geregtigheid - onepassion.orgonepassion.org/ministry_files/dissipelskapskool/3. g…  · web...

23
GEREGTIGHEID IN CHRISTUS INLEIDING Ons begin vandag met die eintlike inhoud van die dissipelskapskool. Die vorige twee sessies was die inleiding. Die enigste basis waarop ons konsekwent kan groei as gelowiges is die vaste fondasie van ons geregtigheid in Christus. Enige ander fondasie sal ons altyd weer laat terugval op ons eie krag, ons eie vermoë en ons eie godsdienspogings. Sonder ‘n bewussyn van onskuld kan geen mens ‘n diep wandel met die Here hê nie. Die basis van hierdie onskuld is slegs beskikbaar binne ‘n ordentlike begrip van die geregtigheid van God in Christus. Geen verhouding kan floreer sonder guns en onskuld nie. Veroordeling bring altyd skuld, afstand, verlies aan verhoudingsintimiteit, vyandskap, ens. Alles kom tot stilstand in jou geestelike lewe as jy onder veroordeling is. Die satan weet dat hy ons baie vinnig kan immobiliseer as hy ons harte onder veroordeling plaas. Daarom is die borswapen van geregtigheid in Efesiërs 6 so belangrik. VEROORDELING…‘n baie subtiele ding…kom dikwels in ons lewens in sonder dat ons bewus is daarvan, maar ons sien die effek! Die Doel van hierdie Lering: Om jou by ‘n plek te bring waar jy absoluut oortuig is van die onwankelbare karakter van die gawe van geregtigheid wat jy met jou wedergeboorte ontvang het. Om konstante geestelike groei te beleef op grond van ‘n openbaring van die geregtigheid in Christus.

Upload: doantram

Post on 01-Oct-2018

215 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

GEREGTIGHEID IN CHRISTUS

INLEIDING

Ons begin vandag met die eintlike inhoud van die dissipelskapskool. Die vorige twee sessies was die inleiding. Die enigste basis waarop ons konsekwent kan groei as gelowiges is die vaste fondasie van ons geregtigheid in Christus. Enige ander fondasie sal ons altyd weer laat terugval op ons eie krag, ons eie vermoë en ons eie godsdienspogings. Sonder ‘n bewussyn van onskuld kan geen mens ‘n diep wandel met die Here hê nie. Die basis van hierdie onskuld is slegs beskikbaar binne ‘n ordentlike begrip van die geregtigheid van God in Christus.

Geen verhouding kan floreer sonder guns en onskuld nie. Veroordeling bring altyd skuld, afstand, verlies aan verhoudingsintimiteit, vyandskap, ens.

Alles kom tot stilstand in jou geestelike lewe as jy onder veroordeling is. Die satan weet dat hy ons baie vinnig kan immobiliseer as hy ons harte onder veroordeling plaas. Daarom is die borswapen van geregtigheid in Efesiërs 6 so belangrik.

VEROORDELING…‘n baie subtiele ding…kom dikwels in ons lewens in sonder dat ons bewus is daarvan, maar ons sien die effek!

Die Doel van hierdie Lering:

Om jou by ‘n plek te bring waar jy absoluut oortuig is van die onwankelbare karakter van die gawe van geregtigheid wat jy met jou wedergeboorte ontvang het.

Om konstante geestelike groei te beleef op grond van ‘n openbaring van die geregtigheid in Christus.

Om te rus in die geregtigheid van God in Christus en nie weer terug te val op jou eie pogings om God se guns te wen nie.

Om vanuit die Sabbatsrus verhoudingsintimiteit met God te kan beleef. Sodat ons kan onderskei tussen oortuiging (conviction) en veroordeling

(condemnation) en God se werk sodoende kan vorder in ons. Die Heilige Gees veroordeel nie, Hy oortuig. Indien jy staan in die geregtigheid in Christus sal jy duidelik kan onderskei tussen oortuiging en veroordeling en die teendeel is ook waar. Indien jy nie staan in hierdie geregtigheid nie sal jy baie verwarring beleef en sukkel om God se stem duidelik te onderskei van ander invloede in jou lewe.

MITES (VALS IDEES OOR HIERDIE ONDERWERP)

MITE 1: Geregtigheid is die standaard van God, m.a.w. dit is wat God van my verwag in my Christelike lewe.

DIE WAARHEID: Geregtigheid, soos wat die woord die meeste van die tyd in die Nuwe Testament gebruik word, het te doen met dit wat God vir ons gedoen het in Christus en wat Hy ons skenk in Christus. Die Reformasie het begin toe Martin Luther ‘n openbaring gekry het van die ware betekenis van hierdie woord.

MITE 2: Geregtigheid is ‘n standaard wat ek so mettertyd bereik soos wat ek groei as ‘n Christen.

