gr r-fotoblad€¦ · 3 nuus uit gr. r -rika du toit om ‘n jaar suksesvol af te sluit, beteken...

37
In hierdie uitgawe Uit die kantoor 1 Graad R 3 Akademie: Grondslagfase 5 Akademie: Intersenfase 6 Kultuur 8 Operasionele Bestuur 12 Fisiese Geriewe 16 Biblioteek 17 Verrykings- program 19 Leerlingraad 21 Leerderonder- steuning 24 Sport 26 VANUIT DIE KANTOOR BAIE DANKIE Baie dankie vir elke personeellid, ouer en leerder se waardevolle bydrae gedurende die afgelope jaar om van Eikestad nog ’n beter plek te maak. Almal se hulp, raad, betrokkenheid en ondersteuning van die skool word nie as vanselfsprekend aanvaar nie. Dit word opreg waardeer. Dit was vir my persoonlik ’n groot voorreg om op ’n ander manier as gewoonlik in diens van die skoolgemeenskap te kon staan. Geniet die vakansie en mag almal in die vrede en vreugde van Kersfees deel. ’n Geseënde Nuwejaar word almal toegewens. Dirk Coetzee Waarnemende Skoolhoof Nuusbrief 4/2018

Upload: others

Post on 08-Jun-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Gr R-FOTOBLAD€¦ · 3 NUUS UIT GR. R -Rika du Toit Om ‘n jaar suksesvol af te sluit, beteken ‘n mens moet erkenning gee aan mense wat aksies suksesvol gemaak het. Juffrouens:

1

In hierdie uitgawe

Uit die

kantoor

1

Graad R 3

Akademie:

Grondslagfase 5

Akademie:

Intersenfase 6

Kultuur 8

Operasionele

Bestuur 12

Fisiese

Geriewe

16

Biblioteek 17

Verrykings-

program

19

Leerlingraad 21

Leerderonder-

steuning 24

Sport 26

VANUIT DIE KANTOOR

BAIE DANKIE

Baie dankie vir elke personeellid, ouer en leerder se

waardevolle bydrae gedurende die afgelope jaar om van

Eikestad nog ’n beter plek te maak. Almal se hulp, raad,

betrokkenheid en ondersteuning van die skool word nie as

vanselfsprekend aanvaar nie. Dit word opreg waardeer.

Dit was vir my persoonlik ’n groot voorreg om op ’n ander

manier as gewoonlik in diens van die skoolgemeenskap

te kon staan.

Geniet die vakansie en mag almal in die vrede en vreugde

van Kersfees deel. ’n Geseënde Nuwejaar word almal

toegewens.

Dirk Coetzee

Waarnemende Skoolhoof

Nuusbrief 4/2018

Page 2: Gr R-FOTOBLAD€¦ · 3 NUUS UIT GR. R -Rika du Toit Om ‘n jaar suksesvol af te sluit, beteken ‘n mens moet erkenning gee aan mense wat aksies suksesvol gemaak het. Juffrouens:

2

Gr R-FOTOBLAD

Page 3: Gr R-FOTOBLAD€¦ · 3 NUUS UIT GR. R -Rika du Toit Om ‘n jaar suksesvol af te sluit, beteken ‘n mens moet erkenning gee aan mense wat aksies suksesvol gemaak het. Juffrouens:

3

NUUS UIT GR. R - Rika du Toit

Om ‘n jaar suksesvol af te sluit, beteken ‘n

mens moet erkenning gee aan mense wat aksies

suksesvol gemaak het.

Juffrouens:

Vir al hul harde werk, omgee en sterkende

hande om ons leerders in liefde skoolgereed te

kry, sê ons dankie.

Leerders:

Ons is werklik trots op al ons leerders wat so duidelik waarneembaar op alle vlakke

ontwikkel het.

Klasverteenwoordigers:

Vir al hul ondersteuning, opofferings en positiewe ingesteldheid teenoor elke aksie,

het ons opregte waardering!

Ouers:

Dankie aan elke ouer wat op so ‘n spontane en gewillige wyse ons hand gesterk het

in elke aksie.

Die volgende aksies het hierdie kwartaal geseëvier:

KERSKONSERT: “Plek in jou hart”

Met Ouma se kuier by haar kleinkinders gedurende die Desembervakansie, word daar opnuut

gekyk na die hart van Kersfees. Want die vraag op Klara en Dawid se lippe is: “Waar is ons

geskenke, Ouma?” Ouma sien dit as die ideale geleentheid om weer die Kersverhaal vir haar

kleinkinders te lees.

Die herders en wyse manne deel saam met Maria en Josef hulle ervarings oor wat in daardie

tyd gebeur het. Die krip is die konkrete bewys van God se onvoorwaardelike liefde. Vir ‘n

ondankbare wệreld gee Hy Sy allerbeste geskenk: Jesus Christus! Soos die Kersverhaal

ontvou, besef Ouma en haar kleinkinders dat die grootste geskenk wat jy vir God kan

teruggee, is om plek in jou hart te maak sodat jy Sy Storie, ongeag hoe oud of jonk jy is, vir

die wệreld daarbuite kan vertel.

Die gr. R-leerders het geskitter in hulle kostuums en hulle beste danspassies uitgevoer met

hulle breedste glimlagte. Saam as opvoeders, leerders en ouers het ons beleef: “Liefde is in

die Feestyd gebore. Laat ons die liefde lewend hou.”

ONTMOETINGSGESELLIGHEID

Op Dinsdag 13 November is die gr. R-juffrouens

verwelkom deur ‘n saal vol gretige gesiggies wat reg is

om te begin leer. Ons sien uit na 2019 om ons nuwe

leerders beter te leer ken, maar gaan ons ou maatjies

darem vreeslik mis! Op Donderdag 15 November het ons

huidige gr. R-maats hul nuwe gr. 1-juffrouens ontmoet

en met groot opgewondendheid die volgende dag kom

spog dat hul nou gereed is om groot skool toe te gaan!

Page 4: Gr R-FOTOBLAD€¦ · 3 NUUS UIT GR. R -Rika du Toit Om ‘n jaar suksesvol af te sluit, beteken ‘n mens moet erkenning gee aan mense wat aksies suksesvol gemaak het. Juffrouens:

4

MUSIEKORIëNTASIEKONSERT

Die gr. R-musiekoriëntasieleerders het ons bekoor met ‘n aand van sang, dans en

orkesitems. Die maatjies was uitgedos in die mooiste klere en was op hul stukke. Dit was

duidelik sigbaar dat musiek ‘n fees is in gr. R. Mooi so, maats!

SERTIFIKAATOORHANDIGING

‘n Jaar propvol leer, groei en ontwikkel kom tot

‘n einde met die suksesvolle voltooiing van gr. R.

Elke maat stap met trots oor die verhoog om sy

of haar sertifikaat te ontvang en elke gr. R-

juffrou dink na oor al die harde werk wat elke

maat hierdie jaar ingesit het.

Met groot trots staan elke juffrou terug en stuur

elke kindjie na gr. 1 met ‘n geruste hart. Ons

wens elke leerder ‘n pragtige nuwe jaar in gr. 1

toe, met ‘n splinternuwe skooluniform, gereed

vir sy of haar groot skoolloopbaan.

Fondamente is gelê en ons sien met verwagting

daarna uit hoe die leerders die wêreld gaan

verbaas. Wat ‘n groot voorreg was dit nie vir

ons juffrouens om hierdie jaar saam met so ‘n

besonderse groep leerders en ouers ‘n pad te

loop nie. Geniet die Feesgety saam met jul

familie en gesinne!

Page 5: Gr R-FOTOBLAD€¦ · 3 NUUS UIT GR. R -Rika du Toit Om ‘n jaar suksesvol af te sluit, beteken ‘n mens moet erkenning gee aan mense wat aksies suksesvol gemaak het. Juffrouens:

5

GRONDSLAGFASE: Akademie

Departementshoof — Sonja Nieuwoudt

Binne ‘n oogwink moet ons alweer al ons lekkerkry klaarkry vir 2018!

Terugskouend wil ek sommer net ‘n paar goeie dinge noem wat met ons in die

Grondslagfase gebeur het.

Personeel doen kwartaalliks kursusse en woon seminare by, sodat ons te alle tye

ingelig is van die nuutste veranderinge. Op assesseringsvlak het ʼn hele paar

omwentelinge plaasgevind: die aantal assesseringstake per kwartaal het verminder

en informele assessering (d.m.v. ʼn kontrolelys) speel ʼn belangrike rol.

Vanaf volgende jaar begin ons met EGRA (Early Grade Reading Assessment), waar

leerlinge d.m.v. ʼn instrument getoets word. Aspekte soos klankekennis, lees met

tempo en lees met begrip vorm deel van hierdie instrument.

Vanaf die 2de kwartaal in 2019 begin die gr. 1’s en 2’s ook met isiXhosa-klassies.

Hierdie opleiding word in die eerste kwartaal vir die onderwysers gedoen. Ons

skoolweek gaan met 1 uur verleng word. Ons sal dit later met u kommunikeer,

aangesien dit eers van die 2de kwartaal af gaan gebeur.

Ons het die afgelope jaar weer die voorreg gehad om ses klasassistente te kon hê.

Hierdie mense se kosbare diens is van onskatbare waarde.

‘n Groot dankie aan ons Beheerliggaam vir die beskikbaarstelling van fondse, sodat

ons ons onderwystaak met vreugde kon voortsit. Woorde kan nie behoorlik ons

dankbaarheid vir ons nuwe speelterrein omskryf nie. Dit maak ʼn reuseverskil op vele

terreine. Dankie vir die lekker uitstappies wat ons sonder ekstra kostes kon geniet!

Dankie aan ouers: Dis ‘n voorreg om met leerders, wat goed voorberei is vir skool, te

werk. Getroue ondersteuning, hulp met take, vasleggingswerk en goed versorgde

kinders, is faktore wat ons akkertjies vir goeie onderwys voorberei. Dankie dat u ons

hande so sterk in hierdie groot taak. Dankie ook vir u lojaliteit, omgee vir u kind se

juffrou en positiwiteit teenoor ons skool, wat ons so ruim van u ontvang. Dit is die

dinge wat ‘n lied in ons almal se harte plaas.

Dankie aan onderwysers: Ons skool het die voorreg om ‘n puik Grondslagfaseperso-

neel te hê. Dankie vir positiwiteit en die moed om veranderinge so moedig te hanteer

– julle is besonders.

Dit is weer groettyd vir ons gr. 3’s! Baie sterkte vir die nuwe fase. Ons weet julle is

goed voorberei en gereed vir nuwe uitdagings.

Maak asseblief seker dat u kennis neem van die skoolure tydens die eerste twee weke

van die nuwe kwartaal.

