graad 10 - besteducation.co.za · 1.2.4 salome het die langbroek, wat se ritsluiter aanhoudend oop...

14
VERBRUIKER STUDIES GRAAD 10 NOVEMBER 2015 1 PUNTE: 200 TYD: 3 URE Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye GRAAD 10 VERBRUIKERSTUDIES NOVEMBER 2015

Upload: doanthuan

Post on 29-Apr-2019

223 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

VERBRUIKER STUDIES GRAAD 10 NOVEMBER 2015

1

PUNTE: 200 TYD: 3 URE

Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye

GRAAD 10

VERBRUIKERSTUDIES

NOVEMBER 2015

VERBRUIKER STUDIES GRAAD 10 NOVEMBER 2015

2

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.

VRAAG

INHOUD PUNTE TYD

1 Kort Vrae 40 20 minute 2 Die Verbruiker 40 20 minute 3 Voedsel en Voeding 40 25 minute 4 Kleding en Tekstiele 30 20 minute 5 Behuising 30 20 minute 6 Entrepreneurskap 20 15 minute

TOTALE TYD 120 minute

2. Al die vrae is VERPLIGTEND.

3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel gebruik op die vraestel.

4. Begin elke vraag op ‘n nuwe bladsy.

5. Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie.

6. ‘n Sakrekenaar mag gebruik word.

7. Skryf slegs met blou of swart ink.

8. Skryf netjies en leesbaar.

VERBRUIKER STUDIES GRAAD 10 NOVEMBER 2015

3

VRAAG 1: KORT VRAE

1.1 Verskeie opsies word gegee as moontlike antwoorde vir vrae 1.1.1 tot 1.1.19. Skryf

slegs die korrekte antwoord langs die vraagnommer bv. 1.1.20 A) in die Antwoordboek.

1.1.1 Deur etikette versigtig te bestudeer, oefen jy jou reg uit tot…….. A onmiddellike betaling B redelike pryse C beskerming deur wetgewing D korrekte inligting (1)

1.1.2 Om die omgewing te beskerm en die onnodige weggooi van ongewenste verpakking te vermy, kan jy jou deel doen deur….. A advertering B herwinning C etikettering D uitstalling (1)

1.1.3 Die hooffunksie van voedingstowwe in groente en vrugte is: A opbou en herstel van liggaamsweefsel B voorsien die liggaam van hitte en energie C beskerm die liggaam teen voedingsgebrek-siektes D reguleer liggaamsfunksies (1)

1.1.4 Vleis-alternatiewe sluit die volgende in: A eier, hoender, feta kaas, grondboontjiebotter B roomys, vis, neute, eiers C neute, grondboontjiebotter, vis, lensies D groen ertjies, lensies, hoender, grondboontjiebotter, vis, neute (1)

1.1.5 Die aantal kere wat ‘n persoon deur die dag eet staan bekend as… A maaltydplan B versnapering C maaltydpatroon D dieet (1)

1.1.6 Die beste beskrywing vir ‘n dieet wat voedsel insluit met al die nutriënte in korrekte verhoudings volgens ‘n persoon se unieke daaglikse behoeftes is ‘n… A verslankingsdieet B voedsame dieet C gebalanseerde dieet D dieet plan (1)

VERBRUIKER STUDIES GRAAD 10 NOVEMBER 2015

4

1.1.7 Die eenheidsprys is: A die koste om een resep te maak B koste van bestanddele nadat dit verwerk is na een eenheid C prys van bestanddele en verpakking D totale koste van die produk (1)

1.1.8 Dit kos R480 om 20 melkterte te maak. Jy wil ‘n wins van 60% maak. Teen watter prys sal jy ‘n melktert verkoop? A R7, 68 B R14, 40 C R24, 00 D R38, 40 (2)

1.1.9 ‘n Voorbeeld van ’n natuurlike hulpbron is: A vervoer B energie C opleidingsentrums D tyd (1)

1.1.10 ‘n Duursame produk is… A duurder as ander soortgelyke produkte B veronderstel om ‘n lang tyd te hou C eenvoudig en maklik om te gebruik D moeilik om te gebruik (1)

1.1.11 ‘n Nadeel van die gebruik van leer is: A dit is duur B dit verdof en rek maklik. C dit is nie waterdig nie D dit haal nie asem nie en is baie warm (1)

