gm 6722dhm 9/9/2010 - pmgza.com€¦ · hoekom discovery health? onge wenaarde Þnansi le...

33
Discovery Health 2011

Upload: hakhue

Post on 11-May-2018

234 views

Category:

Documents

5 download

TRANSCRIPT

Page 1: GM 6722DHM 9/9/2010 - pmgza.com€¦ · Hoekom Discovery Health? Onge wenaarde Þnansi le sekuriteit Discovery Health se mediese skema het Õn AA+-punt wat toegeken is vir sy vermo

Discovery Health 2011

HPBA 09/10 (11)

GM

_672

2DH

M_9

/9/2

010

Discovery Health155 Wes StraatSandton

0860 99 88 77

www.discovery.co.za

TelefoonnommersNoodgevalle in Suid-Afrika: skakel Discovery 911 by 0860 999 911

Noodgevalle buite Suid-Afrika: skakel kollekteer +27 11 541 1222

NavraeOns het ’n span toegewyde kundiges om u te voorsien van uitmuntende diens en daar is ’n paar maniere om met ons te praat:

Kyk op ons webblad: www.discovery.co.za of skakel 0860 99 88 77

Page 2: GM 6722DHM 9/9/2010 - pmgza.com€¦ · Hoekom Discovery Health? Onge wenaarde Þnansi le sekuriteit Discovery Health se mediese skema het Õn AA+-punt wat toegeken is vir sy vermo

Hoekom Discovery Health?

Ongeëwenaarde finansiële sekuriteitDiscovery Health se mediese skema het ’n AA+-punt wat toegeken is vir sy vermoë om eise te betaal. Die punt is toegeken deur ’n onafhanklike agentskap, Global Credit Ratings. Discovery Health is die enigste mediese skema in Suid-Afrika wat dié hoogste punt in die bedryf behaal het. Die mediese skema het R7 miljard in reserwes en dit beteken dat lede van Discovery Health volkome gemoedsrus het dat die skema beskikbare en voldoende fondse het om eise te betaal.

’n Groot verskeidenheid planne maak voorsiening vir verskillende behoeftesOns bied verskillende planne om voorsiening te maak vir individue se behoeftes – van die toppunt van die mark met die Eksklusiewe plan, tot die lae-inkomstemark met die KeyCare-planne.

Bekostigbare bydraes en volhoubare verhogings van bydraesDiscovery Health se gesondheidsplanne word aangebied teen mededingende pryse om seker te maak dat dit bekostigbaar bly oor die langtermyn en waarde vir geld bied. Die jaarlikse verhogings wat Discovery Health aankondig is stabiel en ons geskiedenis toon dat dit konsekwent laer is as die gemiddeld vir die bedryf.

Omvangryke mediese dekking en steun in Suid-Afrika, Afrika en die buitelandDie meeste gesondheidsplanne wat Discovery Health aanbied, bied dekking vir mediese noodontruiming in Afrika-lande suid van die Sahara, asook mediese noodgevalle terwyl die lid in die buiteland reis. Discovery Health se belegging in infrastruktuur is tot voordeel van alle Suid-Afrikaners. Discovery se Medicopters, wat gesteun word deur grondpersoneel, bied mediese hulp en lugontruiming in uiters kritieke gevalle. Die noodhelikopters word bedryf vanuit Johannesburg, Kaapstad en Durban.

Aanpasbare, omvattende dekking vir chroniese toestandeAl Discovery Health se planne bied volle dekking vir goedgekeurde medisyne wat voorgeskryf word vir ’n lys van chroniese toestande wat duidelik omskryf is. Die Eksklusiewe en Omvattende planne bied dekking vir addisionele toestande. Alle lede van Discovery Health het toegang tot ons MIVsorg-, onkologie- en nierprogramme.

Die Mediese Spaarrekening beteken dat lede beheer het oor gewone mediese bestedingDie Mediese Spaarrekening bemagtig lede om ingeligte keuses te maak oor besteding aan gewone mediese sorg. Enige fondse wat nie gebruik word nie, word oorgedra na die volgende jaar en dit verskil van tradisionele planne waar dekking wat nie gebruik word nie, verloor word.

Unieke voordele verseker toegang tot gesondheidsorg wat nodig isDie Voordeel vir voorkomende toetse bied dekking vir verskeie voorkomende gesondheidsdienste om u gesond te hou. Die Uitgebreide traumavoordeel bied dekking vir nie-hospitaaleise tydens herstel na sekere traumatiese gebeure.

Ons brei gewone mediese dekking verder uit met die Voordeel vir versekerde netwerke om voorsiening te maak indien fondse in die Mediese Spaarrekening opgebruik word. Die voordeel bied dekking vir die volle koste van konsultasies met algemene praktisyns indien ’n algemene praktisyn in Discovery Health se netwerk geraadpleeg word. (Die voordeel is beskikbaar met alle planne buiten die Kern- en KeyCare-reeks). As u ’n Eksklusiewe, Omvattende of Prioriteit-plan het, bied dit ook dekking vir patologie binne ons netwerk van verskaffers as die dokter Discovery Health se patologievorm invul om die toetse aan te vra.

Opsies vir gewaarborgde volle dekking vir mediese spesialisteOp grond van Discovery Health se omvang en grootte, kon ons ooreenkomste ten opsigte van betaling aangaan met spesialisgroepe om dekking te verseker en om hoër vlakke van vergoeding aan te bied vir professionele verskaffers van gesondheidsorg. Meer as 87% van ons lede se interaksie met spesialiste word gedoen binne ’n betalingsooreenkoms. Dit beteken dat lede nie self ’n bedrag hoef te betaal nie en dat spesialiste direk betaal word.

Toegang tot die jongste behandeling, medisyne en tegnologie Lede wat Discovery Health se Eksklusiewe en Omvattende planne kies, het addisionele dekking vir sekere vernuwende mediese tegnologie en duur medisyne uit die Voordeel vir gespesialiseerde medisyne en tegnologie. Verder het u toegang tot die Voordeel vir oorsese behandeling wat beteken dat u bewese behandeling, wat nie beskikbaar is in Suid-Afrika nie, kan ontvang by ’n geregistreerde professionele verskaffer van gesondheidsorg.

Inleiding tot Discovery Health se verskillende opsiesDiscovery Health bied verskeie opsies om te voldoen aan die individuele behoeftes van ons lede.

Lees die voordeelskedules in die brosjure, kyk by www.discovery.co.za of praat met u finansiële adviseur vir volledige inligting.

Page 3: GM 6722DHM 9/9/2010 - pmgza.com€¦ · Hoekom Discovery Health? Onge wenaarde Þnansi le sekuriteit Discovery Health se mediese skema het Õn AA+-punt wat toegeken is vir sy vermo

Discovery Health se StarRaterDie StarRater vir Discovery Health se gesondheidsplanne is ontwerp om u te help om die regte plan vir u behoeftes te kies. Met die StarRater kan u die belangrikste kategorieë, soos dekking vir hospitalisasie, gewone mediese voordele, chroniese voordele en dekking vir onkologie met elk van Discovery Health se gesondheidsplanne vergelyk. As u die StarRater gebruik, kan u met een oogopslag sien hoe u gesondheidsplan van Discovery Health vergelyk met ander planne en dit kan u help om ’n ingeligte besluit te neem oor u gesondheidsdekking vir 2011.

Discovery Health met een oogopslag

Uitgebreide gewone mediese dekking uit die Voordeel Bo die DrempelDie Eksklusiewe, Omvattende en Prioriteit-planne sluit ’n Voordeel Bo die Drempel in. Dit bied verdere gewone mediese dekking as fondse in die Mediese Spaarrekening opgebruik is en sodra gewone mediese eise saam gelyk is aan ’n bedrag wat in rand vasgestel is.

Met die Eksklusiewe plan en Omvattende planne is die Voordeel Bo die Drempel onbeperk.

Met Prioriteit-planne is die Voordeel Bo die Drempel beperk tot ’n algehele limiet.

Die Voordeel vir versekerde netwerke bied dekking vir konsultasies met algemene praktisyns en patologieIndien die bedrag in u Mediese Spaarrekening vir die jaar opgebruik is, het u steeds dekking vir konsultasies met algemene praktisyns as u ’n algemene praktisyn in Discovery Health se netwerk van algemene praktisyns raadpleeg. Die voordeel is beskikbaar met alle planne buiten die Kern- en KeyCare-reeks.

In geval van Eksklusiewe, Omvattende en Prioriteit-planne bied hierdie voordeel ook dekking vir patologietoetse binne ons netwerk van verskaffers indien die algemene praktisyn of spesialis Discovery Health se patologievorm invul om die toetse aan te vra.

Die Mediese Spaarrekening bemagtig u om gewone mediese koste te bestuurOns betaal gewone mediese uitgawes uit die Mediese Spaarrekening as u ’n Eksklusiewe, Omvattende, Prioriteit- of Spaarder-plan het. Enige fondse wat nie gebruik word nie, word oorgedra na die volgende jaar. Dit verskil van tradisionele planne waar die fondse verloor word.

Internasionale reisvoordeelDie Internasionale reisvoordeel bied dekking vir mediese noodgevalle as u in die buiteland reis. Die Internasionale reisvoordeel bied dekking van tot R10 miljoen in geval van Eksklusiewe planne en tot R5 miljoen in geval van ander planne, vir ’n tydperk van hoogstens 90 dae na die datum van vertrek uit Suid-Afrika. Die lid is verantwoordelik vir die eerste $150 of €100 in geval van noodeise wat nie verband hou met hospitalisasie nie. Die voordeel is beskikbaar met alle planne buiten die KeyCare-reeks.

Die Ontruimingsvoordeel in AfrikaDie gesondheidsplanne bied dekking vir mediese noodvervoer wat gepas is uit sekere Afrika-lande suid van die Sahara sodat die pasiënt in Suid-Afrika behandel kan word. Die voordeel is beskikbaar met alle planne buiten die KeyCare-reeks.

Hospitaaldekking

Hospitalisasie is nie onderhewig aan algehele limiete met enige van Discovery Health se gesondheidsplanne nie. Lede kan met die meeste planne in enige privaat hospitaal opgeneem word. In geval van Delta-planne wat ’n netwerkopsie is, die Kus-planne en KeyCare-planne, word dekking vir hospitalisasie voorsien binne ’n bepaalde netwerk van hospitale.

Indien ’n spesialis, wat ingestem het om direk betaal te word, volgens die vereistes van u plan, geraadpleeg word, bied ons volle dekking vir die goedgekeurde prosedure in die hospitaal, teen die tarief waarop ons ooreengekom het met die spesialis.

Traumatiese gebeure kan lei tot uiters duur koste nadat u uit die hospitaal ontslaan word. Ons bied dekking vir sekere van die nie-hospitaalkoste vir die res van die jaar na die traumatiese gebeure en die daaropvolgende jaar. Die dekking word voorsien uit die Uitgebreide traumavoordeel en dit is beskikbaar met alle planne buiten die Kern-reeks.

Dekking vir chroniese medisyne

Al Discovery Health se gesondheidsplanne bied dekking uit die Voordeel vir Chroniese Siektes vir goedgekeurde medisyne volgens die vereistes van die Voorgeskrewe Minimum Voordele. Ons betaal ten volle vir goedgekeurde chroniese medisyne wat opgeneem is in Discovery Health se lys van medisyne, of tot en met ’n vasgestelde maandelikse bedrag wat in rand bereken is as die medisyne nie opgeneem is in die lys nie.

Eksklusiewe en Omvattende planne bied dekking vir addisionele toestande. Ons betaal goedgekeurde medisyne vir die toestande tot en met ’n maandelikse bedrag wat in rand bereken is.

Vroeë opsporing met die Voordeel vir voorkomende toetse

Die Voordeel vir voorkomende toetse bied dekking vir die meting van bloedsuikervlakke, bloeddruk, cholesterol en liggaamsmassa-indeks by ’n verskaffer in Discovery se Wellness-netwerk. Die Voordeel vir voorkomende toetse betaal ook vir mammogramme, Pap-smere, PSA-toets (spesifieke prostaat-antigeen) en MIV-toetse. Indien u 65 jaar oud of ouer is of geregistreer is vir sekere chroniese toestande, bied ons ook dekking vir ’n seisoenale griepinspuiting uit hierdie voordeel.

Discovery Health bied verskeie opsies om voorsiening te maak vir al ons lede se behoeftes – van die Eksklusiewe plan vir persone wat hoë inkomste verdien, tot KeyCare-planne vir die lae-inkomstemark. Elke plan bied dekking wat wissel van hospitalisasie tot dekking vir chroniese medisyne, terwyl heelwat van die planne dekking bied vir gewone mediese uitgawes met die Mediese Spaarrekening en die Voordeel Bo die Drempel.

Discovery Vitality is ’n program wat wetenskaplik ontwikkel is en ’n persoonlike benadering bied tot gesondheid

Vitality bemagtig u om u gesondheid te verbeter en gesond te bly. Dit bied die kennis, hulpmiddels en motivering om gesondheidsdoelwitte te verwesenlik. Hoe gesonder u word, hoe meer beloon Vitality u. Daar is klinies bewys dat Vitality lede gesonder maak en hoe meer hulle betrokke is met Vitality, hoe gesonder word die lede.

Reeks Plan Hospitaaldekking Dekking vir gewone mediese behandeling

Dekking vir chroniese siektes en onkologie

Eksklusief Eksklusief

Omvattend

Klassiek Omvattend

Essensieel Omvattend

Klassieke Delta-Omvattende netwerkopsie

Essensiële Delta-Omvattende netwerkopsie

PrioriteitKlassiek Prioriteit

Essensieel Prioriteit

Spaarder

Klassiek Spaarder

Essensieel Spaarder

Kus-Spaarder

Klassieke Delta-Spaarder netwerkopsie

Essensiële Delta-Spaarder netwerkopsie

Kern

Klassiek Kern

Essensieel Kern

Kus-Kern

Klassieke Delta-Kern netwerkopsie

Essensiële Delta-Kern netwerkopsie

KeyCareKeyCare-Plus

KeyCare-Kern

Dekking vir hospitalisasie

Die blou ster dui aan dat u dekking het in enige hospitaal. Die getal sterre dui aan wat die vlak van dekking is tydens hospitalisasie.

’n Ster met ’n kring om dui aan dat u vyfster-dekking het vir hospitalisasie, maar dat u moet gebruik maak van ’n verskaffer in een van Discovery se netwerke of wat ’n betalingsooreenkoms met Discovery het – binne ’n netwerkhospitaal of ’n dokter wat deelneem aan ons reëlings vir direkte betaling, of albei.

Dekking vir gewone mediese behandeling

Alle planne buiten KeyCareOns dui die vlak van gewone mediese dekking (ook in die spreekkamer) vir elke plan aan met die sterre vir elk van die volgende

’n Mediese Spaarrekening van 15% van u totale bydrae aan die mediese skema.

’n Mediese Spaarrekening van 25% van u totale bydrae aan die mediese skema.

’n Addisionele ster as die plan die Voordeel vir versekerde netwerke bied om u gewone mediese dekking uit te brei.

’n Addisionele ster as die plan ’n beperkte Voordeel Bo die Drempel het.

Twee addisionele sterre as die plan ’n onbeperkte Voordeel Bo die Drempel het.

KeyCare-Plus

Die plan bied dekking in ’n netwerk vir sekere gewone gesondheidsorg.

Dekking vir chroniese siektes en onkologie

U het dekking vir die toestande in die lys van Voorgeskrewe Minimum Voordele, maar behandeling moet voorsien word deur ons aangewese diensverskaffer waar u die goedgekeurde chroniese medisyne moet kry, anders moet u self ’n bedrag betaal vir die medisyne. U het volle dekking vir medisyne in ons lys – as u ander medisyne kies, het u dekking tot ’n maandelikse bedrag wat in rand bereken word, buiten met KeyCare-planne. U moet ons aangewese diensverskaffer gebruik vir die behandeling van kanker.

U het dekking vir die toestande in die lys van Voorgeskrewe Minimum Voordele – die goedgekeurde medisyne kan by enige verskaffer gekry word. U het volle dekking vir medisyne in ons lys – as u ander medisyne kies, het u dekking tot ’n maandelikse bedrag wat in rand bereken word. As een van die sterre ´n sirkel om het, moet u die goedgekeurde medisyne by ´n aangewese diensverskaffer kry, anders is daar ´n bybetaling van toepassing.

U het dekking vir die toestande in die lys van Voorgeskrewe Minimum Voordele, asook ’n addisionele lys van chroniese siektes. U het volle dekking vir medisyne in ons lys – as u ander medisyne kies, het u dekking tot ’n hoër maandelikse bedrag as met ander planne. U het ook hoër dekking vir die behandeling van kanker.

Sleutel tot die StarRater vir Discovery Health se gesondheidsplanne

Page 4: GM 6722DHM 9/9/2010 - pmgza.com€¦ · Hoekom Discovery Health? Onge wenaarde Þnansi le sekuriteit Discovery Health se mediese skema het Õn AA+-punt wat toegeken is vir sy vermo

Hierdie brosjure en die inligting wat daarin voorkom is net ’n opsomming van die belangrikste voordele en kenmerke van u gesondheidsplan by Discovery Health se mediese skema en dit is onderhewig aan amptelike goedkeuring deur die Raad op Mediese Skemas.

Volledige besonderhede is beskikbaar in die reëls van Discovery Health se mediese skema. ’n Afskrif van die reëls kan per e-pos aangevra word by [email protected]. Discovery Health se mediese skema word geadministreer deur Discovery Health (Pty) Ltd, registrasienommer 1997/013480/07, ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste.

