geskiedenis wetenskaplikes - frontline articles... · geskiedenis 50 juig! tydskrif —deur dr....

3
GESKIEDENIS 50 JUIG! TYDSKRIF —deur Dr. Peter Hammond Wetenskaplikes wat ons lewens verander het Charles Babbage (1792 – 1871), die vader van die moderne rekenaarwetenskap, het die wêreld as ‘n groot rekenaar beskryf en God as die groot programmeur. Babbage was eintlik ‘n wiskundige en het wiskunde as die beste voorlopige voorbereiding vir alle ander vertakkinge van die menslike kennisveld beskou. Hy het geglo dat die bestudering van die natuur met sy weten- skaplike presisie ‘n nodige en onontbeer- like voorbereiding vir die interpretasie en begrip vir hul getuienis van die wysheid en goedheid van die Hemelse Outeur was. MEDIESE INSPIRASIE Joseph Lister, die Engelse snydokter wat antiseptiese snykunde en die gebruik van chemiese ontsmettingsmiddels ontwikkel het, het gesê: “Ek glo in die fundamentele dogmas van die Christendom.” James Simpson (1811 – 1870), die ontdekker van ginekologie en narkose, is geïnspireer deur die gedeelte in die Skrif wat vertel hoe God Adam in ‘n diep slaap laat val het voordat hy ‘n rib geneem het om Eva te vorm, om chloroform te ont- wikkel. Dit was dan ook die voorloper van moderne chirurgiese verdowingspro- sedures. Voorheen is operasies teen ‘n gevaarlike tempo op mense wat by hulle volle bewussyn was, uitgevoer. KREATIEWE KRAG Lord Kelvin het die temperatuurskaal, wat by absolute nul begin, geformuleer. Hy het ook die wetenskap van termodinami- ka geformuleer en aan ons die eerste en tweede wet van termodinamika, sowel as entropie gegee. Lord Kelvin was die eerste wetenskaplike wat die konsep van energie O ns motors, rekenaars, glase en selfone, e-posse en vliegtuie – al hierdie tegnologiese ont- wikkelings – is nie bloot net voorbeelde van wetenskaplike ontwikkeling nie, maar is ook tasbare bewyse van die vrug van die Christelike geloof. CHRISTENE IS NIE ANTI-WETEN- SKAP NIE Diegene wat probeer om Christene as ‘anti-wetenskap’ te karakteriseer, is beslis verkeerd. Die moderne wetenskap is die vrug van die Protestantse Hervorming. Francis Bacon, die vader van die weten- skaplike metode, het dit eens só gestel: “Daar is twee boeke voor ons wat ons moet bestudeer. Die volume van die Woord wat die Wil van God aan ons sal openbaar, en dan die volume oor die skepsels, wat Sy Al- mag weerspieël.” God openbaar waarheid deur ‘n spesiale openbaring in die Bybel en ook deur die algemene openbaring in die natuur. WETENSKAPPIONIERS Die geskiedkundige Robert G Frank het daarop gewys: “Die oorheersende vorms van wetenskaplike aktiwiteite is die direkte uitlopers van die Puriteinse ideologie.” VADER VAN DIE ASTRONOMIE Die groot astronoom, Johannes Kepler (1571 – 1630), die ontdekker van fisiese sterrekunde, het die volgende verklaar: “My grootste wens is dat ek dié God wat ek oral in die wêreld om my sien, op dieselfde wonderwerkende wyse binne-in my sal ervaar.” Kepler was ‘n briljante wiskundige en astronoom wat tot die wetenskapre- wolusie bygedra het deur sy werk oor die planetêre wentelbane, bewegingswette en die wetenskaplike metode. Sy kundigheid het die fondasie van die moderne teoretiese astro- nomie moontlik gemaak. Kepler se mening was: “Die waarheid in gods- diens lê in die Woord van God, terwyl die waarheid in die wetenskap op die rede en bewyse staatmaak.” Kepler het alle wetenskap beskou as die mens se poging om “God se gedagtes ná Hom te dink.” Kepler was ook die vader van die moderne satelliet en moderne ruimtereise. WET VAN SWAARTEKRAG Isaac Newton (1642 – 1727) die vader van rekenkunde en dinamika, was ‘n weten- skaplike genie en ‘n toegewyde Christen. Newton het die Swaartekragwet geformu- leer asook die Wette van Beweging. Hy het ook baie deurslaggewende bydraes tot die wiskunde, astronomie en fisika gelewer. Newton was van mening dat daar twee sleutelbronne vir kennis is – een soos weergegee in die Bybel en die ander soos wat dit deur die natuur weerspieël word. Newton het sy lewe daaraan toegewy om die Bybel te ken, asook die werke van Sy hande (die natuur). TEGNOLOGIESE BYDRAE Blaise Pascal (1623 – 1662) het lewensbe- langrike bydraes tot die wiskunde en teg- nologie gelewer wat met die ontwikkeling van die rekenaar gehelp het. Pascal het die eerste optelmasjien ontwikkel. Tot sy eer is daar vandag nog ‘n rekenaartaal wat na hom vernoem is. Diegene wat probeer om Christene as ‘anti-wetenskap’ te karakteriseer, is beslis verkeerd. Die moderne weten- skap is die vrug van die Protestantse Hervorming. Johannes Kepler JUIG! TYDSKRIF 51 » Matthew Fontaine Maury Elkeen van ons vind op ‘n daaglikse basis dat ons lewens verweef is met, belas word deur of verbeter is deur die wetenskap. Of dit nou deur medisyne of tegnologie is, ons lewens word op ‘n daaglikse basis deur die wetenskap verander.

