graad 10-vakkeuses brochures 2015 2016... · kolleges vir verdere onderwys en opleiding...

16
Universiteit van Pretoria 1 Graad 10-vakkeuses ‘n Gids vir Graad 9-leerders en ouers 2015

Upload: hoangkiet

Post on 26-Feb-2019

224 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Universiteit van Pretoria 1

Graad 10-vakkeuses ‘n Gids vir Graad 9-leerders en ouers

2015

InhoudDie belangrikheid van verantwoordelike vakkeuses vir Graad 10 3Stappe om te volg 3Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe 6Fakulteit Opvoedkunde 7Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie 8Fakulteit Gesondheidswetenskappe 11Fakulteit Geesteswetenskappe 12Fakulteit Veeartsenykunde 13Fakulteit Teologie 13Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe 14Fakulteit Regsgeleerdheid 15

2 Universiteit van Pretoria Graad 10-vakkeuses

Uitgegee deur die Kliëntedienssentrum in Desember 2014.Kommentaar en navrae kan gerig word aan [email protected] of tel +27 (0)12 420 3111

VrywaringHierdie publikasie bevat inligting oor reëls, beleide, onderriggelde, kurrikula en programme van die Universiteit soos van toepassing ten tye van die druk daarvan. Wysigings aan of bywerking van die inligting in hierdie publikasie mag van tyd tot tyd sonder vooraf kennisgewing geskied. Die akkuraatheid, betroubaarheid of geldigheid van die inligting vervat in hierdie publikasie word derhalwe nie deur die Universiteit op enige gegewe tydstip gewaarborg nie en is onderhewig aan verifiëring. Die gebruiker word versoek om deurgaans die korrektheid van die gepubliseerde inligting met die Universiteit te bevestig. Versuim om dit te doen, sal nie aanleiding gee tot enige eis of aksie van enige aard teen die Universiteit deur enige party hoegenaamd nie.

Universiteit van Pretoria 3

Daar word reeds op ‘n baie vroeë ouderdom aan die einde van Graad 9 van leerders verwag om vakkeuses vir Graad 10 te maak. Dit word ook van leerders verwag om op hierdie jong ouderdom reeds aan moontlike beroepskeuses te dink aangesien dit hulle vakkeuses sal beïnvloed.

Omdat leerders op hierdie ouderdom dikwels nog nie sekerheid oor hul beroepsbelangstellings het nie, is dit belangrik om die proses positief en stap vir stap aan te pak. Leerders en ouers hoef glad nie paniekerig te wees nie maar eerder opgewonde om saam te beplan aan ‘n opwindende en interessante studie- en beroepstoekoms wat sal bepaal wat ‘n geskikte vakkeuse vir Graad 10 sal wees.

Die doel van hierdie brosjure is juis om riglyne te verskaf oor hoe om ‘n veilige vakkeuse vir Graad 10 te maak. Hierdie brosjure dui belangrike stappe aan vir Graad 9-leerders om oor ‘n verantwoordelike Graad 10-vakpakket te besluit.

Die belangrikheid van verantwoordelike vakkeuses vir Graad 10

Stap 1Versamel inligting oor moontlike beroepsgeleenthedeHierdie stap is dikwels die moeilikste en die een wat ouers en leerders moedeloos maak, veral as leerders werklik nie weet wat hulle eendag wil word nie. Die doel met hierdie stap moet egter nie noodwendig wees om te besluit oor ‘n spesifieke beroep nie maar eerder oor ‘n breë beroepsbelangstellingsveld, bv gesondheidswetenskappe, sosiale wetenskappe, natuurwetenskappe, ingenieurswese, ens.

Dit is daarom nodig dat leerders self soveel as moontlik inligting moet inwin oor sodanige moontlike beroepsbelangstellingsvelde wat by hulle eie belangstellings en persoonlikhede sal pas. Ouers kan hier ‘n groot rol speel en baie help omdat hulle meer weet van die eise wat spesifieke beroepe stel. Dit is belangrik dat leerders ondersteun en begelei moet word met advies om sover as moontlik uiteindelik hul EIE keuse te maak. Sodoende word die leerders se selfbeeld ontwikkel en neem hulle eienaarskap van hul besluite.

Daar is verskeie bronne waarin meer inligting oor beroepsbelangstellingsvelde gekry kan word. Een sodanige bron wat aanbeveel word, is die webwerf van PACE Careers. Leerders kan die volgende stappe volg:

■ Gaan na www.pacecareers.com.■ Klik op “Services”.■ Beweeg af en klik dan op “Get career guidance”

en dan op “Start questionnaire”.■ Registreer om die vraelys te voltooi. Dit bestaan

uit 105 eenvoudige stellings waarop die leerder slegs “Ja” of “Nee” moet antwoord.

■ Sodra die laaste vraag beantwoord word, word ‘n profiel van die leerder se beroepsbelangstellingsvelde vertoon waar baie duidelik aangedui word watter belangstellingsvelde die sterkste is.