DIE WAARHEID: Geregtigheid is ‘n gawe wat jy ontvang met jou wedergeboorte en dit het absoluut niks te doen met geestelike groei nie, maar alles met jou stand voor God in Christus. Let wel, jou begrip van geregtigheid het wel baie te doen met jou groei as gelowige.

MITE 3: Soos wat ek groei in geregtigheid en meer regverdig word, beweeg ek nader aan God.

DIE WAARHEID: Jy kan nie groei in geregtigheid (hierdie geregtigheid wat ons nou van praat nie) nie, want met jou wedergeboorte het jy God se geregtigheid in Christus ontvang en dit is ‘n 100 persent geregtigheid. Hierdie geregtigheid plaas jou geestelik in die teenwoordigheid van God en dit beteken jy kan nie in jou stand nader beweeg aan God as wat jy reeds is in Christus nie.

MITE 4: Party gelowiges is meer regverdig (righteous) as andere.

DIE WAARHEID: In soverre as wat dit jou geregtigheid in Christus aangaan, het alle gelowiges presies dieselfde graad van geregtigheid voor God, naamlik 100%.

MITE 5: My geregtigheid voor God wissel soos wat ek ook maar wissel in my geestelike lewe. M.a.w. sekere tye wat ek geestelik sterk is en sterk voel, is my geregtigheid voor God sterk, maar wanneer ek ‘n swakker geestelike kurwe beleef, is my geregtigheid voor God ook minder sterk.

DIE WAARHEID: Geregtigheid is ‘n gawe van God en dit is so standvastig soos die troon van God self. Christus het vir ons geregtigheid geword (1 Kor. 1:30) en Hy verander nooit.

MITE 6: Geregtigheid openbaar die liefde van God en dit is vir ons gegee op grond van die hart van God wat sonde oorsien en daarom spontaan vergewe.

DIE WAARHEID: God het nie die sonde oorgesien nie. Hy het Jesus in ons plek gestraf. Die volle prys vir sonde is betaal. Dit is die basis en krag van geregtigheid.

MITE 7: Geregtigheid impliseer dat ek nooit weer hoef sondes te bely nie.

DIE WAARHEID: Verkeerd, geregtigheid het te doen met jou stand en sondebelydenis met jou wandel.

Johannes 13:10 Jesus sê vir hom: Hy wat gewas is, het niks anders nodig as om die voete te was (1 Jn. 1:9) nie, maar is heeltemal rein; en julle is rein, maar nie almal nie.

MITE 8: Geregtigheid beteken dat ek nie ooit weer probleme met die vlees, wêreld of satan sal hê nie

DIE WAARHEID: Geregtigheid in Christus vrywaar jou nie van probleme of die stryd met die bose nie. Dit gee jou egter wel die basis waarop jy oorwinnend kan wees in die geloofstryd.

MITE 9: . Hierdie boodskap van geregtigheid beteken dat ek nooit weer lyding in hierdie lewe hoef te ervaar nie, want God het mos nou vir my Sy onvoorwaardelike guns geskenk in Sy Seun.

DIE WAARHEID: Geregtigheid in Christus vrywaar jou nie van lyding nie, maar dit waarborg jou wel vrede en blydskap te midde van enige lyding of probleme in hierdie lewe.

MITE 10: Geregtigheid beteken dat ek nou maar kan leef soos ek wil, want my sondes is mos nou vergewe.

DIE WAARHEID: Geregtigheid bring juis die vryheid om nie meer ‘n slaaf van sonde te wees nie, maar ‘n liefdesslaaf van die Een wat jou geklee het in Sy geregtigheid.

Jesaja 61:10 Ek is baie bly in die HERE, my siel juig in my God; want Hy het my beklee met die klere van heil, my in die mantel van geregtigheid gewikkel--soos 'n bruidegom wat priesterlik die hoofversiersel ombind, en soos 'n bruid wat haar versier met haar juwele.

DEFINISIE

Strong’s Definition

‘Dikaiosune’

AV -- righteousness (92)

1) the state of him who is as he ought to be, righteousness, the condition acceptable to God

1a) the doctrine concerning the way in which man may attend a state approved of God 1b) integrity, virtue, purity of life, rightness, correctness of thinking feeling, and acting

2) in a narrower sense, justice or the virtue which gives each his due

Om reg te wees met God. Om te staan in die guns van God op grond van die verdienste van Christus.

Rom 5:1 Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus;

Eenvoudigste definisie: ‘die kondisie wat vir God aanvaarbaar is.’

