goeie werke of god inside.indd 3 2016/06/26 19:22 · die kameras het gewys hoe hulle blomme voor...

20

Upload: others

Post on 18-Jan-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: GOEIE WERKE OF GOD INSIDE.indd 3 2016/06/26 19:22 · die kameras het gewys hoe hulle blomme voor die hekke neergesit het terwyl die trane oor hul wange rol. Baie het mekaar vasgehou
Page 2: GOEIE WERKE OF GOD INSIDE.indd 3 2016/06/26 19:22 · die kameras het gewys hoe hulle blomme voor die hekke neergesit het terwyl die trane oor hul wange rol. Baie het mekaar vasgehou

GOEIE WERKE OF GOD INSIDE.indd 3 2016/06/26 19:22

Page 3: GOEIE WERKE OF GOD INSIDE.indd 3 2016/06/26 19:22 · die kameras het gewys hoe hulle blomme voor die hekke neergesit het terwyl die trane oor hul wange rol. Baie het mekaar vasgehou

GOEIE WERKE OF GOD?

Oorspronklik in die VSA uitgegee as Good or God deur Messenger International, 610 South Santa Fe Drive, Palmer Lake, VSA in 2015.

Eerste Afrikaanse uitgawe in 2016 deur Struik Christian Media, ’n druknaam van Struik Christian Media (Edms) BpkPosbus 3434Tygervallei7536

Reg.nr. 2013/157123/07

Teks © John Bevere 2015

Bybelaanhalings uit Die Nuwe Lewende Vertaling (NLV) © 2006, Christelike Uitgewersmaatskappy. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou. Ander Bybelvertalings sluit in Die Boodskap © 2002, Christelike Uitgewersmaatskappy. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou. Die Bybel in Afrikaans (1953- en 1983-vertaling) © Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou. Die Bybel vir almal, © Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie publikasie mag gereproduseer, in ’n ontsluitingstelsel bewaar of weergegee word, in enige vorm of op enige manier, hetsy elektronies of meganies, deur fotokopiëring, die maak van opnames of andersins, sonder die skriftelike toestemming van die kopiereghouers nie.

Projekbestuur deur Antoinette le RouxVertaal deur Riëtte BotmaGeredigeer deur Helen SenekalDTP deur De Wet van DeventerOmslagontwerp deur Ruan HumanOmslagfoto van ShutterstockGedruk en gebind in China

ISBN 978-1-4153-3553-6 (Druk)978-1-4153-3554-3 (ePub)978-1-4153-3555-0 (PDF)978-1-4153-3593-2 (Mobi)

www.struikchristianmedia.co.zaTo order this book: https://www.cumbooks.co.za/

GOEIE WERKE OF GOD INSIDE.indd 4 2016/06/26 19:22

Page 4: GOEIE WERKE OF GOD INSIDE.indd 3 2016/06/26 19:22 · die kameras het gewys hoe hulle blomme voor die hekke neergesit het terwyl die trane oor hul wange rol. Baie het mekaar vasgehou

INHOUD

Erkennings ......................................................................................................................................................... viiMeer oor hierdie boek .........................................................................................................................ixInleiding ...................................................................................................................................................................xi

Hoofstuk 1: Wat is goed? ...............................................................................................................1Hoofstuk 2: Hoe het dit gebeur? ....................................................................................... 13Hoofstuk 3: Die universele maatstaf van goedheid .................................. 29Hoofstuk 4: Die fondasie .............................................................................................................. 47Hoofstuk 5: Is begeerte genoeg?...................................................................................... 65Hoofstuk 6: Ons ingeboude GPS ...................................................................................... 83Hoofstuk 7: ’n Jaloerse God ................................................................................................101Hoofstuk 8: Vriendskap ................................................................................................................117Hoofstuk 9: Wegskram van die waarheid............................................................137Hoofstuk 10: Die brandstof ....................................................................................................155Hoofstuk 11: Goed of voordelig? ...................................................................................177Hoofstuk 12: Heilige lewensafrigting ..........................................................................193Hoofstuk 13: Ons motivering ...............................................................................................209Hoofstuk 14: Ons grense ..........................................................................................................229Hoofstuk 15: Onderskeidingsvermoë.........................................................................249Hoofstuk 16: Die geheelbeeld .............................................................................................269

Oordenkings en besprekingsvrae ....................................................................................275Eindnotas ........................................................................................................................................................301

Page 5: GOEIE WERKE OF GOD INSIDE.indd 3 2016/06/26 19:22 · die kameras het gewys hoe hulle blomme voor die hekke neergesit het terwyl die trane oor hul wange rol. Baie het mekaar vasgehou

1

HOOFSTUK 1

WAT IS GOED?