■ Reg langs elke belangstellingsveld is daar ‘n skakel waarop geklik kan word en wat dan ‘n lys gee van alle moontlike beroepe binne die betrokke belangstellingveld

■ Indien daar dan op ‘n spesifieke beroep geklik word, kry die leerder detail inligting in verband met die beroep wat insluit ‘n opsomming oor wat die beroep behels, vakke wat vereis word en ook studieprogramme wat verband hou met sodanige beroep.

Stappe om te volg

4 Universiteit van Pretoria

Stap 2Neem kennis van die struktuur van die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) en die Onafhanklike Eksamenraad (Independent Examination Board – IEB)-Sertifikaat Daar word van Graad 9-leerders verwag om minstens SEWE vakke in hul vakpakket vir Graad 10 in te sluit:■ Vier verpligte vakke: – Huistaal – Eerste Addisionele Taal – Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid – Lewensoriëntering■ Drie ander keusevakke uit ‘n lys van die erkende

NSS/IEB 20-kredietvakke wat by die betrokke skool aangebied word.

‘n Lys van die skoolvakke waaruit ‘n leerder sal kan kies, sal deur die skool beskikbaar gestel word. Die verskeidenheid van vakke wat aangebied kan word, sal bepaal word deur die beskikbare hulpbronne en toerusting by individuele skole.

Stap 3Maak seker dat jy bewus is van die toelatings-vereistes om aan ‘n tersiêre instansie te studeerVoorbeelde van tersiêre instansies sluit in Universiteite, Universiteite van Tegnologie, Kolleges vir Verdere Onderwys en Opleiding (VOO-kolleges) en private kolleges.

Daar is twee stelle toelatingsvereistes waaraan ‘n voornemende student uiteindelik met hul Graad 11 en/of Graad 12-uitslae sal moet voldoen om aan ‘n tersiêre instansie te studeer:

■ Toelatingsvereistes van die Departement van Onderwys

Die statutêre minimum vereistes vir graadstudie is ‘n Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) of ‘n Onafhanklike Eksamenraad (Independent Examination Board – IEB)-sertifikaat met ‘n minimum prestasievlak van 4 (50-59%) in vier erkende NSS/IEB 20-kredietvakke uit die aangewese vaklys hieronder:

– Rekeningkunde – Landbouwetenskap – Besigheidstudies – Verbruikerstudies – Dramatiese Kunste – Ekonomie – Ingenieursgrafika

en ontwerp – Geografie – Geskiedenis*Weens die tale wat as onderrigtaal by die Universiteit van Pretoria gebruik word, is dit raadsaam dat studente Engels en/of Afrikaans as Huistaal of as ‘n Eerste Addisionele Taal, tesame met enige ander taal van keuse, moet hê. Bykomende vereistes mag deur fakulteite en/of sekere studieprogramme gestel word.

■ Toelatingsvereistes van die verskillende tersiêre instansies

Hierdie toelatingsvereistes sluit fakulteitspesifieke toelatingsvereistes in. Let daarop dat die verskillende tersiêre instansies verskillende toelatingsvereistes sal hê. Vir die toelatingsvereistes wat deur die Universiteit van Pretoria gestel word, besoek www.up.ac.za/toelatingsinligting.

Stap 4Neem ‘n belangrike besluit tussen Wiskunde en Wiskundige GeletterdheidAlle leerders is nie ewe lief vir Wiskunde nie en alle leerders is ook nie in dieselfde mate aangelê om die vak ewe goed te bemeester nie. Dit is onwaarskynlik dat leerders wat nie lief is vir Wiskunde nie en nie goed daarin presteer nie, ‘n studie- of beroepsrigting sal kies waar Wiskunde ‘n vereiste is. Dit is egter ‘n realiteit dat Wiskunde ‘n vereiste vak is vir heelwat studieprogramme op tersiêre vlak en dat leerders wat nie Wiskunde aanbied nie, daarom nie vir sodanige studieprogramme oorweeg sal kan word nie.

Leerders bemeester gewoonlik die inhoud van Wiskundige Geletterdheid makliker as die inhoud van Wiskunde aangesien Wiskundige Geletterdheid meer te make het met die praktiese aanwending van wiskundige beginsels en begrippe in die alledaagse lewe, bv berekening van oppervlaktes, volumes en omtrekke, die berekening van wins en verlies, die opstel van ‘n begroting, ens.

Onthou dat ‘n slaagpunt in Wiskundige Geletterdheid vir ‘n leerder beter is as ‘n druippunt in Wiskunde. Dit behoort ook die uitgangspunt te wees wanneer die leerder saam met sy ouer die keuse moet maak tussen hierdie twee vakke. Leerders en ouers word sterk aangemoedig om die aanbeveling van die skool en die Wiskunde-onderwyser in hierdie verband te oorweeg wanneer hierdie belangrike besluit geneem moet word.

Let ook daarop dat dit verseker nie die einde van die studie- of beroepspaadjie is vir ‘n leerder wat nie Wiskunde neem nie. Daar is talle studierigtings beskikbaar vir leerders wat Wiskundige Geletterdheid as vak neem wat duidelik aangedui word in die fakulteitstabelle in hierdie brosjure. Dit is ook ‘n feit dat hierdie leerders net so suksesvol in hul latere beroepe kan wees as hul kollegas wat Wiskunde as ‘n vak geneem het.