Basiese dekking vir ernstige mediese toestande

Volgens die Voorgeskrewe Minimum Voordele het u toegang tot basiese dekking vir sekere toestande in ’n lys van toestande met die behandeling daarvan selfs wanneer u planvoordele uitgeput is. Die voordele behels dekking vir 271 toestande in die lys, die meeste noodgevalle en 27 chroniese toestande, wat MIV en VIGS insluit. Mediese skemas moet dekking voorsien vir die diagnose, behandeling en koste van volgehoue sorg vir hierdie toestande.

Toegang tot die Voorgeskrewe Minimum Voordele is egter onderhewig aan sekere reëls:

wees in die lys van toestande volgens die Voorgeskrewe Minimum Voordele

ondersoeke moet ooreenstem met die vereistes van die diagnose van die mediese toestand

pas by die behandeling wat genoem word in die Voorgeskrewe Minimum Voordele en moet gepas wees vir die mediese toestand

van gesondheidsorg, moet ’n verskaffer in Discovery Health se netwerk wees. Dit is nie van toepassing in lewensgevaarlike noodgevalle nie. In lewensgevaarlike noodgevalle moet u egter ook so gou as moontlik deur ’n verskaffer van gesondheidsorg in Discovery se netwerk behandel word – anders kan van u verwag word om ’n gedeelte van die behandelingskoste te betaal.

Daar is meer inligting oor ons benadering tot die Voorgeskrewe Minimum Voordele beskikbaar by www.discovery.co.za

Algemene uitsluitings

Discovery Health se mediese skema bied nie dekking vir sekere toestande nie en betaal nie vir gesondheidsorgdienste wat verband hou met die volgende nie, behalwe waar dit vereis word as deel van ’n voordeel wat omskryf word, of volgens die Voorgeskrewe Minimum Voordele:

1. Kosmetiese prosedures en behandeling

2. Herstel van bakore, geboortevlekke en herstel van ooglid

3. Verkleining of vergroting van borste, insluitend ginekomastie

4. Vetsug

5. Versorging van verswakte persone

6. Onvrugbaarheid

7. Besering of siektetoestand wat doelbewus self veroorsaak is

8. Misbruik van alkohol, dwelmmiddels en oplosmiddels

9. Doelbewuste en wesenlike oortreding van die wet, of gedurende gevangenskap

10. Doelbewuste deelname aan oorlog, terroriste-aktiwiteit, oproer, burgerlike opstand, rebellie of opstand

11. Beserings opgedoen tydens reis na of in ’n land waar daar oorlog heers

12. Behandeling of praktyke wat eksperimenteel, onbeproef of nie geregistreer is nie

13. Soektog en redding

14. Enige behandeling waarvoor ’n derde party regtens verantwoordelik is.

Ons bied ook nie dekking vir die komplikasies van of direkte of indirekte behandeling en koste wat verband hou met die uitsluitings hierbo nie.

Indien ons wagtydperke toepas omdat u nie voorheen lid was van ’n mediese skema nie, of omdat u lidmaatskap onderbreek is vir meer as 90 dae voordat u by Discovery Health aangesluit het, het u nie toegang tot die Voorgeskrewe Minimum Voordele terwyl die wagtydperk van toepassing is nie. Dit sluit opname vir noodbehandeling in.

GM_6722DHL_13/09/10 HPBA 09/10 (11)

Page 5: GM 6722DHM 9/9/2010 - pmgza.com€¦ · Hoekom Discovery Health? Onge wenaarde Þnansi le sekuriteit Discovery Health se mediese skema het Õn AA+-punt wat toegeken is vir sy vermo

Discovery Health se StarRaterDie StarRater vir Discovery Health se gesondheidsplanne is ontwerp om u te help om die regte plan vir u behoeftes te kies. Met die StarRater kan u die belangrikste kategorieë, soos dekking vir hospitalisasie, gewone mediese voordele, chroniese voordele en dekking vir onkologie met elk van Discovery Health se gesondheidsplanne vergelyk. As u die StarRater gebruik, kan u met een oogopslag sien hoe u gesondheidsplan van Discovery Health vergelyk met ander planne en dit kan u help om ’n ingeligte besluit te neem oor u gesondheidsdekking vir 2011.

Reeks Plan Hospitaaldekking Dekking vir gewone mediese behandeling

Dekking vir chroniese siektes en onkologie

Eksklusief Eksklusief

Omvattend

Klassiek Omvattend

Essensieel Omvattend

Klassieke Delta-Omvattende netwerkopsie

Essensiële Delta-Omvattende netwerkopsie

PrioriteitKlassiek Prioriteit

Essensieel Prioriteit

Spaarder

Klassiek Spaarder

Essensieel Spaarder

Kus-Spaarder

Klassieke Delta-Spaarder netwerkopsie

Essensiële Delta-Spaarder netwerkopsie

Kern

Klassiek Kern

Essensieel Kern

Kus-Kern

Klassieke Delta-Kern netwerkopsie

Essensiële Delta-Kern netwerkopsie

KeyCareKeyCare-Plus

KeyCare-Kern

Dekking vir hospitalisasie

Die blou ster dui aan dat u dekking het in enige hospitaal. Die getal sterre dui aan wat die vlak van dekking is tydens hospitalisasie.

’n Ster met ’n kring om dui aan dat u vyfster-dekking het vir hospitalisasie, maar dat u moet gebruik maak van ’n verskaffer in een van Discovery se netwerke of wat ’n betalingsooreenkoms met Discovery het – binne ’n netwerkhospitaal of ’n dokter wat deelneem aan ons reëlings vir direkte betaling, of albei.

Dekking vir gewone mediese behandeling

Alle planne buiten KeyCareOns dui die vlak van gewone mediese dekking (ook in die spreekkamer) vir elke plan aan met die sterre vir elk van die volgende

’n Mediese Spaarrekening van 15% van u totale bydrae aan die mediese skema.

’n Mediese Spaarrekening van 25% van u totale bydrae aan die mediese skema.

’n Addisionele ster as die plan die Voordeel vir versekerde netwerke bied om u gewone mediese dekking uit te brei.

’n Addisionele ster as die plan ’n beperkte Voordeel Bo die Drempel het.

Twee addisionele sterre as die plan ’n onbeperkte Voordeel Bo die Drempel het.

KeyCare-Plus

Die plan bied dekking in ’n netwerk vir sekere gewone gesondheidsorg.

Dekking vir chroniese siektes en onkologie

U het dekking vir die toestande in die lys van Voorgeskrewe Minimum Voordele, maar behandeling moet voorsien word deur ons aangewese diensverskaffer waar u die goedgekeurde chroniese medisyne moet kry, anders moet u self ’n bedrag betaal vir die medisyne. U het volle dekking vir medisyne in ons lys – as u ander medisyne kies, het u dekking tot ’n maandelikse bedrag wat in rand bereken word, buiten met KeyCare-planne. U moet ons aangewese diensverskaffer gebruik vir die behandeling van kanker.

U het dekking vir die toestande in die lys van Voorgeskrewe Minimum Voordele – die goedgekeurde medisyne kan by enige verskaffer gekry word. U het volle dekking vir medisyne in ons lys – as u ander medisyne kies, het u dekking tot ’n maandelikse bedrag wat in rand bereken word. As een van die sterre ´n sirkel om het, moet u die goedgekeurde medisyne by ´n aangewese diensverskaffer kry, anders is daar ´n bybetaling van toepassing.

U het dekking vir die toestande in die lys van Voorgeskrewe Minimum Voordele, asook ’n addisionele lys van chroniese siektes. U het volle dekking vir medisyne in ons lys – as u ander medisyne kies, het u dekking tot ’n hoër maandelikse bedrag as met ander planne. U het ook hoër dekking vir die behandeling van kanker.

Sleutel tot die StarRater vir Discovery Health se gesondheidsplanne

Page 6: GM 6722DHM 9/9/2010 - pmgza.com€¦ · Hoekom Discovery Health? Onge wenaarde Þnansi le sekuriteit Discovery Health se mediese skema het Õn AA+-punt wat toegeken is vir sy vermo

Help om Suid-Afrikaners gesonder te maakDiscovery Health gaan oor hulp vir lede om hulle gesonder te maak, terwyl die gehalte van hulle lewens beskerm word. Hoewel ons verantwoordelik is vir u, het ons ’n belangrike rol om te speel in die Suid-Afrikaanse gesondheidsorgbedryf. Ons kan ons kundigheid en hulpbronne aanwend om by te dra tot die gesondheid en lewens van baie meer Suid-Afrikaners. Deur ons werk met die Departement van Gesondheid en ons steun vir gemeenskapsprojekte, help ons om die gesondheidsorgstelsel in Suid-Afrika te ontwikkel.

Die Discovery Foundation ken toekennings en beurse toe aan spesialiste. Dit help hulle om mediese navorsing te doen oor aspekte waar daar ’n behoefte is en om

hulle studies voort te sit. Ons hoop om nog 300 spesialiste

te help. Dit sal nie net die staatsdiens help nie, maar ook die privaatsektor, omdat die spesialiste meer vaardighede en kundigheid sal hê om hulp

te verleen. Sedert 2006 het ons 98 spesialiste bygestaan

met verdere opleiding en navorsing met toekennings ter waarde van R52 miljoen.

Toegang tot die jongste

dienshulpmiddelsOns webblad bied ’n volledige

diens om u interaksies met Discovery te bestuur. Sekere van die kenmerke behels dat ons daagliks eisekennisgewings stuur, dat ons u voordele aandui soos en wanneer

dit van krag is en dat u onmiddellik toegang het tot inligting

oor ons produkte.

Die webblad bied verskeie hulpmiddels om u voordele en dekking ten volle te benut. Die deel oor die dekking wat ons bied, Do We Cover, beteken dat u toegang het tot Discovery Health se jongste dekkingsbeleid en dat dit op ’n verstaanbare manier aangebied word. Ons pas die beleid gereeld aan om te verseker dat ons befondsingsbeleid gepas is. As u dus Do We Cover lees, het u altyd onmiddellik akkurate inligting beskikbaar.

Discovery Health-lede het toegang tot verskeie hulpmiddels om hulle te help om hulle gesondheidsplanne van Discovery Health ten volle te benut

Discovery Health MaPS

Discovery Health MaPS bied inligting oor mediese dienste

en verskaffers wat benut of geraadpleeg kan word

sonder bybetalings.

Met MaPS kan u soek na spesifieke soorte mediese dienste wat naby u geleë is. Indien u ’n provinsie, stad en soort verskaffer invul, bied MaPS ’n lys van die mediese dienste volgens die opsies wat u ingevul het.

Ons hou jou gesondheidsrekords vertroulik – slegs u het toegang daartoe. U kan toestemming gee dat noodpersoneel of u dokter toegang het daartoe.

Gesondheidsrekord op ons webblad

Die gesondheidsrekords wat ons op ons webblad aanbied, is Discovery Health se manier om u gesondheidsinligting te hou en beskikbaar te stel. Ons hou die

inligting in ons sentrale rekords en u het toegang tot die inligting by

enige punt waar u toegang het tot die internet.

Besoek www.discovery.co.za

Page 7: GM 6722DHM 9/9/2010 - pmgza.com€¦ · Hoekom Discovery Health? Onge wenaarde Þnansi le sekuriteit Discovery Health se mediese skema het Õn AA+-punt wat toegeken is vir sy vermo

• Dekking tot R1 050 per dag in ’n privaat saal

• Dekking vir vernuwende mediese tegnologie en duur

medisyne uit die Voordeel vir gespesialiseerde

medisyne en tegnologie, insluitend dekking tot

en met ’n limiet en onderhewig aan ´n bybetaling

vir bewese behandeling wat nie beskikbaar is in

Suid-Afrika nie

• Landwye mediese noodreaksie-dienste met

Discovery 911

• Dekking vir hoogstens 90 dae vir mediese

noodgevalle terwyl u in die buiteland reis, tot

R10 miljoen per persoon

• Ontruimingsvoordele vir mediese noodgevalle

terwyl u in Afrika-lande suid van die Sahara reis of

werk, uit die Ontruimingsvoordeel in Afrika

• Die Voordeel vir versekerde netwerke verseker

dat u altyd dekking het vir konsultasies met ’n

algemene praktisyn in ons netwerk en bloedtoetse

deur ’n verskaffer in ons netwerk sonder enige

leemtes in dekking.

Die Eksklusiewe plan bied die omvattendste dekking

vir hospitalisasie en gewone mediese uitgawes

Toegang tot unieke voordele

Page 8: GM 6722DHM 9/9/2010 - pmgza.com€¦ · Hoekom Discovery Health? Onge wenaarde Þnansi le sekuriteit Discovery Health se mediese skema het Õn AA+-punt wat toegeken is vir sy vermo

Ons bied dekking vir opname in enige privaat hospitaal vir ´n nood- of beplande opname wat ons vooraf goedgekeur het.

Dekking vir noodgevalle, wanneer u dit die nodigste het

In ’n noodgeval kan u direk in die hospitaal opgeneem word, maar u of iemand anders moet ons binne 12 uur laat weet van die opname.

Vervoer met mediese toerusting in ’n mediese noodgeval kan gereël word by 0860 999 911. Die diens word beman deur hoogs gekwalifiseerde mediese noodpersoneel wat die gepaste noodvervoer per pad of lug sal reël.

Dekking vir beplande opname in die hospitaal

Skakel ons asseblief 48 uur voordat u in die hospitaal opgeneem moet word om die opname te bevestig.

Dekking vir opname in privaat saal

Ons bied dekking tot R1 050 per dag in ’n privaat saal as die opname goedgekeur is.

Geen algehele limiet nie

Die Eksklusiewe plan het nie ’n algehele hospitaallimiet nie. Limiete, kliniese riglyne en beleid is van toepassing op sekere gesondheidsorgdienste en -prosedures.

Dekking vir hospitalisasie

Dekking word voorsien in enige

privaat hospitaal – sonder enige

algehele limiet

Ons betaal rekeninge van die dokter wat u opneem en die narkotiseur, asook ander verwante rekeninge uit die Mediese Spaarrekening. Sodra u eise saam gelyk is aan die Jaarlikse Drempel, betaal ons die eise uit die Voordeel Bo die Drempel. ’n Verwante rekening is die rekening vir die dokter wat u opneem, die narkotiseur en enige goedgekeurde uitgawe wat u aangaan terwyl u in die hospitaal opgeneem is, buiten die hospitaalrekening self.

Dekking vir professionele verskaffers van gesondheidsorg terwyl u in die hospitaal opgeneem is

Volle dekking vir spesialiste wat deelneem aan ons ooreenkomste vir direkte betaling

Ons bied volle dekking vir goedgekeurde prosedures deur professionele verskaffers van gesondheidsorg wat deelneem aan ons ooreenkomste vir betaling, sodat u daarby kan baat as u daardie verskaffers raadpleeg. Professionele verskaffers van gesondheidsorg wat deelneem aan ons ooreenkomste vir direkte betaling, is ook die aangewese diensverskaffers vir Voorgeskrewe Minimum Voordele.

Indien u ander spesialiste raadpleeg kan ’n bybetaling gehef word

As u in ’n hospitaal behandel word deur ’n spesialis wat nie deelneem aan een van ons ooreenkomste vir direkte betaling nie, bied ons dekking tot 300% van Discovery Health se tarief.

Ander professionele verskaffers van gesondheidsorg

Ons bied dekking vir algemene praktisyns, radiologie, patologie en ander gesondheidsorgdienste tot 100% van Discover Health se tarief.

Dekking tot 300% van Discovery Health se tarief vir spesialiste

Indien die spesialis instem om ons ooreengekome tarief te hef, betaal ons

die volle rekening direk

Dekking vir ondersoeke terwyl u in die hospitaal opgeneem is

Skopies (gastroskopie, kolonoskopie, sigmoïedoskopie en proktoskopie) en MR- of RT-skanderings

Ons betaal die hospitaalrekening uit u Hospitaalvoordeel en alle verwante rekeninge uit die Mediese Spaarrekening of Voordeel Bo die Drempel indien die skopie gedoen word tydens goedgekeurde opname in die hospitaal. Ons betaal tot 300% van Discovery Health se tarief vir spesialiste en tot 100% van Discovery Health se tarief vir ander gesondheidsorgdienste, insluitend radiologie.

Gesondheidsorgdienste wat nie ‘n limiet het terwyl u in die hospitaal opgeneem is nie

Die meeste van u gesondheidsorgdienste in die hospitaal is nie onderhewig aan ’n algehele limiet nie. Dit sluit die volgende in:

• Algemene praktisyns • Spesialiste

• Bloedtoetse • X-strale

• Verwante professionele verskaffers van gesondheidsorg, soos fisioterapeute • MIV-dekking as u geregistreer het vir die MIV-sorgprogram

Gesondheidsorgdienste wat ‘n limiet het terwyl u in die hospitaal opgeneem is

Net die volgende gesondheidsorgdiense is onderhewig aan ’n jaarlikse limiet:

Tandheelkundige behandeling*Onderhewig aan algehele limiet van R28 000 per persoon. Ons betaal die hospitaalrekening uit die Hospitaalvoordeel. Alle verwante rekeninge word betaal uit die Mediese Spaarrekening of Voordeel Bo die Drempel.

Koglea-inplantings, gehoorinplantings in die brein en verwerkers

R133 000 per persoon per voordeel

Interne senuweestimuleerders R101 000 per persoon

Heup-, knie- en skouerprostesesGeen algehele limiet indien die prostese verskaf word deur een van ons voorkeurverskaffers nie. By ander verskaffers word ’n limiet van R33 000 toegepas op elke prostese.

