gr. 1 3wouwtjies.co.za/wp-content/uploads/2018/10/nuus... · ek moet die beheerliggaam,...
TRANSCRIPT
![Page 1: Gr. 1 3wouwtjies.co.za/wp-content/uploads/2018/10/Nuus... · Ek moet die beheerliggaam, bestuurspan, ouerkorps en leerders almal tevrede hou, nes ‘n politikus. Ek moet briefies](https://reader030.vdocuments.pub/reader030/viewer/2022040318/5e3453da3c57ff179d154963/html5/thumbnails/1.jpg)
1
WOUWTJIENUUS Laerskool Anton van Wouw Weeklikse Nuus Nuusbrief 34 12 Oktober 2018
Wouwtjienuus: Navrae & advertensies: Lisa Potgieter ([email protected]) LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.
OUERAANDE Gr. 1-3
Maandag, 15 Oktober
17:00-17:20 Oop tyd
Indien u nie spesifiek uitgenooi is nie, is u welkom om tydens die oop tyd by u kind se klasonderwyser in te
loer.
17:20-18:00 Afsprake op uitnodiging
Personeel gaan by hierdie geleentheid ouers spesifiek uitnooi om op ‘n afgespreekte tyd te kom gesels,
indien hulle dit sou nodig ag. Beskou asb. hierdie afsprake in ‘n ernstige lig en doen asb. moeite om u kind
se juffrou te kom sien, indien sy u sou uitnooi.
INLIGTINGSESSIE: Gr. 4’s van 2019
Maandag, 5 November om 18:00 (skoolsaal)
Let asb. op dié baie belangrike inligtingsessie vir al die Gr. 3-ouers (wat volgende jaar kinders in Gr. 4 het).
Waardevolle inligting oor die Gr. 4-jaar word met u gedeel en die klasindelings word ook bekend gemaak.
Huidige Gr. 3-leerders mag dus die inligtingsessie saam met hul ouers bywoon.
Gr. 4-7
Maandag, 15 Oktober
17:30-19:00 (Skoolsaal)
Ons maak tyd vir jou kind
VAKAFBAKENING Vakafbakening vir die November-eksamen word deur die loop van volgende week aan die Gr. 4-7 leerders
uitgedeel. Dit sal ook op ons webwerf en Skoolkommunikeerder beskikbaar wees.
![Page 2: Gr. 1 3wouwtjies.co.za/wp-content/uploads/2018/10/Nuus... · Ek moet die beheerliggaam, bestuurspan, ouerkorps en leerders almal tevrede hou, nes ‘n politikus. Ek moet briefies](https://reader030.vdocuments.pub/reader030/viewer/2022040318/5e3453da3c57ff179d154963/html5/thumbnails/2.jpg)
2
Wouwtjienuus: Navrae & advertensies: Lisa Potgieter ([email protected]) LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.
Ons maak tyd vir jou kind
EKSAMENROOSTER: NOVEMBER 2018
DATUM GRAAD 4 GRAAD 5 GRAAD 6 GRAAD 7
Maandag, 12 Nov. EBW
Dinsdag, 13 Nov. Kuns praktiese sketse
Woensdag, 14 Nov. Wetenskap en Teg Wetenskap en Teg Wetenskap en Teg. Wetenskap
Donderdag, 15 Nov. Kuns en Kultuur Kuns en Kultuur Kuns en Kultuur Kuns en Kultuur
Vrydag, 16 Nov. Wiskunde Wiskunde Wiskunde Wiskunde
Maandag, 19 Nov. Engels Engels Engels Engels
Dinsdag, 20 Nov.
Woensdag, 21 Nov. Sosiale Wetenskap Sosiale Wetenskap Sosiale Wetenskap Sosiale Wetenskap
Donderdag, 22 Nov. Afrikaans Afrikaans Afrikaans Afrikaans
Vrydag, 23 Nov. Tegnologie
Maandag, 26 Nov. LV LV LV LV
![Page 3: Gr. 1 3wouwtjies.co.za/wp-content/uploads/2018/10/Nuus... · Ek moet die beheerliggaam, bestuurspan, ouerkorps en leerders almal tevrede hou, nes ‘n politikus. Ek moet briefies](https://reader030.vdocuments.pub/reader030/viewer/2022040318/5e3453da3c57ff179d154963/html5/thumbnails/3.jpg)
3
KENNISGEWING
Algemene Jaarvergadering:
2019 Begroting Datum: Woensdag, 7 November 2018 om
18:00 in die skoolsaal. Indien ‘n kworum nie
bereik word nie, sal daar ‘n opvolgvergadering
op 21 November gehou word.