4 Graad 10-vakkeuses

– Inligtingtegnologie – Tale* – Lewenswetenskappe – Wiskundige

Geletterdheid – Wiskunde – Musiek – Fisiese Wetenskap – Religieuse Studies – Visuele Kunste

Universiteit van Pretoria 5

Stap 5Besluit nou op ‘n veilige vakkeuse vir Graad 10Die struktuur van die NSS en die IEB-sertifikaat waarna in Stap 2 verwys is, stel Graad 10-leerders in staat om afgesien van die kritiese en verpligte vakke, ook keusevakke te neem wat die leerder geniet en waarin leerders goed kan presteer om hulle gemiddelde punt op te skuif. Afgesien van goeie prestasies in die vakke wat vir spesifieke studieprogramme vereis word, is die gemiddelde persentasie wat leerders vir al hul vakke saam behaal, baie belangrik om uiteindelik toegelaat te word vir studieprogramme by tersiêre instansies.

Die fakulteitstabelle vanaf bladsy 6 weerspieël al die voorgraadse studieprogramme wat by die Universiteit van Pretoria aangebied word met daarnaas die vereiste NSS/IEB-vakke waaruit leerders in Graad 10 sal moet kies om vir die studieprogramme oorweeg te kan word. Hierdie tabelle sluit ook wenke in oor ander toepaslike keusevakke om die vakpakket van sewe vakke vol te maak. Neem kennis dat daar vakke aangedui kan word wat nie noodwendig by alle skole aangebied word nie. Daar mag ook by sommige skole erkende NSS/IEB 20-kredietvakke aangebied word wat nie in hierdie tabel verskyn nie en wat die leerder as ‘n keusevak sal kan kies.

Stap 6Word ‘n JuniorTukkieDie JuniorTukkie-program van die Kliëntedienssentrum aan die Universiteit van Pretoria is gestig om leerders in Grade 10, 11 en 12 te help om verantwoordelike studie- en loopbaankeuses te maak. JuniorTukkie ontwikkel ook belangrike vaardighede om leerders beter toe te rus vir die uitdagings wat hulle in hulle persoonlike en ook professionele hoedanigheid kan teenkom. Die JuniorTukkie-program bied onder

meer ‘n groot verskeidenheid dienste vir leerders en studente soos eerstehandse inligting oor studie- en loopbaanopsies, leierskap-, lewensvaardigheid- en studievaardigheidontwikkeling, sowel as betrokkenheid by gemeenskapsprojekte en talle meer.

Leerders met ‘n minimum akademiese gemiddeld van 70% kan vir lidmaatskap van die JuniorTukkie-klub aansoek doen. Lidmaatskap van die JuniorTukkie-klub is kosteloos. As ‘n JuniorTukkie-lid sal jy die geleentheid kry om ‘n vroeë aansoekvorm op die Universiteit van Pretoria se aanlyn Studieaansoekstelsel by www.up.ac.za/aansoeke in te vul. Besoek gerus www.up.ac.za/juniortukkie > Become a JuniorTukkie vir riglyne hoe om aansoek te doen om aan die Universiteit van Pretoria te studeer. Nadat jy jou aansoekvorm suksesvol ingevul het, sal jy ‘n studentenommer van die Universiteit van Pretoria ontvang waarmee jy toegang sal verkry tot die Universiteit van Pretoria se Studenteportaal, waar jy jou persoonlike inligting sal kan verander indien nodig en jou eindeksamenrapport aan die einde van elke jaar sal kan oplaai. Wanneer jy die jaar voor jou studiejaar bereik, hoef jy net jou aansoek vir toelating tot studie aan UP te finaliseer deur die volgende te doen:■ Laai jou eindeksamenrapport vir Graad 11 op,

met ‘n aanduiding van jou promosiepunt;■ Bevestig of verander jou eerste en tweede

studiekeuses; en■ Laai die bewys van betaling van die

aansoekgelde op.

Jou aansoek vir toelating tot studie aan die Universiteit van Pretoria sal dan ingedien word.

Kyk net na al die ander voordele waarin JuniorTukkies kan deel:■ Ontvang elke jaar twee uitgawes van die

JuniorTukkie-tydskrif propvol kampusinligting en ook inligting oor die verskillende fakulteite en studieprogramme wat ons aanbied;

■ Toegang tot ons JuniorTukkie-webblad, waar onder meer ook studiegidse vir ‘n aantal skoolvakke afgelaai kan word;

■ Toegang tot nuttige eksamenwenke;■ Persoonlike uitnodiging na geleenthede en

funksies wat die Universiteit van Pretoria aanbied;

■ Regstreekse toegang tot die JuniorTukkie-kantoor om met jou navrae te help; en

■ Bystand om te verseker dat jou aansoekproses glad verloop wanneer jy in jou Graad 12-jaar aansoek doen vir toelating tot studie aan die Universiteit van Pretoria.