Prostetiese toestelle vir werwelchirurgie R21 000 vir die eerste vlak, R42 000 vir twee of meer vlakke, beperk tot een prosedure per persoon

Geestesgesondheid 21 dae per persoon

Alkohol- en dwelmrehabilitasie 21 dae per persoon

Terminale sorg R25 250 per persoon

* Die limiet is van toepassing op die hospitaalrekening en alle rekeninge wat verband hou met die opname in die hospitaal. ’n Verwante rekening is die rekening vir die dokter wat u opneem, die narkotiseur en goedgekeurde uitgawes wat aangegaan word tydens die opname in die hospitaal, buiten die hospitaalrekening. Die voordeel word pro rata bereken volgens die datum waarop u by die mediese skema aansluit.

Page 9: GM 6722DHM 9/9/2010 - pmgza.com€¦ · Hoekom Discovery Health? Onge wenaarde Þnansi le sekuriteit Discovery Health se mediese skema het Õn AA+-punt wat toegeken is vir sy vermo

Dekking vir die behandeling van kanker

DiscoveryCare se Onkologieprogram bied volle dekking vir die eerste R400 000 van u goedgekeurde behandeling vir kanker gedurende ’n siklus van 12 maande. Dekking is onbeperk, maar as die koste van die kankerbehandeling duurder is as hierdie bedrag, moet u self 20% van alle koste vir verdere behandeling betaal.

Radiologie en patologie wat goedgekeur word vir die behandeling van u kanker word ook gedek. Behandeling van kanker binne die Voorgeskrewe Minimum Voordele word in alle gevalle ten volle gedek, sonder enige bybetaling. Skakel ons asseblief om te registreer vir die Onkologieprogram.

Ons bied dekking vir chemoterapie en medisyne wat verband hou met onkologie tot en met 100% van Discovery Health se tarief vir medisyne. Konsultasies, radioterapie, radiologie, patologie en skanderings word betaal tot en met 100% van Discovery Health se tarief. Onthou dat u verantwoordelik kan wees vir ’n bybetaling as die verskaffer van gesondheidsorg meer hef as Discovery Health se tarief wat van toepassing is.

DiscoveryCare sorg vir u wanneer u dit nodig het

Dekking vir chroniese siektes

Die gesondheidsplan bied omvattende en aanpasbare dekking vir chroniese siektes volgens ‘n omvangryke lys van die toestande. Ons bied volle dekking vir goedgekeurde medisyne volgens Discovery Health se lys van medisyne, of tot en met ’n vasgestelde maandelikse bedrag vir medisyne wat nie opgeneem is in die lys nie.

Met die Eksklusiewe plan is meer middels opgeneem in die lys van medisyne as met ander gesondheidsplanne. Indien u verkies om middels te gebruik wat nie opgeneem is in die lys nie, is die maandelikse bedrag vir medisyne hoër as met ander gesondheidsplanne.

Ons betaal vir medisyne tot hoogstens Discovery Health se tarief vir medisyne. Ons moet die aansoek om chroniese dekking goedkeur voordat u dekking kan kry uit die Voordeel vir Chroniese Siektes.

Addisionele dekking vir die

jongste mediese behandeling as u

dit nodig het

Ons Voordeel vir Chroniese Siektes bied afsonderlike dekking vir ’n omvangryke lys van chroniese siektes. Ons bied volle dekking vir chroniese medisyne in ons lys. Indien die chroniese medisyne nie

opgeneem is in die lys nie, het u dekking tot en met ’n vasgestelde bedrag per maand – hoër as met ander planne

Ons Onkologieprogram bied omvattende dekking

vir die behandeling van kanker

Dekking vir mediese tegnologie en duur medisyne

Ons bied addisionele dekking vir ‘n lys van die jongste behandeling wat duidelik omskryf is uit die Voordeel vir gespesialiseerde medisyne en tegnologie, tot R200 000 per persoon per jaar. Skakel ons asseblief om uit te vind of u behandeling in aanmerking kom vir dekking uit die voordeel.

Ons bied toegang tot die Voordeel vir oorsese behandeling wat dekking bied as u in die buiteland bewese behandeling, wat nie beskikbaar is in Suid-Afrika by ’n geregistreerde professionele verskaffer van gesondheidsorg nie, ontvang. Die behandeling is onderhewig aan ’n limiet van R500 000 per persoon per jaar. Indien u in die buiteland behandel word, moet u die behandeling betaal en u eis indien wanneer u terug is in Suid-Afrika.

Intree-kriteria en ’n bybetaling van tot 20% is van toepassing op albei voordele.

Dekking vir gewone mediese uitgawes

Die Voordeel vir versekerde netwerke verseker dat daar nie leemtes is in u dekking vir behandeling deur algemene praktisyns of vir patologie binne ons netwerk nie

Ons brei ook die gewone mediese dekking uit met die Voordeel vir versekerde netwerke. Indien die deposito in u Mediese Spaarrekening vir die jaar uitgeput is:

• Bied ons dekking vir die volle koste van die konsultasiebedrag indien u behandel word deur ’n algemene praktisyn in ons netwerk. Ons betaal die eis direk aan die algemene praktisyn.

• Bied ons dekking vir bloedtoetse by verskaffers in ons netwerk indien die algemene praktisyn of spesialis wat u raadpleeg Discovery Health se patologievorm gebruik om die toetse aan te vra.

Met die Mediese Spaarrekening is u in beheer van u gewone

mediese uitgawes

Ons betaal vir u gewone mediese uitgawes soos besoeke aan ’n algemene praktisyn, x-strale en bloedtoetse uit u Mediese Spaarrekening teen die koste wat aangegaan word, mits daar genoeg fondse beskikbaar is in die rekening. Dit kan nodig wees om self vir sommige gewone mediese uitgawes te betaal as die fondse in u Mediese Spaarrekening opgebruik is en u eise nog nie saam gelyk is aan die Jaarlikse Drempel nie.

Sodra u eise saam gelyk is aan die Jaarlikse Drempel, betaal ons die res van u eise uit die Voordeel Bo die Drempel.

Uitgebreide gewone mediese dekking

Discovery Health betaal vir sekere gewone mediese uitgawes sodat u Mediese Spaarrekening langer kan hou:

• Die Voordeel vir voorkomingstoetse bied dekking vir verskeie gesondheidsdienste, insluitend die volgende toetse by ’n verskaffer binne Discovery se Wellness-netwerk: meting van bloedsuiker, bloeddruk, cholesterol en liggaamsmassa-indeks. Die voordeel bied ook dekking vir ’n mammogram, Pap-smeer, PSA- en MIV-toetse. Lede van 65 en ouer is asook lede wat registreer vir sekere chroniese siektes het ook dekking vir seisoenale griepinspuitings uit hierdie voordeel.

• Ons bied dekking uit die Uitgebreide traumavoordeel vir nie-hospitaaleise na sekere traumatiese gebeure. Dié dekking is van toepassing vir die res van die jaar waarin die trauma voorkom, asook die jaar na die trauma.

Ons bied dekking vir sekere behandeling deur

algemene praktisyns en vir patologietoetse selfs as u die bedrag in u Mediese

Spaarrekening opgebruik het

Ons bied dekking vir gesondheidsondersoeke

en voorkomende behandeling, sodat

die beskikbare fondse langer hou

Page 10: GM 6722DHM 9/9/2010 - pmgza.com€¦ · Hoekom Discovery Health? Onge wenaarde Þnansi le sekuriteit Discovery Health se mediese skema het Õn AA+-punt wat toegeken is vir sy vermo

Hierdie brosjure is net ’n opsomming van die belangrikste voordele en kenmerke van u gesondheidsplan by Discovery Health se mediese skema en dit is onderhewig aan amptelike goedkeuring deur die Raad op Mediese Skemas. Volledige besonderhede is beskikbaar in die reëls van Discovery Health se mediese skema. ’n Afskrif van die reëls kan per e-pos aangevra word by [email protected]. Discovery Health se mediese skema word geadministreer deur Discovery Health (Pty) Ltd, registrasienommer 1997/013480/07, ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste.

Daar is geen jaarlikse limiet vir sekere gewone mediese gesondheidsdienste nie

• Algemene praktisyns. Dit word teen ’n hoër tarief betaal uit die

Eksklusiewe plan

• Spesialiste

• Verwante professionele verskaffers van gesondheidsorg, soos fisioterapeute

• X-stale en bloedtoetse

• Skopies (gastroskopie, kolonoskopie, sigmoïedoskopie en proktoskopie)

• MR- en RT-skanderings.

Ons betaal vir hierdie gesondheidsdienste uit u Mediese Spaarrekening sonder ’n jaarlikse limiet:

Die Eksklusiewe plan sluit ’n Voordeel Bo die Drempel in. Dit bied addisionele gewone mediese dekking nadat fondse in u Mediese Spaarrekening uitgeput is en u

gewone mediese eise saam gelyk is aan ’n vasgestelde bedrag in rand. Met die Eksklusiewe plan is die Voordeel Bo die Drempel onbeperk.

Ons tel u eise bymekaar om die Jaarlikse Drempel te bereik, waarna die Voordeel Bo die Drempel intree. Ons tel eise soos volg bymekaar:

• As die spesialis die Premier-tarief hef, word die Premier-tarief by ander eise getel. In geval van spesialiste wat

nie deelneem aan die ooreenkomste vir direkte betaling nie, word tot 300% van Discovery Health se tarief

by ander eise getel.

• In geval van algemene praktisyns en alle ander gesondheidsdienste, word Discovery Health se tarief by

ander eise getel.

• In geval van generiese medisyne word 100% van Discovery Health se tarief vir medisyne by ander eise getel.

As u middels koop wat nie generies is nie, word tot 90% van Discovery Health se tarief vir medisyne by

ander eise getel. Eise vir middels wat oor die toonbank gekoop kan word, word nie by ander eise getel om

die Jaarlikse Drempel te bereik nie.

Eise word bymekaar getel tot hoogstens die beskikbare limiet vir die voordeel.

Die Voordeel Bo die Drempel bied addisionele gewone mediese dekking

Met die Voordeel Bo die Drempel, het u

addisionele dekking as u uitgawes saam gelyk is aan ’n bepaalde bedrag

Limiete vir sekere gewone gesondheidsorgdienste

Sekere van u gewone mediese voordele is onderhewig aan limiete. Die limiete is van toepassing op eise wat betaal word uit u Mediese Spaarrekening en Voordeel Bo die Drempel.

Professionele dienste

Geestesgesondheid*

(insluitend sielkundiges en psigiaters)U het R16 200 vir u gesin

Privaatverpleging U het R6 650 vir u gesin

Voorgeboorteklasse U het R900 vir u gesin

Tandheelkundige behandeling* Algehele limiet van R28 000 per persoon

Medisyne

Voorskrifmedisyne*

(skedule 3 en hoër)

Enkellid: R20 800

Lid met een afhanklike: R24 300

Lid met twee afhanklikes: R27 850

Lid met drie of meer afhanklikes: R31 400

Medisyne oor die toonbank, insluitend voorskrifmiddels in skedule 0, 1 en 2, asook produkte om leefstyl te verbeter

Die eise word betaal uit beskikbare fondse in u Mediese Spaarrekening

Toestelle en toerusting

Eksterne mediese items U het R43 250 vir u gesin

Gehoortoestelle U het R15 800 vir u gesin

Optiese behandeling*

(insluitend dekking vir brille, rame, kontaklense en chirurgie, of enige gesondheidsdiens om refraksiefoute van die oog te herstel, soos laseruitsnyding)

U het R4 100 vir u persoon

* Die voordeel word pro rata bereken volgens die datum waarop u by die mediese skema aansluit.

Algemene uitsluitings

Discovery Health bied nie dekking vir sekere gesondheidsdienste nie. ’n Volledige lys van die uitsluitings is beskikbaar in hierdie brosjure of u kan inligting

oor u voordele nagaan by www.discovery.co.za

GM_6722DHL_EXECUTIVE_12/09/10 HPBA 09/10 (11)

Page 11: GM 6722DHM 9/9/2010 - pmgza.com€¦ · Hoekom Discovery Health? Onge wenaarde Þnansi le sekuriteit Discovery Health se mediese skema het Õn AA+-punt wat toegeken is vir sy vermo

Omvattende reeks

• Dekking vir vernuwende mediese tegnologie en duur

medisyne uit die Voordeel vir gespesialiseerde medisyne

en tegnologie, insluitend dekking tot en met ’n limiet en

onderhewig aan ’n bybetaling vir bewese behandeling wat

nie beskikbaar is in Suid-Afrika nie

•� Kies een van die Delta-netwerkopsies vir ’n aansienlike

korting op bydraes as u opgeneem word in hospitale binne

die Delta-netwerk van hospitale

•� Landwye mediese noodreaksie-dienste met Discovery 911

• Dekking vir hoogstens 90 dae vir mediese noodgevalle

terwyl u in die buiteland reis, tot R5 miljoen per persoon

•� Ontruimingsvoordele vir mediese noodgevalle terwyl

u in Afrika-lande suid van die Sahara reis of werk, uit die

Ontruimingsvoordeel in Afrika

•� Die Voordeel vir versekerde netwerke verseker dat u

altyd dekking het vir konsultasie met ’n algemene praktisyn

in ons netwerk en bloedtoetse deur ’n verskaffer in ons

netwerk sonder enige leemtes in dekking.

Omvattende planne bied omvangryke dekking

vir hospitalisasie en omvattende gewone

mediese voordele

Toegang tot unieke voordele

Page 12: GM 6722DHM 9/9/2010 - pmgza.com€¦ · Hoekom Discovery Health? Onge wenaarde Þnansi le sekuriteit Discovery Health se mediese skema het Õn AA+-punt wat toegeken is vir sy vermo

Dekking vir ondersoeke terwyl u in die hospitaal opgeneem is

Skopies (gastroskopie, kolonoskopie, sigmoïedoskopie en proktoskopie)Ons betaal die eerste R1 900 van die hospitaalrekening uit u gewone mediese voordele. Die res van die hospitaalrekening en alle verwante rekeninge word betaal uit u Hospitaalvoordeel. ’n Verwante rekening is die rekening vir die dokter wat u opneem, die narkotiseur en enige goedgekeurde uitgawe wat u aangaan terwyl u in die hospitaal opgeneem is, buiten die hospitaalrekening self.

MR- of RT-skanderingsIndien u in die hospitaal opgeneem word as deel van ’n goedgekeurde opname, betaal ons die MR- of RT-skandering teen 100% van Discovery Health se tarief uit die Hospitaalvoordeel.

As u opgeneem word vir konserwatiewe rug- of nekbehandeling, betaal ons die eerste R2 100 van die skanderingskode uit u gewone mediese voordele. Ons betaal die res uit die Hospitaalvoordeel tot 100% van Discovery Health se tarief.

Gesondheidsorgdienste wat nie ’n limiet het terwyl u in die hospitaal opgeneem is nie

Die meeste van u gesondheidsorgdienste in die hospitaal is nie onderhewig aan ’n algehele limiet nie:

� • Algemene praktisyns • Spesialiste� • Bloedtoetse • X-strale� • Verwante professionele verskaffers van gesondheidsorg, soos fisioterapeute • MIV-dekking as u geregistreer het vir die MIV-sorgprogram

Ons bied dekking vir opname in enige privaat hospitaal vir nood- of beplande opname wat ons vooraf goedgekeur het.

Dekking vir noodgevalle, wanneer u dit die nodigste hetIn ’n noodgeval kan u direk in die hospitaal opgeneem word, maar u of iemand anders moet ons binne 12 uur laat weet van die opname.

Vervoer met mediese toerusting in ’n mediese noodgeval kan gereël word by 0860 999 911. Die diens word beman deur hoogs gekwalifiseerde mediese noodpersoneel wat die gepaste noodvervoer per pad of lug sal reël.

Dekking vir beplande opname in die hospitaal Skakel ons asseblief 48 uur voordat u in die hospitaal opgeneem moet word om die opname te bevestig.

Met die Delta-netwerkopsies moet u in ’n hospitaal binne die Delta-netwerk van hospitale opgeneem wordMet Klassieke en Essensiële Delta-Omvattende netwerkopsies het u volle dekking by hospitale in die Delta-netwerk van hospitale. Vir beplande opname in enige ander privaat hospitaal moet u ’n bedrag van R4 150 betaal.

Geen algehele hospitaallimiet nieOmvattende planne het nie ’n algehele hospitaallimiet nie. Limiete, kliniese riglyne en beleid is van toepassing op sekere gesondheidsorgdienste en -prosedures.

Dekking vir hospitalisasie

Ons bied dekking in ’n privaat hospitaal– sonder ’n algehele

limiet

Indien die spesialis instem om ons ooreengekome tarief te hef, betaal ons die volle rekening direkOns bied volle dekking vir goedgekeurde prosedures deur professionele verskaffers van gesondheidsorg wat deelneem aan ons ooreenkomste vir betaling, sodat u daarby kan baat as u daardie verskaffers raadpleeg. As u ’n Klassieke Omvattende plan het, kan u baat by toegang tot die groot verskeidenheid spesialiste wat ten volle betaal word en wat meer as 87% van spesialiste wat geraadpleeg word, verteenwoordig. Professionele verskaffers van gesondheidsorg wat deelneem aan ons ooreenkomste vir direkte betaling volgens u plan, is ook die aangewese diensverskaffers vir Voorgeskrewe Minimum Voordele.