Om in die regte verhouding met die Vader te staan ...dit word aan jou gegee. Dit beteken:

- Vrygespreek van skuld. Sonder blaam. My sondes word my nie toegereken nie. - Onskuldig, asof ek nog nooit sonde gedoen het nie.- Vrygespreek van oordeel.- Om voor die Vader te staan soos Jesus voor Hom staan - sonder enige bewussyn van enige sonde; net 'n bewussyn van sy Vaderskap, my kindskap, vriendskap en ononderbroke gemeenskap.

Verwante term…Justification / Dikaiosis – “The act of God declaring men free from guilt and acceptable to Him” Dit is die daad van God waardeur hy die sondaar sonder verdienste en uit genade alleen deur bemiddeling van geloof alleen regverdig verklaar en van alle skuld kwytskeld sodat hy of sy in 100 persent onskuld voor hom kan staan. Regverdigmaking is ‘n forensiese (wettige) term wat wys op die kwytskelding wat die sondaar ontvang nadat Hy in die hemelse hof onskuldig bevind is op grond van die feit dat ‘n ander in sy plek gestraf is. Dit spreek van ‘n gawe wat aan iemand gegee word, naamlik die gawe van geregtigheid (Rom. 5:17). Regverdigmaking is die aksie van God en geregtigheid is die resultaat van hierdie aksie!

Definisie vanuit die Bybelse gegewens: Die woord word op verskillende manier gebruik in die Bybel. Beide as ‘n posisie en as dade. In die Nuwe Testament word die woord egter by verre die meeste kere gebruik in terme van ons posisie wat ons in Christus ontvang het.

Geregtigheid is ‘n posisie van volkome en onvoorwaardelike guns en goedkeuring.

Geregtigheid is ‘n wettige term en dit sluit begrippe soos vryspraak en versoening in. Die woord is bykans sinoniem met regverdigmaking (justification). Dit is dus ‘n juridiese term wat spreek van totale en eens vir altyd vryspraak in die hemelse hof. Hierdie stand of posisie word in die Bybel beskryf met die wonderlike term ‘in Christus’. Dit beteken dat ek vrygespreek is van alle sonde en skuld van die verlede, hede en toekoms.

Geregtigheid is die nommer een geskenk van die kruis. Daarom sê die Woord in Rom. 5:17 ‘Want as ten gevolge van die misdaad van die één die dood geheers het deur die één, veel meer sal hulle wat die oorvloed van die genade en van die gawe van die geregtigheid ontvang, in die lewe heers deur die Één, Jesus Christus.’

Geregtigheid is die antwoord op die vraag wat in Job 9:2 gevra word ‘Waarlik, ek

weet dat dit so is; en hoe kan ‘n mens regverdig wees by God?’ Die mens se grootste behoefte deur al die eeue heen is GEREGTIGHEID.

Geregtigheid is die kern van die evangelie: Rom. 1:16-17 Want ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is ‘n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek. 17 Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe.

Geregtigheid is die enigste stabiele basis vir die Christelike lewe en sonder ‘n deeglike begrip daarvan, kan geen gelowige ‘n konsekwente wandel met God beleef nie.

Geregtigheid het ook ‘n eskatologiese aspek. Dit beteken dus dat al jou sondes, verlede, hede en toekoms reeds vergewe is.

Johannes 5:24 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.

Romeine 8:33-34 Wie sal beskuldiging inbring teen die uitverkorenes van God? God is dit wat regverdig maak. 34 Wie is dit wat veroordeel? Christus is dit wat gesterf het, ja, meer nog, wat ook opgewek is, wat ook aan die regterhand van God is, wat ook vir ons intree.

Hierdie verse in Romeine wys nie net op die hede nie, maar ook op die einde van die tye…die oordeel wat kom.

Galasiërs 5:5 Want óns verwag deur die Gees uit die geloof die geregtigheid waarop ons hoop.

Hierdie ‘geregtigheid waarop ons hoop’ verwys na die vryspraak op die oordeelsdag.

Geregtigheid is egter ook baie meer as net vergifnis van sondes. Geregtigheid behels ‘n totaal nuwe natuur en ‘n totaal nuwe posisie voor God.

Vier Aspekte van Geregtigheid (Christo Botes):

1. VRYSPRAAK – Dit lei tot Geen Veroordeling nie (volkome aanvaarding)

Efesiërs 1:6 tot lof van die heerlikheid van sy genade waarmee Hy ons begenadig het in die Geliefde.

(Darby) to the praise of the glory of his grace, wherein he has taken us into favour in the Beloved:

(HNV) to the praise of the glory of his grace, by which he freely bestowed favor on us in the Beloved,

(KJV) To the praise of the glory of his grace, wherein he hath made us accepted in the beloved.

2. VERSOENING – Dit lei tot Geen Skeiding nie.

Romeine 5:11 En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in God deur onse Here Jesus Christus, deur wie ons nou die versoening verkry het.

