getuienis wanneer jy wonder: is k ed ggoe...

2
E k roep “totsiens!” aan my hoërskoolseun, en gryp my motorsleutels op pad uit na die motorhuis. Ek moet binne vyftien minute by my afspraak wees. Ek klim in my geparkeerde motor, sit my sitplekgordel aan en sit die motor in trurat. Daar is net een klein probleempie, die motorhuisdeur is nog nie heeltemal oop nie, ek was te haastig. Daar is ’n hard slag! My hart sink... Ek het die deur getref...die splinternuwe mo- torhuisdeur wat ons net ‘n paar maande tevore laat installeer het. En dít met ons gesinsmotor, die einste motor wat ons probeer verkoop. Selftwyfel “Wat het gebeur, Ma?” My tiener het sy kop by die deur ingesteek. Dit het die seël op my vernedering geplak. Wat is fout met my ? Ja, dit was inderdaad die eerste woorde wat deur my gedagtes gegaan het, gevolg deur: Wat het jy gedink gaan gebeur? En: Hoekom kan ek dan niks reg doen nie?” ’n Krisisoomblik ‘n Dag of twee later sou ek die dwaasheid van daardie vrae insien; die beskaamdheid wat diep binne versteek gelê het, maar in daardie krisisoomblik kon ek niks anders as mislukking ervaar nie – ’n garage vol mislukking. Ek bestuur al vir byna drie dekades lank, genade tog! Was ek regtig so haastig? Nee, nie regtig nie. Ek was nie haastig nie, my gedagtes was met ander dinge besig. Totale uitputting Hoekom was my aandag afgelei? Omdat dit ‘n paar lang, moeilike maande was, met ‘n diagnose van ’n ernstige siekte, uitmerge- lende behandeling en uiteindelike genesing. Dan praat ek nie eens daarvan om ‘n eg- genoot, ’n ma van vier kinders te wees en ‘n loopbaan wat al my aandag verg nie. Dit is baie vir een vrou om emosioneel, fisiek en geestelik te hanteer – wat verduidelik hoe dit moontlik is dat ek met die gesinsmotor in ‘n toe motorhuisdeur kon vasry. Ek was geheel en al uitgeput. Vir die groot- ste deel van my lewe, het ek baie hoë eise aan myself gestel. Ek het uitnemendheid verwag – elke oomblik van elke dag. As ‘n ma, ‘n vrou, en ja, ook as ‘n bestuurder. Ek kon nie bekostig om foute te maak nie! En dit is waarom ek in trane uitgebars het oor die verwoeste motorhuis- deur en my eie waardeloosheid. Dit het vier en twintig uur en wyse woorde van my agtienjarige seun ge- verg om my uit my selfkastyding te skud: “Ma, ongelukke gebeur. Vergeet daarvan.” Dit was woorde wat ek ook al dikwels vir hom gesê het, maar woorde wat ek nie op myself van toepassing kon maak nie. Balanseer verantwoordelikhede Ons doen dit almal, nie waar nie? Ons praat oor genade en vergifnis, maar die waarheid is dat Wanneer jy wonder: ‘n Dag of twee later sou ek die dwaasheid van daardie vrae insien; die beskaamdheid wat diep binne versteek gelê het, maar in daar- die krisisoomblik kon ek niks anders as mislukking ervaar nie. GETUIENIS I s ek goed genoeg ? —deur Michele Cushatt

Upload: others

Post on 04-Jul-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: GETUIENIS Wanneer jy wonder: Is k ed ggoe ngoeebeautyforashes.com/.../10/MCushattJuigApril2016.pdf · Ek is lief vir jou.” “Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele

Ek roep “totsiens!” aan my hoërskoolseun, en gryp my motorsleutels op pad uit na die motorhuis. Ek moet binne vyftien

minute by my afspraak wees. Ek klim in my geparkeerde motor, sit my sitplekgordel aan en sit die motor in trurat. Daar is net een klein probleempie, die motorhuisdeur is nog nie heeltemal oop nie, ek was te haastig.

Daar is ’n hard slag!My hart sink...

Ek het die deur getref...die splinternuwe mo-

torhuisdeur wat ons net ‘n paar maande tevore laat installeer het. En dít met ons gesinsmotor, die einste motor wat ons probeer verkoop.

Selftwyfel“Wat het gebeur, Ma?”

My tiener het sy kop by die deur ingesteek. Dit het die seël op my vernedering geplak.

Wat is fout met my ?Ja, dit was inderdaad die eerste woorde

wat deur my gedagtes gegaan het, gevolg

deur: Wat het jy gedink gaan gebeur? En: Hoekom kan ek dan niks reg doen nie?”

’n Krisisoomblik ‘n Dag of twee later sou ek die

dwaasheid van daardie vrae insien; die beskaamdheid wat diep binne

versteek gelê het, maar in daardie krisisoomblik kon ek niks anders as mislukking ervaar nie – ’n garage vol mislukking.

Ek bestuur al vir byna drie dekades lank, genade tog! Was ek regtig so haastig? Nee, nie regtig nie. Ek was nie haastig nie,

my gedagtes was met ander dinge besig.