‘Waarom noem jy My goed?’ het Jesus hom gevra. ‘Net God is werklik goed.’

– MARKUS 10:18

Alles in die heelal is goed tot die mate dat dit aan God se aard voldoen, en boos in die mate wat dit daarvan afwyk.

– A.W. TOZER

Goed en kwaad. Ons almal ken die verskil, nie waar nie? Word ons nie almal gebore met ’n inherente kennis van reg en verkeerd nie?

Mense sê dikwels almal is van nature goed. Is dit waar? Ons weet dat die flieks, dokumentêre en ander programme wat ons harte warmer laat klop, gewoonlik die goedheid van die mensdom beklemtoon. Ek kan nie aan een storie, roman of fliek dink waarin die bose die goeie oorwin en wat ongekende gewildheid geniet het nie.

Ons almal het van kleins af gesien hoe die goeie ouens voor ge-weldige uitdagings te staan kom. Die oormag was groot en hulle het ’n gewisse nederlaag in die gesig gestaar, dikwels tot heel teen die einde, net om op die laaste nippertjie ’n deurbraak te maak en die oorwinning te behaal of geregtigheid te laat geskied. Ons het verwag dat die storie op ’n hoogtepunt sal eindig en hande geklap toe dit gebeur. Ons het verwag dat die goeie altyd sal oorwin, want God is mos aan die goeie ouens se kant, of hoe?

Page 6: GOEIE WERKE OF GOD INSIDE.indd 3 2016/06/26 19:22 · die kameras het gewys hoe hulle blomme voor die hekke neergesit het terwyl die trane oor hul wange rol. Baie het mekaar vasgehou

GOEIE WERKE of GOD?2

Die jongste neiging onder vervaardigers en televisienetwerke is om werklikheidsreekse te vervaardig waarin iemand of iets ’n gedaante-verwisseling ondergaan. Eers was daar die behoeftige gesin se huis wat opgeknap is en ons het vasgenael gesit voor ons TV-stelle en in die opwinding gedeel, terwyl ons ons vergaap het aan die filantrope se vrygewigheid in hul uitreikaksies na die armes. Ons kon nie wag om die huisbewoners se vreugde oor die eindproduk te sien nie en het ’n traan weggepink toe die arme siele uiteindelik hulle opgeknapte huis aanskou het. ’n Ander program het ’n klomp oorgewig ‘verloorders’ gehelp om enorme hoeveelhede gewig af te skud, en daar was pro-gramme waartydens mense gehelp is om hul klerekas, hare of grime-ring reg te ruk.

Kort op die hakke hiervan het bekendes ook deel geword van hierdie groeiende tendens. Bekende kunstenaars het die weg gebaan vir gewone mense wat nie normaalweg die geleentheid sou hê om hul sangstemme of danspassies ten toon te stel nie. Ons het entoesiasties hande geklap vir die onbekendes wat ’n kans gekry het om oornag in sterre te ont-pop. Soveel goedhartigheid, vrygewigheid en welwillendheid!

Enige program oor liefdadigheid, die beskerming van onskuldiges of mense wat hul tyd opoffer om ‘verloorders’ te help, het vir hemelhoë kyksyfers gesorg. Daar was selfs werklikheidsprogramme oor hoe die polisie of losprysjagters misdadigers vastrek. Dié soort programme het mense ook vasgenael gehou voor die TV.

Kortweg sou mens kon sê dat baie van ons vermaak oor die mens-dom se goedheid handel.

Die grondbeginsels van verkope en bemarking is dat ’n produk mooi en lekker moet voel, lyk, klink, smaak of ruik om sukses in die mark te behaal. Dit moet ’n positiewe uitwerking hê op verbruikers se sintuie of emosies en hulle beter en gelukkiger laat voel. Ons weet goeie produkte sal verkoop. Wie wil nou iets minderwaardigs koop? En geen normale mens sal tog iets wil aanskaf wat sleg is nie.

Mense sê dikwels: ‘Hy is ’n goeie man’ of ‘Sy is ’n goeie vrou’ – en

Page 7: GOEIE WERKE OF GOD INSIDE.indd 3 2016/06/26 19:22 · die kameras het gewys hoe hulle blomme voor die hekke neergesit het terwyl die trane oor hul wange rol. Baie het mekaar vasgehou

WAT IS GOED? 3

ons is geneig om hierdie waardeoordeel goedsmoeds te aanvaar. Kwes-bare mense stel hulself maklik bloot deur alles wat hierdie sogenaamde goeie mense doen en sê, as veilig en betroubaar te aanvaar. Maar is hierdie oordele altyd akkuraat?