6 Graad 10-vakkeuses

Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Studieprogram

Vereiste vakke wat in die

NSS/IEB Graad 10-vakpakket

ingesluit moet word

Ander vakke wat in die NSS/IEB

Graad 10-vakpakket ingesluit

kan word

BCom (Beleggingsbestuur)BCom (Rekeningkundige Wetenskappe)BCom (Finansiële Wetenskappe)BCom (Regte)BCom (Ekonometrie)BCom (Ekonomie)BCom (Informatika)BCom (Statistiek)BComBCom (Agribesigheidsbestuur)BCom (Bemarkingsbestuur)BCom (Entrepreneurskap)BCom (Kommunikasiebestuur)BCom (Menslikehulpbronbestuur)BCom (Ondernemingsbestuur)BCom (Rekreasie- en Sportbestuur)BCom Opsie: Voorsieningskettingbestuur

■ TWEE tale waarvan Afrikaans of Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele Taalvlak moet wees

■ Wiskunde■ Lewensoriëntering

Let daarop dat enige DRIE ander erkende NSS/IEB 20-kredietvakke ingesluit moet word

WENK: Voorbeelde van gewilde skoolvakke wat vir hierdie studieprogramme oorweeg kan word:■ Rekeningkunde■ Landbouwetenskap■ Besigheidstudies■ Verbruikerstudies■ Dramatiese Kunste■ Ekonomie■ Geografie■ Geskiedenis■ Inligtingtegnologie■ Lewenswetenskappe■ Toerisme■ Rekenaartoepassingstegnologie ■ ‘n Derde taal

BAdmin (Internasionale Verhoudinge)BAdmin (Openbare Bestuur)

■ TWEE tale waarvan Afrikaans of Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele Taalvlak moet wees

■ Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid

■ Lewensoriëntering

Let daarop dat enige DRIE ander erkende NSS/IEB 20-kredietvakke ingesluit moet word.

WENK: Voorbeelde van gewilde skoolvakke wat vir hierdie studieprogramme oorweeg kan word:■ Rekeningkunde■ Landbouwetenskap■ Besigheidstudies■ Ekonomie■ Geografie■ Geskiedenis■ Inligtingtegnologie■ Toerisme■ Rekenaartoepassingstegnologie■ ‘n Derde taal

Universiteit van Pretoria 7

Fakulteit Opvoedkunde

Studieprogram

Vereiste vakke wat in die

NSS/IEB Graad 10-vakpakket

ingesluit moet word

Ander vakke wat in die NSS/IEB

Graad 10-vakpakket ingesluit

kan word

BEd (Vroeë Kinderontwikkeling en Grondslagfase) – Voorskool tot Graad 3

BEd (Intermediére Fase) – Graad 4 tot 6

BEd (Senior Fase) – Graad 7 tot 9

BEd (VOO)(Algemeen) – Graad 10 tot 12

BEd (VOO)(Menslike Bewegingskunde en Sportbestuur) – Graad 10 tot 12

■ TWEE tale waarvan Afrikaans of Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele Taalvlak moet wees

■ Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid

■ Lewensoriëntering

Let daarop dat enige DRIE ander erkende NSS/IEB 20-kredietvakke ingesluit moet word.

WENK: Voorbeelde van gewilde skoolvakke wat vir hierdie studieprogramme oorweeg kan word:■ Rekeningkunde■ Besigheidstudies■ Ekonomie■ Toerisme■ Rekenaartoepassingstegnologie■ Inligtingtegnologie■ Landbouwetenskap■ Dramatiese Kunste■ Ingenieursgrafika en -ontwerp■ Geografie■ Geskiedenis■ Musiek■ Religieuse Studies■ Visuele Kunste■ Gasvryheidstudies■ Verbruikerstudies■ ‘n Derde taal

BEd (VOO)(Natuurwetenskappe) – Graad 10 tot 12

■ TWEE tale waarvan Afrikaans of Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele Taalvlak moet wees

■ Wiskunde■ Fisiese Wetenskap■ Lewensoriëntering

Let daarop dat enige TWEE ander erkende NSS/IEB 20-kredietvakke ingesluit moet word.

WENK: Voorbeelde van gewilde skoolvakke wat vir hierdie studieprogram oorweeg kan word:■ Lewenswetenskappe■ Rekenaartoepassingstegnologie■ Inligtingtegnologie■ Geografie■ ‘n Derde taal

BEd (VOO)(Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) – Graad 10 tot 12

■ TWEE tale waarvan Afrikaans of Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele Taalvlak moet wees

■ Wiskunde■ Lewensoriëntering

Let daarop dat enige DRIE ander erkende NSS/IEB 20-kredietvakke ingesluit moet word.