Mag elke gesin ‘n wonderlike somervakansie

geniet. Ons bid vir beskerming en veilige

bewaring van elke kind en ouer. Mag ons

almal weer opnuut vervul word met nuwe

krag en energie.

Page 6: Gr R-FOTOBLAD€¦ · 3 NUUS UIT GR. R -Rika du Toit Om ‘n jaar suksesvol af te sluit, beteken ‘n mens moet erkenning gee aan mense wat aksies suksesvol gemaak het. Juffrouens:

6

INTERSENFASE: AKADEMIE

Adjunkhoof: Gawie Nieuwoudt

Tydens die kort vierde kwartaal het ons die leerlinge begin afrond vir die finale

eksamen van 2018. Talle informele en formele assesserings het plaasgevind.

Die kollegas moes streng by die departementele voorskrifte hou. Veral die tale

het groot uitdagings gestel omdat die tyd so min was. In van die grade moes

ons in die tale nege assesserings inpas, wat voorwaar ‘n uitdaging was.

Die gr. 3- en gr. 6-leerders moes ook die Sistemiese Evaluerings op 24 Oktober 2018 aflê.

Die praktiese sy van die toetse het goed verloop. Die uitslae sal ons eers volgende jaar

ontvang.

Die gr. 4’s het hul tweede eksamen afgelê. Dit bly vir ons ‘n riem onder die hart om te sien

hoe mooi hulle gevorder het onder ons bekwame kollegas se leiding. Hulle het ook ʼn baie

kleurryke vlieër-oggend gehou. Die leerlinge, ouers en kollegas het vir ʼn mooi

opvoedkundige skouspel gesorg.

Ons het op Vrydag 26 Oktober 2018 die bo-tagtig-toekennings van die gr. 7’s gedoen. Vyf

en veertig leerlinge was op die verhoog. Mila van Wyk het die eerste plek vir 2018 behaal.

Sy is vanjaar ons Dux-leerling.

Op Woensdag 15 November 2018 het ons gr. 7-leerlinge vir ‘n sake-ete aangesit. Die

leerlinge het vir die okkasie formeel aangetrek. Mnr. Anton Müller en dr. Sanet Müller, sy

eggenote, het met die kinders oor ingenieurswese en die mediese beroep gesels. Die

voorleggings was baie interessant en insiggewend. Die oggend is afgesluit met ‘n heerlike

samesyn en lekker versnaperinge.

Wiskundekompetisies 2018

Christiaan Cronje (gr. 6) het 96% vir sy

AdMaths-eksamen behaal.

Nicolas Smit en Markus Nel (albei gr. 7) is op

Saterdag 20 Oktober by die Universiteit van

Stellenbosch aangewys as onder die top-30-

Wiskundeleerders in die Wes-Kaap-streek vir

2018, nadat hulle aan die Wiskunde-in-Aksie-

kompetisie deelgeneem het. Hulle het teen meer

as 3 100 leerlinge meegeding.

Honderd drie-en-vyftig van ons leerders het

deurgedring na die tweede rondte van AMESA.

Van hierdie leerders het 47 leerders brons, 59

silwer, en 4 goud behaal. Om goud te behaal

moet leerders bo 85% vir die toets kry. Die leer-

linge wat goud behaal het, is: Gerda du Toit,

Helena du Plessis, Francois Dercksen en Kara

Bestbier.

Terugskouend is ek besonder trots op ons skool. Die jaar was ‘n groot sukses, ons standaard

is hoog en die mense betrokke by ons skool lewer uitstaande werk. Die leerlinge van ons

skool beskou goeie akademiese prestasie as baie “cool”!

Ons is ook trots op die wyse wat ons oudskoliere by die hoërskole presteer.

Page 7: Gr R-FOTOBLAD€¦ · 3 NUUS UIT GR. R -Rika du Toit Om ‘n jaar suksesvol af te sluit, beteken ‘n mens moet erkenning gee aan mense wat aksies suksesvol gemaak het. Juffrouens:

7

SKOOLTYE 2019

Maandae tot Vrydae

Graad 9 - 18 Jan. vanaf 21 Jan.

Gr. R 07:45 - 12:30 07:45 - 13:00

Gr. 1 07:45 - 12:30 07:45 - 13:15

9 - 11 Jan. vanaf 14 Jan.

Gr. 2 07:45 - 12:30 07:45 - 13:15

Gr. 3 07:45 - 13:00 07:45 - 13:30

Gr. 4 – 7 07:45 - 14:00 07:45 - 14:00

‘n Opregte dank aan alle ouers, leerlinge en kollegas vir julle harde werk en ondersteuning.

Ons as span het die waardes van Laerskool Eikestad pragtig uitgeleef.

Page 8: Gr R-FOTOBLAD€¦ · 3 NUUS UIT GR. R -Rika du Toit Om ‘n jaar suksesvol af te sluit, beteken ‘n mens moet erkenning gee aan mense wat aksies suksesvol gemaak het. Juffrouens:

8

KULTUUR

Departementshoof: Karin Soyez

AKKERKOOR - Marli Vosloo

Die Akkerkoor woel in die 4de kwartaal

Ons was in die vierde kwartaal omtrent op die voorgrond met ‘n paar hoogtepunte wat ons

harte laat sing van dankbaarheid.

Op 20 Oktober 2018 het ons Azaliahof-ouetehuis besoek waar die Akkerkoor ‘n vrolike

program voorberei het van liedere oud en nuut. Elke oupa en ouma is omtrent bederf, nie

net met die musiek nie, maar met ‘n oorvloed blomme en soet bederfies. Ons het ‘n spesiale

band met die ouetehuis gevorm en gaan beslis in 2019 meer uitstappies na Azaliahof doen

om die vreugde van ons liefde vir musiek te deel.

Die Akkerkoor is op 11 November 2018 genooi om by Stellenbosch-

Wes-gemeente op te tree by hul spesiale kinderdiens. Dit was

voorwaar ‘n voorreg om ons Godgegewe talente met die gemeente te

deel en om by hierdie geleentheid groot ondersteuning van ons

Eikestad-ouers te ontvang.

Dit was ‘n wonderlike jaar van baie groei, leer en ontwikkel wat ons

musikaliteit betref. Die Akkerkoor sien daarna uit om nog baie mense

se harte te raak, deur ons liefde vir musiek met passie uit te straal.

Ons bedank eerstens ons Hemelse Vader vir ons talente wat ons tot

Sy eer kan gebruik. ‘n Spesiale dank ook aan ons ongelooflike ouers

en ons pianis, Janu Engelbrecht, wat ons so baie ondersteun het

gedurende hierdie jaar.

Die Akkerkoor sien uit na 2019 met musiek wat ons uit ons harte uit sing.

Page 9: Gr R-FOTOBLAD€¦ · 3 NUUS UIT GR. R -Rika du Toit Om ‘n jaar suksesvol af te sluit, beteken ‘n mens moet erkenning gee aan mense wat aksies suksesvol gemaak het. Juffrouens:

9

EIKEKOOR — Jolise Kruger

Dit is met groot dankbaarheid dat die Eikekoor terugkyk op ʼn

besige en opwindende jaar. Ons deel graag die hoogtepunte van

die laaste twee kwartale.

Die Eikekoor se jaarlikse sop-en-brood-aand was ʼn reusesukses. Met “ʼn Aand vol sterre” as

tema het die tafels behoorlik geskitter en die sangtalent gestraal. Die Eikekoor en die US se

Acapella-groepe het die gehoor vermaak met opwindende liedere en almal het heerlik aan

die sop en brood gesmul. Weereens dankie aan die Eikekoor-ouergroep, sonder wie hierdie

aand nie ʼn sukses sou wees nie.

Nuwe musiek is spesiaal gekies en gekomponeer vir dr. Aucamp se afskeidskonsert. Die koor

het met opwinding hierdie liedere geoefen en ʼn pragtige emosionele vertoning aan dr.

Aucamp voorgedra.

Die oudisieproses is ook aan die einde van die 3de kwartaal afgehandel. Ons kan met

sekerheid sê dat die koor van 2019 ʼn talentvolle en energieke groep leerders is wat

passievol die skool se naam hoog sal hou met hulle sangtalent.

ʼn Suksesvolle entrepreneursdag is vroeg in die 4de kwartaal afgehandel. Na afloop van so ʼn

dag is die gesegde “vele hande maak ligte werk” so gepas. Ons waardeer elkeen se bydrae

opreg.

Die Eikekoor sluit die jaar af met ʼn optrede by Stellenbosch se Moederkerk as deel van hulle

Kinderkerskonsert. Met die herlewing van pragtige Kersliedere en die klein kinders se

opgewondenheid oor Kersfees, word die jaar vir seker op ʼn hoogtepunt afgesluit.

Ons wil graag elkeen bedank vir die jaar se ondersteuning. Ons waardeer die groot gehoor

wat ons met elke vertoning ondersteun. Ons sien uit na ʼn vol program vir 2019 se Eikekoor

met klomp vernuwings en verrassings om die draai.

Eikekoorgroete

EIKEORKES - Mariëtte Schumann

Baie dankie aan die Eikeorkeslede wat getrou op Donderdae van

17:00 tot 19:00 in die Aktiwiteitsentrum bymekaarkom om mooi

en lekker musiek te bemeester.

Ons is weer aangewys as die beste laerskoolorkes met ons

deelname aan die Paarl Eisteddfod. Welgedaan!

Na die baie suksesvolle afskeidsaal waar ons dr. Bennie Aucamp

getrakteer het op sy geliefde As the Deer/ Soos ‘n Wildsbok, verwerk deur dr. Mariaan Du

Preez-Briggs, God and God alone met die Eikekoor en sy gunstelingrockmusiek met ‘n

allegaartjie van drie Neil Diamond-liedere, het die vierde kwartaal aangebreek.

Omdat amper alle orkeslede by die musiekkonsert vir seniors op 7 November musiekstukke

sou speel, het ons die ouers getrakteer met orkesmusiek en die verrigtinge geopen. Ons

laaste optrede was by die Kinderkersfeesdiens in die Moederkerk op 18 November met die

Eikekoor en die Hoërskool Stellenbosch Ensemble.

Page 10: Gr R-FOTOBLAD€¦ · 3 NUUS UIT GR. R -Rika du Toit Om ‘n jaar suksesvol af te sluit, beteken ‘n mens moet erkenning gee aan mense wat aksies suksesvol gemaak het. Juffrouens:

10

Ons het groot waardering vir ‘n heerlike jaar waarin elke individu sy of haar spel verbeter

het en ook meer geleer het oor hoe om as orkesspeler op te tree.

Ons sien julle in 2019 vir ‘n medley van “The Greatest Showman” wat dr. Mariaan Du Preez-

Briggs in die Desembervakansie gaan verwerk.