KULTUURUITSLAE: Inhandiging van prestasies
Die vorm waarop leerders se kultuurprestasies
aangedui word, is op die Skoolkommunikeerder
en ons webwerf beskikbaar.
SKOOL BENODIG KWOTASIES VAN
OUDITEURE Volgens departementele regulasies word dit
vereis dat alle skole 3 kwotasies moet voorlê
vir die dienste van ‘n Ouditeursfirma.
Indien u belangstel en u firma rééds voorheen ‘n
skool se finansiële state hanteer het, is u welkom
om ‘n kwotasie voor te lê aan ons Finansiële
Kantoor by [email protected]
SKRYFBEHOEFTES 2019 Volledige skryfbehoeftelyste vir Gr. 1 tot 7 is op
ons webwerf en die Skoolkommunikeerder
beskikbaar.
Wouwtjienuus: Navrae & advertensies: Lisa Potgieter ([email protected]) LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.
Ons maak tyd vir jou kind
![Page 4: Gr. 1 3wouwtjies.co.za/wp-content/uploads/2018/10/Nuus... · Ek moet die beheerliggaam, bestuurspan, ouerkorps en leerders almal tevrede hou, nes ‘n politikus. Ek moet briefies](https://reader030.vdocuments.pub/reader030/viewer/2022040318/5e3453da3c57ff179d154963/html5/thumbnails/4.jpg)
4
Wouwtjienuus: Navrae & advertensies: Lisa Potgieter ([email protected]) LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.
Ons maak tyd vir jou kind
ENVIROUW & HERWINNING Herwinningsterrein
Baie dankie vir elkeen se getroue herwinning - Wouwtjies maak beslis ‘n verskil in die bewaring van ons
natuur! Vanaf 15 Oktober het ons ‘n voltydse terreinwerker wat gaan help met die sortering van
herwinning. ONTHOU ASB: Slegs blikkies, plastiek, uitgespoelde bottels- en houers word in die
herwinningsakke geplaas!
Papier– en kartonherwinning
Onthou asseblief dat ons karton en witpapier apart herwin. Dit word in die blou hokke geplaas.
Glass Recycling Company: Glaskompetisie
Glas word steeds apart herwin
in die groen glasbanke.
Envirouwgroete
Juf. Anè Friedrich
0825619389
(Wouwtjies, lees gerus die interessante feite oor
herwinning en water op bladsy 5!)
![Page 5: Gr. 1 3wouwtjies.co.za/wp-content/uploads/2018/10/Nuus... · Ek moet die beheerliggaam, bestuurspan, ouerkorps en leerders almal tevrede hou, nes ‘n politikus. Ek moet briefies](https://reader030.vdocuments.pub/reader030/viewer/2022040318/5e3453da3c57ff179d154963/html5/thumbnails/5.jpg)
5
Wouwtjienuus: Navrae & advertensies: Lisa Potgieter ([email protected]) LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.
Ons maak tyd vir jou kind
![Page 6: Gr. 1 3wouwtjies.co.za/wp-content/uploads/2018/10/Nuus... · Ek moet die beheerliggaam, bestuurspan, ouerkorps en leerders almal tevrede hou, nes ‘n politikus. Ek moet briefies](https://reader030.vdocuments.pub/reader030/viewer/2022040318/5e3453da3c57ff179d154963/html5/thumbnails/6.jpg)
6
Ons maak tyd vir jou kind
Voorslag-uitslae
Baie geluk aan ons Gr. 7-Penkoppe en Drawwertjies met hul pragtige Voorslag-uitslae. Julle harde
werk is positief beloon! ‘n Groot dankie aan ons spanoffisiere, Johann, Karin en Carien - jul
toewyding word opreg waardeer.
Jaarafsluiting
Ons jaarlikse afsluiting word vir Vrydagaand, 26 Oktober 2018 beplan. Alle spesialisasies,
toekennings en inlywing van nuwe Voortrekkers sal tydens dié geleentheid plaasvind. Ons beplan
’n heerlike kuieraand... dagboek asseblief nou reeds die datum. Die program sal om 18:30 begin.
