god se getrouheid gister, vandag en ‘history’ (god se€¦ · is gelei deur dr ferdie clasen...

2
Nuusbrief 4 2019 KONTAK RSA 12 Jan tot 10 Maart 2020 Tel 067 396 0156 Whatsapp : Johan +33649422585 Rita +33649341115 Liewe vriend(in), Soveel SEWES die afgelope jaar herinner ons aan God se getrouheid gister, vandag en môre. Ons wil van ‘HIStory’ (God se wonderdade) in die VERLEDE vertel om die beste te maak van die HEDE en God toe te laat om sy wil te doen in die TOEKOMS. Dit alles met een begeerte SOLI DEO GLORIA (SDG*) aan God ALLEEN AL die eer. Eenuur die oggend ‘n geweldige ingewande pyn / groot bloedverlies / die ambulans neem my dringend na die ongevalle / Een na die ander ondersoek volg / Gelowiges en Sendingvriende oor die wêreld vra vir God se genade ʼn stukkie hemelse belewenis - die voorreg om deel te wees van die liggaam van Christus wat ons saambind / ʼn Paar dae later voel ek perdfris : Hoekom is ek hier in die hospitaal?...” wonder ek. ʼn Broer in Christus merk op dat my Moslem buurpasiënt baie eensaam en verwese lyk. Ek kry geleentheid om te praat oor die ware Profeet Jesus wat alleen kan red. AL Een wat die Hemel kan oopmaak vir die wat in Hom glo... Dan volg ‘n klein herlewing. Elke dag verskeie Goddelike “Rendez-vous”. Mense wat wonder oor my ‘hemelse taal’ (Afrikaanse) aksent wat my herkoms nog steeds verraai. Waar kom dit vandaan? Ek verduidelik mooi dit is van die nuwe rugby wêreldkampioene se nasie. (Hulle ken sokker nie rugby nie). Hulle wonder dan hoekom ek dié mooi sonskynland vir ʼn gryse Frankryk verruil het?.. Wat doen jy in Frankryk ? Geen beter vraag vir ʼn sendeling nie. “Ek is ʼn “Pasteur” (‘n ds.). Watse ding is dit? (Staan op hulle gesigte geskryf) Ek verduidelik die Evangelieboodskap en ook die slegte nuus (skeiding sonder God na die dood sonder redding deur Christus). Meeste loop weg met ʼn Evangelie volgens Lukas. - In feitlik vier dekades in Frankryk het ek nog nooit so iets beleef nie! *SDG Ek beleef ook die kwesbaarheid van die mens wat gereed moet wees vir die hiernamaals. As gelowiges kan ons ook soos Paulus sê : “om te lewe, is vir my Christus, en om te sterwe, is vir my wins. Maar natuurlik is die ewige verderf die erfenis vir elkeen wat nie Jesus persoonlik ken nie. Daar is nog ʼn onafgehandelde taak vir ons almal tot Jesus op die wolke verskyn om die hemelse belewenis vir altyd oop te maak. Baie dankie vir jou belangrike aandeel aan die Franse Sending. Johan en Rita Dié foto herinner u dat ons met die 75-jarige herdenking van die 2e Wêreldoorlog in Normandië ook ‘n stukkie hemel beleef het : Meer as 21,000 huisgesinne kon danksy 26 Suid-Afrikaners van SAG Engeland en uit SA in 30 dorpe dié Goeie Nuus ontvang. Wonderlike gemeenskap tussen gelowiges oor taalgrense heen. Die oordenkings is gelei deur dr Ferdie CLASEN van SAG. Die hardwerkende 7 7 7

Upload: others

Post on 06-Dec-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: God se getrouheid gister, vandag en ‘HIStory’ (God se€¦ · is gelei deur dr Ferdie CLASEN van SAG. Die hardwerkende 7 7 7 ... Navrae: Dr Ernest van Zyl Tel 0817367679 E-pos:

Nuusbrief 4 – 2019 KONTAK RSA 12 Jan tot 10 Maart 2020 Tel 067 396 0156 Whatsapp : Johan +33649422585 Rita +33649341115

Liewe vriend(in), Soveel SEWES die afgelope jaar herinner ons aan God se getrouheid gister, vandag en môre. Ons wil van ‘HIStory’ (God se wonderdade) in die VERLEDE vertel om die beste te maak van die HEDE en God toe te laat om sy wil te doen in die TOEKOMS. Dit alles met een begeerte SOLI DEO GLORIA (SDG*) – aan God ALLEEN AL die eer.

Eenuur die oggend ‘n geweldige ingewande pyn / groot bloedverlies / die ambulans neem my dringend na die ongevalle / Een na die ander

ondersoek volg / Gelowiges en Sendingvriende oor die wêreld vra vir God se genade – ʼn stukkie hemelse belewenis - die voorreg om deel te wees van die liggaam van Christus wat ons saambind / ʼn Paar dae later voel ek perdfris : “Hoekom is ek hier in die hospitaal?...” wonder ek. ʼn Broer in Christus merk op dat my Moslem buurpasiënt baie eensaam en verwese lyk. Ek kry geleentheid om te praat oor die ware Profeet Jesus wat alleen kan red. AL Een wat die Hemel kan oopmaak vir die wat in Hom glo... Dan volg ‘n klein herlewing. Elke dag verskeie Goddelike “Rendez-vous”. Mense wat wonder oor my ‘hemelse taal’ (Afrikaanse) aksent wat my herkoms nog steeds verraai. Waar kom dit vandaan? – Ek verduidelik mooi dit is van die nuwe rugby wêreldkampioene se nasie. (Hulle ken sokker – nie rugby nie). Hulle wonder dan