MUSIEKDEPARTEMENT – Thia du Plessis

Die 4de kwartaal het met die Unisa-teorie-eksamens en harde werk

weggespring. ‘n Groot klomp van ons leerlinge het vanjaar vir die eerste keer

teorie-eksamens geskryf en dit baie geniet. ’n Rekordgetal van 55 van ons

kinders het geskryf!

Daar was ‘n Teoriepretdag waartydens ons ou vraestelle uitgewerk het en

pizza, asook baie lekkergoed geëet het. Ons wag nou in spanning op die

uitslae. Ons het intussen ons uitslae van die praktiese eksamens gekry en is

baie trots op ons leerlinge wat almal besonder hoë punte gekry het. Harde

werk word beslis beloon.

Ons het ook altesaam sewe musiekkonserte hierdie kwartaal gehou en dit saam met ouers

en vriende geniet. Dit bly ‘n voorreg vir almal om skool te gaan in ‘n skool waar tjello, viool,

klavier, saksofoon en klarinet, dwars- en blokfluit, sang en kitaarklanke oral opklink. Ons

groet julle met die soet klank van Stille Nag in die agtergrond, tot ons mekaar weer sien in

2019.

Page 11: Gr R-FOTOBLAD€¦ · 3 NUUS UIT GR. R -Rika du Toit Om ‘n jaar suksesvol af te sluit, beteken ‘n mens moet erkenning gee aan mense wat aksies suksesvol gemaak het. Juffrouens:

11

Page 12: Gr R-FOTOBLAD€¦ · 3 NUUS UIT GR. R -Rika du Toit Om ‘n jaar suksesvol af te sluit, beteken ‘n mens moet erkenning gee aan mense wat aksies suksesvol gemaak het. Juffrouens:

12

REDENAARS – Karla Strydom

Eikestad kan met trots terugkyk op ʼn uiters suksesvolle redenaarsjaar.

Met meer as 35 sprekers (van gr. 3 tot 7) het ons aan verskeie kompetisies

deelgeneem. Dié kompetisies sluit onder meer die ATKV-redenaarskompetisie,

Oppie Tong Af, Radikale Redenaars en ons eie interne en Eikestad-

redenaarsfeeste in.

Ons leerders het hulle baie goed van hul taak gekwyt deur uitstekende,

beredeneerde toesprake voor ouers en beoordelaars te lewer.

ʼn Besondere prestasie is dat vier van ons redenaars aan die nasionale rondtes van

onderskeidelik die Oppie Tong Af en Radikale Redenaars gaan deelneem het. Abigajil

Swanepoel (gr. 7) en Marliné Stoop (gr. 4) het beide ʼn vierde plek nasionaal behaal. Jaidan

Reyneke (gr. 3) het ook goed gevaar. Tristan Opt’Hof kon ongelukkig nie deelneem nie,

omdat hulle verhuis het.

Ons is dankbaar teenoor elkeen wat ʼn aandeel daarin gehad het om hierdie seisoen suksesvol te maak. Spesifieke dank aan die ouers, onderwysers en juf. Thia vir hul deurlopende ondersteuning, organisasie en afrigting.

OPERASIONELE BESTUUR—Dirk Coetzee

Finansies

Dankie aan alle ouers wat hulle finansiële verpligtinge teenoor die skool getrou nakom.

Die skool sluit die jaar af met ’n positiewe kontantvloei.

Ouers wat agterstallig is met die betaling van skoolgeld vir 2018 word versoek om so gou moontlik reëlings met mev. Marietjie Basson te tref om te verhoed dat u oorhandig word aan die skool se invorderaar op 31 Desember 2018. ([email protected])

Soos op die begrotingsvergadering besluit, is die skoolgeld vir 2019 vasgestel op R17 960 per leerder per jaar. Indien ouers die bedrag voor die einde van Februarie eenmalig betaal, word ’n afslag van R1 000 per leerder toegestaan. Al die nodige inligting met betrekking tot die betaalopsies, is reeds deurgegee. Doen gerus navraag as daar enige onsekerhede is.

Ons het groot waardering teenoor alle ouers wat die skoolgeld gereeld betaal, die fondsinsamelings ondersteun en as borge help. Sonder hierdie bydraes kan ons nie die kwaliteitonderwys en geleenthede lewer wat ons graag aan die kinders wil bied nie.

Personeel

Dit is vir my ‘n groot voorreg om saam met die deeglik uitgesoekte kollegas van Laerskool Eikestad te werk. Elkeen het ‘n spesiale iets wat hulle tot die wenspan bydra.

Hulle verdien groot lof vir die wonderlike manier waarmee hulle daagliks met ons kinders werk.

Page 13: Gr R-FOTOBLAD€¦ · 3 NUUS UIT GR. R -Rika du Toit Om ‘n jaar suksesvol af te sluit, beteken ‘n mens moet erkenning gee aan mense wat aksies suksesvol gemaak het. Juffrouens:

13

Die groot verandering ten opsigte van personeel wat ons hierdie jaar ervaar het, is die aftrede van dr. Aucamp. Na sewentien en ‘n driekwart jaar se toegewyde diens aan die Eikestadgemeenskap, het hy die gejaagde lewe vir ‘n ontspanne lewenstyl verruil. Mag hy ook in sy nuwe lewe vervulling vind.

Juffrou Anette Fourie, een van ons Wiskundedeskundiges tree aan die einde van die jaar na 22 jaar af. Die entoesiasme waarmee sy alles aanpak en die uitstekende Wiskunde-uitslae wat haar kinders deur die jare behaal het, sal ons altyd bybly.

Die ander personeellid wat ook ons diens verlaat, is Emma Beukes wat met groot liefde as assistent in die Grondslagfase gehelp het. Ons is saam met haar opgewonde oor die pos wat sy in Ceres gekry het.

Jana Barnardt wat so mooi by die gr. 2’s as assistent gehelp het, maak ook aan die einde van die jaar klaar by ons. Ilze Lourens, een van ons gr. 3-klasassistente is ook reeds weg en hou in Franschhoek skool. Ons leerderondersteunerassistent, Jani Kruger, gaan volgende jaar nader aan die huis, in die Strand, haar deeglike sorgsaamheid met die kinders voortsit. Luaan Diedericks, een van ons terreinwerkers, maak ook aan die einde van die jaar na baie vee, skoffel en help waar nodig, klaar by die skool. Ons beste wense vergesel hulle.

Die Beheerliggaam het na afloop van ʼn lang, deeglike proses die geskikte persoon gevind om die leisels as hoof van die skool oor te neem. Ons wag tans op die Departement van Onderwys om die skool se aanbeveling goed te keur. Ons sien met opgewondenheid uit na ʼn dinamiese toekoms wat ons tegemoetgaan.

By voorbaat welkom aan die volgende kollegas wat volgende jaar by ons aansluit. Juffrou Nielké Matthee is in die Wiskundepos aangestel en Chantelle Williams gaan ons nuwe leerderondersteunerassistent wees. Anke Nel het as Grondslagfase-klasassistent by ons aangesluit en Marné Stander en Anri Schoonees gaan die gr. 4-klasassistente wees. Ntobeko Tom, wat as sekuriteitswag by ons diens gedoen het, is as terreinwerker vanaf die begin van 2019 aangestel. Ons glo dat hy met sy spesiale persoonlikheid ook ʼn waardevolle bydrae tot die skool sal maak.

ʼn Rustige, welverdiende vakansie word die personeel toegewens.

Geseënde Kersfees en Voorspoedige 2019

Page 14: Gr R-FOTOBLAD€¦ · 3 NUUS UIT GR. R -Rika du Toit Om ‘n jaar suksesvol af te sluit, beteken ‘n mens moet erkenning gee aan mense wat aksies suksesvol gemaak het. Juffrouens:

14

GHOLFDAG – Dirk Coetzee

Op 25 Oktober het ons skool se jaarlikse gholfdag by die Stellenbosch Gholfklub plaasgevind.

Die spelers is behoorlik getrakteer en praat met groot lof van die dag.

Dit is 'n behoefte van die skool om die gholfbestuur van 2018 by name te bedank vir hul onverpoosde harde werk deur die afgelope maande om hierdie dag moontlik te maak. Baie dankie aan elkeen van die volgende persone wat deel uitgemaak het van hierdie bestuur, nl. Freda Kieviet (voorsitster), Adele Hertzog, Andries Vermeulen, Johan Krieg, Jeanne-Marie Bestbier, Louis Destroo, Ross Breedt, Maxie Goussard, Fonnie Pecoraro en Christi Terblanche.

60 dames het ook op die dag aan ‘n boules-(akkergooi)-toernooi deelgeneem. Dit het vir groot pret gesorg. Baie dankie aan Jolindie Venter en Annene Basson wat die reëlings getref het.

Ander ouers was ook betrokke by die setkompetisie, by die natgate, as borge en as ondersteuners op ander maniere. Hartlike dank aan elkeen.

'n Besondere woord van dank ook aan die LDP-ouditeure wat as hoofborg opgetree het en ook al die ander borge wat op een of ander wyse bygedra het om van hierdie dag 'n sukses te maak.

Die wins van hierdie jaar se gholfdag en kaartjieverkope is gesamentlik net meer as R410 000, wat ʼn nuwe rekordbedrag is!

Page 15: Gr R-FOTOBLAD€¦ · 3 NUUS UIT GR. R -Rika du Toit Om ‘n jaar suksesvol af te sluit, beteken ‘n mens moet erkenning gee aan mense wat aksies suksesvol gemaak het. Juffrouens:

15

KAARTJIEVERKOPE

Ons leerders en ouers het met groot entoesiasme aan die projek deelgeneem en die pragtige bedrag van R155 550 is ingesamel. Ons hartlike dank vir elkeen se moeite en betrokkenheid. Baie dankie ook aan die gr. 4-juffrouens en hulle klasverteenwoordigers wat die administra-sie van die projek uitstekend hanteer het.

Die volgende persone het die pryse gewen:

Canon EOS 1300D-kamera met sak Marius Fouché

iPad 6 + Apple TV Marie le Grange (ouma van die skool)

Slagskaap Flip Liebenberg (pa van die skool)

R2000-geskenkbewys, Boord Superspar JF Keuler (oupa van die skool)

Met die verkope het vier kinders ‘n iPad gekry as gevolg van die aantal boekies wat hulle verkoop het en ‘n groot aantal kinders het kaartjies na die Wiesenhof-waterpark gewen.

Die vyf kinders wat die meeste kaartjies verkoop het, het ook elkeen ‘n kontantprys gekry.

Die klas wat die meeste boekies verkoop het, is die gr. 2.4-klas van juffrou Jolise Kruger.

Nogmaals baie dankie aan die borge en elkeen wat die skool op een of ander wyse hiermee ondersteun het.