Meer inligting volg later.
Voortrekker-verjaarsdag en boomplantdag
Alle Voortrekkers mag eerskomende Maandag, 22 Oktober in hul formele Voortrekkerdrag skooltoe
kom. ‘n Kort boomplantseremonie sal pouse by die Spansentrum plaasvind - daar wag ook ‘n lekker
verrassing vir al die Vories wat saam met ons die Voortrekkers se verjaarsdag vier.
Groete
Pieter van der Zwaard
082 556 3596
Wouwtjienuus: Navrae & advertensies: Lisa Potgieter ([email protected]) LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.
![Page 7: Gr. 1 3wouwtjies.co.za/wp-content/uploads/2018/10/Nuus... · Ek moet die beheerliggaam, bestuurspan, ouerkorps en leerders almal tevrede hou, nes ‘n politikus. Ek moet briefies](https://reader030.vdocuments.pub/reader030/viewer/2022040318/5e3453da3c57ff179d154963/html5/thumbnails/7.jpg)
7
Ons maak tyd vir jou kind
Wouwtjienuus: Navrae & advertensies: Lisa Potgieter ([email protected]) LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.
WêRELD ONDERWYSERSDAG
Verlede week is Wêreld Onderwysersdag gevier. Met hierdie humoristiese artikel, bring ons graag hulde
aan Laerskool Anton van Wouw se onderwysers.
Jy is meer as NET ‘n onderwyser
As ‘n onderwyser moet:
Ek na kinders se probleme oplet, nes ‘n sielkundige. Ek moet pleisters plak, nes ‘n verpleegster. Ek moet geld
insamel en boekhou daarvan, nes ‘n rekenmeester. Ek moet seker maak ek gee nie onwettige drukkies of
briewe uit nie, nes ‘n prokureur. Ek moet seker maak al my elektroniese data is op datum en ek moet die virus
op die rekenaar probeer uitwis, nes ‘n rekenaartegnikus. Ek moet kinders met leerprobleme akkommodeer,
nes ‘n arbeidsterapeut.
Ek moet kinders wat swak sig het, voor in die klas laat sit en seker maak hulle kan sien, nes ‘n oogarts. Ek
moet na hartseer verhale luister oor liefdesprobleme, nes ‘n vriend/vriendin. Ek moet seker maak dat alle
administrasie gedoen word, nes ‘n klerk. Ek moet seker maak die regte boodskappe van die regte ouers kom
by die regte afrigters en onderwysers uit, so spoedig moontlik, nes ‘n sekretaresse. Ek moet my klasse inter-
essant hou, nes ‘n dramaturg. Ek moet lesplanne en opstelle kan uitlê, nes ‘n skrywer.
Ek moet atlete en swemmers en redenaars kan help, nes ‘n professionele afrigter. Ek moet geestelik sterk kan
wees sodat ek nie in slaggate kan trap nie, nes ‘n dominee. Ek moet tafels en stoele kan skuif om die klein
spasies optimal te kan gebruik, nes ‘n ingenieur. Ek moet dissipline kan toepas en maniere leer, nes ‘n ouer.
Ek moet krane op die speelgrond toedraai, nes ‘n loodgieter. Ek moet kospakkies en sportsakke wat verlore
raak, aandra nes ‘n koerier.
Ek moet die beheerliggaam, bestuurspan, ouerkorps en leerders almal tevrede hou, nes ‘n politikus. Ek moet
briefies van ouers, leerlinge en mede-onderwysers ontsyfer, nes ‘n vertaler. Ek moet vraestelle aantreklik laat
lyk en sketse op werkkaarte teken, nes ‘n grafiese ontwerper. Ek moet help met verskeie funksies se uitleg en
reëlings, nes ‘n stadsbeplanner. Ek moet my klas mooi maak en voldoen aan al die vereistes vir ‘n positiewe
leeromgewing, nes ‘n binnehuisversierder. Ek moet netjies en professioneel aantrek, nes ‘n voorkomskonsult-
ant. Ek moet keer dat kinders agter die pawiljoen baklei, skelm in die badkamer rook of die verkeerde
skooldrag aanhet, nes ‘n polisieman.