Is dit moontlik dat ’n mens jou kan laat mislei om dit wat reg is as verkeerd te beskou, en dit wat verkeerd is as reg? Ken almal nie die verskil nie? Boonop sal ons onsself mos nooit so om die bos laat lei dat ons iets wat goed is sleg noem, en iets wat sleg is as goed beskou nie. Of hoe?

Dink ’n bietjie hieroor na: Baie eeue gelede het ’n ryk jong leier Jesus Christus tegemoet gehardloop. Hy was ’n eerlike en moreel voorbeeldige man. Hy het nooit egbreuk gepleeg, moord gepleeg, gelieg, gesteel of iemand in ’n saketransaksie bedrieg nie. Hy het altyd sy ouers eerbiedig. Hy was ’n modelburger; iemand wat ander mense heel waarskynlik bewonder het. Hy het Jesus met groot eerbied aan-gespreek as ‘Goeie leermeester’.

Dit was die woorde van een leier aan ’n ander; van een goeie man aan ’n ander. Daardie man wou beklemtoon dat hy iets gemeen gehad het met die vooraanstaande leermeester wat hy nog nooit persoonlik ontmoet het nie. Miskien het hy in sy enigheid gedink: As ek hierdie Profeet se hart sag maak deur my op sy goedheid te beroep, sal Hy dalk my vraag goedhartig beantwoord. Maar in plaas daarvan om hom te antwoord, het Jesus vir hom gevra: ‘Waarom noem jy My goed? … Net God is werklik goed’ (Mark 10:18).

Hoekom het Jesus ’n man tereggewys wat Hom goed genoem het? Was Jesus dan nie goed nie? Natuurlik was Hy! Hoekom het Hy dit dan gesê? Is dit moontlik dat Hy daarmee wou sê dat ‘goed’ die ver-keerde maatstaf is? Met ander woorde, is dit moontlik dat die mens se maatstaf van wat goed is, verskil van God s’n?

Hoe sou ek en jy gevaar het as dit ons was wat Jesus as ‘goeie leermeester’ aangespreek het? Ek kan dié vraag uit eie ondervinding beantwoord. As jarelange kind van God, wat my Bybel al meer as een

Page 8: GOEIE WERKE OF GOD INSIDE.indd 3 2016/06/26 19:22 · die kameras het gewys hoe hulle blomme voor die hekke neergesit het terwyl die trane oor hul wange rol. Baie het mekaar vasgehou

GOEIE WERKE of GOD?4

keer van voor tot agter deurgelees het, wat ure aan Bybelstudie bestee het, elke dag bid en selfs in die voltydse bediening staan en ’n paar Christelike topverkoperboeke agter my naam kan skryf, sou ek presies dieselfde antwoord as daardie ryk jong leier gekry het. Jesus sou ook, net soos vir daardie man, vir my gevra het: ‘John, hoekom sê jy Ek is goed?’ Hoe weet ek dit? Omdat die Heilige Gees op ’n soortgelyke manier in my hart gewerk het as Jesus met daardie leier.

Skokkende nuus Kom ek verduidelik wat ek bedoel. In die laat 1990’s het ek na Swede gevlieg vir ’n konferensie. Dit was ’n deurnagvlug wat vroeg die vol-gende oggend in Stockholm aangekom het. Nadat ek geland het, my bagasie gekry het en deur die doeane is, het my Sweedse gasheer my ontmoet en hartlik gegroet. Op pad uit die lughawegebou het hy my ingelig oor ’n gebeurtenis wat die nuusstorie van die jaar en heel moontlik die dekade sou word.

‘John,’ het hy gesê, ‘iets baie tragies het gisteraand gebeur terwyl jy op pad was hierheen. Jy weet waarskynlik nog nie daarvan nie. Ek wil jou net op hoogte bring.’

‘Wat het gebeur?’ het ek geskok maar ook nuuskierig gevra.My gasheer het my vertel dat daar ’n paar uur tevore ’n noodlottige

motorongeluk plaasgevind het. Een van die slagoffers was bes moontlik die bekendste en mees geliefde persoon op aarde. Alles wat sy gedoen het, was nuuswaardig. Ek en my vrou, Lisa, het haar liefdadigheidswerk bewonder en het graag artikels oor haar in tydskrifte en koerante gelees. Ek moet bieg dat ek nie net die artikels oor haar geniet het nie, maar ook dol was oor die foto’s wat haar lewe uitgebeeld het. Ek was een van haar grootste aanhangers. Wanneer haar naam op die nuus genoem is, het ek alles waarmee ek besig was, gelos en my ore gespits.