Page 16: Gr R-FOTOBLAD€¦ · 3 NUUS UIT GR. R -Rika du Toit Om ‘n jaar suksesvol af te sluit, beteken ‘n mens moet erkenning gee aan mense wat aksies suksesvol gemaak het. Juffrouens:

16

FISIESE GERIEWE – Handré Victor (Terreinbestuurder)

1. Nuwe speelarea vir die Grondslagfase (GF): Die ou sement-speelarea

van die Grondslagfase is gedurende die 3de kwartaal opgebreek en omskep in

’n speelarea met kunsgras en ’n klimraam. Die GF-kinders geniet en gebruik

hierdie nuwe speelarea ten volle.

2. Astro-hokkie- en netbalbaan: Die geplaveide vierkant aan die voorkant van die

skool is omskep in ’n Astro-oefenbaan vir hokkie en netbal.

3. Nuwe toegangshekke: Die twee voetgangerhekke in Doornboschstraat word tans

herbou. Beide hekke sal steeds toegang bied tot die skoolterrein d.m.v. die

elektroniese skyfies soos in die verlede. Onderdakwaghokkies word ook direk langs

die hekke gebou.

4. Paadjie tussen die sportvelde en tennisbane: ’n Geplaveide paadjie vanaf die

toegangshek die naaste aan die Markötter-velde en die skoolgebou is tans in aanbou.

5. Tuinuitleg: Die nuwe uitleg van die skool se voortuin geskied tans in fases. Ons is

dankbaar vir die onbaatsugtige advies en arbeid soos verskaf deur een van die skool

se ouers, me. Adele van Schalkwyk.

6. Boorgatwater: Ons is dankbaar vir die voorreg om boorgatwater tot ons beskikking

te hê vir die besproeiing van ons sportvelde en die area voor die Nasorg. Hierdie

voorreg het onlangs verdubbel deurdat die boorgatwater nou herlei is na die

voorkant van die skoolterrein. Dit beteken dat ons nou ook die voortuin en –gras kan

besproei.

7. Opgaartenk: ’n Opgaartenk vir reënwater is naby die nuwe GF-speelarea geplaas.

Hierdie opgaarwater word gebruik om bome, plante en struike in die nabye

omgewing nat te lei.

8. Groentetuin: ’n Groentetuin word vir die skool beplan. ’n Area van ongeveer 150 m2

tussen die Nasorggebou en die R44 (Strandpad) is vir hierdie doel geïdentifiseer. Een

van ons onderwysers met toepaslike kennis, mnr. Adriaan Lombard, sal die

beplanning en instandhouding van die tuin hanteer.

Page 17: Gr R-FOTOBLAD€¦ · 3 NUUS UIT GR. R -Rika du Toit Om ‘n jaar suksesvol af te sluit, beteken ‘n mens moet erkenning gee aan mense wat aksies suksesvol gemaak het. Juffrouens:

17

BIBLIOTEEK – Erika Lourens

Ons skop sommer die kwartaal af met ‘n interessante en opwindende besoek

van ‘n bekende Belgiese skrywer. Jan de Kinder lees vir ons gr. 2’s en 3’s

twee pragtige boekies in Nederlands voor en die oë blink in die kindergesiggies

van pure leesgenot! Net daarna gee hy vir ons die Afrikaanse vertaling van die

storieboekies. Ons kon nie wag om dit weer te lees nie.

Om in ons biblioteek te baljaar tussen al die interessante vaklektuur, is ons

leerders se gunstelingtye en hierdie kwartaal het ons die pragtige kunsboeke

deurgeblaai. Van Gogh, Rembrandt, Botticelli, Leonardo da Vinci en nog baie meer het ons

terdeë geniet. Die boek, Kuns vir Kinders, is behoorlik ‘n belewenis om deur te blaai. Baie

van ons gr. 7-leerlinge gaan volgende jaar kuns as vak neem en hulle het baie entoestiasies

deelgeneem aan ons kunsavonture.

Tegnologie was volgende aan die beurt. Tussen stukkende rekenaars, ou faksmasjiene,

videomasjiene, drukkers, selfs ‘n blieper en baie los rekenaaronderdele en kabels was daar

geen keer aan die toekomstige ingenieurs se opgewondenheid nie. Alles is oopgeskroef en

weer toegeskroef deur die volgende klas en ja, drie gr. 6-seuns het dit sowaar reggekry om

‘n ou rekenaar weer aan die gang te kry. Dit was ‘n superbelewenis om die kinders dop te

hou. Die splinternuwe boek, Hoe super cool goed werk, het al die nuutste tegnologie in en

daar is behoorlik kennis uitgeruil en interessante gesprekke gevoer rondom die nuutste

iPhone, SKA, SALT en die lewe op Mars.

Die gr. 7’s het oor ‘n beroep navorsing gedoen en ons het dit op ‘n hoogtepunt afgesluit met

‘n sake-ete vir die jong dokters, argitekte, forensiese deskundiges en nog vele meer

sakevennote. Twee uitsonderlike sprekers, dr. Sanet Muller, ‘n prostodontis, en mnr. Muller,

‘n siviele ingenieur, het met ons kom gesels. Dr. Sanet het nie net haar kennis met ons

gedeel nie, maar ook die pad wat sy moes loop as ‘n dolgelukkige dokter in haar beroep.

Geld is nie alles nie; jy moet gelukkig wees in wat jy doen. So het daar nog ‘n nuwe wêreld

vir ons oopgegaan. Daarna het mnr. Muller, ‘n siviele ingenieur, ons vertel van die baie

interessante werk wat ‘n ingenieur het. Hy is spesifiek betrokke by konstruksie van

reusegeboue en alles wat daarmee saamgaan. Die 911-dag in Amerika het ons opnuut weer

teruggeneem na ‘n bespreking oor die konstruksie van die gebou. So het die een na die

ander onderwerp gevolg en ons is trots om sulke leergierige gr. 7-leerlinge hoërskool toe te

stuur.

Page 18: Gr R-FOTOBLAD€¦ · 3 NUUS UIT GR. R -Rika du Toit Om ‘n jaar suksesvol af te sluit, beteken ‘n mens moet erkenning gee aan mense wat aksies suksesvol gemaak het. Juffrouens:

18

‘n Baie, baie spesiale aand wat ons

moeders en dogters nog lank sal koester,

was ons saamkuier met me. Aldrich. Die

Pretprater, soos sy haarself noem, het ons

behoorlik aan haar lippe laat hang. Daar is

baie gelag en gekuier, maar tog met die

ondertoon dat ‘n mens moet seker maak

van wie jy werklik is en waarheen jy op

pad is. Die dogters sal vir seker sorg dat

hulle “Cool” is, nie “Common” nie, soos

haar boek dit beskryf. Pitkos, padkos vir

onseker tye en voluit lewe is belangrik,

sodat HY eendag kan sê: Jy het die

wedloop voltooi; alles gegee! Welkom tuis!

Vir eers sal die miernes van bedrywighede in die biblioteek moet sluit en gaan ons heerlik

vakansie hou. Ons lesers kan uitsien na ‘n opwindende 2019, want die nuutste boeke is

reeds bestel. Baie avonture en verrassings wag vir julle as jul terugkom!

Alle eer aan elke biblioteekprefek en mediahelper wat die hart van ons leesmasjien super-

goed aan die gang gehou het. Tydens pouse het die deure wyd oopgestaan en was julle daar

om seker te maak ons Eikies kan lees.

Dankie vir liefde en lag rondom boeke! Bly lees, want LEES is KENNIS en KENNIS is MAG. Ek salueer al ons lesers.

CSV—Elizna Joubert

Die CSV het ‘n opwindende kwartaal agter die rug! Ons het weekliks byme-

kaargekom om saam te groei in Christus. Hoe wonderlik is dit nie om saam te

besef dat die Gees van God ons nuut en vol lig maak nie. Hy sien Sy lig in

alle mense, groot en klein. Hy vul ons om dieselfde rede waarom Hy Petrus,

Paulus en soveel ander figure in die Bybel gevul het, sodat ons Sy lig in die

duister sal laat skitter; ongeag ons ouderdom.

Ons maak graag melding van twee geleenthede wat dié kwartaal uitgestaan

het. Eerstens het vier gr. 5-dogters die inisiatief geneem om vir elke kind in die skool ‘n uit-

nodigingskaartjie te maak en hulle uit te nooi na die CSV. Daar was ook ‘n soet bederf inge-

sluit. Dit het ‘n rimpeleffek gehad en die CSV moes hulle tentpenne verskuif na groter

grondgebied. Ons is baie geraak deur hulle voorbeeld, en die feit dat hulle nie skroom om

die Lig te laat skyn nie.

Tweedens was daar die Dankdiens wat op

7 Desember plaasgevind het. Deur hierdie

platform het ons die voorreg gehad om ons

dankbaarheid aan ons Vader te wys vir ‘n vrugbare

2018 met soveel seëninge in goeie maar ook

moeiliker tye. Ons Vader gebruik alles om ons

nader aan Hom te trek. Hy is altyd getrou en sorg

vir Sy kinders. Daarvan kan ons getuig!

Page 19: Gr R-FOTOBLAD€¦ · 3 NUUS UIT GR. R -Rika du Toit Om ‘n jaar suksesvol af te sluit, beteken ‘n mens moet erkenning gee aan mense wat aksies suksesvol gemaak het. Juffrouens:

19

VERRYKINGSPROGRAM— Anja Nänny

Die verrykingsprogram is ‘n vrywillige program waaraan gr. 6-leerders kan

deelneem. Dit is nie prestasiegedrewe nie, maar eerder daarop gemik om

kinders lewensvaardighede aan te leer wat blywende waarde het. Dit bestaan

uit drie afdelings, naamlik:

1. Selfontwikkeling – om iets nuuts te leer;

2. Diens aan die skool en gemeenskap;

3. Ontwikkeling van organisatoriese vaardighede deur ’n geleentheid van

hulle keuse te reël.

Hierdie jaar het daar weer ’n klomp gr. 6’e aan die program deelgeneem. Na afloop van die

terugvoergesprekke is dit duidelik dat hierdie leerders sommige uitdagings ervaar het, maar

ook baie waarde daaruit geput het.

Leerders is verantwoordelik vir o.a. die volgende inisiatiewe:

Selfontwikkeling:

Leer om ’n motorband om te ruil.

Leer om ’n raket te snaar.

Leer teiken skiet.

Leer waterski.

Leer om naaldwerk te doen.

Leer basiese rekenaarprogrammering.

Dienslewering:

Organiseer ’n blokkiesraaisel-aand by ’n ouetehuis.

Tel weekliks vullis op in die berg.

Help by didaktiese klasse by die skool.

Help weekliks die sekretaresse met liassering.

Maak kos vir die voedingsaksie.

Raak betrokke by Becoming Kids.

Raak betrokke by die “Green Door”-projek.