Ek moet deurentyd geduldig wees, geen kind voortrek nie, ‘n goeie voorbeeld stel, nie kwaad word nie, nie op
Facebook sigbaar wees nie, nie my selfoon gebruik nie, nie in die klas eet nie, nie kaalvoet op die skoolgrond
loop nie, nie skree nie, nie hoofpyn kry in skoolure nie, seker maak my eie kinders word net in skoolvakansies
siek.
Hierdie humoristiese tong-in-die-kies skrywe is fiktief, maar gee tog vir ons blik in die lewe van ‘n
toegewyde onderwyser. Baie dankie aan elke onderwyser van Laerskool Anton van Wouw, julle is ware
wenners.
“
”
![Page 8: Gr. 1 3wouwtjies.co.za/wp-content/uploads/2018/10/Nuus... · Ek moet die beheerliggaam, bestuurspan, ouerkorps en leerders almal tevrede hou, nes ‘n politikus. Ek moet briefies](https://reader030.vdocuments.pub/reader030/viewer/2022040318/5e3453da3c57ff179d154963/html5/thumbnails/8.jpg)
8
Wouwtjienuus: Navrae & advertensies: Lisa Potgieter ([email protected]) LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.
Ons maak tyd vir jou kind
![Page 9: Gr. 1 3wouwtjies.co.za/wp-content/uploads/2018/10/Nuus... · Ek moet die beheerliggaam, bestuurspan, ouerkorps en leerders almal tevrede hou, nes ‘n politikus. Ek moet briefies](https://reader030.vdocuments.pub/reader030/viewer/2022040318/5e3453da3c57ff179d154963/html5/thumbnails/9.jpg)
9
Wouwtjienuus: Navrae & advertensies: Lisa Potgieter ([email protected]) LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.
Feit van die week Die wêreld se kleinste slang is van die
Karibiese eiland, Barbados, afkomstig. Dié
klein slangetjie, Leptotyphlops carlae, is
so dun soos ‘n spaghetti stokkie en word
slegs sowat 10cm lank. Dié slang is
nie giftig nie.
Die wêreld se grootste slang is die reuse Anakonda wat in die tropiese
reënwoude van Suid-Amerika woon. ‘n Volwasse Anakonda kan tot
soveel as 250kg. weeg en tussen 5m en 9m lank word.
Die Anakonda kan goed swem. ‘n Anakonda is nie giftig nie - hy
gebruik sy massiewe spiere om sy lyf rondom sy prooi te draai en te
versmoor.
PRETBLAD
Idioom van
die week
Iets is nie reg nie; dinge lyk
verdag.
Daar’s ‘n slang in
die gras.
Barbados
Amazone
Soek 5 verskille in die prentjies hieronder.
Suid-Amerika
WHAT IS A SNAKE’S FAVOURITE LESSON AT
SCHOOL?
Ons maak tyd vir jou kind
![Page 10: Gr. 1 3wouwtjies.co.za/wp-content/uploads/2018/10/Nuus... · Ek moet die beheerliggaam, bestuurspan, ouerkorps en leerders almal tevrede hou, nes ‘n politikus. Ek moet briefies](https://reader030.vdocuments.pub/reader030/viewer/2022040318/5e3453da3c57ff179d154963/html5/thumbnails/10.jpg)
10
Wouwtjienuus: Navrae & advertensies: Lisa Potgieter ([email protected]) LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.
KARATE Adriaan Venter het onlangs aan die JSKA 9de Wêreld
Karatekampioenskap in St. Petersburg, Rusland, deel-
geneem. Hy verower ’n brons medalje in die Kihon Ippon
Kumite.
Adriaan se mede SA-deelnemers eindig onderskeidelik 2de
en 1ste. Suid-Afrika stap dus met die louere weg in die
afdeling 13 tot 14 jaar - voorwaar ‘n uitsonderlike prestasie!
Adriaan spog ook met ‘n brons medalje in die Kata-
spanafdeling. Hartlik geluk, Adriaan!
SPORT
RUITERSPORT Hartlik geluk aan die volgende ruiters met hul
uitstekende prestasies:
Talitha Schoeman ontvang ‘n sertifikaat van lof asook
Gauteng provinsiale kleure. Talitha is nou lid van die
Gauteng Nasionale Core League Ruiterspan vir
SANESA, Tydens haar eerste jaar van SANESA-
deelname, behaal Talitha Gauteng-Noord Streekskleure
sowel as Gauteng Provinsiale kleure.