Dekking vir professionele verskaffers van gesondheidsorg terwyl u in die hospitaal opgeneem is

Indien u spesialis deelneem aan ons ooreenkomste vir

dierkte betaling, betaal ons die rekening ten

volle en direk

Indien u ander spesialiste raadpleeg kan ’n bybetaling gehef wordAs u in ’n hospitaal behandel word deur ’n spesialis wat nie deelneem aan een van ons ooreenkomste vir direkte betaling nie, bied ons dekking tot 200% van Discovery Health se tarief as u ’n Klassieke Omvattende plan het, of tot 100% van Discovery Health se tarief as u ’n Essensiële Omvattende plan het.

Ander professionele verskaffers van gesondheidsorgOns bied dekking vir algemene praktisyns en ander gesondheidsorgdienste tot 200% van Discovery Health se tarief in geval van die Klassieke Omvattende plan, of tot 100% van Discovery Health se tarief as u ’n Essensiële Omvattende plan het.

Met al die planne word radiologie en patologie gedek tot 100% van Discovery Health se tarief.

Ons betaal die res van die hospitaalrekening, tot 100% van Discovery Health se tarief uit die Hospitaalvoordeel.

Ons betaal verwante rekeninge, soos die tandheelkundige chirurg en narkotiseur se rekeninge, tot 100% van Discovery Health se tarief uit die Hospitaalvoordeel.

Geen algehele tandheelkundige limiet nie Tandheelkundige behandeling is nie onderhewig aan ’n algehele limiet nie. Ons betaal egter die koste van alle tandheelkundige toestelle en ortodontiese behandeling (insluitend verwante rekeninge in geval van ortognatiese chirurgie) tot 100% van Discovery Health se tarief uit u gewone mediese voordele, tot ’n jaarlikse sublimiet van R16 000 per persoon. Die voordeel word pro rata bereken volgens die datum wanneer u by die mediese skema aansluit.

Ernstige tandheelkunde en mondchirurgie

Die Voordeel vir ernstige tandheelkunde en mondchirurgie bied dekking vir ’n lys van prosedures wat duidelik omskryf is en wat nie onderhewig is aan ’n bybetaling of algehele limiet nie. Die voordeel is onderhewig aan goedkeuring en die skema se kliniese intree-kriteria.

Dekking vir tandheelkundige behandeling terwyl u in die hospitaal opgeneem is

U moet ‘n gedeelte van die hospitaal of dagkliniek se rekening vooraf betaal as u opgeneem word vir tandheelkundige behandeling. Hierdie bedrag word aangepas volgens u ouderdom en waar u behandel word.

Hospitaal Dagkliniek

Lede jonger as 13 jaar R1 200 R600

Lede wat 13 jaar oud of ouer is R3 000 R2 000

Page 13: GM 6722DHM 9/9/2010 - pmgza.com€¦ · Hoekom Discovery Health? Onge wenaarde Þnansi le sekuriteit Discovery Health se mediese skema het Õn AA+-punt wat toegeken is vir sy vermo

Net die volgende gesondheidsorgdiense is onderhewig aan ’n jaarlikse limiet:

Tandheelkundige toestelle en ortodontiese behandeling* (insluitend ortognatiese chirurgie) R16 000 per persoon vir die jaar, uit u gewone mediese voordele

Koglea-inplantings, gehoorinplantings in die brein en verwerkers R133 000 per persoon per voordeel

Interne senuweestimuleerders R101 000 per persoon

Heup-, knie- en skouerprosteses Geen algehele limiet indien die prostese verskaf word deur een van ons voorkeurverskaffers nie. By ander verskaffers word ’n limiet van R33 000 toegepas op elke prostese.

Prostetiese toestelle vir werwelchirurgie R21 000 vir die eerste vlak, R42 000 vir twee of meer vlakke, beperk tot een prosedure per persoon

Geestesgesondheid 21 dae per persoon

Alkohol- en dwelmrehabilitasie 21 dae per persoon

Terminale sorg R25 250 per persoon

* Die voordeel word pro rata bereken volgens die datum waarop u by die mediese skema aansluit.

Gesondheidsorgdienste wat ’n limiet het terwyl u in die hospitaal opgeneem is

DiscoveryCare sorg vir u wanneer u dit nodig hetDekking vir chroniese siektes

Die gesondheidsplan bied omvattende en aanpasbare dekking vir chroniese siektes volgens ’n omvangryke lys van toestande. Ons bied volle dekking vir goedgekeurde medisyne volgens Discovery Health se lys van medisyne, of tot en met ’n vasgestelde maandelikse bedrag vir medisyne wat nie opgeneem is in die lys nie.

Met Omvattende planne is meer middels opgeneem in die lys van medisyne as met ander gesondheidsplanne. Indien u verkies om middels te gebruik wat nie opgeneem is in die lys nie, is die maandelikse bedrag vir medisyne hoër as meeste ander gesondheidsplanne.

Ons betaal vir medisyne tot hoogstens Discovery Health se tarief vir medisyne. Ons moet die aansoek om chroniese dekking goedkeur voordat u dekking kan kry uit die Voordeel vir Chroniese Siektes.

Ons Voordeel vir Chroniese Siektes bied dekking vir ’n omvangryke lys van

chroniese siektes. Ons bied volle dekking vir chroniese medisyne in ons lys. Indien die chroniese medisyne nie opgeneem is in die lys nie, het u dekking tot en met ’n vasgestelde bedrag per maand – hoër as

met ander planne

Dekking vir mediese tegnologie en duur medisyne

Ons bied addisionele dekking vir ‘n lys van die jongste behandeling wat duidelik omskryf is uit die Voordeel vir gespesialiseerde medisyne en tegnologie, tot R200 000 per persoon per jaar. Skakel ons asseblief om uit te vind of u behandeling in aanmerking kom vir dekking uit die voordeel.

Die Voordeel vir oorsese behandeling bied dekking as u in die buiteland bewese behandeling, wat nie beskikbaar is in Suid-Afrika by ’n geregistreerde professionele verskaffer van gesondheidsorg nie, ontvang. Die behandeling is onderhewig aan ’n limiet van R500 000 per persoon per jaar. Indien u in die buiteland behandel word, moet u vir die behandeling betaal en u eis indien wanneer u terug is in Suid-Afrika.

Intree-kriteria en ’n bybetaling van tot 20% is van toepassing op albei voordele.

Addisionele dekking vir die

jongste mediese behandeling as u

dit nodig het

Met die Mediese Spaarrekening is u in beheer van u mediese uitgawes

Ons Onkologieprogram bied dekking vir die

behandeling van kanker

Dekking vir die behandeling van kanker

DiscoveryCare se Onkologieprogram bied volle dekking vir die eerste R400 000 van u goedgekeurde behandeling vir kanker gedurende ’n siklus van 12 maande. Dekking is onbeperk, maar as die koste van die kankerbehandeling duurder is as hierdie bedrag, moet u self 20% van alle koste vir verdere behandeling betaal.

Radiologie en patologie wat goedgekeur word vir die behandeling van u kanker word ook gedek. Behandeling van kanker binne die Voorgeskrewe Minimum Voordele word in alle gevalle ten volle gedek, sonder enige bybetaling. Skakel ons asseblief om te registreer vir die Onkologieprogram.

Ons bied dekking vir chemoterapie en medisyne wat verband hou met onkologie tot en met 100% van Discovery Health se tarief vir medisyne. Konsultasies, radioterapie, radiologie, patologie en skanderings word betaal tot en met 100% van Discovery Health se tarief. Onthou dat u verantwoordelik kan wees vir ’n bybetaling as die verskaffer van gesondheidsorg meer hef as Discovery Health se tarief wat van toepassing is.

Dekking vir gewone mediese uitgawes

Die Voordeel vir versekerde netwerke verseker dat daar nie leemtes is in u dekking vir behandeling deur algemene praktisyns of vir patologie binne ons netwerk nie

Ons brei ook die gewone mediese dekking uit met die Voordeel vir versekerde netwerke. Indien die deposito in u Mediese Spaarrekening vir die jaar uitgeput is:

� • Bied ons dekking vir die volle koste van die konsultasiebedrag indien u behandel word deur ’n algemene praktisyn in ons netwerk. Ons betaal die eis direk aan die algemene praktisyn.

• Bied ons dekking vir bloedtoetse by verskaffers in ons netwerk indien die algemene praktisyn of spesialis wat u raadpleeg Discovery Health se patologievorm gebruik om die toetse aan te vra.

Ons betaal vir u gewone mediese uitgawes soos besoeke aan ’n algemene praktisyn, x-strale en bloedtoetse uit u Mediese Spaarrekening, as daar genoeg fondse beskikbaar is in die rekening. Dit kan nodig wees om self vir gewone mediese uitgawes te betaal as die fondse in u Mediese Spaarrekening opgebruik is en u eise nog nie saam gelyk is aan die Jaarlikse Drempel nie.

Sodra u eise saam gelyk is aan die Jaarlikse Drempel, betaal ons die res van u eise uit die Voordeel Bo die Drempel, teen Discovery Health se tarief.

Uitgebreide gewone mediese dekking

Discovery Health betaal vir sekere gewone mediese uitgawes sodat die fondse in u Mediese Spaarrekening langer kan hou:

•� Die Voordeel vir voorkomingstoetse bied dekking vir verskeie gesondheidsdienste, insluitend die volgende toetse by ’n verskaffer in Discovery se Wellness-netwerk: meting van bloedsuiker, bloeddruk, cholesterol en liggaamsmassa-indeks. Die voordeel bied ook dekking vir ’n mammogram, Pap-smeer, PSA- en MIV-toetse. Lede van 65 en ouer is asook lede wat registreer vir sekere chroniese siektes het ook dekking vir seisoenale griepinspuitings uit die voordeel.

• Ons bied dekking uit die Uitgebreide traumavoordeel vir nie-hospitaaleise na sekere traumatiese gebeure. Die dekking is van toepassing vir die res van die jaar waarin die trauma voorkom, asook die jaar na die trauma.

• Ons betaal vir skopies (gastroskopie, kolonoskopie, sigmoïedoskopie en proktoskopie) in die spreekkamer uit die Hospitaalvoordeel, nie u gewone mediese voordele nie. Hierdie eise word betaal teen tot 200% van Discovery Health se tarief in geval van ’n Klassieke Omvattende plan en tot 100% van Discovery Health se tarief as u ’n Essensiële Omvattende plan het. Skakel ons asseblief voordat ’n skopie in die spreekkamer gedoen word om u voordele te bevestig.

Ons bied dekking vir sekere besoeke aan

algemene praktisyns en patologietoetse selfs as u die bedrag in u Mediese

Spaarrekening opgebruik het

Ons bied dekking vir gesondheidsondersoeke

en voorkomende behandeling sodat

die beskikbate fondse langer hou

Page 14: GM 6722DHM 9/9/2010 - pmgza.com€¦ · Hoekom Discovery Health? Onge wenaarde Þnansi le sekuriteit Discovery Health se mediese skema het Õn AA+-punt wat toegeken is vir sy vermo

GM_6721DHL_COMPREHENSIVE_12/09/10

Hierdie brosjure is net ’n opsomming van die belangrikste voordele en kenmerke van u gesondheidsplan by Discovery Health se mediese skema en dit is onderhewig aan amptelike goedkeuring deur die Raad op Mediese Skemas. Volledige besonderhede is beskikbaar in die reëls van Discovery Health se mediese skema. ’n Afskrif van die reëls kan per e-pos aangevra word by [email protected]. Discovery Health se mediese skema word geadministreer deur Discovery Health (Pty) Ltd, registrasienommer 1997/013480/07, ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste

Sekere van u gewone mediese voordele is onderhewig aan limiete. Die limiete is van toepassing op eise wat betaal word uit u Mediese Spaarrekening en Voordeel Bo die Drempel.

Klassiek Essensieel

Professionele dienste

Geestesgesondheid* (insluitend sielkundiges en psigiaters)

U het R16 200 vir u gesin U het R14 000 vir u gesin

Privaatverpleging U het R6 650 vir u gesin

Voorgeboorteklasse U het R900 vir u gesin

Tandheelkundige toestelle en ortodontiese behandeling* U het R16 000 per persoon

Medisyne

Voorskrifmedisyne*(skedule 3 en hoër)

Enkellid: R16 900

Lid met een afhanklike: R19 850

Lid met twee afhanklikes: R23 050

Lid met drie of meer afhanklikes: R26 300

Enkellid: R10 950

Lid met een afhanklike: R13 250

Lid met twee afhanklikes: R15 950

Lid met drie of meer afhanklikes: R17 450

Medisyne oor die toonbank, insluitend voorskrifmiddels in skedule 0, 1 en 2, asook produkte om leefstyl te verbeter

Die eise word betaal uit beskikbare fondse in u Mediese Spaarrekening

Toestelle en toerusting

Eksterne mediese items U het R43 250 vir u gesin U het R28 750 vir u gesin

Gehoortoestelle U het R15 800 vir u gesin U het R12 800 vir u gesin

Optiese behandeling* (insluitend dekking vir brille, rame, kontaklense en chirurgie, of enige gesondheidsdiens om refraksiefoute van die oog te herstel, soos laseruitsnyding)

U het R2 800 per persoon

* Die voordeel word pro rata bereken volgens die datum waarop u by die mediese skema aansluit.

Limiete vir sekere gewone gesondheidsorgdienste

Algemene uitsluitings

Omvattende planne sluit ’n Voordeel Bo die Drempel in. Dit bied addisionele gewone mediese dekking nadat fondse in u Mediese Spaarrekening uitgeput is en u gewone mediese eise saam gelyk is aan ’n bedrag wat in rand vasgestel word. Met Omvattende planne is die Voordeel Bo die Drempel onbeperk.

Ons tel u eise bymekaar om die Jaarlikse Drempel te bereik, waarna die Voordeel Bo die Drempel intree. Ons tel eise soos volg bymekaar:

� • As die spesialis die Premier-tarief hef, word die Premier-tarief by ander eise getel. In geval van spesialiste wat nie deelneem aan die ooreenkoms vir direkte betaling nie, word 100% van Discovery Health se tarief by ander eise getel.

� • In geval van algemene praktisyns en alle ander verskaffers van gesondheidsorgdienste, word eise teen Discovery Health se tarief by ander eise getel.

� • In geval van generiese medisyne word 100% van Discovery Health se tarief vir medisyne by ander eise getel. As u middels koop wat nie generies is nie, word tot 75% van Discovery Health se tarief vir medisyne by ander eise getel. Eise vir middels wat oor die toonbank gekoop kan word, word nie by ander eise getel om die Jaarlikse Drempel te bereik nie.

Eise word bymekaar getel tot hoogstens die beskikbare limiet vir die voordeel.

Die Voordeel Bo die Drempel bied addisionele gewone mediese dekking

Daar is geen jaarlikse limiet vir sekere gewone mediese gesondheidsdienste nie

� • Algemene praktisyns

� • Verwante professionele verskaffers van gesondheidsorg, soos fisioterapeute

� • Bloedtoetse

• X-strale

•� Spesialiste

• Ons betaal die eerste R2 100 van die MR- of RT-skanderingskode uit u gewone mediese voordele. Die res van die bedrag word betaal tot Discovery Health se tarief uit die Hospitaalvoordeel.

Ons betaal vir die gesondheidsdienste uit u Mediese Spaarrekening of Voordeel Bo die Drempel sonder ’n jaarlikse limiet:

Met die Voordeel Bo die Drempel, het u addisionele dekking as u uitgawes saam gelyk is aan ’n bedrag wat in

rand vasgestel word

Discovery Health bied nie dekking vir sekere gesondheidsdienste nie. ’n Volledige lys van die uitsluitings is beskikbaar in hierdie brosjure of u kan inligting oor u voordele nagaan by www.discovery.co.za

HPBA 09/10 (11)

Page 15: GM 6722DHM 9/9/2010 - pmgza.com€¦ · Hoekom Discovery Health? Onge wenaarde Þnansi le sekuriteit Discovery Health se mediese skema het Õn AA+-punt wat toegeken is vir sy vermo

Prioriteitsreeks

• Landwye mediese noodreaksie-dienste met

Discovery 911

• Dekking vir hoogstens 90 dae vir mediese

noodgevalle terwyl u in die buiteland reis, tot

R5 miljoen per persoon

• Ontruimingsvoordele vir mediese noodgevalle

terwyl u in Afrika-lande suid van die Sahara reis of

werk, uit die Ontruimingsvoordeel in Afrika

• Die Voordeel vir versekerde netwerke verseker

dat u altyd dekking het vir konsultasies met ’n

algemene praktisyn in ons netwerk en bloedtoetse

deur ’n verskaffer in ons netwerk, sonder enige

leemtes in dekking.

Prioriteit-planne bied kostedoeltreffende dekking

vir hospitalisasie, asook omvangryke gewone

mediese voordele

Toegang tot unieke voordele

Page 16: GM 6722DHM 9/9/2010 - pmgza.com€¦ · Hoekom Discovery Health? Onge wenaarde Þnansi le sekuriteit Discovery Health se mediese skema het Õn AA+-punt wat toegeken is vir sy vermo

Ons bied dekking vir opname in enige privaat hospitaal vir nood- of beplande opname wat ons vooraf goedgekeur het. Dekking vir noodgevalle, wanneer u dit die nodigste het

In ’n noodgeval kan u direk in die hospitaal opgeneem word, maar u of iemand anders moet ons binne 12 uur laat weet van die opname.