Romeine 8:35 Wie sal ons skei van die liefde van Christus verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard?

Romeine 8:38-39 Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge 39 of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.

3. ‘N NUWE MENS – Dit lei tot ‘n Nuwe Bestaanswyse. Dit wil sê ‘n heeltemal nuwe identiteit en manier van kyk na myself en my lewe op die aarde.

Dit sluit in die aanneming tot kinders.

Romeine 8:15 Want julle het nie ontvang 'n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader!

Galasiërs 4:5 om die wat onder die wet was, los te koop, sodat ons die aanneming tot kinders kan ontvang.

Dit beteken dat ons op grond van die gawe van geregtigheid opgeneem is in die huis van die Vader. Die Vader sien ons nou in die Seun.

Efesiërs 2:19 So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God…

Johannes 20:17 Jesus sê vir haar: Raak My nie aan nie, want Ek het nog nie opgevaar na my Vader nie; maar gaan na my broeders en sê vir hulle: Ek vaar op na my Vader en julle Vader, en my God en julle God.

Galasiërs 4:6 En omdat julle kinders is, het God die Gees van sy Seun in julle harte uitgestuur, en Hy roep: Abba, Vader!

Nie meer ‘n ou mens nie, maar ‘n nuwe mens. Nie meer ‘n sondaar nie, maar ‘n seun. Nie meer ‘n goddelose nie, maar ‘n heilige.

4. VRYMAKING – Dit lei tot Nuwe Lewe. Die praktiese, daaglikse lewe van die gelowige.

Vrymaking het te doen met die transformasie van die siel en dit behels die toenemende belewenis van die vryheid wat ons reeds met ons wedergeboorte in Christus ontvang het.

Romeine 12:2 En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.

2 Korinthiërs 3:18 En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in 'n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.

Galasiërs 5:1 Staan dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie.

Johannes 8:36 As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.

Op grond van die geregtigheid in Christus is ons by die oomblik van wedergeboorte onmiddellik vry van alle bande wat ons ooit gebind het of ooit kan bind. Ons mag miskien nie dadelik daardie vryheid beleef nie, maar alle aspekte van ons belewenis van vryheid na die punt van wedergeboorte is totaal gebaseer op ons geregtigheid in Christus.

Geregtigheid is die sleutel tot al die gawes van God in Christus. Die oomblik wat jy vaag raak oor jou geregtigheid in Christus maak jy die deur van die vloei van die Gees toe en val jou ervaring. Om in Christus te bly (Jn. 15:4) beteken altyd eerstens om in Sy Geregtigheid te bly.

Die boek Romeine gee vir ons ‘n positiewe aanbieding van geregtigheid en die boek Galasiërs gaan weer spesifiek oor die probleem van eie-geregtigheid.

ALGEMENE TEKSTE

Romeine 1:16-17 Want ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is 'n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek. 17 Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe.

2 Korinthiërs 3:9 Want as die bediening wat veroordeel, heerlikheid was, veel meer is die bediening wat regverdig maak, oorvloedig in heerlikheid.

1 Korinthiërs 1:30 Maar deur Hom is julle in Christus Jesus, wat vir ons geword het wysheid uit God en geregtigheid en heiligmaking en verlossing.

2 Korinthiërs 5:21 Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.

Romeine 10:3-4 Want omdat hulle die geregtigheid van God nie ken nie en hulle eie geregtigheid probeer oprig, het hulle hul aan die geregtigheid van God nie onderwerp nie. 4 Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo.

Jeremia 23:6 In sy dae sal Juda verlos word en Israel veilig woon; en dit is sy naam waarmee Hy genoem sal word: DIE HERE ONS GEREGTIGHEID.

Jesaja 54:14 Deur geregtigheid sal jy bevestig word; wees ver van verdrukking, want jy hoef nie bevrees te wees nie; en ver van verskrikking, want dit sal nie by jou kom nie.

Jesaja 32:17 En die werking van die geregtigheid sal vrede wees, en die voortbrengsel van die geregtigheid rus en veiligheid tot in ewigheid.

Romeine 14:17 Want die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees.

Romeine 5:17 Want as ten gevolge van die misdaad van die één die dood geheers het deur die één, veel meer sal hulle wat die oorvloed van die genade en van die gawe van die geregtigheid ontvang, in die lewe heers deur die Één, Jesus Christus.

Psalm 17:15 Maar ek sal u aangesig in geregtigheid aanskou; ek sal versadig word met u beeld as ek wakker word.

I. DIE PRYS VAN GEREGTIGHEID

STELLING: Ons moet altyddeur in gedagte hou wat dit die Here gekos het om ons by hierdie heerlike staat van geregtigheid te bring. Dit is onder andere een van die dinge waaraan ons herinner moet word wanneer ons die Nagmaal gebruik.