Organisatoriese vaardighede:

Baie van die geleenthede sluit aan by die leerders se dienslewering in die gemeenskap,

aangesien daar verskeie mense daarby baat vind.

Organiseer ’n “Spray-a-thon” by die skool ten bate van Kansa.

Samel tekkies, boeke, skryfbehoeftes en opvoedkundige speelgoed in vir mense wat

dit nodig het.

Bread tags for wheels

Organiseer familieuitstappies/-geleenthede.

Verkoop lootjies om geld in te samel vir krieketontwikkeling by die skool.

“Teen to Tween”- werkswinkel.

Ons is trots op die leerders wat bereid is om aan die program deel te neem en wens hulle

sterkte toe met al hulle projekte.

Page 20: Gr R-FOTOBLAD€¦ · 3 NUUS UIT GR. R -Rika du Toit Om ‘n jaar suksesvol af te sluit, beteken ‘n mens moet erkenning gee aan mense wat aksies suksesvol gemaak het. Juffrouens:

20

VERRYKINGSPROGRAM - FOTOBLAD

Page 21: Gr R-FOTOBLAD€¦ · 3 NUUS UIT GR. R -Rika du Toit Om ‘n jaar suksesvol af te sluit, beteken ‘n mens moet erkenning gee aan mense wat aksies suksesvol gemaak het. Juffrouens:

21

HOOFLEIERS SE GROET- EN DANKBOODSKAP

Groetboodskap - Josh Reyneke (Hoofseun)

Koebaaisê is nie vir sissies nie, dit laat my dink aan ‘n biskop se stukkie

wysheid “Happiness is no laughing matter”. Die lewe is inderdaad een groot

reis om met respek, “aangename kennis”, optes, aftes en baie afdraaipaadjies,

“bly te kennes” en soms ‘n finale groet te stap.

Eikestad het ons geleer om ons lewensreis mooi te beplan en so te navigeer

dat ons altyd vir ander omgee. Tussen die “hallo’s” en “koebaais” het ons met

integriteit en eerlikheid geleer “Ja, Meneer, goed, Meneer, hoe hoog, Meneer”.

Die groot verantwoordelikheidslesse van jammersê, die mooiste lesse van dankiesê en

deurentyd nederig bly, positief wees en vol hoop, want dis wat ons Vader vra.

Mag Sy genadelig oor ons almal skyn op ons pad vorentoe, want dan word ‘n finale groet

eintlik net ‘n “Tot wedersiens, my maat”.

‘n Gebed van D.J. Opperman – “Seёn Here, al die bleek gebeente van die stryd … dat ons as

een groot nasie in dié gramadoelas / met elke stukkie sinkplaat en met elke wiel, / en wit, en

bruin en swart foelie agter skoon glas / ewig U sonlig vang en na mekaar toe spieёl.” In

Jesus Naam.

Om te groet – Anica Venter (Hoofdogter)

Hoe groet ‘n mens ‘n skool wat jou geleer het om om te gee, om eerlik te

wees, om respek te betoon, om verantwoordelik te wees en om integriteit te

hê? Hoe groet ‘n mens ‘n meneer wat jou geleer het om dapper te wees, ‘n

ander meneer wat jou geleer het hoe om uit jou maag te lag? Hoe sê ons

totsiens en dankie vir ‘n juffrou wat in jou geglo het en wat ‘n bietjie druk op

jou geplaas het? “n Juffrou wat vir jou ‘n drukkie gegee het toe jy dit nodig

gehad het. Hoe sê ons dankie vir tannies wat pleisters op ons stukkende tone

geplak het en vir Mamma gebel het as ons siek was? Hoe groet ons en sê ons dankie vir

personeel wat ons sportbane gemerk het en ons skool so mooi netjies gehou het?

Hoe groet ons ons maats? Jou maat wat in gr. 1 grootoog langs jou gesit het, jou maats wat

kaalvoet die pad saam met jou gestap het. Maats wat saamgestaan het in jou span en vir

jóú die bal aangegee het om ‘n doel te skiet.

Hoe sê jy totsiens vir jou maats wat saam met jou gelag het en soms saam met jou hartseer

was …

My gr. 7-maats, ons groet en sê dankie met ‘n Eikie-hart! ‘n Hart wat altyd sal omgee, wat

altyd eerlik sal wees. ‘n Hart wat respek te alle tye sal betoon en wat verantwoordelik sal

wees, sodat almal kan sien daardie Eikestad-kind het integriteit!

Altyd-’n-Eikie!

Page 22: Gr R-FOTOBLAD€¦ · 3 NUUS UIT GR. R -Rika du Toit Om ‘n jaar suksesvol af te sluit, beteken ‘n mens moet erkenning gee aan mense wat aksies suksesvol gemaak het. Juffrouens:

22

TERUGKYK – Jo van Rooyen (Onderhoofseun) Dis was voorwaar ʼn voorreg om hierdie jaar op die leerlingraad van 2018 te

kon dien.

Die jaar het spoedig verbygevlieg en ek kan nie glo ons is al op pad hoërskool

toe nie.

Die Leerlingraad het die jaar afgeskop met ʼn onvergeetlike leierskamp, waar

ons leierskap en spanbouvaardighede geleer het en sommer as een groot span

teruggekom het.

In die tweede kwartaal het die Leerlingraad die "Clothing for Children" geloods en

kilogramme en kilogramme klere, speelgoed en skoene ingesamel vir behoeftige kinders.

Eikestad het voorwaar hulle harte en kaste oopgemaak en gewys dat hulle omgee.

In die derde kwartaal het ons vir tannie Aletta gehelp om voorrade in te samel vir haar

kinderhuis "House of Grace". Hulle is ten volle afhanklik van donasies en weereens het

Eikestad gewys wat vir hulle belangrik is. Dit was vir die leerlingraad ʼn onvergeetlike

ervaring om vir die kinderhuiskinders te gaan kuier. Ons het ook nie vergeet van ons

vierbenige vriende nie en in die vierde kwartaal was dit hulle beurt. Daar was ʼn lekker

"civvie-dag" ten bate van die Stellenbosch DBV.

Om vanjaar deel te wees van die leerlingraad het my as mens baie laat groei, my baie laat

ervaar en my ook geleer om baie te waardeer.

DIE WAARDE WAT DIE LEERLINGRAAD TOT MY AS MENS TOEGEVOEG HET – Mila van Wyk (Onderhoofdogter) Hierdie jaar wat ek op die leerlingraad (LLR) gedien het, het my werklik 'n

kans gegee om te groei, nie net as 'n leier nie, maar as mens ook.

Ons het baie lekker tye saam spandeer en mekaar beter leer ken. Ek dink ons

almal het aan die begin van die jaar gedink om op die LLR te dien beteken net

om 'n baadjie en balkie te dra, maar dit was soveel meer as dit. Ek het geleer

dat, om 'n leier te wees, beteken dat jy 'n voorbeeld moet stel deur jou alledaagse optrede

en nie dat jy vir ander moet sê wat om te doen nie. Ek het ook geleer dat jy jou pligte moet

nakom, gedissiplineerd moet wees en dat jy altyd ander voor jouself moet stel. Jy moet

nooit jouself belangriker as ander ag nie en almal met respek hanteer.

DBV-DONASIES 2018

Baie dankie aan elke leerder en

ouer wat ’n donasie vir die DBV

Stellenbosch geskenk het. Daar is

ʼn enorme bedrag van R11 302,

83 ingevorder. Ons is baie trots

op Laerskool Eikestad se leerders

wat baie OMGEE!

Besoek gerus die DBV Stellen-bosch se webtuiste vir inligting oor vrywillige werk en die aanne-mingsproses. http://www.awss.co.za/

Page 23: Gr R-FOTOBLAD€¦ · 3 NUUS UIT GR. R -Rika du Toit Om ‘n jaar suksesvol af te sluit, beteken ‘n mens moet erkenning gee aan mense wat aksies suksesvol gemaak het. Juffrouens:

23

“HOUSE OF GRACE”-PROJEK 2018 –

Annemarie Nieuwoudt en Karien Joubert

Die leerders van Laerskool Eikestad het ’n groot sukses van die “House of Grace”-projek

gemaak. Die leerders het vreeslik baie produkte geskenk. Daar woon tans 17 kinders by

hierdie kinderhuis. Die sorg wat hierdie kinders ontvang, is nie net tydelik nie, maar tot

wanneer hulle volwassenheid bereik en vir hulleself kan sorg.

Op 20 September 2018, na afloop van die skooldag, het ons leerders House of Grace besoek.

Hulle het heerlike kolwyntjies en koeldranke aan die kinders voorsien.

Daar is heerlike speletjies met die kinders gespeel, soos touspring, hoela-hoepel en selfs

sokker op die grasperk. Die huismoeder, tannie Aletta, was baie dankbaar dat ons

leerlingraad die middag saam met die kinders kom spandeer het.

Baie dankie aan die ouers wat bereid was om te help met vervoer. Dit was ’n heerlike

ervaring vir ons leerders en die kinders van House of Grace.

Tannie Aletta se gesondheid is nie baie goed nie; ons vra asseblief dat sy in gebed aan ons

Hemelse Vader opgedra sal word.

Jes. 49:23 Wie op my vertrou, word nie teleurgestel nie.

Page 24: Gr R-FOTOBLAD€¦ · 3 NUUS UIT GR. R -Rika du Toit Om ‘n jaar suksesvol af te sluit, beteken ‘n mens moet erkenning gee aan mense wat aksies suksesvol gemaak het. Juffrouens:

24

LEERDERONDERSTEUNING - Michelle van Rooyen

2018 was `n jaar propvol opwinding, interessanthede en leergeleenthede in

Laerskool Eikestad. Verskeie seëninge het vanjaar op ons skool neergedaal

waarvoor ons baie dankbaar is. Ons is veral dankbaar vir al die Eikies wat hul

beste gelewer het en die vrugte van hul harde werk gepluk het. Ons is trots op

julle!

Die leerondersteuningsafdeling wil ook graag al die onderwyers bedank wat so getrou

didaktiese klasse en studiehulp vir ons leerders aangebied het. Hierdie opvoeders het die

ekstra myl gestap om te verseker dat ons leerders die ondersteuning kry wat hul benodig.

Die leerders sal ook getuig van die moeite wat die opvoeders met hierdie lesse doen.

Ek kan ook nie nalaat om erkenning te gee aan die terapeutiese span wat ons kinders verryk

met hul kundigheid en innoverende tegnieke om vaardighede, ens. te help ontwikkel nie. Die

terapeute by Laerskool Eikestad is van ongelooflike waarde vir ons leerders, ouers en

onderwysers. Hul is altyd bereid om raad te gee en vergaderings by te woon en dra ons

leerders se beste belange op die hart.