Vervoer met mediese toerusting in ’n mediese noodgeval kan gereël word by 0860 999 911. Die diens word beman deur hoogs gekwalifiseerde mediese noodpersoneel wat die gepaste noodvervoer per pad of lug sal reël.

Dekking vir beplande opname in die hospitaal

Skakel ons asseblief 48 uur voordat u in die hospitaal opgeneem moet word om die opname te bevestig.

Geen algehele limiet nie

Prioriteit-planne het nie ’n algehele hospitaallimiet nie. Limiete, kliniese riglyne en beleid is van toepassing op sekere gesondheidsorgdienste en -prosedures.

Dekking vir hospitalisasie

Ons bied dekking in ’n privaat hospitaal –

sonder ’n algehelelimiet

Bedrae wat u self moet betaal vir sekere prosedures as u in die hospitaal opgeneem is

As u in die hospitaal opgeneem word vir een van die volgende prosedures, moet u vooraf ’n bedrag aan die hospitaal betaal:

Konserwatiewe rug- en nekbehandeling, miringotomie (buisies in ore), verwydering van mangels en verwydering van adenoïede R1 600

Skopie van die blaas, kolonoskopie, sigmoïedoskopie, proktoskopie, gastroskopie R2 150

Artroskopie, prosedures om neusfunksie te herstel, histerektomie (maar nie as kanker voor die operasie gediagnoseer is nie), laparoskopie, histeroskopie en endometriale wegsnyding

R3 900

Nissen-chirurgie (reflukschirurgie), werwelchirurgie (rug en nek), vervanging van gewrigte R7 900

As die prosedure in die spreekkamer gedoen kan word, en u hoef nie in die hospitaal opgeneem te word nie, is dit nie nodig om die bedrag te betaal nie. Skakel ons asseblief voordat die prosedure gedoen word om u voordele te bevestig.

Dekking vir professionele verskaffers van gesondheidsorg terwyl u in die hospitaal opgeneem is

Indien u spesialis deelneem aan ons

ooreenkomste vir direkte betaling, betaal ons die

rekening ten volle en direk

Volle dekking vir spesialiste wat deelneem aan ons ooreenkomste vir direkte betaling

Ons bied volle dekking vir goedgekeurde prosedures deur professionele verskaffers van gesondheidsorg wat deelneem aan ons ooreenkomste vir direkte betaling, sodat u daarby kan baat as u daardie verskaffers raadpleeg. As u ’n Klassieke Prioriteit-plan het, kan u baat by toegang tot die groot verskeidenheid spesialiste wat ten volle betaal word en wat meer as 87% van spesialiste wat geraadpleeg word, verteenwoordig. Professionele verskaffers van gesondheidsorg wat deelneem aan ons ooreenkomste vir direkte betaling volgens u plan, is ook die aangewese diensverskaffers vir Voorgeskrewe Minimum Voordele.

Indien u ander spesialiste raadpleeg kan ’n bybetaling gehef word

As u in ’n hospitaal behandel word deur ’n spesialis wat nie deelneem aan een van ons ooreenkomste vir direkte betaling nie, bied ons dekking tot 200% van Discovery Health se tarief as u ’n Klassieke Prioriteit-plan het, of tot 100% van Discovery Health se tarief as u ’n Essensiële Prioriteit-plan het.

Ander professionele verskaffers van gesondheidsorg

Ons bied dekking vir algemene praktisyns en ander gesondheidsorgdienste tot 200% van Discovery Health se tarief in geval van die Klassieke Prioriteit-plan, of tot 100% van Discovery Health se tarief as u ’n Essensiële Prioriteit-plan het.

Met al die planne word radiologie en patologie gedek tot 100% van Discovery Health se tarief.

Dekking vir ondersoeke terwyl u in die hospitaal opgeneem is

MR- of RT-skanderings

Indien u in die hospitaal opgeneem word as deel van ’n goedgekeurde opname, betaal ons die MR- of RT-skandering teen 100% van Discovery Health se tarief uit die Hospitaalvoordeel.

As u opgeneem word vir konserwatiewe rug- of nekbehandeling, moet u die eerste R1 600 van die hospitaalrekening betaal, ons betaal die eerste R2 100 van die skanderingskode uit u gewone mediese voordele. Ons betaal die res uit die Hospitaalvoordeel tot 100% van Discovery Health se tarief.

Dekking vir tandheelkundige behandeling terwyl u in die hospitaal opgeneem is

U moet ‘n gedeelte van die hospitaal of dagkliniek se rekening vooraf betaal as u opgeneem word vir tandheelkundige behandeling. Hierdie bedrag word aangepas volgens u ouderdom en waar u behandel word.

Hospitaal Dagkliniek

Lede jonger as 13 jaar R1 200 R600

Lede wat 13 jaar oud of ouer is R3 000 R2 000

Ons betaal die res van die hospitaalrekening, tot 100% van Discovery Health se tarief uit die Hospitaalvoordeel. Ons betaal verwante rekeninge, soos die

tandheelkundige chirurg en narkotiseur se rekeninge, tot 100% van Discovery Health se tarief uit die Hospitaalvoordeel.

Geen algehele tandheelkundige limiet nie

Tandheelkundige behandeling is nie onderhewig aan ’n algehele limiet nie. Ons betaal egter die koste van alle tandheelkundige toestelle en ortodontiese behandeling (insluitend verwante rekeninge in geval van ortognatiese chirurgie) tot 100% van Discovery Health se tarief en tot ’n jaarlikse sublimiet van R10 000 per persoon. Die voordeel word pro rata bereken volgens die datum wanneer u by die mediese skema aansluit. Die algehele limiet vir die Voordeel Bo die Drempel is ook van toepassing.

Ernstige tandheelkunde en mondchirurgie

Die Voordeel vir ernstige tandheelkunde en mondchirurgie bied dekking vir ’n lys van prosedures wat duidelik omskryf is en wat nie onderhewig is aan ’n bybetaling of algehele limiet nie. Die voordeel is onderhewig aan goedkeuring en die skema se kliniese intree-kriteria.

Page 17: GM 6722DHM 9/9/2010 - pmgza.com€¦ · Hoekom Discovery Health? Onge wenaarde Þnansi le sekuriteit Discovery Health se mediese skema het Õn AA+-punt wat toegeken is vir sy vermo

Gesondheidsorgdienste wat nie ‘n limiete het terwyl u in die hospitaal opgeneem is nie

Net die volgende gesondheidsorgdiense is onderhewig aan ’n jaarlikse limiet:

Tandheelkundige toestelle en ortodontiese behandeling* (insluitend ortognatiese chirurgie)

R10 000 per persoon uit gewone mediese voordele

Koglea-inplantings, gehoorinplantings in die brein en verwerkers

R133 000 per persoon per voordeel

Interne senuweestimuleerders R101 000 per persoon

Heup-, knie- en skouerprostesesGeen algehele limiet indien die prostese verskaf word deur een van ons voorkeurverskaffers nie. By ander verskaffers word ’n limiet van R33 000 toegepas op elke prostese.

Prostetiese toestelle vir werwelchirurgie R21 000 vir die eerste vlak, R42 000 vir twee of meer vlakke, beperk tot een prosedure per persoon

Geestesgesondheid 21 dae per persoon

Alkohol- en dwelmrehabilitasie 21 dae per persoon

Terminale sorg R25 250 per persoon

Chroniese dialiseOns bied volle dekking vir die behandeling indien u behandelingsplan goedgekeur is en voorsien word deur ’n verskaffer in ons netwerk. Indien u deur ’n ander verskaffer behandel word, is u verantwoordelik vir ’n bybetaling.

* Die voordeel word pro rata bereken volgens die datum waarop u by die mediese skema aansluit.

Gesondheidsorgdienste wat ’n limiet het terwyl u in die hospitaal opgeneem is

DiscoveryCare sorg vir u wanneer u dit nodig hetDekking vir chroniese siektes

Die gesondheidsplan bied aanpasbare dekking vir chroniese siektes volgens ’n lys. Ons bied volle dekking vir goedgekeurde medisyne volgens Discovery Health se lys van medisyne, of tot en met ’n vasgestelde bedrag vir medisyne wat nie opgeneem is in die lys nie.

Ons betaal vir medisyne tot hoogstens Discovery Health se tarief vir medisyne. Ons moet die aansoek om chroniese dekking goedkeur voordat u dekking kan kry uit die Voordeel vir Chroniese Siektes.

Ons Voordeel vir Chroniese Siektes bieddekking vir ’n lys van chroniese siektes. Ons bied volle dekking vir chroniese medisyne

in ons lys. Indien die chroniese medisyne nie opgeneem is in die lys nie, het u dekking tot

en met ’n vasgestelde bedrag per maand

Dekking vir die behandeling van kanker

DiscoveryCare se Onkologieprogram bied volle dekking vir die eerste R200 000 van u goedgekeurde behandeling vir kanker gedurende ’n siklus van 12 maande. Dekking is onbeperk, maar as die koste van die kankerbehandeling duurder is as dié bedrag, moet u self 20% van alle koste vir verdere behandeling betaal.

Radiologie en patologie wat goedgekeur word vir die behandeling van u kanker word ook gedek. Behandeling van kanker binne die Voorgeskrewe Minimum Voordele word in alle gevalle ten volle gedek, sonder enige bybetaling. Skakel ons asseblief om te registreer vir die Onkologieprogram.

Ons bied dekking vir chemoterapie en medisyne wat verband hou met onkologie tot en met 100% van Discovery Health se tarief vir medisyne. Konsultasies, radioterapie, radiologie, patologie en skanderings word betaal tot en met Discovery Health se tarief. In sekere gevalle kan u verantwoordelik wees vir ’n bybetaling as die verskaffer van gesondheidsorg meer hef as Discovery Health se tarief.

Die meeste van u gesondheidsorgdienste in die hospitaal is nie onderhewig aan ’n algehele limiet nie. Dit sluit die volgende in:

• Algemene praktisyns • Spesialiste

• Bloedtoetse • X-strale • Verwante professionele verskaffers van gesondheidsorg, soos fisioterapeute • MIV-dekking as u geregistreer het vir die MIV-sorgprogram

Dekking vir gewone mediese uitgawes

Met die MedieseSpaarrekening is u

in beheer van ugewone mediese

uitgawes

Ons betaal vir u gewone mediese uitgawes soos besoeke aan ’n algemene praktisyn, x-strale en bloedtoetse uit u Mediese

Spaarrekening, as daar genoeg fondse beskikbaar is in die rekening. Dit kan nodig wees om self vir gewone mediese

uitgawes te betaal as die fondse in u Mediese Spaarrekening opgebruik is en u eise nog nie saam gelyk is aan die Jaarlikse

Drempel nie.

Sodra u eise saam gelyk is aan die Jaarlikse Drempel, betaal ons die res van u eise uit die Voordeel Bo die Drempel teen

Discovery Health se tarief. Met ’n Prioriteit-plan word die Voordeel Bo die Drempel beperk en sodra die limiet bereik word,

bied ons dekking vir konsultasies met ’n algemene praktisyn en vir patologie uit die Voordeel vir versekerde netwerke.

Uitgebreide gewone mediese dekking

Discovery Health betaal vir sekere gewone mediese uitgawes sodat die fondse in u Mediese Spaarrekening langer kan hou:

• Die Voordeel vir voorkomingstoetse bied dekking vir verskeie gesondheidsdienste, insluitend die volgende toetse by ’n verskaffer binne Discovery se Wellness-netwerk: meting van bloedsuiker, bloeddruk, cholesterol en liggaamsmassa-indeks. Die voordeel bied ook dekking vir ’n mammogram, Pap-smeer, PSA- en MIV-toetse. Lede van 65 en ouer is asook lede wat registreer vir sekere chroniese siektes het ook dekking vir seisoenale griepinspuitings uit die voordeel

• Ons bied dekking uit die Uitgebreide traumavoordeel vir nie-hospitaaleise na sekere traumatiese gebeure. Die dekking is van toepassing vir die res van die jaar waarin die trauma voorkom, asook die jaar na die trauma.

• Ons betaal vir skopies (gastroskopie, kolonoskopie, sigmoïedoskopie en proktoskopie) in die spreekkamer uit die Hospitaalvoordeel, nie u gewone mediese voordele nie. Dit word betaal teen tot 200% van Discovery Health se tarief in geval van ’n Klassieke Prioriteit-plan en tot 100% van Discovery Health se tarief as u ’n Essensiële Prioriteit-plan het. Skakel ons asseblief voordat ’n skopie in die spreekkamer gedoen word, om u voordele te bevestig.

Ons bied dekking vir gesondheidsondersoeke en voorkomende behandeling, sodat die beskikbare fondse

langer hou

Page 18: GM 6722DHM 9/9/2010 - pmgza.com€¦ · Hoekom Discovery Health? Onge wenaarde Þnansi le sekuriteit Discovery Health se mediese skema het Õn AA+-punt wat toegeken is vir sy vermo

Prioriteit-planne sluit ’n Voordeel Bo die Drempel in. Dit bied addisionele gewone mediese dekking nadat fondse in u Mediese Spaarrekening uitgeput is en u gewone mediese eise saam gelyk is aan ’n bedrag wat in rand vasgestel word. Met Prioriteit-planne is die Voordeel Bo die Drempel beperk.

Ons tel u eise bymekaar om die Jaarlikse Drempel te bereik, waarna die Voordeel Bo die Drempel intree. Ons tel eise soos volg bymekaar:

• As die spesialis die Premier-tarief hef, word die Premier-tarief by ander eise getel. In geval van spesialiste wat nie deelneem aan die ooreenkoms vir direkte betaling nie, word 100% van Discovery Health se tarief by ander eise getel.

• In geval van generiese medisyne word 100% van Discovery Health se tarief vir medisyne by ander eise getel. As u middels koop wat nie generies is nie, word tot 75% van Discovery Health se tarief vir medisyne by ander eise getel. Eise vir middels wat oor die toonbank gekoop kan word, word nie by ander eise getel om die Jaarlikse Drempel te bereik nie.

• In geval van alle ander gesondheidsdienste word 100% van Discovery Health se tarief by ander eise getel.

Eise word bymekaar getel tot hoogstens die beskikbare limiet vir die voordeel.

Algemene uitsluitings

Ons bied dekking vir sekere besoeke aan algemene

praktisyns en patologietoetse selfs as u die bedrag in u Mediese Spaarrekening

opgebruik het

Die Voordeel vir versekerde netwerke verseker dat daar nie leemtes is in u dekking vir behandelingdeur algemene praktisyns of vir patologie binne ons netwerk nieOns brei ook die gewone mediese dekking uit met die Voordeel vir versekerde netwerke. Indien die deposito in u

Mediese Spaarrekening vir die jaar uitgeput is:

• Bied ons dekking vir die volle koste van die konsultasiebedrag indien u behandel word deur ’n algemene praktisyn in ons netwerk. Ons betaal die eis direk aan die algemene praktisyn.

• Bied ons dekking vir bloedtoetse by verskaffers in ons netwerk indien die algemene praktisyn of spesialis wat u raadpleeg Discovery Health se patologievorm invul om die toetse aan te vra.

Die Voordeel Bo die Drempel bied addisionele dekking vir gewone mediese dekking

Met die beperkte Voordeel Bo die Drempel, het

u addisionele dekking, as u uitgawes saam gelyk is aan

’n bedrag wat in randvasgestel word

Daar is geen jaarlikse limiet vir sekere gewone mediese gesondheidsdienste nie

Ons betaal hierdie gesondheidsorgdienste uit u Mediese Spaarrekening. Die beperkte Voordeel Bo die Drempel is van toepassing.

• Algemene praktisyns

• Spesialiste

• Verwante professionele verskaffers van gesondheidsorg, soos fisioterapeute

• Bloedtoetse

• X-strale

• Ons betaal die eerste R2 100 van die MR- of RT-skanderingskode uit u gewone mediese voordele. Die res van die bedrag word betaal tot 100% van Discovery Health se tarief uit die Hospitaalvoordeel

Limiete vir sekere gewone gesondheidsorgdienste

Alle gewone mediese voordele word betaal tot en met die beperkte Voordeel Bo die Drempel of die limiet wat hieronder aangedui word, afhangend van die limiet wat eerste bereik word.

Klassiek Essensieel

Professionele dienste

Geestesgesondheid* (insluitend sielkundiges en psigiaters)

U het R14 000 vir u gesin U het R12 000 vir u gesin

Privaatverpleging U het R6 650 vir u gesin

Voorgeboorteklasse U het R900 vir u gesin

Tandheelkundige toestelle en ortodontiese behandeling* U het R10 000 per persoon

Medisyne

Voorskrifmedisyne* (skedule 3 en hoër)

Enkellid: R10 950Lid met een afhanklike: R13 250Lid met twee afhanklikes: R15 950Lid met drie of meer afhanklikes: R17 450

Enkellid: R7 800Lid met een afhanklike: R9 200Lid met twee afhanklikes: R10 950Lid met drie of meer afhanklikes: R13 250

Medisyne oor die toonbank, insluitendvoorskrifmiddels in skedule 0, 1 en 2, asook produkte om leefstyl te verbeter

Die eise word betaal uit beskikbare fondse in u Mediese Spaarrekening

Toestelle en toerusting

Eksterne mediese items U het R28 750 vir u gesin U het R19 500 vir u gesin

Gehoortoestelle U het R12 800 vir u gesin U het R9 100 vir u gesin

Optiese behandeling* (insluitend dekking vir brille, rame, kontaklense en chirurgie, of enige gesondheidsdiens om refraksiefoute van die oog te herstel, soos laseruitsnyding).