Leandry Smith het aan die SANESA Skoleskou
deelgeneem en soos volg presteer:
Showmanship (1ste plek)
Trail (1ste plek)
Horsemanship (3de plek)
Bo: Leandry in aksie.
TENNIS Elge Coetzee het as trotse
wenner uit die Tshwane Tennistoer-
nooi getree.
Ons is trots op jou, Elge!
Links: Elge het rede om breed te
glimlag!
ATLETIEK Oefening:
Maandae, Dinsdae en Donderdae
Tyd:
14:00-15:00
LW: Maandae is UITERS BELANGRIK. Dan
oefen elke atleet sy/haar prioriteit item.
Datums:
Do. 25 Oktober - Interhuis (Tuis)
Do. 1 November - Atletiekbyeenkoms
Ons maak tyd vir jou kind
SKAAK Baie geluk aan Miané Friedrich wat haar Tshwane
skaakkleure verwerf het. Sy neem later vanjaar in
aan die Suid-Afrikaanse Juniorkampioenskappe
(o.8 span) deel. Altesaam 6 Wouwtjies het nou
reeds provinsiale kleure in skaak verwerf!
Ons is baie trots op julle!
![Page 11: Gr. 1 3wouwtjies.co.za/wp-content/uploads/2018/10/Nuus... · Ek moet die beheerliggaam, bestuurspan, ouerkorps en leerders almal tevrede hou, nes ‘n politikus. Ek moet briefies](https://reader030.vdocuments.pub/reader030/viewer/2022040318/5e3453da3c57ff179d154963/html5/thumbnails/11.jpg)
11
at wou jy adverteer? Jy kan ook in die Wouwtjienuus adverteer! Kontak: [email protected]
LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.
EKSAMEN:
VOORBEREIDING &
HULPVERLENING
Oud-onderwyseres bied lesse op
die skoolterrein aan.
Beperkte plek op Ma. en Do.
beskikbaar.
Kontak: Me. Lynette Pretorius
082 445 6781
Ultimate Upholstery Meubels herstoffering
Maak van kussings
Ottomans/headboards
Pelmits
Gordyne en blindings
Binnehuisversiering
CHRISTA: 082 376 7605
Koelkamers, vrieskamers, houerbakke vir verkoelingstrokke en ander geïsoleerde
ruimtes. Piet Pretoriusstraat 1, Rosslyn, Pta.
Tel (012) 541 1797/8
Wouwtjienuus: Navrae & advertensies: Lisa Potgieter ([email protected]) LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.
The most COST EFFECTIVE
way to find Au Pairs in your
area, matching your unique
requirements.
www.localaupairlink.co.za
0824410439
Betroubare tuinman soek
werk vir Ma. en Vry. Ook handig
met nutswerk.
Kontak: 082 3715477
Ultimate Kitchens Kombuise
Ingeboude kaste
Studeerkamers
Dry-walling en Plafonne
Teëlwerk en Verfwerk
3D-program.
GRATIS KWOTASIES
Glen Lord: 0827882772
Ons maak tyd vir jou kind
![Page 12: Gr. 1 3wouwtjies.co.za/wp-content/uploads/2018/10/Nuus... · Ek moet die beheerliggaam, bestuurspan, ouerkorps en leerders almal tevrede hou, nes ‘n politikus. Ek moet briefies](https://reader030.vdocuments.pub/reader030/viewer/2022040318/5e3453da3c57ff179d154963/html5/thumbnails/12.jpg)
Kontak ons L/s Anton van Wouw
Deystraat
Nieuw Muckleneuk Pta.
Tel: 012 460 6181/3024
Bemarking:
Marica Botha
Wouwtjienuus: Navrae &
Advertensies:
Lisa Potgieter
Verhuring van fasiliteite:
Simone Wallace
Sport:
Volg ons op:
DAGBOEK Vry. 12 Oktober
Entrepreneursmark
Do. 25 Oktober
Atletiek Interhuis (Tuis)
Do. 1 November
Atletiekbyeenkoms
Ma. 12 Nov.-Ma. 26 Nov.
Eksamen Gr. 4-7 Ons maak tyd vir jou kind
WOUWTJIEGROETE
MNR. CR HENNING
HOOF
Onthou om jou MySchool kaart te gebruik!
Ons maak tyd vir jou kind
Wouwtjienuus: Navrae & advertensies: Lisa Potgieter ([email protected]) LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.