Upload: others

Post on 01-Jun-2020

13 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

g e s k i e d e n i s

50 JUIG! TydskrIf

—deur dr. Peter Hammond

Wetenskaplikeswat ons lewens verander het

Charles Babbage (1792 – 1871), die vader van die moderne rekenaarwetenskap, het die wêreld as ‘n groot rekenaar beskryf en God as die groot programmeur. Babbage was eintlik ‘n wiskundige en het wiskunde as die beste voorlopige voorbereiding vir alle ander vertakkinge van die menslike kennisveld beskou. Hy het geglo dat die bestudering van die natuur met sy weten­skaplike presisie ‘n nodige en onontbeer­like voorbereiding vir die interpretasie en begrip vir hul getuienis van die wysheid en goedheid van die Hemelse Outeur was.

Mediese insPirasieJoseph Lister, die Engelse snydokter wat antiseptiese snykunde en die gebruik van chemiese ontsmettingsmiddels ontwikkel het, het gesê: “Ek glo in die fundamentele dogmas van die Christendom.”

James simpson (1811 – 1870), die ontdekker van ginekologie en narkose, is geïnspireer deur die gedeelte in die Skrif wat vertel hoe God Adam in ‘n diep slaap laat val het voordat hy ‘n rib geneem het om Eva te vorm, om chloroform te ont­wikkel. Dit was dan ook die voorloper

van moderne chirurgiese verdowingspro­sedures. Voorheen is operasies teen ‘n gevaarlike tempo op mense wat by hulle volle bewussyn was, uitgevoer.

kreatiewe kragLord kelvin het die temperatuurskaal, wat by absolute nul begin, geformuleer. Hy het ook die wetenskap van termodinami­ka geformuleer en aan ons die eerste en tweede wet van termodinamika, sowel as entropie gegee. Lord Kelvin was die eerste wetenskaplike wat die konsep van energie

Ons motors, rekenaars, glase en selfone, e­posse en vliegtuie – al hierdie tegnologiese ont­

wikkelings – is nie bloot net voorbeelde van wetenskaplike ontwikkeling nie, maar is ook tasbare bewyse van die vrug van die Christelike geloof.