1.1.12 Sintetiese materiale…. A krimp nie maklik in water nie B kan nie gewas word by hoë temperature nie C bou nie statiese elektrisiteit op nie D neem lank om droog te word (1)

1.1.13 Identifiseer die regenereerde sellulose vesels… A poliëster en nylon B akriel en asetaat C lyocell en viskose D regenereerde bamboes en polipropileen (1)

VERBRUIKER STUDIES GRAAD 10 NOVEMBER 2015

5

1.1.14 Polipropileen is anti-mikrobies, wat beteken: A dit sal nie die vel irriteer nie B dit sal die liggaam warm hou in die winter en koel in die somer C dit sal nie bakterieë wat reuke veroorsaak, kweek nie, D gelei sweet weg van die liggaam (1)

1.1.15 Een voordeel om Poliëster en wol te meng is… A Dit verbeter die vermoë van materiaal om vog te absorbeer B dit maak materiaal sterker en meer absorbeerend C Dit verbeter die gemak en deurlaatbaarheid van die materiaal D dit maak die materiaal meer kleurvas (1)

1.1.16 Die volgende faktore behoort in ag geneem te word in die keuse van materiaal A eienskappe van vesels, omgewingsbelang, mode en kultuur B prys, omgewingsbelang, mode en vesel eienskappe C mode, prys, omgewingsbelang en persoonlikheid D prys, geskiktheid, tekstieleienskappe en herbruikbaarheid (1)

1.1.17 Die rede waarom ‘n polisieman ‘n uniform dra is: A eienaarskap B higiëne C aantreklikheid D identifikasie (1)

1.1.18 John het ‘n ses-slaapkamerhuis met ‘n groot vermaakarea en verhitte swembad. Die behoefte van Maslow wat hier na verwys word is: A sosiaal B veiligheid C selfaktualisering D selfbeeld (1)

1.1.19 Selfaktualisering as ‘n behoefte in behuising word vervul as: A uitbreiding en vergroting van die huis, om volle potensiaal in kreatiwiteit te

ontwikkel. B die voorkoms en grootte van die huis sowel as die buurt waarin dit geleë is, beïndruk mense C die verdeling van die spasies en rangskikking van die meubels bevorder die interaksie in die gesin D dit verskaf ‘n atmosfeer van veiligheid, warmte en vriendelikheid (1) (20)

VERBRUIKER STUDIES GRAAD 10 NOVEMBER 2015

6

1.2 Kies die korrekte verbruikersverantwoordelikheid in KOLOM B wat die beste pas by die voorbeeld in KOLOM A. Skryf die korrekte letter (A-G) van kolom B langs die korrekte vraagnommer op jou antwoordblad

KOLOM A Voorbeelde

KOLOM B Verbruikers verantwoordelikhede

1.2.1 Andile betaal haar nuwe Identity winkel rekening, maandeliks

A Spaar vir onvoorsiene omstandighede

1.2.2 Susan was van kleins af geleer om water en elektrisiteit te spaar en om nie blikkies en papiere by die motor se venster uit te gooi nie

B Bewaar die natuurlike omgewing

1.2.3 Nadat Joleen per ongeluk ‘n bottel tamatiesous laat val het in die winkel het sy die bestuur daarvan in kennis gestel en aangebied om daarvoor te betaal.

C Gehoorsaam reëls en regulasies

1.2.4 Salome het die langbroek, wat se ritsluiter aanhoudend oop gly teruggeneem na die winkel toe saam met die kontantstrokie en hulle gevra om die om te ruil

D Gee jou siening/mening en opinie

1.2.5 Thabo het ‘n boete ontvang want hy het 120km/h in a 60km/h sone gery.

E Kom jou verbintenisse na

F Kom jou verpligtinge na

G Wees ingelig

(5)

VERBRUIKER STUDIES GRAAD 10 NOVEMBER 2015

7

1.3 Kies uit KOLOM B die korrekte verduideliking in KOLOM A. Skryf die korrekte letter (A-G) van kolom B langs die vraagnommer in jou Antwoordboek.

