-beherende belang 392 839 180 860

    3 523 072 2 163 632

    AanspreeklikhedeNie-bedryfslasteLenings vanaf verwante partye 960 –Ander finansiële aanspreeklikhede 642 389 206 564Afbetalingsverkoopsooreenkomste 20 769 16 989Mediese aanspreeklikheid vir oudwerknemers 13 052 14 423Uitgestelde belastingaanspreeklikheid 268 173 200 433Handels- en ander krediteure 4 550 12 518Voorsienings 1 048 1 003

    950 941 451 930

    BedryfslasteLenings vanaf verwante partye 9 081 2 387Ander finansiële aanspreeklikhede 1 462 459 1 085 751Afbetalingsverkoopsooreenkomste 14 702 7 458Lopende belastingaanspreeklikheid – 245Mediese aanspreeklikheid vir oudwerknemers 1 921 1 833Handels- en ander krediteure 506 925 423 058Dividend betaalbaar 17 796 –Bankoortrekking 50 046 905

    2 062 930 1 521 637

    Laste van beëindigde bedrywighede 118 633 –

    Totale laste 3 132 504 1 973 567

    Totale ekwiteit en aanspreeklikhede 6 655 576 4 137 199

  • ACORN AGRI & FOOD BPK30

    Opgesomde gekonsolideerde inkomstestaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2019

    GROEP

    2019R’000

    2018R’000

    (heraangegee)

    Voortgesette bedrywighedeOmset 7 896 346 6 360 582Verandering in billike waarde van biologiese bates 60 039 –Koste van verkope (7 013 589) (5 600 507)

    Bruto wins 942 796 760 075Rente ontvang 126 714 122 096Ander inkomste 80 958 42 932Verkoops- en bemarkingskoste (13 972) (10 079)Administrasiekoste (169 708) (135 918)Bedryfsuitgawes (627 828) (457 077)Ander winste en verliese 36 435 72 400

    Bedryfswins 375 395 394 429Finansieringsinkomste 14 951 11 088Verlies uit geëkwiteerde beleggings (5 345) (11 865)Finansieringskoste (159 054) (114 349)

    Wins voor belasting 225 947 279 303Belasting (60 698) (91 016)

    Wins uit voortgesette bedrywighede 165 249 188 287Beëindigde bedrywighedeWins/(verlies) uit beëindigde bedrywighede (22 111) 1 848

    Wins vir die jaar 143 138 190 135

    Toeskryfbaar aan:Eienaars van die beheermaatskappy:Wins vir die jaar uit voortgesette bedrywighede 137 563 161 077Wins/(verlies) vir die jaar uit beëindigde bedrywighede (26 258) 1 848

    Wins vir die jaar toeskryfbaar aan eienaars van die beheermaatskappy 111 305 162 925

    Nie-beherende belang:Wins vir die jaar uit voortgesette bedrywighede 27 686 27 210Wins vir die jaar uit beëindigde bedrywighede 4 147 –

    Wins vir die jaar toeskryfbaar aan nie-beherende belang 31 833 27 210

    2019Sent

    2018Sent

    Wesensverdienste per aandeel – voortgesette bedrywighede 88 151Kernwesensverdienste per aandeel 135 185

  • GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2019 31

    Opgesomde gekonsolideerde staat van omvattende inkomste vir die jaar geëindig 28 Februarie 2019

    GROEP

    2019R’000

    2018R’000

    (heraangegee)1

    Wins vir die jaar 143 138 190 135Ander omvattende inkomste:Items wat na wins of verlies herklassifiseer kan wordBillikewaardeaanpassings op beskikbaar-vir-verkoop-beleggings – (274 667)Inkomstebelasting op items wat herklassifiseer kan word – 52 674

    Totale items wat na wins of verlies herklassifiseer kan word – (221 993)Items wat nie na wins of verlies herklassifiseer kan word nieBillikewaardeaanpassings van finansiële bates (224 105) –Inkomstebelasting op items wat nie herklassifiseer kan word nie 26 332 –

    Totale items wat nie na wins of verlies herklassifiseer kan word nie (197 773) –

    Ander omvattende (verlies)/inkomste vir die jaar netto van belasting (197 773) (221 993)

    Totale omvattende (verlies)/inkomste (54 635) (31 858)

    Totale omvattende (verlies)/inkomste toeskryfbaar aan:Eienaars van die beheermaatskappy (86 468) (59 068)Nie-beherende belang 31 833 27 210

    (54 635) (31 858)

    1 Heraangewing met betrekking tot hersirkulering van wins ná verkoop van Pioneer Foods-aandele vanaf ander omvattende inkomste na wins en verlies. Dit het geen invloed op totale omvattende inkomste nie.

    Opgesomde gekonsolideerde staat van veranderings in ekwiteitvir die jaar geëindig 28 Februarie 2019

    2019R’000

    2018R’000

    Saldo aan die begin van die jaar 2 163 632 2 113 343Openingsaldo aanpassing (2 277) –Wins vir die jaar 143 138 190 135Ander omvattende inkomste (197 773) (221 993)Uitreik van aandele 1 361 403 3 607Toekenning van aandeelopsies (8 063) –Dividende (60 848) (43 901)Aandeleterugkoop (73 971) –Nie-beherende belang by verkryging 197 831 122 441Saldo aan die einde van die jaar 3 523 072 2 163 632

  • ACORN AGRI & FOOD BPK32

    Opgesomde gekonsolideerde staat van kontantvloeivir die jaar geëindig 28 Februarie 2019

    GROEP

    2019R’000

    2018R’000

    (heraangegee)

    Kontantvloei uit/(aangewend in) bedryfsaktiwiteiteKontant gegenereer uit/(aangewend in) bedryfsaktiwiteite 37 777 139 294Rente ontvang 141 665 133 184Divid