Ek was lam van skok toe ek die nuus van daardie vrou se dood hoor. Afgesien daarvan dat sy ’n jong ma met klein kindertjies was, was sy ’n sprankelende staatsvrou, intelligent en beeldskoon. Sy het haar

Page 9: GOEIE WERKE OF GOD INSIDE.indd 3 2016/06/26 19:22 · die kameras het gewys hoe hulle blomme voor die hekke neergesit het terwyl die trane oor hul wange rol. Baie het mekaar vasgehou

WAT IS GOED? 5

wêreldwye invloed gebruik om ’n groot verskil te maak in die lewens van weeskinders en landmynslagoffers in oorloggeteisterde lande. Dit op sigself was al genoeg om my hart te wen, maar sy het oor nog aan-treklike eienskappe beskik. Sy was lief vir haar aanhangers en altyd op hulle ingestel, en bedag daarop om elkeen met ’n opregte glimlag te groet of op ’n ander manier erkenning te gee aan die persoon.

Ek was geskok en kon nie glo dat sy oorlede was nie. Hoe kon sy dood wees? Hoe kon dit gebeur het?

My gasheer het my by my hotel gaan aflaai. In my kamer aange-kom, het ek dadelik die televisie aangeskakel. Elke kanaal het oor die ongeluk berig. Ek kon die meeste daarvan nie verstaan nie aangesien dit in Sweeds was, en het daarom rondgesoek totdat ek CNN en BBC Sky News opgespoor het. Omring deur onuitgepakte tasse het ek sprakeloos op die bed se rand neergesak.

Die beeldmateriaal het gewys hoe duisende roubeklaers buite die vrou se woning saamdrom. Daar was mense van alle ouderdomme en die kameras het gewys hoe hulle blomme voor die hekke neergesit het terwyl die trane oor hul wange rol. Baie het mekaar vasgehou of in groepies saam gebid. Die wêreld was in rou gedompel.

Gedurende die daaropvolgende vier dae het hierdie tragedie die voorblaaie van al die koerante in die vrye wêreld oorheers. Die media het oor niks anders as die ongeluk, die ondersoek, haar familie se reaksie en die begrafnis berig nie. Staatshoofde, wêreldleiers en hon-derde beroemdes het haar gedenkdiens bygewoon, wat vir ongeëwe-naarde kykertalle in die geskiedenis van TV gesorg het.

Daardie eerste dag in Stockholm het ek my ure lank in my hotel-kamer afgesonder. Ek was so ontsteld dat ek gesukkel het om vir die aanddiens voor te berei. Talle vrae het deur my kop gemaal en ek moes veg teen my woede oor die sinnelose gebeure wat tot haar dood gelei het. Maar te midde van my hartseer was ek bewus van ’n ander gedagte wat na die oppervlak wou deurbreek.

Ek het die gevoel probeer afskud, maar kon nie daarin slaag nie.

Page 10: GOEIE WERKE OF GOD INSIDE.indd 3 2016/06/26 19:22 · die kameras het gewys hoe hulle blomme voor die hekke neergesit het terwyl die trane oor hul wange rol. Baie het mekaar vasgehou

GOEIE WERKE of GOD?6

Uiteindelik, nadat ek ’n paar uur lank bewus was van die tweespalt tussen my emosies en my gees, het ek langs die bed gekniel en gebied: ‘Vader, ek rou oor hierdie vrou se dood. Tog voel ek in my hart dat alles nie pluis is nie. Wat gaan aan?’

Byna oombliklik het ek die volgende antwoord in my hart gehoor: ‘Lees Openbaring 18.’ Ek het geen benul gehad wat in Openbaring 18 staan nie, want tot my skande moet ek bely dat ek tot op daardie tydstip nog nie dié boek in diepte bestudeer het nie. Ek het my Bybel oopgemaak en begin lees. My hart het vinniger geklop toe ek by vers sewe kom:

‘In dieselfde mate waarin sy haarself verheerlik en weelderig geleef het, moet julle haar ook pyn en smart aandoen. In haar hart spog sy: “Ek sit as ’n koningin op my troon. Ek is nie ’n weduwee nie; smart sal ek nooit ken nie.” Daarom sal al haar plae haar op een dag oorweldig: dodelike siekte, smart en hongersnood. Sy sal deur vuur verteer word, want krágtig is die Here God wat haar oordeel.’ Die konings van die aarde wat seks met haar gehad het en hulle in weel-derigheid gebaai het, sal huil en met groot droefheid reageer wanneer hulle die rook van haar uitgebrande liggaam sien.

– Openbaring 18:7–9

Ek is deur emosie oorval toe ek hierdie verse lees. Daar was onmis-kenbare ooreenkomste tussen die vrou wat in die Skrifgedeelte beskryf word en die vrou wie se dood die nuuskanale oorheers het. Dit was asof iemand ’n emmer yswater in my gesig gegooi het. Ek was geskok, verwilderd en verward. Hoe kon dié verse hoegenaamd betrekking hê op daardie barmhartige beroemde vrou?