WENK: Voorbeelde van gewilde skoolvakke wat vir hierdie studieprogram oorweeg kan word:■ Rekeningkunde■ Besigheidstudies■ Ekonomie■ Toerisme■ Rekenaartoepassingstegnologie■ Inligtingtegnologie■ Gasvryheidstudies■ ‘n Derde taal

8 Graad 10-vakkeuses

Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie

Studieprogram

Vereiste vakke wat in die

NSS/IEB Graad 10-vakpakket

ingesluit moet word

Ander vakke wat in die NSS/IEB

Graad 10-vakpakket ingesluit

kan word

BIng (Bedryfsingenieurswese)BIng (Chemiese Ingenieurswese)BIng (Elektriese Ingenieurswese)BIng (Elektroniese Ingenieurswese)BIng (Meganiese Ingenieurswese)BIng (Metallurgiese Ingenieurswese)BIng (Mynbou-ingenieurswese)BIng (Rekenaaringenieurswese)BIng (Siviele Ingenieurswese)

■ TWEE tale waarvan Afrikaans of Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele Taalvlak moet wees

■ Wiskunde■ Fisiese Wetenskap■ Lewensoriëntering

Let daarop dat enige TWEE ander erkende NSS/IEB 20-kredietvakke ingesluit moet word.

WENK: Voorbeelde van gewilde skoolvakke wat vir hierdie studieprogramme oorweeg kan word:■ Rekeningkunde■ Ingenieursgrafika en -ontwerp■ Rekenaartoepassingstegnologie■ Inligtingtegnologie■ Ekonomie■ Geskiedenis■ Lewenswetenskappe■ Siviele Tegnologie■ Meganiese Tegnologie■ ‘n Derde taal

Addisioneel tot die vakpakket word leerders aangemoedig om ook Addisionele Wiskunde te neem.

BSc ArgitektuurBSc Binne-argitektuur

■ TWEE tale waarvan Afrikaans of Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele Taalvlak moet wees

■ Wiskunde■ Fisiese Wetenskap■ Lewensoriëntering

Let daarop dat enige TWEE ander erkende NSS/IEB 20-kredietvakke ingesluit moet word.

WENK: Voorbeelde van gewilde skoolvakke wat vir hierdie studieprogramme oorweeg kan word:■ Ingenieursgrafika en -ontwerp■ Rekenaartoepassingstegnologie■ Ekonomie■ Rekeningkunde■ Geografie■ Geskiedenis■ Visuele Kunste■ ‘n Derde taal

Universiteit van Pretoria 9

(Vervolg)

Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie

Studieprogram

Vereiste vakke wat in die

NSS/IEB Graad 10-vakpakket

ingesluit moet word

Ander vakke wat in die NSS/IEB

Graad 10-vakpakket ingesluit

kan word

BSc Landskapargitektuur ■ TWEE tale waarvan Afrikaans of Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele Taalvlak moet wees

■ Wiskunde■ Fisiese Wetenskap of Geografie of

Lewenswetenskappe■ Lewensoriëntering

NSS/IEB 20-kredietvakke ingesluit moet word.

WENK: Voorbeelde van gewilde skoolvakke wat vir hierdie studieprogram oorweeg kan word:■ Ingenieursgrafika en -ontwerp■ Rekenaartoepassingstegnologie■ Ekonomie■ Rekeningkunde■ Fisiese Wetenskap■ Lewenswetenskappe■ Geografie■ Geskiedenis■ Visuele Kunste■ ‘n Derde taal

BSc KonstruksiebestuurBSc EiendomsweseBSc Bourekenkunde

■ TWEE tale waarvan Afrikaans of Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele Taalvlak moet wees

■ Wiskunde■ Fisiese Wetenskap of

Rekeningkunde■ Lewensoriëntering

Let daarop dat enige TWEE ander erkende NSS/IEB 20-kredietvakke ingesluit moet word.

WENK: Voorbeelde van gewilde skoolvakke wat vir hierdie studieprogramme oorweeg kan word:■ Geografie■ Ingenieursgrafika en -ontwerp■ Rekenaartoepassingstegnologie■ Ekonomie■ Rekeningkunde■ Fisiese Wetenskap■ Geskiedenis■ Visuele Kunste■ Siviele Tegnologie■ ‘n Derde taal

10 Graad 10-vakkeuses

(Vervolg)

Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie

Studieprogram

Vereiste vakke wat in die

NSS/IEB Graad 10-vakpakket

ingesluit moet word

Ander vakke wat in die NSS/IEB

Graad 10-vakpakket ingesluit

kan word

BS&S – Baccalaureus in Stads- en Streekbeplanning

■ TWEE tale waarvan Afrikaans of Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele Taalvlak moet wees

■ Wiskunde■ Lewensoriëntering

Let daarop dat enige DRIE ander erkende NSS/IEB 20-kredietvakke ingesluit moet word.

WENK: Voorbeelde van gewilde skoolvakke wat vir hierdie studieprogram oorweeg kan word:■ Ingenieursgrafika en -ontwerp■ Rekenaartoepassingstegnologie■ Ekonomie■ Rekeningkunde■ Geografie■ Geskiedenis■ Visuele Kunste■ ‘n Derde taal

BIT - Baccalaureus in InligtingtegnologieBSc (Rekenaarwetenskap)BIS (Multimedia)BSc IT (Inligting- en Kennisstelsels)

■ TWEE tale waarvan Afrikaans of Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele Taalvlak moet wees

■ Wiskunde■ Lewensoriëntering

Let daarop dat enige DRIE ander erkende NSS/IEB 20-kredietvakke ingesluit moet word.