Op hierdie noot is dit vir ons swaar om van Jani Kruger (leerderondersteuner) afskeid te

moet neem. Jani was vir die jaar betrokke by Eikestad en het waardevolle insette gelewer in

elke leerder se lewe met wie sy `n pad gestap het. Sy is ongelooflik kundig en die terapie

wat sy bied, is van hoë gehalte. Ons beste wense vergesel haar op die pad vorentoe, maar

ons hoop sy kom kuier gou weer.

Die behoefte het vanjaar weer ontstaan om `n praatjie oor emosionele welstand vir ons

gr. 6- en 7-leerders aan te bied. Dr. Serahni het hierdie sessie met die leerders behartig, wat

vir hul van groot waarde was. In die gange was dit duidelik hoorbaar hoe hierdie praatjie die

leerders se denkwyse beïnvloed het en ook hoe hul die inligting en vaardighede begin

gebruik het. `n Soortgelyke praatjie is ook vir die ouers aangebied.

Dit is vir ons wonderlik dat die Eikiehart weer vanjaar ruimhartige

skenkings ontvang het. Met hierdie bydraes, wat `n impak van onskatbare

waarde het, help ons behoeftige leerders en gesinne van ons skool.

Die gr. 6-leerders wat daagliks broodjies vir die Eikiehart se kospakkies

smeer, het erkenning vir hul diensbaarheid en harde werk ontvang by

wyse van `n sertifikaat. Ons is werklik trots op hul volwassenheid om

verantwoordelikheid te neem vir hierdie taak wat aan hul opgedra word.

Dan wil ek en René ook ons dank betuig teenoor die Eikiehart-komitee wat

altyd bereid is om te help en inisiatief te neem. Hierdie is `n komitee wat

uit ystervroue bestaan!

Aan elke Eikie, ouer en onderwyser wil ons graag dankie sê vir

jul harde werk en deursettingsvermoë. Geniet die ruskans en

kosbare familietyd wat voorlê. Mag dit `n besonder spesiale

Christusfees wees.

Page 25: Gr R-FOTOBLAD€¦ · 3 NUUS UIT GR. R -Rika du Toit Om ‘n jaar suksesvol af te sluit, beteken ‘n mens moet erkenning gee aan mense wat aksies suksesvol gemaak het. Juffrouens:

25

KLEREBANK By die klerebank word tweedehandse skoolklere, wat in 'n redelike goeie toestand is, teen baie billike pryse aan ouers beskikbaar gestel. Winter-, somer- en sportdrag word by die klerebank verkoop. Die klerebank is afhanklik van skenkings van tweedehandse klere; voorraad word nie deur die skool aangevul nie. Skenkings word baie waardeer. Opbrengste van die klerebank word ook geskenk aan die Eikiehart-fonds. Die klerebank is ‘n diens wat uitsluitlik op ‘n vrywillige basis deur ‘n groep ouers gelewer word. Vir navrae of om betrokke te raak, kontak asb. vir René Hodgson by die skoolontvangs of vir Rita Terblanche by [email protected] .

SKOOLTASSE EN SPORTSASKKE BESKIKBAAR BY DIE KLEREBANK

Klerebanktye:

Maandae 13:15 tot 14:00 Dinsdae 7:30 tot 8:15 Woensdae 10:00 tot 11:00 Donderdae 13:15 tot 14:00 Vrydae 7:30 tot 8:15

Page 26: Gr R-FOTOBLAD€¦ · 3 NUUS UIT GR. R -Rika du Toit Om ‘n jaar suksesvol af te sluit, beteken ‘n mens moet erkenning gee aan mense wat aksies suksesvol gemaak het. Juffrouens:

26

SPORT

Sportbestuurder: Albert Fullard

TENNIS – Anja Nänny

Ons beskou 2018 as ’n baie suksesvolle tennisjaar vir Laerskool Eikestad. Te

danke aan ons kinders, ouers en afrigters se tennispassie kon ons hierdie jaar

weer vier seun- en dogterspanne in die o.13- en o.11-liga inskryf. Behalwe vir ons

spanspelers, is daar ook ’n groot aantal toegewyde nie-spanspelers van gr. R tot gr. 7 wat

weekliks geoefen het om hulle tennisvaardighede te ontwikkel. Dit is hierdie toewyding en

entoesiasme op die tennisbaan wat Eikestad in staat stel om wonderlike tennisprestasies

te behaal.

Spelers wat Boland gedurende 2018 verteenwoordig het:

Interprovinsiale Tennistoernooi:

Jané Louw, Jaylyn Buys en Lara Ehlers het Boland A verteenwoordig by die SA Interprovin-

siale Tennistoernooi wat gedurende die April-vakansie in Bloemfontein plaasgevind het.

Boland Synergy Cup:

Die volgende spelers het Boland by die Synergy Cup wat van 10 tot 11 Maart in Kaapstad

aangebied is, verteenwoordig.

Boland A Boland B

Sebastian Oosthuizen Rieze Steyn

Carmi Shaw Jana Kotze

Leentjie Kieviet Christiaan Moolman

Minke van Zyl Francois Dercksen

Emma Vos Christiaan Rode

Christiaan Cronjé Anja Durand

Jean-Luc Joubert Rozita Coetzee

Jan-Harm Lessing Andreas Oosthuizen

Dawid Kriel

Lisa Verwey

Caelan Gibbens

Daar het onlangs weer streekproewe plaasgevind. Drie-en-dertig van ons leerders het die

Wynlandspan in onderskeidelik George en Malmesbury verteenwoordig. Hierdie leerders is

ook genooi om van 5 tot 7 Desember aan die Bolandproewe deel te neem. Ons wens hulle

baie sterkte toe.

Seeff Courtrai o.13-tennistoernooi 2018

Laerskool Eikestad se o.13-seun- en dogtertennisspanne het op 31 Augustus en 1 September aan die Seeff Courtrai Tennistoernooi deelgeneem. Altwee hierdie spanne het silwer medaljes verower. Meisies: Lisa Verwey, Monet van der Merwe, Emma Vos en Caelan Gibbens. Seuns: Christiaan Cronjé, Jan-Harm Lessing, Francois Dercksen en Dawid Kriel.

Curro o.13-tennistoernooi 2018

Die jaarlikse CR van der Merwe Toernooi wat deur Curro Durbanville aangebied word, het

van 19 tot 21 September plaasgevind. A.g.v. ’n onttrekking kon ons vanjaar twee dogter- en

Page 27: Gr R-FOTOBLAD€¦ · 3 NUUS UIT GR. R -Rika du Toit Om ‘n jaar suksesvol af te sluit, beteken ‘n mens moet erkenning gee aan mense wat aksies suksesvol gemaak het. Juffrouens:

27

seunspanne onderskeidelik inskryf. Die uitslae was soos volg:

A-span-seuns: Wenners

Spanlede: Jean-Luc Joubert, Christiaan Cronjé, Jan-Harm Lessing, Francois Dercksen,

Hanko van Rooyen en Dawid Kriel.

A-span-dogters: Tweede

Spanlede: Jané Louw, Lara Ehlers, Caelan Gibbens, Emma Vos en Reneé Nieuwoudt.

B-span-seuns: Sesde

Spanlede: Christiaan Rode, Déan du Toit, Robert Cowley, Christiaan Moolman en Heinrich

Fourie.

B-span-meisies: Vierde

Spanlede: Lisa Verwey, Simoné Muller, Anja Durand, Monet van der Merwe en Jaylyn

Buys.

Jocelyn Marais o.13-tennistoernooi 2018

Eikestad se o.13-seuns het van 1 tot 4 Novem-ber aan die Jocelyn Marais o.13-toernooi in Graaff-Reinet deelgeneem. Spanne kom van tot sover as Bloemfontein om aan hierdie toernooi deel te neem. Die B-span was die enigste B-span wat aan die toernooi deelgeneem het en het teen slegs A-spanne gespeel. Hulle het fantasties gespeel en ‘n vierde plek in die toernooi behaal. Die A-span het na ‘n naelskraapoorwinning in die semi-finaal teen Willem Postma van Bloem-fontein in die finaal teen Laerskool Stellenbosch gespeel. Die seuns het hard gespeel, vasgebyt en baie karakter getoon om Laerskool Stellenbosch net-net te wen en sodoende as wenners van die toernooi weg te stap. Jean-Luc Joubert is ook aangewys as seunspeler van die toernooi. Hy het nie een van sy wedstryde verloor nie. A-span: Christiaan Cronjé, Jean-Luc Joubert, Jan-Harm Lessing en Andreas Oosthuizen. B-span: Francois Dercksen, Hanko van Rooyen, Daw id Kriel en Christiaan Rode.

Gerrie Berner o.13-tennistoernooi 2016

Ons o.13-dogter- en seuntennisspanne het van 25 tot 27 Oktober aan die Gerrie Berner Toernooi in die Paarl deelgeneem. Altwee die spanne het na die uitspeelwedstryde in die topvierspanne geëindig. Daarna het ‘n rondomtalie tussen hierdie topvierspanne gevolg. Die seuns het teen Laerskool Outeniqua, De Hoop en Laerskool Stellenbosch gespeel en vierde in die toernooi geëindig. Ons meisiespan het teen De Hoop, Oranje Meisieskool en HMS gespeel. Hierdie span het 3de geëindig na Oranje Meisieskool en De Hoop. Die dogterspan: Jané Louw, Minke van Zyl, Emma Vos, Lara Ehlers, Caelan Gibbens, Lisa Verwey en Anja Durand. Die seunspan: Christiaan Cronjé, Jean-Luc Joubert, Jan-Harm Lessing, Andreas Oosthuizen, Francois Dercksen, Hanko van Rooyen en Dawid Kriel.

Page 28: Gr R-FOTOBLAD€¦ · 3 NUUS UIT GR. R -Rika du Toit Om ‘n jaar suksesvol af te sluit, beteken ‘n mens moet erkenning gee aan mense wat aksies suksesvol gemaak het. Juffrouens:

28

SKAAK – Chanelle Smith Gedurende die vierde kwartaal het ons o.11-span gaan deelneem aan die Kaapse Wynlande se Topskole-skaaktoernooi. Eikestad se o.11-Topskole-span (Martiens Geyser, Christoff Bester, Dehan Roos, Lilija Jamneck, Christiaan Kritzinger en Schalk du Toit) het die Saterdag gaan deelneem. Daar was strawwe kompetisie, maar ons Eikies het volhard tot aan die einde en ons is baie trots op elkeen van hulle!

Twee van ons skaakspelers (Martiens Geyser en Noreht Nieuwoudt) is uitgenooi om van 15 – 24 Desember deel te wees van die o.12-span wat in Johannesburg gaan deelneem aan die SA Junior Kampioenskappe. Ons wens hulle alles van die beste toe. Ons nooi hiermee ook alle beginnerskaakspelers, of spelers wat belangstel om skaak te speel, uit na ons oefeninge in 2019.