Ek wil beklemtoon dat die apostel Johannes nie na ’n spesifieke individu verwys in hierdie verse nie. Die Skrifgedeelte handel oor ’n gees wat ons gevalle wêreld oorheers. Daar was egter genoeg parallelle met die situasie van die oomblik dat die Heilige Gees daardie verse

Page 11: GOEIE WERKE OF GOD INSIDE.indd 3 2016/06/26 19:22 · die kameras het gewys hoe hulle blomme voor die hekke neergesit het terwyl die trane oor hul wange rol. Baie het mekaar vasgehou

WAT IS GOED? 7

kon gebruik om my denkpatrone te verander. Het jy al ooit ervaar hoe die Here met jou praat deur ’n Skrifgedeelte wat met jou per-soonlike ervaring verband hou? Dit is presies wat hier gebeur het.

Die Heilige Gees het my laat nadink oor my maatstaf van goed, net soos Jesus die ryk jong leier tot verantwoording geroep het. Bewus van wat God vir my wou sê, het ek hardop in my hotelkamer beswaar gemaak: ‘Maar Here, hoe kan hierdie verse op haar gemik wees? Sy het gedurig liefdadigheidswerk gedoen onder landmynslagoffers en weeskinders, en …’

‘Sy het gesag openlik uitgedaag en ten aanskoue van die wêreld egbreuk gepleeg,’ het die Here gesê. ‘Sy het haar nie aan My onder-werp nie.’

Ongelowig het ek weer probeer terugkap: ‘Maar wat van al haar liefdadigheidswerk?’

Toe sê die Heilige Gees vir my: ‘My seun, Eva was nie aangetrokke tot die bose kant van die boom van kennis van goed en kwaad nie. Sy was aangetrokke tot die goeie kant.’

Ek was lamgeslaan deur die woorde wat so duidelik in my hart weerklink het. Oomblikke later het ek my Bybel by Genesis 3 oop-geslaan net om bevestiging te kry vir wat ek so pas gehoor het. En sowaar, daar staan:

Toe besef die vrou dat die boom se vrugte goed is om te eet en mooi om na te kyk en begeerlik omdat dit kennis kan gee. En sy het van sy vrugte gepluk en geëet.

– Genesis 3:6, 1983-vertaling (klem bygevoeg)

My mond het oopgehang toe ek die woorde goed, mooi en begeerlik lees. Toe hoor ek die Heilige Gees sê: ‘Daar is goedheid wat nie van My kom nie omdat dit nie aan My onderworpe is nie.’

Ek het net daar gesit en nagedink oor wat ek gehoor en gelees het. God se Woord het my ontbloot en tereggewys. My maatstaf van goed

Page 12: GOEIE WERKE OF GOD INSIDE.indd 3 2016/06/26 19:22 · die kameras het gewys hoe hulle blomme voor die hekke neergesit het terwyl die trane oor hul wange rol. Baie het mekaar vasgehou

GOEIE WERKE of GOD?8

was klaarblyklik nie dieselfde as God se maatstaf van goed nie.Maar God was nog nie klaar met my nie. Hy het my op die hart

gedruk dat die meeste ‘goeie’ mense, en veral goeie Christene, nie aangetrokke voel tot wellustige sekspartytjies, donker musiek met bla-tant rebelse lirieke, rocksterre wat openlik met Satanisme flankeer tydens hul konserte, massamoord, diefstal of soortgelyke skaamteloos bose gedrag nie. Die meeste word mislei en aangetrek deur gedrag en dinge wat oënskynlik reg, goed en verstandig is, maar teenstrydig is met God se wysheid. Die Skrif sê:

Dit lyk dalk vir iemand of hy die regte ding doen; agterna kom dit uit dat dit na die dood gelei het.

– Spreuke 14:12

Kom ons kyk eers na die tweede deel van hierdie vers: ‘… agterna kom dit uit dat dit na die dood gelei het.’ Baie Christene steur hulle nie aan hierdie woorde nie, want hulle dink: Ek is gered, ek gaan hemel toe en die dood hou nie vir my ’n bedreiging in nie. Hulle is oortuig dat hierdie stelling net op ongelowiges van toepassing is. Maar kom ons kyk mooi na wat God se Woord hier sê.

Let op die woorde ‘na die dood gelei het’. Die Skrif praat dikwels oor die weg van die lewe en die weg van die dood. God sê vir sy mense (nie vir diegene wat nie aan Hom behoort nie): ‘So spreek die Here: Kyk, Ek hou julle die weg van die lewe voor én die weg van die dood …’ (Jer 21:8, 1953-vertaling).