Memoriseer: Jesaja 53:5-6 Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom. 6 Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop; maar die HERE het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom.

Jesaja 53:10 Maar dit het die HERE behaag om Hom te verbrysel; Hy het Hom krank gemaak; as sy siel 'n skuldoffer aangebied het, sal Hy 'n nakroos sien; Hy sal die dae verleng, en die welbehae van die HERE sal deur sy hand voorspoedig wees.

2 Korinthiërs 5:21 Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.

1 Korinthiërs 6:20 Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.

II. GEREGTIGHEID - DIE BESTE BASIS VIR GEESTELIKE GROEI

STELLING: Dit is onmoontlik om geestelik te groei as jou gewete onder aanklag is en jy nie in die rus van die Here is nie. In so ‘n geval is jy altyd in die pad in plaas van op die pad. Met ander woorde, jy is in die pad van die Here omdat jy iets probeer doen wat in werklikheid reeds gedoen is. Wanneer jy egter by ‘n punt van rus in Christus kom, kan die Heilige Gees sonder jou eie inmenging Sy werk van heiligmaking (die transformasie van jou siel) onverstoord voortsit binne-in jou.

Memoriseer Efesiërs 1:6 tot lof van die heerlikheid van sy genade waarmee Hy ons begenadig het in die Geliefde.

(Darby) to the praise of the glory of his grace, wherein he has taken us into favour in the Beloved:

(HNV) to the praise of the glory of his grace, by which he freely bestowed favor on us in the Beloved,

(KJV) To the praise of the glory of his grace, wherein he hath made us accepted in the beloved.

Mattheus 11:28 Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.

Hebreërs 4:10 want wie in sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van syne.

Hebreërs 10:1-4 Want die wet, wat 'n skaduwee het van die toekomstige weldade, nie die beeld self van die dinge nie, kan nooit deur dieselfde offers wat jaar na jaar gedurig gebring word, die wat toetree, tot volmaaktheid lei nie. 2 Anders sou hulle opgehou het om geoffer te word, omdat die wat die diens verrig, nadat hulle een maal gereinig is, geen bewussyn meer van sondes sou gehad het nie. 3 Maar in dié offers is daar jaar na jaar 'n herinnering aan die sondes; 4 want die bloed van stiere en bokke kan onmoontlik die sonde wegneem.

Hebreërs 10:14 Want deur een offer het Hy vir altyd volmaak die wat geheilig word.

III. DIE EFFEK VAN GEREGTIGHEID

STELLING: Soos ons gesien het lei geregtigheid tot geen veroordeling, geen skeiding, ‘n nuwe bestaanswyse en ‘n nuwe lewe. Die effek van hierdie heerlike skeppingsrealiteite is sonder uitsondering stabiliteit, vrede, blydskap en ‘n nuwe vrymoedigheid (boldness) voor God en mense.

Memoriseer: Jes. 54:14 Deur geregtigheid sal jy bevestig word; wees ver van verdrukking, want jy hoef nie bevrees te wees nie; en ver van verskrikking, want dit sal nie by jou kom nie.

Jesaja 32:17 En die werking van die geregtigheid sal vrede wees, en die voortbrengsel van die geregtigheid rus en veiligheid tot in ewigheid.

Isaiah 32:17 The work of righteousness will be peace, And the effect of righteousness, quietness and assurance forever.

Romeine 14:17 Want die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees.

Efesiërs 3:12 in wie ons die vrymoedigheid en die toegang het met vertroue deur die geloof in Hom.

Handelinge 4:13 En toe hulle die vrymoedigheid van Petrus en Johannes sien en verstaan dat hulle ongeleerde en eenvoudige manne was, was hulle verwonderd en het hulle as metgeselle van Jesus herken.

Handelinge 9:29 en vrymoediglik gespreek in die Naam van die Here Jesus, en ook met die Griekssprekende Jode gepraat en geredetwis, maar hulle het probeer om hom dood te maak.

Jesaja 54:17 Elke wapen wat teen jou gesmee word, sal niks uitrig nie; en elke tong wat teen jou opstaan in die gereg, sal jy weerlê. Dit is die erfdeel van die knegte van die HERE en hulle geregtigheid wat uit My is, spreek die HERE.

‘n Nuwe Manier om mense te benader:

2 Korinthiërs 5:14-16 Want die liefde van Christus dring ons, 15 omdat ons van oordeel is, dat as een vir almal gesterf het, hulle dan almal gesterf het; en Hy het vir almal gesterwe, sodat die wat lewe, nie meer vir hulself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en opgewek is. 16 Ons ken dus van nou af niemand meer na die vlees nie; en al het ons ook Christus na die vlees geken, nou ken ons Hom tóg nie meer so nie.