KOLOM A Term

KOLOM B Verduideliking

1.3.1 ‘n Porsie A Stowwe in voedsel wat ‘n sekere funksie in jou liggaam verrig

1.3.2 Voedselbron B Spoed waarteen die liggaam die voedsel wat ons inneem verwerk na energie

1.3.3 Nutriënte C ‘n Tipe vet wat slegs in dierlike weefsel voorkom en hartsiektes veroorsaak

1.3.4 Gebalanseerde maaltyd

D Voorgeskrewe hoeveelheid voedsel

1.3.5 Wanvoeding E Vleis, grane en groente

F Onvoldoende nutriënt-inname ( eet te min of te veel)

G Bevat al die voedselgroepe in korrekte verhouding in ‘n maaltyd. (5)

1.4 Kies van die onderstaande lys VYF tafelmaniere wat gevolg behoort te word wanneer daar uitgeëet word. Skryf slegs die korrekte letter (A-H) langs die vraagnommer in jou Antwoordboek.

A. Blaas op jou kos om dit af te koel. B. Hou jou elmboë van die tafel af. C. Hou jou wynglas aan die steel vas, nie aan die rand nie. D. Praat met voedsel in jou mond. E. Kou met jou mond oop. F. Gebruik jou servet om jou te beskerm as jy mors. G. Moet nooit die borde weg van jou af skuif as jy klaar geëet het nie, of dit vir die kelner opstapel nie. H. Moet nooit eetgerei in die lug waai of daarmee wys nie (5)

VERBRUIKER STUDIES GRAAD 10 NOVEMBER 2015

8

1.5 Kies die beskrywing in KOLOM B wat die beste pas by die item in KOLOM A. Skryf die toepaslike letter langs die vraagnommer (1.5.1 -1.5.5 ) in jou Antwoordboek.

KOLOM A KOLOM B

1.5.1 Vlooimark/ Straatsmous A. Winkel fokus op spesifieke produkte 1.5.2 Spesialiteitswinkel B. Stal produkte op sypaadjies uit 1.5.3 Geriefswinkel C. ‘n Selfbedienings voedsel winkel 1.5.4 Afdelingswinkel D. As ‘n verbruiker, moet jy die

kwaliteit self kontroleer 1.5.5 Aanlyn-verkope E. Verskillende afdelings in die winkel

verkoop spesifieke produkte F. Dit is dikwels deel van ‘n petrolstasie

G. Goedere word afgelewer by die verbruiker se huis

(5)

[40]

VERBRUIKER STUDIES GRAAD 10 NOVEMBER 2015

9

VRAAG 2: DIE VERBRUIKER 2.1 Noem VIER funksies van verpakking (4) 2.2 Noem SES faktore wat oorweeg behoort te word indien ‘n restaurant gekies word. (6) 2.3 Noem enige TWEE tipes verkooppunte in Suid Afrika (2) 2.4 Lees die gevallestudie hieronder en beantwoord die vrae wat volg:

2.4.1 Identifiseer die verbruikersregte in die gevallestudie. (4) 2.4.2 Bespreek die psigologiese faktore wat Casandra kon beïnvloed het om na die plaaslike restaurant toe te gaan vir ‘n roomys. (4) 2.4.3 Identifiseer TWEE tipes besluite wat Casandra neem as sy na die plaaslike restaurant gaan vir roomys. Motiveer jou antwoorde. (4) 2.5 Bestudeer die advertensie hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.

ADVERTENSIE

{ Hi Kinders! Probeer hierdie gesonde kos * Aartappel, slaai, ys, tamatie, piekel *soos dit voorkom in ‘n gewone burger en skyfies met Coke}

Casandra het gaan roomys eet by ‘n plaaslike restaurant waarheen sy en haar pa gegaan het toe sy ‘n kind was. Hulle het altyd goeie diens ontvang en dit het goeie herinneringe teruggebring. Sy het duidelik vir die kelner gevra vir ‘n roomys sonder neute want sy is allergies vir neute. Die kelner het haar geïgnoreer en vir haar ‘n roomys gebring met neute. Sy het besluit om nie die roomys te eet nie, het haar geld teruggevra en die restaurant verlaat

VERBRUIKER STUDIES GRAAD 10 NOVEMBER 2015

10

2.5.1 Beskryf hoe die AIDA beginsel toegepas is in die advertensie. (8) 2.5.2 Evalueer die advertensie volgens VIER van die P’s in die bemarkingsmengsel. (8) [40] VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING

3.1 Beskryf SES redes waarom jong volwassenes dikwels ongesonde eetgewoontes het. (6) 3.2 Lees die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