VAARDIGHEIDSONTWIKKELING - Rika du Toit

Vaardigheidsontwikkeling is ‘n aktiwiteit vir massadeelname van dogtertjies

van gr. R en 1 om hul vaardighede ten opsigte van verskillende sportsoorte op

te skerp en fiks te bly. Ons het ‘n wonderlike seisoen gehad en was so be-

voorreg om vir Francois Nel as spesialisafrigter by ons gr. R-maatjies te kon

hê. Hy het ons dogters geleer van respek, spanwerk en ‘n wye verskeidenheid

vaardighede en ook goeie luistervaardigheidspeletjies ingewerk om hul ouditief

op te skerp. Hy was aangenaam verras met ons dogters se algehele vaardigheidsvlak en

potensiaal.

Ons gr. 1-dogters het ‘n fantastiese jaar gehad en die getalle bly groei. Ons is trots op ons dogters wat weekliks so getrou ons oefeninge bygewoon het. Elke ekstra oefening versterk ons Eikie-dogters se vaardighede en bou goeie bande onder maats. Bly asseblief fiks en oefen oor die vakansie! Ons sien almal weer vroeg in die nuwe jaar!

Page 29: Gr R-FOTOBLAD€¦ · 3 NUUS UIT GR. R -Rika du Toit Om ‘n jaar suksesvol af te sluit, beteken ‘n mens moet erkenning gee aan mense wat aksies suksesvol gemaak het. Juffrouens:

29

SWEM – Ineke Allan

Rhenish Aflosgala, Dinsdag 23 Oktober 2018

Die swemseisoen het afgeskop met die Rhenish Aflosgala waaraan al ons

swemmers van o.7 tot o.14 deelgeneem het. In die vryslagaflosse het die o.9

-seuns goue medaljes verower, die o.7-seuns ‘n 2de plek en die o.10-seuns ‘n

3de plek. By die wisselslagaflosse het die o.8-seuns en -dogters albei 3de

plekke verower en die o.9- en o.14-seuns het albei 2de plekke verower.

Eikestad het ‘n algehele 4de plek behaal uit ses skole. Ons is baie trots op elke swemmer

wat net sy beste gegee en Eikestad verteenwoordig het.

Kenridge Aflosgala, Vrydag 26 Oktober 2018

Die swemmers van o.10 – o.14 het aan die Kenridge Aflosgala deelgeneem. Daar was vier

aflosse vir elke ouderdom, asook ‘n leeraflos wat beteken het dat die swemmers heelwat

swemkans gegun is. Die aflosse is ook oor 50 m geswem. Daar was sewe skole wat

deelgeneem het en die kompetisie was sterk. Baie dankie aan elke swemmer wat

deelgeneem en sy beste gelewer het. Dankie ook aan die ouers vir die vervoer en

ondersteuning langs die swembad. Tussendeur was daar baie pret en Eikestad het beslis die

geesbeker verower.

De Hoop se Vinsure-gala van 30 Oktober 2018 is ongelukkig gekanselleer a.g.v.

swak weerstoestande.

PSS-prestigegala, 2 November 2018

Op Vrydag 2 November het ons seuns van o.7 tot o.13 aan die PSS-gala in die Paarl

deelgeneem en dit was ook die laaste gala vir die o.13-seuns in Eikestad. Die o.13-seuns het

hul swemseisoen by Eikestad afgesluit op ‘n hoogtepunt met twee tweede plekke in beide die

vryslag en wisselslagaflos. Al die Eikestadswemmers het weereens hul beste gegee en

pragtig presteer.

Baie geluk aan die volgende swemmers wat medaljes verower het:

Stephan Maree (o.8), brons vir vryslag; Josh

Reyneke (o.14), silwer vir vryslag; Nathan van

den Berg (o.9), brons vir borsslag; Philip Venter

(o.10), silwer vir borsslag; Christopher Nelson

(o.11), silwer vir borsslag; Daniel Lutz (o.7),

brons vir rugslag, Rosseau Burger (o.9,) silwer

vir vryslag en rugslag; Nicolaas Smit (o.14), sil-

wer vir rugslag.

Eikestad het ‘n algehele 4de plek uit agt skole

behaal. Baie dankie aan al die swemmers en ou-

ers vir hul ondersteuning.

Swemafsluiting, Donderdag 8 November 2018

Ons het die swemseisoen afgesluit met ʼn middag van baie aksie. 50 swemmers en

hardlopers het deelgeneem aan die biathlé (hardloop-swem-hardloop) in spanverband of

individueel. In dieselfde tyd het daar twee spanne teen mekaar gekompeteer met ʼn “swim-

athon” om te kyk hoeveel lengtes hulle in dié tyd kan swem. In totaal het die twee spanne

saam 206 lengtes geswem waarvan die wenspan 174 lengtes aangeteken het. Baie dankie

aan almal wat dié middag op welke wyse ook al betrokke was, want saam was ons ʼn

wenspan wat dit groot pret gemaak het!

Page 30: Gr R-FOTOBLAD€¦ · 3 NUUS UIT GR. R -Rika du Toit Om ‘n jaar suksesvol af te sluit, beteken ‘n mens moet erkenning gee aan mense wat aksies suksesvol gemaak het. Juffrouens:

30

Gr R-Swem:

Ons het die afgelope kwartaal begin om ʼn Leer-my-swem-kursus vir die gr. R-swemmers van

Eikestad aan te bied. Op Dinsdae- en Donderdaemiddae het 48 gr. R-swemmers die water

aangedurf. Na afloop van die eerste sessie waar hul vaardighede getoets is, het ons hul in

vier groepe ingedeel met ‘n maksimum van ses swemmers en ʼn afrigter wat dan saam met

hul in die swembad is vir afrigting. Ongelukkig het die vol program en weer ons ʼn paar keer

gepootjie, maar ons het gepoog om ten minste vier sessies vir elke groep aan te bied deur

nog in die eksamentyd voort te gaan. Baie dankie ook aan die senior swemmers wat die

afrigters in die swembad help.

Baie dankie en wees gereed vir ʼn opwindende nuwe seisoen in 2019!

Baie dankie aan elke swemmer wat getrou kom oefen het, Eikestad verteenwoordig het en

net sy beste gegee het en ook vir die ouers vir hul ondersteuning langs die swembad en al

die vervoer na die onderskeie galas. Baie dankie ook aan die afrigters wat met entoesiasme

afrig. Ons sien uit na die 2019-seisoen met die Interhuisgala wat reeds op 25 Januarie 2019

gaan plaasvind. Bly fiks en wees gereed vir ʼn opwindende nuwe swemseisoen!

Gr. 7-swemmers

Hiermee wil ons ook graag vir al die gr. 7’s ʼn

baie spesiale dankie sê vir hul getroue

ondersteuning en lojaliteit deur al die jare. Baie

dankie vir jul bydrae om swem so suksesvol te

maak in Eikestad.

Dis die diep waters wat ons leer swem,

die opdraandes wat ons fiks maak, die vasklou

wat ons sterk maak, die uithou wat ons

wenners maak en die geloof in 'n Almagtige God - wat ALLES die moeite werd maak.

Hebreërs 12:1 lui: Maak jou hart vol van Jesus, met jou oë gevestig op Hom,

en hardloop die wedloop van die lewe! ‘n Lewe van eerlikheid, verantwoordelikheid, omgee,

respek en integriteit!

HOKKIE – Karla Strydom

Met meer as 350 seuns en dogters wat hierdie jaar hokkie gespeel het, was dit

ʼn propvol seisoen vól hokkiepret!

Die o.13-spanne het reeds in Februarie begin oefen ter voorbereiding vir hul

eerste voorseisoentoernooi. Dit het baie goed afgeloop met die meerderheid

wedstryde wat deur Eikestad gewen is! Die o.11’s het ook hierdie jaar vir die

eerste keer aan ʼn voorseisoentoernooi deelgeneem.

Ons spog ook vanjaar met ses o.13-spelers wat in Bolandspanne opgeneem is. Anica Venter,

Danelle Gerstner en Logan Marthinus het deel gevorm van die IPT-dogterspan terwyl Dawid

Kriel en Jean-Luc Joubert in die IPT-seunspan opgeneem is. Evan van der Schyff is in die

Boland se Barlinka-span opgeneem.

Ons hokkieseisoen het ook heerlike hokkie-oomblikke ingehou waartydens wedstryde

gespeel, maats gemaak, vaardighede verbeter en spanwerk geleer is. Ons hoop dat ons in

2019 hierop kan voortbou.

Dis met groot dankbaarheid dat ons elke ouer, spanbestuurder en afrigter se ondersteuning en entoesiasme onthou.

Page 31: Gr R-FOTOBLAD€¦ · 3 NUUS UIT GR. R -Rika du Toit Om ‘n jaar suksesvol af te sluit, beteken ‘n mens moet erkenning gee aan mense wat aksies suksesvol gemaak het. Juffrouens:

31

MINIKRIEKET - Carin Brand

Gedurende die 4de kwartaal is daar weer voortgegaan met wedstryde op Donderdae. Tydens dié geleentheid kon ons ongeveer drie spanne inskryf. Daar is van Eikestad, Cloetesville en Rhenish se sportgronde gebruik gemaak. Die o.8-seuns was by 'n toernooi aangebied deur Aristea. Tydens die dag is die volgende drie seuns aangewys as spelers van die dag: Nico Smit, James

Walters en David Nefdt. Die o.7-seuns het by Mikro gaan deelneem. Johan Carinus en Wallie Basson is as spelers van die dag aangewys. Die o.9-seuns sou by Bridge House gaan deelneem, maar dit is gekanselleer a.g.v. erge hitte wat voorspel is. Verder is die jaarlikse Pa-en-Seun-dag weer aangebied. Dankie aan juffrou Charmara Jansen vir al die organisasie. Dit was weereens 'n groot sukses.

Dankie aan al die studente wat ons juffrouens gedurende die jaar bygestaan het. Ons hoop om julle weer in 2019 te sien. ‘n Groot dank aan die Sportkantoor vir hulp en bystand, asook aan juffroue Marli Vosloo, Nadia Angrisano, Carin Brand en Charmara Jansen vir al die reëlings, afrigting, vergesel van spanne en algemene oranisasie dwarsdeur die jaar.

Page 32: Gr R-FOTOBLAD€¦ · 3 NUUS UIT GR. R -Rika du Toit Om ‘n jaar suksesvol af te sluit, beteken ‘n mens moet erkenning gee aan mense wat aksies suksesvol gemaak het. Juffrouens:

32

KRIEKET – Jannie Terblanche

Ons kyk met dankbaarheid terug op ‘n heerlike krieketseisoen.