Nie meer vanuit veroordeling nie, maar vanuit onskuld en vryspraak.

IV. CHRISTUS ONS GEREGTIGHEID

STELLING: Dit is baie belangrik dat ons geregtigheid sal vasmaak aan die Persoon van Christus, want die alternatief is dat ons kan begin dink dat hierdie geregtigheid uit onsself is. Geregtigheid is dus meer as net ‘n posisie of ‘n leer, dit is ‘n Persoon. Wanneer ons dus dink aan geregtigheid moet ons nie net dink aan dit wat Jesus vir ons gedoen het nie, maar ook dat Hyself ons geregtigheid is.

Memoriseer: Jeremia 23:6 In sy dae sal Juda verlos word en Israel veilig woon; en dit is sy naam waarmee Hy genoem sal word: DIE HERE ONS GEREGTIGHEID.

Romeine 8:32 Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie?

1 Korinthiërs 1:30 Maar deur Hom is julle in Christus Jesus, wat vir ons geword het wysheid uit God en geregtigheid en heiligmaking en verlossing.

2 Petrus 1:1 Simeon Petrus, 'n dienskneg en apostel van Jesus Christus, aan die wat net so 'n kosbare geloof as ons verkry het deur die geregtigheid van onse God en Saligmaker, Jesus Christus:

Romeine 8:10 Maar as Christus in julle is, dan is die liggaam dood vanweë die sonde, maar die gees is lewe vanweë die geregtigheid.

Romeine 10:4 Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo.

2 Korinthiërs 5:21 Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.

V. GEREGTIGHEID - DIE BASIS VIR ‘N VERVULDE LEWE

STELLING: Ons kan net in die teenwoordigheid van God ware vervulling beleef en niks anders as ‘n openbaring van ons geregtigheid in Christus kan die sluier wat God se aangesig vir ons verskans, verwyder nie.

Memoriseer: Psalm 17:15 Maar ek sal u aangesig in geregtigheid aanskou; ek sal versadig word met u beeld as ek wakker word.

Kolossense 2:9-10 Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik; 10 en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag;

Efesiërs 5:18 Moenie dronk word van wyn nie--daarin is losbandigheid; maar word met die Gees vervul.

Daar is ‘n direkte skakel tussen die vervulling met die Gees en ‘n vervulde lewe in Christus op grond van die geregtigheid wat ons in Hom ontvang het. Dit is duidelik uit die parallel teks in Kolossense:

Kolossense 3:16 Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here.

As ons in geloof die woord van Christus omhels, sal ons die vervulling met die Gees beleef. Hierdie vervulling is gelyk aan ‘n vervulde lewe!

VI. DIE GEVOLGE VAN ONKUNDE AANGAANDE GEREGTIGHEID

STELLING: Indien die gelowige nie ‘n persoonlike openbaring het van sy geregtigheid in Christus nie is daar geen manier wat hy kan ontwikkel tot die vrugbare, Christusgelykvormige persoon wat God in gedagte het nie.

‘n Weeskind hart en ‘n slawerny mentaliteit

Galasiërs 4:1-7 Maar ek sê: So lank as die erfgenaam 'n kind is, verskil hy niks van 'n dienskneg nie, al is hy heer van alles; 2 maar hy staan onder voogde en bestuurders tot op die tyd tevore deur die vader bepaal. 3 So was ons ook, toe ons kinders was, in diensbaarheid onder die eerste beginsels van die wêreld. 4 Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit 'n vrou, gebore onder die wet, 5 om die wat onder die wet was, los te koop, sodat ons die aanneming tot kinders kan ontvang. 6 En omdat julle kinders is, het God die Gees van sy Seun in julle harte uitgestuur, en Hy roep: Abba, Vader! 7 Daarom is jy nie meer dienskneg nie, maar kind; en as jy kind is, dan ook erfgenaam van God deur Christus.

Gelowiges is in werklikheid nie meer slawe nie, maar seuns. Dit is egter steeds moontlik om te leef soos ‘n slaaf, al is jy ‘n seun.

Verlies aan intimiteit

Daar kan geen konstante intimiteit in enige verhouding wees sonder guns en onskuld nie. As jy onder veroordeling leef sal jy wegskram van God in plaas daarvan om te groei in intimiteit.

Dooie Werke (Aktiwiteit sonder intimiteit)

Daar is GEEN manier om verlos te word van jou eie dooie godsdienstige werke wat maar net die goeie Adam se prestasies is sonder ‘n duidelike begrip van geregtigheid nie.