WENK: Voorbeelde van gewilde skoolvakke wat vir hierdie studieprogramme oorweeg kan word:■ Rekenaartoepassingstegnologie■ Inligtingtegnologie■ Ekonomie■ Besigheidstudies■ Rekeningkunde■ ‘n Derde taal

BIS (Inligtingkunde)BIS (Uitgewerswese)

■ TWEE tale waarvan Afrikaans of Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele Taalvlak moet wees

■ Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid

■ Lewensoriëntering

Let daarop dat enige DRIE ander erkende NSS/IEB 20-kredietvakke ingesluit moet word.

WENK: Voorbeelde van gewilde skoolvakke wat vir hierdie studieprogramme oorweeg kan word:■ Rekenaartoepassingstegnologie■ Inligtingtegnologie■ Ekonomie■ Besigheidstudies■ Rekeningkunde■ ‘n Derde taal

Universiteit van Pretoria 11

Fakulteit Gesondheidswetenskappe

Studieprogram

Vereiste vakke wat in die

NSS/IEB Graad 10-vakpakket

ingesluit moet word

Ander vakke wat in die NSS/IEB

Graad 10-vakpakket ingesluit

kan word

MBChB – Baccalaureus in Geneeskunde en Snykunde

BChD – Baccalaureus in Tandheelkunde

BArb – Baccalaureus in Arbeidsterapie

BPhysT – Baccalaureus in Fisioterapie

BRad – Baccalaureus in Radiografie

BDieetkunde – Baccalaureus in Dieetkunde

BMH – Baccalaureus in Mondhigiëne

BSportSci – Baccalaureus in Sportwetenskap

■ TWEE tale waarvan Engels een moet wees op Huistaalvlak of Eerste Addisionele Taalvlak

■ Wiskunde■ Fisiese Wetenskap■ Fisiese Wetenskap of

Lewenswetenskappe (slegs vir BSportSci – Baccalaureus in Sportwetenskap)

■ Lewensoriëntering

Let daarop dat enige TWEE ander erkende NSS/IEB 20-kredietvakke ingesluit moet word.

WENK: Voorbeelde van gewilde skoolvakke wat vir hierdie studieprogramme oorweeg kan word:■ Lewenswetenskappe■ Rekeningkunde■ Rekenaartoepassingstegnologie■ ‘n Derde taal

BCur – Baccalaureus in Verpleegkunde ■ TWEE tale waarvan Engels een moet wees op Huistaalvlak of Eerste Addisionele Taalvlak

■ Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid

■ Lewensoriëntering

Let daarop dat enige DRIE ander erkende NSS/IEB 20-kredietvakke ingesluit moet word.

WENK: Voorbeelde van gewilde skoolvakke wat vir hierdie studieprogram oorweeg kan word:■ Lewenswetenskappe■ Rekeningkunde■ Rekenaartoepassingstegnologie■ ‘n Derde taal

BKliniese Mediese Praktyk – Baccalaureus in Kliniese Mediese Praktyk

■ TWEE tale waarvan Engels een moet wees op Huistaalvlak of Eerste Addisionele Taalvlak

■ Wiskunde■ Lewensoriëntering

Let daarop dat enige DRIE ander erkende NSS/IEB 20-kredietvakke ingesluit moet word.

WENK: Voorbeelde van gewilde skoolvakke wat vir hierdie studieprogramme oorweeg kan word:■ Lewenswetenskappe■ Rekeningkunde■ Rekenaartoepassingstegnologie■ Fisiese Wetenskap■ ‘n Derde taal

Hoër Sertifikaat in Sportwetenskap [HSert (Sportwetenskap)]

■ TWEE tale waarvan Afrikaans of Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele Taalvlak moet wees

■ Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid

■ Lewensoriëntering

Let daarop dat enige DRIE ander erkende NSS/IEB 20-kredietvakke ingesluit moet word.

WENK: Voorbeelde van gewilde skoolvakke wat vir hierdie studieprogramme oorweeg kan word:■ Lewenswetenskappe■ Rekeningkunde■ Rekenaartoepassingstegnologie■ Fisiese Wetenskap■ ‘n Derde taal

12 Graad 10-vakkeuses

Fakulteit Geesteswetenskappe

Studieprogram

Vereiste vakke wat in die

NSS/IEB Graad 10-vakpakket

ingesluit moet word

Ander vakke wat in die NSS/IEB

Graad 10-vakpakket ingesluit

kan word

BA (Oudiologie)BA (Spraak-Taalpatologie)

■ TWEE tale waarvan Afrikaans of Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele Taalvlak moet wees

■ Wiskunde■ Lewensoriëntering

Let daarop dat enige DRIE ander erkende NSS/IEB 20-kredietvakke ingesluit moet word.