Een van ons doelwitte is massadeelname. Ons kan met trots sê dat ons

vanjaar vier spanne in die ligas (Stellenbosch en Helderberg) ingeskryf het.

Alle spelers het die geleentheid gehad om aan ‘n wedstryd deel te neem.

Baie geluk aan Joel Jooste wat gekies is vir die o.13-Boland-Sentraal-span. Hy

is tans besig met Bolandproewe. Ons hou sy vordering met groot

belangstelling dop. Baie sterkte Joel! Die volgende twee seuns, Hanno Basson en Ruan De

Weerdt, is ook gekies vir die o.12-Boland-Sentraal-span. Baie geluk!

Die volgende seuns het met die kolf uitgeblink vir Laerskool Eikestad:

Joel Jooste = 50*

Janre van Zyl = 54 en 74*

Hanno Basson = 50

Christiaan Rode = 67*

Robbert Combrinck = 51

Tian Basson = 58 en 69*

Sebastian Oosthuizen = 53*

Tevez Cupido = 67*

Die volgende seuns het met hulle boulwerk uitgeblink vir Laerskool Eikestad:

Pierre-Jean Maritz is besig om ‘n draaibouler van formaat te raak. Hy het al in twee

wedstryde vyf paaltjies geneem (5/8 en 5/12). Janre van Zyl het 5/10 geneem.

Baie geluk seuns. Eikestad is trots op julle!

Eikestad se o.13A-span het die voorreg gehad om op Paul Roos Gimnasium se veld (die

Oval) twee wedstryde te speel. Baie dankie aan mnr. Andre van Staden en mnr. Merwe

Genis vir hierdie wonderlike geleentheid vir ons seuns. Ons gaan volgende jaar nou

saamwerk met Paul Roos om ons krieket op nog ‘n hoër vlak te bring.

Ons o.9-seuns het ook vir die eerste keer hardebalkrieket gespeel. Hulle het drie wedstryde

gespeel teen Laerskool Stellenbosch, De Hoop en Durbanville Krieketklub. Dit is lekker om al

die wonderlike talentvolle spelers te sien wat ons as skool het.

Baie, baie dankie aan my afrigtingspan wat letterlik ure in die son gestaan het, entoesiasties

afgerig het en as skeidregters opgetree het. Dankie aan al die ouers wat ons bygestaan het

met vervoer. Dit word opreg waardeer.

Geniet die vakansie en ‘n wonderlike Feesseisoen vir u en u familie.

Page 33: Gr R-FOTOBLAD€¦ · 3 NUUS UIT GR. R -Rika du Toit Om ‘n jaar suksesvol af te sluit, beteken ‘n mens moet erkenning gee aan mense wat aksies suksesvol gemaak het. Juffrouens:

33

ATLETIEK – Nevin Edas

Eikestad dra die atletiekkroon!

Gedurende 2018 het Eikestad se atletiek hoë hoogtes bereik en nuwe

uitdagings is aangepak. Ons Interhuisbyeenkoms is hierdie jaar met groot

sukses by Markötter aangebied.

Die Grondslagfase het weer ‘n suksesvolle seisoen agter die rug en het ook

aan verskeie byeenkomste deelgeneem en uitstekende uitslae behaal. Ons senior atlete het

ook nie hierdie jaar teleurgestel nie. Ons het aan ‘n hele paar byeenkomste deelgeneem

waartydens ons atlete uitsonderlik teen groot skole presteer het.

Eikestad het behoorlik hul status as een van die beste atletiekskole herbevestig, toe hulle die jaarlikse atletiekbyeenkomste teen De Hoop, Eversdal en Locnerhof aangepak het.

Die winderige weer het ook bygedra tot die puik prestasies van die atlete. Sommige van Suid-Afrika se heel beste junior atlete was in aksie by dié byeenkomste. Ons provinsiale sterre, Anja Smit, Zahni Smit, Ruan de Weerdt en Nathan van den Berg het ook presteer. Dit was veral die juniors se naellope en sommige velditems wat atletiekkenners se tone sou laat krul van lekkerkry, aangesien skitterende prestasies in hierdie nommers aan die orde van die dag was.

Die standaard van die atletiek word onderstreep deur die feit dat verskeie nuwe rekords by die byeenkomste opgestel is. Vier hiervan was verbeterings op rekords wat 15 jaar (sedert 2002) gestaan het.

Verskeie atlete kon daarin slaag om prestasies te behaal wat meer as 1000 punte op die bekende ASA-tabel werd is. Die topprestasies van die byeenkomste het behoort aan Nathan van den Berg, wat die 1 200 m vir seuns o.10 in 4,18.1 minute gewen het en Anja Smit wat haar persoonlike beste afstand gespring het van 4.11 m vir dogters o.10.

Die kwaliteit van die atletiek is verder onderstreep deur die inspirerende vertonings van Eikestad se aflosspanne. Die dogterspan sluit die atletiekseisoen onoorwonne af na drie goue vertonings hierdie week. Die senior seunspan het twee silwer medaljes en een brons medalje ontvang. Die junior aflosse het ook dié seisoen verskeie medaljes ontvang en die o.9-seuns se goue medajes staan uit.

Baie dankie aan elke onderwyser en spanbestuurder vir die ondersteuning en bydrae deur die loop van die jaar. Ons het opregte waardering vir die hulp en toewyding. Dankie ook aan elke ouer vir ondersteuning, elke atleet vir toewyding, asook al ons afrigters vir hul tyd en onbaatsugtige diens deur die kwartaal. Danksy al die betrokke partye was die atletiek van die eerste kwartaal ‘n trotse een vir Laerskool Eikestad.

Page 34: Gr R-FOTOBLAD€¦ · 3 NUUS UIT GR. R -Rika du Toit Om ‘n jaar suksesvol af te sluit, beteken ‘n mens moet erkenning gee aan mense wat aksies suksesvol gemaak het. Juffrouens:

34

Page 35: Gr R-FOTOBLAD€¦ · 3 NUUS UIT GR. R -Rika du Toit Om ‘n jaar suksesvol af te sluit, beteken ‘n mens moet erkenning gee aan mense wat aksies suksesvol gemaak het. Juffrouens:

35

BUITESPORT – Jurgens Joubert

JUDO:

Luka Swanepoel het die Boland-judospan verteenwoordig by die SA

Kampioenskappe in Port-Elizabeth. Hy het in die individuele afdeling (10

jaar oud, onder 38 kg) algeheel 5de geëindig. Hy was verder ook die

spankaptein van die gekombineerde o.9/o.10-span en hulle het die

bronsmedalje verwerf.

Luka het ook in Oktober Wes-Kaap-kleure verwerf en tydens die Interprovinsiale Kampioenskappe in George het hy weggestap met twee goue medaljes. Baie geluk met hierdie besonderse prestasies. WATERPOLO:

Baie geluk aan die volgende Eikestad-leerders wat Boland-kleure verwerf het in Waterpolo en

wat in Desember in Oos-Londen aan ‘n toernooi gaan deelneem.

Juan-Paul Germishuys Daniel Norton Milan van der Westhuizen Luka Claassen Josh Reyneke

GIMNASTIEK: Drie leerders van Laerskool Eikestad en lede van Stellenbosch Gimnastiek het die afgelope skoolvakansie aan die Artistiese Gimnastiekdissipline vir mans by die “SA Gym Games” in Pretoria deelgeneem. Hierdie kompetisie verteenwoordig die hoogste vlak van kompetisie op die Suid-Afrikaanse gimnastiekkalender. Na drie rondtes se kwalifiserende kompetisies het hulle die Wes-Kaap-gimnastiekspan gehaal. Baie geluk aan die volgende leerders met hulle prestasies:

Jeandré Cilliers: algeheel 31ste, vlak 4, 9 - 10 jaar. Ross du Preez: algeheel 23ste, vlak 5, 10 - 11 jaar. Daniel Cornelissen: algeheel 28ste, High Performance 2, 9 - 11 jaar.

PERDRY: Francois Dercksen het van 4 tot 6 Oktober deelgeneem aan die Wes-Kaap-saalperdkampioenskappe wat tydens Robertson se skou plaasgevind het. Hy is aangewys as die ruiterkunskampioen (driegang) vir 14 jaar en onder. Hy het ook puik plasings behaal in die klasse vir 14 jaar en onder waaraan hy deelgeneem het, naamlik driegang: plesierperd en driegang: ryperd. In die Kinderryperdkampioenskappe (driegang, ope), waar hy teen ruiters 18 jaar en onder meegeding het, het hy ‘n puik 5de plasing behaal. Baie geluk, Francois! BERGFIETS:

Baie dankie aan al die Eikies wat vanjaar deelgeneem het aan die Spur Skolebergfietsliga

wat daartoe bygedra het dat Laerskool Eikestad as die toplaerskool in Stellenbosch in

bergfietsry geëindig het met 'n totaal van 283 punte vir die seisoen!

Die deelnemers vanjaar was :

Lisa Putter - Sub Nipper Girls

Adriaan Becker - Sub Nipper Boys

Isabel Lutz - Nipper Girls

Page 36: Gr R-FOTOBLAD€¦ · 3 NUUS UIT GR. R -Rika du Toit Om ‘n jaar suksesvol af te sluit, beteken ‘n mens moet erkenning gee aan mense wat aksies suksesvol gemaak het. Juffrouens:

36

Jana Terblanche - Nipper Girls

André Geldenhuys - Nipper Boys

Frans-Johann Smit - Nipper Boys

Juan Odendaal - Nipper Boys

Philip Venter - Nipper Boys

Ross du Preez - Sprog Boys

Philip van Schalkwyk - Sub Junior

Louis Terblanche - Sub Junior

Liam Odendaal - Sub Junior Boys

Baie geluk ook aan Phillip van Schalkwyk wat na afloop van die 2018-bergfietsseisoen Wes-Kaap-kleure verwerf het in die Marathon, asook Tegniese Bergfietsafdelings en SA kleure in die XC Eliminator-reeks. Isabel Lutz het ook Wes-Kaap-kleure ontvang in die Mara-thon-afdeling. Baie geluk aan hierdie Eikies.

SKOOLKALENDER VIR 2019

KWARTAAL

OPEN SLUIT

EERSTE 7 JANUARIE (opvoeders)

9 JANUARIE (leerders)

15 MAART

TWEEDE

2 APRIL 14 JUNIE

DERDE

9 JULIE 20 SEPTEMBER

VIERDE 1 OKTOBER 4 DESEMBER (leerders)

6 DESEMBER (opvoeders)

Page 37: Gr R-FOTOBLAD€¦ · 3 NUUS UIT GR. R -Rika du Toit Om ‘n jaar suksesvol af te sluit, beteken ‘n mens moet erkenning gee aan mense wat aksies suksesvol gemaak het. Juffrouens:

37

Geniet die vakansie en veilig ry!