Verwarring tussen die Ou en die Nuwe Verbond

Romeine 10:1-8 Broeders, die verlange van my hart en die gebed wat ek tot God vir Israel doen, is tot hulle redding. 2 Want ek getuig van hulle dat hulle 'n ywer vir God het, maar sonder kennis. 3 Want omdat hulle die geregtigheid van God nie ken nie en hulle eie geregtigheid probeer oprig, het hulle hul aan die geregtigheid van God nie onderwerp nie. 4 Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo. 5 Want Moses beskrywe die geregtigheid wat uit die wet is: Die mens wat hierdie dinge doen, sal daardeur lewe. 6 Maar die geregtigheid wat uit die geloof is, sê dit: Moenie in jou hart sê nie: Wie sal in die hemel opvaar, naamlik om Christus af te bring; 7 of: Wie sal in die afgrond neerdaal, naamlik om Christus uit die dode op te bring? 8 Maar wat sê dit? Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart. Dit is die woord van die geloof wat ons verkondig:

Verwarring in jou eie lewe en ook in jou bediening aan andere. As ‘n mens nie uit die geregtigheid in Christus bedien nie bly daar ‘n sluier hang oor mense en bring jy hulle nie by versoening nie. Alle bediening aan gelowiges in die Nuwe Testament is vanuit versoening en eenheid met God in Christus. Dit sluit ook alle vermaning en moreel-etiese lering in.

Geen krag oor sonde nie

Rom. 6:1-3 Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word?2 Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?3 Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie?

Onthou vers 21 van die vorige hoofstuk: ‘sodat, soos die sonde geheers het in die dood, so ook die genade kan heers deur die geregtigheid tot die ewige lewe deur Jesus Christus, onse Here.’

Daar is dus ‘n direkte verband tussen die kennis van geregtigheid en oorwinning oor sonde.

Jy kom nie tot volwassenheid nie

Hebreërs 5:13 Want elkeen wat melk gebruik, is onervare in die woord van geregtigheid, omdat hy ‘n kind is.

‘n Verlies aan vrymoedigheid – dit het dus ‘n direkte effek op evangelisasie

2 Korinthiërs 3:9 Want as die bediening wat veroordeel, heerlikheid was, veel meer is die bediening wat regverdig maak, oorvloedig in heerlikheid.

Let op die skakel tussen vers 9 en verse 11 en 12:

2 Korinthiërs 3:11-12 Want as wat moes vergaan, met heerlikheid was, veel meer is wat moet bly, in heerlikheid. 12 Terwyl ons dan sodanige hoop het, gebruik ons baie vrymoedigheid;

2 Corinthians 3:12 Having therefore such a hope, we use great boldness of speech…

VII. DIE REGTE REAKSIE OP GEREGTIGHEID

STELLING: Die gawe van geregtigheid is bedoel om ons harte so te raak dat dit sal lei tot ‘n spontane liefdesrespons wat die praktyk van ons lewens radikaal beïnvloed.

‘n Wegdraai van die sonde:

Johannes 8:10-11 En toe Jesus Hom oprig en niemand sien behalwe die vrou nie, sê Hy vir haar: Vrou, waar is daardie beskuldigers van jou? Het niemand jou veroordeel nie? 11 En sy antwoord: Niemand nie, Here. En Jesus sê vir haar: Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie.

‘n Diepe Dankbaarheid wat lei tot Liefdesdiensbaarheid, Totale Oorgawe en ‘n Nuwe Waardesisteem:

Johannes 12:3 En Maria het 'n pond egte, baie kosbare nardussalf geneem en die voete van Jesus gesalf en sy voete afgedroog met haar hare. En die huis is vervul met die reuk van die salf.

‘n Nuwe Motivering vir Heiligheid:

1 Johannes 4:19 Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het.

In die lig van so ‘n groot verlossing wat ons vryspreek, nuwe lewe gee en aanneem as kinders kan ons nie anders as om in liefde terug te reageer en ‘n afgesonderde lewe te lei nie.

Wees vasberade om nie jou eie geregtigheid te probeer oprig nie (geloofslewe)

Romeine 10:1-4 Broeders, die verlange van my hart en die gebed wat ek tot God vir Israel doen, is tot hulle redding.2 Want ek getuig van hulle dat hulle ‘n ywer vir God het, maar sonder kennis.3 Want omdat hulle die geregtigheid van God nie ken nie en hulle eie geregtigheid probeer oprig, het hulle hul aan die geregtigheid van God nie onderwerp nie.4 Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo.

Dankbaarheid Lewe vanuit regverdigmaking en nie na regverdigmaking nie. Verkondig hierdie boodskap met oortuiging en laat dit sprekend wees van jou hele

lewe!