Weg in hierdie sin beteken ons lewenswyse. Die woord pad of weg word dikwels in die Skrif gebruik. Jesus stel dit so: ‘Breed is die pad wat na ondergang lei, en daar is massas mense wat daar ingaan. Hoe nou is die poort, en hoe smal is die pad na die lewe nie!’ (Matt 7:13–14). Maar praat Jesus hier net oor die ewigheid?

God het die boom van die lewe in die middel van die Tuin van Eden geplant. Dit het sy lewensuitkyk, sy wysheid verteenwoordig.

Page 13: GOEIE WERKE OF GOD INSIDE.indd 3 2016/06/26 19:22 · die kameras het gewys hoe hulle blomme voor die hekke neergesit het terwyl die trane oor hul wange rol. Baie het mekaar vasgehou

WAT IS GOED? 9

Die ander belangrike boom in die tuin was die boom van kennis van goed en kwaad. Dié boom het die pad van die dood verteenwoordig – die mens se wysheid sonder God. Toe Adam en Eva die vrug geëet het, het dit nie net in die hiernamaals vir hulle gevolge ingehou nie, maar het hulle onmiddellik geraak. Voor hul dwase daad het hulle ongebonde geleef. Hulle was produktief en gesond en het ’n sukses gemaak van alles wat hulle aangepak het. Die oomblik toe hulle egter van die verbode vrug eet, het hul lewens handomkeer verander. Hulle was eensklaps onderworpe aan siekte, gebrek, harde werk en onge-kende probleme. Hulle was op die pad na die dood.

Maar God is ’n Verlosser. Hy het toe reeds sy plan in werking gestel om dit wat die mens verloor het, te herwin. Hy het ’n verbond met die mensdom gesluit om die pad van die lewe te herstel. Met Goddelike wysheid het Hy gesorg dat die mens weer ware geluk, aangename lewensomstandighede, vrede, oorvloed en allerhande ander voordele geniet:

Die mens wat wysheid kry, is gelukkig … Niks wat jy ooit kan begeer, vergelyk daarmee nie. Met die een hand gee wysheid ’n lang lewe. Met die ander hand rykdom en eer. Wysheid maak ’n mens gelukkig. Wie dit volg, beleef vrede. Vir dié wat daaraan vashou, is dit ’n boom van die lewe. Hulle wat daarop steun, is geseënd.

– Spreuke 3:13–18

Die Bybel sê dat God se wysheid ons van ’n vrugbare en lang lewe, produktiwiteit, sukses, gemoedsrus en eer sal verseker. ’n Boom is ook vir ander tot voordeel. Volgens hierdie Skrifgedeelte word ons ’n boom van die lewe – ’n lewensbron vir almal wat van ons vrugte pluk – as ons die pad van die lewe (wysheid) bewandel. Die teenoorgestelde is ook waar. As ons die wysheid van mense as ons riglyn gebruik, sal ons ’n giftige boom word, en diegene wat van ons vrugte eet, sal gebuk gaan onder swaarkry, stres, ’n gebrek aan produktiwiteit, siekte,

Page 14: GOEIE WERKE OF GOD INSIDE.indd 3 2016/06/26 19:22 · die kameras het gewys hoe hulle blomme voor die hekke neergesit het terwyl die trane oor hul wange rol. Baie het mekaar vasgehou

GOEIE WERKE of GOD?10

selfsug en die ander neweprodukte van die geestelike dood. Om terug te keer na die eerste gedeelte van Spreuke 14:12: ‘Dit

lyk dalk vir iemand of hy die regte ding doen …’ Bestudeer ’n mens hierdie gedeelte noukeurig, sien jy hoe dit op almal van toepassing kan wees – sowel Christene as ongelowiges. Dit lyk partymaal asof iets reg is – dit is oënskynlik goed, verstandig, voordelig, strategies, aanvaarbaar, winsgewend en so meer. Tog is die waarskuwing duidelik: iets wat goed lyk, kan soms nadelig, skadelik en onproduktief wees – die pad van die dood.

Die skrywer van Hebreërs rig hierdie vermaning tot gelowiges:

Aangaande Jesus ons Hoofpriester het ons nog baie om vir julle te sê. Dis egter moeilik om dit aan julle te verduidelik omdat julle so traag is om te leer. As ’n mens dink aan hoe lank julle reeds gelowiges is, moes julle eintlik al self onderrig in die geloof gegee het. En nou het ’n mens werklikwaar weer nodig om julle die mees elementêre aspekte van die woord van God te leer! Julle is soos babatjies wat nog net melk kan drink en nie vaste kos kan inneem nie … Vaste kos is bedoel vir grootmense – vir hulle wat in die skool van die lewe in-geoefen is om tussen goed en kwaad te onderskei.

– Hebreërs 5:11–12, 14

Dit is duidelik dat onderskeidingsvermoë die sleutel is om te bepaal wat waarlik goed en wat waarlik boos is. Ons kan dus nie altyd met ons menslike denke, rede of sintuie onderskei wat waarlik goed is nie.