CHristene is nie anti-weten-skaP nieDiegene wat probeer om Christene as ‘anti­wetenskap’ te karakteriseer, is beslis verkeerd. Die moderne wetenskap is die vrug van die Protestantse Hervorming. Francis Bacon, die vader van die weten­skaplike metode, het dit eens só gestel: “Daar is twee boeke voor ons wat ons moet

bestudeer. Die volume van die Woord wat die Wil van God aan ons sal openbaar, en dan die volume oor die skepsels, wat Sy Al­mag weerspieël.” God openbaar waarheid deur ‘n spesiale openbaring in die Bybel en ook deur die algemene openbaring in die natuur.

wetenskaPPiOniersDie geskiedkundige robert g Frank het daarop gewys: “Die oorheersende vorms van wetenskaplike aktiwiteite is die direkte uitlopers van die Puriteinse ideologie.”

Vader Van die astrOnOMieDie groot astronoom, Johannes kepler (1571 – 1630), die ontdekker van fisiese sterrekunde, het die volgende verklaar: “My grootste wens is dat ek dié God wat ek oral in die wêreld om my sien, op dieselfde wonderwerkende wyse binne­in my sal ervaar.” Kepler was ‘n briljante wiskundige en astronoom wat tot die wetenskapre­wolusie bygedra het deur sy werk oor die planetêre wentelbane, bewegingswette en die wetenskaplike metode.

Sy kundigheid het die fondasie van die moderne teoretiese astro­nomie moontlik gemaak. Kepler se mening was: “Die waarheid in gods­diens lê in die Woord van God, terwyl die waarheid in die wetenskap op die rede en bewyse staatmaak.” Kepler het alle wetenskap beskou as die mens se poging om “God se gedagtes ná Hom te dink.” Kepler was ook die vader van die moderne satelliet en moderne ruimtereise.

wet Van swaartekragisaac newton (1642 – 1727) die vader van rekenkunde en dinamika, was ‘n weten­skaplike genie en ‘n toegewyde Christen. Newton het die Swaartekragwet geformu­leer asook die Wette van Beweging. Hy het ook baie deurslaggewende bydraes tot die wiskunde, astronomie en fisika gelewer.

Newton was van mening dat daar twee sleutelbronne vir kennis is – een soos weergegee in die Bybel en die ander soos wat dit deur die natuur weerspieël word. Newton het sy lewe daaraan toegewy om die Bybel te ken, asook die werke van Sy hande (die natuur).

tegnOLOgiese BydraeBlaise Pascal (1623 – 1662) het lewensbe­langrike bydraes tot die wiskunde en teg­nologie gelewer wat met die ontwikkeling van die rekenaar gehelp het. Pascal het die eerste optelmasjien ontwikkel. Tot sy eer is daar vandag nog ‘n rekenaartaal wat na hom vernoem is.

diegene wat probeer om Christene as ‘anti-wetenskap’ te karakteriseer, is beslis verkeerd. die moderne weten-skap is die vrug van die Protestantse Hervorming.

Johannes Kepler

JUIG! TydskrIf 51

»

Matthew Fontaine Maury

elkeen van ons vind op ‘n daaglikse basis dat ons lewens verweef is met, belas word deur of verbeter is deur die wetenskap. Of dit nou deur medisyne of tegnologie is, ons lewens word op ‘n daaglikse basis deur die wetenskap verander.

JUIG! TydskrIf 53

»

gebruik het. Hy het verklaar: “Ten opsigte van die oorsprong van lewe, wetenskap... bevestig kreatiewe Krag.”

internasiOnaLe taaLCarl von Linnaeus het ‘n klassifikasiestel­sel vir natuurwetenskap geskep waar elke organisme ‘n Latynse naam in twee dele, die genus en die spesie, gegee is. Hierdie stelsel vorm vandag nog die basis van stel­sels wat internasionaal gebruik word.