TOEPASSING

In Christus is jy versoen, verlos en nie meer onder veroordeling nie. Kies vandag om ‘n versoende, verloste en ‘n lewe vry van veroordeling te leef. Onthou net dat hierdie wonderlike opstandingslewe slegs werk op die basis van die kruislewe. Ons het saam met Hom gesterf aan die ou lewe sodat Hy in en deur ons die nuwe lewe kan leef! Dit is die Christus-lewe, die beskikbaar stel van my liggaam en denke (Rom. 12:1-2) sodat Christus sy lewe kan demonstreer deur my (Gal. 2:20).

1. DIE DENKE

Slegs die boodskap van God se geregtigheid in Christus is kragtig genoeg om ons te bevry van skuldgevoelens en ons met ‘n rein gewete te laat leef.

Is jy in jou denke vry van al die mites wat ons in die begin genoem het? Is jy ten volle oortuig van die waarheid van Christus wat vir jou geregtigheid

geword het? As iemand jou sou vra hoe regverdig jy is op ‘n skaal van een tot tien wat sal jou

antwoord wees? Enigiets anders as tien is die verkeerde antwoord. Jy kan nie groei in geregtigheid nie.

Dit is baie belangrik dat jy ten volle oortuig sal wees dat al jou sondes, verlede, hede en toekoms vergewe is.

Dit is van kardinale belang dat jy ‘n openbaring sal hê van jou onskuld voor die Vader op grond van die soenoffer van Christus en jou vryspraak in die hemelse hof.

Die enigste manier om vry te kom van beide eie-geregtigheid en ongeregtigheid is die korrekte verstaan en openbaring van God se geregtigheid.

2. DIE HART

Het al met jou hart die guns van God in Sy Seun aanvaar? Toets jou vrede en blydskap vlak om hierdie vraag te antwoord.

Het jou hart al aanvaar dat jy opgeneem is in die huis van die Vader of koester jy nog ‘n weeskindhart.

Die innerlike wete dat niks jou kan skei van die liefde van God in Christus nie. ‘n Diep rus in jou gemoed in die wete dat God my aanvaar het in Sy Seun.

3. DIE WIL

Lewe jy na die geregtigheid of vanuit die geregtigheid? M.a.w. soek jy die guns van God deur die dinge wat jy doen, of doen jy goeie werke omdat jy reeds guns van God in Christus ontvang het? Indien jy steeds God se guns soek as ‘n gelowige deur wat jy doen, bely dit en staak dit.

Begin in geloof lewe vanuit hierdie wonderlike posisie van geregtigheid, guns en versoening.

Neem ‘n besluit om hierdie onderwerp te bestudeer totdat die lig vir jou deurbreek en jy vanuit die krag en vryheid van geregtigheid kan begin leef.

Sien jy ander gelowiges in die lig van die geregtigheid in Christus, of meet jy hulle nog aan hulle eie geregtigheid? Bely indien dit laasgenoemde is en verander jou denke en sienswyse deur die geloof in die getuienis van God (Sy Woord).

HUISWERK

Gaan lees weer biddend en met aandag deur die les (Kol. 3:16). Memoriseer die tekste nadat jy gebid het vir insig (Ps. 119:11). Ondersoek jou hart en lewe t.o.v. die onderwerp (Ps. 139:23-24). Pas jou lewe aan waar nodig. ‘n Praktiese implementeringsplan (Jak.

1:22). Gee terugvoering vir jou gebedsmaat oor jou vordering en vra vir

intersessie indien nodig (Efes. 6:18b).

VIR VERDERE STUDIE

SKRIFGEDEELTES

Die hele boek Romeine sny die tema van geregtigheid aan. Die boek Galasiërs bespreek geregtigheid weer vanuit ‘n negatiewe hoek, m.a.w. die gevaar van ‘n miskenning of verkeerde verstaan van die geregtigheid in Christus.

Romeine 1:16-17 (Die Evangelie – openbaring van God se Geregtigheid) Romeine 1:18-3:20 (Die Behoefte aan Geregtigheid) Romeine 3:21-31 (Geregtigheid en Regverdigmaking) Romeine 4 (Geregtigheid deur die Geloof) Romeine 5:1-11 (Die Resultate van Geregtigheid) Romeine 5:12-23 (Geregtigheid en die Twee Adams) Romeine 10:1-8 (Eie-geregtigheid: Die Sluier wat Ware Geregtigheid verskans)

BRONNE

Exposition of Romans 3:20-4:25 – Atonement and Justification – D. Martyn Lloyd-JonesNo Condemnation in Christ Jesus – Octavius Winslow

N.S. Hou in gedagte dat Martyn Lloyd-Jones ‘n Calvinis is. Hy is egter oor die algemeen ‘n baie goeie leraar van die Skrif en volg nie die Calvinistiese sisteem slaafs na nie. Let wel dat ek nie noodwendig honderd persent saamstem met die teologiese sisteme of elke punt en gevolgtrekking van outeurs wat ek as bronne gee nie. A.T.