U het R2 600 per persoon

* Die voordeel word pro rata bereken volgens die datum waarop u by die mediese skema aansluit.

Discovery Health bied nie dekking vir sekere gesondheidsdienste nie. ’n Volledige lys van die uitsluitings is beskikbaar in hierdie brosjure of u kan inligting oor u voordele nagaan by www.discovery.co.za

GM_6721DHL_PRIORITY_07/09/10 HPBA 09/10 (11)

Hierdie brosjure is net ’n opsomming van die belangrikste voordele en kenmerke van u gesondheidsplan by Discovery Health se mediese skema en dit is onderhewig aan amptelike goedkeuring deur die Raad op Mediese Skemas. Volledige besonderhede is beskikbaar in die reëls van Discovery Health se mediese skema. ’n Afskrif van die reëls kan per e-pos aangevra word by [email protected]. Discovery Health se mediese skema word geadministreer deur Discovery Health (Pty) Ltd, registrasienommer 1997/013480/07, ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste.

Page 19: GM 6722DHM 9/9/2010 - pmgza.com€¦ · Hoekom Discovery Health? Onge wenaarde Þnansi le sekuriteit Discovery Health se mediese skema het Õn AA+-punt wat toegeken is vir sy vermo

Die Spaarderreeks

• Een van die Delta-netwerkopsies kan gekies word

vir aansienlik laer bydraes en dan kan u in hospitale

in die Delta-hospitaalnetwerk opgeneem word

• Landwye mediese noodreaksie-dienste met

Discovery 911

• Dekking vir hoogstens 90 dae vir mediese

noodgevalle terwyl u in die buiteland reis, tot

R5 miljoen per persoon

• Ontruimingsvoordele vir mediese noodgevalle

terwyl u in Afrika-lande suid van die Sahara reis of

werk, uit die Ontruimingsvoordeel in Afrika

• Die Voordeel vir versekerde netwerke bied

dekking vir konsultasies met ’n algemene praktisyn

in ons netwerk.

Toegang tot unieke voordele

Spaarder-planne bied omvangryke dekking vir hospitalisasie en ’n

spaarrekening vir gewone mediese voordele

Page 20: GM 6722DHM 9/9/2010 - pmgza.com€¦ · Hoekom Discovery Health? Onge wenaarde Þnansi le sekuriteit Discovery Health se mediese skema het Õn AA+-punt wat toegeken is vir sy vermo

Ons bied dekking vir opname in ’n privaat hospitaal vir nood- of beplande opname wat ons vooraf goedgekeur het.

Dekking vir noodgevalle, wanneer u dit die nodigste het

In ’n noodgeval kan u direk in die hospitaal opgeneem word, maar u of iemand anders moet ons binne 12 uur laat weet van die opname.

Vervoer met mediese toerusting in ’n mediese noodgeval kan gereël word by 0860 999 911. Die diens word beman deur hoogs gekwalifiseerde mediese

noodpersoneel wat die gepaste noodvervoer per pad of lug sal reël.

Dekking vir beplande opname in die hospitaal

Skakel ons asseblief 48 uur voordat u in die hospitaal opgeneem moet word om die opname te bevestig.

Met die Kus-plan en Delta-netwerkopsies moet u in ’n hospitaal binne die netwerk van hospitale opgeneem word

Delta-netwerkopsie

Met Klassieke en Essensiële Delta-Spaarder-netwerkopsies het u volle dekking by hospitale in die Delta-

hospitaalnetwerk. Vir beplande opname in enige ander privaat hospitaal moet u ’n bedrag van R4 150 betaal.

Kus-plan

Met die Kus-Spaarderplan moet u in ’n hospitaal in een van die vier kusprovinsies opgeneem word as die opname beplan is.

Indien u nie in een van die hospitale opgeneem word nie, betaal Discovery Health hoogstens 70% van die hospitaalrekening

en u moet dan die verskil betaal.

Geen algehele limiet nie terwyl u in die hospitaal opgeneem is nie

Spaarder-planne het nie ’n algehele hospitaallimiet nie. Limiete, kliniese riglyne en beleid is van toepassing op sekere gesondheidsorgdienste en -prosedures.

Dekking vir hospitalisasie

Dekking vir ondersoeke terwyl u in die hospitaal opgeneem is

Skopies (gastroskopie, kolonoskopie, sigmoïedoskopie en proktoskopie)

Ons betaal die eerste R2 375 van die hospitaalrekening uit u gewone mediese voordele. Die res van die hospitaalrekening en alle verwante rekeninge word betaal

uit u Hospitaalvoordeel. ’n Verwante rekening is die rekening vir die dokter wat u opneem, die narkotiseur en enige goedgekeurde uitgawe wat u aangaan terwyl u

in die hospitaal opgeneem is, buiten die hospitaalrekening self.

MR- of RT-skanderings

Indien u in die hospitaal opgeneem word as deel van ’n goedgekeurde opname, betaal ons die MR- of RT-skandering tot 100% van Discovery Health se tarief uit

die Hospitaalvoordeel.

As u opgeneem word vir konserwatiewe rug- of nekbehandeling, betaal ons die eerste R2 100 van die skanderingskode uit u gewone mediese voordele. Ons betaal

die res uit die Hospitaalvoordeel tot 100% van Discovery Health se tarief.

Ons bied dekking in ’n privaat hospitaal –

sonder ’n algehele limiet

Volle dekking vir spesialiste wat deelneem aan ons ooreenkomste vir direkte betaling

Ons bied volle dekking vir goedgekeurde prosedures deur professionele verskaffers van gesondheidsorg wat deelneem aan ons ooreenkomste vir direkte betaling,

sodat u daarby kan baat as u daardie verskaffers raadpleeg. As u ’n Klassieke Spaarder-plan het, kan u baat by toegang tot die groot verskeidenheid spesialiste wat

ten volle betaal word en wat meer as 87% van spesialiste wat geraadpleeg word, verteenwoordig. Professionele verskaffers van gesondheidsorg wat deelneem aan

ons ooreenkoms vir direkte betaling volgens u plan, is ook die aangewese diensverskaffers vir Voorgeskrewe Minimum Voordele.

Dekking vir professionele verskaffers van gesondheidsorg terwyl u in die hospitaal opgeneem is

Indien die spesialis die tarief waarop ons ooreengekom het hef, word die

rekening direk en ten volle betaal

Indien u ander spesialiste raadpleeg kan ’n bybetaling gehef word

As u in ’n hospitaal behandel word deur ’n spesialis wat nie deelneem aan een van ons ooreenkomste vir direkte

betaling nie, bied ons dekking tot 200% van Discovery Health se tarief as u ’n Klassieke Spaarder-plan het, of tot

100% van Discovery Health se tarief as u ’n Essensiële of Kus-Spaarderplan plan het.

Ander professionele verskaffers van gesondheidsorg

Ons bied dekking vir algemene praktisyns en ander gesondheidsorgdienste tot 200% van Discovery Health se

tarief in geval van die Klassieke Spaarder-plan, of tot 100% van Discovery Health se tarief as u ’n Essensiële of

Kus-Spaarderplan het.

Met al die planne word radiologie en patologie gedek tot 100% van Discovery Health se tarief.

Page 21: GM 6722DHM 9/9/2010 - pmgza.com€¦ · Hoekom Discovery Health? Onge wenaarde Þnansi le sekuriteit Discovery Health se mediese skema het Õn AA+-punt wat toegeken is vir sy vermo

Gesondheidsorgdienste wat nie limiete het terwyl u in die hospitaal opgeneem is nie

Gesondheidsorgdienste wat limiete het terwyl u in die hospital opgeneem is

DiscoveryCare sorg vir u wanneer u dit nodig het

Die meeste van u gesondheidsorgdienste in die hospitaal is nie onderhewig aan ’n algehele limiet nie. Dit sluit die volgende in:

• Algemene praktisyns • Spesialiste

• Bloedtoetse • X-strale

• Verwante professionele verskaffers van gesondheidsorg, soos fisioterapeute • MIV-dekking as u geregistreer het vir die MIV-sorgprogram

Dekking vir chroniese siektes

Die gesondheidsplan bied aanpasbare dekking vir chroniese siektes volgens ’n lys van die toestande. Ons bied volle dekking vir goedgekeurde medisyne volgens Discovery Health se lys van medisyne, of tot en met ’n vasgestelde bedrag vir medisyne wat nie opgeneem is in die lys nie.

Ons betaal vir medisyne tot hoogstens Discovery Health se tarief vir medisyne. Ons moet die aansoek om chroniese dekking goedkeur voordat u dekking kan kry uit die Voordeel vir Chroniese Siektes.

Delta-netwerkopsies

Dekking sonder ’n bybetaling vir goedgekeurde chroniese medisyne by ’n Delta-koerierapteek. Indien u nie medisyne kry by ’n Delta-koerierapteek nie, moet u 25% van die koste betaal.

Ons Voordeel vir Chroniese Siektes bied dekking vir ’n lys van chroniese

toestande. Ons bied volle dekking vir chroniese medisyne in ons lys. Indien u chroniese medisyne nie opgeneem is in ons lys nie, het u dekking tot en met ’n

vasgestelde bedrag per maand

Dekking vir die behandeling van kanker

DiscoveryCare se Onkologieprogram bied volle dekking vir die eerste R200 000 van u goedgekeurde behandeling vir kanker gedurende ’n siklus van 12 maande. Dekking is onbeperk, maar as die koste van die kankerbehandeling duurder is as dié bedrag, moet u self 20% van alle koste vir verdere behandeling betaal.Radiologie en patologie wat goedgekeur word vir die behandeling van u kanker word ook gedek. Behandeling van kanker binne die Voorgeskrewe Minimum Voordele word in alle gevalle ten volle gedek, sonder enige bybetaling. Skakel ons asseblief om te registreer vir die Onkologieprogram.

Ons bied dekking vir chemoterapie en medisyne wat verband hou met onkologie tot en met 100% van Discovery Health se tarief vir medisyne. Konsultasies, radioterapie, radiologie, patologie en skanderings word betaal tot en met 100% van Discovery Health se tarief. Onthou dat u verantwoordelik kan wees vir ’n bybetaling as die verskaffer van gesondheidsorg meer hef as Discovery Health se tarief wat van toepassing is.

Net die volgende gesondheidsorgdiense is onderhewig aan ’n jaarlikse limiet:

Koglea-inplantings, gehoorinplantings in die brein en verwerkers

R133 000 per persoon per voordeel

Interne senuweestimuleerders R101 000 per persoon

Heup-, knie- en skouerprostesesGeen algehele limiet indien die prostese verskaf word deur een van ons voorkeurverskaffers nie. By ander verskaffers word ’n limiet van R33 000 toegepas op elke prostese.

Prostetiese toestelle vir werwelchirurgie R21 000 vir die eerste vlak, R42 000 vir twee of meer vlakke, beperk tot een prosedure per persoon

Geestesgesondheid 21 dae per persoon

Alkohol- en dwelmrehabilitasie 21 dae per persoon

Terminale sorg R25 250 per persoon

Chroniese dialiseOns bied volle dekking vir die behandeling indien u behandelingsplan goedgekeur is en voorsien word deur ’n verskaffer in ons netwerk. Indien u deur ’n ander verskaffer behandel word, is u verantwoordelik vir ’n bybetaling.

Dekking vir tandheelkundige behandeling in die hospitaal

U moet ’n gedeelte van die hospitaal of dagkliniek se rekening vooraf betaal as u opgeneem word vir tandheelkundige behandeling. Die bedrag word aangepas volgens u ouderdom en waar u behandel word.

Hospitaal Dagkliniek

Lede jonger as 13 jaar R1 200 R600

Lede wat 13 jaar oud of ouer is R3 000 R2 000

Ons betaal die res van die hospitaalrekening uit die Hospitaalvoordeel, tot 100% van Discovery Health se tarief.

Ons betaal verwante rekeninge, soos die tandheelkundige chirurg en narkotiseur se rekeninge, tot 100% van Discovery Health se tarief uit die Hospitaalvoordeel.

Geen algehele tandheelkundige limiet nie

Tandheelkundige behandeling is nie onderhewig aan enige algehele limiet nie. Ons betaal die koste van alle tandheelkundige toestelle en ortodontiese behandeling (insluitend verwante rekeninge in geval van ortognatiese chirurgie) tot 100% van Discovery Health se tarief uit die Mediese Spaarrekening, as u genoeg fondse het in die rekening.

Ernstige tandheelkunde en mondchirurgie

Die Voordeel vir ernstige tandheelkunde en mondchirurgie bied dekking vir ’n lys van prosedures wat duidelik omskryf is en wat nie onderhewig is aan ’n algehele limiet of ‘n bedrag wat u self moet betaal nie. Die voordeel is onderhewig aan goedkeuring en die skema se kliniese intree-kriteria.

Page 22: GM 6722DHM 9/9/2010 - pmgza.com€¦ · Hoekom Discovery Health? Onge wenaarde Þnansi le sekuriteit Discovery Health se mediese skema het Õn AA+-punt wat toegeken is vir sy vermo

Algemene uitsluitings

Dekking vir gewone mediese uitgawes

Die Voordeel vir versekerde netwerke verseker dat u meer dekking het vir besoeke aan algemene praktisyns binne ons network

Ons brei ook die gewone mediese dekking uit met die Voordeel vir versekerde netwerke deur te betaal vir

konsultasies met algemene praktisyns nadat die deposito in u Mediese Spaarrekening vir die jaar uitgeput is.

Ons bied dekking vir die koste van die konsultasie indien u behandel word deur ’n algemene praktisyn in ons

netwerk. Die hoogste getal konsultasies wat ons dek per enkellid en gesin hang af van die soort gesondheidsplan

wat u het:

Plan Enkellid Gesin

Klassieke en Kus-planne 3 konsultasies 6 konsultasies

Essensiële plan 2 konsultasies 4 konsultasies

Met die Mediese Spaarrekening is u in beheer van u gewone

mediese uitgawes

Ons betaal vir u gewone mediese uitgawes soos besoeke aan ’n algemene praktisyn, x-strale en bloedtoetse uit u

Mediese Spaarrekening, as daar genoeg fondse beskikbaar is in die rekening. Dit kan nodig wees om self vir gewone

mediese uitgawes te betaal as die fondse in u Mediese Spaarrekening opgebruik is.

Uitgebreide gewone mediese dekking

Discovery Health betaal vir sekere gewone mediese uitgawes sodat die fondse in u Mediese Spaarrekening langer kan hou:

• Die Voordeel vir voorkomingstoetse bied dekking vir verskeie gesondheidsdienste, insluitend die volgende

toetse by ’n verskaffer binne Discovery se Wellness-netwerk: meting van bloedsuiker, bloeddruk, cholesterol en

liggaamsmassa-indeks. Die voordeel bied ook dekking vir ’n mammogram, Pap-smeer, PSA- en MIV-toetse. Lede wat

65 en ouer is asook lede wat registreer vir sekere chroniese siektes het ook dekking vir seisoenale griepinspuitings

uit die voordeel.

• Ons bied dekking uit die Uitgebreide traumavoordeel vir nie-hospitaaleise na sekere traumatiese gebeure. Die

dekking is van toepassing vir die res van die jaar waarin die trauma voorkom, asook die jaar na die trauma.

• Ons betaal vir skopies (gastroskopie, kolonoskopie, sigmoïedoskopie en proktoskopie) in die spreekkamer uit die

Hospitaalvoordeel, nie u Mediese Spaarrekening nie. Dit word betaal teen tot 200% van Discovery Health se tarief in

geval van ’n Klassieke Spaarder-plan en tot 100% van Discovery Health se tarief as u ’n Essensiële of Kus-Spaarderplan

het. Skakel ons asseblief voordat ’n skopie in die spreekkamer gedoen word, om u voordele te bevestig.

Ons bied dekking vir ‘n vasgestelde getal

besoeke aan ‘n algemene praktisyn selfs as u die bedrag in u Mediese

Spaarrekening opgebruik

Ons bied dekking vir gesondheidsondersoeke

en voorkomende behandeling, sodat die

beskikbare fondse langer hou

• Algemene praktisyns

• Spesialiste

• Verwante professionele verskaffers van gesondheidsorg, soos

fisioterapeute

• X-strale

• Bloedtoetse

• Tandheelkundige behandeling

• Geestesgesondheid (insluitend sielkundiges en psigiaters)

• Privaatverpleging

• Voorskrifmedisyne en middels oor die toonbank

• Eksterne mediese items

• Gehoortoestelle

• Optiese behandeling

• MR- en RT-skanderings – Ons betaal die eerste R2 100 van die

skanderingskode uit u gewone mediese voordele. Ons betaal die

res van die skandering uit die Hospitaalvoordeel tot Discovery Health

se tarief.

Dekking vir gewone mediese gesondheidsdienste is beperk tot die bedrag in u Mediese Spaarrekening

Ons betaal vir die volgende gesondheidsdienste uit u Mediese Spaarrekening:

Hierdie brosjure is net ’n opsomming van die belangrikste voordele en kenmerke van u gesondheidsplan by Discovery Health se mediese skema en dit is onderhewig aan amptelike goedkeuring deur die Raad op Mediese Skemas. Volledige besonderhede is beskikbaar in die reëls van Discovery Health se mediese skema. ’n Afskrif van die reëls kan per e-pos aangevra word by [email protected]. Discovery Health se mediese skema word geadministreer deur Discovery Health (Pty) Ltd, registrasienommer 1997/013480/07, ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste.