Hy het ook ‘n internasionale taal geskep wat alle wetenskaplikes kan ver­staan en gebruik om idees en bevindings in hul onderskeie studievelde te kommu­nikeer. Hierdie belangrike ontwikkeling is deur die Bybel geïnspireer. Linnaeus het ‘n kennis van die Bybel en van die natuur ge­had wat ensiklopediese afmetings aange­neem het. Hy was ook ‘n baie

sterk Bybelgelowige en was die een wat die hoeksteen gelê het vir alle wetenskap­like name wat tot op hede gebruik word.

kOMMunikasieBasissamuel Morse (1791 – 1872) was een van die grootste wetenskaplikes in die kom­munikasieveld. Hy was die man wat ver­

antwoordelik was vir die ontwikkeling van Morse­kode en die moderne telegraaf. Die heel eerste woorde wat met hierdie stelsel gestuur is, was Numeri 23:23. Dit was ‘n reu­se stap in die ontwikkeling van moderne kommunikasie. Deur kabelkommunikasie het Morse die fondasie gelê vir kitskommu­nikasie deur telegraafpale – die voorloper

van telefone.

Matthew Fontaine Maury is die vader van oseanografie. Hy was die eerste per­soon wat skeepsroetes regoor die wêreld gekarteer het en ‘seelane’ daargestel het. Dit was ‘n reuse bydrae tot die veiligheid van seereise en het die tyd wat skepe op die see spandeer het, drasties verminder. Geïnspireer deur die Skrif, bv. Ps 8:8 wat

praat van die “visse in die see, en alles wat swem in die oseane”, het hy sistematies in­ligting van vloot­ en handelskepe oor die seestrome, weerpatrone, winde, ens. inge­samel. Hy het die lê van elektriese kabels onder die oseaan om die stuur van bood­skappe te bespoedig, moontlik gemaak. Maury het verklaar: “Die Bybel is die gesag vir alles wat dit aanraak... die Bybel is waar; en wetenskap is waar... die Groot Argitek het dit alles beplan.”

Ontstaan Van Herwinninggeorge washington Carver (1864 – 1943) het sy lewe aan die bestudering van die natuur gewy en grondverbetering beklemtoon. Hy het ook baie betekenis­volle werk in die produksie van bruikbare sintetiese materiaal gelewer. Hy het meer as 100 produkte uit patats ontwikkel en uit die pekanneut meer as 60 bruikbare

produkte. Sy produkte was vrylik aan almal beskikbaar deurdat hy ge­

weier het om groot bedrae geld vir die kommersiële uit­buiting daarvan te aanvaar.

Hy het verklaar: “Ek het niks in my laboratorium ontdek

nie... maar ek is tot alles in staat deur Christus. Ek is Sy dienskneg, Sy agent,

want hier is ek en God alleen. Ek is die instrument deur wie Hy praat en ek sal selfs tot meer in staat wees as

ek nader aan Hom bly. Ek meng my arbeid met my gebede en soms is God tevrede en seën my resultate.”

die CHristendOM Het die wetenskaP geskePDit is ‘n onbetwisbare feit dat die Chris­tendom lewe aan die moderne wetenskap gegee het. Die Wetenskaprewolusie het tydens die Protestantse Hervorming begin en die Bybel het ‘n baie belangrike rol in die ontwikkeling van wetenskaplike ontdek­kings gespeel. Elke groot vertakking van die wetenskap is deur ‘n Bybelgelowige Christen ontwikkel. Die Bybel het dus die wetenskap geskep.

Dr James Kennedy het in sy artikel ‘What If Jesus Had Never Been Born?’ daarop gewys dat wetenskap nie kon ont­wikkel onder diegene wat Allah aanbid nie, juis omdat Islam grootliks fatalisties is. Dit kon ook nie uit Hindoeïsme of Boed­disme ontwikkel nie, want hulle glo dat die wêreld ‘n illusie is.