WENK: Voorbeelde van gewilde skoolvakke wat vir hierdie studieprogramme oorweeg kan word:■ Rekeningkunde■ Rekenaartoepassingstegnologie■ Musiek■ ‘n Derde taal

BMW – Baccalaureus in Maatskaplike WerkBA Sport en VryetydstudiesBA – AlgemeenBA (Regte)BA TaleBPolSci (Internasionale Studies)BPolSci (Politieke Studies)BSocSci (Bedryfsosiologie en Arbeidstudies)BHCS (Erfenis- en Kultuurtoerisme)BA Beeldende KunsteBA InligtingsontwerpBA (Visuele Studies)BA (Drama)BA (Musiek)BMus

■ TWEE tale waarvan Afrikaans of Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele Taalvlak moet wees

■ Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid

■ Lewensoriëntering

Let daarop dat enige DRIE ander erkende NSS/IEB 20-kredietvakke ingesluit moet word.

WENK: Voorbeelde van gewilde skoolvakke wat vir hierdie studieprogramme oorweeg kan word:■ Lewenswetenskappe■ Rekeningkunde■ Rekenaartoepassingstegnologie■ Toerisme■ Dramatiese Kunste■ Visuele Kunste■ Musiek■ ‘n Derde taal

BSocSci Opsie: Filosofie, Politiek en Ekonomie [PPE]

■ TWEE tale waarvan Afrikaans of Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele Taalvlak moet wees

■ Wiskunde■ Lewensoriëntering

Let daarop dat enige DRIE ander erkende NSS/IEB 20-kredietvakke ingesluit moet word.

WENK: Voorbeelde van gewilde skoolvakke wat vir hierdie studieprogramme oorweeg kan word:■ Rekeningkunde■ Rekenaartoepassingstegnologie■ Geskiedenis■ Besigheidstudies■ Ekonomie■ Inligtingtegnologie■ Religieuse studies■ ‘n Derde taal

Universiteit van Pretoria 13

Fakulteit Veeartsenykunde

Studieprogram

Vereiste vakke wat in die

NSS/IEBGraad 10-vakpakket

ingesluit moet word

Ander vakke wat in die NSS/IEB

Graad 10-vakpakket ingesluit

kan word

BVSc (Baccalaureus-graad in Veeartsnykunde)

■ TWEE tale waarvan Engels een moet wees op Huistaalvlak of Eerste Addisionele Taalvlak

■ Wiskunde■ Fisiese Wetenskap■ Lewensoriëntering

Let daarop dat enige TWEE ander erkende NSS/IEB 20-kredietvakke ingesluit moet word.

WENK: Voorbeelde van gewilde skoolvakke wat vir hierdie studieprogram oorweeg kan word:■ Rekeningkunde■ Rekenaartoepassingstegnologie■ Ekonomie■ Geografie■ Lewenswetenskappe■ Landbouwetenskap■ ‘n Derde taal

DipVetNurs (Diploma in Veterinêre Verpleegkunde)

■ TWEE tale waarvan Engels een moet wees op Huistaalvlak of Eerste Addisionele Taalvlak

■ Wiskunde■ Fisiese Wetenskap■ Lewenswetenskappe■ Lewensoriëntering

Let daarop dat enige EEN ander erkende NSS/IEB 20-kredietvak ingesluit moet word.

WENK: Voorbeelde van gewilde skoolvakke wat vir hierdie studieprogram oorweeg kan word:■ Rekeningkunde■ Rekenaartoepassingstegnologie■ Geografie■ Landbouwetenskap■ ‘n Derde taal

Fakulteit Teologie

Studieprogram

Vereiste vakke wat in die

NSS/IEB Graad 10-vakpakket

ingesluit moet word

Ander vakke wat in die NSS/IEB

Graad 10-vakpakket ingesluit

kan word

BDiv – Baccalaureus Divinitatis (vir toelating tot MDiv-studie)

BTh – Baccalaureus Theologiae

DiplTeol – Universiteitsdiploma in Teologie

■ TWEE tale waarvan Afrikaans of Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele Taalvlak moet wees

■ Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid

■ Lewensoriëntering

Let daarop dat enige DRIE ander erkende NSS/IEB 20-kredietvakke ingesluit moet word.

WENK: Voorbeelde van gewilde skoolvakke wat vir hierdie studieprogramme oorweeg kan word:■ Rekeningkunde■ Rekenaartoepassingstegnologie■ Musiek■ Dramatiese Kunste■ Geskiedenis■ Religieuse Studies■ ‘n Derde taal