Discovery Health bied nie dekking vir sekere gesondheidsdienste nie. ’n Volledige lys van die uitsluitings is beskikbaar in hierdie brosjure of u kan inligting oor u

voordele nagaan by www.discovery.co.za

GM_6722DHL_SAVERS_12/09/10 HPBA 09/10 (11)

Page 23: GM 6722DHM 9/9/2010 - pmgza.com€¦ · Hoekom Discovery Health? Onge wenaarde Þnansi le sekuriteit Discovery Health se mediese skema het Õn AA+-punt wat toegeken is vir sy vermo

Die Kernreeks

• Een van die Delta-netwerkopsies kan gekies word

vir aansienlik laer bydraes as u in hospitale in die

Delta-hospitaalnetwerk opgeneem word

• Landwye mediese noodreaksie-dienste met

Discovery 911

• Dekking vir hoogstens 90 dae vir mediese

noodgevalle terwyl u in die buiteland reis,

tot R5 miljoen per persoon

• Ontruimingsvoordele vir mediese noodgevalle terwyl

u in Afrika-lande suid van die Sahara reis of werk, uit

die Ontruimingsvoordeel in Afrika

Kern-planne bied dekking vir

hospitalisasie

Toegang tot unieke voordele

Page 24: GM 6722DHM 9/9/2010 - pmgza.com€¦ · Hoekom Discovery Health? Onge wenaarde Þnansi le sekuriteit Discovery Health se mediese skema het Õn AA+-punt wat toegeken is vir sy vermo

Ons bied dekking vir opname in ’n privaat hospitaal vir nood- of beplande opname wat ons vooraf goedgekeur het.

Dekking vir noodgevalle, wanneer u dit die nodigste het

In ’n noodgeval kan u direk in die hospitaal opgeneem word, maar u of iemand anders moet ons binne 12 uur laat weet van die opname.

Vervoer met mediese toerusting in ’n mediese noodgeval kan gereël word by 0860 999 911. Die diens word beman deur hoogs gekwalifiseerde mediese

noodpersoneel wat die gepaste noodvervoer per pad of lug sal reël.

Dekking vir beplande opname in die hospital

Skakel ons asseblief 48 uur voordat u in die hospitaal opgeneem moet word om die opname te bevestig.

Met die Kus-plan en Delta-netwerkopsies moet u in ’n hospitaal binne die netwerk van hospitale opgeneem word

Delta-netwerkopsies

Met Klassieke en Essensiële Delta-Kern-netwerkopsies het u volle dekking by hospitale in die Delta-

hospitaalnetwerk. Vir beplande opname in enige ander privaathospitaal moet u ’n bedrag van R4 150 betaal..

Kus-plan

Met die Kus-Kernplan moet u in ’n hospitaal in een van die vier kusprovinsies opgeneem word as die opname beplan is. Indien u nie in een van die hospitale

opgeneem word nie, betaal Discovery Health hoogstens 70% van die hospitaalrekening en u moet dan die verskil betaal.

Geen algehele hospitaallimiet nie

Kern-planne het nie ’n algehele hospitaallimiet nie. Limiete, kliniese riglyne en beleid is van toepassing op sekere gesondheidsorgdienste en -prosedures.

Dekking vir hospitalisasie

Dekking vir ondersoeke terwyl u in die hospitaal opgeneem is

Skopies (gastroskopie, kolonoskopie, sigmoïedoskopie en proktoskopie)

Die eerste R2 375 van die hospitaalrekening moet u betaal. Die res van die hospitaalrekening en alle verwante rekeninge word betaal uit u Hospitaalvoordeel. ’n

Verwante rekening is die rekening vir die dokter wat u opneem, die narkotiseur en enige goedgekeurde uitgawe wat u aangaan terwyl u in die hospitaal opgeneem

is, buiten die hospitaalrekening self.

MR- of RT-skanderings

Indien die MR- of RT-skandering in die hospitaal gedoen word as deel van ’n goedgekeurde opname, betaal ons dit uit die Hospitaalvoordeel. As u opgeneem word

vir konserwatiewe rug- of nekbehandeling, of as die skandering nie verband hou met die opname nie, betaal ons nie vir die skandering nie.

Ons bied dekking in ’n privaat hospitaal– sonder ’n algehele

limiet

Volle dekking vir spesialiste wat deelneem aan ons ooreenkomste vir direkte betaling

Ons bied volle dekking vir goedgekeurde prosedures deur professionele verskaffers van gesondheidsorg wat deelneem aan ons ooreenkomste vir direkte betaling,

sodat u daarby kan baat as u daardie verskaffers raadpleeg. As u ’n Klassieke Kern-plan het, kan u baat by toegang tot die groot verskeidenheid spesialiste wat ten

volle betaal word en wat meer as 87% van spesialiste wat geraadpleeg word, verteenwoordig. Professionele verskaffers van gesondheidsorg wat deelneem aan ons

ooreenkomste vir direkte betaling volgens u plan, is ook die aangewese diensverskaffers vir Voorgeskrewe Minimum Voordele.

Dekking vir professionele verskaffers van gesondheidsorg terwyl u in die hospitaal opgeneem is

Indien die spesialis die tarief waarop ons ooreengekom het hef, word die

rekening direk en ten volle betaal

Indien u ander spesialiste raadpleeg kan ’n bybetaling gehef word

As u in ’n hospitaal behandel word deur ’n spesialis wat nie deelneem aan een van ons ooreenkomste vir direkte

betaling nie, bied ons dekking tot 200% van Discovery Health se tarief as u ’n Klassieke Kern-plan het, of tot 100%

van Discovery Health se tarief as u ’n Essensiële of Kus-Kernplan plan het.

Ander professionele verskaffers van gesondheidsorg

Ons bied dekking vir algemene praktisyns en ander gesondheidsorgdienste tot 200% van Discovery Health se tarief in

geval van die Klassieke Kern-plan, of tot 100% van Discovery Health se tarief as u ’n Essensiële of Kus-Kernplan het.

Met al die planne word radiologie en patologie gedek tot 100% van Discovery Health se tarief.

Page 25: GM 6722DHM 9/9/2010 - pmgza.com€¦ · Hoekom Discovery Health? Onge wenaarde Þnansi le sekuriteit Discovery Health se mediese skema het Õn AA+-punt wat toegeken is vir sy vermo

Dekking vir tandheelkundige behandeling terwyl u in die hospitaal opgeneem is

Gesondheidsorgdienste wat ’n limiet het as u in die hospitaal opgeneem is

Net die volgende gesondheidsorgdiense is onderhewig aan ’n jaarlikse limiet:

Koglea-inplantings, gehoorinplantings indie brein en verwerkers

R133 000 per persoon per voordeel

Interne senuweestimuleerders R101 000 per persoon

Heup-, knie- en skouerprostesesGeen algehele limiet indien die prostese verskaf word deur een van ons voorkeurverskaffers nie. By ander verskaffers word ’n limiet van R33 000 toegepas op elke prostese.

Prostetiese toestelle vir werwelchirurgie R21 000 vir die eerste vlak, R42 000 vir twee of meer vlakke, beperk tot een prosedure per persoon

Geestesgesondheid 21 dae per persoon

Alkohol- en dwelmrehabilitasie 21 dae per persoon

Terminale sorg R25 250 per persoon

Chroniese dialiseOns bied volle dekking vir die behandeling indien u behandelingsplan goedgekeur is en voorsien word deur ’n verskaffer in ons netwerk. Indien u deur ’n ander verskaffer behandel word, is u verantwoordelik vir ’n bybetaling

Gesondheidsorgdienste wat nie limiete het as u in die hospitaal opgeneem is nieDie meeste van u gesondheidsorgdienste in die hospitaal is nie onderhewig aan ’n algehele limiet nie. Dit sluit die volgende in:

• Algemene praktisyns • Spesialiste

• Bloedtoetse • X-strale

• Verwante professionele verskaffers van gesondheidsorg, soos fisioterapeute • MIV-dekking as u geregistreer het vir die MIV-sorgprogram

U moet ‘n gedeelte van die hospitaal of dagkliniek se rekening vooraf betaal as u opgeneem word vir tandheelkundige behandeling. Die bedrag word aangepas

volgens u ouderdom en waar u behandel word.

Hospitaal Dagkliniek

Lede jonger as 13 jaar R1 200 R600

Lede wat 13 jaar oud of ouer is R3 000 R2 000

Ons betaal die res van die hospitaalrekening, tot 100% van Discovery Health se tarief uit die Hospitaalvoordeel.

Ons betaal verwante rekeninge, soos die tandheelkundige chirurg en narkotiseur se rekeninge, tot 100% van Discovery Health se tarief uit die Hospitaalvoordeel.

Tandheelkundige toestelle en ortodontiese behandeling

U is verantwoordelik vir die koste van alle tandheelkundige toestelle en ortodontiese behandeling (insluitend verwante rekeninge in geval van

ortodontiese chirurgie).

Ernstige tandheelkunde en mondchirurgie

Die Voordeel vir ernstige tandheelkunde en mondchirurgie bied dekking vir ’n lys van prosedures wat duidelik omskryf is en wat nie onderhewig is aan ’n

bybetaling of algehele limiet nie. Die voordeel is onderhewig aan goedkeuring en die skema se kliniese intree-kriteria.

Page 26: GM 6722DHM 9/9/2010 - pmgza.com€¦ · Hoekom Discovery Health? Onge wenaarde Þnansi le sekuriteit Discovery Health se mediese skema het Õn AA+-punt wat toegeken is vir sy vermo

Hierdie brosjure is net ’n opsomming van die belangrikste voordele en kenmerke van u gesondheidsplan by Discovery Health se mediese skema en dit is onderhewig aan amptelike goedkeuring deur die Raad op Mediese Skemas. Volledige besonderhede is beskikbaar in die reëls van Discovery Health se mediese skema. ’n Afskrif van die reëls kan per e-pos aangevra word by [email protected]. Discovery Health se mediese skema word geadministreer deur Discovery Health (Pty) Ltd, registrasienommer 1997/013480/07, ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste.

Discovery Health bied nie dekking vir sekere gesondheidsdienste nie. ’n Volledige lys van die uitsluitings is beskikbaar in hierdie brosjure of u kan inligting oor u voordele nagaan by www.discovery.co.za

Algemene uitsluitings

Met ’n Kern-plan het u toegang tot die volgende gewone mediese dekking:

• Die Voordeel vir voorkomingstoetse bied dekking vir verskeie gesondheidsdienste, insluitend die

volgende toetse by ’n verskaffer binne Discovery se Wellness-netwerk: meting van bloedsuiker,

bloeddruk, cholesterol en liggaamsmassa-indeks. Die voordeel bied ook dekking vir ’n mammogram,

Pap-smeer, PSA- en MIV-toetse. Lede wat 65 en ouer is asook lede wat registreer vir sekere chroniese

siektes het ook dekking vir seisoenale griepinspuitings uit die voordeel.

• Ons betaal vir skopies (gastroskopie, kolonoskopie, sigmoïedoskopie en proktoskopie) in die

spreekkamer. Dit word betaal teen tot 200% van Discovery Health se tarief in geval van ‘n Klassieke

Spaarder–plan en tot 100% van Discovery Health se tarief as u ‘n Essensiële of Kus-Spaarderplan het.

Skakel ons asseblief voordat ’n skopie in die spreekkamer gedoen word, om u voordele te bevestig.

Ons bied dekking vir gesondheidsondersoeke

en voorkomende behandeling

GM_6721DHL_CORE_12/09/10

Dekking vir die behandeling van kanker

DiscoveryCare se Onkologieprogram bied volle dekking vir die eerste R200 000 van u goedgekeurde behandeling vir

kanker gedurende ’n siklus van 12 maande. Dekking is onbeperk, maar as die koste van die kankerbehandeling duurder

is as hierdie bedrag, moet u self 20% van alle koste vir verdere behandeling betaal.

Radiologie en patologie wat goedgekeur word vir die behandeling van u kanker word ook gedek. Behandeling van kanker

binne die Voorgeskrewe Minimum Voordele word in alle gevalle ten volle gedek, sonder enige bybetaling. Skakel ons

asseblief om te registreer vir die Onkologieprogram.

Ons bied dekking vir chemoterapie en medisyne wat verband hou met onkologie tot en met 100% Discovery Health se tarief

vir medisyne. Konsultasies, radioterapie, radiologie, patologie en skanderings word betaal tot 100% en met Discovery Health

se tarief. U kan verantwoordelik wees vir ‘n bybetaling as die verskaffer van gesondheidsorg meer hef as Discovery Health se

tarief wat van toepassing is.

DiscoveryCare sorg vir u wanneer u dit nodig het

Dekking vir chroniese siektes

Die gesondheidsplan bied aanpasbare dekking vir chroniese siektes volgens ’n lys van die toestande. Ons bied volle

dekking vir goedgekeurde medisyne volgens Discovery Health se lys van medisyne, of tot en met ’n vasgestelde

bedrag vir medisyne wat nie opgeneem is in die lys nie.

Ons betaal vir medisyne tot hoogstens Discovery Health se tarief vir medisyne. Ons moet die aansoek om chroniese

dekking goedkeur voordat u dekking kan kry uit die Voordeel vir Chroniese Siektes.

Die Voordeel vir Chroniese Siektes bied dekking vir ’n lys van toestande. Chroniese medisyne in die lys word ten volle gedek. Indien u chroniese medisyne nie opgeneem is in die lys nie, het u

dekking tot ’n vasgestelde bedrag per maand

Ons Onkologieprogram bied dekking vir die

behandeling van kanker

Delta-netwerkopsies

U het dekking sonder ’n bybetaling vir goedgekeurde chroniese medisyne by ’n Delta-koerierapteek. Indien u nie

medisyne kry by ’n Delta-koerierapteek nie, moet u 25% van die koste betaal.

Dekking vir gewone mediese uitgawes

HPBE 09/10 (11)

Page 27: GM 6722DHM 9/9/2010 - pmgza.com€¦ · Hoekom Discovery Health? Onge wenaarde Þnansi le sekuriteit Discovery Health se mediese skema het Õn AA+-punt wat toegeken is vir sy vermo

Die KeyCare-reeks

• Landwye mediese noodreaksie-dienste met

Discovery 911

• Dekking vir konsultasie met ’n spesialis

• Dekking vir spesifieke swangerskapdienste soos

konsultasie met ’n ginekoloog terwyl u swanger is

• Dekking vir spesifieke voorkomende toetse en

griepinspuitings

KeyCare-planne bied bekostigbare dekking binne

KeyCare se netwerk van hospitale en dokters

Toegang tot unieke voordele

Page 28: GM 6722DHM 9/9/2010 - pmgza.com€¦ · Hoekom Discovery Health? Onge wenaarde Þnansi le sekuriteit Discovery Health se mediese skema het Õn AA+-punt wat toegeken is vir sy vermo

Ons bied dekking in ’n privaat hospitaal vir nood- of beplande opname wat ons vooraf goedgekeur het.

Dekking vir noodgevalle, wanneer u dit die nodigste het

In ’n noodgeval kan u direk in die hospitaal opgeneem word, maar u of iemand anders moet ons binne 12 uur laat weet van die opname.

Vervoer met mediese toerusting in ’n mediese noodgeval kan gereël word by 0860 999 911. Die diens word beman deur hoogs gekwalifiseerde

mediese noodpersoneel wat die gepaste noodvervoer per pad of lug sal reël.

Dekking vir beplande opname in die hospital

In geval van beplande opname in die hospitaal, kan u opgeneem word in ‘n privaat hospitaal binne die KeyCare-netwerk van

hospitale. Skakel ons asseblief 48 uur voordat u in die hospitaal opgeneem moet word om die opname te bevestig. As u ons nie

skakel nie, bied ons nie dekking vir die behandeling nie.

Die prosedures hieronder word net gedek binne ons netwerk van dagfasiliteite:

Kolonoskopie Verwydering van adenoïede Skopie van die blaas

Gastroskopie Miringotomie Biopsie van prostaat

Skopie van die slukderm Miringotomie met buisies (“grommets”) Vasektomie

Proktoskopie Verwydering van mangels

Sigmoïedoskopie

Geen algehele limiet nie

KeyCare-planne het nie ’n algehele hospitaallimiet nie. Limiete, kliniese riglyne en beleid is van toepassing op sekere gesondheidsorgdienste en -prosedures.

Dekking vir hospitalisasie

Dekking vir ondersoeke terwyl u in die hospitaal opgeneem is

Skopies (gastroskopie, kolonoskopie, sigmoïedoskopie en proktoskopie)

Ons bied dekking vir die skopie in ons netwerk van dagfasiliteite tot 100% van Discovery Health se tarief. Skakel ons vooraf om u dekking te bevestig.

MR- of RT-skanderings

Indien u in die hospitaal opgeneem word as deel van ‘n goedgekeurde opname, betaal ons die MR- of RT-skandering uit die Hospitaalvoordeel. As dit nie

verband hou met goedgekeurde opname in die hospitaal nie, betaal ons dit uit u Spesialisvoordeel, tot R2 100 per persoon. Ons betaal nie vir MR- of RT-

skanderings wat verband hou met konserwatiewe rug- of nekbehandeling nie.

Ons bied dekking vir opname in ’n

privaat hospitaal vir nood- of beplande opname wat ons

vooraf goedgekeur het

Volle dekking vir spesialiste wat deelneem aan ons ooreenkomste vir direkte betaling

Ons bied volle dekking vir goedgekeurde rekeninge van professionele verskaffers van gesondheidsorg wat deelneem aan KeyCare se ooreenkomste vir direkte

betaling, sodat u daarby kan baat as u daardie verskaffers raadpleeg. Professionele verskaffers van gesondheidsorg wat deelneem aan ons ooreenkoms vir

direkte betaling volgens u plan, is ook die aangewese diensverskaffers vir Voorgeskrewe Minimum Voordele.