hoekom ek dié mooi sonskynland vir ʼn gryse Frankryk verruil het?.. Wat doen jy in Frankryk ? Geen beter vraag vir ʼn sendeling nie. “Ek is ʼn “Pasteur” (‘n ds.). Watse ding is dit? (Staan op hulle gesigte geskryf) Ek verduidelik die Evangelieboodskap en ook die slegte nuus (skeiding sonder God na die dood sonder redding deur Christus). Meeste loop weg met ʼn Evangelie volgens Lukas. - In feitlik vier dekades in Frankryk het ek nog nooit so iets beleef nie! *SDG Ek beleef ook die kwesbaarheid van die mens wat gereed moet wees vir die hiernamaals. As gelowiges kan ons ook soos Paulus sê : “om te lewe, is vir my Christus, en om te sterwe, is vir my wins”. Maar natuurlik is die ewige verderf die erfenis vir elkeen wat nie Jesus persoonlik ken nie. Daar is nog ʼn onafgehandelde taak vir ons almal tot Jesus op die wolke verskyn om die hemelse belewenis vir altyd oop te maak.

Baie dankie vir jou belangrike aandeel aan

die Franse Sending.

Johan en Rita

Dié foto herinner u dat ons met die 75-jarige herdenking van die 2e Wêreldoorlog in Normandië ook ‘n stukkie hemel beleef het : Meer as 21,000 huisgesinne kon danksy 26 Suid-Afrikaners van SAG Engeland en uit SA in 30 dorpe dié Goeie Nuus ontvang. Wonderlike gemeenskap tussen gelowiges oor taalgrense heen. Die oordenkings is gelei deur dr Ferdie CLASEN van SAG. Die hardwerkende

7 7 7…

Page 2: God se getrouheid gister, vandag en ‘HIStory’ (God se€¦ · is gelei deur dr Ferdie CLASEN van SAG. Die hardwerkende 7 7 7 ... Navrae: Dr Ernest van Zyl Tel 0817367679 E-pos:

Mense sê:

‘Op Korsika-eiland gebeur daar niks geestelik nie. Mense is so ver van God af’

Ds. Loffie Schoeman glo dit nie. Hy vat een na die ander uitreikspanne – eers net gebedspanne. Dan maak God ʼn deur groot oop vir sy Koninkryk – sien die fotoverhaal van God se seëninge.

Dankie vir jou

gebede. Afsluiting erediens met groot dankbaarheid vir God se oorvloedige genade

kwaliteit van die Hugenotebloed van Suid-Afrikaners het weereens gewys dat niks te veel geag word om Christus te verheerlik deur sy Woord te versprei nie. Ons kon saam saai maar Christus gee die groei. Verskeie mense het tot bekering gekom. Baie gemeentes het saam die seëning beleef wat SENDINGWERK altyd meebring deur uit te reik in die wêreld. Sedertdien het God nog saad laat ontkiem. Na ses maande bel ʼn ds. my onlangs om te sê ʼn gesin wat ʼn pakkie in hulle posbus gekry het kom nou na hulle gemeente toe. Vir ʼn klein gemeente met ʼn handjievol gelowiges is een ekstra gesin baie. *SDG Kom ons bly bid dat daar nog vrug sal wees wat bly.

Vir driemaandelikse Nuusbrief en Gebedslys per e-pos: Skryf asb. aan : [email protected]

BYDRAES PER TJEK:

Maak asb. uit aan : “Child Evangelism Fellowship” Spesifiseer asb: VIR “ds J. F. Bloemhof Nr 30” Stuur asb. u tjek-bydraes aan : CEF posbus 3139 Somerset-Wes 7129

BANK/INTERNET of STOPORDERS Bank: FNB Rek. naam: Child Evangelism

Fellowship; Verwysing: Meld asb. u NAAM en VAN en sê:” VIR ds J.F. Bloemhof nr 30” Rek. nr.: 53 800 042 847 Takkode: 200912 Stuur ʼn afskrif van u inbetalings aan [email protected] of Faks 086 540 6700 vir ʼn amptelike

kwitansie.

Navrae: Dr Ernest van Zyl Tel 0817367679 E-pos:

[email protected]

DEBIETORDERVORMS, Nuusbriewe en Gebedsversoeke: beskikbaar by [email protected] Tel +33160861989 Sel +33649422585

Sewe dekades mag lank lyk maar dit is tog kort. God het ‘n jongmeisie net na die 2e Wêreldoorlog geroep om Amerika te verlaat en na Frankryk te kom vir sendingwerk onder kinders. So het baie duisende kinders oor die tydperk, waarvan ons 18 jaar die Nasionale direkteure was, deur God se

genade die Evangelie gehoor. Gelowige kinders het grootgeword en is weer vandag se leiers. *SDG

Potchefstroom studente met ds. Sanré Benade regs Johan en Rita

360 CEF Frankryk vriende dank God vir sy getrouheid ‘n Kinderkoor loof God

Anna wen die prys vir tekening ‘Jesus is lief vir kinders’

Eerste historiese erediens in dié dorp. Ds

Chris VISSER (links) het ʼn aangrypende boodskap gebring en God is geloof en geprys.

(Links) Die uitreikspan bid ernstig tot God vir siele. (Regs) ‘n Predikantspaartjie wat, sonder dat ons daarvan bewus was, al vir 15 jaar

reeds, ‘n sterk roeping het vir kerkplanting op CORTE, die universiteitstad waarop die

uitreik die keer ingefokus het.

Afsluiting erediens met groot dankbaarheid

oor God se oorvloedige genade