Totale uitputtingHoekom was my aandag afgelei? Omdat dit ‘n paar lang, moeilike maande was, met ‘n diagnose van ’n ernstige siekte, uitmerge-lende behandeling en uiteindelike genesing. Dan praat ek nie eens daarvan om ‘n eg-genoot, ’n ma van vier kinders te wees en ‘n loopbaan wat al my aandag verg nie. Dit is baie vir een vrou om emosioneel, fisiek en geestelik te hanteer – wat verduidelik hoe dit moontlik is dat ek met die gesinsmotor in ‘n toe motorhuisdeur kon vasry.

Ek was geheel en al uitgeput. Vir die groot-ste deel van my lewe, het ek baie hoë eise aan myself gestel. Ek het uitnemendheid verwag – elke oomblik van elke dag. As ‘n ma, ‘n vrou, en ja, ook as ‘n bestuurder. Ek kon nie bekostig om foute te maak nie! En dit is waarom ek in trane uitgebars het oor die verwoeste motorhuis-deur en my eie waardeloosheid.

Dit het vier en twintig uur en wyse woorde van my agtienjarige seun ge-verg om my uit my selfkastyding te skud: “Ma, ongelukke gebeur. Vergeet daarvan.” Dit was woorde wat ek ook al dikwels vir hom gesê het, maar woorde wat ek nie op myself van toepassing kon maak nie.

Balanseer verantwoordelikhedeOns doen dit almal, nie waar nie? Ons praat oor genade en vergifnis, maar die waarheid is dat

Wanneer jy wonder:

‘n Dag of twee later sou ek die dwaasheid van daardie vrae insien; die beskaamdheid wat diep binne versteek gelê het, maar in daar-die krisisoomblik kon ek niks anders as mislukking ervaar nie.

GETUIENIS

Is ek goed genoeg?—deur Michele Cushatt

Page 2: GETUIENIS Wanneer jy wonder: Is k ed ggoe ngoeebeautyforashes.com/.../10/MCushattJuigApril2016.pdf · Ek is lief vir jou.” “Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele

ons nogal baie van onsself verwag. Ons verwag om ‘n duisend verant-woordelikhede te balanseer en nie die prys van uitputting te betaal nie. Ons verwag om ’n siekte te oorkom, sonder om te rus. Ons verwag om dag in en dag uit op te daag en te glimlag, terwyl ons voortgaan om bykans foutlose werk te lewer.

Die een of ander tyd maak ons egter ’n fout. Jy vergeet van ’n afspraak, jy reageer ongeduldig, jy verbreek jou dieet, ’n verhouding ly skade. Wanneer ons gekonfronteer word met ons tekortkominge, kasty ons onsself. Ons ploeg deur ons selfbeeld, en wis enige sin van eiewaarde uit deur ons hoë verwagtinge van persoonlike perfeksie. “Wat is fout met my?” vra ons.

En die antwoord is...niks. Ten minste, niks wat Liefde nie kan ge-nees nie.

Die beste versekeringMy vriende, Jesus het nie die Hemel verlaat en aarde toe gekom net sodat ek en jy onsself kan doodwerk in ’n poging om goed genoeg te wees nie. Hy het gekom sodat Sy dood en lewe ons, eens en vir altyd, sekerheid kan bied. ‘n Versekeringsplan met geen bybetalings nie; die prys is volledig betaal. Hy het vir ons onopsetlike foute – soos om in motorhuisdeure vas te ry – sowel as die opsetlike foute betaal.

Stel jou voor! God skud nie Sy kop teleurgesteld oor ons oog-lopende tekortkominge nie. In plaas daarvan, kyk Hy met genade na ons, sien Hy die kinders wat Hy met liefde en groot opoffering gered het. Hy het ons lief net soos ons is: uitgeput en oorweldig. Hy weet ook dat ons waarskynlik op pad nog ‘n paar ongelukke gaan maak. Sy liefde is egter van so ’n aard wat eenvoudig sê: “My liefste kind, Ek het daarvoor ook betaal. Jy is genoeg net soos jy is. Ek is lief vir jou.”

“Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of bose magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die

liefde wat daar is in Christus Jesus, onse Here.”Romeine 8: 38-39.

Waar: New Life KonferensiesentrumGrosvenorstraat 1, Bryanston, JohannesburgTyd: Vrydagaand 20 Mei, 19:30 – 21:30Saterdag 21 Mei, 08:30 – 16:30

[email protected] | +27 (0)83 500 2608www.facebook.com/Beauty4AshesSA www.pinterest.com/Beauty4AshesSA

Ons 21ste jaar!

saam met Tricia GoyerMichele Cushatt

&20-21 MEI 2016 JOHANNESBURG

Soms kom die lewe se grootste skoonheid na vore ten midde van die wanorde.

Juig half page3.indd 1 2016/01/29 4:42 PM

Ons praat oor genade en vergifnis, maar die waarheid is dat ons nogal baie van onsself verwag.

MICHELE CUSHATT is ‘n storieverteller. Sy het praatjies gelewer saam met Women of Faith en Compassion International, en is mede-gasheer van die gewilde leierskapspotgooi, ‘This is Your Life With Michael Hyatt.’ Sy het geskryf vir: ‘Today’s Christian Woman’,’ InCourage’, en’ MOPS International’. Haar eerste boek, ‘Undone: A Story of Making Peace With An Unexpected Life’, is in 2015 deur Zondervan vrygestel. Michele en haar man, Troy, woon in Denver, Colorado saam met hulle ses kinders. Vind meer uit oor Michele se ongelooflike storie by www.MicheleCushatt.com