Dit kon ook nie uit die moderne hu­manistiese kultuur ontstaan het nie omdat hulle glo dat lewe irrasioneel en onlogies is. Deur absolute waardes te verwerp, ver­werp hulle die fondasie van die wetenskap. Indien daar geen absolute waardes in die natuur was nie, dan was die resultate van eksperimente slegs relatief. En indien dít so is, dan is ingenieurswese, en ander vertak­

kinge van die weten­skap, onmoontlik.

die Basis is in die CHristen-dOM OPgesLuit’n Geskikte filosofiese basis om die heelal te ondersoek, was nodig en slegs die Chris­tendom met sy geloof in die Skepping kon daardie basis verskaf. Die Skepper het sekere wette vir die mens en die natuurlike wêreld daargestel. ‘n Geskape heelal moet tog ‘n ontwerp, orde en doel hê.

Deurdat die mens sy geskape, rasionele rede gebruik, sou hierdie geordende heelal op ‘n rasionele manier bestudeer moes word om die wette daaragter te ontdek. Die moderne wetenskap is op die aanname van die wetenskaplike wette gebaseer. Die morele wette wat deur die Skepper gegee is, het die etiese basis vir hierdie wetenskap verskaf.

wie is anti-wetenskaP?Wetenskaplikes moet eerlik en aan die waarheid getrou wees. Indien die heelal nie geskep is nie en bloot net ‘n ‘toeval­ligheid’ was; dan was geen intelligensie betrokke nie. Daar sou geen rede wees om te verwag dat só ‘n heelal op ‘n rasionele

of konsekwente manier funksioneer nie. Die mens se rede sou dan ook bloot net die gevolg van toeval wees en sou beslis nie in staat wees tot rede of logika nie. Baie geharde ateïste oorheers die wetenskappe vandag, maar hulle bou voort op die fon­dasie en voorveronderstellings wat deur die Christendom daargestel is.

indien daar geen absolute waardes in die natuur is nie, is die resultate van eksperimente slegs relatief. indien dít so is, is ingenieurswese en die wetenskap onmoontlik.

52 JUIG! TydskrIf

Wetenskaplikeswat ons lewens verander het

g e s k i e d e n i s

Samuel Morse

sir Michael Faraday word as een van die grootste wetenskaplikes van alle tye erken. Hy het elektro­magnetiese induksie, waar­sonder ons nie motors of masjiene sou kon

hê nie, ontdek. Hy het ook die generator ontwikkel. Hy was ‘n toegewyde Christen wat verklaar het: “Die Bybel, sonder dat enigiets toegevoeg of weggeneem word, is die enigste en voldoende gids vir elke

individu in enige omstandigheid. Geloof in die Almagtige en die werk van Christus is ‘n gawe van God en die getuienis van hierdie geloof is gehoorsaamheid aan die opdragte van God.”

Baie ateïste hou daarvan om ‘gelowi­ges’ as ‘anti­wetenskap’ en ‘anti­medisyne’ uit te beeld en tog was dit Christene wat

die pioniers was in elke vertakking van die wetenskap en die mediese veld.

Die volgende keer wat jy dus jou motor aanskakel, elektriese toerusting gebruik, ‘n effektiewe operasie onder narkose in ‘n

kiemvrye hospitaalomgewing ondergaan, dink gerus aan die Christen­wetenskap­likes wat dit, onder Sy leiding en inspirasie, moontlik gemaak het.

g e s k i e d e n i s

god openbaar waarheid deur ‘n spesiale openbaring in die Bybel en ook deur die algemene openbaring in die natuur.

54 JUIG! TydskrIf

Dr. Peter HammonD is die Voorsitter van The Re­formation Society. Besoek www.ReformationSA.org. Dr. Hammond is beskikbaar vir kerkpraatjiesen kan geskakel word by 021 689 4480.

Wetenskaplikeswat ons lewens verander het

Joseph Lister