3.2.1 Noem die godsdienstige groep waaraan Zelda behoort. Motiveer jou antwoord. (2) 3.2.2 Verduidelik aan Zelda waarom ontbyt die belangrikste maaltyd van die dag is. (3) 3.2.3 Identifiseer die TWEE hoof voedingstowwe in volroommelk en verduidelik die funksie van elkeen van die voedingstowwe, om haar te help om gesonder voedsel keuses te maak. (4)

3.2.4 Stel alternatiewe voedseltipes vir die volgende kossoorte voor om Zelda te help om beter en gesonder voedselkeuses te maak:

a) Volroommelk b) Gaskoeldrank

c) Witbrood (3)

Zelda is ‘n 15 jarige meisie wat net Halaal voedsel eet. Sy het ‘n baie aktiewe leefstyl en neem aan verskeie sportsoorte deel by die skool. Haar voedselinname vir een dag lyk soos volg:

Ontbyt: 200ml Graanvlokkies met 250ml volroommelk en 15ml suiker. Swart tee met 5ml suiker.

Peuselhappie: ‘n Muffin. Gaskoeldrank Middagete: 1 sny witbrood met 5 ml botter en 45g kaas 125ml Aarbei gegeurde-melk 60ml Packet of peanuts

VERBRUIKER STUDIES GRAAD 10 NOVEMBER 2015

11

3.2.5 a) Gebruik die inligting in die tabel hieronder om te bepaal hoeveel porsies Zelda eet vir ontbyt, peuselhappie en middagete van elke voedselgroep. Voedsel porsiegroottes vir tieners:

1 sny brood ½ muffin 125-250 ml kits ontbytkos 250 ml melk 45 g kaas 30 ml grondbone 5 ml botter 5 ml suiker

Tabuleer jou antwoord soos volg:

(5)

b) Beveel aan watter voedselgroepe Zelda behoort te verbeter tydens ontbyt, peuselhappie en middagete. Motiveer jou antwoord. (5) 3.3 Lees die volgende gevallestudie en antwoord die vrae wat daarop volg:

VOEDSELGROEP PORSIES GEBRUIK Vleis en Vleisalternatiewe Melk en Melkprodukte Grane en graanprodukte Vrugte en groente Vette en olies

Luke maak hoenderpasteie en koeksisters wat hy verkoop aan die snoepie by die skool. Hy berei gewoonlik die voedsel die aand voor die tyd en bêre dit in die yskas totdat hy skool toe gaan die volgende oggend. Hy verpak die voedsel in ‘n lugdigte houer en vervoer dit skool toe in ‘n koelhouer.

By die skool se snoepie sit die verkoopspersoon dit in ‘n ‘bain marie’ (‘n metaal houer oor warm water) om die kos heeldag warm te hou. Sy los die voedsel wat nie daardie dag verkoop het nie, onbedek op die toonbank tot die volgende dag. Die snoepie se verkoopspersoon dra handskoene, maar dra meestal haar lang hare los. Luke is bekommerd oor die moontlikheid dat voedselvergifting veroorsaak kan word en kla teenoor die eienaar van die snoepie. Die volgende dag het ‘n paar leerlinge wat pasteie gekoop het, gekla dat hulle voel siek.

VERBRUIKER STUDIES GRAAD 10 NOVEMBER 2015

12

3.3.1 Noem die mikro-organisme wat moontlik die uitbreek van die siekte kon veroorsaak het. (2) 3.3.2 Identifiseer die voorsorgmaatreëls wat Luke neem om voedselvergiftiging te voorkom tydens voorbereiding, berging en vervoer van die voedsel. (3) 3.2.3 Bespreek die moontlike redes waarom die leerders siek geword het nadat hulle die kos by die snoepie geëet het. (5) [40] VRAAG 4: KLEDING EN TEKSTIELE 4.1 Gee TWEE redes waarom klere gedra word. (2) 4.2 Vergelyk sintetiese leer en ware(egte) leer deur die volgende kriteria te gebruik. Tabuleer jou antwoord soos volg:

Kriteria Sintetiese leer Ware leer Prys Gemak

(4) 4.3 Bestudeer die klere-etiket hieronder en beantwoord die vrae wat volg:

{ Ontwerp deur Skiny bodywear Oostenryk. 52% Viskose (bamboes) 39% Poliamied 9% Lycra/elastien}