Jy vra dalk: ‘Sê die skrywer van Hebreërs dan nie dat ons sintuie kan leer om hierdie onderskeid te tref nie?’ Ja, maar van watter sintuie praat hy? Jy sal oplet dat die skrywer aan die begin van hierdie gedeelte sê hy skryf aan Christene wat traag is om te leer.

Die 1953-vertaling stel dit so: ‘… omdat julle traag geword het om te hoor.’ Van watter gehoorsintuig praat hy hier? Het al die He-breërs gehoorapparate nodig gehad? Nee, hy het verwys na ons vermoë

Page 15: GOEIE WERKE OF GOD INSIDE.indd 3 2016/06/26 19:22 · die kameras het gewys hoe hulle blomme voor die hekke neergesit het terwyl die trane oor hul wange rol. Baie het mekaar vasgehou

WAT IS GOED? 11

om met ons harte te hoor. Jesus het dikwels gesê: ‘Elkeen wat kan hoor, moet goed luister na wat Ek sê!’ (Matt 11:15). Feitlik almal wat na sy lering geluister het, het gesonde ore gehad, en tog kon hulle almal nie die Woord van God in hul harte hoor om te onderskei wat die beste vir hul lewens was nie.

Ons sal later in die boek in meer besonderhede stilstaan by geeste-like onderskeidingsvermoë. Dit is voorlopig voldoende om te verstaan dat ’n mens nie altyd oppervlakkig oor goed en kwaad kan oordeel nie. Voor my konfrontasie met die waarheid in daardie hotelkamer in Stockholm het ek geglo dat die verskil tussen goed en kwaad glas-helder en voor die hand liggend is.

Kom ons kyk na nog ’n voorbeeld: Toe Petrus, een van Jesus se binnekring, vir Jesus probeer oortuig het dat Hy niks sou oorkom nie en nie sou sterf nie, het dit op die oor af na wyse raad aan sy Meester geklink. Tog het Jesus hom streng tereggewys en gesê Petrus dink soos mense dink – nie soos God nie (sien Matteus 16:21–23).

Dit is slegs een van vele voorbeelde in die Bybel wat ek sou kon aanhaal om te illustreer dat die verskil tussen goed en kwaad nie altyd ooglopend is nie.

Salomo het gebid: ‘Gee vir my die insig om regverdig te wees en tussen goed en kwaad te kan onderskei …’ (1 Kon 3:9, Die Boodskap). Dit verg ’n verligte hart, ’n hart wat geoefen is om tussen God se siening van goed en kwaad te onderskei. Eva was in elke opsig volmaak, en God se teenwoordigheid was kragtig en sterk in die tuin waar sy gewoon het. Tog was dit wat vir haar goed, aangenaam en voordelig gelyk het, in werklikheid boos en skadelik. Sy het haar laat mislei, tot haar eie nadeel.

Dit bring ons by die doel van hierdie boek: om, aan die hand van die Skrif en met behulp van die Heilige Gees, meer lig te werp op die verskil tussen wat goed is vir ’n mens en wat uiteindelik tot jou nadeel sal wees.

Eva was volmaak en het in ’n omgewing sonder gebreke gewoon.

Page 16: GOEIE WERKE OF GOD INSIDE.indd 3 2016/06/26 19:22 · die kameras het gewys hoe hulle blomme voor die hekke neergesit het terwyl die trane oor hul wange rol. Baie het mekaar vasgehou

GOEIE WERKE of GOD?12

As sý mislei kon word, loop ons – met ons feilbare gedagtes in ’n gebroke wêreld en ’n korrupte samelewing – mos soveel te meer die gevaar om oordeelsfoute te maak wanneer ons tussen goed en kwaad probeer onderskei.

https://www.cumbooks.co.za

Page 17: GOEIE WERKE OF GOD INSIDE.indd 3 2016/06/26 19:22 · die kameras het gewys hoe hulle blomme voor die hekke neergesit het terwyl die trane oor hul wange rol. Baie het mekaar vasgehou

Also Available From John and Lisa Bevere:

The Holy Spirit: An Introduction

The Holy Spirit is frequently misunderstood, leaving many clueless about

who He is and how He expresses Himself to us. He is often portrayed as

something “weird”. But the Bible makes it clear that the Spirit is not

something. He is Someone—a Person who has promised to never leave

your side. In The Holy Spirit: An Introduction, John Bevere invites you

into a personal discovery of the Person and work of the Holy Spirit.

Available in Afrikaans as Ontmoet die Heilige Gees.