14 Graad 10-vakkeuses

Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe

Studieprogram

Vereiste vakke wat in die

NSS/IEB Graad 10-vakpakket

ingesluit moet word

Ander vakke wat in die NSS/IEB

Graad 10-vakpakket ingesluit

kan word

BSc (Biochemie)BSc (Biologiese Wetenskappe)BSc (Biotegnologie)BSc (Ekologie)BSc (Dierkunde)BSc (Entomologie)BSc (Genetika)BSc (Mensgenetika)BSc (Mensfisiologie)BSc (Mensfisiologie, Genetika en Sielkunde)BSc (Mediese Wetenskappe)BSc (Mikrobiologie)BSc (Plantkunde)BSc (Chemie)BSc (Fisika)BSc (Geografie)BSc (Geoinformatika)BSc (Geologie)BSc (Meteorologie)BSc (Omgewingswetenskappe)BSc (Omgewings- en Ingenieursgeologie)BSc (Voedselbestuur)BSc (Voedselwetenskap)BSc (Voeding)BScAgric (Voedselwetenskap en –tegnologie)BScAgric (Landbou-ekonomie/ Agribesigheidsbestuur)BScAgric (Veekunde)BScAgric (Veekunde/Weidingkunde)BScAgric (Plantpatologie)BScAgric (Toegepaste Plant- en Grondwetenskappe)

■ TWEE tale waarvan Afrikaans of Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele Taalvlak moet wees

■ Wiskunde■ Fisiese Wetenskap■ Lewensoriëntering

Let daarop dat enige TWEE ander erkende NSS/IEB 20-kredietvakke ingesluit moet word.

WENK: Voorbeelde van gewilde skoolvakke wat vir hierdie studieprogramme oorweeg kan word:■ Rekenaartoepassingstegnologie■ Geografie■ Lewenswetenskappe■ Landbouwetenskap■ Ekonomie■ Besigheidstudies■ Rekeningkunde■ Ingenieursgrafika en -ontwerp■ Verbruikerstudies■ Gasvryheidstudies■ ‘n Derde taal

BSc (Aktuariële en Finansiële Wiskunde)BSc (Wiskunde)BSc (Toegepaste Wiskunde)BSc (Wiskundige Statistiek)

■ TWEE tale waarvan Afrikaans of Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele Taalvlak moet wees

■ Wiskunde■ Lewensoriëntering

Let daarop dat enige DRIE ander erkende NSS/IEB 20-kredietvakke ingesluit moet word.

WENK: Voorbeelde van gewilde skoolvakke wat vir hierdie studieprogramme oorweeg kan word:■ Inligtingtegnologie*■ Fisiese Wetenskap*■ Rekenaartoepassingstegnologie■ Lewenswetenskappe■ Ekonomie■ Besigheidstudies■ Rekeningkunde■ ‘n Derde taal*Veral belangrik vir studies in aktuariële wetenskappe. Leerders word ook aangemoedig om Alpha Wiskunde te neem alhoewel alle skole dit nie aanbied nie.

Universiteit van Pretoria 15

Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe

Studieprogram

Vereiste vakke wat in die

NSS/IEB Graad 10-vakpakket

ingesluit moet word

Ander vakke wat in die NSS/IEB

Graad 10-vakpakket ingesluit

kan word

BVerbruikerswetenskap (Kleding: Kleinhandelbestuur)

BVerbruikerswetenskap (Voedsel: Kleinhandelbestuur)

BVerbruikerswetenskap (Gasvryheidsbestuur)

■ TWEE tale waarvan Afrikaans of Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele Taalvlak moet wees

■ Wiskunde■ Lewensoriëntering

Let daarop dat enige DRIE ander erkende NSS/IEB 20-kredietvakke ingesluit moet word.

WENK: Voorbeelde van gewilde skoolvakke wat vir hierdie studieprogramme oorweeg kan word:■ Rekenaartoepassingstegnologie■ Fisiese Wetenskap■ Lewenswetenskappe■ Verbruikerstudies■ Gasvryheidstudies■ Ekonomie■ Besigheidstudies■ Rekeningkunde■ ‘n Derde taal

Fakulteit Regsgeleerdheid

Studieprogram

Vereiste vakke wat in die

NSS/IEB Graad 10-vakpakket

ingesluit moet word

Ander vakke wat in die NSS/IEB

Graad 10-vakpakket ingesluit

kan word

LLB ■ TWEE tale waarvan Afrikaans of Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele Taalvlak moet wees

■ Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid

■ Lewensoriëntering

Let daarop dat enige DRIE ander erkende NSS//IEB 20-kredietvakke ingesluit moet word.

WENK: Voorbeelde van gewilde skoolvakke wat vir hierdie studieprogram oorweeg kan word:■ Rekeningkunde■ Rekenaartoepassingstegnologie■ Dramatiese Kunste■ Geskiedenis■ Besigheidstudies■ Ekonomie■ ‘n Derde taal

(Vervolg)

Leerders en ouers is baie welkom om die Afdeling Studentewerwing en Retensie by die Universiteit te kontak vir enige navrae en advies.

Tel +27 (0)12 420 3111E-pos [email protected] www.up.ac.za

Fisiese adresUniversiteit van Pretoria, hv Lynnwoodweg en Roperstraat, Hatfield

PosadresUniversiteit van Pretoria, Privaatsak X20, Hatfield 0028

Universiteit van Pretoria kontakbesonderhede

JuniorTukkie kontakinligtingTel +27 (0)12 420 5102/6606E-pos [email protected] www.up.ac.za/juniortukkie