4.3.1 Identifiseer die inligting wat deur die etiket verskaf word. (4) 4.3.2 Verduidelik hoe die kledingstuk skoongemaak behoort te word. (4) 4.3.3 Waarom dink jy is elastien by die mengsel gevoeg. (2)

VERBRUIKER STUDIES GRAAD 10 NOVEMBER 2015

13

4.4 Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die volgende vrae: Sarah is ‘n aktiewe, uitgaande, trotse Suid Afrikaanse tienermeisie van ‘n lae inkomste groep gesin. Sy het baie vriende en hulle dra bekende handelsnaamklere. Sarah benodig ‘n uitrusting vir ‘n partytjie wat binnekort plaasvind. Sy verkies ‘n somerskatoen-uitrusting.

4.4.1 Beskryf VIER eienskappe (voordele) van ‘n katoen uitrusting. (4) 4.4.2 Sarah se pa is rolstoel gebruiker en vind dit moeilik om homself aan te trek. Gee raad

aan Sarah omtrent geskikte vasmakers wat dit makliker sal maak vir haar pa om aan

te trek. (5)

4.4.3 Analiseer VYF faktore wat Sarah moet oorweeg voor sy klere aankoop. (5) [30]

VRAAG 5 BEHUISING

5.1 Definieer die volgende terme:

5.1.1 Universele ontwerp

5.1.2 Ergonomie (4)

5.2 Noem VYF behuisingsbehoeftes volgens Maslow. (5)

5.3 Lees die scenario en beantwoord die volgende vrae:

Poppie het pas begin werk en het ‘n woonstel gekoop in ‘n sekuriteitskompleks, naby ‘n vermaaklikheid en haar werkplek. Barbie is pasgetroud met Ken en hulle het ‘n klein huis gekoop op hul eie erf in ‘n stil area naby hulle werkplek.

5.3.1 Noem en verduidelik die tipe huiseienaarskap van Poppie, Barbie en Ken. Tabuleer jou antwoord soos volg:

Tipe huiseienaarskap Verduideliking Poppie Barbie en Ken

(4) 5.3.2 Beskryf die voordele van Barbie en Ken se tipe behuising (6)

VERBRUIKER STUDIES GRAAD 10 NOVEMBER 2015

14

5.3.3 Identifiseer Poppie se stadium in die lewenssiklus en verduidelik hoe dit haar keuse van behuising beïnvloed het. (5) 5.4 Stel aanpassings of verstellings voor wat gedoen kan word in ‘n bestaande badkamer vir ‘n rolstoel gebonde leerder. (6) [30] VRAAG 6 ENTREPRENEURSKAP 6.1 Lees die volgende inligting en beantwoord die vrae wat daarop volg:

6.1.1 Definieer die term entrepreneur. (2) 6.1.2 Noem VYF eienskappe van ‘n suksesvolle entrepreneur (5) 6.1.3 Identifiseer Tom se teikenmarkte. (2) 6.1.4 Maak ‘n lys van redes waarom Tom besluit het om ‘n entrepreneur te word. (4) 6.1.5 Verduidelik waarom Tom se besigheid moontlik kan misluk. (3) 6.2 Gebruik die inligting om die werklike prys van die volgende produkte te bereken:

FORMULE: Berekening – Hoeveelheid gebruik x Prys = Werklike prys

Aankoop eenheid Bestanddele Aankoop

eenheid Hoeveelheid gebruik

Aankoop prys Berekening Werklike prys

Meelblom 1Kg 60g R15.00 Kookolie 1L 30ml R9.90 (4) [20] GROOTTOTAAL: 200

Tom is ‘n entoesiastiese jong volwassene wat nie sy studies na matriek kon voortsit nie. Werksgeleenthede was skaars. Hy het besluit om sy kreatiewe talent te gebruik om geld te maak. Daar is ‘n groot kleuterskool reg langs hulle huis. Hy het besluit om spesiale partytjie items te maak en verjaarsdagkoeke te bak op bestelling. Weens ‘n gebrek aan ervaring beplan Tom nie goed nie, hy weet nie hoe om ‘n behoorlike begroting op te stel nie en gebruik die meeste van sy geld om klere aan te koop. Tom is ook nie op hoogte met huidige neigings vir voorskoolse kinderpartytjies en verjaarsdagkoeke nie.