Page 18: GOEIE WERKE OF GOD INSIDE.indd 3 2016/06/26 19:22 · die kameras het gewys hoe hulle blomme voor die hekke neergesit het terwyl die trane oor hul wange rol. Baie het mekaar vasgehou

Pathway to His Presence

Do you find it difficult to forgive and forget? Do you spend more time worrying about the acceptance of others than the approval of God? Each section addresses a specific barrier and will bless you with five devotions—complete with key spiritual strategies and specific prayers—designed to help you along the path that ultimately brings you before Almighty God! Begin to move on the journey and see God move in your life.

Available in Afrikaans as Die soektog van ’n leeftyd.

Good or God?

If it’s good, it must be God. Right? These days the terms good and God seem sy­nonymous. We believe what’s generally accepted as good must be in line with God’s will. Generosity, humility, justice—good. Selfishness, arrogance, cruelty—evil. The dis tinction seems pretty straightforward. But is that all there is to it? If good is so obvious, why does the Bible say that we need discernment to recognize it?

Available in Afrikaans as Goeie werke of God?

Without Rival

There is a reason we look at others as rivals and limit ourselves to comparison and competition. We have an enemy assaulting our mind, will and emotions in the hope that we’ll turn on ourselves and each other. It’s a cycle that isolates us from intimate connections, creates confusion about our identity, and limits our pupose. In Without Rival, best­selling author Lisa Bevere shares how a revelation of God’s love breaks these limits. It’s time to step forward to live a life without rival.

Available in Afrikaans as Jy is sonder gelyke.

Page 19: GOEIE WERKE OF GOD INSIDE.indd 3 2016/06/26 19:22 · die kameras het gewys hoe hulle blomme voor die hekke neergesit het terwyl die trane oor hul wange rol. Baie het mekaar vasgehou

Lizzie die leeutjie

SOMETIMES THE BRAVEST THING YOU CAN DO IS ASK FOR HELP!

Encourage your little ones with the true meaning of bravery through the

beautiful story of Lizzy the lioness by New York Times bestselling author

Lisa Bevere. Boys and girls will love the story of Lizzy, a little lion who

must learn what it truly means to be brave in the face of hard things.

When she sees someone in danger, Lizzy tries her best to help, but she

quickly learns that sometimes being brave means asking adults for help.

With a unique spin on the concept of bravery, Lizzy the Lioness is a

timely picture book in an ever­changing world. Children will see that

bravery is so much more than big muscles or loud roars— it is often

found in the tiniest people who have the courage to speak up when no

one else will. By asking God for help and then bringing grown­ups

into the picture, Lizzy shows kids that being brave doesn’t have to

happen by yourself—it happens with help!

AVAILABLE AT ALL LEADING BOOKSTORES IN SOUTH AFRICA.

FOR MORE INFORMATION, PLEASE EMAIL [email protected]

Page 20: GOEIE WERKE OF GOD INSIDE.indd 3 2016/06/26 19:22 · die kameras het gewys hoe hulle blomme voor die hekke neergesit het terwyl die trane oor hul wange rol. Baie het mekaar vasgehou

ISBN 978-1-4153-3553-6

GO

EIE

WE

RK

E O

F GO

D?

D ie woorde goed en God is deesdae skynbaar sinoniem. Ons glo dat alles wat goed is, noodwendig in ooreenstemming met God se wil is. Vry-

gewigheid, nederigheid en geregtigheid is goed. Selfsug, hoogmoedigheid en wreedheid is sleg. Die onderskeid is mos duidelik, nie waar nie?

Maar is dit so eenvoudig? As goedheid so maklik is om te herken, waar-om leer Hebreërs 5:14 ons om onderskeidingsvermoë aan die dag te lê?

Goeie werke of God? is nie net nóg ’n selfhelp-boodskap nie. Die boek gaan meer van jou vra as om jou gedragspatrone en gesindheid te ver-nuwe. Dit sal jou bemagtig om God te ontmoet op ’n vlak waar elke aspek van jou lewe sal verander.

John Bevere en sy vrou Lisa is die stigters van Messenger Interna-tional. As leraar, lewer John Bybelgefundeerde bood skappe en waarhede deur middel van bekroonde kurrikulums en topverkoper-boeke, wat reeds in meer as 90 tale vertaal is. Dit sluit boeke soos Die strik van Satan, Wie My eer, sal Ek eer en Word bevry van intimidasie

in. Hy is ’n internasionale spreker en mede-aanbieder van die The Messenger-TV-program. John en sy vrou woon in

Colorado Springs in die VSA.

Hoe weet ons of die keuses wat ons maak in ooreenstemming is met God se wil vir ons lewens?

God het jou innig lief en begeer net die beste vir jou. Alles wat van God af kom, is goed, maar nie

alles wat goed is, kom van God af nie.

https://www.cumbooks.co.za/