geologie - nwu.ac.zageologie by die nwu-pukke is uniek aangesien dit die enigste . universiteit is...

4
Dit begin alles hier GEOLOGIE NORTH-WEST UNIVERSITY YUNIBESITI YA BOKONE-BOPHIRIMA NOORDWES-UNIVERSITEIT POTCHEFSTROOMKAMPUS Skool vir Geo- en Ruimtelike Wetenskappe

Upload: others

Post on 14-Feb-2020

11 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Dit begin alles hier

GEOLOGIE

NORTH-WEST UNIVERSITYYUNIBESITI YA BOKONE-BOPHIRIMANOORDWES-UNIVERSITEITPOTCHEFSTROOMKAMPUS

Skool vir Geo- en Ruimtelike Wetenskappe

Wat is Geologie?Geologie is ’n studie van die Aarde. Dit behels die fisiese en chemiese eienskappe van die materie waarvan die Aarde gemaak is, byvoorbeeld gesteentes en minerale; die prosesse wat hierdie gesteentes en minerale laat vorm het en die evaluering van hierdie gesteentes en minerale tydens hulle geologiese agtergrond. Geologie is ’n baie belangrike vakgebied in Suid-Afrika omdat die land ryklik oor mineraalbronne beskik wat goud, platinum, diamante, steenkool en mangaan insluit. Die geoloog speel ’n belangrike rol in die opspoor en die ontginning van hierdie ekonomiese deposito’s. Geoloë is dus onmisbaar in die Suid-Afrikaanse ekonomie. Verder is die geologie van Suid-Afrika uniek in die wêreld juis oor hierdie wye diversiteit van geologiese fenomene soos die Vredefort Koepel (’n Verenigde Nasies Wêreld-erfenis gebied), die Wieg van die Mensdom (’n Verenigde Nasies Wêreld-erfenis gebied), die dinosourus-fossiele in die Karoo, die Witwatersrand goudmyne en die Kimberley-diamante.

Waar werk geoloë?Meeste geoloë werk in verskillende velde van omgewingsgeologie, die mynbedryf, navorsing en opleiding en/of hulle onderneem ontdekkingstogte.

Omgewingsorganisasies: Environmental Resource Management (www.erm.com); Fraser Alexander (www.fraseralexander.co.za); Golder Associates (www.golder.co.za); MSA Geoservices (www.msageoservices.com); SRK Consulting (www.srk.co.za); GCS (www.gcs-sa.biz).

Navorsingsorganisasies: Raad vir Landbou-navorsing (www.arc.agric.za); Raad vir Geowetenskap (www.geoscience.org.za); Raad vir Wetenskaplike en Industriële Navorsing (www.csir.co.za); Departement van Waterwese (www.dwaf.gov.za); MINTEK (www.mintek.co.za); universiteite.

Mynorganisasies: AngloGold Ashanti (www.anglogold.ac.za); Anglo Platinum (www.angloplat.com); Anglo Coal, BHP Billiton (www.bhpbilliton.co.za); Gold Fields (www.goldfields.co.za); Impala Platinum (www.implats.co.za); Lonmin (www.lonmin.com); Randgold Resources (www.randgoldreseources.com); Rio Tinto (www.riotinto.com).

Geologiese konsultasie-organisasies: MSA Geoservices (www.msageoservices.com)

Die webwerf www.earthworks-jobs.com is dié webwerf om na werksgeleenthede in die geologiese- en ander omgewingswetenskappe te kyk.

Hoe word ek ’n geoloog?Eerstens moet jy ’n B.Sc- en ’n B.Sc. Honneursgraad in Geologie voltooi. Op hierdie manier kan jy as ’n professionele geoloog by die Suid-Afrikaanse Natuurwetenskaplike Beroepsraad (www.sacnasp.org.za) registreer.

Vir die eerste drie jaar van jou studies voltooi jy ‘n B.Sc-graad. Daarna voltooi jy ‘n honneursgraad wat jou minimum ‘n jaar sal neem. Tydens jou honneursgraad het jy egter slegs Geologie-modules!

Watter eienskappe moet ’n geoloog hê?’n Geoloog: •  kan in ’n span werk,•  kan individueel en onafhanklik werk,•  kan buigsaam wees,•  kan aanpas by verskillende werksomgewings in verskillende lande,•  is baie lief vir die buitelewe,•  het ’n positiewe houding en, •  wil gedurig nuwe dinge leer en ontdek.

2

Geologie by die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus (NWU-Pukke)Vakgroep Geologie by die Noordwes-Universiteit maak deel uit van die Skool vir Geo- en Ruimtelike Wetenskappe by die Fakulteit Natuurwetenskappe. Ander vakgroepe binne die Fakulteit Natuuurwetenskappe sluit Plantkunde, Mikrobiologie, Geografie en Omgewingsbestuur, Stads- en Streekbeplanning en Dierkunde in. Geologie kan met Plantkunde, Chemie, Geografie en Omgewingsbestuur of Mikrobiologie gekombineer word in jou kurrikulum om te dien as jou twee hoofvakke. Kursusse in Grondkunde word op eerste- en tweedejaarsvlak aangebied.

Vir meer inligting oor die verskillende kurrikulums en vakkeuses in kombinasie met Geologie kan die Fakulteit Natuurwetenskappe se Jaarboek afgelaai word by www.nwu.ac.za/naturalsciences. Jy kan ook ’n aanhanger word van die Fakulteit se Facebook-bladsy deur ‘Fakulteit Natuurwetenskappe NWU-Pukke’ in die soekfunksie in te sleutel.

Toelatingsvereistes• Wiskunde vlak 4 (50%-59%)• Fisiese Wetenskap vlak 4 (50%-59%)

Hoekom moet ek Geologie nou juis by die NWU-Pukke kom studeer?Die NWU se Potchefstroomkampus is geleë in ’n veilige en vriendelike omgewing ongeveer 120km vanaf Johannesburg. Dit is baie naby aan die Vredefort Koepel en verskeie goudmyne.

Geologie by die NWU-Pukke is uniek aangesien dit die enigste universiteit is waar daar op omgewingsgeologie gefokus word in die honneurskursus. Die akademiese personeel is ’n span kenners op die gebied wat oor uitstekende akademiese en industriële ervaring beskik.

3

Kontak vakgroep Geologie by die Fakulteit Natuurwetenskappe NWU-PukkeVakgroepvoorsitter: Prof. Marthie Coetzee(018) 299 [email protected]

Fakulteitsbestuurder: Fakulteit Natuurwetenskappe Me. Heleen Swart(018) 299 [email protected]

www.nwu.ac.za/naturalsciences

Facebook-bladsy: Fakulteit Natuurwetenskappe NWU-Pukke

4