Dekking vir professionele verskaffers van gesondheidsorg terwyl u in die hospitaal opgeneem is

Indien die spesialis instem om ons

ooreengekome tarief te hef, betaal ons die rekening direk en ten

volle

Indien u ander spesialiste raadpleeg kan ’n bybetaling gehef word

As u in ’n hospitaal behandel word deur ’n spesialis wat nie deelneem aan een van ons ooreenkomste vir direkte

betaling nie, bied ons dekking tot 100% Discovery Health se tarief. As die spesialis meer hef as Discovery Health se

tarief, moet u die verskil betaal.

Ander professionele verskaffers van gesondheidsorg

Ons bied dekking vir algemene praktisyns en ander gesondheidsorgdienste tot 100% van Discovery Health se tarief.

Onbeperkte gesondheidsorgdienste terwyl u in die hospitaal opgeneem is

Die meeste gesondheidsorgdienste wat in die hospitaal voorsien word, is nie onderhewig aan ’n algehele limiet nie. Dit behels die volgende:

• Algemene praktisyns • Spesialiste

• Bloedtoetse • X-strale

• Verwante professionele verskaffers van gesondheidsorg, • Dekking vir MIV as u geregistreer het vir die MIVsorg-program

soos fisioterapeute

Gesondheidsorgdienste wat ‘n limiet het as u in die hospitaal opgeneem is

Geestesgesondheid 21 dae per persoon

Alkohol- en dwelmrehabilitasie 21 dae per persoon

Terminale sorg R18 250 per persoon

Chroniese dialiseOns bied volle dekking vir hierdie behandeling indien u behandelingsplan goedgekeur is en die toestand voldoen aan die skema se kliniese intree-kriteria. Dekking word net voorsien indien behandeling verskaf word deur ’n verskaffer in ons netwerk.

Page 29: GM 6722DHM 9/9/2010 - pmgza.com€¦ · Hoekom Discovery Health? Onge wenaarde Þnansi le sekuriteit Discovery Health se mediese skema het Õn AA+-punt wat toegeken is vir sy vermo

Dekking vir gewone mediese uitgawes (net beskikbaar met KeyCare-Plusplanne)

Dekking vir chroniese siektes

Die gesondheidsplan bied dekking vir chroniese siektes as u medisyne opgeneem is in KeyCare se lys van medisyne en u die

goedgekeurde medisyne by ons koerierapteek of die algeneem praktisyn wat u gekies het, kry. As u medisyne op ‘n ander

wyse kry, moet u 40% van Discovery Health se tarief vir die medisyne betaal.

As u ’n KeyCare-Plusplan het, moet die algemene praktisyn wat u gekies het, die medisyne voorskryf. Ons moet u chroniese

toestand goedkeur voordat u dekking kan kry uit die Voordeel vir Chroniese Siektes.

Dekking vir die behandeling van kanker

Ons bied dekking vir die behandeling van kanker as die behandeling deel vorm van die Voorgeskrewe Minimum Voordele en voorsien word deur ’n kankerspesialis in

ons netwerk. Skakel ons asseblief om te registreer vir die Onkologieprogram.

DiscoveryCare sorg vir u wanneer u dit nodig het

Ons Voordeel vir Chroniese Siektes bied dekking vir ’n lys van

chroniese siektes. Ons bied volle dekking vir chroniese

medisyne in ons lys

Besoeke aan algemene praktisyns

Wanneer u ’n KeyCare-Plusplan kies, moet u ’n algemene praktisyn binne KeyCare se netwerk van algemene

praktisyns kies. As u hierdie algemene praktisyn raadpleeg, bied ons dekking vir die konsultasies en sekere minder

ernstige prosedures.

Ons bied dekking vir een besoek aan ’n algemene praktisyn buite die netwerk per persoon. Dit sluit ’n besoek aan die

algemene praktisyn, sekere bloedtoetse en x-strale, asook akute medisyne (wat opgeneem moet wees in KeyCare se lys

van akute medisyne) in.

X-strale

Ons betaal vir sekere basiese x-strale wat u binne die KeyCare-netwerk laat doen as dit versoek word deur die algemene praktisyn wat u gekies het.

Bloedtoetse

Ons betaal vir sekere bloedtoetse wat u binne die KeyCare-netwerk laat doen as dit versoek word deur die algemene praktisyn wat u gekies het.

Akute medisyne

Ons betaal vir medisyne in KeyCare se lys van akute medisyne as dit voorgeskryf word deur die algemene praktisyn wat u gekies het.

Dekking vir tandheelkundige behandeling

Ons bied dekking vir sekere basiese tandheelkundige behandeling (konsultasies, tande stop en tande trek) deur ’n tandarts binne KeyCare se netwerk

van tandartse.

Dekking vir oogbehandeling

Ons bied dekking vir een oogtoets en een paar helder, mono-, bi- of multifokale lense met ’n basiese raam of basiese stel kontaklense per persoon, 24 maande na

die vorige eis daarvoor, net by ’n oogkundige binne die KeyCare-netwerk van oogkundiges.

Besoeke aan ongevalle-eenhede

Indien u in een van die voorkeur ongevalle-eenhede behandel word binne KeyCare se netwerk van hospitale, betaal u die eerste R110 van die konsultasie.

Indien u behandel word by enige ander ongevalle-eenheid binne KeyCare se netwerk van hospitale, betaal u die eerste R250 van die konsultasie.

Onthou asseblief om ons te skakel om die voordele te bevestig.

Uitgebreide traumavoordeel

Ons bied dekking uit die Uitgebreide traumavoordeel vir spesifieke nie-hospitaaleise na sekere traumatiese gebeure. Die dekking is van toepassing vir die res van die

jaar waarin die trauma voorkom, asook die jaar na die trauma.

Voordeel vir beweeglikheidstoestelle

Ons bied dekking vir rolstoele, rolstoelbatterye en -kussings, vervoerplate, opry-brûe, kommodes, lang beenysters, krukke en looprame wat opgeneem is in KeyCare

se lys, by ’n verskaffer in die netwerk. Daar is ’n algehele limiet van R3 500 per gesin.

Verwante en alternatiewe professionele verskaffers van gesondheidsorg

Ons bied nie dekking vir verwante en alternatiewe professionele verskaffers van gesondheidsorg, soos fisioterapeute, sielkundiges, spraakterapeute, oudioloë en

chiropraktisyns nie.

Ons het netwerke van algemene praktisyns, tandartse en oogkundiges

in Suid-Afrika om seker te maak dat lede met KeyCare-Plusplanne toegang het tot gewone mediese gesondheidsdienste van gehalte

Page 30: GM 6722DHM 9/9/2010 - pmgza.com€¦ · Hoekom Discovery Health? Onge wenaarde Þnansi le sekuriteit Discovery Health se mediese skema het Õn AA+-punt wat toegeken is vir sy vermo

Discovery Health se mediese skema bied nie dekking vir sekere gesondheidsdienste nie. ‘n Volledige lys van uitsluitings is beskikbaar in hierdie brosjure

en meer inligting oor u voordele is ook beskikbaar by www.discovery.co.za . Bo en behalwe die algemene uitsluitings wat van toepassing is op alle

gesondheidsplanne van Discovery Health se mediese skema, is daar sekere uitsluitings wat van toepassing is op KeyCare-planne, buiten tot die mate

waarvoor voorsiening gemaak word in die Voorgeskrewe Minimum Voordele:

1. Hospitalisasie wat verband hou met:

– tandheelkundige behandeling

– vetsug

– veltoestande

– ondersoeke en diagnose

– funksionele neuschirurgie

– keisersnee wat self verkies word, buiten as dit medies noodsaaklik is

– chirurgie vir refluks van die slukderm en hiatus-breuk

– behandeling of chirurgie van nek of rug

– gewrigsvervanging, insluitend heupe, knieë, skouers en elmboë, hoewel dit nie beperk is daartoe nie

– koglea-inplantings, gehoorinplantings in die brein en interne senuweestimuleerders. Dit sluit prosedures, toestelle en verwerkers in

– gesondheidsorg wat in die spreekkamer gedoen moes word en nie hospitalisasie verg nie.

2. Bragiterapie vir prostaatkanker

3. Refraktiewe oogchirurgie

4. Borstoestande wat nie verbrand hou met kanker nie.

5. Gesondheidsdienste buite Suid-Afrika.

Ons bied ook nie dekking vir die koste van behandeling vir komplikasies, of die direkte of indirekte uitgawes wat volg op behandeling van die toestande wat

uitgesluit word nie.

Indien ons wagtydperke toepas omdat u nie voorheen lid was van ’n mediese skema nie, of omdat u lidmaatskap onderbreek is vir meer as 90 dae voordat u

by Discovery Health aangesluit het, het u nie toegang tot die Voorgeskrewe Minimum Voordele terwyl die wagtydperk van toepassing is nie. Dit sluit opname

vir noodbehandeling in.

Uitsluitings met KeyCare-planne

GM_6722DHM_KEYCARE_07/09/10

Dekking vir addisionele voordele

Ons bied dekking vir gesondheidsondersoeke

en voorkomende behandeling

Alle lede met KeyCare-planne het dekking vir die volgende nie-hospitaalvoordele:

Spesialisvoordeel

Indien u verwys word na ‘n spesialis deur u algemene praktisyn, moet hy of sy ons skakel om ‘n geldige verwysingsnommer te kry. U het dekking tot R2 100

per persoon.

Swangerskapvoordeel

Die Swangerskapvoordeel bied dekking vir die volgende gesondheidsdienste teen 100% Discovery Health se tarief terwyl u swanger is:

• vier besoeke aan ’n ginekoloog verbonde aan ’n hospitaal binne die KeyCare-netwerk

• een roetineskandering (tussen 10 en 20 weke)

• sekere swangerskapbloedtoetse wat aangevra word deur die ginekoloog of u algeneme praktisyn.

Die plan bied toegang tot kundige sorg vir behandeling

tydens swangerskap en besoeke aan ’n spesialis as u algemene praktisyn voel u moet ’n spesialis raadpleeg

Voordeel vir voorkomende toetse

As u sekere voorkomende toetse laat doen, bied ons dekking vir die eise. Die voorkomende toetse sluit die volgende in:

meting van bloedsuiker, bloeddruk, cholesterol en liggaamsmassa-indeks by ’n verskaffer binne Discovery se

Wellness-netwerk. Die voordeel bied ook dekking vir ’n mammogram, Pap-smeer, PSA- en MIV-toetse. Lede wat 65

en ouer is asook lede wat registreer vir sekere chroniese siektes het ook dekking vir ‘n seisoenale griepinspuiting uit

die voordeel.

HPBA 09/10 (11)

Hierdie brosjure is net ’n opsomming van die belangrikste voordele en kenmerke van u gesondheidsplan by Discovery Health se mediese skema en dit is onderhewig aan amptelike goedkeuring deur die Raad op Mediese Skemas. Volledige besonderhede is beskikbaar in die reëls van Discovery Health se mediese skema. ’n Afskrif van die reëls kan per e-pos aangevra word by [email protected]. Discovery Health se mediese skema word geadministreer deur Discovery Health (Pty) Ltd, registrasienommer 1997/013480/07, ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste.

Page 31: GM 6722DHM 9/9/2010 - pmgza.com€¦ · Hoekom Discovery Health? Onge wenaarde Þnansi le sekuriteit Discovery Health se mediese skema het Õn AA+-punt wat toegeken is vir sy vermo

Reeks Plan BydraesBydraes vir Mediese

SpaarrekeningTotale bydraes

Hooflid Volwassene Kind* Hooflid Volwassene Kind* Hooflid Volwassene Kind*

Eksklusief Eksklusief 2 317 2 317 440 772 772 146 3 089 3 089 586

Omvattend

Klassiek Omvattend 1 900 1 797 380 633 599 126 2 533 2 396 506

Klassiek-Delta Omvattend (netwerk-opsie)

1 711 1 618 341 570 539 113 2 281 2 157 454

Essensieel Omvattend 1 810 1 711 362 319 301 63 2 129 2 012 425

Essensieel-Delta Omvattend (netwerk-opsie)

1 629 1 540 326 287 271 57 1 916 1 811 383

Prioriteit

Klassiek Prioriteit 1 274 1 003 510 424 334 170 1 698 1 337 680

Essensieel Prioriteit 1 241 975 495 219 172 87 1 460 1 147 582

Spaarder

Klassiek Spaarder 1 137 895 455 379 298 151 1 516 1 193 606

Klassiek Delta-Spaarder (netwerk-opsie)

909 715 364 303 238 121 1 212 953 485

Essensieel Spaarder 1 024 767 409 180 135 72 1 204 902 481

Essensieel Delta-Spaarder (netwerk-opsie)

819 614 327 144 108 57 963 722 384

Kus-Spaarder 879 658 354 293 219 118 1 172 877 472

Kern

Klassiek Kern 1 128 888 451 Geen Mediese Spaarrekening nie 1 128 888 451

Klassiek Delta-Kern (netwerk-opsie)

903 710 361 Geen Mediese Spaarrekening nie 903 710 361

Essensieel Kern 969 726 388 Geen Mediese Spaarrekening nie 969 726 388

Essensieel Delta-Kern (netwerk-opsie)

775 581 311 Geen Mediese Spaarrekening nie 775 581 311

Kus-Kern 819 614 327 Geen Mediese Spaarrekening nie 819 614 327

KeyCare

KeyCare-Plus (8 301+) 1 112 1 112 297 Geen Mediese Spaarrekening nie 1 112 1 112 297

KeyCare-Plus (6 251 - 8 300) 747 747 208 Geen Mediese Spaarrekening nie 747 747 208

KeyCare-Plus (3 901 - 6 250) 533 533 155 Geen Mediese Spaarrekening nie 533 533 155

KeyCare-Plus (0 - 3 900) 445 445 119 Geen Mediese Spaarrekening nie 445 445 119

KeyCare-Kern (8 301+) 821 821 185 Geen Mediese Spaarrekening nie 821 821 185

KeyCare-Kern (6 251 - 8 300) 531 531 133 Geen Mediese Spaarrekening nie 531 531 133

KeyCare-Kern (0 - 6 250) 427 427 107 Geen Mediese Spaarrekening nie 427 427 107

*Ons neem hoogstens drie kinders in ag vir die berekening van die maandelikse bydrae.

Discovery HealthBydraes vir 2011

Page 32: GM 6722DHM 9/9/2010 - pmgza.com€¦ · Hoekom Discovery Health? Onge wenaarde Þnansi le sekuriteit Discovery Health se mediese skema het Õn AA+-punt wat toegeken is vir sy vermo

GM_6721DHL_12/09/10

Soort plan Plan Hooflid Volwassene Kind*

Eksklusief Eksklusief (25%) 9 264 9 264 1 752

Omvattend

Klassiek Omvattend (25%) 7 596 7 188 1 512

Klassiek-Delta Omvattend (netwerk-opsie) (25%) 6 840 6 468 1 356

Essensieel Omvattend (15%) 3 828 3 612 756

Essensieel-Delta Omvattend (netwerk-opsie) (15%) 3 444 3 252 684

Prioriteit

Klassiek Prioriteit (25%) 5 088 4 008 2 040

Essensieel Prioriteit (15%) 2 628 2 064 1 044

Spaarder

Klassiek Spaarder (25%) 4 548 3 576 1 812

Klassiek Delta-Spaarder (netwerk-opsie) (25%) 3 636 2 856 1 452

Essensieel Spaarder (15%) 2 160 1 620 864

Essensieel Delta-Spaarder (netwerk-opsie) (15%) 1 728 1 296 684

Kus-Spaarder (25%) 3 516 2 628 1 416

* Ons bereken bedrae vir Mediese Spaarrekening as persentasie van totale bydraes.

** Ons neem hoogtens drie kinders in ag vir die berekening van die maandelikse bydrae.

Discovery HealthBydraes vir 2011

Enkellid Lid met een afhanklikeLid met twee of meer afhanklikes

Vitality-bydraes 125 145 153

KeyFIT-bydraes 27 33 42

Bydraes vir Vitality en KeyFIT 133 158 177

KeyClub Starter-voordeel: Begrafnisdekking van R5 000 teen R1 per maand.

HPBE 09/10 (11)

Maandelikse bydraes vir Vitality en KeyFIT

Jaarlikse Drempels

* Ons neem hoogstens drie kinders in ag vir die berekening van die Jaarlikse Drempel en limiet vir die Voordeel Bo die Drempel. Ons bereken die voordeel pro rata volgens die datum waarop u by die mediese skema aansluit.

Jaarlikse Drempel Beperkte Voordeel Bo die Drempel

Hooflid 7 450 6 350

Elke volwassene 5 600 4 500

Elke kind* 2 450 2 200

Eksklusiewe plan Omvattende planne

Hooflid 9 260 8 450

Elke volwassene 9 260 8 450

Elke kind* 1 750 1 600

Eksklusiewe plan en Omvattende planne Prioriteit-planne

Jaarlikse bydraes vir Mediese Spaarrekening

Page 33: GM 6722DHM 9/9/2010 - pmgza.com€¦ · Hoekom Discovery Health? Onge wenaarde Þnansi le sekuriteit Discovery Health se mediese skema het Õn AA+-punt wat toegeken is vir sy vermo